Skip to content

DIE WAARHEID oor die KRUISIGING en die SIMBOOL van die KRUIS, Deel 13: Die Profete – Yeshua se Bediening as Priester

28 Mei 2025

Ons gesels verder oor die TWYFEL wat onder gelowiges ontstaan het gedurende die laaste aantal jare oor die metode van KRUSIGING van YESHUA ons MESSIAS asook die SIMBOOL van die KRUIS.

Ons is besig om DIE PROFETE te ondersoek vir enige bewyse van die KRUISIGING en die SIMBOOL VAN DIE KRUIS.

Ons gesels oor die profesieë in die Ou Testament oor YESHUA die MESSIAS se BEDIENING en die VERVULLING daarvan in die Nuwe Testament en fokus vandag op Sy rol as PRIESTER.

In die Nelson’s Foundational Bible Dictionary lees ons die volgende oor:

Die PRIESTERS: Voor die instelling van die LEVITIESE PRIESTER ORDE gedurende die tyd van Moses, was die FUNKSIES van ‘n PRIESTER uigevoer deur INDIVIDUE  soos byvoorbeeld Adam en Eva se twee seuns Abel en Kain. Die hoof van ‘n groep mense of familie was dus beskou as die PRIESTER, soos in die geval van die aardsvaders (die hoofde van die TWAALF STAMME). Tydens die uittog uit Egipte by die Berg Sinai is die STAM van LEVI uitgesonder deur YHVH om die ROL as PRIESTERS te vervul in die TABERNAKEL en Moses het in opdrag van YHVH sy broer Äaron gewy (aan God toegewy/ geheilig/ afgesonder vir diens aan Hom) as die EERSTE HOËPRIESTER van ISRAEL. Moses en Äaron was gebore vanuit die Stam van Levi en spesifiek Levi se seun Kehat  (Eksodus 6:16-19). En die hoofpriesterskap is in die familie van Äaron voortgesit van gslag tot geslag (lees Eksodus 28:1, 40:12-15). Na die dood van Äaron, het sy oudste seun Eleasar hom opgevolg as hoëpriester (lees Numeri 20:25-28 en Dueternomium 10:6) en hy is weer opgevolg deur sy seun Pinehas (lees Rigters 20:28 en 1 Kronieke 6:4 & 50).

Die LEVITIESE PRIESTER ORDE: The LEVIETE was die afstammelige van Jakob en Lea (die derde seun van die TWAALF SEUNS wat later bekend gestaan het as die TWAALF STAMME). Die LEVIETE het by die Berg Sinai GETROU gebly aan YHVH, en hulle is GEKIES om DIENS te doen by die TABERNAKEL (Eksodus 32:26-29, Numeri 3:9, 11-13, 40-41, 8:16-18). Op 20 jarige ouderdom kon hulle begin deel neem aan dienste en op 30 jarige oudrdom het die LEVIETE gekwalifiseer om die volle diens te doen by die Tabernakel. Lees Numeri 4:3, 1 Kronieke 23:3-5, 24 en 28:31. Dit is ook interessant dat ons ook BEVESTIGING kry in die Nuwe Testament dat Yehsua, alhoewel Hy nie van die Stam van Levi was nie, maar van die Stam van Juda, Sy openbare BEDIENING begin het, so ons kan sê, INGEWY (toegewy aan God) deur die DOOP, toe Hy 30 jaar oud was (Lukas 3:23).

Die HOËPRIESTERS: Die hoëpriester was VERANTWOORDLEIK om toe te sien dat die PRIESTERS al hulle take uitvoer (2 Kronieke 19:11). Sy belangrikste taak het jaarliks plaasgeind op die DAG VAN VERSOENING (Fees 5 van YHVH soos opgeteken in Levitikus 23:26-32). Op hierdie dag het hy die ALLERHEILIGSTE GEDEELTE van die TABERNAKEL binne gegaan en eers ‘n bloed offer gebring vir sy EIE SONDES en daarna vir die SONDES van die VOLK die AFGELOPE JAAR. (Eksodus 30:10). Hy het dus opgetree as die MEDIATOR (TUSSENGANGER/ MIDDELAAR) tussen die VOLK en GOD. David het die LEVITIESE PRIESTERS georganiseer in ‘n groep van 24 om diens te doen by die TABERNAKEL tydens sy regering as koning (1 Kronieke 24:1-19). Koning Hisekia en koning Josia van Juda het later die hoëpriester gehelp met die HERVORMING (herorganisering) en HERSTEL van die TEMPEL (2 Konings 23 en 2 Kronieke 29). In die NUWE TESTAMENT is daar verwys na die hoëprister as die HOOF of LEIER van die mense (lees Handelinge 23:4-5). En hy was die VOORSITTER van die SANHEDRIN (die Joodse Raad wat NIE ‘n instelling van YHVH af was nie en wat ook ‘n prominente rol gespeel het in die VERHOOR, VALS GETUIENIS en DOODSTRAF van YESHUA die MESSIAS), die HOOGSTE GESAG van die Jode (die Suidryk bestaande uit die stamme van Juda en Benjamin – lees Mattheus 26:57-59).

