13 Mei 2026 Ons is gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (die…
DIE WAARHEID oor die KRUISIGING en die SIMBOOL van die KRUIS, Deel 21: Koning Hiskia – wat ons leer oor GENESING van die GEES, SIEL & LIGGAAM
13 Augustus 2025
Ons gesels verder oor die TWYFEL wat onder gelowiges ontstaan het gedurende die laaste aantal jare oor die metode van KRUISIGING van YESHUA ons MESSIAS asook die SIMBOOL van die KRUIS.
Ons gesels nog oor die konings van die SUIDRYK (Judah en Benjamin vandag bekend as die Jode) vanaf die jaar 924 tot 597 voor die geboorte van Yeshua die Messias. En ons gesels vandag verder oor wat ons leer vanuit die lewe en regering van koning Hiskia, die 13de koning van die SUIDRYK. Ons het verlede week vanuit 2 Kronieke 30:14-27 gelees hoedat die mense in Jerusalem bymekaar gekom het om die FEES VAN ONGESUURDE BRODE te vier (dit is die SEWE DAE wat deel vorm van die PASGA FEES soos beskryf in Levitikus 23:5-6).
En ons het spesifiek in 2 Kronieke 30:18-19 gelees dat: Hiskia vir die mense wat die PASGA kom vier het GEBID het (dus vir hulle ingetree het voor Abba Vader) en gesê: “Mag YHVH wat GOED IS, VERSOENING DOEN (die vrede herstel met Hom) vir elkeen wat sy HART (sy GEES en SIEL, gedagtes, emosies en vrye wil) daarop gerig het om God, YHVH, die God van sy vaders, te SOEK, al was dit nie volgens die REINHEID van die heiligdom nie (al was dit nie soos voorgeskryf in die wette vir reinheid nie). En YHVH het Hiskia (se gebed) verhoor (beantwoord) en die volk GENEES.
En ons het ook weer besef dat die PASGA FEES, wat die FEES VAN ONGESUURDE BRODE en EERSTE VRUGTE/ EERSTELINGE insluit as deel van YHVH se EERSTE FEES SEISOEN wat vervul is met Yeshua ons Messias se EERSTE KOMS na die aarde met Sy KRUISIGING, DOOD en OPSTANDING, ons leer dat Yeshua ons Messias nie net gekom het om ons van die houvas van sonde en die vrees vir die eerste DOOD en die ewige DOOD te verlos nie, maar ook om ons te GENEES.
Ons weet ook dit was na die sondeval ALTYD God se bedoeling om ons nie net te RED en te VERLOS nie, maar ook te GENEES want ons lees van hierdie KRAGTIGE BELOFTES VAN GENESING in verskeie gedeeltes van die Ou en Nuwe Testament soos in:
Psalm 103:2-3 waarin David sê: “Loof YHVH, o my siel (verstand/gedagtes, hart/emosies en vrye wil), en vergeet geeneen van SY weldade (goeie, aangename dade) nie! Wat AL jou ONGEREGTIGHEID (sonde, wetteloosheid/ oortredinge teen Sy Woord, Sy Wet, riglyne, bevele) vergewe, wat AL jou KRANKHEDE (siektes en ongesteldhede) GENEES.
En in Jesaja 53:4-5 profeteer die profeet: “…Hy het ons KRANKHEDE (siektes en ongesteldhede) op Hom geneem en ons SMARTE (groot verdriet, hartseer, emosionele pyn) die het Hy gedra;…Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede (ons sondes/ ons wetteloosheid) is Hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede aanbring, was op Hom en deur SY WONDE het daar vir ons GENESING gekom.”
En in Mattheus 8:14-16 lees ons dat Yeshua Petrus se skoonmoeder wat siek gelê het met koors aangeraak het en haar koors haar verlaat het en sy opgestaan het en hulle bedien het en toe dit aand word het hulle BAIE mense na Hom gebring wat van duiwels besete was en Hy het die geeste met ‘n WOORD uitgedrywe; en ALMAL wat ongesteld (siek) was het Hy GESOND gemaak. En so word Jesaja 53:4 bevestig in vers 17: “…(Hy het hulle gesond gemaak) sodat vervul kon word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het: Hy (die Messias) het ons KRANKHEDE op Hom geneem en ons SIEKTES gedra.
In Markus 16:18 gee Yeshua opdrag aan Sy volgelinge om op siekes hulle hande op te lê en hulle sal gesond word. Jakobus verduidelik vir ons die PROSES wat gevolg moet word vir GENESING in Jakobus 5:13-16 “Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom BID…Is daar iemand SIEK onder julle? Laat hom die ouderlinige (medegelowiges wat sterk in hulle geloof is en in toegewydheid aan Abba Vader leef) van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom BID, nadat hulle hom in die NAAM van YESHUA met olie gesalf het. EN die GEBED van die GELOOF sal die KRANKE (die sieke) RED, en Yeshua sal hom oprig (hom laat opstaan). Selfs as hy SONDE gedoen het, sal dit hom VERGEWE word. BELY (erken aan) mekaar julle MISDADE (sedelike slegte gedrag, kriminele handeline, swaar vergrype, ernstige wandade en oortredinge), sodat julle GESOND kan word. Die VURIGE GEBED van ‘n REGVERDIGE (iemand wat gehoorsaam leef aan God) het GROOT KRAG.”
