Skip to content

DIE WAARHEID oor die KRUISIGING en die SIMBOOL van die KRUIS: OPSOMMING van DEEL 26-27 Die Nuwe Testament en wanpersepsies van die Jode & die Grieke

11 Maart 2026

Ons is klaar met ons studie oor die KRUIS en die KRUSIGING van YESHUA ons MESSIAS, maar ons is besig met die OPSOMMING van die 27 gedeeltes van ongeveer 300 bladsye om ‘n DUIDELIKE PRENTJIE te vorm van wat die WOORD vir ons sê oor hierdie BELANGRIKE ONDERWERP. Al 27 dele is beskikbaar onder Afrikaanse Boodskappe indien jy weer na die detail van ‘n gedeelte wou gaan kyk. Ons gesels vandag OPSOMMEND oor die laaste gedeelte, DEEL 26-27.  

Die Teks gedeeltes wat in hierdie boodskappe aangehaal word kom hoofsaaklik vanuit die 1933 vertaling in Afrikaans. Verder word die HEBREEUSE LETTERS vir die NAAM van God die Vader soos aangedui in die oorspronklike vertalings as YHVH (Yod-Heh-Vav-Heh) gebruik waar die woord HERE in hoofletter in ons AFRIKAANSE BYBEL VERTALINGS voorkom. Die rede hiervoor is dat daar onsekerheid heers oor die uitspraak van die Naam van God die Vader omdat die klinkers in die Hebreeuse geskrifte weggelaat is weens vrees vir die misbruik van Sy Naam en gevolglike oortreding van die derde gebod van God. Ons verwys ook na Hom as Abba Vader en die Hebreeuse vertaling Yeshua die Messias word gebruik, in plaas van die Afrikaanse Bybel vertalings van Sy Naam, Jesus Christus wat uit die Grieks vertaal is.

In Deel 26 het ons bestudeer wat die Nuwe Testament oor die KRUISIGING van ons MESSIAS YESHUA en die KRUIS aan ons sê.

Meester Yeshua onderrig vir Nikodémus in Johannes hoofstuk 3 oor die belangrikheid van WEDERGEBOORTE as voorvereiste vir ‘n mens om die KONINGKRYK van GOD te SIEN. En dan verwys Hy in Johannes 3:14-21 terug na die gebeure in Numeri 21:8-9 en sê Hy: “En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die SEUN van die mens VERHOOG word, sodat ELKEEN wat in HOM GLO, NIE VERLORE mag gaan nie, maar die EWIGE LEWE kan hê. Want so LIEF het GOD (die VADER), die wêreld gehad, dat Hy Sy ENIGGEBORE SEUN gegee het, sodat ELKEEN WAT IN HOM GLO, nie verlore mag gaan nie, maar die EWIGE LEWE kan hê.”

Dit is ‘n duidelike heenwysing na Yeshua ons Messias wat sou kom sterf aan ‘n hout kruis en die SONDE, die SIEKTES wat daarmee saamgaan en die DOOD wat deur die SLANG se versoekings in die wêreld ingebring is, te OORWIN en die mense wat dit in GELOOF aanvaar en OPKYK na HOM, sal EWIG LEWE.

Ons het nou reeds vele kere oor die Numeri hoofstuk 21 situasie gesels maar dit is tog weer nodig om dit vandag te bespreek want dit gee belangrike konteks aan wat Yeshua in Johannes hoofstuk 3 oor SY KRUISIGING en ons WEDERGEBOORTE bespreek het. 

Ons weet dat die VERLOSSING van die VOLK ISRAEL (op daardie stadium nog al 12 STAMME insluitend Josef se twee seuns by sy Egiptiese vrou, Efraim en Manasse en al die VREEMDELINGE, mense van ander volke, wat saam met hulle gegaan het en so DEEL van ISRAEL geword het volgens Eksodus 12:38), hulle omswerwinge in die woestyn en Abba Vader se pogings om hulle SY WOORD en SY WEË, SY GEBOOIE en REDDINGSPLAN te leer en hulle REBELLIE daarteen en hoe ‘n groot hoeveelheid van hulle nie in die Beloofde Land kon ingaan nie omdat hulle hulle HARTE (insluitend hulle gedagtes en vrye wil) nooit ten volle aan Hom wou oorgee en Hom die Koning maak van hulle lewens en Hom dus lief te hê bo alles en hulle naaste soos hulleself nie. En dat dit ‘n prentjie is van ons VERLOSSING uit die sondige wêreld, ons omswerwinge as tydelike burgers van die wêreld wat moet leer om afgesonderd van die wêreld te leef vir Abba Vader volgens SY WOORD en SY WEË, SY GEBOOIE en REDDINGSPLAN sodat ons in die BELOOFDE LAND, die PARADYS na die EERSTE DOOD wat ons almal sal sterf (tensy die wederkoms tydens ons leeftyd plaasvind en ons in ‘n oogwink verander sal word) en daarna die VREDESRYK en uiteindelik die EWIGHEID kan ingaan.

In Numeri hoofstuk 21 lees ons dat die volk se beskuldiging teen God en Moses dat hulle bevry is uit Egipte met kwade bedoelings daatoe lei dat YHVH hulle STRAF vir hierdie OPSTANDIGHEID met GIFTIGE SLANGE en baie van hulle sterf. Die wat bly lewe BELY dat hulle verkeerd gedoen het en pleit dat God hulle moet help. En ons lees dan in Numeri 21:8-9 dat YHVH vir Moses opdrag gee om ‘n GIFTIGE SLANG te maak en dit op ‘n PAAL te sit en dat elkeen wat gebyt is en daarna kyk, sal lewe. Moses het dit gedoen en elkeen wat GEHOOORSAAM was aan die opdrag om op te kyk, het bly lewe. 

Die Bybel in Praktyk verduidelik: Hulle moes eers weer leer om na God op te kyk soos hulle letterlik na die KOPERSLANG moes opkyk wat Moses laat maak het op bevel van God. Hulle moes weer leer om hulle HOOP te vestig op YHVH en wat Hy kan doen. Yeshua ons Messias is later aan ‘n KRUIS gehang en VERHOOG sodat die wat met GELOOF na Hom kyk, mag LEWE (Lees ook Johannes 6:44, 8:28 en 12:32).