Ons lees in Psalm 110:4 “YHVH het gesweer (’n EED afgelê), en dit sal Hom nie berou nie (Hy sal nie spyt wees daaroor nie, die NLV sê: Hy sal dit NIE herroep nie): (hoofletter) U is PRIESTER vir EWIG volgens die ORDE van MELGISEDEK.” Dit word bevestig in die Nuwe Testament in Hebreërs 5:6 asook 6:20 dat YESHUA die MESSIAS hierdie EWIGE PRIESTER IN DIE ORDE VAN MELGISEDEK IS.

Ons weet van die LEVITIESE PRIESTER ORDE ingestel deur YHVH self in die Ou Testament, maar WAT is die PRIESTER ORDE van MELGISEDEK?

Ons lees die eerste keer van MELGISEDEK in Genesis 14:18 nadat Abram sy neef Lot wat as gevangene weggevoer is gered het, lees ons na sy terugkoms van die oorwinning: “En MELGISEDEK, die koning van SALEM (die woord SALEM is soortgelyk aan die Hebreeuse word SHALOM wat beteken VREDE, GESONDHEID, INTEGRITEIT en HEELHEID en is ook ‘n verwysing na die stad JERUSALEM), wat ‘n priester van God, die Allerhoogste, was, het BROOD en WYN gebring en hom GESEËN en gesê: GESEËND IS ABRAM DEUR GOD, DIE ALLERHOOGSTE, DIE SKEPPER VAN HEMEL EN AARDE. En GESEËND IS GOD DIE ALLERHOOGSTE, WAT U VYANDE IN U HAND GEGEE HET. Toe gee hy (Abram) hom (vir Melgisedek) die TIENDE VAN ALLES.”

Die skrywer van die Boek Hebreërs in die Nuwe Testament verduidelik dat die PREISTERSKAP VAN MELGISEDEK ‘n tipe van die EWIGE PRIESTERSKAP van die MESSIAS is. Ons lees in vanaf Hebreërs 6:13-20 tot Hebreërs 7:28Want toe God aan Abraham die BELOFTE gegee het, het Hy, omdat Hy by geen meerdere kon sweer (‘n eed kon aflê) nie, by Hom (self) gesweer (‘n eed afgelê) en gesê: Voorwaar (verseker), Ek sal jou ryklik seën en jou grootliks vermeerder (aan jou ‘n groot nageslag gee). En so het hy die BELOFTE verkry nadat hy geduldig gewag het. Want mense sweer (lê ‘n EED af) by een wat meer (belangriker as hulleself) is, en die EED van BEVESTIGING is vir hulle die EINDE van alle TEËSPRAAK (die NLV sê: Vir hulle is die EED dan absoluut BINDEND). Daarom het God, omdat Hy NOG KRAGTIGER aan die ERFGENAME van die BELOFTE die ONVERANDERLIKHEID van SY RAAD (Sy belsuit) wou toon, dit met ‘n EED GEWAARBORG; sodat ons deur TWEE ONVERANDERLIKE DINGE, waarin dit ONMOONTLIK is dat God kan lieg, KRAGTIG BEMOEDIGING kan hê, ons wat ONTVLUG HET (losgekoop is van die sonde en die dood deur Yehsua die Messias se kosbare bloed), om VAS TE HOU AAN DIE HOOP WAT VOORLÊ; en ons het dit as ANKER VAN DIE SIEL wat VEILIG en VAS is en INGAAN TOT BINNEKANT DIE VOORHANGSEL (d.w.s tot in die ALLERHEILIGSTE gedeelte van die Tabernakel/ Tempel waar God die Vader is) waar YESHUA as VOORLOPER vir ons INGEGAAN het, Hy wat VOLGENS DIE ORDE VAN MELGISEDEK ‘n HOËPRIESTER geword het VIR EWIG. Want hierdie MELGISEDEK was koning oor SALEM, priester van GOD, die ALLERHOOGSTE, wat vir Abraham tegemoet gegaan het by sy terugkeer toe hy konings verslaan het, en hom geseën het; aan wie Abraham ook ‘n TIENDE DEEL van ALLES gegee het – hy was in die eerste plek, volgens uitleg, koning VAN DIE GEREGTIGHEID en dan ook koning van Salem, DIT IS koning VAN VREDE; sonder vader, sonder moeder, sonder geslagregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar GELYKGESTEL AAN DIE SEUN VAN GOD, bly hy PRIESTER altyddeur.

