Skip to content

DIE WAARHEID oor die KRUISIGING en die SIMBOOL van die KRUIS, Deel 16: Die 1ste 5 konings van Juda (die Suidryk)

18 Junie 2025

Ons gesels verder oor die TWYFEL wat onder gelowiges ontstaan het gedurende die laaste aantal jare oor die metode van KRUISIGING van YESHUA ons MESSIAS asook die SIMBOOL van die KRUIS.

Ons is besig om DIE PROFETE te ondersoek vir enige bewyse van die KRUISIGING en die SIMBOOL VAN DIE KRUIS. En het reeds gesels oor Yeshua die Messias se rol as PROFEET, PRIESTER en KONING en die vervulling daarvan in die Nuwe Testament. Maar omdat die onderwerp van KONINGSSKAP so belangrk is en daar BAIE verwarring hieroor in ons wêreld is, gesels ons nog daaroor. Ons het verlede week gesels oor Adam en Eva wat aanvanklik deur Abba Vader aangestel is as HEERSERS oor die aarde en oor die klein letter koning van die WÊRELD – die slang, ook genoem die draak, die Satan en die duiwel asook begin gesels oor die klein letter mens konings van die wêreld en spesifiek van die NOORDRYK van ISRAEL – die TIEN STAMME onder Efraim en hulle eerste koning JEROBEAM. En dit is hartseer om te besef dat daar GEEN goeie konings in die Noordryk was wat getrou was aan YHVH hulle God nie.

En vandag gesels ons oor die konings van die SUIDRYK (Judah en Benjamin vandag bekend as die Jode) vanaf 924 voor Yeshua die Messias:

1. Rehábeam, die seun van koning Salomo regeer 17 jaar. Sy ma was ‘n Ammonitiese vrou van die nageslag van Lot uit die gelslagsgemeenskap met sy jongste dogter (lees Genesis 19:36-38). Hy bou versterkte stede, versterk die ekonomie en betaal afkoopgeld aan Egipte. In die begin van sy koningskap is hy vroom (hy leef volgens die weë van YHVH), maar later verlaat hy die WET (die TORAH – Genesis tot Deuternomium, die Woord en GEBOOIE) van YHVH en die hele ISRAEL saam met hom en hy bou HOOGTES en KLIPPILARE (sonpilare/ obelisks gebruik vir Baäl aanbidding) en HEILIGE BOOMSTAMME (Asjera pale, ‘n godin in Baäl aanbiding) op elke hoë heuwel en onder elke groen boom. En daar was ook SKANDSEUNS (dit was manlike tempel prostitute) in die land (1 Konings 14:24 wat verbied is in Deuternomium 23:17); hulle het gehandel (opgetree) volgens al die GRUWELS van die NASIES wat YHVH voor die kinders van ISRAEL uit verdryf het. En in die 5de jaar van koning Rehábeam se regering het koning Sisak van Egipte teen Jerusalem opgetrek en saam met hom het gekom die LIBIËRS, SUKKIETE en KUSIETE (dit is almal Noag se seun Gam se nageslag volgens Genesis 10) en die SKATTE van die huis van YHVH (die Tempel) en van die huis van die koning weggeneem. (Lees 1 Konings 11:43 tot 14:31 en 2 Kronieke 9:31 tot 12:16).

Die PROFEET SEMAJA het na Rehábeam en die owerstes (leiers) van Juda gekom en vir hulle gesê: “So spreek YHVH; Julle het MY VERLAAT; daarom gee EK julle ook oor in die hand van Sisak (die koning van Egipte)”. En omdat Rehábeam hom veroortmoedig het (nederig was/ sy gesindheid verander het) het YHVH hom nie heeltemal vernietig nie. Maar Rehábeam het weer gedoen wat verkeerd was en nie sy HART gerig (ingestel) om vir YHVH te SOEK (te probeer vind) nie (2 Kronieke 12:5-13).

Ons sien hierdie woorde telkens wanneer die PORFETE die koning kom waarsku het, so kom ons kyk waar kom dit vandaan en wat dit beteken.

Ons lees in Deuternomium 4 waarsku Moses die ISRAELIETE (al twaalf stamme en al die vreemdelinge wat saam met hulle uit Egipte getrek het) ernstig om die GEBOOIE van YHVH hulle God te hou wanneer hulle in die LAND Kanaän intrek. En hy waarsku hulle van afvalligheid (ontrouheid) wat sal volg wanneer hulle die afgode van die nasies aanbid wat daartoe sal ly dat YHVH hulle onder die volke sal VERSTROOI en net ‘n KLEIN KLOMPIE (klein groepie) van hulle sal onder die nasies OORBLY en hulle sal afgode wat met menshande gemaak is en nie kan sien, hoor, ruik of eet nie dien. En dan sal hulle YHVH hulle God SOEK en VIND as hulle Hom met hulle HELE HART en HELE SIEL (dit is met hulle denke, emosies en vrye wil) SOEK. En ons lees in vers 30-31 “As jy in die NOOD is en AL HIERDIE DINGE aan die EINDE VAN DAE oor jou kom, sal jy na YHVH jou God, TERUGKEER en na SY STEM LUISTER. Want YHVH jou God is ‘n BARMHARTIGE GOD (vol meegevoel); Hy sal jou nie verlaat en jou nie in die verderf (in die verdoemenis/ die hel) stort nie; en Hy sal die VERBOND van jou vaders wat Hy hulle besweer (onder eed bevestig) het, nie vergeet nie.

