13 Mei 2026 Ons is gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (die…
DIE EINDTYD: Wat word van my as GELOWIGE verwag?
25 Junie 2025
Ons ondersoek die Woord oor die eindtyd gebeure en wat van ons as gelowiges verwag word in hierdie tyd.
Ons gebruik hoofsaaklik die 1933 weergawe van die Woord vir studie doeleindes en gebruik die Hebreeuse name van God die Vader, naamlik YHVH (deur sommige uitgespreek as YAHVEH), waar die Woord HERE in hoofletters in die Skrif voorkom en Yeshua die Messias vanuit die Hebreeus in plaas van Jesus Christus soos vertaal vanuit die Grieks.
Ons gesels eerstens oor DIE VYE BOOM wat BOT
In Mattheus hoofstuk 24 en Lukas 21 vertel Yeshua ons Messias vir Sy dissiples van al die dinge wat sal kom en wat die TEKENS van die VOLEINDING van die wêreld is. En Yeshua sê aan hulle in Lukas 21:26-27 “…mense se HARTE sal beswyk van vrees en verwagting van DIE DINGE wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word. En dan sal hulle die SEUN VAN DIE MENS sien kom in ‘n wolk, met GROOT KRAG en HEERLIKHEID. In Mattheus 24:29 lees ons dat SY KOMS DADELIK ná die VERDRUKKING sal plaasvind. En ons lees verder in Lukas 21: 28-31 “En as HIERDIE DINGE BEGIN GEBEUR, KYK DAN NA BO EN HEF JULLE HOOFDE OP, omdat julle VERLOSSING NABY IS. So moet julle ook weet dat die KONINGKRYK van GOD NABY IS wanneer julle hierdie dinge SIEN GEBEUR.”
In Mattheus 24:32-33 sê Yeshua: “En leer van die VYEBOOM hierdie GELYKENIS: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is. So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge SIEN, dat dit NABY is, voor die deur.”
En alhoewel Yeshua in Mattheus 24:36 aandui: “…van dié DAG en dié UUR weet NIEMAND nie, ook die engele van die hemele nie, maar net My Vader aleen. Voeg Hy in vers 37 by dat Sy koms sal wees soos in die dae van Noag voor die vloed. Ons weet ook vanuit ABBA VADER se SEWE FEESTE die SEISOEN van Yeshua die Messias se koms wat sal plaasvind gedurende die FEES van TROMPETTE, maar die spesifieke DAG (en dus die jaar) en UUR weet NIEMAND. En tydens hierdie LAASTE TROMPET sal Yeshua die Messias kom en ons lees in vers 40-41 die wat gereed is sal aangeneem (aanvaar) word en die wat nie gereed is nie sal agtergelaat (verlaat) word (twee op die land, een word aangeneem – aanvaar word – en een word verlaat – agtergelaat, twee vroue wat by die meul maal, een word aangeneem en een word verlaat). En daarom moedig Yeshua Sy dissipels aan in Mattheus 24:42-44 “WAAK dan (bly wakker, hou wag), omdat julle nie weet watter uur julle Meester kom nie. Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter nagwaak die DIEF sou kom, sou hy GEWAAK en nie toegelaat het dat in sy huis ingebreek word nie. DAAROM moet julle ook GEREED wees, want die Seun van die mens kom op ‘n UUR wat julle dit nie verwag nie. Hierdie woorde word herhaal in die OPENBARING aan JOHANNES in Openbaring 16 wat handel oor ARMAGEDON – die oorlog wat sal plaasvind met Yeshua die Messias se wederkoms bekend as DIE OORDEELSDAG (lees ook Joël hoofstuk 3) en ons lees in Openabring 16:13-15 “En ek het uit die bek van die draak (dit is die ou slang, ook gneoem die duiwel en die Satan volgens Openbaring 12:9) en uit die bek van die dier (dit is die antichris/ antimessias een wêreld orde sisteem) en uit die mond van die vals profeet drie onrein geeste soos paddas sien kom. Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te VERSAMEL vir die OORLOG van DAARDIE DAG van die ALMAGTIGE GOD. Kyk, Ek kom soos ‘n DIEF. Salig is hy wat WAAK (wakker bly, wag hou) en sy KLERE BEWAAR (op pas), sodat hy nie miskien NAAK rondloop en hulle sy SKAAMTE sien nie. Hierdie selfde woorde word gesê aan die GEMEENTE van SARDIS in Openbaring 3:1b waarin ons lees: “…EK ken jou werke (jou dade, dit wat jy doen), dat jy die naam het dat jy LEEF, en JY IS DOOD (m.a.w die gemeentelede van Sardis is nie wedergebore gelowiges nie en daaorm is hulle, alhoewel hulle liggaamlik lewe, geestelik dood, en dus word hulle leefstyl nog steeds bepaal deur die bose wêreld, die regeerder van die mag wat in die lug is, die gees wat werk in almal wat aan God ongehoorsaam is en daarom sal hulle die VRUGTE VAN DIE VLEES/ die ou sodige natuur dra soos ons lees in Efesiërs 2:1-3).
Ons lees verder in Openbaring 3:2-3 ”WEES WAKKER en VERSTERK die wat OORBLY, wat op die punt staan om te sterwe, want EK het jou werke (jou dade, dit wat jy doen) nie VOLKOME (die NLV sê: nie gepas) voor GOD (die VADER) GEVIND nie. ONTHOU dan hoe jy dit ONTVANG en GEHOOR HET (dit verwys na die VERLOSSING van SONDE deur die DUUR PRYS BETAAL met YESHUA ons MESSIAS se KOSBARE BLOED asook die WAARHEID van die WOORD wat ons geleer het), en BEWAAR DIT (handhaaf en beskerm dit) en BEKEER jou (ondergaan ‘n verandering van hart/ van denke en kom tot inkeer/ selfondersoek); (en dan kom die waarskuwing van Yeshua ons Messias self) as jy nie WAKKER word nie, sal EK op jou afkom soos ‘n DIEF, en jy sal nie weet watter uur Ek op jou afkom nie” Die persoon sal dus nie gereed wees vir die koms van Yeshua nie en sal onverwags gevang word, baie soos ons in Mattheus 25 lees van die VYF MAAGDE wat nie OLIE in HULLE LAMPIES gehad het nie – ‘n teken dat hulle nie die VUUR van die HEILIGE GEES in hulle gehad het nie omdat hulle nie WEDERGEORE was nie – dit dui op die EERSTE VIER FEESTE van ABBA VADER wat nie suksesvol deurloop is elke jaar om seker te maak dat die persoon VOLKOME VOORBEREI is – die KRUIS DOOD van YESHUA aanvaar het as VOLLE BETALING vir hulle sonde – PASGA, daarna self BESLUIT het om te STERF aan die VLEES saam met YESHUA die MESSIAS en GEDOOP te word in SY DOOD – ONGESUURDE BRODE wat vervul is met YESHUA die MESSIAS wat vir DRIE DAE en DRIE NAGTE in die GRAF was, en dan die OPSTANDING saam met HOM as NUWE MENSE – EERSTE VRUGTE wat vervul is in die OPSTTANDING van die MESSIAS op die DERDE DAG en 50 dae later die UITSTORTING van die HEILIGE GEES op DIE FEES van WEKE ook genoem die PINKSTERFEES.
Die verwysing in Openbaring 16:15 na NAAKTHEID wat aan SKAAMTE gekoppel word sien ons weer in die BOODSKAP van YESHUA die MESSIAS aan die GEMEENTE van LAODICEA in Openbaring 3:15-18 “EK ken jou werke (jou dade, dit wat jy doen) , dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog koud of warm! Maar nou omdt jy LOU is en nie KOUD of WARM nie, sal EK jou uit MY mond spuug (dit dui op mense wat HOM halfhartig dien – hulle staan met een voet in die kerk en met een voet in die wêreld en die rede daarvoor kry ons in die volgene vers) Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword (baie geld verdien) en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit dit JY is wat ELLENDIG (swak, gebrekkig) en BEKLAENSWAARDIG (bejammerenswaardig) en ARM (dit is geestelik arm, geestelik leeg en honger en dors) en BLIND (geestleik blind vir die WAARHEID in ABBA se WOORD) en NAAK is nie (naaktheid is ‘n beeld van wanneer ons vol van die sondes van die vlees is wat ONTROUHEID teenoor YHVH beteken – dit is dus mense wat leef met materiële oorvloed en nie besef dat hulle afhankllik is van ABBA VADER se VOORSIENING en SY GOEDHEID en GUNS nie en ook nie hulle geestelike honger en dors en afhanklikheid van Hom besef en erken nie). En Yeshua ons Messias raai mense in hierdie toestand aan in Openbaring 3:18-20 om: by HOM: “…te KOOP GOUD wat deur VUUR GELOUTER is (om GEWILLIG te wees om deur beproewings GESUIWER en GEREINIG te word), sodat jy kan RYK WORD; en WIT KLERE, dat jy jou kan AANTREK en die SKANDE van jou NAAKTHEID nie openbaar word nie; en SALF om jou oë te salf, sodat jy kan SIEN.” Ons sien ook hierdie waarskuwings in die profete soos Jesaja 47:3, Esegiël 16:36-39 en 23:18. En Paulus verduidelik ook in 2 Korinthiërs 5:1-5 dat ons NAAKTHEID (dus ons VLEES/ of ou sondige natuur wat sondig teen Abba Vader) beklee moet word met ‘n NUWE ONSTERFLIKE LIGGAAM wat EWIG sal LEWE.