Let nou op hoe groot hierdie man was, aan wie selfs Abraham, die aartsvader; ‘n TIENDE van die buit (dit wat hy verower het, sy oorlogsbuit) gegee het. Nou het hulle wat uit die seuns van LEVI die PRIESTERSKAP ontvang, wel ‘n gebod (bevel, voorskrif) om, VOLGENS DIE WET (die TORAH), van die volk TIENDES te neem, dit is van hulle broers ofskoon (alhoewel) hulle uit die lendene van Abraham voortgekom het (die Leviete was soos reeds bespreek afstammelinge van Abraham se seun Isak en Isak se seun Jakob en Jakob se seun derde seun Levi by Lea); maar hy wat nie uit hulle sy geslagsregister aflei nie (Melgisedek was dus NIE uit die Stam van Levi nie), het van Abraham TIENDES geneem en die besitter van die BELOFTES (vir Abraham) geseën. Nou word sonder enige teëspraak (verset met woorde, redenering, ontkenning) die mindere (die minder belangrike persoon) deur die meerdere (die belangriker persoon) geseën. En hier neem wel STERFLIKE MENSE TIENDES (die LEVITIESE priesters), maar DAAR is een (Melgisedek, ‘n skaybeeld van Yehsua die Messias) van wie getuig word dat hy (vir ewig) LEWE. En, om so te sé, het ook LEVI wat TIENDES ontvang, deur Abraham TIENDES gegee; want hy was nog in die lendene (die liggaam) van sy vader toe MELGISEDEK hom tegemoet gegaan het (m.a.w Levi, Abraham se agterklein kind was nog nie gebore nie, maar het as te ware omdat sy saad vanuit Abraham se liggaam gekom het, ook aan Melgisedek die tiende gegee). As daar dan VOLKOMENHEID deur die LEVITIESE PRIESTERSKAP was (dit verwys na die bereiking van die doel van VERSOENING/ om vrede te maak met God die Vader)want met die oog daarop dat die VOLK DIE WET (die Torah bepalings in Eksodus tot Deuternomium insake die LEVITIESE PRIETERORDE en die OFFERSTELSEL) ontvang (het) – waarom was dit nog nodig dat ‘n ANDER PRIESTER MOES OPSTAAN VOLGENS DIE ORDE VAN MELGISEDEK en dat dit nie volgens DIE ORDE VAN ÄARON GENOEM WORD NIE? Want met VERANDERING van die PRIESTERSKAP kom (is dit ook) NOODSAAKLIK  (dat daar ‘n ) VERANDERING van die WET (die Torah) kom (hier word verwys na die verandering van PIESTERORDE van die LEVITIESE PRIESTERORDE na die MELGISEDEK PRIESTERORDE asook die verandeirng van die OFFERSTELSELYehsua die Messias, die Lam van God die Vader was die VOLMAAKTE offer vir eens en vir altyd); omdat Hy met die oog op wie hierdie dinge gesê het, aan ‘n ANDER STAM BEHOORT HET waaruit niemand die altaar bedien het nie (met verwysing na Juda wat nie aangestel was om diens as priesters te doen nie). Want dit is VOLKOME DUIDLEIK dat onse MEESTER (Yehsua die Messias) uit JUDA VOORTGESPRUIT het, en met betrekking tot hierdie stam (Juda) het Moses niks gesê van die PRIESTERKSKAP nie. En nog BAIE DUIDELIKER is dit as daar ‘n ANDER PRIESTER OPSTAAN na die EWEBEELD van MELGISEDEK,  een wat dit geword het NIE KRAGTENS DIE WET (die Torah) van ‘n VLEESLIKE GEBOD (bevel/ voorskrif) nie (dit beteken mense STERF vlgens God se bepaling na ‘n sekere aantal