13 Mei 2026 Ons is gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (die…
DIE WAARHEID oor die KRUISIGING en die SIMBOOL van die KRUIS, Deel 17: Die 6de tot 12de konings van Juda (die Suidryk)
2 Julie 2025
Ons gesels verder oor die TWYFEL wat onder gelowiges ontstaan het gedurende die laaste aantal jare oor die metode van KRUISIGING van YESHUA ons MESSIAS asook die SIMBOOL van die KRUIS.
Ons gesels nog oor die konings van die SUIDRYK (Judah en Benjamin vandag bekend as die Jode) vanaf 924 voor Yeshua die Messias. Ons het nou reeds gesels oor die eerste vyf konings, Rehábeam, die seun van koning Salomo, sy seun Abia, Abia se seun Asa, Asa se seun Josafat, en Josafat se seun Joram wat getroud was met die bose koning Agab en sy vrou Isebel se dogter Atalia wat betrokke was by Baälaanbidding en vandag gesels ons verder oor:
6.Ahasia, die jongste seun van Joram en Atalia, was 22 jaar oud toe hy koning geword het vir 1 jaar. Die rede vir die kroning van die jongste seun was dat al die ouer seuns deur die ARABIERE gedood is wat YHVH teen Joram verwek (opgeroep) het (lees 2 Kronieke 21:16-17 en 22:1). Ahasia het gedoen soos die HUIS van AGAB want sy ma Atalia was sy raadgeefster om goddeloos te handel (die NLV sê: sy het hom aangemoedig om verkeerde dinge te doen). Die Huis van Agab oortuig hom om saam met JORAM, die seun van Agab, die koning van ISRAEL (die NOORDRYK) oorlog te maak teen Hasael, die koning van Aram, by RAMOT in Gilead en die Arameërs wond vir Joram en hy gaan terug na Jisreël (‘n stad wat in die Jisreëlvalkte geleë was 90km noord van Jerusalem) om genees te word. En Ahasia het hom in Jisreël gaan besoek en hy het saam met Joram uitgetrek teen Jehu wat YHVH gesalf het om die HUIS van AGAB (in sekere gedeeltes ook die HUIS van OMRI genoem, dit is AGAB se pa) uit te roei. En God het dit so beskik dat Ahasia saam gegaan het. Ahasia vlug na Samaria, toe JEHU vir JORAM, die seun van Agab doodmaak, maar Jehu het hom gevang en gedood en hom begrawe by sy vaders in die stad van David en daar was NIEMAND wat hom kon opvolg nie. (2 Konings 8:24 tot 9:29 en 2 Kronieke 22:1-9).
7.Atalia, die vrou van JORAM en ma van AHASIA, word koninging vir 6 jaar (sy was die enigste vrou in die geskiedenis van die konings van die NOORD en SUIDRYK van ISRAEL). Toe haar seun Ahasia dood is het sy probeer om die HELE DAWID koningklike NAGESLAG UIT TE WIS. Maar JOSABAT, ‘n dogter van koning Joram van Juda en die suster van Ahasia en vrou van die PRIESTER JOJADA, het vir JOAS, Ahasia en Sibja uit Berséba se seuntjie weggesteek in die HUIS van YHVH (die Tempel) sodat Atalia hom nie kon doodmaak nie. Hier het hy ses jaar lank gebly terwyl Atalia regeer het. In die sewende jaar skep die priester Jojada moed en gaan hy ‘n ooreenkoms aan met vyf leërowerstes (hoofde van die leër). Hierdie manne het deur die hele Juda gegaan en die Leviete en familiehoofde (die leiers) in die dorpe bymekaargemaak en aan hulle opdrag gegee om na JERUSALEM te gaan. Hulle het na die TMEPEL gegaan en ’n VERBOND met Joas die jong koning gesluit. Die priester Jojada het aan hulle gesê dat die tyd aangebreek het dat die koning se seun moet regeer want YHVH het belowe dat ‘n afstammeling van David hulle koning sou wees. Hulle het vir Joas gekroon en DIE (hoofletter) GETUIENIS (die NLV sê: ‘n AFSKRIF van GOD se GEBOOIE) aan hom gegee en hom tot koning verklaar en hom gesalf. Toe Atalia dit hoor het sy afgehardloop na die TEMPEL en toe sy sien Joas is gekroon as koning het sy haar klere geskeur en geskreeu: Verraad! Verraad! Die soldate het haar toe op bevel van die priester Jojada gevat en buite die Perdepoort by die paleis doodgemaak. Daarna het die priester Jojada ‘n verbond gemaak tussen hom, koning Joas en die volk dat hulle ‘n VOLK sal wees wat YHVH SAL DIEN. Al die mense het na die Baältempel van Atalia gegaan en dit afgebreek. Hulle het die altare vernietig en die afgodsbeelde verpletter. Hulle het ook vir Mattan, die priester van Baäl voor die altaar doodgemaak. Die priester Jojada het die toesig oor die HUIS van YHVH (die Tempel) weer aan die Levietiese priesters toevertrou, volgens die VOORSKRIFTE van David. Hulle moes BRANDOFFERS vir YHVH bring volgens die VOORSKRIFTE van Moses met gejuig en sang soos David bepaal het. Koning Joas is na die troon in die paleis geneem. Al die burgers van die land het gejuig en dit was RUSTIG in die stad omdat Atlaia dood was. (2 Konings 11:1-20 en 2 Kronieke 22:10 tot 23:21).
