Skip to content

DIE WAARHEID oor die KRUISIGING en die SIMBOOL van die KRUIS, Deel 20: Koning Hiskia en die volk vier die PASGA FEES

6 Augustus 2025

Ons gesels verder oor die TWYFEL wat onder gelowiges ontstaan het gedurende die laaste aantal jare oor die metode van KRUISIGING van YESHUA ons MESSIAS asook die SIMBOOL van die KRUIS.

Ons gesels nog oor die konings van die SUIDRYK (Judah en Benjamin vandag bekend as die Jode) vanaf die jaar 924 tot 597 voor die geboorte van Yeshua die Messias. En ons gesels vandag verder oor wat ons leer vanuit die lewe en regering van koning Hiskia, die 13de koning van die SUIDRYK. Behalwe dat hy die TEMPEL gereining het en beide die SUIDRYK waarvan hy die koning was en die NOORDRYK (die tien stamme onder EFRAIM), opgeroep het om weer die PASGA van YHVH te vier, het hy ook die KOPERSLANG wat Moses gemaak het  en wat later deur ISRAEL (al twaalf stamme), aanbid is, vernietig.

En vandag lees ons 2 Kronieke 30:14-27. Ons weet reeds vanuit die eerste gedeelte van 2 Kronieke 30 dat die mense in Jerusalem bymekaar gekom het om die FEES VAN ONGESUURDE BRODE te vier (dit is die SEWE DAE wat deel vorm van die PASGA FEES soos beskryf in Levitikus 23:5-6).

En ons lees dan in 2 Kronieke 30:14 van die FEES VAN ONGESUURDE BRODE, wat ‘n FEES was waartydens die SUURDEEG (‘n simbool van sonde) uit mense se lewens verwyder moes word soos Paulus ook later verduidelik in 1 Korinthiërs 5:7-8 ons die suurdeeg uit ons lewens moet verwyder want ons PAASLAM, YESHUA die MESSIAS is vir ons geslag en hy roep ons op om die FEES van ONGESUURDE BRODE, wat deel is van die PASGA FEES, sonder boosheid (sonder sonde) en met REINHEID en WAARHEID te vier. Paulus is ook baie duidelik oor wat hierdie suurdeeg is wat ons moet verwyder. Ons lees in vers: 1-5 en 9-10 van die sonde van hoerery (dit is oortreding van GEBOD 7: egbreuk, asook ‘n vrug van die vlees/ ou sondige natuur in Galasiërs 5:19),  en in vers 10-11 van gierigaards (dit is oortreding van GEBOD 1: die dien van geld as ‘n afgod in plaas van YHVH die enigste ware lewende God) of rowers (dit is oortreding van GEBOD 8: om te steel van jou naaste), afgodsdienaars (dit is oortreding van GEBOD 1: die dien van afgode in plaas van YHVH aleen te dien as die enigste ware lewende God), kwaadsprekers (dit is oortreding van GEBOD 9: vals getuienis teen jou naaste), dronkaards (beskryf as ‘n vrug van die vlees/ ou sondige natuur in  Galasiërs 5:21).

Dus kan ons hieruit aflei dat ons, onsself moet TOETS/ evalueer aan die oortreding van die TIEN GEBOOIE wat in meer detail beskryf word in die Torah (Genesis tot Deuternomium) asook teen die vrugte van die vlees (soos beskryf in die Evangelies, Mattheus, Markus, Lukas en Johannes en in vele van die Nuwe Testament briewe van die dissipels en apostels) en dit moet VERWYDER word uit ons lewens deur sondebelydenis en wegdraai hiervan as deel van die PASGA FEES vieringe wat die OFFER van die PASGA LAM is op 14 Abib (Maart/ April op ons kalender),  Yeshua ons Messias se kruisiging en gevolg word met die sewe dae FEES van ONGESUURDE BRODE (wat daarmee te make het om te sterf aan die vlees/ ou sondige natuur/ verwydering van die slang saad soos bespreek in ons boodsakp op 30 Julie) en afsluit met die FEES van EERSTELINGE/ EERSTE VRUGTE (ons vier fees as nuwe mense wat die ou mens/ die vlees/ die ou sondige natuur afgesterf het en saam met ons Messias opgestaan het en Hom in gehoorsaamheid aan die Vader volg met die hulp van Sy Heilige Gees). Lees Openbaring 14:1-5 dit is ‘n prentjie hiervan – gelowiges wat vrygekoop is deur die LAM as EERSTELINGE vir Hom en die Vader en hulle maak hulle nie skuldig aan afgodsaanbididng en leuens of bedrag nie en volg die Lam in gehoorsaamheid orals waar hy gaan.