En ons lees verder in Openbaring 16:16-17 hulle het hul VERSAMEL op die plek wat in Hebreeus genoem word ARMAGEDDON. En die SEWENDE engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en ‘n groot stem het uit die tmepel van die hemel gekom, van die troon af wat gese het: DIT IS VERBY!”
Paulus verduidelik hierdie gedeelte in 1 Thessalonicense 4:16-17 “… Want Yeshua die Messias self sal van die hemel neerdaal met ‘n GROEP, met die STEM van ‘n aartsengel en met GEKLANK van die BASUIN (trompet, shofa ri n Hebreeus); en die wat in die MESSIAS GESTERF het, sal EERSTE OPSTAAN. DAARNA sal ons wat in die lewe oorgebly het (m.a.w wat nog lewe tydens die wederkoms), saam met hulle in wolke weggevoer word die Messias tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by Hom wees.” En dan se Paulus in 1 Thessalonicense 5:1-11 “Maar oor die tye en en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie; want julle WEET self BAIE GOED dat DIE DAG van YHVH kom soos ‘n DIEF in die NAG. Want wanneer hulle se VREDE en VEILIGHEID – dan OORVAL ‘n SKIELIKE VERDERF hulle soos die BARENDSNOOD ‘n SWANGER VROU, en hulle sal SEKERLIK nie ontvlug nie. Maar julle broers, is nie in duisternis, dat DIE DAG julle soos ‘n DIEF sou OORVAL nie. Julle is ALMAL KINDERS VAN DIE LIG en KINDERS VAN DIE DAG; ons is nie van die nag of die duisternis nie. Laat ons dan NIE SLAAP soos die ander nie, maar laat ons WAAK en NUGTER wees. Want die wat SLAAP, SLAAP in die NAG; en die wat dronk word, is in die NAG dronk. Maar laat ons wat van die DAG is, NUGTER wees, met die BORSWAPEN van GELOOF en LIEFDE aan, en as HELM (hoof bedekking en beskerming) die HOOP op SALIGHEID (om deel te hê aan die ewige lewe). Want God (die Vader) het ons nie bestem tot TOORN (Sy woede) nie, maar om die SALIGHEID (die ewige lewe) te verkry deur onse MEESTER YESHUA die MESSIAS, wat vir ons GESTERF het, sodat ons of ons WAAK (wakker is en dus nog lewe) of SLAAP (reeds dood is), saam met Hom kan LEWE.”
ONS WEET TWEE DINGE VERSEKER:
1. ABBA VADER is in BEHEER
Ons lees in Jesaja 41:1-4 “Luister in stilte na My, o eilande, en laat die VOLKE NUWE KRAG KRY; laat hulle aankom, laat hulle dan spreek; laat ons saam na de GEREG (die regsbank/ hof) gaan. WIE het (die kleinletter) hom uit die OOSTE verwek (opgewek, wakker gemaak) vir wie die OORWINNING TEGEMOET TREE by elke voetstap? WIE gee NASIES aan (die kleinletter) hom oor en laat (kleinletter) hom KONINGS VERTRAP, wie se SWAARD hulle maak soos STOF, wie se boog hulle maak soos ‘n dwarrelende stoppel (m.a.w hulle uitwis), dat (kleinletter) hy hulle AGTERVOLG, ONGEHINDERD VERBYTREK, die pad met sy voete nie betree nie? (die NLV sê: “ongehinderd agtervolg hy hulle al was hy nog nooit voorheen op die pad nie”). WIE HET DIT GEDOEN en TOT STAND GEBRING? (Hoofletter) HY WAT DIE GESLAGTE ROEP VAN DIE BEGIN AF; EK IS YHVH, DIE EERSTE (die ALEF in Hebreeus uitgebeeld met die piktograaf van ‘n OS wat beteken: KRAG en LEIER/ VOORGANGER/ AANVOERDER) EN DIE LAASTE (die TAV in Hebreeus uitgebeeld met die piktograaf van ‘n KRUIS wat beteken: MERK, TEKEN/ VERBOND). En hierdie woorde van YHVH word herhaal in Jesaja 41:27 asook Jesaja 43:10, 44:6 en 48:12 dat Hy die EERSTE (die ALEF) en die LAASTE (die TAV) is en buiten Hom is daar GEEN ander GOD nie. En dit word weer bevestig in Openbaring 1:8 en 11, 21:6 en tot in die heel laaste hoofstuk van die WOORD, Openbaring 22:13.
Paulus verduidelik dit so in Kolossense 1:15-20 Yeshua ons Messias “…is DIE BEELD van die ONSIENLIKE GOD, die EERSGEBORENE van die HELE SKEPPING; want in HOM is ALLE DINGE GESKAPE wat in die HEMELE en op AARDE is, wat SIENLIK en ONSIENLIK is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte – ALLE DINGE is deur HOM en tot HOM GESKAPE. En Hy is VOOR alle DINGE, en in HOM hou ALLE dinge STAND. En HY is die HOOF van die LIGGAAM, naamlik DIE GEMEENTE; Hy wat die BEGIN is (die ALEF in Hebreeus), die EERSGEBORENE uit die dode, sodat HY in ALLES die EERSTE kan wees. Want dit het die VADER behaag dat IN HOM die GANSE VOLHEID sou woon en dat HY deur HOM ALLES met HOMSELF sou VERSOEN nadat Hy VREDE gemaak het deur die BLOED van SY KRUIS…”
En in Jesaja 46:1-4 lees ons: “Bel het inmekaargesak, Nebo staan krom (dit is twee Babiloniese afgode); hulle afgode is vir die diere en die vee; BEELDE wat julle rondgedra het, is opgelaai, ‘n vrag vir die vermoeide diere. Saam staan hulle (die afgode) krom, inmekaargesak; hulle kon die VRAG nie RED nie, maar het self in GEVANGENSKAP gegaan. Luister na MY o HUIS VAN JAKOB (dit is AL TWAALF STAMME) en die HELE OORBLYFSEL van die HUIS VAN ISRAEL (dit is die NOORDRYK, die TIEN STAMME onder EFRAIM, sowel as gelowiges vanuit die nasies wat op die BOOM van ISRAEL ingeënt is, Romeine 11), julle wat deur MY GEDRA is van die moederskoot af, opgeneem (opgetel, vasgehou) is van die GEBOORTE af (Lees ook Psalm 139:13-16, Jeremia 1:5 en Galasiërs 1:15).
En ons lees verder in Jesaja 46:4-8: “;en tot die OUDERDOM toe is ÈK DIESELFDE. Ja, tot die GRYSHEID toe sal ÈK JULLE DRA; ÈK HET DIT GEDOEN, EN ÈK SAL JULLE OPNEEM (optel en vashou) en ÈK SAL DRA EN RED. By WIE (met wie) wil julle MY VERGELYK en My net so maak en MY GELYKSTEL, dat ons (YHVH en die afgode) eenders kan wees? Hulle wat goud uit die geldsak skud en silwer afweeg met die weegskaal, huur ‘n goudsmid, en hy maak daar ‘n god van; hulle kniel neer, ook buig hulle. Hulle hef hom op die skouer (tel hom op) en sit hom op sy plek neer. Daar staan hy! Hy wyk nie van sy plek nie, ook al ROEP iemand hom; hy antwoord nie; hy VERLOS (bevry, red) hom nie uit sy benoudheid (vrees, angs, bekommernis) nie.” In ons dae is hierdie “gode” wat ons koop met goud en silwer en wat ons op hulle plekke neersit of rond dra en baie van ons tyd in beslag neem en waaroor ons buig maar wat ons nie kan verlos uit ons benoudheid nie moontlik die GESNEDE (gemaakte) BEELDE soos: die TV, die REKENAAR, die LAPTOP en die SELOON in al sy vorms.”