Ons lees daarna verskeie kere weer hieroor soos in Dawid se woorde aan sy seun Salomo voor sy dood in 1 Kronieke 28:9, Psalm 9:11, Spreuke 8:14-17, en ook in die DRINGENDE UITNODIGING in Jesaja 55 wat almal wat dors het roep om te kom drink van die lewende water (Yehsua se woorde wat later keer op keer uitgespreek word tot in die laaste hoofstuk van Openbaring 22:17 ook deur die Heilige Gees en die Bruid), en YHVH BETYDS te SOEK terwyl Hy nog naby is. Jeremia 29:11—14 en ook in die Nuwe Testament herhaal word deur Yehsua ons Messias self in Mattheus 6:33, 7:7-12 en Lukas 11:9-13 asook Paulus se woorde aan die Atheners in Handelinge 17:26-31, Herbreers 11:6 asook Jakobus 4:8.

2. Abia, Rehábeam se seun volg hom op en word koning vir 3 jaar. En hy het die SONDES van sy pa REHÁBEAM voortgesit. Rehabeam se HART was nie VOLKOME met YHVH sy God soos die HART van sy vader Dawid nie. Maar ter wille van DAVID het YHVH vir hom ‘n lamp (volgens Spreuke 20:27 is die gees van ‘n mens die LAMP van die YHVH) in JERUSALEM gegee deur sy seun (ABIA) na hom te verwek om JERUSALEM in stand te hou, omdat DAWID gedoen het wat REG was in die oë van YHVH , SONDER OM AF TE WYK van ALLES wat Hy hom beveel het, behalwe in die saak van Uria, die Hetiet (dit was Batseba se man wat David laat vermoor het om sy sonde met Batseba te probeer wegsteek).

En daar was OORLOG tussen Rahábeam en JEROBEAM (die koning van die Noordryk) al die dae van sy lewe asook tussen ABIA en JEROBEAM. En ons lees in 2 Kronieke 13 God help hom in ‘n veldslag teen JEROBEAM die koning van die Noordryk. Abia het bo-op die berg Semaraim (wat in die gebergte van EFRAIM was, m.a.w in die gebied van die Noordryk) gaan staan en vir hulle gesê: Luister na my, JEROBEAM en die HELE ISRAEL (dit is die Noordryk, die Tien Stamme onder Jerobeam). Behoort julle nie te weet dat YHVH, DIE GOD VAN ISRAEL (van Abraham, Isak en Jakob/Israel), die KONINGSKAP oor ISRAEL aan DAWID vir EWIG gegee het nie (lees 2 Samuel 7:12-16). Maar Jerobeam die dienskneg van Salomo het teen Abia, Salomo se kleinseun gerebeleer. En hy het verder vir Jerobeam gesê hy dink hy kan TEËSTAND bied teen die KONINGSKAP wat YHVH aan Juda gegee het omdat hulle ‘n menigte is en daar GOUE KALWERS by hulle is wat Jerobeam vir hulle afgode gemaak het. En hulle het ook die PRIESTERS van YHVH, die seuns van Äaron en die LEVIETE verdyf en vir hulle PRIESTRS gemaak soos die ander nasies.

En dan sê hy vir Jerobeam in 2 Kronieke 13:10-20 “Maar ons – YHVH is onse God, en ons het Hom nie verlaat nie; en as PRIESTERS dien die seuns van Äaron vir YHVH en die LEVIETE doen Sy dienswerk. En hulle steek BRANDOFFERS vir YHVH aan die brand, ELKE MÔRE en ELKE AAND, en REUKWERK van SPESERYE, en hulle sorg vir die TOONBRODE op die REIN TAFEL en vir die GOUE KANDELAAR met sy LAMPE (dis die MENORAH), om dit ELKE AAND op te steek; want ons ONDERHOU die ORDENINGE (die voorskrifte) van YHVH onse God, maar júlle het Hom verlaat. En kyk, by ons is God aan die HOOF en die PRIESTERS met die ALARMTROMPETTE (die shofars) om teen julle ALARM te blaas.

