Skip to content

MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (DIE DOOD) NA SY WONDERLIKE LIG (DIE LEWE), Deel 14: YHVH die GOD van die SMAL WEG

29 Julie 2026

Ons gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (die donker, afweisgheid van geestelike lig, onkunde, ongeloof, nood en elende, die dood) NA DIE WONDERLIKE LIG (openbaring van die waarheid, wysheid, geloof, geestelike vol lewe)  VAN ABBA VADER. En ons leer verder HOE ons, DIE SMAL WEG deur YESHUA ons MESSIAS vind wat lei vanuit die DUISTERNIS van EGIPTE/ ‘n prentjie van die WÊRELD, na ABBA VADER en ons help om die REDE en DOEL waarvoor HY ons gemaak het te vind, te verstaan, te groei daarin tot ons volle potensiaal en ons DOEL en ROEPING suksesvol uit te voer.

Ons gesels nog oor WIE ons SKEPPER GOD van LIG en LEWE is wat saam met ons beweeg op die SMAL WEG na DIE EWIGHEID.

Ons het nou reeds vanuit ons studie in SY WOORD bevestig:

HY IS DIE SKEPPER VAN HEMEL, AARDE en ALLES DAARIN.

  • ELOHIM God in die meervoud. EEN GOD in DRIE soos wat Hy Homself dan ook in die res van Sy Woord aan ons openbaar as GOD die VADER, die SEUN en die HEILIGE GEES.
  • Hy is dus DRIE MAAL HEILIG. DIE VADER is HEILIG, DIE SEUN YESHUA DIE MESSIAS is HEILIG en DIE GEES is HEILIG, AFGESONDER en daar is GEEN onheiligheid of duisternis IN HOM NIE.
  • YESHUA die MESSIAS, as die LIGGAAM van GOD die VADER is ons ADVOKAAT/ MEDIATOR/ MIDDELAAR, ons VOORSPRAAK by die VADER asook die REGVERDIGE REGTER.
  • Yeshua ons Messias is ook ons HOË PRIESTER in die ORDE van MELGISEDEK.
  • HY IS DUS DIE SKEPPER en daarom ook DIE LEWE – die BRON van LEWE van ALLES wat BESTAAN e nook ons ALMAL se VADER en HY GEE aan DIÈ wat KIES om in HOM te GLO en HOM te VOLG, DIE LEWE IN OORVLOED (in alles meer as genoeg) asook die EWIGE LEWE.

 HY IS WIE HY IS, die BEGIN van ALLES en die EINDE van ALLE DINGE.

  • Die GOD van ABRAHAM, die GOD van ISAK en die GOD van JAKOB/ ISRAEL.
  • SY NAAM, YHVH is vir EWIG, en dit is SY GEDENKNAAM van gelsag tot geslag.
  • HY is YHVH, die KONING van ISRAEL en SY VERLOSSER
  • Hy is YHVH van die LEËRSKARE (die HEMEL WEERMAG).
  • Daar is buiten Hom GEEN ander God nie.
  • HY IS DIE LEWENDE EN EWIGE GOD WAT BESTAAN VAN ALTYD AF EN ALTYD SAL BESTAAN.
  • Hy is ALOMTEENWOORDIG en Hy WEET ALLES.

HY IS DIE ENIGSTE WARE LIG EN DAAR IS GEEN DUISTERNIS IN HOM NIE.

  • HY is die WARE LIG wat reeds vanaf DAG EEN van die SKEPPING af SKYN terwyl die AARDSE LIGBRONNE, die son, maan en sterre eers op DAG VIER geskep is.
  • SY LIG skyn op mense wat in DIEP DUSITERNIS leef en so open Hy hulle blinde oë en lei hulle uit die gevangenis.
  • SY LIG SKYN in ons deur SY WOORD want SY WOORD is ‘n LIG en ‘n LAMP wat ons lei uit die duisternis uit en ons help om in die LIG te LEEF.
  • Die GOEIE NUUS van God die Vader se redding deur Yeshua die Messias skyn soos ‘n LIG op mense.

 HY is ‘n VERTERENDE VUUR, daarom is:

  • SY WOORD VUUR.
  • SY ENGELE is BOODSKAPPERS van VUUR met swaarde van VUUR.
  • HY DOOP GELOWIGES met die VUUR van SY HEILIGE GEES.
  • HY SUIWER ons GELOOF met VUUR en HY TOETS ons WERK vir die KOINGKRYK met VUUR.

HY IS DIE WOORD

  • HY SKEP DEUR TE SPREEK.
  • SY WOORD IS DIE WAARHEID en dus IS HY DIE WAARHEID.
  • SY WOORD SAL VIR EWIG BESTAAN.
  • HY HOU ALLES IN STAND DEUR SY WOORD.
  • SY WOORD IS DIE GOEIE NUUS VIR ALLE MENSE.

HY IS SOEWEREIN

  • Hy is OPPERMAGTIG, die HOOGTSTE GESAG in die hemel en op aarde.
  • En NIKS kan gebeur sonder dat Hy dit wil of toelaat nie.
  • En alles wat HY DOEN het ‘n DOEL en REDE en vir dié wat HOM LIEFHET en SY ROEPING vir hulle lewens aanvaar, dié wat HOM dus GEHOORSAAM en VOLG, sal Hy ALLES (ook dit wat met hulle gebeur wat sleg is) ten GOEDE laat meewerk.

