Skip to content

MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (DIE DOOD) NA SY WONDERLIKE LIG (DIE LEWE), Deel 5: YHVH die GOD van die SMAL WEG

20 Mei 2026

Ons gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (die donker, afweisgheid van geestelike lig, onkunde, ongeloof, nood en elende, die dood) NA DIE WONDERLIKE LIG (openbaring van die waarheid, wysheid, geloof, geestelike vol lewe)  VAN ABBA VADER. En ons leer verder HOE ons, DIE SMAL WEG deur YESHUA ons MESSIAS vind wat lei vanuit die DUISTERNIS van EGIPTE/ ‘n prentjie van die WÊRELD, na ABBA VADER en ons help om die REDE en DOEL waarvoor HY ons gemaak het te vind, te verstaan, te groei daarin tot ons volle potensiaal en ons DOEL en ROEPING suksesvol uit te voer.

Ons gesels steeds oor WIE ons SKEPPER GOD van LIG en LEWE is wat saam met ons beweeg op die SMAL WEG na DIE EWIGHEID.

Ons het nou reeds vanuit ons studie in SY WOORD bevestig:

HY IS DIE SKEPPER VAN HEMEL, AARDE en ALLES DAARIN. 

HY IS WIE HY IS, die BEGIN van ALLES en die EINDE van ALLE DINGE.

  • Die GOD van ABRAHAM, die GOD van ISAK en die GOD van JAKOB/ ISRAEL.
  • SY NAAM, YHVH is vir EWIG, en dit is SY GEDENKNAAM van gelsag tot geslag.”
  • HY is YHVH, die KONING van ISRAEL en SY VERLOSSER
  • Hy is YHVH van die LEËRSKARE (die HEMEL WEERMAG).
  • Daar is buiten Hom GEEN ander God nie.
  • HY IS DIE LEWENDE EN EWIGE GOD WAT BESTAAN VAN ALTYD AF EN ALTYD SAL BESTAAN.
  • Hy is ALOMTEENWOORDIG en Hy WEET ALLES.

HY IS DIE ENIGSTE WARE LIG EN DAAR IS GEEN DUISTENRIS IN HOM NIE.

 HY is ‘n VERTERENDE VUUR, daarom is:

  • SY WOORD VUUR.
  • SY ENGELE is BOODSKAPPERS van VUUR met swaarde van VUUR.
  • HY DOOP GELOWIGES met die VUUR van SY HEILIGE GEES.
  • HY SUIWER ons GELOOF met VUUR en HY TOETS ons WERK vir die KOINGKRYK met VUUR.

HY IS DIE WOORD

  •  HY SKEP deur te SPREEK.
  • SY WOORD IS DIE WAARHEID en dus IS HY DIE WAARHEID.
  • SY WOORD SAL VIR EWIG BESTAAN.
  • HY HOU ALLES IN STAND deur SY WOORD.
  • SY WOORD IS DIE GOEIE NUUS vir ALLE MENSE.

HY is SOEWEREIN

  • Hy is OPPERMAGTIG, die HOOGTSTE GESAG in die hemel en op aarde.
  • NIKS kan gebeur sonder dat HY dit WIL of TOELAAT nie.
  • ALLES wat HY DOEN het ‘n DOEL en REDE en vir dié wat HOM LIEFHET en SY ROEPING vir hulle lewens aanvaar, dié wat HOM dus GEHOORSAAM en VOLG, sal Hy ALLES (ook dit wat met hulle gebeur wat sleg is) ten GOEDE laat meewerk.

Ons gesels dan vandag verder oor hierdie WONDERLIKE GOD van die SMAL WEG.

HY is die ALMAGTIGE GOD

 Hy stel Hom reeds in Genesis 17:1 soos volg voor aan Abram: EK IS GOD, DIE ALMAGTIGE, wandel voor my aangesig (lewe in My teenwoorigheid), dan sal jy opreg (eerlik, ongeveins) wees”. In Eksodus 6:2-3 verklaar Hy aan Moses dat Hy aan ABRAHAM, aan ISAK en aan JAKOB verskyn het as GOD, DIE ALMAGTIGE. Maar dit is eers aan Moses dat Hy Homself bekendstel met SY NAAM Yud-Heh-Vav-Heh (YHVH) soos ons in Deel 2 reeds in Eksodus 3:14-15 ontdek en bespreek het. EN dit is hierdie ALMAGTIGE GOD wat ook ons SKUILPLEK en TOEVLUG is waarop ons kan VETROU waarvan ons lees in verskeie gedeeltes soos:

2 Samuel 22:2-3 waarin Dawid sing tot lof van God omdat Hy Hom gered het van koning Saul en sy ander vyande: “YHVH is my ROTS (Hy is onwrikbaar en vas) en my BERGVESTING (‘n veilige plek van toevlug) en my REDDER. God is my ROTS by wie ek SKUIL, my SKILD (beskerming) en die HORING (die krag) van my HEIL (my redding en welvaart/ voorspoed), my ROTSVESTING (‘n versterkte plek wat op ‘n rots gebou is) en my TOEVLUG, my VERLOSSER; van geweld (van stryd, die misbruik van mag, geweldadigheid) het U my VERLOS.” En dan natuurlik die bekende Psalm 91:1-2 “Hy wat in die SKUILPLEK van die ALLERHOOGTE sit (in Sy teenwoordigheid ingaan om daar skuiling te vind), sal vernag (oorbly, veilig wees) in die SKADUWEE (die beskerming) van die ALMAGTIGE. Ek sal tot YHVH sê: My TOEVLUG en my BERGVESTING, my GOD op WIE ek VERTOU.” Lees ook Psalm 18:2, 31:3, 32:7, 46:1, 62:6-7 en in Psalm 144:1-2 bid Dawid soortgelyke woorde vir oorwinning en seën en noem hy dat dit YHVH, sy ROTS is wat sy hande leer om te veg, sy vingers om oorlog te voer – sy GOEDERTIERENHEID (sy genadigheid en barmhartigheid), sy BERGVESTING en REDDER, sy SKILD en die EEN by wie hy skuil en wat sy volk aan hom onderwerp (onder sy gesag bring).

