Skip to content

MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (DIE DOOD) NA SY WONDERLIKE LIG (DIE LEWE), Deel 10: YHVH die GOD van die SMAL WEG

24 Junie 2026

Ons gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (die donker, afweisgheid van geestelike lig, onkunde, ongeloof, nood en elende, die dood) NA DIE WONDERLIKE LIG (openbaring van die waarheid, wysheid, geloof, geestelike vol lewe)  VAN ABBA VADER. En ons leer verder HOE ons, DIE SMAL WEG deur YESHUA ons MESSIAS vind wat lei vanuit die DUISTERNIS van EGIPTE/ ‘n prentjie van die WÊRELD, na ABBA VADER en ons help om die REDE en DOEL waarvoor HY ons gemaak het te vind, te verstaan, te groei daarin tot ons volle potensiaal en ons DOEL en ROEPING suksesvol uit te voer.

Ons gesels nog oor WIE ons SKEPPER GOD van LIG en LEWE is wat saam met ons beweeg op die SMAL WEG na DIE EWIGHEID.

Ons het nou reeds vanuit ons studie in SY WOORD bevestig:

HY IS DIE SKEPPER VAN HEMEL, AARDE en ALLES DAARIN.

  • ELOHIM God in die meervoud. EEN GOD in DRIE soos wat Hy Homself dan ook in die res van Sy Woord aan ons openbaar as GOD die VADER, die SEUN en die HEILIGE GEES.
  • Hy is dus DRIE MAAL HEILIG. DIE VADER is HEILIG, DIE SEUN YESHUA DIE MESSIAS is HEILIG en DIE GEES is HEILIG, AFGESONDER en daar is GEEN onheiligheid of duisternis IN HOM NIE.
  • YESHUA die MESSIAS, as die LIGGAAM van GOD die VADER is ons ADVOKAAT/ MEDIATOR/ MIDDELAAR, ons VOORSPRAAK by die VADER asook die REGVERDIGE REGTER.
  • Yeshua ons Messias is ook ons HOË PRIESTER in die ORDE van MELGISEDEK.
  • HY IS DUS DIE SKEPPER en daarom ook DIE LEWE – die BRON van LEWE van ALLES wat BESTAAN e nook ons ALMAL se VADER en HY GEE aan DIÈ wat KIES om in HOM te GLO en HOM te VOLG, DIE LEWE IN OORVLOED (in alles meer as genoeg) asook die EWIGE LEWE.

 HY IS WIE HY IS, die BEGIN van ALLES en die EINDE van ALLE DINGE.

  • Die GOD van ABRAHAM, die GOD van ISAK en die GOD van JAKOB/ ISRAEL.
  • SY NAAM, YHVH is vir EWIG, en dit is SY GEDENKNAAM van gelsag tot geslag.”
  • HY is YHVH, die KONING van ISRAEL en SY VERLOSSER
  • Hy is YHVH van die LEËRSKARE (die HEMEL WEERMAG).
  • Daar is buiten Hom GEEN ander God nie.
  • HY IS DIE LEWENDE EN EWIGE GOD WAT BESTAAN VAN ALTYD AF EN ALTYD SAL BESTAAN.
  • Hy is ALOMTEENWOORDIG en Hy WEET ALLES.

HY IS DIE ENIGSTE WARE LIG EN DAAR IS GEEN DUISTENRIS IN HOM NIE.

  • HY is die WARE LIG wat reeds vanaf DAG EEN van die SKEPPING af SKYN terwyl die AARDSE LIGBRONNE, die son, maan en sterre eers op DAG VIER geskep is.
  • SY LIG skyn op mense wat in DIEP DUSITERNIS leef en so open Hy hulle blinde oë en lei hulle uit die gevangenis.
  • SY LIG SKYN in ons deur SY WOORD want SY WOORD is ‘n LIG en ‘n LAMP wat ons lei uit die duisternis uit en ons help om in die LIG te LEEF.
  • Die GOEIE NUUS van God die Vader se redding deur Yeshua die Messias skyn soos ‘n LIG op mense.

 HY is ‘n VERTERENDE VUUR, daarom is:

  • SY WOORD VUUR.
  • SY ENGELE is BOODSKAPPERS van VUUR met swaarde van VUUR.
  • HY DOOP GELOWIGES met die VUUR van SY HEILIGE GEES.
  • HY SUIWER ons GELOOF met VUUR en HY TOETS ons WERK vir die KOINGKRYK met VUUR.

HY IS DIE WOORD

  • HY SKEP DEUR TE SPREEK.
  • SY WOORD IS DIE WAARHEID en dus IS HY DIE WAARHEID.
  • SY WOORD SAL VIR EWIG BESTAAN.
  • HY HOU ALLES IN STAND DEUR SY WOORD.
  • SY WOORD IS DIE GOEIE NUUS VIR ALLE MENSE.

HY is SOEWEREIN

  • Hy is OPPERMAGTIG, die HOOGTSTE GESAG in die hemel en op aarde.
  • En NIKS kan gebeur sonder dat Hy dit wil of toelaat nie.
  • En alles wat HY DOEN het ‘n DOEL en REDE en vir dié wat HOM LIEFHET en SY ROEPING vir hulle lewens aanvaar, dié wat HOM dus GEHOORSAAM en VOLG, sal Hy ALLES (ook dit wat met hulle gebeur wat sleg is) ten GOEDE laat meewerk.

 HY is die ALMAGTIGE GOD

  • Hy is dus die perfekte SKUILPLEK en TOEVLUG waarop ons kan VETROU.
  • Hy is DIE EWIGE ROTS, ‘n VASTE FONDASIE, die REDDER, ons VERLOSSER en ons BESKERMER.
  • Sy NAAM is YHVH, ‘n STERK TORING waarin ons kan hardloop en BESKUT word teen alle
  • Aan die wat na SY STEM LUISTER en HOM VOLG (Hom gehoorsaam), gee HY DIE EWIGE LEWE en niemand kan ons uit SY HAND ruk nie.
  • Hy VERSTERK ons en BEWAAR ons van die bose.
  • Hy is GROOT en KRAGTIG en SY VERSTAND (denkvermoë, insig, intellek) is ONEINDIG.
  • Hy is die EWIGE GOD, YHVH, die SKEPPER van ALLES en Hy word nooit moeg of mat (vermoeid, kragteloos, afgemat/ uitgeput na gees of liggaam) nie.
  • SY ALMAG en VERSTAND kan nie ten volle verstaan word nie.
  • YESHUA ons MESSIAS is hierdie ALMATIGE GOD wat met SY WEDERKOMS deur elke oog gesien sal word.
  • Hierdie ALMAGTIGE GOD is REGVERDIG en SY WEË IS WAARAGTIG (betroubaar).

HY IS DIE BRON VAN ALLE VERSTAND EN WYSHEID EN HY GEE WYSHEID, INSIG/ BEGRIP AAN DIE MENS

  • Sy SKEPPING GETUIG van WYSHEID wat te hoog en te groot vir enige mens is om te verstaan.
  • ALLES werk volmaak saam.
  • Hy het alles MOOI GEMAAK op SY TYD.
  • Die mense kan nie die werke van God volkome (heeltemal, geheel en al) ondersoek of verstaan nie want dit is te groot vir ons menslike verstand en wysheid.
  • Hy GEE egter WYSHEID aan die mens wat Hom daarvoor vra.
  • God se WYSHEID is ten EERSTE REIN (suiwer, onbevlek, onbesmet), dan VREDELIEWEND, VRIENDELIK, GESEGLIK (inskiklik), VOL BARMHARTIGHEID (sag, met meegevoel teenoor ander) en GOEIE VRUGTE, ONPARYDIG (nie bevooroordeeld nie, regverdig teenoor alle partye) en ONGEVEINS (opreg).
  • YESHUA die MESSIAS, die SEUN van GOD, kan ons VERSTAND OPEN sodat ons die WAARAGTIGE (die EGTE, WARE, BETROUBARE) GOD die VADER en YESHUA die SEUN kan ken, DIE WAARAGTIGE GOD, en die EWIGE LEWE.

