13 Mei 2026 Ons is gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (die…
DIE WAARHEID oor die KRUISIGING en die SIMBOOL van die KRUIS, Deel 18: Die 13de koning van Juda (die Suidryk), Hiskia & SELFONDERSOEK VRAELYS om TEMPEL te REINIG
23 Julie 2025
Ons gesels verder oor die TWYFEL wat onder gelowiges ontstaan het gedurende die laaste aantal jare oor die metode van KRUISIGING van YESHUA ons MESSIAS asook die SIMBOOL van die KRUIS.
Ons gesels nog oor die konings van die SUIDRYK (Judah en Benjamin vandag bekend as die Jode) vanaf die jaar 924 tot 597 voor die geboorte van Yeshua die Messias. En ons gesels vandag oor wat ons leer vanuit die lewe en regering van koning Hiskia.
Hiskia, ook genoem Jehiskia, die seun van Agas by sy vrou Abia, was die 13de koning van die SUIDRYK. Hy was 25 jaar oud toe hy koning geword het en het 29 jaar lank in JERUSALEM regeer. En hy het gedoen wat reg was in die oë van YHVH net soos sy vader David gedoen het. In die eerste jaar van sy regering in die eerste maand het hy die deure van die HUIS van YHVH (die Tempel) oopgemaak en dit herstel en die priesters en Leviete laat inkom en gesê: “Luister na my Leviete! Heilig julle nou (sonder julle af, wy julle toe aan God), en heilig die huis van YHVH, die God van julle vaders, en bring die onreinheid (vuilheid, vuilgoed) uit die heiligdom (die Tempel van YHVH) uit; want ons vaders het ontrou gehandel (opgetree) en GEDOEN wat VERKEERD was in die oë van YHVH onse God, en hulle het HOM VERLAAT en hulle aangesig (hulle gesig, hulle oë, fokus) van die TABERNAKEL van YHVH (die Heilige Tent wat die Ark met die VERBOND daarin – die TIEN GEBOOIE van God, die opsomming van Sy TORAH, Genesis tot Deuternomium) afgewend (in ‘n ander rigting gedraai, weggedraai) en dit die rug toegekeer (hulle wou niks daarmee te doen hê nie).” (2 Kronieke 29:5-6).
Hiskia verduidelik dan verder hulle (die voorgeslagte) het die deure van die voorportaal (die ingang tot die Voorhof van die Tempel) toegesluit en die lampe (die SEWE OLIE LAMPE van die LAMPSTAANDER/ die MENORAH in Hebreeus) doodgeblaas (basies ‘n teken dat hulle die Heilige Gees van God uitgeblus het soos Paulus later verduidleik in 1 Thessalonisense 5:19, Efesiers 4:30 en Hebreers 10:29) en geen REUKWERK aan die brand gesteek (m.a.w geen GEBEDE meer vir YHVH laat opgaan in Sy Tempel nie) en geen BRANDOFFER in die heiligdom aan die GOD van ISRAEL gebring nie (hulle het dus nie meer God se teenwoordigheid en guns/Sy genade en goedheid gesoek om uitdrukking te gee aan hulle verbintenis met God as ‘n aanduiding van hulle liefde vir Hom nie). Daarom het die woede van YHVH oor JUDA en JERUSALEM gekom en Hy het hulle ‘n skrikbeeld (‘n vreesaanjaende voorstelling), ‘n voorwerp van verbasing en van bespotting (belaglik, lagwekkend) gemaak soos hulle met hulle eie oë gesien het. En om hierdie rede is hulle vaders met die swaard doodgemaak en hulle seuns, dogters en vroue is in gevangeniskap geneem.
En dan sê Hiskia in 2 Kronieke 29:10 “Nou is dit in my hart om ‘n verbond (‘n ooreenkoms) te sluit met YHVH, die God van ISRAEL, dat sy toorngloed van ons afgewend word (die NLV sê: “…sodat die felheid/hewigheid van SY woede van ons afgekeer kan word”).” En Hiskia vermaan dan die Leviete (waarsku hulle ernstig) om nie nalatig te wees (nie n ate laat om te doen wat hulle moet) nie want YHVH het hulle verkies (bo ander gekies, voorkeur gegee) om voor Sy aangesig te staan (in Sy teenwoordigheid in te mag tree) om Hom te dien en offerrook te laat opgaan (dit beteken om gebede namens die volk te bid). Die Leviete het hulle toe klaargemaak (gereed gemaak) en hulle broers versamel en hulle geheilig (afgesonder vir en toegewy aan God) en ingekom om volgens die bevel van koning Hiskia, ooreenkomstig (in orreenstemming met) die woorde van YHVH die HUIS van YHVH te REINIG (skoon te maak, te suiwer/ vry te maak van dit wat nie daarin hoort nie). En die PRIESTERS het binne-in die HUIS van YHVH ingegaan (dus in die Heilige en Allerheiligste gedeeltes) om dit te REINIG en al die ONREINHEID wat hulle gevind het het hulle uitgebring in die VOORHOF van die Tempel en die Leviete het dit uitgevat na die KIDRON SPRUIT (dit was ‘n kloof tussen Jerusalem en die Olyfberg noordoos van die stad en dit volg ‘n kronkelende roete na die Dooie See. Gedurende die somer het die spruit geen water nie. Mense moes die Kidron Spruit, ook benkend as die Kidron Valei kruis op pad na Betanië en Jerigo. Die suidelike gedeelte van die Kidron valei is gebruik om mense te begrawe end it was ook ‘n strotingsterein vir vullis wat daar verbrand is).
En ons lees verder in 2 Kronieke 29:17-36 hulle het die heiliging proses begin op die EERSTE van die EERSTE MAAND (dit is dus op 1 Abib – Aviv in Hebreeus, Maart/ April op ons kalender en later hernoem deur Bybelskrywers na Nisan. 1 Abib was die begin van die jaar in opdrag van YHVH, lees Eksodus 12:2 en ons weet die 14de Abib moes Sy EERSTE FEES naamlik die PASGA gehou word – lees Levitikus 23:1-5, en ons lees verder in 2 Kronieke 29:17:) en op die 8ste DAG van die maand (m.a.w op 8 Abib) het hulle na die VOORPORTAAL gekom en in 8 DAE die HUIS van YHVH (die TEMPEL) GEHEILIG en op die 16de DAG van die EERSTE MAAND was hulle GEREED. En hulle het terugvoer aan koning Hiskia gegee dat alles, insluitend die BRANDOFFERALTAAR en al sy gereedskap en die TAFEL vir TOONBRODE en al sy gereedskap GEREINIG is.
