DEEL 4:
YESHUA die MESSIAS, DIE VOLMAAKTE TEMPEL VAN GOD DIE VADER en dus DIE KERN van die FEES VAN TOEWYDING
22 November 2024
In ‘n artikel genaamd “The Feast of Dedication: How Yeshua Fulfills Hanukkah”, (op die TGC webpage) geskryf deur William Cook verduidelik hy dan ook vir ons Yeshua in hiedie Fees want onthou Yeshua is die KERN van DIE WEEKLIKSE FEES, die SABBAT sowel as AL SEWE FEESTE VAN ABBA VADER soos voorgeskryf in die Torah (Levitikus 23, Numeri 28-29 en Deuternomium 16) en inderdaat van die HELE WOORD VAN ABBA, INSLUITEND DIE WET van MOSES (Genesis tot Deuternomium) die Profete en die Psalms (Bevestig deur Yeshua ons Messias self in Lukas 24:25-27 en 44).
William toon aan ons vanuit Johannes hoofstuk 5-10 Abba Vader se weeklikse fees, die SABBAT (in Johannes hoofstuk 5), die jaarlikse PASGA (Johannes hoofstuk 6), die FEES VAN TABERNAKELS (ook genoem die Huttefees) in Johannes 7-10:21 en dan eindig dit met die TEMPEL TOEWYDING FEES (Hanukkah) in Hoofstuk 10:22-42. Johannes verduidelik dus hoe Yeshua die Messias hierdie FEESTE VERVUL en hoe ELKE FEES meer openbaar oor YEHSUA as PERSOON en SY WERK. So wat wou Johannes, onder inspirasie van die Heilige Gees hê moes ons leer van Yeshua vanuit Yeshua se bywoning van die FEES van TOEWYDING?
Die FEES van TOEWYDING of LIGTE sou die mense herinner aan die dapper en heldhaftige (onverskrokke, vreeslose) leierskap van Judah Makkabeër/ Maccabeus. Maar in Johannes 10:22-39, staan IEMAND WAT BAIE GROTER as Judah Makkabeër/ Maccabeus tussen hulle. YESHUA SE IDENTITEIT STAAN UIT in hierdie gedeelte en reg deur die EVANGELIE VAN JOHANNES. Johannes verduidelik inderdaat al reeds in Johannes hoofstuk EEN dat YESHUA DIE LIG IS.
Johannes se doel word gevind in hoofstuk 20:31 waarin ons lees: “maar hierdie is beskrywe, dat julle kan GLO dat YESHUA DIE MESSIAS IS, DIE SEUN VAN GOD; en dat julle deur te GLO die LEWE kan hê in SY NAAM.” Johannes beklemtoon hierdie twee titels doelbewus: DIE MESSIAS, en die SEUN VAN GOD om ons te help verstaan waarom Yeshua die Fees van Toewyding bygewoon het.
Judah Makkabeër/ Maccabeus was ‘n dapper en helfhaftige (onverskrokke, vreeslose) figuur – maar hy was bloot ‘n man. Maar tydens die FEES van TOEWYIDING verklaar YESHUA DAT HY BEIDE DIE MESSIAS en DIE SEUN VAN GOD (YHVH, DIE VADER) IS EN MEER NOG DAT HY GOD SELF IS, net soos wat ons lees in die PROFESIE in JESAJA 9:5 wat HOM tussen al die ander titels EWIGE VADER noem! Die Jode vra aan Yeshua in Johannes 10:24 om aan hulle reguit te sê of Hy die MESSIAS is. En YESHUA sê dan DUIDELIIK aan hulle: “EK en die VADER is EEN.” (vers 30).
En terwyl baie mans gesneuwel het in die gevegte saam met Judah Makkabeër/ Maccabeus is YESHUA SE SKAPE (die gelowiges in Hom) vir EWIG VEILIG. SY SKAPE HOOR SY STEM en hulle VOLG HOM (vers 26–27). Hulle BLY in die TWEEVOUDIGE GREEP EN VEILIG IN DIE HAND van die SEUN en die VADER (vers 28–29).
