13 Mei 2026 Ons is gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (die…
DIE WAARHEID oor die KRUISIGING en die SIMBOOL van die KRUIS, Deel 12: Die Profete – Yeshua se Bediening as Profeet
21 Mei 2025
Ons gesels verder oor die TWYFEL wat onder gelowiges ontstaan het gedurende die laaste aantal jare oor die metode van KRUSIGING van YESHUA ons MESSIAS asook die SIMBOOL van die KRUIS.
Ons is besig om DIE PROFETE te ondersoek vir enige bewyse van die KRUISIGING en die SIMBOOL VAN DIE KRUIS.
Ons het reeds gesels oor die profesieë in die Ou Testament oor YESHUA die MESSIAS se GEBOORTE en die vervulling daarvan in die Nuwe Testament en praat vandag oor SY BEDIENING.
2. SY BEDIENING
Ons lees in Jesaja 9:1 “Die VOLK wat in DUISTERNIS WANDEL (leef), het ‘n GROOT LIG GESIEN; die wat WOON IN DIE LAND VAN DOODSKADUWEE, oor hulle het ‘n LIG GESKYN.”
Hierdie profesie is BEVESTIG in die lofsang van Sagaria (Johannes die Doper se pa) in Lukas 1:76-79 waarin hy sê: “En jy, kindjie (met verwysing na Johannes die Doper), sal ‘n profeet van die ALLERHOOGSTE genoem word, want jy sal voor die aangesig van YHVH uitgaan om Sy WEË REG TE MAAK; om KENNIS VAN SALIGHEID (kennis oor VERLOSSING en om deel te hê aan die EWIGE LEWE) aan SY VOLK (Israel – al TWAALF STAMME en alle nasies, volke en tale wat inent deur Yeshua die Messias op die Boom van ISRAEL, volgens Romeine hoofstuk 11), te gee in die VERGIFNIS VAN HULLE SONDES, deur die INNIGE BARMHARTIGHEID (medelye, meegevoel, deernis, empatie) van ons GOD (die Vader) waarmee die OPGAANDE (hoofletter) LIG uit die HOOGTE (die hemel) ons BESOEK het (aarde toe gekom het), OM TE SKYN OOR DIE WAT IN DUISTERNIS en DOODSKADUWEE SIT, om ons voete na DIE PAD (die SMAL WEG) van VREDE te rig.” Lees ook Jesaja 57:19.
Daar word ook in Johannes 1:4-5 BEVESTIG dat daar IN HOM (Yeshua die Messias ook bekend as DIE WOORD van God die Vader), LEWE was en die LEWE was DIE LIG VAN DIE MENSE. En DIE LIG SKYN in die DUISTERNIS en die duisternis het die NIE oorweldig nie.”
Ons lees ook in Mattheus 4:13-17 “En Hy (Yeshua) het NASARET verlaat (dit was kort nadat Hy gedoop is, met die Heilige Gees gevul is, woestyn toe gelei is deur die Heilige Gees en vir 40 dae gevas het en versoek is deur die Satan en daarna na Nasaret terug gekeer het om met Sy bediening te begin) en gaan woon in Kapérnaüm aan die see in die GEBIED van SEBULON en NAFTALI (dit was mense wat afgestam het van die stam van SEBULON, die 6de seun van Leah en Jakob; die 9de seun in rangorde en die STAM van NAFTALI, Ragel se slavin Billah en Jakob se 2de seun; die 5de seun in rangorde wat in Kapérnaüm gewoon het en deel gevorm het van die NOORDRYK onder EFRAIM), sodat vervul kon word wat gespreek is deur JESAJA, die PORFEET (dus soos opeteken in Jesaja 9:1-2), toe hy gesê het: Die LAND SEBULON en die LAND NAFTALI, na die see toe, OORKANT DIE JORDAAN, GALILÈA van die heidene (ongelowiges, mense wat nie in YHVH as hulle God geglo het nie) – DIE VOLK wat in DUISTERNIS SIT, het ‘n GROOT LIG GESIEN, en DIE WAT SIT IN DIE LAND en SKADUWEE VAN DIE DOOD, vir hulle het ‘n LIG opgegaan. Van toe af het YESHUA BEGIN OM TE PREEK en te sê: BEKEER JULLE (die Hebreeuse woord vir bekering is “TESHUVAH” en die Engelse woord is “REPENT” en behels om met berou oor ons sondes ‘n VERANDERING van GEDAGTE/ denke en HART/ emosie te ondergaan en tot inkeer te kom/ eie denke, emosies, besluite en gedrag te ondersoek en weg te draai van die sonde, terug na God), want die KONINGKRYK van die HEMELE HET NABY GEKOM.”