KINDERS VAN ISRAEL (Noordryk) voer tog nie OORLOG TEEN YHVH, die God van julle vaders nie. Maar JEROBEAM het die hinderlaag laat omtrek om hulle van agter by te kom, sodat hulle voor JUDA was en die hinderlaag agter hulle. En toe JUDA omdraai, was die GEVEG meteens VOOR en AGTER hulle; EN HULLE HET YHVH AANGEROEP, TERWYL DIE PRIETSERS DIE TROMPETTE BLAAS. En die manskappe van Juda (die Suidryk) het ‘n KRYGSGESKREEU (‘n oorlogskreet) aangehef en God het JEROBEAM en die HELE ISRAEL (die Noordryk) voor Abia en Juda VERSLAAN. En die die kinders van ISRAEL (die Noordryk) het gevlug vir JUDA, en God het hulle in Juda se hand gegee. En die KINDERS VAN ISRAEL (die Nooordryk) is in die tyd VERNEDER maar die KINDERS van JUDA (die Suidryk) het STERK geword omdat hulle op YHVH, die God van hulle vaders GESTEUN het (op Sy hulp vertrou en staatgemaak het). En ABIA het DRIE STEDE van die NOORDRYK ingeneem: BET-EL (wat op die grens was tussen Efraim en Benjamin se gebiede), JESANA (was ongeveer 16 km noord van Jerusalem geleë was) en EFRON (wat ongeveer 7.2 km nooroos van Bet-El was). En JEROBEAM kon nie standhou voor ABIA nie, en YHVH het hom SWAAR GETREF sodat hy GESTERF het. ABIA het egter AL STERKER GEWORD en hy het baie vrouens en seuns en dogters gehad (hy het dus seën en voorspoed geniet) en hy het gesterf en is begrawe in die Dawidstad. (Lees 1 Konings 14:31 tot 15:8 en 2 Kronieke 13:1 tot 14:1).

3. Asa, die seun van ABIA word koning vir 41 jaar lank. Die land het TIEN JAAR onder sy koningskap GERUS. En ASA het gedoen wat GOED en REG was in die oë van YHVH sy God: Hy het die die VREEMDE ALTARE (offer plekke vir afgode) en die HOOGTES (aanbiddingsplekke vir afgode) verwyder en die klippilare (obelisks gebruik vir sonaanbidding) stukkend gebreek en die HEILIGE BOOMSTAMME (Asjera pale) omgekap (ons sien in Eksodus 34:11-13 en Deuternomium 7:5 dit was die OPDRAG wat YHVH aan Israel gegee het om die Amoriete, Kanaänietiete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete se gode van die nageslag van Gam te vernietig). En hy het aan JUDA gesê om YHVH, die God van hulle vaders te SOEK en om die WET (die TORAH) en die GEBOD (die TIEN GEBOOIE) te DOEN. Ook het hy uit AL DIE STEDE VAN JUDA die HOOGTES (aanbiddingsplekke van afgode) en SONPILARE (obelisks) VERWYDER, en die KONINGKRYK het GERUS onder hom. Hy het VERSTERKTE STEDE GEBOU en hulle was VOORSPOEDIG. En hy het ‘n LEËR (‘n weermag) opgebou van 300,000 manne uit JUDA en 280,000 uit BENJAMIN, almal DAPPER HELDE (dapper  manne vol moed). En toe trek Serag, die KUSIET (Noag se seun Gam se nageslag volgens Genesis 10:…………) teen hom op met ‘n weermag van 1 miljoen met 3000 strydwaens. En ASA het hom tegemoet getrek en hy het YHVH, sy God, AANGEROEP en gese: “YHVH, niemand kan HELP soos U tussen die magtige en die kragtelose nie; HELP ons, YHVH ons God, want op U steun ons, en in U NAAM het ons teen hierdie menigte gekom; YHVH, U is onse God; laat geen sterfling naas U magtig wees nie.” (2 Kronieke 14:11). En YHVH het die Kusiete voor ASA en JUDA VERSLAAN en die Kusiete het GEVLUG.

En die Gees van God het op ASARJA gekom en hy het aan Asa gese: “Luister na my Asa en die HELE JUDA en BENJAMIN! YHVH is MET julleas julle met HOM is, en as julle HOM SOEK, sal Hy Hom deur julle LAAT VIND; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat. En daar was baie dae da tISRAEL sonder die WARE GOD was en SONDER ‘n LERENDE PRIESTER en SONDER WET (die TORAH, Genesis tot Deuternomium). Maar as hulle in die NOOD hul tot YHVH, die GOD van ISRAEL, BEKEER het en HOM GESOEK het, het Hy Hom deur hulle LAAT VIND. En in die tye was daar geen VREDE vir wie uit- of ingaan nie, maar groot beroering (onrus, oproerigheid) oor al die inwoners van die lande; en NASIE het teen NASIE en STAD teen STAD GEBOTS, omdat God hulle deur allerhandeNOOD in VERWARRING gebring het.WEES julle dan STERK, en laat julle hande nie slap hang nie, want daar is loon volgens julle werk (die NLV se: wees sterk en moenie moedeloos word nie, want julle werk sal beloon word). ” (2 Kronieke 15:2-7).

En toe ASA hierdie woorde hoor het hy MOED GESKEP en die VERFOEISELS (afskuwelike dinge) VERWYDER uit die HELE JUDA en BENJAMIN (die Suidryk) en uit die STEDE wat op die GEBERGTE van EFRAIM ingeneem is (BET-EL, JESANA en EFRON) en hy het die ALTAAR van YHVH wat voor die VOORPORTAAL van YHVH was (dit is die BRANDOFFER ALTAAR, lees ook 2 Kronieke 8:12), het hy HERSTEL. En hy het VERGADER met die HELE JUDA en BENJAMIN (die hele SUIDRYK) e nook die VREEMDELINGE wat uit EFRAIM en MANASSE en uit SIMEN by hulle was; want uit ISRAEL (die NOORDRYK) het hulle in MENIGTE nah om OORGELOOP toe hulle sien dat YHVH st God met hom was (2 Kronieke 15:9).

