Skip to content

MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (DIE DOOD) NA SY WONDERLIKE LIG (DIE LEWE), Deel 6: YHVH die GOD van die SMAL WEG

27 Mei 2026

Ons gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (die donker, afweisgheid van geestelike lig, onkunde, ongeloof, nood en elende, die dood) NA DIE WONDERLIKE LIG (openbaring van die waarheid, wysheid, geloof, geestelike vol lewe)  VAN ABBA VADER. En ons leer verder HOE ons, DIE SMAL WEG deur YESHUA ons MESSIAS vind wat lei vanuit die DUISTERNIS van EGIPTE/ ‘n prentjie van die WÊRELD, na ABBA VADER en ons help om die REDE en DOEL waarvoor HY ons gemaak het te vind, te verstaan, te groei daarin tot ons volle potensiaal en ons DOEL en ROEPING suksesvol uit te voer.

Ons gesels steeds oor WIE ons SKEPPER GOD van LIG en LEWE is wat saam met ons beweeg op die SMAL WEG na DIE EWIGHEID.

Ons het nou reeds vanuit ons studie in SY WOORD bevestig:

HY IS DIE SKEPPER VAN HEMEL, AARDE en ALLES DAARIN

  •  HY IS WIE HY IS, die BEGIN van ALLES en die EINDE van ALLE DINGE.
  • Die GOD van ABRAHAM, die GOD van ISAK en die GOD van JAKOB/ ISRAEL.
  • SY NAAM, YHVH is vir EWIG, en dit is SY GEDENKNAAM van gelsag tot geslag.”
  • HY is YHVH, die KONING van ISRAEL en SY VERLOSSER
  • Hy is YHVH van die LEËRSKARE (die HEMEL WEERMAG).
  • Daar is buiten Hom GEEN ander God nie.
  • HY IS DIE LEWENDE EN EWIGE GOD WAT BESTAAN VAN ALTYD AF EN ALTYD SAL BESTAAN.
  • Hy is ALOMTEENWOORDIG en Hy WEET ALLES.

HY IS DIE ENIGSTE WARE LIG EN DAAR IS GEEN DUISTENRIS IN HOM NIE.

  •  HY is ‘n VERTERENDE VUUR, daarom is:
  • SY WOORD VUUR.
  • SY ENGELE is BOODSKAPPERS van VUUR met swaarde van VUUR.
  • HY DOOP GELOWIGES met die VUUR van SY HEILIGE GEES.
  • HY SUIWER ons GELOOF met VUUR en HY TOETS ons WERK vir die KOINGKRYK met VUUR.

HY IS DIE WOORD

  • HY SKEP DEUR TE SPREEK.
  • SY WOORD IS DIE WAARHEID en dus IS HY DIE WAARHEID.
  • SY WOORD SAL VIR EWIG BESTAAN.
  • HY HOU ALLES IN STAND DEUR SY WOORD.
  • SY WOORD IS DIE GOEIE NUUS VIR ALLE MENSE.

HY is SOEWEREIN

  • Hy is OPPERMAGTIG, die HOOGTSTE GESAG in die hemel en op aarde.
  • En NIKS kan gebeur sonder dat Hy dit wil of toelaat nie.
  • En alles wat HY DOEN het ‘n DOEL en REDE en vir dié wat HOM LIEFHET en SY ROEPING vir hulle lewens aanvaar, dié wat HOM dus GEHOORSAAM en VOLG, sal Hy ALLES (ook dit wat met hulle gebeur wat sleg is) ten GOEDE laat meewerk.

 HY is die ALMAGTIGE GOD

  • Hy is dus die perfekte SKUILPLEK en TOEVLUG waarop ons kan VETROU.
  • Hy is DIE EWIGE ROTS, ‘n VASTE FONDASIE, die REDDER, ons VERLOSSER en ons BESKERMER.
  • Sy NAAM is YHVH, ‘n STERK TORING waarin ons kan hardloop en BESKUT word teen alle
  • Aan die wat na SY STEM LUISTER en HOM VOLG (Hom gehoorsaam), gee HY DIE EWIGE LEWE en niemand kan ons uit SY HAND ruk nie.
  • Hy VERSTERK ons en BEWAAR ons van die bose.
  • Hy is GROOT en KRAGTIG en SY VERSTAND (denkvermoë, insig, intellek) is ONEINDIG.
  • Hy is die EWIGE GOD, YHVH, die SKEPPER van ALLES en Hy word nooit moeg of mat (vermoeid, kragteloos, afgemat/ uitgeput na gees of liggaam) nie.
  • SY ALMAG en VERSTAND kan nie ten volle verstaan word nie.
  • YESHUA ons MESSIAS is hierdie ALMATIGE GOD wat met SY WEDERKOMS deur elke oog gesien sal word.
  • Hierdie ALMAGTIGE GOD is REGVERDIG en SY WEË IS WAARAGTIG (betroubaar).

HY IS DIE BRON VAN ALLE VERSTAND EN WYSHEID EN HY GEE WYSHEID, INSIG/ BEGRIP AAN DIE MENS

  • Sy SKEPPING GETUIG van WYSHEID wat te hoog en te groot vir enige mens is om te verstaan.
  • ALLES werk volmaak saam.
  • Hy het alles MOOI GEMAAK op SY TYD.
  • Die mense kan nie die werke van God volkome (heeltemal, geheel en al) ondersoek of verstaan nie want dit is te groot vir ons menslike verstand en wysheid.
  • Hy GEE egter WYSHEID aan die mens wat Hom daarvoor vra.
  • God se WYSHEID is ten EERSTE REIN (suiwer, onbevlek, onbesmet), dan VREDELIEWEND, VRIENDELIK, GESEGLIK (inskiklik), VOL BARMHARTIGHEID (sag, met meegevoel teenoor ander) en GOEIE VRUGTE, ONPARYDIG (nie bevooroordeeld nie, regverdig teenoor alle partye) en ONGEVEINS (opreg).
  • YESHUA die MESSIAS, die SEUN van GOD, kan ons VERSTAND OPEN sodat ons die WAARAGTIGE (die EGTE, WARE, BETROUBARE) GOD die VADER en YESHUA die SEUN kan ken, DIE WAARAGTIGE GOD, en die EWIGE LEWE.

 HY REGEER oor SY SKEPPING 

  • HY IS DIE SKEPPER, EIENAAR en KONING van ALLES en HEERS dus vir EWIG as die EWIGE KONING.
  • HY stel ALLE vorms van OUTORITEIT (wettige mag en gesag) in die hemel en op aarde aan.
  • Die konings van die aarde staan onder SY gesag, selfs al is hulle ongelowig, sal hulle SY MEESTERPLAN uitvoer sodat SY WOORD WAT GESPREEK IS WAAR SAL WORD.
  • Van elke aardse koning, ingesluit elke man, aangestel as koning en heerser oor sy gesin word verwag om GEHOORSAAM te wees aan GOD se WOORD en WET, SY WIL, om REG en GEREGTIGHEID te laat geskied en om op te tree met God se soort wysheid en inegriteit wat Hy ons in Sy WOORD leer.
  • Hy ROEP elke mens as deel van die LIGAAM van YESHUA ons MESSIAS en stel ons aan in ons spesifieke ROEPINGS waarvoor Hy ons elkeen geskep het en stel ons instaat om ons ROEPINGS (die doel en rede vir ons lewens) uit te voer.
  • Wanneer strukture van gesag hulle ONDERWERP aan SY GESAG, IN LYN MET SY WOORD, is daar VREDE in ‘n land, gesinne, werksplekke en gemeentes.

