13 Mei 2026 Ons is gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (die…
DIE WAARHEID oor die KRUISIGING en die SIMBOOL van die KRUIS, Deel 4: Genesis 48
7 April 2025
Ons gesels verder oor die TWYFEL wat onder gelowiges ontstaan het gedurende die laaste aantal jare oor die metode van KRUSIGING van YESHUA ons MESSIAS asook die SIMBOOL van die KRUIS.
Ons is steeds besig om die BOEK GENESIS te ondersoek vir enige bewyse van die KRUISIGING van Yeshua die Messias en die SIMBOOL VAN DIE KRUIS. En bespreek vandag Genesis hooftuk 48.
In GENESIS hoofstuk 48 lees ons het JOSEF gehoor sy pa JAKOB is siek en Josef neem toe sy twee seuns Manasse en Efraim saam met hom na sy vader Jakob. En ons lees dan vanaf vers 3-5: “En JAKOB het vir JOSEF gesê: “God, die ALMAGTIGE, het aan my verskyn by Lus in die Land Kanaän (ons lees van hierdie verskyning en belofte van God aan Jakob in Genesis 28:13 & 19 waarin Hy belowe dat Jakob se nageslag sal wees soos die stof van die aarde wn sal uitbrei na die WESTE en OOSTE, en na die NOORDE en SUIDE; en in hom en sy nagelsag sal AL die geslagte van die aarde geseën word, en Jakob sê verder en Hy het) my geseën en vir my gesê: Kyk, Ek sal jou vrugbaar maak en jou vermeerder en jou tot ‘n MENIGTE VAN VOLKE MAAK (die NLV se tot baie NASIES maak) en Ek sal aan jou NAGESLAG ná jou hierdie land as EWIGE BESITTING gee (hierdie belofte in opgeteken in Genesis 17:8 en dan sê Jakob verder:) Nou dan, jou TWEE SEUNS wat vir jou in EGIPTE gebore is, voordat ek in Egipte na jou gekom het, IS MYNE. EFRAIM en MANASSE sal MYNE WEES net soos RUBEN en SIMEON (nogal interessant want met die split in die Koningkryk in die tyd van Rehabeam, koning Salomo se seun, het die stamme van RUBEN en SIMEON deel gevorm van die NOORDRYK onder EFRAIM – lees 1 Konings hoodstuk 12 tot 16).
Ons lees in Genesis 41:50 “En vir JOSEF is TWEE SEUNS gebore – voordat die jaar van hongersnood gekom het – wat ASENAT, die dogter van Potifera, die Priester van On, vir hom gebaar het.” Die Nelsions Foundational Bible Dictionary verduidelik dat On ’n stad was in die onderste gedeelte van Egipte aan die Ooste kant van die Nyl , ongeveer 20 myl Noord van Memphis. Dit was die die middelpunt van sonaanbidding en genoem Heliopolis.
Nou ons weet vanuit Genesis 9:1, 10:6 en 1 Kronieke 1:8-12 dat die EGIPTENARE die nageslag van Noag se seun Gam is deur sy seun MITRAIM (‘n naam wat dikwels in die Woord vir Egipte gebruik word en veral sy nageslag genaamd die Naftuhiete word gekoppel aan die Egiptenare). Dus sien ons Josef uit die nageslag van NOAG se seun SEM (waaruit sy oupa grootjie Abraham gebore is volgens Genesis 11:27), trou met Asenat uit die nagelsag van Noag se seun en dus SEM se BROER GAM wat as die Egiptenare bekend gestaan het en afgedwaal het van die weë van YHVH en betrokke geraak het in sonaanbidding.
En ons lees dan verder in Genesis 41:51-52 “En Josef het die eersgeborene MANASSE genoem; want, het hy gesê, God het my al my moeite laat vergeet en ook die hele huis van my vader (die NLV sê: my laat vergeet van al my swaarkry en alles wat my familie teen my gedoen het want ons onthou mos Josef se 11 broers het hom as ‘n slaaf verkoop aan die Ismaeliete en hulle het hom aan die Egiptenare verkoop lees Genesis 37). En die tweede (seun) het hy EFRAIM genoem; want, het hy gesê, GOD HET MY VRUGBAAR GEMAAK in die land van my ellende.”