God word die eerste keer as DIE ROTS beskryf deur Moses wat ‘n lied aan die volk voordra in Deuternomium 32 en in vers 4 sing Moses: “Die (hoofletter) ROTS volkome (volmaak) is SY WERK; want al SY WEË is strafgerigte (regshandelinge waardeur straf opgelê word, alles wat Hy doen is regverdig); ‘n God van trou (standvastig en getrou) en sonder onreg. En in vers 15 word daar na God verwys as die STEENROTS (‘n kliprots). En Jesaja beskryf Hom in Jesaja 26:4 soos volg: “VERTROU op YHVH vir EWIG, want …YHVH is ‘n EWIGE ROTS.” En ons weet later in die Woord word Yeshua ons Messias as DIE ROTS geïdentifiseer in 1 Korinthiërs 10:4.

Ons lees ook in Psalm 20:8 sê Dawid: “Sommige roem op strywaens (dus op oorlog toerusting) en ander op perde, maar óns (gelowiges wat God dien en volg) sal roem op die NAAM van YHVH ons God en in Psalm 61:4 sê hy: “Want U het ‘n TOEVLUG vir my geword, ‘n STERK TORING (soos ‘n sterk hoë gebou) teen die vyand.” En Spreuke 18:10 verduidelik dit so: “die NAAM van YHVH is ‘n STERK TORING (soos ‘n sterk hoë gebou); die REGVERDIGE (die persoon wat gehoorsaam is aan Abba Vader se instruksies) hardloop daarin en word beskut (beskerm teen alle gevare).

Lees ook Jesaja 25:4 en in Johannes 10:27-28 belowe Yeshua ons Messias aan die wat na SY STEM LUISTER en HOM VOLG gee HY die EWIGE LEWE, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie en niemand sal hulle uit SY HAND ruk nie. En Paulus bevestig dit in 2 Thessalonicense 3:3 wanneer hy aan die gelowiges sê: “…die Meester (Yeshua) is GETROU; hy sal julle VERSTERK en BEWAAR van die bose.”

Dawid gee aan ons ‘n idee wat GOD se ALMAG beteken in Psalm 147:5 “Ons YHVH is GROOT en RYK aan KRAG (almagtig); SY VERSTAND (denkvermoë, insig, intellek) is ONEINDIG.” En Jesaja bevestig dit in Jesaja 40:28 “’n EWIGE GOD is YHVH; SKEPPER van die EINDES van die aarde; Hy word nie moeg of mat (vermoeid, kragteloos, afgemat/ uitgeput na gees of liggaam) nie; daar is GEEN deurgronding (volle begrip deur ‘n mens) van SY VERSTAND nie.” Lees ook Jeremia 10:12.

En in Openbaring 1:7-8 word YESHUA ons MESSIAS aan ons geopenbaar as hierdie ALMAGTIGE GOD, wat met die wolke sal kom tydens SY WEDERKOMS en ELKE OOG sal HOM sien, HY, die ALFA (in Grieks wat beteken die Begin, die ALEF in Hebreeus, die eerste letter van die Hebreeuse Alfabet waarvan die piktograaf ‘n OS is wat God se KRAG uitbeeld) en die OMEGA (in Grieks wat  beteken die EINDE, die TAV in Hebreeus, die laaste letter in die Hebreeuse Alfabet waarvan die piktograaf ‘n KRUIS is wat ons weet beteken “dit is volbring!/ dit is klaar/ die prys is ten volle betaal!”), HY wat IS en wat WAS en WAT KOM, DIE ALMAGTIGE.

Ons lees ook in Openbaring 15:2-3 ‘n verwysing na die LIED van MOSES en die LIED van die LAM wat gesing word deur die OORWINNAARS oor die dier en oor sy beeld en oor die getal van sy naam en sê: “Groot en WONDERLIK is U werke, YHVH God, ALMAGTIGE; REGVERDIG en WAARAGTIG (betroubaar) is U WEË (U paaie), o KONING van die heiliges (die wat afgesonderd vir en toegewyd aan Hom lewe). Lees ook Openbaring 16:7. En in Openbaring 19:6 lees ons van YESHUA se KONINGSKAP oor die VREDESRYK en word HY toegesing deur ‘n GROOT MENIGTE van SY DIENSKNEGTE, mense vanuit elke nasie, stam, volk en taal (volgens Openbaring 7:9), soos die GELUID van BAIE WATERS en van DONDERSLAE wat sê: “Halleluyah! want YHVH GOD, die ALMAGTIGE, het die KONINGSKAP aanvaar.” Lees ook Daniel 7:13-14.