Ons gesels dan vandag verder oor hierdie WONDERLIKE GOD van die SMAL WEG.

HY IS ‘n GOD van ORDE (nie van chaos nie) 

Ons lees in Genesis 1:2 die AARDE was WOES en LEEG en DUSITERNIS was op die WÊRELDVLOED (die diep waters) en die GEES van God sweef oor die waters en dan begin HY ORDE (die verloop van dinge/ bepaalde stelsels volgens vaste reëls) SKEP deur te SPREEK en HY skep LIG en OORVLOEDIGE LEWE in allerhande vorms.

Sy WET (Sy Woord in Genesis tot Deuternomium, opgesom in die TIEN GEBOOIE) en VERORDINGE (voorskrifte insluitend Sy Feeste en wetlike bepalings) het dit ook ten DOEL om ORDE te skep en VREDE te verseker in die VERHOUDING tussen Hom en die mens asook tussen mense onderling.

Hy skep ook ORDE deur die daarstelling van MAGSTRUKTURE soos ons ook lees in 1 Korinthiers 11:3 “Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Messias (Yeshua) die HOOF is van ELKE MAN, en die MAN die HOOF van die VROU, en GOD (die Vader) die HOOF van die MESSIAS.” En Romeine 13:1 sê: “Laat ELKE MENS hom ONDERWERP aan die MAGTE (gesagsfigure en gesagstrukture) wat oor hom AANGESTEL is (of dit nou jou man, ouers, regeerders, leiers of bestuurder is), want daar is geen MAG (geen gesag of outrotiteit/ wettige mag) behalwe van GOD nie, en die wat daar is, is deur GOD INGESTEL.”    (Lees ook Eksodus 20:12, Prediker 8, Mattheus 22:21, Efesiers 6:1-9, Titus 3:1, Hebreers 13:17 en 1 Petrus 2:13-17).

In 1 Korinthiërs 14:33 & 40 bevestig Paulus God is nie ‘n GOD van WANORDE (van chaos en verwarring) nie, maar van VREDE en hierdie ORDE word ook in die GEMEENTES van GELOWIGES vereis. Ons sien ook in 2 Korinthiërs 12:19-21 Paulus se laaste vermanings aan die gemeente van Korinthe waarin hy sê: “Dink julle weer dat ons ons by julle verdedig (onsself probeer beskerm of verontskuldig)? Ons spreek in die teenwoordigheid van ons God in die Messias, en dit alles, geliefdes tot stigting (opbouing van die gelowiges/ gemeente). Want ek vrees dat ek julle by my koms miskien nie sal vind soos ek wens (graag wil hê) nie, en dat ek deur julle gevind sal word soos julle nie wens (graag wil hê) nie – dat daar miskien sal wees twis (rusie, onenigheid), jaloersheid (afgunstigheid, ontevredenheid met wat elkeen het), toornigheid (woede, botsings), verdeeltheid (meningsverskille), kwaadsprekery (kwaadstokery), nuusdraery (skinderstories), verwaantheid (hoogmoed en trots), (en) WANORDELIKHEID (chaos en wanorde binne die gemeente strukture en prosesse); dat as ek gekom het, my GOD my miskien weer by julle sal verneder (aansien laat verloor) en ek sal treur (bedroef, hartseer wees) oor baie van die wat vroeër gesondig het en hulle NIE BEKEER het van die onreinheid (sedelike vuilheid, onkuisheid) en hoerery (owerspel , egbreuk, buite egtelike verhoudings, seksuele vergrype) en ongebondenheid (losbandigheid, onbeteuldheid, sonder selfbeheersing) wat hulle bedryf (toegepas) het nie. (Mense wat nie van hart en gedagte verander het nie, nie hulle denke volgens die Woord vernuwe het en dus nie hulle sondes bely het en daarvan weggedraai het nie maar eerder volhard in hulle sondes/ doelbewus aanhou daarmee). 

GOD IS REGVERDIG 

Ons sien in Genesis 3:9-23 na die sonde val luister God elkeen se saak uit en dan gee HY soos die REGVERDIGE REGTER wat Hy is uitslag en moet elkeen die GEVOLGE van hulle KEUSES dra.

Ons sien hierdie selfde beginsel in Esegiël 18:4-32 waarin YHVH sê:

  • “Kyk, AL die SIELE (die ewige gedeeltes van mense waarmee hulle dink, voel en besluite neem), is MYNE (want onthou Hy is die SKEPPER en dus die EIENAAR van ALLE mense); soos die SIEL van die vader (die pa) so (ook) die SIEL van die seun – hulle is MYNE; die SIEL wat sondig, dié moet sterwe. (Vers 4)

Ons lees in Deuternomium 32:6b “Is HÝ nie jou VADER wat jou GESKAPE (gemaak) het nie; het HÝ jou nie GEMAAK en TOEBEREI (gereed gemaak, geskik gemaak vir ‘n bepaalde doel) nie?” En Jesaja 63:16 en 64:8 stel dit so mooi: “Want U is ons VADER! Want Abraham weet van ons nie, en Israel ken ons nie. U o YHVH, IS ons VADER; ons VERLOSSER is van ouds af U NAAMYHVH, U IS ons VADER; ons is die klei, en U IS ons FORMEERDER (die Een wat ons GEVORM en VOORTGEBRING het), en ons ALMAL is die WERK van U HAND.” Lees ook Exodus 35:35, Hebreërs 13:20-21, Efesiërs 4:11-12, Filippense 4:13, 2 Timotheus 3:17 en 1 Peter 5:10.

