13 Mei 2026 Ons is gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (die…
MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (DIE DOOD) NA SY WONDERLIKE LIG (DIE LEWE), Deel 1: BEREKEN die KOSTE van die SMAL WEG versus die BREË WEG
15 April 2026
Ons begin vandag met ‘n NUWE REEKS: MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (die donker, afweisgheid van geestelike lig, onkunde, ongeloof, nood en elende, die dood) NA DIE WONDERLIKE LIG (openbaring van die waarheid, wysheid, geloof, geestelike vol lewe) VAN ABBA VADER waarin ons gaan gesels op ‘n PRAKTIESE WYSE oor HOE ons, die PAD vanuit die DUISTERNIS van EGIPTE/ ‘n prentjie van die WÊRELD, vind, die SMAL WEG deur YESHUA ons MESSIAS na ABBA VADER en HOE ons op hierdie SMAL WEG van WARE LEWE, die REDE en DOEL waarvoor HY ons gemaak het vind en uitvoer.
Baie mense WIL graag op die SMAL WEG van GOD in SY VREDE, LIG, LIEFDE en KRAG LEEF maar WEET NIE HOE NIE en daarom SUKKEL ons om dit reg te kry. En dit lei daartoe dat BAIE van ons moedeloos word en nooit ons DOEL VERSTAAN of VERVUL nie.
Ons gaan hierdie studie en PRAKTIESE REIS aanpak, soos al ons ander studies, met die ENIGSTE LAMP vir ons PAD, ABBA VADER se WOORD.
Ons begin dan vandag net eers gesels oor wat SY WOORD aan ons verduidelik oor DUISTERNIS en LIG sodat ons kan BESLUIT of ons hierdie REIS wil aanpak.
Heel aan die begin reeds in Genesis 1:1-5 sien ons dat selfs voor die val van Adam en Eva, met die SKEP van die HEMEL en AARDE deur God, was die AARDE, WOES en LEEG en DUISTERNIS was op die wêreldvloed (die diep watermassa op die aarde) en die GEES van GOD het oor die waters gesweef en Sy eerste woorde was: “LAAT DAAR LIG WEES!” En God maak dan ‘n SKEIDING tussen LIG en DUISTERNIS, en Hy noem die LIG “DAG” en die DUISTERNIS “NAG”, en dit was AAND en dit was MÔRE, DIE EERSTE DAG. Ons sien dus hier die PATROON, EERS NAG en dan DAG. Die rede daarvoor is, Hy is ‘n God wat ons neem vanuit die duisternis NA DIE LIG. Ons gesels later meer hieroor.
En ons weet hierdie LIG op die EERSTE DAG van die SKEPPING het absoluut niks met die SON, MAAN en STERRE, die aardse LIGBRONNE, te make nie, want dit is eers op die VIERDE DAG geskep! (Lees Genesis 1:14-19).
Dus is die LIG wat op die EERSTE DAG verskyn het, YESHUA ons MESSIAS en ABBA VADER self! Hulle was die ENIGSTE LIG op die aarde vir die EERSTE DRIE DAE, en hulle sal ook die ENIGSTE LIG wees in die EWIGHEID soos wat ons lees in Openbaring 21:11, 22-25 & 22:5 die HEERLIKHEID van GOD, SY LIG sal in die NUWE JERUSALEM op die NUWE AARDE wees soos ‘n KRISTAL HELDER JASPIS STEEN (hierdie steen kan enige skakerings van rooi, geel, groen of bruin wees en word in die woord gebruik wanneer iets van groot skoonheid en grootheid beskryf word. Ons weet ook dat LIG uit verskillende kleure bestaan). Ons lees verder die NUWE JERUSALEM sal nie ‘n son of maan nodig hê as LIGBRONNE nie want die HEERLIKHEID van GOD die Vader, YHVH, sal die LIG van die stad wees en YESHUA die LAM sal die LAMP van die stad wees. Dit maak sin want HULLE, GOD die VADER en YESHUA die LAM is in die NUWE JERUSALEM die TEMPEL waarin die MENORAH sal BRAND – die ENIGSTE TOELAATBARE LIG, net soos wat die MENORAH in die aardse tempel die enigste bron van toelaatbare lig was! En ons lees in Openbaring 21:24-25 die NASIES wat GERED is sal in die LIG van Abba Vader en Yeshua die Lam LEEF en daar sal NIE MEER NAG (duisternis, donkerte insluitend geestelike donkerte en dood) wees nie want NIKS sal kan inkom in hierdie stad wat verontreining is nie en wat gruwelikheid en leuens doen nie maar net dit wat in die BOEK van die LEWE van die LAM opgeskryf staan (ons weet immers vanuit Openbaring 20:11-15 dat daar teen hierdie tyd afgreken sal wees met alles wat DUISTERNIS is, insluitend die dood en doderyk wat nie meer sal bestaan nie want hulle sal reeds in die POEL van VUUR en SWAEL gewerp wees) en daarom sal dit ook nie nodig wees om die POORTE van die STAD te SLUIT NIE. (Lees ook die profesie hieroor in Jesaja 60:19-20).
