Skip to content

DIE WAARHEID oor die KRUISIGING en die SIMBOOL van die KRUIS, Deel 15: Die Profete – Konings

11 Junie 2025

Ons gesels verder oor die TWYFEL wat onder gelowiges ontstaan het gedurende die laaste aantal jare oor die metode van KRUSIGING van YESHUA ons MESSIAS asook die SIMBOOL van die KRUIS.

Ons is besig om DIE PROFETE te ondersoek vir enige bewyse van die KRUISIGING en die SIMBOOL VAN DIE KRUIS. En het reeds gesels oor Yeshua die Messias se rol as PROFEET, PRIESTER en KONING en die vervulling daarvan in die Nuwe Testament. Maar omdat die onderwerp van KONINGSSKAP so belangrk is en daar BAIE verwarring hieroor in ons wêreld is, gaan ons nog oor die volgende temas gesels naamlik:

  • Adam en Eva wat aanvanklik deur Abba Vader aangestel is as HEERSERS oor die aarde.
  • Die klein letter koning van die WÊRELD – die slang, ook genoem die draak, die Satan en die duiwel.
  • Die klein letter mens konings van die wêreld.
  • Yeshua die Messias KOOP die MENS TERUG met SY KRUISIGING en DOOD en VERSLAAN die MAG van die Satan.
  • YESHUA die MESSIAS en KONING van die VREDESRYK en die (kleinletter) konings/ wedergebore gelowiges wat saam met Hom sal regeer vir ‘n DUISEND JAAR.
  • Abba Vader die KONING van die EWIGHEID en Yeshua die Lam vir EWIG saam met Hom op die TROON.

So kom ons begin:

1. Die mens, verteenwoordig deur Adam en Eva, word aangestel deur Abba Vader as HEERSERS oor die aarde.

Soos ons reeds verlede week breedvoerig gesels het, SKEP YHVH ons God in Sy meervoudige Hebreeuse benoeming van ELOHIEM, EL is enkelvoud, dus is ELOHIEM ‘n aanduiding van die betrokkenheid van die VADER, SEUN en HEILIGE GEES, die HEMEL en die AARDE (Genesis 1:1-31).

En op:

DAG 1: Maak Hy skeiding tussen LIG en DUISTERNIS. Ons sien hierna hierdie tema dwarsdeer die Woord. ‘n Keuse wat elke mens met sy of haar VRYE WIL wat Abba aan hulle gegee het, kan maak tussen LIG en DUISTERNIS, LEWE en DOOD (lees onder andere Deuternomium 30:15-19, Jeremia 21:8 en 1 Korinthiers 3:22, Psalm 56:13, Johannes 12:35, Effesiers 5:8, 1 Thessalonisense 5:5 en 1 Johannes 1:7). En op

DAG 2: het Hy die UITSPANSEL geskep en dit HEMEL genoem.

DAG 3: Het Hy die DROË GROND gevorm en AARDE genoem. En die versameling van die WATERS het Hy SEE genoem. En Hy het die AARDE beveel om GRASSPRUITJIES, PLANTE wat SAAD gee en BOME wat VRUGTE dra, waarin hulle SAAD is, voort te bring.

DAG 4: Skep Hy die SON, MAAN en STERRE vir DRIE REDES, naamlik:

1). Om skeiding te maak tussen DAG en NAG,

2). Vir TEKENS en vir VASTE TYE (dit is Abba Vader se FEESTYE, SY SEWE FEESTE as deel van SY KALENDER vir die MENS se REDDING wat voorbereiding is vir die EERSTE en TWEEDE KOMS van Yeshua die Messias) asook

3). Vir die berekening van DAE sowel as JARE (m.a.w om ‘n kalender van TYD te kan bepaal).

DAG 5: skep GOD LEWENDE WESENS in die WATERS en VOËLS wat VLIEG in die HEMEL langs die UITSPANSEL. En GOD het hulle GESEËN en gesê: Wees VRUGBAAR en VERMEERDER.

DAG 6: skep GOD LEWENDE WESENS op die AARDE – MAK DIERE, KRUIPENDE DIERE en WILDE DIERE en daarna sê GOD (weereens ELOHIEM in meervoud): Laat ONS mense maak na ONS BEELD (wat soos ons lyk), na ONS GELYKENIS (voorbeeld) en laat HULLE HEERS (meester/ baas/ hoof/ meerdere/ leermeester wees, gesag uitoefen) oor die VISSE, VOËLS, VEE en AL die KRUIPENDE DIERE. En God het hulle MAN en VROU GEKAPE. En weereens word hulle GESEËN en kry OPDRAG om VRUGBAAR te wees en te VERMEERDER en die AARDE te vul, dit te ONDERWERP (onder hulle gesag te bring) en daaroor te HEERS.

 Let wel: Hulle OPDRAG is om te HEERS oor die visse, voels, mak diere, kruipende diere en wilde diere en oor die aarde. Daar is GEEN sprake daarvan om oor mense te heers nie. Hoekom nie? Want Sy bedoeling was van die begin af dat HY SELF as KONING oor die mense wat Hy gemaak het sal heers.

So ons kan dus sê, in die eerste VYF SKEPPINGSDAE en ‘n GEDEELTE van DAG SES sorg Abba Vader eers dat die AARDE voorberei word vir die mens om daarop te kan leef, VOORDAT Hy op die res van DAG 6 die mens skep.

Ons lees ook in Genesis 2:7 Dat YHVH in die mens se neus die ASEM VAN DIE LEWE GEBLAAS het (lees Genesis 7:22 en 1 Korinthiërs 15:45) wat ons vanuit verdere verse in die Woord verstaan as die HEILIGE GEES wat Hy aan die mens gegee het soos laas week bespreek in Deel 14. (Lees Johannes 20:22 , 1 Korinthiërs 15:45 asook Jesaja 42:5, Job 33:4, Johannes 5:21, 6:33, 39, 40, 54 en 57).

En ons sien ook dat Abba Vader, die mens LEER wat REG en wat VERKEERD is SODAT hy op die REGTE WEG kan bly (die REGTE KEUSES kan maak met sy/ haar vrye wil) sodat hulle VIR EWIG GELUKKIG, GESEËND en TEVREDE kan lewe.

Ons verstaan dit dalk beter in terme van ons eie kinders – totdat hulle VOLWASSENHEID bereik het en geleer het wat REG en VERKEERD is moet ouers hulle LEER wat die GRENSE van VEILIGE en AANVAARBARE GEDRAG is, sodat wanneer hulle VOLWASSE is en hulle ouers nie meer by hulle is nie, hulle vanself die REGTE KEUSES sal maak vir ‘n suksesvolle lewe en goeie verhoudings met ander.

YHVH LEER Adam soos volg:

  • Adam moes die TUIN van EDEN waarin God hom geplaas het BEWERK en BEWAAK (oppas) Genesis 2:15.
  • Hulle kon van AL die bome in die Tuin van Eden eet, behalwe van die Boom van Kennis van Goed en Kwaad. En God het hulle GEWAARSKU, DIE DAG wat hulle daarvan eet sal hulle SEKERLIK STERWE. Genesis 2:17. Hulle eenheid sou met God verbreek word en hulle sou van Sy teenwoordigheid geskei word. Die liggaamlike sterwensposes sou in werking gestel word en hulle sou geestelik sterf omdat YHVH se Heilige Gees hulle sou verlaat. En alhoewel God net vir Adam hierdie reël geleer het kan ons vanuit Eva se antwoord aan die slang in Genesis 3:2-3 aflei dat sy dit ook geweet het.