Die Bybel in Praktyk verduidelik: In Jesaja hoofstuk 7 en 8 het Jesaja die TOTALE ONDERGANG van die NOORSRYK (die tien stamme onder Efraim) voorspel. Maar in Jesaja 9:1 bring hy ‘n boodskap van HOOP. Die GEBIEDE van SEBULON en NAFTALI in die NOORE van ISRAEL was die eerste wat die aanslag van Tiglat Pileser III in 732 voor die Messias gevoel het. HULLE HET INDERDAAT IN DUISTERNIS GELEEF. Maar God sal hulle lot omkeer. Hulle wat in DONKERTE geleef het, sal weer LIG sien.
En in Effesiers 5:8 & 14 sê Paulus later aan die mense in Efese wat tot BEKERING gekom het: “Want vroeër WAS JULLE DUISTERNIS, maar NOU is JULLE LIG IN YESHUA die MESSIAS – wandel (leef) soos kinders van die lig.”
Paulus verduidelik in Efesiërs 2:11-22 dat HEIDENE (onglowiges, insluitend die TIEN STAMME onder Efraim, bekend as die NOORDRYK) en JODE (die stam van Judah en Benjamin bekend as die SUIDRYK) VERLOS word uit GENADE en deur DIE KRUIS VAN DIE MESSIAS VERSOEN WORD. Hy sê verder in vers 11-17 “…onthou dat julle wat vroeër HEIDENE IN DIE VLEES WAS (m.a.w wie se HARTE nog nie besny was vir YHVH nie)…dat julle in dié tyd SONDER DIE MESSIAS WAS, VERVREEMD VAN DIE BURGERSKAP VAN ISRAEL en VREEMDELINGE ten aansien van die VERBONDE van die BELOFTE, SONDER HOOP en SONDER GOD (die Vader) in die wêreld. Maar nou IN YESHUA die MESSIAS het julle wat vroeër ver was, NABY GEKOM DEUR DIE BLOED VAN DIE MESSIAS. Want HY IS ONS VREDE, HY wat ALBEI (die Suidryk en die Noordryk, insluitend ander nasies bekend as die heidene of nie-Jode) EEN GEMAAK het (weer verenig het as EEN ISRAEL nadat ISRAEL as ‘n KONINGKRYK in die tyd van Salomo se seun Rehabeam verdeel het), en die MIDDELMUUR VAN SKEIDING AFGEBREEK HET.”
Lees ook Jesaja 56:8 waar Jesaja sê YHVH versamel DIE wat van ISRAEL verdryf is, en Hy sal NOG MEER by hulle VERSAMEL. En ons lees in Miga 2:12-13: “Gewis (verseker, sonder twyfel) sal Ek jou GEHEEL en AL VERSAMEL, o JAKOB (ISRAEL, AL TWAALF STAMME)! Gewis (verseker, sonder twyfel) sal Ek VERGADER DIE OORBLYFSEL VAN ISRAEL; ALMAL BYMEKAARBRING SOOS SKAPE IN ‘n KRAAL, soos ‘n KUDDE in sy weiveld; end it sal dreun van mense.” En in Johannes 10:14-16 bevestig Yeshua hierdie profesie wanneer Hy sê, Hy is die GOEIE HERDER en Hy het NOG ANDER SKAPE (die nie-Jode wat die Tien Stamme onder Efraim insluit) wat nie aan hierdie stal (die Jode waarmee Hy gepraat het) behoort nie wat Hy ook moet lei en wat na Sy stem sal luister en HULLE SAL EEN KUDDE WEES en in Johannes 11:50-52 profeteer Kaijafas (die hoëpriester van die Jode in daardie tyd) dat YESHUA vir die VOLK SOU STERWE, en NIE ALLEEN vir die VOLK (die Jode/ die SUIDRYK) nie, maar ook om die VERSTOOIDE KINDERS VAN GOD (dit is AL TWAALF STAMME VAN ISRAEL) TOT ‘n EENHEID SAAM TE VOEG, en ons lees verder in Efesiërs 2:15: “…deurdat Hy in SY VLEES (Sy liggaam) die VYANDSKAP tot niet gemaak het (ONTHOU dat die SUIDRYK en NOORDRYK sedert die skeur in die KONINGKRYK mekaar se VYANDE was en teen mekaar OORLOG gevoer het – ons weet ook dat die JODE wat in Jerusalem as hulle hoofstad gewoon het en die SAMARITANE, wat deel was van die Stam van Efriam met hulle hoofstad Samaria, vyandig teen mekaar gesind was), en ons lees verder in Efesiërs 2:15-16: “…NAAMLIK DIE WET VAN GEBOOIE (die Torah, Genesis tot Deuternomium met