So waarom het Jakobus hier aanbeveel dat die ouderlinge ingeroep moes word om vir die siek persoon te bid? Want Yeshua ons Messias se in Mattheus 18:19-20 “As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten dele val (dit sal julle deel word) van My Vader wat in die hemele is (die NLV sê: sal My hemelse Vader dit vir julle doen). Want waar TWEE of DRIE in MY NAAM VERGADER, daar is EK in hulle midde. Dus kan ons weet waar TWEE of MEER GELOWIGES saamstaan in SY NAAM is daar KRAG! En ons sien ook weer hier die BELANGRIKHEID daarvan om ons oortredinge teen mekaar te bely (met berou te erken).
En in 1 Petrus 2:24 lees ons Hy (Yeshua): “…wat self ons sondes in Sy LIGGAAM op die KRUISHOUT gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir GEREGTIGHEID (in lyn met Abba Vader se voorskrifte, wette, bevele) kan LEWE; deur WIE se WONDE julle GENEES is.”
So ons gaan hierdie BELOFTES van GENESING in die WOORD ondersoek om te verstaan wat dit beteken.
Ons weet reeds ‘n paar belangrike dinge oor die mens. Die Woord sê aan ons, ons is die TEMPEL van God (lees Johannes 2:19-22, 1 Korinthiërs 3:16 & 6:19-20 en Handelinge 7:48 en 17:24). Ons weet ook vanuit die BLOUDRUK wat YHVH aan Moses gegee het op die Berg Sinai (Eksodus 25:9) hoe die TABERNAKEL en later die TEMPEL uitgelê moes word (lees Eksodus 25-40), en Paulus het later verduidelik dat ons soos die TEMPEL bloudruk ook uit drie dele bestaan – GEES, SIEL en LIGGAAM.
Die volgende Skrifgedeeltes in die Ou en Nuwe Testament bevestig hierdie konsep:
In Genesis 2:7 lees ons: “En God, YHVH het die mens geformeer (geskep, gevorm) uit die stof van die aarde (met verwysing na die LIGGAAM) en in sy neus die ASEM van die LEWE GEBLAAS. So het die mens ‘n LEWENDE SIEL (‘n persoon met ‘n verstand/ denke, ‘n hart/ emosies en ‘n VRYE WIL) geword.
Paulus verwys later hierna in 1 Korinthiërs 15:45 wanneer hy sê: “So is daar ook geskrywe: ‘Die eerste mens Adam, het ‘n LEWENDE SIEL geword; die laaste Adam (met verwysing na Yeshua die Messias) ‘n LEWEMAKENDE (hoofletter) GEES.” Dit wil sê, GOD het ons geskep as LIGGAME met LEWENDE SIELE (die vermoë om te dink, te voel en self keuses te maak), en deur YESHUA ons MESSIAS kom maak Hy ons SIELE wakker en kom woon SY GEES binne in ons en maak ons GEES as te ware LEWEND om met Hom in kommunikasie te wees en Hom te KEN (dan maak Sy Woorde sin in Mattheus 25:12 oor die vyf wyse en vyf dwase maagde, want as hierdie deel nie met ons gebeur het nie, KEN ons Hom nie, en KEN Hy ons ook nie – ons gesels later meer hieroor).
En in Psalm 139:13-15 besing David die mens as wonderlike skepping van God en beskryf hy die LIGGAAM, en in vers 17 en 23-24 praat hy ook oor die SIEL en GEES wanneer hy sê: “Hoe kosbaar is dan vir my U GEDAGTES, o God!…Deurgrond my (ken my deur en deur), o God, en ken my HART (my gees); toets my en ken my GEDAGTES (my siel); en kyk of daar ‘n weg is van smart (die NLV sê: ‘n sondige neiging in my is) en lei my op die EWIGE WEG! ”
Dit herinner ons ook aan Jermeia 6:16 waarin ons lees: “So spreek YHVH: Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die GOEIE WEG is, en wandel (leef) daarin; en julle sal RUS vind vir julle SIEL (gedagtes)…” So wat is hierdie “ou paaie” ? Yeshua verduidelik dit in die gelykenis van die ryk man en Lasarus in Lukas 16:19-31 en die antwoord aan die ryk man wat homself in die doderyk (die afwagplek van die ongereddes) bevind en wil terug gaan om sy broers te waarsku, lees ons in vers 29 “…Hulle (sy broers) het Moses (m.a.w Genesis tot Deuternomium soos in opdrag van God deur Moses opgeteken, lees Deuternomium 31:24-27) en die Profete; laat hulle na dié luister.” Maar die rykman sê toe nee (met insinuasie dat sy boers nie daarna sal luister nie), maar as iemand uit die dood na hulle gaan, sal hulle hulle bekeer. En die antwoord in vers 31 is: “As hulle na Moses (Genesis tot Deuternomium) en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dood opstaan” En vandag weet ons dit is waar – hope mense met naby dood ondervindings getuig oor die doderyk maar baie min luister daarna en bekeer hulle want hulle glo dit waarskynlik nie.