  • En ons lees verder in Esegiël 18:5-9 “Maar as iemand REGVERDIG is en REG en GEREGTIGHEID (dit wat volgens God se Woord reg is) DOEN; nie eet van die berge (nie fees vier voor die afgode) en sy oë nie opslaan na drekgode (nie die afgode aanbid) van die HUIS van ISRAEL (dit verwys na die Tien Stamme onder Efraim, die Noordryk, wat in grootskaalse afgodery verval het vanaf die regering van Jeróbeam, lees 1 Konings hoofstuk 12-14 en Jeremia 3:18) en die vrou van Sy naaste nie verontreining (nie ontrou is aan sy eie vrou en nie by ‘n ander man se vrou slaap nie) en nie naby ‘n vrou kom as sy onrein is (nie met ‘n vrou seksuele gemeenskap het tydens menstruasie) nie, en niemand verdruk nie; wat hy as skuld vir pand geneem het; teruggee; geen roof pleeg nie (nie steel nie), aan die wat honger het, sy brood gee en die wat naak is met ‘n kleed toedek (kos en klere voorsien aan die behoeftiges); nie leen op rente en geen woeker neem nie (nie onredelike hoe rentes vra of wins verkry deur misbruik te maak van ander se nood nie); sy hand terughou van  onreg (onregverdige, onbilikke, verkeerde dade), eerlike regspraak uitoefen tussen man en man (regverdig oordeel tussen mense, reg laat geskied); in MY INSETTINGE (instellings, gebooie) WANDEL (daarvolgens leef) en MY VERORDINGE (voorskrifte insluitend Sy Feeste en wetlike bepalings) onderhou om EERLIK te handel (op te tree) – hy is REGVERDIG, hy sal sekerlik LEWE, spreek MEESTER YHVH. 
  • En ons lees verder in Esegiël 18:10-13 “En het hy (die regverdige man), ‘n geweldenaar van ‘n seun verwek wat bloed vergiet (‘n geweldadige persoon wat moord pleeg) en net maar een van hierdie dinge doen (hy weier om te doen wat reg is) – terwyl hy self (die pa) dit alles nie gedoen het nie..Hy (die seun) sal nie lewe nie; al hierdie gruwels (afskuwelike dade) het hy gedoen; hy moet sekerlik gedood word; sy BLOEDSKULD is op hom (onthou die PRYS vir die sonde is die DOOD soos opgeteken in Genesis 2:16-17 en Romeine 6:23). Ons sien voorbeelde van REGVERDIGE pa’s en ONREGVERDIGE seuns in die GESKIEDENIS van die konings van JUDA (die Suidryk) soos byvoorbeeld Josafat en sy slegte seun Joram en so ook Hiskia en sy slegte seun Manasse en Josia en sy slegte seun Joahas.
  • En ons lees verder in Esegiël 18:14-17 Maar kyk; as hy ‘n seun verwek (‘n seun het) wat al die sondes van sy vader (sy pa) sien wat hy gedoen het – dit sien en sulke dinge nie doen nie – hy sal nie sterwe weens die ONGEREGTIGHEID van sy vader (sy pa) nie, hy sal sekerlik lewe. Weereens sien ons voorbeelde hiervan in die GESKIEDENIS van die konings van JUDA (die Suidryk), soos byvoorbeeld die REGVERDIGE Asa, met sy slegte pa Abia, Hiskia die seun van die slegte Agas en Josia die seun van die slegte Amon.
  • Esegiël 18:20 bevestig: “Die SIEL wat sondig, dié moet sterwe; die seun sal nie die ONGEREGTIGHEID (die sonde) van die vader (sy pa) help dra nie, en die vader (die pa) sal nie die ONGEREGTIGHEID (die sonde) van die seun help dra nie; die GEREGTIGHEID van die REGVERDIGE sal op hom wees, en die goddeloosheid (die sondes, slegte dade) van die goddelose (die sondaar) sal op hom wees.”
  • Maar as die goddelose INSIEN (tot insig kom, begryp, verstaan dat sy dade verkeerd is en) hom BEKEER van AL sy sondes wat hy GEDOEN het (sy sonde erken en bely, vergifnis daarvoor ontvang en weg draai daarvan), en AL MY INSETTINGE (instellings, gebooie) ONDERHOU en REG en GEREGTIGHEID DOEN (DOEN wat REG is volgens God se WOORD), sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie. (Vers 21 & 27-28) en God vra in vers 23 of hulle dink dat Hy ‘n behae het in die dood van die goddelose (die mens wat sondig) het, of liewer daarin dat hy hom BEKEER van sy (sondige) weë en lewe nie? En bevestig Hy in vers 32 “…Ek het GEEN behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek Meester YHVH. BEKEER julle dan en LEWE.” En Paulus sê in sy gebed in 1 Timotheus 2:3-4 GOD ons VERLOSSER, “…wil hê dat ALLE MENSE GERED word en tot KENNIS van die WAARHEID kom.” Lees ook Esegiël 33:11 en 2 Petrus 3:9.
  • God waarsku egter in Esegiël 18:24: “Maar as die REGVERDIGE afwyk van sy GEREGTIGHEID en ONREG (sonde) doen en handel (optree) volgens al die gruwels (afskuwelike dade) wat die goddelose (die sondige mense) doen – sal hy lewe? (En dan bevestig God🙂 Aan al sy GEREGTIGHEDE wat hy gedoen het, sal nie gedink word nie; om sy TROUBREUK (verbreking van ‘n plegtige/ wettige belofte, in lyn met ‘n huweliksbelofte en in die geval sy VERBOND met GOD en dus ontrouheid aan God) wat hy begaan het, en sy sonde wat hy gedoen het, om hulle ontwil (as gevolg van sy sondes) sal hy sterwe.
  • En dan lees ons in vers 30-31: “Daarom sal EK julle OORDEEL, o HUIS van ISRAEL (die Noordryk, die Tien Stamme onder Efraim en in ons geval alle gelowiges wat inent op die Boom van Israel deur Yeshua die Messias), ELKEEN volgens sy weë (volgens wat julle KIES om te doen, julle dade en woorde), spreek MEESTER YHVH. BEKEER julle (draai om) en wend julle af van AL julle oortredinge (draai weg van al julle sondes), sodat dit nie ‘n STRUIKELBLOK tot ONGEREGTIGHEID vir julle mag wees nie (sodat dit julle nie laat struikel en julle vernietig nie). Werp AL julle OORTREDINGE waardeer julle oortree het, van julle af weg (gooi/ slinger/ skiet al julle sondes weg soos mens met ‘n klip in ‘n slingervel/ ketty doen, in lyn hiermee beveel Hebreers 12:4 aan om in die stryd teen die sonde, weerstand te bied teen die sonde tot die bloed loop! Skiet dus jou sondes weg soos met ‘n ketty en skiet elke sonde wat wil terugkom!) en maak vir julle ‘n NUWE hart (vernuwe jou hart deur jou denke in lyn met GOD se WOORD te verander, sodat jy daarvolgens sal dink, voel en kies soos ons ook lees in Romeine 12:2) en ‘n NUWE geeswant waarom wil julle sterwe, o HUIS van ISRAEL (gelowiges in Hom)?”
  • Ons lees ook in Esegiël 36, wat ‘n profesie is oor die HERSTEL van die LAND ISRAEL wat verband hou met die NUWE VERBOND in Yeshua ons Messias en die uitstorting van die HEILIGE GEES op alle mense, maar ook te make het met die TWEEDE KOMS van Yeshua ons Messias en Sy REGERING tydens die VREDESRYK waarin die Suidryk (Juda en Benjamin, bekend as die Jode) en die Noordryk (die Tien Stamme onder Efraim, sowel as ALL nasies, volke en tale wat op die Boom van Israel ineent deur die aanvaarding van Yeshua as hulle Verlosser) VERENIG sal word volgens die profesie in Esegiël 37. En ons lees die BELOFTE van GOD wat hiermee gepaard gaan in Esegiël 36:24-28 “En EK sal julle uit die nasies BYMEKAAR LAAT KOM, en EK sal julle in jul LAND bring. Dan sal EK SKOON WATER (SY SUIWER en WARE WOORD) op julle giet, sodat julle REIN (suiwer, onbevlek, onbesmet) kan word; van Al julle onreinhede (vuilheid) en van jul drekgode (valse kleinletter gode) sal EK julle REINIG. En EK sal julle ‘n NUWE HART gee en ‘n NUWE (kleinletter mens) gees in julle binneste gee; en EK sal die hart van klip (die blinde, dooie, reblese/ opstandige/ ongehoorsame, liefdelose hart) uit julle vlees wegneem en julle ‘n HART van vlees gee (‘n sagmoedige hart wat bereid is om Hom te gehoorsaam en in Sy weë en wil te leef en dus Sy seëninge te onvangons sal dus gewillig STERF aan die ou vlees/ die ou sondige natuur en NUWE MENSE WORD in Yeshua ons Messias). En EK sal MY GEES (SY HEILIGE GEES) in julle binneste GEE en sal MAAK dat julle in MY INSETTINGE wandel (daarvolgens leef) en MY VERORDENINGE (voorskrifte insluitend Sy Feeste en wetlike bepalings) ONDERHOU en DOEN. En julle sal WOON in die LAND wat EK aan jul vaders gegee het (die BELOOFDE LAND, wat in die fisiese Kanaän is wat herdoop is na ISRAEL, maar in die GEESTELIKE die SIT saam met YESHUA ons MESSIAS is op HEMELSE PLEKKE terwyl ons nog leef, en wanneer HY KOM, die VREDESRYK sal wees en wanneer HY AL Abba Vader se vyande verslaan het, insluitend die dood en die doderyk, die EWIGHEID sal wees). Lees Efesiërs 2:6, 1 Korinthiërs 15 en Openbaring 16-22). Let op die volgorde in Esegiël 36:24-28 en jy sal merk, dit strek vanaf die KRUISIGING van YESHUA ons MESSIAS (Fees 1 van YHVH: Pasga/ Pesach in Hebreeus) tot en met die UITSTORTING van die HEILIGE GEES (Fees 4 van YHVH: Die Fees van Weke, Shavuot in Hebreeus)’