Daarop gaan koning Hiskia vroeg (die volgende oggend) en laat die owerstes (die leiers) van die stad bymekaarkom en hy het opgegaan na die HUIS van YHVH. En hulle (die Leviete en Priesters) het in opdrag van koning Hiskia ‘n SONDEOFFER (dit was ‘n bloedoffer wat gebring moes word – onthou die prys van die sonde is die dood volgens Levitikus 17:11, Romeine 6:23 en Hebreërs 9:22 en hierdie prys moes betaal word om vergifnis te verkry vir sondes wat nie doelbewus gedoen is nie soos sondes van onverskilligheid, nalatigheid of onreinheid sodat hulle weer aanvaarbaar kon wees vir God die Vader en hulle verhouding met Hom herstel kon word) vir die KONINGSKAP en vir die HEILGDOM, die Tempel en vir JUDA gebring op die ALTAAR van YHVH. Die BLOED van die diere is teen die ALTAAR uitgegooi (ons weet hierdie bloed sou later in die finale en laaste versoenings offer die bloed van Yeshua ons Messias wees – lees Hebreërs 9:24-29). Daarna is die SONDOFFERBOKKE (die onskuldige bokke wat in die plek van die mense die sondeskuld van die mense moes dra voor Yeshua ons Messias se kruisiging) nader gebring en koning Hiskia en die vergadering (ook genoem die gemeente) het hulle hande daarop gelê. En die priesters het hulle geslag en die BLOED daarvan as SONDEOFFER (om vergifnis vir hulle sondes te kry en hulle verhouding met God die Vader herstel kon word) teen die ALTAAR uitgegooi om VERSOENING te DOEN vir die HELE ISRAEL (AL TWAALF STAMME, dus vir die SUIDRYK onder JUDA en die NOORDRYK onder EFRIAM). En koning Hiskia het die Leviete opgestel (hulle plekke laat inneem) met simbale, harpe en siters (snaar instrumente) volgens die opdrag van David, Gad die siener en die profeet Natan soos YHVH hulle beveel het. En die Leviete het gaan staan met die musiekinstrumente van David en die PRIETERS met die TROMPETTE. En koning Hiskia het bevel gegee om die BRANDOFFER op die ALTAAR te offer en tegerlykertyd die GESANG tot EER van YHVH en die TROMPETTE onder begeleiding van die musiekinstrumente van David, die KONING van ISRAEL. En die HELE VERGADERING (ook genoem die gemeente) het hulle NEERGEBUIG, en die LOFSANG het weerklink en die TROMPETTE GEBLAAS totdat die BRANDOFFER verby was (klaar gebring is). En koning Hiskia en ALMAL wat aanwesig was, het GEKNIEL en hulle NEERGEBUIG. Daarna gee koning Hiskia en die leiers aan die Leviete opdrag om YHVH te prys met ‘n PSALM van DAVID en van ASAF (‘n Leviet en musikant bekend gedurende David en Salomo se regerings wat ook van die Psalms geskryf het) en hulle het met BLYDSKAP die LOFSANG gesing en GEBUIG en YHVH AANBID.
En daarna het Hiskia bevestig dat hulle GEWY is aan (afgesonder is vir) YHVH en aan die vergadering (die gemeente) gesê hulle kan nou hulle SLAGOFFERS (dit sluit in brandoffers om God se guns te soek en sondeoffers om vergifnis te verky en skuldoffers om skuld te bely) en LOFOFFERS (dit sluit in graanoffers wat gebring is om te erken dat kos deur God voorsien word en om dankbaarheid en gehoorsaamheid aan Hom te toon op ‘n tasbare wyse en maaltydoffers om met vreugde en dankbaarheid saam met God te verkeer en ‘n feestleike maaltyd saam te geniet tot sy eer) bring en ELKEEN wat GEWILLIG VAN HART WAS (net soos wat ons nie mense kan dwing om ons lief te hê nie, dwing God ons ook nie om Hom lief te hê nie, Hy soek dus ware liefde en dus gehoorsaamheid vanuit ‘n gewillige hart), BRANDOFFERS (om God se teenwoordigheid en guns te soek en so uitdrukking te gee aan hulle verbintenis met God as ‘n aanduiding van hulle liefde vir Hom). En ons lees dan daar was so baie BRANDOFFERS gebring dat die PRIESTERS te min was om alles te slag, maar hulle broers, die LEVIETE het hulle gehelp totdat die werk klaar was en die PRIESTERS hulleself geheilig (afgesonder en toegewy) het want die LEVIETE was OPREGTER van HART (ander vertalings së: pligsgetrouer, meer nougeset/ noukeuriger) om hulleself te heilig as die PRIESTERS. Ons lees dit in 2 Korintheirs 29:34 en die rede daarvoor word nie verduidelik nie. Dit was die preisters se rol om die offers te bring terwyl die Leviete as assistente en opsigters opgetree het. Dit wil hier voorkom asof die priesters meer afvallig geword het tydens die vorige konings se heerskappy. Dit herinner ons daaraan dat ware toewyding aan God nie noodwendig bepaal word deur ‘n persoon se formele rol of posisie nie, maar deur die reinheid van iemand se hart en sy of haar gewilligheid om God in gehoorsaamheid te dien en te aanbid.