En ons lees verder in Jesaja 46:8-13 “DINK hieraan en wees BESLIS (neem ‘n besluit); neem dit TER HARTE, o afvalliges (ontroue mense)! DINK aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat EK GOD IS, en daar is NIEMAND SOOS EK NIE; wat van die BEGIN af verkondig (bekendmaak) die EINDE, en van die VOORTYD af wat nog nie GEBEUR het nie; wat sê MY RAAD (My besluite) SAL BESTAAN, en AL (alles) wat MY BEHAAG SAL EK DOEN; wat ‘n ROOFVOEL ROEP uit die OOSTE die man van MY RAAD (My besluit) uit ‘n ver land; SOOS EK DIT GESPREEK HET, SAL EK DIT OOK LAAT KOM; EK HET DIT VOORBEREI, EK SAL DIT OOK DOEN (hier kry ons dieselfde beeld as in Jesaja 44:2 en let wel: YHVH ROEP hom! So wat is ‘n ROOFVOËL? Die HAT Woordeboek omskryf dit as: ‘n vleisetende voël wat jag maak op ander voëls en klein diere en reptiele met sy kloue vang. Ons lees ook van hierdie voëls in Openbaring 19:17-18, Jeremia 12:9 en Esegiel 39:17 – dit is dus DIE VERWOESTER/S! So YHVH roep hulle om VERWOESTING te kom aanrig!. Jesaja 46:12-13 eindig dan met : “LUISTER na MY, julle wat HARD is van HART, julle wat ver is van die GEREGTIGHEID (die hardkoppiges wat nie wil DOEN wat REG is in YHVH se oë nie)! EK BRING MY GEREGTIGHEID naby; dit is nie ver nie, en MY HEIL (redding) sal nie vertoef nie (sal nie wegbly nie); en EK GEE HEIL (redding) in SION (‘n ander naam vir JERUSALEM, die hoofstad van Juda, die Suidryk), aan ISRAEL MY HEERLIKHEID (dit is die NOORDRYK, die TIEN STAMME onder EFRAIM, sowel as gelowiges vanuit die nasies wat op die BOOM van ISRAEL ingeënt is, Romeine 11). Lees ook Galasiers 6:14-16 – die wat ‘n NUWE mens is in YESHUA die MESSIAS (Jood en nie-Jood/ alle nasies), en dus WEDERGEBORE is, is DIE ISRAEL van GOD. Lees ook Jesaja 51.
Lees ook Openbaring 6 waarin ons sien dit is DIE LAM, m.a.w YESHUA die MESSIAS wat die SES SEËLS OOPMAAK sodat die VIER PERDE kan hardloop. EERSTENS die WIT PERD met sy ruiter met die BOOG en die KROON wat uitgaan as ‘n OORWINNAAR om te OORWIN. TWEEDENS die VUURROOI PERD wat die VREDE van die AARDE WEGNEEM dat hulle mekaar sou DOODMAAK; en ‘n GROOT SWAARD is aan hom gegee. DERDENS die SWART PERD en sy ruiter het ‘n SKAAL in sy hand. En stemme sê: ‘n rantsoen KORING vir ‘n penning (die NLV sê: ‘n skeppie koring vir ‘n dag se loon) en DRIE RANTSOENE GARS vir ‘n penning (drie skeppe gars vir ‘n dag se loon); en moenie die OLIE en die WYN beskadig nie. Die Bybel in Prakyk verduidelik: dit is ‘n SIMBOOL van HONGERSNOOD en INFLASIE.
En VIERDENS, die VAAL PERD en sy ruiter se naam is DIE DOOD, en die DODERYK het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee (deur Yeshua die Messias!) oor die VIERDE DEEL van die AARDE om DOOD TE MAAK met SWAARD en HONGERSNOOD en PES en deur die WILDE DIERE van die AARDE (Lees ook Esegiel 5:11-17). Die VYFDE SEEL toon DIE SIELE van die wat GEDOOD is ter wille van DIE WOORD VAN GOD en DIE GETUIENIS wat hulle gehad het (dit is dus duidelik, tydens die periode wat die VIER PERDE hardloop sal daar VERVOLGING van die GELOWIGES wees en sal daar van hulle DOODGEMAAK word vir hulle geloof). Hulle vra WANNEER hulle dood GEWREEK sal word maar daar word WIT KLERE aan hulle gegee om aan te trek en hulle word gevra om nog ‘n rukkie te wag totdat ALMAL wat gedood sal word op hierdie wyse voltallig is. Ons lees dan weer van hierdie mense in OPENBARING 20:4 wat as konings sal LEEF en as konings sal regeer saam met die MESSIAS in die duisend jaarige VREDESRYK. Let wel: Dit is NADAT die WEDERKOMS van YESHUA die MESSIAS plaasgevind het en ARMAGEDON, die OORLOG op die OORDEELSDAG verby is (soos opgeteken in Openbaring 16 en 19:11:-21). Die Bybel in Praktyk verduidelik: Ons sien hier almal wat doodgemaak is omdat hulle vasgehou het aan die WOORD van God. Die martelare moes hoor dat nog meer mense hulle lewens sou verloor vanweë hulle geloof in Yeshua die Messias. Gelowiges sal te midde van OORLOG, HONGERSNOOD, VEVOLGING en die DOOD moet VASHOU aan die dinge waarin hulle glo en die beloftes van GOD. God sal uiteindelik slegs diegene wat tot die EINDE VOLHARD BELOON (Lees ook Markus 13:13).
En die SESDE SEËL is ‘n GROOT AARDBEWING, die SON word SWART soos ‘n HARIGE SAK en die MAAN word soos BLOED, en die STERRE van die HEMEL val op die AARDE, en die HEMEL wyk weg soos ‘n BOEK wat TOEGEROL word en al die BERGE en EILANDE word uit hulle plekke versit (verskuif); en die (kleinletter) KONINGS van die AARDE en die GROTES (die belangrike mense) en die RYKES en die OWERSTES oor DUISEND (die militêre leiers) en die MAGTIGES en al die SLAWE en al die VRYMENSE het hulle weggesteek in die SPELONKE (grotte) en in die ROTSE van die BERGE, en vir die BERGE en die ROTSE gesê: Val op ons en verberg ons vir die AANGESIG van HOM wat op die TROON SIT (dit is YHVH die VADER), en vir die TROON van DIE LAM (dit is YESHUA die MESSIAS); want DIE DAG van SY TOORN (m.a.w die OORDEELSDAG) het gekom, en wie kan bestaan? Lees ook Mattheus 24:29 waarin Yeshua verduidelik onmiddelik ná die VERDRUKKING gaan Hy kom.
In Openbaring 12:9 lees ons van DIE GROOT VUURROOI DRAAK wat OORWIN is in die HEMEL en NEERGEWERP is, die ou slang wat GENOEM word duiwel en Satan, wat ie HELE WERELD VERLEI, hy is NEERGEWERP op die AARDE, en sy engele (een derde van die engele volgens Openbaring 12:4) is saam met hom neergewerp. Dit het gebeur met die KRUISIGING van YESHUA die MESSIAS toe HY die mens met SY KOSBARE BLOED LOSGEKOOP het van die MAG wat die Satan gehad het oor die SONDE en die DOOD, lees Johannes 12:31 en 16:11, Romeine 6:23, 1 Korinthiërs 6:20, Efesiërs 1:7, 1 Petrus 1:18-19 en 1 Petrus 2:24). Ons lees daarom in Openbaring 12:10-11 “Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil (redding) en die KRAG en die KONINGSKAP die EIENDOM van onse GOD (die VADER) geword, en die MAG van SY MESSIAS; want die aanklaer van ons broers (die Satan) is NEERGEWERP, hy wat hulle aanklaag voor onse GOD, DAG en NAG. En hulle het hom OORWIN deur die BLOED van die LAM (m.a.w deur die prys betaal vir hulle sondes met die bloed van YESHUA ons MESSIAS in geloof te aanvaar) en deur die WOORD van hulle GETUIENIS, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.” Hierdie vers verwys na die EERSTE GELOWIGES na die HEMELVAART an YESHUA die MESSIAS wat direkte toegang gehad het tot die TROON van ABBA VADER deur YESHUA ons MESSIAS, net soos wat ons vandag as GELOWIGES het, maar hulle is VERVOLG en ons weet AL die DISSIPELS behalwe Johannes, en later ook die apostel Paulus is doodgemaak vir hulle geloof. Maar, ons word terselfdetyd GEWAARSKU in Openaring 12:12 met :”Daarom, wees verheug, o hemel en die wat daarin woon; wee (groot ramp en ongeluk vir) die BEWONERS van die AARDE en die SEE (m.a.w vir die mense en diere), want die duiwel het na julle neergedaal met GROOT WOEDE, omdat hy weet dat hy min tyd het.”