En dan lees ons verder in Genesis 48:8-9 “Toe ISRAEL (die naam van God aan Jakob gegee het in Genesis 35:10), die SEUNS VAN JOSEF sien, sê hy: Wie is dit? En Josef antwoord sy vader: Dit is my SEUNS wat God my hier (in Egipte) gegee het. En hy (Jakob ook genoem Israel), sê: Bring hulle tog by my, dat ek hulle kan seën. (Ons weet dat dit ‘n gebruik was in antieke tye dat die pa sy seuns geseën het voordat hy gesterf het – ons lees van Jakob se seën deur sy pa ISAK in Genesis 27:4 en David seen later vir Salomo voor hy sterf in 1 Konings 2:1-6). En ons lees verder in Genesis 48:10-14 “Maar ISRAEL se oë was swaar van ouderdom, hy kon nie sien nie. En toe hy hulle (vir Manasse en Efraim), by hom bring, het hy (Israel/ Jakob) hulle GESOEN en hulle OMHELS (nog ‘n liefdesblyk tussen pa en seun wat on sook sien in Genesis 27:27 met die seen van Jakob as jong man deur sy pa ISAK). En Israel (Jakob) sê vir Josef in Genesis 48:11:” Ek het geen gedagte gehad om jou aangesig te sien nie (die NLV sê: Ek het nie gedink ek sou jou ooit weer sien nie), en kyk, GOD HET MY OOK JOU NAGESLAG LAAT SIEN. Daarop laat Josef hulle (vir Manasse en Efriam) van sy knieë af weggaan (die NLV sê: Josef het die seuns van hulle oupa se skoot afgetel), en hy buig hom met sy aangesig na die aarde toe (‘n gebaar van eer aan Jakob sy aardse pa). En Josef neem hulle twee, EFRAIM met sy REGTERHAND, LINKS van ISRAEL (Jakob), en MANASSE met sy LINKERHAND, REGS van ISRAEL (Jakob), en hy bring hulle by hom. Toe steek ISRAEL (Jakob) sy REGTERHAND uit en lê dit op die hoof van EFRAIM, hoewel hy die JONGSTE was, en sy LINKERHAND op die hoof van MANASSE: HY HET SY HANDE OORKRUIS GEHOU, want Manasse was die eersgeborene. SO, HIER SIEN ONS DAN WEER DIE TAV! Omskryf as ‘n MERK, ‘n TEKEN met die PIKTOGRAAF van ‘n KRUIS en word dit, net soos in die geval van die MERK op KAIN se VOORKOP, ‘n BELOFTE van GOD, om Efraim en Manasse wat half Hebreër en half Egiptnaar was, in die VERBOND van GOD met ISRAEL in te sluit.

En ons lees verder in Genesis 48:15-17 “En hy (Israel/ Jakob) het JOSEF geseën en gesê: DIE GOD voor wie se AANGESIG my vaders ABRAHAM en ISAK gewandel (geleef) het, die GOD wat my as (hoofletter) HERDER my lewe lang gelei het tot vandag toe, die (hoofletter) ENGEL (‘n verwysing na Yeshua in die Ou Testament) wat my uit ELKE teëspoed VERLOS het – MAG HY DIE SEUNS SEËN, en mag deur hulle MY NAAM (ISRAEL) GENOEM word en die naam van my vaders ABRAHAM en ISAK, en mag hulle VERMEERDER in die land in MENIGTE. Wonderlik né, ons sien duidelik in hierdie woorde van Jakob dat YHVH die God van ISRAEL EEN is met YESHUA die MESSIAS die HERDER, VERLOSSER en REDDER van ISRAEL, die Alef (die eerste, die begin) en die TAV (die laaste, die einde).
En ons lees dan verder in Genesis 48:17-19 “Toe Josef sien dat sy vader se REGTERHAND op die hoof van EFRAIM gelê het was dit verkeerd in sy oë; en hy het die hand van sy vader gegryp om dit van die hoof van EFRAIM op die hoof van MANASSE oor te bring. En Josef sê aan sy vader: Nie so nie, my vader; want hierdie een is die eersgeborene: lê u regterhand op sy hoof. Maar sy vader (Israel/ Jakob) weier en sê: Ek weet my seun, ek weet. Hy (Manasse) sal ook ‘n VOLK word, en hy sal ook GROOT word; nogtans sal sy JONGSTE BROER (EFRAIM) GROTER WEES as hy, en SY NAGESLAG SAL ‘n MENIGTE VAN NASIES word.
En dan lees ons van die SPESIFIEKE SEËNINGE van EFRAIM en MANASSE in Genesis 48:20 “So het hy (Israel/ Jakob) hulle dan geseën en gesê: Met jou sal ISRAEL ‘n seën toewens, met die woorde: Mag God jou maak soos EFRAIM en soos MANASSE! So het hy dan EFRAIM oor Manasse gestel”.
Ons lees later in Deuternomium 33:17 weer van die seëninge van EFRAIM en MANASSE wanneer MOSES die TWAALF STAMME van ISRAEL voor sy dood seën.
