Skip to content

MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (DIE DOOD) NA SY WONDERLIKE LIG (DIE LEWE), Deel 8: YHVH die GOD van die SMAL WEG

10 Junie 2026

Ons gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (die donker, afweisgheid van geestelike lig, onkunde, ongeloof, nood en elende, die dood) NA DIE WONDERLIKE LIG (openbaring van die waarheid, wysheid, geloof, geestelike vol lewe)  VAN ABBA VADER. En ons leer verder HOE ons, DIE SMAL WEG deur YESHUA ons MESSIAS vind wat lei vanuit die DUISTERNIS van EGIPTE/ ‘n prentjie van die WÊRELD, na ABBA VADER en ons help om die REDE en DOEL waarvoor HY ons gemaak het te vind, te verstaan, te groei daarin tot ons volle potensiaal en ons DOEL en ROEPING suksesvol uit te voer.

Ons gesels nog oor WIE ons SKEPPER GOD van LIG en LEWE is wat saam met ons beweeg op die SMAL WEG na DIE EWIGHEID.

Ons het nou reeds vanuit ons studie in SY WOORD bevestig:

HY IS DIE SKEPPER VAN HEMEL, AARDE en ALLES DAARIN.

 HY IS WIE HY IS, die BEGIN van ALLES en die EINDE van ALLE DINGE.

  • Die GOD van ABRAHAM, die GOD van ISAK en die GOD van JAKOB/ ISRAEL.
  • SY NAAM, YHVH is vir EWIG, en dit is SY GEDENKNAAM van gelsag tot geslag.”
  • HY is YHVH, die KONING van ISRAEL en SY VERLOSSER
  • Hy is YHVH van die LEËRSKARE (die HEMEL WEERMAG).
  • Daar is buiten Hom GEEN ander God nie.
  • HY IS DIE LEWENDE EN EWIGE GOD WAT BESTAAN VAN ALTYD AF EN ALTYD SAL BESTAAN.
  • Hy is ALOMTEENWOORDIG en Hy WEET ALLES.

HY IS DIE ENIGSTE WARE LIG EN DAAR IS GEEN DUISTENRIS IN HOM NIE.

 HY is ‘n VERTERENDE VUUR, daarom is:

  • SY WOORD VUUR.
  • SY ENGELE is BOODSKAPPERS van VUUR met swaarde van VUUR.
  • HY DOOP GELOWIGES met die VUUR van SY HEILIGE GEES.
  • HY SUIWER ons GELOOF met VUUR en HY TOETS ons WERK vir die KOINGKRYK met VUUR.

HY IS DIE WOORD

  • HY SKEP DEUR TE SPREEK.
  • SY WOORD IS DIE WAARHEID en dus IS HY DIE WAARHEID.
  • SY WOORD SAL VIR EWIG BESTAAN.
  • HY HOU ALLES IN STAND DEUR SY WOORD.
  • SY WOORD IS DIE GOEIE NUUS VIR ALLE MENSE.

HY is SOEWEREIN

  • Hy is OPPERMAGTIG, die HOOGTSTE GESAG in die hemel en op aarde.
  • En NIKS kan gebeur sonder dat Hy dit wil of toelaat nie.
  • En alles wat HY DOEN het ‘n DOEL en REDE en vir dié wat HOM LIEFHET en SY ROEPING vir hulle lewens aanvaar, dié wat HOM dus GEHOORSAAM en VOLG, sal Hy ALLES (ook dit wat met hulle gebeur wat sleg is) ten GOEDE laat meewerk.

 HY is die ALMAGTIGE GOD

  • Hy is dus die perfekte SKUILPLEK en TOEVLUG waarop ons kan VETROU.
  • Hy is DIE EWIGE ROTS, ‘n VASTE FONDASIE, die REDDER, ons VERLOSSER en ons BESKERMER.
  • Sy NAAM is YHVH, ‘n STERK TORING waarin ons kan hardloop en BESKUT word teen alle
  • Aan die wat na SY STEM LUISTER en HOM VOLG (Hom gehoorsaam), gee HY DIE EWIGE LEWE en niemand kan ons uit SY HAND ruk nie.
  • Hy VERSTERK ons en BEWAAR ons van die bose.
  • Hy is GROOT en KRAGTIG en SY VERSTAND (denkvermoë, insig, intellek) is ONEINDIG.
  • Hy is die EWIGE GOD, YHVH, die SKEPPER van ALLES en Hy word nooit moeg of mat (vermoeid, kragteloos, afgemat/ uitgeput na gees of liggaam) nie.
  • SY ALMAG en VERSTAND kan nie ten volle verstaan word nie.
  • YESHUA ons MESSIAS is hierdie ALMATIGE GOD wat met SY WEDERKOMS deur elke oog gesien sal word.
  • Hierdie ALMAGTIGE GOD is REGVERDIG en SY WEË IS WAARAGTIG (betroubaar).

