13 Mei 2026 Ons is gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (die…
MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (DIE DOOD) NA SY WONDERLIKE LIG (DIE LEWE), Deel 3: YHVH die GOD van die SMAL WEG
29 April 2026
Ons is gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (die donker, afweisgheid van geestelike lig, onkunde, ongeloof, nood en elende, die dood) NA DIE WONDERLIKE LIG (openbaring van die waarheid, wysheid, geloof, geestelike vol lewe) VAN ABBA VADER. En ons leer HOE ons, DIE SMAL WEG deur YESHUA ons MESSIAS vind wat lei vanuit die DUISTERNIS van EGIPTE/ ‘n prentjie van die WÊRELD, na ABBA VADER en ons help om die REDE en DOEL waarvoor HY ons gemaak het te vind, te verstaan, te groei daarin tot ons volle potensiaal en ons DOEL en ROEPING suksesvol uit te voer.
Ons het verlede week begin gesels oor WIE ons SKEPPER GOD van LIG en LEWE is wat saam met ons beweeg op die SMAL WEG na DIE EWIGHEID saam met HOM en ons gaan vandag voort daarmee voordat ons verder gesels oor HOE ons op DIE SMAL WEG kom en daarop LEEF of indien ons reeds op die SMAL WEG is, HOE ons DIEPER en VERDER saam met HOM kan STAP tot eer en VERHEERLIKING van SY NAAM totdat en met die EERSTE DOOD wat ons elkeen sal sterf of tot en met SY WEDERKOMS.
In verlede week se studie het ons vanuit die WOORD bevestig:
-HY IS DIE SKEPPER VAN HEMEL, AARDE en ALLES DAARIN.
-HY IS WIE HY IS, die BEGIN van ALLES en die EINDE van ALLE DINGE.
- Die GOD van ABRAHAM, die GOD van ISAK en die GOD van JAKOB wie se naam Hy later na ISRAEL verander het en ons sien in die Woord idnetifiseer Hy Homself dkwels net as, DIE GOD VAN ISRAEL.
- SY NAAM, YHVH is vir EWIG, en dit is SY GEDENKNAAM van gelsag tot geslag.”
- HY is YHVH, die KONING van ISRAEL en SY VERLOSSER
- Hy is YHVH van die LEËRSKARE (die HEMEL WEERMAG).
- Daar is buiten Hom GEEN ander God nie.
-HY IS DIE LEWENDE EN EWIGE GOD WAT BESTAAN VAN ALTYD AF EN ALTYD SAL BESTAAN
-Hy is ALOMTEENWOORDIG en Hy WEET ALLES.
-HY IS DIE LIG EN DAAR IS GEEN DUISTERNIS IN HOM NIE.
- HY is die WARE LIG.
- SY LIG skyn op mense wat in DIEP DUSITERNIS leef en so open Hy hulle blinde oe en lei hulle uit die gevangenis.
- SY LIG SKYN in ons deur SY WOORD want SY WOORD is ‘n LIG en ‘n LAMP wat ons lei uit die duisternis uit en ons help om ni die LIG te LEEF.
- Die GOEIE NUUS van God die Vader se redding deur Yeshua die Messias skyn soos ‘n LIG op mense.
–HY is ‘n VERTERENDE VUUR
- SY WOORD is VUUR.
- SY ENGELE is BOODSKAPPERS van VUUR met swaarde van VUUR.
- HY DOOP GELOWIGES met VUUR en die HEILIGE GEES wat ook geasosieer word met VUUR.
- HY SUIWER ons GELOOF met VUUR en TOETS ons WERK vir die KOINGKRYK met VUUR.
Ons gesels dan vandag verder oor hierdie WONDERLIKE GOD van die SMAL WEG.