 HY is die ALMAGTIGE GOD

  • Hy is dus die perfekte SKUILPLEK en TOEVLUG waarop ons kan VETROU.
  • Hy is DIE EWIGE ROTS, ‘n VASTE FONDASIE, die REDDER, ons VERLOSSER en ons BESKERMER.
  • Sy NAAM is YHVH, ‘n STERK TORING waarin ons kan hardloop en BESKUT word teen alle
  • Aan die wat na SY STEM LUISTER en HOM VOLG (Hom gehoorsaam), gee HY DIE EWIGE LEWE en niemand kan ons uit SY HAND ruk nie.
  • Hy VERSTERK ons en BEWAAR ons van die bose.
  • Hy is GROOT en KRAGTIG en SY VERSTAND (denkvermoë, insig, intellek) is ONEINDIG.
  • Hy is die EWIGE GOD, YHVH, die SKEPPER van ALLES en Hy word nooit moeg of mat (vermoeid, kragteloos, afgemat/ uitgeput na gees of liggaam) nie.
  • SY ALMAG en VERSTAND kan nie ten volle verstaan word nie.
  • YESHUA ons MESSIAS is hierdie ALMATIGE GOD wat met SY WEDERKOMS deur elke oog gesien sal word.
  • Hierdie ALMAGTIGE GOD is REGVERDIG en SY WEË IS WAARAGTIG (betroubaar).

HY IS DIE BRON VAN ALLE VERSTAND EN WYSHEID EN HY GEE WYSHEID, INSIG/ BEGRIP AAN DIE MENS

  • Sy SKEPPING GETUIG van WYSHEID wat te hoog en te groot vir enige mens is om te verstaan.
  • ALLES werk volmaak saam.
  • Hy het alles MOOI GEMAAK op SY TYD.
  • Die mense kan nie die werke van God volkome (heeltemal, geheel en al) ondersoek of verstaan nie want dit is te groot vir ons menslike verstand en wysheid.
  • Hy GEE egter WYSHEID aan die mens wat Hom daarvoor vra.
  • God se WYSHEID is ten EERSTE REIN (suiwer, onbevlek, onbesmet), dan VREDELIEWEND, VRIENDELIK, GESEGLIK (inskiklik), VOL BARMHARTIGHEID (sag, met meegevoel teenoor ander) en GOEIE VRUGTE, ONPARYDIG (nie bevooroordeeld nie, regverdig teenoor alle partye) en ONGEVEINS (opreg).
  • YESHUA die MESSIAS, die SEUN van GOD, kan ons VERSTAND OPEN sodat ons die WAARAGTIGE (die EGTE, WARE, BETROUBARE) GOD die VADER en YESHUA die SEUN kan ken, DIE WAARAGTIGE GOD, en die EWIGE LEWE.

 HY REGEER oor SY SKEPPING

  • HY IS DIE SKEPPER, EIENAAR en KONING van ALLES en HEERS dus vir EWIG as die EWIGE KONING.
  • HY stel ALLE vorms van OUTORITEIT (wettige mag en gesag) in die hemel en op aarde aan.
  • Die konings van die aarde staan onder SY gesag, selfs al is hulle ongelowig, sal hulle SY MEESTERPLAN uitvoer sodat SY WOORD WAT GESPREEK IS WAAR SAL WORD.
  • Van elke aardse koning, ingesluit elke man, aangestel as koning en heerser oor sy gesin word verwag om GEHOORSAAM te wees aan GOD se WOORD en WET, SY WIL, om REG en GEREGTIGHEID te laat geskied en om op te tree met God se soort wysheid en inegriteit wat Hy ons in Sy WOORD leer.
  • Hy ROEP elke mens as deel van die LIGAAM van YESHUA ons MESSIAS en stel ons aan in ons spesifieke ROEPINGS waarvoor Hy ons elkeen geskep het en stel ons instaat om ons ROEPINGS (die doel en rede vir ons lewens) uit te voer.
  • Wanneer strukture van gesag hulle ONDERWERP aan SY GESAG, IN LYN MET SY WOORD, is daar VREDE in ‘n land, gesinne, werksplekke en gemeentes.

 HY IS ‘n GOD van ORDE

  • Hy skep ORDE, LIG en OORVLOEDIGE LEWE op die aarde.
  • Sy WET (Sy Woord in Genesis tot Deuternomium, opgesom in die TIEN GEBOOIE) en VERORDINGE (voorskrifte insluitend Sy Feeste en wetlike bepalings) skep ORDE en verseker VREDE in die VERHOUDING tussen Hom en die mens asook tussen mense onderling.
  • Hy skep ook ORDE deur die daarstelling van MAGSTRUKTURE met Messias Yeshua as die HOOF van ELKE MAN, en die MAN as die HOOF van die VROU, en GOD (die Vader) as die HOOF van Yeshua die MESSIAS.
  • ELKE MENS word geroep om hom of haar te ONDERWERP aan die MAGTE (gesagsfigure en gesagstrukture) wat oor hom of haar AANGESTEL is (of dit nou jou man, ouers, regeerders, leiers of bestuurder is), want daar is geen MAG (geen gesag of outoriteit/ wettige mag) behalwe van GOD nie, en die wat daar is, is deur GOD INGESTEL en die DOEL daarvan is om ORDE en VREDE te bewerkstellig.

