Elul 22 (4 September 2026) The KING is in the FIELD! AWAKEN the BELIEVERS! CONGREGATION…
MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (DIE DOOD) NA SY WONDERLIKE LIG (DIE LEWE), Deel 16: YHVH die GOD van die SMAL WEG
12 Augustus 2026
Goeie dag almal, Ons gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (die donker, afwesigheid van geestelike lig, onkunde, ongeloof, nood en elende, die dood) NA DIE WONDERLIKE LIG (openbaring van die waarheid, wysheid, geloof, geestelike vol lewe) VAN ABBA VADER. En ons leer verder HOE ons, DIE SMAL WEG deur YESHUA ons MESSIAS vind wat lei vanuit die DUISTERNIS van EGIPTE/ ‘n prentjie van die WÊRELD, na ABBA VADER en ons help om die REDE en DOEL waarvoor HY ons gemaak het te vind, te verstaan, te groei daarin tot ons volle potensiaal en ons DOEL en ROEPING suksesvol uit te voer.
Ons gesels nog oor WIE ons SKEPPER GOD van LIG en LEWE is wat saam met ons beweeg op die SMAL WEG na DIE EWIGHEID.
Ons het nou reeds vanuit ons studie in SY WOORD bevestig:
HY IS DIE SKEPPER VAN HEMEL, AARDE en ALLES DAARIN (Opsomming van Deel 2)
- ELOHIM God in die meervoud. EEN GOD in DRIE soos wat Hy Homself dan ook in die res van Sy Woord aan ons openbaar as GOD die VADER, die SEUN en die HEILIGE GEES.
- Hy is dus DRIE MAAL HEILIG. DIE VADER is HEILIG, DIE SEUN YESHUA DIE MESSIAS is HEILIG en DIE GEES is HEILIG, AFGESONDER en daar is GEEN onheiligheid of duisternis IN HOM NIE.
- YESHUA die MESSIAS, as die LIGGAAM van GOD die VADER is ons ADVOKAAT/ MEDIATOR/ MIDDELAAR, ons VOORSPRAAK by die VADER asook die REGVERDIGE REGTER.
- Yeshua ons Messias is ook ons HOË PRIESTER in die ORDE van MELGISEDEK.
- HY IS DUS DIE SKEPPER en daarom ook DIE LEWE – die BRON van LEWE van ALLES wat BESTAAN en ook ons ALMAL se VADER en HY GEE aan DIÈ wat KIES om in HOM te GLO en HOM te VOLG, DIE LEWE IN OORVLOED (in alles meer as genoeg) asook die EWIGE LEWE.
HY IS WIE HY IS, die BEGIN van ALLES en die EINDE van ALLE DINGE
- Die GOD van ABRAHAM, die GOD van ISAK en die GOD van JAKOB/ ISRAEL.
- SY NAAM, YHVH is vir EWIG, en dit is SY GEDENKNAAM van gelsag tot geslag.
- HY is YHVH, die KONING van ISRAEL en SY VERLOSSER.
- Hy is YHVH van die LEËRSKARE (die HEMEL WEERMAG).
- Daar is buiten Hom GEEN ander God nie.
- HY IS DIE LEWENDE EN EWIGE GOD WAT BESTAAN VAN ALTYD AF EN ALTYD SAL BESTAAN.
- Hy is ALOMTEENWOORDIG en Hy WEET ALLES.
HY IS DIE ENIGSTE WARE LIG EN DAAR IS GEEN DUISTERNIS IN HOM NIE
- HY is die WARE LIG wat reeds vanaf DAG EEN van die SKEPPING af SKYN terwyl die AARDSE LIGBRONNE, die son, maan en sterre eers op DAG VIER geskep is.
- SY LIG skyn op mense wat in DIEP DUISTERNIS leef en so open Hy hulle blinde oë en lei hulle uit die gevangenis.
- SY LIG SKYN in ons deur SY WOORD want SY WOORD is ‘n LIG en ‘n LAMP wat ons lei uit die duisternis uit en ons help om in die LIG te LEEF.
- Die GOEIE NUUS van God die Vader se REDDING deur Yeshua die Messias skyn soos ‘n LIG op mense.
HY is ‘n VERTERENDE VUUR, daarom is:
- SY WOORD VUUR.
- SY ENGELE is BOODSKAPPERS van VUUR met swaarde van VUUR.
- HY DOOP GELOWIGES met die VUUR van SY HEILIGE GEES.
- HY SUIWER ons GELOOF met VUUR en HY TOETS ons WERK vir die KOINGKRYK met VUUR.
HY IS DIE WOORD (Opsomming van Deel 3)
- HY SKEP DEUR TE SPREEK.
- SY WOORD IS DIE WAARHEID en dus IS HY DIE WAARHEID.
- SY WOORD SAL VIR EWIG BESTAAN.
- HY HOU ALLES IN STAND DEUR SY WOORD.
- SY WOORD IS DIE GOEIE NUUS VIR ALLE MENSE.
HY is SOEWEREIN (Opsomming van Deel 4)
- Hy is OPPERMAGTIG, die HOOGTSTE GESAG in die hemel en op aarde.
- En NIKS kan gebeur sonder dat Hy dit wil of toelaat nie.
- En alles wat HY DOEN het ‘n DOEL en REDE vir dié wat HOM LIEFHET en SY ROEPING vir hulle lewens aanvaar. Vir dié wat HOM dus GEHOORSAAM en VOLG, sal Hy ALLES (ook dit wat met hulle gebeur wat sleg is) ten GOEDE laat meewerk.
HY is die ALMAGTIGE GOD (Opsomming van Deel 5)
- Hy is dus die perfekte SKUILPLEK en TOEVLUG waarop ons kan VETROU.
- Hy is DIE EWIGE ROTS, ‘n VASTE FONDASIE, die REDDER, ons VERLOSSER en ons BESKERMER.
- Sy NAAM is YHVH, ‘n STERK TORING waarin ons kan hardloop en BESKUT word teen alle gevare.
- Aan die wat na SY STEM LUISTER en HOM VOLG (Hom gehoorsaam), gee HY DIE EWIGE LEWE en niemand kan ons uit SY HAND ruk nie.
- Hy VERSTERK ons en BEWAAR ons van die bose.
- Hy is GROOT en KRAGTIG en SY VERSTAND (denkvermoë, insig, intellek) is ONEINDIG.
- Hy is die EWIGE GOD, YHVH, die SKEPPER van ALLES en Hy word nooit moeg of mat (vermoeid, kragteloos, afgemat/ uitgeput na gees of liggaam) nie.
- SY ALMAG en VERSTAND kan nie ten volle verstaan word nie.
- YESHUA ons MESSIAS is hierdie ALMATIGE GOD wat met SY WEDERKOMS deur elke oog gesien sal word.
- Hierdie ALMAGTIGE GOD is REGVERDIG en SY WEË IS WAARAGTIG (betroubaar).
HY IS DIE BRON VAN ALLE VERSTAND EN WYSHEID EN HY GEE WYSHEID, INSIG/ BEGRIP AAN DIE MENS
- Sy SKEPPING GETUIG van WYSHEID wat te hoog en te groot vir enige mens is om te verstaan.
- ALLES werk volmaak saam.
- Hy het alles MOOI GEMAAK op SY TYD.
- Die mense kan nie die werke van God volkome (heeltemal, geheel en al) ondersoek of verstaan nie want dit is te groot vir ons menslike verstand en wysheid.
- Hy GEE egter WYSHEID aan die mens wat Hom daarvoor vra.
- God se WYSHEID is ten EERSTE REIN (suiwer, onbevlek, onbesmet), dan VREDELIEWEND, VRIENDELIK, GESEGLIK (inskiklik), VOL BARMHARTIGHEID (sag, met meegevoel teenoor ander) en GOEIE VRUGTE, ONPARYDIG (nie bevooroordeeld nie, regverdig teenoor alle partye) en ONGEVEINS (opreg).
- YESHUA die MESSIAS, die SEUN van GOD, kan ons VERSTAND OPEN sodat ons die WAARAGTIGE (die EGTE, WARE, BETROUBARE) GOD die VADER en YESHUA die SEUN kan ken, DIE WAARAGTIGE GOD, en die EWIGE LEWE.
HY REGEER oor SY SKEPPING
- HY IS DIE SKEPPER, EIENAAR en KONING van ALLES en HEERS dus vir EWIG as die EWIGE KONING.
- HY stel ALLE vorms van OUTORITEIT (wettige mag en gesag) in die hemel en op aarde aan.
- Die konings van die aarde staan onder SY GESAG, selfs al is hulle ongelowig, sal hulle SY MEESTERPLAN uitvoer sodat SY WOORD WAT GESPREEK IS WAAR SAL WORD.
- Van elke aardse koning, ingesluit elke man, aangestel as koning en heerser oor sy gesin word verwag om GEHOORSAAM te wees aan GOD se WOORD en WET, SY WIL, om REG en GEREGTIGHEID te laat geskied binne sy gesin en om op te tree met God se soort wysheid en inegriteit wat Hy ons in Sy WOORD leer.
- Hy ROEP elke mens as deel van die LIGAAM van YESHUA ons MESSIAS en stel ons aan in ons spesifieke ROEPINGS waarvoor Hy ons elkeen geskep het en stel ons instaat om ons ROEPINGS (die doel en rede vir ons lewens) uit te voer.
- Wanneer strukture van gesag hulle ONDERWERP aan SY GESAG, IN LYN MET SY WOORD, is daar VREDE in ‘n land, gesinne, werksplekke en gemeentes.
