Skip to content

MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (DIE DOOD) NA SY WONDERLIKE LIG (DIE LEWE), Oefening 1: BEREKEN die KOSTE van die SMAL WEG versus die BREË WEG

15 April 2026

PRAKTIESE OEFENING 1

BEREKEN DIE KOSTE VAN JOU KEUSE

Maak ‘n regmerk langs elkeen van die opsies wat jy KIES en BEPAAL JOU KEUSE!

KEUSE 1:

DIE KOSTE BEREKENING VAN DIE SMAL WEG, DIE PAD VAN LIG EN LEWE:

DIE PRYS WAT DIT JOU GAAN KOS IS:

  • JOU LEWE – die opgee van JOU WIL vir SY WIL, die KRUISIGING van jou VLEES/ DIE OU SONDIGE SELF – die oppervlakkige plesier van die wêreld. (Mattheus 10:38, Lukas 9:23, Romeine 6:6 & 8:6-13, Galasiërs 5:16, 19-21 & 24, Kolossense 3:5 en 1 Petrus 2:11).
  • ALGEHELE TOEWYDING – LIEFDE VIR GOD BO ALLES deur GEHOORSAAMHEID aan HOM en LIEFDE vir jou NAASTE SOOS JOUSELF deur geen skade te doen aan jou naaste of jouself nie (Eksodus 20, Deuternomium 5, Mattheus 22:34-40, Johannes 14:15, 1 Johannes 5:3 en Romeine 13:8-14).
  • JY word ‘n TEMPEL, ‘n INSTRUMENT/ WERKTUIG, ‘n ERDEKRUIK van ABBA VADER, vir SY WERK op aarde deur jou LIGGAAM, SIEL en GEES verrig word met jou VERSTAND, HART, MOND, HANDE en VOETE (Romeine 6:13, 12:1, 1 Korinthiërs 3:16 & 6:19, 2 Korinthiërs 4:5-7, Kolossense 3:1-4).
  • VERVOLGING – Yeshua het gesê as jy MY VOLG SAL jy VERVOLG word (Johannes 15:20 & 2 Timotheus 3:12).

WAT JY ONTVANG:

  • JY word KIND van Abba Vader/ ‘n kind van die LIG, BRUID van Yeshua & VRIEND van God (Jesaja 41:8 & 54:5, Johannes 3:29 & 15:13-15, 2 Korinthiërs 11:2-3, 1 Thessalonicense 5:5, Jakobus 2:23).
  • Jy kry VREDE wat nie afhanklik is van jou omstandighede nie, dus het jy VREDE in elke lewensstorm want jy is GEPLANT en GEWORTEL op die ROTS YEHSUA die MESSIAS en daarom kan GEEN STORM jou onderkry en moet die storm LUISTER na SY STEM en STIL WORD as HY PRAAT (Jesaja 26:3, Johannes 14:27 en Filippense 4:7).
  • HEELHEID – SY PERFEKTE LIEFDE GENEES AL ONS WONDE (Jesaja 53:5, Jeremia 17:14, Psalm 147:3, 1 Petrus 2:24, 1 Johannes 4:18).
  • JY ONTVANG JOU GAWES (GIFTS) en JOU ROEPING – jy begin VERSTAAN WIE jy is en waarom jy GESKEP IS – jou doel op aarde. (Romeine 12:3-8, 1 Korinthiërs12:1-11, Efesiërs 4:11-13, Jakobus 1:17, 1 Petrus 4:10).
  • Jy LEEF in die KRAG van die HEILIGE GEES en versprei die GOEIE NUUS sonder vrees (Sagaria 4:6, Handelinge 1:8, Rommeine 8:11 & 15:13).
  • Jy word ‘n PRIESTER onder die HOË PRIESTER, YESHUA die MESSIAS in die ORDE van MELGISEDEK (Eksodus 19:6, 1 Petrus 2:5-9, Hebreërs 5:6-10 en Openbaring 1:6 & 5:10). Sien nota onder.
  • JY WORD ‘n SEUN VAN DIE LIG/ OOK GENOEM ‘n SOLDAAT van die LIG wat OPGELEI word deur GOD SELF vir die stryd TEEN die DUISTERNIS (Deuternomium 31:6, Joshua 1:9, Psalm 144:1, Johannes 12:36, Romeine 8:142 Korinthiërs 10:4-6, Efesiërs 5:8 & 6:11-17, Filippense 2:15, 2 Timotheus 2:3-4). Sien nota onder.
  • JY ONTVANG DIE EWIGE LEWE (Johannes 3:36, 5:24 & 17:3, Efesiers 2:8-9, Openbaring 2:7,11,17 & 3:5 & 12).