HY IS DIE BRON VAN ALLE VERSTAND EN WYSHEID EN HY GEE WYSHEID, INSIG/ BEGRIP AAN DIE MENS

Sy SKEPPING GETUIG van WYSHEID wat te hoog en te groot vir enige mens is om te verstaan. ALLES werk volmaak saam. Prediker 3:11 sê: “Alles het HY MOOI GEMAAK op SY TYD (soos ons ook lees in Genesis 1:31); ook het HY die eeu (‘n periode sonder einde/ ‘n onbepaalde tyd) in hulle (die mens) se hart gelê sonder dat die mens die WERK wat GOD DOEN, van BEGIN tot END kan uitvind (uitdink of begryp).” Ons sal dus nooit die werke van God volkome kan ondersoek of verstaan nie. Dit is te groot vir ons as mense.

In Jesaja 28:23-28 verduidelik Jesaja die plant en ploeg van graansoorte en in vers 29 sê hy “Ook dit kom van YHVH van die LEËRSKARE (die GOD van die HEMEL WEERMAG): HY is WONDERBAAR (buitengewoon, onbegryplik) van RAAD (van aanbeveling en advies), GROOT van BELEID (‘n voorgeskryfde wyse van aksie of optrede). En in Romeine 11 praat Paulus oor die TOEKOMS van ISRAEL (die Noordryk) en JUDA (die Suidryk) en die wat inent as gelowiges in Messias Yeshua op die Boom van Israel wat vir die mens se verstand nie noodwendig sin maak nie en in vers 33-36 eindig hy hierdie gedeelte met ‘n LOFSANG tot GOD en erken hy: “o, DIEPTE van die RYKDOM en WYSHEID en KENNIS van GOD! Hoe ONDEURGRONDELIK (wat nie deur menslike verstand begryp kan word nie) is SY OORDELE (menings, bevindings, uitsprake) en ONNASPEURLIK (onmootlik om na te speur of te verstaan) SY WEË! Want wie het die GEDAGTE (die proses van dink) van YHVH geken, of wie was SY raadsman (sy raadgewer) gewees? Of wie het eers iets aan Hom te kenne gegee (aan Hom ‘n guns bewys), dat dit Hom vergeld (beloon) moet word? Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is ALLE DINGE. Syne is die HEERLIKHEID tot in EWIGHEID. Amen.”

En Jakobus vertel aan ons as ons WYSHEID kortkom moet ons God daarvoor vra en Hy sal dit aan ons gee. En ons het inderdaat SY WYSHEID nodig om SY WOORD te verstaan en toe te pas. En Jakobus beskryf die WYSHEID van GOD soos volg in Jakobus 3:17 “…dit is ten EERSTE REIN (suiwer, onbevlek, onbesmet), dan VREDELIEWEND, VRIENDELIK, GESEGLIK (inskiklik, bereid om God se raad en bevele te volg, te gehoorsaam en uit te voer), VOL BARMHARTIGHEID (sag, met meegevoel teenoor ander) en GOEIE VRUGTE, ONPARYDIG (nie bevooroordeeld nie, regverdig teenoor alle partye) en ONGEVEINS (opreg). 

Ons lees ook in Lukas 24:45 Yeshua die Messias is die EEN wat SY volgelinge se VERSTAND kan open sodat ons die WOORD van GOD kan verstaan! En Johannes bevestig in 1 Johannes 5:20 “En ons weet dat die SEUN van GOD gekom het en ons VERSTAND GEGEE het om die WAARAGTIGE (die EGTE, WARE, BETROUBARE) te ken; en ons is IN die WAARAGTIGE, IN SY SEUN, YESHUA die MESSIAS. HY IS DIE WAARAGTIGE GOD, en die EWIGE LEWE.” 

HY REGEER oor SY SKEPPING

En daarom sien ons ook in Genesis 1:26-27 maak die DRIE-ENIGE GOD (Vader, Seun en Heilige Gees) mense, man en vrou na SY BEELD en GELYKENIS (voorbeeld) en stel hulle aan om te HEERS oor die visse, voëls, vee en al die diere wat oor die aarde kruip.

Hy SELF HEERS vir EWIG soos ons lees in Psalm 9:8-9 en ons weet ook dat die wat Hom volg en dien as PRIESTERS saam met HOM sal heers in die VREDESRYK sowel as die EWIGHEID soos wat ons lees in Openbaring 1:6, 2:26-29, 20:4-6 en 22:5.

Die konings van die aarde staan onder SY gesag, selfs al is hulle ongelowig, sal hulle SY MEESTERPLAN uitvoer sodat SY WOORD WAT GESPREEK IS WAAR SAL WORD. Ons lees in Spreuke 21:1 “Die koning se hart is in die HAND van YHVH soos waterstorme: HY lei dit waarheen HY WIL.” En vanuit die geskiedenis in die WOORD weet ons dit is WAAR – lees die verhaal oor Faroa (die koning van Egipte) met die uittog uit Egipte, koning Agab van Israel, koning Nebukadnésar, koning Daruis en vele ander. Hulle ALMAL moes hulle knieë onder die LEWENDE GOD buig, ongeag of hulle Hom erken het as God en gedien het of nie, hulle moes SY WIL uitvoer en die wat in REBELLIE teen Hom opgestaan het is ‘n kans gegun in Sy genade, maar as hulle dit nie wou benut nie is hulle VERSLAAN.