HY IS REGVERDIG

  • Hy hou ELKE mens VERANTWOORDELIK vir sy of haar eie KEUSES en elkeen moet dus die GEVOLGE van hulle eie KEUSES dra want wat jy SAAI sal jy OES.
  • Hy seën die nageslag van REGVERDIGE MENSE (mense wat in Hom GLO en in gehoorsaamheid aan SY WOORD en WIL leef) tot in die duisendste geslag.
  • Hy laat GEEN sonde ongestraf bly nie en daarom sal die ONREGVERDIGE MENS se dade sy nageslag negatief beïnvloed tot in die derde of vierde generasie. Maar as iemand in hierdie generasie opstaan uit die slegte invloed van sy of haar voorouers en REGVERDIG leef (veral ‘n manlike persoon omdat Abba Vader aan die man die gesag gee as beskermer van sy gesin) sal Abba sy nageslag seën tot in die duisendste geslag.
  • ELKE mens wat tot insig kom, oor sy of haar sondes en begryp wat die hartseer gevolge daarvan is vir hom/ haarself en hulle BEKEER van AL hulle sondes – dit erken en bely, vergifnis daarvoor ontvang en weg draai daarvan, en AL GOD se INSETTINGE (instellings, gebooie) ONDERHOU en REG en GEREGTIGHEID DOEN (DOEN wat REG is volgens God se WOORD en SY WIL), sal sekerlik ‘n vol lewe op aarde leef en die ewige lewe ingaan.
  • God die Vader het GEEN behae daarin dat enige mens op aarde moet ly as gevolg van hulle sondes of die ewige dood moet sterf nie, Hy is die mens se VERLOSSER en wil hê dat ALLE MENSE GERED word en tot KENNIS van die WAARHEID kom en EWIG LEWE.
  • Wanneer ons die SMAL WEG KIES deur ons VERLOSSER YESHUA ons MESSIAS, ontvang ons ‘n NUWE HART en ‘n NUWE mens gees want ons word NUWE MENSE IN HOM en dan gee Hy aan ons SY HEILIG GEES wat ons leer en lei op die smal weg van GEHOORSAAMHEID aan Abba Vader. Ons stap dus van daaraf nooit meer alleen nie, ons RAADGEWER en BEMOEDIGER stap ellke dag en in alle omstandighede saam met ons.

HY OORDEEL REGVERDIG

  • Hy is die REGVERDIGE REGTER van die ganse aarde.
  • Hy is ‘n BARMHARTIGE REGTER wat nie mense straf waneer ons ons bekeer (‘n verandering/ vernuwing van hart en gedagte ondergaan) en weg draai van ons verkeerde weg nie. Dit is die GOEIE NUUS!
  • Hy het tydens SY EERSTE KOMS die mens kom RED en hierdie GOEIE NUUS van REDDING deur ons VERLOSSER YESHUA die MESSIAS is beskikbaar vir alle mense om hulle KEUSE te maak tussen LEWE en seën en DOOD en vloek.
  • DIE REGVERDIGE REGTER (Yeshua die Messias, aangestel deur YHVH die Vader), sal tydens SY TWEEDE KOMS kom om die aarde te OORDEEL. Dit behels DIE EERSTE OPSTANDING VAN GELOWIGES en die BEOORDELING en BELONING van hulle getrouheid en werk vir die KONINGKRYK volgens die GAWES en ROEPING wat aan elkeen gegee is en die VERSLAAN van die AARDSE VYANDE wat teen Hom opstaan onder leiding van die antimessias/ antichris en die vals profeet, wat ook die eerste mense is wat in die POEL van VUUR (algemeen bekend as die Hel) gewerp sal word.
  • Daarna begin die DUISEND JARIGE VREDESRYK/ KONINGKRYK VAN YESHUA DIE MESSIAS en die gelowiges wat deel vorm van die EERSTE OPSTANDING sal saam met Hom heers. Dit eindig met die finale verslaan van die Satan wat ook in die Poel van Vuur gewerp word waar die antimessias/ antichrist en die vals profeet ook reeds is.
  • Dit word gevolg met die LAASTE GROOT WIT TROON OORDEEL waartydens ALLE mense wat nog ooit geleef het beoordeel sal word volgens hulle dade. Die wie se name in die BOEK van die LEWE van die LAM geskryf staan sal die EWIGHEID ingaan saam met die YHVH Vader en die Lam (Yeshua die Messias) en die wie se name nie in die Boek van die Lewe van die Lam opgeskryf staan nie, sal dan die TWEEDE DOOD sterf in die Poel van Vuur. Die DOOD en DODERYK sal dan as LAASTE VYANDE van God ook in die POEL van VUUR gewerp word.

HY BEPAAL DIE PERFEKTE TYD VIR ALLES

  • ALLES het sy bepaalde uur, en vir ELKE SAAK onder die hemel is daar ‘n tyd.
  • En daarom moet ons wag op Hom, en sterk wees en wag op Sy PERFEKTE TYDSBEREKENING wat altyd die REGTE TYD is.
  • En Hy laat alles op die REGTE TYD ten goede meewerk vir dei wat Hom liefhet en geroep is volgens Sy doel vir hulle lewens.

 HY is die GOD van LIEFDE, die BRON van ROTSVASTE LIEFDE

  • HY IS YHVH, ‘n God wat BARMHARTIG en GENADIG is.
  • Hy het GEDULD met mense e HY IS LOJAAL.
  • HY BLY GETROU.
  • HY BLY VOL LIEFDE oor al die gelsagte heen van die wat Hom liefhet deur Hom te GEHOORSAAM.
  • HY VERGEEF alles wat hulle verkeerd gedoen het, maar Hy laat sonde egter nie sommer net verby gaan nie dus laat Hy nie sonde ongestraf bly nie want HY IS ‘n REGVERDIGE GOD.
  • HY DISSIPLINEER en STRAF die wat Hy liefhet want Hy weet sonde VERNIETIG mense.
  • Hy los ons dus nie om ‘n slaaf van sonde te bly nie, Hy VERLOS ons van die greep wat sonde op ons het.

 HY SEËN MENSE EN DIERE

  • Om VRUGBAAR te wees, te VERMEERDER en die aarde te VUL.
  • Hy gee aan mense HEERSKAPPY oor die diere en die aarde.
  • Hy SEËN SY KINDERS (almal wat Hom liefhet en Hom dus gehoorsaam en dien) deur SY NAAM op hulle te plaas, (amper soos ‘n vrou die van van haar man aanneem wanneer hulle trou, of ‘n kind wat aangeneem word sy aanneem ouers se van ontvang as bewys dat hy of sy nou deel is van hulle gesin en familie). Hierdie SEËN gee aan SY KINDERS deel aan Sy BESKERMING en SORG, SY TEENWOORDIGHEID en GENADE asook SY VREDE.
  • Hy gee aan die volgende seëninge wanneer ons GOED LUISTER na SY STEM en SY GEBOOIE sorgvuldig (noukeurig, presies, nougeset) hou: seën in die stad en in die veld, kinders, vee, vrugte, koring, drywesap en olie (alles wat ons nodig het), genoeg kos, veiligheid en oorwinning oor ons vyande, voorspoed en sukses in ons beroepe en lewens.