. En dan lees ons in vers 13-16 van JUDA & BENJAMIN (die SUIDRYK bekend as DIE JODE, beskryf as die “vrou” wat die “Seuntjie” gebaar het en ons weet Yeshua is gebore vanuit die STAM VAN JUDA) se vervolging maar ABBA sal hulle beskerm teen die draak. EN dan lees ons in Openbaring 12:17 “En die draak was vertoorn (woedend) op die vrou, en hy het weggegaan om OORLOG te voer teen haar ANDER NAKOMELINGE (mense vanuit die nasies wat inent op die BOOM van ISRAEL volgens Romeine 11) wat DIE GEBOOIE van GOD bewaar (dit hou) en die GETUIENIS van YESHUA die MESSIAS hou.” Die vervolging sal dus vir ‘n periode teen die JODE wees en daarna versprei na die RES van die GELOWIGES wêreld wyd. En ons lees in Openbaring 13 kom die DIER uit die see (dit is die antichris /antimessias wêreld orde met sy konings wat vanuit die NASIES opstaan). Ons lees in vers 3-4 dat die DRAAK (m.a.w die Satan) aan die DIER sy krag, troon en groot mag gegee het (dis nou natuurlik sy krag, troon en mag op die aarde want hy is reeds uitgeskop uit die hemel). En ons lees aan een van die koppe van die DIER (m.a.w een van die konings van die antichrist/antimessias wêreld orde sisteem) was ‘n DODELIKE WOND wat GENEES is (EEN van die KONINGS is dus gewond aan sy kop en is weer genees) En die HELE WERELD het verwonderd agter DIE DIER (die antichrist/ antimessias wêreld orde sisteem) aan gegaan. EN hulle het die DRAAK AANBID (m.a.w die Satan aanbid, die kleinletter god van die wêreld, lees Johannes 12:31, 2 Korinthiërs 4:4 en Efesiërs 2:2) wat die DIER (die wêreld regering van TIEN KONINGS) die mag gegee het, en (daarom ook) die DIER AANBID en gesê: Wie is aan die DIER (die antichrist/ antimessias wêreld regering van TIEN KONINGS) gelyk? Wie kan teen hom (hierdie EEN WÊRELD MAG) oorlog voer? En ons sien in Openbaring 13:5-8 “En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasterlike dinge uitpreek, en aan hom is MAG gegee om dit twee-en-veertig maande (dit is 3,5 jaar) lank te doen. En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen GOD, om SY NAAM en SY TABERNAKEL (dit is GOD se WOONPLEK in die HEMEL, lees ook Openbaring 11:19 en 15:5) en die wat in die hemel woon, te laster. Dit is aan hom gegee (m.a.w hy sal toegelaat word deur God, YHVH) om OORLOG te voer teen die HEILIGES (die mense wat afgesonderd vir God lewe voglens SY GEBOOOIE en die GETUIENIS van YESHUA die MESSIAS soos on sook in Openbaring 12:17 lees) en hulle te OORWIN, en aan hom (dit is die DIER met die TIEN KOPPE, dus is dit die konings van die aarde / die EEN WÊRELD ORDE SISTEEM) is gegee (weereens deur God, YHVH) MAG oor elke STAM en TAAL en NASIE (dus oor die ganse mensdom). En AL die BEWONDERS vandie AARDE sal hom (die DIER) aanbid (vereer as hulle kleinletter god), ALMAL wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die BOEK van die LEWE van die LAM wat geslag is, geskrywe is nie (m.a.w. dit is alle mense wat NIE die prys betaal vir ons sondes deur YESHUA ons MESISAS aanvaar het nie en nie GEKIES het om Hom te volg in GEHOORSAAMHEID aan die VADER nie). Lees ook Daniel 12:1 en Openbaring 3:5)”. En ons word OPGEROEP om te LUISTER na hierdie woorde in Openbaring 13:9. Lees ook Daniel 7:24-25 en 8:24-25
Ons lees dan verder in Openbaring 13:11-15 kom ‘n ander DIER uit die aarde met TWEE HORINGS soos ‘n LAM wat PRAAT soos ‘n DRAAK (m.a.w hy gee voor om ‘n lam te wees, dalk selfs ‘n gelowige maar sy HART behoort aan die draak, die ou slang van die Tuin van Eden, wat ook genoem word die duiwel en die Satan en daarom PRAAT hy SOOS die draak en ons weet volgens Yeshua ons Messias se woorde in Johannes 8:44 die duiwel is die vader van DIE LEUEN en hy is ‘n MENS MOORDENAAR van die begin af. Ons word ook deur Paulus gewaarsku in 2 Korinthiërs 11:14-15 die Satan se aanhangers kom soos wat hy kom, as ‘n engel van die lig wat beteken hulle doen hulle voor as dienaars van geregtigheid – mense wat optree volgens die wil van God en asof hulle apostels is van die Messias – en so bedrieg hulle mense. Dus is die dier vanuit die aarde baie gevaarlik want hy is ‘n meester in MISLEIDING en in alle waarskynlikheid ‘n mens moordenaar). Lees ook Mattheus 24:21. En hierdie DIER oefen AL DIE MAG van die EERSTE DIER uit (dit is die mag van die TIEN KONINGS wat die EEN WERELD REGERING vorm) en hy maak dat die AARDE en DIE wat DAAROP WOON (die hele mensdom), die EERSTE DIER AANBID (dit is die EEN WERELD REGERING) en spesifiek die (klein letter) KONING waarvan die dodelike wond aan sy kop genees is. En hy doen TEKENS en VERLEI die aardbewoners deur die TEKENS wat aan hom gegee is, deur aan die BEWONERS van die AARDE te sê dat hulle ‘n BEELD MOET MAAK vir die DIER (die koning wat gewond was). EN dit is aan hom gegee om ‘n gees aan die DIER se BEELD te gee (dalk deur middel van AI?) sodat die DIER se BEELD kan PRAAT en maak dat ALMAL GEDOOD WORD wat die DIER se BEELD nie AANBID nie.
En hierdie selfde DIER uit die AARDE maak dat aan ALMAL, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n MERK op hulle REGTERHAND en op hulle VOORHOOFDE GEGEE WORD; sodat NIEMAND kan KOOP of VERKOOP nie, behalwe hy wat die MERK of die NAAM van die DIER of die GETAL van SY NAAM het.” Nou julle dis presies wat mens kan verwag want onthou ABBA VADER merk ook SY MENSE – sy merk is die VERBONDSTEKEN (die TAV) – die KRUISIE in die vorm van ‘n X wat ook die KRUIS verteenwoordig waarop Yeshua die Messias ons losgekoop het van die sonde en die dood. En ons weet die SEËL wanneer ons die KRUISDOOD van Yeshua die Messias, die ALEF (die EERSTE) en die TAV (die LAASTE) aanvaar, word ons VERSEËL met die HEILIGE GEES as WAARBORG dat ons die EWIGE LEWE sal BEËRWE. So dit maak net sin dat die DIER uit die AARDE (die antichrist/ antimessias) ook ‘n MERK sal wil maak op die mense wat die DIER en die DRAAK aanbid. Deesdae sien ons al meer hierdie simbool van die KRUIS die X. Dit laat mens wonder né!
Lees ook Mattheus 24:15-20 waarin ons geleer word om uit te kyk vir die GRUWEL van die VERWOESTING in die TEMPEL in JERUSALEM waarvan Daniël ook gepraat het (lees Daniël 9:17 en 11:31-35 waarin daar gepraat word van ontrouheid aan die VERBOND van God, afvalligheid deur vleitaal en struikeling maar ook van LOUTERING, REINIGING en SUIWERING). En ons lees in Mattheus 24:21-24 waarin Yeshua ons Messias sê: ”Want dan sal daar GROOT VERDRUKKING wees soos daar van die BEGIN van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. En as daardie dae nie verkort was nie, sou GEEN VLEES (geen mens) GERED WORD NIE; maar ter wille van die UITVERKORENES (die wat GEKIES is) sal daardie dae verkort word. As iemand vir julle sê: Kyk, hier is die MESSIAS! Of: Daar! – moet dit NIE glo nie. Want daar sal baie vals mesiasse (vals redders) en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, selfs as dit moontlik was, ook die UITVERKORENES te MISLEI”.
Ons lees in Jesaja 44:2 dit is JAKOB wat later vernoem is na ISRAEL (al twaalf stamme) wat Hy uitverkies het. So ALMAL wat KIES om deur YESHUA die MESSIAS ons VERLOSSER en HERDER inent op die BOOM VAN ISRAEL is dan SY UITVERKORENES. Lees Lukas 12:32, Romeine 11, Efesiërs 2 en Galasiërs 6:14-16.