-HY IS DIE WOORD
Ons lees in Genesis hoofstuk 1 SKEP GOD deur te SPREEK en in Johannes 1:1-3 & 14 word daar bevestig: “In die BEGIN was DIE WOORD, en die WOORD was by GOD (die Vader), en die WOORD was GOD. Hy was in die BEGIN by GOD. ALLE dinge het deur HOM ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan nie.” En Paulus verduidelik in Efesiërs 3:9 dat God (die Vader) alles geskape het (gemaak het uit niks) deur Yeshua die Messias.” (Lees ook 1 Kointhiërs 8:6, Kolossense 1:16, Hebreërs 1:2 en 2 Petrus 3:5-7). En daarom lees ons in Jesaja 40:8 die WOORD van God hou stand (sal vootbestaan tot) in EWIGHEID. En in Jesaja 55:11 staan geskryf, SY WOORD wat uit SY MOND uitgaan sal nie leeg na HOM terugkeer nie, maar DOEN wat HOM behaag (doen wat vir HOM aanneemlik is) en voorspoedig wees (vlot verloop, Sy DOEL bereik) in ALLES waartoe HY dit stuur. Dit wat Hy dus spreek sal verseker gebeur.
En dan sien ons Hom in Openbaring 19:11-21, met SY WEDERKOMS as die KONING van konings wat oorlog kom voer in geregtigheid en ons lees in vers 13, “…SY NAAM is: DIE WOORD van GOD (die Vader).
SY WOORD IS DIE WAARHEID en dus IS HY DIE WAARHEID
SY WOORD is die WAARHEID en ELKEEN van SY REGVERDGE WETTE SAL VIR ALTYD BLY STAAN. Ons lees in Psalm 119:89 en vers 160 “Vir ewig, o YHVH, staan U WOORD vas in die hemele…Die HELE INHOUD van U WOORD IS WAARHEID, en AL U REGVERDIGE VERORDENINGE (Sy voorskrifte, wetlike bepalings, bevele) is tot in EWIGHEID. En Yeshua ons Messias bevestig in Mattheus 5:18, nie die kleinste gedeeltetjie van die WET (die TORAH, dit is Genesis tot Deuternomium, opgesom in die TIEN GEBOOIE) sal ooit verbygaan voordat die hemel en die aarde nie verbygaan nie en in Mattheus 24:35 sê Hy: “Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar MY WOORDE sal NOOIT verbygaan nie.” (Lees ook 1 Petrus 1:25).
En daar is ‘n baie goeie rede daarvoor! YHVH sê aan Josua in Josua 1:7-9, nadat Moses oorlede is en Josua deur God self aangestel is om die volk in die BELOOFDE LAND in te lei: “Wees net BAIE STERK en VOL MOED, om nougeset te handel (noukeurig/ presies op te tree) volgens die HELE WET (die TORAH, Genesis tot Deuternomium), wat Moses my kneg, jou beveel het; wyk daarvan nie regs of links af nie, sodat jy met GOEIE GEVOLG kan handel (optree), oral waar jy mag gaan. Hierdie WETBOEK (die TORAH, Genesis tot Deuternomium) mag nie uit jou MOND wyk nie (m.a.w jy mag nie ophou om daarvolgens te praat nie); maar BEPEINS DIT (dink daaroor) DAG en NAG (deurlopend), sodat jy nougeset (noukeurig, presies) daavolgens kan handel (optree) volgens ALLES wat daarin geskrywe staan; (m.a.w sodat jy sal DINK soos GOD DINK en daarom sal DOEN soos HY DOEN, dit is dieslefde as wat Paulus later in 1 Korinthiërs 10:5 verduidelik dat ons ELKE GEDAGTE moet vang en GEHOORSAAM maak aan YESHUA die MESSIAS en so ontwikkel ons die VERSTAND van YESHUA die MESSIAS wat inderdaat GOD SELF IS – SY WOORD/ DIE LEWENDE TORAH. En dit gebeur deur die gereelde lees, hoor, dink en praat van SY WOORD sodat dit soos SAAD in ons VERSTAND GEPLANT kan word en kan GROEI en ons gedagtes, woorde en dade op ‘n DAAGLIKSE basis bepaal en so word ons al meer in SY BEELD en GELYKENIS, in Sy voorbeeld, geestelik volwasse, soos Paulus ook beskryf in Efesiërs 4:13). Want dan sal jy in AL jou WEË VOORSPOEDIG wees, en dan sal jy met GOEIE GEVOLG handel (optree).”