HY IS ‘n GOD van ORDE (Opsomming van Deel 6)
- Hy skep ORDE, LIG en OORVLOEDIGE LEWE op die aarde.
- Sy WET (Sy Woord in Genesis tot Deuternomium, opgesom in die TIEN GEBOOIE) en VERORDINGE (voorskrifte insluitend Sy Feeste en wetlike bepalings) skep ORDE en verseker VREDE in die VERHOUDING tussen Hom en die mens asook tussen mense onderling.
- Hy skep ook ORDE deur die daarstelling van MAGSTRUKTURE met MESSIAS YESHUA as die HOOF van ELKE MAN, en die MAN as die HOOF van die VROU, en GOD die VADER as die HOOF van YESHUA die MESSIAS.
- ELKE MENS word GEROEP om hom of haar te ONDERWERP aan die MAGTE (gesagsfigure en gesagstrukture) wat oor hom of haar AANGESTEL is (of dit nou jou man, ouers, regeerders, leiers of bestuurder is), want daar is geen MAG (geen gesag of outoriteit/ wettige mag) behalwe van GOD nie, en die wat daar is, is deur GOD INGESTEL en die DOEL daarvan is om ORDE en VREDE te bewerkstellig.
HY IS REGVERDIG
- Hy hou ELKE mens VERANTWOORDELIK vir sy of haar eie KEUSES en elkeen moet dus die GEVOLGE van hulle eie KEUSES dra want wat jy SAAI sal jy OES.
- Hy seën die nageslag van REGVERDIGE MENSE (mense wat in Hom GLO en in gehoorsaamheid aan SY WOORD en WIL leef) tot in die duisendste geslag.
- Hy laat GEEN sonde ongestraf bly nie en daarom sal die ONREGVERDIGE MENS se dade sy nageslag negatief beïnvloed tot in die derde of vierde generasie. Maar as iemand in hierdie generasie opstaan uit die slegte invloed van sy of haar voorouers en REGVERDIG leef (veral ‘n manlike persoon omdat Abba Vader aan die man die gesag gee as beskermer van sy gesin) sal Abba sy nageslag seën tot in die duisendste geslag.
- ELKE mens wat tot insig kom, oor sy of haar sondes en begryp wat die hartseer gevolge daarvan is vir hom/ haarself en hulle BEKEER van AL hulle sondes – dit ERKEN en BELY, VERGIFNIS daarvoor ONTVANG en WEG DRAAI daarvan, en AL GOD se INSETTINGE (instellings, gebooie) ONDERHOU en REG en GEREGTIGHEID DOEN (DOEN wat REG is volgens God se WOORD en SY WIL), sal sekerlik ‘n VOL LEWE op aarde leef en die EWIGE LEWE ingaan.
- God die Vader het GEEN behae daarin dat enige mens op aarde moet ly as gevolg van hulle sondes of die ewige dood moet sterf nie, Hy is die mens se VERLOSSER en wil hê dat ALLE MENSE GERED word en tot KENNIS van die WAARHEID kom en EWIG LEWE.
- Wanneer ons die SMAL WEG KIES deur ons VERLOSSER YESHUA ons MESSIAS, ontvang ons ‘n NUWE HART en ‘n NUWE mens gees want ons word NUWE MENSE IN HOM en dan gee Hy aan ons SY HEILIGE GEES wat ons leer en lei op die smal weg van GEHOORSAAMHEID aan ABBA VADER. Ons stap dus van daaraf nooit meer alleen nie, ons RAADGEWER en BEMOEDIGER stap ellke dag en in alle omstandighede saam met ons.
HY OORDEEL REGVERDIG (Opsomming van Deel 7-9)
- Hy is die REGVERDIGE REGTER van die ganse aarde.
- Hy is ‘n BARMHARTIGE REGTER wat nie mense straf waneer ons ons bekeer (‘n verandering/ vernuwing van hart en gedagte ondergaan) en weg draai van ons verkeerde weg nie. Dit is die GOEIE NUUS!
- Hy het tydens SY EERSTE KOMS die mens kom RED en hierdie GOEIE NUUS van REDDING deur ons VERLOSSER YESHUA die MESSIAS is beskikbaar vir alle mense om hulle KEUSE te maak tussen LEWE en seën en DOOD en vloek.
- DIE REGVERDIGE REGTER (Yeshua die Messias, aangestel deur YHVH die Vader), sal tydens SY TWEEDE KOMS kom om die aarde te OORDEEL. Dit behels DIE EERSTE OPSTANDING VAN GELOWIGES en die BEOORDELING en BELONING van hulle getrouheid en werk vir die KONINGKRYK volgens die GAWES en ROEPING wat aan elkeen gegee is en die VERSLAAN van die AARDSE VYANDE wat teen Hom opstaan onder leiding van die antimessias/ antichris en die vals profeet, wat ook die eerste mense is wat in die POEL van VUUR (algemeen bekend as die Hel) gewerp sal word.
- Daarna begin die DUISEND JARIGE VREDESRYK/ KONINGKRYK VAN YESHUA DIE MESSIAS en die gelowiges wat deel vorm van die EERSTE OPSTANDING sal saam met Hom heers. Dit eindig met die finale verslaan van die Satan wat ook in die Poel van Vuur gewerp word waar die antimessias/ antichrist en die vals profeet ook reeds is.
- Dit word gevolg met die LAASTE GROOT WIT TROON OORDEEL waartydens ALLE mense wat nog ooit geleef het beoordeel sal word volgens hulle dade. Die wie se name in die BOEK van die LEWE van die LAM geskryf staan sal die EWIGHEID ingaan saam met YHVH die Vader en die Lam (Yeshua die Messias) en die wie se name nie in die BOEK VAN DIE LEWE van die Lam opgeskryf staan nie, sal dan die TWEEDE DOOD sterf in die Poel van Vuur. Die DOOD en DODERYK sal dan as LAASTE VYANDE van God ook in die POEL van VUUR gewerp word.
HY BEPAAL DIE PERFEKTE TYD VIR ALLES (Opsomming van Deel 10)
- ALLES het sy bepaalde uur, en vir ELKE SAAK onder die hemel is daar ‘n tyd.
- En daarom moet ons wag op Hom, en sterk wees en wag op Sy PERFEKTE TYDSBEREKENING wat altyd die REGTE TYD is.
- En Hy laat alles op die REGTE TYD ten goede meewerk vir die wat Hom liefhet en geroep is volgens Sy doel vir hulle lewens.
HY is die GOD van LIEFDE, die BRON van ROTSVASTE LIEFDE
- HY IS YHVH, ‘n God wat BARMHARTIG en GENADIG is.
- Hy het GEDULD met mense en HY IS LOJAAL.
- HY BLY GETROU.
- HY BLY VOL LIEFDE oor al die geslagte heen van die wat Hom liefhet deur Hom te GEHOORSAAM.
- HY VERGEEF alles wat hulle verkeerd gedoen het, maar Hy laat sonde egter nie sommer net verby gaan nie dus laat Hy nie sonde ongestraf bly nie want HY IS ‘n REGVERDIGE GOD.
- HY DISSIPLINEER en STRAF die wat Hy liefhet want Hy weet sonde VERNIETIG mense.
- Hy los ons dus nie om ‘n slaaf van sonde te bly nie, Hy VERLOS ons van die greep wat sonde op ons het.
HY SEËN MENSE EN DIERE (Opsomming van Deel 11)
- Om VRUGBAAR te wees, te VERMEERDER en die aarde te VUL.
- Hy gee aan mense HEERSKAPPY oor die diere en die aarde.
- Hy SEËN SY KINDERS (almal wat Hom liefhet en Hom dus gehoorsaam en dien) deur SY NAAM op hulle te plaas, (amper soos ‘n vrou die van, van haar man aanneem wanneer hulle trou, of ‘n kind wat aangeneem word sy aanneem ouers se van ontvang as bewys dat hy of sy nou deel is van hulle gesin en familie). Hierdie SEËN gee aan SY KINDERS deel aan Sy BESKERMING en SORG, SY TEENWOORDIGHEID en GENADE asook SY VREDE.
- Hy gee die volgende seëninge wanneer ons GOED LUISTER na SY STEM en SY GEBOOIE sorgvuldig (noukeurig, presies, nougeset) hou: seën in die stad en in die veld, kinders, vee, vrugte, koring, drywesap en olie (alles wat ons nodig het), genoeg kos, veiligheid en oorwinning oor ons vyande, voorspoed en sukses in ons beroepe en lewens.
HY VOORSIEN AAN DIE BEHOEFTES VAN MENSE EN DIERE (Opsomming van Deel 12-13)
- Hy VOORSIEN kos en water vanuit die aarde vir mense en diere.
- Hy VERSADIG die dors en honger siele van mense met goeie dinge.
- Hy is ons HERDER en ons kom niks kort nie.
- Hy voorsien aan ons werk, beskerming en veiligheid.
- Hy voorsien aan ons geestelike behoeftes, Hy red ons, verlos ons van ons vyande, help ons en VERBIND gebroke harte.
- Hy BEANTWOORD ons GEBEDE wat in lyn is met Sy wil en voorspoed vir die toekoms vir ons inhou.
