12 Augustus 2026 Goeie dag almal, Ons gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE…
DIE WAARHEID OOR DIE KRUISIGING en die SIMBOOL van die KRUIS – Deel 2: Die WOORD as die ENIGSTE WARE BRON van INLIGTING
2 April 2025
DIE WOORD VAN YHVH AS DIE HOOFBRON VAN BETROUBARE INLIGTING WAARTEEN ALLE ANDER INLIGTING GETOETS MOET WORD
Ons gesels verder oor die TWYFEL wat onder gelowiges ontstaan het gedurende die laaste aantal jare oor die metode van KRUSIGING van YESHUA ons MESSIAS asook die SIMBOOL van die KRUIS.
Hierdie studie word gedoen vanuit die veronderstelling dat die WOORD VAN GOD die ENIGSTE WAARHEID is en dat ALLES daarteen getoets moet word in terme van waarheid en nie anders om nie. Ons volg dus die mense van Berea waarvan ons lees in Handelinge 17:11 wat die Woord met WELLWILLENDHEID (goedgesindheid, vriendelikheid, tegemoetkomendheid) ontvang het en ELKE DAG die SKRIFTE ondersoek het om vas te stel of die dinge wat hulle GEHOOR het die WAARHEID is volgens wat in die WOORD opgeteken is!
En dus sal ons in hierdie studie, net soos die mense van Berea, HOOFSAAKLIK die Woord van God gebruik om die WAARHEID oor die KRUISIGING van YESHUA ons MESSIAS en die KRUIS as SIMBOOL hiervan te ONDERSOEK. Ons is oortuig daarvan dat daar MENIGTE SLAGGATE ontstaan wanneer ons EKSTERNE bronne probeer gebruik om die KRUISIGING en die KRUIS as SIMBOOL te probeer bewys of weerlê omdat ons ons dan oopstel vir die wêreld se LEUENS en MISLEIDING. Ons gebruik dus juis in hierdie studie die WOORD VAN GOD as die WAARHEID om enige leuens en misleiding van buite te TOETS en te verslaan.
Baie mense in ons tyd is bekommerd oor die BETROUBAARHEID van die Woord omdat daar deur die loop van tyd verskeie veranderinge in die Woord aangebring is deur Bybel Vertalers.
En alhoewel dit waar mag wees moet ons in gedagte hou dat Abba Vader reeds ongeveer 6000 jaar SY WOORD SELF BESKERM. En ons lees mos in die WOORDE van ons MESSIAS in Mattheus 5:18, 24:35, Markus 13:31 en Lukas 21:33 Die hemel en die aarde SAL VERBYGAAN, maar MY WOORDE sal NOOIT VERBYGAAN NIE.”
Ons reken dus HY IS GROOT EN ALMAGTIG en ALHOEWEL daar verseker gepeuter is deur die EEUE aan SY WOORD deur Satan en sy die bose magte, het YHVH ‘n MEGANISME INGEBOU in SY WOORD om SY BEDOELING vir ons BEHOUE te laat bly. HY het TWEE of MEER GETUIES vir ALLES wat HY BEVEEL en SÊ! (Lees Deuternomium 19:15, Johannes 8:17-18, Mattheus 18:16, 2 Korinthiërs 13:1, 1 Timotheus 5:19, Hebrëers 10:28 en Openbaring 11:3). Hoe belangriker ‘n saak is HOE MEER GETUIES is daar. Maar net DIE WAT DIT SOEK, sal die WAARHEID VIND! Hy sê in verskeie gedeeltes in SY Woord as ons HOM SOEK MET ONS HELE HART, SAL ONS HOM VIND (lees Jeremia 29:12-13, Spreuke 8:17, Mattheus 6:33, Lukas 11:9 en Hebrëers 11:6).
