13 Mei 2026 Ons is gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (die…
DIE WAARHEID oor die KRUISIGING en die SIMBOOL van die KRUIS, Deel 3: Die Boek Genesis
3 April 2025
Ons gesels verder oor die TWYFEL wat onder gelowiges ontstaan het gedurende die laaste aantal jare oor die metode van KRUSIGING van YESHUA ons MESSIAS asook die SIMBOOL van die KRUIS.
Ons ondersoek vandag DIE EERSTE BOEK van die TORAH naamlik GENESIS vir enige bewyse van die KRUISIGING en die SIMBOOL VAN DIE KRUIS.
Yeshua ons Messias wat ook die STERKE GOD en EWIGE VADER is volgens Jesaja 9:5; onderteken SY HELE WOORD met SY HANDTEKENIG die ALEF (met die piktograaf van ‘n OS wat KRAG en STERKTE uitbeeld) en die TAV (wat ‘n TEKEN of MERK en VERBONDSTEKEN in die vorm van ‘n KRUIS uitbeeld) wat BEVESTIG Hy is die BEGIN en DIE EINDE, die EERSTE en die LAASTE). En soos gister bespreek verduidelik Hy in Lukas 24:27 aan die EMMAUSGANGERS na SY OPSTANDING vanaf Moses (‘n verwysing na die TORAH – Genesis tot Deuternomium) en AL die PROFETE en het Hy AL DIE SKRIFTE (of SKRIFGEDEELTE) vir hulle uitgele oor DIE DINGE WAT OP HOM BETREKKING HET.” Paulus bevestig dit ook in Kolossense 1:15—20.
So kom ons ondersoek of ons HOM in Genesis kan raaksien.
Die WOORD “GENESIS” is afkomstig vanuit die GRIEKS en beteken: OORSPRONG, BRON of BEGIN. Die Hebreeuse Woord is: B’resheet en beteken “in die BEGIN” of “aan de HOOF van alle dinge”.
Genesis is geskryf deur Moses in opdrag van YHVH. Ons lees in Eksodus 24:4 “En Moses het AL Die WOORDE van YHVH opgeskrywe…” Lees ook Deuternomium 31:9 en in vers 24-26 staan: “En toe Moses die WOORDE van HIERDIE WET (DIE TORAH – Genesis tot Deuternomium) klaar IN ‘n BOEK geskryf het TOT DIE EINDE TOE het Moses aan die Leviete wat die VERBONDSARK van YHVH gedra het bevel gegee en gesê: Neem hierdie WETBOEK (die TORAH) en sit dit neer AAN DIE KANT VAN DIE VERBONDSARK van YHVH julle God, dat dit daar as GETUIE teen jou kan wees.” Ons weet die KLIPTAFELS waarop die TIEN GEBOOIE geskryf is en ook DIE GETUIENIS genoem word in sommige SKRIF weergawes, moes volgens OPDRAG van YHVH binne in die VERBONDSARK geplaas word (lees Eksodus 25:21, Eksodus 26:34 en en Eksodus 40:20). Ons sien dus die belangrikheid van die TORAH (Genesis tot Deuternomium), insluitend die TIEN GEBOOIE wat basies ‘n OPSOMMING van die TORAH is, want die opdrag van YHVH was dat dit in die ALLERHEILIGSTE GEDEELTE van die Tabernakel gehou moes word. En die REDE daarvoor sien ons in Deuternomium 31:26b en 27-29: die WET (die TORAH) moes as GETUIE DIEN TEEN die mense wat WEDERSTREWIG (koppig, opstandig) en HARDNEKKIG (onversetlik, onbuigsaam, wil nie toegee nie, halstarrig, eiesinnig) was. En Moses roep dan, net net soos in Deuternomium 30:19-20 die HEMEL en AARDE op as GETUIES TEEN hulle want sê hy in vers 29: “…ek weet dat julle nà my dood gewis (verseker) verderflik sal handel (sal optree op ‘n wyse wat na die verderf/ verdoemenis lei) en sal AFWYK van DIE WEG wat ek julle beveel het, sodat die ONHEIL (ramp, groot ongeluk) julle aan die einde van die dae sal teëkom (raakloop, oorkom), omdat julle sal DOEN wat VERKEERD is in die oë van YHVH en Hom sal TERG (hom sal uitdaag, uittard, kwaad maak). Ons sien in Deuternomium 30:19-20 wat HIERDIE WEG is wanneer Moses sê: “Ek neem vandag die HEMEL en AARDE as GETUIES teen julle; DIE LEWE en die DOOD, die SËEN en die VLOEK het ek jou voorgehou. KIES DAN DIE LEWE, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag deur YHVH jou GOD LIEF te hê, NA SY STEM TE