Yeshua ons Messias verduidelik in lyn hiermee verder in Johannes 3:17-18 dat God (die VADER) SY SEUN in die wêreld gestuur het, NIE om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die WÊRELD DEUR HOM GERED KAN WORD. En die mens wat IN HOM (Yeshua die Messias) GLO, word NIE VEROORDEEL NIE; maar die mens wat NIE GLO NIE, is ALREEDS VEROORDEEL omdat hy NIE GEGLO HET in DIE NAAM van die ENIGGEBORE SEUN van GOD (die VADER) nie.

En dan gee Yeshua ons Messias vir ons duidelikheid in vers 19-21 oor wat die oordeel sal behels.  DIT IS DIE OORDEEL: dat DIE LIG (‘n verwysing na Homself) in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as DIE LIG; WANT HULLE WERKE (hulle dade) WAS BOOS. Want ELKEEN wat KWAAD DOEN, HAAT DIE LIG en kom NIE na DIE LIG nie, dat sy WERKE (sy dade) NIE BESTRAF MAG WORD NIE. Maar hy wat DIE WAARHEID DOEN, KOM NA DIE LIG, sodat sy WERKE (sy dade) OPENBAAR kan word, dat hulle IN GOD GEDOEN IS (dit beteken in GEHOORSAAMHEID aan GOD GEDOEN is).”

Reeds kort voor Yeshua ons Messias se geboorte sing Sagaria (Johannes die Doper se pa) in Lukas 1:78-79 ‘n LOFSANG oor God (die Vader) se innige barmhartigheid waarmee die OPGAANDE LIG (Yeshua die Messias) uit die hoogte ons besoek het, om te SKYN oor die wat in duisternis en doodskaduwee sit (soos geprofeteer in Jesaja 9:1), om ons voete na die pad van VREDE te rig (geprofeteer in Jesaja 57:19).

Ons moet dus verstaan Yeshua ons Messias het met SY KRUISIGING op GOLOGTA, die SLANG, ook genoem die groot draak, die duiwel en die Satan in Openbaring 12:9 se mag oor die mens verslaan. Ons lees bevestiging daarvan in Handelinge 26:18 wanneer Yeshua die Messias vir Paulus ROEP om: hulle (die ongelowiges) se oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die LIG (tot Yeshua die Messias) kan BEKEER en van die mag van die Satan tot God (die Vader), sodat hulle deur die GELOOF in YESHUA die MESSIAS VERGIFNIS van sondes en ‘n ERFDEEL onder die heiliges (die wat kies om Yeshua aan te neem as Verlosser en om afgesonderd vir Abba Vader te lewe) kan ontvang.” Lees ook Romeine 6:1-23, Galasiërs 3:22 en Kolossense 1:13. HY DIE LIG VAN DIE WÊRELD het dus REEDS die slang se houvas op ons kom verslaan, maar Hy kan ABSOLUUT niks verder vir ons doen, as ons KIES om in die DUISTERNIS van die slang voort te leef nie. En dit sal die VERWEER wees wanneer ons voor die GROOT WIT TROON OORDEEL staan tydens die LAASTE OORDEEL waarvan ons lees in Openbaring 20:11-14. Want ELKE MENS het die kans om die LIG (die LEWE) of die DUISTERNIS (die DOOD) te KIES waarvan ons reeds lees in Deuernomium 30:19-20.

Die prentjie van die slang in Numeri 21 en soos beskryf deur Yeshua ons Messias in Johannes 3:14-15 behoort vir ons as gelowiges GEEN nuwe nuus te wees nie! Dit is tog die REDE vir Yeshua ons Messias se KRUISIGING wat reeds duidelik deur YHVH ons God gestel word in Genesis 3:15, die Messias sou kom om die slang se kop te vermorsel. Ons lees bevestiging hiervan in Hebreërs 2:14 “Aangesien die kinders (gelowiges in Yeshua wat kinders van Abba Vader genoem word) dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy (Yeshua die Messias) ook op dieselfde manier deelagtig geword (Hy het ook mens geword/ is as ‘n mens gebore), sodat Hy deur die DOOD hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het – dit is die duiwel – en ALMAL kon BEVRY wat hulle lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.

In ons wêreld vandag is BAIE MENSE steeds BANG vir die dood (net soos die mense in die woestyn was nadat hulle gesien het hoe die mense wat deur die giftige slange gepik is doodgaan) en besef baie nie (selfs mense wat sê dat hulle gelowig is) dat Yeshua die Messias REEDS die bose een (die slang ook genoem die duiwel) waardeur die dood op die aarde ingetree het deur sy verleiding van die mens (Adam en Eva) om sonde te doen (dus om ONGEHOORSAAM te wees aan dit wat ABBA VADER beveel in SY WOORD) VERSLAAN het. Baie mense verstaan ook nie die KONSEP van die EERSTE en die TWEEDE DOOD nie. En daarom  verstaan hulle nie dat wanneer ons YESHUA die MESSIAS as VERLOSSER aanvaar en HOM in GEHOORSAAMHEID volg aan ABBA VADER met die HEILIGE GEES in ons, gaan ons LIGGAAM met ons EERSTE DOOD in die GRAF (ons aardse liggame word dus weer stof), maar ons SIEL en GEES (die deel van elke mens wat onsterflik is) gaan na die PARADYS (Lees Prediker 12:5c-7, Lukas 23:42-43, 1 Thessalonicense 4:14 en Openbaring 2:7, 6:9, 19:8 & 14).

Met YESHUA ons MESSIAS se WEDERKOMS kom die GELOWIGES wat reeds op daardie stadium die EERSTE DOOD gesterf het saam met Hom, hulle liggame word eerste OPGEWEK en hulle ontvang ‘n VERHEERLIKTE LIGGAAM (net soos die een waarmee Yeshua ons Messias 40 dae op die aarde rondgestap, geëet het en steeds met mense kon gesels en hulle Hom selfs kon aanraak!) En die wat op daardie stadium nog leef ontvang hulle verheerlikte liggame in ‘n oogwink en ontmoet Yeshua ons Messias saam met die ander gelowiges in die lug sodat ons van daaraf vir ewig saam met Hom kan wees! (Lees 1 Thessalonicense 4:13-18, 1 Korinthiërs 15:51-58, Mattheus 24:29-31, Hebreërs 9:28 en Openbaring 10:7, 11:15-18). En dan kom die VREDESRYK en die EWIGHEID. 

