13 Mei 2026 Ons is gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (die…
DIE WAARHEID oor die KRUISIGING en die SIMBOOL van die KRUIS, Deel 19: Koning Hiskia vernietig die koper slang op die paal. Wat leer ons hieruit oor die KRUIS as SIMBOOL?
30 Julie 2025
Ons gesels verder oor die TWYFEL wat onder gelowiges ontstaan het gedurende die laaste aantal jare oor die metode van KRUISIGING van YESHUA ons MESSIAS asook die SIMBOOL van die KRUIS.
Ons gesels nog oor die konings van die SUIDRYK (Judah en Benjamin vandag bekend as die Jode) vanaf die jaar 924 tot 597 voor die geboorte van Yeshua die Messias. En ons gesels vandag verder oor wat ons leer vanuit die lewe en regering van koning Hiskia, die 13de koning van die SUIDRYK wat bestaan het uit Juda en die kleiner stam van Benjamin. Behalwe dat hy die TEMPEL gereining het en beide die SUIDRYK waarvan hy die koning was en die NOORDRYK (die tien stamme onder EFRAIM), opgeroep het om weer die PASGA van YHVH te vier, het hy ook die KOPERSLANG wat Moses gemaak het en wat later deur ISRAEL (al twaalf stamme), aanbid is vernietig. So vandag gaan ons daarop fokus want dit gee aan ons baie waardevolle inligting in ons STUDIE oor die KRUSIGING en die SIMBOOL van die KRUIS.
Ons lees in 2 Konings 18:4 dat koning Hiskia: “…die koperslang wat Moses gemaak het het, stukkend gestamp het, omdat die kinders van Israel tot op dié dae daarvoor offerrook laat opgaan het (m.a.w omdat hulle dit aanbid het); en hy het dit Nehústan genoem.” (Dit beteken koper “ding” in Hebreeus en Hiskia verwys met hierdie naam na die koper slang wat moontlik daardeur bewys dat dit bloot ‘n koper metaal slang was, ‘n ding en niks meer nie, en dus het dit geen magiese/ bonatuurlike kragte gehad soos wat die mense gedink het nie).
Ons het reeds verwys na die geskiedenis oor die brons slang toe ons ‘n studie gemaak het van die BOEK NUMERI.
In Numeri hoofstuk 21 lees ons, soos soveel kere tevore, verwyt die volk vir God en vir Moses dat hulle bevry is uit Egipte met kwade bedoelings. YHVH STRAF hulle dan vir hierdie OPSTANDIGHEID met GIFTIGE SLANGE en baie van hulle sterf.
Paulus verwys in die Nuwe Testament hierna in 1 Korinthiërs 10 wanneer hy die gelowiges WAARSKU om nie vir God die Vader te versoek (op die proef stel, te toets, die NLV sê uitart) soos wat ISRAEL in die woestyn gedoen het nie en ons lees spesifiek in vers 9: “En laat ons die MESSIAS nie versoek (beproef, toets, uittart) soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur slange omgekom (hulle is deur slangbyte dood).
Ons sien verder in Numeri 21:7 die ISRAELIETE het BELY (erken met berou) dat hulle gesondig het teen YHVH en teen Moses gespreek het en gepleit het dat God hulle moet help. En ons lees dan in Numeri 21:8-9 “Daarop se YHVH vir Moses: Maak vir jou ‘n GIFTIGE SLANG en sit dit op ‘n PAAL (‘n langwerpige stewige stuk hout wat in die grond geplant is); dan sal elkeen wat gebyt is en daarna kyk, lewe. Toe het Moses ‘n KOPERSLANG gemaak en dit op ‘n paal gesit; en as ‘n slang iemand gebyt het en hy kyk na die koperslang, het hy bly lewe.”
Die Bybel in Praktyk verduidelik: Hulle moes eers weer leer om na God op te kyk soos hulle letterlik na die KOPERSLANG moes opkyk wat Moses laat maak het op bevel van God. Hulle moes weer leer om hulle HOOP te vestig op YHVH en dat Hy die EEN is wat hulle RED.
Dit was ‘n Goddelike daad van GENADE in antwoord op die mense se sondebelydenis en sigbare demonstrasie van hulle afhanklikheid van die Skepper se redding.
Yeshua ons Messias onderrig Nikodemus oor die belangrikheid van WEDERGEBOORTE en dan sê Hy aan hom in Johannes 3:14-21 “En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die SEUN van die mens VERHOOG word, sodat ELKEEN wat in HOM GLO, NIE VERLORE mag gaan nie, maar die EWIGE LEWE kan hê. Want so LIEF het GOD (die VADER), die wêreld gehad, dat Hy Sy ENIGGEBORE SEUN gegee het, sodat ELKEEN WAT IN HOM GLO, nie verlore mag gaan nie, maar die EWIGE LEWE kan hê. (Dit is ‘n duidelike heenwysing na Yeshua ons Messias wat sou kom sterf aan ‘n hout kruis en die SONDE en die DOOD wat deur die SLANG se versoekings in die wêreld ingebring is, te OORWIN en die mense wat dit in GELOOF aanvaar en OPKYK na HOM, sal EWIG LEWE). Want God (die VADER) het Sy SEUN in die wêreld gestuur, NIE om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die WÊRELD DEUR HOM GERED KAN WORD. Hy wat IN HOM GLO, word NIE VEROORDEEL NIE; maar hy wat NIE GLO NIE, is ALREEDS VEROORDEEL omdat hy NIE GEGLO HET in DIE NAAM van die ENIGGEBORE SEUN van GOD (die VADER) nie. En DIT IS DIE OORDEEL: dat DIE LIG in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as DIE LIG; WANT HULLE WERKE (dade) WAS BOOS. Want ELKEEN wat KWAAD DOEN, HAAT DIE LIG en kom NIE na DIE LIG nie, dat sy WERKE (dade) NIE BESTRAF MAG WORD NIE. Maar hy wat DIE WAARHEID DOEN, KOM NA DIE LIG, sodat sy WERKE (dade) OPENBAAR kan word, dat hulle IN GOD GEDOEN IS (in GEHOORSAAMHEID aan GOD GEDOEN is).”
Die vraag ontstaan: Waarom het God die Vader spesifiek ‘n SLANG op ‘n paal gebruik as die simbool in Numeri 21 waarheen die volk moes opkyk om genees te word?
Om hierdie antwoord te vind moet ons die Woord ondersoek om te kyk wie die slang is en na die BYT van die slang wat veoorsaak dat die mens FISIESE en GEESTELIKE GENESING nodig het.
1.WIE is die slang?
Ons weet baie goed die slang maak reeds sy verskyning in Genesis 3 wanneer hy vir Eva verlei en Adam haar in ongehoorsaamheid aan God volg. En in Genesis 3:14 lees ons sê YHVH aan die slang: “Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe.”
En hierdie selfde slang word later in Openbaring 9:12 geïdentifiseer as: die groot draak wat neergewerp is, die ou slang wat ook die duiwel en die Satan genoem word wat die HELE WÊRELD VERLEI.
En ons lees ook in Genesis 3:15 “En Ek (YHVH) sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.