En in Johannes 5:45-47 sê Yeshua: “Moenie dink dat Ek julle by die Vader sal beskuldig nie. Daar is een wat julle beskuldig – Moses op wie julle gehoop het (wat hier waarskynlik beteken hulle het met liefdeloosheid probeer om die wet/ die Torah te hou en gedink dit sal hulle red, maar eintlik nie werklik geglo nie en volgens hulle eie versinsels/ leuens geleef, lees ook Deuternomium 31:26). En ons lees verder in Johannes 5:46-47 “Maar as julle Moses (dit wat Moses in opdrag van God in Genesis tot Deuternomium neergeskryf het) geglo het, sou julle MY GLO, want hy (Moses) het van MY GESKRYWE. En as julle sy GESKRIFTE (Genesis tot Deuternomium) nie glo nie, HOE SAL JULLE MY WOORDE GLO?” Lees ook Yeshua se woorde aan die Emmaüs gangers NA SY OPSTANDING in Lukas 24:13-35 en spesifiek vers 25-27.
En Jeremia 18:15 verduidelik aan ons wat dit is wat ons laat struikel en afwyk van hierdie ou paaie (Genesis tot Deuternomium en die Profete wat baie mense ook in ons dae nie lees of na luister nie), en op sypaaie en ongemaakte paaie lewe: AFGODE! Al die dinge waaraan ons ons tyd en energie bestee en wat ons dus liefhet bo die LEWENDE GOD, YHVH en dit wat SY WOORD ons leer. En dit lei ons LIGGAAM, SIEL en GEES na die ewige verdoemenis (eers die doderyk, die afwag saal vir die laaste oordeel) sonder God se liefde, genade en Sy teenwoordigheid soos wat ons in die verhaal van die ryk man lees en ná die Groot Wit Troon Oordeel (die laaste oordeel waar elke mens wat nog ooit geleef het sal opstaan uit die eerste dood en voor God staan om geoordeel te word volgens hulle dade), in die poel van vuur gewerp word tot in ewigheid (Lees Openbaring 20:11-15).
Prediker 12 praat oor die ouderdom en die naderende dood en ons lees in vers 7 “…en die stof (dit is die LIGGAAM) terugkeer na die aarde soos dit gewees het (lees ook Genesis 3:19, Job 34:15, Psalm 90:3 en 103:14) en die gees (dit is die SIEL en GEES van die mens wat basies onskeibaar is, ons gesels later meer daaroor), na God teurgkeer wat dit gegee het (lees ook Prediker 3:21).”
En in 1 Thessalonisense 5:23 sê Paulus: ‘En mag Hy, die God van VREDE, julle vokome heilig maak (toewy aan Hom), en mag julle GEES en SIEL en LIGAAM geheel en al onberispelik (sonder fout, vlekkeloos) bewaar word (tot) by die WEDERKOMS van ons Meester Yeshua die Messias!
En in Hebreërs 4:12 lees ons: “Want die WOORD van GOD is LEWEND en KRAGTIG en SKERPER as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die SKEIDING van SIEL en GEES en van GEWRIGTE en MURG (LIGGAAM), en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge (oorwegings) en GEDAGTES van die HART (die SIEL en GEES).”
Indien ons dus wil verstaan HOE ons GENEES word deur GOD, is dit BAIE BELANGRIK om te VERSTAAN HOE die mens as TEMPEL van GOD funksioneer.
Om dit te verstaan moet ons vining eers weer gesels oor die BLOUDRUK van die AARDSE TABERNAKEL/TEMPEL wat God aan Moses gegee het op die BERG SINAI en HOE die MENS as TEMPEL van God daarmee vergelyk.
Die TEMPEL van GOD was uitgelê in DRIE DELE wat omring moes word met ‘n heining met slegs EEN HEK/ INGANG en net deur sekere individue betree kon word op spesifieke tye naamlik ‘n:
1. VOORHOF
Dit was die eerste gedeelte waarin alle mense kon intree by die EEN HEK/ INGANG van die TABERNAKEL (en later die TEMPEL) wat YHVH die God van Israel wou dien en ‘n offer vir hulle sondes aan Hom wou bring sodat hulle vehouding weer met Hom herstel kon word.
Binne in hierdie gedeelte was die volgende TOERUSTNG:
- Die KOPER BRANDOFFERALTAAR waarop die voorlopige diere offers gebring is om in die plek van die mense vir hulle sondes te betaal totdat die VOLMAAKTE LAM van GOD sou kom om vir eens en vir altyd met die sonde, ewige dood en siektes af te reken.