8. Joas, die seun van AHASIA, was 7 jaar oud toe hy koning geword het en hy het vir 40 jaar in JERUSALEM regeer. Solank die PRIESTER JOJADA geleef het, het JOAS DAVID se voorbeeld gevolg en gedoen wat reg was in die oë van YHVH. Joas het hom voorgeneem om die HUIS van YHVH (die Tempel) te herstel. Hy het opdrag gegee dat belasting ingesamel moes word soos wat Moses van die GEMEENTE van ISRAEL ingesamel het om die TENT van die GETUIENIS (die Tabernakel in die Woestyn) te bou. Lees Eksodus 30:12-15 waarin YHVH opdrag gegee het dat elkeen vir sy LEWE LOSGELD (vrykoopgeld, ‘n losprys, ‘n AFKOOPSOM) aan YHVH moes gee, ‘n halfsikel (ses gram silwer) as ‘n offergawe vir die heiligdom (die Tabernakel) gee. Almal, ongeag of hulle ryk of arm was moes hierdie LOSGELD betaal en ons lees in vers 16 NLV: “Gebruik hierdie geld vir die diens by die TABERNAKEL. Dit sal die ISRAELIETE daaraan herinner dat YHVH hulle LOSGEKOOP het”, die 1933 vertaling sê: dat hulle in gedagte kan hou om vir hulle SIELE VERSOENING te doen in die teenwoordigheid na YHVH. Hierdie “loskoop” verwys na die bevryding uit Egipte en was ‘n vooruitskouing na Yehsua ons Messias wat sou kom en die VOLLE LOSRYS betaal om mense te bevry uit die mag van die sonde en die dood. Die Bybel in Praktyk verduidelik: YHVH verwag dat ons ALMAL NEDERIG tot Hom sal kom om VERGIFNIS te ontvang en DEEL van SY FAMILIE te word. Lees ook Numeri 31:50.
Dit was nodig om die Tempel te herstel want die goddelose Atalia se volgelinge het in die Huis van God ingebreek en die gewyde voorwerpe van YHVH vir Baäldiens gebruik. Joas het bevel gegee dat ‘n KIS gemaak moes word en by die ingang van die HUIS van YHVH (die Tempel) gesit moes word en Juda en Jerusalem opgeroep om bydraes te bring. Die leiers en die hele volk was bly en het hulle bydraes gebring totdat die KIS vol was en dit dan leeg gemaak tot dit weer vol was en hulle het ‘n groot bedrag geld ingesamel op die wyse. Dit het hulle instaat gestel om die HUIS van GOD (die Tempel) te herstel volgens sy oorspronklike bouplan. En die oorblywende geld is gebruik om die GEREEDSKAP vir die Tempel te maak. En solank as wat die Priester Jojada geleef het is die brandoffers voortdurend in die Tempel van YHVH gebring. En Jojada het geleef tot ouderdom 130 jaar oud. En hy is begrawe in die stad van David by die konings want Hy het goeie dinge in Israel gedoen vir God en Sy Tempel. Maar na Jojada se dood het die leiers van Juda na koning Joas gekom en hom orreed om die Tempel van YHVH, die God van hulle voorvaders te verlaat. En die koning het na hulle geluister. En hulle het die heilige boomstamme (die Asjerapale) en afgode gedien. Toe kom die woede van YHVH oor Juda en Jerusalem weens hierdie sonde. En YHVH het profete na hulle gestuur om hulle na Hom terug te bring, en hulle te WAARSKU maar hulle wou nie luister nie. Toe het die (hoofletter) GEES (die Heilige Gees) van God, Sagaria die seun van priester Jojada gevul en hy het voor die volk gaan staan en gesê: “So spreek God: Waarom oortree julle die GEBOOIE van YHVH en wil julle nie voorspoedig wees nie? Omdat julle YHVH verlaat het, het Hy julle verlaat.” Toe het hulle (die leiers) teen hom saamgesweer en hom op bevel van koning Joas gestenig (doodgegooi met klippe) in die voorhof van