HY IS DIE BRON VAN ALLE VERSTAND EN WYSHEID EN HY GEE WYSHEID, INSIG/ BEGRIP AAN DIE MENS

  • Sy SKEPPING GETUIG van WYSHEID wat te hoog en te groot vir enige mens is om te verstaan.
  • ALLES werk volmaak saam.
  • Hy het alles MOOI GEMAAK op SY TYD.
  • Die mense kan nie die werke van God volkome (heeltemal, geheel en al) ondersoek of verstaan nie want dit is te groot vir ons menslike verstand en wysheid.
  • Hy GEE egter WYSHEID aan die mens wat Hom daarvoor vra.
  • God se WYSHEID is ten EERSTE REIN (suiwer, onbevlek, onbesmet), dan VREDELIEWEND, VRIENDELIK, GESEGLIK (inskiklik), VOL BARMHARTIGHEID (sag, met meegevoel teenoor ander) en GOEIE VRUGTE, ONPARYDIG (nie bevooroordeeld nie, regverdig teenoor alle partye) en ONGEVEINS (opreg).
  • YESHUA die MESSIAS, die SEUN van GOD, kan ons VERSTAND OPEN sodat ons die WAARAGTIGE (die EGTE, WARE, BETROUBARE) GOD die VADER en YESHUA die SEUN kan ken, DIE WAARAGTIGE GOD, en die EWIGE LEWE.

 HY REGEER oor SY SKEPPING

  •  HY IS DIE SKEPPER, EIENAAR en KONING van ALLES en HEERS dus vir EWIG as die EWIGE KONING.
  • HY stel ALLE vorms van OUTORITEIT (wettige mag en gesag) in die hemel en op aarde aan.
  • Die konings van die aarde staan onder SY gesag, selfs al is hulle ongelowig, sal hulle SY MEESTERPLAN uitvoer sodat SY WOORD WAT GESPREEK IS WAAR SAL WORD.
  • Van elke aardse koning, ingesluit elke man, aangestel as koning en heerser oor sy gesin word verwag om GEHOORSAAM te wees aan GOD se WOORD en WET, SY WIL, om REG en GEREGTIGHEID te laat geskied en om op te tree met God se soort wysheid en inegriteit wat Hy ons in Sy WOORD leer.
  • Hy ROEP elke mens as deel van die LIGAAM van YESHUA ons MESSIAS en stel ons aan in ons spesifieke ROEPINGS waarvoor Hy ons elkeen geskep het en stel ons instaat om ons ROEPINGS (die doel en rede vir ons lewens) uit te voer.
  • Wanneer strukture van gesag hulle ONDERWERP aan SY GESAG, IN LYN MET SY WOORD, is daar VREDE in ‘n land, gesinne, werksplekke en gemeentes.

 HY IS ‘n GOD van ORDE

  •  Hy skep ORDE, LIG en OORVLOEDIGE LEWE op die aarde.
  • Sy WET (Sy Woord in Genesis tot Deuternomium, opgesom in die TIEN GEBOOIE) en VERORDINGE (voorskrifte insluitend Sy Feeste en wetlike bepalings) skep ORDE en verseker VREDE in die VERHOUDING tussen Hom en die mens asook tussen mense onderling.
  • Hy skep ook ORDE deur die daarstelling van MAGSTRUKTURE met Messias Yeshua as die HOOF van ELKE MAN, en die MAN as die HOOF van die VROU, en GOD (die Vader) as die HOOF van Yeshua die MESSIAS.
  • ELKE MENS word geroep om hom of haar te ONDERWERP aan die MAGTE (gesagsfigure en gesagstrukture) wat oor hom of haar AANGESTEL is (of dit nou jou man, ouers, regeerders, leiers of bestuurder is), want daar is geen MAG (geen gesag of outoriteit/ wettige mag) behalwe van GOD nie, en die wat daar is, is deur GOD INGESTEL en die DOEL daarvan is om ORDE en VREDE te bewerkstellig.

GOD IS REGVERDIG 

  • Hy hou ELKE mens VERANTWOORDELIK vir sy of haar eie KEUSES en elkeen moet dus die GEVOLGE van hulle eie KEUSES dra want wat jy SAAI sal jy OES.
  • Hy seën die nageslag van REGVERDIGE MENSE (mense wat in gehoorsaamheid aan SY WOORD en WIL leef) tot in die duisendste geslag.
  • Hy laat GEEN sonde ongestraf bly nie en daarom sal die ONREGVERDIGE MENS se dade sy nageslag negatief beïnvloed tot in die derde of vierde generasie. Maar as iemand in hierdie generasie opstaan uit die slegte invloed van sy of haar voorouers en REGVERDIG leef (veral ‘n manlike persoon omdat Abba Vader aan die man die gesag gee as beskermer van sy gesin) sal Abba sy nageslag seën tot in die duisendste geslag.
  • ELKE mens wat tot insig kom, oor sy of haar sondes en begryp wat die hartseer gevolge daarvan is vir hom/ haarself en hulle BEKEER van AL hulle sondes – dit erken en bely, vergifnis daarvoor ontvang en weg draai daarvan, en AL GOD se INSETTINGE (instellings, gebooie) ONDERHOU en REG en GEREGTIGHEID DOEN (DOEN wat REG is volgens God se WOORD en SY WIL), sal sekerlik ‘n vol lewe op aarde leef en die ewige lewe ingaan.
  • God die Vader het GEEN behae daarin dat enige mens op aarde moet ly as gevolg van hulle sondes of die ewige dood moet sterf nie, Hy is die mens se VERLOSSER en wil hê dat ALLE MENSE GERED word en tot KENNIS van die WAARHEID kom en EWIG LEWE.
  • Wanneer ons die SMAL WEG KIES deur ons VERLOSSER YESHUA ons MESSIAS, ontvang ons ‘n NUWE HART en ‘n NUWE mens gees want ons word NUWE MENSE IN HOM en dan gee Hy aan ons SY HEILIG GEES wat ons leer en lei op die smal weg van GEHOORSAAMHEID aan Abba Vader. Ons stap dus van daaraf nooit meer alleen nie, ons RAADGEWER en BEMOEDIGER stap ellke dag en in alle omstandighede saam met ons.