Terwyl die mense met groot blydskap die reiniging en toewying van die TWEEDE TEMPEL gevier het, het EEN wat GROTER was as die TEMPEL tussen hulle gestaan soos ons ook lees in Mattheus 12:6. Die TWEEDE TEMPEL waarop die Joode so trots was sou vernietig word 70 jaar na Yeshua se hemelvaart. Maar ENTLIK is hierdie TEMPEL reeds 30 jaar na Yeshua die Messias se geboorte en dekades voor die Romeine die TEMPELvernietig het, MET YESHUA AS DIE WARE TEMPEL. GODE DIE VADER, YHVH se heerlikheid het eens op ‘n tyd gewoon in die TABERNAKEL en later die TEMPEL, maar nou woon dit in SY SEUN YESHUA, soos wat Johannes so mooi verduidelik in Johannes 1:14 “En die WOORD het vlees geword en het onder ons kom woon – en ons het SY HEERLIKHEID aanskou, ‘n heerlikheid soos van die ENIGGEBORENE (dit is Yeshua die Seun) wat van die VADER kom – vol van genade en waarheid.”
Maar ons lees reeds LANK voor Sy vleeswording in Deuternomium 33:27 sê Moses in sy afskeidswoorde aan die volk Israel voor sy dood: “Die EWIGE GOD is ‘n WONING (‘n plek om in te woon, ‘n huis soos wat die TEMPEL as die HUIS van God beskou is en ons ook vandag praat oor die KERK/ GEMEENTE, in ENGELS ‘n “dwelling-place” en ook beskryf as ‘n SKUILPLEK in sommige vertalings), …”
Voor die gesprek waarvan ons lees in Johannes 10 tydens die Tempelwyding Fees het Yeshua Homself reeds tydens Sy bediening geÏdentifiseer as die NUWE TEMPEL. In John 2:19, het Hy aan die godsdienstige leiers in Jerusalem gesê: “Breek hierdie TEMPEL af en in DRIE DAE sal Ek dit oprig.” En Johannes verduidelik in vers 21-22 dat Yeshua van SY LIGGAAM gepraat het en toe Hy opgestaan het uit die dood het Sy dissipels hierdie woorde ONTHOU en IN HOM GEGLO. Die TEMPEL in Jerusalem was dus bloot ‘n tydelike struktuur totdat die WARE TEMPEL gekom het. In SY LEWE, DOOD en OPSTANDING vervang YESHUA die MESSIAS die TEMPEL en word Hy die PLEK waar ons vir GOD die VADER ONTMOET en SY HEERLIKHEID ervaar.
Die beeld van LIG speel ‘n belangrike rol in die Tempelwyding Fees want die LIG van die TEMPEL is uitgedoof gedurende die Siriëse ontheiliging van die TWEEDE TEMPEL, maar dit is herstel deur Judah Makkabeër/ Maccabeus.
En julle is dit nie ook wat met ons gebeur wanneer sonde en afgode ons TEMPELS (liggaam, siel en gees) kom ontheilig en God se LIG in ons (Sy Heilige Gees) UITDOOF (UITBLUS) nie? (1 Thessalonisense 5:19). Maar Johannes vertel aan ons dat Yeshua die Messias die LIG is wat baie helderder skyn as wat die liggies van Hannukah ooit kan. In Johannes 8:12 se Yeshua ons Messias: “Ek is die lig van die wêreld; WIE MY VOLG, sal sekerlik NIE in die duisternis wandel nie, maar sal die LIG VAN DIE LEWE hê.”
Die duisternis wat die Jode verswelg het tydens die regering van Antiochus Epiphanes kon nie ten volle verwyder word deur die oorwinning van Judah Makkabeër/ Maccabeus nie maar dit was ten volle verwyder deur die OORWINNING van Yeshua ons Messias toe boosheid deur Sy kruisiging verslaan is en die prys vir die sonde en dood ten volle betaal is namens ons (Kolosense 2:15 en Hebreërs 2:14).
Voordat ons verder gaan is dit net BAIE BELANGRIK om te besef dat ons nooit die fout moet maak om Satan en die bose magte van DUISTERNIS as ‘n “match” soos hulle in Engels sê vir YHVH ons God te sien nie want Satan is by VERRE NIE YHVH se gelyke nie. Ons lees in Kolosense 1:16 ALLES is vir en deur Hom geskep en alhoewel Hy in Sy genade en liefde VRYE wil gee aan die ENGELE sowel as die MENS wat Hy geskep het, is Hy STEEDS in beheer en LAAT ALLES uitwerk VOLGENS SY WIL EN DOEL en ten goede vir die wat Hom liefhet en geroep is volgens Sy doel vir hulle lewens soos ons lees in Romeine 8:28. Maar ons MOET NOOIT VERGEET NIE, HY IS DIE ALMAGTIGE GOD, die SKEPPER VAN HEMEL en AARDE, die EIENAAR en OPPERGESAG oor ALLES en ALMAL en NIEMAND, LETTERLIK EN FIGUURLIK NIEMAND, kan vir Hom voorskryf nie.