Maar ons hoef nie te wag tot die aanbrek van die EWIGHEID op die NUWE AARDE in die NUWE JERUSALEM vir DIE LIG VAN GOD om die DAGLIG in ons LEWE van DUISTERNIS en NAG te laat aanbreek nie! Dit kan nou reeds op aarde DAG word in ons lewens wanneer ons ABBA VADER se WEG van LIG en LEWE KAN “SIEN” en DIT KIES!
WANT DIE LAMP, YESHUA ons MESSIAS, die PRINS van VREDE, DIE STERKE GOD, RAADGEWER en EWIGE VADER SELF, het die DUISTERNIS van ons SONDE reeds ongeveer 2000 jaar gelede met SY DOOD VERSLAAN! DIE DUISTERNIS wat soos DONKERHEID vir DRIE URE NA SY DOOD DIE AARDE OMVOU HET soos ons lees in Lukas 23:44-45, as SKADUWEE van die DOOD wat VERNIETIG is toe die VOORHANGSEL SKEUR wat die TOEGANG na ABBA VADER oopgemaak het want die VOL PRYS, DIE DOOD is vir die SONDE BETAAL. Maar eers sou hierdie DUISTERNIS vir YESHUA die MESSIAS DRIE DAE en DRIE NAGTE in die GRAF HOU, totdat dit op die EERSTE DAG VERSLAAN IS, toe HY vanuit die DUISTERNIS OPGESTAAN het en ons nou VRY GEKOOP is van die DUISTERNIS en die DOOD! (Jesaja 9:1-6, Mattheus 27-28, Markus 15-16, Lukas 23-24, Johannes 19-21).
Paulus verduidelik vir ons iets daarvan in 2 Korinthiërs 4:4-6, die EVANGELIE (die GOEIE NUUS) van GOD die Vader skyn soos die HEERLIKHEID van die MESSIAS, wat die BEELD van GOD die VADER is, op GELOWIGES (die mense KIES OM IN HOM te GLO as hulle REDDER en VERLOSSER en HOM te VOLG). “Want GOD (die Vader) wat gesê het dat daar uit die duisternis LIG moet SKYN (hier verwys Paulus dus na Genesis 1:3) – dit is HY wat in ons HARTE GESKYN HET om die VERLIGTING (openbaring) te bring van die KENNIS van die HEERLIKHEID van GOD (die Vader) in die aangesig (die teenwoordigheid) van MESSIAS YESHUA” (2 Korinthiërs 4:6).
Maar WAAR het die DUISTERNIS dan vandaan gekom?
Ons lees in Jesaja 45:7 GOD, YHVH vorm die LIG en SKEP die DUISTERNIS. En ons lees in verskeie gedeeltes dat GOD die DUISTERNIS GEBRUIK om BOOSHEID mee te VERNIETIG, Jeremia vertel vir ons iets hiervan in:
Jeremiah hoofstuk 4 waarin ons sien dat ONHEIL (groot rampe en ongeluk) sinoniem is vir die DUISTERNIS wat deur God toegelaat word oor SY VOLK omdat hulle kies om KWAAD te doen eerder as GOED. Hulle tree dus dwaas op, soos iemand wat God nie ken en nie weet dat HY BOOSHEID verwoes nie.