NOTA: Die WOORD onderskei nie in GESLAG nie – man en vrou is BRUID, man en vrou is SEUNS van GOD, man en vrou is PRIESTERS van GOD, man en vrou is SEUNS/ SOLDATE van die LIG. Paulus verduidelik dit so in Galasiërs 3:28c-29, ”…daar is nie meer man en vrou nie; want julle is ALMAL EEN in MESSIAS YESHUA. En as julle aan die MESSIAS BEHOORT, dan is julle die NAGESLAG van ABRAHAM en volgens die BELOFTE ERFGENAME.”

KEUSE 2:

DIE KOSTE BEREKENING VAN DIE BREË WEG, DIE PAD VAN DUISTERNIS EN DOOD:

DIE PRYS WAT DIT JOU KOS IS:

  • VERBROKKELDE VERHOUDINGS met God, self en ander (haat vir God, jouself en ander).
  • JY is ‘n VYAND van GOD – HY WIL NIE jou vyand wees nie want HY is jou SKEPER en EIENAAR en HY het jou LIEF met ‘n ONEINDIGE LIEFDE, maar HY IS DIE HEERSER VAN DIE HEELAL en jy bly op SY AARDE onder SY HEMEL, so as jy nie volgens SY REELS WIL LEEF NIE, aanvaar HY jy KIES die DUISTERNIS en maak jy jouself dus SY VYAND en gaan HY jou VERSLAAN, dis net ‘n kwessie van tyd!
  • Nog deel van die PRYS van DUISTERNIS is dat jy NIE vir GOD kan SIEN nie, dus is jy BLIND, net soos wat ELKE mens, wat probeer om in ‘n donker nag rond te stap sonder ‘n flits of ander bron van lig, NIE KAN SIEN NIE.
  • Jy het GEEN TYD vir God en ander mense nie.
  • JY HET GEEN BEGRIP van jou GAWES (GIFTS) of jou ROEPING (DOEL) nie en DWAAL DOELOOS ROND tydens jou leeftyd (Romeine 1:18-32 en Efesiërs 4:18).
  • JY word ‘n TEMPEL, ‘n INSTRUMENT/ WERKTUIG van die prins van DUISTERNIS wat tans nog die wêreld stelsel en dus die wat die DUISTERNIS KIES in sy mag het (die Satan en sy bose magte wat reeds deur Yehsua verslaan is op die KRUIS en finaal verslaan sal word na die DUISENDJARIGE VREDESRYK en in die Poel van Vuur en Swael gegooi sal word soos ons lees in Openbaring 20:10), waardeer hulle bose WERK op aarde deur jou LIGGAAM, SIEL en GEES verrig word met jou VERSTAND, HART, MOND, HANDE en VOETE (Romeine 6:13).
  • JY worstel met VOORTDURENDE VRESE oor die toekoms asook ander emosies soos angs, skuldgevoelens, skaamte, haat en selfhaat en jy het MIN of GEEN VREDE in jou lewe nie (Jesaja 48:22, 57:21, Lukas 19:42 en Romeine 3:17).
  • JOU LEWE VOEL DIE MEESTE VAN DIE TYD asof dit UITMEKAAR VAL (Psalm 34:22).

WAT JY ONTVANG:

  • Tydelike leë aardse plesier gevolg deur angs, skuldgevoelens en skaamte.
  • ‘n Lewe volgens JOU WIL.
  • GEBROKENHEID in jouself en jou verhoudings.
  • ‘n LEWE op aarde in DUISTERNIS en BLINDHEID, vol probleme.
  • DIE EWIGE DOOD ook bekend as die TWEEDE DOOD (Openbaring 20:13-15 & 21:8).

MY BESLUIT IS:

Ο  KEUSE 1: GOD SE LIG en LEWE ABBA VADER ROEP JOU OM HIERDIE KEUSE TE MAAK WANT HY HET JOU GESKEP MET GAWES en ‘n SPESIFIEKE DOEL vir JOU LEWE en dus BEHOORT JY AAN HOM en HY HET JOU ONEINDIG LIEF! AL WAT HY WIL WEET IS: WIL JY?

OF

Ο  KEUSE 2: DIE DUISTERNIS en DOOD.

He-Brews-Coffee-Roastery-Logo

Stay In Touch