En in 1 Johannes 3:1-12 lees ons van hierdie TWEE SOORTE SAAD: “Kyk wat ‘n groot LIEFDE die VADER aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie. Geliefdes, NOU is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie: maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk (soos Hy) sal wees (‘n verheerlikte liggaam sal hê soos die EEN waarmee Yeshua ons Messias opgestaan het), omdat ons Hom sal sien soos Hy is. En elkeen wat hierdie HOOP op Hom het, REINIG (suiwer, bevry) homself (van sonde en skuld) soos Hy (Yeshua ons Messias) REIN (suiwer, onbevlek onbesmet) is. Elkeen wat die sonde doen, doen ook WETTELOOSHEID (in die 1933 vertaling word daar hier na ONGEREGTIGHEID verwys en dit beteken dus ons tree op met ongehoorsaamheid aan die wette en riglyne van God die Vader), want die sonde IS wetteloosheid. (Lees ook Mattheus 7:23 en 1 Johannes 5:17). En julle weet dat Hy (Yeshua die Messias) verskyn het om ons sondes weg te neem, en GEEN sonde is in Hom nie. Elkeen wat IN HOM BLY, sondig nie. Elkeen wat sondig het Hom nie gesien en Hom nie GEKEN nie. (Dit beteken as ons voortgaan met sonde, om op te tree TEEN die wette en riglyne van God die Vader, is dit ‘n teken dat ons NIE in ‘n verhouding met Hom staan nie en nie weet WIE Hy is nie, Hom NIE KEN nie – Johannes sê dit nog duideliker in 1 Johannes 2:4 “Hy wat sê: Ek ken Hom – en Sy GEBOOIE nie bewaar nie/ nie hou nie – is ‘n leuenaar en in hom is die waarheid nie” Dus is die vader van die leuen hierdie persoon se vader en nie God nie, soos Yeshua in Johannes 8:44 aan die Fariseërs sê).
En Johannes sê dan ook verder in 1 Johannes 3:7-12: “Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir HIERDIE DOEL het die SEUN van GOD (Yeshua die Messias) verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek (te laat eindig). ELKEEN wat uit GOD GEBORE is (m.a.w wedergebore is soos Yeshua aan Nikodemus verduidelik in Johannes 3:1-21), doen geen sonde nie omdat SY (God se) SAAD (die Heilige Gees) in hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit GOD GEBORE (dit beteken die Heilige Gees wat in jou woon sal jou herinner aan God se Woord/ Wet en riglyne wat nou op jou hart geskryf staan en sal jou dus waarsku en weerhou daarvan om sonde te doen). Hierin is die kinders van God (dus Sy saad) en die kinders van die duiwel (dus die duiwel se saad) openbaar (bekend gemaak/ sigbaar): ELKEEN wat die GEREGTIGHEID (gehoorsaamheid aan God se Wet en voorskrifte opgesom in Sy TIEN GEBOOIE) NIE DOEN NIE, is nie uit God nie, en Hy ook wat sy broeder (sy naaste) nie liefhet nie (dit maak sin né want God se WET eis liefde vir Hom BO ALLES en liefde vir ons naaste soos vir onsself – lees Yeshua ons Messias se verduidleiking hiervan in Mattheus 22:34-40).
En ons lees verder in 1 Johannes 3:11-12: “Want dit is die BOODSKAP wat julle van die begin af gehoor het, dat ons mekaar moet liefhê (en ons doen dit deur die onderhouding van Gebod 6-10 wat beteken ons doen geen kwaad aan ons naaste nie, lees Paulus se bevestiging hiervan in Romeine 13:8-14).
Dan maak Yeshua ons Messias se woorde ook sin in Johannes 8:44 waarna ons reeds verwys het, wanneer Hy aan die Fariseërs sê: “Julle het die duiwel as vader (ons kan dus se hulle is die slang se SAAD, sy kinders van die vlees/ die ou sondige natuur), en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom GEEN WAARHEID is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan”.
En in Mattheus 12:34 en 23:33 noem Yeshua hulle die addergeslag, slange net soos Johannes in Mattheus 3:7. Maar was hulle dan nie gelowiges wat die wet van God soos gegee aan Moses, die TORAH (Genesis tot Deuternomium en opgesom in die Tien Gebooie) streng gehou het nie? Die Nelson Foundational Bible Dictionary vertel dat die Fariseërs en die Sadduseërs twee hoof groepe onder die Jode (m.a.w in die stam van Judah en Benjamin, die Suidryk) was wat ontstaan het gedurende die Nuwe Testament periode. Yeshua het met beide hierdie groepe gebots tydens Sy bediening. Die Fariseërs het sterk invloed gehad op die mense gedurende Yeshua se tyd op die aarde. Vir hulle was die belangrikste aspek dat daar aan die WET (die Torah soos in opdrag van God deur Moses geskryf) voldoen moes word maar bykomend hiertoe het hulle baie streng voldoen aan die TRADISIES (oorgelewerde gebruike) soos aan hulle deurgegee deur hulle voorgeslagte. Yeshua vat hulle juis vas hieroor in Mattheus 15:1-20. Hulle het die skrifgeleerdes en die rabbis (die Joodse leermeesters) ondersteun in hull interpretasie (hulle verklaring en verduideliking) van die Torah (Genesis tot Deuternomium) en in Yeshua se tyd het hierdie INTERPRETSIE van die TORAH vir hulle meer outoriteit (gesag en en wettige mag) gehad en was dit meer bindend (van krag, verpligtend) in hulle opinie as die TORAH (m.a.w hulle het mens opinies oor dit wat in die Woord gskryf staan verhef BO dit wat YHVH self in Sy Woord in Genesis tot Deuternomium gesê het). En in Mattheus 16 waarsku Yeshua die dissipels teen die SUURDEEG (‘n term vir sonde en ‘n verwysing hier na die verkeerde leerstellings) van die Fariseërs en die Sadiseërs wat nie meer op die Woord van God gebaseer was nie, maar op hulle eie TRADISIES en INTERPRETASIES.
Ons is dus nie kinders van YHVH ons God net omdat ons sê dat ons GELOWIGES of CHRISTENE is nie, maar ons is kinders van YHVH ons GOD as ons SIGBAAR die VRUGTE van SY HEILIGE GEES dra. Yeshua ons Messias het dit ook verduidelik aan hulle in Mattheus 15:1-2 waarin ons lees dat die Fariseërs ongelukkig was omdat die dissiples nie hulle hande gewas het volgens die tradisies en gebruike van die Fariseërs se voorgeslagte nie. En dan verduidelik Yeshua aan hulle dat hulle geveinstes (skynheiliges, vals) is wat die GEBOOIE van God die Vader oortree ter wille van hulle eie tradisies en gebruike en Hy verduidelik ook aan hulle dat ‘n mens nie ONREIN (dit wil se vuil/ wetteloos/ sondig) word deur dit wat in jou mond ingaan nie want dit het slegs ‘n effek op jou LIGGAAM maar dit wat uit jou mond uitgaan wat ‘n aanduiding is van wat in jou HART aangaan (in jou gedagtes en emosies en besluite – dus in die SIEL) en uitkom in SLEGTE gedrag soos MOORD (dit is oortreding van GEBOD 6, Eksodus 20:13), EGBREUK en HOERERY (oorteding van GEBOD 7, Eksodus 20:14) DIEFSTAL (oorteding van GEBOD 8, Eksodus 20:15) VALS GETUIENIS en LASTERTAAL (oortreding van GEBOD 9, Eksodus 20:16) dit maak die mens ONREIN (m.a.w VUIL as deel van WETTELOOSHEID/ opstand teen God die Vader, ongehoorsaam aan Hom/ besig met die vlees/ die ou sondige natuur en daarom vatbaar vir die slang en sy bose geeste)!
In Romeine 16:19-20 sê Paulus aan die gelowiges in Rome: “Want julle GEHOORSAAMHEID het algemeen bekend geword. Daarom verbly ek my oor julle, en ek wens dat julle WYS mag wees (goeie kennis, oordeel en verstand/ begrip sal hê) teenoor wat GOED is, maar onskuldig (sonder skuld) teenoor wat SLEG is. En die God van VREDE sal die Satan spoedig onder julle voete verslaan (dit beteken as ons DOEN wat GOED is/ dit wat reg is volgens God se gebooie en riglyne in Sy Woord en VERMY wat SLEG is/ dit wat teen God se gebooie en riglyne is, sal Hy die Satan in ons lewens verslaan – die Satan/ die slang sal NIKS aan ons kan doen nie, hy sal soos stof onder ons voete wees soos daar in Genesis 3:14 staan, hy is vervloek tot ‘n stofkruiper en die SAAD van God sal met die KRAG en outorriteit van Yeshua ons Messias wat die slang reeds oorwin het aan die kruis, sy kop in die stof vermorsel, m.a.w ons sal hom oorwin met die gesag en outoriteit van Yeshua ons Messias as ons in gehoorsaamheid aan God die Vader se Woord leef).