die Huis van YHVH (die Tempel). Koning Joas het dus nie gedink aan die guns wat Sagaria se pa die priester Jojada aan hom bewys het nie en sy seun vermoor. Maar toe Sagaria sterf het hy gesê: “Mag YHVH dit sien en rekenskap vorder (verantwoording eis)! (Lees 2 Kronieke 24:20-22). En met die wisseling van die jaar het ‘n leër van ARAM teen Joas opgetrek. Hulle het Juda en Jerusalem binnegeval en al die leiers van die volk doodgemaak en al die buit na hulle koning in Damaskus gestuur. Alhoewel die leër van Aram klein was het YHVH hulle gehelp om die groeter leër van Juda te verslaan, omdat die volk YHVH die God van hulle voorouers verlaat het. Daarom is die OOREEL oor koning Joas voltrek. Die leër van Aram het terug getrek en koning Joas ernstig gewond agtergelaat. Sy eie offisiere het toe teen hom saamgesweer en hom in sy bed vermoor omdat hy die seun van priester Jojada vemoor het. En hy is begrawe in die stad van Daid maar nie saam met die konings nie. (2 Konings 11:1 tot 12:21 en 2 Kronieke 22:10 tot 24:27).
9.Amasia, die seun van Joas, was 25 jaar oud toe hy koning geword het en hy het 29 jaar in JERUSALEM regeer. En hy het gedoen wat reg was in die oë van YHVH maar nie met ‘n volkome hart nie. En toe sy koningskap gevestig is het hy die offisiere wat sy pa Joas vermoor het gedood.
Hy het die manskappe van Juda en Benjamin (die Suidryk) bymekaargeroep en volgens familiegoepe ingedeel onder bevelhebbers van duisend en oor honderd. Manna van 20 jaar en ouer is opgeroep. En daar was 300,000 uitgesoektes wat op komando (vir oorlogdiens) moes uittrek wat spies en skild kon hanteer. Ook het hy uit ISRAEL (uit die Noordryk, die Tien Stamme onder Efraim) 100,000 dapper helde (ervare soldate) vir 100 talente silwer (die NLV sê: vir 3,5 ton silwer) gehuur. Maar ‘n man van God het na koning Amasia gekom en gesê hy moet nie die komando (die groep gewapende burgers) van ISRAEL saam met hulle laat gaan nie want YHVH is nie met ISRAEL met al die kinders van EFRAIM nie. Koning Amasia het toe geluister en hulle terug gestuur na hulle woonplekke maar hulle was baie kwaad vir Juda. Amasia is met sy leër na die Soutvalei waar hulle 10,000 EDOMIETE (Esau se nageslag) van Seïr doodgemaak het. Hulle het ook 10,000 van hulle gevang en van ‘n krans afgegooi sodat hulle hulle te pletter geval het. Maar die manskappe van ISRAEL wat Amasia huistoe gestuur het, het ‘n plundertog in die stede van JUDA onderneem vanaf Samaria tot by Bet-Horon en 3000 mense doodgemaak en baie buit geroof.
En nadat Amasia tuisgekom het van die veldsslag met die EDOMIETE het hy die afgode van Seïr (waar die Edomiete gewoon het) saam met hom gebring en hulle vir hom as (kleinletter) gode opgestel en hom voor hulle neergebuig en vir hulle offerrook laat opgaan (hulle aanbid). Toe ontvlam die woede van YHVH teen Amasia en Hy stuur ‘n profeet na hom wat vir hom sê: “Waarom soek u die (kleinletter) gode van die volk (die Edomiete) wat hulle eie volk nie uit u hand gered het nie?” En terwyl die profeet met hom praat se Amasia vir hom “Het ons jou as raadgewer van die koning aangestel? Hou op, waarom sal hulle jou doodmaak?. Toe hou die profeet op en sê: Ek merk dat God besluit het om u te vernietig, omdat u dit gedoen het en nie na my raad geluister het nie.”