SY OORDEEL IS REGVERDIG

  • Hy is die REGVERDIGE REGTER van die ganse aarde.
  • Hy is ‘n BARMHARTIGE REGTER is wat nie mense straf waneer ons ons bekeer (‘n verandering/ vernuwing van hart en gedagte ondergaan) en weg te draai van ons verkeerde weg nie. Dit is die GOEIE NUUS!
  • DIE REGVERDIGE REGTER (Yeshua die Messias, aangestel deur YHVH die Vader), sal tydens SY TWEEDE KOMS kom om die aarde te OORDEEL, dit behels DIE EERSTE OPSTANDING VAN GELOWIGES en die BEOORDELING en BELONING van hulle getrouheid en werk vir die KONINGKRYK volgens die GAWES en ROEPING wat aan elkeen gegee is en die VERSLAAN van die AARDSE VYANDE wat teen Hom opstaan onder leiding van die antimessias/ antichris en die vals profeet (Dit word uitgebeeld in Fees Seisoen 3 van YHVH en spesifiek Fees 5: Die Fees van Trompette en Fees 6: Die Versoendag).

Ons gesels vandag verder oor die REGVERDIGE OORDEEL VAN GOD.

Ons lees in Openbaring 11:15-19 van die SEWENDE en LAASTE TROMPET wat blaas en in vers 15 en 18 kry ons dan ‘n idee van die verloop van die gebeure tydens hierdie periode, naamlik:

  • EN die SEWENDE ENGEL het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koningkryke van die wêreld het die EIENDOM van onse YHVH (God die Vader) geword, en van SY MESSIAS, en HY sal as KONING HEERS tot in alle EWIGHEID (vers 15).
  • En die NASIES was vertoornd (boos, kwaad) en U toorn (woede met rede/ regverdige woede) het gekom en DIE TYD van die DOOIES om GEOORDEEL te word en om die LOON te gee aan U DIENSKNEGTE, die profete, en aan die heiliges (die wat afgesonderd vir Hom lewe, die “set-apart”, getroue, toegewyde gelowiges wat deel vorm van die EERSTE OPSTANDING) en aan die wat U Naam vrees (ontsag het vir God), klein en groot, en om die verderwers (die vernielers, vernietigers, beskadigers) van die aarde te verderf (te verdoem/ veroordeel/ straf, te laat ondergaan) (vers 18).

Hiervolgens sal die EERSTE OPSTANDING, waarop ons verlede week gefokus het, dus gevolg word met:

‘n VREUGDE en ‘n OORWINNINGSLIED in die HEMEL soos ons lees in Openbaring 19:1-9 “En NA hierdie dinge (dus na die sewe skale/bakke ook genoem die laaste plae en die val van Babilon waarvan ons lees in hoofstuk 15-18) het ek (dit is Johannes) iets soos ‘n GROOT STEM van ‘n GROOT MENIGTE in die hemel gehoor wat sê: HalleluYah (PRYS SY NAAM/ / Loof YHVH), die heil (redding, verlossing) en die heerlikheid en die eer en die krag aan YHVH onse God! Want SY OORDELE is WAARAGTIG (BETROUBAAR) en REGVERDIG; want Hy het die GROOT HOER GEOORDEEL wat die aarde met haar hoerery verderf het (laat ondergaan, verniel, besoedel het). EN HY HET DIE BLOED VAN SY DIENSKNEGTE OP HAAR GEWREEK. En vir die TWEEDE MAAL het hulle gesê: HalleluYah! En haar rook gaan op tot in alle ewigheid. En die VIER EN TWINTIG OUDERLINGE en die VIER LEWENDE WESENS het neergeval en God aanbid wat op die troon sit, en gesê: AMEN (laat dit so wees), HALLELUYAH! (Prys Sy Naam/ Loof YHVH) En ‘n STEM het uit DIE TROON uitgegaan en gesê: PRYS ONSE GOD, AL SY DIENSKNEGTE, en JULLE WAT HOM VREES (wat ONTSAG vir Hom het), klein en groot! En ek het iets gehoor soos die STEM van ‘n GROOT MENIGTE en soos die GELUID VAN BAIE WATERS EN STERK DONDERSLAE wat sê: HALLELUYAH! want YHVH ons God die ALMAGTIGE, het die KONINGSKAP AANVAAR. Laat ons BLY WEES en ons VERHEUG en aan aan HOM heerlikheid gee, want DIE BRUILOF VAN DIE LAM het gekom en SY VROU het haar gereedgemaak. En aan haar is gegee om BEKLEED te wees met rein en blink fyn linne, want die FYN LINNE is die REGVERDIGE DADE VAN DIE HEILIGES (hulle wat aan God toegewy is, die wat afgesonderd vir Hom lewe, die “set-apart”). Toe sê hy (die engel) vir my (Johannes): Skryf – salig (gelukkig en geseënd) is DIE WAT UIGENOOI IS NA DIE BRUILOFSMAAL VAN DIE LAM. En hy sê vir my: Dit is die WAARAGTIGE (BETOUBARE) woorde van God.