opgesom in die Tien Gebooie) wat in INSETTINGE (bepalings) bestaan; sodat Hy deur VREDE TE MAAK, die TWEE in HOMSELF tot EEN NUWE MENS KON SKEP en ALBEI in EEN LIGGAAM met GOD (die Vader) kon VERSOEN DEUR DIE KRUIS, nadat HY DAARAAN die VYANDSKAP DOODGEMAAK het (lees ook Galasiërs 6:14-16 waar Paulus hulle die ISRAEL van GOD noem). En ons lees verder in Efesiërs 2:17: En HY HET DIE EVANGELIE VAN VREDE KOM VERKONDIG aan julle wat ver was en aan die wat naby was; want deur HOM het ons ALBEI die TOEGANG deur EEN (hoofletter) GEES (die Heilige Gees) TOT DIE VADER. So is julle dan NIE MEER VREEMDELINGE en BYWONERS NIE, maar MEDEBURGERS van die heiliges en huisgenote (deel van die huisgesin) van God (die Vader), GEBOU op die FONDAMENT van die APOSTELS en PROFETE, terwyl YESHUA die MESSIAS SELF DIE HOEKSTEEN is, in WIE die HELE GEBOU, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n HEILIGE TEMPEL IN Yeshua die Messias in WIE julle ook SAAM OPGEBOU word tot ‘n WONING VAN GOD (die Vader) in die (hoofletter) GEES (die HEILIGE GEES).” Dus is die TEMPEL van GOD nou AL TWAALF STAMME VAN ISRAEL, en almal wat daarop inent volgens Romeine 11 wat VERENIG is deur YESHUA die MESSIAS as HOEKSTEEN!
So wat beteken Efesiërs 2:14-15 waar Paulus sê dat die SKEDISMUUR tussen die Suidryk en Noordryk afgebreek is en dat Yeshua die Messias deur die krusiging van Sy LIGGAAM die VYANDSKAP tot niet gemaak het NAAMLIK DIE WET VAN GEBOOIE (die Torah, Genesis tot Deuternomium opgesom in die Tien Gebooie) wat in INSETTINGE (bepalings, voorskrifte) bestaan.
Die Complete Jewish Study Bible – Insight for Jews and Christians verduidelik dit soos volg: Daar was ‘n SKEIDSMUUR binne die TEMPEL waarop volgens die geskiedskrywer Josephus in sy boek Antiquities of the Jews, geskryf was: “Geen man van ‘n ander nasie mag binne die omheining van die TEMPEL ingaan nie. En wie ookal gevang word sal verantwoordelik wees vir sy eie dood!” Die Jode (mense van die stam van Juda en Benjamin) het dus die GELOWIGES uit die tien ander stamme asook van die ander nasies verbied om die TEMPEL te betree. Maar net soos die SWAAR GORDYN tussen die HEILIGE GEDEELTE en die ALLERHEILIGSE gedeelte van die TEMPEL met Yeshua die Messias se dood aan die kruis in TWEE geskeur het omdat ons sondes deur SY BLOED vergewe is en ons nou weer in God se teenwoordigheid mag verskyn; JODE (mense van die stam van Juda en Benjamin bekend as die SUIDRYK) sowel as mense vanuit die ander TIEN STAMME asook alle mense wat as gelowiges in Yeshua die Messias inent op die Boom van Israel tot ‘n EENHEID saamgevoeg deur YESHUA DIE MESSIAS en mag ons dus saam in Hom in Abba Vader se teenwoordigheid intree (lees Mattheus 27:50-51, Hebreërs 9:6-14, 10:19-22). Dieselfde geld vir die WET (die Torah) en die TIEN GEBOOIE – die Jode (mense van die stam van Juda en Benjamin) het dit gebruik om afstand te skep tussen hulle en ander gelowiges in Yeshua die Messias. Yeshua ons Messias het vir ALLE MENSE gesterf en almal het dus gelyke geleenthede om Hom as VERLOSSER te aanvaar en te volg in gehoorsaamheid aan die Torah en Gebooie wat Hy belsis NIE verwerp het nie maar eerder BEVESTIG het soos wat ons lees in Mattheus 5:17-48 en 22:34-40, Markus 12:28-34, Lukas 10:25-27 en 16:14-18. Lees ook Romeine 13:8-14.
