Skip to content

DIE WAARHEID oor die KRUISIGING en die SIMBOOL van die KRUIS, Deel 14: Die Profete – Yeshua se Bediening as Koning

4 Junie 2025

Ons gesels verder oor die TWYFEL wat onder gelowiges ontstaan het gedurende die laaste aantal jare oor die metode van KRUSIGING van YESHUA ons MESSIAS asook die SIMBOOL van die KRUIS.

Ons is besig om DIE PROFETE te ondersoek vir enige bewyse van die KRUISIGING en die SIMBOOL VAN DIE KRUIS.

Ons gesels oor die profesieë in die Ou Testament oor YESHUA die MESSIAS se BEDIENING en die vervulling daarvan in die Nuwe Testament en fokus vandag op Sy rol as KONING.

Die HAT Woordeboek omskryf KONING soos volg: ‘n MANLIKE KONING oor ‘n MONARGIE (staat, regering). ‘n Koning hou deur REG (geregtigheid/ om reg aan ander te laat grskied, regverdigheid/ in ooreenstemming met wat reg en onpartydig is, bilikheid) die land in stand (bewaar dit van ondergang en verval/ agteruitgang/ verwaarlosing). Hy is die OPPERSTE GEBIEDER (hoogste regeringsmag/ soewereine gesag/ heerskappy); die BAAS (die besitter/ die eienaar/ die hoof wat bevele en opdragte gee).

So kom ons gesels oor GOD die Vader en Yeshua die Seun se ROL as KONING. Hy is die:

SKEPPER en KONING van die HEMEL en die AARDE

In Moses se gebed in Psalm 90:2 se hy: Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van EWIGHEID is U GOD.”

In Genesis 1:1-5 lees ons: “In die BEGIN het GOD die HEMEL en die AARDE GESKAPE (uit niks gemaak). En die aarde was woes en leeg, en die duisternis was op die werêldvloed (ander weergawes praat van “die diep waters”), en die (hoofletter) GEES van GOD het gesweef op die waters. En God het gesê: Laar daar LIG wees! En daar was LIG. Toe sien God dat die LIG GOED was. En God het SKEIDING gemaak tussen die LIG en die duisternis; en God het die LIG DAG genoem, en die duistenris het Hy nag genoem. En dit was AAND en dit was MORE die EERSTE DAG.” Let wel dit was DRIE DAE voordat Hy eers op DAG VIER die SON, MAAN en STERRE geskep het!

David skryf in Psalm 104:1-1-2: ‘n LIED van die SKEPPING waarin ons lees in vers 1-2: “Loof YHVH, o my SIEL (my hart en gedagtes en my vrye wil)! YHVH my GOD, U IS BAIE GROOT! Met MAJESTEIT (die titel van ‘n vors/ regeerder, hoof van ‘n ryk, KONING) en HEERLIKHEID (glans, luister/ glorie/ roem/ aansien, voortreflikheid, grootheid, toestand van VOLMAAKTHEID) is U BEKLEED (bedek, beskerm) – wat USELF OMHUL MET DIE LIG soos met ‘n KLEED, wat die HEMEL UITSPAN soos ‘n TENTDOEK (‘n tydelike verblyf of skuiling bestaande uit seildoek omhoog gehou deur ‘n paal of pale styf getrek deur toue vasgemaak aan penne in die grond);” Sommige weergawes praat van die HEMELKOEPEL (Lees ook Jesaja 40:22).

In Johannes 1:1-5 & 14 lees ons dan WIE hierdie SKEPPER GOD van LIG is! In die BEGIN was die WOORD, en die WOORD was by GOD (die Vader), en die WOORD WAS GOD (lees Johannes 17:5, 1 Johannes 1:1). HY was in die BEGIN BY GOD (die Vader). ALLE DINGE het deur HOM ONTSTAAN en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. In HOM was LEWE, en die LEWE WAS DIE LIG van die mense. En DIE LIG SKYN in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie (lees ook Johannes 11:25 & Johannes 3:19). En die WOORD het vlees geword en het onder ons kom woon en ons het SY HEERLKHEID aanskou, ‘n HEERLIKHEID soos van die (hoofletter) EERSGEBORENE wat van die VADER komVOL van GENADE en WAARHEID (lees ook Glasiërs 4:4, 1 Timotheus 3:16 en Hebreërs 2:14 en 11:3).”

