Skip to content

MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (DIE DOOD) NA SY WONDERLIKE LIG (DIE LEWE), Deel 4: YHVH die GOD van die SMAL WEG

13 Mei 2026

Ons is gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (die donker, afweisgheid van geestelike lig, onkunde, ongeloof, nood en elende, die dood) NA DIE WONDERLIKE LIG (openbaring van die waarheid, wysheid, geloof, geestelike vol lewe)  VAN ABBA VADER. En ons leer verder HOE ons, DIE SMAL WEG deur YESHUA ons MESSIAS vind wat lei vanuit die DUISTERNIS van EGIPTE/ ‘n prentjie van die WÊRELD, na ABBA VADER en ons help om die REDE en DOEL waarvoor HY ons gemaak het te vind, te verstaan, te groei daarin tot ons volle potensiaal en ons DOEL en ROEPING suksesvol uit te voer.

Ons gesels steeds oor WIE ons SKEPPER GOD van LIG en LEWE is wat saam met ons beweeg op die SMAL WEG na DIE EWIGHEID.

Ons het nou reeds vanuit ons studie in SY WOORD bevestig:

HY IS DIE SKEPPER VAN HEMEL, AARDE en ALLES DAARIN. 

HY IS WIE HY IS, die BEGIN van ALLES en die EINDE van ALLE DINGE.

  • Die GOD van ABRAHAM, die GOD van ISAK en die GOD van JAKOB/ ISRAEL.
  • SY NAAM, YHVH is vir EWIG, en dit is SY GEDENKNAAM van gelsag tot geslag.”
  • HY is YHVH, die KONING van ISRAEL en SY VERLOSSER
  • Hy is YHVH van die LEËRSKARE (die HEMEL WEERMAG).
  • Daar is buiten Hom GEEN ander God nie.

HY IS DIE LEWENDE EN EWIGE GOD WAT BESTAAN VAN ALTYD AF EN ALTYD SAL BESTAAN.

Hy is ALOMTEENWOORDIG en Hy WEET ALLES.

HY IS DIE ENIGSTE WARE LIG EN DAAR IS GEEN DUISTENRIS IN HOM NIE.

 HY is ‘n VERTERENDE VUUR, daarom is:

  • SY WOORD VUUR.
  • SY ENGELE is BOODSKAPPERS van VUUR met swaarde van VUUR.
  • HY DOOP GELOWIGES met die VUUR van SY HEILIGE GEES.
  • HY SUIWER ons GELOOF met VUUR en HY TOETS ons WERK vir die KOINGKRYK met VUUR.

HY IS DIE WOORD

  •  HY SKEP DEUR TE
  • SY WOORD IS DIE WAARHEID en dus IS HY DIE WAARHEID.
  • SY WOORD SAL VIR EWIG BESTAAN.
  • HY HOU ALLES IN STAND DEUR SY WOORD.
  • SY WOORD IS DIE GOEIE NUUS VIR ALLE MENSE.

Ons gesels dan vandag verder oor hierdie WONDERLIKE GOD van die SMAL WEG.

HY is SOEWEREIN (oppermagtig, die hoogste gesag)

In Genesis hoofstuk 1-2 is opgeteken hoe HY ALLES UIT NIKS MAAK. En omdat HY ALLES GESKEP het is dit mos nou ook SY BESLUIT wat HY daarmee wil doen en wanneer HY dit wil DOEN. Ons lees in Deuternomium 32:39 “Aanskou (sien, besef) nou dat dit EK IS en dat daar geen god naas MY is nie. EK maak dood en EK maak lewend, EK het verbrysel (stukkend geslaan) en EK genees, en daar is niemand wat uit My hand (kan) red nie.” (Lees ook Jesaja 45:5-7 en 2 Konings 5:7).