En in Johannes 8:12 bevestig Yeshua weer: “EK IS DIE LIG van die wereld; WIE MY VOLG, SAL SEKERLIK NIE IN DIE DUISTERNIS WANDEL (leef) NIE, MAAR SAL DIE LIG VAN DIE LEWE HÊ.”
Ons lees verder in Jesaja 9:2-3 “U het die NASIE VERMENIGVULDIG, hulle VREUGDE groot gemaak; hulle is VROLIK voor U AANGESIG (in U teenwoordigheid) soos iemand vrolik is in die OESTYD, soos iemand juig as die buit verdeel word. Want, die JUK wat op hulle gedruk het, en die STOK wat hulle rug getref het, die ROEDE van hulle drywer het U VERBREEK soos op die dag van die Midianiete (soos Gideon ‘n wonderbaarlike/ buitengewone OORWINNING oor die Midianiete behaal het soos beskryf in Rigters hoofstuk 6:33 tot 7:25 sal God WONDERBAARLIK INGRYP en ISRAEL RED).
Yeshua ons Messias sê later in Matheus 11:28-30 “Kom na My toe, almal wat vermoeid (moeg, afgemat, geestelik en liggaamlik uitgeput) en belas (oorlaai met skuld, verpligtinge, take, verantwoordelikhede) is, en EK SAL JULLE RUS (innerlike vrede) GEE. NEEM MY JUK OP JULLE (gewillige gehoorsaamheid aan Hom en Sy Woord) en LEER VAN MY (spandeer tyd in Sy teenwoordigheid en met Sy Woord deur dit te lees en te hoor), want EK IS SAGMOEDIG (saggeaard, minsaam, vriendelik, welwilend, goedgesind, tegemoetkomend) en NEDERIG VAN HART (dus nie arrogant of selfbehep/ selfgerig nie), en JULLE SAL RUS VIND VIR JULLE SIELE (gedagtes, emosies en vryewil), want MY JUK is SAG en MY LAS is LIG”.
Ons lees verder in Jesaja 9:4 “Want elke soldate skoen wat daar wegstap met gedreun, en DIE KLEED WAT IN BLOED GEROL IS, dien tot verbranding, ‘n prooi van die vuur (die NLV sê: In DAARDIE DAG VAN VREDE sal elke skoen wat in die OORLOG gebruik is en ELKE UNIFORM wat met BLOED BEVLEK is, in die VUUR VERBRAND WORD).” Hierdie vers herinner aan Openbaring 19-20 waartydens die VYANDE van God wat in OORLOG teen Hom probeer optrek verslaan sal word met Yeshua die Messias se tweede koms en die antimessias (antichris) en die vals profeet in die poel van vuur en swael gegooi sal word en later by die eindoordeel ALMAL wat hulle gevolg het.
Die Bybel in Praktyk verduidelik: ISRAEL (die twaalf stamme is verdeel en) is nou GEEN VOLK meer nie; net ‘n handjie vol (‘n “REMNANT” in Engels) het oorgebly. Maar God sal hulle weer laat VERMEERDER, hulle sal weer VREUGDE vind in SY TEENWORDIGHEID. Die REDE vir hulle BLYDSKAP is omdat YHVH die JUK (die swaar las) wat op hulle rus SAL WEGNEEM. En alle VYANDELIKE aanslae teen die VOLK sal GESTAAK word en oorlogswapens sal nutteloos word teen hulle. Hierdie is ook ‘n verwysing na die Duisend Jarige VREDESRYK van Yeshua die Messias.
En in Jesaja 9:5 kry ons ‘n mooi opsomming van WIE YESHUA die MESSIAS, die LAM van GOD die VADER is waar ons lees: “Want ‘n (hoofletter) KIND is vir ons GEBORE, ‘n (hoofletter) SEUN is aan ons gegee; en die HEERSKAPPY is op Sy skouer, en HY word genoem: WONDERBAAR (buitengewoon, onbegryplik, onverklaarbaar, lees ook Rigters 13:18), RAADSMAN (Raadgewer), STERKE GOD (ook genoem MAGTIGE GOD), EWIGE VADER (dus bevestiging dat Yeshua ook self die VADER IS!), VREDEVORS (die PRINS van VREDE, in Hebreeus “SAR SHALOM”, wat ook beteken Prins van vrede, rustigheid, veiligheid, gesondheid, tevredenheid, sukses, heelheid en integriteit).