- Hy is nie ‘n aansiener van persoon nie, dit beteken Hy hou nie meer van een mens as wat Hy van ‘n ander hou nie en Hy trek niemand voor nie. Hy seën mense volgens hulle GELOOF in Yeshua ons Messias ons REDDER deur die prys wat Hy deur Sy bloed vir ons betaal het om ons los te koop van die mag wat sonde oor ons gehad het en ons GETROUHEID aan HOM deur die onderhouding van SY WOORD. En dus is dit vir ELKE MENS moontlik om in hierdie VERHOUDING met Hom te staan en SY OORVLOEDIGE VOORSIENING te geniet AS ons KIES om in Hom te GLO en GETROU te LEEF aan HOM.
- Ons moet dus DANKBAAR wees vir wat YHVH aan ons elkeen VOORSIEN en nie dit wat Hy aan ander gee BEGEER NIE, want Hy gee aan elkeen van ons dit wat vir ons reg en goed is en ons instaat stel om ons ROEPING en DOEL uit te voer. Ons moet dus GEHOORSAAM wees aan SY TIENDE GEBOD wat ons waarsku om NIE TE BEGEER wat ander het nie en WAAK daarteen om ons met ander te VERGELYK en ONTEVREDE te wees met wat Hy aan ons VOORSIEN.
HY IS DIE GOD WAT BY SY MENSE WOON (Opsomming van Deel 14)
- Hy maak mense aan die begin na Sy beeld en gelykenis, man en vrou het Hy hulle gemaak en geplaas in die Tuin van Eden en Hy is deurlopend teenwoordig by hulle en in direkte interaksie met hulle.
- En selfs na Adam en Eva se ongehoorsaamheid aan Hom voorsien Hy aan hulle ‘n tydelike oplossing om weer in Sy teenwoordigheid te kom en ‘n belofte van ‘n meer permanente opsie deur ‘n REDDER wat sou kom om die kop van die slang (die groot draak, ook genoem die duiwel en die Satan) te vermorsel.
- En ons sien Sy deurlopende interaksie met mense in die Ou Testament deur die bou van ‘n TABERNAKEL en later ‘n TEMPEL wat Hom, ‘n HEILIGE GOD kon skei van die mens met ‘n SWAAR GORDYN sodat Sy HEILIGHEID wat brand soos ‘n HEILIGE VUUR, nie die mens in sy sondige toestand sou vernietig nie.
- En dit het voortgeduur totdat Hy in die PERSOON van Yeshua die Seun van YHVH verskyn as die Redder van die mens, om die mens LOS te KOOP met SY KOSBARE BLOED van die slawerny aan die sonde en dus uit die mag van die slang (die groot draak, ook genoem die duiwel en die Satan) VRY te maak. En so is die SWAAR GORDYN wat die mens van Hom moes skei middeldeur geskeur en die mens wat hierdie VOLKOME PRYS vir sy of haar sonde aanvaar, nou weer die voorreg het om in YHVH, die ALMAGTIGE GOD (ELOHIM, die DRIE-ENIGE GOD) se TEENWOORDIGHEID te verskyn en DIREK met HOM, ons SKEPPER en HEMELSE VADER te KOMMUNIKEER in die NAAM van YESHUA ons MESSIAS (ons VERLOSSER en REDDER) deur SY HEILIGE GEES wat binne in ons WOON as SY LEWENDE TEMPELS.
- Wanneer ons die EERSTE DOOD sterf, wat die einde beteken van die AARDSE LIGGAAM, gaan ons SIEL en GEES na HOM in die PARADYS in afwagting van die EERSTE OPSTANDING wat sal plaasvind tydens die TWEEDE KOMS van YESHUA as KONING van die konings en MEESTER van die meesters en GELOWIGES in Hom VERHEERLIKTE LIGGAME sal ontvang en saam met HOM sal WOON in die DUISENDJARIGE VREDESRYK en daarna in die EWIGHEID saam met HOM (Yeshua die Lam van God) en SY VADER, ons HEMELSE VADER, waarin hulle die TEMPEL sal wees van die NUWE JERUSALEM.
HY IS DIE GOD WAT SY MENSE LEER HOE OM ‘N VOL EN GELUKKIGE LEWE TE LEEF, NOU REEDS OP AARDE EN TOT IN EWIGHEID (Opsomming van Deel 15)
- Die LEER PROSES van YHVH ons GOD het DRIE FASES: EERSTENS, LEER HY ONS WAT HEILSAAM IS (dit wat geluk en voorspoed bring, nuttig/ waardevol en seënryk is), wat jou LEI OP DIE WEG wat jy MOET GAAN.
- Hy maak ons SY WEË BEKEND, LEER ons SY PAAIE en LEI ons in SY WAARHEID.
- Ons BESTE VOORBEELD van YHVH ons GOD as ons LEERMEESTER (RABBI) is YESHUA ons MESSIAS self, DIE WOORD VAN GOD DIE VADER wat VLEES GEWORD het en INDERDAAT GOD DIE VADER SELF IS. Hy LEER ons met, SALIGSPREKINGE (uitsprake van redding, seën en hoogste geluk), die BERG PREDIKING (waarin getrouheid en gehoorsaamheid aan God die Vader beklemtoon), GELYKENISSE (verhale uit die daaglikse lewe wat godsdienstige waarhede of morele lesse verduidelik/ makliker verstaanbaar maak, en SY PROFETIESE REDE (verduidelikings) oor die EINDTYD
- Yeshua ons Messias open Sy dissipels se VERSTAND om die SKRIFTE, die Woorde wat oor Hom gekryf is in die WET van Moses, dus die Torah (Genesis tot Deuternomium), die Profete en die Psalms wat vervul moes word, te VERSTAAN.
- En gedurende die EERSTE PINKSTERFEES na Yeshua ons Messias se HEMELVAART, stuur GOD die VADER die HEILIGE GEES na SY dissipels as LEERMEESTER; en vandag het elke GELOWIGE VOLGELING van YESHUA die MESSIAS die VOORREG om die HEILIGE GEES te ontvang as LEERMEESTER van die WAARHEID en ons dus te LEER en te HERINNER aan ALLES wat YESHUA ons MESSIAS, die WOORD van GOD die VADER gesê het. End us het ons nie nodig dat iemand ons LEER nie, want HY LEER ons aangaande alles.
- TWEEDENS, TOETS HY ons deur die KWALITEITt van ons GELOOF, en dus ons BETROUBAARHEID en ons GETROUHEID aan HOM TE ONDERSOEK ook deur BEPROEWING wat lyding kan insluit.
- HY deursoek die mens se HART (simbolies vir die mens se gedagtes) en TOETS die NIERE (simbolies vir die mens se emosies), om aan ELKEEN te GEE volgens sy WEË, volgens die VRUG (die resultaat, die gevolg) van sy HANDELINGE (dade, optrede).
- HY REINIG en LOUTER (suiwer, reining) ons GELOOF soos goud in die oond van BEPROEWING (lyding) soda tons gedagtes, emosies en dade GEREGTIGHEID kan voortbring.
- SY WOORD is LEWEND, KRAGTIG en SKERPER is as enige TWEESNYDENDE SWAARD, en het die vermoë het om deur te dring tot die skeiding van SIEL en GEES en van LIGGAAM om die GEDAGTES van die HART te BEOORDEEL. En daarom kan TOETSING/ BEPROEWING met die DOEL van DISSIPLINERING ‘n SEER PROSES wees, maar dit is noodsaaklik vir ons GEESTELIKE GROEI tot GEESTELIKE VOLWASSE GELOWIGES.
- DERDENS, DISSIPLINEER HY ons sodat ons in GEHOORSAAMHEID en GETROUHEID aan HOM, in VEILIGHEID en OORVLOED sal LEEF.
- HY tugtig dus hom wat HY LIEFHET, soos ‘n vader sy kinders wat deur dissipline aan sy kinders grense leer wat ‘n veilige en gelukkige lewe verseker end us in hulle belongs is.
- Om GEDISSIPLINEER te word is nie ‘n aagename proses nie, maar indien ons DISSIPLINE AANVAAR lei dit to VERBETERING en vermy ons die gevaarlike PAAIE van die DOOD. Wanneer DISSIPLINE dus to INKEER en ‘n HEILIGE LEWE volgens die wil van God lei het dit GROOT WAARDE.
- Dit is egter ook van groot belang dat DISSIPLINE in LIEFDE en met RESPEK toegepas word.
En as deel hiervan gaan ons ook vandag gesels oor:
YHVH ons GOEIE HERDER
Die HAT Woordeboek omskryf die woord HERDER soos volg: Iemand wat vee, veral SKAPE OPPAS, iemand wat oor ander TOESIG HOU, WAAK (wakker bly om wag te hou veral in die nag); ‘n HOEDER (beskermer, bewaker, oppasser). Dit dui ook op ‘n GEESTELIKE LEIER of PREDIKANT (en ons kan byvoeg: PASTOOR en OUDERLING). Indien die LEIER DWAAL, DWAAL die SKAPE ook.
Die Neslon’s Foundational Bible Dictionary beskryf ‘n HERDER soos volg: ‘n SKAAPWAGTER. In Bybelse tye het die HERDER die SKAPE gelei na wievelde, waterryke plekke en snags na die skaapkraal. Hy was ook daarvoor verantwoordelik om die SKAPE te BESKERM teen WILDE DIERE. Die term word ook gebruik in ‘n GEESELIKE sin, YHVH ons GOD self word die HERDER genoem en YESHUA is die GOEIE HERDER wat Sy lewe vir die SKAPE aflê. Die LEIERS van God se VOLK word ook HERDERS genoem in beide die Ou- en Nuwe Testament. Die PATRIARGE (aartsvaders, stamvaders van Israel) in die Boek Genesis was HERDERS wat groot trope skape aangehou het vir vleis, melk, wol en skaapvelle.