In 1 Samuel 2:6-10 erken Hannah wat eers onvrugbaar was, na die geboorte van Samuel in haar lofsang aan God: “YHVH maak DOOD en maak LEWEND; Hy laat neerdal in die doderyk en laat daaruit opkom. YHVH maak ARM en maak RYK; HY VERNEDER, ook VERHOOG HY. HY RIG die geringe (nederige) op uit die stof, uit die ashoop verhef (verhoog) HY die behoeftige, om hulle te laat sit by die vorste (regeerders, konings, prinse) en hulle ‘n erestoel (‘n ereplek) te laat beërwe. Want aan YHVH behoort die pilare van die aarde, en HY het die wêreld daarop gevestig. Die voete van SY gunsgenote (mense wat deel in Sy guns en genade) bewaar (beskerm en versorg) Hy, maar die goddelose mense (mense wat nie in Hom glo nie en in sonde lewe) kom om in die DUISTERNIS; want ‘n mens oorwin nie deur krag nie. Die wat met YHVH twis (rusie maak), word VERPLETTER (soos ons ook lees in Psalm 2:9, die wat in rebellie teen Hom opstaan); oor hulle donder HY in die hemel (Hy praat met ‘n harde stem soos ‘n harde knal geluid wat klink soos ‘n ontploffing); YHVH OORDEEL die eindes van die aarde, en HY gee STERKTE aan SY KONING en verhef die HORING (‘n simbool van KRAG en MAG) van SY GESALFDE (‘n verwysing na YESHUA die Seun van God, lees ook Psalm 2).”

En David sê in Psalm 115:3 “…onse God is in die HEMEL; HY DOEN alles wat HOM behaag (Hy doen soos Hy goed dink). Ons lees ook Jesaja 46:9-10 waarin God verklaar dat Hy God is en daar is NIEMAND soos HY nie “wat van die BEGIN af verkondig die EINDE (bekendmaak), en van die voortyd (die begin van tyd) af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: MY RAAD (bepalings, wat ek besluit) SAL BESTAAN, en AL wat MY BEHAAG, SAL EK DOEN.”

En tog wil ons as mense dikwels ons OPINIES uitspreek, net soos Job, oor GOD se BESLUITE.

En daarom kan ons saam met Job leer in Job hoofstuk 38-39 toe die ALMAGTIGE GOD vir Job vanuit ‘n STORM gekonfronteer (uitgedaag) het oor sy ONKUNDE oor die SKEPPING van GOD en aan hom gevra het:

  • Wie maak die RAADSBESLUIT (beslissing, uitspraak, besluit) daar tot DUISTERNIS (tot onkunde) met WOORDE sonder KENNIS (verstand, begrip)?” M.a.w wie maak uitsprake sonder dat hy verstaan waaroor alles gaan (Job 38:2)
  • Gord tog (maak vas) jou heupe soos ‘n MAN (staan vas soos ‘n man, maak jou reg vir wat kom); EK sal jou ondervra (onder verhoor neem soos in ‘n hofsaak) en onderrig (leer, antwoord) jy MY.” (Job 38:3)
  • “Waar was jy toe Ek die aarde GEGROND het (die fondasie gelê het)? Gee te kenne (sê My) as jy INSIG het (dit verstaan). Wie het Sy afmetinge bepaal? – jy weet dit mos! Of wie het daaroor die meetsnoer (‘n lyn/ maatband om grond af te meet) gespan? Waar is sy fondamentklippe (fondasie) op ingesink (waarop rus dit)? Of wie het sy HOEKSTEEN gelê? Toe die môresterre saam gejubel en al die seuns van God gejuig het (‘n verwysing na die engele van verskillende rangordes wat teenwoordig was met die skepping van die aarde).” (Job 38:4-7)
  • “En wie het die SEE met deure afgesluit (sy grense bepaal), toe dit uitgebreek, uit die moederskot voortgekom het (uitgeborrel het). Toe Ek die WOLK tot sy KLEDING gemaak het en die DONKERHEID tot sy windsel (toe Ek dit bedek het met wolke en dik duisternis). Toe Ek my GRENS daarvoor uitgebreek en grendel (slot) en deure gemaak het; en gesê het: Tot hiertoe mag jy kom en nie verder nie; en hier word ‘n GRENS gestel vir jou TROTSE GOLWE.” (Job 38:8-11)

Dit verduidelik GOD se BEHEER oor die SEE en herinner ons aan Messias Yeshua se BEVEL aan die wind en die SEE om STIL en KALM TE WORD en die dissiples in verbasing gevra het: “Wat vir ‘n mens (watter soort mens, wie) is HY dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam is?” (Lees Mattheus 8:26-27).  En ons weet ook Hy stap op die see (Mattheus 14:22-33). En Job self het hierdie God geken, hy sê in Job 9:8 Hy “…wat alleen die hemel uitspan en STAP op die GOLWE vn die SEE.” Lees ook Psalm 107:29.