Dit is dan ook waarskynlik waarvandaan ons HOFSTELSEL ontstaan het met GETUIES om iemand se SKULD of ONSKULD te BEWYS. Op dieslefde wyse BEWYS God die Vader vir Sy kinders (en die wêreld), die WAARHEID van SY WOORD SONDER ENIGE TWYFEL en word MISLEIDING blootgestel wanneer ons dit aan die WAARHEID van die WOORD gemeet word!
En die WOORD verseker ons verder dat die HEILIGE GEES die een is wat ons HELP om die WOORD te VERSTAAN! Ons lees in 1 Johannes 2:27a “En die salwing (die NLV sê: DIE HEILIGE GEES) wat julle van Hom (Yeshua die Messias) ontvang het, bly in julle, en julle het NIE NODIG DAT IEMAND JULLE LEER NIE; maar soos dieselfde SALWING (SY GEES) julle aangaande ALLES LEER..” So al mag dit dalk waar wees dat Satan en sy bose magte deur die gebruik van bose mense deur die eeue heen probeer het om God se Woord te verander deur byvoegings of weglatings is dit ONMOONTLIK om al die GETUIES te verwyder! So al wat ek en jy moet doen is om Hom (die EEN wat die WAARHEID en die WOORD self genoem word soos gister bespreek, te SOEK en ons kan VERSEKER WEET ONS SAL HOM VIND.” En HY sal ons NOOIT teleurstel nie en HY SELF SAL ONS DIE WAARHEID LEER want Hy (die Vader, Seun en GEES) is die WAARHEID en HY IS DIE WOORD!
ONS GEBRUIK DAN IN HIERDIE STUDIE BEIDE DIE OU en NUWE TESTAMENT om die KRUISIGING van YESHUA ons MESSIAS en die KRUIS as SIMBOOL en VERBONDSTEKEN van ABBA VADER te BESTUDEER.
Maar voordat ons met die WOORD self gaan begin is dit nodig om eers ‘n STUDIE te doen oor die BETEKENIS van die WOORD: KRUIS en KRUISIGING.
Die woord “kruis” word in die HAT Woordeboek soos volg beskryf: “’n Figuur gevorm deur twee balke of lynewat mekaar reghoeking of oner ‘n ander hoek sny. Figuurlik staan die KRUIS vir die CHRISTENDOM (m.a.w GELOWIGE VOLGELINGE van YESHUA die MESSIAS). Dit is ook ‘n woord wat gebruik word om LYDING en BEPROEWING wat gedra moet word soos soos die Messias Sy KRUIS gedra het te beskryf. Die teken van ‘n kruis (of soos ons dit noem ‘n “kruisie” – x) as wat dien as die ONDERTEKENING van ‘n persoon wat nie kan skryf nie, as MERK TEKEN by iets, bv. ‘n PLEK in ‘n boek en as TEKEN agter ‘n persoon se naam om aan te dui dat hy of sy OORLEDE is. Die ROMEINES SYFER 10 word uitgebeeld deur ‘n KRUIS (‘n eks – X). En dan is daar die OORKRUIS plasing van die arms oor die bors of GEKRUISDE arms.

Volgende kyk ons na die woord: “kruisig” wat beteken om iemand aan ‘n kruis vas te spyker en so DOOD te MAAK. Die Woord praat dan ook natuurlik daarvan dat ons, ons VLEES/ ons SONDIGE NATUUR moet KRUISIG, m.a.w dit moet DOODMAAK of dalk mooier gesê dit AFSTERF. Paulus stel dit soos volg in Galasiërs 2:20 “Ek is (saam) met die Messias GEKRUISIG, en ek leef NIE meer nie, maar die Messias LEEF IN my. En wat ek nou in die VLEES lewe (die NLV sê: die lewe wat ek nou op aarde lewe), leef ek deur die GELOOF in die SEUN van GOD wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.” En in Romeine 6:6 sê hy: “aangesien ons dit weet dat ons OU MENS saam GEKRUISIG is, sodat die LIGGAAM VAN DIE SONDE (m.a.w die VLEES of SONDIGE NATUUR) tot NIET GEMAAK sou word en ons NIE meer die sonde sou dien nie.”