Ons lees in lyn hiermee in Jeremia 10:10 “YHVH is WAARLIK GOD en ‘n EWIGE KONING; vir SY toorn (Sy woede) beef die aarde, en die nasies kan SY grimmigheid (die woede wat Hy openbaar) nie verdra nie (nie uitstaan nie, hulle is nie bestand daarteen nie).Lees ook Psalm 2 waarin ons sien die konings van die aarde staan op teen YHVH (God die Vader) en SY GESALFDE (Yeshua Sy Seun), maar God lag vir hulle en spot met hulle juis omdat Hy besef hoe nietig hulle is, amper soos ‘n 5 jarige seuntjie wat tantrums gooi omdat hy nie wil doen wat sy pa sê nie en sy pa lag vir sy komieklike (lagwekkende) en kinderagtige gedrag.

Maar uiteindelik sal God hierdie rebelse konings straf soos ons lees in Psalm 2:9 en daarom waarsku God hulle soos volg in Psalm 2:10-12 “Wees dan nou VERSTANDIG (wys met goeie denkvermoë en insig), o konings (regeerders); laat julle WAARSKU, o regters (ampenare wat aangestel is om regsprake te lewer oor wetsoortreders) van die aarde! DIEN YHVH met vrees, en juig met bewing. Kus die SEUN (raak die Seun, ‘n verwysing na Yeshua die Seun van God, aan met ‘n gebaar van liefde en aanvaarding/ onderwerping aan Sy gesag), dat Hy nie toornig (kwaad) word en julle op die WEG (die pad) vergaan nie; want gou kan Sy toorn (Sy woede) ontvlam. WELGELUKSALIG (gelukkig en geseënd) is ALMAL wat by HOM SKUIL.”

Want jy sien, HY IS DIE SKEPPER, EIENAAR en KONING van ALLES. Ons lees dit ook met die geopenbaarde VERSKYNING wat sal plaasvind met SY TWEEDE KOMS in Openbaring 19:16 naamlik: “En Hy dra op Sy kleed en op Sy heup die Naam wat geskrywe is: Die KONING van konings en die MEESTER van die meesters.” En in Openbaring 21:23-24 wat handel oor die Nuwe Jerusalem in die NUWE HEMEL en op die NUWE AARDE lees ons: “En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die HEERLIKHEID van GOD (die Vader) het hom VERLIG, en die LAM is sy LAMP. En die nasies van die wat GERED (vrygemaak) word, sal in die LIG daarvan wandel (leef), en die konings (regeerders) van die aarde bring hulle heerlikheid (grootheid) en eer (agting en aansien) daarin.

En ons lees die volgende oor wat God van ‘n koning (‘n regeerder) van ISRAEL (Sy volk) verwag in Sy Woord, (insluitend elke man waarvoor Hy ‘n vrou en kinders gee en hom dus aanstel as hoof oor sy gesin) naamlik:

  • GEHOORSAAMHEID aan SY WET

Ons lees in Deuternomium 17:18-20 “En as hy op die troon van sy koningkryk sit, moet hy vir hom ‘n afskrif van hierdie WET in ‘n BOEK (die Torah, Genesis tot Deuternomium opgesom in die Tien Gebooie) skrywe, uit dié wat voor die Levietiese priester lê; en dit moet by hom wees, en hy moet al die dae van sy lewe daarin lees, dat hy kan LEER om YHVH sy God te vrees deur al die WOORDE van hierdie WET (die Torah) en hierdie INSETTINGE (insetellings, verordeninge, gebooie) te HOU, om dit te DOEN; sodat sy HART hom nie verhef oor sy broers nie (die NLV sê: “Dit sal keer dat hy homself verhewe ag bo sy landsgenote”, m.a.w dit sal hom NEDERIG hou) en hy van die GEBOD (God se bevele, Sy gebooie) nie regs of links afwyk nie; dat hy die dae kan verleng in sy koningkryk, hy en sy seuns onder ISRAEL.

  • REG en GEREGTIGHEID

In Psalm 72:1-2 se Salomo in sy koningslied: “o God, gee aan die koning U REGTE (wetlike toepassings wat aan billikheid voldoen) en U GEREGTIGHEID (regverdigheid volgens God se Woord en wil) aan die seun (Salomo) van die koning (Dawid). Laat hy U volk oordeel met GEREGTIGHEID en U elendiges (die swakkes) met REG (regverdigheid).

Spreuke 16:12 sê: “Dit is ‘n gruwel (afskuwelike, verfoeilike, veragtelike, gemene daad) vir konings (regeerders) om goddeloosheid (sonde) te doen, want deur GEREGTIGHEID (regverdigheid volgens God se Woord en wil) word die TROON (die koning of regeerder se heerskappy) bevestig (bekragtig, versterk).

In Spreuke 29:4a lees ons: ‘n Koning (‘n regeerder) hou deur REG (geregtigheid, regverdigheid, bilikheid) ‘n land in stand (laat dit voortbestaan),…”

  • WYSHEID en INTEGRITEIT

In Spreuke 8:15-16 is WYSHEID aan die Woord en lees ons: “Deur My (WYSHEID, ‘n aanduiding van die WOORD en Heilige Gees van God) REGEER die konings en stel die maghebbers vas wat REG (geregtig, regverdig en billik) is; deur MY HEERS die vorste (regeerders, konings, prinse) en die edeles (hooggeplaastes, ministers, senators), al die REGTERS van die aarde.