  • God vra verder vir Job: “Het jy, solank as jy lewe, die môre ontbied, die daeraad (dagbreek, die eerste môrelig) sy plek aangewys (kon jy die nuwe DAG laat aanbreek), om die some van die aarde aan te gryp (om die punte van die aarde soos ‘n tent se punte vas te gryp), sodat die goddelose (mense wat nie in Hom glo nie en in sonde lewe) daarvan afgeskud word (die nag laat verby gaan sodat die bose dinge/ die sondes wat in die nag plaasvind kan ophou, lees ook ‘n verwysing daarna in Effesiërs 5:1-13)? Dit neem nuwe vorme aan soos die KLEI onder ‘n seël (‘n stempel van egtheid); en die dinge kry gestalte (neem vorm aan) soos ‘n kleed (die waarheid word sigbaar in die LIG van die nuwe dag). En aan die goddelose word hulle lig (die soort vals lig wat hulle verkies wat eintlik die nag se duisternis van sondige plesiere is) ontneem; en die hoë arm (die hoogmoed, trotsheid en arrogansie waarmee bose dinge gedoen word), word verbreek (afgebreek, vernietig).” (Job 38:12-15)
  • “Het jy gekom tot by die bronne van die see (daar waar die seewater vandaan kom)? En het jy rondgewandel in die binneste DIEPTE van die WÊRELDVLOED (die diepste gedeeltes van die see)?” (Job 38:16)
  • “Is die POORTE van die DOOD vir jou ontbloot? En het jy die POORTE van die DOODSKADUWEE gesien? (m.a.w het hy al die pad na die doderyk gesien).” (Job 38:17)
  • Omvat jou BEGRIP (jou vermoë om te verstaan) die breedtes van die aarde (hoe groot die aarde is)? Gee te kenne (antwoord) as jy dit ALLES weet.” (Job 38:18)
  • “Waar is tog die WONING van DIE LIG? (ons weet GOD SELF IS DIE LIG, dus mag dit wees dat Hy hier aan Job vra of hy weet waar die hemel is waar Hy woon). En die DUISTERNIS (moontlik ‘n aanduiding van die plek van die bose magte) – waar is tog sy plek, sodat jy dit kan bring, ELKEEN na sy gebied en kan VERSTAAN die PAAIE na hulle HUIS (dalk ‘n aanduiding van die SMAL WEG na DIE LIG en die BREË WEG na die DUISTERNIS soos Yeshua ons Messias ook aan ons verduidelik in Mattheus 7:13-14), jy weet dit seker wel, want jy is toe gebore! En die getal van jou DAE is groot!” (Ons sien hier God spot met Job wat hom so slim probeer hou sodat Job kan besef hoe belaglik dit is om God uit te daag). (Job 38:19-21)
  • Het jy gekom by die SKATKAMERS van die SNEEU? En het jy die SKATKAMERS van die HAEL gesien, wat EK OPGESPAAR het vir DIE TYD van BENOUDHEID (angs en bekommernis), vir DIE DAG van STRYD en OORLOG? (Job 38:22-23)

Ons weet vanuit gedeeltes soos ons lees in Eksodus 9:18, Joshua 10:11, Jesaja 30:30, Esegiël 13:11-13 en Openbaring 16:21, dat God inderdaat teen Sy vyande veg met storms en hael.