So as God die Vader elke mens afsonderlik vir sy keuse verantwoordleik hou en hulle daarvolgens beoordeel soos ons lees in Esegiël 18, wat beteken Eksodus 20:5-6 dan waarin ons lees: “Ek YHVH jou God, is ‘n jaloerse God (Hy vereis onverdeelde getrouheid aan Hom, baie soos wat daar van huweliksmaats binne ‘n huwelik vereis word, dus is Hy ‘n God) wat die misdaad (slegte dade, sondes) van die vaders besoek (toereken) aan die kinders, aan die derde en vierde geslag van die wat My haat; en Ek bewys BARMHARTIGHEID (meegevoel) aan duisende van die wat MY LIEFHET en MY GEBOOIE ONDERHOU.”

In Eksodus 34:6-7 verduidelik God dit soos volg aan Moses, Hy is die: “…MEESTER YHVH, (‘n) BARMHARTIGE en GENADIGE GOD, LANKMOEDIG (geduldig, Hy word nie gou kwaad nie) en GROOT van GOEDERTIERENHEID (genade en barmhartigheid) en TROU (getrouheid); wat die GOEDERTIERENHEID (genade en barmhartigheid) bewaar (in stand hou) vir DUISENDE, wat ONGEREGTIGHEID en OORTREDINGE (sondes teen Hom deur Sy gebooie te oortree) VERGEWE, maar nooit ongestraf laat bly nie; (Hy vergewe dus ons oortredinge, maar die gevolge van ons oortredinge moet ons steeds self dra, want onthou wat ons saai lewer ‘n oes, en daardie oes, sleg of goed, behoort aan ons en dis juis waarom ons BAIE MOOI moet dink voor ons in ons en ander mense se lewens woorde en dade saai, want vroeër of later SAL dit ‘n OES oplewer. Hy sal ons egter daarmee help in Sy barmhartigheid indien ons ons verkeerde dade bely en daarvan wegdraai); wat die ONGEREGTIGHEID (die sondes) van die vaders (die pa’s, die HOOF van die GESIN) besoek (toereken) aan die kinders en aan die kleinkinders, aan die derde en vierde geslag. As voorbeeld hiervan sien ons die vergewing van David se sondes met Batseba en die moord op haar man nadat David berou daaroor gehad het en dit bely het, maar ons lees ook die GEVOLGE van David se besluite wat hy moes dra (die OES wat hy moes afhaal) in 2 Sameul hoofstuk 12-16.

Dit bring ons terug by die AANGESTELDE GESAGSTRUKTURE van GOD. Hy GEE aan mense hulle GESAGSPOSISIES en MAG, maar weet verseker HY gaan ons ook VERANTWOORDELIK hou vir ons BESLUITE in daardie posisies van mag. Een van hierdie baie belangrike posisies is die van ‘n MAN as HOOF (dus as koning en regeerder) van sy GESIN. Die KEUSES en BESLUITE van die MAN sal dus ‘n effek op die SEËN of VLOEK op sy nagesalg hê. Eintlik werk dit in ‘n sin outomaties. As die MAN as HOOF van sy huis ONGEHOORSAAM is aan die WOORD van GOD en ‘n lewe in die slawerny van sonde lei waarin hy sommige of al die GEBOOIE van GOD oortree, beteken dit OUTOMATIES dat hy SKADE aan sy gesin DOEN, onthou julle, Romeine 13:8-10 verduidelik aan ons, wanneer ons die GEBOOIE van GOD hou BETEKEN dit ons het mense LIEF en ons DOEN GEEN SKADE aan hulle nie. In effek het ‘n MAN wat dan nie Abba Vader se GEBOOIE gehoorsaam nie, nie vir Abba Vader lief nie en ook nie sy gesin nie – om dit so reguit en eerlik te stel soos Eksodus 20:5 is dat hy dan in der waarheid vir Abba Vader en sy gesin HAAT!

Dink in perspektief daaraan, as hy nie die gebooie gehoorsaam nie beteken dit in der waarheid, hy hou hom besig met afgode (hy buig dus voor allerhande dinge wat hom verslaaf en sy baas is soos pornografie, drank, dwelms en diesmeer), hy doen skade aan God se Naam, veral as hy homself ‘n gelowige noem, maar duidelik besig is om afgode te dien in sy gedrag en woorde wat nie belyn is met Abba Vader se Woord nie, dan eer en respekteer hy nie Vader se heilige rusdag nie en leer sy gesin nie om dit te doen nie, verder sal daar dan besliste tekens wees van skade aan sy naaste wat kan wissel van die onwilligheid om die gesag van die staat, sy werksplek en die gemeente oor hom te aanvaar en te respekteer insluitend die eer van sy ouers of as hulle nie meer daar is nie, hulle nagedagtenis te besoedel met sy woorde oor hulle, moord met sy woorde wat sielswonde veroorsaak in sy vrou, kinders en ander mense en moontlik selfs fisiese mishandeling en in erge gevalle moord van sy gesinslede of ander mense, dan kan egbreuk in die vorm van pornografie en buite egtelike verhoudings teenwoordig wees, diefstal, beswaddering van sy gesinslede ander mense en leuens oor hulle en die gedurige begeertes na dit wat sy naaste het, insluitend hulle geld en ander besittings soos huise en karre, sy naaste se vrou, sy naaste se werk/ beroep en dalk sy bediening (gawes en werk vir God) wat kan omsit in afguns.