En in 2 Korinthiërs 11:2-4 sê Paulus aan die gelowiges in Korinthe: “Want ek is jaloers oor julle met ‘n goddleike jaloesheid (m.a.w soos die jaloesie van God wat GETROUHEID aan Hom en Sy verbond met ons eis in ons aanbiding van Hom as die enigste ware God, Gebod 1 Eksodus 20:3), want ek het julle aan EEN MAN verbind, om julle as ‘n REINE MAAGD aan die Messias voor te stel (so hier gebruik Paulus Openbaring 14:1-5 taal van die 144,000 met die Naam van die Lam/ Yeshua en Sy Vader op hulle voorkoppe wat hulself nie met vroue besoedel het nie, want hulle was maagdelik rein, wat beteken hulle het nie die slang en afgode aanbid nie maar gekies om GETROU aan die Lam en God die Vader se verbond te bly, hulle was WEDERGEBORE as SAAD van God, Sy kinders, en hulle volg die LAM oral waarheen Hy ookal gaan, hulle was die EERSTELINGE wat GEKOOP is vir God die Vader en die Lam. Dit dui op die EERSTE FEES SEISOEN van YHVH, Pasga, die Fees van Ongesuurde Brode en Eerste Vrugte, en in hulle mond is daar GEEN BEDROG (geen saad van die slang en dus geen leuens en misleiding) gevind nie.
En dan sê Paulus verder in 2 Korinthiërs 11:3-4 “Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid (sluheid) BEDRIEG het (mislei deur leuens), julle sinne (vermoë om waar te neem met vyf sintuie, gedagtes en gevoelens) so miskien bedorwe (deur bederf/ verotting/ slegtheid onbruikbaar) kan raak, vervreemd van die opregtheid (eerlikheid, ongeveinstheid) teenoor die Messias. Want as iemand ‘n ANDER YESHUA verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ‘n ANDER gees ontvang as (die Heilige Gees) wat julle ontvang het, of ‘n ANDER EVANGELIE (ander Goeie Nuus) as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval (julle aanvaar dit sommer net).” So hier waarsku Paulus die gemeente dat net soos wat die slang vir Adam en Eva bedrieg het en hulle oortuig het om ONGEHOORSAAM te wees aan wat God aan hulle gesê het, BEDRIEG die slang steeds vandag mense en OORTUIG hulle om ONGEHOORSAAM aan God te wees en te glo dat daar ‘n ander pad van REDDING is as slegs deur Hom asook da tons nie aan YHVH se GEBOOIE gehoorsaam hoef te wees nie.
En in Hebreërs 2:13-15 verduidelik die skrywer (waarskynlik ook Paulus) dat Yeshua die Messias gesê het: “Hier is EK en die kinders (die SAAD) wat God My gegee het (lees die profesie in Jesaja 8:18 en Yeshua se gebed in Johannes 17:2). Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is (met ander woorde mense van vleis en bloed), het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword (het Hy ook ‘n mens geword/ die gestalte/ vorm van ‘n mens aangeneem) sodat Hy deur die DOOD hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het – dit is die duiwel (m.a.w die slang van Genesis 3 en die draak van Openbaring 12) – en ALMAL (alle mense, ook vir jou en my) kon BEVRY wat hulle hele lewe lank uit VREES vir die dood aan SLAWERNY onderworpe was.”
Die Bybel in Praktyk verduidelik: Yeshua ons Messias was vir ‘n klein rukkie op aarde minder gemaak as die engele deur ‘n mens te word en deur die genade van God die Vader vir ALLE mense te ly en te sterf in hulle plek om die prys van die sondeval te betaal. En op die wyse het Hy baie mense as kinders van God tot heerlikheid gelei (om werdegebore te word as die SAAD/ die kinders van God die Vader). As kinders van God kan ons nou reeds in ons Messias se eer deel in beginsel en eendag volledig. As jy BANG IS VIR DIE DOOD (dit is die eerste liggamlike dood wat alle mense sterf) sal jy aan hierdie aardse lewe vasklou en selfs bereid wees om sonde te doen as dit jou kan help om die DOOD te vermy. Dit maak ons as te ware slawe van die duiwel wat probeer om ten alle koste ons en ons gleiefdes se lewens op aarde te verleng. Ons Messias het die duiwel se houvas op die dood oorwin. Ons almal sal steeds die eerste dood sterf maar die wat Hom volg sal saam met Hom in die PARADYS wag vir die ewigheid en nie in die DODERYK nie, ware gelowiges kan ook verseker weet dat hulle nie die TWEEDE DOOD waarvan ons lees in Openbaring 20:6 sal sterf nie. En eendag sal die Satan/ die slang, al sy makkers en ook die dood en die doderyk finaal deur Yeshua ons Messias verslaan word en in die Poel van Vuur gewerp word (Lees Openbaring 19:20 en 20:10-14 asook 1 Korinthiërs 15).
Slang aanbidding kom reeds voor van die vroegste tye af. Die slang het mag oor die wêreldsisteem soos ons in verskeie gedeeltes lees soos 2 Korithiërs 4:4, Efesiërs 2:2 en 1 Johannes 5:19 en dus aanbid sy volgelinge hom met sy draak, slang en duiwel/ okkultiese simbole.
Ons sien dit duidleik in die voorbeeld van EGIPTE in die Woord as ‘n beskrywing van die wêreldsisteem en aanbidding van die slang. Selfs hulle hoofbedekkings het slange op gehad wat ‘n simbool is daarvan dat die slang in beheer van hulle GEDAGTES en dus hulle lewens was wat dan ook daartoe sou lei dat hulle sy vrugte, die vrugte van die vlees waarvan ons lees in Galasiërs 5:19-21 sou dra.
Jesaja 30 handel oor ‘n profesie teen ISRAEL se bondgenoorskap met Egipte om die beskerming van Faroa te gaan soek en ons lees in vers 6 ‘n: “Godspraak (‘n openbaring van God by wyse van ‘n profesie) oor die diere van die SUIDLAND (dit is woestyngebied suid van Juda). In ‘n land van BENOUDHEID en ANGS, waarin leeuin en leeu uitkom, adder (giftige slange) en vlieënde draak, vervoer hulle op die rugge van esels hulle rykdomme en op die bulte van kamele hul skatte, na ‘n volk wat geen voordeel het nie.”
Ragab die draak/ seemonster is volgens die Nelson’s Foundational Bible Dictionary ‘n simboliese wese wat bose magte voorstel en dit word spesifiek in verband gebring met Egipte (lees Jesaja 30:7 en Jeremia 46:22-23). Maar in Psalm 89:11 en Job 26:12 word vertel dat YHVH Ragab reeds OORWIN het. Juda vertou dus op die magtige Egipte maar hulle is reeds so goed as dood en kan dus geen voordele vir Juda bied nie.
En tog lees ons in Jesaja 19:21-22 dat YHVH ons God Hom ook aan die EGIPTENAARS (dalk kan on sê die wêreldlinge, die wat die slang dien) sal bekend maak en hulle sal YHVH ken en Hom dien en Hy sal hulle slaan (straf) en GENEES (herstel, gesond maak, bevry); en hulle sal hulle tot YHVH bekeer; en Hy sal hulle verhoor (hulle antwoord) en hulle GENEES. DIT IS DEEL VAN DIE GOEIE NUUS VAN REDDING want ons sien hier YHVH se genade teenoor ALLE mense as hulle hulle bekeer. Dit beteken alle mense wat slang saad was (m.a.w as kinders van die slang in ongehoorsaamheid aan God die Vader gelewe het), kan God se kinders word/ Sy SAAD word as ons KIES om wedergebore te word deur ons GELOOF in YESHUA ons MESSIAS en Hom in GEHOORSAAMHEID te volg met Sy HEILIGE GEES in ons! En dan sal Hy ons GENEES (herstel, gesond maak, bevry).