Die Bybel in Praktyk veruidelik: Die VERLOSSING van die VOLK (ISRAEL) gaan gepaard met die KRONING van ‘n KONING uit die nageslag van David. Die MESSIAS KONING sal oor ISRAEL HEERS. Hy het WONDERLIKE NAME: WONDERBARE RAADSMAN (RAADGEWER) – Hy sal RAAD gee maar GEEN RAAD van ander benodig nie, want GOD die VADER is SY RAADGEWER; MAGTIGE GOD – die MESSIAS KONING is GOD die VADER se DIREKTE VERTEENWOORDIGER op die aarde; EWIGE VADER, as KONING sal Hy ook soos ‘n VADER vir Sy VOLK sorg; VREDEVORS – onder SY HEERSKAPPY sal daar HARMONIE wees sodat ELKE MENS God die Vader ongehinderd kan dien. Sy VREDESRYK sal uitbrei en GEKENMERK word deur VOORSPOED. Daar sal NOOIT ‘n einde aan SY HEERSKAPPY kom nie. God die Vader self, WAARBORG hierdie BELOFTE.
Ons lees in 1 Korinthiërs 15:24-28 Yeshua die Messias moet HEERS totdat al die VYANDE van GOD, waarvan die LAASTE EEN DIE DOOD IS, aan Sy voete onderhewig is en daarna sal Hy Homself ook ONDERWERP aan GOD DIE VADER. En ons sien in Openbaring 21:22-23 en hoofstuk 22:1-5, God die Vader en Yeshua die Lam sal tot in EWIGHEID saam HEERS, want hulle is EEN maar Yeshua die Messias (as die sigbare en nou VERHEERLIKTE liggaam van God die Vader) sal ALTYD ondehewig wees aan die GESAG van GOD die VADER (wat GEES is volgens Johannes 4:24). (Lees ook Johannes 14:28 waar Yeshua verduidelik dat die Vader GROTER is as Hy).
Ons lees in die WOORD van DRIE ROLLE van YESHUA ons MESSIAS, naamlik PROFEET, PRIESTER en KONING. Ons sien deurlopend dat hierdie DRIE ROLLE ook gegee is aan YHVH se VOLK ISRAEL in die Ou Testament soos opgeteken in Eksodus 19:5-6 en in die Nuwe Testament lees ons in Openbaring 1:5-6 Yeshua die Messias wat ons LIEFGEHAD het en ons SONDES van ons AFGEWAS het in SY BOED, maak ons konings en priesters vir Sy GOD en VADER. Lees ook 1 Petrus 2:5-10. En dan lees ons ook in Openbaring 5 maak die (hoofletter) LAM (Yeshua die Messias) die SEWE SEËLS oop en lees ons in vers: 9-10 “Toe SING hulle (die 4 lewende wesens en die 24 ouderlinge voor God se troon met die GOUE SKALE vol reukwerk wat die GEBEDE van die heiliges/ die “set-apart”/ die wat afgesonderd vir God lewe) ‘n NUWE LIED en sê: U is waardig om die BOEK te neem en en Sy SEËLS oop te maak, WANT U IS GESLAG (op ‘n bloedige wyse doodgemaak) en het ons vir GOD (die VADER) met U BLOED GEKOOP UIT ELKE STAM (van die TWAALF STAMME van ISRAEL) en TAAL en VOLK en NASIE (alle mense wat inent op die Boom van Israel volgens Romeine 11), en het ons KONINGS en PRIESTERS vir onse GOD GEMAAK, en ons sal as KONINGS op die AARDE HEERS (so hier word verwys na die DUISEND JARIGE VREDESRYK en die EWIGHEID)”. Lees ook Openbaring 20:4-6.
In YESHUA ons MESSIAS se aardse bediening sien ons duidelik Sy ROL as PROFEET. ‘n Profeet, soos omskryf deur die HAT Woordeboek is ‘n persoon wat opdrag gekry het van God om te VERMAAN (ernstig te waarsku), te LEER (of onderrig), ‘n geinspÏreerde (deur die Heilige Gees gegee) VERTOLKER (uitlê, verduideliking) van God se wil; ‘n GESANT (verteenwoordiger) van God wat in opdrag van God gestuur word. PROFESIE is dit wat ‘n profeet verkondig of voorspel (sê wat in die toekoms gaan gebeur). En PROFETEER in die Ou Testament is iemand wat die in OPDRAG van GOD spreek (praat of getuig – lees Jeremia 1:5-9 en Amos 3:7, 1 Thessalonisense 5:20 en 2 Petrus 1:21). En in die Nuwe Testament is dit die VERKONDIGING (aan mense bekend maak, preek, leer) van die EVANGELIE/ DIE GOEIE NUUS van God (die Blye Boodskap van REDDING en VERLOSSING deur Yeshua die Messias). Lees ook Efesiërs 4:11.