- Die KOPER WASKOM/ WASBAK waar die hande en voete gewas moes word van die Priesters en Leviete wat hulself reeds GEREINIG het (afgesonder het en toegewy het) aan YHVH hulle GOD wat in die HEILIGE GEDEELTE kon ingaan en die Priesters wat in die HEILIGE GEDEELTE en een maal per jaar in die ALLERHEILIGSTE GEDEELTE kon ingaan met VERSOENDAG (die sesde Fees van YHVH volgens Levitikus 23:27-32) om vir die hele volk ISRAEL se sondes VERSOENING te doen.
In terme van die MENS as TEMPEL is die LIGGAAM van die MENS die VOORHOF.
Dit is die gedeelte van die mens wat in kontak is met ons AARDSE OMGEWING – dit is die deel waarmee ons met mense in ons wêreld in kontak kom. Dit het STEEDS ‘n HEINING om in terme van die BEDOELING van ons SKEPPER aangesien daar spesifieke riglyne in die WOORD is HOE ons ons liggame moet hanteer en waaraan dit goed is om dit bloot te stel of nie bloot te stel nie. Ons weet ook dat die ENIGSTE HEK die ENIGSTE WEG na ABBA VADER deur Yeshua ons Messias uitbeeld (Johannes 14:6).
Die KOPER BRANDOFFER ALTAAR is ‘n ‘n VOORSTELLING van die KRUIS waarop YESHUA ons MESSIAS as die PERFEKTE LAM van GOD vir ons die LOSPRYS betaal het vir: ons sondes waarvan ons lees in Genesis tot Deuternomium opgesom in die Tien Gebooie, die siektes wat daarmee gepaardgaan waarvan ons lees in Genesis tot Deuternomium maar spesifiek in Deuternomium 28:15-68 en die ewige dood (die tweede dood) waarvan ons weereens lees in Genesis tot Deuternomium en alles weer bevestig en verduidleik word vir ons in die Nuwe Testament tot in die heel laaste Beok van Openbaring. Hierdie VOLPRYS wat betaal is deur YESHUA die MESSIAS is tot die beskikking van ELKE MENS wat dit wil AANVAAR in GELOOF as ‘n GRATIS GESKENK van ABBA VADER (Johannes 3:16-21, Efesiërs 2:8-9 en 1 Petrus 1:18-19).
Die KOPER WASBAK verteenwordig TWEE DINGE – eerstens die BESLUIT om te STERF aan die ou sondige self (die ou natuur/ die slang saad) in die water van die DOOP (Paulus verduidelik dit mooi in Romeine 6:1-12). En daarna is ons DOOD vir SONDE en Paulus se argument is dat ‘n DOOIE MENS mos nou nie meer sonde kan doen nie. Wat hy hier bedoel is dit wat Johannes ook vir ons verduidelik in 1 Johannes 3:1-24 wanneer ‘n mens BESLUIT het jy sterf die ou natuur (die slang saad) af – dan doen jy nie meer DOELBEWUSTE sonde nie – m.a.w jy begin ONGEMAKLIK voel met sonde, dit voel nie meer lekker of reg nie, dit voel nie meer soos “jy” nie en daarom gaan jy beslis nie meer net voort lewe daarin nie. Maar omdat ons nog IN hierdie wêreld leef tot en met die EERSTE FISIESE DOOD wat ons almal moet sterf, is ons steeds blootgestel aan die verderf van hierdie sondige wêreld en kan ons in ONBEWAAKTE OOMBLIKKE stuikel en val TERWYL ons leer WEERSTAND BIED teen ons ons ou sondige natuur wat ons afgelê het maar baie graag wil terug kom, want onthou daar is ‘n bose komponent aan die ou natuur gekoppel – slang saad! Die WOORD leer ons dus dat ons DAAGLIKS met die WAPENRUSTING van GOD teen hierdie BOOSHEID wat ons weer in die hande wil kry moet veg. Die GOEIE NUUS is, dat hoe meer ons hierdie GEVEG opsit met die SWAARD van GOD, die WOORD met die Heilige Gees se hulp en Yeshua ons Messias se outoriteit, hoe vaardiger word ons, en hoe meer ons leer WAAK teen hierdie boosheid, hoe meer LEEF ons om in OORWINNING te LEEF. Dit is WEDERGEBOORTE wat ons op ons pad plaas van HEILIGMAKING en dit duur tot die einde van ons aardse lewens (die eerste dood).
2. HEILIGE GEDEELTE
Dit was die tweede gedeelte waarin SLEGS die LEVIETE en PRIESTERS by die INGANG van die HEILIGE gedeelte kon ingaan nadat hulle: GEREINIG (afgesonderd en toegewyd aan YHVH was) en hulle hande en voete gewas het.
Binne in hierdie gedeelte was die volgende TOERUSTNG:
- Die GOUE TAFEL MET TOONBRODE waarop twaalf brode gestaan het – een vir elkeen van die TWAALF STAMME van ISRAEL. Die PRIESTERS was toegelaat om dit te eet. Lees Levitikus 24:5-9.