Hosea profeteer in hoofstuk 13:14 dit waaroor Paulus ook later skryf in 1 Korinthiërs 15:25-26 & 55-57: “Uit die mag van die DODERYK sal Ek (YHVH) hulle LOSKOOP, Ek (YHVH) sal hulle VELROS van DIE DOOD. DOOD waar is jou pestilensies? Doderyk, waar is jou verderf?…” En ons lees ook rondom die EERSTE DOOD en OPSTANDING in Openbaring 2:11 sê Yeshua ons Messias aan die gemeente van Smirna hulle moet niks vrees wat hulle gaan ly nie, van hulle sal deur die duiwel in die gevangenis gewerp word sodat hulle GETOETS kan word en hulle sal TIEN DAE lank VERDRUKKING hê en dan kom die OPDRAG en BELOFTE: “Wees getrou tot die DOOD toe, en EK sal jou die KROON van die LEWE gee (dit is die ewige lewe). Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die (hoofletter) Gees aan die gemeentes sê. Die wat OORWIN, sal deur die TWEEDE DOOD GEEN skade ly nie.” En in Openbaring 14:13 lees ons net na die aankondiging van God se oordeel oor die aarde: “En ek (Johannes) het ‘n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf – salig (gelukkig en geseënd) is van nou af die DODE (die wat dood is) wat in die Meester (Yeshua) sterwe (wat as gelowige volgelinge van Yeshua die Messias sterf). Ja, sê die (hoofletter) Gees (dus die Heilige Gees), sodat hulle kan RUS van hul arbeid, en hulle WEKE (hulle dade/ hulle roeping wat hulle uitgevoer het) volg met hulle.” En in Openbaring 20:6 lees ons: “Salig (gelukkig en geseënd) is hy wat deel het aan die EERSTE OPSTANDING; oor hulle het die TWEEDE DOOD GEEN MAG NIE. En daarom hoef ons nie DIE EERSTE DOOD ENIGSENS TE VREES nie. 

Ons kan die VREDE van ons Messias ervaar oor hierdie dinge. Daardie VREDE wat HY ons BELOOF in Johannes 14:27, WARE VREDE omdat ons weet dat Abba Vader in BEHEER is, dat ons burgers van die KONINGKRYK van GOD is, dat Hy ons veilig in Sy hand hou, dat ons oorwinning oor sonde in Yeshua ons Messias vas staan, dat wanneer ons die EERSTE DOOD STERF ons na Hom gaan om te rus in die PARADYS en ons SAAM MET HOM SAL TERUGKOM met SY WEDERKOMS en ons VERHEERLIKTE EWIGE LIGGAME sal ontvang en daarna saam met HOM in die VREDESRYK en in die EWIGHEID saam met Hom en God ons Vader sal woon. Dan verstaan ons mos Paulus se woorde in Filippense 4:7 dat die VREDE van God wat alle verstand te bowe gaan (wat mense nie kan verstaan nie omdat dit nie afhang van ons omstandighede nie) sal julle harte en sinne (gedagtes) bewaar in Messias Yeshua. En daarom kan ons soos Paulus verklaar: “Want vir my is DIE LEWE die MESSIAS en (om te) sterwe WINS. Maar om te leef is vir my goed en om te sterf is vir my WINS.” En hy verduidelik dat terwyl hy nog lewe kan Hy nog vurgbare arbeid doen ter wille van die gelowiges – dus beteken dit hy kan nog die Woord verkondig en die gelowiges help, onderrig, bemoedig en vir hulle bid (Filippense 1:21-24).

Maar die wat nie die Messias aanvaar as hulle REDDER en VERLOSSER nie, moet wel die EERSTE DOOD vrees want hulle gaan na die DODERYK soos ons lees in  Numeri 16:33, Jesaja 5:14 & 14:9, Esegiël 31:17, Psalm 9:17-18 & 37:20, Spreuke 15:24 & 23:14, Prediker 9:10, Mattheus 8:12 & 24:51, Lukas 10:15 & 16:19-31, Markus 9:48, Jude 1:13 en Openbaring 20:13. Daar is ook GEEN twyfel oor WIE VOLLE OUTORITEIT het om hierdie BESLUIT te neem nie aangesien ons lees in Openbaring 1:18c verklaar YESHUA die MESSIAS: “…EN Ek het die SLEUTELS van DIE DODERYK en van DIE DOOD.” En mense wat GEKIES het om nie SY GRATIS GESKENK te aanvaar vir hulle VERLOSSING uit die DOOD nie, gaan in die DODERYK bly tot die GROOT WITTROON OORDEEL (lees Openbaring 20:5 & 13) en daarna die TWEEDE DOOD tegemoet gaan in die POEL van VUUR en SWAEL waar die DOOD en DODERYK ook in GEWERP sal word (lees Openbaring 20:14-15 asook 21:8). En dit HOEF nie so te wees vir ENIGE MENS nie, want ons weet vanuit verskeie gedeeltes in die WOORD dat ABBA VADER ALLE MENSE LIEFHET EN GRAAG WIL HÊ DAT ALLE MENSE TOT DIE WAARHEID en BEKERING MOET KOM want HY WIL NIE HÊ DAT ENIGE MENS VERLORE MOET GAAN NIE en dus wil HY GEEN MENS soontoe stuur nie! (Lees 2 Samuel 14:14, Esegiël 18:23, 33:11, 1 Timotheus 2:4-6 en 2 Petrus 3:9). 

Maar ELKE MENS het ‘n VRYE WIL en KIES self hulle uiteinde. Wat egter belangrik is, is dat ELKE MENS die kans moet kry om die GOEIE NUUS van REDDING te ontvang sodat hulle self hierdie KEUSE KAN MAAK. En dit is waarom EK en JY die VERANTWOORDELIKHEID het om ons ROEPING deur YESHUA ons MESSIAS te VERVUL of dit apostel, profeet, evangelis, herder of leeraar is (Johannes 15:16 & Efesiërs 4:11) en die GOEIE NUUS moet versprei met die spesifieke GAWES wat ons ontvang het of dit profesie, of diens, of onderig of aanmoediging of leierskap of barmhartigheid is (Romeine 12:6-8) sowel as die HEILIGE GEES wat ons bystaan en aan ons die GAWES GEE van ‘n woord van wysheid, kennis, geloof, genesing, werking van kragte, profesie, onderskeiding van geeste, allerhande tale en uitleg van tale soos en wanneer ons dit nodig het (1 Korinthiërs 12:4-11). ALLES met die DOEL om die GOEIE NUUS so ver en wyd te versprei as wat ELKEEN van ons kan soos ons Messias ons DUIDELIK BEVEEL in Mattheus 28:19, Markus 16:15-18, Lukas 24:47, Johannes 20:21 en Handelinge 1:8. En Hy het belowe om saam met ons te wees tot aan die VOLEINDING van die wêreld en saam met ons te werk en die WOORD te bevestig deur die tekens wat daarop volg! (Mattheus 28:20 en Markus 16:20).