En hulle het in JERUSALEM bymekaargekom in die 3de maand van die 15de regeringsjaar van koning ASA en op DIESELFE DAG vir YHVH offers gebring en hulle het ‘n VERBOND met YHVH, die God van hulle vaders gesluit om met hulle HELE HART en hulle HELE SIEL na HOM te SOEK. En YHVH het Hom deur hulle laat vind en aan hulle RUS rondom hulle verskaf. Asa het ook ‘n ASJERA wat sy ma gemaak het omgekap en stukkend gestamp en in die dal van Kidron laat verbrand. Die hoogtes (afgods aanbiddings plekke) is wel nie uit ISRAEL verwyder nie, maar ASA se HART was VOLKOME AL SY DAE. EN daar was GEEN oorlog nie tot in die 35ste jaar van sy regering nie.

ONGELUKKIG het Asa in sy 36ste regeringsjaar toe koning Baesa van ISRAEL (die Noordryk) teen hom optrek, met die koning van ARAM van Damaskus ‘n verbond gesluit (die nageslag van Noag se seun Sem, die broer van Arpagsad waaruit die Israliete voortgekom het. Hulle het gewoon noord oos van Palastina in die gebied van Sirië en noord Mesopotamië. Hulle en Israel het met tye in vrede geleef en met tye oorlog teen mekaar gevoer). En die SIENER HANANI (‘n persoon wat visioene van YHVH ontvang) het na koning Asa gegaan en aan hom gesê: “Omdat u op die koning van ARAM gesteun het en nie op YHVH u God gesteun het nie, daarom het die leer van die koning van Aram uit u hand vrygeraak (die NLV sê: het jy die kan verloor om die leer van Aram te verwoes). Was die Kusiete en die Libiërs nie ‘n GROOT LEËRMAG met buitengewoon baie strydwaens en perdruiters nie? En tog het HY (YHVH) hulle in u hand gegee; omdat u op YHVH gesteun het; want YHVH – se oë deurloop die HELE AARDE om diegene KRAGTIG te steun WIE SE HART ONVERDEELD op HOM GERIG IS; hierin het u dwaas gehandel (opgetree), want van nou af sal daar oorloë teen u wees.” (2 Kronieke 16:7-9). Maar die keer het ASA hom vererg (hy het aanstoot geneem en kwaad geword) vir die SIENER en hom in die gevangenis gesit want hy was WOEDEND en hy het ook in hierdie tyd sommige in die volk VERDRUK (ons sien dus die “pride” monster/ hoogmoed en selfvoldaanheid het by koning ASA begin kop uitsteek). En in die 39ste regeringsjaar het ASA gely aan ‘n ernstige siekte aan sy voete maar hy het NIE vir YHVH GERAADPLEEG nie, maar die GENEESHERE (ongelowige dokters,volgens die Afrikaanse Bybel in Praktyk moontlik mense wat by die okkulte betrokke was).  En hy is oorlede in sy 41ste regeringsjaar. En hy is begrawe in ‘n graf wat hulle vir hom in die STAD van DAWID gegrawe het. (1 Konings 15:8-24 en 2 Kronieke 14:1 tot 16:14).

4. Josafat, die seun van Asa het koning geword en hy het vir 24 jaar regeer. En hy het ‘n LEËRMAG in al die versterkte stede van JUDA opgestel en WAGPOSTE opgestel in die stede van EFRAIM (BET-EL, JESANA en EFRON) wat sy pa ASA ingeneem het. En YHVH was met Josafat, want hy het in die vroeë weë van sy vader DAWID gewandel (geleef) en die BAÄLS nie gesoek nie, maar DIE GOD van sy vaders GESOEK en IN SY GEBOOIE gewandel (geleef) en nie gedoen soos ISRAEL (die Noordryk) nie. Daarom het YHVH die KONINGSKAP in sy hand bevestig; en die HELE JUDA (die SUIDRYK) het aan JOSAFAT GESKENKE gegee, sodat hy RYKDOM en EER in OORVLOED gehad het. En sy HART het moedig (dapper en vreesloos) geword in die weë van YHVH en hy het die hoogtes (afgods aanbiddingsplekke) en die HEILIGE BOOMSTAMME (Asjera pale) uit JUDA VERWYDER. En in sy 3de REGERINGSJAAR het hy sy OWERSTES (die leiers) gestuur om in die stede van JUDA ONDERRIG te gee; en saam met hulle die LEVIETE en saam met hulle die PRIESTERS en hulle het ONDERRIG GEGEE met die WETBOEK (die TORAH, Genesis tot Deuternomium, opgesom in die Tien Gebooie) van YHVH by hulle, en in AL DIE STEDE van JUDA rondgegaan en onder die VOLKE ONDERRIG gegee. En ‘n SKRIK (‘n vrees, groot eerbied en ontsag) vir YHVH het gekom oor AL DIE KONINGKRYKE van die LANDE wat RONDOM JUDA was, sodat hulle nie teen Josafat oorlog gevoer het nie. Die FILISTYNE (die nageslag van Noag se seun Gam volgens Genesis 10:14) het vir hom GESKENKE gebring en selfs die ARABIERE (die nagelsag van Abraham se seun Ismael by Hagar) het vir hom kleinvee gebring. So het Josafat dan BUITENGEWOON groot geword en in Juda forte en voorraad stede gebou en hy het ‘n dapper weermag gehad in JERUSALEM.