- Die GOUE SEWE-TAK LAMPSTAANDER (MENORAH) wat deurlopend moes brand as die ENIGSTE TOELAATBARE LIG, lees Levitikus 24:1-4. Die olie lampies se putte moes gereeld versorg word en die olie mos gereeld opgevul word.
- Die GOUE WIEROOK ALTAAR moes aangesteek word met kole wat vanaf die KOPER BRANDOFFERALTAAR voorsien is en ‘n spesiale mengsel moes aangemaak word van kruie wat ‘n aangename geur (reuk) veroorsaak het wanneer dit gebrand is. Lees Eksodus 30:6-8.
Tussen die HEILIGE GEDEELTE en die ALLERHEILIGSTE GEDEELTE was ook ‘n SWAAR GEWEEFDE GORDYN wat die twee gedeeltes van mekaar moes skei omrede GOD in die ALLERHEILIGSTE GEDEELTE teenwoordig was en van die mens se TEENWOORDIGHEID geskei moes word omdat hulle sondig was en weens GOD se HEILIGHEID wat soos ‘n VERTERENDE VUUR IS (lees Deuternomium 4:24, Openbaring 12:29, Psalm 21:10, 1 Thessalonisense 1:7-8, en ons weet ook Yeshua ons Messias word in Openbaring 1:14 en 19:12 met oë soos ‘n VUURVLAM beskryf), wat sonde en boosheid voor die voet VERBRAND, moes God ‘n manier bewerkstellig wat Hy tussen Sy mense kon woon sonder om hulle te VERNIETIG! Die Priesters kon eenmaal ‘n jaar hier ingaan op VERSOENDAG om vir die volk van ISRAEL VERSOENING te doen (hulle verhouding met God tydelik te herstel) maar indien hulle nie hulself ordentlik GEHEILIG het nie en GEWAS het nie, is hulle op die plek DOOD en moes hulle aan die tou om hulle middel lywe uitgetrek word.
In terme van die MENS as TEMPEL is die SIEL van die MENS die HEILIGE GEDEELTE.
Dit is die gedeelte van die mense wat WEGGESTEEK is vir ander mense om jou – net soos wat die HEILIGE GEDEELTE van die aardse Tabernakel/ Tempel nie deur enige persoon betree kon word nie, weet net JY en GOD wat jy DINK (lees Psalm 139:2b, Spreuke 15:11, 1 Kronieke 28:9, 1 Korinthiërs 2:11, Hebreërs 4:12-13, 1 John 3:20), totdat jou GEDAGTES in WOORDE en DADE omgesit word en dus deur jou LIGGAAM wat in kontak is met ander mense UITGEVOER word.
DUS kan ons sê jou VERSTAND/ dit wat jy gebruik om mee te DINK is in jou SIEL GESETEL. Let wel jou VERSTAND is iets anders as jou BREIN – jou BREIN is ‘n ORGAAN wat in jou LIGGAAM aanwesig is en saam met jou LIGGAAM die eerste dood sal sterf, maar jou VERSTAND (jou gedagtes/ denke) het ‘n GEESTELIKE KONNEKSIE en leef voort na jou LIGGAAM afgesterf het as deel van jou GEES en SIEL wat ewigheidswaarde het en jou liggaam verlaat en terug gaan na God wat dit gegee (geskep) het. Ons gesels later meer daaroor wanneer ons dit bevestig uit die WOORD.
Die GOUE TAFEL MET TOONBRODE is ‘n VOORSTELLING van die WOORD as die BROOD van die LEWE. Soos wat jou LIGGAAM aardse KOS nodig het om van te lewe, so het jou SIEL die WOORD van God nodig om te LEWE. Julle sal onthou Yeshua sê in SY versoeking na Sy doop in die woestyn aan die Satan in Lukas 4:4 ”Die mens sal nie van BROOD alleen lewe nie, maar van ELKE WOORD van GOD.” Hierdie is ‘n aanhaling wat Hy gemaak het vanuit Deuternomium 8:3. Hierdie BROOD wat jou laat LEWE is ook dit wat jou GENEES. Lees Eksodus 15:26, Palm 107:20 en Spreuke 4:20-22. Maar daar is meer, YESHUA self, IS DIE BROOD van die LEWE en Hy IS ook die WOORD! (Lees Johannes 6:35, 48 & 51, 1 Korinthiërs 10:17, Johannes 1:1-14 en Openbaring 19:11-16).
En dit is waarom ons sien toe Hy op aarde was het Hy ALMAL GENEES so ver as wat Hy gegaan het. Dit maak mos sin né, want HY IS DIE WOORD wat GENEES! Die TABERNAKEL/ TEMPEL bloudruk wys dan aan ons duidelik WAAR hierdie GENESING PLAASVIND naamlik IN DIE SIEL (die GEDAGTES) van die mens. So wat gebeur dan by hierdie TAFEL van TOONBRODE? Ons EET DIE WOORD DAAGLIKS en dit GENEES ons ou MANIER van DINK. Voor ons daar gaan aansit, voordat ons by die HEK van die TABERNAKEL/ TEMPEL ingestap het, het ons die SLANG se GEMORSKOS van die WÊRELD GEËET en dit het ons vol sonde, die vrees vir die dood en siek gemaak, maar wanneer ons gaan aansit in die HEILIGE GEDEELTE by KONING YESHUA die MESSIAS, ons REDDER en VERLOSSER se TAFEL met LEWENDE BROOD word ons GEDAGTES NUUT – ons leer dink soos die SAAD VAN GOD (Sy WEDERGEBORE KINDERS). Die mens is so geskep dat dit wat jy jou GEDAGTES mee vul, jou BESLUITE sal bepaal.