Hy, wat SELF DIE LIG IS en in WIE daar GEEN duistenis is nie (1 Johannes 1:5) , kom maak reeds in Genesis 1:1-5 skeiding tussen die LIG en DUISTERNIS, wat Hy dan DAG en NAG noem. En Paulus verduidelik in 2 Korinthiërs 4:3-6 dit is HIERDIE GOD wat gesê het: Laat daar LIG skyn uit die DUISTERNIS, wat ook in ons HARTE ‘n LIG laat skyn om ons te VERLIG met die KENNIS van die HEERLIKHEID van GOD wat uit die gesig van Yeshua die Messias straal wanneer ons die GOEIE NUUS (DIE EVANGELIE) ontvang en verstaan.
Psalm 97:2 verklaar: GEREGTIGHEID en REG is die GRONDSLAG van SY TROON – en as ons dink aan die ARK van die VERBOND wat ook as SY TROON gedien het in die TABERNAKEL en LATER die TEMPEL op aarde, asook die TEMPEL in die HEMELSE TROONKAMER (Openabring 11:19 en 15:5) dan beteken dit SY BESLUITE IS REGVERDIG en gebasser op SY WET (dit is die TORAH – Genesis tot Deuternomium waarvan ‘n OPSOMMING, dit is die TIEN GEBOOIE in die ARK gehou is volgens OPDRAG van ABBA VADER – dus is dit die GRONDSLAG van SY TROON (Sy WET waarvolgens HY oor SY HELE SKEPPING HEERS).
Ons lees in Kolossense 1:15-18 dat Yeshua die Messias die BEELD van YHVH die Vader, die onsienlike God is – ons kan dus sê Yeshua is YHVH se LIGGAAM en dat ALLE dinge is VIR HOM en DEUR HOM GESKEP is en Hy is VOOR ALLE DINGE en HY HOU ALLES IN STAND.
En in Jesaja 14:27 lees ons “…want YHVH van die LEËRSKARE (dit is YHVH Tzava’ot van die hemelse weermag) HET DIT BESLUIT – wie sal dit verydel (dit laat misluk of tot niet maak) – en Sy hand is uitgestrek (m.a.w Hy gaan aksie neem) en WIE sal dit kan afkeer? (verhinder om te tref of wegdraai). En in Jesaja 45:7 lees ons weer van YHVH, die GOD SONDER ENIGE GELYKE – wat die LIG formeer (vorm en maak) en die DUISTERNIS skep, die heil (voorspoed) bewerk en die onheil (ramp, groot ongeluk) skep en Hy verklaar self: “Dit is EK YHVH, wat AL hierdie dinge DOEN.” En as ons dalk iets hieroor wil sê – moet ons dalk net weer gaan lees wat Hy vir Job gesê het in Job hoofstuk 38 tot 39 toe Job hom, net soos ons wil slim hou en opstaan en TWIS (as te ware vir God uitdaag) met ons eie idees van wat reg en verkeerd of goed en toelaatbaar is TEEN die ALMAGTIGE GOD! En net soos Job in hoofstuk 39:37 moet ons dalk eerder voor ons ALMAGTIGE SKEPPER die knie buig en erken: …ek is te gering (klein, nietig). Wat kan ek U antwoord? Ek lê my hand op my mond (m.a.w ek bly stil, ek hou my mond). Ek het eenkeer gepraat en te veel gesê. Ek het niks meer om te sê nie.” God gaan dan voort met Sy saak teen Job in hoofstuk 40 – 41 en dan sien ons Job BELY in hoofstuk 42 sy SKULD met die woorde: “Ek weet dat U ALLES kan doen en GEEN plan vir U ONUITVOERBAAR nie, U raadsbesluite is vir my verberg (God neem besluite omdat Hy alles van die einde reeds van die begin af weet, maar ons weet dit nie en verstaan dus dikwels nie Sy belsuite nie), en dan se Job verder: “So het ek dan gespreek sonder om te verstaan, dinge te wonderbaar (te buitengewoon) vir my wat ek nie begryp nie. Ek sal vra en U sal my ONDERRIG. Volgens hoorsê (m.a.w uit dit wat ander mense sê), het ek van U gehoor, maar nou het my oë U gesien (dus het hy nou direkte kontak met God). Daarom herroep ek (trek terug wat ek gese het) en het berou in stof en as (dit is ware berou).” Ons sien dus hier EERS as ons paaie KRUIS, met die ALMAGTIGE GOD en SKEPPER deur ‘n ontmoeting met Hom, nie deur net by ander van Hom te hoor nie, maar deur Sy Woord in te neem met ons eie oë en ‘n persoonlike ontmoeting met Hom te hê en ons SO besef WIE Hy is, sal ons eers in berou voor Hom ons opstandigheid teen Hom bely.