Nadat koning Amasia met sy raadgewers beraadslaag het, het hy koning Joas van ISRAEL (die Noordryk) uitgedaag. Maar koning Joas van Israel het hom gemaan om versigtig te wees om nie trots te wees omdat hy die EDOMIETE verslaan het nie en hom aangeraai om tuis te bly en te verhoed dat JUDA (die Suidryk) saam met hom val. Maar koning Amasia het nie geluister nie en God het dit so beskik om hulle uit te lewer omdat hulle die afgode van die EDOMIETE gesoek het. Toe trek koning Joas van ISRAEL (die Noordryk) teen koning Amasia op en hulle het JUDA (die Suidryk) VERSLAAN. En koning Joas van ISRAEL het vir koning Amasia van JUDA gevang en hom na Jerusalem gebring en vierhonderd el (dit is ongever 180 meter) – van die EFRIAMSPOORT tot by die HOEKPOORT van die muur van Jerusalem afgebreek en hy het al die goud en silwer en al die GEREEDSKAP van die Tempel van God geneem asook die skatte in die koninklike paleis gevat en gyselaars geneem en na SAMARIA (die hoofstad van die Noordryk) terug gevat. Amasia het nog 15 jaar gelewe na die dood van koning Joas en na Lagis (een van die stede van Juda) gevlug want daar is ‘n samewering teen hom gesmee in Jerusalem vanaf die tyd wat hy afvallig geword het van YHVH en hulle het hom na Lagis gevolg en hom daar gedood. En hulle het hom op perde vervoer en by sy vaders begrawe in die Dawid stad (2 Konings 14:1-20 en 2 Kronieke 25:1-28).
10.Ussia, die die seun van Amasia, was 16 jaar oud toe hy koning geword het en hy het 52 jaar in Jerusalem regeer. En hy het gedoen wat reg was in die oë van YHVH. En hy het God gedurig gesoek in die dae van Sagaria, wat onderrig gegee het in die vrees van God. En in die dae dat hy YHVH gesoek het, het God hom VOORSPOEDIG gemaak. En God het hom gehelp teen die FILISTYNE en teen die ARABIERE en teen die Meüniete (hule het saam met die Arabiere gewoon suidoos van die grens van Juda). En ook die AMMONIETE (Lot se nageslag by sy jongste dogter) het aan hom belasting betaal en hy was bekend tot in EGIPTE want hy was buitengewoon magtig. Hy het ‘n groot leër gehad wat oorlog kon voer. Maar ongelukkig sien ons toe nou weer hier hoe waar Spreuke 16:18 is: “HOOGMOED (verwaandheid, trotsheid) lei tot ONDERGANG, HOOGHARTIGHEID kom tot ‘n VAL”, want toe Ussia so magtig geword het, het sy HART hoogmoedig geword en het hy baie verkeerd gedoen en ontrou opgetree teen YHVH sy God se bevele deur self wierook in die Tempel te gaan brand. Die priester Asarja het hom gaan aanspreek en aan hom verduidelik dat net priesters uit die nageslag van Äaron geheilig was om dit te doen. Maar Ussia het WOEDEND geword. Dis nogal interessant dat HOOGMOED dikwels WOEDE tot gevolg het wanneer dit aangespreek word. En terwyl hy so woedend was het die MELAATSHEID (‘n besmetlike velsiekte wat weefsels en bene wegvreet) op sy voorkop uitgelaan voor die oë van die priesters. En koning Ussia was melaats tot die dag van sy dood en hy het in afsondering gewoon en sy seun Jotam het or die volk regeer. En hy het gesterf en is begrawe by sy vaders. (Lees 2 Konings 14:21-22 en 15:1-7 en 2 Kronieke 26:1-23).