 HY VOORSIEN AAN DIE BEHOEFTES VAN MENSE EN DIERE

  • Hy voorsien kos en water vanuit die aarde vir mense en diere.
  • Hy versadig die dors en honger siele van mense met goeie dinge.
  • Hy is ons Herder en ons kom niks kort nie.
  • Hy voorsien aan ons werk, beskerming en veiligheid.
  • Hy voorsien aan ons geestelike behoeftes, Hy red ons, verlos ons van ons vyande, help ons en verbind gebroke harte.
  • Hy beantwoord ons gebede wat in lyn is met Sy wil en voorspoed vir die toekoms vir ons inhou.
  • Hy is nie ‘n aansiener van persoon nie, dit beteken Hy hou nie meer van een mens as wat Hy van ‘n ander hou nie en Hy trek niemand voor nie. Hy seën mense volgens hulle GELOOF in Yeshua ons Messias ons REDDER deur die prys wat Hy deur Sy bloed vir ons betaal het om ons los te koop van die mag wat sonde oor ons gehad het en ons GETROUHEID aan HOM deur die onderhouding van SY WOORD. En dus is dit vir ELKE MENS moontlik om in hierdie VERHOUDING met Hom te staan en SY OORVLOEDIGE VOORSIENING te geniet AS ons KIES om in Hom te GLO en GETROU te LEEF aan HOM.
  • Ons moet dus DANKBAAR wees vir wat YHVH aan ons elkeen VOORSIEN en nie dit wat Hy aan ander gee BEGEER NIE, want Hy gee aan elkeen van ons dit wat vir ons reg en goed is en ons instaat stel om ons ROEPING en DOEL uit te voer. Ons moet dus GEHOORSAAM wees aan SY TIENDE GEBOD wat ons waarsku om NIE TE BEGEER wat ander het nie en WAAK daarteen om ons met ander te VERGELYK en ONTEVREDE te wees met wat Hy aan ons VOORSIEN.

Ons gesels dan vandag verder oor hierdie WONDERLIKE GOD van die SMAL WEG

  • HY IS DIE GOD WAT BY SY MENSE WOON

 Ons lees vanaf Genesis 1:26 tot Genesis 3:23 dat Elohim (God, drie-enig, die Vader, Seun en Gees) mense maak na Sy beeld en gelykenis, man en vrou het Hy hulle gemaak, geseën, heerskappy oor die aarde insluitend die diere geggee en hulle in die Tuin van Eden geplaas. En dan sien ons Sy deurlopende teenwoordigheid en interaksie met hulle en voorsiening vir hulle, ook nadat hulle ongehoorsaam aan Hom was en die gevolge daarvan moes dra, voorsien Hy aan hulle ‘n tydelike oplossing om weer in Sy teenwoordigheid te kom en ‘n belofte van ‘n meer permanente opsie deur ‘n REDDER wat sou kom om die kop van die slang (die groot draak, ook genoem die duiwel en die Satan volgens Openbaring 12:9) te vermorsel.

En ons sien voortdurend God se interaksie met mense soos met Kain en Abel, Adam en Eva se twee seuns in Genesis 4, en in Genesis 4:25-26 lees ons van Adam en Eva se seun Set en met die geboorte van sy seun Enos het “hulle die Naam van YHVH begin aanroep. En in Genesis 5:22-24 lees ons van Henog wat gebore is vanuit die nagesalg van Set wat 365 jaar oud geword het,  “En Henog het  met God gewandel (in Sy teenwoordigheid gelewe); en hy was daar nie meer nie (die NLV sê, “hy het verdwyn”), want God het Hom weggeneem.” En in Henog se latere nagelsag het YHVH met Noag gespreek soos ons lees in Genesis hoofstuk 6 tot 9, dan met Abraham in Genesis 12-24, daarna met Isak in Genesis 26-27 en sy seun Jakob wat later deur God herdoop is met die naam ISRAEL in Genesis 28-35 gevolg deur Jakob se TWAALF SEUNS, later genoem die TWAALF STAMME van ISRAEL en in besonder met Josef in Genesis 37-49.

 En in Eksodus lees ons van God se besondere verhouding met en roeping van Moses. En ons lees tydens die uittog vanuit Egipte is God van die begin af saam met al die mense wat Egipte verlaat het (Eksodus 12). En ons lees in Eksodus 14:19-20 “En die (hoofletter) Engel van God wat voor die leër van ISRAEL uitgetrek het (dus word die mense wat uitgetrek het uit Egipte, hier as ‘n weermag beskryf, en die hoofletter Engel in die Ou Testament word beskou as ‘n beeld van Yeshua die Seun), het daar weggegaan en agter hulle aangetrek. En die wolkolom het ook voor hulle weggetrek en agter hulle gaan staan; so het dit dan tussen die leër (die weermag) van die Egiptenaars en die leër (die weermag) van ISRAEL in gekom.  En die wolk was daar met die duisternis, en dit het die nag verlig, sodat die een (leër) nie naby die ander (leër) gekom het die hele nag deur nie.” En dan lees ons in vers 24-25 “En in die morewaak (vroegoggend) het YHVH, in die vuur- en wolkkolom, op die leër van die Egiptenaars afgekyk en die leër van die Egiptenaars in verwarring gebring. En Hy het die wiele van hulle strydwaens laat insak en hulle met moeite laat voortgaan. Toe sê die Egiptenaars: Laat ons van ISRAEL af wegvlug, want YHVH stry vir hulle teen die Egiptenaars.”   En ons weet YHVH het deurlopend vir hulle voorsien en gesorg en hulle beskerm tydens die 40 jaar in die woestyn.