Ons lees reeds in Jesaja 9:1-6 die profesie van die Messiaanse Ryk – “Die volk wat in DUISTERNIS wandel, het ‘n GROOT LIG gesien; die wat woon in die land van DOODSKADUWEE, OOR hulle het ‘n LIG GESKYN. U het die nasies vermenigvuldig, hulle VREUGDE groot gemaak, hulle is VROLIK voor U aangesig…want die JUK wat op hulle gedruk het, en die stok wat hule rug getref het is verbreek…Want ‘n Kind is vir ons GEBORE, ‘n SEUN is aan ons gegee; en die HEERSKAPPY is op Sy skouer, en HY word genoem: WONDERBAAR (Buitengewoon, Onbegryplik) RAADSMAN ( Raadgewer), STERKTE (Kragtige) God, EWIGE VADER, VREDEVORS (Prins van Vrede, Sar Shalom in Hebreeus) tot vermeerdering van die heerskappy (m.a.w dit sal voortdurend uitbrei) en tot VREDE SONDER EINDE, op die TROON van David en oor SY KONINGKRYK, om dit te bevestig (bekragtig) en dit te versterk deur REG en GEREGTIGHEID, van nou af tot in EWIGHEID.” En ons sien dan in Lukas hoofstuk 1 met die geboorte van Johannes die Doper word Saggaria sy pa met die Heilige Gees gevul en sing hy ’n lofsang waarin die profesie in Jesaja 9:1-6 bevestig word in Lukas 1:78-79 dat die barmhartige God se LIG uit die hoogte ons besoek om te SKYN oor die wat in duisternis en DOODSKADUWEE sit, om ons voete na die PAD VAN VREDE te rig.” En ons lees dan van die vervulling van hierdie profesie in Mattheus 4:16-17 wanneer Yeshua se bediening begin en Hy preek en sê: “Bekeer julle (dit is die Engelse wood REPENT, en die Hebreeuse woord: TESHUVAH wat beteken – kom tot inkeer, verander van hart en gedagte, draai om terug na God), want die koningkryk van die hemele het naby gekom.”
En ons lees dan ook in Kolosense 1:13 dat dit PRESIES is wat met ELKE mens gebeur: ABBA VADER VERLOS ons uit die mag van die DUITERNIS en BING ONS IN die KONINGKRYK van SY SEUN, YESHUA van SY LIEFDE, in WIE ons die VERLOSSING het DEUR SY BLOED, naamlik die VERGIFNIS van SONDES. Ons lees ook in Efesiërs 5:8 wanneer ons Yeshua ons Messias aanneem as ons Verlosser word ons KINDERS van die LIG en opgeroep om dan te LEEF IN DIE LIG. En dus het ons elkeen die keuse om in geloof in Hom uit te stap uit die duisternis en Hom te volg in die lig (lees ook 1 Johannes 1:1-10). En Yeshua hou aan om te skyn in die duisternis en die dusiternis sal Hom nooit oorweldig (of oorwin) nie (Johannes 1:5). Daar sal ‘n dag kom wanneer die NUWE JERUSALEM nie die sterre, maan of son sal benodig om lig te gee nie, “want die HEERLIKHEID van GOD (die VADER) het hom verlig, en die LAM is sy LAMP.” (Openbaring 21:23).
Yeshua is dus ons grootste HELD (groter as Moses – lees Hebreërs 3:1-19 en beslis groter as Judah Makkabeër/ Maccabeus en enige iemand anders wat nog ooit geleef het. Hy is die groter en volmaakte TEMPEL, vêr bo enige AARDSE TEMPEL wat ooit bestaan het en Hy is die WARE LIG wat ons nodig het.
Dus vervul Hy die TEMPELWYDING FEES, genoem HANUKKAH in Hebreeus en ook genoem die FEES VAN LIGTE wat in alle waaskynlikheid in die Weste KERSFEES genoem word maar wat vandag vol verdraaings en msleidende simbole is. Ons gesels in DEEL 6 meer daaroor.
En ons gesels in DEEL 5 oor die MENS as die TEMPEL van GOD.