En Jakobus waarsku ons in  Jakobus 3:15-18 AFGUNS en SELFSUG is tipies van die sondige natuur en duiwels van aard en waar dit teenwoordig is, is WANORDE en ALLERHANDE GEMENE DADE, terwyl die WYSHEID van GOD rein, vredeliewend, vriendelik, inskiklik (bereid om die mindere te wees), vol barmhartigheid (meegevoel) en goeie vrugte is (goeie gevolge het), onpartydig en ongeveins (eerlik, sonder valsheid) is. Duidelik is die pad van die sonde dus ‘n PAD van ONVERMYDELIKE VERNIETIGING vir die MAN as HOOF van sy GESIN, asook al sy gesinslede. En God dui aan hierdie VERNIETIGING kan voortduur tot in die DERDE en VIERDE GESLAG, dus kan die VERNIETIGING veroorsaak deur EEN ONGEHOORSAME MAN, die mense in sy nageslag to vier generasies later negatief beïnvloed en kan hulle sukkel met VLOEKE soos ons lees in Deuternomium   28:15-68. So hoe werk dit? Dink aan ‘n koningkryk as ‘n gebied met ‘n versterkte muur daarom vir beskerming. Sonde van die koning veroorsaak gate in hierdie muur waardeur slange kan inkom en sy gesinslede teister. En as niemand in sy gesin of die gelagte na hom opstaan en hierdie gate met sondebelydens toemaak nie, kan tot vier geslagte later steeds deur hierdie slange (demoniese magte) geteister en gebyt word.

Maar die GOEIE NUUS is dat ‘n MAN in die nageslag van hierdie ONGEHOORSAME MAN, verantwoordleikheid kan neem, hierdie dinge in s yen sy voorgeslagte se lewens bely en OORWINNING beleef ten opsigte van sy NAGESLAG en hy en kan dan die SEËNINGE van Deuternomium 28:1-14 beleef. ‘n Voorbeeld van so ‘n GEBED is Daniël 9:3-20.

Want die TEENPOOL hiervan is die GEHOORSAME MAN wat KIES om GOD en SY GESIN en ANDER MENSE so LIEF te hê soos homself, deur ONDERWERPING aan Yeshua die Messias as sy HOOF en GEHOORSAAMHEID aan die GEBOOIE van GOD die VADER met die HEILIGE GEES KRAG wat Hy aan ons gee en so GEEN SKADE te DOEN aan sy verhouding met God, sy gesin wat God aan hom gegee het en ander mense nie en in VREDE LEWE. En wanneer hy per ongeluk een van die gebooie oortree, David se voorbeeld volg en met ‘n opregte hart sonde belydenis doen. God eer so ‘n man en belowe in Eksodus 20:6 dat dit vir hom en sy NAGESLAG tot SEËN sal wees tot in die DUISENDSTE GESLAG.

Maar wat bekeken Johanness 3:16 dan? “Want, SO LIEF het GOD (die Vader) die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore SEUN (Yeshua die Messias) gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die EWIGE LEWE kan hê.” Dit beteken VERSEKER Yeshua ons Messias is die ENISTE WEG na die VADER en ons GELOOF in HOM, kan lei tot die EWIGE LEWE. Maar let op die VOORWAARDES wat in die verse hierna volg, vers 17-18 “Want God (die Vader) het SY SEUN (Yeshua die Messias) in die wêreld gestuur (met Sy EERSTE KOMS) nie om die wêreld te VEROORDEEL nie, maar dat die wêreld deur HOM GERED KAN WORD. Hy wat in Hom GLO, word nie VEROORDEEL nie; maar hy wat nie GLO nie, is ALREEDS VEOORDEEL…En dit is die OORDEEL: dat DIE LIG (Yeshua de Messias) in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad (dus het hulle verkies om in hulle sondes te volhard in slawerny van die bose) as DIE LIG (eerder as van die slawerny van die sonde bevry te word deur die Messias); want hulle werke (hulle dade) was boos (dit wat hulle wou doen was boosheid, ons kan dus dalk sê hulle verkies om voor afgode te buig, God se Naam oneer aan te doen, nie Sy heilige rusdag te hou nie, nie gesagsfigure insluitend hulle ouers se gesag oor hulle te aanvaar nie, te moor met die tong en hande, egbreuk te pleeg, te steel en dit wat aan ander behoort uit jaloesie te begeer en hierdie duisternis waarin dit hulle dompel maak hulle te blind om te besef dat juis dit hulle en hulle mense en hulle ander verhoudings vernietig). Want ELKEEN wat KWAAD DOEN, HAAT DIE LIG (dit beteken elkeen wat KIES om GOD se liefdeswet, opgesom in SY TIEN GEBOOIE, te OORTREE, HAAT hom in der werklikheid) en kom nie na DIE LIG (kom nie tot geloof in Yeshua die Messias nie en wil Hom nie volg nie), (so) dat sy weke (sy sondige gedrag teen God se liefdeswet) nie bestraf mag word nie. Maar hy wat DIE WAARHEID DOEN (wat leef volgens GOD se WOORD, SY LIEFDESWE opgesom in die TIEN GEBOOIE), kom na DIE LIG (kom na Yeshua die Messias as VERLOSSER), sodat sy werke (sy dade en woorde in lyn met God se WOORD en dus Sy liefdesgebod) openbaar kan word, dat hulle IN GOD (die VADER, in GEHOORSAAMHEID aan HOM) GEDOEN is.”

Paulus verduidelik dit later so in Romeine 13:8-10 “Wees aan niemand iets (ver) skuldig nie, BEHALWE om mekaar LIEF te hê (dit beteken maak seker jy skuld niemand iets nie, behalwe die VEREISTE SKULD wat GOD opdrag gee ons AAN ELKEEN VERSKULDIG is en dit is om mense LIEF te hê SOOS onsself). Want dít: ” Jy mag nie egbreuk nie (Gebod 7, Eksodus 20:14), jy mag nie doodslaan nie (Gebod 6, Eksodus 20:13), jy mag nie steel nie (Gebod 8, Eksodus 20:15), jy mag geen valse getuienis gee nie (Gebod 9, Eksodus 20:16), jy mag nie begeer nie (Gebod 10, Eksodus 20:17) en watter ander GEBOD ook al, word in hierdie WOORD saamgevat: JY MOET JOU NAASTE LIEFHÊ SOOS JOUSELF (opgeteken in Eksodus 20:12-17, Levitikus 19:18, Mattheus 5:43, 19:19 & 22:39, Markus 12:31, Lukas 10:27, Galasiërs 5:14 en Jakobus noem dit die KONINKLIKE WET (Torah) volgens die SKRIF in Jakobus 2:8).