ONS LEES DIE VOLGENDE VAN VAN HIERDIE HERDERS IN DIE OU TESTAMENT
Die eerste SKAAPHERDER waarvan ons lees is ABEL in Genesis 4:2 en daarna lees ons van ABRAHAM in Genesis 13:2 wat baie ryk was aan VEE, silwer en goud.
En in Genesis 29:6-9 lees ons van ‘n RAGEL wat ‘n SKAAPWAGTER was. Sy het haar pa, Laban se VEE opgepas. En nog vroue SKAAPWAGTERS, wat hulle pa se vee opgepas het is SIPHORA (wat later Moses se vrou geword het) en haar susters, die sewe dogters van Reüel (ook genoem Jetro), ‘n priester van Midian waarvan ons lees in Eksodus 2:15-22.
Ons weet ook JAKOB moes vir SEWE JAAR werk vir Laban as ‘n HERDER (‘n skaapwagter) om met Ragel te trou. Lees Genesis 29:16-35 asook 30:29-31.
En in Eksodus 3:1 lees ons MOSES het sy skoonpa JETRO (ook genoem Reüel) se KLEINVEE (wat hoofsaaklik SKAPE en bokke sou wees) opgepas. Dit was waarskynlik in VOORBEREIDING vir die werk waarvoor Abba Vader hom later sou ROEP om SY VOLK deur die woestyn te lei want ons lees in Psalm 77:21 “U het U VOLK soos SKAPE GELEI deur die hand van MOSES en Aäron.” En Jesaja 63:11 sê: “Toe het Sy VOLK gedink aan die dae van die ou tyd, van MOSES: Waar is HY (‘n verwysing na God) wat hulle uit die see laat optrek saam met die herder (‘n verwysing na Moses) van sy KUDDE? Waar is HY wat SY HEILIGE GEES in hulle midde gegee het?” Dus kry ons hier ook ‘n beeld van die HEILIGE GEES as HERDER want ons weet HY LEER en LEI ons volgens die STEM van YHVH ons GOD/ SY WOORD, net soos Hy gedoen het in die woestyn.
En een van die bekendste SKAAPWAGTERS in die WOORD is DAWID. Ons lees van hom in 1 Samuel 16:11 en 17:34-35 waarin Dawid aan koning Saul sê: “…U dienaar het vir sy vader (sy pa Isai) die KLEINVEE (skape) OPGEPAS, en as daar ‘n LEEU of ‘n BEER kom en ‘n stuk KLEINVEE uit die TROP wegdra, dan gaan ek uit agter hom aan en VERSLAAN hom en RUK dit uit sy bek uit; en as hy my AANVAL, GRYP ek hom aan sy baard en VERSLAAN hom en maak hom dood.” En in vers 37 lees ons dat Dawid erken dit is YHVH wat hom GERED het uit die KLOU van die LEEU en die BEER en daarom het hy veresker geweet dat Hy hom ook sou red uit die mag van die Filistyn, die reus Goliat.
En ons in 2 Samuel 5:2 sê die volk, al TWAALF STAMME van ISRAEL aan Dawid “Gister sowel as eergister toe Saul koning was, het ú ISRAEL uit- en ingelei; en YHVH het aan u gesê: Jý moet My VOLK ISRAEL OPPAS, en jý moet ‘n VORS (‘n koning) wees oor ISRAEL (op daardie stadium was hule nog EEN VERENIGDE KONINGKRYK).” En Psalm 78:70-72 som dit soos volg op: “En HY (YHVH) het Sy kneg Dawid UITVERKIES en hom van die SKAAPKRALE af geneem. Agter die LAMMEROOIE het HY hom weggehaal, om JAKOB, SY VOLK, OP TE PAS en ISRAEL, SY ERFDEEL (sy mense wat Hy verlos het uit die slawerny van Egipte). En hy (Dawid) het hulle OPGEPAS na die OPREGTHEID van sy hart en hulle GELEI met die VERSTANDIGE oorleg van sy hande (die NLV sê: met bekwame hande gelei). ”
En dan word daar ook al sommer vroeg in die WOORD in Genesis 46 vir ons gesê:
EGIPTE, ‘n BEELD VAN DIE WÊRELD, VERAG/ VERAFSKU DIE HERDERS
Ons lees in Genesis 46:34 die ISRAELIETE, wat VEEBOERE was moes in die land GOOSEN woon “…Want ELKE HERDER van KLEINVEE (hoofsaaklik SKAPE en bokke) is vir die Egiptenaars ‘n GRUWEL (afskuwelik, weersinwekkend, verfoeilik, veragtelik).”
EN GOD SE MENSE, SY VOLK WORD OOK AS SY SKAPE UITGEBEELD.
DIE VOLK VAN GOD, DIE WAT KIES OM HOM TE DIEN EN VOLG, IS GOD SE SKAPE
Die Nelson’s Foundational Bible Dictionary beskryf ‘n SKAAP soos volg: ‘n Dier wat op groot skaal grootgemaak is in Palestina (die land Kanaän, later deur Joshua oorwin en toe gneoem ISRAEL) vir sy wol, vel, vleis en melk. SKAPE word ongeveer 750 keer genoem in die WOORD, meer as enige ander soort dier. Hulle is beskou as rein diere en is meestal gebruik as offers (Lees Levitikus 1:10, 4:32, 5:15 en 22:21). SKAPE is KUDDE/ TROP DIERE, wat hulpeloos is in gevaar situasies en ‘n konstante behoefte het aan hulle SKAAPWAGTER se VERSORGING/ VOORSIENING, LEIDING en BESKERMING. SKAPE KEN die STEM van hulle HERDER wat na hulle OMSIEN en sal SLEGS kom wanneer hy hulle ROEP.
Prediker 3:17-19 vertel aan ons: “ Ek het in my hart gesê (dit beteken, ek het GEDINK): God sal die REGVERDIGE (die wat HOM KEN en GEWILLIGLIK GEHOORSAAM en volgens SY WIL LEEF), en die GODDELOSE (die wat HOM nie KEN nie en nie wil GEHOORSAAM en nie volgens SY WIL LEEF nie) OORDEEL, want dáár is ‘n TYD vir elke saak en vir elke werk. Ek het in my hart gesê (gedink): ter wille van die mensekinders gebeur dit, dat God hulle kan BEPROEF (hulle GELOOF en GETROUHEID aam HOM kan toets, veral deur lyding) en dat hulle kan INSIEN (kan besef en verstaan) dat hulle in hulself VEE is. Want die lot van die mensekinders is ook die lot van die VEEDIERE: hulle het een en dieselfde lot; soos die een sterwe, so sterwe die ander, en hulle almal het DIESELFDE ASEM, en ‘n voorkeur van die mens bo die VEEDIERE is daar nie;…ALLES gaan na EEN PLEK toe (die graf); ALLES is uit die STOF, en alles keer na die STOF terug. Wie bespeur dat die ASMEM van die mensekinders OPGAAN BOONTOE, en dat die ASEM van die VEEDIERE neerdaal ONDERTOE in die AARDE?”
So wat die Prediker hier verduidelik is dat mense se LIGGAME, net soos veediere STERF en weer STOF word, maar ons weet nie of die MENS se ASEM (wat GOD in die mens se neus geblaas het sodat hy ‘n LEWENDE SIEL geword het lees in Genesis 2:7) en die VEE waaraan God ook die asem gee na dieselfde plek gaan nie. Prediker 12:7 bevestig egter duidelik dat die MENS SE LIGGAAM terugkeer tot die STOF van die aarde waaruit ons gemaak is, “en die GEES na GOD terugkeer wat dit gegee het.” Let wel dat die mens se GEES en SIEL onskeibaar is van mekaar, dus gebruik die WOORD hierdie twee terme afwisselend in verskillende gedeeltes. Ons sien egter dat die GEES en SIEL wel van die LIGGAAM geskei kan word.
So die MENS word hier vergelyk met VEE, wat ons weet spesifiek ‘n SKAAP is, en daarom benodig ons ‘n GOEIE HERDER om vir ons te VOORSIEN, ons te LEI en ons te BESKERM!
Ons lees ook in die Psalms die volgende:
- “Verlos U VOLK en SEËN U ERFDEEL (U mense wat U verlos het uit die slawerny van Egipte), en wees vir hulle ‘n HERDER en DRA hulle tot in EWIGHEID.” Psalm 28:9.
- “En ons, U VOLK en die SKAPE van U WEIDE (grasland), ons sal U vir EWIG LOOF, van GESLAG tot GESLAG sal ons U LOF vertel.” Psalm 79:13, en
- “Erken dat YHVH God is: Hy het ons gemaak, en ons is SYNE, SY VOLK en die SKAPE van SY WEIDE (grasland).” Psalm 100:3
En in Johannes 10:16 sê Yeshua ons Messias: “Ek het nog ANDER SKAPE wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook LEI, en hulle sal na MY STEM LUISTER, en dit sal wees EEN KUDDE, EEN HERDER.” Hierdie is ‘n verwysing na die SUIDRYK (die stamme van Juda en Benjamin, bekend as die Jode) en die SUIDRYK (die tien stamme onder Efraim, bekend as ISRAEL) wat in die VREDESRYK verenig sal word as EEN ISRAEL onder die KONINGKAP van YESHUA.