LUISTER (Hom te GEHOORSAAM) en HOM AAN TE HANG; (jou aan Hom te VERBIND) want DIT IS JOU LEWE en die lengte van jou dae…” Yeshua ons Messias bevestig die GELDIGHEID hiervan in Mattheus 22:34-39 en Hy sê ook in Johannes 14:6 “Ek is DIE WEG en die WAARHEID en die LEWE; niemand kom na die Vader behalwe deur MY nie.” En Spreuke 12:28 sê: “Op die PAD (of WEG) van GEREGTIGHEID (m.a.w om op te tree in ooreenstemming met die WIL van God die Vader), IS LEWE en die RIGTING van hierdie PAD (of WEG) is ONSTERFLIKHEID”. En in Spreuke 15:10 lees ons: “STRENG TUGTIGING (met die doel om verbetering in gedrag teweeg te bring), is daar vir hom wat die PAD (of WEG) verlaat; hy wat die teregwysing (vermanings, waarskuwings) haat, sal sterwe.” En net vir interessantheid, dit is hierdie WEG van YHVH waarvan Paulus ook praat in Handelinge 24:14 wanneer hy aan goewerneur Felix sê: “Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die (hoofletter) WEG wat hulle sekte noem (‘n klein groepie gelowiges wat van die groot groep losmaak word of afsplit), so die God van my vaders dien, terwyl ek ALLES GLO wat in DIE WET (die TORAH – Genesis tot Deuternomium) EN DIE PROFETE geskrywe is…” Lees ook Handelinge 19:9 & 23. En in Mattheus 7:13 sê Yeshua ons Messias daar is ‘n SMAL WEG, ‘n NOU POORT waardeer ons moet ingaan en waarop ons moet loop. Ek aanvaar dit praat van hierdie selfde WEG en ons lees in vers 14: ” Want die POORT (die deurgang) is NOU en die PAD (die WEG) is SMAL wat na die LEWE lei, en daar is MIN wat dit vind. Dit is ook waarvan David praat in Psalm 25:4-5 waarin hy sê: “YHVH, maak my U WEË bekend; LEER my U PAAIE. Lei my in U WAARHEID en LEER my want U is die God van my heil (redding en verlossing).”
DIE BOEK GENESIS dek gebeure oor ongeveer 2400 jaar (vanaf die Skepping tot en met die dood van Josef). Genesis Hoofstuk 1-11 handel oor die SKEPPING in SES DAE insluitend die SKEPPING van die MAN en VROU in die Tuin van Eden en die RUS op die SEWENDE DAG, die SONDE en VEROORDELING van die mens en die EERSTE BELOFTE, Kain en Abel en die afstammelinge van Kain en Set, die nageslag van Adam deur SET tot by NOAG, die toenemende bederf van die mens op aarde en die SONDVLOED, Noag verlaat die Ark na die vloed en God sluit ‘n VERBOND met hom en sy seuns Sem, Gam en Jafet en hulle nageslagte. En daarna word die TORING van BABEL gebou – dit dek ongeveer 2000 jaar. Genesis hoofstuk 12 – 50 speel af oor ongeveer 400 jaar – dit sluit in: die ROEPEING van Abram, die VERBOND van God met Abram, Hagar en Ismael, God verander die naam van Abram na ABRAHAM en stel die BESNYDENIS in, die verwoesting van Sodom, die geboorte van Isak en verdrywing van Hagar en Ismael, die offer op Berg Moria, Rebekka word gevra as vrou vir Isak, Esau en Jakob word gebore, Jakob word gesëen as EERSGEBORENE, die droom van Jakob by Bet-El. Jakob werk vir Laban en trou met Lea en Ragel, Jakob vlug vir Laban, hy worstel met die (hoofletter) ENGEL (‘n verwysing in die Ou Testament na Yeshua) hy word versoen met Esau en kom in Sigem aan, Jakob het 12 seuns, Josef, een van die 12 seuns word deur sy broers verkoop en land in Egipte in Potifar se huis as slaaf, daarna beland hy onskuldig in die gevangenis, dan verklaar hy die drome van die Farao en word aangestel as tweede in bevel oor Egipte, sy broers kom soek kos in Egipte tydens die hongersnood, Josef maak hom aan hulle bekend, sy pa Jakob trek na Egipte, Jakob seën die seuns twee seuns van Josef, asook sy ander 12 seuns en daarna sterf Jakob en later ook Josef.