 HY REGEER oor SY SKEPPING

  •  HY IS DIE SKEPPER, EIENAAR en KONING van ALLES en HEERS dus vir EWIG as die EWIGE KONING.
  • HY stel ALLE vorms van OUTORITEIT (wettige mag en gesag) in die hemel en op aarde aan.
  • Die konings van die aarde staan onder SY gesag, selfs al is hulle ongelowig, sal hulle SY MEESTERPLAN uitvoer sodat SY WOORD WAT GESPREEK IS WAAR SAL WORD.
  • Van elke aardse koning, ingesluit elke man, aangestel as koning en heerser oor sy gesin word verwag om GEHOORSAAM te wees aan GOD se WOORD en WET, SY WIL, om REG en GEREGTIGHEID te laat geskied en om op te tree met God se soort wysheid en inegriteit wat Hy ons in Sy WOORD leer.
  • Hy ROEP elke mens as deel van die LIGAAM van YESHUA ons MESSIAS en stel ons aan in ons spesifieke ROEPINGS waarvoor Hy ons elkeen geskep het en stel ons instaat om ons ROEPINGS (die doel en rede vir ons lewens) uit te voer.
  • Wanneer strukture van gesag hulle ONDERWERP aan SY GESAG, IN LYN MET SY WOORD, is daar VREDE in ‘n land, gesinne, werksplekke en gemeentes.

 HY IS ‘n GOD van ORDE 

  • Hy skep ORDE, LIG en OORVLOEDIGE LEWE op die aarde.
  • Sy WET (Sy Woord in Genesis tot Deuternomium, opgesom in die TIEN GEBOOIE) en VERORDINGE (voorskrifte insluitend Sy Feeste en wetlike bepalings) skep ORDE en verseker VREDE in die VERHOUDING tussen Hom en die mens asook tussen mense onderling.
  • Hy skep ook ORDE deur die daarstelling van MAGSTRUKTURE met Messias Yeshua as die HOOF van ELKE MAN, en die MAN as die HOOF van die VROU, en GOD (die Vader) as die HOOF van Yeshua die MESSIAS.
  • ELKE MENS word geroep om hom of haar te ONDERWERP aan die MAGTE (gesagsfigure en gesagstrukture) wat oor hom of haar AANGESTEL is (of dit nou jou man, ouers, regeerders, leiers of bestuurder is), want daar is geen MAG (geen gesag of outoriteit/ wettige mag) behalwe van GOD nie, en die wat daar is, is deur GOD INGESTEL en die DOEL daarvan is om ORDE en VREDE te bewerkstellig.

HY IS REGVERDIG 

  • Hy hou ELKE mens VERANTWOORDELIK vir sy of haar eie KEUSES en elkeen moet dus die GEVOLGE van hulle eie KEUSES dra want wat jy SAAI sal jy OES.
  • Hy seën die nageslag van REGVERDIGE MENSE (mense wat in gehoorsaamheid aan SY WOORD en WIL leef) tot in die duisendste geslag.
  • Hy laat GEEN sonde ongestraf bly nie en daarom sal die ONREGVERDIGE MENS se dade sy nageslag negatief beïnvloed tot in die derde of vierde generasie. Maar as iemand in hierdie generasie opstaan uit die slegte invloed van sy of haar voorouers en REGVERDIG leef (veral ‘n manlike persoon omdat Abba Vader aan die man die gesag gee as beskermer van sy gesin) sal Abba sy nageslag seën tot in die duisendste geslag.
  • ELKE mens wat tot insig kom, oor sy of haar sondes en begryp wat die hartseer gevolge daarvan is vir hom/ haarself en hulle BEKEER van AL hulle sondes – dit erken en bely, vergifnis daarvoor ontvang en weg draai daarvan, en AL GOD se INSETTINGE (instellings, gebooie) ONDERHOU en REG en GEREGTIGHEID DOEN (DOEN wat REG is volgens God se WOORD en SY WIL), sal sekerlik ‘n vol lewe op aarde leef en die ewige lewe ingaan.
  • God die Vader het GEEN behae daarin dat enige mens op aarde moet ly as gevolg van hulle sondes of die ewige dood moet sterf nie, Hy is die mens se VERLOSSER en wil hê dat ALLE MENSE GERED word en tot KENNIS van die WAARHEID kom en EWIG LEWE.
  • Wanneer ons die SMAL WEG KIES deur ons VERLOSSER YESHUA ons MESSIAS, ontvang ons ‘n NUWE HART en ‘n NUWE mens gees want ons word NUWE MENSE IN HOM en dan gee Hy aan ons SY HEILIG GEES wat ons leer en lei op die smal weg van GEHOORSAAMHEID aan Abba Vader. Ons stap dus van daaraf nooit meer alleen nie, ons RAADGEWER en BEMOEDIGER stap ellke dag en in alle omstandighede saam met ons.

SY OORDEEL IS REGVERDIG

  • Hy is die REGVERDIGE REGTER van die ganse aarde.
  • Hy is ‘n BARMHARTIGE REGTER wat nie mense straf waneer ons ons bekeer (‘n verandering/ vernuwing van hart en gedagte ondergaan) en weg draai van ons verkeerde weg nie. Dit is die GOEIE NUUS!
  • Hy het tydens SY EERSTE KOMS die mens kom RED en hierdie GOEIE NUUS van REDDING deur ons VERLOSSER YESHUA die MESSIAS is beskikbaar vir alle mense om hulle KEUSE te maak tussen LEWE en seën en DOOD en vloek.
  • DIE REGVERDIGE REGTER (Yeshua die Messias, aangestel deur YHVH die Vader), sal tydens SY TWEEDE KOMS kom om die aarde te OORDEEL. Dit behels DIE EERSTE OPSTANDING VAN GELOWIGES en die BEOORDELING en BELONING van hulle getrouheid en werk vir die KONINGKRYK volgens die GAWES en ROEPING wat aan elkeen gegee is en die VERSLAAN van die AARDSE VYANDE wat teen Hom opstaan onder leiding van die antimessias/ antichris en die vals profeet, wat ook die eerste mense is wat in die POEL van VUUR (algemeen bekend as die Hel) gewerp sal word.
  • Daarna begin die DUISEND JARIGE VREDESRYK/ KONINGKRYK VAN YESHUA DIE MESSIAS en die gelowiges wat deel vorm van die EERSTE OPSTANDING sal saam met Hom heers. Dit eindig met die finale verslaan van die Satan wat ook in die Poel van Vuur gewerp word waar die antimessias/ antichrist en die vals profeet ook reeds is.
  • Dit word gevolg met die LAASTE GROOT WIT TROON OORDEEL waartydens ALLE mense wat nog ooit geleef het beoordeel sal word volgens hulle dade. Die wie se name in die BOEK van die LEWE van die LAM geskryf staan sal die EWIGHEID ingaan saam met die YHVH Vader en die Lam (Yeshua die Messias) en die wie se name nie in die Boek van die Lewe van die Lam opgeskryf staan nie, sal dan die TWEEDE DOOD sterf in die Poel van Vuur. Die DOOD en DODERYK sal dan as LAASTE VYANDE van God ook in die POEL van VUUR gewerp word.