Jeremia veruidelik dit so in hoofstuk 13:16 “Gee eer aan YHVH julle GOD voordat Hy dit DONKER laat word en voordat julle voete stamp teen die berge in die SKEMERING; terwyl julle wag op LIG, maar Hy dit DOODSKADUWEE maak, in DONKERHEID verander.” Lees ook Jeremia se aansporing to gebed en nederigheid in Klaagliedere hoofstuk 3.
Ons sien dit ook in Genesis hoofstuk 6-7 toe God die sondige wêreld tydens Noag se tyd met water vernietig het. En ons lees die spesiefieke rede daarvoor in Genesis 6:5-7, GOD SE HART was seer (vol smart) oor die GROOT BOOSHEID van die mense op die aarde en al die SLEGTE DINGE wat hulle deurlopend bedink en dus gedoen het en daarom was Hy spyt dat Hy die mense gemaak het en het Hy besluit om hulle te verdelg tesame met die diere.
Ons sien ook in Eksodus VERSLAAN HY die afgode van EGIPTE deur DUSITERNIS te skep – en die Faroa, met sy verharde hart, as kleinletter selfverklaarde “god” van Egipte VERNIETIG met die NAG van die DOOD van die EERSTELINGE in EGIPTE, maar Hy BESKERM SY VOLK teen hierdie duisternis deur die bloed van die PASGA lam aan hulle deurkosyne (Eksodus hoofstuk 5-12). En ons lees bevestiging hiervan in Psalm 105:27-28.
Ons weet ook dat GOD sy VYANDE aan die einde van ons aardse tyd op die OORDEELSDAG gaan verslaan en dat dit ‘n DAG van DUISTERNIS en DONKERHEID sal wees (Lees Joël 2:2, Amos 5:18-20 & 8:9 en Openbaring hoofstuk 16 – 19).
YHVH is dus die GOD van LIG maar HY GEBRUIK die DUISTERNIS teen die mense wat dit self kies!
God kan egter ook DUISTERNIS gebruik om SY KINDERS TE LEER en te DISSIPLINEER – baie soos wat dit soms nodig is vir ‘n HERDER om ‘n STOK en STAF vir sy SKAPE te gebruik wat wil AFDWAAL.
MAAR HY RED ons ALTYD uit hierdie einste DUISTERNIS wanneer ons besluit om van ons BOOSHEID af weg te draai. Ons lees in Psalm 107:1-15 ‘n DANKLIED van die VERLOSTES die volgende:
“Loof YHVH want Hy is GOED, want SY GOEDERTIERENHEID (genade en barmhartigheid/ meegevoel) is tot in EWIGHEID! Dit moet die VERLOSTES van YHVH sê, wat HY uit die NOOD VERLOS het en uit die LANDE VERSAMEL het, van die OOSTE en die WESTE, van die NOORDE en van die SUIDE. Hulle het GEDWAAL in die WOESTYN, op WOESTE PAAIE; ‘n stad om in te woon het hulle nie gevind nie. HONGER, ook DORS was hulle; hulle SIEL (hart, verstand en vrye wil) het in hulle versmag (hewige lyding deurgegaan/ weggekwyn). Toe het hulle YHVH AANGEROEP in hul BENOUDHEID; uit hulle angs (vrees en onsekerheid) het HY HULLE GERED. En HY het hulle GELEI op ‘n REGTE PAD om te gaan na ‘n stad om in te woon. Laat hulle YHVH LOOF om SY GOEDERTIERENHEID en om SY WONDERDADE aan die mensekinders; want HY het die DORSTIGE SIEL (hart, verstand en vrye wil) VERSADIG met die GOEIE vervul (vol gemaak). Die wat in DUISTERNIS en DOODSKADUWEE gesit het, GEVANG in ELLENDE en YSTERS – omdat hulle WEDERSTREWIG (koppig, opstandig) was TEEN die WOORDE van GOD en die RAAD (aanbevelings) van die ALLERHOOGSTE verwerp het, het HY hulle HART deur moeite (las, verdriet, ergenis) verneder; hulle het GESTRUIKEL, en daar was geen helper nie. Toe het hulle YHVH aangeroep in hul benoudheid; uit hulle angs (vrees en onsekerheid) het HY hulle VERLOS. HY het hulle uit DUISTERNIS en DOODSKADUWEE laat uitgaan en hulle BANDE (dit wat hulle vasgebind het) verbreek. Laat hulle YHVH LOOF om SY GOEDERTIERENHEID en om SY WONDEDADE aan die mensekinders.” (lees ook seblief die res van hierdie Psalm wat dit mooi verduidelik).