Paulus bevestig dit in Efesiërs 3:9 dat GOD die VADER ALLES GESKAPE het deur YESHUA die MESSIAS (lees ook Hebreërs 1:2).

En in 1 Korinthiërs 8:6 sê Paulus: “…daar is vir ons maar EEN GOD, DIE VADER uit WIE ALLES is, en ons tot HOM, en EEN MEESTER YESHUA die MESSIAS, deur WIE ALLES is, en ons deur HOM.”

En in Kolossense 1:15-19 “Hy (Yeshua die VERLOSSER) is die BEELD van die ONSIENLIKE GOD, die EERSGEBORENE van die HELE SKEPPING (lees ook 2 Korinthiërs 4:4 en Openbaring 3:14); WANT IN HOM IS ALLE DINGE GESKAPE wat in die HEMELE en OP DIE AARDE IS, wat SIENLIK en ONSIENLIK is, trone (ander weergawes praat van “konings”) sowel as heerskappye (ander weergawes praat van “heersers”) en owerhede en magte (ander weergawes praat van “maghebbers en gesagvoerders/ heersers”) ALLE DINGE IS DEUR HOM en TOT HOM (vir Hom) GESKAPE. En HY is VOOR ALLE DINGE, en IN HOM HOU ALLE DINGE STAND (dit bly bestendig/ dit bly voortbestaan).” Lees ook Effesiërs 1:21 en Kolossense 2:10. En in Kolossense 2:9 sê Paulus “Want IN HOM (Yeshua die Messias) WOON AL die VOLHEID van die GODHEID LIGGAMLIK.”  Dit beteken, Yeshua die Messias is die LIGGAAM van GOD die VADER en die HEILIGE GEES.

 Maar Paulus was nie die eerste een wat hieroor geskryf het nie, ons lees reeds in Psalm 33:6-9 sê David: “Deur die WOORD van YHVH (en ons weet die WOORD is Yeshua die Messias volgens Johannes 1:1-5 en Openbaring 19:13), is die HEMEL gemaak en deur die GEES van SY MOND hulle hele leër (die hemel liggame). Laat die HELE AARDE vir YHVH VREES (eerbied en ontsag hê); laat AL DIE BEWONERS van die AARDE vir HOM bedug (bevrees) wees (groot ontsag hê); want HY het GESPREEK, en DIT WAS; HY het GEBIED (beveel), en DIT STAAN.”

 In Job 9:8 sê hy God: “wat alleen die HEMEL UITSPAN en STAP op die GOLWE van die SEE;” En ons weet met die uittog uit Egipte skei Hy die waters van die ROOI SEE en gaan voor hulle uit. David praat later hieroor in Psalm 77:19-20. En in die NUWE TESTAMENT ontmoet ons hierdie SEUN van GOD, die ENIGSTE WARE GOD wat Job en David reeds baie jare voorheen beskryf het, wat op die GOLWE loopYESHUA die MESSIAS. Lees Mattheus 14:25-33, Markus 6:45-51 en Johannes 6:19-20. En ons weet die WIND en die SEE wat HY GESKEP het gehoorsaam SY STEM. Lees Mattheus 8:23-27 en Mattheus 28:18, Markus 4:39-41, Lukas 8:22-25, Fillipense 2:9-11 en Openbaring 5:3 en 13.

 Ons ken die SKEPPINGSVERHAAL baie goed in en lees verder in Genesis 1:6-31:

Op DAG TWEE skep Hy die UITSPANSEL (die hemelgewelf/ hemelkoepel, die gedeelte bo die horison) tussen die WATERS en maak SKEIDING tussen die WATERS wat BO en ONDER die UITSPANSEL is. En GOD het die UITSPANSEL HEMEL genoem.

Op die DERDE DAG beveel GOD dat die WATERS onder die HEMEL hulle op EEN plek versamel, sodat die DROË GROND sigbaar word. En GOD het die DROË GROND AARDE genoem. En die versameling van die WATERS het Hy SEE genoem. En dit was GOED. En toe beveel GOD dat die AARDE voortbring: GRASSPRUITJIES, PLANTE wat SAAD gee en BOME wat VRUGTE dra, waarin hulle SAAD is.