Adam en Eva word dus GESKEP in die BEELD van ELOHIEM (die DRIE-ENIGE GOD), SKEPPER en KONING en hulle opdrag is om te VERMEERDER en te HEERS oor die aarde.

Maar eers moes hulle GETOETS word – Abba Vader het nou ALLES aan hulle voorsien wat hulle nodig sou hê en om gelukkig te wees, Hy het hulle ook GELEER wat belangrik was en hoe hulle moes leef. So nou was dit tyd om te TOETS of hulle die REGTE KEUSE in lyn met SY WIL sou maak sodat hulle kon LEWE.

En ongelukkig KIES hulle toe die DUISTERNIS wat tot die DOOD lei soos wat Abba hulle reeds gewaarsku het. Ons lees later in Johannes 3:16-21 sê Yeshua aan Nikodemus: “Want so lief het God (die Vader) die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore SEUN gegee het, sodat ELKEEN wat in Hom GLO, NIE VERLORE MAG GAAN NIE, maar die EWIGE LEWE kan hê. Want GOD het SY SEUN in die wêreld gestuur, NIE om die wêreld te veroordeel nie, maar deur HOM GERED te word. Hy wat in HOM GLO, word nie VEROORDEEL nie, maar hy wat NIE GLO nie, is ALREEDS VEROORDEEL omdat hy NIE GEGLO het in DIE NAAM van die eniggebore SEUN van GOD nie. En dit is die OORDEEL: dat DIE LIG in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die LIG (ons kan dus sê hulle het die duistenis GEKIES); want hulle werke (hulle dade) was boos. Want ELKEEN wat KWAAD DOEN, HAAT die LIG en kom NIE na die LIG nie, dat sy werke (sy dade) nie bestraf mag word nie (mense steek dus hulle bose dade weg). Maar hy wat die WAARHEID DOEN, kom na die LIG, sodat sy werke (sy dade) openbaar (bekend gemaak) kan word, dat hulle in GOD gedoen is (m.a.w volgens die wil en opdragte van GOD).

En Adam en Eva se verkeerde KEUSE lei tot die kans wat Satan kry om die mens se HEERKAPPY oor die AARDE weg te neem van hulle af en hy word:

2.Die klein letter koning van die WÊRELD – die Satan wat ook die ou slang, die draak en die duiwel genoem word in Openbaring 12:9.

Ons sien die detail hiervan in Genesis 3:16-19, Satan palm die heerskappy oor die wêreld in deur die MISLEIDING van Adam en Eva en hulle MISLUKTE GEHOORSAAMHEID aan GOD die VADER.

EN Adam en Eva VERLOOR YHVH se LIG van HEERLIKHEID (hulle verheerlikte liggame) en word bewus van hulle NAAKTHEID en voel bang skaam en skuldig (lees Genesis 3:7-10). Paulus se later, in 2 Korinthiers 5:2-3 “Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel OORKLEE te word, as ons ten minste GEKLEED en nie NAAK bevind sal word nie. Want ons wat nog in die tent (die aardse tydelike liggaam) is, sug en voel beswaard, omdat ons liewer nie ontklee nie, maar OORKLEE wil word, sodat ons sterflike liggame deur die LEWE verslind kan word.”  Lees ook 1 Korinthiers 15:42-54.

En hierna lees ons in die Woord van die Satan, die (kleinletter) god van die wêreld in verkseie gedeeltes soos Johannes 12:31, 14:30 en 16:11 asook 2 Korinthiers 4:4 en  Effesiers 2:2. EN dit is waarom hy vir Yeshua die Messias tydens Sy versoeking in die woestyn, ná Sy DOOP, die KONINGKRYKE van die WÊRELD aangebied het! Lees Mattheus 4:5-7.

Ons God is ‘n REGVERDIGE GOD en Hy het aan Adam en Eva ‘n REGVERDIGE kans gegee om hulle HEERSKAPPY oor die AARDE te behou, en hulle het met hulle eie VRYE WIL KEUSES dit weggegee aan die Satan.

Ons lees hierdie BEGINSEL van God in Jeremia 27 waar Jeremia die volk aanraai om hulle te ONDERWERP aan die koning van Babel en ons lees in vers 4-5 sê YHVH aan Jeremia om aan hulle te sê: “So spreek YHVH van die LEËRSKARE (LEERAFDELING/ DIE ENGELWEERMAG), die GOD van ISRAEL: So moet julle aan jul gebieders (heersers) sê: Ek het die AARDE, die MENS en die DIERE wat op die AARDE IS, GEMAAK deur MY GROTE KRAG en deur MY UITGESTREKTE ARM, en EK GEE DIT AAN WIE DIT REG IS IN MY OE.

Hierna sien ons:

3.Die klein letter mens konings van die wêreld

So waar kom hulle vandaan?

Om dit te verstaan moet ons ‘n bietjie terug gaan na die GESKIEDENIS van die wêreld bevolking asook ABBA se volk.

Na ADAM en EVA se mislukte GETROUHEID aan ABBA VADER het Hy in SY GENADE ‘n weg vir hulle geskep om weer in SY TEENWOORDIGHEID te kom. Maar voordat Hy dit kon doen moes Hy hulle eers WEER LEER WIE HY IS. Hulle eerste kind KAIN, weier ongelukkig ook om YHVH sy God se OPDRAG oor die TYDELIKE DIERE OFFERS te gehoorsaam want SLEGS die BLOED van ‘n onskudige dier kon tydelik die sonde van die mens bedek, maar Kain besluit om sy GROENTE as VERSOENIG te bring. En omdat ABEL luister en ‘n dier vr sy sondes offer en God sy offer aanvaar, is KAIN kwaad en al verduidelik Abba Vader vir Hom die saak in Genesis 4:7 verhard Kain sy hart en die eerste MOORD vind plaas wanneer hy Abel se lewe neem. Hierna het Adam en Eva nog ‘n kind met die naam van SET (Genesis 5). En vanuit sy nageslag volg: NOAG wat op vyfhonderd jaar oud die pa word van SEM, GAM en JAFET (Genesis 5:32). En vanuit die wêreld vloed red YHVH slegs vir Noag en sy huisgesin wat 8 mense insluit naamlik Noag, Sem, Gam, Jafet, Noag se vrou en die drie vroue van sy seuns, volgens Genesis 7:1 en 13 asook 1 Petrus 3:20 en 2 Petrus 2:5.

En vanuit hierdie drie seuns kom AL die NASIES van die wêreld soos beskryf in Genesis hoofstuk 9 en 10 en Handelinge 17:26. Ons lees byvoorbeeld hier dat GAM die vader was van MISRAIM (‘n Hebreeuse woord vir EGIPTE) en sy nageslag was dus die EGIPTENAARS wat hulle gevestig het in Noord oos Afrika en uit hulle het ook die FILISTYNE voortgekom – lees Genesis 10:6-14 en 1 Kronieke 1:8). GAM was ook die vader van KUS wat die vader van NIMROD geword het wat die stad BABEL gebou het asook die toring van Babel. SET was die vader van ASSUR wat die voorvader van die ASSIRIËRS geword het en ARAM was die voorvader van die Siriërs/ Arameërs wat gevestig was Noord en Oos van Israel. So vanuit hierdie nasies sien ons later konings opstaan wat in stryd met Israel tree. Die konings van Egipte is die Faraos genoem. Ons sien later in Psalm 105:23 Egipte word die land van Gam genoem.