In die laaste gedeelte van Jesaja 45:19 sê Hy: “Ek is YHVH,wat GEREGTIGHEID (dit wat REG en REGVEDIG is) SPREEK, wat REGTE DINGE VERKONDIG (lees ook Hebreërs 10:23). En Spreuke 30:5 vertel aan ons: “ELKE WOORD van GOD is GELOUTER (gereinig en gesuiwer).
HY IS DUS DIE WAARHEID soos Hy aan ons sê in Johannes 14:6 en Hy vertel aan mense SY WAARHEID sodat hulle die REGTE KEUESES kan maak en OORVLOEDIG (gelukkig en geseënd) kan LEWE. En ons lees dit van die heel begin af in SY WOORD! In Genesis 2:16-17 gee Hy DUIDELIKE RIGLYNE aan die mens (Adam) wat hy mag eet en wat nie, en wat met hom gaan gebeur as hy eet van die boom waarvan God hom VERBIED om te eet. Dus vertel God aan Adam die VOLLE WAARHEID en ons sien later in Genesis 3:5 vertel die vader van LEUENS, die slang ook genoem die duiwel (volgens Johannes 8:44) aan Adam en Eva LEUENS (eintlik ‘n halwe waarheid, een wat GOED en KWAAD bevat) en Adam en Eva KIES die LEUEN met hulle VRYE WIL eerder as die WAARHEID wat God aan hulle vertel het. En hulle moet dan die GEVOLGE DRA wat God hulle reeds gewaarsku het sou gebeur. So ons sien dus die probleem van ONGELOOF reeds hier in Genesis hoofstuk 2-3, omdat Adam en Eva nie Abba Vader se WAARHEID GEGLO het nie, was dit maklik vir die slang om hulle met ‘n LEUEN te mislei en het hulle die LEUEN GEKIES.
En dit is presies wat Yeshua later vir ons verduidelik in Johannes 3:18-19 “Hy wat in HOM GLO, word nie VEROORDEEL nie; maar hy wat nie GLO nie, is ALREEDS VEROORDEEL omdat hy nie GEGLO het in die NAAM van die eniggebore SEUN van GOD (die Vader) nie. En dit is die OORDEEL dat die LIG in die wêreld gekom het, en die mense het die DUISTERNIS LIEWER gehad as DIE LIG; want hulle werke was boos.” En soos Paulus verduidelik in 2 Thessalonicense 2:10-12 word mense verlei deur ONGEREGTIGHEID (verkeerde dinge wat teen God die Vader se Woord is) en VERLORE gaan omdat hulle die LIEFDE tot DIE WAARHEID (liefde vir die WOORD van GOD en dus liefde vir YESHUA die MESSIAS self) nie aangeneem het om GERED te word nie.
Die slang het nou wel vir Adam en Eva LEUENS kom vertel, maar dis duidelik dat hulle GELOOF in die slang was en nie in God nie. Die vraag is dus, hoeveel van ons KIES steeds vandag om die LEUENS van die slang te GLO eerder as om die WAARHEID wat Abba Vader in SY WOORD aan ons openbaar, te GLO? GLO en DOEN ons dus die WOORD of GLO en DOEN ons dit wat mense aan ons vertel oor hulle persepsies en opinies van die WOORD? Ons sien ‘n meer detail herhaling van dit wat in die TUIN van EDEN gebeur het in Eksodus hoofstuk 20. Abba Vader gee SY DETAIL REËLS opgesom in TIEN GEBOOIE oor hoe die mens HOM MOET LIEFHÊ BO ALLES en ons NAASTE (ander mense) soos ONSSELF. En ons sien hoe die volk ISRAEL keer op keer die slang se woorde, sy leuens bo die WAARHEID van Abba Vader kies.