  • Ons lees verder in Job vra God: “Wat is tog DIE WEG na die plek waar die LIG gedeel word, die OOSTEWIND hom uitsprei oor die aarde? Wie het ‘n kanaal gesplyt (oopgekloof) vir die STORTVLOED (‘n watermassa reën wat met krag na onder stort) en ‘n PAD vir die ONWEERSTRAAL (die weerlig); om te laat REËN op ‘n land waar geen mens is nie, op ‘n WOESTYN waar niemand woon nie; om WOESTHEID (onstuimigheid) en VERWOESTING te VERSADIG (aan te voldoen) en op die GROEIPLEK jong gras te laat uitspruit? Het die REËN ‘n VADER? Of wie verwek die DOUDRUPPELS? Uit wie se moederskoot kom die YS te voorskyn? En die RYP van die hemel – wie baar dit? (wie bring dit voort?) Die WATERS word HARD soos ‘n klip, en die oppervlak van die WATERVLOED SLUIT AANMEKAAR (die oppervlak van die see ys).” (Job 38:24-30)
  • Kan jy die BANDE van die SEWESTER knoop (‘n groep van sewe sterre wat in perfekte formasie is – God vra dus hier aan Job of hy hierdie formasie in stand kan hou) of die TOUE van die ORION (‘n strerrebeeld bestaande uit 7 stere wat in die Noordleike Halfrond sigbaar is) losmaak? Kan jy die DIERERIEM (die Mazzarot in Hebreeus – ‘n denkbeeldige gordel aan die hemelruim, bestaande uit 12 sterrebeelde wat die skynbare bane van die maan en sterre bevat) uitbring op sy TYD? En die BEER met sy KLEINTJIES lei (twee sterrebeelde aan die noordelike hemel)? (Job 38:31-32)
  • “Ken jy die WETTE van die HEMEL? Of kan jy sy HEERSKAPPY oor die AARDE bestel (reël en bestuur)? Kan jy jou stem na die WOLKE verhef, sodat ‘n OORVLOED van WATER jou oordek (sodat dit begin reën)? Kan jy die BLIKSEMS (weerlig, blitse – ligflitse veroorsaak deur elektriese ontlading tussen wolke of tussen ‘n wolk en die grond wat met ‘n knal geluid gepaardgaan) uitstuur, sodat hulle heengaan en vir jou sê: Hier is ons? Wie het WYSHEID neergelê in die WOLKE? Of wie het VERSTAND gegee aan die WOLKGEVAARTE (reusagtige groot wolke)? Wie kan die WOLKE met WYSHIED tel? En die WATERSAKKE van die HEMEL – wie giet hulle leeg (wie laat dit reën) wanneer die STOF saamvloei tot ‘n STUK GIETWERK en die KLUITE aanmekaar klewe (wanneer dit geweldig droog is)?

En dan fokus God Sy vrae aan Job op die DIERERYK wat Hy geskep het in Job hoofstuk 39 en vra Hy (vrye aanhaling):