Dit is dus DUIDELIK dat GELOWIGES in YESHUA ons MESSIAS, GOD se SKAPE is!
En in Lukas 12:32-34 sê Yeshua aan Sy dissipels: “Moenie vrees nie, KLEIN KUDDETJIE, want julle VADER het ‘n welbehae daarin gehad om aan julle die KONINGKYK te gee. Verkoop julle besittings en gee aalmoese (gesenke aan armes); maak vir julle beurse wat nie oud word nie, ‘n SKAT in die HEMEL wat ONUITPUTLIK is, waar geen dief by kom of mot verteer nie (die NLV sê: ”…die beursies van die hemel kry nie gate in nie”). Want waar jou SKAT is, daar sal jou HART (jou emosies, dus jou liefde/ toegewydheid en gedagtes) ook wees.” Ons word dus hier herinner om ons as gelowiges af te sny van die LIEFDE vir die wêreld en wêreldse besittings en ons oë te fokus op die KONINGKRYK van GOD.
En wanneer ons die BEELD van ‘n GELOWIGE as ‘n SKAAP van GOD verstaan, verstaan ons ook Paulus en Petrus se verduideliking in Romeine 12:1 en 1 Petrus 2:5 dat ons LEWENDE HEILIGE (afgesonderde, toegewyde) OFFERS moet word deur YESHUA ons MESSIAS wat vir God ons Vader aanvaarbaar is want dit is waaroor WARE GODSDIENS gaan.
Mense het dus ‘n HERDER nodig.
EN YHVH ons GOD is dan ook INDERDAAT DIE HERDER VAN MENSE
Ons lees in Genesis 49 seën Jakob sy twaalf seuns voordat hy sterf en as deel van Josef se seën sê hy is vers 23-25: “Die boogskutters het hom wel geprikkel (hom aangedryf met ‘n stok met ‘n skerp punt waarmee diere aangedryf word) en hom beskiet (op hom geskiet) en hom bestry (teen hom geveg), maar sy boog het sterk gebly, en die arms van sy hande was buigsaam (die NLV sê: “sy arms het meer krag gekry”) deur die hande van die MAGTIGE van JAKOB (ISRAEL) – daarvandaan waar die HERDER, die STEEN (ROTS) van ISRAEL, is van die GOD van jou vader, wat jou HELP, en met die HULP van die ALMAGTIGE wat jou seën…”
Ons sien hierdie beskrywing weer in Psalm 80:2-4 naamlik: “o HERDER van ISRAEL, hoor tog; U wat Josef (insluitend sy seuns Efraim en Manasse), soos SKAPE LEI, wat bo-oor die gerubs (‘n tipe engel of hemelse wese) troon, verskyn in ligglans! Wek U mag voor EFRAIM, BENJAMIN en MANASSE, en kom ons te hulp! O GOD, HERSTEL ons, en laat U AANGESIG SKYN, sodat ons VERLOS kan word!”
Ons lees ook in Psalm 77:21 “U het U VOLK SOOS SKAPE GELEI deur die hand van Moses en Aäron.”
En in Psalm 78:52 lees ons weer: “Maar Hy het SY VOLK laat wegtrek SOOS SKAPE en hulle GELEI soos ‘n KUDDE in die woestyn.”
En Dawid skryf in die bekende Psalm 23 “YHVH is my HERDER; niks sal my ontbreek nie.”
En ons weet,
YESHUA, die LIGGAAM van YHVH ons GOD, IS DIE GOEIE HERDER
Ons lees in Sagaria 13:7 die profesie van Yeshua die HERDER se KRUISIGING naamlik: “Ontwaak, o swaard, teen MY HERDER, en teen die man wat my metgesel is (die NLV sê: “teen die man wat so naby aan my is”)! Spreek YHVH van die LEËRSKARE (die Engelweermag) Slaan die HERDER, sodat die SKAPE VERSTROOI WORD; en Ek sal MY hand weer uitstrek oor die geirnges.” En in Mattheus 26:31-32 bevestig Yeshua dat hierdie profesie geskryf is oor Hom wanneer ons lees: “Toe sê Yeshua vir hulle: Julle sal almal in hierdie nag aanstoot neem aan My (My in die steek laat), want daar is geskrywe (met verwysing na Sagaria 13:7): Ek sal die HERDER SLAAN, en die SKAPE van die KUDDE sal VERSTROOI word. Maar nadat Ek uit die dood opgewek is, sal Ek julle vooruitgaan na Galilea toe.” Lees ook Markus 14:27.
En Jesaja 40 is ‘n profesie oor die VREDESRYK en in vers 10-11 lees ons: “Kyk, die MEESTER, YHVH sal kom as ‘n STERKE, en SY ARM (‘n verwysing na Yeshua) sal HEERS; kyk, SY LOON is by HOM, en SY BELONING is voor Sy aangesig (lees ook Jesaja 62:11 en Openbaring 22:12). Hy sal Sy KUDDE laat wei soos ‘n HERDER; Hy sal die LAMMERS in SY ARM vergader en aan die bors dra; die LAMMEROOIE sal HY SAGGIES LEI.” Lees ook Openbaring 7:15-17.
Ons vind nog ‘n profesie oor die VREDESRYK en HERSTEL van ISRAEL in Esegiel 34 en ons lees in vers 23-24: “En Ek sal EEN ENKELE HERDER oor hulle verwek (aanstel), en HY sal hulle laat WEI, naamlik my kneg Dawid (‘n verwysing na Yeshua gebore as mens uit die nageslag van David, die stam van Juda, bekend as die Jode); HY sal hulle laat WEI, en Hy sal vir hulle ‘n HERDER wees. En Ek, YHVH, Ek sal vir hulle ‘n God wees, en My kneg Dawid ‘n VORS (KONING) in hulle midde. Ek, YHVH, het dit gespreek.” En in Esegiel 37 waarin ons lees van die VERENIGING van die TWEE KONINGKRYKE van JUDA (die SUIDRYK) en JOSEF (met verwysing na die Efraim, die NOORDRYK bekend as ISRAEL) weer tot EEN KONINGKRYK van ISRAEL sê YHVH in vers 21-28: “So spreek MEESTER YHVH: Kyk, Ek gaan die KINDERS van ISRAEL haal tussen die nasies uit waarheen hulle getrek het, en Ek sal hulle van alle kante bymekaar laat kom en hulle bring in die land. EN Ek sal hulle EEN VOLK maak in die land, op die BERGE van ISRAEL; EEN (hoofletter) KONING sal vir hulle almal koning wees; en hulle sal nie meer TWEE NASIES wees nie en verder nie meer in TWEE KONINGKRYKE verdeel wees nie. En hulle sal hulle nie meer verontreining met hulle drekgode en hulle verfoeisels en met al hulle oortredinge nie; en EK sal hulle VERLOS uit al hulle woonplekke waarin hulle gesondig het, en sal hulle REINIG. So sal hulle dan vir MY ‘n VOLK wees, en EK vir hulle ‘n GOD wees. (DIT IS TANS BESIG OM TE GEBEUR! BAIE MENSE BEGIN BESEF WAT DIE WAARHEID IS en hulle keer terug na die WEG van YHVH ons GOD.) En MY kneg Dawid (‘n verwysing na Yeshua) sal koning oor hulle wees, en hulle sal almal EEN HERDER hê; en hulle sal in MY VERORDENINGE (voorskrifte, wetlike bepalings, bevele) LEEF en MY INSETTINGE (instellings, gebooie) ONDERHOU en daarin handel. En hulle sal woon in die land wat EK aan my kneg JAKOB (ISRAEL) gegee het, waar julle vaders in gewoon het; ja, húlle sal daarin woon, hulle kinders en hulle kindskinders (kleinkinders) tot in EWIGHEID; en My kneg Dawid (Yeshua) sal hulle VORS (KONING) wees vir EWIG (Lees ook Openbaring 17:14, 19:16 en 20:4). En EK sal ‘n VERBOND van VREDE met hulle sluit, dit sal ‘n EWIGE VERBOND met hulle wees; en Ek sal hulle daar bring en hulle vermenigvuldig; en Ek sal MY HEILIGDOM in hulle midde vestig vir EWIG. En MY TABERNAKEL (My Tent) sal oor hulle wees (lees ook Openbaring 7:15-17), en EK sal vir hulle ‘n GOD wees en hulle vir My ‘n VOLK wees. EN die nasies sal weet dat EK YHVH is wat ISRAEL HEILIG (afsonder en toewy) as MY HEILIGDOM wat vir EWIG in hulle midde sal wees.” Lees ook Openbaring hoofstuk 21-22.
In Johannes 10:1-14 bevestig Yeshua dat Hy die GOEIE HERDER is en ons lees in vers 11 en vers 14-15 & 17-19 “EK IS DIE GOEIE HERDER. DIE GOEIE HERDER LÊ SY LEWE AF VIR DIE SKAPE…EK IS DIE GOEIE HERDER, en EK KEN MY EIE en word deur MY EIE GEKEN. Net soos DIE VADER MY KEN, KEN EK OOK DIE VADER; en EK LÊ MY LEWE AF VIR DIE SKAPE…Daarom het DIE VADER MY LIEF, omdat EK MY LEWE AFLÊ om dit WEER (op) te NEEM. Niemand neem dit van MY af nie, maar EK LÊ dit uit MYSELF AF. Ek het MAG om dit af te LÊ en EK het MAG om dit WEER OP TE NEEM. HIERDIE GEBOD (bevel) het ek van MY VADER ONTVANG.” En in vers 30 gee YESHUA ons MESSIAS en HERDER, bevestiging dat GOD die VADER, die GOEIE HERDER is, wanneer Hy sê: “EK en die VADER is EEN.” Lees ook Johannes 17:11 & 22.