Wat ons dus moet onthou is dat die ISRAELIETE, God se volk 430 jaar in Egipte gebly het (Eksodus 12:40-41) en blootgestel is aan Egipte se slang aanbidding. YHVH moes dus in die Woestyn die “slang mentaliteit” (die vlees/ die ou sondige natuur) uit hulle uit haal. Ons sien juis in Numeri 21 dat hulle slang/ vlees/ ou sondige natuur gedrag toon wanneer hulle in OPSTAND teen Moses en God kom en KLA oor hulle omstandighede en VERWYTE rondslinger en dan gee God hulle as te ware oor aan die slange! En word baie van hulle doodgepik.
En God gebruik dan hier ‘n koper slang op ‘n paal vir presies dieselfde rede waarom Moses en Aaron se stawwe in Egipte tydens hulle gesprek met die Faroa om hulle mense te laat gaan in slange verander het en die Egiptiese towenaars wat dit ook kon doen, se slange opgeëet het (lees Eksodus 4:37 en 7:9-15). God wys dus SY ALMAG op hierdie wyse. Die koper slang op die paal is dus ‘n teken dat YHVH die slang se mag om dood te pik totaal VERSLAAN deur YHVH ons God se vermoë om LEWE te gee! En net Hy kan LEWE GEE asook die EWIGE LEWE.
Hulle moet Hom leer ken as DIE EEN wat hulle van die slang se houvas op die die mens en die ewige dood bevry en in al hulle behoeftes voorsien.
In Deuternomium 8 word die volk ernstig gewaarsku om tot GERHOORSAAMHEID, om al God se GEBOOIE sorgvuldig te hou en daar word spesifiek in vers 14-15 aan hulle gesê om NIE TE VERGEET dat Hy hulle uit Egipteland, uit die SLAWEHUIS uitgelei het nie, wat hulle deur die GROOT en VREESLIKE woestyn gelei het, deur GIFTIGE SLANGE en SKERPIOENE en ‘n dorsland sonder water;…”
2.YHVH gebruik die slang as TOETSINSTRUMENT en STRAFMAATREËL vir ONGEHOORSAAMHEID
Die slang het dus geen mag van sy eie oor die mens nie, slegs dit wat die mens VRYWILLIGLIK aan hom gee. Wanneer ons dus self KIES om ONGEHOORSAAM aan God te wees, het die vyand (die slang) wettige reg om ons te beseer of siek of selfs dood te maak.
God is egter steeds die LAASTE gesag oor hom want net soos ons en die res van die skepping behoort ALLES aan Hom (lees Genesis 1 en Kolosense 1:15-17).
Ons lees dus in Eksodus 15:26 verduidelik Moses aan die volk: “As jy GETROU (standvastig, toegewyd) na die STEM van YHVH jou God LUISTER en DOEN wat REG IS IN SY OË, en LUISTER na SY GEBOOIE en AL SY INSETTINGE (verordeninge, voorskrifte, wetlike bepalings, bevele) HOU, dan sal Ek GEENEEN van die SIEKTES op jou lê wat EK op Egipteland gelê het nie (lees Dueternomium 7:15 en 28:27 & 60); want EK IS YHVH wat jou GESOND maak.
In Deuternomium 32:39 verduidelik YHVH ons God dit reguit sodat daar GEEN misverstande daaroor sal wees nie: “Aanskou (sien dit, besef) nou dat dit EK is en dat daar GEEN god naas MY is nie; EK MAAK DOOD en MAAK LEWEND, EK het VERBRYSEL (vermorsel, stukkend gelsaan) en EK GENEES (herstel, maak gesond, bevry); en daar is niemand wat uit My HAND (kan) red nie. As gelowige kinders van Abba Vader wat Hom liefhet, het ons egter ook die VERSEKERING soos opgeteken in Romeine 8:28 dat Hy ALLES (ook die slegte dinge wat oor ons pad kom en selfs wanneer ons dalk verkeerde keuses maak) vir ons TEN GOEDE sal laat meewerk omdat Hy ons GEROEP het volgens SY doel vir ons lewens.
Boonop BEVESTIG 1 Korinthiërs 10:13 dat Hy nie sal toelaat dat ons bo ons kragte versoek word nie (m.a.w wanneer Hy toetse oor ons pad toelaat vir ‘n goeie rede, sal ons in staat wees om dit te verduur en te oorwin) en sal Hy ook vir ons saam met die versoeking (wat kom deur ons eie sondige begeertes volgens Jakobus 1:13-15) vir ons UITKOMS gee, sodat ons die versoeking kan VERDRA (kan KIES om dit uit te staan, teen te staan) sonder om daaraan toe te gee.
Ons sien in lyn hiermee YHVH waarsku die volk teen TOEKOMSTIGE AFVALLIGHEID (ontrouheid) in die LAASTE DAE (die einde van tyd).
In Deuternomium 32 kry Moses die opdrag om ‘n LIED hieroor te skryf en in vers 23-24 lees ons: “Ek sal onheile (rampe en groot ongeluk) op hulle ophoop; My pyle sal Ek op hulle wegskiet. As hulle uitgeput is van honger en verteer deur koorsgloed en dodelike siekte, sal ek die tand van wilde diere teen hulle loslaat met die gif van stofkruipers (slange).”
In Jeremia 8 lees ons oor die AFVALLIGHEID (die ontrouheid) van die volk teen God en daarom stuur God giftige slange onder die volk maar hierdie keer is daar nie vergifnis vir hulle opstand teen Hom nie.
In Amos 5 lees ons van die DERDE STRAF REDE: Die klaaglied oor ISRAEL wat gaan oor die OORDEELSDAG en dan lees ons in vers 18-20 “Wee (pyn, smart, ramp wag vir) die wat na DIE DAG van YHVH verlang! Wat sal tog DIE DAG van YHVH vir julle wees? Dit sal DUISTERNIS wees en GEEN LIG nie. Soos wanneer iemand vlug vir ‘n leeu, maar ‘n beer loop hom raak; of hy kom in die huis en leun met sy hand teen die muur, en ‘n slang by hom! En dan verduidelik YHVH waarom dit so sal wees want: Hy haat hulle feeste en het geen welgevalle aan hulle feestye nie Let wel: dit is hulle feeste en feestye, nie SY FEESTE en FEESTYE soos voorgeskryf in Levitikus 23 nie! Ons lees oor die konings van Israel hoe veral die TIEN STAMME onder EFRAIM (die Noordryk) afgewyk het van YHVH hul God se riglyne en hulle eie feeste begin hou het onder hulle eerste koning Jerobeam en daarna het elke koning van die Noordryk sy voorbeeld gevolg. Lees 1 Konings 12:26 tot 14:20 en 2 Kronieke 11 tot 13:20.
Ons sien ook in Amos 5:25-26 dat die HUIS VAN ISRAEL vir 40 jaar slagoffers en spysoffers vir YHVH gebring het maar treselftertyd ook vir Sakkut hulle koning en Kewan (albei stergode), hulle beelde en hulle stergod wat hulle gemaak het saamgedra het. En daarom het God hulle in ballingskap (gevangeniskap) laat ingaan. Lees ook Joël 1:15, 2:1-2, 11, 31 en 3:14. En in Amos 5:24 lees ons wat God vra is: “…laat die reg (dit wat reg is in Sy oë) aanrol soos watergolwe, en geregtigheid (om in gehoosaamheid aan SY Woord te lewe) soos ‘n stanhoudende stroom.