Ons lees verder in 2 Kronieke 29:35-36 daar was ‘n MENIGTE BRANDOFFERS (baie mense het dus God se teenwoordigheid en guns/ genade en goedheid gesoek om uitdrukking te gee aan hulle verbintenis met Hom as ‘n aanduiding van hulle liefde vir Hom) met die VETSTUKKE van die DANKOFFERS en met die DRANKOFFERS (dit sluit in graanoffers wat gebring is om te erken dat kos deur God voorsien word en om dankbaarheid en gehoorsaamheid aan Hom te toon op ‘n tasbare wyse en maaltydoffers om met vreugde en dankbaarheid saam met God te verkeer en ‘n feestelike maaltyd saam te geniet tot sy eer). So is dan die DIENS in die HUIS van YHVH (die Tempel) gereël (weer gevestig). En Hiskia en die HELE VOLK (Juda en Benjamin, die Suidryk) was BLY oor wat God vir die volk berei (bewerkstellig, gedoen) het; want dit het gou gegaan (dit is gou afgehandel, dit het voorspoedig afgeloop).
Daarna lees ons in 2 Kronieke 30 het koning Hiskia briewe gestuur na die HELE ISRAEL (die Noordryk onder Efraim) en JUDA (die Suidryk) en ook na EFRAIM en MANASSE (die twee seuns van JOSEF en hulle nageslagte wat deel gevorm het van die Noordryk) om te kom na die HUIS van YHVH (die Tempel) in JERUSALEM om die PASGA FEES tot eer van YHVH, die GOD van ISRAEL te hou. En die koning en die leiers en die hele vergadering (of gemeente) in JERUSALEM het besluit om die PASGA in die TWEEDE MAAND te hou (dit is volgens die voorskrif in Numeri 9:10, 11 & 15) want hulle kon nie die PASGA op sy tyd soos bepaal deur YHVH op 14 Abib (Aviv in Hebreeus, Maart/ April op ons kalender) hou nie omdat die priesters hulle nie voldoende geheilig (afgesonder vir en toegewy het aan YHVH nie) en die VOLK (nie) in JERUSALEM saamgekom het nie. En hulle het die HELE ISRAEL (die Noordryk onder Efraim wat gewoon het) van (af) Berseba tot Dan opgeroep om die PASGA in JERUSALEM te kom hou want hulle het dit nie meer gehou soos voorgeskryf was (deur YHVH in Levitikus 23) nie. En die hardlopers (geïdentifiseerde individue, die boodskappers) het met die briewe uitgegaan deur die HELE ISRAEL (die Noordryk) en JUDA (die Suidryk) om volgens die bevel van koning Hiskia soos ons lees in 2 Kronieke 30:6-10: “Kinders van ISRAEL (dit is al TWAALF STAMME), BEKEER julle (keer terug) tot YHVH, die God van Abraham, Isak en Israel (ook genoem Jakob), dat Hy hom mag wend (draai) tot die VRYGERAAKTES wat vir julle oorgebly het uit die hand van die konings van Assirië (mense wat bevry is van hulle vyande en vanuit ballingskap teruggekeer het). En wees nie soos julle vaders en julle broers wat ONTROU (oneerlik, vals) teen YHVH, die God van hulle vaders, gehandel het nie, sodat Hy hulle ‘n voorwerp van verbasing (verstomming die NLV sê van afgryse, afstootlik) gemaak het soos julle self sien. VERHARD nou nie julle nek (dit beteken moenie hardkoppig/ rebels wees) soos julle vaders nie, gee aan YHVH die hand (m.a.w maak vrede met God) en kom na SY HEILIGDOM (die Tempel) wat Hy vir EWIG geheilig het, en DIEN YHVH julle God, dat Sy toorngloed (Sy woede) van julle afgewend (weggeneem) kan word. Want as julle jul to YHVH BEKEER (terug draai na Hom en ‘n hartsverandering ondergaan), sal julle broers en julle kinders BARMHARTIGHEID vind voor die wat hulle as GEVANGENES weggevoer het, sodat hulle na hierdie land kan terugkom; want YHVH julle God is GENADIG en BARMHARTIG, en Hy sal die aangesig (Sy teenwoordigheid) van julle nie afwend (wegneem) nie as julle jul tot Hom BEKEER.” Maar ons lees toe die hardlopers van stad tot stad die LAND EFRAIM en MANASSE (die Noordryk) deurgaan tot by SEBULON het hulle hul UITGELAG en met hulle GESPOT. Maar daar was wel manne uit ASER en MANASSE en SEBULON wat hulle verootmoedig en na JERUSALEM gekom het (Let wel: vanuit die TIEN STAMME was daar manne uit drie stamme, maar niemand van Efraim nie!) Ons lees verder vanaf 2 Kronieke 30:12 die HAND van GOD was in JUDA sodat Hy hulle ‘n EENSGESINDE HART gegee het om Sy WOORD volgens die opdrag van koning Hiskia en die leiers uit te voer. En ons lees in vers 13: “En BAIE MENSE het in JERUSALEM byeengekom om die FEES VAN ONGESUURDE BRODE (die TWEEDE en langste DEEL van die DRIE DELE van die PASGA FEES, en daarom soms die FEES van ONGESUURDE BRODE genoem wanneer na die PASGA FEES verwys word in die Ou- en Nuwe Testament, lees Levitikus 23:5-8) in die TWEEDE MAAND te hou, ‘n BAIE GROOT VERGADERING (gemeente/ skare mense).” (2 Kronieke 30:6-13).
So beteken dit wat koning Hiskia gedoen het vir ons vandag? Dit is ‘n PRENTJIE, ‘n verduidleiking van die PROSES hoe ons terugkom na YHVH ons God wanneer ons AFGEDWAAL het van SY WEG en in die duisternis van die wêreld verdwaal het en betrokke geraak het in afgodsaanbidding!
Dit beeld dus die volgende proses uit:
1.Dit begin by ‘n BEWUSWORDING van die toestand van afvalligheid (ontrouheid aan God) en sonde waarin die TEMPEL van God bevuil is met afgode en ‘n BESLUIT om dit te REINIG.
Ons elkeen is as te ware die heerser van ons eie lewens omdat Abba Vader aan ons elkeen ‘n VRYE WIL gegee het om te BESLUIT hoe ons ons lewens wil leef. Ons kan dus KIES om te leef soos die wêreld, wat baie van die konings in Juda (die Suidryk) en al die konings van ISRAEL (die tien stamme onder Efraim) besluit het om te doen. Of ons kan soos koning Hiskia bewus word van die toestand van afvalligheid (ontrouheid) teenoor ons Skepper, Verlosser en Koning en ‘n BESLUIT neem om onsself as Sy TEMPELS (ons eie liggaam, siel en gees) waarin Sy Heilige Gees wil woon, te REINIG (lees Johannes 2:19-21 1 Korinthiërs 3:16 en 6:19-20 en 2 Korinthiërs 6:16). Want voordat ons as Sy TEMPELS nie gereining is nie, kan Sy Heilige Gees ons nie vul nie, want YHVH ons God, is ‘n HEILIGE GOD.