Op die VIERDE DAG skep GOD TWEE GROOT LIGTE asook die STERRE AAN DIE UITSPANSEL VAN DIE HEMEL om SKEIDING te maak TUSSEN DAG en NAG (die GROTER LIG, die SON gee lig in die DAG en die KLEINER LIG, die MAAN en STERRE gee lig in die NAG) asook te dien as TEKENS vir VASTE TYE (dit is Abba Vader se FEESTYE, SY SEWE FEESTE as deel van SY KALENDER vir die MENS se REDDING soos ons later lees in Levitikus 23, lees ook Psalm 104:19) asook vir DAE sowel as JARE (m.a.w om ‘n kalender van TYD te kan bepaal). En dit was GOED. Lees ook Psalm 33:6.

Op die VYFDE DAG skep GOD LEWENDE WESENS in die WATERS en VOËLS wat VLIEG in die HEMEL langs die UITSPANSEL. En GOD het hulle GESEËN en gesê: Wees VRUGBAAR en VERMEERDER en vul die waters in die see en laat die voëls op die aarde vermeerder.

Op die SESDE DAG skep GOD LEWENDE WESENS op die AARDE – DIERE: VEE (mak diere wat aangehou word vir melk, vleis, wol ens.) KRUIPENDE DIERE en WILDE DIERE en Hy sien dat dit GOED was. Daarna sê GOD: Laat ONS mense maak na ONS BEELD (wat soos ons lyk), na ONS GELYKENIS (voorbeeld) en laat HULLE HEERS (meester/ baas/ hoof/ meerdere/ leermeester wees, gesag uitoefen) oor die VISSE, VOËLS, VEE en AL die KRUIPENDE DIERE. En God het hulle MAN en VROU GEKAPE. (Lees ook Yeshua se woorde hieroor in Mattheus 19:4 en Markus 10:6). En weereens word hulle GESEËN en kry OPDRAG om VRUGBAAR te wees en te VERMEERDER en die AARDE te vul, dit te ONDERWERP (onder hulle gesag te bring) en daaroor te HEERS.

 Ons lees ook in Genesis 2:7En YHVH (die Vader) het die mens GEFORMEER (gevorm, geskep, voortgebring) uit die STOF van die AARDE (dit beteken vanuit dieselfde elemente as waarmee Hy die aarde gevorm het, lees ook Genesis 3:19 & 23, Prediker 12:7 en 1 Korinthiërs 15:47) en in sy neus die ASEM VAN DIE LEWE GEBLAAS (lees Genesis 7:22 en 1 Korinthiërs 15:45). Ons sien ook later BEVESTIG van Yeshua die Messias, na Sy OPSTANDING, in Johannes 20:22 dat Hy hierdie SKEPPERGOD, ‘n LEWEMAKENDE (hoofletter) GEES is soos wat Paulus Hom in 1 Korinthiërs 15:45 noem, wanneer HY BLAAS oor die DISSIPELS en sê: “…Ontvang die HEILIGE GEES (lees ook Jesaja 42:5, Job 33:4, Johannes 5:21, 6:33, 39, 40, 54 en 57).”

In Handelinge 17:24-31 verduidelik Paulus aan die Atheners (die Grieke in Athene): Die GOD wat die WÊRELD (die AARDE) gemaak het en ALLES wat daarin is, Hy wat YHVH van HEMEL en AARDE is, woon NIE in tempels met hande gemaak nie, ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat HY SELF aan ALMAL LEWE en ASEM en ALLES GEE. En Hy het uit EEN BLOED AL die NASIES van die MENSDOM GEMAAK om oor AL DIE AARDE (die hele aarde) te WOON, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het (hier verwys Paulus na Genesis hoofstuk 9 en 10), sodat hulle YHVH kon SOEK, of hulle Hom nie miskien kon AANRAAK en VIND, al is Hy nie ver van ELKEEN van ons nie; want IN HOM LEWE ons, BEWEEG ons en IS ons; want ons is ook Sy geslag (nageslag/ mense wat uit een stam ouer voortspruit, voor die vloed Adam en na die Vloed uit Noag se drie seuns Sem, Gam en Jafet – lees Genesis 5, 9 en 10). As ons dan die GESLAG (die mense)  van God is, moet ons NIE dink dat die GODHEID (die Opperwese van God) aan GOUD of SILVER of STEEN, die BEELDWERK van MENSLIKE KUNS en UITVINDING, gelyk is nie. God het dan die tye van ONKUNDE oorgesien en VERKONDIG nou aan AL DIE MENSE ORAL dat hulle hul MOET BEKEER (‘n verandering van hart en gedagte ondergaan, tot bekering kom) omdat HY ‘n DAG bepaal het waarop HY die wêreld in GEREGTIGHEID sal OORDEEL deur ‘n (hoofletter) MAN wat Hy aangesel het, en Hy het hiervan aan ALMAL sekerheid gegee deur Hom uit die dood op te wek (so hier praat Paulus van Yeshua die Messias se opstanding na Sy kruisiging).“

In Maleagi 2:10 word ook bevestig dat ons ALMAL EEN (hoofletter) VADER het en deur EEN GOD GESKAPE is.