Hiskia het dit verstaan (al was ons Verlososer, die WARE PASGA LAM op daardie stadium nog verteenwoordig deur die onskuldige diere se bloed wat tydelik vir die mens versoening met die Vader moes bring totdat die tyd gereed was vir Yeshua ons Messias om hierdie prys vir eens en vir altyd finaal te betaal), en daarom het hy die die mense geroep om hulle voor te berei volgens die riglyne van YHVH in Levitkus 23:1-23 asook Eksodus hoofstuk 19-20 en het hy die mense aangespoor in voorbereiding vir die FEES van ONGESUURDE BRODE en hulle het hulle GEREED GEMAAK (die ou suurdeug van boosheid soos Paulus dit noem uitgesuiwer het) en die altare (die plekke waar offers gebring is in die aanbidding van afgode) verwyder wat in Jerusalem was; ook al die wierook altare (plekke waar daar gebede vir afgode opgegaan het) het hule verwyder en in die spruit Kidron gegooi.

In lyn hiermee weet ons dat Yeshua ons Messias Sy dissipels se voete gewas het VOOR die PASGA MAALTYD wat hulle saam geëet het.(lees Johannes 13:1-30). Ons weet dit was ook ‘n handeling van reininging, want toe Petrus weerstand bied teen sy LEERMEESTER wat sy voete wil was, was Yeshua se antwoord aan hom: “…As Ek jou nie was nie, het jy geen deel aan My nie. Simon Petrus sê vir Hom: Meester, nie net my voete nie, maar ook die hande en die hoof. Yeshua sê vir hom: Hy wat gewas is, het niks anders nodig as om die voete te was nie, maar is heeltemal REIN (skoongemaak, gesuiwer); en julle (die dissipels) is HEELTEMAL REIN, maar nie almal nie.” Want Hy het geweet dat Judas Hom sou verraai (Johannes 13:8-11).

Paulus verduidelik ook later aan die gemeente in 1 Korinthiërs 11:17-34 dat die PASGA maal (ook genoem die NAGMAAL omdat dit in opdrag van YHVH in Levitikus 23:5 teen die AAND geëet moet word), hulle nie op ‘n ONWAARDIGE (ongepaste/ onbehoorlike/ onbetaamlike) wyse moet vier nie want dit sal ons skuldig maak aan die liggaam en die bloed van die Messias. En daarom sê Paulus in vers 28: “Maar die mens moet homself beproef (toets/ evalueer/ ondersoek) en van die brood eet (simbolies van Yeshua ons Verlosser se liggaam) en uit die beker drink (simbolies van Yeshua ons Verlosser se bloed wat die vol prys vir ons sondes betaal het).