Dit is hiervolgens wat ALLE GELOWIGES beoordeel sal word wanneer ons tydens die WEDERKOMS van Yeshua ons Messias voor SY REGTERSTOEL sal staan soos wat Yeshua ons WAARSKU met SY GELYKENISSE soos die van die TALENTE wat ons ook GAWES kan noem in Mattheus 25:14-30 en Lukas 19:11-27 asook in Lukas 14:14 en Openbaring 22:12. En waaroor Paulus, Petrus en Johannes ons oor en oor WAARSKU in Romeine 14:10-12, 2 Korinthiërs 5:10, Hebreërs 6:10, 1 Petrus 1:17, 1 Petrus 5:2-4 & 17 en 2 Johannes 1:8.

ONTHOU, ELKE MENS WAT OOR ONS PAD KOM, IS ‘N MENS WAARVOOR YESHUA ONS MESSIAS GESTERF HET EN HULLE LOS GEKOOP HET VAN DIE SONDE, DIE SIEKTES WAT DAARMEE GEPAARD GAAN EN DIE DOOD (DIE EWIGE DOOD). En as ek en jy hulle nie waarsku nie is hulle BLOED by die EINDOORDEEL op ons HANDE soos wat Abba Vader ons WAARSKU in Esegiël hoofstuk 33. 

Hoor ASSEBLIEF die VERSKIL: Elke persoon se BEKERING is sy of haar eie EIE BESLUIT, ons kan mense nie DWING om die WAARSKUWINGS te aanvaar en OM TE DRAAI en EWIG TE LEWE nie, maar ons MOET AAN HULLE DIE GOEIE NUUS BRING sowel as die WAARSKUWINGS oor die naderende DODERYK en die POEL van VUUR wat niemand sal vryspring wat nie vir YESHUA die MESSIAS aanvaar as die VOL PRYS betaal vir HULLE SONDES nie en wat die DUISTERNIS LIEWER het as die LIG en VOLHARD in ‘n lewe van SONDE (om kwaad te doen) en so ‘n slaaf van die duiwel bly nie.

Ons het ook gesels oor:

DIE KRUIS as SIMBOOL en die WAARSKUWING TEEN AFGODSAANBIDDING

Die paal waarop Moses die KOPERSLANG moes plaas het oor tyd ‘n AFGOD geword wat koning Hiskia, amper sewe eeue later opdrag gegee het om verbrand te word (lees 2 Konings 18:4).

Ons sien deur die loop van die eeue vele verwysings in die Woord na PALE wat aanbid is as deel van afgodsdiens, soos die ASJERA PALE, ook genoem heilige boomstamme/ gewyde pale/ heidense altare en die KLIPPILARE (heilige pilare, ook bekend as die OBELISK/ sonpilare, lees Jeremia 43:13) van die Kanaänietiese en antieke Egiptiese godsdienste wat met sonaanbidding te make gehad het. Beide die Egitpenare en Kanaäniete is afkomstig vanuit die nageslag van Noag se seun Gam, volgens Genesis 10:6. Ons lees waarskuwings oor die aanbidding van hierdie pale en klippilare as afgode van die Kanaäniete en ander bevolkingsgroepe regdeur die Ou Testament soos in Eksodus 34:11-17. Ons lees ook van hierdie geneigdheid om die natuur te wil aanbid (wat bome en die son insluit), m.a.w die skepsel te aanbid in plaas van die SKEPPER in die Nuwe Testament in Romeine hoofstuk 1:18-32.

Die koper slang bied aan ons ‘n waardevolle les. Dit is GEVAARLIK maklik om ons fokus te verskuif vanaf YHVH na ‘n voorwerp, praktyk of tradisie wat slegs bedoel was om rigting na YHVH aan te dui. Hiskia se VERNIETIGING van Nehústan (die koper slang) spreek ’n kern beginsel in die Woord aan dat VERERING, DANKSEGGING, AANBIDDING en LOFPRYSING die SKEPPER alleen toekom.

Geen VOORWERP, en dus ook nie die KRUIS kan ‘n WARE VERHOUDING met YHVH vervang nie. Ons moet WAAK teen afgodsaanbidding van enige godsdienstige voorwerpe, tradisies en praktyke wat Nehústans kan word – “dinge” wat ons aandag kan aftrek van ons toegewyde gehoorsaamheid en vertroue in YHVH ons God alleen.

Beteken dit dat ons die SIMBOOL van die KRUIS moet verwerp – NEE BESLIS NIE Die koper slang op die paal het JUIS vooruit gewys na die FINALE VERSLANING en OORWINNING van Yeshua ons Messias oor die slang wat die mens mislei het en vasgeketting het in sonde wat gelei het tot die fisiese dood van die mens. DIE KRUIS is ‘n voorstelling van die TAV, die VERBONDSTEKEN in die vorm van ‘n KRUIS waarop YESHUA ons MESSIAS gesterf het, DIE LAASTE magtige aksie waardeer die krag van die slang oor die mens asook die mag van die dood FINAAL verbreek is oor die mens en ons nou in staat stel om te KIES om hierdie offer te aanvaar en uit die mag van die sonde los te breek en nie die TWEEDE en EWIGE dood te sterf nie (Openbaring 20:6).

So mag ons ‘n afbeelding van ‘n KRUIS in ons huise hê of ‘n KRUIS as ‘n hangertjie dra? Dit is vir ons elkeen om te besluit soos die Heilige Gees ons lei, maar ons mag BESLIS NIE die kruis gebruik as ‘n magiese (bonatuurlike) krag om ons huise, gesinne of onsself teen boosheid te beskerm niedan is ons besig met afgodsaanbidding. Die KRUIS is ‘n SIMBOOL van ons geloof in Yeshua ons Messias maar sonder ‘n LEWENDE VERHOUDING met GOD DIE VADER deur YESHUA ons MESSIS en met SY kragtige HEILIGE GEES in ons waarin ons KRAG te vinde is, bly die KRUIS slegs ‘n mensgemaakte voorwerp.