Die EERSTE STAP is dus om ons eie AFVALLIGHEID, ons ONTROUHEID aan GOD te BESEF en ‘n KEUSE te maak dat ons weer GETROU aan HOM WIL WEES, ons SOEK dus weer Sy GUNS, SY GOEDHEID en GENADE omdat HY ons EERSTE LIEFGEHAD het en ons HOM ook LIEFHET en GEHOORSAAM aan HOM WIL WEES.
Ons KIES dus VRYWILLIG om ons LIGGAAM, SIEL (verstand/gedagtes, hart/emosies en vrye wil) en GEES, YHVH se TEMPEL/ SY HUIS te REINIG, skoon te maak, te suiwer/ vry te word van dit wat nie daar hoort nie, bevry te word vanuit ‘n toestand van sonde en skuld.
2.REINGING van die TEMPEL van YHVH
Yeshua ons Messias verduidelik die REINIGINGS PROSES van ‘n mens aan Nicodemus in Johannes 3 en Hy noem dit WEDERGEBOORTE deur WATER en GEES voordat ons in staat sal wees om die KONINGKRYK van GOD te “sien” en binne te gaan.
Die mens se SIEL (verstand/gedagte, hart/emosies en vrye wil) is die DRYFVEER van WIE die mens TOELAAT (m.a.w God se HEILIGE GEES, of die koningkryk van duistenris se demone) om in SY of HAAR mensgees (tabernakel, tempel, huis) te laat woon en aanleding gee tot WAT DIE MENS met SY of HAAR LIGGAAM DOEN. Dit maak dan mos heeltemal sin oor hoekom die mense wat YHVH dien ‘n TEMPEL vir Hom sou oprig en hoekom die mense wat die BOSE dien, tempels sou oprig vir aanbidding van die Satan en sy gevalle engele en hulle bose geeste (wat ons ook demone) noem. Lees Yeshua ons Messias se verduideliking hiervan in Mattheus 12:43-45.
Dit is dus hier nodig vir SELFONDERSOEK maar eers moet ons besef hierdie ONDERSOEK moet op DRIE VLAKKE gedoen word want net soos die AARDSE TABERNAKEL en later die TEMPEL wat in OPDRAG van YHVH gebou moes word, het Hy ons as SY TEMPELS ook in DRIE DELE GESKEP – die LIGGAAM (as die VOORHOF), die SIEL (as die HEILIGE GEDEELTE) en die GEES (as die ALLERHEILIGSTE GEDEELTE waarin SY GEES in staat is om te woon en ons mens gees met Hom in interaksie kan tree). Die voorwaarde vir hierdie INTERAKSIE is ‘n BLOEDGEWASTE TEMPEL want net BLOED kan die duur prys van sonde (waaraan ons ALMAL skuldig is) betaal. Hierdie BLOED OFFER weet ons is reeds TEN VOLLE en FINAAL vir ELKEEN van ons gebring end us BETAAL, wat dit WIL opeis deur GELOOF in YESHUA as ons ENIGSTE VERLOSSER en AANVAARDING van die VOL PRYS wat Hy reeds vir ons SONDES namens ons betaal het.
So kom ons gesels oor die ONDERSOEK van ons TEMPELS sodat ons kan weet waar die VUILHEID is wat VERWYDER moet word en spreekwoordelik in die “Kidron Spruit/ Valei” gegooi moet gaan word sodat dit tot stof en as VERBRAND kan word en dus VERNIETIG sal wees.
Dis eerstens nodig om te BEPAAL waar die VUILHEID is. EN ons weet nou reeds die VUILHEID word GEDRYF vanuit ons BEHEER SENTRUM – die SIEL, dit wat toegang het tot ons VERSTAND (gedagtes) en HART (emosies) deur die VYF toegansweë van die liggaam, die vyf SINTUIE – oë, ore, neus, mond en vel en ons kan beïnvloed om met ons VRYE WIL sekere besluite te neem. En hierdie belsuite sal in ons GEDRAG en WOORDE SIGBAAR word want ons LIGGAME voer uit wat in ons BEHEERSENTRUM is. Ons ken hierdie konsep wat vergelykbaar is met die sagteware program van ‘n rekenaar waarvolgens dit hardloop. Dus moet ek en jy kan bepaal op watter PROGRAM hardloop ons lewens – op die werêld se program? Of op ons SKEPPER se program? So HOE sal ons dit kan bepaal?
Die WOORD van Abba Vader praat van VRUGTE. Die mens word dikwels in die WOORD met BOME vergelyk. Dit maak dit makliker vir ons om te verstaan want afhangend van die SOORT BOOM, dra dit SEKERE VRUGTE wat vir almal SIGBAAR is, ‘n appel boom dra appels, ‘n okkerneut boom dra okkerneute, ‘n olyfboom dra olywe en so meer. Op dieselfde wyse word mense aan die VRUGTE wat hulle dra uitgeken en daarom is dit ‘n maklike wyse om onsself te ondersoek. Die WOORD gee boonop vir ons ‘n lys van hierdie VRUGTE – GOEIE VRUGTE van die HEILIGE GEES sowel as die SLEGTE VRUGTE van die VLEES (die ou sondige natuur). Ons het al baie kere daaroor gesels. Veral vanuit die maklike opsomming wat Paulus aan ons gee in Galsiërs 5:19-23, maar dit word dwarsdeur die Woord aangedui waarin ons duidelik kan sien watter VRUGTE Abba Vader van ons verwag. Hy spel dit uit in opsomming in die TIEN GEBOOIE, met breedvoerige detail in die Torah (Genesis tot Deuternomium). Verskeie verduidelikings vanuit die verhale van mense se lewens in die Ou Testament en gelykenisse en verduidelikings van Yeshua ons Messias self in die Evangelies asook verduidelikings en illustrasies deur Paulus en die ander dissiples in die res van die Nuwe Testament tot in die heel laaste hoofstuk van Openbaring!