Yeshua ons Messias word dan self GESTUUR deur Abba Vader om die WAARHEID oor die WOORD en die belangrikheid van die HART van die WOORD, die TIEN LIEFDES GEBOOIE aan ons te kom leer soos ons onder andere lees in Mattheus 5:17-48, Mattheus 22:34-40, Markus 12:28-34 en Lukas 10:25-27. En Hy taak ook vir Paulus om daaroor te praat in gedeeltes soos Romeine 13:8-14, en nog steeds KIES BAIE die LEUEN van die vyand van ons siel wat aan ons vertel ons hoef nie aan ABBA VADER se GEBOOIE gehoorsaam te wees nie, wat in der waarheid aan ons sê, jy hoef nie vir Abba Vader lief te hê bo alles en jou naaste soos jouself nie! Dit maak mos nie sin nie! Dit is soos ‘n slegte vriend of vriendin wat aan jou kinders vertel dat hulle nie die reëls, wat jy as pa in jou huis gemaak het om goeie orde en goeie verhoudings tussen die lede van jou gesin te handhaaf, hoef te hou nie! Dit sou mos nou ‘n poging wees om REBELLIE op te stook en jou huishouding in chaos, onmin en verdeeltheid te laat verval! En Yeshua ons Messias, die WAARHEID en die WOORD SELF sê duidelik aan ons soos opgeteken in Mattheus 12:25, Markus 3:24-25 en Lukas 11:17 ’n KONINGKRYK wat VERDEEL is, word VERWOES en ‘n HUIS wat teen homself is VAL. En presies dieselfde geld vir die HUIS van GOD (die gemeente) wat ook die LIGGAAM van die MESSIAS genoem word.
Hy verwag dus WAARHEID van ons, SY WAARHEID in SY WOORD, ons lees in Psalm 15:1-3 “YHVH, wie mag vertoef in U tent (Tabernakel/ Tempel, U teenwoordigheid)? Wie mag woon op U heilige berg? Hy wat OPREG WANDEL (in opregtheid/ eerlikheid/ ongeveinstheid leef) en GEREGTIGHEID DOEN (doen wat REG is volgens GOD se WOORD van WAARHEID), en met sy HART DIE WAARHEID SPREEK (dit beteken die WOORD spreek want DIE WOORD is die WAARHEID); wat nie rondgaan met laster (kwaadspreek, beledigings, naamskending) op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen (deur die hou van die ses gebooie wat God aan ons voorskryf om mense so lief te hê soos onsself, lees Romeine 13:8-10) en geen smaadrede (dit is kwetsende woorde/ griewe/ wrokke) uitspreek teen sy naaste (ander mense) nie.” Let wel ons moet probleme met ons naaste uitsorteer soos Yeshua ons Messias ons leer in Mattheus 18:15-17 want as ons dit nie doen nie en dit in ons harte opgestoor word gaan ons bitter wortels ontwikkel soos ons lees in Hebreërs 12:15 en dan gaan ons kwetsende woorde van of met mekaar praat en God ons Vader is nie daarmee tevrede nie. Ons moet dus ons verskille en probleme in ons verhoudigns uitsorteer met God se 1 Korinthiërs 13 soort LIEFDE vir mekaar en met SAGMOEDIGHEID soos ons leer in Galasiërs 6:1 en ons skiet baie keer hierin tekort, maar elke dag is ‘n nuwe kans om te leer, te oefen en te probeer met Sy hulp en genade.