  • Abram (wat later deur YHVH herdoop is na ABRAHAM) word gebore vanuit die nageslag van SET se seun ARPAGSAD (die geslag waaruit Yeshua die Messias ook later sou voortkom volgens Mattheus hoofstuk 1), Abraham se oupa se naam was Nahor en sy pa Tera. Hulle het in die land van UR van die Chaldeërs gewoon, maar Tera sy pa het sy gesin geneem en getrek na die land Kanaän en in Haran gaan woon. En daar het YHVH vir Abram GEROEP om te trek na die land wat Hy hom sou wys (lees Genesis 11:24-32 en Genesis 12). En in Genesis 14:13 noem God vir Abram ‘n HEBREËR. En Abraham word dan die vader van Isak, Isak van Jakob en Jakob wat later deur God ISRAEL genoem word, word die pa van TWAALF seuns wat later as die TWAALF STAMME van ISRAEL bekend staan. En YHVH KIES hulle as Sy volk om SY KONINGSKAP te vestig.

Maar reeds in SY VERBONDSLUITING met Abraham openbaar Hy aan Abraham dat sy nageslag eers vir 400 jaar slawe sou wees in Egipte (Lees Genesis 15 en spesifek vers 13).

  • Die TWAALF stamme land in Egipte weens hongersnood waarheen YHVH reeds vir Josef (een van die twaalf seuns van Jakob) vooruit gestuur het om vir hulle te VOORSIEN. Maar ná Josef se dood word die Hebreërs onderdruk in Egipte en as slawe gebruik vir 400 jaar, net soos God vir Abraham vertel het in Genesis 15. Die volk roep uit na Hom en Hy red hulle onder LEIERSKAP van MOSES en AARON. Let wel LEIERSKAP is een van die SEWE GAWES waarmee mense gebore word soos ook die gawe van PROFEET waarvan ons lees in Jeremia 1:5. Maar LEIERSKAP is NIE KONINGSKAP nie. Leierskap kan omskryf word as ‘n persoon wat LEIDING gee, ander voorgaan of aanvoer/ aan die hoof staan van ‘n geveg en die bevele gee. Moses het steeds in ALLES wat hy doen, leiding en raad vanaf YHVH ontvang wat opgetree het as ISRAEL se KONING. Ons sien ook om Moses te help om goeie orde te verseker in die woestyn help Jetro (Moses se skoonpa) hom om nog 70 LEIERS aan te stel (lees Eksodus 18). Ons sien ook weer net soos in die TUIN van EDEN gee Abba Vader aan die VOLK RIGLYNE en INSETTINGE (gebooie, instellings, verordeninge/ voorskrifte/ wetlike bepalings) van hoe om ‘n VEILIGE en GELUKKIGE LEWE te lei. En Hy is DUIDELIK oor die GEVOLGE (wat Hy seën en vloek noem) van ELKE KEUSE (Lees Eksodus 20 en Deuternomium 28). En dan TOETS Hy hulle keer op keer. En so STERF ‘n hele geslag uit omdat hulle telkens DIE DUISTERNIS en die DOOD KIES in plaas van die LIG en die LEWE. YHVH doen SY uiterste om hulle die LIG en LEWE te laat kies. Ons lees in verskeie gedeeltes soos Deuternomium 30:19 MOEDIG HY HULLE AAN OM DIE LEWE TE KIES. Maar op die ou einde is dit net Joshua (van die stam van Josef se seun Efraim, lees Numeri 13:8 en 16) en Kaleb (van die stam van Judah, lees in Numeri 14:6 en 34:19) wat gehoorsaam bly en en saam met die NUWE GESLAG uit die WOESTYN trek in die BELOOFDE LAND in waar daar nog VELE TOETSE sou voorle.
  • Josua neem Moses se rol oor as LEIER van die volk, nadat Moses gesterf het, direk onder ABBA wat hulle KONING is en wat Josua deurlopend RAADPLEEG. Hulle oorwin die volke van Kanaän en daarna word die land in TWAALF STUKKE VERDEEL – een stuk land vir ELKE STAM van ISRAEL. YHVH het steeds self oor hulle regeer as KONING en Hy stel elke keer RIGTERS (mense wat opgetree het as LEIERS of REGTERS) oor hulle aan om hulle te verlos uit die hande van hulle vyande.
  • Sameul was die LAASTE RIGTER en hy het die volk gelei en laat terugkeer na YHVH. Maar toe Samuel oud word DRING DIE VOLK aan op ‘n mens koning soos wat die ander volke om hulle gehad het. Abba waarsku hulle oor wat dit behels, maar hulle luister nie. En ons dra steeds vandag die gevolge van hulle KEUSE.

Ons lees hiervan in 1 Sameul 8:1-22 (vrye aanhaling)

Toe Samuel oud was het hy sy DIE SEUNS as RIGTERS oor ISRAEL aangestel, Joël, Abia en Berseba. Maar ongelukkig het hulle nie in Samuel se weë gewandel (geleef) nie, hulle het ONREGVERDIGE WINS agternageloop en OMKOOPGESKENKE AANGENEEM en die REG VERDRAAI. Toe kom die oudstes (die leiers) van Israel bymkaar en sê vir Samuel: “Kyk, u is oud en u seuns wandel nie in u weë nie (hulle leef nie soos u nie); stel nou ‘n koning oor ons aan om ons te rig soos by al die nasies (vers 5). Maar dit was verkeerd vir Samuel en hy het tot God gebid. Toe sê YHVH vir Samuel: “Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want (dit is nie) vir jou wat hulle VERWERP nie, maar MY HET HULLE VERWERP om NIE KONING oor hulle te wees nie. Soos al die werke (dade) wat hulle gedoen het, van dié dag af dat Ek hulle uit EGIPTE laat optrek het TOT VANDAG TOE, dat hulle MY VERLAAT en ander (kleinletter) gode gedien het – so doen hulle ook met jou. Luister dan na hulle: jy moet hulle net ERNSTIG WAARSKU en hulle die reg van die (aardse kleinletter) koning meedeel wat oor hulle sal regeer (vers 8-9). Sameul het YHVH se WOORDE toe aan die volk gaan oordra. En die REG van die (aardse kleinletter) koning wat oor hulle sal regeer aan hulle verduidelik naamlik (lees vers 11-18):

  • Julle seuns sal hy neem en hulle vir homself aanstel by sy wa en sy perde, dat hulle voor sy wa uithardloop (hulle sal met ander woorde in sy militêre diens opgeneem word).
  • En om hulle vir homself aan te stel as owerstes oor duisend, en owerstes oor vyftig (bevelvoerders oor afdelings en onderafdelings van sy weermag).
  • En om sy land te ploeg en om sy oes in te samel.
  • En om sy oorlogswapens en gereedskap vir sy strydwaens te maak.
  • Ook julle dogters sal hy neem as salfmengers en as kooksters en bakkers.
  • En van julle lande en wingerde en olyfboorde sal hy die beste neem en aan sy amptenare gee.
  • En van julle saailande en wingerde sal hy tiendes neem en dit aan sy amptenare en personel gee.
  • En julle diensknegte en julle beste jongmanne en julle esels sal hy neem en vir sy werk gebruik.
  • Van julle klienvee sal hy tiendes neem en self sal julle sy slawe wees.
  • En in dié dag (wanneer dit gebeur) sal hulle om hulp roep vanweë die konings wat hulle vir hulle verkies het en YHVH sal julle NIE antwoord nie.