Ons gesels dan vandag verder oor hierdie WONDERLIKE GOD van die SMAL WEG.

HY BEPAAL DIE PERFEKTE TYD VIR ALLES

 Prediker 3:1 sê aan ons “ALLES het sy bepaalde uur, en vir ELKE SAAK onder die hemel is daar ‘n tyd: ”En daarom is dit belangrik om soos Dawid ons aanmoedig in Psalm 27:14 te “Wag op YHVH! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja wag op YHVH!” Sy PERFEKTE TYD is altyd die REGTE TYD. 

Ons sien ook die idee van ‘n SPESIFIEKE TYD waarop God bepaal dat dinge sal gebeur in Yeshua ons Messias se woorde toe Hy begin het met Sy bediening in Galiléa in Markus 1:15 “Die TYD is VERUL en DIE KONINGKRYK van God (die Vader) het naby gekom; BEKEER julle en GLO die EVANGELIE (ook genoem die GOEIE NUUS).” Paulus verwys na die spesifieke tyd waarom God dinge laat gebeur as “die VOLHEID van die TYD” wat gekom het in Galasiërs 4:4 en Efesiërs 1:10. En in Galasiërs 6:9 sê Paulus: “En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die REGTE TYD sal ons maai (oes) as ons nie verslap (nie tou opgooi nie, nie spoed verloor) nie.”   En ons lees ook in Openbaring 6:9-11 “En toe Hy (die Lam, dus Yeshua die Messias) die VYFDE SEËL oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat dood is ter wille van die WOORD van GOD (die Vader) en die GETUIENIS (van Yeshua die Messias soos ons ook lees in Openbaring 12:11 & 17 en Openbarin 20:4) wat hulle gehad het. En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: ‘Hoe lank, o HEILIGE en WAARAGTIGE HEERSER, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?’ En aan ELKEEN van hulle is WIT KLERE gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog ‘n KLEIN TYDJIE moes rus totdat hulle MEDEDIENSKNEGTE (waarvan ons lees in Openabring 12:11 wat die aanklaer, die Satan oorwin deur die BLOED van DIE LAM, YESHUA die MESSIAS en deur die WOORD van hulle GETUIENIS, en hulle tot die dood hulle lewens nie liefgehad het nie, dus bereid was om te sterf vir hulle geloof in God) en hulle BROEDERS (medegelowiges, die nakomelinge van YHVH se ISRAEL, dus die gelowiges vanuit die TWAALF STAMME van ISRAEL asook alle nasies wat  inent op die Boom van Israel, waarvan ons lees in Openbaring 12:17 wat die GEBOOIE an GOD gehoorsaam en die GETUIENIS van YESHUA die MESSIAS hou) wat nog GEDOOD sou word soos hulle, VOLTALIG sou wees.” Ons sien dus hier daar is ‘n SPESIFIEKE TYD en SPESIFIEKE aantal mense wat deel sal vorm van hierdie GROEP GETROUE GELOWIGES wat gedood sal word vir hulle GELOOF en uiteindelik saam met Yeshua die Messias sal regeer in die DUISEND JARIGE VREDESRYK soos wat ons lees in Openabring 20:4-6. 

En ons sien in die voorbeeld van Josef se lewe dat selfs al laat YHVH ons God toe dat mense, insluitend die wat ons vertrou, soos Josef se broers, ons in die steek laat en optree soos vyande teen ons, God alles ten goede laat meewerk wanneer ons getrou in ons geloof aan Hom bly. Josef verklaar dit in Genesis 50 aan sy broers wat bang was dat Josef na hulle pa Jakob se dood die kwaad wat hulle teen hom gedoen het sou wreek maar ons lees dat Josef hartseer was toe hy dit hoor en hy antwoord hulle in vers 19-20: “Moenie bevrees wees nie; want is ek in die plek van God? (die NLV sê: Ek is nie in God se skoene om julle te straf nie). Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar GOD het dit TEN GOEDE GEDINK om te DOEN wat dit vandag is, om ‘n groot volk in die lewe te hou (ons weet dat Josef gebruik is deur God om genoeg kos te versamel om tydens die sewe jaar hongersnood in Egipte kos te voorsien aan baie mense insluitend sy familie, sy pa Jakob en sy broers, die STAMVADERS van ISRAEL).  En Paulus verwys later ook in Romeine 8:28 daarna wanneer hy gelowiges bemoedig met hierdie woorde: “En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, ALLES TEN GOEDE MEEWERK, vir hulle wat na SY VOORNEME (SY PLAN) GEROEP is (die NLV sê: hulle wat GEROEP is volgens SY DOEL vir hulle lewens).”

Paulus begin sy briewe aan die gelowiges in Romeine 1:1-2 deur homself voor te stel as: ‘…’n dienskneg van Yeshua die Messias, ‘n GEROEPE apostel, afgesonder tot die EVANGELIE (die GOEIE NUUS) van GOD (die Vader) – wat Hy tevore beloof het deur SY PROFETE in die HEILIGE SKRIFTE (‘n verwysing na die Torah, Genesis to Deuternomium en die Profetiese Boeke), aangaande SY SEUN wat gebore is na die vlees (as ‘n mens) uit die geslag van David (dus vanuit die Stam van Juda, vandag bekend as die Jode) en na die (hoofletter) GEES van HEILIGHEID wat met KRAG verklaar is as die SEUN van GOD (die Vader) deur die OPSTANDING uit die dood, YESHUA die MESSIAS, ons MEESTER, en deur WIE ons GENADE en die apostelskap ontvang het om GELOOFSGEHOORSAAMHEID (dus die vermoë om te GLO en te GEHOORSAAM) te verkry onder al die heidene (die ongelowiges) ter wille van SY NAAM,”

En dan noem Paulus ook in Romeine 1:6 die GELOWIGES in Rome, “GEROEPENES van YESHUA die MESSIAS” en “…GELIEFDES van GOD (die Vader), GEROEPE HEILIGES (mense afgesonder vir en toegewyd aan God die Vader)…”. En ons sien ‘n soortgelyke boodskap aan die gelowiges in Korinthe in 1 Korinthiërs 1:1-9. Moet dus nie daaraan twyfel dat JY GEROEPE is nie, as jy vandag hierdie BOODSKAP en elke ander WARE BOODSKAP VANUIT SY WOORD HOOR of SELF SY WOORD LEES, weet dan verseker HY ROEP NA JOU! Al wat jy moet doen is ANTWOORD op SY ROEPSTEM en na HOM KOM soos wat Hy self in Markus 1:15 sê: “Die TYD is VERVUL en DIE KONINGKRYK van God (die Vader) het naby gekom; BEKEER julle (kom tot inkeer, ondergaan ‘n verandering van hart en gedagte en draai terug na Hom) en GLO die EVANGELIE (die GOEIE NUUS van REDDING, ook vir jou!).

HY is die GOD van LIEFDE, die BRON van ROTSVASTE LIEFDE

Soos julle weet gebruik ons hoofsaaklik die 1933 vertaling van die Woord as basis vir ons boodskappe, maar omdat hierdie vertaling die woord “GOEDERTIERENHEID van God” dikwels gebruik in plaas van die “LIEFDE van God” gaan ons vandag meer gebruik maak van die NLV wat wel die woord LIEFDE gebruik soos dit inderdaat ook in die Engelse Bybel weergawes voorkom.