Ons lees in Deuternomoim 18:15-19 die BELOFTE van ‘n GROOT PROFEET waar Moses sê: “’n PROFEET uit jou midde, uit jou broers, soos ek (Moses) is, sal YHVH jou God vir jou verwek, NA (hoofletter) HOM MOET julle LUISTER – net soos jy van YHVH jou God by Horeb (ook genoem Berg Sinai) gevra het to jy op DIE DAG van die VERGADERING gesê het: Ek kan die STEM van YHVH my God nie langer hoor en hierdie groot vuur nie meer sien nie, ander sterf ek (hier word verwys na Eksodus 20:19). Toe het YHVH vir my (Moses) gesê: Dit is goed wat hulle gespreek het. ‘n PROFEET sal EK vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en EK sal MY WOORDE in SY MOND lê, en (hoofletter) HY sal aan hulle sê ALLE WAT EK HOM BEVEEL. EN die man wat NIE LUISTER NA MY WOORDE wat HY in MY NAAM SPREEK nie, van hom sal EK SELF REKENSKAP (verantwoording, aanspreeklikheid, verduideliking van optrede) afeis. ”
En die vervulling daarvan is opgeteken in Johannes 1:35-52 waarin ons lees van die EERSTE DISSIPELS van YESHUA. Andreas, die broer van Simon Petrus was een van die twee wat van Johanns die Doper van Yeshua die Lam van God gehoor het en Hom GEVOLG het. En ons lees vanaf vers 42-46 “Hy (Andreas) het eers sy eie broer Simon (Petrus) gekry en vir hom gesê: Ons het die MESSIAS (wat beteken GESALFDE) GEVIND (lees ook Psalm 2:2) – En hy (Andreas) het hom (vir Petrus) na Yeshua gelei. Toe kyk Yeshua na hom en sê: Jy is SIMON , die seun van Jona; jy sal genoem word CEFAS (Kefa in Hebreeus wat beteken rots of klip), en in ons vertalings word gesê: PETRUS. Die volgende dag wou Yeshua na Galiléa vertrek en Hy het FILIPPUS gekry en vir hom gesê: VOLG MY. En Filippus was van BETSÁIDA (‘n klein dorpie geleë aan die See van Galilea), uit die stad van Andreas en Petrus. Fillippus het NATÁNEAL gekry en vir hom gesê: ONS HET HOM GEVIND VAN WIE MOSES IN DIE WET (die Torah, Genesis tot Deuternomium opgeteken in opdrag van YHVH volgens Deuternomium 32:24-26) EN DIE PROFETE GESKRYWE HET: YESHUA, DIE Seun van Josef van Nasaret (Lees Lukas 24:27 Johannes 4:25)”.
Yeshua self BEVESTIG dit na Sy opstanding aan twee mans oppad na Emmaës in Lukas 24:13-35 wat Yeshua, die Nasaréner ook ‘n PROFEET noem, KRAGTIG IN WERK en WOORD voor God (die Vader) en die HELE VOLK (Israel) wat oorgelewer is deur hulle (die Jode se) owerpriestes (hoëpriester) en owerstes (aanvoerders/ hoofde) tot die DOODSTRAF en HOM GEKRUISIG het. En Yeshua sê vir hulle in Lukas 24:25-27 “…o, ONVERSTANDIGES (mense sonder begrip en insig), met HARTE wat TRAAG is om te GLO ALLES wat die PROFETE GESPREEK HET! Moes die Messias nie hierdie dinge ly en in SY HEERLIKHEID ingaan nie? (Lees ook Lukas 24:7, 44 en 46). En HY HET BEGIN van MOSES en AL DIE PROFETE af en vir hulle uitgelê in AL DIE SKRIFTE DIE DINGE WAT OP HOM BETREKKING HET.”