God is DRIE in EEN, dus is HY GOD die VADER, Yeshua de SEUN en die HEILIGE GEESlees Psalm 104:30, Johannes 1:1-14, 4:24 en 14:9-10 en Efesiërs 4:4-6). Ons word in SY BEELD en GELYKENIS ook as DRIE GESKEP. Paulus verduidelik dit later in 1 Thessalonisense 5:23 dat die mens bestaan uit ‘n gees, siel (gedagtes, emosies en vrye wil) en ‘n liggaam en dat AL DRIE bewaar moet word tot en met die WEDERKOMS van ons MEESTER YESHUA die MESSIAS. Lees ook Hebreërs 4:12 waarin aangedui word dat die WOORD van God LEWEND en KRAGTIG is en SKERPER as enige tweesnydende swaard is wat kan deurdring tot die siel (gedagtes en hart) en gees en gewrigte en murg (die liggaam) van die mens.

In Jesaja 44 praat YHVH met die heidense (ongelowige) koning Kores wat Hy gaan gebruik om Sy volk uit ballingskap uit te lei en sê Hy in vers 24: “So sê YHVH, jou VERLOSSER, en HY wat jou GEFORMEER het (gevorm, geskep, voortgebring) van die moederskoot af: Ek is YHVH wat ALLES VOLBRING (vervul/ verwesentlik/ voldoen aan, uitvoer, voltooi), wat die HEMEL UITSPAN, EK ALLEEN, – WIE WAS MET MY? ” (Lees ook Jesaja 45:12 & 18 en Jesaja 51:13).

Ons lees dus in die WOORD, GOD die VADER SKEP met die KRAG van SY GEES en met SY LIGGAAM YESHUA die MESSIAS.

En ons lees in Genesis 2:1-3 op die SEWENDE DAG het GOD SY WERK VOLTOOI wat Hy gemaak het en HY HET GERUS van AL SY WERK. En God het die SEWENDE DAG GESEËN en dit GEHEILIG (dit afgesonder vir Hom). Ons lees later in Eksodus 20:11 word dit ingestel as DIE VIERDE GEBOD van die TIEN GEBOOIE. En in Eksodus 31:16-17 lees ons: “En die KINDERS van ISRAEL (let wel: nie net Juda en Benjamin vandag bekend as die JODE nie, maar AL TWAALF STAMME van ISRAEL sowel as mense van GEMENGDE BLOED/ VREEMDELINGE / NIE-ISRAELIETE wat saam met hulle uit Egipte getrek het volgens Exodus 12:38) moet die SABBAT onderhou (laat voortduur, in stand hou) deur die SABBAT te vier (feestelik te herdenk/ met vrolikheid te hou, met opgeruimdheid te geniet) in hulle geslagte as ‘n EWIGE VERBOND (ooreenkoms). Tussen MY en die KINDERS van ISRAEL is dit VIR EWIG ‘n TEKEN; want in SES DAE het YHVH die HEMEL en die AARDE gemaak, maar op die SEWENDE DAG het HY GERUS en HOM VERKWIK (verfris, opbeur, nuwe krag gee, nuwe moed gee).Lees ook Esegiël 20:12 & 20.. En ons lees in Levitikus 23:1-4 dat ISRAEL (let wel: nie net Juda en Benjamin vandag bekend as die JODE nie, maar AL TWAALF STAMME van ISRAEL sowel as mense van GEMENGDE BLOED/ VREEMDELINGE / NIE-ISRAELIETE wat saam met hulle uit Egipte getrek het volgens Exodus 12:38, later verduidelik Paulus dat ALLE GELOWIGES in Yeshua die Messias inent op die BOOM van ISRAEL, lees Romeine 11:17) opdrag kry om die SEWENDE DAG RUS, die SABBAT te vier as ‘n WEEKLIKE FEES van YHVH. Dit is volgehou deur die dissipels – lees Lukas 23:56.