Maar dan lees ons ongelukkig dat toe Josafat RYKDOM en EER in OORVLOED gehad het, het hy gereël dat sy seun trou met ‘n familie lid van die slegte koning AGAB van Israel (die Noordryk) wat getroud was met Isebel wat by Baäl aanbidding betrokke was. ‘n Paar jaar later het hy vir Agab in Samaria (die hoofstad van die Noordryk) besoek. Agab het baie skape en beeste vir hom gegee en hom probeer oorhaal om saam met hom teen RAMOT in Gilead (die gebied van die Arameërs) op te trek. Josafat het ingestem maar gesê hulle moet eers vir YHVH daaroor raadpleeg. Koning Agab van Israel (die Noordryk) het toe 400 van sy profete (waarskynlik Baäl profete aangesien Agab en sy vrou Isebel Baäl aanbidders was) laat kom en hulle antwoord was dat hulle maar kon optrek teen RAMOT en God sal hulle in die hand van die koning gee.

Maar JOSAFAT het gevra of daar nie nog ‘n PROFEET van YHVH was nie? En Agab het gesê daar is die PROFEET MIGA maar hy haat hom want hy profeteer nooit iets goeds vir hom nie. En MIGA het die boodskap gebring dat hy die HELE ISRAEL (dit is Juda en Benjamin, die Suidryk sowel as die Tien Stamme onder Efraim, die Noordryk), verstooid op die berge soos skape wat geen herder het nie sien. En YHVH het gesê hulle het geen leier nie; laat hulle elkeen in vrede terug gaan na sy huis. En MIGA het verder met hulle ‘n visioen gedeel van YHVH op Sy TROON terwyl die HEMELSE LEËRSKARE (die hemelse weermag) links en regs van Hom staan. En Hy (YHVH) het gesê: “Wie sal Agab, die koning van ISRAEL oorhaal dat hy kan oprek en val by Ramot in Gilead? En die een het so gesê, en die ander weer so. Toe kom die (kleinletter) gees vorentoe en gaan voor die aangesig van YHVH staan en sê: “Ek sal hom oorhaal. En YHVH vra hom: Waarmee? En hy sê: ‘Ek sal uitgaan en ‘n leuengees word in die mond van al sy profete. En Hy (YHVH) sê: Jy sal (hom) oorhaal, ja, jy sal oorwin; gaan uit en doen so.” (2 Kronieke 18:18-22).

En Agab het opdrag gegee dat  Miga in die tronk opgesluit moes word en dat daar net brood en water aan hom gegee mag word totdat Agab veilig vanaf die oorlog met RAMOT terugkeer. En koning AGAB van ISRAEL (Noordryk) en koning JOSAFAT van JUDA (die Suidryk) het opgetrek na RAMOT in Gilead. En koning Agab het aan koning Josafat gesê hy gaan homself onherkenbaar maak in die geveg deur sy koningsklere uit te trek. Maar hy het vir Josafat aangesê om sy koningsklere aan te hou. En die koning van ARAM het die aanvoerders van sy stydwaens beveel om net vir AGAB, die koning van ISRAEL aan te val. En toe hulle vir JOSAFAT, die koning van Juda in sy koningsklere sien het hulle gedink dis koning AGAB en vir koning Josafat omsingel. Maar Josafat het uitegroep na YHVH vir hulp en YHVH het hom gehelp deur die die aanval van hom af weg te keer. En toe die aanvoerders sien dat dit nie die koning van ISRAEL is nie, draai hulle van hom af weg. Toe het een van die Aramese soldate blindelings ‘n pyl na die soldate van Israel geskiet en die pyl het vir AGAB, die koning van ISRAEL getref tussen die skubbe van sy harnas en sy borsplaat en daarop sê AGAB aan die drywer van sy strydwa hy moet omdraai en hom van die salgveld af kry want hy is ERNSTIG GEWOND. En die geveg het toegeneem en Agab moes op die stydwa bly staan en teen sononder het hy GESTERF.

EN toe JOSAFAT, die koning van JUDA (die Suidryk) veilig by die huis in JERUSALEM terug kom het die siener Jehu (‘n man wat visioene van YHVH af ontvang het) hom tegemoet gegaan en aan hom gesê: “Moet ‘n mens die GODDELOSE help, en het u die LIEF wat (vir) YHVH haat? Daarom kom die toorn (woede) op u van YHVH. Tog is daar goeie dinge by u gevind, want u het die heilige boomstamme (die Asjera pale) uit die land uitgeroei en u HART DAAROP GERIG OM GOD TE SOEK (2 Kronieke 19:1-3).