En ons lees in vers 19-20Maar die volk het GEWEIER om na Samuel te luister en gesê: Nee, maar daar moet ‘n koning oor ons wees, dat ons ook kan wees soos al die nasies – dat ons koning ons kan rig (oor ons regeer) en voor ons uittrek en ons oorloë voer. (Al hierdie dinge was YHVH hulle God se werk wat Hy nog altyd getrou gedoen het, maar hulle KIES ‘n blote mens om hulle koning te wees ten spyte van al die waarskuwings oor mens konings!)

En YHVH het Sameul beveel om voort te gaan met die volk se versoek en vir hulle ‘n mens koning aan te stel.

En ons sien dan in 1 Samuel hoofstuk 9 word SAUL uit die STAM van BENJAMIN gesalf tot koning oor ISRAEL. Maar Saul is ‘n koning wat sy eie kop volg en sy eie wil doen en weens sy ongehoorsaamheid neem YHVH die koningskap van hom weg en word DAVID in sy plek gesalf as koning van ISRAEL (lees 1 Samuel 10-16).

DAVID was ut die STAM van JUDA. Die BELOFTE aan Abraham dat die VERLOSSER uit sy nageslag gebore sal word word nou aan David herhaal, God sou toesien dat iemand uit sy nageslag ALTYD op die TROON sou wees wat ‘n heenwysing was na Yeshua die Messias (lees 2 Samuel 7:12-13). Dawid was net soos SAUL en inderdaat die ganse mensdom (soos wat Paulus ons vertel in Romeine 3:23 en Johannes in 1 Johannes 1:8), ‘n sondaar wat owerspel sowel as moord gepleeg het, maar die VERSKIL tussen David en Saul was dat David BEROU oor sy sondes gehad en dit BELY het en daarvan WEG GEDRAAI het wanneer God hom deur die profete besoek het en op sy sondes gewys het (lees Psalm 51), terwyl Saul sy sondes verdedig het en hardkoppig in sy sondes volhard het. En om hierdie rede word David ‘n man na God se hart genoem (1 Sameul 13:14 en Handelinge 13:22).

Na David word sy seun Salomo koning. Hy word GEKIES deur YHVH om die TEMPEL te bou en YHVH gee aan hom besondere WYSHEID maar Salomo het ‘n swakplek vir VROUE. Sy 700 vroue en 300 byvroue verlei hom in sy latere jare tot afgodsdiens, die aanbididng van Astarte, die godin van die Sidoniërs (sy was die godin van liefde, seks en oorlog), Milkom die afgod van die Ammoriete (hy was hulle vorm van Baäl), Kamos van die Moabiete (die afgod van choas) en Molog van Ammon (hy was die afgod van vuur en kinders moes aan hom geoffer word) en Salomo verloor so God se guns. Maar weens sy pa David se gehoorsaamheid aan YHVH neem Hy hy nie die koningskap van Salomo af weg nie maar doen Hy dit in die tyd van Salomo se seun, Rehabeam se koningskap en skeur ISRAEL in ‘n SUIDRYK met Juda en die kliener stam van Benjamin en ‘n NOORDRYK met die ander tien stamme oder leiding van Efraim en spesifiek Jerobeam (lees 1 Konings 11:1-13).

So kom ons gesels vining oor die konings van die NOORDRYK bekend as ISRAEL vanaf 924 voor Yeshua die Messias:

  • Jerobeam word aangestel as koning oor die NOORDRYK en hy heers vir meer as 21 jaar – hy rig TWEE KALWERBEELDE op en bevorder afgodery (lees 1 Konings 11:26 tot 14:20 en 2 Kronieke 10:2 tot 13:20).

Wat was hierdie kalf aanbidding en afgodery?

Om dit te verstaan moet ons eers gaan kyk na die GESKIEDENIS van JEROBEAM.

Ons lees in 1 Koning 11:26-40 dat Ahia die PROFEET aan JEROBEAM, van die STAM van EFRAIM, wie se moeder ‘n weduwee was, en wat teen Salomo in OPSTAND gekom het. Jerobeam was ‘n DAPPER HELD en ‘n BEKWAME MAN en Salomo het hom aangestel om toesig te hou oor die arbeid om ‘n teras te bou om die opening van die muur van die Davidstad toe te maak. Die profeet AHIA uit Silo het Jerobeam op die pad buite Jerusalem teëgekom. Ahia het ‘n nuwe mantel aangehad en terwyl hulle twee in die veld was het hy die mantel in 12 stukke geskeur en vir Jerobeam aangese om 10 stukke vir hom te vat want so se YHVH die God van ISRAEL: “Kyk, Ek gaan die KONINGKRYK uit die hand van Salomo AFSKEUR en aan jou TIEN STAMME gee; maar die een stam sal syne wees ter wille van my kneg DAVID en ter wille van JERUSALEM, die STAD wat EK VERKIES het uit al die stamme van ISRAEL – omdat hulle My verlaat en hulle neergebuig het voor Astarte, die godin van die Sodoniërs, voor Kemos, die (kleinletter) god van die Moabiete, en voor Milkom, die (kleinletter) god van die kinders van Ammon, en nie gewandel (geleef) het in MY WEË deur te DOEN wat reg is in MY oë, naamlik MY INSETTINGE en VERORDINGE, soos SY VADER DAVID nie…uit die hand van sy seun sal Ek die KONINGSKAP neem en dit aan jou gee: die TIEN STAMME, en aan sy seun sal ek EEN STAM gee (ons lees in 1 Konings 12:21 dat dit Judah en Benjamin aan hom gegee is), sodat MY KNEG DAVID altyd ‘n LAMP kan hê voor My aangesig (Spreuke 20:27 sê die gees van ‘n mens is die LAMP van die YHVH) in JERUSALEM, die STAD wat Ek vir My VERKIES het om MY NAAM daar te vestig; en EK sal jou neem, en jy sal REGEER oor ALLES wat jou siel begeer, en jy sal KONING word oor ISRAEL. En as jy LUISTER na ALLES wat EK jou BEVEEL en wandel (leef) in MY WEË en DOEN wat REG is in MY OË deur MY INSETTINGE en MY GEBOOIE te HOU, soos My kneg David GEDOEN het, dan sal EK MET JOU WEES en vir jou ‘n BESTENDIGE HUIS STIG, soos EK vir David gestig het, en ISRAEL aan jou gee. Want Ek wil om hierdie rede die nageslag van Daivd verneder (hulle krenk en hulle gesag verlaag) maar nie vir altyd nie.” (1 Konings 11:31-39). En ons lees in 1 Konings 11:40 hierna wou Salomo vir Jerobeam dood maak en daarom het Jerobeam EGIPTE toe GEVLUG waar hy onder die beskerming van koning Sisak van Egipte gebly het tot en met die dood van Salomo.

Ons moet nou onthou – die EGIPTENARE stam af van NOAG se seun GAM wat afgodsaanbidders geword het en waar ons die APIS BUL aanbidding sien wat op die Hebreërs afgevryf het tydens hulle 400 jaar as slawe in Egipte en die rede was vir hulle GOUE KALF aanbidding in die woestyn by die berg Sinai en wat tot die dood van 3000 mense gelei het (lees Eksodus 32).