Ek heg vir julle ‘n basiese lys onder aan hierdie artikel as jy dit moontlik wil gebruik om aan die gang te kom met jou EIE TEMPEL REINIGINGSPROSES en jy kan dit uitbrei soos wat jy self deur die Woord studie doen saam met die Heilige Gees. Jou pesifieke gawe wat ons jou persoonlikheid kan noem, die GAWES waarmee Abba Vader ons elkeen skep het ook spesifieke geneigdhede tot sterk en swak punte wat jou kan help met jou ondersoek. Ons kyk dus in terme van die LIGGAAM na dit wat ons DOEN en SÊ. Dit sal ons help om te weet wat ons DINK en VOEL. En om te weet aan watter boose geeste ons toegang gee binne ons lewens, byvoorbeeld as TWIS (rusie, onenigheid, tweedrag) een van die VRUGTE in my lewe is en ek dikwels vind dat ek in ‘n GESTRY en BAKLEI oor onderwerpe gewikkel is, is daar waarskynlik oop deure in my lewe wat die “gees van verdeeltheid en strydlustigheid” die reg gee om my en my verhoudings te teister. As ek dit weet kan ek ‘n BESLUIT neem om dit aktief uit my lewe te weer deur dit eerstens voor Abba Vader te ERKEN en te BELY en SY hulp te vra om meer bewus te word daarvan in situasies en n doelbewuste BESLUIT te neem om nie meer met die “twis vishoeke” van die vyand gevang te word nie, maar te KIES om situasies met 1 Korinthiërs 13 LIEFDE te hanteer deur meer verdraagsaam te wees in situasie, meer te lusiter na ander se opinies en eie opinies met meer liefde uit te spreek en soms te besef dit is nie nodig om dit uit te spreek nie, of eers te gaan BID voordat ons praat of net te BID en die saak verder aan Abba Vader oor te laat en dies meer. En dan WEERSTAND te BIED teen die neiging om te TWIS. Dit neem tyd, maar hoe meer ons dit in gehoorsaamheid aan Abba se Woord doen, hoe makliker word dit om dit te OORWIN soos Hy dit van ons verwag en hoe makliker en meer aangenaam word ons eie lewens, gesondheid en verhoudings. ‘n Mens kan dan ook vra in Yeshua se Naam dat die “gees van twis/ verdeeltheid en strydlustigheid” jou sal verlaat en gaan na die voete van Yeshua ons Messias wat dit dan verder sal hanteer. Hierdie proses van HEILIGMAKING is ‘n LEWENSLANGE proses met die hulp van die HEILIGE GEES en dit is waarom Abba Vader van ons vereis om ELKE JAAR SY FEESTE te hou want dit gee aan ons jaarliks die ROETE en AANWYSINGS om seker te maak ons TEMPELS is SILWER SKOON sodat Sy Gees gemaklik in ons kan woon, ons Sy VRUGTE kan dra en ons met SY VREDE, VOORSPOED en TEREDENHEID kan lewe al is ons omstandighede nie perfek nie.
3.HERTOEWYDING van die TEMPEL
Dit is dus nodig, net soos Hiskia gedoen het, om DAAGLIKS, WEEKLIKS en JAARLIKS ons TEMPELS toe te wy aan Abba Vader. Onthou die verskil – ons aanvaar EENKEER vir YESHUA ons MESIAS en SY VOLMAAKTE BLOEDOFFER vir ons SONDES (dan is ons die VRYGEMAAKTES soos Hiskia na die Israliete verwys het wat van hulle vyande bevry is en uit balingskap losgekom het, net soos ons uit die greep van Satan en sy bose magte losgekom het omdat ons Messias die prys vir sonde met Sy kosbare bloed betaal het), en daarom loop ons daarna DAAGLIKS die PAD van HEILGMAKING tot aan die einde van ons lewens want ons leef steeds in ‘n onvolmaakte wêreld waarin ons steeds gekonfronteer word met die Satan en sy bose magte wat ons weer met die kettings van SONDE wil vasbind en ons elledig en hopeloos wil maak, vol vrees, skuldgevoelens en skaamte en daarom het ons ‘n DAAGLIKSE GEVEG teen die sonde en moet ons dit DAAGLIKS OORWIN. Dit werk dus net soos met ‘n SOLDAAT, na sy opleiding en herhaalde konfrontasie met die vyand word hy al meer bedrewe en word dit makliker om oorwinnig te behaal maar die aanvalle hou nie op nie. Abba gee aan ons die PROSES vir DAAGLIKSE, WEEKLIKSE en JAARLIKSE oorwinnig deur SY DAAGLIKSE riglyne (hernuwe jou gedagtes daagliks volgens Sy Woord – eet m.a.w daagliks aan SY TAFEL en drink daagliks Sy LEWENDE WATER om kennis op te doen en versterk te word sodat ons kan onderskei tussen SY WIL, my WIL en die wêreld se versoekings, WEEKLIKSE fees (hou Sy Sabbat, spandeer een dag per week in Sy teenwoordigheid, rus by Sy voete en leer van Hom) en JAARLIKSE feeste (vier dit met vreugde en verkry sekerheid oor jou posisie in Hom, identifiseer gapings en groei jaarliks).
Hiskia leer ons ook weer van die OFFERS wat ons vir YHVH ons God bring:
- Die BRANDOFFERS wat beteken ons soek DAAGLIKS God se teenwoordigheid en guns/goedheid en genade om uitdrukking te gee aan ons verbintenis met Hom as ‘n aanduiding van ons liefde vir Hom.
- Die SONDEOFFER wat beteken ons ONTHOU daagliks dat ons VRY is van die SLAWERNY aan die sonde omdat ons LOSGEKOOP en dus VRYGEMAAK is van sonde deur Yeshua ons Verlosser te aanvaar as die volmaakte offer vir ons sondes en die HERSTEL van ons verhouding met Abba Vader. Ons is dus NIE meer slawe van die sonde nie en daarom kan ons KIES om nie meer daarin verstengel te raak nie.