Die GOUE SEWE-TAK LAMPSTAANDER (MENORAH) verteenwoordig die HEILIGE GEES van GOD waarmee Yeshua ons Messias ons DOOP (Johannes 3:11 en Handelinge 2:3-4), ons as te ware aan die BRAND STEEK met Abba Vader se HEILIGE VUUR wanneer ons GEDAGTES VERNUWE is met die LEWENDE BROOD, die WOORD van GOD. Dan begin ons ‘n LIG word vir die WÊRELD, want ons begin LEEF volgens die WOORD – die WOORD wat David reeds geweet het – ‘n LIG is vir ons VOET en ‘n LAMP vir ons PAD (Psalm 119:105). En dit word SIGBAAR as VRUGTE van die HEILIGE GEES van GOD wat deur ons WOORDE en DADE deur die LIGGAAM uitgevoer word van LIEFDE, VREDE, VREUGDE, BARMHARTIGHEID, NEDERIGHEID, GEDULD, VRIENDELIKHEID, GETROUHEID en SELFBEHEERSING (Galsiërs 5:22-23).
EN ons word dan LEWENDE OFFERS wat ‘n AANGENAME GEUR WORD vir ABBA VADER en ons GEBEDE gaan daagliks op na Hom. Lees Paulus se verduideliking in Romeine 12:1 en Efesiërs 5:1-2 en David verduidelik in Psalm 141:2 dat GEBED soos reukwerk/ wierook voor Abba Vader is en dit word ook bevestig in Openbaring 5:8 dat reukwerk/ wierook die gebede van die heiliges, (mense wat toegewy is aan God), verteenwoordig. En dit vetel ons van die MENS se (kleinletter) gees se vermoë om in kommunikasie te tree met die HEILIGE GEES van GOD!
En dit bring ons by die SWAAR GEWEEFDE GORDYN wat ons voorheen GESKEI het van DIREKTE kommunikasie met GOD – daardie tyd toe ons deur ‘n mens priester met God moes praat (Eksodus 26:31-33) is vervang deur die LOSPRYS betaal aan die KRUIS met die KOSBARE BLOED van ons REDDER en VERLOSSER, YESHUA ons MESSIAS wat ook ons EWIGE HOËPRIESTER geword het wat vir ons INTREE voor GOD ons VADER en dit vir ons moontlik maak om Hom direk te nader in Yeshua se Naam! (Lees Mattheus 27:50-51, Markus 15:37-39, Lukas 23:45-46 en 1 Johannes 2:1-2 waar Johannes vir ons sê ons moenie sondig nie, maar as ons sondig het ons ‘n VOORSPRAAK (‘n PERSOON wat ons VERDEDIG) by die VADER, Yeshua die Messias, die REGVERDIGE. EN Hy is ons VERSOENING vir ons sondes en ook vir die van die HELE WÊRELD. En daarom vertel Hebreërs 4:14-16 ons dat ons met VRYMOEDIGHEID kan nader tot die TROON van Abba Vader waar ons BARMHARTIGHEID en GENADE kan verkry om GEHELP te word. Wonderlik né!
3. ALLERHEILIGSTE GEDEELTE
Dit was die derde gedeelte waarin SLEGS die PRIESTERS kon ingaan agter die SWAAR GODRYN en net EENMAAL per jaar waar hulle die volk ISRAEL (uitgebeeld op die borssak van die priester met TWAALF STENE) in die teenwoordigheid van YHVH hulle God kon inneem om tydelik vir hulle sondes VERSOENING te doen deur die bloed van ‘n lam op die VERSOENDEKSEL te sprinkel totdat die VOLMAAKTE LAM van GOD sou kom wie se kosbare bloed op die HEMELSE VERSOENDEKSEL gesprinkel sou word vir die VERSOENING van ELKE MENS SE SONDE wat inent op die BOOM van ISREAL deur ons aanvaarding van Yeshua die Messias as ons Redder en Verlosser, saam met Hom te sterf aan die ou self (ou sondige natuur) en Hom te volg in gehoorsaamheid aan Abba Vader met die hulp van die Heilige Gees (Lees die Boek Hebreërs asook Romeine 11:17 en Galasiërs 6:14-16).