jare, soos van toepassing op ons tyd in Psalm 90:10 word die mens 70 en die wat baie sterk is 80), maar uit die KRAG van die ONVERNIETIGBARE LEWE (Yeshua die Messias leef  VIR ALTYD en hoef nie vervang te word nie, Sy posisie as HOOFPRIESTER is dus PERMANENT). Want Hy (GOD die VADER) GETUIG: U (YESHUA die MESSIAS) is PRIESTER VIR EWIG VOLGENS DIE ORDE VAN MELGISEDEK (‘n aanhaling van Psalm 110:4). Want aan die eenkant is daar die OPHEFFING VAN DIE VOORAFGAANDE GEBOD (die ou LEVITIESE PRIESTERORDE en DIERE OFFERSTELSEL) weens die SWAKHEID en NUTTELOOSHEID daarvan (lees ook Romeine 8:3, dit het dus daarmee te make dat die WET / TORAH soos toegepas deur die Levitiese Priesterorde, nie mense kon RED nie en ook nie die bloed van offerdiere nie, slegs die BLOED van Yeshua die Messias kon dit doen), omdat die WET (m.b.t. die riglyne in die Torah, Eksodus tot Deuternomium oor die LEVITIESE priesterorde en diere offerstelsel) NIKS VOLKOME GEMAAK HET NIE; maar aan die ander kant is daar die INVOERING (bekendmaking) van ‘n BETER HOOP waardeur ons TOT GOD (die VADER) nader. En vir sover dit nie sonder EEDSWERING (die aflê van ‘n eed) was (nie) – want hulle (die Leviete) het sonder eedswering (die aflê van  ‘n eed) PRIESTERS geword, maar Hy (Yehsua die Messias) MET EEDSWERING (die aflê van ‘n eed) deur die (hoofletter) EEN (die Vader) wat aan Hom gesê het: YHVH het gesweer (’n EED afgelê) en dit sal Hom nie berou nie (Hy sal dit nie herroep nie): U is PRIESTER VIR EWIG volgens die ORDE van MELGISEDEK (Psalm 110:4)in sover het YESHUA van ‘n BETER VERBOND BORG GEWORD (ons lees in Hebreërs 8:6: Yeshua die Messias het ‘n BEDIENING verkry wat net soveel UITNEMENDER is as wat Hy MIDDELAAR is van ‘n VOORTREFLIKER VERBOND, ‘n VERBOND wat VOORTREFLIKER  is omdat dit op VOORTREFLIKER BELOFTES berus). En hulle (die Leviete) het wel PRIESTERS geword in ‘n GROOT AANTAL, omdat hulle deur die DOOD verhinder is om aan te bly (m.a.w hulle het gesterf omdat hulle mense was en moes dus keer op keer opgevolg word deur ‘n nuwe priester); maar Hy (Yeshua), OMDAT HY VIR EWIG BLY (m.a.w Hy kan nie sterf nie), besit ‘n PRIESTERSKAP wat NIE op ander oorgaan (oorgedra word) nie). Daarom kan Hy ook VOLKOME RED dié wat deur HOM TOT GOD (die VADER) gaan, omdat HY ALTYD LEEF OM VIR HULLE IN TE TREE. Want so ‘n HOËPRIESTER was vir ons gepas, een wat HEILIG, ONSKULDIG, ONBESMET, AFGSEKEI van die sondaars is  en wat HOËR as die hemele geword het (die NLV sê: Hy bevind Hom in die hoogste hemele); wat NIE elke dag nodig het, soos die hoëpriesters (van LEVITIESE menslike oorpsrong), om eers vir Sy eie sondes offers te bring en dan vir die van die VOLK nie. Want dit het Hy NET EEN MAAL GEDOEN toe HY HOMSELF GEOFFER HET. Want die WET (Torah) stel as hoëpriesters aan mense met swakhede, maar DIE WOORD van die EEDSWERING (die aflê van ‘n EED) wat NÁ die WET (Torah) gekom het, stel DIE SEUN aan, wat VIR EWIG VOLMAAK IS.” Lees ook Hebreërs hoofsuk 5.