En dan lees ons het Josafat weer na die gebied van EFRAIM (die Noordryk) gegaan: “en hulle laat TREUGKEER tot YHVH, die God van hulle vaders.” En hy het REGTERS aangestel in die stede van JUDA en aan hulle gesê: “Kyk wat julle doen, want julle spreek nie reg vir die mens nie, maar vir YHVH; en Hy is BY JULLE in die REGSPRAAK…handel NOUGESET (tree nougkeurig/ presies/ versigtig op), want by YHVH onse God is GEEN ONREG of partydigheid of aanneming van geskenke nie (dus kan Hy nie omgekoop word nie). En in JERUALEM het JOSAFAT ook sommige van die LEVIETE en van die PRIETERS en van die FAMILIEHOOFDE uit ISRAEL aangestel vir die GEREG van YHVH (m.b.t godsdenstige geskille) en vir REGSAKE (m.b.t burgerlike geskille). En hy het bevel gegee en gesê: So moet julle handel (optree) in die vrees van YHVH (met ontsag en eerbied) met GETROUHEID (standvastigheid) en met ‘n VOLKOME HART (met opregtheid en onpartydigheid). En by al die REGSAKE wat voor julle kom vanweë julle broers wat in hulle stede woon (medeburgers), oor moord, oor WETTE en GEOOIE (‘n oortreding van God se Woord en bevele) en INSETTINGE (voorskrifte) en VERORDENINGE (bepalings), moet julle hulle WAARSKU, sodat hulle hul nie skuldig maak teen YHVH en ‘n toorn (woede) oor julle en julle broers kom nie; so moet julle handel (optree), dat julle jul nie skuldig maak nie (2 Kronieke 19:8-10).

Hierna kry koning JOSAFAT berig van ‘n groot menigte van Moab (die nageslag van Lot by sy oudste dogter volgens Genesis 19:36-38) en Ammon (die nageslag van Lot by sy jongste dogter volgens Genesis 19:36-38) wat oppad is om Juda aan te val. En ons lees in 2 Kronieke 20:3-6 en 12 “…Josafat het bevrees gewoord en sy aangesig daarop gerig om YHVH te SOEK, en hy het oor die HELE JUDA ‘n VASDAG uitgeroep. En JUDA ht byeengekom om by YHVH HULP TE SOEK…toe gaan Josafat in die HUIS van YHVH (die Tempel), voor die nuwe voorhof; en hy sê: YHVH, God van ons vaders, is U nie God in die hemel nie, en is U nie HEERSER oor AL DIE koningkryke van die nasies nie? Ja, in U hand is KRAG en STERKTE, sodat NIEMAND teen U kan STANDHOU nie…Onse God, sal U nie teen hulle strafgerig uitoefen nie (hulle oordeel)? Want in ons is GEEN KRAG teenoor hierdie groot menigte wat teen ons gekom het nie; en ons weet nie wat ons moet doen nie, maar ons oë is op U.  En ons sien dan man, vrou en kind het voor YHVH gestaan en die GEES van YHVH het in die vergadering op Jahasiël uit die nagelsag van die Leviete geval en YHVH het deur hom gespreek en gesê: “Wees nie bevrees of verskrik vanweë hierdie groot menigte nie, want die STRYD IS NIE JULLE SAAK NIE, maar DIE SAAK VAN GOD.” (2 Kronieke 20:15b).

Hulle kry dan verder opdrag om die volgende dag af te trek tot by die dal voor die woestyn waar hulle hul sal aantref en ons lees in vers 17: “Julle hoef nie…te veg nie; STAAN GEREED, BLY STAAN en AANSKOU DIE REDDING VAN YHVH BY JULLE, JUDA en JERUSALEM! Vrees nie en wees nie verskrik (bang of senuweeagtig) nie; trek môre teen hulle uit, en YHVH SAL MET JULLE WEES.” En Josafat die koning en al die mense het voor YHVH gebuig en voor Sy aangesig neergeval om YHVH te AANBID. En die LEVIETE het opgestaan en YHVH met ‘n baie groot stem geprys. En die volgende oggend het hulle uitgetrek en koning JOSAFAT het aan hulle gesê: “Glo in YHVH julle God, dan sal julle bevestig (bekragtig) word; glo aan SY PROFETE, dan sal julle VOORSPOEDIG wees (vers 20b). En hy het met die volk gepraat en tot eer van YHVH sangers opgestel (posisie laat inneem), wat in heilige sieraad (eervol versier asof hulle feesvier) moes LOFSING en by die uittrek op die voorpunt van die gewapendes (met ander woorde hulle moes voor die leër uit stap) en hulle moes sê: “Loof YHVH, want SY GOEDERTIERENHEID (Sy genade, barmhartigheid en lankmoedigheid/ geduld en toegewendheid) is to in EWIGHEID! (vers 21)! En ons lees in vers 22: En op die oomblik toe hulle die GEJUBEL en die LOFSANG aanhef (met vrolikheid, uitbundig begin sing), het YHVH ‘n hinderlaag opgestel teen die kinders van AMMON, MOAB en die mense van die GEBERGTE SEÏR (dit was in die gebied van die Edomiete, Esau se nageslag) wat teen JUDA gekom het, sodat hulle verslaan is. En ons sien in vers 23 die mense van Ammon en Moab het begin veg teen die mense van die Seïr gebergte en hulle vernietig en daarna het hulle mekaar vernietig. En Juda het dit vanaf die wagkop (die uitkykpunt oor die woestyn) aanskou. Dit laat mens nogal baie dink aan Psalm 91.