Ons lees as bevestiging van hierdie gevaar wat Paulus hier aan die gmeente meedeel, ook in Hebreërs 10:19-31 die volgende: “Terwyl ons dan broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom (die Tempel in die hemel/ in God die Vader se teenwoordigheid) in te gaan deur die BLOED van Yeshua op die NUWE en LEWENDE WEG wat Hy vir ons ingewy het deur die VOORHANGSEL heen, dit is die vlees (Sy liggaam) en ons ‘n groot PRIESTER (Yeshua) oor die huis van God (die Tempel) het. Laat ons toetree met ‘n waaragtige (‘n betroubare) HART in volle geloofversekerdheid, die HARTE (gedagtes en emosies) deur besprinkeling (die bloed van Yeshua wat gesprinkel is op die VERSOENDEKSEL van die VERBONDSARK, lees ook Hebreërs 4:14-16) gereinig (skoongemaak, gesuiwer) van ‘n slegte gewete en die LIGGAAM gewas met rein water (voorgestel deur die doop, lees ook 1 Korinthiërs 6:11, Efesiërs 5:26, Titus 3:5 en 1 Petrus 3:21). Laat ons die BELYDENIS van die HOOP onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou; en laat ons op mekaar ag gee om tot LIEFDE en goeie werke aan te spoor; en laat ons ons onderlinge byeenkomste nie versuim nie soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar VERMAAN (ernstig waarsku), en des te meer namate julle DIE DAG sien nader kom (‘n verwysing na die wederkoms van Yeshua ons Messias, lees ook Lukas 17:24 en 1 Korinthiërs 3:13). Want as ons OPSETLIK SONDIG (optree teen God se wet en Woord al weet ons dis verkeerd en dit doelbewus aanhou doen), nadat ons die kennis van die WAARHEID ontvang het (weet dat dit waarmee ons besig is sonde is in die oë van God en geen berou daaroor het nie en ook nie van plan is om op te hou daarmee nie), bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie, maar ‘n verskriklike verwagting van OORDEEL en ‘n VUURGLOED wat die teenstanders (die vyande van God) sal verteer.

As iemand die wet (die TORAH, Genesis tot Deuternomium, opgesom in die Tien Gebooie) van Moses (soos deur God aan Moses gegee om op te teken) verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die GETUIENIS van twee of drie; hoeveel SWAARDER straf, dink julle, sal hy VERDIEN wat die SEUN van GOD VERTRAP het (moedswillig verneder) en die BLOED van die TESTAMENT waardeur hy GEHEILIG (toegewy aan God die Vader) is, onrein geag (geminag) en die (hoofletter) Gees van GENADE gesmaad (skandelik beledig) het? Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe (Deuternomium 32:35), Ek sal vergeld, spreek YHVH; en weer: YHVH sal Sy volk oordeel. Vreeslik is dit om te val in die hande van die LEWENDE GOD.”

Ons lees verder in 2 Kronieke 30:15a nadat hulle hulle gereed gemaak het deur die boosheid (die sonde) uit hule te suiwer en die afgods aanbidding altare af te breek en in die Kidron spruit te gaan gooi, was hulle gereed om die PASGA te slag op die 14de van die tweede maand (soos reeds bespreek in ons boodskap op 23 Julie kon hulle nie betyds die tempel reining vir die PASGA in die eerste maand op 14 ABIB (Maart/April op ons kalender) soos YHVH in Levitikus 23:5 beveel het nie en het hulle dus die PASGA in die tweede maand op die 14de (April/ Mei op ons kalender) soos toegelaat en beskryf in Numeri 9:10-15, gevier.

En ons lees verder in 2 Kronieke 30:15b-21 “;…en die priesters en Leviete (mense uit die stam van Levi) het hulle geskaam (skaam gevoel oor hulle sondes) en hulle GEHEILIG (aan die diens van God gewy) en die brandoffers in die huis van YHVH (die Tempel) gebring. En hulle het op hulle plek gaan staan, ooreenkomstig hulle verordening (voorskrif, wetlike bepaling) volgens die Torah (Genesis tot Deuternomium) van (soos opgeteken deur) Moses (in opdrag van YHVH, lees Deuternomium 31:24-26), die man van God (Deuternomium 33:1), terwyl die priesters besig was om die bloed uit te gooi wat hulle uit die hand van die Leviete geneem het (die Leviete het die skape geslag en hulle bloed opgevang het en dan in bekers aan die priesters oorhandig en dan lees ons die REDE daarvoor in 2 Kronieke 30:17-18:); want daar was BAIE in die vergadering (die gemeente) wat hulle nie GEHEILIG het nie (hulle nie aan die diens van God toegewy het nie), daarom moes die Leviete die PAAS OFFERS slag vir ELKEEN wat nie REIN (skoongemaak, gesuiwer van hulle sondes) was nie, om hulle aan YHVH te heilig (toe te wy).