Die Jewish Study Bible – Insight for Jews and Christians, verduidelik: Die feit dat dat daar geen rekord is van MELGISEDEK se ouers, geboorte, of dood nie beteken bloot dat die Ou Testament geen agtergrond inligting oor hom gee nie. En daarom maak die skrywer van Hebreërs daarvan gebruik om te sê dat MELGISEDEK voortgaan as ‘n priester vir altyd, net soos die SEUN van GOD. MELGISEDEK dien dus as ‘n tipologie (‘n vooruitsakuwee of beeld) van die MESSIAS YEHSUA wat sou kom, asook Sy rol as HOE PRIESTER en Sy ewige koningkryk. YESHUA die MESSIAS se PRIESTERSKAP is VERHEWE bo die van die LEVITIESE priesters want hulle was self sondig en moes eers vir hulle eie sondes offers bring voordat hulle dit vir die volk kon doen maar Yehsua die Messias was SONDER SONDE en die DOOD het dus GEEN mag oor Hom gehad nie en daarom was Hy die VOLMAAKTE OFFER sonder bevlekking (onbvlek deur die sonde) soos wat die TORAH (die voorskrifte in Eksodus tot Deuternomium) vereis. Paulus verduidelik dit ook in Romeine 6:7-18.

Dit word bevestig in Hebreërs 4:14-15 waarin ons lees: “Terwyl ons dan ‘n GROOT HOËPRIESTER het wat deur die HEMEL DEURGEGAAN het, naamlik YESHUA die SEUN van GOD (die VADER), laat ons die BELYDENIS (plegtige verklaring van geloof/ oortuiging) VASHOU. Want ons het nie ‘n HOËPRIESTER wat nie met ons swakhede medelye (deernis/ simpatie/ empatie) kan hê nie, maar EEN wat in ALLE OPSIGTE VERSOEK IS, net soos ons, MAAR SONDER SONDE. Laat ons dan met VRYMOEDIGHEID na die TROON VAN GENADE gaan sodat ons BARMHARTIGHEID (meegevoel) kan verkry en GENADE  vind  om op die REGTE TYD GEHELP te word (die troon van genade verteenwoordig die VERBONDSARK met die VERSOENDEKSEL bo-op, die “ARK of the COVENANT met die MERCY SEAT” in die ALLERHEILIGTE. Die volle prys vir die sonde is betaal deur Yehsua ons Messias met Sy kosbare bloed, die swaar gordyn wat ons geksei het van Abba Vader is middeldeur geskeur en ons kan nou vryelik tot Hom nader in die Allerheiligste gedeelte waar ons Hom vind).