Ons sien in Genesis hoofstuk 1-3 met hoeveel sorg en liefde Elohim (God-drie-enig) alles skep, seën en voorsien. David verklaar Psalm 136 die GOEDHEID van YHVH DUUR tot in EWIGHEID, aan SY LIEFDE is GEEN EINDE nie, Hy sorg en VOORSIEN VOEDSEL aan ALLES wat HY GESKEP het en HY BESKERM SY VOLK (die mense wat kies om aan Hom te behoort, getrou is aan Hom en by Hom hulle hulp te soek).

Ons lees in Eksodus 34:6-7 beskryf God Homself aan Moses soos volg: “…EK IS YHVH. EK IS ‘n God wat BARMHARTIG en GENADG is. Ek het GEDULD met mense, EK IS LOJAAL. EK BLY GETROU. EK bly VOL LIEFDE oor al die gelsagte (heen). Ek VERGEEF alles wat hulle verkeerd gedoen het. Ek laat sonde egter nie sommer verby gaan nie (die 1933 vertaling sê: maar nooit ongestraf laat bly nie).” Soos reeds in vorige boodskappe verduidelik is Hy ‘n REGVERDGE GOD wat sonde straf JUIS omdat HY ons LIEFHET want Hy weet sonde VERNIETIG mense, dus leer Hy ons deur ons te dissiplineer, baie soos ‘n goeie pa sy kinders sal tug wanneer hulle verkeerd doen sodat hulle die regte weg kan leer ken en daarvolgens in veiligheid en gelukkig kan lewe. Hy los ons dus nie om ‘n slaaf te bly van sonde nie, Hy VERLOS ons van die greep wat sonde op ons het. Deuternomium hoofstuk 7 vertel vir ons iets hiervan wanneer God deur Moses verduidelik waarom Hy die VOLK ISRAEL uitgekies het as Sy volk en ons lees in vers 7-11: “YHVH het jou nie GEKIES of LIEFGEHAD omdat jy meer of groter was as die ander nasies nie. Trouens (inteendeel), jy was die kleinste van al die nasies! Dit was net omdat YHVH jou liefgehad het en omdat Hy die eed wat Hy gesweer het aan jou voorouers (Abraham, Isak en Jakob, later deur God hernoem as ISRAEL) nagekom het. Dit is DIE REDE waarom YHVH jou met sulke VERSTOMMENDE KRAG GERED het uit die SLAWERNY onder die farao in Egipte. VERSTAAN daarom dat YHVH jou God INDERDAAT GOD IS. HY IS die GETROUE GOD wat SY VERBOND vir DUISEND GESLAGTE HOU. Hy hou nie op om DIÈ mense LIEF te HÈ wat HOM LIEFHET en SY GEBOOIE GEHOORSAAM nie. Maar, Hy huiwer nie om die mense wat Hom haat, te straf en te vernietig nie.” Dus sien ons hier duidelik: GOD beleef dat ons Hom LIEFHET wanneer ons SY GEBOOIE GEHOORSAAM en dat ons HOM haat wanneer ons ONGEHOORSAAM is aan SY GEBOOIE en dus lees ons in vers 11-12: “Daarom, GEHOORSAAM eerder AL hierdie opdragte, voorskrifte en bepalings wat ek vandag vir jou gee. As jy LUISTER na hierdie GEBOOIE en dit GETROU GEHOORSAAM, sal YHVH jou God SY VERBOND van TROUE LIEFDE met jou nakom, net soos Hy dit plegtig aan jou voorouers (Abraham, Isak en Jakob/ ISRAEL) beloof het.”

Ons sien in Nehemia 9:17-18 word erken dat die volk in die woestyn ONGEHOORSAAM was en vergeet het van al die wonders wat God in Egipte gedoen het om hulle uit SLAWERNY te verlos en hulle was hardkoppig en het  ‘n leier aangestel om hulle terug te vat na die SLAWERNY in Egipte! Net soos wat ons roep na God wanneer ons sondes ons vernietig (soos een of ander verslawing) en wanneer Hy ons daaruit red vergeet ons wat ons sondes aan ons gedoen het en wil ons weer terug keer daarna! En ons lees in Nehemia 9:17d-19 “Maar U is ‘n God wat VERGEWE, GENADIG en VOL DEERNIS (diep meegevoel). U word nie vining kwaad nie, U is LIEFDEVOL en GETROU. U het hulle nie in die steek gelaat nie, selfs toe hulle vir hulle ‘n beeld van ‘n kalf gemaak het. Hulle het gese: ‘Hierdie is julle (kleinletter) god  wat julle gebring het uit Egipte! Hulle het verskriklike, godslasterlike dinge gedoen. Maar in U GROOT LIEFDE het U hulle nie in die woestyn aan hulle lot oorgelaat nie. Ons weet wel dat daar weens hierdie goue kalf aanbidding 3000 mense gesterf het, lees Eksodus hoofstuk 32. En lees ook Paulus se verwysing hierna in 1 Korinthiërs 10:1-10 en in vers 11 waarsku hy gelowiges: “Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as VOORBEELDE en is opgeskrywe as ‘n WAARSKUWING aan ons op wie die eindes van die eeue (die NLV sê: teen die einde van die wêreldgeskiedenis) gekom het. Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.” Ons moet dus baie duidelik besef, ons aanbid ‘n GOD vol BARMHARTIGHEID, GENADE en LIEFDE, maar Hy is ook REGVERDIG en Hy straf sonde sodat ons ontslae kan raak daarvan want sonde lei tot vernietiging van die mens en nie net van die mens se liggaam nie, maar ook die mens se siel en gees.  En juis daarom ROEP HY ONS TOT BEKERING. Soos wat Hy ons ROEP deur die Profeet Joël in hoofstuk 2:12-14b “Maar nou sê YHVH: ‘Draai met volle oorgawe TERUG na MY toe (BEKEER julle)! Vas, huil, treur! Moenie julle klere skeur omdat julle hartseer is (en berou het nie), skeur julle HARTE!’ DRAAI TERUG na YHVH julle God toe, want Hy is GENADIG en vol MEEGEVOEL. Hy word nie maklik kwaad nie. Hy is BAIE LIEFDEVOL en wil julle nie graag straf nie. Wie weet, miskien besluit Hy anders en is Hy julle GENADIG. Dalk gee Hy vir julle VOORSPOED in plaas vna hierdie verskriklike OORDEEL…”

Ons lees ook heelwat oor GOD se ROTSVASTE LIEFDE in die Psalms soos in Psalm 25:10 wat sê al die paaie van YHVH is GOEDERTIERENHEID (genadigheid en barmhartigheid) en TROU (standvastig, getrouheid) vir die wat SY VERBOND en SY GETUIENISSE bewaar (hou). Psalm 36:7 & 9 bevestig: “o YHVH, U GOEDERTIERENHEID is tot in die hemele, U TROU tot in die wolke…Hoe KOSBAAR is U GOEDERTIERENHEID (genade en barmhartigheid), o God! Daarom skuil die mensekniders onder die skaduwee van U vleuels.” In Psalm 52:10 sê David “Maar ek sal wees soos ‘n GROEN OLYFBOOM in die HUIS van GOD; ek VERTROU op die GOEDENTIERENHEID (genade en barmhartigheid) van God vir EWIG en ALTYD.” En in Psalm Psalm 63:4 sê hy: “U TROUE (standvastige en getroue) LIEFDE is beter as die lewe; daarom PRYS ek U!” En ons lees in Psalm 103:8 “YHVH is BARMHARTIG en GENADIG, GEDULDIG en VOL ONFEILBARE LIEFDE.”

En Psalm 117:1-2 sê: “Loof YHVH, al die nasies. PRYS HOM, alle volke. Want SY LIEFDE is GROOT vir ons; die TROU (standvasigheid en getrouheid) van YHVH bly vir altyd.”