Hierdie eerste gedeelte van Openbaring 19:1-9 gee dus aan ons ‘n beskrywing van:

Die mense wat deel sal vorm van die EERSTE OPSTANDING wat tydens die VERNIETIGING van BABILON (‘n verwysing na die wêreld wat in opstand is teen God die Vader en Yeshua die Messias), dus die periode tussen die EERSTE OPSTANDING (uitgebeeld deur FEES 5 van YHVH: Die Fees van Trompette) en die VERSOENDAG, (FEES 6 van YHVH) met VREUGDE in die hemel (waarskynlik die Paradys) wees in afwagting van die aanbreek van die VREDESRYK met YESHUA as KONING.

Hulle sien reeds uit na die BRUILOF van die LAM wat uigebeeld word deur FEES 7 van YHVH: Die FEES van TABERNAKELS wat sinspeel op die VREDESRYK en daarna die NUWE JERUSALEM wat op die NUWE HEMEL en NUWE AARDE sal neerdaal vanuit die hemel en waarin die REGVERDIGES wat deel was van die EERSTE OPSTANDING en wie se NAME in die BOEK van die LEWE opgeskryf staan vir ewig sal lewe, waarvan ons lees in Openbaring 20:12 en 15 en Openbaring 21-22:5.

En dus verstaan ons dan dat GELOWIGES onderwerp sal word aan die GROOT VERDRUKKING wat uitgebeeld word tydens die OOPMAAK van SEËL EEN tot SEWE tot en met die BLAAS van die SEWENDE TROMPET wat ook beskryf word in die Woord as die LAASTE TROMPET en waartydens die EERSTE OPSTANDING VAN DIE GELOWIGES sal plaasvind (Lees Openbaring hoofstuk 5 tot 11). Die rede waarom gelowiges die GROOT VERDRUKKING sal moet deurmaak is omdat ons GETROUHEID GETOETS moet word. Ons word gewaarsku deur Yeshua ons Messias in Openbaring 3:10b in die Brief aan die gemeente van Filadelfia dat “die uur van BEPROEWING (hewige toetsing veral deur lyding) oor die HELE WÊRELD kom om die BEWONERS van die AARDE op die PROEF te stel (goed te TOETS). En in vers 3a lees ons net mense wat deel vorm van die gemeente van Filadlgia sal BEWAAR word tydens hierdie uur van BEPROEWING (HEWIGE TOETSING) omdat hulle hul GETROUHEID aan HOM reeds bewys het.

Ons moet dus as GELOWIGES kennis neem van die WAARSKUWINGS en OPDRAGTE in die BRIEWE aan AL SEWE GEMEENTES OM TE OORWIN en die BELOFTES van die EWIGE LEWE en die BELONINGS wat daarmee gepaard sal gaan.

NA DIE OOPMAAK van die SEWE SEËLS en die SEWENDE of LAASTE TROMPET wat geblaas word sal die SEWE SKALE/ BAKKE van GOD die VADER se GRIMMIGHEID (dit is SY OORDEEL oor die sondige wêreld wat teen Hom in opstand is en nie wou bekeer nie), ook genoem die SEWE PLAE, op Babilon uitgegooi word.

Soos reeds verduidelik sal GELOWIGES wat deel is van die EERSTE OPSTANDING nie hieraan onderwerp word nie. Die OORDEEL van God (die Vader), word ook beskryf as die BEKER wat BABILON (dit is die sondige wêreld wat in opstand teen God is) moet drink, want onthou YESHUA ons MESSIAS het reeds vir GELOWIGES, vir ALMAL wat in HOM GLO en as hulle REDDER en VERLOSSER GEKIES en AANVAAR het hierdie beker van God se oordeel teen die sonde ten volle leeg gedrink namens ons aan die kruis op Golgota.

Yeshua ons Messias verduidelik dit so in Johannes 5:24 “Voorwaar, voorwaar (ongetwyfeld, beslis sê) Ek (sê) aan julle, wie MY WOORD HOOR en HOM (die Vader) GLO wat My gestuur het het (onthou GLO en DOEN/ GEHOORSAAM werk saam, wat beteken ons GELOOF word sigbaar in ons DADE soos ons ook lees in Jakobus 2:14-26, hulle), het die EWIGE LEWE en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die dooies die STEM van die SEUN vna GOD sal hoor; en die wat dit gehoor het, SAL LEWE. Lees ook Paulus se verduideliking in Romeine 8:1 en 1 Thessalonisense 5:9-10.