  • Kan jy prooi jag vir die leeu wyfie of die honger van die jong leeus stil?
  • Wie berei vir die kraai sy kos as sy kleintjies roep tot God en rondwaal by gebrek aan kos?
  • Weet jy die tyd as die steenbokke lam en die takbokooie voortbring? Tel jy die maande wat hulle dragtig is? En weet jy die tyd dat hulle lam? Hulle kleintjies word sterk, word groot in die veld, loop weg en kom nie na hulle terug nie.
  • Wie het die wilde–esel so vry laat loop. Vir Hom het Ek die wildernis sy huis gemaak. Hy lag oor die gewoel van die stad.
  • Sal die buffel gewillig wees om jou te dien? Kan jy die buffel aan die ploegvoor bind met sy trektou? Sal jy op hom vertrou omdat sy krag groot is? Kan jy op hom reken dat hy jou gesaaides sal inbring en bymekaarmaak op jou dorsvloer?
  • Die vlerk van die volstruis klap vrollik. Sy laat haar eiers op die grons lê en hou hulle warm op die grond en vergeet dat ‘n voet dit kan stukkend druk en die wilde diere van die veld dit kan vertrap. Hard behandel sy haar kleintjies asof dit nie hare is nie; is haar moeite tevergeefs – sy is nie bekommerd nie. Want God het nie aan haar die wysheid gegee nie.
  • Gee jy aan die perd sy krag? Beklee jy sy nek met maanhare? Laat jy hom spring soos die springkaan? Sy trotse gesnuif is ‘n verskrikking? Hy kap die grond met sy pote en is vrolik in sy krag; hy trek uit, die stryd tegemoet. Hy lag oor die vrees en word nie verskrik nie en draai nie om vir die swaard nie. Op hom rammel die pylkoker (‘n houer vol pyle), die flikkerende spies en lans (lang steel spies, van die ruiter bo op sy rig). Ontstuimig en wild verslind hy die grond en staan nie stil as die basuin (die trompet) klink nie. Hy snork as hy die basuin (die trompet) hoor blaas. En van ver ruik hy die oorlog, die donderroep (harde klank) van die leërowerstes (die offisiere) en die oorlogsgeskreeu.
  • Sweef die valk opwaarts en sprei hy sy vlerke uit na die suide toe op jou bevel? Of vlieg die roofvoël/ die arend hoog en bou hy hoog sy nes op jou bevel? Op die rots woon hy en vernag (oornag, slaap) hy, op die rotspunt en bergvesting. Daarvandaan soek hy na kos, sy oë kyk in die verte. Ook slurp sy kleintjies bloed en waar geneuweldes lê, daar is hy.

En ons lees in Job 39:34-35 vra God aan Job of hy met Hom, God die ALMAGTIGE wil twis (rusie maak) en Hom wil teregwys (berispe, vermaan, bestraf, aanspreek)? En dan erken Job in Job 39:37-38 “Kyk, ek is te gering (te nietig). Wat kan ek U antwoord? Ek lê my hand op my mond (ek hou my mond, ek bly stil). Eenmaal het ek gespreek, maar sal nie meer antwoord nie; ja tweemaal, maar ek sal nie voortgaan nie.” En in hoofstuk 40-41 konfronteer die ALMAGTIGE GOD dan weer vir Job vanuit ‘n STORM en sê HY aan Job:

  • Gord tog (maak vas) jou heupe soos ‘n MAN (staan vas soos ‘n man, maak jou reg vir wat kom); EK sal jou ondervra (onder verhoor neem soos in ‘n hofsaak) en onderrig (leer, antwoord) jy MY.” (Job 40:2)
  • Wil jy werklik MY REG (geregtigheid, reëls/ wette) verbreek (skend/ beskadig/ onteer, vernietig, herroep ophef/ tot niet maak), MY veroordeel (skuldig verklaar, vonnis), dat jy gelyk kan hê (die reg aan jou kant kan hê/ geregverdig kan word)?” (Job 40:3)
  • Het jy ‘n ARM soos GOD (dit is ‘n verwysing na Yeshua die Seun van God). En kan jy donder (’n harde knal geluid maak wat klink soos ‘n ontploffing) met die stem soos HY?” (Job 40:4)
  • Dan sê God spottenderwys aan Job as hy dan dink dat hy so belangrik is en alles weet en dink Hy kan God se besluite bevraagteken: “Versier jou tog met HEERLIKHEID en HOOGHEID, en beklee jou met MAJESTEIT en GLORIE! Giet jou toorn (woede) in strome uit; en kyk na ALLES wat HOOG (vol hoogmoed en trots) is en VERNEDER dit. Kyk na ALLES wat HOOG is (vol hoogmoed en trots is), ONDERWERP dit; en WERP die goddelose (mense wat nie in Hom glo nie en in sonde lewe) NEER daar waar hulle staan. BEGRAWE hulle almal saam in die stof; SLUIT hulle aangesigte in ‘n verborge plek weg (sluit hulle toe in die doderyk). Dan sal ook ek jou loof (prys/ eer aan jou bewys) omdat jou (menslike) regterhand jou oorwinning gee (deur jou eie krag hierdie dinge kan doen).” (Job 40:5-9)
  • En dan verwys God na groot en magtige diere wat HY gemaak het behemoth (‘n kolosale land dier, ‘n simbool van God se kreatiewe krag en mag) en Leviatan, (‘n kragtige see dier wat met chaos en kragtige vyande soos Babylon geasosoieer word en dus moontlik ‘n geestelike/ bose mag konotasie kan hê, weereens as deel van God se arsenaal om oorlog te voer teen sy vyande of mense te toets) en vra Hy vir Job of hy of enige ander mens hierdie gevaarlike, vreesanjaende diere kan beheer. Job 40:10-28 tot 41:25.