In Jesaja 49:15-16a sê God aan ISRAEL (en as ons inent as gelowiges op die Boom van Israel deur ons GELOOF in die REDDING van YESHUA ons MESSIAS en ons GEHOORSAAMHEID aan DIE WOORD, is hierdie woorde ook van toepassing op ons): “Kan ‘n ma die baba vergeet wat aan haar bors drink? Kan sy geen medelye hê met ‘n kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou dit tog moontlik wees, Èk sal jou NOOIT vergeet nie! Kyk, Ek het jou naam in my hand gegraveer (geskryf)…” En in Jesaja 54:10 sê God in ‘n profesie van die NUWE JERUSALEM “Want die berge kan padgee en die heuwels verdwyn. Maar MY LIEFDE vir jou sal NOOIT verander nie.” En onthou ons lees in Openbaring 19:8 dat die NUWE JERUSALEM, die BRUID wat uit die hemel sal neerdaal volgens Openbaring 21:1-2, “…toegelaat sal word om fyn, helder skoon linne aan te trek (en dan word daar verduidelik) Die fyn linneklere is die REGVERDIGE DADE van die heiliges wat aan GOD TOEGEWY is (dus die gelowiges wat afgesonderd vir en toegewy aan God is).

En in Jeremiah 31:3 sê God aan ISRAEL “Lank gelede het YHVH dit aan ons bekendgemaak: ‘Ek het jou LIEF met ‘n LIEFDE wat NOOIT ophou nie. Ek TREK jou met TROUE (standvastige, getroue) LIEFDE na My toe.” En in Sefanja 3:12-17 lees ons weereens ‘n boodskap gerig aan JERUSALEM, hierdie keer van oordeel maar ook van REDDING van die OORBLYFSEL (die remnant in Engels) van ISRAEL: “En Ek sal tussen jou laat oorbly ‘n ellendige (behoeftige) en geringe volk wat by die NAAM van YHVH skuiling soek (op Hom vertrou). Die OORBLYFSEL van ISRAEL sal geen onreg doen en geen leuentaal spreek nie, en in hulle mond sal geen bedrieglike tong gevind word nie; maar hulle sal wei en neerlê, en niemand sal hulle verskrik nie. (En ons lees van hierdie GETROUE volgelinge van die LAM wat deur Hom VRYGEKOOP is ook in Openbaring 7:1-8 en 14:1-5) Jubel, o dogter van Sion (dus JERUSALEM, onthou in die Woord word daar na stede as vroue verwys), juig, o ISRAEL (hier ‘n verwysing na die oorblyfsel van AL TWAALF STAMME soos wat ons ook lees in Openbaring 7 en 14 en wat GELOWIGES in Yeshua insluit soos reeds verduidelik, lees ook Paulus se woorde in Romeine 11:26, waarin hy aandui en so sal die HELE ISRAEL gered word). Verheug jou en JUBEL van ganser harte (met volle oorgawe, met jou hele hart), o dogter van JERUSALEM! YHVH het jou oordele opgehef, jou vyand weggevee; die KONING van ISRAEL (‘n verwysing na Yeshua die Messias as KONING van die DUISENDJARIGE VREDESRYK, lees Openbaring 19:11-21 en 20:4-6), YHVH is by jou, jy sal geen kwaad meer vrees nie. In dié dag (die TWEEDEKOMS van YESHUA as die KONING van die aarde en die oordeel oor Sy vyand) sal aan JERUSALEM gesê word: Vrees nie, o Sion, laat jou hande nie slap hang nie! (sien ook Hebreërs 12:11-12 waarin hierdie uitdrukking gebruik word om gelowiges aan te moedig om die dissiplinering van God te aanvaar en hulle paaie reguit te maak, dus op te hou sondig en God se weg te volg). YHVH jou God is by jou, ‘n HELD (‘n Magtige God) wat VERLOSSING skenk. Hy VERHEUG HOM oor jou met BLYDSKAP; HY swyg (raak stil en rustig) in SY LIEFDE; HY JUIG oor jou met GEJUBEL.”

GOD gee aan SY VOLK (wat insluit die Twaalf Stamme van ISRAEL, Josef se twee seuns uit sy verbintenis met sy Egiptiese vrou Efraim en Manasse asook ‘n menigte, dus ‘n groot hoeveelheid ander nasies wat GEKIES het om saam met hulle Egipte te verlaat, volgens Eksodus 12:38) SY LIEFDESWET in Eksodus 20. Dit word ook later omskryf in Levitikus 19 hoe ‘n mens God moet liefhê bo alles en jou naaste moet liefhê soos jouself en dit word herhaal in Deuternomium hoofstuk 5-7 om Hom en ons naaste insluitende die vreemdelinge wat by ons woon LIEF te HÊ en aan niemand enige kwaad of skade te doen nie. En dit word herhaal deur Yeshua ons Messias as van toepassing op ALLE GELOWIGES in HOM in die NUWE TESTAMENT in Mattheus hoofstuk 5:17-48 en Lukas 16:14-18. Lees ook Mattheus 19:19, Galasiërs 5:14 en Jakobus 2:8.

Yeshua ons Messias bevestig in Mattheus 22:34-40 asook Markus 12:28-34 en Lukas 10:25-26 die BELANGRIKHEID van die TORAH (die WET van God soos opgesom in die TIEN GEBOOIE) wat in TWEE duidelik onerskeibare DELE verdeel kan word naamlik “Jy moet YHVH jou God liefhê met jou hele hart (dus jou emosies) en met jou hele siel en met jou hele verstand (jou gedagtes en jou vrye wil). Dit is die EERSTE en die GROOT GEBOD (dus ‘n bevestiging van Deuternomium 6:5). En die TWEEDE wat hiermee GELYKSTAAN: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself (dus ‘n bevestiging van Levitikus 19:18). Aan hiedrie TWEE GEBOOIE hang die HELE TORAH (die HELE WET soos opgeteken in Genesis tot Deuternomium en opgesom in die Tien Gebooie) en DIE PROFETE (alles waaroor die profete gepraat en geskryf het onder leiding van God se Heilige Gees).

Paulus verwys later na GOD se LIEFDESWET, die TORAH wanneer hy in Romeine 13:8-14 verduidelik dat AL wat ons aan mekaar verskuldig is, is om mekaar LIEF te HÊ, deur die GEBOOIE van GOD te onderhou en hy som dit so op in vers 10: “Die LIEFDE doen die naaste (alle mense waarmee ons te doen het of wat ons pad kruis, maar veral ons eie geliefdes en medegelowiges) GEEN kwaad aan nie; daarom is DIE LIEFDE die VERVULLING van die TORAH (die Wet van God, Genesis tot Deuternomium soos opgesom in die TIEN GEBOOIE).” En hy verduidelik in Romeine 13:14 hoe ons dit regkry, naam: “…beklee julle met die MEESTER YESHUA die MESSIAS (TREK HOM AAN SOOS JY KLERE SAL AANTREK, volg Sy voorbeeld so naby na met die hulp van die HEILIGE GEES in jou dat jy lyk soos Hy en word soos Hy), en maak geen voorsorg (geen voorsiening, gee geen plek) vir die vlees (die sondige natuur) om sy begeerlikhede te bevredig nie.”