3.Wanneer ons SIEK of GEWOND is deur die slang dra ons die VRUGTE van die VLEES (die ou sondige natuur) en het ons die GENEESHEER, YESHUA DIE MESSIAS NODIG
In Mattheus 9:9-13 met die ROEPING van Matheus die TOLLENAAR (‘n persoon wat belasting ingevorder het vir die Romeine) vra die Fariseërs vir Yeshua se dissipels waarom Hy saam met die TOLLENAARS en SONDAARS eet. En Yeshua hoor dit en Hy antwoord hulle in vers 12-13: “Die wat gesond is, het die GENEESHEER nie nodig nie, maar die wat ONGESTELD (siek) is. Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil BARMHARTIGHEID (meegevoel vir medemense) hê en nie OFFERHANDE nie”. Dit is ‘n aanhaling vanuit Hosea 6:6 waarin God aan Efraim en Juda sê: “Want Ek het ‘n behae in LIEFDE en nie offerhande nie, en in KENNIS VAN GOD meer as brandoffers.” En ons lees verder in Matheus 9:13: “…want Ek het nie gekom om REGVERDIGES (die wat reeds in gehoorsaamheid aan Abba Vader leef) te roep nie, maar SONDAARS tot BEKERING (om om te draai na Abba Vader).
Yeshua ons Messias gee ook duidelik aan ons in John 10:10 die verskil tussen dit waarvoor die Satan/ die slang en draak, hier genoem die DIEF, op die aarde is, naamlik net om te steel, en te slag (dood te maak) en te verwoes (te verniel, uit te wis). Maar Hy (Yeshua ons Messias, die GOEIE HERDER) het gekom dat ons LEWE in OORVLOED kan hê.
Ons sien ook in die profesie in Jesaja 61:1 en dit word BEVESTIGING in Lukas 4:17-19 deur Yeshua self dat Hy gekom het, en deur God die Vader gesalf is met Sy Heilige Gees om die Evangleie (die Goeie Nuus) te bring aan die armes, om mense wat verbryseld van hart is (wie se siele geboke is) te genees (te laat herstel, gesond te maak, te bevry), die gevangenis vry te laat, die wat blind is te laat sien en die wat gebroke is vry te maak. En daarna lees ons orals in die EVANGELIES van Mattheus, Markus, Lukas en Johannes hoe Hy mense GENEES (herstel, gesond maak, bevry) het en duiwels (slange/ bose geeste) uit mense gedryf het Dit word mooi verduidleik deur Petrus in Handelinge 10:38 dat Yeshua van Nasaret, deur God gesalf is met die HEILIGE GEES en met KRAG en “Hy het die land deurgegaan, GOED GEDOEN en ALMAL GENEES wat onder die mag van die duiwel (die slang) was, omdat God met Hom was.
En in 3 Johannes 1:2-3 lees ons dat ons GESOND is as dit met ons SIELE (ons verstand/ gedagtes, hart/ emosies en die keuses wat ons met ons vrye wil maak) GOED GAAN wat die geval is wanneer ons volgens die WAARHEID van God se Woord LEEF.
Hoe weet ons wanneer dit nie met ons SIEL goed gaan nie? Wanneer ons die VRUGTE van die VLEES (die ou sondige natuur) dra en die slang dus toegang het om ons te byt.
Ons word in die Woord oor hierdie vrugte van die vlees (die ou sondige natuur) gewaarsku wat die slang die reg gee om ons te treiter soos oor:
- Dronkenskap
In Spreuke 23:31-32 word DRONKENSKAP vergelyk met die byt van ‘n slang, ons lees hier: “Kyk nie na die wyn as dit rooiagtig lyk, as dit sy glans gee in die beker, glad na binne gly nie: op die end byt dit soos ‘n slang en spuug gif uit soos ‘n basilisk (‘n adder) en ons lees in vers 33-36 die verduideliking van hierdie slang wat byt en gif spoeg: die persoon sal vreemde dinge sien (goed wat nie bestaan nie of verwronge waarhede is) en verkeerde dinge dink en sê en in vuisgevegte betrokke raak en die volgende dag weer die wyn gaan soek – ‘n teken daarvan dat die persoon vasgevang is in die kettings van VERSLAWING.
- Leuens/ valsheid & misleiding
In Mattheus 23 berispe Yeshua die Skrifgeleerdes en die Fariseërs en in vers 1-3 lees ons dat dit wat God vir Moses gegee het op die berg Sinai, die Torah, Genesis tot Deuternomium opgesom in die Tien Gebooie nie die probleem is nie – dit is reg en goed en Yeshua beveel aan dat dit ONDERHOU en GEDOEN moet word, maar die werke (die voorbeeld) van die Fariseërs moet nie gevolg word nie want hulle PRAAT (net) en DOEN nie. Dit is dus duidelik dat hulle oor die TORAH GEPRAAT het en mense beveel het om dit te DOEN en selfs polisie gespeel het om seker te maak dat mense dit DOEN, maar hulle was self ONGEHOORSAAM daaraan. En dan lees ons ‘n hele lys van dinge wat hulle voorgeskryf het vir die mense. En daarom noem Yeshua die Fariseërs GEVEINSDES (skynheilig, vals), BLINDE LEIERS wat mense kinders van die hel (SAAD van die duiwel/ die slang) maak, twee maal erger as hulleself want hulle was van buite skoon maar van binne (in hulle SIELE, die verstand/ gedagtes, hart/ emosies en vry wil waarmee keuses gemaak word) vol ROOF en ONMATIGHEID (kragteloosheid, sonder die krag van die Helige Gees), vol allerhande ONREINHEID (vuilheid) en ONGEREGTIGHEID (wetteloosheid) en hulle het die profete wat die WAARHEID van die WOORD gebring het vermoor (Lees vers 15-32). En om hierdie redes noem Yeshua die Fariseërs in vers 33 slange, die addergeslag (dus die nageslag/ die SAAD van die slang want ons kan mos duidelik hoor hulle het die VRUGTE van die VLEES, die ou sondige natuur gedra en nie van God se Heilige Gees nie) en daarom vra Yeshua hulle hoe hulle die oordeel van die hel (die Poel van Vuur tydens die laaste oordeel – Openbaring 20:11-15) sal ontvlug?
Johannes het ook die Sadduseërs en die Fariseërs die addergeslag (die SAAD van die slang) genoem en dieselfde vraag aan hulle gevra en aan hulle duidleik gesê: DRA DIE VRUGTE WAT BY BEKERING PAS. Lees Mattheus 3:7-8. Lees ook wat Yeshua aan hulle gesê het in Mattheus 12:33-37 oor BOME en VRUGTE en hulle weer aanspreek as die addergeslag (die SAAD van Satan/ die slang) en hulle SLEG genoem het en aangedui het dat dit wat in die HART van ‘n mens is (dus in die SIEL, die gedagtes en emosies) by die persoon se mond in woorde uitkom en DAAROM sal mense vir ELKE ydele woord rekenskap moet gee op die OORDEELSDAG (waarvan ons lees in Openbaring 20:11-15). Lees ook weereens Johannes 8:44 waarin Yeshua sommer reguit aan hulle sê dat die duiwel hulle vader is omdat hulle sy begeertes (vleeslike dinge wat die ou sondige natuur begeer) wil doen.
- Kwaad doen, geweld pleeg en kwaadspreek
In Psalm 140:3-4 sien ons nog ‘n vrug van die vlees (die ou sondige natuur) – die mense wat KWAAD DOEN en GEWELD pleeg, wat slegte dinge in hulle HARTE BEDINK (weereens ‘n verwysing na die SIEL waar die GEDAGTES, EMOSIES en VRYE WIL gesetel is). En wat ELKE DAG STRYD (gevegte, oorrlog, sielestryd/ ‘n stryd in die gemoed) verwek. “Hulle maak hulle tong skerp soos ‘n slang; gif van ‘n adder is onder hulle lippe.”