En ons moet ook in gedagte hou dat Efraim (Josef se seun en voorvader van die Efraimiete) in Deuternomium 33:17 geseën is deur Moses as eersgebore STIER (‘n bul) en sy horings is buffelhorings waarmee hy die volke stoot, die eindes van die aarde almal saam. En in Hosea 10:11-12 lees ons: “Maar Efraim is ‘n geleerde jong bees wat gewillig dors (die NLV sê: daarvan hou om koring uit te trap); nogtans sal Ek ‘n swaar juk op haar mooi nek sit. Ek sal SRAEL inspan; Juda moet die harde grond omploeg terwyl Jakob sal moet eg (grond gelyk maak). Ek het gesê: SAAI die GOEIE SAAD van GEREGTIGHEID en julle sal ‘n OPBRENGS van MY LIEFDE OES. PLOEG die NUWE GROND van julle HARTE, want dis nou die tyd om YHVH te SOEK sodat Hy kan kom en GEREGTIGHEID oor julle uitstort.” En Jeremia 31:18 sê: “Sekerlik het Ek (God) Efraim hoor weeklaag: U het my getugtig en ek het my laat tugtig soos ‘n ongeleerde kalf (jong bees). Bekeer my, dan sal ek my bekeer, want U is YHVH my God.”

En God sê in Sy Woord Hy is die EERSTE (die Alef in Hebreeus waarvan die piktograaf ‘n OS is en die betekenis: is KRAG en LEIER/ VOORGANGER/ AANVOERDER), en Ek is die LAASTE (die TAV in Hebreeus waarvan die piktograaf ‘n KRUIS is en die betekenis is: MERK, TEKEN/ VERBOND). YHVH die God van ISRAEL het egter NOOIT vereis dat daar ‘n BEELD van ‘n bul vir Hom gemaak moes word nie. Maar dit kon dalk moontlike verwarring geskep het by ISRAEL met die APIS BUL van Egipte wat as afgod aanbid is en die GOD van ISRAEL en die seën van Efraim deur Moses asook hulle vlag of banier in die kamp soos verduidelik in Numeri 2 wat ook ‘n BUL kon gewees het. Dan lees ons ook in Openbaring 4:7 dat een van die LEWENDE WESENS om die troon van God die gesig van ‘n KALF (‘n jong bees) het.  Maar YHVH het dit BAIE duidelik gemaak dat Hy nie deur middel van ‘n BEELD aanbid kan word nie en ook nie verwar mag word met enige afgod nie en dit is baie moontlik dat die APIS Bul se ontstaan juis was omdat die nageslag van Ham afgewyk het van die WARE GOD se weë maar die simbole onthou het en vir hulle afgode aangewend het.

Na die dood van Salomo lees ons dan in 1 Konings 12 kom Jerobeam terug na Sigem waar die hele Israel vir Rehabeam, Salomo se seun as koning gekroon het, maar soos God gesê het skeur die RYK van ISRAEL in twee en Rehabeam regeer slegs oor twee stamme naamlik Judah en die kleiner stam van Benjamin wat die SUIDRYK vorm. En Jerobeam, van die stam van EFRAIM word aangestel as koning oor die TIEN stamme.

Maar Jerobeam het vergeet wat God vir hom gesê het in 1 Konings 11:37-39 en tydens sy verblyf in EGIPTE in hulle afgodspraktyke vasgevang geraak. En ons lees in 1 Konings 12:25-33 hy het Sigem in die EFRAIMSBERGE herbou en later ook vir Pniel. En in vers 26 lees ons: “En Jerobeam het in sy hart gesê: Nou sal die KONINGSKAP na die HUIS van DAVID (dit is die SUIDRYK bestaande uit JUDA en BENJAMIN onder Rehabeam) terugkeer.” Soos ons weet was God se opdrag aan sy volk om DRIE MAAL per JAAR met die vier van SY SEWE FEESTE wat in DRIE SEISOENE VERDEEL was na Jerrusalem te gaan (lees Eksodus 23:14-17, 34:23-24, Deuternomium 16:16 en Lukas 2:41-42), naamlik: FEES SEISOEN 1: PASGA, ONGESUURDE BRODE en EERSTE VRUGTE (vervul in die KRUSIGING van Yeshua ons Messias, SY drie dae en drie nagte in die graf en Sy OPSTANDING). FEES SEISOEN 2: DIE FEES VAN WEKE/ PINKSTERFEES (vervul deur die uitstorting van die Heilige Gees) en FEES SEISOEN 3: die FEES van TROMPETTE, VERSOENDAG en die FEES van TABERNAKELS (wat vervul sal word met Yeshua die Messias se TWEEDE KOMS). So Jerobeam was BANG dat as die TIEN STAMME onder hom, saam met die TWEE STAMME onder REHABEAM, Salomo se seun, in JERUSALEM gaan FEES vier, dit vir hom politieke nadele kon inhou omdat die stamme dalk weer kon saamsmelt onder die koningskap van Rehabeam en hom sou doodmaak.

En so lees ons dan in 1 Konings 12:28-33 begin die “godsdiens” of eerder die afgodsdiens van Israel hier onder Jerobeam se koningskap waar hy die WARE AANBIDDING TOT GOD vervang met gemengde aanbidding vanuit EGIPTE:

  • Hy het met sy raadgewers vergader en TWEE GOUE KALWER BEELDE laat maak en aan ISRAEL gesê in vers 28: “Julle het lank genoeg opgegaan na JERUSALEM – hier is, o ISRAEL, jou (kleinletter) gode wat jou uit Egipteland laat optek het!” (dit herinner baie aan die GOUE KALF in die woestyn by die Berg Sinai waarvan ons lees in Eksodus 32 soos reeds genoem waarin die Israeliete nou vergeet het dat 3000 van hulle dood is daardie dag oor hierdie selfde oortreding).
  •  Hy het die EEN BEELD in BET-El opgestel (‘n heiligdom/ plek van aanbidding net Noord van Jerusalem) en die ander BEELD in DAN (die Noordelike sentrum) en dit het die VOLK tot SONDE VERLEI (vers 29-30).

 Die Bybel in Praktyk verduidelik dat dit aanvanklik nie as afgodsbeelde bedoel was nie (weereens net soos in die geval van die Israeliete in die woestyn wat gedink het hulle aanbid die YHVH deur middel van die KALF BEELD). Deur die KALF (jong bees) te kies sou Jerobeam lojaliteit verseker van die nie-Israeliete en deur dit as YHVH se TROON voor te hou, soos die ARK in JERUSALEM, so hy die ISRAELIETE se steun behou. So hier sien ons die vermenging wat plaasvind om mense tevrede te probeer stel. Geleidelik is die KALF (jong bees) met YHVH vereenselwig ASOOK met BAÄL omdat dit ‘n BAÄL aanbiddings simbool was. Die oprigting van hierdie twee beelde was die GROOT ONTROUHEID teen YHVH maar Jerobeam het verder gegaan en:

  • Heiligdomme/ aanbiddingsplekke op die hoogtes gebou en die mense uit die volk wat NIE LEVIETE was nie as PRIESTERS aangestel (weereens in direkte teenstelling met YHVH se opdrag), vers 31.
  • En Hy vervang die Fees van Tabernakels in die sewende maand (September/ Oktober) met ‘n fees in die 8 ste maand. Ons lees in vers 33 hy het sommer SELF BESLUIT oor die maande waarin die ISRAELIETE die FEES van YHVH moes vier. En so verander hy YHVH se KALENDER soos reeds ingestel in Levitikus 23.
  • En JEROBEAM word die vergestalting van alles wat die NOORDRYK verkeerd gedoen het sodat die uitdrukking ontstaan het: “hulle het voortgegaan met die sondes wat Jerobeam vir Israel laat doen het.”