11.Jotam, die seun van Ussia, was 25 jaar oud toe hy koning geword het en hy het 16 jaar in JERUSALEM regeer. Hy het gedoen wat reg was in die oë van YHVH. Net soos sy pa Ussia gedoen het. Net die hoogtes is nie afgeskaf nie waar die volk vir die afgode offers gebring het en hulle aanbid het (die volk het dus met hulle afgodsdiens voortgegaan). Hy het die Boonste Poort van die Huis van YHVH gebou. En hy het oorlog gevoer teen die kinders van Ammon (Lot se nageslag by sy jongste dogter) en hulle oorwin. En Jotam het magtig geword omdat hy in GEHOORSAAMHEID aan YHVH sy God gelewe het. En hy het gesterf en is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid. (Lees 2 Konings 15:32-38 en 2 Kronieke 27:1-9).
12.Agas, die seun van Jotam, was 20 jaar oud toe hy koning geword het en het 16 jaar in JERUSALEM regeer. Hy het nie gedoen wat reg was in die oë van YHVH soos sy voorvader Dawid gedoen het nie. Hy het die voorbeeld van die konings van ISRAEL (die Tien Stamme onder Efriam, die Noordryk) gevolg en selfs beelde vir die Baäls gemaak. Hy het ook offerook in die Ben-Hinnonvalei laat opgaan en sy seuns met vuur verbrand (ook genoem die valei van slagting waar kinders vir die afgod Molek geoffer is), volgens die gruwels van die nasies wat YHVH voor die kinders van ISRAEL (al twaalf stamme, toe hulle uit die woestyn gekom het) uitgedryf het. Hy het ook geoffer en rook laat opgaan op die hoogtes en op die heuwels en onder elke groen boom (dit is afgodsaanbidding). Daarom het YHVH hom oorgegee in die hand van die koning van Aram, en hulle het hom verslaan en ‘n groot menigte gevangenisse weggevoer na Damaskus. En hy is ook oorgegee in die hand van die koning van ISRAEL (die Noordryk) en die het hom verslaan met ‘n groot slag/ ‘n neerlaag. Koning Peka van ISRAEL (die Noordryk) het in een dag ‘n 120,000 van JUDA (die Suidryk) se soldate doodgemaak omdat hulle YHVH die God van hulle voorouers verlaat het. En die leërs van ISRAEL (die Noordryk) het 200,000 vroue, seuns en dogters van hulle bloedverwante uit JUDA (die Suidryk) gevang en ook baie buit na SAMARIA (die hoofstad van die Noordryk) saamgeneem. En daar was ‘n PROFEET van YHVH met die naam ODED wat in SAMARIA was toe die leër van ISRAEL teruggekom het, en hy het hulle tegemoet gegaan en gesê: “YHVH, die God van julle voorouers, was kwaad vir JUDA en het toegelaat dat julle hulle verslaan. Maar julle het te ver gegaan deur hulle SONDER GENADE dood te maak en dit skrei (dit roep erg) ten hemele. En nou beplan julle om van hierdie mense uit JUDA en JERUSALEM slawe en slavinne te maak. Wat van julle EIE SONDES TEEN YHVH julle God? Luister na my en stuur hierdie gevangenes terug, want hulle is julle BLOEDVERWANTE. Pas op, want die ORDEEL van YHVH het nou TEEN JULLE GEDRAAI!” (2 Kronieke 28:9-11 NLV). Toe het sommige van die leiers, vier manne vanuit die Stam van EFRAIM saamgestem en hulle het die manskappe wat van die oorlog af gekom het gekonfronteer en gesê: “Julle kan nie die gevangenes hiernatoe bring nie!. Ons kan NIE BEKOSTIG om NOG SKULD BY ONS SONDES TE VOEG NIE. ONS SKULD IS REEDS GROOT, en die TOORN (die WOEDE) van YHVH het ALREEDS teen ISRAEL GEDRAAI!” (vers 13).
Dit herinner ‘n mens baie aan Romeine hoofstuk 2:1-16 waarin Paulus praat van God se REGVERDIGE OORDEEL en ons waarsku om nie ander mense te oordeel vir die dinge wat ons dikwels self doen nie en eerder moet besef dat God in die RYKDOM van SY GOEDERTIERENHEID (genadigheid, barmhartigheid) en VERDRAAGSAAMHEID (toegeeflikheid) en LANKMOEDIGHEID (geduldigheid) ons tot BEKERING wil lei. En wanneer ons, ons HARTE VERHARD en ons WEIER om tot INKEER te kom (weier om selfondersoek van eie denke en gedrag te doen en tot bekering te kom/ ‘n verandeing van denke, emosies en gedrag te ondergaan in lyn met YHVH se Woord en wil), is ons besig om ‘n VERSKRIKLIKE OORDEEL op die OORDEELSDAG op te bou – DAARDIE DAG wanneer God as REGTER, almal sal OORDEEL volgens wat hulle GEDOEN het (dit verwys na die GROOT WIT TROON OORDEEL waarvan ons lees in Openbaring 20:11-15).