Jeff Benner van die Ancient Hebrew Resarch Centre verduidelik die volgende: Die Moderne Hebreeuse woord vir ‘n “kruis” is TSELEV en verskyn nie in die Ou Testament nie, maar dit word gebruik in die Moderne Hebreeuse vertalings van die Nuwe Testament vir die “kruis” of KRUISIGING. TSELEV word dikwels gebruik vir die woord “merk”, soos in ‘n “X wat die plek merk of aandui.” In die Hebreeus waarin die Woord geskryf is, is daar twee woorde wat “merk” beteken. Die een is die Hebreeuse woord “ot” (Strong’s #226) en die ander is die woord “tav” (Strong’s #8420). Die TAV is ook die laaste letter van die 22 letters in die Hebreeuse Alafbet/ Alfabet. In die ANTIEKE HEBREEUS word die letter TAV aangedui as ‘n “X” wat die prentjie van ‘n “merk” is. Altwee die Hebreeuse woorde vir “merk” het die letter TAV daarin.
Die paleo Hebreeuse prentjie van die TAV is twee stokke wat oorkruis oormekaar geplaas word om ‘n X te vorm. Die betekenis daarvan is ‘n “merk”, ‘n teken” en ‘n “handtekening.” Ons gebruik ook hierdie teken “X” in ons modern samelewing vir hierdie spesifieke doeleindes. Dit is ook in Antieke tye gebruik om aan te dui dat iemand op ‘n spesiale plek geariveer het end it het gedien as herinnering van ‘n OOREENKOMS/ VERBOND tussen twee mense.
Die kruis in die vorm van ‘n PLUS teken word ook aangetref in die EGIPTIESE HIËROGLIEWE. Wat sou die rede hiervoor wees? Noag se seun Gam, se seun Misraim is die voorvader van die EGIPTENARE. Gam het VIER SEUNS gehad, KUS, MISRAIM, PUT en KANAAN. Kus, uit wie se nageslag NIMROD gebore is wat die toring van Babel gebou het, Misraim, waaruit die Kasluhiete gekom het wat die voorvaders van die FILISTYNE was en Kanaan waaruit AL ISRAEL se VYANDE gekom het naamlik die Jebusiete, Amoriete, Girgasiete, Hewiete, Arkiete, Siniete, Arwadiete, Semariete en Hamatiete – lees 1 Kronieke 1:1-14.
In die Moderne Hebreeus, Arabies en Grieks word daar saamgestem dat die TAV, “merk” beteken en dat die klank daarvoor die letter “t” is.
Die ANTIEKE LETTER TAV word in die vroeë Hebreeuse skrif aangedui as ‘n PLUS en het in die middel Semitiese skrif (wat insluit Hebreeus en Aramees) verander na ‘n eks (X). Die vroeë Semitiese PLUS teken is die OORSPRONG van die letter T in Grieks en Latyns.

Die Blue Letter Bible verduidelik dit verder. As die FINALE letter van die Hebreeuse Alfabet wat uit 22 letters bestaan is die TAV gelyk aan die getal VIER HONDERD en is die SIMBOOL daarvan VOLMAAKTHEID. En die betekenis daarvan is AFDRUK (IMPRINT in Engels) of “MERK” en dit sinspeel op DRIE NOODSAAKLIKHEDE vir die SIEL (verstand, emosies en vrye wil) van die mens en dit is:
- Teshuvah in Hebreeus (dit is BEKERING wat beteken: dat iemand ‘n VERANDERING VAN HART ondergaan, tot INKEER kom, selfondersoek doen, sondebelydenis doen en terugkeer na die wil en leringe van Abba Vader, en
- Tefillah in Hebreeus (wat GEBED is), en
- Die Torah (Genesis tot Deuternomium, opgesom in die TIEN GEBOOIE) asook die res van die WOORD ingesluit die Nuwe Testament vanaf die Evangelies/ Die GOEIE NUUS tot die Boek Openbaring
Al DRIE hierdie HEBREEUSE WOORDE begin met die LETTER TAV. Die Letter TAV verteenwoordig ook DIE WAARHEID. En die TAV is ook die BEGIN van die Hebreeuse woord: TIKKUN wat beteken om TE HERSTEL en dit sluit aan by die konsep van TESHUVAH (bekering in Afrikaans) – om TERUG TE KEER na DIE BRON van VERGIFNIS. HalleluYAH, Prys Sy Naam!