En in Psalm 43:3 vra David: “STUUR U LIG en U WAARHEID; laat dié my LEI; laat dié my BRING na U heilige berg en na U woninge,” En ons weet hierdie HEILIGE BERG, is die BERG SION waar die tempel gebou was en waar die TEMPEL in die DUISENDJARIGE VREDESRYK van YESHUA ook sal staan, soos ons ook in Psalm 2 lees: ÈK tog (YHVH) het MY (hoofletter) KONING (‘n verwysing na Yeshua die Messias as Koning waarvan ons ook in Openbaring hoofstuk 19 en 20 lees), GESALF oor SION, MY HEILIGE BERG.” En ons lees in die res van Psalm 2 Hy sal die nasies regeer met ‘n YSTERSEPTER waarvan ons ook bevestiging kry in Hebreërs 1:8 en Openbaring 2:27. Lees ook Sagaria 8:16 en Efesiërs 4:25.
Ons weet ook vanuit Efesiërs 6:14 DIE WAARHEID, YHVH se ROTSVASTE WOORD WAT TOT IN EWIGHEID SAL BLY BESTAAN, is juis een van die WAPENS wat Abba Vader aan ons gee om soos ‘n GORDEL (’n lapband) om ons VAS TE MAAK (dit verwys na die GORDEL/ LAPBAND wat die PRIESTERS om hulle PRIESTERKLEED moes vasmaak om dit in plek te hou, lees Eksodus 28:4). En net so moet die WOORD om ons VASGEMAAK word, NABY AAN ONS gedra word sodat ons kan VAS STAAN teen die LEUENS van die vyand. En DAAROM moet ons ALLES wat ons HOOR en SIEN teen die WAARHEID in ABBA VADER se WOORD TOETS soos ons aanbeveel word in Handelinge 17:10-11. Maak net seker dat jy SY WOORD lees vanuit weergawes wat so na as moontlik aan die oorspronklik vertaalde weergawes uit Hebreeus (Ou Testament) en Grieks (Nuwe Tetament) is. TERLOOPS ons sien hierdie SELFDE BEELD van YESHUA die MESSIAS soos geprofeteer deur Jesaja wanneer Hy as KONING kom regeer tydens die DUISENJARIGE VREDESRYK in Jesaja 11:5 “En GEREGTIGHEID sal die GORDEL van Sy lendene (die onderste gedeelte van die rug) en TROU die GORDEL van Sy heupe wees (ons sien ook hierdie beeld van Hom in Openbaring 1:13 met die GOUE GORDEL van Sy HOË PRIESTERKLEED om Sy lyf).”
En Petrus sê in 1 Petrus 1:13-15 “…OMGORD die LENDENE van julle VERSTAND (m.a.w draai die WOORD van WAARHEID om jou VERSTAND VAS sodat dit daardeur beskerm kan word teen die LEUENS van die vyand en jy kan DOEN wat REG is in GOD jou VADER se oë), wees nugter (wakker, by jou volle positiewe verstand) en HOOP VOLKOME op die GENADE wat julle deel word by die OPENBAING van YESHUA MESSIAS (by Sy Wederkoms). Soos GEHOORSAME kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie. Maar soos Hy wat julle GEROEP het HEILIG is, moet julle ook in jul HELE LEWESWANDEL (manier van leef) HEILIG (afgesonder vir Hom, volgens Sy instruksies in Sy Woord) word.”
Johannes sê aan ons in 1 Johannes 1:6 “As ons sê dat ons gemeenskap met Hom het (in ‘n naby/ hegte verhouding met Hom is, aan Hom behoort) en in die DUISTERNIS wandel (leef), dan LIEG ons en DOEN nie DIE WAARHEID nie (dan DOEN ons nie wat SY WOORD sê nie).” En in 1 Johannes 5:20 sê Johannes: “En ons weet dat die SEUN van GOD (die Vader) gekom het en ons VERSTAND (die vermoë om te verstaan, insig) gegee het om die (hoofletter) WAARAGTIGE (dus vir GOD die VADER) te KEN; en ons is IN die WAARAGTIGE (GOD die VADER), IN SY SEUN, YESHUA MESSIAS. HY IS DIE WAARAGTIGE GOD en DIE EWIGE LEWE.” Wow! Hoeveel duideliker wil ons dit hê? HALLELUYAH, PRYS SY NAAM!