En in Eksodus 25:8-9 lees ons sê YHVH aan Moses: “Ook moet hulle vir my ‘n HEILIGDOM  maak (‘n plek wat aan Hom toegewy is), dat Ek in hulle midde (tussen hulle) kan woon.” En hierna volg detail beskrywings van die Tabernakel oprigting en die maak van die meubels in Eksodus 25-27.  Ons lees ook hiervan in Hebreërs 9:1-2. En in Eksodus 29:45-46 sê YHVH: “En Ek sal onder die kinders van ISRAEL WOON en vir hulle ‘n God wees; en hulle sal weet dat Ek YHVH hulle God is wat hulle uit Egipteland uitgelei het om in hulle midde te WOON. EK IS YHVH hulle God.”  En ons met die Oprigting van die Tabernakel in Eksodus 40:33b-38 “.So het Moses dan die werk voltooi. Toe het die WOLK die TENT van SAMEKOMS (die Tabernakel) oordek (heeltemal bedek), en die HEERLIKHEID van YHVH het die TABERNAKEL vervul (vol gemaak, heeltemal gevul), sodat Moses nie in die TENT van SAMEKOMS (die Tabernakel) kon ingaan nie, omdat die WOLK daarop gerus en die HEERLIKHEID van YHVH die TABERNAKEL gevul het. En as die WOLK van die TABERNAKEL af optrek, het die kinders van ISRAEL elke keer weggetrek op al hulle togte (hulle reis/ trektogte); maar as die WOLK nie optrek nie, dan trek hulle nie weg nie, totdat dit weer optrek. Want die WOLK van YHVH was BEDAGS op die TABERNAKEL, en VUUR was SNAGS daarin, voor die oë van die HELE HUIS van ISRAEL (al twaalf stamme, insluitend Josef se twee seuns Efraim en Manasse en al die vreemdelinge wat saam met hulle was), op al hulle togte.”

 En ons lees in Levitikus 26 die VOORWAARDES vir YHVH ons GOD om saam met SY VOLK te WOON. Ons moet altyd in gedagte hou dat Hy ‘n HEILIGE GOD is wat soos ‘n VERTERENDE VUUR is wat boosheid vernietig, dus kan boosheid, ook genoem sonde of wetteloosheid nie in Sy teenwoordigheid bestaan nie en dit verduidelik juis dan aan ons waarom Yeshua ons Messias die duur prys vir die sondeval van die mens moes kom betaal sodat ons VERHOUDING met God die Vader HERSTEL kon word, maar ons weet vanuit Hebreërs 10:26-31 dat ons nie die fout moet maak om te dink dat wanneer ons Yeshua as ons Messias en dus ons VERLOSSER aanvaar het, ons sommer net voort kan gaan om in opsetlike sonde te lewe nie, INTEENDEEL, hierdie LOSPRYS wat betaal is om ons uit die slawerny van sonde VRY te maak, is SY KOSBARE BLOED en dit plaas op GELOWIGES in HOM ‘n groter verantwoordelikheid om in GEHOORSAAMHEID te leef aan die WOORD van YHVH ons GOD en WEERSTAND te BIED teen die sonde tot die bloed loop! Lees Hebreërs hoofstuk 12.

Dit wat ons lees in Levitikus 26:1-13 is dus nog net so van toepassing en dalk selfs meer naamlik: “Julle mag vir julle geen afgode maak nie; en ‘n gesnede beeld of ‘n klippilaar mag julle vir julle nie oprig nie en ‘n steen met beeldhouwerk in julle land nie opstel om julle daarby neer te buig nie (dus mag dit nie aanbid word nie, ons moet aan YHVH ons God aleen getrou en toegewy wees); want EK IS YHVH julle God (dit is dus in lyn met Gebod 1 en 2 in Eksodus 20:3-4). My SABATTE moet julle hou en My HEILIGDOM ontsien (eerbiedig, vrees). EK IS YHVH (dit is in lyn met Gebod 4 in Eksodus 20:8-11, dit is dus ‘n beskrywing van hoe ons HOM LIEFHET BO ALLES soos ons ook lees in Mattheus 22:36-40).  En ons lees verder in Levitikus 26:3-13: ”As julle in My INSETTINGE (instellings, verordeninge, gebooie) wandel (daarvolgens leef) en MY GEBOOIE HOU en dit DOEN, sal Ek julle reëns gee op die regte tyd, en die land sal sy opbrengs gee, en die bome van die veld sal hulle vrugte gee. En die dorstyd (oestyd) sal vir julle aanhou tot die druiwe-oes, en die druiwe-oes sal aanhou tot die saaityd, en julle sal jul BROOD VOLOP EET en VEILIG in julle land woon. Ook sal Ek VREDE gee in die land, sodat julle sal lê en RUS sonder dat ieiand julle skrikmaak; en Ek sal die wilde diere (diere wat vir hulle gevaar inhou) uit die land laat verdwyn, en geen swaard sal deur julle land trek nie. En julle sal julle vyande agtervolg, en hulle sal voor julle val deur die swaard. Vyf (5) van julle sal honderd (100) agtervolg, en honderd (100) van julle sal (10,000) tienduisend agtervolg; en julle vyande sal voor julle val deur die swaard. En Ek sal My na julle wend en julle VRUGBAAR maak en julle VERMENIGVULDIG; en MY VERBOND sal Ek met julle BEVESTIG. Julle sal ou koring van orige jare EET en die oue laat plek maak vir die nuwe. En EK sal MY TABERNAKEL onder julle OPRIG, en MY SIEL sal van julle geen afsku (diep afkeer, gevoel van weersin) hê nie (die NLV sê: “..Ek sal My nie vir julle skaam nie.”). En EK sal in julle midde wandel (tussen julle leef/ teenwoordig wees, by julle woon) en vir julle ‘n GOD wees, en júlle sal vir MY ‘n VOLK wees. EK is YHVH, julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het, dat julle nie slawe moet wees nie; en EK het julle jukskeie (dit is ‘n houtpen wat deur die skeigat in ‘n juk gesteek word aan elke kant van ‘n trekos se nek en met ‘n strop/ ‘n gedraaide riem/ ‘n small strook leer wat onder die keel van die dier vasgebind word om die juk in posisie te hou, ‘n beeld wat gebruik word vir die houvas wat sonde op ons het, dus sê YHVH ons God hier dat Hy die juk van die slawerny van die sonde) verbreek en het julle regop laat loop.”  Die sonde is dus ‘n swaar las wat ons vooroor laat loop, maar YHVH ons God belowe om daardie swaar las van ons aft e gooi sodat ons regop kan loop!