In die Boek Genesis vind ons die OPENBARING van die ENIGSTE ALMAGTIGE GOD wat ALWYS is (Hy besit ALLE WYSHEID) asook Sy verhouding met die SKEPPING insluitend die aarde en die mens, die invloed van sonde en REDDING van die mens. GENESIS is dus die EERSTE HOOFSTUK van die GESKIEDENIS van God se REDDING van die mens en dit lê die FONDASIE vir die RES van die SKRIF. Dit bevestig dat God bemoeienis maak met die mens – m.a.w betrokke wil wees in mense se lewens.
In Genesis lees ons YHVH SKEI EERSTENS DIE LIG van die DUISTERNIS en ons weet hierdie LIG is HY, want eers op DAG VIER skep hy die aardse bron van DAG LIG, DIE SON asook LIGTE om die NAG te verlig, die MAAN en die STERRE. Hy skep verder die aarde vir die mens om oor te HEERS, en Hy skep die mens in SY BEELD as LIGGAAM, SIEL & GEES en Hy BLAAS Sy asem (SY GEES) in die MENS en die MENS word ‘n LEWENDE SIEL (Genesis 1-2).
God plant ‘n TUIN met TWEE BOME – die mens is geskep met ‘n VRYE WIL en moet KIES tussen GOED (YHVH se WEG/ die GEES) ons kan sê: DIE LIG en tussen GOED & KWAAD (sonde & misleiding/ die VLEES, ons kan sê: DIE DUISTERNIS). En ons KEN die verloop van hieraf BAIE GOED.
Die slang ook genoem die draak/ duiwel en Satan VERLEI die mens en die mens KIES die BOOM van GOED & KWAAD (Genesis 3 en Openbaring 12).
Die mens VAL – m.a.w die mens verloor sy posisie van HEERLIKHEID en die VOORREG om in die ONBEPERKTE TEENWOORDIGHEID in die LIG en LIEFDE van YHVH, die HEILIGE GOD en VADER in die PARADYS te leef. En die mens word verlaag na die VLEES (die LIGGAAM) wat in DUISTERNIS leef – ons kan dus sê: die mens sterf geestelik want hy is nou GESKEI van Abba Vader se ONBEPERKTE TEENWOORDIGHEID en kan Hom dus nou nie meer “sien” en “hoor” nie – die mens word dus nou geeselik BLIND en DOOF en ons kan miskien se “tas in die koue duisternis rond” sonder Abba se wonderbare LIG en LIEFDE.
NAAKTHEID (‘n verwysing na die vlees/ of sondige natuur, die mens se liggaam, siel en gees sonder die HEERLIKE TEENWOORDIGHEID VAN DIE LIG van ABBA VADER) tree in asook VERVLOEKING (as gevolg van sonde ook genoem WETTELOOSHEID) teen Adam, Eva, die Aarde en die slang/ die draak/ die duiwel ook genoem die Satan (lees Genesis hoofstuk 3, en Openbaring 12:9).
Ons sien ook dat VYANDSKAP INTREE TUSSEN TWEE SOORTE MENSE op AARDE – DIE WAT DIE SAAD van DIE BOOM VAN GOED SAL KIES (kinders van God die Vader – GEES) en DIE WAT DIE BOOM VAN GOED EN KWAAD sal KIES (kinders van die Satan – VLEES) – hakskeen byt en kop vermorsel is die resultaat – lees Johannes 8:44, Galasiërs 4:29, MENSE wat in DIE VLEES leef VERVOLG die mense wat in die GEES leef– lees Paulus se woorde in Galasiërs 4:29.