Paulus verduidelik dit ook in Efesiërs 4:22-24 en Kolossense 3:9-10 dat ons ons ou sondige vlees (ons ou natuur wat lief is vir die sonde soos afgode, of dit nou mense, dinge of die bose is waarby ons ons hulp en geluk soek soos Yeshua ook waarsku in Mattheus 6:24 niemand kan twee meesters dien nie, hy sal die een haat en die ander liefhê, of hy sal die een aanhang en die ander verag, opstand teen God, die misbruik van Sy Naam, die ontheiliging van Sy Sabbat, die opstand teen gesagsfigure insluitend ouers, moord in ons gedagtes, met ons woorde of dade, egbreek en wellus, diefstal, kwaadspreek en leuens en die begeer van dinge wat aan ons naaste behoort, lees ook Galsiërs 5:19-21, ons moet al hierdie dinge), uittrek en Yeshua die Messias aantrek soos NUWE KLERE sodat ons verander word om die sigbare eienskappe, ook genoem die VRUGTE van SY HEILIGE GEES kan toon van liefde, vrede, vreugde, barmhartigheid, nederigheid, goedheid, vriendelikheid, geduld en selfbeheersing (volgens Galasiërs 5:22-23).

Ons sien ook ‘n illustrasie van rdie VERBAND tussen GEHOORSAAMHEID en LIEFDE in die gebeure in Markus 10:17-20 toe die ryk jong man vir Yeshua vra wat hy moet doen om die ewige lewe te verkry. En Yeshua aan hom meld, jy ken die GEBOOIE: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag niemand tekort doen nie; eer jou vader en jou moeder. Maar die ryk jong manantwoord Yeshua: “Meester, AL hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af.” En dan lees ons in vers 21: En Yeshua het hom aangekyk en hom LIEFGEKRY…” Maar ons sien dat hierdie jongman nie kans gesien het om sy LEWE vir YESHUA te gee, deur SY KRUIS op te neem en sy geld vir die armes te gee nie. Dus is dit ‘n bewys dat hy nie werklik vir God bo alles lief gehad het nie, maar dat sy RYKDOM op die troon van sy hart gesit het.

En in Lukas 6:27-35 verduidelik Yeshua hierdie LIEFDE vir ander soos onsself moet ook aan ons VYANDE bewys word al haat, vloek en beledig hulle ons. (Lees ook Mattheus 5:43-48). Dit klink dalk vreemd en selfs onmoontlik, maar die rede waarom ons dit moet doen is omdat ons daardeur vry bly van emosies van wraak en haat. Gelowiges laat die straf oor aan God wat die REGVERDIGE REGTER is en dit onthef ons van hierdie las, dus kan ons verseker weet ELKE mens sal kry wat hy of sy verdien en kan ons, soos Yeshua ons Messias ons aanbeveel, ons vyande liefhê deur goed aan hulle te doen in lyn met die TIEN GEBOOIE van God en hulle te seën en vir hulle te bid, veral dat hulle tot bekering sal kom en ook die wonder van GOD se LIEFDE sal leer ken en ervaar, wat alle mense nodig het, want net HY is in staat om ons PERFEK LIEF te hê. As mense skiet ons ongelukkig almal tekort in die liefde, maar word ons deur die WOORD aangemoedig om elke dag daarna te streef om ander lief te hê deur hulle te behandel soos ons graag behandel wil word.

God het nie net LIEF nie, 1 Johannes 4:8 & 16 vertel aan ons HY IS LIEFDE en die mens wat in hierdie LIEFDE bly, bly in God, en God in hierdie mens. Ons sien ook die in VERKLARING van GOD die VADER se LIEFDE vir SY SEUN YESHUA verskeie gedeeltes van die Woord soos in Johannes 3:35 waarin ons lees: “Die VADER het die SEUN LIEF en het ALLES in SY HAND gegee”. Lees ook Mattheus 3:17 en Johannes 5:20. En ons lees van YESHUA se LIEFDE vir SY VADER en die DUIDELIKE VERBAND met YESHUA se GEHOORSAAMHEID in Johannes 5:9-17. En Hy verduidelik dat hierdie selfde VERBAND bestaan tussen ons LIEFDE vir HOM en GEHOORSAAMHEID aan HOM in Johannes 14:15, 21 & 23 waarin Yeshua ons Messias sê: “As julle MY LIEFHET, bewaar (gehoorsaam) MY GEBOOIE…Wie MY GEBOOIE het en dié bewaar (dit gehoorsaam), dit is hy wat MY LIEFHET; en wie MY LIEFHET, hóm sal MY VADER LIEF HÊ en Ek sal hom LIEFHÊ en MY aan hom OPENBAAR (bekendmaak).” En ons moet verstaan Yeshua IS die LIGGAAM van GOD DIE VADER, dus is die GEBOOIE waarvan ons in die Ou Testament lees, SY GEBOOIE, daar is nie enige ander nuwe gebooie nie. Hy het dit net vir ons kom duidleik maak, soos in Mattheus 5:17-48.

En daarom is GEHOORSAAMHEID aan HOM dan inderdaat die BEWYS van ons LIEFDE vir HOM! Johannes vertel aan ons in 1 Johannes 4:20 as ons sê ons het GOD LIEF maar ons haat ander mense, veral medegelowiges is ons LEUENAARS! Dus is ons eie gedagtes, woorde en dade asook die woorde en dade van ander mense die BEWYS of ons GOD en ander mense LIEFHET volgens SY matstawwe, nie die wêreld se soetsappige maatstawwe nie. Dit verg MOED en DAPPERHEID om soos GOD LIEF te HÊ. En dit is HIERDIE SOORT LIEFDE van GOD, 1 Korinthiërs 13 soort liefde wat ons lewens en die lewens van die mense om ons kan verander. En onthou dis ‘n GROEIPROSES, ons as mense maak foute en ons sukkel om van die vlees (die ou sondige natuur) ontslae te raak – daarom sterf ons DAAGLIKS DAARAAN en genadiglik het Abba Vader vir ons die voorreg gegee om ons sonde te BELY wanneer ons per ongeluk val en verseker te wees van SY VERGIFNIS want Yeshua ons Messias het klaar die vol prys namens ons betaal en kan ons weer probeer om volgens SY WEË te LEEF met die HULP van die WOORD en die HEILIGE GEES wat ons LEER en LEI.

En natuurlik is een van die bekendste verklarings van GOD die VADER se LIEFDE vir die mens Johannes 3:16 Want so LIEF het GOD (die Vader) die wêreld gehad (hier word bedoel die goddelose mense, dus ongelowige, sondige mense soos ons ALMAL is voor ons bekering soos Paulus dit noem in Romeine 5:8 toe ons nog sondaars was), dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat ELKEEN wat in HOM GLO, nie verlore mag gaan nie maar die EWIGE LEWE kan hê” En 1 Johannes 4:9-10 wat sê: “Hierin is die LIEFDE van GOD (die Vader) tot ons geopenbaar (bekend gemaak), dat God Sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, soda tons deur HOM kan LEWE. Hierin is die LIEFDE: nie dat ons GOD (die Vader) liefgehad het nie, maar dat HY ons LIEFGEHAD het en SY SEUN gestuur het as ‘n VERSOENING vir ons sondes.” En Paulus verduidelik in Romeine 5:7-8 “Want nouliks sal iemand vir ‘n REGVERDIGE (iemand wat reg leef volgens die WOORD en wil van God) sterwe – vir ‘n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe – maar GOD (die Vader) BEWYS SY LIEFDE tot ons daarin dat die MESSIAS vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.” (Lees ook Johannes 15:13, Efesiërs 2:4-10 en Titus 3:4-5). En soos ons weet is Yeshua die Messias wat vir ons kom sterf het die LIGGAAM van GOD en dus het YHVH ons GOD uit LIEFDE vir ons self vir ons kom sterf sodat ons VERHOUDING weer met Hom herstel kon word! En nou word ons SY KINDERS en MEDE ERFGENAME van YESHUA SY SEUN genoem, wat net soos ons MESSIAS weer sal opstaan uit die eerste dood en die EWIGE LEWE ingaan (1 Johannes  3:1 en Romeine 8:17).