Hierdie is ‘n prentjie van ons VERLOSSING uit die slawerny van sonde deur die BLOED van YESHUA ons MESSIAS. Ons weet dat die uittog uit Egipte voorafgegaan is met die BLOED van die LAM aan die DEURPOSTE/ DEURKOSYNE wat beskou is as die EERSTE PASGA. So al het GOD hulle uit EGIPTE VERLOS uit hulle SLAWERNY aan die EGIPTENARE het Hy steeds van hulle verwag om HOM LIEF te HÊ deur HOM te GEHOORSAAM, spesifiek deur GEBOD 1-4 soos wat ons in Levitikus 26 lees. Dus is dit duidleik dat ons VELROSSING deur YESHUA ons MESSIAS van die SLAWERNY van SONDE, nie die GEBOOIE van GOD die VADER kansaleer nie, maar dit inteendeel VERSTERK. En ons sien inderdaat dat Paulus Levitikus 26:12 aanhaal in 2 Korintheirs 6:16 wanneer hy in vers 11-18 die gelowiges dringend vermaan (ernstig waarsku) om HEILIGE TE LEEF want die TEMPEL van die LEWENDE GOD (wat nou ons liggame is) kan nie deel in ONGEREGTIGHEID (die sonde/ die wetteloosheid) van die ongelowiges nie want dit kan nie gevul wees met LIG en duisternins nie, kan nie ooreenstem met Belial (die Satan) nie, en kan nie ‘n ooreenkoms sluit met afgode nie. Ons word GEROEP om ons hiervan en alles wat onrein (vuil, besoedel, sleg is) af te sny, want dan sal YHVH die Almagtige ons aanneem en vir ons ‘n Vader wees en ons sal Sy seuns en dogters wees. Dus was en is daar steeds aan die GEHOORSAAMHEID van Gebod 1-4 ‘n BELOFTE gekoppel van voorsiening, oorwinning, veiligheid, voorspoed en God die Vader se TEENWOORDIGHEID in ons lewens.

 In Deuternomium 31 lees ons van Moses wat op 120 jarige leeftyd, kort voor sy dood, met die volk praat en aankondig dat YHVH vir Josua as sy opvolger aangestel het en sê hy aan die volk soos opgeteken in vers 3 & 6 “YHVH jou God, Hy trek voor jou (Israel) oor; Hy sal hierdie nasies voor jou uit verdelg (uitdelg, uitroei, vernietig), en jy sal hulle uit hulle besittings verdrywe; Josua, hy trek voor jou (Israel) oor soos YHVH gespreek het. WEES STERK en VOL MOED; wees nie bevrees (vol vrees, bang nie) en word nie verskrik (senuweeagtig, lafhartig, met vrees en angs gevul) vir hulle nie; want dit is YHVH jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe (in die steek laat) of verlaat nie.” En dan lees ons in vers 7-8 “Toe het Moses Josua GEROEP en aan hom voor die oë van die hele ISRAEL gesê: WEES STERK en VOL MOED, want jy sal met hierdie volk in die land ingaan wat YHVH aan hulle vaders met ‘n eed beloof het om aan hulle te gee; en jy sal hulle dit laat erwe. En dit is YHVH wat voor jou uittrek; Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe (in die steek laat) of verlaat nie; jy mag nie bevrees of verskrik wees nie.”

 En in Josua 1:5-9 praat YHVH self met Josua en sê Hy aan hom: “Niemand sal voor jou standhou (teen jou kan bly staan) al die dae van jou lewe nie; soos Ek met Moses gewees het, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie begewe (in die steek laat) en jou nie verlaat nie. WEES STERK en VOL MOED; want jy sal hierdie volk die land laat erwe wat Ek hulle vaders met ‘n eed beloof het om aan hulle te gee. Wees net BAIE STERK en VOL MOED, om nougeset (noukeurig, presies) te handel volgens die HELE WET (die hele Torah, Genesis tot Deuternomium, opgesom in die Tien Gebooie) wat Moses My kneg, jou beveel het; wyk daarvan nie regs of links af nie, sodat jy met goeie gevolg kan handel (optree), oral waar jy mag gaan. Hierdie WETBOEK (die Torah, opgesom in die Tien Gebooie) mag nie uit jou mond wyk nie (dit beteken jy moet dit PRAAT, dit moet jou WOORDE bepaal); maar bepeins (oordink dit, dink daaroor na) dag en nag (dus deurlopend), sodat jy nougeset (noukeurig, presies) kan handel (praat en doen) volgens ALLES wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë (alles wat jy doen) VOORSPOEDIG wees, en dan sal jy met GOEIE GEVOLG handel (dus sal jou woorde en aksies goeie gevolge hê)”.