En dit is ook waarom ons as GELOWIGES GEROEP word in Openbaring 18:4 (lees ook Jesaja 48:20 en 2 Korinthiërs 6:17) om nou, VANDAG, UIT BABILON UIT TE KOM. Dit beteken dat ons daarteen moet waak om nie soos die VYF ONWYSE MAAGDE soos beskryf word deur Yeshua ons Messias in Mattheus 25:1-13 met een voet in die wêreld te leef en  nie VOLKOME GETROU is aan YHVH ons GOD nie. Yeshua ons Messias waarsku in Openbaring 3:1-3 hieroor in die VYFDE BRIEF AAN DIE GEMEENTE VAN SARDIS waarin Hy sê: “Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef, en JY IS DOOD. WEES WAKKER en versterk die wat oorbly, wat op die punt staan om te sterwe, want Ek het jou werke (jou dade, jou gehoorsaamheid, jou optrede) nie volkome voor God (die Vader) gevind nie. ONTHOU dan hoe jy dit ontvang en gehoor het, en BEWAAR dit en BEKEER jou (die Engelse word is REPENT en die Hebreuse word is TESHUVAH wat beteken draai om, of draai weg van jou sonde af, terug na Abba Vader toe); as jy dan NIE WAKKER WORD NIE, sal EK OP JOU AFKOM SOOS ‘n DIEF, en jy SAL NIE WEET IN WATTER UUR EK OP JOU AFKOM NIE.” En Hy waarsku ook met die SEWENDE BRIEF die LOUWARM GEMEENTE van LAODICEA in Openbaring 3:14-22.

En die res van Openbaring 19:11-21 is ‘n beskrywing van die OORLOG van ARMAGEDDON wat net meer detail is van die beskrywing in Openbaring hoofstuk 15-18. Die uitgooi van die SEWE SKALE/ BAKKE is dus ‘n opbou tot die FINALE VERNIETIGING van die wêreldmag onder die beheer van die antimessias/ antichris en die vals profeet waarrvan ons lees in die tweede gedeelte van Openbaring 19.

So kom ons gesels dan oor YESHUA ons MESSIAS se REGVERDIGE OORDEEL wat sal plaasvind oor:

DIE WÊRELD WAT TEEN HOM OPSTAAN onder leidig van die antimessias / antichris en die vals profeet wat sal lei tot DIE OORLOG VAN ARMAGEDDON wat die kulminering (of toppunt) is van DIE OORDEELSDAG.

In Openbaring 16:13-14 lees ons: “En ek het uit die BEK van die DRAAK (die Satan) en uit die BEK van die DIER (antimessias/ antichris) en uit die MOND van die VALS PROFEET DRIE ONREIN GEESTE soos PADDAS sien kom. Want dit is die GEESTE VAN DUIWELS wat TEKENS DOEN, wat uitgaan na die KONINGS VAN DIE AARDE en die HELE WÊRELD om hulle te VERSAMEL vir die OORLOG VAN DAARDIE GROOT DAG van die ALMAGTIGE GOD. 

Ons lees ook Mattheus 24:24 sê Yeshua ons Messias “Want daar sal VALS messiasse en VALS profete opstaan, en hulle sal GROOT TEKENS en WONDERS DOEN om, as dit MOONTLIK WAS, ook die UITVERKORENES te MISLEI.”

Die Bybel in Praktyk verduidelik hier: Dat dit ons VERANTWOORDELIKHEID as gelowiges is om GOED te kyk na die BOODSKAPPE waarna ons LUISTER, wat GOED MAG KLINK maar NIE OOREENSTEM met GOD se BOODSKAP IN SY WOORD NIE. Ons moet seker maak dat ons die Bybel SELF LEES en dit DEEGLIK KEN, want SLEGS DAN sal ons in staat wees om die FOUTE en AFWYIKINGS in die VALS BOODSKAPPE RAAK TE SIEN. Die EINDTYD sal gepaard gaan met die KOMS VAN YESHUA die MESSIAS, en VALS messiasse en VALS profete sal opstaan wat GELOWIGES sal VERWAR en MISLEI. Yeshua ons Messias se koms sal wel ONVERWAGS wees maar dit sal NIE in die geheim wees nie. Dit sal SIGBAAR wees vir ALMAL. Die BOSE TRIO, die DRAAK (Satan), die DIER (die antimessias/ antichris) en die VALS PROFEET dui op verdere BOOSHEID. Die BOSE GEESTE wat die wondertekens doen, kom van die ONHEILIGE DRIE en VERENIG DIE KONINGS VAN DIE WÊRELD vir die STRYD TEEN GOD. Die ONREIN GEESTE wat by die BEKKE en MOND van die DRIE uitkom is ‘n SIMBOOL van die PROPAGANDA waardeur mense MISLEI en na die BOSE GELOK word. Die BOSE GEESTE MOBILISEER die goddelose konings vir die OORLOG by ARMAGEDDON.

Die Joodse Studie Bybel vir Jode en Christene verduidelik: Die demoon geïnspireerde oorlog bekend as ARMAGEDDON is die FINALE AARDSE STRYD by die Berg van Megiddo. Dit word genoem die OORLOG van die GROOT DAG (ook bekend as die OORDEELSDAG) van YHVH Tzva’ot (YHVH die GOD van die HEMELSE WEERMAG). In hierdie konflik staan die konings van die wêreld op teen God en sy mense maar God OORWIN hulle deur YESHUA ons MESSIAS (waarvan ons lees in Openbaring 19:11-20). 