Ons het ook gesels oor:

DIE KRUISIGING van die MESSIAS en die JODE (die Suidryk, die Stam van Juda en Benjamin) se VRESE wat VANDAG steeds lei tot VERWARRING oor die METODE van KRUISIGING.

Ons moet in gedagte hou dat Yeshua GEKRUISIG is tydens die periode wat die ROMEINSE RYK in beheer was in Judea, met hulle hoofstad Jerusalem.

Ons lees in die Complete Jewish Study Bible Insight for Jews and Christians die volgende op bladsy 1552: KRUISIGING was nie ‘n normale Joodse wyse (met verwysing dus na die Suidryk, die stamme van Juda en Benjamin) van teregstelling tydens die Tweede Tempel periode nie. Die Joodse wet (nie volgens die Torah nie, maar volgens die Mishnah Sanhedrin 7:1), ‘n dokument wat geskryf is deur die Joodse Rabbis wat opgestel is oor Joodse tradisies en mondelingse wette met fokus op die wetlike stelsel vir Joodse howe) het vier metodes van teregstelling voorgeskryf naamlik: stenig, verbrand, onthoof en verwurg, alhoewel hulle hoofsaaklik van steniging gebruik gemaak het. Gedurende die Romeine beseting van Judea, was publieke KRUISIGINGS egter algemeen. Die veroordeelde man het die DWARSBALK van die KRUIS waarop hy teregestel sou word gedra na die plek waar hy teregestel sou word en hy is aan die volledige KRUIS vasgespyker deur sy pols gewrigte en enkels. Die KRUIS met die man daarop is dan in die grond ingeslaan, waar die man aan gehang het in verskriklike pyn totdat hy dood is, gewoonlik baie ure later.  Gewigtige argeologiese en historiese bewyse BEVESTIG dat die tipe KRUIS wat in Israel gebruik is tydens die eerste eeu na die Messias se geboorte, ‘n DWARSBALK gehad het en dat dit hierdie DWARSBALK is wat die veroordeelde, insluitend YESHUA ons MESSIAS gedwing was om te dra na die plek van doodstraf. 

Die Bybel in Praktyk verduidelik hier in lyn met die Jewish Study Bible: KRUISIGING was ‘n ROMEINSE vorm van die DOODSTRAF. Die veroordeelde moes die DWARSBALK op die hoofpad langs tot by die KRUISIGINGSPLEK dra as afskrikmiddel. Die gekruisigde het gewoonlik gesterf na ‘n lang intense lyding van asemnood en hartversaking. Dit was ‘n vernederende en pynlike dood.

Dit word ook bevestig vanuit ander historiese bronne dat KRUISIGING die Romeine se voorkeur metode was om mense wat nie Romeinse burgers was nie, asook slawe en politieke rebelle te dood.

En dan is daar:

ONWEERLEGBARE FEITE OOR YESHUA ons MESSIAS se KRUISIGING IN DIE EVANGELIES

Hy het SY KRUIS GEDRA en uitgegaan na die sogenaamde HOOFSKEDELPLEK (Kopbeenplek) in Hebreeus (genoem) GOLGOTA, waar hulle Hom GEKRUISIG het.  (Johannes 19:17-18a). Die Kopbeenplek of Golgota was waarskynlik ‘n heuwel wat net buite Jerusalem, sigbaar was vanaf die hoofpad. Doodsvonisse is dikwels daar voltrek, sodat dit as voorbeeld vir al die mense kon dien.

Simon van Ciréne wat van die veld af gekom het moes Yeshua se KRUIS help dra omdat Yeshua as gevolg van die geseling (‘n sweep waarmee hy geslaan is met dun rieme of toutjies met knope of stukkies yster voor aan die punte waarmee vleis uit die persoon se liggaam geruk is) te swak om Sy kruis enduit te dra (Lees Mattheus 27:26-32, Markus 15:21, Lukas 23:16-26 en Johannes 19:1). Ons weet dit is in lyn met die profesie in Jesaja 53:5 dat Yeshua ons Messias VERBRYSEL (stukkend geslaan) is vir ons oortredinge. Hierdeur besef ‘n mens die absolute erns van sonde wat die vermoë het om mense dood te maak en Abba se woede teenoor die sonde en dat dit dus die doodstraf verdien wat ons as mense nooit self sou kon dra nie (Romeine 6:23). Yeshua ons Messias, wat inderdaat God self is, was bereid om hierdie geweldige straf (soos Deuternomium 22:22-23 dit stel, HIERDIE VERVLOEKING) vir die sonde vir elke mens, selfs die wat Hom uit onkunde haat en verwerp, te dra sodat ons almal die VRYWILLIGE KEUSE kan maak om tot bekering te kom en terug te keer na Abba Vader, ons SKEPPER se HUIS en nooit na die doderyk of poel van vuur en swael hoef te gaan nie. 

Yeshua ons Messias gee ook opdrag oor die KRUIS en KRUISIGING aan Sy volgelinge want onthou, Hy is ons VOORGANGER en ons VOORBEELD waarvolgens ons GEROEP word om te LEEF soos ons in Hebreers 12:1-2 Hier is dit weereens eers moontlik wanneer ons ons VREES vir die EERSTE DOOD oorkom omdat ons REEDS GESTERF het SAAM MET YESHUA ons MESSIAS aan ons OU SONDIGE SELF deur die DOOP in SY DOOD soos Paulus dit stel in Romeine 6:3-4 en as NUWE MENSE SAAM met HOM opgestaan het. En daarom het ons, die DUISTERNIS (die WÊRELD) afgesterf en weet ons verseker daar wag ‘n BAIE BETER TOEKOMS op ONS by die BERG SION en die STAD van die LEWENDE GOD, die HEMELSE JERUSALEM soos ons lees in Hebreers 12:22-24.