En in Hebreërs 13:20-21 lees ons: “Mag die GOD VAN VREDE, wat die GROOT HERDER van die SKAPE, naamlik ONSE MEESTER YESHUA die MESSIAS, deur die BLOED van die EWIGE TESTAMENT uit die DOOD teruggebring het, julle VOLMAAK (tot volmaaktheid bring) in ELKE GOEIE WERK, OM SY WIL TE DOEN, deur IN julle te WERK wat WELBEHAAGLIK (aanneemlik) is voor HOM (GOD die VADER) deur MESSIAS YESHUA aan wie die HEERLIKHEID TOEKOM tot in ALLE EWIGHEID! AMEN.”. En Petrus noem Yeshua ons Messias in 1 Petrus 2:25 “die HERDER en OPSIENER (die TOESIGHOUER, BEWAKER, VERSORGER) van julle SIELE (julle harte/ emosies en verstand/ gedagtes) en in hoofstuk 5:4 noem hy Hom die “OPPERHERDER (die HERDER met die HOOGSTE GESAG).”
Ons het reeds gesels oor Egipte, ‘n uitbeelding van die wêreld wat die HERDERS verafsku (Genesis 46:34). En dus maak dit dan ook sin dat hulle die GOEIE HERDER, vir YHVH ons GOD en YESHUA ons MESSIAS sal verafsku. Ons lees in Psalm 2:2-4 & 9-12 “Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste (die regeerders/ prinse) hou saam raad teen YHVH en SY GESALFDE en sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp! Hy wat in die hemel woon (YHVH), lag; die MEESTER spot met hulle…U sal hulle VERPLETTER met ‘n YSTERSTAF, U sal hulle STUKKEND SLAAN soos ‘n ERDEPOT. Wees dan nou VERSTANDIG, o konings; laat julle WAARSKU, o regters van die aarde! DIEN YHVH met VREES, en JUIG met BEWING. KUS (bewys LIEFDE aan) die SEUN, dat Hy nie toornig word en julle op die WEG VERGAAN nie; want gou kan SY toorn ontvlam. Welgeluksalig (gelukkig en geseënd ) is ALMAL wat by Hom skuil!” Lees ook Openbaring 16:12-14 waarin ons sien dat die konings van die aarde teen die LAM sal oorlog voer maar die LAM sal hulle OORWIN.
En Yeshua bevestig dan ook in Johannes 15:18-21 “As die wêreld julle HAAT, moet julle weet dat hy MY voor julle GEHAAT het. As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar EK julle uit die wêreld UITVERKIES het, daarom HAAT die wêreld julle. ONTHOU die WOORD wat Ek vir julle gêse het: ‘n Dienskneg is nie groter as sy meester nie. As hulle MY VERVOLG het, sal hulle julle ook vervolg. As hulle MY WOORD bewaar (handhaaf, behou, nakom/ gehoorsaam) het, sal hulle julle woord ook bewaar (handhaaf, behou, nakom/ gehoorsaam). Maar al hierdie dinge sal hulle aan julle doen ter wille van MY NAAM, omdat hulle HOM (die Vader) nie KEN wat MY gestuur het.
YESHUA DIE LAM
Ons weet vanuit die WOORD YESHUA ons MESIAS en HERDER is ook die LAM van GOD die VADER. Behalwe dat Hy soos ‘n LAM geslag en geoffer moes word vir ons sondes, maak dit dan ook sin dat Hy DIE LAM genoem is want Hy het mens geword en ons weet mos dat die WOORD, GOD se mense, SY SKAPE noem! Ons lees in Jesaja 53:7 “Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe (sonder verset, lydsaam/ berustend) was, en Hy het SY mond nie OOPGEMAAK nie; soos ‘n LAM wat na die SLAGPLEK GELEI word en soos ‘n SKAAP wat stom is voor Sy skeerders – ja, Hy het SY MOND nie OOPGEMAAK nie.” En Johannes die Doper bevestig dat dit Yeshua is in Johannes 1:29 “…DÁÁR is DIE LAM van GOD (die Vader) wat die sonde van die wereld wegneem! ”
En baie gepas met die BEELD van HERDER en SKAPE is DIE GEBOORTE VAN YESHUA OOK EERSTE AANGEKONDIG AAN DIE SKAAPWAGTERS soos ons lees in Lukas 2:8-20.
YESHUA ONS MESSIAS IS DUS BEIDE DIE LAM van GOD DIE VADER EN DIE GOEIE HERDER VAN DIE SKAPE.
In Openbaring 7:9-17 sien ons die kombinering van Yeshua ons Messias se rol as DIE LAM en DIE GOEIE HERDER, ons lees hier van die martelare, mense wat gemartel en gedood is vir hulle geloof in en getuienis van Yeshua die Messias en hulle gehoorsaamheid aan die Woord van God (die Torah, opgesom in die Tien Gebooie, lees Openbaring 12:11 & 17) gesterf het wat in die Paradys is en staan voor die troon van die LAM met wit klere aan en palmtakke in hulle hande en hulle loof God die Vader en die LAM en ons lees dan in Openbaring 7:14-17 die volgende: “…Dit is hulle wat uit die GROOT VERDRUKKING kom, en hulle klere wit gemaak het in die BLOED van DIE LAM. Daarom is hulle voor die troon van GOD (die Vader) en DIEN HOM DAG en NAG in SY TEMPEL; en HY wat op die TROON sit, sal SY TENT (SY TABERNAKEL, lees ook Openbaring 21:3) oor hulle OOPSPAN. Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie; want DIE LAM wat in die middel van die TROON is, sal hulle laat WEI en hulle na LEWENDE WATERFONTEINE LEI, en GOD (die Vader) sal ALLE TRANE van hulle oë afvee.”
En weereens sien ons dat mense ‘n HERDER benodig wanneer ons lees dat MENSE soos SKAPE is WAT AFGEDWAAL het en VERLORE kan raak.
Ons lees in Jesaja 53:6 dat dit juis een van die redes is waarom Yeshua as REDDER vir ons moes kom, want: “Ons ALMAL het GEDWAAL SOOS SKAPE, ons het ELKEEN SY EIE PAD GELOOP; maar YHVH het die ongeregtigheid van ons ALMAL op HOM (‘n verwysing na die Messias) laat neerkom.”
Yeshua bevestig dit in Mattheus 18:12-13 & Lukas 15:4-6 met SY GELYKENIS oor die VERLORE SKAAP, dat HY DIE HERDER IS wat die 99 SKAPE sal laat staan en op die berge die VERDWAALDE EEN GAAN SOEK! En as hy hom kry, blyer sal wees oor die VELRORE een as oor die 99 wat nie verdwaal het nie. En Hy bevestig in vers 11 en 14 “Want die Seun van die mens het GEKOM om te RED wat VERLORE IS…So is dit DIE WIL van julle VADER wat in die hemel is, dat (nie) een van hierdie kleintjies (met verwysing na klein kindertjies) verlore gaan nie.” Ons lees ook in Lukas 15:7 “Dat daar BLYDSKAP in die HEMEL is oor EEN SONDAAR wat hom BEKEER, meer as oor 99 REGVERDIGES wat nie bekering nodig het nie.
En dan weet ons ook een van die ROEPINGS wat Yeshua aan SY LIGGAAM op aarde, SY GEMEENTE, gegee het, is:
DIE ROEPING VAN HERDER
Ons lees in verskeie gedeeltes in beide die Ou en Nuwe Testament hiervan.
Spreuke 27:23 sê: “Gee noukeurig ag op die voorkoms van jou SKAPE (dit wat hulle nodig het), RIG (fokus) jou AANDAG op die TROPPE VEE.”
En ons lees in Jeremia hoofstuk 3 ‘n OPROEP tot BEKERING en BELOFTES van HERSTEL en in vers 15 die ROEPING van HERDERS waar YHVH sê: “En Ek sal aan julle gee HERDERS na MY HART, wat julle sal OPPAS met KENNIS en VERSTAND.” En in Handelinge 20 spreek Paulus die ouderlinge (opsieners, toesighouers, bewakers, versorgers) van Efese toe en in vers 28 sê hy aan hulle: Gee dan ag (aandag) op julleself en op die HELE KUDDE waaroor die HEILIGE GEES julle as OPSIENERS (toesighouers, bewakers, versorgers) aangestel het om as HERDERS die GEMEENTE van GOD te VERSORG, wat Hy deur Sy EIE BLOED verkry het.” Lees ook Filipense 1:1, 1 Timotheus 3:2 en Titus 1:7.