En ons lees verder in Openbaring 16:15-16, “Kyk, EK KOM SOOS ‘n DIEF. SALIG (gelukkig en geseënd) is hy wat WAAK en sy KLERE BEWAAR, sodat hy nie miskien NAAK rondloop en hulle sy SKAAMTE sien nie. En hulle het hul VERSAMEL op die PLEK wat in HEBREEUS genoem word ARMAGEDDON.” 

Hierdie is dus nog net die WAARSKUWING van Yeshua ons Messias oor die oorlog wat gaan kom en waarvan ons die DETAIL BESKRYWING van hierdie OORLOG vind in OPENBARING 19:11-22.

Soos reeds bespreek lees ons ook in Openbaring 3:1-3 in die VYFDE BRIEF AAN DIE GEMEENTE VAN SARDIS sê Yeshua: “Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef, en JY IS DOOD. WEES WAKKER en versterk die wat oorbly, wat op die punt staan om te sterwe, want Ek het jou werke nie volkome voor God (die Vader) gevind nie. ONTHOU dan hoe jy dit ontvang en gehoor het, en BEWAAR dit en BEKEER jou (die Engelse word is REPENT en die Hebreuse word is TESHUVAH wat beteken draai om, of draai weg van jou sonde af, terug na Abba Vader toe); as jy dan NIE WAKKER WORD NIE, sal EK OP JOU AFKOM SOOS ‘n DIEF, en jy SAL NIE WEET IN WATTER UUR EK OP JOU AFKOM NIE.”

Die Bybel in Praktyk verduidelik die gemeente van Sardis het nie met dwalinge (dus vals leerstellings) te make gehad nie, maar met GEESTELIKE DOODHEID. Sonde het hoogty gevier in hierdie stad. Sardis is ‘n voorbeeld van ‘n gemeente wat goed vertoon het aan die buitekant maar verrot was aan die binnekant. Daarom word die gemeente opgeroep om WAKKER TE WORD en hulle te BEKEER.

En in Mattheus 24:42-46 as deel van Messias Yeshua se profetiese rede en vermaning (ernstige waarskuwing) aan Sy dissipels om waaksaam te wees sê Hy die volgende: “Waak dan, omdat julle nie weet WATTER UUR julle Messias kom nie. Maar weet dit: as die huisheer geweet het in WATTER NAGWAAK die DIEF SOU KOM, SOU HY GEWAAK en nie toegelaat het dat in sy huis ingebreek word nie. DAAROM MOET JULLE OOK GEREED WEES, want die SEUN van die mens kom op ‘n UUR dat julle dit NIE VERWAG NIE.”

Die Bybel in Praktyk verduidelik dat YESHUA die MESSIAS se WEDERKOMS VINNIG en SKIELIK sal PLAASVIND. Mense word dus GEROEP om nie hulle BESLUIT om Hom as hulle REDDER en VERLOSSER te aanvaar UIT TE STEL NIE en om DAAGLIKS te KIES om aan HOM GEHOORSAAM TE WEES.

En Paulus vertel in 1 Thessalonisense 4:13-18 van die WEDERKOMS van YESHUA die MESSIAS en in 1 Thessalonisense 5:1-6 sê hy dan verder aan die gelowiges: “Maar oor die TYE en GELEENTHEDE broeders, het julle NIE nodig dat aan julle geskryf word nie; WANT JULLE WEET SELF BAIE GOED dat die DAG VAN YHVH kom net soos ‘n DIEF IN DIE NAG. Want wanneer hulle sê: VREDE en VEILIGHEID – dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die BARENDSNOOD ‘n SWANGER VROU, en hulle sal sekerlik NIE ontvlug nie. Maar julle, broeders, is NIE IN DUISTERNIS, dat DIE DAG julle soos ‘n DIEF sou oorval nie. Julle is ALMAL KINDERS VAN DIE LIG en KINDERS VAN DIE DAG; ons is NIE van die nag of duisternis nie. Laat ons dan NIE SLAAP soos die ander nie, maar laat ons WAAK en NUGTER wees.”

Niemand ken die presiese DAG en UUR van Yeshua ons Messias se WEDERKOMS nie, maar ons weet die SEISOEN, naamlik SEISOEN 3 bestaande uit die LAASTE DRIE FEESTE van YHVH wat aan ons aandui in watter gedeelte van die jaar die WEDERKOMS van Yeshua ons Messias verwag kan word. En ons glo dit sal net soos gedurende SY EERSTE KOMS soos in FEES SEISOEN 1 (wat ‘n uitbeelding is van die kruisiging, drie dae in die graf en opstanding van Yeshua ons Messias) en SEISOEN 2 (wat ‘n uitbeelding van die uitstorting van die Heilige Gees is) op die presiese tyes soos deur Abba Vader in Sy Woord aangedui het sal plaasvind (soos opgeteken in Levitikus 23, Numeri 28-29 en Deuternomium 16 asook verwysings na hierdie Feeste regdeur die Nuwe Testament).