Petrus bevestig later ook Deuternomium 18:15-19 in sy toespraak in die Tempel waarvan ons lees in Handelinge hoofstuk 3 en hy sê in vers 22-26 “Want Moses het tot die vaders gespreek: YHVH julle God sal vir julle ‘n (hoofletter) PROFEET verwek uit julle broeders net soos ek (Moses) is, na HOM MOET julle LUISTER VOLGENS ALLES wat HY met julle sal SPREEK. EN ELKE SIEL (elke mens) wat NIE na dié PROFEET LUISTER NIE, sal UIT die VOLK UITGEROEI word. En ook AL DIE profete van Samuel af en die wat gevolg het, ALMAL wat gespreek het, het ook HIERDIE DAE aangekondig. En julle is KINDERS van die profete en van die VERBOND wat God met ons vaders gelsuit het toe Hy vir ABRAHAM gesê het: En in JOU SAAD sal AL DIE GESLAGTE van die aarde GESEËN word. God (die Vader) het NADAT Hy SY KIND YESHUA opgewek het, Hom eers vir julle gestuur (die JODE/ Stam van Juda en Benjamin) om julle te SEËN deur ELKEEN van sy BOOSHEID te BEKEER.”
Ons lees ook in Romeine 1:16 sê Paulus: “Want ek skaam my nie oor die EVANGELIE van die MESSIS nie, want dit is ‘n KRAG VAN GOD (die Vader) tot REDDING VIR ELKEEN WAT GLO, EERTE vir die JOOD (die stam van Juda en Benjamin) en ook vir die Griek (ander Bybel weergawes së ook vir die NIE-JODE).” (Ons lees ook in Handelinge 18:4, 19:10, 20:21 dat Paulus die GOEIE NUUS aan Jode sowel as nie-Jode verkondig het, ook in die sinagoges).
Stefanus haal ook Deuternomium 18:15-19 aan in sy gesprek met die JOODSE RAAD in Handelinge 7 en in vers 37-38 bevestig hy dit is Moses wat aan ISRAEL (al twaalf stamme) gesê het: “YHVH julle God sal vir julle ‘n (hoofletter) PROFEET verwek uit julle broers net soos ek is; na HOM MEOT JULLE LUISTER.” End an sien ons in vers 38 praat Stefanus van die (hoofletter) ENGEL wat met Moses gepraat het op die BERG SINAI – en dit is ‘n verwysing na Yehsua die Messias in die Ou Testament (lees Eksodus 19:3 waar dit duidelik aangetoon word dat Moses met God self gepraat het en Paulus bevestig ook later dat Yeshua in die woestyn teenwoordig was in 1 Korinthiërs 10:4 en 9) en aan hom (Moses) die LEWENDE WOORDE (dit is ‘n verwysing na die WET/ die TORAH opgesom in die TIEN GEBOOIE) gegee het om aan ons te gee. (Lees ook Jesaja 63:7-10, Romeine 3:2 en 9:4 en Hebreërs 5:12).
In Jesaja 61 lees ons meer oor die profesie oor YESHUA ons MESSIAS se BEDIENING en ons lees in vers 1-2: “Die (hoofletter) GEES van YHVH is op (hoofletter) MY, omdat YHVH MY GESALF het om ‘n BLYE BOODSKAP (die GOEIE NUUS!) te bring aan die OOTMOEDIGES (die nederiges, mense wat nie verwaand en selfbehep/ selfgerig is nie); HY het MY GESTUUR om te VERBIND die gebrokenes van hart, om vir die gevangenis ‘n VRYLATING UIT TE ROEP en vir die geboeides OPENING VAN DIE GEVANGENIS. Om uit te roep ‘n JAAR van die WELBEHAE (welgevalle, goeddenke) van YHVH en ‘n DAG van die WRAAK van onse God (die oordeelsdag); om al die TREURENDES (die droewiges, verdrietiges, die wat hartseesr is) te TROOS (op te beur, te bemoedig, te help).”