Lees ook Psalm 104 oor die SKEPPING en GOD se GROOTHEID wat daardeur waarneembaar is en Paulus sluit dan ook in Romeine 1:18-21 hierby aan deur te sê: “Want die toorn (woede) van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid (ongeloof en sonde) en ongeregtigheid (optrede teen die wil en wet van God) van die mense wat in ongeregtigheid (wetteloosheid) die WAARHEID onderdruk, omdat wat van God geken kan word, aan hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar. Want Sy ONSIGBARE DINGE kan van die SKEPPING van die wêreld af in SY WERKE VERSTAAN en DUIDELIK GESIEN word, naamlk SY EWIGE KRAG en GODDELIKHEID (Sy aard en natuur), sodat hulle geen verontskuldiging het nie; omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God VERHEERLIK of GEDANK het nie; maar hulle het dwaas (onverstandig) geword in hulle oorlegginge (hulle oorwegings, gesonde verstand), en hul ONVERSTANDIGE HART is VERDUISTER (donker gemaak, God se LIG het daaruit verdwyn).”

En ons sien dan BELY Job in Job hoofstuk 42:1-5 sy skuld en kan ons moontlik saam met hom bely en sê: “Ek weet dat U ALLES KAN DOEN en geen PLAN vir U onuitvoerbaar is nie. Wie verberg die RAADSBESLUIT (beslissing, uitspraak, besluit) daar sonder KENNIS (verstand, begrip)? (Wie waag dit om uit onkunde God se wysheid en besluite te bevraagteken?) So het ek dan gespreek sonder om te verstaan, DINGE TE WONDERBAAR vir my, wat ek nie begryp nie. Hoor tog, en ék sal spreek; ek sal U ondervra (vrae vra) en onderrig (leer) U my! Volgens hoorsê (dit wat ander oor U gesê het) het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien (Job erken dus, hy besef nou in al die dinge wat God geskep het kan Hy God se krag, almag en soewereinheid sien, net soos ons dit ook kan sien!) Daarom herroep ek (trek ek terug wat ek gesê het in onkunde, sonder insig en begrip) en het ek berou in stof en as (is ek opreg spyt en jammer daaroor).”