Ons lees in lyn hiermee die REDE vir die FINALE PASGA LAM van ABBA VADER wat geslag moes word vir ons in Johannes 3:16 “Want so LIEF het God (die Vader) die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen  wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” En in Romeine 5:8 “…God (die Vader) bewys Sy LIEFDE vir ons daarin dat die Messias vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was (toe ons nog in wetteloosheid geleef het).  Dus HEILIG die BLOED van die LAM ons aan YHVH. EN dit is waarom ons lees in Openbaring 1:5-6 “…Yeshua die Messias, die getroue getuie, die eergeborene uit die dood en die Owerste (die Heerser) oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons LIEFGEHAD het en ons van ons sondes (ons wetteloosheid) gewas het in SY BLOED en ons gemaak het konings, priesters vir God Sy Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in ewigheid! Amen.”

En ons lees verder in 2 Kronieke 30:18-19 “Want die meerderheid van die volk, ‘n menigte uit Efraim en Manasse, Isaskar en Sebulon (dit was mense vanuit die Noordryk, die Tien Stamme onder Efraim wat gewillig was om te reageer op Hiskia se uitnodiging wat hy met boodskappers uitgestuur het om die Pasga weer in Jerusalem te vier), het hulle nie GEREINIG (skoongemaak, gesuiwer van sonde) nie, maar die PASGA geëet soos dit nie voorgeskrewe was nie. Maar Hiskia (ook in hierdie gedeelte genoem Jehiskia) het vir hulle GEBID (dus vir hulle ingetree voor Abba Vader) en gesê: “Mag YHVH wat GOED IS, VERSOENING DOEN (die vrede herstel met Hom) vir elkeen wat sy HART (sy SIEL, gedagtes en emosies en vrye wil) daarop gerig  het om God, YHVH, die God van sy vaders, te SOEK, al was dit nie volgens die REINHEID van die heiligdom nie (al was dit nie soos voorgeskryf in die wette vir reinheid nie). En YHVH het Hiskia (se gebed) verhoor (beantwoord) en die volk genees.

Die Bybel in Praktyk verduidelik hier: ‘n Hele aantal mense, veral vanuit die NOORDRYK (die Tien Stamme onder Efraim) waar die DIENS aan YHVH vir BAIE JARE verwaarloos is, het hulle nie volgens die riglyne van SY FEES voorberei nie. Hiskia het vir hulle VOORBIDDING gedoen en YHVH het hulle VERGEWE. Al vereis God dat Hy volgens SY VOORSKRIFTE GEDIEN moet word, is daar tog by Hom BEGRIP en GENADE vir die wie se GESINDHEID reg is en wat ‘n BEREID/ GEWILLIG is om aan HOM GEHOORSAAM te wees al weet hulle dalk nog nie presies hoe nie.

Is dit nie fantastie nie! Die God van LIEFDE wat ons dien (soos beskryf in 1 Johannes 4:16), wys reeds hier vir ons in die Ou Testament dat Hy ons nie gaan wegjaag as ons na Hom SOEK nie, selfs al het ons nie die heiligmaking reëls een honderd present gevolg nie. Hy sal dit self vir ons stappie-vir-stappie deur SY HEILIGE GEES leer op die pad saam met Hom.