En Paulus verduidelik die ROEPINGS ook genoem die VYF-VOUDIGE BEDIENING gegee deur YESHUA die MESSIAS aan die GEMEENTE in Efesiërs 4:10-16 soos volg: dat Yeshua die Messias OPGEVAAR het “bokant al die hemele, sodat Hy ALLES tot VOLHEID (volle ontwikkeling) kan bring. En Hy het GEGEE sommige as APOSTELS, ander as PROFETE, ander as EVANGELISTE, ander as HERDERS en LERAARS, om die HEILIGES (die wat afgesonderd vir en toegewyd aan God lewe) toe te RUS vir hulle DIENSWERK, tot OPBOUING van die LIGGAAM van MESSIAS; totdat ons ALMAL kom tot EENHEID van DIE GELOOF en van KENNIS van die SEUN van GOD, tot ‘n VOLWASSE MAN, tot die MATE van die VOLLE GROOTTE van MESSIAS; sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van LERING, deur bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; maar terwyl ons IN LIEFDE die WAARHEID betrag (doen, vervul/ verwesenlik), in ALLES sou OPGROEI IN HOM wat die HOOF is, naamlik MESSIAS, uit wie die LIGGAAM – goed saamgevoeg en saamverbind deur die onderseuning van ELKE LID gee volgens die WERKING van ELKE AFSONDERLIKE DEEL in sy mate – die GROEI van die LIGGAAM BEVORDER vir sy eie OPBOUING in LIEFDE.”
Onthou dat daar ‘n VERSKIL is tussen die GAWES wat ons van God die Vader ontvang wat te make het met WIE ons is en die ROEPINGS wat ons van Yeshua ons Messias ontvang wat te make het met die WERK wat ons binne die GEMEENTE DOEN en die GAWES van die HEILIGE GEES wat te make het met die KRAG en GELOOF wat ons ontvang en instaat stel om ons WERK te DOEN. In hierdie boodskap fokus ons slegs op die ROEPING van HERDER.
En Petrus verduidelik in 1 Petrus 5:2-4 “Ek vermaan (waarsku) die OUDERLINGE (opsieners, toesighouers, bewakers, versorgers) onder julle, ek wat ‘n MEDE-OUDERLING en GETUIE van die lyde (smart, pyn, lyding) van die MESSIAS is, wat ook DEELGENOOT is van die HEERLIKHEID wat geopenbaar sal word: HOU as HERDERS TOESIG (bewaking, sorg) oor DIE KUDDE van GOD wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewilliglik; nie om vuil gewin (tot voordeel vir jouself) nie, maar met BEREIDWILLIGHEID; ook nie as HEERSERS (gebieders, bevelers) oor die ERFDEEL (die wat VERLOS is uit die slawerny in Egipte en dus ook uit die slawerny van sonde deur die bloed van Messias Yeshua, lees Deuternomium 9:29) maar as VOORBEELDE vir die KUDDE. En wanneer die OPPERHERDER (die Herder met die HOOGSTE GESAG, YESHUA die MESSIAS) verskyn, sal julle die onverganklike kroon van heerlikheid (die ewige lewe) ontvang. ”
Ons sien ‘n voorbeeld van die ROEPING van HERDER reeds in Jesaja 44, waarin God ‘n heidense koning Kores gebruik as Sy gesalfde om die ondergang van Babel te bewerk en vir ISRAEL te RED. En ons lees in vers 28 sê YHVH aan Kores YHVH van Kores sê: “Hy is My herder, en hy sal ALLES volbring deurdat hy van Jeruslem sê: Dit moet GEBOU word, en die TEMPEL moet gegrond (op goeie grond berus/ met deeglike kennis/ herstel) word.” Kores word dus deur God as HERDER aangestel om die WIL van GOD uit te voer en die mense van Judah wat ballinge was in Babel te laat terugkeer na Jerusalem.
En in Johannes 21:15-17 lees ons die ROEPING van Petrus as HERDER, waarin Yeshua vir hom vra: “Simon, seun van Jona, het jy MY WAARLIK LIEF, meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Meester, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: LAAT MY LAMMERS WEI. Hy vra hom weer die tweede maal: Simon, seun van Jona, het jy MY WAARLIK LIEF? Hy antwoord Hom: Ja, Meester, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: PAS MY SKAPE OP. Hy vra hom die derde maal: Simon, seun van Jona, het jy MY WAARLIK LIEF? Petrus het bedroef geword, omdat Hy hom die derde maal vra: HET JY MY LIEF? En hy antwoord Hom: Meester, U weet ALLES, U weet dat ek U lief het. Yeshua sê vir hom: LAAT MY SKAPE WEI.”
DAN IS DAAR OOK WAARSKUWINGS OOR SLEGTE HERDERS
Ons lees in Jeremiah 23:1-2 “WEE (pyn, smart, ramp, elende wag vir) die HERDERS wat die SKAPE van MY WEIDE (grasland) laat OMKOM (om die lewe bring/ doodmaak) en hulle VERSTROOI (uitmekaardryf), spreek YHVH. Daarom, so sê YHVH, die GOD van ISRAEL, aangaande die HERDERS wat MY VOLK OPPAS: Júlle het MY SKAPE VERSTROOI en hulle VERDRYWE (verjaag, verwilder, laat verdwaal) en hulle nie OPGESOEK (probeer opspoor) nie. Kyk, Ek BESOEK (beproef/ straf) oor julle die boosheid van julle handelinge (dade), spreek YHVH.”
En in Jeremia 50:6 lees ons die REDE dat SKAPE (mense wat reeds GELOWIGES IS), VERLORE KAN RAAK “’n KUDDE VERLORE SKAPE was MY VOLK; hulle HERDERS het hulle laat DWAAL, hulle WEGGEVOER na die berge toe (dit sinspeel op verleiding tot die dien van afgode); hulle het gegaan van berg na heuwel (die een afgod na die volgende) hulle het hul lêplek vergeet (hulle het vergeet aan wie hulle behoort).”
En in Esegiel 34:1-10 waarsku YHVH die SLEGTE HERDERS van ISRAEL (dus die LEIERS van die NOORDRYK, die tien stamme onder Efraim, insluitend almal wat inent op die Boom van Israel volgens Romeine 11:17) soos volg:
- WEE (pyn, smart, ramp, elende wag vir) die HERDERS van ISRAEL wat aan hulleself WEIDING verskaf (vir hulle self sorg, hulle eie belange vooropstel)! Moet die HERDERS nie die SKAPE LAAT WEI nie (moet hulle nie sorg vir die wat aan hulle toevertrou is nie)? (vers 2).
- Julle EET die VET en BEKLEE julle met die WOL; julle SLAG die VETTES, maar die SKAPE laat julle nie WIE nie; (vers 3)
- Julle VERSTERK die SWAKKES nie en maak die SIEKES nie GESOND nie en die wat GEWOND is, VERBIND julle nie en wat WEGGEDRYF is, BRING julle nie TERUG nie en wat VERLORE is, SOEK julle nie; maar met STRENGHEID (hardheid/ kwaaiheid) HEERS (gebied en beveel) julle oor hulle en met HARDHEID (ongevoeligheid) (vers 4).
- So het hulle dan VERSTROOID geraak, omdat daar GEEN HERDER was nie; en hulle het VOEDSEL geword vir AL die WILDE DIERE van die veld (geestelik is dit ‘n verwysing dat hulle die prooi van bose magte geword het) en het VERSTROOID geraak (vers 5).
- MY SKAPE DWAAL ROND op al die berge en op al die hoë heuwels (hulle aanbid afgode); ja, oor die HELE OPERVAKTE VAN DIE AARDE IS MY SKAPE VERSTROOI (uitmekaargedryf), sonder dat iemand na hulle VRA of hulle SOEK (vers 6).
- En in vers 7-9 WAARSKU YHVH dan die HERDERS en in vers 10 lees ons: “So sê die Meester YHVH: Kyk, Ek het dit TEEN die HERDERS! En Ek sal MY SKAPE van hulle hand eis en maak dat hulle GEEN SKAPE meer oppas nie, sodat die HERDERS aan hulleself nie meer WEIDING sal verskaf nie (hulle sal nie meer voordeel uit die skape kan trek nie); en Ek sal MY SKAPE uit hulle mond uitruk, sodat dit hulle nie as VOEDSEL sal dien nie.” Lees ook Sagaria 10:2 en 11:4-17.
Die Bybel in Praktyk bevestig ‘n LEIER (‘n HERDER) is daar om te DIEN en na ander OM TE SIEN en nie om GEDIEN te word nie en dit kan vir HERDERS katastrofiese gevolge hê as YHVH hulle STRAF en SY SKAPE terug neem. Hierdie is ‘n ERNSTIGE WAARSKUWING aan ALLE LEIERS (ALLE HERDERS) te ALLE TYE.
En in Johannes 10, word dan aan ons geopenaar deur YESHUA ons GOEIE HERDER, wie die LEIER van die SLEGTE HERDERS is wat hom voordien as die herder van die skape met die DOEL om hulle te STEEL, SLAG en te VERWOES, naamlik die Satan self! Lees vers: 1, 8, 10a, 12 en 13. Ons lees ook in Sagaria 11:17 ‘n baie ernstige waarskuwing: “Wee (pyn, smart, ramp, elende wag vir) die slegte herder wat die SKAPE in die steek laat (lees ook Jeremia 23:1 en Johannes 10:12)! Mag die SWAARD sy arm tref en sy regteroog! Mag sy arm heeltemal verdor en sy regteroog heeltemal verduister (verdonker, blind) word.” Hierdie verse waarsku oor ersnstige gevolge vir nalatigheid van leiers in die versorging en beskerming van mense wat in hulle sorg geplaas is en om hulle nie te lei op die PAD van GEREGTIGHEID nie en dit dui op GEESTELIKE BLINDHEID en dus die onvermoë om mense met INTEGRITEIT en DEERNIS te lei.
In lyn hiermee waarsku Petrus ook in 1 Petrus 5:8 “.Wees NUGTER en WAAKSAAM, want julle teestander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu en SOEK wie hy kan VERSLIND. Hom moet julle teëstaan, standvasig in die GELOOF, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap (medegelowiges verening deur die GELOOF in YESHUA die MESSIAS) wat in die wêreld is.”