En Petrus moedig ons aan met hierdie wonderlike woorde in 1 Petrus 1:22-23 “As julle in GEHOORSAAMHEID aan DIE WAARHEID (die WOORD van GOD) julle SIELE (harte en verstand) deur die GEES (van God) tot ongeveinsde (eerlike, opregte) broederliefde GEREINIG het, moet julle mekaar VURIG LIEFHÊ uit ‘n REIN HART; want julle is WEDERGEBORE nie uit verganklike saad (m.a.w nie uit ‘n mens nie) nie, maar uit ONVERGANKLIKE (SAAD), deur DIE LEWENDE WOORD VAN GOD (die Vader, deur YESHUA DIE MESSIAS WAT DIE WOORD IS en) wat tot in EWIGHEID bly.”
SY WOORD SAL VIR EWIG BESTAAN
So dus verstaan ons mos hoekom die WOORD van GOD nie kan vergaan nie en vir EWIG SAL BLY VOORTBESTAAN, want die WOORD IS YESHUA DIE MESSIAS en HY IS GOD DIE VADER en DIE HEILIGE GEES is SY GEES.
So nou verstaan ons ook waarom DIE WOORD as VUUR beskryf word in Jeremia 23:29 want GOD IS ‘n VERTERENDE VUUR (Deuternomium 4:24 en Hebreërs 12:29). En waarom DIE WOORD as ‘n LIG en ‘n LAMP beskryf word in Psalm 119:105 want GOD DIE VADER IS DIE LIG en YESHUA DIE MESSIAS IS DIE LAMP (Openbaring 21:11, 22-25 en 22:5). En waarom die WOORD beskryf word as ‘n TWEESNYDENDE SWAARD wat kan sny deur SIEL, GEES, en LIGGAAM (gewrigte en murg) en die GEDAGTES en HART van ‘n mens kan beoordeel (Hebreërs 4:12) want DIE WOORD word as DIE SWAARD van die HEILIGE GEES beskryf en ons weet ook vanuit die WOORD die HEILIGE GEES van ABBA VADER en ook van YESHUA die MESSIAS IS DIE WOORD van WAARHEID (Efesiërs 6:17) want onthou GOD IS EEN, net soos wat jy EEN MENS IS, met EEN LIGGAAM, EEN SIEL en EEN GEES. Paulus sê in 1 Korinthiërs 8:6 “tog is daar vir ons maar EEN GOD, die VADER uit WIE ALLES is, en ons tot HOM, en EEN MEESTER YESHUA (die) MESSIAS deur WIE ALLES is, en ons deur HOM.”
En die WOORD van GOD word ook in Jeremia 23:29 beskryf as ‘n HAMMER wat ROTS kan breek. En daarom is DIE WOORD instaat om ons HARDE KLIPHARTE oop te beek en deur die HEILIGE GEES op ons HARTE geskryf te word sodat ons NUWE MENSE kan word wat GELUKKIGE, GESEËNDE en VOL LEWENS kan leef en ons ROEPINGS en DOEL kan uitleef (Lees Jeremia 31:31-33, Esegiël 11:19 en 36:26-27 en 2 Korinthiërs 3:3). En ons weet Yeshua die Messias is die REGVERDIGE REGTER en dus word DIE WOORD ook beskryf as die REGTER soos ons lees in Johannes 12:48 “Wie MY VERWERP en MY WOORDE nie aanneem nie, het EEN wat hom OORDEEL: DIE WOORD wat EK GESPREEK het, dit sal hom oordeel in die LAASTE DAG”. En ons sien weer die EENHEID met DIE VADER wanneer Hy in vers 49-50 sê “Want Ek het nie uit MYSELF gespreek nie; maar DIE VADER wat MY GESTUUR het, HY het MY ‘n GEBOD (‘n bevel, ‘n voorskrif) gegee wat EK moet sê en wat EK moet spreek. En Ek weet dat SY (die VADER se) GEBOD DIE EWIGE LEWE IS. Wat Ek dan spreek – net soos die VADER vir MY gesê het, SO SPREEK EK. En dit is in lyn met die profesie oor Yeshua die Messias soos opgeteken in Deuternomium 18:15-22 en spesifiek vers 19).