- SKULD OFFERS wat beteken dat ons daagliks die onreg wat ons per ongeluk vir God en ander mense aandoen erken en bely as verkeerde gedrag waaroor ons spyt is en weg te draai daarvan asook weerstand te bied teen hierdie soort gedrag in die toekoms.
- LOF of DANKSEGGINGSOFFERS sluit in GRAAN OFFERS en MAALTYD OFFERS wat beteken ons erken dat ons kos en ander noodsaaklikhede deur God ons Vader voorsien word en ons toon dankbaarheid en gehoorsaamheid aan Hom op ‘n tasbare wyse deur LOF aan Hom te bring en ons spandeer met vreugde en dankbaarheid tyd saam Hom.
En dan die VIERDE STAP soos deur koning Hiskia geïlustreer:
4.BEKERING, OM TERUG TE DRAAI na die WEË van God deur die VOORBEREIDING en VIERING van die PASGA/ PAASFEES van YHVH.
Ons sien Hiskia het die VOLK terug geroep tot bekering met die voorbereiding en vier van die PASGA, Abba Vader se EERSTE SEISOEN FEESTE wat bestaan uit DRIE FEESTE naamlik die PASGA (slag van die offerlam wat die KRUISIGING van Yeshua ons Messias vir ons sondes verteenwoordig), ONGESUURDE BRODE en EERSTE VRUGTE/ FEES van EERSTELINGE (wat ‘n voorstelling is van ‘n lewe wat geleef word weg van sonde en in gehoorsaamheid aan Abba Vader – dit is net moontlik as ons STERF saam met ons MESSIAS en opstaan as NUWE MENSE – ons sien in Romeine 6:3-5 die DOOP dien hier as teken dat ons saam met Yeshua ons Messias gesterf het en begrawe is en tot nuwe lewe opgewek word en daarna leer ons DAAGLIKS meer van Hom vanuit Sy WOORD sodat ons weet hoe ons moet leef om SY VREDE wat alle verstand te bowe gaan kan beleef. Dit is dus die BEGIN van ‘n LEWE saam met HOM, hierna betree ons die volgende FEES naamlik die PINKSTERFEES waarin ons gevul word met SY HEILIGE GEES en ons, ons DOEL waarvoor Hy ons gemaak het met die krag en outoriteit van Yeshua ons Messias en die vuur van die HEILIGE GEES kan uitvoer. En die laaste DRIE FEESTE, die FEES van TROMPETTE, VERSOENING en TABERNAKELS leer ons wat om te verwag met Yeshua ons Messias se WEDERKOMS en HOE om daarvoor voor te berei.
Ons sien dus DUIDELIK die BELANGRIKHEID van die KRUISIGING van YESHUA ons MESSIAS maar wat het dit met die SIMBOOL van die KRUIS te doen?
Ons weet ons LIGGAAM, SIEL en GEES is die TEMEPEL van YHVH ons GOD. Hierdie LIGGAAMLIKE TEMPELS is PRESIES deur ons SKEPPER ontwerp en gevorm soos die TABERNAKEL wat Hy vir Moses op die BERG gewys het en later gebou is as die TEMPEL deur Salomo en herbou is deur Herodes en uiteindelik VERVOLMAAK is in YESHUA ons MESSIAS en AFGEBREEK en OPBOU is as die VERHEERLIKTE LEWENDE TEMPEL in DRIE DAE (Johannes 2:19-22). Die MENS se LIGGAAM, SIEL en GEES is dus net soos die TABERNAKEL en LATER die TEMPEL gemaak en kunstig voorberei deur ABBA VADER in die VORM van SY VERBONDSTEKEN – die TAV, die KRUIS waarop YESHUA ons Messias gesterf het en so SATAN en sy BOSE MAGTE vir eens en vir altyd VERSLAAN het en ELKEEN wat KIES om in HOM te GLO en HIERDIE GRATIS GESKENK te AANVAAR en HOM in GEHOORSAAMHEID te VOLG, vir ALTYD en vir EWIG te VERLOS van die DUISTERNIS, wat behels die SLAWERNY aan die SONDE en die DOOD. Glo jy dit? Indien nie, gaan staan voor ‘n vollengte spieël met jou voete langs mekaar en strek jou arms sywaarts uit. Wat sien jy? DIE TABERNAKEL van YHVH in die VORM van ‘n KRUIS! Die VOORHOF is jou LIGGAAM wat in kontak is met die werêld waar jou WOORDE en DADE (die VRUG van jou SIEL en GEES) duidelik waarneembaar is vir ander. Dan is daar jou SIEL die HEILIGE GEDEELTE van GOD se TEMPEL, wat bestaan uit jou HART (jou emosies) en VERSTAND (jou gedagtes) en dit wat daarin TOEGELAAT word deur jou vyf sintuie en GEKOESTER word, sal bepaal wat daar in jou VOORHOF aangaan in terme van jou WOORDE en GEDRAG. EN dan is daar jou GEES, die ALLERHEILIGSTE GEDEELTE – dit wat jou HART LIEFHET BO ALLES – as dit GOD die VADER is, sal SY HEILIGE GEES in jou woon en sal SY GEBOOIE op jou HART en in jou GEDAGTES geskryf staan en sal jy GEWILLIG SY HEILIG GEES volg in die VOETSPORE van YESHUA ons MESSIAS. Maar as jou HART aan die wêreld en sy afgode van watter aard, soort en vorm ookal behoort – sal die wêreld se “gebooie/ reëls” op jou hart en in jou gedagtes geskryf staan en sal jou woorde en gedrag daardeur bepaal word en sal jy die VRUGTE van die VLEES dra. DIE KEUSE is dus JOUNE en MYNE. WIE KIES EK en JY om LIEF te HÊ BO ALLES? As dit GOD die VADER is, sal die TWEEDE GEBOD wat daarmee gelykstaan outomaties volg en sal ons, ons NAASTE SO LIEF HÊ SOOS ONSSELF en sal ABBA VADER se GUNS en VOORSPOED ons vergesel waar ons ookal gaan en wat ons ookal moet deurmaak want Hy sal ons nooit verlaat en ons nooit in die steek laat nie (Genesis 28:15, Deuternomium 4:31 en 31:6-8, Eksodus 20:6, Jesaja 41:10, Psalm 94:14, Mattheus 28:20, Hebreers 13:5 en nog vele meer).