Spreuke 31:1-9 leer ons: ‘n koning moet nie sy krag gee aan vroue (sy lewe op vroue verspil) of omgang (verhoudings hê met) die wat konings uitroei (tot ‘n einde laat kom) nie, hulle moet nie wyn drink en sterk drank begeer nie, anders drink hy en vergeet die INSETTINGE  (insetellings, verordeninge, gebooie van God) en VERDRAAI die REG van al die elendiges (die swakkes in hulle koningkryk). Hy moet sy mond oopmaak (praat) namens die stomme (die wat nie ‘n stem/ mag het nie), vir die REGSAAK (hofsaak) van almal wat wegkwyn (wat hulpeloos is). Hy moet REGVERDIG OORDEEL en REG verskaf aan die ELLENDIGE (die swakkes) en die BEHOEFTIGE (die armes, die wat gebrek ly).

GOD stel dus ALLE vorms van OUTORITEIT aan.

 Reeds in Genesis 1:26-28 lees ons God skep, seën en stel mense aan om VRUGBAAR te wees, te VERMEERDER en die AARDE te VUL, dit te ONDERWERP en oor die VISSE, VOËLS en DIERE te HEERS (gesag uit te oefen, heerskappy voer). Ons lees ook in Genesis 2:15 het God vir Adam in die TUIN van EDEN geplaas en hom aangestel om dit te BEWERK en te BEWAAK (op te pas, te beskerm). En ons sien dan hierna gee God aan Adam in vers 16-17 die reëls wat nagekom moet word. Amper soos wat ons by ‘n nuwe werk in diens geneem word met ‘n SPESIFIEKE POSBESKRYWING vir die pos waarvoor ons aangestel is asook die REËLS van die MAATSKAPPY ontvang wat ons moet aanvaar as deel van ons aanstelling en waaraan ons ons moet onderwerp.

Ons sien hierna dat GOD ALTYD self die AANSTELLINGS van SY MENSE behartig het. As voorbeeld hiervan ROEP HY vir ABRAHAM, uit die nageslag van Adam en Eva se jongste seun Set. Daarna ROEP HY vir NOAG met ‘n spesifieke posbeskrywing, dan vir MOSES en ÄARON en as opvolger vir Moses JOSUA waarvan ons lees in Numeri 27:18. Daarna stel Hy vir SAUL aan as eerste koning van Israel toe die volk aandring op ‘n koning en toe Saul teen Hom rebeleer, word die koningskap hom ontneem en kry SAMUEL opdrag om vir DAWID te salf as koning van ISRAEL. Lees ook Handelinge 13:21-23 waarin Paulus dit verduidelik. EN ons sien duidelik wat God se POSVEREISTE vir KONINGSKAP is, nie sy voorkoms of gestalte (vorm, gedaante, grootte van die liggaam) nie, maar SY HART (die setel/ die plek van ‘n mens se gevoelens/ emosies , sedelike/ morele eienskappe en innelike aard, wese/ kern of binneste). Lees 1 Samuel 16:7. God SOEK dus ‘n HART wat HOM volkome sal LIEFHÊ en HOM dus VRYWILLIG SAL GEHOORSAAM, want Hy moet die koning of heerser wat Hy aanstel kan vertrou met die werk waarvoor Hy hom aanstel.

En Paulus sê dit dan duidelik in Romeine 13:1 “Laat ELKE MENS hom ONDERWERP aan die magte (die gesag) wat oor hom gestel (geplaas, aangestel) is, want daar is GEEN mag (geen gesag) behalwe van GOD nie, en die wat daar is, is deur GOD ingestel (daar geplaas). En ons lees in vers 2, dié wat hulle TEEN hierdie gesag versit (teenstand, weerstand bied, opstandig is) weerstaan die instelling van God (die gesag wa God aangestel het) en sal hulle OORDEEL (regspraak van God met die straf wat daarmee gepaard gaan) ontvang.

Petrus sê in lyn hiermee in 1 Petrus 2:13-14 “Wees dan ONDERDANIG (gewillig om gehoorsaam te wees) aan elke menslike verordening (voorskrif, wetlike bepaling, bevel) ter wille van die MEESTER (Yeshua) – of dit die koning (of regeerder) is as oppermeester (hoogste menslike gesag), of die goewerneurs (staatshoofde van die koning/ regeerder) as sy gesante (sy diplomatieke/ staats verteenwoordigers), om wel kwaaddoeners te straf, maar die wat goed doen te prys (eer aan hulle te bewys). Want so is dit die WIL van GOD (die Vader) dat julle deur GOED te DOEN die onkunde (gebrek aan kennis en ervaring) van die dwase (die onverstandige) mense tot swye (stilte) sal bring, as vrymense en nie asof julle die vryheid het as dekmantel vir die boosheid (slegheid, sonde) nie, maar as diensknegte (dienaars, toegewyde mense) van God (die Vader). Julle moet ALMAL eer (met agting en respek hanteer), die broederskap (medegelowiges) liefhê, God vrees (ontsag vir Hom hê en), die koning/ regeerder eer (met agting en respek hanteer).”