EN HY HOU ALLES IN STAND DEUR SY WOORD. Ons lees in Psalm 148:5-6 “Laat hulle (alles wat Hy gemaak het, die engele, Sy hele weermag, die son, maan en sterre, die hoogste hemele en waters bo die hemele) die NAAM van YHVH loof; want HÝ het bevel gegee en hulle is geskape (gemaak uit niks). En HY het hulle IN STAND GEHOU (laat voortbestaan) vit ALTYD, vir EWIG; HY het ‘n WET (reëls, regulasies, soms verwys mense daarna as natuur wette) gegee wat geeneen (van hulle) oortree.” En in Kolossense 1:16-17 bevestig Paulus dit. En Hebreërs 1:3 sê aan ons: Die SEUN van GOD (Yeshua ons Messias), die afskynsel (die BEELD) van die HEERLIKHEID van GOD die VADER en die afdruksel (die onstoflike BEELD/ die afdruk van die GEES) van die WESE (die kern, die essensie) van GOD (die Vader) DRA ALLE DINGE deur die KRAG van SY WOORD vanwaar Hy sit aan die REGTERHAND van die MAJESTEID (GOD, die VADER) in die HOOGTE (hoogste hemel),”
EN SY WOORD IS DIE GOEIE NUUS! En HY het hierdie GOEIE NUUS self aan ons kom verkondig soos opgetekn in die EVANGELIES, Mattheus, Markus, Lukas en Johannes. Ons lees in Hebreërs 1:1 ‘Nadat God (die Vader) baie keer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die PROFETE, het HY in die LAASTE DAE tot ons gespreek deur DIE SEUN. En HY self het die TWAALF DISIPELS (Judas Iskariot wat Yeshua verraai het is later vervang deur Matthias soos opgeskryf in Handelinge 1:23-26) OPGELEI en vir hulle GEBID en SY HEILIGE GEES aan hulle gegee om hierdie GOEIE NUUS verder te neem en vandag is JY en EK deel daarvan as ons tot GELOOF kom deur SY WOORD TE HOOR en HOM as ons MESSIAS te aanvaar en KIES om HOM in GEHOORSAAMHEID en met die HULP van SY HEILIGE GEES te VOLG. Ons kom tot GELOOF deur die HOOR van SY WOORD (Lees Handelinge 13:48 en Romeine 10:17).
En daarom word ons GEROEP in Efesiërs 4:1-16 om SY WOORD met ander in LIEFDE te spreek en as GELOWIGES, bekend as die LIGGAAM van YESHUA ons MESSIAS op aarde, ons ROEPINGS (of dit apostel is wat dien as verteenwoordiger van God en gemeentes plant, of profeet wat die Woord van God bring, insluitend vermanings of warskuwings volgens die Woord aan gemeentes en gelowiges, of envangelis wat die GOEIE NUUS van redding aan mense verkondig en optree as getuie, of herder wat gelowiges lei en na hulle omsien of leeraar wat gelowiges leer en onderrig) uit te leef met met ALLE NEDERIGHEID en SAGMOEDIGHEID, met LANKMOEDIGHEID (geduldigheid, toegewendheid), terwyl ons mekaar in LIEFDE verdra en ernstig strewe om DIE EENHIED van die (HEILIGE) GEES te bewaar deur die BAND van die VREDE.