Wat sou gebeur het as Hskia gedoen het wat ons so dikwels geneig is om te doen – om aan die wat na God toe wil kom, maar nog nie GEHEILIG is nie (nog nie volkome aan Hom toegewy en gehoorsaam is nie), te sê hulle is nie welkom nie/ nie gereed om te kom om van die gratis water en brood te kom haal by Abba Vader nie? Dalk kan ons leer by Hiskia, en soos hy, BID, in te tree by YHVH, om in die stukkende mure van mense te staan (veral ons eie geliefdes wat nog nie die heiligmaking pad (om toegewyd aan God te leef) stap nie, en dalkies nog vasgevang is in die dinge van die vlees/ die ou sondige natuur, maar ‘n gewilligheid toon om te KOM en van die GRATIS BROOD en WATER van die LEWE te kom eet waarvan ons lees in Jesaja 12:3, 55:1 en 58:11, Jeremia 2:13, Johannes 4:10-14, 7:37-38 en 6:35 en Openbaring 7:17, 21:6 en 22:17, en vir hulle te BID vir VERSOENING (vrede met Abba Vader) en dan te WEET: Abba Vader sal hulle GENEES op Sy perfekte tyd!

Ons lees in Jeremia 17:7-8 “Geseënd is die man wat op YHVH vertrou, en wie se vertroue YHVH is. Want hy sal wees soos ‘n BOOM wat by die WATER geplant is en sy WORTELS uitskiet by die STROOM en nie vrees as daar hitte (toetsings, beproewings, lyding) kom nie, maar sy blad (sy blare) bly groen; en in ‘n jaar van droogte (as dit sleg gaan) is hy nie besorg nie en hou nie op om VRUGTE te dra nie.” (Lees ook Psalm 1).

En ons lees verder in 2 Kronieke 30:21-24 “So het die kinders van ISRAEL (almal wat by die fees was, die Suidryk, Noordryk en al die vreemdelinge van ander nasies wat by hulle gebly het en) wat in JERUSALEM aanwesig was, die FEES van ONGESUURDE BRODE sewe dae lank met groot blydskap gevier, terwyl die Leviete en die priesters YHVH dag vir dag geprys het met kragtige instrumente tot eer van YHVH.” Ons sien ook hulle het toe besluit om die FEES nog sewe dae te vier omdat Hiskia duisende bulle en kleinvee gegee het en die priesters het hulle in menigte geheilig (toegewy aan YHVH).

Die Bybel in Praktyk verduidelik: Die verlenging van die FEES met ‘n week stem grootliks ooreen met die inwyding van die TEMPEL in Salomo se tyd toe die week lange FEES van ONGESUURDE BRODE (as deel van die PASGA FEES), opgevolg is met die HUTTEFEES (ook bekend as die FEES van TABERNAKELS wat gewoonlik in September/ Oktober maand op ons kalender gevier word). Lees 2 Kronieke 7:8-10. Die hoof elemente van hierdie FEES was GROOT VREUGDE en HERNUDE TOEWYDING aan YHVH. Selfs toe die FEESGANGERS terugkeer na hulle woonplekke, het hulle hulle beywer vir diens aan YHVH en het hulle afgodsdiens bestry orals waar hulle dit teëgekom het.

In hierdie gedeelte leer ons ‘n paar belangrike dinge:

  • Voorbereiding en kennis oor die WIL van God is belangrik in ons ontmoeting en aanbidding van Hom.
  • Nie alle mense aanvaar die oproep om hulle te BEKEER (‘n verandering van hart/ gedagtes en emosies en keuses te ondergaan, tot inkeer/ selfondersoek te kom) en vir YHVH, hulle Skepper en Vader te kom dien nie, maar DIE wat wel WIL kom moet verwelkom, ondersteun en aangemoedig word om Abba Vader en SY LIEFDE vir hulle in SY WOORD te leer ken en Hom te GEHOORSAAM.
  • God se VOORSKRIFTE en WETTE en gehoorsaamheid is belangrik maar GEWILLIGHEID om HOM te SOEK en ‘n BEREIDHEID om deur HOM GELEER te word vanuit SY WOORD en deur SY HEILIGE GEES , is die belangrikste.
  • Ons eredienste en FEESTE moet altyd op dieselfde grondslag as dit wat in YHVH se WOORD staan gebaseer wees en met blydskap en vreugde in Hom toegepas word.