Ons moet dus NOOIT VERGEET nie HY IS DIE SKEPPER VAN ALLES EN IN BEHEER VAN ALLES insluitend die DUISTERNIS en die DOOD wat die PLEK is wat gereserveer word vir dié WAT DIT VERKIES! (Lees ook Kolossense 1:16).
So wat beteken dit, HOE KIES ons DUISTERNIS in ons lewens? Deur GODDELOOSHEID / SONDE, ons kan maar sê DUISTERNIS in ons lewens te verwelkom. Koning Salomo verduidelik dit mooi tydens sy toespraak en gebed met die TEMPEL INWYDING in 1 Konings 8:46-50, “As hulle (die volk) teen U SONDIG – want daar is geen mens wat nie sondig nie – en U op hulle toornig is (kwaad is vir hulle) en hulle aan ‘n VYAND oorgee en hulle veroweraars hulle as GEVANGENES wegvoer na die land van die VYAND, ver of naby, en hulle dit ter HARTE neem (besef, tot inkeer kom) in die land waarheen hulle as GEVANGENES weggevoer word, en sê (erken): Ons het GESONDIG en VERKEERD gehandel, ons was GODELOOS – en hulle hul tot U BEKEER (REPENT in Engels, TESHUVA in Hebreeus) met hulle HELE HART en met hul HELE SIEL (verstand en vrye wil)…wil U DAN in die HEMEL, U vaste woonplek, hulle GEBED en hulle SMEKING HOOR en aan hulle hul REG verskaf, en (hulle) VERGEEF, ja al hulle OORTREDINGE wat hulle TEEN U begaan het; en laat hulle BARMHARTIGHEID vind voor die (hulle vyande) wat hulle weggevoer het…” (Hierdieselfde beginsel word ook verduidelik in 1 Johannes 1:1-10).
En YESHUA ons MESSIAS het dit ook verduidelik in die GELYKENIS van die ONBARMHARTIGE SKULDEISER in Mattheus 18:15-35. Hierdie skuldeiser wat wou hê dat die KONING hom moes VERGEWE en VRYSTEL van sy skuld was nie bereid om dit vir ‘n medeamptenaar te doen wat om geld geskuld het nie en die uiteinde was dat die KONING baie kwaad geword het en hom aan die FOLTERAARS oorhandig het om hom te PYNIG totdat hy die LAASTE SENT van sy skuld terug betaal het. En YESHUA eindig dan met hierdie woorde in Mattheus 18:35 “So sal My HEMELSE VADER aan julle DOEN as julle nie ELKEEN sy broeder van HARTE sy OORTREDINGE VERGEWE nie.” Ons moet dus verstaan GOD verander NIE. Hy gee ons STEEDS aan DUISTERNIS oor wanneer ons dit KIES! En HY DOEN dit sodat ons sal KIES om na terug te keer na SY WEË van LIG en daarom na HOM SAL UITROEP en ons kan VERSEKER wees HY SAL KOM om ons TE RED!