- Goddelose mense (mense sonder geloof in God)
In Psalm 58:1-6 praat David oor die goddelose mense wat ongeregtigheid (dus wetteloosheid) bedryf in hulle harte (weereens die rol wat die SIEL speel, die gedagtes en emosies van die mens en die keuses wat hy maak) en ons lees hulle is afvallig (ontrou) van geboorte af, leuensprekers wat dwaal van die moederskoot af en ons lees sin vers 5: “Hulle gif is soos die gif van ‘n slang soos ‘n dowe adder wat sy oor toestop, wat nie luister na die besweerders nie…” (m.a.w hulle is nie oop en vatbaar vir die WAARHEID van God nie). En ons lees in vers 12 hulle sal geoordeel word vir hulle dade (Openbaring 20:11-15, 21:8 en 22:12-15).
4.GENESING kom deur die WONDE van YESHUA ons MESSIAS wat GEKRUISIG is en GESTERF het namens ons
Die GOEIE NUUS is daar is GENESING van die VLEES/ DIE SONDIGE NATUUR (die slang se saad) vir ELKE MENS wat dit KIES!
Ons lees in Jesaja 53:4-6 dat daar deur die Messias wat vir ons sondes die straf gedra, VREDE gebring is en deur SY WONDE het daar vir ons GENESING gekom. Hierdie genesing is nie net vir die LIGGAAM nie, maar ook vir die SIEL, die vrykom en genesing van die vlees (die slaweny aan die slang wat die ewige dood meebring).
En dan bevestig Petrus in 1 Petrus 2:24 dat Yeshua ons Messias “…self ons sondes in Sy liggaam aan die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid (gehoorsaam aan God) kan lewe; deur WIE se WONDE julle GENEES (herstel, gesond gemaak, bevry) is.”
Ons lees ook ‘n profesie in Jeremia 30 van die LIGGAAMLIKE en GEESTELIKE VERLOSSING uit Babel (nog ‘n prentjie van die wêreldsisteem wat die slang aanbid) en ons lees in vers 17 “Want Ek (YHVH) sal GENESING vir jou tot stand laat kom en jou van jou WONDE GESOND maak”. Dit is dus duidelik dat wanneer ons SIEL (jou gedagtes en emosies uit die greep van die slang bevry word en jy) gesond word, jou liggaam ook gesond word (Lees ook Maleagi 4:2-3).
David het dit ook baie goed verstaan, hy sê in Psalm 103:1-5: “Loof YHVH, o my SIEL (my verstand/ gedagtes en hart/ my emosies en vrye wil), en alles wat binne-in my is, SY HEILIGE NAAM! Loof YHVH, o my siel, en vergeet geeneen van SY weldade nie! Wat AL jou ongeregtighede (jou sonde, jou wetteloosheid) VERGEWE, wat al jou krankhede (siekte, ongesteldhede) GENEES, wat jou lewe VERLOS van die verderf (ongeluk, ondergang, verdoemenis), wat jou kroon met goedertierenheid (genade, barmhartigheid en lankmoedigheid/geduld) en barmharighede (meegevoel), wat jou SIEL (verstand/gedagtes en hart/emosies) versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van ‘n arend.”
In Psalm 107:20 lees ons dat GENESING en REDDING plaasvind deur die WOORD wat YHVH uitstuur.
In lyn hiermee lees ons in Spreuke 4:20-22 “My seun luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde, laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart (jou gedagtes en emosies, jou SIEL). Want hulle is DIE LEWE vir die wat HULLE VIND, en ‘n GENESING vir hulle HELE LIGGAAM.”
Ons weet ook Hy het ons nie net kom GENEES (herstel, gesond gemaak, bevry) nie, maar ook die EWIGE DOOD (genoem die TWEEDE DOOD) kom oorwin (lees Openbaring 20:6). ALMAL van ons sal die EERSTE DOOD (die liggaamlike dood sterf) maar net dié wat Hom nie KIES nie sal in die afwagsaal van die DODERYK wag en tydens die FINALE OORDEEL die TWEEDE DOOD STERF wat te make het met die POEL van SWAEL en VUUR (Lees Openbaring 20:11-15).
5.OORWINNIG oor die vlees (die ou sondige natuur) en dus die slang met die OUTORITEIT van YESHUA die MESSIAS
Ons moet die VLEES (ons ou sondige natuur) KRUISIG (lees Yeshua ons Messias se woorde in Mattheus 16:24-28) en WEER GEBORE WORD
Volgens die Woord soos in 1 Korinthiërs 6:8-11 en 2 Korinthiërs 5:17 was ons almal eens navolgers van die vlees (die ou sondige natuur) en dus saad van die slang, sy kinders, besig met die slang se dinge – die vader van leuens totdat ons KIES om WEDERGEBORE te word as kinders van God die Vader! In Yeshua die Messias word ons ou self NUUT en leef ons nie meer volgens die dinge van die vlees (die ou sondige natuur) nie, maar volgens die leiding van die Heilige Gees in ooreenstemming met die Woord van God. Amper soos ‘n slang wat sy ou vel verloor – in ons geval is dit egter meer soos die ou slang SAAD wat in ons STERF en ons kry ‘n SPLINTERNUWE IDENTITIET in Yeshua die Messias. En ons word geroep om dienooreenkomstig VRUG te dra, die VRUG van die HEILIGE GEES (Galasiërs 5:22-23) – om ons nuwe lewens te reflekteer in ons daaglikse aksies.
En dan word ons GEROEP om saam met ons Messias te werk, net soos aan ons getoon word met Sy twaalf dissipels in Mattheus 10:1 & 8 om met die mag en outoriteit wat Hy aan ons gee onrein geeste (dit is bose geeste wat ons vleeslike dinge/ sonde wil laat doen, dinge wat teen God se wil is), uit te dryf en om ELKE SIEKTE en KWAAL te GENEES. Ons lees ook in Lukas 10:19 stuur Yeshua 70 dissipels uit en sê Hy aan hulle “Kyk, Ek gee aan julle die MAG om op slange en skerpioene te trap, en oor AL die KRAG van die vyand; en NIKS sal julle ooit skade doen nie. Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele in die BOEK van die LEWE opeskrywe is (lees ook Openbaring 20:11-15).
In Markus 16:16-18 verseker die opgestane Yeshua ons Messias Sy dissipels voor Sy hemelvaart: “En vir die wat glo, sal hierdie tekens volg: in My Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.” Ons sien as voorbeeld hiervan in Handelinge 28:3-5 hoe ‘n giftige slang uit die droeë hout kom wat Paulus op die vuur sit en vir Paulus pik, maar hy het dit afgeskud in die vuur en niks oorkom nie.
6.YHVH ons God BESKERM ons teen die slange
Beskerming teen slange – beskerming teen bose magte – die geloof in God wat mag oor slange het help ons om met vertroue te leef in die wete dat ons veilig is onder Sy beskerming.
Psalm 91:13 hierdie verse verseker ons as volgelinge van God van Sy beskerming. Maar daar is voorwaardes: AS ons in Sy skuilplek sit, sal ons in YS skaduwee vernag, AS ons Hom beskou as ons toevlug en bergvesting en op Hom vertrou sal Hy ons red uit die net van die voë lvanger en van die pes ensomeer. Ons kan dus bose magte oorwin onder SY beskemring en met Sy outoriteit. Hy sal oor ons waak en aan ons oorwinning gee oor dit wat ons probeer vernietig, as ons Hom liefhet en Hom vertrou en naby aan Hom bly deur GEHOORSAAMHEID aan Hom.
Markus 16:18 Yeshua verseker ons dat ons as gelowiges outoriteit het oor skadelike dinge deur ons geloof in Hom. God bemagtig ons om gevaar met dapperheid te konfronteer terwyl ons onder Sy Goddelike beskerming is. Ons vertroue en geloof in Hom, hou ons veilig.