Ons lees in Mattheus 10 stuur Yeshua Sy twaalf dissipels uit op ‘n sending en Hy sê in vers 38-39 aan hulle: “En wie sy KRUIS nie opneem en agter My VOLG nie, is My nie waardig nie. Wie sy LEWE VIND, sal dit VERLOOR; en wie sy LEWE VERLOOR om MY ONTWIL, sal dit VIND.” En in Mattheus 16:24-27 sê Hy aan hulle: “As iemand agter My aan WIL kom, moet hy homself VERLOËN en sy KRUIS opneem (die Lukas 9:23 weergawe sê “moet sy KRUIS ELKE DAG OPNEEM) en MY VOLG. Want elkeen wat sy LEWE WIL RED, SAL DIT VERLOOR; maar elkeen wat sy LEWE om MY ONTWIL VERLOOR (die Markus 8:34-35 weergawe sluit in, “en om die EVANGELIE/ DIE GOEIE NUUS se ontwil verloor), SAL DIT VIND. Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win (verkry het) maar aan sy SIEL skade ly (die Lukas 9:25 weergawe sê “wat baat dit die mens tog as hy die hele wereld win (verkry het), maar homself VERLOOR of SKADE aandoen)? Of wat sal ‘n mens gee as LOSPRYS vir sy SIEL? Want die Seun van die Mens staan gereed om met Sy engele om in die HEERLIKHEID van die VADER te kom, en dan sal Hy elkeen VERGELD (aan hom/ haar gee) VOGLENS sy DADE.” Die Markus 8:38 weergawe voeg by: “Want elkeen wat Hom vir My en MY WOORDE (m.a.w die hele SKRIF, insluitend en veral die TORAH want Hy is DIE WOORD) skaam in hierdie owerspelige (ontroue) en sondige geslag (generasie) vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van SY VADER met die heilige engele.

En in Lukas 14:27 sê Hy: ELKEEN wat sy KRUIS nie dra nie, kan NIE ‘n DISSIPEL (‘n VOLGELING) van Hom wees nie. Paulus verduidelik dit later in Romeine 6:5-14 dat ons saam met Yeshua ons Messias moet sterf vir die sonde sodat die sonde nie meer oor ons sal heers nie en ons kan LEWE vir God die Vader. En in Galasiërs 5:24 sê Paulus: “…die wat aan die MESSIAS behoort, het die vlees (die ou natuur) met sy hartstogte en begeerlikhede GEKRUISIG.”

Die Bybel in Praktyk verduidelik: Die dissipels het presies verstaan wat Yeshua bedoel het met hulle KRUISE wat hulle moes opneem en Hom volg want die ROMEINSE owerheid het dikwels mense GEKRUISIG en veroordeeldes moes hulle eie KRUISE (gewoonlik die DWARSBALK gedeelte van die KRUIS) deur die strate dra tot by die plek waar hulle GEKRUISIG sou word.

Dieselfde geld steeds vandag vir elke mens wat SY VOLGELING wil wees – VOLKOME TOEGEWYDHEID aan God die Vader enn bereidheid om enige iets, insluitend lyding en die dood om Sy onthalwe en die verkondiging van die GOEIE NUUS/ DIE WOORD van GOD, te verduur. Dit beteken nie dat Yeshua en ons Vader gekant is daarteen dat ons die lewe moet geniet of vir ons lyding wil aandoen nie, maar dit beteken dat dit MOED verg as ons HOM ELKE DAG wil volg en SY WIL te DOEN, al lyk die hede en die toekoms duister en al is dit moeilik, uit LIEFDE vir HOM, KIES ons as SY VOLGELINGE om GETROU te BLY aan Hom. As volgelinge van Hom weet ons daar is NIKS wat vergelyk kan word met wat Hy vir ons bied nie. ‘n VOLGELING van Hom KIES dus VRYWILLIG om HOM te VOLG in plaas van ‘n lewe van slawerny aan die sonde wat lei tot selfvernietiging en die ewige dood. Sonde is dus nie meer jou baas nie en jy is nie meer daaraan verslaaf nie. Dit behels dus ‘n VRYWILLIGE KEUSE om te VOLG in GEHOORSAAMHEID aan HOM in DENKE, WOORDE en in DADE. Die sondige natuur sterf nie oornag nie, dit is ‘n LEWENSLANGE geveg daarteen deur ELKE DAG, VRYWILLIG en DOELBEWUS GOD se WIL te kies bo jou eie wil omdat jy weet SY WIL gee aan jou WARE LEWE en VREDE asook die EWIGE LEWE.

In deel:

DEEL 27

Het ons gesels oor die BETEKENIS van die KRUIS vir die JODE (die Suidryk wat vandag nog bestaan uit die stamme afkomstig van Juda en Benjamin) asook vir die GRIEKE waarvan ons lees in die Nuwe Testament.

DIE BETEKENIS VAN DIE KRUIS EN KRUISIGING VAN YESHUA DIE MESSIAS VIR DIE JODE

Dit blyk uit die WOORD dat die kruis van Yeshua ‘n STUIKELBLOK vir die JODE was en VANDAG steeds is. Ons het dus die redes daarvoor ondersoek.

Die Complete Jewish Study Bible – Insight for Jews & Christians verduidelik op bladsy 1552 as deel van Johannes 19:17 die volgende: Alhoewel die KRUIS vir baie Christene ‘n HEILIGE SIMBOOL is, is die KRUIS vir die Jode ‘n SIMBOOL van VERVOLGING as gevolg van die skade wat aangerig is aan die Jode deur mense wat beweer het dat hulle VOLGELINGE van die MESSIAS is, of hulle nou deel was van:

  • Die Kruisvaarders (bekend as die Crusaders in Engels – Christene uit wes Europa wat deelgeneem het in ‘n reeks militêre aksies wat daarop gefokus was om die Heilige Land terug te vat vanuit Moslem beheer tussen die 11 de en 13de eeu. Hulle veldtogte is begin deur Pous Urban II in die jaar 1095).
  • Die Inkwisisie (‘n owerheid wat deur die Katolieke Kerk gestig is om geloof of opinies in stryd met die leerstellings van die Katolieke Kerk op te spoor en te straf).
  • Of lede van die Ku Klux Klan (‘n Protestante wit ver regse groep wat in 1865 in Tennessee Amerika gestig is na die burgeroolog en wat bekend was vir terrorisme, geweld en intimidasie teen minderheidsgroepe, veral Afrikane, Jode en Katolieke).

Omdat hierdie mense beweer het hulle is VOLGELINGE van Yeshua die Messias en die Jode ernstig vervolg het, het die term “KRUIS” ‘n vloek geword vir die Jode, alhoewel DIT WAT OP DIE KRUIS PLAASGEVIND HET DIE GROOTSTE VERKLARING VAN GOD SE LIEFDE VIR MENSE IN DIE GESKIEDENIS IS – BEIDE VIR JODE en NIE-JODE. En om hierdie rede, alhoewel daar gewigtige argeologiese bewyse is vir die KRUIS, verkies die Joodse Studie Bybel skrywers om daarna te verwys as ‘n “paal” (“stake”) om hulle Joodse lesers die pyn te spaar.