Die Bybel in Praktyk verduidelik: Die MESSIAS sal ONVERWAGS TERUGKOM. En dus moet ons GEREED wees vir SY KOMS. Ons kan onsself op SY KOMS VOORBEREI deur STANDVASTIG te bly ondanks VERSOEKINGS en deur volgens die STANDAARDE en NORME van Abba Vader te lewe. Die OORDELE van Abba Vader is nie bedoel vir die GELOWIGES in YESHUA die MESSIAS nie, maar ons  moet WAKKER LOOP soos ‘n BETROUBARE SOLDAAT wat te enige tyd gereed moet wees. Hou dus DIE WAPENRUSTING VAN ABBA VADER aan te ALLE.

Die Bybel in Praktyk verduidelik verder: Die SLAGVELD genaamd ARMAGEDDON is naby die STAD MEGIDDO (suidoos van die moderne hawestad Haifa) – ‘n GROOT VLAKTE IN DIE NOORDE VAN ISRAEL. Dit was strategies belangrik want dit was naby aan die HOOFROETES wat EGIPTE met BABILON VERBIND het. Dit was ‘n BEKENDE OORLOG VELD. Barak en Deborah waarvan ons lees in Rigters 4-5 het daar geveg. ARMAGEDDON is dus die PLEK waar die VYAND VAN GOD telkens VERSLAAN IS.

En ons lees in Openbaring 17:12-13 “En die TIEN HORINGS wat jy gesien het, is TIEN KONINGS, wat nog GEEN KONINGSKAP ONTVANG HET NIE, maar hulle ONTVANG MAG SOOS KONINGS EEN UUR LANK SAAM MET DIE DIER (antimessias/ antichris). Hulle het EEN GESINDHEID en sal hulle KRAG en MAG OORGEE aan die DIER (antimessias/ antichris).”

Die Bybel in Praktyk verduidelik: Die TIEN HORINGS verteenwoordig die VOLTAL KONINGS wat vir ‘n klein rukkie saam met die DIER uit die see (dit is die antmessias / antichris wat vanuit die nasies sal kom en) sal HEERS. Dit sal kortstondig maar FEL (hewig, heftig, kragtig) wees. Die antimessias/ antichris verwag ALGEHELE ONDERWERPING en TOEWYDING aan hom en REGEER deur ONDERDRUKKING en SLAWERNY. Die TIEN KONINGS sal getrou wees aan die DIER (antimessias/ antichrist) en dus gewikkel wees in ‘n STRYD TEEN DIE LAM (Yeshua die Messias).

Ons lees ook in Sagaria 1:18-21 die TWEEDE GESIG oor die HORINGS “En ek het my oë opgeslaan (opgekyk en) daar was vier horings. Toe sê ek aan die engel wat met my gespreek het: Wat beteken dit? En hy antwoord my: Dit is die horings (die NLV sê: die WÊRELDMAGTE) wat JUDA (die Suidryk wat bestaan uit Juda en Benjamin, bekend as die Jode), ISRAEL (die Noordryk wat bestaan uit die herversamelde Tien Stamme onder Efraim waar gelowiges inent op die Boom van Israel) en JERUSALEM (die wat daar woon) VERSTROOI (uitmekaar gedryf) het. Daarop toon YHVH my vier smede (ambagsmanne, die NLV praat van die YSTERSMEDE – dit is iemand wat uit metaal oorwerpe maak). Toe sê ek: Wat kom hulle maak? En Hy antwoord en sê: Dit is die horings (die wêreldmagte) wat Juda (die Suidryk wat bestaan uit Juda en Benjamin, bekend as die Jode) SO verstrooi het dat niemand sy hoof opgehef het nie (die NLV sê: wat hulle VERNEDER het); maar HIERDIE MANNE (dit is AMBAGSMANNE/ YSTERSMEDE) het gekom om hulle skrik aan te jaag (dus om hulle te VERSKRIK of bang te maak), om die HORINGS (die LEIERS in BEHEER) van die NASIES neer te werp wat die horing (hulle MAG) teen die land van Juda (die Suidryk wat bestaan uit Juda en Benjamin, bekend as die Jode) opgesteek (gebruik) het om dit te VERSTROOI (hulle uitmekaar te dryf). ”

Die Bybel in Praktyk verduidelik: HORINGS word in die Ou Testament gebruik as ‘n SIMBOOL VAN MAG. Sagaria sien vier horings wat die WÊRELDMAGTE verteenwoordig wat God se volk verdruk het. Die horings word deur vier ambagsmanne verbrysel. Die betekenis daarvan is dat God sal doen wat Hy beloof het: die nasies wat Juda en Israel (en in die oorlog van Armaddeon, spesifiek die Suidryk, Juda en Benjamin, die Jode wat nog nie vir Yeshua as hulle Messias aanvaar het nie) verdruk het, gaan vernietig word.

En ons lees verder in Openbaring 17:14 “Hulle sal TEEN DIE LAM (Yeshua die Messias) OORLOG VOER, en die LAM SAL HULLE OORWIN – want Hy is die Meester van die (kleinletter) meesters en die KONING van die (kleinletter) koningsen DIE WAT SAAM MET HOM IS, IS GEROEPE en UITVERKORE en GETROU (dit  is die mense wat deel was van de EERSTE OPSTANDING soos reeds verduidelik).” Dit is dus ‘n bevestiging dat die GELOWIGES wat deel vorm van die EERSTE OPSTANDING deel sal wees van die LEËRMAG van YESHUA ons MESSIAS, die AANVOERDER van GOD die VADER se HEMEL WEERMAG en KONING van die VREDESRYK.