Maar ons as GELOWIGES hoef GEENSINS te VREES nie, want on sweet ook VERSEKER dat:
2.YESHUA die MESSIAS, SY VADER se VYANDE gaan VERSLAAN
Ons lees in Psalm 2:1-3 “Waarom woel die nasies (waarom is hulle onrustig) en BEDINK die volke nietige dinge (dinge van min betekenis)? Die KONINGS van die AARDE staan gereed, en die vorste (prinse/ regeerders) hou saam raad (hulle neem besluite) TEEN YHVH (die Vader) en SY (hoofletter) GESALFDE (Yeshua die Messias) en sê: “Laat ons hulle bande stukend ruk en hulle toue van ons afwerp!” Die GELOWIGES haal hierdie gedeelte in Psalm 2 later aan in Handelinge 4:24-31 in hulle GEBED tot die VADER nadat Petrus en Johannes uit die tronk losgelaat is waarin hulle sê: ”…YHVH, U is die GOD wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het, wat deur die mond van U kneg David gesê het: Waarom het die nasies gewoed (raas en gaan tekere) en die volke nietige dinge bedink? Die konings van die aarde het saam gestaan en die owerstes (die aanvoerders, hoofde) het saam vergader TEEN YHVH en teen SY (hoofletter) GESALFDE (Yeshua die Messias). Want waarlik , Herodes en Pontius Pilatus het saam met die heidene (die ongelowiges) en die volke van ISRAEL vergader TEEN U HEILGE KIND YESHUA wat U gesalf het, om ALLES te DOEN wat U hand en U raad (U belsuite) VOORUIT bepaal het om plaas te vind. En nou YHVH, let op hule DREIGEMENTE en gee aan U diensknegte om met alle VRYMOEDIGHEID (reguit en sonder om bang of skaam te wees) te spreek, deurdat U U hand uitstrek tot GENESING, en TEKENS en WONDERS deur die NAAM van U HEILIGE KIND YESHUA laat plaasvind. En toe hulle GEBID het, is die plek GESKUD waar hulle saam was, en is hulle VERVUL met die HEILGE GEES en het die WOORD van GOD met VYMOEDIGHEID gespreek.”
En ons lees verder in Psalm 2:4 “Hy wat in die hemel woon LAG; YHVH SPOT met hulle.” Lees ook Psalm 37:13 wat sê YHVH lag vir die goddelose, want Hy weet hulle dag kom, dus bring hulle net ramp en ongeluk oor hulleself deur in OPSTAND teen Hom, die Skepper van die Hemel en die AARDE en alles daarop, te kom. En ons lees verder in Psalm 2:5-9 “Dan sal Hy hulle aanspreek in Sy toorn (Sy verontwaardiging en woede), en in Sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik (laat skrik, senuweeagtig maak): ÈK tog het My (hoofletter) KONING gesalf oor My HEILIGE BERG (dit is Yeshua die Messias wat sal heers in die duisendjarige VREDESRYK). Ek wil vertel van DIE BESLUIT: YHVH het aan my gesê: U is MY SEUN, vandag het Ek Uself gegenereer (in aansyn/ in teenwoordigheid gebring/ m.a.w om Hom te verteenwoordig). Paulus en Barnabas verduidelik hierdie gedeelte later aan die mense in die BOODSKAP van VERLOSSING/ die GOEIE NUUS en bring hulle hierdie gedeelte in lyn met Yeshua die Messias se OPSTANDING uit die DOOD en die VERGEWING van SONDES deur Hom deur te sê elkeen wat GLO word deur HOM VRYGESPREEK (Lees Handelinge 13:32-39).
En ons lees verder in Psalm 2:8-9: “Eis van My, en Ek wil NASIES gee as U ERFDEEL en die EINDES van die AARDE as U BESITTING. U sal hulle (die kleinletter konings) VERPLETTER met ‘n YSTERSTAF (God die Vader gee dus aan Yeshua die Messias die GESAG en MAG om STRENG oor opstandige/ oproerige volke te heers en hulle te vernietig), U sal hulle stukkend slaan soos ‘n ERDEPOT (‘n kleipot). In Openbaring 2:18-23 sê Yeshua aan die GEMEENTE van THIATIRE Hy het dit teen hulle dat hulle die vrou Isebel toalaat om hulle te leer en Sy diensknegte te verlei om te hoereer (d.w.s ontrou te wees aan Hom) en afgodsoffers te eet en ons lees dan in vers 24-27: “En EK sê vir julle en die ander wat in Thiatire is, almal wat hierdie leer nie het nie, en die wat die dieptes van Satan, soos hule dit noem, nie leer ken het nie (nie ‘n studie daarvan gemaak en daarin betrokke geraak het nie): Ek sal op julle geen ander las (geen ander verpligting, taak of moeite) lê nie. Hou maar net VAS wat jull het, totdat EK kom (die gemeente van Thiatire word dus aanbeveel om hulle GELOOF te behou en om God se Woord as hulle enigste riglyn te gebruik). En aan hom wat OORWIN en MY WERKE tot die EINDE BEWAAR (gehoorsaam is aan dit wat Hy gesê het en dit doen), sal EK MAG oor die NASIES gee, en hy sal REGEER met ‘n YSTERSTAF; soos ERDEGOED word hulle VERBRYSEL, net soos EK ook van MY VADER ontvang het.” Ons lees ook in Jesaja 30:14, Jeremia 19:11 en Openbaring 20:4: “En ek het trone gesien, en hulle wat daarop sit, en aan hulle is die OORDEEL gegee; en ek het die SIELE gesien van die wat ONTHOOF is oor die GETUIENIS van YESHUA en oor die WOORD van GOD, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op ulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het GELEEF (m.a.w opgestaan uit die dood) en as KONINGS geregeer saam met die Messias die DUISEND JAAR lank.”
En ons lees verder in Psalm 2:10-12 “Wees dan nou VERSTANDIG, o KONINGS; laat julle WAARSKU, o REGTERS van die AARDE! DIEN YHVH met vrees, en juig met bewing. KUS die SEUN (die NLV sê: wees aan Hom, dit is Yeshua die Messias, ONDERDANIG/ gewillig om Hom te gehoorsaam) dat Hy nie toornig word en julle op DIE WEG VERGAAN nie; want gou kan SY TOORN (Sy woede) ONTVLAM. Welgeluksalig (gelukkig en geseend) is ALMAL wat by HOM skuil (beskerming soek)!”
En in Openbaring 16:14 lees ons: “want dit is die geeste van duiwels wat TEKENS DOEN, wat uitgaan na die KONINGS van die AARDE en die HELE WERÊLD, om hulle te VERAMEL vir die OORLOG van daardie GROOT DAG (die OORDEELSDAG) van die ALMAGTIGE GOD.” Lees ook Openbaring 6:12-17. En in Openbaring 17:12-14 lees ons van die DIER en die TIEN (kleinletter) KONINGS wat EEN GESINDHEID het (hulle is een in denke/ hulle dink dieselfde) en hulle KRAG en MAG oorgee aan die DIER (wat ons nou weet die EEN WERELD MAG is) en “Hulle sal TEEN die LAM (Yeshua die Messias) OORLOG VOER, en die LAM SAL HULLE OORWIN – want HY is die (hoofletter) MEESTER van die meesters en die (hoofletter) KONING van die konings – en die wat SAAM met HOM is, GEROEPE en UITVERKORE en GETROU.” Lees ook Daniel 2:47.
En ons lees in Openbaring 19:11-21 van die WEDERKOMS van YESHUA die MESSIAS, die HEMEL OPEN, en Hy kom op ‘n WIT PERD, en word GENOEM GETROU en WAARAGTIG (eg, betroubaar) en HY OORDEEL en VOER OORLOG in GEREGTIGHEID (billikheid, regverdigheid). Sy oë is soos ‘n VUURVLAM en op Sy hoof is BAIE KRONE (Hy het dus ONBEPERKTE MAG en WAARDIGHEID as OPPER/ SOEWEREINE HEERSER).
Die Bybel in Praktyk verduidelik: Die hemel gaan oop en Yeshua veskyn weer, die keer nie as DIE LAM wat vir ons sonde geoffer moes word nie, maar as OORWINNAAR, MAGTIGE HEERSER en REGTER om oor die AARDE te OORDEEL. Paulus praat ook hieroor in 2 Thessalonicense 1:3-10 wanneer hy aan die GELOWIGES sê: “.Ons moet God altyd oor julle dank, broeders, soos dit billik is, omdat julle GELOOF grootliks toeneem en die wederkerige (wedersydse) LIEFDE van elkeen van julle almal (m.a.w liefde vir mekaar) GROTER WORD, sodat ons self in die GEMEENTES van GOD oor julle roem vanweê jul VOLHARDING en GELOOF (‘n VASTE VERTROUE op GOD en SY WOORD) onder al julle VERVOLGINGE en VERDRUKKINGE (onderdruk, die ontneming van voorregte) wat julle verduur – ‘n TEKEN van die REGVERDIGE OORDEEL van GOD, dat julle die koningkryk van God WAARDIG geag mag word, waarvoor julle ook ly; aangesien dit reg is by God om aan die wat julle verdruk, VERDRUKKING TE VERGELD, en aan julle wat VERDRUK word, VERLIGTING te gee saam met ons in die OPENBARING van MEESTER YESHUA uit die HEMEL met SY magtige engele in VUUR en VLAM, wanneer Hy WRAAK uitoefen op die wat GOD (die Vader) NIE KEN NIE en op die wat aan die EVANGELIE (die GOEIE NUUS van REDDING) van onse MEESTER Yeshua nie GEHOORSAAM is nie (Lees ook Hebreërs 10:27 en 12:29 asook 2 Petrus 3:7 en Openbaging 19:11-21). Hulle sal as straf ondergaan ‘n EWIGE VERDERF, weg an die aangesig van SY STERKTE (SY KRAG), wanneer HY kom om VERHEERLIK te word in SY HEILIGES (mense wat afgsonder is vir Hom en opgewek word) en BEWONDER te word in almal wat glo, in DAARDIE DAG (die DAG van SY WEDERKOMS wat ook bekend staan as die OORDEELSDAG); want ons GETUIENIS het by julle GELOOF gevind.”