Ons lees dan verder in 2 Kronieke 28 vanaf vers 14, die soldate het toe die gevangenes vrygelaat en ook die buit teruggegee. Die vier leiers vanuit die stam van Efriam het toe uit die buit klere gegee aan die gevangenes wat NAAK was. Hulle het klere en skoene, kos en water vir hulle gegee en hulle WONDE met OLIE behandel. Almal wat swak was het hulle op donkies gelaai en die gevangenes na hulle eie land na JERIGO die Palmstad tot by hule eie mense gebring (Jerigo is een van die oudste stede in die Midde-Ooste en is geleë aan die westekant van die Jordaan, nie ver van Jerusalem af nie, dit word die Palmstad genoem want dit is ‘n groen oase in die dorre streek wes van die Jordaan valei). Ongeveer hierdie tyd het koning Agas van JUDA die koning van ASSIRIË om hulp gevra teen sy vyande. Die leërs van EDOM het JERUSALEM weer binnegeval en gevangenes geneem. Die FILISTYNE het strooptogte uitgevoer op dorpe in die LEAVELD van JUDA en in die NEGEVWOESTYN. YHVH was besig om JUDA e verneder oor koning Agas want hy het JUDA AANGEMOEDIG om te SONDIG en was HEELTEMAL ONTROU aan YHVH. Toe koning Tiglat-Pileser van Assirië daar aankom het hy koning Agas ONDERDRUK in plaas daarvan om hom te help. Agas vat toe waardevolle voorwerpe uit die TEMPEL van YHVH, die koninklike paleis en uit die huise van sy amptenare en gee dit vir die koning van Assirië (Assirië se gebied is vandag geleë in noord Irak, Sirië en suidoos Turkye). Maar selfs dit het hom niks gehelp nie. Maar toe dit so sleg met hom gaan het hy nog meer ONTROU geword aan YHVH. Hy het offers gebring aan die gode van Damaskus wat hom verslaan het, want het hy gesê: hierdie (kleinletter) gode het die koning van Aram gehelp en sal my ook help as ek vir hulle offerhandes bring. Maar hulle was die ONDERGANG van koning Agas en ook die van die HELE ISRAEL. Koning Agas het voorwerpe uit die TEMPEL van God weggeneem en dit STUKKEND GELSAAN. Hy het die deure van die TEMPEL gesluit en hy het heidense altare op ELKE straathoek in JERUSALEM opgerig. Verder het hy in AL DIE DORPE van JUDA heidense heiligdomme opgerig waar offers aan die afgode gebring kom word. Dit het die WOEDE van YHVH die God van Sy voorouers uitgetart (Hom uitgedaag).
Dit is verstommend dat ‘n koning so blind kan wees, en dat sy harde hart so vol trots was wat in dwase rebellie volhard het en gedink het hy kan teen die LEWENDE GOD, die SKEPPER van HEMEL en AARDE en EIENAAR van alle mense opstaan, al het hy keer op keer neerlaag ervaar en so homself en die volk VERNIETIG. Dis baie TRAGIES! Hy het gesterf en hy is in JERUSALEM begrawe maar nie by die ander konings van Juda nie. En nog meer versommend is dat hierdie slegte koning Agas ‘n seun soos koning HISKIA gehad het! Dit is geen wonder Abba vader sê in Esegiël 18 dat kinders nie verantwoordelik gehou vir die sondes van hulle voorvaders nie BEHALWE as hulle KIES om hulle vaders se sondes voor te sit! (2 Konings 16:1-20 en 2 Kronieke 28:1-27).
As dit Abba se wil is gesels ons ‘n volgende keer verder oor KONING HISKIA waarin ons baie dinge leer, soos hoe ‘n mens jou pad terug vind na Abba Vader wanneer ons die pad byster geraak het asook meer inligting oor die waarheid oor die KRUIS van YEHSUA ons MESSIAS asook die SIMBOOL van die KRUIS.