Met elkeen se verskillende ROEPING help ons mekaar om toegerus te word vir ons DIENSWERK tot OPBOUING van die LIGGAAM van die MESSIAS totdat ALMAL kom tot EENHEID van die GELOOF en van die KENNIS van die SEUN van GOD (Yeshua ons Messias) en ons GROEI tot ‘n VOLWASSE PERSOON in die BEELD van YESHUA ons MESSIAS, sodat ons nie meer kinders sal wees wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van vals leringe wat slingse mense gebruik om ander tot dwaling (vals begrip) te bring nie, “maar, terwyl ons in LIEFDE DIE WAARHEID BETRAG (die WAARHEID/ dit wat in die WOORD staan sal doen en) in ALLES sal OPGROEI in HOM wat die HOOF is, naamlik Messias, uit WIE die HELE LIGGAAM – GOED SAAMGEVOEG en SAAMVERBIND deur die ONDERSTEUNING wat ELKE LID gee volgens die werking van ELKE AFSONDERLIKE DEEL in sy mate – GROEI van die LIGGAAM bevorder vir sy EIE OPBOUING IN LIEFDE (lees ook 2 Timotheus 2:15).
Dit is so hartseer dat ons in die LIGGAAM van YESHUA die MESSIAS soveel ONVERDRAAGSAAMHEID vir mekaar se ROEPINGS en GAWES sien en hoor. Ons takel mekaar so af dat ons eintlik nie eers ‘n bose vyand nodig het om die GOEIE NUUS BOODSKAP in die wiele te ry of te stop nie, ons DOEN dit sommer self! En aan die wortel daarvan is moontlik onkunde oor mekaar se verskillende roepings en gawes, hoogmoed wat ons laat dink, “net ek kan hierdie doen” terwyl die WAARHEID is dat nie een van ons tot enige iets instaat is sonder Messias Yeshua nie, Hy sê immers in Johannes 15:5 “want SONDER MY KAN JULLE NIKS DOEN NIE”. En afguns op mekaar wat so onnodig is want niemand anders kan jou roeping en doel uitvoer behalwe jy nie, net soos ‘n vinger in die liggaam nie ‘n toon se funksie kan oorneem nie en dus mos nou nie ‘n bedreiging daarvoor is nie. En dan is daar ook liggeraaktheid/ aanstoot oor vermanings wat ook maar ‘n aanduiding van meerderwaardigheid of hoogmoed is en gewoonlik word ‘n teenaanval dan geloots om ons eie ego te beskerm.
En as die vinger die toon probeer benadeel en sleg sê gaan die hele liggaam in elk geval ly en minder effektief wees. En ons ALMAl is skuldig hieraan so mag ons nie vingers na mekaar wys nie, maar eerder groot genoeg wees om hand in eie boesem te steek en voor ons eie voordeure skoon te vee en ‘n BESLUIT te neem om in NEDERIGHEID, WAARDERING en LIEFDE eerder SAAM TE WERK tot uitbreiding van die KONINGKRYK van ABBA VADER eerder as om speke in mekaar se wiele te probeer steek en so die STROPER van die OES heeltemal oneffektief te maak! En selfs as ons DINK dat iemand nie BEVOEG is vir werk in die KONINGKRYK nie, onthou ALTYD Yeshua ons Messias se WOORDE aan SY DISSIPELS in Lukas 9:50 toe hulle besorg was oor ‘n persoon wat duiwels uitgedryf het en het hom belet het om dit te doen omdat hy nie ‘n vir Yehsua saam met hulle gevolg het nie, maar Yehsua se antwoord aan hulle was: “Moet hom nie belet nie, wie nie teen ons is nie, is vir ons.” Met ander woorde, wie die werk van die KONINGKRYK van GOD bevorder, werk saam met ons om die OES in te samel. En die arbeiders is reeds min, so laat ons nie die wat wil help OES INSAMEL, ontmoedig nie!