Hierdie belynnig van ons GEDAGTES met die WOORD van YHVH ons GOD word ook verduidelik deur Paulus in 2 Korinthiërs 10:3-6 wanneer hy sê “Want hoewel ons in die vlees wandel (in die liggaam leef), voer ons die stryd nie volgens die vlees nie (ons is nie in ‘n liggaamlike stryd gewikkel nie); want die WAPENS van ons STRYD is nie vleeslik (nie liggaamlik) nie, maar KRAGTIG deur GOD om vestings (versterkte plekke van die vyand soos forte wat dinge kan wees soos sonde wat ons gevange hou, twyfel, vrees of ongesonde denkpatrone) neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans (‘n militere versterking meestal bestaande uit ‘n wal) wat opgewerp word (dus argumente wat na vore gebring word) teen die kennis (die WOORD) van God, en ELKE GEDAGTE GEVANGE NEEM tot GEHOORSAAMHEID aan die MESSIAS (wat natuurlik beteken GEHOORSAAMHEID aan die WOORD van GOD die VADER, die TORAH, want YESHUA die MESSIAS IS DIE WOORD soos ons lees in Johannes hoofstuk 1, die rede daarvoor is dat ons gedagtes die dryfkrag agter ons emosies en ons gedrag is en as ons gedagtes belyn is met God se Woord sal ons gedrag goeie gevolge hê en sal ons voorspoed beleef in one lewens soos God aan Josua verduidelik het in Josua 1:7-8. Dit verg ‘n gewilligheid om die Woord dag en nag te bestudeer totdat dit deel word van hoe ons dink en besluite neem. En ons lees verder in 2 Korinthiers 10:6), en ons gereed hou om ELKE ONGEHOORSAAMHEID te straf (steng aan te spreek, af te reken, tot orde te roep) wanneer julle GEHOORSAAMHEID volkome (heeltemal, sonder voorbehoud) is” (Dit beklemtoon dus die belangrikheid van die strewe na algehele reinheid/ suiwerheid, heiligheid/ toegewydheid en gehoorsaamheid van gelowiges aan YHVH ons God en die WAARHEID van SY WOORD om ons sodoende ten volle te beskerm teen die vyand en sy leuens wat ten doel het om ons en ons lewens en ewige lewens te vernietig). En dan lees ons verder in Josua 1:9 sê YHVH aan Josua: “Het Ek jou nie beveel nie: WEES STERK en VOL MOED, WEES NIE BEVREES of VERSKIK NIE; want YHVH jou GOD IS MET jou, oral waar jy heengaan.”

Ons kan SY WOORD as RIGLYN gebruik vir elke GEDAGTE wat ons DINK, elke WOORD wat ons PRAAT en elke AKSIE wat ons uitvoer en dan VERSEKER WEET HY IS MET ONS en daarom KIES ons om STERK en VOL MOED te wees en nie mense te VREES nie.

Die skrywer van Hebreërs (waarskynlik ook Paulus) haal in hoofstuk 13:5-8, die gedeelte in Josua 1:5 aan wanneer hy aan die gelowiges sê: “Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.” Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: YHVH is MY HELPER, en ek sal nie vrees nie; wat sal ‘n mens aan my doen? Gedenk (dink aan, onthou) julle voorgangers wat die WOORD van God aan julle verkondig het; aanskou (kyk na) die uiteinde van hulle lewenswandel (hulle sedelike gedrag, hulle reinheid, die wyse waarop hulle geleef het) en volg hulle GELOOF na. Yeshua die Messias is GISTER en VANDAG DIESELFDE en tot in EWIGHEID.”

Baie mense soek hulle sekuriteit in geld en besitting, so hier word aan gelowiges bevestig ons sekuriteit is in YHVH ons God, wat een is met Yeshua ons Messias, en nie in geld, besittings of in mense nie.

Hierna sien ons hoe YHVH ons God, gestand aan Sy Woord deurlopend betrokke bly by Josua en daarna by Rigters soos Gideon en Samuel en die konings al het baie van hulle Hom verwerp vir afgode, het Hy altyd wanneer hulle teruggedraai het na Hom, hulle vergewe en weer ‘n kans gegee. Ons sien veral ‘n besondere verhouding met koning Dawid en ons lees in verskeie Psalms van Dawid se liefde vir YHVH ons God en Sy Woord soos in Psalm 23  waarin David verklaar dat YHVH sy HERDER is en met hom is al gaan hy ook deur ‘n dal van doodskaduwee. En Psalm 119 oor Dawid se liefde vir die Woord van God. En dan was daar Job, eintlik is daar te veel om op te noem! Soos ons ook lees in Hebreërs hoofstuk 11 oor die volharding in geloof van mense soos beskryf in die Ou Testament.

Ons lees ook in die PROFETE van YHVH se direkte verhouding met hulle om boodskappe van bekering aan die volk te bring.  En in Jesaja 7:14 lees ons die profesie van Yeshua ons Messias se geboorte, die een wat genoem sou word IMMÁNUEL wat beteken “God met ons!” Lees ook Jesaja 8:8-10.

 En in Jesaja 41:8-10 lees ons weer die belofte van YHVH om by Sy volk ISRAEL te bly (wat ons mos nou al goed verstaan alle gelowiges in Yeshua ons Messias insluit), wanneer ons lees: “Maar jy, ISRAEL, my kneg, Jakob, wat Ek uitverkies het, nageslag van Abraham, my vriend, jy, wat Ek gegryp het van die eindes van die aarde en van sy uithoeke GEROEP het, en Ek het aan jou gesê: Jy is My kneg; jou het Ek UITVERKIES en jou nie verwerp nie. Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. EK VERSTERK jou, ook HELP EK jou, ook ONDERSTEUN EK jou met MY REDDENDE REGTERHAND.”

 En ons sien die vervulling van die IMMÁNUEL profesie in die GEBOORTE van YESHUA die MESSIAS in Mattheus 1:22-23 waarin ons lees: “En dit het alles so gebeur, sodat die WOORD vervul sou word wat YHVH deur die profeet (met verwysing na Jesaja 7:14) gespreek het: kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom IMMÁNUEL noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.” En dit word ook bevestig in Johannes 1:14 “En die (hoofletter) Woord het vlees geword (‘n mens geword) en het onder ons kom woon – en ons het Sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom – vol van genade en waarheid.”