En ons lees verder in Romeine 13:10-14Die LIEFDE DOEN die naaste GEEN kwaad nie; daarom is DIE LIEFDE die vervulling (verwesenliking, nakoming, uitvoering) van die WET (die Torah, Genesis to Deuternomium, opgesom in die Tien Gebooie). En dit TE MEER, omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die UUR vir ons reeds daar is om uit die slaap WAKKER TE WORD; want die SALIGHEID (om deel te hê aan die EWIGE LEWE) is nou NADER by ons as toe ons GELOWIG geword het (die tyd is dus besig om uit te loop, die einde van die wêreld soos ons dit ken is oppad, en elke dag kom dit nog nader en daarom is dit DRINGEND TYD OM WAKKER TE WORD en om in GEHOORSAAMHEID aan GOD se LIEFDESWET te leef, om HOM LIEF te hê BO ALLES en ons NAASTE SOOS ONSSELF en GEEN SKADE aan hulle te doen nie, nog belangriker). Die nag het ver gevorder en dit is AMPER DAG (lees ook Yeshua ons Messias se woorde hieroor in Johannes 9:4). Laat ons dan die werke (die dade en woorde) van die duisternis aflê (dus alle dade en woorde, wat TEEN GOD se WET is en deur Hom as sonde en liefdeloosheid beskou word te laat vaar, dit op te gee) en DIE WAPENS van die LIG omgord  (die wapens waarvan ons lees in 2 Korinthiers 10:4-6 en Efesiers 6:10-18 opneem). Laat ons welvoeglik wandel (ooreenkomstig dit wat goed is volgens God  se Woord leef) soos in DIE DAG (in daglig, met volle visie, geen blinheid vir ons dade nie), nie in brassery en dronkenskap nie (nie besig met wilde partytjies waar drank misbruik word en skandelike dinge gebeur nie), nie in ontug en ongebondenheid (besig met seksuele losbandigheid en wanpraktyke nie), nie in twis en nydigheid nie (besig met rusie/ onenigheid en vals getuienis/ leuens en afguns nie), maar beklee julle met Meester Yeshua (die) Messias (trek Hom aan soos mens jou klere aantrek), en maak geen voorsorg (gee geen plek) vir die vlees (die ou sondige natuur) om sy begeerlikhede (sondes) te bevredig nie.”

En dit is in lyn met die ERNSTIGE WAARSKUWING in Hebreërs 10:24-31 Laat ons op mekaar ag gee (aandag gee) om tot LIEFDE en GOEIE WERKE (goeie dade en woorde) aan te spoor; en laat ons ons onderlinge byeenkoms (samekoms van gelowiges) nie versuim soos sommige die gewoonte het nie (skakel in by ander medegelowiges), maar laat ons mekaar vermaan (ernstig waarsku), en des te meer namate julle DIE DAG (van Yeshua die Messias se wederkoms) sien nader kom. Want as ons OPSETLIK SONDIG, nadat ons kennis van die WAARHEID ontvang het, bly daar geen offer vir ons sondes meer oor nie, maar ‘n verskriklike verwagting van OORDEEL en ‘n VUURGLOED wat de teëstanders (die vyande van God wat in sonde teen Hom volhard) sal verteer. As iemand die WET van Moses (die Torah, Genesis tot  Deuternomium soos in opdrag van God deur Moses neergskryf, soos ons lees in Deuternomium 31:24-26) verwerp het, sterf hy sonder ontferming (sonder meegevoel) op die getuienis van twee of drie (ons weet mense is doodgegooi met klippe vir sommige oortredings in die Ou Testament soos die oneer van ouers en vir egbreuk en ons lees verder in vers 29-31); HOEVEEL SWAARDER STRAF, dink julle, sal hy VERDIEN wat die SEUN VAN GOD VERTRAP en die BLOED van die TESTAMENT waardeur hy geheilig is (vrygekoop is van die slawerny aan die sonde), onrein geag en die GEES (die HEILIGE GEES van GOD) van GENADE gesmaad (skandelik beledig) het? Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die WRAAK toe, EK sal vergeld (straf soos elkeen verdien), spreek YHVH; en weer: YHVH sal SY VOLK OORDEEL (‘n aanhaling van Deuternomium 32:36).” Lees ook Galasiërs 5:16-26.

Yeshua ons Messias het dus vir ons sondes die VOL PRYS kom betaal om ons los te koop uit die SLAWERNY aan die sonde. Maar Hy het nie hierdie duur prys betaal sodat ons kan voortleef as SLAWE van die sonde nie. Hy het dit betaal sodat ons in staat sal wees as VRY mense, los van die boeie en ketting van die sondes, om ons te BEKEER (weg te draai van die pad van sonde, ook bekend as die BREË PAD van die DUISTERNIS). Sonde vernietig mense, as ons Yeshua se losprys vir ons aanvaar en steeds in sonde leef, sal dit ons steeds vernietig. Die SMAL WEG help ons om los te breek van die sonde. Ons gaan nog baie gesels oor HOE ons dit regkry, maar vir nou is dit eers belangrik om te weet WIE die GOD van die SMAL WEG is, sodat ons ons VERTOUE in HOM kan BOU en ‘n BESLUIT kan neem om TOEGEWYD aan HOM TE LEEF met die hulp van SY WOORD (Yeshua ons Messias) en ie krag van SY HEILIGE GEES.

Die MAN, aangestel as die GESAGSFIGUUR in sy huis se ONGEHOORSAAMHEID kan dus lei tot ‘n VLOEK vir sy nageslag tot die DERDE en selfs die VIERDE geslag na hom. Maar ELKE MENS KIES steeds sy eie GEHOORSAAMHEID of ONGEHOORSAAMHEID aan GOD, ten spyte van die pa wat hy of sy gehad het en sal GOD elkeen volgens sy of haar DADE vergeld. Wanneer ons dus van spesifieke sondes in drie tot vier generasies voor ons weet en waarmee ons ook sukkel, kan ons Daniël se voorbeeld volg en namens ons generasies SONDE BELYDENIS doen oor hulle ONGEHOORSAAMHEID aan die LIEFDESWET van GOD van LIEFDEv ir HOM BO ALES en LIEFDE VIR ONS NAASTE SOOS ONSSELF, vergifnis ontvang vir hierdie sondes en daarvan wegdraai. Soos reeds genoem vind ons ‘n voorbeeld hiervan in Daniël 9:3-20 en JY kan die MAN  wees in jou FAMILIE wat ABBA VADER kan gebruik om die VLOEK oor jou generasies te breek en GEHOORSAAM aan ABBA VADER te leef sodat jou NAGESLAG in plaas van vloek tot in die derde en vierde geslag EERDER ABBA VADER se SEËN kan ervaar tot in die DUISENDSTE GESLAG!