Vanuit die vervolging deur die KATOLIEKE en PROTESTANTE deur die eeue soos reeds verduidelik, het die KRUIS ook vir die Jode ‘n SIMBOOL geword van VERDRUKKING en VERVOLGING. Die KRUIS word dus in die Joodse geskrifte beskou as ‘n AFGOD.

Ons weet ook dat die JODE beskuldig is vir die KRUISIGING van Yeshua die Messias. Petrus sê in Handelinge 5:30-33 aan die Joodse Raad sê: “Die God van ons vaders (YHVH) het Yeshua opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan ‘n KRUISHOUT te hang. Hom het God (die Vader) as LEIDSMAN (VOORGANGER, LEIER) en VERLOSSER deur Sy regterhand VERHOOG om aan ISRAEL BEKERING en VERGIFNIS van sondes te skenk. En ons is SY GETUIES van HIERDIE DINGE, en ook die HEILIGE GEES wat GOD (die Vader) gegee het aan die wat HOM GEHOORSAAM is. Toe hulle (die Joodse Raad) dit hoor, was hulle woedend en wou hulle (vir Petrus en die ander apostels wat deur die Saduseërs in die gevangenis gesit is) om die lewe bring.”

Ons weet ook dat Paulus ‘n stryd gevoer het teen die Jode na sy bekering omdat hulle hom vervolg het, net soos Paulus self voorheen die volgelinge van Yeshua die Messias vervolg het. Na Paulus se bekering het hy meer as eenkeer sy lojalitiet aan die VERKONDIGING van die  EVANGELIE (die GOEIE NUUS van REDDING en VERLOSSING) en die KRUIS van die MESSIAS bevestig soos in 1 Korinthiërs 1:17.

Hy sê verder die WOORD VAN DIE KRUIS is DWAASHEID vir die wat verlore gaan, maar vir die wat GERED word, is dit DIE KRAG VAN GOD (die Vader). Want die JODE vra ‘n TEKEN en die GRIEKE soek WYSHEID, maar (sê Paulus) ons VERKONDIG MESSIAS wat GEKRUISIG is, ‘n STRUIKELBLOK vir die JODE en DWAASHEID vir die GRIEKE; maar vir die wat GEROEP is, JODE sowel as GRIEKE: MESSIAS, die KRAG van GOD (die Vader) en die WYSHEID van GOD.” Lees 1 Korinthiërs 1:18-23.

Die Bybel in Praktyk verduidelik: Baie Jode het die Goeie Nuus van Yeshua die Messias verwerp omdat hulle so lank reeds geglo het dat die Messias ‘n magtige heerser sou wees wat die troon van Dawid sou herstel. En dan is Hy ook soos ‘n gewone misdadiger gekruisig, hoe kon Hy dan hulle VERLOSSER wees? Vir die GRIEKE was die EVANGELIE ook onsin en hulle het ook nie geglo aan die opstanding uit die dood nie. Om te sterf was vir hulle allesbehalwe oorwinning maar eerder neerlaag. Die GOEIE NUUS van die MESSIAS klink vandag steeds vir baie mense dwaas. Dinge soos mag, invloed en geld het die afgode van die samelewig geword. God se WYSHEID kan nie deur hierdie mense verstaan word nie.

Paulus sê verder aan die gelowiges in 1 Korinthiërs 2:1-16 “En toe ek by julle gekom het, broeders, het ek nie aan julle die GETUIENIS van GOD kom VERKONDIG met voortreflikheid (indrukwekkendheid) van woorde of van wysheid nie, want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Yeshua die Messias, en HOM as GEKRUISIGDE. Ek was ook by julle in swakheid en in vrees en in veel bewing; en my REDE en PREDIKING was nie in oorredende woorde van MENSLIKE WYSHEID nie, maar in die betoning (die werking) van (die Heilige) GEES en  (Sy) krag, sodat julle GELOOF nie in WYSHEID van MENSE sou bestaan nie, maar in die KRAG van GOD. En Paulus verduidelik dan verder dat die NATUURLIKE MENS (die mens wat nog leef in die vlees/ die sondige natuur en nie gevul is met die Heilige Gees van God nie) neem die DINGE van die GEES van GOD nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit vanuit ‘n geestleike perspektief verstaan moet word. Maar die GEESTELIKE MENS (die mens wat sy of haar sondige natuur afgesterf het en nuut opgestaan het saam met Yeshua die Messias en Hom in gehoorsaamheid volg aan die Woord met die hulp van die Heilie Gees) verstaan hierdie dinge. Bedoelende wanneer ‘n wedergebore gelowige die WOORD van GOD lees maak hy of sy dit DEEL van hoe hy of sy DINK en daarom beïnvloed dit ook hulle emosies en dus hulle gedrag (woorde en dade). Lees ook 2 Korinthiërs 10:5b.

Net so is elkeen wat die Messias en dus ook die WOORD van GOD verwerp, nie in staat om die GOEIE NUUS te verstaan en te waardeer nie en dus ook nie die stem van God te hoor nie.

Ons moet dus BAIE VERSIGTIG wees vir MENSLIKE WYSHEID en eerder VASHOU aan die WAARHEID van DIE WOORD van YHVH en alles daarteen TOETS soos wat ons aangemoedig word in Handelinge 17:11 en 2 Timotheus 3:15-17.

Paulus sê dan ook aan die gelowiges in Korinte, wat hom betref wil hy nooit roem of enige iets BEHALWE IN DIE KRUIS VAN ONS MEESTER YESHUA DIE MESSIAS, deur wie die werêld vir hom GEKRUISIG is en hy vir die werêld. En mag daar VREDE en BARMHARTIGHEID wees oor ALMAL wat sal wandel (leef) volgens hierdie reël, en oor die ISRAEL van God! (die NLV sê: “Húlle is Gód se ISRAEL”). Lees Galasiërs 6:14-16.

En in Filippense 3 praat Paulus van die VYANDE VAN DIE KRUIS! Ons lees in vers 17-19: “Want BAIE – van wie ek julle dit dikwels gesê het en nou ook onder trane sê – WANDEL (leef) AS VYANDE VAN DIE KRUIS VAN MESSIAS. Hulle einde is die verderf, hulle (kleinletter) god is die buik (die maag, die NLV sê: “liggaamlike behoeftes is hulle god”) en hulle eer is in hulle skande (hulle is trots op dinge waaroor hulle hulle behoort te skaam): hulle BEDINK AARDSE DINGE (hulle dink soos werêldlinge).