Yeshua ons Messias, Abba Vader se PASGA LAM is eenmaal GEKRUISIG vir ons as die VOLMAAKTE OFFER vir die HELE MENSDOM se SONDES sodat ELKEEN wat WIL (elkeen met ‘n gewillige HART) kan BESLUIT om van hierdie OFFER te “eet” en GENEES te word! Ons lees in verskeie gedeeltes in die Woord soos in Johannes 5:51-56 dat Yeshua ons Messias se offer namens ons aan die kruis tot ons GENESING en VERGEWING van ons sondes is.

Wat beteken dit? Hoe GENEES ons liggame as ons SONDES VERGEWE word?

Liggaam, siel en gees is EEN, daarom dra hulle mekaar se laste (sorge, vrese, onrus, skaamte, skuldgevoelens en bekommernisse). As die SIEL dus SIEK is (sondige dinge bedink en emosies in lyn daarmee ervaar en daarom slegte keuses maak en so vrugte van die vlees/ die ou sondige natuur dra, soos die waarvan ons lees in Galasiërs 5:19-21), sal die liggaam ook ly en siek begin word. Dit is waarom ons praat vaan die GEESTELIKE WORTELS/ OORSAKE van SIEKTES. Let wel: wanneer ons hieroor praat is die doel geensins om ons SKULDIG, SKAAM of BANG te laat voel nie, maar om ons te help om te verstaan ons het die GROOT GENEESHEER, Yeshua ons Messias nodig om GESOND te word. Ons het ABBA VADER se VERGIFNIS nodig vir die vleeslike/ sondige/ wettelose manier waarop ons gedink, gevoel en gedoen het (die ou sondige natuur se manier/ die slang saad in ons soos in ons vorige boodskap saam geleer het). En nie een van ons kan ‘n vinger na iemand anders wys nie want ons ALMAL is in stryd met die ou sondige natuur en is dit ‘n daaglikse proses om daardie ou self te laat sterf. As ons dit WEET, kan ons iets daaraan begin DOEN, kan ons VERGIFNIS vra en ontvang en kan ons ons TEMPELS (gees, siel en liggaam) REINIG, SKOONMAAK, AL DIE ROMMEL bymekaarmaak en in die “Kidron valei” gaan stort om verbrand te word deur Abba se Heilige Gees vuur tot stof en as en kan ons met VRYHEID en GENESING die vol lewe leef warvoor Yeshua ons Messias reeds vir ons die vol prys betaal het (lees Johannes 10:10, Psalm 103:1-3 en Jesaja 53:4-5).

En dan kan ons ons SIELE (ons verstand/ gedagtes en hart/ emosies en die keuses wat ons maak) DAAGLIKS VERNUWE word met die WOORD van YHVH (wat lewend en kragtig en skerper is as ‘n tweesnydende swaard en kan deurdring tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg (die liggaam) en wat ons bedoelings/ motiewe, gedagtes en ons emosies beoordeel. Lees Hebreërs 4:12 en kan ons voortgaan om met ons VRYE WIL keuses te maak in lyn met Abba Vader se Woord en so die VRUGTE van SY GEES van liefde, vrede vreugde, barmhartigheid, nederigheid, geduld, vriendelikheid, getrouheid en selfbeheersing te dra (Galsiers 5:22-23).

En daarom gaan ons volgende week, as dit Abba se wil is, oor ‘n paar algemene siektes gesels en oor wat hulle VLEES/ OU SONDIGE NATUUR WORTELS (denke en geloofsisteme/ dinge wat ons dink en glo) is, sodat ons dit kan VERSLAAN met die WOORD van ABBA VADER en in OORWINNIG kan LEEF!

He-Brews-Coffee-Roastery-Logo

Stay In Touch