‘n DIER se BLOED vloei om Adam en Eva se NAAKTHEID te bedek – ‘n PRENTJIE van die EERSTE PASGA, hier nog onvolmaak met die BLOED van ‘n ONSKULDIGE DIER wat later vervang sou word deur die VOLMAAKTE OFFER, die BLOED van DIE LAM, YESHUA die MESSIAS. Abba Vader tree m.a.w hier in om vir ADAM en EVA TYDELIK te BESKERM en kommunikasie met Hom steeds moontlik te maak maar Adam en Eva word weggestuur uit die TUIN van EDEN (die Paradys, uit Abba se TEENWOORDIGHEID waartoe hulle voorheen VRYE TOEGANG gehad het) in die WÊRELD in. En ons sien DIERE se BLOED moet voortdurend vloei om die mens se sondes TYDELIK te bedek sodat hulle in ABBA se TEENWOORDIGHEID kan intree want kommunikasie is nou BEPERK met Hom omdat Hy ‘h HEILIGE GOD is, ‘n VERTERNEDE VUUR (erger as die SON wat Hy geskep het wat in die DAG alles DUISTERNIS wegbrand) en dus word SONDE in SY TEENWOORDIHEID verband. Dus SKEP Hy in SY LIEFDE en GENADE vir die mens ‘n PAD VAN REDDING terug na HOM – maar eers moet HY die MENS LEER met PRENTJIES, BEELDE en GELYKENISSE sodat die mens HOM as HEILIGE GOD kan VERSTAAN, VOORDAT HY SELF DIE VOLLE, BAIE DUUR PRYS VIR ONS SONDE KOM BETAAL – DIE DOOD (Lees Romeine 6:23 en 1 Petrus 1:18-19, 1 Petrus 2:24 en Openbaring 5:9) deur aan ‘n KRUIS VIR DIE HELE MENSDOM te KOM STERF in die VORM van YESHUA DIE MESSIAS, die SEUN van YHVH.
Tekens van die VLEES (die SONDIGE NATUUR in die gevalle wêreld) is duidelik in Adam en Eva se kinders naamlik – JALOESIE, AFGUNS en WOEDE wat lei tot die MOORD van ABEL aan die hand van sy BROER KAIN (lees Genesis 4 & Galasiërs 5:19-21).
Abba Vader begin reeds hier met sy OPLEIDING PROSES van die MENS deur middel van SY gesprek met Kain wanneer HY ROEP NA KAIN VOOR die MOORD op ABEL en so leer Hy ons reeds hier in Genesis 4:6-7: Daar is vir ons OORWINNING as ons GOED DOEN, maar ons moet WEET, in hierdie gevalle wereld le die SONDE en LOER voor die deur en dit BEGEER JOU (DIE DUISTERNIS, die slang/ draak/ duiwel/ Satan, gaan ons, net soos vir Adam en Eva AANMOEDIG tot WETTELOOSHEID, om TEEN GOD se AANBEVELINGS TE DINK, TE BELUIT en OP TE TREE want dit BEGEER om jou in die DUISTERNIS te LAAT LEEF, maar ons dank ABBA VADER vir SY DUIDELIKE OPRDAG: “…maar JY moet DAAROOR (oor die sonde) HEERS!
As ons dit nie DOEN nie – en toegee aan die VLEES sal ons VERVLOEK wees WANT die DUISTERNIS sal dan oor ons HEERS en ons sal ELLENDIG wees want ons SAL KAAL en BLIND wees en vol VREES, SKULDGEVOELENS en SKAAMTE. Lees ook Yeshua se woorde hieroor aan die GEMEENTE van LAODICÈA in Openbaring 3:14-18.
Maar ons sien ‘n INTERESSANTE wending nadat KAIN toe wel vir ABEL doodgeslaan het want hy HET NIE na GOD se OPLEIDING geluister nie en SY EIE KOP GEVOLG deur aan SY VLEESLIKE EMOSIES VAN JALOESIE en HAAT toe te gee en vir ABEL te vermoor. En ons sien dan VOLG VERVLOEKING soos God mos nou vir ons gesê het DIT SAL WEES. Maar dan ROEP KAIN UIT NA GOD dat sy STRAF te GROOT is vir hom om te dra.