Jesaja 11:8 Daar sal ‘n tyd kom wat slange nie meer gevaar vir ons sal inhou nie – in die VREDESRYK
Lukas 10:19 Deur Yeshua die Messias het ons die KRAG en outoriteit om teen boosheid te staan sonder vrees.
Psalm 140:3 is ‘n waarskuwing teen boosheid en misleiding wat slangagtige gedrag weerspieël. Deur dit te weet help ons in ons daalgikse lewens om wakker te wees in ons interaksies en dit te onderskei.
1 Johannes 5:18 verseker ons dat: Elkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie; maar homself bewaar (jou gedagtes en emosies beskerm teen sonde/ wetteloosheid); die Bose het GEEN vat (plek/ houvas) op hom nie. Dit herinner mens ook aan Yeshua ons Messias se woorde voor Sy kruisiging in Johannes 14:30-31 dat die regeerder van die wêreld (die Satan/ die slang) geen houvas op Hom het nie omdat Hy Sy Vader liefhet en nougeset Sy Vader se wil doen – ons weet daar was GEEN WETTELOOSHEID en dus geen sonde in Hom nie en daarom het die slang geen reg gehad om Hom te teister nie en weet ons Hy het Sy lewe VRYWILLIG vir ons afgelê (lees Johnnes 10:18). Dus het Hy self GEKIES om gehoorsaam te wees aan Sy Vader en self GEKIES om vir ons te sterf, net soos wat jy en ek toegelaat word om self te KIES of ons YHVH ons God wil aanbid en volg (Hom gehoorsaam) tot die dood toe.
Ons besef dan Yeshua ons Messias het die slang se houvas oor ons verslaan met Sy KRUISIGING maar wat het die SIMBOOL van die KRUIS hiermee te doen?
Ons sien in 2 Konings 18:4 die kinders van Israel het die PAAL met die SLANG, ‘n simbool van die komende kruis waarop Yeshua die Messias GEKRUISIG sou word en die slang sou OORWIN (waarvan ons lees in Johannes 3:14), AANBID. Net soos die aanbidding van die GOUE KALF gebruik is as SIMBOOL om God te aanbid, AFSKUWELIK was in die oë van YHVH, is die gebruik van die KRUIS as simbool waardeer Hy aanbid word ook verkeerd.
Hy se duidleik vir ons in SY TWEEDE GEBOD in Eksodus 20:4-6 “Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle dien nie; want Ek, YHVH, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en vierde geslag van die wat my haat, en EK bewys barmhartigheid aan DUISENDE van die wat my liefhet en MY GEBOOIE ONDERHOU.” Daarom kan ons tot die gevolgtrekking kom dat Hy nie ingeboks wil word deur GEGOTE SIMBOLE nie.
DIE SIMBOOL van die KRUIS is egter ONWEERLEGBAAR vasgevang in die TABERNAKEL en later die TEMPEL toerusting uitleg asook in die mens se LIGGAAM, SIEL en GEES as WARE TABERNAKEL/ TEMPEL van GOD. Inderdaat die TAV/ DIE EINDE in Hebreeus (uitgebeeld as ‘n prentjie van ‘n kruis), die VERBONDSTEKEN van YHVH met die mens. Ons moet dus die duidelike onderskeid maak, net soos in die geval van die die OS, wat die prentjie van die ALEF/ BEGIN is en God se KRAG uitbeeld, is die KRUIS die TAV/ die EINDE wat die VRBONDSTEKEN van God met die mens is, maar net soos God die Israeliete in die woestyn gestraf het wat Hom probeer aanbid het deur die GOUE KALF saam met Egiptiese afgods rituele wil God ook nie aanbid word deur GEGOTE KRUISE en afgods rituele nie. Die KRUIS is dus nie VEKEERD nie, maar ons moet versigtig wees met die gebruik daarvan.
Alhoewel die Israeliete aanvanklik besef het dat dit GOD is wat hulle GENEES (herstel, gesond gemaak, bevry) het, is die TASBARE BEELD van die koper slang met verloop van tyd misverstaan en is dit aanbid asof dit ‘n voorwerp was wat magiese (bonatuurlike) krag het. En was dit inderdaat die oortreding van YHVH se TWEEDE GEBOD. Die volk het dus in die tyd van koning Hiskia, eeue na Moses, vir die koper slang wat steeds behoue gebly het reukwerk / offer rook laat opgaan wat beteken dat hulle outoriteit en heiligheid daaraan toegskryf het wat slegs aan GOD behoort. Hiskia het dus die Nehústan, “die brons/ koper ding” soos hy dit genoem het, vernietig sodat die mense van hierdie vals aanbidding kon terugdraai na die WARE AANBIDDING van YHVH hulle God.
Die koper slang bied dus aan ons ‘n waardevolle les. Dit is GEVAARLIK maklik om ons fokus te verskuif vanaf YHVH na ‘n voorwerp, praktyk of tradisie wat slegs bedoel was om rigting na YHVH aan te dui. Ons sien met die koper slang, wat eens gebruik is as ‘n VOORUITSKOUING na GENESING van die mensdom (herstel, gesond maak en bevryding) deur ons Messias se offer aan die kruis vir ons sondes later ‘n STUIKELBLOK geword het vir AANBIDDING van die ware en enigste God. Hiskia se VERNIETIGING van Nehústan (die koper slang) spreek ’n kern beginsel in die Woord aan dat VERERING, DANKSEGGING, AANBIDDING en LOFPRYSING die SKEPPER alleen toekom.
Let wel: YHVH het opdrag gegee aan Moses om die BEELD te maak van die SLANG op die PAAL vir die DOEL om aan hulle te toon dat Hy die MAG het oor DOOD en LEWE en NIE die slang nie en belsis nie dat die slang aanbid word nie. Dit was die mens wat besluit het om dit te aanbid. Die Woord sê duidelik aan ons SLEGS YHVH ons GOD is AANBIDDINGSWAARDIG want slegs Hy is die WARE GOD wat kragtig en magtig is, die Skepper van alle dinge en die EEN wat ons kan help, vir ons voorsien en ons beskerm. Afgode is nuttelose beelde wat ons of iemand anders met hulle eie hande gemaak het, dit is dus mens gemaakte artikels/ voorwerpe, waarby dit dwaasheid is om ons hulp te soek want hulle kan nie hoor, sien en het geen krag om ons te help nie. (Deuternomium 4:28, Psalm 115:4-8).
Hierin lê die GEVAAR van die KRUIS as SIMBOOL. Die KRUIS het nie magiese (bonatuurlike) krag nie. Dit herinner my aan ‘n gruwel foto wat ek gesien het van ‘n persoon wat vermoor is en die kruis wat in die persoon se mond gesteek is en daarin regop staan asof dit in grond geplant is. Ek dink nie ons mag ons oë op hierdie soort gruwels lê nie, maar ek glo Abba Vader het toegelaat dat ek dit sien, sodat ek die kruis as simbool in perspektief kan verstaan. Dit is nie my werk of plek of doel om ‘n opine uit te spreek oor die persoon in die foto nie, net God ken ons elkeen se volle storie. Maar hierdie skrikwekkende beeld het die vraag by my laat ontstaan of ons as gelowiges die fout kan maak om ons beskerming in die SIMBOOL of VOORWERP van ‘n hout of metaal KRUIS kan soek en teen misdadigers of die bose te probeer gebruik in plaas van om ons skuiling te soek in die VERHOUDING met GOD ons VADER en VERLOSSER en die KRAG en OUTORITEIT wat HY aan ONS GEE.