En Paulus verduidelik dit later in Efesiërs 5:22-24 verder in HUISLIKE rolle waar ‘n VROU haar moet onderwerp aan haar MAN se GESAG (ons sien dit het gekom weens die sonde val in Genesis 3:16 waarin ons lees: “…na jou man sal jou begeerte (jou verlange) wees, en hý sal oor jou HEERS (gesag uitoefen, heerskappy voer). Maar let wel, dat die man in LIEFDE oor haar moet heers en bereid moet wees om sy lewe vir haar af te lê soos wat Yeshua ons Messias vir die gemeente gedoen het, volgens Efesiërs 5:25.  Paulus verduidelik ook vir ons dat dit ten goede vir die vrou is omdat dit dien as BESKERMING vir haar deur haar man soos ons lees in 1 Korinthiërs 11:3 “…julle moet weet dat MESSIAS die HOOF is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God (die Vader) die HOOF van MESSIAS. Die man staan dus onder die beskerming en gesag van Yeshua ons Messias wat onder die beskerming en gesag van God die Vader staan en die vrou staan onder die gesag en beskerming van die man. Dis ‘n baie veilige posisie as die man en die vrou bereid is om hulle aan hierdie gesag struktuur te onderwerp.

En onthou, die man word beskou as die koning van sy eie huisgesin, sy koningkryk dus word al die eienskappe van ‘n goeie koning soos deur God se Woord vereis en ons reeds bespreek het van hom verwag! Hy moet dus God se WET ken en in GEHOORSAAMHEID daaraan sy huis regeer in God se soort REG en GEREGTIGHEID, met NEDERIGHEID en SAGMOEDIGHEID en in ONTSAG vir GOD en in WYSHEID en INTEGRITEIT (in eerlikheid en met sterk morele waardes gerugsteun deur God se Woord).

En KINDERS word vermaan (ernstig gewaarsku) om aan hulle OUERS gehoorsaam te wees soos ons dan ook weet in lyn is met GEBOD VYF: “Eer jou vader en jou moeder” en dit is in beginsel ‘n opdrag om GESAG wat bo jou aangestel is te respekteer. En WERKNEMERS moet hulle WERKGEWERS gehoorsaam. Lees ook Kolossense 3:18-25.

En die VYFVOUDIGE BEDIENING is ook ‘n STRUKTUUR ingestel deur GOD self. Dit bestaan uit apostels wat dien as verteenwoordigers van God om gemeentes te plant, profete wat die Woord van God bring/ spreek aan gelowiges en gemeentes, insluitend vermanings of waarskuwings te gee, envangeliste wat die GOEIE NUUS van redding aan mense verkondig en optree as getuies, herders wat gelowiges lei en na hulle omsien en leeraars wat gelowiges leer en onderrig volgens GOD se Woord.

Hierdie ROEPINGS (lewenstaak, doel, bediening) word aan mense gegee deur Yeshua ons Messias tot opbouing van MEDEGELOWIGES wat saam SY LIGGAAM vorm en so gehoorsaam word aan Hom (lees Hebreërs 13:17, Efesiërs 4:11-12 en Handelinge 20:24).

En indien ons hierdie onderskeie GESAG STRUKTURE soos deur GOD ingestel naamlik konings/ heersers van lande, mans as konings en heersers van hulle eie gesinne en die vyfvoudige bediening binne die gemeente van Yeshua ons Messias sal daar VREDE wees in ons land, ons huisgesinne en ons gemeentes.

Let wel dit beteken nie ons moet dinge doen wat ‘n persoon in ‘n gesagposisie van ons vra wat  TEEN GOD se WOORD gaan nie, maar ons moet dit dan steeds met respek kommunikeer en hanteer en nie met rebellie en geweld nie. Ons sien dit geïlustreer in Daniël hoofstuk 3 waarin Sadrag, Mesag en Abednégo weier om oor die goue beeld van koning Nebukadnesar te buig omdat dit ‘n oortreding van die EERSTE en TWEEDE GEBOD van GOD is volgens Eksodus 20:3-6 en dus aan koning Nebukadnesar sê soos opgeteken in Daniel 3:17-18: “As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die BRANDENDE VUUROOND en uit u hand, o koning verlos; maar so nie, laat dit aan u bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie.” En die koning het woedend geword en ons weet natuurlik dit het gelei daartoe dat hulle in die vuuroond gegooi is maar ons weet ook God self het hulle in daardie vuur beskerm en hulle het ongedeurd uigekom, en nie eers na rook geruik nie, omdat “…die vuur geen mag oor hulle liggame gehad het nie..” soos ons lees in Daniël 3:27 en juis dit was ‘n GETUIENIS vir koning Nebukadnsear van God se grootheid en moes hy erken soos ons lees in  vers 28-30 “Geloofd sy die GOD van Sadrag, Mesag en Abednégo, wat Sy engel gestuur en SY knegte (Sy dienaars) verlos het wat hulle op Hom verlaat het (wat op Hom VERTROU het) en die bevel van die koning (Nebukadnesar) oortree het, en wat hulle liggame oorgegee het (bereid was om hulle lewens te gee) om (sodeoende) geen ander (kleinletter) god te dien of te aanbid nie, behalwe hulle (hoofletter) God.” En dan gee koning Nebukadnesar bevel dat alle volke, nasies en tale God moet erken as die ENIGSTE GOD en Sadrag, Mesag en Abednégo het verder voorspoed in die provinsie Babel geniet.