Binne in hierdie gedeelte was die volgende TOERUSTNG:
DIE VERBONDSARK van YHVH waarbinne DRIE ARTIKELS was: die TIEN GEBOOIE wat Hy met Sy eie vinger op KLIPTAFELS neergeskryf het op die Berg Sinai – ook genoem die “die TWEE TAFELS van die GETUIENIS” (Eksodus 31:18 en Deuternomium 9:10) asook ‘n goue kruik met manna (‘n getuienis vir die nageslage van Sy voorsiening lees Eksodus 16:33-36) en Äaron se staf wat geblom het (‘n teken van Sy ourotiteit wat Hy ook aan mense gee om te heers namens Hom en volgens Sy riglyne as teken aan die wederstrewiges/ koppiges/ opstandiges). Lees Numeri 17:10 asook Hebreërs 9:4. Die TORAH self (die detail soos neergepen in Genesis tot Deuternomium in opdrag van God aan Moses) moes aan die kant van die VERBONDSARK gehou word, weereens as GETUIENIS – lees Deuternomium 31:26 asook 2 Konings 22:8). Die VERBONDSARK verteenwoordig die TROON van GOD op die AARDE, ‘n voorstelling van SY TROON in die hemel – lees ook Openbaring hoofstuk 4 en 11:19.
Die VERSOENDEKSEL (Mercy Seat in Engels), is die DEKSEL wat die WET, die TIEN GEBOOE toemaak met die BLOED van die offerlam wat daarop gesprinkel is. Dit beteken dat die WET se KRAG om die mens tot DOOD te veroordeel deur die GENADE van GOD, die BLOED van die offerlam wat die prys namens die mens kom betaal afskerm – eers deur onskuldige diere offers totdat die finale en perfekte LAM van God die Vader sou kom en SY bloed op die genade troon vir ons gesprinkel word om ons van die DOODSTRAF vir sonde los te koop, asook die ewige dood wat die sonde verdien en die siektes wat daardeur veroorsaak word (Lees Hebreërs 9:12).
Paulus verduidelik dit in vele gedeeltes van sy briewe aan die gelowiges soos in Romeine 6:14 waarin hy sê “Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die WET nie, maar onder die GENADE”, en Romene 8:2 waarin hy sê: “Want die WET van die (hoofletter) GEES van die LEWE in die MESSIAS YESHUA het my VRYGEMAAK van die WET van die SONDE en die DOOD.” Lees ook Galasiërs 5:1. En in Romeine 10:4 sêe hy: “Want die Messias is die EINDE (die Joodste Studie Bybel reken die korrekte vertaalde woord is hier nie einde nie maar DOEL) van die WET (die Torah) tot GEREGTIGHEID vir elkeen wat GLO (en onthou GELOOF sonder dade vertel Jakobus vir ons is DOOD lees Jakobus 2:14-26 – so geloof beteken as jy GLO sal jy DOEN – dit is juis die BEWYS daarvan dat jy GLO! EN MOENIE TOELAAT DAT IEMAND jou met Paulus se woorde BEDRIEG nie! Petrus het ons juis gewaarsku in 2 Petrus 3:14-16 dat Paulus se woorde, soos die wysheid deur God aan hom gegee, swaar/ moeilik kan wees om te verstaan en deur mense wat VERDRAAI kan word soos ook met ander gedeeltes van die SKRIF gedoen word tot hulle EIE ONDERGANG! En Paulus was BESLIS NIE teen die WET (TORAH) van God nie. Ons lees dan hy sê in verskeie gedeeltes van sy briewe soos in Romeine 6:15-23 dat ons van HARTE GEHOORSAAM moet wees aan GOD en leef vir GEREGTIGHEID (in lyn met Abba Vader se voorskrifte, wette, bevel) en HEILIGMAKING (afgesonder vir en toegewy aan God) want die uiteinde van ‘n lewe van sonde is DIE (EWIGE) DOOD en ons is dan juis VRYGEMAAK deur Yeshua ons Messias van die sonde.
In Romeine 7:12 beskryf hy dit wat die vlees (die sondige natuur bedink) is VYANDSKAP teen God en die vlees (die ou sondige natuur, die slang saad) kan hom nie onderwerp aan die WET (Torah) van God nie. Lees ook Efesiërs 2:1-3, Kolossense 3:1-17 en 1 Timotheus 1:8-10. En Paulus bevestig ook in 2 Timotheus 3:16-17: “Die HELE SKRIF is deur God ingegee (geïnspireer, ingeblaas deur Sy Gees) en is NUTTIG tot LERING (onderrigting), tot WEERLEGGING (teenbewys) tot TEREGWYSING (vermaning/ ernstige waarskuwing) tot ONDERWYSING in die GEREGIGHEID (in lyn met Abba Vader se voorskrifte, wette, bevele) sodat die mens van GOD VOLKOME kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.
In terme van die MENS as TEMPEL is die GEES van die MENS die ALLERHEILIGE GEDEELTE
Dit is die gedeelte van die mense wat die DIEPSTE WEGGESTEEK is vir ander mense om jou – net soos wat die ALLERHEILIGSTE GEDEELTE nie deur enige persoon betree kon word nie maar net deur GOD en die hoëfpriester – kan hierdie gedeelte net deur God die Vader, ons Hoe Priester Yeshua en die Heilige Gees van God betree word asook deur die mens wat deur Yeshua se bloedoffer ‘n priester gemaak is vir God die Vader (lees 1 Petrus 2:4-10, Openbaring 1:5-6, 5:8-10 en 20:6). En dit is hier waar die HART van die mens gesetel is.