En ons sien iets WONDERBAARLIKS GEBEUR – GOD het GENADE vir ‘n SONDAAR – YHVH GEE ‘n TEKEN (‘n MERK)… aan Kain, sodat enige een wat hom sou kry hom NIE doodslaan nie. (Genesis 4:14-16). SO, WAS DIT DALK DIE PRENTJIE VAN DIE TAV wat MERK beteken en waarvan die piktograaf ‘n KRUIS is? Dit is ‘n groot moontlikheid want ons sien dat ABBA vir KAIN deur HIERDIE MERK van die DOOD RED! Yeshua ons Messias sê dan ook later in Lukas 5:32 “Ek het nie gekom om REGVERDIGES (‘n persoon wat leef in ooreenstemming met God se WOORD en WIL) te roep nie, maar SONDAARS tot BEKERING (verandering van hart en afkering van sonde).
So hier sommer vroeg in GENESIS sê Abba dan deur KAIN vir ALLE SONDAARS, selfs vir MOORDENAARS daar is REDDING in HOM deur SY ONBESKRYFLIKE en ONVERSTAANBARE GENADE en LIEFDE vir die MENS al het ons die ergste denkbare sondes gedoen! Ons weet dat David wat basies ook Batseba se man laat vermoor het, ook hierdie REDDENDE GENADE van Abba VADER ondervind het NADAT hy sy sonde erken en bely het (lees 2 Samuel hoofstuk 11-12 en Psalm 51). Daar is nie ‘n EINDE aan HIERDIE GOD, YHVH die GOD van LIG en LIEFDE se GENADE en LIEFDE vir ons nie (lees Sefanja 3:17, Johannes 3:16, Romeine 5:8 en 8:37-39, Effesiers 2:4-5, 1 Johannes 4:16 en nog vele meer!) En daarom is daar ook REDDING vir jou en my. ‘n TWEEDE KANS, ONGEAG van wat ons in ons VERLEDES gedoen het! HaleluYAH! PRYS SY NAAM!
So dalk kan ons dan sê, Genesis 4:14-16 is ook ‘n PRENTJIE van die PASGA BOODSKAP in die SKRIF – GOD SE REDDING VIR DIE MENS DEUR DIE KRUIS – hier aangebring as ‘n MERK (‘n TAV) op KAIN se voorkop sodat hy nie doodgemaak sou word nie. Ons kry ook hierdie prentjie in Openbaring hoofstuk 7:2-3 waarin die engel opdrag kry om “met die seël van die LEWNEDE GOD die diensknegte van God op hulle VOORHOOFDE te verseël VOORDAT die aarde, die see en die bome beskadig word (lees ook Esegiel 9:4). ’n MERK word aangebring op die voorkoppe van GELOWIGES. Lees ook Openbaring 9:4, 14:1 en in Openbaring 22:4 lees ons dat die GELOWIGES in die ewigheid GOD se AANGESIG sal sien en SY NAAM sal op hulle VOORHOOFDE wees. Ons lees ook van hierdie MERK of TEKEN in Deuternomium 6:1-8 en 11:18 as GEHOORSAAMHEID aan YHVH se TORAH soos opgesom in die TIEN GEBOOIE bekend as SY LIEFDESWET – liefde vir Hom bo alles en vir ons naaste soos onsself. Hierdie MERK word bevestig in Openbaring 12:17 as die HOU van die GEBOOIE van God (dit verteenwoordig die VERBONDSARK met die WET van YHVH daarin) EN DIE GETUIENIS van YESHUA die MESSIAS (dit verteenwoordig die VERSOENDEKSEL, die MERCY SEAT in ENGELS bo-op die VERBONSARK met Yeshua ons Messias se bloed vir ons gestort daarop wat ons BESKERM, deur die VOL PRYS wat Hy vir ons sondes betaal het teen die DOODMAAK KRAG van die WET (die TORAH). Esegiel 36:24-27 en Jeremia 31:31-33 som hierdie merk waarskynlik die beste op as DIE NUWE VERBOND waarin – ons HARTE die VERBONDSARK word waarop die WET (die TORAH) van GOD geskryf word en ons gevul word met SY HEILIGE GEES om ons te help om GEHOORSAAM aan Hom en SY LIEFDESWET te lewe (Lees ook Hebreers 8:10 en 10:16 asook Effesiërs 1:13-14).