En in Handelinge hoofstuk 5:12-16 lees ons van die tekens en wonders wat die apostels onder die volk gedoen het as deel van die verkondiging van die GOEIE NUUS/ DIE EVANGELIE deur siekes te genees en onrein / bose geeste uit te dryf soos hulle deur Yeshua ons Messias beveel is in Markus 16:15-18 en ons lees in Handelinge 5:17-19 die Sadduseërs (‘n groep aristokrate Jode in die Nuwe Testamentiese tyd wat nie geglo het aan ‘n lewe na die dood nie) nydig (bitsig/ venynig, boos, afgunstig) geraak het en hulle het die apostels in die tronk laat opsluit. Maar ‘n engel van God het vir hulle die deure van die tronk oopgelsuit en hulle uitgelei en aan hulle gesê in vers 20-21: “Gaan heen, staan en vertel in die tempel aan die volk al die WOORDE van hierdie LEWE (die volle boodskap/ die Goeie Nuus).” En hulle het geluister en vroeg in die môre in die tempel gestaan en die mense begin leer. En hulle is gebring voor die Sanhedrin (die Joodse Raad/ geregshof in Jerusalem oor godsdienstige sake) en die hoëpriester het aan hulle gevra: “Het ons julle nie uitdruklik verbied om in die Naam (die Naam van Yeshua die Messias) te leer nie? …En Petrus en die apostels aantwoord en sê: “Ons moet aan GOD meer GEHOORSAAM wees as aan die mense (vers 29)”. En ons lees in vers 33-34 toe die Joodse Raad  dit hoor was hulle woedend en wou hulle om die lewe bring, maar ‘n Fariseër met die naam Gamaliël, ‘n leeraar van die wet (die Torah, Genesis tot Deuternomium) met hoë aansien (agting en respek) het opgestaan en aan die Raad gesê soos ons lees in vers 38-40 “…bly af van hierdie manne (los hulle) en laat hulle staan; want as hierdie voorneme (hierdie plan) of hierdie werk uit mense is; sal dit VERNIETIG word; maar as dit uit GOD is, kan julle dit nie vernietig nie – dat dit nie miskien bevind word dat julle selfs teen GOD stry nie.” En die Raad het na hom geluister, die apostels geslaan en gewaarsku en hulle laat gaan. En ons lees in vers 41: “Hulle het toe van die Raad af weggegaan, bly dat hulle waardig geag was om vir SY NAAM oneer (vernedering, beledigings en veragting) te ly (onthou Yeshua ons Messias sê in Mattheus 5:11-12 en Lukas 6:22-23 ons is gelukkig en geseënd waneer mense ons beledig en vervolg en valslik beskuldig en kwaad teen ons spreek om Sy ontwil).” Ons moet dus verstaan wanneer die gesag wat bo ons aangestel is teen God se WOORD optree moet ons dit met respek afwys en op God se roete bly, maar ons moet besef dat daar gevolge vir ons gaan wees soos ons in die voorbeelde in die Woord sien, maar ons hoef nie daarvoor bang te wees nie want God self sal ons beskerm en met ons wees, selfs al moet ons dalk lyding deurgeen. Ons kan verseker weet, alles sal ten goede meewerk omdat ons Hom liefhet en geroep is vir Sy doel (Romeine 8:28).

En wat as dit die koning van sy eie huisgesin, die man van die huis is wat heers as ‘n goddelose (ongelowige, sondige) koning en hom dus nie onderwerp aan die gesag van Yeshua ons Messias nie en wie se sonde verwoesting veroorsaak in sy koningskryk en sy huismense seermaak en verniel?  Ons voorbeeld in die Woord vir die hantering hiervan is Abigail. Ons lees in 1 Samuel 25:2-42 van Nabal ‘n man wat ‘n skaap en bok boerdery in Maon ‘n dorp in Karmel gehad het en baie ryk was en sy vrou se naam was Abigail en sy het ‘n goeie verstand gehad en was mooi van aansien, maar Nabal was grof (ru, ongemanierd) en boosaardig (hy het slegte maniere en slegte bedoelings gehad). Hy was van die nagesalg van Kaleb van die stam van Juda. Ons weet Kaleb was ‘n goddelike man wat gehoorsaam aan God was tydens die uittog uit Egipte, en wat een van die twee verspieders was saam met Joshua wat op God vertrou het en uiteindelik die Beloofde Land ingegaan het. Maar ons sien hier die WAARHEID van die WAARSKUWING in Esegiel hoofstuk 18. Jou voorouers se gehoorsaamheid gaan jou nie red nie, jy moet self KIES om in hulle gehoorsame spore te volg en ongelukkig sien ons in die geval het Nabal, ‘n nasaat van Kaleb, het hy die breë pad van duisternis verkies. Dieselfde is van toepassing wanneer jou voorgeslagte goddeloos was, maar jy KIES om hulle weë te verwerp, en goddelik te leef op die SMAL WEG van GOD sal jy nie vir hulle sondes veroordeel word nie.

Dawid en sy manne het in daardie tyd vir koning Saul gevlug wat vir Dawid wou doodmaak en hulle het afgetrek in die Paran woestyn en Dawid het gehoor dat Nabal besig was om sy skape te skeer en hy het van die jong manne by hom na Nabal gestuur om kos en water te vra. Maar Nabal het geweier om hulle te help en Dawid was so kwaad hieroor dat hy sy manne opdrag gegee het om teen Nabal op te trek om hom en sy huishouding uit te wis. Maar een van die jongmanne het Abigail gaan waarsku en sy het dadelik kos en wyn op esels laat laai, sonder Nabal se medewete, en sy het dit by Dawid en sy manne gaan aflaai en sy vergifnis vir Nabal se gedrag gevra en om nie teen hulle op te trek nie en dus hulle lewens te spaar. En Dawid het Abigail geprys en verklaar dat sy hom weerhou het om sonde te doen deur moord te pleeg (die oortreding van GEBOD SES) en hy het haar geseën.