ONS kan dus KIES of ons op die BREË WEG van DUISTERNIS wil leef, soos SATAN en ‘n derde van die engele onder hom gekies het en die gevolge daarvan moes dra (soos ons lees in 2 Petrus 2:4 en Judas 1:6) en steeds gaan dra (lees Openabring 20:10). En dan in die DUISTERNIS end us in BLINDHEID rond te struikel en te val en seer te kry (want mens kan mos nie SIEN in die donker nie) totdat ons deur die DUSTERNIS vewoes word, met ander woorde die PAD van die DOOD te stap of ons kan KIES om op die SMAL WEG VAN LIG en LEWE te stap. Hierdie KEUSE word reeds in Deuternomium 30:18-20 aan mense gestel: om die LEWE en seen te KIES of die DOOD en vloek te KIES. En ons sien in Deuternomium 30:19 ABBA VADER MOEDIG ELKEEN van ons AAN om DIE LEWE te KIES sodat ons en ons nageslag kan LEWE want HY HET ONS ELKEEN GESKEP, ONS BEHOORT aan HOM en HY HET ONS LIEF en wil nie hê dat ENIGE EEN VAN ONS of ONS GELIEFDES VERLORE MOET GAAN NIE. SO WAT IS JOU KEUSE? DIE LEWE (die LIG) of die DOOD (die DUISTERNIS)?
Maar onthou julle YESHUA se woorde in Lukas 14:25-35 om eers die KOSTE te bereken?
SO MISKIEN HELP DIT ONS OM TE KIES AS ONS EERS DIE KOSTE VAN ONS KEUSES GAAN BEREKEN. (Sien OEFENING 1 as afsonderlike werksdokument).
DIE KOSTE BEREKENING VAN DIE SMAL WEG, DIE PAD VAN LIG EN LEWE:
DIE PRYS:
- IS JOU LEWE – die opgee van JOU WIL vir SY WIL, die KRUISIGING van jou VLEES/ DIE OU SONDIGE SELF – die oppervlakkige plesier van die wêreld. (Mattheus 10:38, Lukas 9:23, Romeine 6:6 & 8:6-13, Galasiërs 5:16-17, 19-21 & 24, Kolossense 3:5 en 1 Petrus 2:11).
- ALGEHELE TOEWYDING – LIEFDE VIR GOD BO ALLES – deur GEHOORSAAMHEID aan HOM en LIEFDE vir jou NAASTE SOOS JOUSELF deur geen skade te doen aan jou naaste of jouself nie (Eksodus 20, Deuternomium 5, Mattheus 22:34-40, Johannes 14:15, 1 Johannes 5:3 en Romeine 13:8-14).
- JY word ‘n TEMPEL, ‘n INSTRUMENT/ WERKTUIE, ‘n ERDEKRUIK van ABBA VADER, waardeer SY WERK op aarde deur jou AARDSE LIGGAAM, SIEL en GEES verrig word met jou VERSTAND, HART, MOND, HANDE en VOETE (Romeine 6:13, 12:1, 1 Korinthiërs 3:16 & 6:19, 2 Korinthiërs 4:5-7, Kolossense 3:1-4 ).
- VERVOLGING – Yeshua het gese as jy MY VOLG SAL jy VERVOLG word, ook deur jou eie familie! (Mattheus 10:36, Lukas 12:51-53, Johannes 15:18-20 & 2 Timotheus 3:12).
WAT JY ONTVANG:
- JY word KIND van Abba Vader/ ‘n kind van die LIG, BRUID van Yeshua & VRIEND van GOD (Jesaja 41:8 & 54:5, Johannes 3:29 & 15:13-15, 2 Korinthiërs 11:2-3, 1 Thessalonicense 5:5, Jakobus 2:23).
- Jy kry VREDE wat nie afhanklik is van jou omstandighede nie, dus het jy VREDE in elke lewensstorm want jy is GEPLANT en GEWORTEL op die ROTS YEHSUA die MESSIAS en daarom kan GEEN STORM jou onderkry en moet die storm LUISTER na SY STEM en STIL WORD as HY PRAAT (Jesaja 26:3, Johannes 14:27 en Filippense 4:7).
- HEELHEID – SY PERFEKTE LIEFDE GENEES AL ONS WONDE (Jesaja 53:5, Jeremia 17:14, Psalm 147:3, 1 Petrus 2:24, 1 Johannes 4:18).
- JY ONTVANG JOU GAWES (GIFTS) en JOU ROEPING – jy begin VERSTAAN WIE jy is en waarom jy GESKEP IS – jou doel op aarde. (Romeine 12:3-8, 1 Korinthiërs12:1-11, Efesiërs 4:11-13, Jakobus 1:17, 1 Petrus 4:10).