En ons lees die vervulling daarvan NA Yeshua se VEERTIG DAG VAS en VERSOEKING in die WOESTYN in Lukas 4:14-21 “En Yeshua het in die KRAG VAN DIE (hoofletter) GEES (die HEILIGE GEES) na Galilea teruggekeer en daar het ‘n GERUG (‘n berig, inligting) aangaande HOM deur die hele omtrek uitgegaan; en Hy het in hulle SINAGOGES (‘n plek waar ‘n godsdienstige vergadering of byeenkoms plaasgevind het) GELEER en is deur ALMAL GEPRYS. Toe kom HY in NASARET waar HY OPGEVOED was; en soos HY GEWOOND WAS, gaan HY op DIE SABBATDAG in die SINAGOGE en STAAN OP OM TE LEES (ons sien in Handelinge 13:14-15 en 17:2-4 Paulus en sy metgeselle het hierdie gewoonte van Yeshua voortgesit en hulle was ook op die Sabbat in die Sinaggoges en het met die mense uit die SKRIF gepraat oor Yeshua). EN die BOEK VAN DIE PROFEET JESAJA is aan HOM oorhandig; en toe HY DIE BOEK OOPMAAK, kry HY die PLEK WAAR GESKRYWE IS (Jesaja 61:1-2): DIE (hoofletter) GEES van YHVH is op MY, omdat HY MY GESALF het om die EVANGELIE (die GOEIE NUUS) aan die ARMES (dit beteken mense wat geestelik arm is, m.a.w wat nie die GEES van GOD in hulle het nie en dus NOG GEESTELIK DOOD is omdat hulle nog NIE WEDERGEBORE is nie) te bring. Hy het MY GESTUUR om die wat VERBRYSELD (vermorsel, stukkend gelaan, gebroke) van HART is, TE GENEES; om aan die GEVANGENIS VRYLATING te VERKONDIG en aan die BLINDES herstel van gesig (hulle die vermoë om te sien hertel); om die wat GEBROKE is in VRYHEID weg te stuur; om die AANGENAME JAAR (die genadejaar, dit hou verband met die JUBELJAAR waarin mense vrygelaat is lees Levitikus 25) van YHVH aan te kondig. En nadat HY die BOEK TOEGEMAAK het en aan die dienaar terug gegee het, GAAN HY SIT, en die OË van ALMAL in die SINAGOGE was OP HOM GEVESTIG. Toe begin HY vir hulle sê: “VANDAG IS HIERDIE (hoofletter) SKRIF IN JULLE ORE VERVUL.”
Die Bybel in Praktyk veruidelik: Die SINAGOGES het ‘n baie belangrike rol gespeel in die Joode (stam van Juda en Benjamin, die SUIDRYK waarvan Yeshua die Messias deel was) se aanbidding. Terwyl hulle in ballingskap was en dus nie meer ‘n TEMPEL gehad het nie, het hulle op die SABBAT in lyn met die VIERDE GEBOD van die TIEN GEBOOIE in SINAGOGES bymekaar gekom om te aanbid (baie soos wat Christene vandag op Sondae bymekaar kom). Die gebruik het voortgeleef nadat die TWEEDE TEMPEL HERBOU is. Gedurende WEEKSDAE is die sinagoges as SKOOL vir jong seuns gebruik. ‘n Sinagoge is opgerig in ENIGE DORP waar daar meer as TIEN Joodse gesine was en dit is bestuur deur ‘n leier en ‘n assistant en besoekende rabbi’s (amper soos ons predikante en pastore vandag), is dikwels genooi om in die sinagoges mense TE LEER en die SKRIF te VERKLAAR (die betekenis en bedoeling te verduidelik). Yeshua het Jesaja 61:1-2 aangehaal en opgehou voor die laaste deel van vers 2 wat praat van DIE DAG waarop YHVH SY VYANDE SAL STRAF. Hy het dit gedoen omdat DIE TYD van GOD (die VADER) met Yeshua se EERSTE KOMS na die aarde aangebreek het. DIE TYD VAN STRAF SAL AANBREEK MET SY TWEEDE KOMS (soos wat ons lees in Openbaring veral in hoofstuk 19). Yeshua was besig om vir die mense in die sinagoge UIT DIE SKRIF te wys dat HY DIE VERVULLING VAN AL DIE PROFETE SE PROFESIEË OOR DIE MESIAS IS.
Ons weet vanuit die NUWE TESTAMENT dat ELKE MENS wat vir Yeshua die Messias aanvaar as REDDER en VERLOSSER ‘n TEMPEL is van die HEILIGE GEES (lees Johannes 2:19-21, Romeine 12:1 en 1 Korintheirs 3:19-20 & 6:19-20) en GOD SE ISRAEL (AL TWAALF STAMME sowel as alle nasies wat inent op die BOOM van ISRAEL soos Paulus verduidelik in Romeine 11) vorm SAAM DIE LIGGAAM VAN YESHUA DIE MESSIAS, ook genoem die TEMPEL van GOD die VADER (lees Romeine 12:4-5, 1 Korintheirs 6:15-17 & 12:12-31, Galasiërs 6:14-16, Effesiers 2:15, 3;6, 4:16 & 5:23-30, Kolossense 1:18 & 2:18-19 asook 1 Petrus 2:4-10 soos reeds bespreek in hierdie boodskap).