Maar toe Abigail by die huis kom is Nabal besig om partytjie te hou soos ‘n koning (dus was dit ‘n groot fees) en sy hart was vrolik en hy was baie dronk en daarom het Abigail hom niks van Dawid wat hulle byna uitgewis het en wat sy gedoen het om dit te voorkom vertel nie, maar die volgende more het sy hom daarvan vertel.  En daarop het Nabal se hart in sy binneste gesterwe en was hy soos ‘n klip (dit klink soos ‘n hartaanval, maar sommige Bybel weergawes reken dit was ‘n beroete) en omtrent tien dae later het YHVH Nabal weer met ‘n aanval getref sodat hy gestref het en Dawid het dit beskou as God wat sy REGSAAK teen Nabal namens hom hanteer het. Ons sien dus in hierdie gedeelte Abigail het voortgegaan om in gehoorsaamheid aan God te leef en te doen wat reg is, ten spyte van haar ongoddelike man Nabal. En toe hy dood is, het God haar met ‘n goddelike man geseën, want koning Dawid het met haar getrou.

Net ‘n nota hier, wat nie van toepassing op Abigail is nie, maar wat soms in ons sameling gebeur. Passop om wanneer jy met ‘n Nabal (‘n goddelose man) getroud is, jou hulp by ‘n ander man, veral ‘n getroude man te gaan soek, want dit kan ongelukkig lei tot begeertes en egbreek (selfs al het jy dit nie beplan nie) en jou en hom skuldig maak aan die oortreding van GEBOD 7 en 10 (Eksodus 20:14 & 17). Ons weet mos vanuit die Woord, wat jy saai gaan jy maai, dus is daar nooit ‘n goeie rede om jou geluk te probeer bou op iemand anders se ongeluk deur iemand anders se huwelik op risiko te plaas en te vernietig nie. En moet nooit dink dit sal nie gebeur nie, die bose is lustig en sy plan is ALTYD om van ons te steel, ons te slag en ons te vernietig en hy kry dit reg as ons ongehoorsaam is aan GOD se instruksies! (Johannes 10:10a).

Natuurlik moet ‘n vrou stappe neem om beskerming te verseker vir haar en haar kinders indien haar man geweldadig is en dit haar en haar kinders se lewens bedreig en al nader jy dalk ‘n man om jou te help, doen dit formeel en sorg dat sy vrou by is. Ons weet dat selfs baie goeie voornemende dominees, pastore en diakens se huwelike al in die slag gebly het omdat hulle net ‘n vrou in die gemeente “probeer help” het. ‘n Vrou moet sorg dat sy in ALLE gevalle eerste haar hulp by God soek en gehoorsaam aan Hom bly, en Hy sal vir jou die regte pad wys en jou seën en vir jou voorsien. En onthou, as Hy nie vir jou ‘n goddelike (gelowige en aan God gehoorsame) man voorsien om met jou te trou en vir jou te sorg en jou te beskerm nie, beloof Hy in Sy Woord om jou MAN en jou HELPER te wees (lees Jesaja 41:10, 54:5, Psalm 54:6 en Hebreërs 13:6).

En wat as jy ‘n goddelike (gelowige en aan God gehoorsame) man is wat jou koningkryk volgens God se Woord bestuur en jou vrou so lief het soos Yeshua die gemeente het, maar sy is ‘n goddelose (ongelowige en sondige) vrou en ontrou aan jou? Ons voorbeeld hiervan in die Woord is Hosea. Ons lees in die Boek Hosea van die profeet Hosea wat met ‘n prostituut getroud was en al die hartseer wat daarmee gepaard gegaan het, maar Hosea se gehoorsaamheid en vashou aan God het hom deurgedra en hom instaat gestel om steeds met deernis teenoor sy ontroue vrou op te tree en haar te bemin en terug te koop uit haar hoerery en haar weer ‘n kans te gee om getrou te wees aan hom (lees Hosea hoofstuk 1-3). Weereens is daar ook in ‘n man se geval perke vir ‘n vrou wat haar nie van haar ontrouheid wil bekeer nie en ons weet in die WOORD, is seksuele ontrouheid ‘n geldige rede vir egskeiding (lees Mattheus 5:32 & 19:9).  Ons weet die Boek Hosea is ‘n voorbeeld van God se eie hartseer oor ons ontrouheid aan Hom en Sy straf, maar ook Sy oproep tot bekering, Sy loskoop van ons uit ons sondes en dus Sy ongelooflike getrouheid, liefde vir en genade met ons as sondige mensdom, maar ook daaraan is perke. Indien ons volhard in sonde en bly weier om in gehoorsaamheid aan Hom te leef, ten spyte van die duur prys wat Hy vir ons vryheid van die slawerny aan sonde betaal het, gaan ons nie saam met Hom in die koningkryk van God kan ingaan nie (lees Openbaring 22:15). 

Net soos wat GOD GESAG aanstel, sal Hy ook die GESAG oor ons VERANTWOORDELIK hou vir hulle dade. En dit geld ook vir ons GESAG oor ander mense, insluitend ons kinders. Paulus sê in Kolossense 4:1 “Betoon REG en BILLIKHEID (regverdigheid en redelikeid) meesters, aan julle diensknegte (die mense wat vir julle werk), omdat julle weet dat julle ook ‘n MEESTER (Yeshua) in die hemele het.” (Lees ook Efesiërs 6:9).

He-Brews-Coffee-Roastery-Logo

Stay In Touch