Die ALEF is die EERSTE LETTER van die Hebreeuse Alfabet en die TAV is soos reeds verduidelik die 22ste en LAASTE LETTER.
God word in die SKRIF aangedui as die ALEF wat in sommige Bybel weergawes aangedui word as die ALFA wat ‘n Griekse woord is en DIE BEGIN of EERSTE beteken. En die TAV, in sommge Bybel weergawes aangedui as die Griekse Woord OMEGA wat die EINDE of LAASTE beteken.
Ons lees hierdie woorde op TWEE plekke in die Ou Testament naamlik Jesaja 44:6 waarin ons lees: “So sê YHVH, die KONING van ISRAEL en SY LOSSER, YHVH van die LEËRSKARE (die ENGEL WEERMAG): EK is die EERSTE (die ALEF in Hebreeus en Alfa in Grieks), en EK is die LAASTE (die TAV in Hebreeus en Omega in Grieks), en buiten My is daar GEEN God nie.” En in Jesaja 48:12 lees ons: “Luister na My, o JAKOB en ISRAEL wat Ek GEROEP het, DIT IS EK, EK is die EERSTE, ook iS EK die LAASTE.” En in die eerste hoofstuk van Openbaring in vers 8 , 11 en 17-18 asook Openbaring 21:6 en dan weer in die heel laaste hoofstuk van die Skrif, Openbaring 22:13 “EK is die ALEF in Hebreeus (ALFA in Grieks) en die TAV in Hebreeus (OMEGA Grieks), die BEGIN en die EINDE, die EERSTE en die LAASTE.”
Die SIMBOLIESE betekenis van die ALEF is die volgende: dit verteenwoordig goddelikheid, die BEGIN, EENHEID en die ONSIENLIKE BRON van die SKEPPING.
En die TAV is die volgende: dit verteenwoordig VOLTOOIING, DIE EINDE en die MERK VAN REDDING.
Yeshua is the BEGIN en die EINDE van die SKEPPING van GOD die VADER (lees Openbaring 3:14) en die ONDERHOUER van ALLE DINGE want IN HOM is ALLE dinge GESKAPE wat in die hemele en op die aarde is, wat SIENLIK en ONSINLIK is, TRONE sowel as heerskappye en owerhede en magte – ALLE DINGE is DEUR HOM en TOT HOM geskape. En Hy is VOOR ALLE DINGE, en IN HOM hou alles dinge stand (die NLV sê: ALLES word in Hom saamgebind. Lees Kolossense 1:16-17 en lees ook Job hoofstuk 38-39 waarin YHVH vir Job SY MAJESTEIT (REGEERDER, KONING) in die SKEPPING asook SY ONDERHOUDING en REGERING (as OPPERGESAG) oor ALLE DINGE, verduidelik.
Yeshua die MESSIAS is DIE STERK TEKEN van YHVH die Vader, angedui deur die EERSTE LETTER van die Hebreuse alphabet (in die antieke Hebreeus ‘n prentjie van ‘n OS), Hy is die een wat kom in NEDERIGE STERK KRAG wat die TEKEN van DIE VERBOND van GOD DIE VADER is, (die TAV, ‘n prentjie van die KRUIS). In the OORSPRONKLIKE HEBREEUSE GESKRIFTE word hierdie twee tekens, die ALEF en die TAV aangedui as twee simbole vanaf die heel eerste vers in GENESIS dwarsdeur die Woord as die VINGERAFDRUK van YESHUA die MESSIAS.