En hy bring die volk tot ‘n val want as godsdiens sonder die WARE GOD is word dit destruktief.

En ons sien dwarsdeur die geskiedenis van die konings van ISRAEL (die TIEN stamme onder Efriam) dat hulle voortgaan met hierdie KALF aanbidding en vreemde FEESTE. Daar word daarna verwys as dat hulle die sondes van Jerobeam voortgesit het. En wanneer ons vandag na ons wêreld kyk sien ons dit steeds! Die EGIPTIESE invloed op wêreldgodsdiens insluitend die Christendom. Ons sien byvoorbeeld by die opening seremonie van die Common Wealth Games gehou in 2022 in Birmingham in Engeland die groot bul wat in die stadion ingetrek en aanbid word deur die onderskeie nasies. Ons sien ook die goue bul standbeeld voor die Europese Unie asook in New York in Wall Street. En dwars oord die wêreld, veral in Amerika, sien ons die sonpilare van die Egiptenaars (ook genoem die obelisk).

Abba stuur die PROFEET Ahia (Ahija) om vir Jerobeam te waarsku in 1 Konings 14:1-18

  • Nadab (Jerobeam se seun) word na hom koning vir 2 jaar en hy het sy pa se sondes voortgesit. Hy word vermoor deur Baesa, die seun van Ahia van die stam van ISASKAR (1 Konings 15:25-28)
  • Baesa word koning vir 16 jaar en weereens bevorer hy afgodery (1 Konings 15:27-16:7 en 2 Kronieke 16:1-6).
  • Ela (Baesa se seun) volg hom op vir 2 jaar en gaan voort met afgodery (1 Konings 16:6-14).
  • Simri (die onderdaan van Ela, en aanvoerder van sy strydwa weermag vind Ela in sy huis, waar hy homself dronk gedrink het, en vermoor hom) en hy word koning vir 7 dae. Omri (die hoof/ bevelvoerder van die leër) het hiervan te hore gekom en opgetrek teen Simri en Simri het selfmoord gepleeg deur die huis van die koning, met hom daarin, aan die brand te steek (1 Konings 16:9-20).
  • Omri word koning vir 16 jaar en sit die sondes van Jerobeam voort (1 Konings 16:16-28).
  • Agab (die seun van Omri) word koning en regeer vir 22 jaar. Hy trou met Isebel ‘n Baäl aanbidder uit Sidon. Hy bou ‘n Baäl tempel in Samaria (die hoofstad van die Noordryk) en hy het ook ‘n heilige boomstam gemaak (pale van Asjera, ‘n godin van die Kanaäniete wat geasosieer is met Baäl en gesimboliseer is deur heilige pale of bome). 1 Konings 16:28 tot 22:40 en 2 Kronieke 18:1-34.

YHVH stuur in Agab se tyd die PROFEET ELIA om hom te waarsku veral nadat Isebel vir Nabot laat doodmaak het om sy wingerd vir Agab in die hande te kry, en Elia die straf aan Agab aankondig dat sy nagelag uitgeroei sal word. Agab kry berou bekeer hom vir ‘n periode maar hy val terug en hy sterf uiteindelik op die slagveld teen die koning van Aram. En Isebel word later by die venster uitgegooi deur een van haar onderdane. Elia profeteer ook tydens die bewind van die volgende twee konings van ISRAEL, AHASIA en JORAM, die seuns van Agab.

  • Ahasia (Agab se seun) word koning vir 2 jaar. Hy was ‘n goddelose Hy stel ‘n handelsooreenkoms voor met JUDA. Hy val deur die tralievenster in sy bo-kamer in Samaria en word siek. En hy het raadgewers gestuur om vir Baäl-Sebub die afgod van Ekron te raadpleeg. En dan stuur God vir Elia na Ahasia om aan hom te sê omdat hy ‘n afgod geraadpleeg het in plaas van die lewende God van Israel sal hy sekerlik sterwe. En hy het gesterwe (1 Konings 22:40 tot 2 Konings 1:18 en 2 Kronieke 20:35-37).
  • Joram (die seun van Agab) word vir 12 jaar koning. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van YHVH , maar nie soos sy pa Agab en sy ma Isebel nie want hy het die klippilaar van Baäl verwyder wat Agab gemaak het. Maar hy het die sondes van Jerobeam voortgesit. Hy is gewond in een van die gevegte met Aram en hy is uiteindelik deur Jehu met ‘n pyl doodgeskied. (2 Konings 3:1 tot 8:24 en 2 Kronieke 22:5-8).
  • Jehu (die owerste van Jisreël – 2 Konings 10:1) het koning geword vir 27 jaar. Hy het die Baälpriesters uitgeroei en verwoes hulle tempel maar ongelukkig behou hy die kalf aanbidding. Lees 2 Konings 9:1 tot 10:36 en 2 Kronieke 22:7.
  • Joahas (die seun van Jehu) word koning vir 17 jaar lank. En hy sit die kalwer aanbidding en verering van Asjera voort (hy het die heilige boomstamme, die Asjera pale in Samaria laat bly staan). Lees 2 Konings 13:1-9.
  • Joas (die seun van Joahas) word koning vir 16 jaar lank. En hy het vohard met die sondes van Jerobeam wat vir Israel laat sondig het. (2 Konings 13:9 tot 14:16 en 2 Kronieke 25:17-24)

ELISA is die profeet wat deur YHVH gebruik word tydens die regering van JEHU, JOAHAS en sy seun JOAS om hulle te waarsku.

  • Jerobeam II (die seun van Joas) word koning en hy het 41 jaar lank regeer. Hy het afgodery voortgesit maar hy was ‘n bekwame heerser wat voorspoed en vrede vir sy volk bewerkstellig het (2 Konings 14:16-20).
  • Sagaria (die seun van Jerobeam II) het koning geword en vir 6 maande regeer. Hy het die afgodsdiens van Jerobeam voortgesit. En Sallum het teen hom saamgesweer en hom gedood.
  • Sallum (die seun van Jabes) was 1 maand koning van Samaria (2 Konings 15:10-15). En Menáhem het teen hom opgeterk en Sallum verslaan en hom GEDOOD en in sy plek koning geword.
  • Menáhem (die seun van Gadi) was 10 jaar koning en hy sit die sondes van Jerobeam voort (2 Konings 15:14-22).

AMOS profeteer tydens die regering van hierdie konings asook die profeet HOSEA vanaf die regering van koning Sallum tot en met die einde van die regering van die Noordryk onder koning Hosea.