Ons weet ook dat die SEWENDE DAG, SATERDAG is want ons lees in die WOORD dat die EERSTE DAG, SONDAG is – DIE DAG soos reeds bepaal deur YHVH in Eksodus 23:10-14 as die FEES van EERSTE VRUGTE wat in die Nuwe Testament vervul is met die OPSTANDING van YESHUA die MESSIAS as die EERSTE VRUG/ EERSTELINGE op die SONDAG, die EERSTE DAG (lees Mattheus 28:1, Markus 16:2&9, .Lukas 24:1 en Johannes 20:1 asook 1 Korinthiërs 15:20 & 23 en Handelinge 26:23). En Yeshua ons Messias sê in Mattheus 5:17-19 dat Hy NIE gekom het om die WET (die Torah, Genesis tot Deuternomium, opgesom in die TIEN GEBOOIE) tot niet te maak nie, maar dit te VERVUL (verwesenlik, daaran te voldoen). Hy sê ook dat NIKS daarvan OOIT sal verval VOORDAT die HEMEL en die AARDE verbygaan (eindig) nie en dat dié wat verkondig dat dit verval het, die kleinste in die Koningkryk genoem sal word. Lees ook Mattheus 5:20-48 en Lukas 16:16-17.  Dit is ook duidelik dat Yeshua die Messias sowel as al die GELOWIGES in die Nuwe Testament, INSLUITEND Paulus op die SEWENDE DAG aanbid het en mense uit die Woord geleer het (lees byvoorbeeld Mattheus 4:23, 9:35, Markus 1:21 en 39, 5:22, Lukas 4:15-20 & 44,  Johannes 6:59, Romeine 3:31 & 13:8-14, Handelinge 13:42-44, Handelinge 16:3 & 13, Handeinge 17:2, Hebreërs 4:9 en 1 Johannes 5:3). Ons lees ook in Jesaja 66:23 ‘n profesie oor die VREDESRYK waarin dit duidelik is dat die SABBAT steeds geldig sal wees. Kollekte is egter soms op die EERSTE DAG, naamlik Sondag vir die armes opgeneem soos ons lees in 1 Korinthiërs 16:1-2 en ELKE DAG bymekaar gekom om saam te eet, ook op ‘n die EERSTE DAG, ‘n SONDAG en Paulus te groet voor hy op reis gegaan het (lees Handelinge 2:46 en 20:7).

So as YESHUA die MESSIAS inderdaat die LIGGAAM van GOD die VADER is en die HEILIGE GEES SY en die VADER se GEES is en HY DUS EEN MET GOD die VADER is en GOD SELF IS, EN DIE HEMEL EN DIE AARDE GESKEP het en op die SEWENDE DAG GERUS het is dit HY wat die SEWENDE DAG as GEREELDE RUSDAG ingestel het en dit GEHEILIG het! En HY BEVESTIG dit ook INDERDAAT wanneer Hy in die NUWE TESTAMENT VERKLAAR in Markus 2:27-28 “Die SABBAT is GEMAAK vir die mens (om te rus en ons te verkwik, verfris, op te beur, nuwe krag te gee, nuwe moed te gee) nie die mens vir die SABBAT nie. Daarom is die SEUN van die mens, MEESTER (eienaar, besitter) van die SABBAT.”  Hy het dit ingestel, dit BEHOORT aan HOM en dit is GEGEE aan ons as ‘n GESKENK om te RUS en in SY TEENWOORDIGHEID te GENIET en VERKWIK te word (verfris, nuwe moed en krag te kry vir die nuwe week wat voorlê)!

Lees ook die res van David se LIED oor die SKEPPING in Psalm 104 waarin hy die SKEPPING in Genesis beskryf en die Naam van YHVH prys!

En dit word oor en oor in die WOORD bevestig dat GOD (die Vader en dus Yeshua die Messias wat volgens Jesaja 9:5 ook die EWIGE VADER is!) DIE SKEPPER EN DUS DIE EIENAAR is van die HEMEL en AARDE en ALLES wat daarop is!  

Ons lees ook in Deuternomium 10:14: “Kyk, aan YHVH jou God BEHOORT die HEMEL, ook die HOOGSTE HEMEL, die AARDE en ALLES wat daarin is.”