- Jy LEEF in die KRAG van die HEILIGE GEES en versprei die GOEIE NUUS sonder vrees (Sagaria 4:6, Handelinge 1:8, Rommeine 8:11 & 15:13).
- Jy word ‘n PRIESTER onder die HOË PRIESTER, YESHUA die MESSIAS in die ORDE van MELGISEDEK (Eksodus 19:6, 1 Petrus 2:5-9, Hebreërs 5:6-10 en Openbaring 1:6 & 5:10). Sien nota onder.
- JY WORD ‘n SEUN VAN DIE LIG/ OOK GENOEM ‘n SOLDAAT van die LIG wat OPGELEI word deur GOD SELF vir die stryd TEEN die DUISTERNIS (Deuternomium 31:6, Joshua 1:9, Psalm 144:1, Johannes 12:36, Romeine 8:142 Korinthiërs 10:4-6, Efesiërs 5:8 & 6:11-17, Filippense 2:15, 2 Timotheus 2:3-4). Sien nota onder.
- JY ONTVANG DIE EWIGE LEWE (Johannes 3:36, 5:24 & 17:3, Efesiers 2:8-9, Openbaring 2:7,11,17 & 3:5 & 12).
Nota: Die WOORD onderskei nie in GESLAG nie – man en vrou is BRUID, man en vrou is SEUNS van GOD, man en vrou is PRIESTERS van GOD, man en vrou is SEUNS (SOLDATE/ VEGTERS WARRIORS) van die LIG. Paulus verduidelik dit so in Galasiërs 3:28c-29, ”…daar is nie meer man en vrou nie; want julle is ALMAL EEN in MESSIAS YESHUA. En as julle aan die MESSIAS BEHOORT, dan is julle die NAGESLAG van ABRAHAM en volgens die BELOFTE ERFGENAME.”
DIE KOSTE BEREKENING VAN DIE BREE WEG, DIE PAD VAN DUISTERNIS EN DOOD:
DIE PRYS:
- VERBROKKELDE VERHOUDINGS met God, self en ander (haat vir God, jouself en ander).
- JY is ‘n VYAND van GOD – HY WIL NIE jou vyand wees nie want HY is jou SKEPER en EIENAAR en HY het jou LIEF met ‘n ONEINDIGE LIEFDE, maar HY IS DIE HEERSER VAN DIE HEELAL en jy bly op SY AARDE onder SY HEMEL, so as jy nie volgens SY REELS WIL LEEF NIE, aanvaar HY jy KIES die DUISTERNIS en maak jy jouself dus SY VYAND en gaan HY jou VERSLAAN, dis net ‘n kwessie van tyd!
Maak dit jou kwaad? Voel jy dit is onregverdig? Net ‘n vraag, stel jou voor jy is die PA van ‘n GESIN. Die WOORD beskou die PA van ‘n gesin as die KONING (m.a.w die heerser oor en beskermer van jou gesin), die PROFEET (jy bring die WOORD vir jou gesin/ leer hulle Abba se wee) en PRIESTER (jy bid vir jou gesin/ tree in vir hulle voor Abba Vader). So wat gaan jy doen met WEERBASTIGE KINDERS wat opstaan teen jou gesag as KONING en jou VERWERP as PROFEET en PRIESTER en jou huishouding in totale anargie en wanorde probeer dompel? Gaan jy toelaat dat hulle jou HUISHOUDING oorneem en oor jou heers terwyl jy weet hulle onkunde en rebellie gaan jou totale huishouding en hulleself verwoes? As jou antwoord NEE is. Is die vraag: Waarom verwag jy dan dat GOD SY AARDE en mense moet oorlaat aan die wat die DUISTERNIS KIES en afstuur op TOTALE VERWOESTING?
- Nog deel van die PRYS van DUISTERNIS is dat jy NIE vir GOD kan SIEN nie, dus is jy BLIND, net soos wat ELKE mens is wat probeer om in ‘n stuk donker nag rond te stap sonder ‘n flits of ander bron van lig!
- Jy het GEEN TYD vir God en ander mense nie.