  • Pekáhia (die seun van Menáhem) was 2 jaar koning van SAMARIA. Hy sit Jerobeam se sondes voort en hy word vermoor in sy koningshuis deur Peka, sy adjudant na ‘n sameswering teen hom (2 Konings 15:22-26).
  • Peka (die seun van Remália) was 20 jaar koning oor SAMARIA. Hy sit die sondes van Jerobeam voort. Hy probeer Juda in ‘n bondgenootskap teen Assirië indwing en ‘n Siro-Efraimietiese oorlog volg (dit was ‘n oorlog tussen die Suidryk van Juda en sy aliansie met Aram van Damskus en die Noordryk van Israel). Assirië verower ‘n GROOT DEEL van ISRAEL. Net SAMARIA bly oor. Die mense word in ballingskap geneem. Hosea het ‘n sameswering teen Peka gesmee en hom verslaan en GEDOOD en in sy plek koning geword. (2 Konings 15:25-31, 2 Konings 18:5-15 en Jesaja 7:1 tot 9:6).
  • Hosea (die seun van Ela) was 9 jaar koning oor SAMARIA. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van YHVH maar nie soos die konings van Israel voor hom nie. Hy gaan in ‘n sameswering met Egipte teen Assirië en hy word GEVANG en SAMARIA word beleer (gesag word oorgenaam oor hulle deur Assirië). 2 Konings 15:30 en 17:1-6.

Dit was die EINDE van die NOORDRYK in 722 voor Yeshua die Messias toe Assirië Samaria verower en die bevolking in ballingskap neem.

En ons lees idie REDES hiervoor n 2 Konings 17:7-23

Want die kinders van ISRAEL het gesondig teen YHVH hulle God wat hulle uit EGIPTELAND  onder die hand van Farao uit, die koning van EGIPTE, laat optrek het; en hulle het ander (kleinletter) gode gevrees en gewandel (geleef) volgens die insettinge (wetlike bepalings en bevele) van die NASIES wat YHVH voor die KINDERS van ISRAEL (al 12 STAMME) uit verdryf het, en van die konings van ISRAEL (die Tien Stamme van Israel onder Efraim) wat dit bewerk (laat gebeur of veroorsaak) het. En die KINDERS van ISRAEL (die TIEN STAMME onder Efraim)  het heimlik volbring wat NIE reg was teenoor YHVH hulle GOD nie; en hulle het vir hulle hoogtes gebou (aanbiddingsplekke van afgode) in AL die STEDE, van wagtoring af tot versterkte stad.

En hulle het vir hulle KLIPPILARE (sonpilare/ obelisks) en HEILIGE BOOMSTAMME (Asjera pale) opgerig op ELKE hoë heuwel en onder ELKE groen boom. En hulle het daar OFFERROOK laat opgaan, op AL die hoogtes, soos die NASIES wat YHVH voor hulle uit weggevoer het, en VERKEERDE DINGE GEDOEN om vir YHVH te terg (hom kwaad te maak).

En hulle het die drekgode (valse kleinletter gode) gedien waarvan YHVH vir hulle gesê het: ‘Julle MAG DIT NIE DOEN NIE.’ (Deuternomium 4:19). En YHVH het ISRAEL (die TIEN STAMME onder EFRAIM,die Noordryk) en JUDA (die STAM van JUDA en BENJAMIN, die Suidryk) GEWAARSKU deur die diens van ELKE PROFEET en ELKE SIENER (‘n persoon wat visioene ontvang) en gesë: BEKEER julle van julle VERKEERDE WEË en ONDERHOU MY GEBOOIE, INSETTINGE volgens die HELE WET (TORAH, Genesis tot Deuternomium) wat Ek julle vaders beveel het, en wat Ek deur die diens van My diensknegte , die PROFETE, vir julle gestuur het. Maar hulle het nie geluister nie en hulle nek verhard soos die nek van hulle vaders wat nie op YHVH hulle God vertrou het nie. En hulle het SY INSETTINGE en SY VERBOND verwerp wat Hy met hulle vaders gesluit het (met Abraham, Isak en Jakob), en SY GETUIENISSE waarmee Hy hulle GEWAARSKU het , en agter nietige afgode aangeloop en self nietig geword, en agter NASIES aan wat rondom hulle was, van wie YHVH hulle beveel het om NIE soos hulle te maak nie. En hulle het AL DIE GEBOOIE vn YHVH hulle God verlaat en vir hulle gegogte beelde, TWEE KALWERS, gemaak, ja, ‘n HEILIGE BOOMSTAM (dit is ‘n Asjera paal) gemaak en GEBUIG voor die HELE LEËR van die HEMEL (dit is die son, maan en sterre) en BAÄL (die vrugbaarheids afgod) gedien. En hulle het hulle seuns en hulle dogters deur die VUUR laat deurgaan (as offers laat verbrand vir die afgode) en met waarsêery omgegaan en VOORTKENS verklaar en hulleself VERKOOP om te DOEN wat VERKEERD was in die oë van YHVH, om Hom te terg (kwaad te maak).

Baäl was die hoofgod van die Kanaäniete (die afstammelinge van Gam se seun Kanaän volgens Genesis 9). Baäl was die afgod van reën en vrugbaarheid  en mense het by die Baäl tempels deelgeneem in wellustige, immorele aktiwiteite met prostitute. Bestialiteit (seks met diere) en die offer van kinders was van die euwels wat geasosieer is met hierdie korrupte vorm van godsdiens. Hulle het alles gedoen wat deur God se WET VERBIED is Genesis tot Deuternomium. Dit was hieroor wat Moses die opdrag van YHVH gegee het dat hulle vernietig moes word en geen genade aan hulle bewys moes word nie en die Israeliete is ook verbied om met hulle te trou (Lees Deuternomium 7:1-2).

Hierdie BAÄL praktyke van die KANAÄNIETE is steeds vandag sigbaar in ons samelewing. Dalk word dit nie meer BAÄL aanbidding genoem nie, maar die praktyke is presies dieselfde, WELLUS word aangemoedig deur verskeie soorte media en prostitusie en pornografie insluitend kinder pornografie en vrye seks met meegaande aborsies is alledaagse praktyke.

Ons lees verder 2 Konings 17:18 “So het YHVH dan baie toornig (kwaad) op ISRAEL geword, sodat Hy hulle van SY AANGESIG verwyder het (van SY teenwoordigheid geskei het); NIKS het oorgebly nie as net DIE STAM VAN JUDA ALLEEN (die res van die TIEN STAMME het verdwyn tot vandag toe!). En ons lees verder in vers 19 “Selfs JUDA het die GEBOOIE van YHVH hulle God nie gehou nie, maar gewandel (geleef volgens) in die INSETTINGE vn ISRAEL wat hulle gemaak het (mens gemaakte wette en reëls). DAAROM het YHVH die HELE GESLAG van ISRAEL VERWERP en hulle VERNEDER en hulle in die hand van ROWERS (mense wat met geweld steel) oorgegee. Totdat Hy hulle van SY aangesig weggewerp het. Want Hy het ISRAEL van die HUIS van DAVID AFGESKEUR, en hulle het JEROBEAM, die seun van Nebat, KONING gemaak; en JEROBEAM het ISRAEL agter YHVH weggetrek en hulle ‘n GROOT SONDE laat DOEN. EN die KINDERS van ISRAEL het gewandel (geleef) in AL DIE SONDES van JEROBEAM wat hy gedoen het, hulle het daar nie van afgewyk nie; totdat YHVH ISRAEL van Sy aangesig verwyder het soos Hy gespreek het deur AL SY diensknegte die PROFETE; en ISRAEL is in ballingskap uit sy land weggevoer na ASSIRIË, TOT VANDAG TOE.