So wat was dan die probleem met die Fariseërs en die Saduseërs wat dan nou skynbaar die WET (die Torah) van God gehou het. Presies dit waarvan Johannes die Doper in Mattheus 3:7-10 gepraat het toe hy gesê: “Addergeslag (letterlik nageslag van die baie giftige slang), wie het julle aangewys (vir julle aangedui, julle vertel) om te vlug vir die toorn (God se oordeel) wat aan die kom is? DRA dan VRUGTE wat by die BEKERING pas (bewys met die vrugte van julle dade en woorde VRUGTE van die GEES soos opgeteken in Galasiërs 5:22-23, LIEFDE, BLYDSKAP, VREDE, GEDULD, VRIENDELIKHEID, GOEDHEID, GETROUHEID, SAGMOEDIGHEID e SELFBEHEERSING dat julle weggedraai het van die sonde). En moenie dink om by julleself te sê: ons het Abraham as vader nie (moet dus nie dink dit gaan julle red om te sê julle is die nageslag van Abraham nie). Maar die BYL lê ook al teen die wortel van die BOME. ELKE BOOM wat geen GOEIE VRUGTE DRA nie, word UITGEKAP en in die VUUR gegooi.”

En later het Yeshua ons Messias ook hierna verwys toe Hy gepraat het van BOME en VRUGTE in Mattheus 12:43-45 en Mattheus 23:33 en noem Hy die Fariseërs ook die ADERGESLAG (die nageslag van die slang) en vra aan hulle in Mattheus 23:33 hoe hulle die OORDEEL van die HEL (die poel van vuur waarvan ons lees in Openbaring 20:11-15) gaan ontsnap. Lees ook Mattheus 7:16-21 en Hy het in Johannes 8:44 die Fariseërs reguit daarop gewys dat hulle besig was om “godsdiens” te speel maar eintlik die slang, die leuenaar en die vader van leuens (die duiwel) gevolg het as hulle vader. Hulle het dus in die duisternis geleef maar dit nie besef nie, hulle self, soos almal wat in die duisternis van sonde leef, was BLIND en het net gemaak asof hulle in die lig leef en in hulle hoogmoed (nog ‘n eienskap van die slang) almal rondom hulle gekritiseer, insluitend ons Messias self.

Paulus veduidelik ook die BELANGRIKHEID van die beginsel soos weergegee in Esegiël 18 in Romeine hoofstuk 2

Hy praat in Romeine 1 van die afgodery en sondes van die ongelowiges en in vers 29-32 noem hy hulle is vervul met allerhande ONGEREGTIGHEID (sondes) soos: hoerery (egbreuk), boosheid, hebsug (geldgierigheid), ondeug (sedelike slegtheid), vol nydigheid (afgustig), moord, twis (rusie, verdeeltheid), bedrog, kwaadaardigheid (boosaardigheid, vyandige gesindheid, gevaarlik); nuusdraers (iemand wat skinderstories versprei), kwaadsprekers (mense met slegte bedoelings), haters van God, geweldenaars (geweldadige gedrag), trotsaards (hoogmoediges), grootpraters, uitvinders van slegte dinge (skelmstreke), ongehoorsaamheid aan ouers, onverstandig (het nie insig nie), ontrou (onbetroubaar, oneerlik), sonder natuurlike liefde (liefdeloos), onversoenlik (wil nie vrede maak nie, het koppige haat en wrok/ opgekropte ou haat/ verbitterdheid), onbarmhartig (ongevoelig, hardvogtig, wreed), mense al ken hulle die VERORDENINGE (voorskrifte en wetlike bepalings) van God goed, dat die wat sulke dinge DOEN, DIE DOOD VERDIENdié dinge nie alleen SELF DOEN nie, maar ook hulle GOEDEKEURING skenk aan die wat dit doen.