Die skrywer van Hebreërs verduidleik dit verder in Hebreërs 10:19-31Terwyl ons dan, broeders, VRYMOEDIGHEID het om in die  HEILIGDOM (die Tempel) in te gaan deur die BLOED van Yehsua op die NUWE en LEWENDE WEG wat Hy vir ons INGEWY het deur die VOORHANGSEL (die swaar gordyn van die Tempel tussen die Heilige en Allerheiligste gedeelte wat in twee geskeur het) heen, dit is SY VLEES (Sy LIGAAMLIKE DOOD namens ons), en ons ‘n GROOT HOËPRIESTER oor die HUIS van GOD (die Vader, die Tempel) het, laat ons TOETREE met ‘n WAARAGTIGE HART in VOLLE GELOOFSVEREKERDHEID, die HARTE deur BESPRINKELING GEREINIG van ‘n SLEGTE GEWETE  (dit verwys na die sprinkeling van die BLOED van YESHUA ons Messias op die VERSOENDEKSEL/ DIE MERCY SEAT in die Hemelse tabernakel net soos wat die diere offers se bloed gesprinkel was op die DAG VAN VERSOENING maar jaarliks herhaal moes word, maar nou vir eens en vir altyd afgehandel is) en die LIGGAAM GEWAS met REIN WATER (dit verwys na die DOOP as teken van die DOOD van die VLEES/ die ou sondige natuur asook om GEWAS te word met die WATER van die WOORD – lees 1 Petrus 1:2, Romeine 6:1-5 en Effesiers 5:26). Laat ons die BELYDENIS van die HOOP ONWANKELBAAR VASHOU, want HY wat dit BELOOF het is GETROU; en laat ons op mekaar ag gee om tot LIEFDE en GOEIE WERKE AAN TE SPOOR; en laat ons ons ONDERLINGE BYEENKOMS (die bymekaar kom van gelowiges, in daardie tyd in huise) nie versuim nie soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar VERMAAN (ernstig waarsku), en dit des te meer (nog meer) namate julle die DAG (van Sy wederkoms) sien nader kom. Want as ons OPSETLIK (met opset, met voorbedagte rade) SONDIG, NADAT ons die KENNIS van die WAARHEID onvang het, bly daar GEEN OFFER vir ons sondes meer oor nie, maar ‘n VERSKRIKLIKE VERWAGTING van OORDEEL en ‘n VUURGLOED wat die teenstanders verteer. As iemand die WET van Moses (die Torah, Genesis tot Deuernomium) VERWERP het, STERF hy SONER ONTFERMING op die GETUIENIS van TWEE of DRIE (Deuternomium 17:6); HOEVEEL SWAARDER STRAF, dink julle, sal hy VERDIEN wat die SEUN van GOD (die VADER) VERTRAP het en DIE BLOED VAN DIE TESTAMENT (lees ook Hebreërs 13:20) waardeur hy (elke mens wat die offer van Yehsua in sy of haar plek aanvaar) GEHEILIG is (afgesonder is vir die Vader) , ONREIN GEAG (geminag het) en die GEES (die HEILIGE GEES) van GENADE GESMAAD (skandelik beledig) het? (in Hebreërs 6:4-6 sê hy: Want dit is onmoontlik om dié wat eenmaal VERLIG geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het/ ontvang het, en die goeie Woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige werêld en AFVALLIG geword het – om dié weer tot BEKERING te VERNUWE, omdat hulle ten opsigte van hulleself die SEUN van GOD (die Vader) WEER KRUISIG en OPENLIK tot SKANDE maak). Want ons ken HOM wat gesê het: MY KOM DIE WRAAK TOE, EK SAL VERGELDE, spreek YHVH; een weer: YHVH sal SY VOLK OORDEEL (lees Deuternomium 32:35). VREESLIK is dit om te val in die hande van die LEWENDE GOD.” Dit herinner aan Yehsua ons Messias se waarskuwing in Mattheus 10:28 dat ons nie mense moet vrees wat net die LIGGAAM kan dood maak nie; maar GOD die Vader moet vrees wat beide die LIGAAM en SIEL in die POEL van VUUR kan werp (m.a.w die eerste en tweede dood laat sterf weens ons EIE KEUSE van ongehoorsaamheid – lees Openbaring 20:11-15).

Die Bybel in Praktyk verduidelik: die HOËPRIESTER het in die Ou Testamentiese tyd NAMENS die GELOWIGES met GOD GEPRAAT en NAMENS GOD met die VOLK GEPRAAT (hy was dus die TUSSENGANGER/ MEDIATOR/ MIDDELAAR terwyl die SWAAR GODRYN tussen die Heilige en Allerheiligste gedeeltes van die Tempel mense van direkte toegang tot God die Vader GESKEI het WEENS ons SONDES). Nou het ons egter nie meer ‘n menslike priester wat ons skakel met God die Vader is nie. Ons nader Hom deur YESHUA ons MESSIAS die GROOT HOËPRIESTER wat VIR ONS BY GOD DIE VADER INTREE. En ons lees in 1 Timotheus 2:3-6 dat GOD, ons VERLOSSER wil hê dat ALLE MENSE GERED WORD en TOT KENNIS van DIE WAARHEID KOM. Want daar is EEN GOD (die Vader) en EEN MIDDELAAR tussen God en die mense, die mens YESHUA die MESSIAS, wat Homself gegee het as ‘n LOSPRYS VIR ALMAL, as die GETUIENIS op die REGTE TYD,…”

He-Brews-Coffee-Roastery-Logo

Stay In Touch