En dit is inderdaat so, almal weet van die SUIDRYK (Juda en Benjamin, vandag bekend as die JODE) maar niemand weet waar die TIEN STAMME is wat onder die  nasies versprei het en VERGEET het dat hulle deel van ISRAEL is. Maar ons weet in die LAASTE DAE is God weer besig om hulle uit die nasies te versamel om weer terug te kom tot die WARE AANBIDDING van die GOD van ISRAEL volgens SY RIGLYNE en van die WÊRELD FEESTE teurg te keer na YHVH se FEESTE.

Ons lees iets hiervan in Sagaria 10 getiteld: YHVH sal SY VOLK laat terugkom.

“Bid tot YHVH om reën in die tyd van die LAAT REËNS (waartydens die KORING en MOS (drywe) en OLIE ingesamel is volgens Deuternomium 11:14); YHVH maak die WEERLIGTE, en Hy sal aan hulle ‘n stortreën gee, plante op die veld aan iedereen (elke individu). Want die (klienletter) huisgode spreek bedrog (valsheid), en die waarsêers sien leuens en verkondig nietige drome, hulle troos met wind. DAAROM het hulle weggeswerwe soos ‘n kudde (trop diere); hulle verkeer in VERDRUKKING omdat daar GEEN HERDER (iemand wat die kudde oppas en lei) is nie.”

Die Bybel in Praktyk verduidelik: As God KONING is, moet die mens van Hom ALLES verwag. Hy laat die REËN val. Die leiers van die volk het dikwels gesondig deur op afgode te vertrou. Daardeur het God se oordeel oor die volk losgebreek. Ons het dikwels ons eie afgode waarop ons vertrou: geld, sukses, roem, en mense , insluitend mens konings. Al hierdie dinge baat ons niks nie, net soos ‘n klip beeld nie reën kan maak nie.

Ons lees verder vanaf vers 3-8: “TEEN die HERDERS (leiers van die volk) het MY TOORN (woede) ONTVLAM, en oor die VOORBOKKE sal Ek besoeking (beproewing, kwelling) bring; want YHVH van die LEËRSKARE (die God van die ENGELWEERMAG) gee ag op (aandag en sorg aan) SY KUDDE, op die HUIS van JUDA (dit is die SUIDRYK wat Benjamin insluit), en maak hulle tot SY pragtige perd in die STRYD. Uit hom sal die HOEKSTEEN (dit is ‘n profesie oor Yeshua die Messias), uit hom die MUURPEN, uit hom die STRYDBOOG, uit hom die HEERSERS almal saam uitgaan.” Lees ook Jesaja 22:23 en Sagaria 9:13. En hulle sal wees soos helde wat in die oorlog die modder van die strate vertrap; en hulle sal veg, want YHVH IS MET HULLE; en die RUITERY sal beskaamd uitkom (die NLV sê: hulle sal die perderuiters van die vyand oorwin). En Ek sal die HUIS van JUDA sterk maak en aan die HUIS VAN JOSEF (dit is EFRAIM en die nege ander stamme) HULP verleen en hulle ‘n WOONPLEK aanwys, want EK ONTFERM MY OOR HULLE; en hulle sal wees asof EK HULLE NIE VERWERP het nie, want EK IS YHVH hulle GOD, en EK SAL HULLE (gebede) VERHOOR. En EFRAIM sal wees soos ‘n HELD, en hulle HART sal VROLIK wees soos deur wyn (soos iemand wat wyn gedrink het), en hulle kinders sal dit sien en hulle VERBLY, hulle HART sal JUIG in YHVH. EK sal vir hulle FLUIT en hulle VERGADER WANT EK HET HULLE LOSGEKOOP; en hulle sal TALRYK wees soos tevore (dit verwys na Yeshua die Messias se bloed waarmee almaal LOSGEKOOP word wat KIES om in HOM te GLO en HOM te volg). Lees ook Jesaja 5:26 en in Jesaja 11 oor die VOORSPOEDIGE REGERING van die MESSIAS wat dus ‘n profesie is oor die VREDESRYK en ons lees in vers 12: “…en Hy sal ‘n banier (‘n vlag) ophef vir die NASIES en bymekaar laat kom die seuns van ISRAEL wat verdryf is, en versamel die dogters van Juda wat vertrooi is, uit die VIER HOEKE van die AARDE.”

Ons lees verder van Sagaria 10 :9-12 “En EK sal hulle SAAI onder die volke en in die verafgeleë streke sal hulle aan My dink; en hulle sal saam met hul kinders in die LEWE bly en TERUGKOM. En EK sal hulle TERUGBRING uit EGIPTELAND en uit ASSUR hulle vergader en hulle na die land GILEAD (dit is oos van die Jordaan, in die gebied van die huidige Jordanië) en LIBANON (in die noorde van die moderne stad wat ons steeds as Libanon ken) bring; maar dit sal vir hulle nie voldoende wees nie (nie groot genoeg wees nie). En Hy sal deur die see van benoudheid trek en die GOLWE in die see slaan, en al die dieptes van die Nyl sal opdroog; ook sal die TROTSHEID van ASSIRIË NEERGEWERP word, en die SEPTER (die koningsheerskapy) van EGIPTELAND wyk. EN Ek sal hulle sterk maak in YHVH, en hulle sal in SY NAAM wandel (leef), spreek YHVH.

Die Bybel in Praktyk verduidelik: Die volk het God se oordeel in die verlede ervaar, maar daar kom ‘n tyd wanneer Hy ISRAEL (die TIEN verlore stamme onder Efraim) weer gaan terugbring. En wat Hy Sy HELE volk (die Noordryk en Suidryk weer sal verenig – ons praat volgende week meer daaroor). Die Noordryk (Efraim en die TIEN STAMME) se ballinge het nie soos die Suidryk (Juda en Benjamin bekend as die JODE) se ballinge uit Babilonieë teruggekeer nie, maar in die EINDTYD sal GOD hulle ook bymekaarmaak van die UITHOEKE van die WÊRELD af. God gaan NUWE leiers in die plek van die ou leiers gee wat die volk verlei het. God belowe om SY VOLK STERK te MAAK. Daardie KRAG kom van HOM ALLEEN. Die terugkeer uit ASSIRIË en EGIPTE is simbolies van terugkeer vanuit ENIGE LAND waarheen die VOLK verstrooi was. Egipte is na die suidweste en Assirië na die noordooste. Soos in die verlede gaan God SY VOLK BEWAAR. Die mense wat gaan terugkeer is SO ‘n GROOT GETAL dat hulle nou in ‘n GROTER GEBIED sal moet woon. God gaan SY VYANDE vernietig en so sal die koms van SY RYK aanbreek (hierdie verwys na gedeeltes in die Boek Openbaring wat die slag van ARMAGEDON uitbeeld soos Openbaring 16 en 20 waarna die DUISENDJARIGE VREDESRYK van YESHUA die MESSIAS sal aanbreek).

HET JY AL ABBA VADER SE FLUIT GEHOOR? EN het jy begin terugkom uit die wêreld se godsdiens na WARE aanbiding op die SMAL WEG deur YESHUA ons MESSIAS, die enigste WEG, WAARHEID en LEWE en VOLG jy HOM in GEHOORSAAMHEID aan ABBA VADER se GEBOOIE, en INSETTINGE (instellings, verordeninge/ voorskrifte/ wetlike bepalings), SY HELE WOORD en SY FEESTE met die hulp en leiding van SY HEILIGE GEES?

He-Brews-Coffee-Roastery-Logo

Stay In Touch