Die Bybel in Praktyk verduidelik: Om die swaarkry wat mense jou aandoen te bowe te kom, het jy TWEE DINGE nodig: VOLHARDING (tot die einde toe volhou, aanhou, uithou, standvastig bly) en GELOOF (‘n VASTE VERTROUE op GOD en SY WOORD). GELOOF hou in dat jy te midde van LYDING en BEPROEWING (om GETOETS te word, veral deur LYDING) WEET dat Abba Vader besig is om AL daardie swaarkry-dinge tot jou BESWIL (m.a.w ten goede) te laat meewerk vir jou en tot Sy eer te gebruik. Ons word deur LYDING GELOUTER (gesuiwer en gereining). Dit lei tot VOLHARDING, ons laat ons nie meer afskrik deur die swaarkry wat mense vir ons veroorsaak nie, en ons word nie moeg om te bly goed doen aan ander nie. Die wat gelowiges vervolg sal op die ou einde hulle loon kry. Wanneer ons vervolg word wil ons vlees/ ons sondige natuur reg in ons eie hande neem en mense vergeld (straf) vir hulle verkeerde dade. Maar ‘n gelowige word geroep om die VERGELDING aan GOD oor te laat. Ons moet besef dat LYDING ons VERSTERK (sterker maak) en TOERUS vir God se KONINGKRYK en ons kan rus in die wete dat God regverdig sal oordeel oor elke mens, ook oor ons vyande. Daar wag ‘n VERSKRIKLIKE LOT vir die mense wat God nie wou ken en GEHOORSAAM nie, hulle sal vir EWIG verban word uit SY HEERLIKE TEENWOORDIGHEID.
Hy het ‘n KLEED aan wat in BLOED GEDOOP is (en hieride keer is dit NIE Sy eie BLOED nie, maar die van Sy vyande – lees Jesaja 63:2-3). EN SY NAAM is: DIE WOORD VAN GOD. En die LEËRS van die HEMEL (die ENGELE sowel as die OPGESTANE HEILIGES, lees ook 1 Thessalonicense 4:16) volg Hom op WIT PERDE, bekleed met WIT en REIN FYN LINNE. En uit SY mond gaan daar SKERP SWAARD om die NASIES daarmee te slaan; en HY SAL met ‘n YSTERSTAF REGEER en Hy TRAP die PARSKUIP van die WYN van die GRIMMIGHEID en vaan die TOORN (die woede) van GOD, die ALMAGTIGE (dit is YHVH die VADER). En ons sien die UITKOMS van hierdie OORLOG van die DIER (die wêreld mag) en die konings van die aarde en hulle leërs genaamd ARMAGEDON (volgens Openbaring 16:16), in Openbaring 19:20-21: “EN die DIER is gevange geneem (die een wêreldmag wat die TIEN KONINGS insluit) en saam met hom die VALS PROFEET (die dier vanuit die aarde waarvan ons lees in Openbarin 13:11-18) wat die tekens gedoen het en die mense VERLEI het wat die MERK van die DIER ontvang en sy BEELD aanbid het. En hulle is LEWEND gewerp in die VUURPOEL wat met SWAEL BRAND. En die ander (mense) insuitend die konings van die aarde is GEDOOD met die SWAARD wat uit YESHUA die MESSIAS se mond gaan en die voëls het hulle versadig geet aan die vleis. En ons sien in Openbaring 20:5 dat hierdie mense DOOD bly tot aan die VOLEINDING van die DUISNED JARIGE VREDESRYK van die MESSIAS. Daarna sal hulle opstaan vir die LAASTE OORDEEL, ook bekend as DIE GROOT WIT TROON OORDEEL – lees Openbaring 20:11-15.
Dit word ook BEVESTIG in 1 Korinthiërs 15:22-28 “Want soos ALMAL in ADAM sterwe, so sal ook ALMAL in die MESSIAS LEWEND GEMAAK WORD; maar EKEEN in sy eie orde: AS EERSTELING die MESSIAS; daarna die wat aan die MESSIAS BEHOORT by SY KOMS (lees 1 Thessalonisense 4:16). DAARNA kom die EINDE, wanneer HY (die Messias) die KONINGKRYK aan GOD die VADER oorgee, as HY ALLE HEERSKAPPY en ALLE GESAG en ALLE MAG VERNIETIG HET (lees ook Daniël 7:14 & 27). Want Hy moet as KONING HEERS totdat Hy al SY VYANDE onder SY VOETE GESTEL het (lees ook Psalm 110:1). Die LAASTE VYAND wat VERNIETIG word, is die DOOD (lees ook Openbaring 20:14). Want Hy het ALLES aan SY VOETE onderwerp , maar wanneer Hy se dat ALLES onderwerp is, is dit duidelik dat Hy (dit is YHVH die VADER) uitgesonder is wat ALLES aan Hom onderwerp het. En wanneer ALLES aan Hom onderwerp is, dan sal ook die SEUN (Yeshua die Messias) self Hom onderwerp aan die (hoofletter) EEN wat ALLES aan Hom onderwerp het, sodat GOD (die VADER) ALLES in ALMAL kan wees.”
Ons lees in Eksodus 15 die OORWINNINGSLIED van die ISRAELIETE en in vers 6: “o YHVH, U REGTERHAND (‘n verwysing na Yeshua in die Ou Testament) is VERHEERLIK deur KRAG. U REGTERHAND o YHVH VERPLETTER die vyand.” Lees ook Psalm 118:16, Lukas 1:51 en Hebreërs 1:13.
So WAAROM lees ons dan in Openbaring 13:7 dat YHVH dit GEE aan die DIER vanuit die SEE (die EEN WÊRELD MAG wat onder die beheer van die DRAAK staan) om OORLOG te VOER teen die HEILIGES (die WEDERGEWBORE GELOWIGES wat afgesonderd van die wêreld en in GEHOORSAAMHEID volgens ABBA Vader se WOORD lewe) en hulle te OORWIN? En ook aan die DIER MAG te GEE oor ELKE STAM (insluitend die TWAALF STAMME van ISRAEL) en TAAL en NASIE?
Ons WEET VERSEKER: ABBA VADER is in BEHEER en HY gaan SY VYANDE VERSLAAN, maar EERS moet daar vasgestel word WIE SY VYANDE IS, en dit is ALMAL wat hulle SKULDIG maak aan die volgende dinge en nie WIL BEKEER nie (nie selfondersoek en sonde belydenis wil doen en terugdraai na Abba Vader nie):
- Vyandigheid teenoor God en om teen Hom op te staan (Eksodus 15:7 en Kolossense 1:21-22).
- Aanbidding van afgode (Eksodus 20:5).
- Wanneer ons sê ons DIEN GOD maar ons VOLHARD in sonde en ons dra nie die VRUGTE van BEKERING nie (Amos 3:2 en 9:10, Jeremia 26:3, Jesaja 30:15 en Lukas 3:8-9, Galasiërs 5:19-21, Jakobus 4:8, Hebreërs 6:6, 1 Petrus 4:3 en 2 Petrus 2:21).
- Goddelose mense (mense wat nie in God glo nie, sedelik sleg is en erg sondig) Psalm 37.
- Mense wat boosheid doen (boos van aard is, slegte bedoelinge met ander het en wreed en gevaarlik is) Psalm 92:8-10.
- Mense wat die sondige koningkryk – die wêreld sisteem en die wêreld lief het (Amos 9:8 en Jakobus 4:4)
- Mense wat YHVH se mense vernietig (Obadja 10:10 en Jesaja 35:4, Mattheus 23:37 en Openbaring 18:24).
- Die wat in seksuele immoraliteit leef en nie die huwelik respekteer nie (Maleagi 2:16 en Judas 1:7)
- Die wat uit die oorvloed van slegte dinge wat in hulle harte is ligsinnige woorde spreek (slegte dinge dink en sê van ander mense sonder om hulle te bedink). Mattheus 12:34-36.
- Die wat hulle instel op wat mense wil hê (mense probeer tevrede stel) en nie op die wil van God nie (nie daarop ingestel is om God tevrede te stel nie, dit kom dus daarop neer om mense BO God te plaas) Mattheus 16:23 en Markus 8:33.
- Lastering teen die KRAG van die HEILIGE GEES van GOD (dit het te make met minagting van die krag van die Heilige Gees of om Sy krag toe te skryf aan bose magte). Mattheus 12:24-28.
- Die hoogmoediges (Spreuke 16:18, Mattheus 23:12, Lukas 1:51 en Jakobus 4:6).
- Die met BOSE HARTE wat die duisternis verkies bo die LIG (Luke 6:45 en Psalm 11:5).