Daar staan nêrens in die Woord dat YHVH ons God aan ons outoriteit gee deur die gebruik van die KRUIS simbool nie. Dit is ‘n mens gemaakte idee, deel van ons geneigdheid om van VOORWERPE afgode te maak. Hy sê wel: HY GEE aan ons die outoriteit om in Sy Naam dinge te doen soos ons reeds bespreek het in die gedeeltes hierbo met verwysing na Mattheus 10:1 & 8 en Lukas 10:19. Reeds in die Ou Testament word dit duidelik gesê dat die Naam van YHVH ‘n sterk toring is Spreuke 18:10, en dit word bevestig in Johannes 14:13-14. En dan is die VEREISTE ook dat ons sal loop en leef op die SMAL WEG deur YESHUA die MESSIAS te volg na die VADER. DAN en slegs dan het ons Sy outriteit en kan ons aanspraak maak op Sy krag om ons teen die slange in die wêreld te beskerm.
Ons moet egter duidelik onderskei tussen voorwerpe wat as afgode gebruik word en voorwerpe wat as SIMBOLE van BETEKENIS dien. Dit gaan dus oor die DOEL waarvoor dit geskep is, die REDE waarvoor dit GEBRUIK word. Dit is dus nie verkeerd om ‘n beeld van iets te maak nie. God het immers ook opdrag gegee vir die maak van tempeltoerusting en ‘n tabernakel/ tempel self, maar dit is nie BEDOEL om AANBID te word nie, slegs HYSELF mag aanbid word! (Sy EERSTE GEBOD in Eksodus 20:3). Hy weet die mens het tasbare voorwepre, stories en gelykenisse nodig om konsepte beter te verstaan. Gebod 2 sê dus duidelik aan ons dat ons NIE beelde mag maak met die DOEL om dit te aanbid nie. As dit nie so was nie sou ons nie toegelaat wees om enige kuns te doen of in ons huise te hang nie. Dit gaan dus nie oor die maak van voorwerpe nie, maar dat ons VERBIED word om hierdie voorwerpe te AANBID en ons hulp by mensgemaakte dinge te soek wat ons regtig nie kan help nie.
Reg deur die wêreld word GELOWIGES (CHRISTENE genoem) en GEMEENTES (plekke van aanbidding) erken deur die KRUIS SIMBOOL. En daardeur weet almal hierdie mense is volgelinge van die Messias (Yeshua, ook genoem, Jesus Christus vertaal na Aafrikaans vanuit die Grieks) wat vir ons sondes gesterf het. En so is daar talle simbole in ons wêreld wat aandui WIE of WAT iets is, soos BESIGHEIDSLOGOS, VLAE van LANDE ensovoorts. En dit is reg en goed. Maar ons WARE IDENTITEIT kan nie in ‘n dooie KRUIS VOORWERP gevind word nie, net soos die WERKLKE IDENTITEIT van ‘n besigheid nie lê in sy logo nie, maar in die EIENAAR van daardie besigheid se MORELE WAARDES, SY STRATEGIE, DOEL en BESTUUR van die BESIGHEID, die kultuur wat hy skep, dieselfde geld vir ‘n LAND, die LANDSVLAG is slegs ‘n VOORWERP van herkenning, maar die PREIDENT van die land en sy kabinet met hulle DOEL en STRATEGIE en BESTUUR van die land asook die kultuur wat oor jare gevorm word bepaal die land se IDENTITEIT.
Die KRUIS SIMBOOL is net ‘n VOORWERP van herkenning, maar die VOLGELINGE van YESHUA die MESSIAS se ware IDENTITEIT word in Hom gevind as gehoorsame kinders van GOD die VADER met SY HEILIGE GEES wat in ons woon. Dus DUI ‘n KRUIS aan dat ons Hom volg, die EEN wat vir ons GESTERF het, maar WARE GELOWIGES word in werklikheid herken as TEMPEL van YHVH, wat GESKEP is deur Hom in die vorm van die LEWENDE KRUIS, SY VERBONDSTEKEN (ons mens vorm lyk soos ‘n kruis wanneer ons regop staan en ons arms in aanbidding na Hom toe uitstrek) wat die VRUGTE van SY GEES dra van SY KRAG, LIEFDE, BLYDSKAP, VREDE, GEDULD, VRIENDELIKHEID, GOEDHEID, GETROUHEID, SAGMOEDIGHEID/ NEDERIGHEID en SELFBEHEERSING (2 Timotheus 1:7 en Galasiers 5:22-23).
Daar is dus niks mee fout om ‘n kruis simbool in jou huis te hê of aan te bring op jou kar of om jou nek te dra nie, solank ons besef die SIMBOOOL SELF het GEEN KRAG nie, dit is net ‘n herinnering dat ons DIE WARE, MAGTIGE en KRAGTIGE GOD, YHVH dien en leef in GEHOORSAAMHEID aan HOM en die BEWYS daarvan is SY VRUGTE in ons LEWENS, dan sal Hy die SLANGE van ons af weghou, omdat ons SY TEMPELS is, die woonplek van SY Heilige Gees, wat ons met SY KRAG vul en ons in staat stel om SY VRUGTE te dra en sal ons die outoriteit van Yeshua ons Messias oor slange en skerpioene hê en sal niks van die vyand ons enige kwaad kan aandoen nie.
So kom ons som op wat ons in hierdie gedeelte geleer het oor die KRUIS?
- Ons moet versigtig wees om nie ons fokus te plaas op ‘n VOORWERP, soos die KRUIS nie. Die Nehústan (koper slang) dien as voorbeeld om aan ons te wys hoe maklik die mens se hart ‘n mensgemaakte voorwerp kan verhoog tot ‘n afgod. Ons fokus van aanbidding moet ‘n VERHOUDING wees met die EEN WARE GOD en SKEPPER.
- Die koper slang was nooit bedoel om aanbid te word nie. Dit was ‘n teken van die wonderwerkende krag en genade van die ewige Skepper. Geen VOORWERP, en dus ook nie die KRUIS nie kan ‘n WARE VERHOUDING met YHVH vervang nie.
- Ons moet WAAK teen afgodsaanbidding want godsdienstige voorwerpe, tradisies en praktyke kan Nehústans word – “dinge” wat die aandag aftrek van ons toegewyde gehoorsaamheid en vertroue in YHVH ons God.
- Beteken dit dat ons die SIMBOOL van die KRUIS moet verwerp – NEE BESLIS NIE – dit sou wees om soos die spreekword sê die baba saam met die badwater uit te gooi. Die koper slang op die paal het JUIS vooruit gewys na die FINALE VERSLANING en OORWINNING van Yeshua ons Messias oor die slang wat die mens mislei het en vasgeketting het in sonde wat gelei het tot die fisiese dood van die mens. Hierdie is die TAV, DIE LAASTE magtige aksie waardeer die krag van die slang oor die mens en die mag van die dood FINAAL verbreek is oor die mens en ons nou in staat stel om te KIES om hierdie offer te aanvaar en uit die mag van die sonde los te breek en nie die TWEEDE en EWIGE dood te sterf nie (Openbaring 20:6).
- So mag ons ‘n afbeelding van ‘n KRUIS in ons huise hê? Dit is vir ons elkeen om te besluit soos die Heilige Gees ons lei, maar ons mag BESLIS NIE die kruis gebruik as ‘n magiese (bonatuurlike) krag om ons huise teen boosheid te beskerm nie – dan is ons besig met afgodsaanbidding. Die KRUIS is ‘n SIMBOOL van ons geloof in Yeshua ons Messias maar sonder ‘n LEWENDE VERHOUDING met die GOD DIE VADER deur Yeshua ons Messias en met SY kragtige Helige Gees in ons waarin ons KRAG te vinde is, bly die kruis slegs ‘n mensgemaakte voorwerp.
En dit is die rede dat ‘n persoon wat in die okkulte is, ‘n kruis om sy of haar nek kan hang of op ‘n verhoog kan gebruik, as bespotting omdat hulle GEEN verhouding met Hom het en Hom en SY krag en mag dus nie KEN nie.