En koning Josafat en die mense van JUDA het die buit bymekaar gemaak en op die VIERDE DAG het hulle in LOFDAL bymekaargekom want daar het hulle YHVH GELOOF, en dit is die naam van hierdie plek tot vandag toe. En hulle het met vreugde terug gegaan JERUSALEM toe “;want YHVH het aan hulle vreugde verskaf oor hulle vyande. En hulle het JERUSALEM ingetrek met harpe en sitters en trompette, na die HUIS van YHVH (die tempel). En die skrik vir God was op al die koningkryke van die lande toe hulle hoor dat YHVH TEEN die vyande van ISRAEL gestry het. Verder het die koningkryk van Josafat GERUS, en sy God het hom ronom RUS verskaf (2 Kronieke 20:27b-30).

So wat leer ons hieruit? Dit wat ons steeds vandag in Juda en Benjamin (die Jode in Israel met hulle hoofstad Jerusalem) sien. In al hulle oorloë en styde roep hulle YHVH aan en vertoue hulle op Hom en tot dusver het Hy hulle elke keer gered. En dit is ook ‘n les vir ons eie lewens. As ons Hom SOEK met ons hele HART en Hom aanroep in ons stryde en op Hom vertrou SAL Hy ons red en teen ons vyande beskerm omdat ons Hom liefhet (weereens kry ons die bevestiging hiervan in Psalm 91).

Maar ai, dan sien ons neem Josafat weer ‘n verkeerde besluit hy gaan ‘n BONDGENOOTSKAP aan met AHASIA, nog ‘n goddleose koning van ISRAEL (die Noordryk) om SKEPE TE BOU om na Tarsis te vaar. Maar Eliëser het teen Josafat geprofeteer en gesê: “Omdat u ‘n bondgenootskap met Ahasia aangegaan het, VERBREEK YHVH u werk. En die skepe het skipbreuk gely, sodat hulle nie in staat was om na Tarsis te vaar nie (2 Kronieke 20:37b-38). Josafat sterf dan en word begrawe by sy vaders in die stad van DAWID. (1 Konings 15:24, en 22:1-50 en 2 Kronieke 17:1 tot 21:1).

Koning JOSAFAT van Juda (die Suidryk) was dus ‘n merkwaardige koning wat die weë van YHVH gevolg het. Maar hy het ‘n paar verkeerde besluite geneem en EEN daarvan het tot GROOT verwoesting in die SUIDRYK gely deur sy seun Joram, wat sy opvolger geword het, met die dogter van die goddelose koning Agab en sy vrou Isebel te laat trou. En so het hy die geleentheid gegee aan GROOT GODDELOOSHEID om sy familie asook die KONINGSHUIS van JUDA binne te dring wat byna die hele SUIDRYK verwoes het. ‘n Mens wonder wat die beweegrede hiervan vir Josafat was, sou dit wees dat hy dalk gepoog het om die Suidryk van Juda en Benjamin en die Noordryk van Israel, die Tien Stamme onder Efraim weer te probeer verenig? Indien wel, sou dit amper wees soos Sarah wat deur Hagar probeer het om God se werk vir Hom te doen om ‘n nageslag vir Abraham te probeer verseker met al die trauma en drama wat daarop gevolg het. Ons weet dat Yehsua die Messias met Sy dood aan die KRUIS reeds die FONDASIE gelê het om die vyandigheid tussen die NOORDRYK en SUIDRYK af te breek vir ALMAL wat in HOM GLO en op die BOOM van ISRAEL inent en so REEDS nou kan VERENIG AS YHVH SE ISRAEL (lees Efesiërs 2:14-22). Maar ons weet ook dat Abba Vader reeds bepaal het deur Sy Woord aan ons deur Sy PROFETE asook die Boek Openbaring, dat die SUIDRYK en NOORDRYK eers weer volkome sal VERENIG tydens die DUISEND JARIGE VREDESRYK van YESHUA die MESSIAS (lees Esegiel 36-39 en Openbaring 19-20).  

5. Joram die oudste seun van Josafat, volg hom op toe hy 32 jaar oud was. Hy was nou soos ons reeds weet vanuit 2 Kronieke 18:1 getroud met ATALIA, die dogter van AGAB en ISEBEL wat Baal aanbidders was en hy regeer vir 8 jaar. En ‘n AFWAARTSE SPIRAAL volg. Hy VERMOOR sy eie broers, AL die seuns van koning JOSAFAT met die swaard asook sommige van die leiers van ISRAEL. Ons lees spesifiek in 2 Kronieke 21:6 “En hy het in die WEG van die konings van ISRAEL (dit is die Noordryk) gewandel (geleef) soos die huis van AGAB (a.w sy skoonpa, sy skoonma en die res van sy familie) gedoen het, want hy het die dogter van AGAB as vrou gehad en het GEDOEN wat verkeerd was in die oë van YHVH.”