- Die met harde harte wat nie wil BEKEER (nie sondebelydenis wil doen en omdraai weg van die sonde af nie) nie (Lukas 13:3 & Openbaring 2:5, Spreuke 28:13, Romeine 2:5, Jeremia 18:8 en Openbaring 2:21).
- Die duiwel wat kom om mense te slag, by hulle te steel en hulle te vernietig (Joh 10:10a en Mattheus 13:39).
- Die addergeslag – mense wat die duiwel verkies as hulle vader en leuens liefhet, bedrog pleeg en ander MISLEI en moord pleeg (Johannes 8:44, Mattheus 3:7, 12:34, 23:33 en Handelinge 13:10).
- Vyande van die KRUIS van God – elke mens wat nie die dood van Yeshua die Messias aanvaar as die volle prys wat vir hulle sondes betaal is nie (Filippense 3:18, 1 Johannes 4:3 en 2:22 en 2 Johannes 1:7).
- Die wat Abba Vader se seëninge minag (Genesis 27:34 en Hebreërs 12:17).
- Vals godsdienstigheid (Jakobus 1:27, Lukas 11:42, Matthues 12:33-35, 15:9 & 23:13-27).
- Die VLEES (die ou sondige natuur) is die vyand van die HEILIGE GEES (Kolosense 3:5 en Galasiërs 5:16-24).
- Die wat kwaad met kwaad vergeld (1 Petrus 3:9).
- Die wat sê hulle het geen sonde nie (1 Johannes 1:8 en Romeine 3:23).
- Die wat ONGEHOORSAAM is aan YHVH ons God se GEBOOIE (1 Johannes 2:3-6).
- Die antichris/ antimessias (1 Johannes 2:18 en 2 Thessalonicense 2:4).
- EN die dood (1 Korinthiërs 15:26 en Openbaring 20:14).
HY WEET NOU REEDS WIE SY VYANDE is want Hy KEN die EINDE van die BEGIN AF (Jesaja 46:10) maar HY gee FINALE KANSE AAN MENSE om hulle VRYE WIL te gebruik om DIE LEWE of DIE DOOD te KIES (Deuternomium 30:19 en Johannes 10:10) want Hy wil nie hê dat ENIGE IEMAND VERLORE MOET GAAN NIE (Esegiël 18:32, 2 Petrus 3:9 en Openbaring 2:21) – DAAROM gaan ALMAL (gelowiges en ongelowiges) GOED GETOETS word met VERDRUKKING.
Ons lees dwarsdeer die WOORD hierdie konsep van BEPROEWING/ TOETSING van:
1.DIE MENSE VAN YHVH, almal wat inent op die BOOM van ISRAEL (Romeine 11)
In Eksodus 20 verskyn GOD aan die volk om SY WET aan hulle te gee en hulle skrik so groot vir SY MAGTIGE VERSKYNING dat hulle vir Moses sê God moet eerder met hom spreek want hulle is bang om te sterf en dan sê Moses aan hulle in vers 20: “Wees nie BEVREES nie want GOD het GEKOM om julle te BEPROEF en dat SY VREES voor julle oë moet wees sodat julle NIE SONDIG NIE.”
In Genesis hoofstuk 22 lees ons van ABRAHAM se TOETS as bewys van SY GETROUHEID in GEHOORSAMHEID aan YHVH voordat Hy hom ryklik seën as die vader van ‘n GROOT NAGESLAG waaruit die MESSSIAS sou voortkom. Lees ook die verwysing daarna in Hebreers 11:17 en 1 Petrus 1:6-7.
In Deuternomium 13 lees ons voorskrifte oor VALS PROFETE en VOORSTANDERS van AFGODERY en daar word gesê dat indien ‘n PROFEET jou wil oortuig met TEKENS en WONDERS om agter ander (kleinletter) gode aan te loop, lees ons in vers 3-4 “dan moet jy nie luister na die woorde van die profeet of na die man wat as dromer optree nie; want YHVH BEPROEF julle (toets julle deur LYDING) om te weet of julle WERKLIK YHVH julle God LIEFHET met julle HELE HART en met julle HELE SIEL. Julle moet YHVH julle God NAVOLG en Hom VREES en SY GEBOOIE HOU en na SY STEM LUISTER en HOM DIEN en HOM AANHANG (Hom liefhê en volg/ gehoorsaam). Lees ook Johannes 14:15 en 1 Johannes 5:3.
Ons lees in Psalm 11:5 “YHVH TOETS die REGVERIGE”.
In Hebreërs 12:4-12 kry ons RIGLYNE oor hoe om te VOLHARD onder BEPROEWING volges die VOORBEELD van Yeshua ons Messias. Die Bybel in Praktyk verduidelik: GELOWIGES moet besef dat SWAARKRY baie keer ‘n manier is waarop GOD ons teregwys (ons waarsku en disisplineer soos ‘n pa sy kind). God gebruik dan swaarkry om ons te laat besef dat ons op die VERKEERDE PAD is. Ons lees hier dat YHVH die TUG wie Hy liefhet. Yeshua ons Messias bevestig hierdie woorde aan die GEMEETNE van Loadicea in Openbaring 3:19. Lees ook Spreuke 3:11-12. Ons moet TUG dus beskou as deel van GOD ons VADER se opvoeding (geestelike vorming tot volwassenheid). Mense reageer op verskillende wyses op God ons Vader se tugtiging, soos om dit te aanvaar en hulle daaraan te onderwerp en daaruit te groei, of om hulleself te bejammer of kwaad te word vir God of met dankbaarheid dit te aanvaar vanuit die hand van ‘n liefdevolle Vader en te besef dat Hy dit alles vir ons ten goede laat meewerk (Genesis 50:20 en Romeine 8:28). Ons moet oefen om met ‘n positiewe gesindheid Abba Vader se dissipline te aanvaar en daarop te reageer omdat ons dan beter instaat is om SY wil te doen en SY guns en seën te geniet.
Ons lees van ISRAEL se sondes en hulle KASTYDING (straf, tug/ oefen en ontwikkel die gees om gehoorsaameid en streng orde te verseker/ beheer verkeerde neigings/ leer dissipline en om aan gesag te onderwerp) in Hosea 13:12-15 en in hoofstuk 14 ‘n OPROEP tot BEKERING.
In 1 Korinthiërs 10 waarsku Paulus die GELOWIGES om nie vir GOD te versoek soos ISRAEL (AL TWAALF STAMME sowel as die mense van gemengde bloed wat saam met hulle was volgens Eksodus 12:38) in die WOESTYN nie. En in 1 Korinthiërs 10:11-13 sê Paulus: “Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as VOORBEELDE en is opgeteken as WAARSKUWINGS aan ONS op wie die EINDES van die EEUE gekom het. Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie. GEEN VERSOEKING het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie (ander mense ervaar dieselfde soort versoekings); maar GOD is GETROU wat NIE TOELAAT dat julle bo julle KRAGTE VERSOEK word nie; maar Hy sal met die VERSOEKING ook die UITKOMS GEE, sodat julle dit sal kan verdra.”
Yeshua die Messias sê in Mattheus 24:9-12 dat die EIND TYD ‘n baie moeilike tyd gaan wees en GELOWIGES gaan oorgegee word aan VERDRUKKING en sal selfs doodgemaak word omdat hulle GEHAAT sal word oor SY NAAM. En baie sal tot STRUIKELING gebring word en mekaar VERRAAI (onbetroubaar optree) en HAAT. EN daar sal BAIE VALSHEID (bedrog, oneerlikheid, onopregtheid, onegtheid) en MISLEIDING (verkeerde voorstellings om mense te bedrieg met leuens om hulle op ‘n verkeerde spoor te lei) wees en die LIEFDE (vir God en vir mekaar) sal by die meeste mense VERKOEL omdat die ONGEREGTIGHEID (sonde, wetteloosheid/ om God se wette en landswette/ menswette te oortree en om doelbewus kwaad te doen) sal vermeerder. En in Mattheus 24:13 gee Hy die ADVIES wat HY ook aan ELKEEN van die SEWE GEMEENTES in Openbaring hoofstuk 2 en 3 gee, naamlik: “Maar wie VOLHARD (of OORWIN) TOT DIE EINDE TOE, hy sal GERED word.” Lees ook Openbaring 21:7.
Ons lees ook hoe ELKE GEMEENTE opdrag gegee word om hulle te BEKEER van spesifieke sondes. En NET EEN GEMEENTE (ons kan dalk sê ‘n “tipe gelowige”) gaan BEWAAR word tydens die TOETSING, naamlik die GEMEENTE van FILADELFIA. Ons lees die rede daarvoor in Openbaring 3:10: “Omdat jy die WOORD van MY LYDSAAMHEID (met geduldigheid, gelatenheid aanvaar het en met berusting volhard het in lyding) bewaar (gehandhaaf, nagekom) het (dit beteken GEHOORSAAM gebly het aan Hom ten spyte van LYDING en VERVOLGING), sal EK jou ook BEWAAR in die UUR van BEPROEWING (toetsing deur lyding) wat oor die HELE WÊRELD kom om die BEWONERS van die AARDE op die PROEF te stel (die kwalitiet van hulle liefde vir God en hulle medemens te bepaal).”