1 Johannes 5:3-5 “Want dit is DIE LIEFDE van GOD (die Vader), dat ons SY GEBOOIE BEWAAR (gehoorsaam); en SY GEBOOIE is nie swaar nie. Want ALLES wat uit GOD GEBORE is (dus alles wat NUUT GEMAAK word wanneer ons sterf aan ons ou sondige natuur en nuut opstaan saam met Yeshua ons Messias en gevul word deur die HEILIGE GEES, dus ‘n voorstelling van Fees 1-4 van YHVH, Pasga/ die kruisiging), Ongesuurde Brood/ Yeshua ons Verlosser in die graf vir drie dae en drie nagte, Eerste Vugte/ die opstanding en die Pinksterfees/ die uitstorting van die Heilige Gees, OORWIN die wêreld – oorwin dus die slawerny van die wêreld se sondes); en dit is die OORWINNING wat die wêreld OORWIN het, naamlik ons GELOOF. Wie anders is dit wat die wêreld OORWIN as hy wat GLO dat Yeshua die Seun van God is?” En dus is dit duidelik wanneer ons GLO in YESHUA ons MESSIAS en op die SMAL PAD volg agter Hom aan, gevul met die HEILIGE GEES, dan is dit nie moeilik om die GEBOOIE van GOD te hou nie. Paulus verduidelik dit ook in Romeine 5:5 “…en die HOOP beskaam nie (stel nie teleur nie), omdat die LIEFDE van GOD (die Vader) in ons HARTE uitgestort is deur die HEILIGE GEES wat aan ons gegee is.”

En in Romeine 8:38-39 word ons VERSEKER dat NIKS ons van die LIEFDE van GOD kan skei nie – geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomstige dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel kan ons skei van die LIEFDE van God die Vader wat daar in Messias Yeshua, ons Meester is nie. En in Efesiërs 3:14-21 bid Paulus vir die gelowiges dat God die Vader van ons Meester Yeshua die Messias aan hulle die RYKDOM van SY HEERLIKHEID sal gee: “…om met KRAG versterk te word deur SY GEES in die innerlike mens (die siel wat insluit die emosies, gedagtes en vrye wil en die mens gees), sodat Messias deur die GELOOF in julle HARTE kan woon, julle wat in die LIEFDE GEWORTEL en GEGROND is, en julle in staat kan wees om saam met die heiliges (die afgesonderde en toegewyde gelowiges aan God) ten volle kan begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is, en die LIEFDE van die Messias te ken wat die KENNIS oortref, sodat julle vervul kan word tot al die VOLHEID van God (die Vader).”

DIE GOD VAN LIEFDE ROEP GELOWIGES IN HOM OM ANDER MENSE LIEF TE HÊ

Spreuke 3:1-4 roep ons op met die volgende woorde: “My seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou HART MY GEBOOIE bewaar (gehoorsaam); want dit sal lengte van dae en jare van lewe en VREDE vir jou vermeerder. Laat LIEFDE en TROU (standvastigheid, getrouheid) jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou HART (soos ons ook lees in Jeremia 31:33), dan sal jy GENADE vind en ‘n goeie INSIG in die oë van GOD (die Vader) en die mense. Paulus sê iets soortgelyk in 2 Korinthiërs 3:3 dat gelowiges BRIEWE is van die MESSIAS deur die EVANGELIE, die GOEIE NUUS voorberei en geskryf nie met ink nie, maar met die (hoofletter) GEES van die LEWENDE GOD; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die HART.”

God se dissipline word ook verduidelik as LIEFDE in Spreuke 3:11-12 “My seun, verag die tug (die straf om gedrag te verbeter) van YHVH nie, en laat Sy kastyding (teregwysing wat met lyding gepaard kan gaan) nie jou weersin (afkeer) wek nie (moenie jou verset nie/ Hom teëstaan nie), want YHVH tugtig hom wat HY LIEFHET, ja, soos ‘n VADER die seun in wie hy ‘n welbehae het. Lees ook Spreuke 13:24 en Hebreërs 12:5-7. En in 1 Korinthiërs 11:32 verduidelik Paulus dat gelowiges nou getugtig word sodat hulle nie saam met die wêreld veroordeel hoef te word nie. En Yeshua die Messias sê in Openbaring 3:19 aan die Gemeente van Laodicea: “ALMAL wat Ek LIEFHET, bestraf (berispe, wystereg) en tugtig Ek. Wees dan ywerig (vol geesdrif, fluks) en BEKEER jou.”

Spreuke 10:12 sê:Haat verwek twis (rusie, onenigheid), maar LIEFDE bedek alle oortredinge (dit wat verkeerd gedoen is aan jou).” (Lees ook Spreuke 17:9 en 1 Korinthiërs 13:4 & 7).  En Petrus sê ook in 1 Petrus 4:7-8En die EINDE van ALLE DINGE is naby; wees dan ingetoë (besadig, hê selfbeheersing) en nugter (wakker, by jou volle verstand), om te kan BID. Maar bo alles moet julle mekaar LIEFHÊ, want die LIEFDE sal ‘n menigte sondes bedek.” Lees ook Kolossense 2:2.

Yeshua verduidelik dan ook SY LIEFDE vir SY DISSIPELS in Johannes 15:9 Soos die Vader My LIEFGEHAD het, het Ek julle ook LIEFGEHAD. BLY in hierdie LIEFDE van My.” En dan verduidelik Hy aan hulle HOE hulle dit moet doen in vers 10:  “As julle MY GEBOOIE bewaar (gehoorsaam), sal julle in MY LIEFDE bly, net soos EK die GEBOOIE van MY VADER bewaar (gehoorsaam) en in SY LIEFDE bly.” En Hy sê dan verder in vers 11-14 “Dit het Ek vir julle gesê, dat MY BLYDSKAP in julle kan bly en julle BLYDSKAP volkome kan word. Dit is MY GEBOD, dat julle mekaar moet LIEFHÊ net soos EK julle LIEFGEHAD het. GROTER LIEFDE het niemand as dit nie, dat iemand sy LEWE vir sy vriende gee. Julle is MY VRIENDE as julle ALLES DOEN wat Ek julle beveel.” Lees ook Johannes 13:34-35 waarin Hy byvoeg dat wanneer ons mekaar LIEFHET soos Hy ons LIEFHET, sal ons HERKEN word as SY DISSIPELS – dit kom in beginsel daarop neer dat indien ons die LIEFDESWET van GOD hou, dus die TIEN GEBOOIE toepas, sal mense ons as dissipels van YESHUA herken. En ons weet mos ook volgens Galasiërs 5:22 dat die EERSTE VRUG van die HEILIGE GEES LIEFDE is wat mos nou heeltemal sin maak want die HEILIGE GEES is die GEES van die GOD van LIEFDE!