SELFONDERSOEK DOKUMENT VIR TEMPEL REINIGING
| VERWYDER DIE SUURDEUG UIT ONS LEWENS – OORWIN DIE VLEES | |||
| GALASIËRS 5:19-23: Werke van die vlees en die vrug van die Gees | |||
| VRUGTE VD VLEES (SONDIGE NATUUR) | VRUGTE VD GEES | ||
| Owerspel (egbreuk) | Getrouheid binne die huwelik | ||
| Hoerery (ongeoorloofde gemeenskap met teenoorgestelde of selfde geslag) | Geslagsgemeenskap binne huweliksverband – man en vrou | ||
| Onreinheid (vuil, onrein, onkuis, wellus – verkeer in ‘n toestand wat gemeenskap/ verhouding met Abba Vader onmoontlik maak)
· Onsedelikheid (gedagtes en dade in stryd met die goeie/ immoreel) · Onkuisheid (slegte sedes, wellustige kleredrag, vuil taal) |
Reinheid (verkeer in ‘n toestand wat gemeenskap/ verhouding met Abba Vader moontlik maak)
· Sedelikheid (gedagtes en dade in lyn met Abba Vader se Woord) · Kuisheid (optrede, kleredrag en taal in lyn met Abba se Woord) |
||
| Ongebondenheid (sonder tug/ dissipline, sonder selfbeheersing) | Aanvaar tug/ het selfbeheersing | ||
| Afgodery (aanbidding of buitensporige verering of bemining van iets of iemand buiten God) | Aanbidding van die enigste Almagtige God en liefde vir Hom bo alles | ||
| Towery (bonatuurlike geheimsinnige handelinge en gebruik van bose magte en kragte) | Gebruik die krag en gawes van die Heilige Gees in lyn met Abba se Woord | ||
| Vyandskap (gevoel van haat, vyandige verhoudings) | Liefde en vrede in verhoudings | ||
| Twis (rusie, onenigheid, meningverskille, tweedrag) | Eensgesindheid, aanvaar ander se opinies verskil van eie, jaag die vrede na, “agree to disagree” | ||
| Jaloesie (liefde gemeng met haat) | Tevrede met wat jy het en begeer nie wat ander het nie | ||
| Toornigheid (kwaad, woede) | Vrede, rustigheid | ||
| Naywer (afguns en jaloesie) | Gun ander wat hule het en is saam met hulle bly | ||
| Partyskap (verdeeltheid, tweedrag, kliekvorming) | Eenheid | ||
| Afguns (gevoel van ontevredenheid oor ander se geluk/ rykdom/ status/ voorkoms ens.) | Tevrede met wat jy het. Gun ander wat hulle het | ||
| Moord (werklik/ met die tong) | Laat lewe/ spreek lewe | ||
| Dronkenskap (onder die invloed van middels soos drank, dwelms/ deurmekaar, buite jou sinne met wêreldse genot, sonder selfbeheersing) | Nugter (wakker, in beheer van self, kalm) | ||
| Brasery (oordadige eetery en drinkery) | Matigheid in eet en drink | ||
| “…waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeêr gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koningkryk van God nie sal beërwe nie.” (Galasiërs 5:21b). | “Teen sulke dinge is die Wet (TORAH) nie maar die wat aan die Messias behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig.” (Galasiërs 5:23-24). | ||
| ROMEINE 1:18-32 Afgodery & verdorwenheid (siel – gedagtes & emosies – bederf) | |||
| VRUGTE VD VLEES (SONDIGE NATUUR) | VRUGTE VD GEES | ||
| Goddeloosheid en ongeregtigheid wat die waarheid onderdruk (sonder geloof in God/ geen verhouding met Hom/ sondig/ sonder die reg, wetteloos, valsheid) | Gehoorsaam aan Abba Vader se Torah (instruksies, verordeninge en gebooie) en praat die waarheid volgens die Woord | ||
| Onreinheid
· Onderlinge ontering van mekaar se liggame · Skandelike hartstog – mans vir mans & vrouens vir vrouens · Wellus (sinsgenot, seksuele fokus) · Slegte gesindheid om te doen wat nie betaamlik is nie |
· Eer en respekteer ander se liggame
· Vrou & man verhoudings · Seksuele reinheid en selfbeheersing · Goeie gesindheid om te doen wat reg is in Abba se oë |
||
| Verering van die skepsel bo die Skepper | Verering van die Skepper bo alles | ||
| · Ongeregtigheid (sonde doen/ teen Abba se voorskrifte) | · Geregtigheid (doen wat reg is volgens Abba se voorskrifte) | ||
| · Hoerery | · Man vrou gemeenskap slegs binne huweliksverband | ||
| · Boosheid (sleg, sondig, wreed, gevaarlik) | · Goedheid (welwillendheid, barmhartigheid, sag van hart, mensliewend) | ||
| · Hebsug (sterk behoefte om dinge te besit, gierigheid, inhaligheid/ suinigheid) | · Mededeelsaamheid | ||
| · Ondeug (sonder goeie sedes) | · Goeie sedes volgens voorskrifte in die Woord | ||
| · Vol nydigheid (bitsig, venynig, onvriendelik) | · Vriendelikheid | ||
| · Moord | · Laat lewe | ||
| · Bedrog (mislei, kul) | · Eerlikheid/ waarheid/ opregtheid | ||
| · Twis | · Eenheid | ||
| · Kwaadaardigheid (boosaardig, geneig tot vyandige gesindheid) | · Goeie gesindheid/ vredeliewend/ verdraagsaam | ||
| · Nuusdraers (versprei skinder stories) | · Bedek ander se sondes/ hanteer probleme in liefde direk met persoon/ vredemaker | ||
| · Kwaadsprekers (karakterskending van ander) | · Praat oor opbouende dinge/ gee opbouende kritiek direk aan persoon in liefde | ||
| · Haters van God | · Liefhebbers van God bo alles | ||
| · Geweldenaars (misbruik mag, kragdadigheid/ geweldadigheid) | · Vredeliewend, tree op in liefde en vrede, vergeld nie kwaad vir kwaad nie/ doen goed aan ander, selfs aan vyande | ||