Hierna gebeur baie dinge in GENESIS, die wêreld soos ons dit ken word uitgewis deur die VLOED (weereens as gevolg van sonde), maar Abba Vader RED vir NOAG en sy vrou en drie seuns en hulle vroue (agt mense in totaal) en die MENSDOM begin van vooraf deur NOAG se DRIE SEUNS SEM, GAM en JAFET (lees Genesis 9). Abraham word dan later gebore uit die stam van SEM en GEROEP deur God en hy en Sarah het ‘n seun ISAK – die seun van die VERBOND. En dit is hier waar ons weer die PRENTJIE van REDDING deur die KRUIS sien. Hierdie keer in die vorm van die PA wat SY GELIEFDE SEUN offer op die BRANDOFFERALTAAR wat ons later in die TABERNAKEL sou eien as ‘n PRENTJIE van die KRUIS waarop YESHUA die MESSIAS, die LAM van GOD die VADER sou sterf namens die hele mensdom as vergifnis vir ons SONDES as DIE EERSTE en BAIE BELANGRIKE STAP op die WEG, die SMAL WEG, met SEWE ONDERSKEIBARE STAPPE uitgebeeld in die SEWE FEESTE VAN YHVH die VADER asook die SEWE STUKKE TABERNAKEL TOERUSTING om te dien as RIGTINGWYSERS na die wonderbaarlike TEENWOORDIGHEID van Abba Vader.
Later het Isak dan TWEE SEUNS, ESAU en JAKOB – en Jakob, later deur God hernoem met die naam ISRAEL (lees Genesis 35:10), erf die SEËN van ABRAHAM wat ABBA in Genesis 12:2-3 aan hom gegee het naamlik dat Hy hom ‘n GROOT NASIE sal maak sodat hy ‘n seën kan wees. En Hy sal seën wie vir Jakob seën en hom vervloek wat vir Jakob vervloek en in hom sal AL die NASIES van die aarde geseën word. En JAKOB het dan TWAALF SEUNS wat die TWAALF STAMME VAN ISRAEL word. En tussen Jakob se TWAALF SEUNS sien ons weer die VLEES (of sondige natuur) HEERS in hulle GEDAGTES en HARTE en as gevolg van JALOESIE en AFGUNS, verskyn WOEDE en HAAT en Josef, een van die TWAALF SEUNS word verkoop as SLAAF en land in EGIPTE in POTIFAR se huis. Ons ken hierdie GEKSIEDENIS en die MOEILIKE PAD VAN OPVOEDING wat JOSEF in GETOUHEID saam met ABBA VADER GELOOP het en hy toe uiteindelik in staat was om tydens die HONGERSNOOD vir sy pa JAKOB en ELF BROERS en hulle FAMILIES kos en BLYPLEK in EGIPTE kon voorsien. En hier leer ons dus wat Paulus vir ons in Romeie 8:28 verduidelik dat ABBA VADER ALLES TEN GOEDE LAAT MEEWERK VIR HULLE WAT HOM LIEFHET EN GEROEP IS TOT SY DOEL VIR ONS LEWENS (Lees Josef se woorde hieroor in Genesis 50:19-20).
Genesis 12:1-3 is die SLEUTEL VERS van Genesis en die SLEUTELWOORD wat 19 keer voorkom is: GENERASIES (nakomelinge) en dit volg die spoor van die UITVERKOSE SAAD van die vrou waarvan ons lees in Genesis 3:15. Dit toon veral die OORSPRONG van die VOLK ISRAEL vanuit WIE die REDDER sou kom.
En ons SIEN nog ‘n INTERESSANTE WENDING – Josef het in Egipte met ASANAT getrou – ‘n EGIPTIESE VROU (vanuit die NAGESLAG van MISRAIM, GAM se seun en dus Noag se kleinseun – lees 1 Kronieke 1:1-14, en twee seuns, MANASSEH die oudste en EFRAIM (die jongste) is vir hulle gebore. En dit is HIER waar ons die PLEK sien wat ABBA VADER voorberei het sodat DIE NASIES kan inent in GOD SE VOLK ISRAEL (Lees Romeine hoofstuk 11).
En hierdie INENTING kom weer in die PERFEKTE PRENTJIE van die EEN wat dit in die TOEKOMS SOU BEWERKSTELLIG – YESHUA die MESSIAS met DIE ONLOSMAAKLIKE PRENTJIE van DIE TAV (DIE KRUIS) waarop HY VIR DIE MENSDOM (ALLE NASIES) SOU STERF sodat ALLE MENSE weer die KEUSE kon maak om terug te draai, WEG VAN DIE DUSITERNIS VAN DIE VLEES en te LEEF in die TEENWOORDIGHEID van die LIG en LIEFDE van ABBA VADER!