- JY HET GEEN BEGRIP van jou GAWES (GIFTS) of jou ROEPING (DOEL) nie en DWAAL DOELOOS ROND tydens jou leeftyd (Romeine 1:18-32 en Efesiërs 4:18).
- JY word ‘n TEMPEL, ‘n INSTRUMENT/ WERKTUIG van die prins van DUISTERNIS wat tans nog die wêreld stelsel en dus die wat die DUISTERNIS KIES in sy mag het (die Satan en sy bose magte wat reeds deur Yehsua verslaan is op die KRUIS en finaal verslaan sal word na die DUISENDJARIGE VREDESRYK en in die Poel van Vuur en Swael gegooi sal word soos ons lees in Openbaring 20:10), waardeer hulle bose WERK op aarde deur jou LIGGAAM, SIEL en GEES verrig word met jou VERSTAND, HART, MOND, HANDE en VOETE (Romeine 6:13).
- JY worstel met VOORTDURENDE VRESE oor die toekoms asook ander emosies soos angs, skuldgevoelens, skaamte, haat en selfhaat en jy het MIN of GEEN VREDE in jou lewe nie (Jesaja 48:22, 57:21, Lukas 19:42 en Romeine 3:17).
- JOU LEWE VOEL DIE MEESTE VAN DIE TYD asof dit UITMEKAAR VAL (Psalm 34:22).
WAT JY ONTVANG:
- Tydelike leë aardse plesier gevolg deur angs, skuldgevoelens en skaamte.
- ‘n Lewe volgens JOU WIL.
- GEBROKENHEID in jouself en jou verhoudings.
- ‘n LEWE op aarde in DUISTERNIS en BLINDHEID, vol problem.
- DIE EWIGE DOOD ook bekend as die TWEEDE DOOD (Openbaring 20:13-15 & 21:8).
HY GEE AAN ONS ELKEEN HIERDIE KEUSE EN DUS MOET ONS MOOI DAAROOR BESIN.
MOET ook seblief NIE MOED VERLOOR NIE – DALK SIT JY TANS IN DIEP DUISTERNIS en dalk is dit HOEKOM jy hierdie boodskap HOOR of LEES – ABBA VADER ROEP NA JOU!
En onthou, HY is ‘n GOD wat NOOIT ‘n LAMPPIT wat PROBEER BRAND, al brand dit dalk nou net FLOUERIG sal uitblus nie (lees Jesaja 42:3). En ENIGE EEN WAT WIL, KAN vanuit die DUSITERNIS opstaan met SY HULP, LIEFDE, LIG en KRAG!
David laat ons iets hiervan verstaan in Psalm 43, getiteld: HOOP OP GOD waarin hy sê: “DOEN aan my REG, o God, en verdedig my REGSAAK teen ‘n onbarmhartige volk; RED my van die man van bedrog en onreg! Want U is die GOD van my toevlug (skuilplek, hulp); waarom verstoot U my dan? Waarom moet ek rondgaan in rougewaad (in groot droefheid en smart) deur die VYAND van VERDRUKKING? STUUR U LIG en U WAARHEID (ons weet dit is Yehsua ons Messias, die LIG en die WAARHEID en die Heilige Gees, die LIG en GEES van WAARHEID), laat dié my LEI; laat dié my bring na U heilige berg (Jerusalem) en U woning, en dat ek kan INGAAN na die altaar van GOD (waarskynlik die wierook altaar wat ‘n simbool van GEBED en AANBIDDING is), na die GOD van my jubbelende blydskap en U kan LOOF met die siter (harp), o GOD, my GOD! Wat buig jy jou neer o my SIEL (hart, verstand en vrye wil waarom is jy neerslagtig) en wat (waarom) is jy onrustig in my? HOOP OP GOD, want ek sal HOM nog LOOF – die VERLOSSING van my aangesig (die verlosser van my as persoon) en my GOD!”
SO, WAT IS JOU KEUSE? GAAN JY SAAM OP HIERDIE REIS NA DIE ENIGSTE WARE GOD WIE SE LIEFDE VIR JOU ONEINDIG IS?