DUS kan ons sê jou HART, jou gevoelens en emosies wat vanuit jou GEDAGTES wat in jou SIEL is ontstaan is die DRYFVEER vir jou GEDRAG. Hoe weet ons dit? Die Woord van God se dit vir ons! Ons lees in Spreuke 4:23-24 “Bewaak jou HART (so hier kan ons dalk sê jou GEES, waarin jou emosies gesetel is asook jou vermoë om met God te kommunikeer deur Sy HEILIGE GEES wat in jou kom woon en jou leer en lei, ondersteun en troos volgens Sy WOORD) meer as ALLES wat bewaar (opgepas) moet word want daaruit is die OORSPRONG van die LEWE.”
En dit is die PLEK waar GOD se TROON staan – SY VERBONDSARK waarin SY TIEN GEBOOIE is, met SY BELOFTE dat Hy vir ons sal VOORSIEN waneer ons aan Hom gehoorsaam lewe wat ‘n teken van ons LIEFDE vir Hom is (Johannes 14:15 en 1 Johannes 2:3, 3:24, 5:2-3 en 18-19) en die OUTORITEIT (gesag, wettige mag) wat Hy aan ons gee in Yeshua ons Messias se Naam waarmee ons die bose kan uitdryf en siektes genees (Markus 16:16-18). Dieselfde outoriteit as wat die twaalf dissipels van Yeshua ontvang het (Mattheus 10:1) en daarna die 70 dissipels (Lukas 10:9 en 17 en daarna die 120 dissipels (Handelinge 1:15 tot 2:1-4) insluitend Petrus en later ook Paulus gehad het om mense te genees en van die bose te bevry.
Ons sien ook in die NUWE VERBOND belowe God reeds in die profesie in Jeremia 31:31-33 “Ek gee MY WET (Torah) in hulle BINNESTE en SKRYWE dit op hulle HARTE (in hulle GEES); en EK sal vir hulle ‘n GOD wees en hulle sal vir my ‘n volk wees”. En dit word bevestig deur Paulus in 2 Korinthiërs 3:3 wanneer hy sê die GELOWIGES is ‘n BRIEF van die MESSIAS…geskryf met die (hoofletter) GEES van die LEWENDE GOD (die Vader); nie op KLIPTAFELS nie, maar op die VLEESTAFELS van hulle HARTE (dus in hulle mens gees). En dit word bevestig in Hebreërs 8:10 en 10:16.
Die VERSOENDEKSEL is die SEKER WETE dat wanneer ons hierdie ROETE soos vandag bespreek loop as SY LEWENDE TABERNAKEL/ TEMPEL, kan SY WET ons nie doodmaak nie, want ons geniet die beskemring van Yeshua die Messias, maar LET WEL, deur die PROSES van HEILIGMAKING (afsondering en toewyding van ons lewens aan Hom) soos vandag bespreek, GEHOORSAAM ons SY WET met die HULP van die HEILIGE GEES in ons om ons te waarsku wanneer ons van die pad af gaan en dadelik terug te keer met SONDEBELYDENIS en te LEER uit ons foute en opnuut weer te WAAK met ons volle WAPENRUSITNG aan. ONTHOU dat God ons Vader is – ‘n goeie pa DISIPLINEER sy kinders – en net so DISSIPLINER God ons as Sy kinders – lees Spreuke 3:11-12, 1 Korinthiërs 11:32, Hebreërs 12 asook Yeshua se woorde in Openbaring 3:19.
En dit bring ons weer by die SWAAR GEWEEFDE GORDYN wat weggeneem is deur die dood en opstanding van Yeshua ons Messias. Die HEILIGE en ALLERHEILIGE GEDEELTES van die TABERNAKEL/ TEMPEL was ALTYD EEN VERTREK met slegs ‘n GORDYN wat die TWEE GESKEI het, nadat YESHUA die GORDYN kom wegneem het was dit weer EEN VERTREK. Net so is die SIEL en GEES van die mens ONSKEIBAAR. Die DAG wanneer ELKE mens sterf verlaat jou SIEL en GEES jou LIGGAAM en gaan terug na GOD (ons Skepper) wat dit gegee het soos ons reeds gelees het in die WOORD aan die begin van hierdie boodskap. En op grond van WIE se TEMPEL jy en ek besluit het om te wees sal ons EIND BESTEMMING na ons EERSTE dood tydens die LAASTE OORDEEL bepaal word soos wat ons lees in Openbaring 20:11-15. Die GOEIE NUUS is, VANDAG het jy en ek, terwyl ons nog LEEF nog ‘n kans om ons KEUSES te maak. Ons lees in Hebreers 4:7b en 11 “VANDAG as julle SY STEM HOOR, verhard julle HARTE (jou gees) nie…Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié (SY) RUS…”