In Deuternomium 10:17 lees ons reeds YHVH is die GOD van die (kleinletter) gode en die YHVH van die (kleinletter) here/ meesters; die GROTE, MAGTIGE en GEDUGTE GOD (wat ontsag/ eerbied teenoor ‘n meerdere inboesem/ inskerp)…” En ons lees ook in Psalm 89:12 HY IS DIE MEESTER (die hoof/ meerdere) van die (kleinletter) meesters en die KONING van die (kleinletter) konings. Hierdie woorde word ook gebruik wanneer ons in Openbaring 19:11-16 lees oor die WEDERKOMS van YESHUA wanneer Hy kom om as KONING oor die DUISEND JARIGE VREDESRYK te HEERS. Lees ook Openbaring 17:14.

En in Eksodus 9:29 sê Moses ook aan die Faroa wanneer hy (Moses) sy hande uitsteek na YHVH, sal die donderweer en die hael ophou sodat hy (Faroa) kan WEET dat die AARDE aan YHVH BEHOORT. 

In Daniel 2:47 erken koning Nebukadneser, ‘n ongelowige koning nadat Daniel sy droom uitgelê het met die hulp van God (wat niemand anders kon doen nie): “WAARLIK, julle GOD IS DIE GOD van die (kleinletter) gode en die MEESTER van die (kleinletter) konings en die OPENBAARDER van GEHEIMENISSE, daarom was jy in staat om hierdie geheim te openbaar. (Lees ook 1 Kronieke 16:26).

David se in Psalm 24:1-2Die AARDE BEHOORT aan YHVH en die VOLHEID DAARVAN, die WÊRELD (die AARDE) en DIE wat daarin WOON;”

In Psalm 45 lees ons die BRUILOFSLIED van die MESSIAS en in vers 7 “U TROON, o GOD, is vir EWIG en ALTYD; die SEPTER (koningstaf as teken van Sy gesag) van U KONINGKRYK is ‘n REGVERDIGE SEPTER (Hy regeer as ‘n REGVERDIGE KONING)”. En in Hebreërs 1:8 word bevestig dat God die Vader hierdie woorde van die SEUN (Yeshua) sê! Lees ook Psalm 2:9 en Openbaring 2:26-27.

 In Handeinge 14:15 verkondig Paulus en Barnabas die EVANGELIE in Listra (in Galasië) en weens die wonderwerke wat hulle daar doen in die Naam van Yeshua die Messias word hulle vereer as (kleinlettter) gode en Paulus roep dan uit in vers 15: “…Manne waarom doen julle hierdie dinge? Ons is net sulke mense soos julle, en ons verkondig DIE EVANGELIE (die Goeie Nuus) dat julle jul van HIERDIE NIETIGE DINGE BEKEER tot DIE LEWENDE GOD wat die HEMEL en die AARDE en die SEE en ALLES wat DAARIN is, GEMAAK het.”

 In Psalm 95:3-7 lees ons:Want YHVH is ‘n GROTE GOD, ja, ‘n GROOT KONING bo AL die (kleinletter) gode. In WIE se hand die DIEPSTE PLEKKE van die AARDE is, en die TOPPE van die BERGE is SYNE. Aan WIE die SEE BEHOORT wat HY SELF GEMAAK het, en die DROË LAND wat SY HANDE GEFORMEER (gevorm, geskep, voortgebring) het. Kom, laat ons AANBID en NEERBUK; laat ons KNIEL voor YHVH wat ONS GEMAAK het. Want HY is onse GOD, en ons is DIE VOLK van SY WEIDE (grasland) en die SKAPE van SY HAND. Ag, as julle VANDAG maar na SY STEM WOU LUISTER!” (Lees ook Psalm 100:3 en Hebreers 3:7-15 en 4:7).

 Ons lees in Jesaja 44:6 “So sê YHVH, die KONING VAN ISRAEL, en SY LOSSER (die EEN wat hulle loskoop/ bevry), YHVH van die LEERSKARE: Ek is die EERSTE (die Alef in Hebreeus waarvan die piktograaf ‘n OS is en die betekenis: is KRAG en LEIER/ VOORGANGER/ AANVOERDER), en Ek is die LAASTE (die TAV in Hebreeus waarvan die piktograaf ‘n KRUIS is en die betekenis is: MERK, TEKEN/ VERBOND), en BUITEN MY is daar GEEN GOD NIE.” Ons lees ook in Openbaring 1:8 bevestig Yeshua die Messias: “Ek is die ALFA (die ALEF) en die OMEGA (die TAV),…wat IS en wat WAS en wat KOM, die ALMAGTIGE.” En in Hebreërs 13:8 lees onsYeshua die Messias is GISTER en VANDAG DIESELFDE tot in EWIGHEID.” Lees ook Openbaring 1:11 en 17.