In 2 Korinthiërs 13:11 sê Paulus aan die gelowiges: “Verder broers, wees bly; word VOLMAAK; laat julle vermaan (aanvaar waarskuwings oor slegte gedrag); wees EENSGESIND; hou VREDE, en die God van LIEFDE en VREDE sal met julle wees.” En hy bevestig dit weer aan die gelowiges in Galasiërs 5:13-14 “Want jull is tot VRYHEID GEROEP, broeders; gebruik net nie julle VRYHEID as ‘n aanleiding vir die vlees (die sondige natuur) nie, maar DIEN mekaar deur die LIEFDE. Want die HELE WET (die TORAH, Genesis tot Deuternomium) word VERVUl in EEN WOORD, naamlik: Jy moet jou naaste LIEFHÊ soos jouself.” En in Kolossense 3:12-14 sê Paulus “Beklee julle dan, as UITVERKORENES van God (die Vader), heiliges (afgesonder en toegewyd aan Hom) en GELIEFDES, met innerlike ontferming (meegevoel), goedentierenheid (genade en barmhartigheid), nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid (geduld, word nie maklik kwaad nie).  Verdra mekaar en VERGEWE mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos die Messias julle VERGEEF het, so moet julle ook doen. En beklee julle bo dit alles met die LIEFDE wat die BAND van die VOLMAAKTHEID is.” En Petrus sê aan die gelowiges in 2 Petrus 1:3-12 “…Sy goddelike KRAG het ons ALLES geskenk wat tot die LEWE en GODSVRUG (die VRUGTE van die HEILIGE GEES) dien, deur KENNIS van HOM wat ons GEROEP het deur SY HEERLIKHEID en deug (goedheid), waardeur Hy ons die grootste en kosbaare BELOFTES GESKENK het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die GODDELIKE NATUUR, nadat julle die verdorwenheid (die bederf of slegtheid van die siel) ontvlug het wat deur begeerlikheid (die neigings van die sondige natuur) in die wêreld is. En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer (vol geesdrif, fluks) by julle GELOOF voeg die DEUG (goeie eienskappe), en by die deug die KENNIS, en by die kennis SELFBEHEERSING, en by selfbeheersing LYDSAAMHEID (geduld), en by lydsaamheid GODSVRUG (toegewydheid aan God), en by die godsvrug die BROEDERLIEFDE (liefde vir medegelowiges), en by die broederliefde die NAASTELIEFDE (liefde vir alle mense). Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van ons Meester Yeshua die Messias nie; want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie, is BLIND en KORTSIGTIG (sonder insig, sonder om die gevolge te besef), en het die REINIGING van sy vorige sondes vergeet. Daarom broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle ROEPING en VERKIESING vas te maak; want as julle dit DOEN, sal julle nooit struikel nie. Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die EWIGE KONINGKRYK van ons Meeseter en SALIGMAKER, Yeshua die Messias. Daarom sal ek nie nalaat om julle altyd hieraan te herinner nie, alhoewel julle dit weet en VASSTAAN in die WAARHEID wat by julle is.”

En ons lees in Judas 1:20-21 “Maar julle GELIEFDES, moet julleself OPBOU in julle allerheiligste GELOOF en in die HEILIGE GEES BID en julleself in die LIEFDE van God (die Vader) bewaar (in stand hou), terwyl julle die BARMHARTIGHEID van ons MEESTER YESHUA die MESSIAS tot die EWIGE LEWE verwag” En dan sê hy ook aan ons wat ons moet DOEN terwyl ons vir Yeshua ons Messias wag in vers 22-23En aan sommige wat twyfel, moet julle BARMHARTIGHEID bewys; maar ander moet julle met VREES RED deur hulle uit die VUUR te ruk (‘n verwysing na die Poel van Vuur, ook genoem die Hel en die TWEEDE DOOD wat die uiteinde sal wees van die wat nie in Yeshua die Messias glo nie en in sonde volhard soos ons lees in Openbaring 20:11-15); en ook die kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek is (die NLV sê: maar wees uiters versigtig dat julle nie ook deur hulle sondige luste besmet word nie, ja, verafsku dit).” Dit beteken dat wanneer ons ander wil help vrykom van hulle sondes, ons versigtig moet wees om nie deur hulle beïnvloed te word en in dieselfde sondes as hulle te val nie.

Paulus roep ons op LIEF te hê volgens die LIEFDE soos beskryf in 1 Korintheirs 13, GOD die Vader se SOORT LIEFDE wat NOOIT sal VERGAAN nie en GROTER is as GELOOF en HOOP! En in 1 Korinthiërs 16:14 sê Paulus: “Laat ALLES by julle in LIEFDE gekied.” En in Efesiërs 5:25 & 28 moedig hy mans aan om hulle eie vrouens LIEF TE HÊ, soos die MESSIAS ook die GEMEENTE LIEF GEHAD het en Homself daarvoor oorgegee het …So behoort die mans hul eie vroue LIEF te HÊ soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou LIEFHET, het homself LIEF;”

En Johannes roep gelowiges dan op in 1 Johannes 4:12-15 “Niemand het God (die Vader) ooit aanskou nie (geen mens het Hom nog gesien nie). As ons MEKAAR LIEFHET, bly God IN ONS en het SY LIEFDE in ons VOLMAAK geword. Hieraan weet ons dat ons IN HOM bly en HY IN ons, dat Hy ons van SY GEES gegee het. En ons het aanskou (gesien) en ons GETUIG (verklaar) dat die Vader die Seun as VERLOSSER van die wêreld gestuur het. ELKEEN wat BELY (openlik erken) dat Yeshua die SEUN van GOD isGod bly in hom, en hy in God.” En die VOLMAAKTE LIEFDE van God word verduidelik in 1 Johannes 2:3-6En hieraan weet ons dat ons Hom KEN: as ons SY GEBOOIE BEWAAR (gehoorsaam). Hy wat sê: ‘Ek KEN HOM’ – en Sy GEBOOIE nie bewaar nie – is ‘n leuenaar en in hom is die WAARHEID nie. Maar ELKEEN wat SY WOORD bewaar (gehoorsaam), in hom het die LIEFDE van GOD waaarlik VOLMAAK geword. Hieraan weet ons dat ons IN HOM is. Hy wat sê dat hy IN HOM bly, behoort self ook so te wandel (so te leef) soos Hy (Yeshua die Messias) gewandel (geleef het). En in 1 Johannes 3:13-18 & 23-24 verduidelik Johannes aan die gelowiges: “Verwonder julle nie as die wêreld julle haat nie. Ons weet dat ons oorgegaan het uit die dood (met verwysing na die geestelike dood) in die LEWE, omdat ons die broeders (kinders van God die Vader, medegelowiges) LIEFHET (dus dien dit as ‘n bewys van ons geestelike opstanding saam met Yeshua ons Messias nadat ons die vlees/ die ou sondige natuur afgesterf het). Hy wat sy broeder (‘n medegelowige) nie LIEFHET nie, bly dood (dit is dus ‘n bewys dat die persoon nog nie aan sy of haar sondige natuur gesterf het en as ‘n nuwe mens in Yeshua die Messias opgestaan het nie). Elkeen wat sy broeder (‘n medegelowige) haat, is ‘n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die EWIGE LEWE as iets blywneds in hom het nie. Hieraan het ons die LIEFDE leer ken, dat HY (Yeshua ons Messias) SY LEWE vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewens vir die broers (medegelowiges) af te lê. Maar wie die goed van die wêreld het (iemand wat ryk is aan lewensmiddele) en sy broeder (‘n medegelowige) sien gebrek ly en sy hart toesluit, hoe bly die LIEFDE van God in hom? My kinders, laat ons nie LIEFHÊ met WOORDE of met die TONG nie, maar met die DAAD en in WAARHEID.”

Mense kan nie vir GOD sien nie, maar hulle kan SY PRFEKTE LIEFDE in ons sien uit ons GEHOORSAAMHEID aan SY WOORD wat DADE word, uit die VRUGTE van SY GEES wat ons toon in ons WOORDE en DADE en uit ons BELYDENIS van ons GELOOF in YESHUA ons MESSIAS.

He-Brews-Coffee-Roastery-Logo

Stay In Touch