En in Handelinge 20 praat Paulus met die HERDERS soos reeds bespreek en in vers 29-32 waarsku Paulus hulle: “Want ek weet dit, dat ná my vertrek WREDE WOLWE onder julle sal inkom en die KUDDE nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat VERKEERDE DINGE PRAAT om die dissipels WEG TE TREK agter hulle aan. Daarom moet julle WAAK en ONTHOU dat ek drie jaar lank nag en dag nie opgehou het om ELKEEN met trane te vermaan (ernstig te waarsku) nie. En nou broeders dra ek julle op aan GOD en aan die WOORD van SY GENADE, wat MAGTIG is om julle OP TE BOU en julle ERFDEEL (die wat verlos is uit slawerny van die sonde deur Yeshua die Messias se bloed) te gee onder al die HEILIGES (die wat afgosnder vir en toegewyd aan God lewe).
EN YESHUA ons MESSIAS gee ook die volgende WAARKUWINGS aan GELOWIGES in Mattheus 7:13-16a “Gaan in deur die NOU POORT, want BREED is die POORT en WYD is die PAD wat na die VERDERF lei, en daar is BAIE wat daardeur ingaan. Want die POORT is NOU en DIE PAD is SMAL wat na DIE LEWE lei, en daar is MIN WAT DIT VIND. Maar PAS OP vir die VALS PROFETE wat in SKAAPSKLERE na julle kom en van binne ROOFSUGTIGE WOLWE is. Aan hulle VRUGTE sal julle hulle ken…”
En alhoewel GELOWIGES moet kennis neem van en versigtig wees vir die WOLWE, bevestig Yeshua ook dat ons moet voortgaan met ons werk ten spyte van hulle! Ons lees in Mattheus 10:16 “kyk, Ek STUUR julle soos SKAPE tussen die WOLWE in; wees dan VERSIGTIG soos die slange en OPREG soos die duiwe.”
ONS LEES OOK IN DIE WOORD WAT GEBEUR WANNEER MENSE SONDER ‘n HERDER IS.
In 1 Konings 22 verwerp koning Agab die raad van YHVH deur die profeet Miga om nie op te trek in die oorlog teen Ramot in Gilead nie want in vers 17 sê Miga wat God aan hom geopenbaar het naamlik: “Ek het die HELE ISRAEL (die Noordryk onder koning Agab se regering op daardie stadium) gesien, VERSTROOID op die berge soos SKAPE wat geen WAGTER het nie. En YHVH het gesê: Hulle het geen heer (dus geen meester/ geen leier/ geen koning); laat hulle elkeen in VREDE teruggaan na hulle huis.” En ons weet dit het so gebeur, koning Agab is gedood in die oorlog en ISRAEL is leierloos huistoe want hulle koning het gekies om NIE na die STEM van YHVH te luister nie.
En in Matthew 9:35-36 lees ons: “En Yeshua het by al die stede en dorpe rondgegaan en in hulle sinagoges GELEER en die EVANGELIE/ DIE GOEIE NUUS van die KONINGKRYK verkondig en ELKE SIEKTE en ELKE KWAAL onder die VOLK GENEES. En toe Hy die SKARE SIEN, het HY INNIG JAMMER GEVOEL vir hulle, omdat hulle MOEG en UITGEPUT was, SOOS SKAPE wat GEEN HERDER het nie. Toe sê Hy vir Sy dissipels: Die OES is wel GROOT, maar die arbeiders min. BID dan tot die MEESTER (God die Vader) van die OES, dat Hy ARBEIDERS in SY OES mag uitstuur.” En in Markus 6 lees ons hoe Yeshua en sy dissipels met ‘n skuit (klein bootjie) vertrek maar die skares volg hulle te voet deur die stede en in vers 34 staan: “En toe Yeshua uitklim, sien Hy ‘n GROOT MENIGTE en Hy het vir hulle INNIG JAMMR GEVOEL, omdat hulle SOOS SKAPE SONDER ‘n HERDER WAS; en Hy het hulle BAIE DINGE begin LEER.”
En dan verseker YHVH ons GOD ons:
HY WAT ISRAEL VERSTROOI HET SAL HULLE WEER VERGADER IN DIE LAASTE DAE
Ons lees in Jeremia 31:10 “Hoor die WOORD van YHVH, o nasies, en VERKONDIG aan die kuslande wat ver is, en sê: HY wat ISRAEL (die NOORDRYK , die Tien Stamme onder Efriam) VERSTROOI het, sal hom VERGADER (bymekaarmaak) en hom BEWAAK soos ‘n HERDER SY KUDDE.”
En in Esegiel 34:11-16 word dit herhaal: “Want so se Meester YHVH: kyk, HIER IS EK, en EK sal na MY SKAPE VRA en vir hulle SORG soos ‘n HERDER vir SY TROP SKAPE SORG op die DAG as hy onder sy VERSPREIDE SKAPE is, so sal EK vir MY SKAPE SORG; en Ek sal hulle RED uit AL die PLEKKE waarheen hulle VERTROOI is, op DIE DAG van WOLKE en DONKERHEID (wat verwys na die OORDEELSDAG end us Yeshua die Messias se TWEEDE KOMS, lees Joël 2:2). En Ek sal hulle uitlei uit die volke en VERSAMEL uit die LANDE en hulle bring in hul land; en Ek sal hulle LAAT WEI op die BERGE van ISRAEL, in die klowe en in al die bewoonbare plekke van die land. Op ‘n GOEIE WEIVELD sal Ek hulle LAAT WEI, en op die hoe berg van ISRAEL sal hulle WEIPLEK wees. …EK SAL SELF MY SKAPE OPPAS, en EK SELF sal hulle laat lê en RUS…Die wat VERLORE is sal EK SOEK, en wat WEGGEDRYF het, sal EK TERUGBRING, en wat GEWOND is, sal EK VERBIND, en die SIEKES, sal EK VERSTERK; maar die VETTES en die STERKES sal Ek verdelg: Ek sal hulle oppas soos dit REG is. ”
En in Esegiel 34:17-22 se YHVH: “En wat julle aangaan, MY SKAPE,…kyk, Ek sal OORDEEL tussen SKAPE en SKAPE, die RAMME en die BOKRAMME. Is dit vir julle nie genoeg dat julle die groen weiveld afwei nie? En moet julle die orige wieveld met julle pote vertrap? En moet julle die helder water drink, terwyl julle die wat oorbly, met julle pote troebel maak? En moet MY SAKPE afwei wat met julle pote vertrap is? En drink wat met julle pote troebel gemaak is? Daarom, so se die MEESTER YHVH vir hulle: Kyk, HIER IS Ek, en Ek sal OORDEEL tussen VET SKAPE en MAER SKAPE. Omdat julle al die SWAKKES met skof en skouer wegdruk en met julle horings stoot, totdat julle hulle uitgejaag het, daarom sal Ek MY SKAPE RED, sodat hulle nie meer PROOI sal wees nie; en Ek sal OORDEEL tussen SKAPE en SKAPE. Lees ook Openbaring 20:1-6. En die OORDEEL VAN DIE SKAPE EN BOKKE in Mattheus 25:31-46.
Ons lees ook Esegiel 34:23-26 ‘n PROFESIE oor die DUISENDJARIGE VREDESRYK van YESHUA, die volgende: “EN EK sal EEN ENKELE HERDER oor hulle verwek (aanstel), en hy sal hulle LAAT WEI, naamlik my KNEG Dawid (‘n verwysing na Yeshua die Messias as Dawid se nageslag); hy sal hulle laat wei, en hy sal vir hulle ‘n HERDER wees. En Ek, YHVH sal vir hulle ‘n GOD wees, en my kneg Dawid ‘n VORS (‘n KONING) in hulle midde…En Ek sal ‘n VERBOND van VREDE met hulle SLUIT en die WILDE DIERE (die bose magte) uit die land laat verdwyn; en hulle sal VEILIG bly in die woestyn en slaap in die bosses. En Ek sal hulle en die plekke rondom My heuwel tot ‘n seën maak en die stortreën laat val op sy tyd; stortreëns van SEËN sal dit wees. Lees ook vers 27-29 oor SY VOORSIENING vir hulle aan KOS en VEILIGHEID. En ons lees dan in vers 30-31, hulle sal weet dat Ek, YHVH hulle God met hulle is, en dat hulle, die HUS van ISRAEL, MY VOLK is, spreek die MEESTER YHVH. En julle IS MY SKAPE, die SKAPE VAN MY WEIDE; julle is MENSE, EK IS JULLE GOD, spreek MEESTER YHVH ”
En ons lees ook in Miga 2:12 “Gewis (verseker) sal Ek jou GEHEEL en AL VERSAMEL, o Jakob (Israel, al TWAALF STAMME)! Gewis (verseker) sal Ek versamel die OORBLYFSEL van ISRAEL (almal wat deur hulle geloof in Yehsua die Messias inent op die Boom van Israel en Hom volg in gehoorsaamheid aan die Woord God); ALMAL bymekaarbring soos SKAPE in ‘n KRAAL, soos ‘n kUDDE in sy WEIVELD; en dit sal dreun van mense.” Dus sal daar baie mense wees, soos ons ook lees in Mattheus 24:31 en Openbaring 7:9 van ‘n “GROOT MENIGTE wat niemand kon tel nie, uit ALLE NASIES en STAMME en VOLKE en TALE…”