| · Trotsaards (hoogmoedig, opgeblase, verwaand, verbeel is beter as ander) | · Nederigheid (beskeie, ootmoedigheid/ onderwerp/ aanvaar God se instruksies, riglyne en wil) | ||
| · Grootpraters (probeer eie belangrikheid bewys) | · Luister na ander/ blaas nie eie beuel nie | ||
| · Uitvinders van slegte dinge | · Uitvinders van goeie dinge volgens Abba se Woord | ||
| · Ongehoorsaam aan ouers | · Gehoorsaam aan ouers/ eer en respekteer ouers | ||
| · Onverstandig (swak insig en begrip) | · Verstandig (goeie insig en begrip) | ||
| · Ontrouheid (gebrek aan getrouheid/ toegewydhied/ oneerlik) | · Getrouheid (toegewydheid/ eerlikheid/ opregtheid) | ||
| · Sonder natuurlike liefde (liefdeloosheid) | · Liefde vir jou naaste soos jouself | ||
| · Onversoenlik (wil nie vrede maak nie, koppige/ harde hart/ hou wrokke) | · Vredemaker/ sagte hart | ||
| · Onbarmhartig (wreed, ongevoelig, sonder meegvoel) | · Barmhartigheid (empatie, deernis teenoor ander) | ||
| “…mense wat – al ken hulle die verordeninge van God goed, dat dié wat sulke goed doen, die dood verdien – dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.” (Romeine 1:32). | |||
| ROMEINE 2:1-16 Onboetvaardigheid & geregtigheid | |||
| VRUGTE VD VLEES (SONDIGE NATUUR) | VRUGTE VD GEES | ||
| · Verhardheid (harde hart, gewoonlik weens onvergifnis) | Sagte hart/ bereid om te vergewe | ||
| · Onbekeerlike hart (onvatbaar vir bekering, onwillig om eie foute/ sondes te erken, wil nie verander nie, wil nie sondes bely nie, wil nie sondes los nie) | Bekeerlike hart (bereid om foute/ sondes te erken en sondebelydenis te doen en te verander in lyn met Abba se voorskrifte, instruksies, verordeninge en wil) | ||
| Eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam – grimmigheid, toorn, verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen | Inskiklik en gehoorsaam aan die waarheid van die Woord | ||
| “…elkeen sal vergeld word na sy werke…” Romeine 2:6
“Want daar is geen aanneming van die persoon by God nie. Want almal wat SONDER WET (TORAH) GESONDIG het, sal ook SONDER WET (TORAH) VERLORE gaan; en almal wat ONDER DIE WET (TORAH.) GESONDIG het, sal DEUR DIE WET (TORAH) GEOORDEEL word; omdat NIE DIE HOORDERS van DIE WET (TORAH) by God REGVERDIG is nie. Maar die DADERS VAN DIE WET (TORAH) GEREGVERDIG sal word.” Romeine 2:11-13 (Sien ook: Deuternomium 10:17, Lukas 12:47-48, Jakobus 1:22-25 & Lukas 18:14) |
|||
| ROMEINE 3: Al die mense is onder die mag van die sonde | |||
| VRUGTE VD VLEES (SONDIGE NATUUR) | VRUGTE VD GEES | ||
| · Onverstandig | · Verstandig | ||
| · Soek nie na God nie | · Soek na God/ wil Hom gehoorsaam | ||
| · Afgewyk van SY pad (op die breë weg) | · Op die smal weg (Tabernakel pad) | ||
| · Ontaard (het agteruit gegaan/ terug geval in sonde) | · Volg op die smal weg in die voetspore van Yeshua ons Messias | ||
| · Doen nie goed aan self of ander nie | · Doen goed aan ander volgens Abba se voorskrifte van liefde vir jou naaste soos jouself | ||
| · Keel is ‘n oop graf, pleeg bedrog met tong, gif van adders is onder hulle lippe (leuens) | · Plaas ‘n wag voor jou mond/ versigtig met jou woorde/ praat die waarheid en praat goed oor ander/ hanteer probleme met mense direk en in liefde | ||
| · Mond is vol vervloeking & bitterheid | · Mond is vol seëninge en vergifnis | ||
| · Voete is haastig om bloed te vergiet/ doen kwaad aan ander | · Voete is haastig om goed te doen aan ander | ||
| · Verwoesting & elende is in hul paaie/ in hulle verhoudings | · Restorasie en genesing word versprei waar hulle ook al gaan | ||
| · Ervaar geen vrede nie | · Ervaar vrede ten spyte van omstandighede | ||
| · Geen vrees/ ontsag vir God nie | · Vrees God, het ontsag en eerbied vir Hom | ||
| “…Maak ons dan die wet (TORAH) tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie (beslis nie)! Inteendeel, ons BEVESTIG DIE WET (TORAH).” (Romeine 3:31). | |||
| VRUGTE VD VLEES (SONDIGE NATUUR) | VRUGTE VD GEES | ||
| Vals leerstellings (tradisies van mense, gees van godsdienstigheid, leringe van mense, vier wêreld feeste insluitend Sondag aanbidding)
|
Waarheid volgens die volle WOORD van God
Hou Abba Vader se SEWE JAARLIKSE FEESTE (PASGA/ die kruisiging van Yeshua ons Messias, ONGESUURDE BRODE/ Yeshua die Messias se drie dae in die graf, EERSTE VRUGTE of EERSTELINGE/ opstanding van Yeshua die Messias, PINKSTER FEES/ vul met die vuur van die Heilige Gees, FEES van TROMPETTE/ die wederkoms van Yeshua die Messias, VERSOENSDAG/ wegraping & opstanding van gelowiges en oordeelsdag vir God se vyande & FEES van TABERNAKELS/ die duisend jarige Vredesryk van Yeshua die Messias, die Groot Wittroon Oordeel en die Ewigheid, Nuwe hemel en nuwe aarde. Hou Abba Vader se WEEKLIKSE FEES (die Sabbat) |
||