 En dan lees ons natuurlik in die Evangelies van Yeshua ons Messias wat vir drie en dertig jaar op aarde tussen mense kom woon het en van sy bediening op aarde en Sy naby betrokkenheid by Sy TWAALF DISSIPELS asook ‘n groot skare mense wat Hom gevolg het, by Hom geleer het deur gelykenisse en fisies en geestelik deur Hom genees is en bevry is van die houvas van die bose.

In Mattheus 18:19-20 sê Yeshua ons Messias aan ons: Weer sê Ek vir julle: As TWEE van julle SAAMSTEM op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van My Vader wat in die hemele is (Hy sal dit vir hulle doen/ dit vir hulle gee). Want waar TWEE of DRIE in MY NAAM VERGADER, daar IS EK in hulle midde (is Hy by hulle teenwoordig)”

 En in Mattheus 28:18-19 gee Messias Yeshua kot voor Sy hemelvaart opdrag aan die dissipels om die Evangelie, die Goeie Nuus aan alle nasies te gaan vertel, dissipels van hulle te maak, hulle te doop in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees en hulle te leer om alles te onderhou wat Hy beveel het en dan lees ons in vers 20 die belofte aan al Sy dissipels, insluitend ons: “En kyk, EK IS MET julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen (wat bevestig, dit is waar, laat dit so wees).”

 En Messias Yeshua verduidelik dan vir ons op watter wyse Hy met ons sal wees tot aan die voleinding van die wêreld, wanneer Hy in Johannes 14:15-17 sê: “As julle MY LIEFHET, bewaar MY GEBOOIE. En Ek sal (tot) die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander TROOSTER gee om by julle te BLY TOT IN EWIGHEID: die GEES van die WAARHEID wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie SIEN en Hom nie KEN nie; maar julle KEN HOM, omdat Hy BY julle BLY en IN julle sal wees.”

En ons lees verder in Johannes 14:19-23 sê Yeshua aan SY dissipels kort voor Sy kruisiging: “Nog ‘n klein tydjie, en die wêreld sien My nie meer nie; maar julle SIEN MY, omdat EK LEWE en julle SAL LEWE. In dié dag sal julle weet dat EK IN MY VADER IS, en julle IN MY, en EK IN julle. Wie MY GEBOOIE het en dié BEWAAR (dit hou/ onderhou/ handhaaf/ doen), dit is hy wat MY LIEFHET; en wie MY LIEFHET, hóm sal MY VADER LIEFHÊ, en EK sal hom LIEFHÊ en MY AAN hom OPENBAAR. Judas (die seun van Jakobus), nie (Judas) die Iskáriot nie (m.a.w nie Judas wat Yeshua veraai het nie), sê vir Hom: Meester, hoe is dit dat U aan ons U sal OPENBAAR en nie aan die wêreld nie? Yeshua antwoord en sê vir hom: As iemand MY LIEFHET, sal hy MY WOORD BEWAAR dit hou/ onderhou/ handhaaf/ doen), en MY VADER sal hom LIEFHÊ en ONS sal na hom toe kom en by hom WONNG maak.” Dit is dus duidelik, GOD die VADER en YESHUA die MESSIAS WOON in die mens TEMPELS wat GEHOORSAAM is aan SY WOORD!

YHVH ons God moes dus eers in ‘n aardse TABERNAKEL en later ‘n TEMPEL woon om by ons te wees maar van ons SONDE GESKEI te wees, totdat Yeshua ons Messias vir ons sondes, namens ons kom sterf het en die SWAAR GORDYN wat ons van GOD die VADER geskei het middeldeur kon skeur en ons nou VRYE TOEGANG tot HOM het deur YESHUA ons MESSIAS en SY HEILIGE GEES wat in ons kom WOON! Maar ons sien duidelik vanuit Yeshua ons Messias se eie woorde in Johannes 14:15-23 dat Sy offer aan die KRUIS, nie ons GEHOORSAAMHEID aan GOD se WOORD en dus SY GEBOOIE uitkanseleer nie! Inteendeel, na ons REDDING word groter GEHOORSAAMHEID aan HOM van ons VERWAG en VEREIS wat lei tot ‘n LEWE van TOEWYDING aan HOM omdat ons daarna streef om te DINK en OPTREE soos HY! En Hy laat ons nie alleen nie, Hy LEEF in ons deur SY HEILIGE GEES en lei ons op elke tree van ons lewens tot in EWIGHEID soos ons gelees het in Johannes 14:16.

Ons lees hierdie BELOFTE deurlopend in die WOORD tot in die voorlaaste hoofstuk waarin ons deur die openbaring soos aan Johannes deur Yeshua die Messias wat God die Vader Hom gegee het vertel word van die nuwe hemel en aarde in Openbaring 21:1-3 naamlik: “En ek (Johannes) het ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verby gegaan; en die see was daar nie meer nie. En ek, Johannes, het die HEILIGE STAD, die NUWE JERUSALEM, sien neerdaal van God (die Vader) uit die hemel, toeberei (gereed maak) soos ‘n BRUID wat vir haar man versier is. En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die TABERNAKEL van GOD (die Vader) is by die mense, en HY sal by hulle WOON, en hulle sal  SY VOLK wees; en GOD (die Vader) self sal by hulle wees as hulle God.” En ons lees dan meer detail hieroor in vers 22-23 “En ‘n TEMPEL het ek (Johannes) nie nie daarin gesien nie, want YHVH God, die Almagtige (die Vader) is sy (die NUWE JERUSALEM) se TEMPEL, en die LAM (Yeshua die Messias). En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die HEERLIKHEID van GOD (die VADER) het hom VERLIG, en die LAM (YESHUA die MESSIAS) is sy LAMP.”

He-Brews-Coffee-Roastery-Logo

Stay In Touch