Hierdie mag dus die GETROUE ISREALIETE, die 144,000 (12,000 mense uit elkeen van die TWAALF STAMME van ISRAEL), wees wat VERSEËEL sal word met diie SEËL van YHVH, die LEWENDE GOD op hulle voorkoppe waarvan ons lees in Openbaring 7:1-7 asook die VRYGEKOOPTES van die LAM wat ook beskryf word as die EERSTELINGE wat dié mense is wat SY BLOED offer aan die KRUIS aanvaar het as volle betaling vir hulle sondes en GESTERF het aan hulle VLEES saam met HOM en OPGESTAAN HET as NUWE MENSE (WEDERGEBORE mense), wat GEVUL is met die VUUR van SY HEILIGE GEES en WAT HOM met UITERSE GETROUHEID VOLG waarvan ons lees in Openbaring 14:1-5.
Ons weet as GELOWIGES hoef ons nie meer die DOOD te vrees nie want ons weet soos Prediker 12:7 verduidelik wanneer die mens sterf keer die liggaam terug na die stof van die aarde waaruit dit geneem is (die mens se aardse liggaam word weer stof) en die gees van die mens keer terug na GOD wat dit gegee het. En ons weet ook as GELOWIGES kry ons NUWE LIGGAME met die WEDERKOMS van YESHUA ons MESSIAS. Paulus praat daarvan in 1 Korinthiërs 15:51-52 wanneer hy sê: “Kyk, ek deel julle ‘n VERBORGENHEID mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie (nie almal sal sterf nie, daar sal nog ‘n paar gleowiges oor wees aan die einde van die verdrukking), maar ons sal almal VEERANDER word, in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die LAASTE BASUIN (met die BLAAS van die SEWENDE TROMPET of SHOFAR in Hebreeus wat YHVH se VYFDE FEES, die FEES van TROMPETTE is wat oor die periode van September/ Oktober elke jaar plaasind) in die JAAR en op die UUR soos net HYSELF weet; want se Paulus verder in 1 Korinthiërs 15:52 “…die basuin sal WEERKLINK, en die dode sal ONVERGANKLIK OPGEWEK word; en ons sal VERANDER word en so sal die DOOD OORWIN word (lees vers 53-58).
2.DIE NASIES (ONGELOWIGES waarvoor ABBA VADER nog die kans wil gee om te BEKEER)
Ons lees in Mattheus 24:14 “En hierdie EVANGELIE (die GOEIE NUUS) van die KONINGKRYK sal VERKONDIG word in die HELE WÊRELD tot ‘n GEUIENIS vir AL DIE NASIES; en dan sal die EINDE kom.
Ons lees in Jesaja 19:22-25 hoe YHVH mense soos die EGIPTENARE sal SLAAN en GENEES; en hulle sal hul tot Hom BEKEER. En EGIPTE sal saam met ASSIRIË vir YHVH DIEN.
En ons sien OOR een OOR hoe daar deur die VERDRUKKING met die OOPMAAK van die SEWENDE SEËL aan ONGELOWIGES die kans gegee word om hulle te BEKEER. Maar dit sal ‘n bitter tyd wees en daarom moet mense nie wag tot dan om terug te draai na YHVH ons SKEPPER nie. Dit is die GRAAN en DIE DRUIWE OES waarvan ons lees in Openbaring 14:14-20.
Ons weet onglukkig ook vanuit Openbaring 9:20-21 dat mense wat nie deur die PLAE GEDOOD is wat losgelaat word tydens die SESDE TROMPET nie, hulle nie sal BEKEER van hulle WERKE van hulle hande (die NLV sê: hulle het nie tot inkeer gekom wat hulle dade betref nie), om die duiwels te aanbid, of die afgode van goud, silwer en klip en hout wat nie kan sien of hoor of loop nie. En hulle het hulle ook nie bekeer van hule MOORDE en hul TOWERYE n hulle HOERERY en hulle DIEFSTAL nie.
Ons lees dan in Openbaring 10:6-7 DAT DAAR NIE MEER TYD is nie en dat die VERBORGENHEID van GOD, soos HY die BLYE TYDING verkondig het aan Sy diensknegte, die PROFETE volbring gaan word met die blaas van die SEWENDE TROMPET. Maar ons sien dat ABBA VADER in SY GROOT LIEFDE en GENADE tot op die HEEL LAASTE OOMBLIKKE met die BLAAS van DIE SEWENDE TROMPET, kort voor die WEDEKOMS van YESHUA die MESSIAS steeds FINALE KANSE gee tot BEKERING. Ons lees in Openbaring 16:8-11 en 21 daarvan en onglukkig sal BAIE steeds nie BEKEER nie en sterf as YHVH se VYANDE tydens die FINALE OORLOG bekend as ARMAGEDON (lees Openbaring 21 en Openbaring 20:5) en hulle sal eers weer opstaan waneer die FINALE GROOT WIT TROON OORDEEL PLAASVIND en hulle dan ongelukkig die TWEEDE DOOD SAL STERF in die POEL SWAEL EN VUUR soos ons lees in Openbaring 20:11-15.
So wat sê die WOORD van ABBA VADER moet ons as GELOWIGES in YESHUA die MESSIAS in hierdie tyd DOEN?
- SEKER maak ons VLEES (die dinge waarvan ons lees in Galasiërs 5:19-21) het GESTERF saam met YESHUA die MESSIAS en dat ons SAAM met HOM OPGESTAAN het as WEDEGEBORE kinders van Abba Vader. En ons moet DAAGLIKS OORLOG VERKLAAR teen hierdie VRUGTE van die VLEES en DOELBEWUS STERF aan die VLEES met die hulp van die Heilige Gees en OEFEN om SY VRUGTE van liefde, vrede, vreugde, geduld, viendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid/ nederigheid en selfbeheersing te dra. (Joël 2:1-17, Galasiërs 5:19-23, Efesiërs 2:1-10 en Kolossense 3:12)
- ONS MOET SEKER MAAK ONS HET VIR GOD DIE VADER LIEF met ons HELE HART, SIEL en AL ONS KRAG deur die DOELBEWUSTE TOEPASSING van GEBOD 1-4 en dus DOELBEWUS WEGDRAAI VAN AGODE (alles wat ons tyd en aandag oormatig in beslag neem). (Eksodus 20:1-11 en Mattheus 22:36-40).
- Ons moet SEKER maak dat ons ons NAASTE so LIEF het soos ONSSELF deur die doelbewuste toepassing van GEBOD 5-10 (Eksodus 20:12-17, Mattheus 22:36-40 en Romeine 13:8-14).
- ONS MOENIE BANG WEES NIE maar net GETROU wees TOT DIE DOOD TOE want ons weet hoe ALLES EINDIG – Ons KONING wen en ons sal vir EWIG saam met Hom en die Vader woon (Deuternomium 3:22, Mattheus 10:26-28, 2 Timotheus 1:7 en Openbaring 16-22).
- ONS KAN VERSEKER WEET HY SAL ONS TROOS, LEI en BESKERM deur hierdie swaar tyd van VERDRUKKING (Johannes 16:21-22 & 33, Romeine 15:13, Jeremia30:10-11, Psalm 23 en 27).
- ONS MOET WAKKER en WAAKSAAM BLY (Jesaja 51:6 en 52:1-3, Lukas 21:36 en 1 Korinthiërs 16:13).
- ONS MOET IN ABBA VADER SE SKUILPLEK bly VAS GEANKER op ons ROTS YESHUA DIE MESSIAS met GEHOORSAAMHEID (1 Kronieke 16:11, Psalm 1, Psalm 91, Psalm 119, Kolossense 1:23 en Filippense 4:4-7).
- ONS MOET ANDER mense ROEP om WAKKER te word en te BEKEER (Mattheus 24:45-51, Handelinge 11:21 en 20:24, 2 Timotheus 2:24-26, Kolossense 1:23 en Jakobus 5:19-20).
- ONS MOET VASSTAAN en VOLHARD tot die EINDE toe (Mattheus 24:9-14, Openbaring hoofstuk 2-3, Psalm 55:23 en 1 Korinthiërs 15:58).
Die EIND BOODSKAP aan ELKEEN van die SEWE GEMEENTES is ook die BOODSAKP aan my en jou: ELKEEN wat KAN HOOR, moet LUISTER wat die HEILIGE GEES sê! Mag dit ons GEBED wees vir onsself, ons geliefdes, en die hele wêreld se bevolking, mag ons HOOR, LUISTER en DOEN sodat ons KAN VASSTAAN en OORWIN tot DIE EINDE en die EWIGE LEWE saam met HOM kan beërwe.