So ons sien weer hier, soos in die geval van Salomo, hoe VERNIETIGEND ‘n vrou wat afgode aanbid op ‘n man kan inwerk en dit is die rede waarom ABBA Vader die Israeliete verbied het om met vroue van die sewe Kanaänietiese nasies (die nageslag van Noag se seun Gam wat afgodsaanbidders was) te trou soos ons lees in Eksodus 34:15 en Deutenromium 7:3-6. Ons weet uit Genesis hoofstuk 3 dat selfs Adam gekies het om vir Eva in haar ongehoorsaamheid te volg omdat hy haar bo God lief gehad het. En daarom is Abba Vader se WET soos vervat in die TIEN GEBOOIE en uitgespel deur Yehsua die Messias in Mattheus 22:3-40 so belangrik om Hom lief te hê BO ALLES deur die nakoming van GEBOD 1 tot 4 en ons naaste so lief te hê soos onsself deur die nakoming van GEBOD 5 tot 10. Want daaraan hang die HELE WET (die HELE TORAH, Genesis tot Deuternomium) en al die PROFETE. Lees ook Romeine 13:8-14.

Ons lees verder in 2 Kronieke 21:7 “Maar YHVH wou die HUIS van DAWID (die Suidryk, Juda en Benjamin waaruit die Messias sou voortkom) nie vernietig nie ter wille van die VERBOND wat Hy met David gesluit het, en volgens SY BELOFTE om vir hom en sy seuns altyd  ‘n LAMP te gee (volgens Spreuke 20:27 is die gees van ‘n mens die LAMP van YHVH en weet ons ook dat YHVH die  mens wat bekeer kan vul met die VUUR van die HEILIGE GEES! ‘n Beeld van die MENORAH met sy brandende olie lampies en van FEES 4: die FEES van WEKE ook genoem die PINKSTERFEES (Shavuot in Hebreeus). Ons weet ook hierdie LAMP wat op die ou einde op die TROON sal sit, as die LEEU van JUDAH, is Yeshua die Messias, die LAMP van die Nuwe Jerusalem! (lees Openbaring 21:23).

En gedurende Joram se koningskap lees ons in 2 kronieke 21:8 het die EDOMIETE (die nageslag van Esau) van Juda afvallig geword (ons lees in 2 Sameul 8:13-14 dat Dawid die Edomiete verslaan het en dat hulle sy onerdane geword het), en die Edomiete het vir hulle ‘n koning oor hulleself aangestel. Daarom het Joram teen hulle uitgetrek en die EDOMIETE verslaan, maar in vers 10 lees ons die EDOMIETE is steeds vandag onafhanklik van JUDA. In dieselfde tyd het LIBNA (’n stad in die suide van Judea wt deur Joshua oorgeneem is) ook afvallig geword onder Joram se mag uit. En die rede lees ons in 2 Kronieke 21:10b “want hy (Joram) het YHVH, die God van sy vaders VERLAAT.”

Ons lees verder in 2 Kronieke 11: Hy (koning Joram) het ook die hoogtes (die afgodsaanbiddings plekke) op die berge van JUDA gemaak en die inwoners van JERUSALEM laat hoereer en JUDA verlei (Joram het dus vir Juda verlei tot die aanbidding van die afgod Baäl wat van sy vrou Atalia se ma Isebel en haar familie afkomstig was).”

En dan lees ons in 2 Kronieke 21:12-15 kom daar ‘n brief van die PROFEET ELIA by Joram aan om aan hom te sê: “So spreek YHVH, die God van u vader Dawid: Omdat u in die weë van u vader JOSAFAT en in die weë van ASA (Joram se oupa), die koning van JUDA, nie gewandel (nie geleef) het nie, maar gewandel (geleef) het in die WEG van die KONINGS van ISRAEL (die Noordryk) en JUDA (die slegte koning van die Suidryk, waaskynlik met verwysing na Salomo se seun Rehábeam en na hom sy seun Abia), en die inwoners van JERUSALEM laat hoereer het (ontrou laat word het) volgens die HOEREYE (die Baäl afgodsaanbidding) van die HUIS van AGAB, en selfs u BROERS, die HUIS van u vader (koning JOSAFAT), VERMOOR het, wat beter was as u – kyk, YHVH sal ‘n GROOT PLAAG stuur onder u VOLK en onder u SEUNS en onder u VROUE en onder AL u GOED, en u self sal aan BAIE SIEKTES ly, aan ‘n SIEKTE van u INGEWANDE, totdat u INGEWANDE vanweë u SIEKTE UITKOM, JARE LANK.”

En ons lees dan vanaf vers 16-20 dat YHVH die FILISTYNE en die ARABIERE wat langsaan die Kusiete was teen Joram aangehits het en hulle het teen JUDA opgetrek en dit VEROWER en AL DIE GOED wat in die huis van Joram te vinde was WEGGEVOER, selfs sy seuns en sy vroue sodat GEEN seuns oorgebly het nie, behalwe sy jongste seun. En na dit alles het YHVH hom in sy INGEWANDE aangetas met ‘n SIEKTE waar GEEN GENESING voor was nie (Die Bybel met verklarende aantekeninge reken dit kon moontlik kanker van die onderste gedeelte van die dermkanaal/ kolon gewees het). En na twee jaar, het sy INGEWANDE uitgekom, sodat hy onder HEWIGE PYN gesterf het; en sy volk het aan hom geen eer bewys en nie na hom terug verlang nie en hy is in die stad van Dawid begrawe maar nie by die konings nie. (2 Konings 8:16-24 en 2 Kronieke 21:1-20).

He-Brews-Coffee-Roastery-Logo

Stay In Touch