Paulus het dit alles goed verstaan en daarom veruidelik hy in Romeine 9 GOD as die POTTEBAKKER wat voortspruit uit Jeremia hoofstuk 18 waarin ons lees dat Jeremia opdrag by God gekry het om na die huis van die pottebakker te gaan en ons lees in vers 3b-10 “…en hy was juis besig om ‘n stuk werk op die skywe (die ronde draaibank of pottebakkerswiel) te maak. En die VOORWERP wat hy besig was om te maak, het MISLUK – soos dit gaan met KLEI in die hand van die pottebakker – maar hy het daaruit weer ‘n ANDER VOORWERP gemaak soos dit in die oë van die pottebakker REG was om dit te maak. Toe het die WOORD van YHVH tot my (Jeremia) gekom en gesê: Sal Ek nie soos hierdie POTTEBAKKER met julle kan maak nie, o HUIS van ISRAEL (hier word verwys na die Noordryk, die TIEN STAMME onder Efraim)? Spreek YHVH. Kyk, soos KLEI in die hand van die pottebakker, so is julle in My hand, o HUIS van ISRAEL! In een oomblik sal Ek spreek oor ‘n nasie en oor ‘n koningkryk om dit uit te ruk en om te gooi en te vernietig; maar as dié nasie waaroor Ek gespreek het, hulle BEKEER (weg te draai) van hulle boosheid (sondigheid, wetteloosheid, terug na Hom, Sy Woord en weë), sal Ek berou hê (spyt wees) oor die onheil (groot ramp of ongeluk) wat Ek van plan was om hulle aan te doen. En in ‘n ander oomblik sal Ek spreek oor ‘n nasie en oor ‘n koningkryk om dit te BOU en te PLANT; maar as hulle DOEN wat VERKEERD is in MY OË deur na MY STEM nie te luister nie, dan sal Ek berou hê (spyt wees) oor die GOEIE waarmee Ek gesê het dat Ek aan hulle GOED sal DOEN.” En Paulus vra dan in lyn hiermee in Romeine 9:20-21 Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het U my so gemaak nie? Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een VOORWERP tot eer en die ander tot oneer te maak nie? ” Paulus verduidelik ook later in 2 Timotheus 2:20-21 “Maar in ‘n groot huis is daar nie alleen VOORWERPE van goud en silwer nie, maar ook van hout en erdewerk (gemaak van die klei van die aarde) ; en sommige tot eer (agting en aansien), maar ander tot oneer (skande, veragting, minagting). As iemand hom dus hiervan DEEGLIK REINIG, sal hy ‘n VOORWERP tot EER wees, GEHEILIG (aan God toegewyi) en BRUIKBAAR vir MEESTER YESHUA, TOEBEREI (gereed gemaak) vir elke goeie werk (dit waarvoor hy of sy geskep is/ jou doel) Lees ook Jesaja 29:16. Dus kan ons hieruit sien, ELKE mens het die KEUSE om hom of haarself te BEKEER en bruikbaar vir God te wees in Sy Koningkryk.

Yeshua ons Messias bevestig in Mattheus 11:27a “ALLES is aan My oorgegee deur MY VADER…” En in Mattheus 28:18 stel Hy dit nog duideliker: “Aan My is gegee ALLE MAG in die HEMEL en op AARDE.” Dus is Yeshua die Messias in totale beheer in die hemel en op die aarde namens Abba Vader (Lees ook Johannes 3:35 en 13:3 asook 1 Petrus 3:22). En ons wees dit sal so wees tot aan die einde, soos Paulus verduidelik in 1 Korinthiërs 15:24-28 “Daarna kom die EINDE, wanneer Hy (Yeshua die Messias) die KONINGKRYK aan GOD (die Vader) OORGEE, as Hy ALLE heerskappy en ALLE gesag en mag VERNIETIG het. Want Hy moet as KONING heers totdat Hy AL Sy vyande onder Sy voete gestel het. Die LAASTE vyand wat VERNIETIG word, is die dood. Want HY (God die Vader) het ALLES aan SY (Yeshua die Messias se) voete ONDERWERP, maar wanneer Hy sê dat ALLES onderwerp is, is dit duidleik dat Hy (God die Vader) uitgesonder is wat ALLES aan Hom (Yeshua Sy SEUN) onderwerp het. En wanneer ALLES aan HOM (Yeshua die Seun) onderwerp is, dan sal die SEUN (Yeshua die Messias) self Hom ONDERWERP aan die (hoofletter) EEN wat ALLES aan Hom onderwerp het, sodat GOD (die Vader) ALLES in ALMAL kan wees.” Lees ook Openbaring hoofstuk 20 tot 22.

En Paulus lê klem op Yeshua die Messias se SOEWEREINHEID in Kolossense 1:15-20 waarin hy verduidelik dat:  ALLES in die hemel en op aarde vir HOM en DEUR HOM GESKEP is, deur HOM in STAND GEHOU word en vir SY DOELEINDES benut word en deur HOM met HOMSELF VERSOEN word nadat HY VREDE gemaak het deur die BLOED van SY KRUIS. HalleluYAH! Prys Sy Naam!

Ons het ook die VERSEKERING dat HY ‘n GOEIE, GENADIGE en REGVERDIGE GOD is en dat HY ALLES (goed en sleg) ten GOEDE laat meewerk vir die wat HOM LIEFHET (lees Genesis 50:20 en Romeine 8:28).

He-Brews-Coffee-Roastery-Logo

Stay In Touch