  • En dan waarsku Paulus ons as gelowiges in Romeine 2:1-2 dat ons versigtig moet wees in ons OORDEEL van mense, want ons hou ons dikwels met presies dieselfde ONGEREGTIGHEDE (sondes) soos genoem in Romeine 1:29-32 besig as dit waaroor ons ander oordeel. Ons wil onsself graag as gelowiges oor hierdie dinge verontskuldig maar as ons eerlik wil wees, is ons aan baie van hierdie dinge skuldig. Dit was juis ook een van die groot probleme van die Fariseërs, hulle was blind vir hulle eie ONGEREGTIGHEDE (sondes), en het net gefokus op die ONGEREGTIGHEDE (die sondes) van die mense om hulle en wou hulle oordeel en veroordeel en ons as gelowiges trap dikwels in hierdie selfde slaggat as hulle.
  • Paulus waarsku dan verder in Romeine 2:3-4 “En meen jy, o mens wat hulle OORDEEL wat sulke dinge doen, en dit self DOEN, dat jy die OORDEEL van GOD sal ontvlug? Of verag jy (minag, skat jy dit gering, sien jy neer op) die rykdom (die oorvloed) van SY GOEDERTIERENHEID (genade en barmhartigheid) en VERDRAAGSAAMHEID (toegeeflikheid) en LANKMOEDIGHEID (geduldigheid), omdat jy nie BESEF dat die GOEDERTIERENHEID (genade en barmhartigheid) van God jou tot BEKERING wil lei nie (om ons sondes te erken en bely, vergifnis daarvoor te ontvang en weg draai daarvan).”
  • Maar ooreenkomstig jou VERHARDHEID en ONBEKEERLIKE HART (‘n hart wat weier om sy of haar sondes te erken en te bely, vergifnis te ontvang en van die sonde weg te draai) vergader jy vir jou toorn (‘n verskriklike oordeel) as ‘n skat in DIE DAG van die toorn (die OORDEELSDAG) en die openbaring van die REGVERDIGE OORDEEL van GOD wat ELKEEN sal VERGELD na sy werke (volgens sy of haar dade): aan die wat deur VOLHARDING in goeie werke (goeie dade), heerlikheid, eer en ONVERGANKLIKHEID (onsterflikheid) soekDIE EWIGE LEWE; maar aan die wat EIESINNIG (hardkoppig is) en aan die WAARHEID ONGEHOORSAAM isgrimmigheid en toorn (God sal hom of haar in Sy woede straf); VERDRUKKING en BENOUDHEID (angs en vrees) oor die SIEL (hart, gedagtes en vrye wil) van ELKE MENS wat kwaad DOEN, oor die JOOD (die Stam van Juda en Benjamin) eerste en ook oor die Griek (mense wat nie-Jode is nie, dus nie van die stam van Judah en Benjamin afkomstig is nie). Want daar is geen aanneming van die persoon by God nie (God trek niemand voor nie en kan nie omgekoop word nie, lees Deuternomium 10:17). Want almal wat sonder (die) WET (sonder kennis van die Torah, Genesis to Deuternomium, opgesom in die Tien Gebooie) gesondig het, sal ook sonder die WET (Torah) VERLORE gaan; en almal wat onder die WET (met kennis van die Torah) gesondig het (ongehoorsaam daaraan was), sal deur die WET (die Torah) GEORDEEL word; omdat nie die HOORDERS van die WET (die Torah) by GOD GEREGVERDIG is nie, maar DIE DADERS van die WET (die Torah) GEREGVERDIG sal word. Want wanneer die heidene (die ongelowiges), wat geen WET (Torah) het nie (wat dus nie kennis van die Torah het nie) van nature die dinge van die WET (die Torah) DOEN, is hulle vir hulself ‘n WET (Torah) al het hulle geen WET nie (al ken hulle nie die Torah nie); omdat hulle toon dat die WERK van die WET (dit wat die Torah voorskryf in Genesis tot Deuternomium, opgesom in die TIEN GEBOOIE) IN HULLE HARTE GESKRYWE STAAN, terwyl hulle GEWETE saam GETUEINIS gee en die GEDAGTES mekaar onderling BESKULDIG (aankla) of ook VERONTSKULDIG (vryspreek), in die DAG wanneer GOD (die Vader) die verborge dinge (die geheime) van die mense deur Yeshua die Messias sal OORDEEL, volgens my (die) EVANGELIE (die GOEIE NUUS) soos deur Paulus verkondig.” (Lees ook Mattheus 12:36-37, Lukas 12:47-48 & 18:14, Johannes 12:48, 2 Korinthiërs 5:10, Jakobus 1:22-25, 1 Petrus 4:17 en Openbaring 20:11-15 & 22:10-15).
  • Ons sien dan verder in Romeine 2:17-22 berispe Paulus die Fariseërs wat staatgemaak het op hulle “eie geregtigheid” (eie voortreflikheid, vertroue op hulself) en ander blindes wil lei, ‘n lig wil wees vir die wat in die duisternis is, die onverstandiges wil opvoed, ‘n leermeester wil wees vir die wat onervare is omdat hulle dink dat hulle al die kennis en waarheid van die WET (die Torah, Genesis tot Deuternomium opgesom in die Tien Gebooie) het. En Paulus vra dan in vers 21-23: “…jy dan, wat ‘n ander LEER, LEER jy jouself nie? Jy wat PREEK dat ‘n mens nie mag steel nie, STEEL JY? Jy wat sê dat ‘n mens nie owerspel (egbreuk) mag pleeg nie, PLEEG JY OWERSPEL? Jy wat ‘n afsku van die afgode het, PLEEG JY TEMPELROOF (skend jy die tempel)? Jy wat jou op die WET (die Torah) beroem (trots is daarop), ONTEER jy GOD deur die OORTREDING (skending, verbreking) van die WET (Torah)?
  • Paulus sê verder in vers 25-27: “Want die (uiterlike) BESNYDENIS (aan die manlike orgaan, as tasbare teken) is wel nuttig as jy die WET (die Torah) onderhou; maar as jy ‘n OORTREDER van die WET (die Torah) is, het jou besnydenis, onbesnedenheid geword (dan is dit so goed asof jy nie besny is nie, want jy is ongehoorsaam aan God en leef dus nie heilig en afgesonderd vir Hom nie, dus is jou besnydenis wat ‘n teken behoort te wees dat jy aan God behoort, NIKS WERD NIE). As die ONBESNEDENE (die gelowiges wat nie die uiterlike besnydenis aan hulle geslagsorgane ontvang het nie) dan die VERORDENINGE (voorskrifte en wetlike bepalings) van die WET (die Torah) onderhou (daaraan gehoorsaam is, dit DOEN), sal sy onbesnedenheid dan nie as BESNYDENIS (‘n teken dat hy aan God behoort) gereken word nie? En sal hy wat van nature ONBESNEDE IS (nie aan sy geslagsorgaan besny is nie) en die WET VOLBRING (aan die Torah, Genesis tot Deuternomium, opgesom in die TIEN GEBOOIE, gehoorsaam is, dit uitvoer), jou nie OORDEEL wat ondanks (nieteenstaande) die LETTER (die letters soos geskryf deur God op die TWEE KLIPTABLETTE) en BESNYDENIS (die uiterike besnyding van die manlike geslagsorgaan) (steeds) ‘n OORTREDER van die WET (die Torah) is nie?” Hier verwys Paulus na die feit dat WARE GELOWIGES wat Yeshua die Messias as Verlosser aanvaar het en HOM volg in GEHOORSAAMHEID aan die VADER met die krag van die HEILIGE GEES, wat deel vorm van die EERSTE OPSTANDING, betrokke sal wees by die EINDOORDEEL van mense en engele volgens Daniel 7:22, Mattheus 19:28, 1 Korinthiërs 6:2 en Openbaring 20:4.

Ons lees in Sagaria 7:9 “So sê YHVH van die LEËRSKARE (die Engel Weermag): “Spreek ‘n EERLIKE VONNIS (oordeel/ uitspraak) uit en BEWYS LIEFDE en BARMHARTIGHEID (meegevoel) die een aan die ander.”

  • En Paulus eindig dan in Romeine 2:28-29, deur te sê: “Want nie hy is ‘n JOOD (‘n persoon gebore in die stam van Judah en Benjamin, die Suidryk, wat al was wat nog bestaan het van die TWAALF STAMME van die HELE HUIS van ISRAEL omdat die ander TIEN stamme versprei is tussen die nasies weens hulle sondes) wat dit in die openbaar (so aan mense bekend) is nie, en nie dit is BESNYDENIS wat in die openbaar in die vlees is nie (wat herken kan word as ‘n uitwendige teken aan die manlike geslagsorgaan nie); maar hy is ‘n JOOD (deel van die STAMME van ISRAEL) wat dit in die VERBORGENE (in sy binneste, in die geheime plek) is, en BESNYDENIS is die van DIE HART, in die (mens kleinletter) gees, nie na die letter nie (a.w nou is die wet nie meer geskryf op uiterlike KLIPTAFELS nie, maar deur die HEILIGE GEES op ons harte geskryf en binne ons gedagtes soos ons ook lees in Jeremia 31:31-33 en aangehaal in Hebrees 8:8-12 en 10:16-17).”

Die WET (die Torah, Genesis tot Deuternomium opgesom in die TIEN GEBOOIE) is dus nie weg (of opgehef nie, soos Yeshua ons Messias self aan ons verduidelik in Mattheus hoofstuk 5) nie, dis steeds die FONDASIE van GOD se TROON, die WYSE waarvolgens HY HEERS, maar dit is nou geskryf op ons HARTE en die HEILIGE GEES, (waarmee ons gevul word wanneer ons die PRYS aanvaar wat Yeshua ons Messias namens ons betaal het en GEDOOP word met WATER, en GELEER word deur YESHUA ons MESSIAS, die WOORD van GOD, en ons VUL met die HEILIGE GEES), stel ons in staat om in die WEË en WIL van GOD ons VADER te LEEF met SY KRAG! Die WET staan dus nie meer net op KLIPTAFELS nie, dis ingegraveer in gelowiges se harte en gedagtes.

God self is die MAATSTAF waaraan GEREGTIGHEID gemeet word. Hy het die MAG om te DOEN wat HY WIL, maar gebruik dit ALTYD in ooreenstemming met SY VOLMAAKTE NATUUR. Daarom is ALLES wat HY DOEN REGVERDIG en het ‘n BEPAALDE DOEL en REDE, al verstaan ons dit nie altyd op daardie spesifieke tydstip nie, Hy sien die EINDE van die BEGIN af soos wat ons lees in Jesaja 46:10 en dus kan ons HOM TEN VOLLE VERTROU in ALLE OMSTANDIGHEDE.

He-Brews-Coffee-Roastery-Logo

Stay In Touch