 In Maleagi 1:14 bevestig YHVH: “…Ek is ‘n GROOT KONING, sê YHVH van die LEERSKARE…”

1 Kronieke 29:11-12 bid David die volgende gebed voor sy dood: “Aan U, YHVH, kom toe die GROOTHEID en die MAG en die HEERLIKHEID en die ROEM (lof en eer) en die MAJESTEIT (HEERSKAPPY/ KONINGSKAP), ja ALLES in HEMEL en op AARDE; aan U, YHVH, kom toe die KONINGSKAP en die SELFVERHOGING (die GROOTHEID) as HOOF oor ALLES. En die RYKDOM en die EER kom van U, en U HEERS OOR ALLES; en in U HAND is KRAG en MAG, en in U HAND is dit om ALLES GROOT en STERK te maak.”

In die Nuwe Testament lees ons in Mattheus 6:9-13 in die ONSE VADER gebed wat Yeshua ons Messias aan SY dissipels leer die volgende: “Onse VADER wat in die HEMELE is, laat U NAAM geheilig word; laat U KONINGKRYK kom; laat U WIL GESKIED, soos in die HEMEL net so ook op die AARDE; gee ons VANDAG ons DAG se BROOD; en VERGEEF ons ons SKULDE, soos ons ook ons SKULDENAARS VEREWE; en lei ons NIE in VERSOEKING nie, maar VERLOS ons van die Bose. Want aan U BEHOORT die KONINGKRYK en die KRAG en die HEERLIKHEID tot in EWIGHEID. Amen.” (Lees ook Lukas 11:2-4).

En in 1 Timotheus 1 praat Paulus oor die WARE EVANGELIE en se hy is vers 17: “Aan die (hoofletter) KONING van die eeue, die ONVERDERFLIKE (ONVERGANKLIKE), ONSIENLIKE, ALEENWYSE GOD, kom toe die EER en die HEERLIKHEID tot in ALLE EWIGHEID. Amen.”

En in Openbaring 5:13 sien ons dat ALLES wat GESKEP is deur HOM wat in die HEMEL en OP DIE AARDE en ONDER DIE AARDE en in die SEE is en ALLES wat IN hulle is sê: Aan HOM wat op die TROON sit (dit is die VADER) en aan DIE LAM kom toe die LOF en die EER en die HEERLIKHEID en die KRAG tot in EWIGHEID!

In Romeine 1:19-20 verduidelik Paulus dat mense GOD kan KEN want Hy, alhoewel ONSIGBAAR, kan in SY SKEPPING van die wêreld (die AARDE) in SY WEKRE VERSTAAN en DUIDELIK GESIEN word, naamlik SY EWIGE KRAG en GODDELIKHEID (die aard en natuur van God), sodat hulle GEEN verontskuldiging het nie.”

En in Romeine 11:36 bevestig Paulus in ‘n LOFSANG: “…uit Hom en deur Hom en tot Hom is ALLE DINGE. SYNE is die HEERLIKHEID tot in EWIGHEID.” (Lees ook  Galsiërs 1:5 en 2 Timotheus 4:18.

In Hebreërs 3:4 lees ons “…want elke huis word deur IEMAND GEBOU, maar HY wat ALLE DINGE GEBOU het, IS GOD.”

Openbaring 4 gaan oor Johannes se visioen van die TROON van God en in vers 9-11 gee die lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge aan Hom wat op die TROON sit eer en sê: “U is WAARDIG, o YHVH, om te ontvang die HEERLIKHEID en die EER en die KRAG, want U het ALLES GESKAPE en deur U WIL BESTAAN hulle en is hulle GESKAPE.” Lees ook Openbaring 10:6 en 14:7.

GOD (die Vader, Yeshua die Seun en die Heilige Gees) is dus ONGETWYFELD die EIENAAR en KONING (REGEERDER) van die HEMEL en die AARDE.

He-Brews-Coffee-Roastery-Logo

Stay In Touch