Openbaring 14:1-5 is ‘n BESKRYWING van hierdie GETROUE GELOWIGES wat deel vorm van die EERSTE OPSTANDING en ook bekend staan as die EERSTE VRUGTE (vers 4). Hulle is getrou aan Yeshua die Messias en volg Hom in gehooraamheid oral waar Hy gaan. Lees ook Openbaring 19:14 en 1 Thessalonisense 4:13-18.

En in Openbaring 19 in vers 11-21 lees ons dan van hierdie OORWINNING van Yeshua die Messias oor die VYANDE VAN YHVH die VADER, insluitend die antimessias/ antichris en die valse profeet.

Ons lees dan in Openbaring 19:11-14 “Toe het ek (Johannes) die hemel geopend gesien: en daar was ‘n WIT PERD, en Hy wat daarop sit, word genoem GETROU en WAARAGTIG, en HY OORDEEL en VOER OORLOG IN GEREGTIGHEID. En SY OË was soos ‘n VUURVLAM, en op SY HOOF was baie krone; en HY het ‘n NAAM wat geskryf is, wat NIEMAND KEN nie, BEHALWE HY. En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in BLOED GEDOOP WAS, en SY NAAM IS: DIE WOORD VAN GOD (lees ook Johannes 1:1). En die LEËRS IN DIE HEMEL HET HOM GEVOLG OP WIT PERDE, BEKLEED MET WIT EN REIN FYN LINNE.

So hier sien ons dieselfde verwysing as in vers 8 waar ons gelees het dat die BRUID van die LAM bekleed is met REIN en BLIK FYN LINNE, en dit is verduidelik as die REGVERDIGE DADE van DIE HEILIGES (die wat afgesonderd vir God gelewe het, “set apart”, die getroue en toegewyde gelowiges).

En ons lees verder in Openbaring 19:15-19 “En uit SY MOND gaan daar ‘n SKERP SWAARD om die NASIES daarmee te slaan; en HY sal hulle met ‘n YSTERSTAF REGEER, en HY TRAP DIE PARSKUIP van die WYN van die GRIMMIGHEID en van die TOORN (die geweldige, maar regverdige woede) van GOD die ALMAGTIGE (oor al die boosheid wat op die aarde gepleeg is). En Hy dra op SY KLEED en op SY HEUP die NAAM wat geskryf is: DIE KONING van die (kleinletter) konings, en die MEESTER van die (kleinletter) meesters. En ek (Johannes) het een engel sien staan in die son; en hy het met ‘n GROOT STEM uitegroep en vir AL die VOËLS gesê wat in die middel van die lug vlieg: Kom hierheen en versamel julle tot die MAALTYD VAN DIE GROTE GOD, dat julle kan eet die vlees (die vleis) van die konings  en die vlees (vleis) van die owerstes oor duisend (die militêre aanvoerders) en die vlees (vleis) van die sterkes (die magtiges) en die vlees (vleis) van die perde en die wat daarop sit (hulle ruiters) en die vlees (vleis) van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot. (Lees ook Mattheus 24:28 en Lukas 17:37 waar Yeshua aan die dissipels dieselfde dinge vertel het van die GROOT VERDRUKKING en die SKIELIKE KOMS VAN DIE KONINGKRYK van GOD). En ek (Johannes) het die dier (antimessias/ antichris) en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om OORLOG TE VOER teen HOM (YESHUA die MESSIAS en KONING) wat op die perd sit, en TEEN SY LEËR.”

Soos reeds verduidelik is hierdie dan die OORLOG wat sal plaasvind op die plein van Megiddo bekend in Hebreeus as ARMAGEDDON waarvan ons lees in Openbaring 16:14-16 en in Openbaring 17:12-14.

En ons lees verder in Openbaring 19:20 “En die DIER (die antimesias/ antichris) is gevange geneem, en SAAM MET hom die VALS PROFEET wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy HULLE VERLEI HET wat die MERK VAN DIE DIER (die antimesias/ antichris) ONTVANG en SY BEELD AANBID HET. LEWEND is die TWEE gewerp in die VUURPOEL wat MET SWAEL BRAND.”

So hier sien ons dat die antimessias/ antichris en die vals profeet DIREK veroordeel is en in die VUURPOEL gegooi is waarin die Satan ook die DUISEND JARIGE VREDESRYK sal beland volgens Openbaring 20:10.

En ons lees verder in Openbaring 19:21 “En die ander (mense) is gedood met die SWAARD wat uit die MOND gaan van HOM (Yeshua die Lam) wat op die perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees (vleis).” En ons lees ook in Openbaring 20:5 en vers 12-14 dat hierdie mense nie sal herlewe tot die duisend jaar VREDESRYK voleindig is nie.

Die BEOORDELING van hierdie mense sal dus eers tydens die TWEEDE OPSTANDING by die GROOT WITTROON OORDEEL plaasvind die DUISENDJARIGE VREDESRYK.

He-Brews-Coffee-Roastery-Logo

Stay In Touch