Ons moet in gedagte hou dat die Jode (die Suidryk wat teen die Nuwe Testament periode bekend was as die Jode en bestaan het uit die stam van Juda en Benjamin) het ‘n magtige Messias verwag wat hulle sou kom verlos van die oorheersing deur die Romeinse regering. Vanuit Deuternomium 21:23 het hulle boonop die KRUISIGING as ‘n VLOEK beskou en nie Paulus se woorde verstaan in Galasiers 3:10-14 dat Yeshua juis vir ons ‘n VLOEK kom word het om ons straf op die sonde te dra nie. Die idee van ‘n GEKRUISIGDE VERLOSSER was dus vir hulle ondenkbaar en aanstootlik (‘n belediging) en dus het dit ‘n groot blokasie teen die GOEIE NUUS BOODSKAP van REDDING deur Yeshua die Messias aan die KRUIS veroorsaak. Maar dink daaraan die KRUIS is inderdaat ‘n VLOEK, die VLOEK wat ons self moes dra maar nie in staat was nie en wat ons MESSIAS bereid was om namens ons te kom dra.

Hierdie dien as ‘n ernstige WAARSKUWING, veral vir ons wat by ons JOODSE BROERS leer oor die TORAH (Genesis tot Deuternomium wat insluit die onderhouding van die Tien Gebooie insluitend die SABBAT en die FEESTE) en die MESSIAANSE ROETE volg in gehoorsaamheid aan God die Vader soos ons Messias ons kom leer het en soos geprofeteer in Saggaria 8:13-23 asook in Jeremia 6:16  waarin ons aangemoedig word: om te vra na die OU PAAIE, waar tog die GOEIE WEG is en daarin te LEEF dan sal ons RUS vind vir ons SIELE.

MAAR ons moet steeds onthou om ALLES wat ons by hulle leer teen die WAARHEID van die WOORD in Genesis tot Openbaring te toets met die hulp en leiding van die Heilige Gees en ons moet VERSIGTIG wees vir hulle siening van die KRUIS en die KRUISIGING wat gekleur is deur hulle PYNLIKE ervaring deur die vervolging van die Katolieke en Protestante soos reeds bespreek en vandag steeds geldig is. En daarom moet ons baie versigtig wees om nie in die slaggat te trap om die KRUIS van YESHUA die MESSIAS te verwerp en ander metodes van KRUISIGING te probeer vind om van die KRUIS “ontslae” te raak en so twyfel te saai oor die KRUIS en die KRUSIGING van Yeshua die Messias onder medegelowiges nie.

Ons weet dat Abba Vader nooit die SUIDRYK (Juda en Benjamin bekend as die Jode) sal vergeet nie, ons lees ook in die profesie in Sagaria 12 van REDDING en SEËN vir die volk van YHVH met spesifieke verwysing na die SUIDRYK (Juda en Benjamin, bekend as die Jode) in vers 10: “Maar oor die HUIS van DAVID (die stam van Juda en Benjamin, die Jode) en oor die INWONERS van JERUSALEM sal Ek UITGIET die GEES van GENADE en SMEKINGE; en ALMAL sal opsien na MY vir WIE hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom weeklaag soos ‘n mens rouklaag oor ‘n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos ‘n mens bitterlik ween oor ‘n eersgebore kind.” Lees ook Johannes 19:37 en Openbaring 1:7.

En dan is daar:

DIE BETEKENIS VAN DIE KRUIS EN KRUISIGING VAN YESHUA DIE MESSIAS VIR DIE GRIEKE

Die kruis van Yeshua is dwaasheid vir die Grieke/ die ongelowiges (ons kan dalk sê vir die werêldlinge, geleerdes en wetenskaplikes wat op mens wysheid staatmaak en alles met ‘n menslike verstand wil uitredeneer).

Die GRIEKE wat baie waarde geheg het aan intelektuele gesprekke en rasionele denke, het die idee van ‘n GEKRUISIGDE VERLOSSER ABSURD gevind en dit het geen sin vir hulle gemaak nie soos Paulus verduidelik in 1 Korinthiërs 1:17-23. Hulle kon nie verstaan waarom ‘n Goddelike wese vrywillig lyding verduur het nie en dus het hulle die KRUISIGING beskou as ‘n mislukking eerder as ‘n oorwinning.

Paulus bevestig in 1 Korinthiërs 1:17-23 dat die BOODSKAP van die KRUIS die WARE KRAG en WYSHEID van GOD verteenwoordig, ten spyte van die persepsies van die GRIEKE (wêreldlinge). Dit daag menslike begrip uit en OPENBAAR dat GOD se WEË dikwels mens wysheid, voorskrifte en leerstellings UITDAAG en OORTREF. Dink maar aan die WAPENS waarmee mense hulle stryde probeer veg en wen, versus die WAPENS wat GOD aanbeveel in Efesiërs 6:10-18, naamlik die wete dat MENSE NIE JOU VYANDE IS NIE maar die bose, die WAARHEID van die WOORD waarmee ons teen die bose veg, die wete van VERLOSSING wat ons verstand en dus gedagtes beskerm teen aanvalle, GELOOF in God wat ons harte beskerm teen aanvalle, VREDE in alle omstandighede waar ons ookal gaan en GEBED vir alle mense. Lees ook 1 Timotheus 2:1-8.

Die KRUISIGING mag dus voorkom as SWAKHEID en DWAASHEID vir mense wat dit nie verstaan nie, maar dit is in werklikheid die GROOTSTE DEMONSTRASIE van GOD die VADER se LIEFDE in SY REDDINGSPLAN vir die MENS.

Dit dien dus as ‘n herinnering aan GELOWIGES dat die werêld hulle GELOOF in YESHUA die MESSIAS kan beskou met skeptisisme (twyfel) en weerstand.  En dit bemoedig GELOWIGES om die paradoks (die teenstydigheid) van die GOEIE NUUS/ DIE EVANGELIE teenoor mens sienings daaroor te aanvaar, en te verstaan dat wat in die oë van die werêld na dwaasheid lyk, in der werklikheid die FONDASIE is van ons GELOOF en die BRON van WARE WYSHEID en KRAG. Die KRUISIGING is nie maar net ‘n historiese gebeurtenis nie, maar dit is ‘n BAIE BELANGRIKE SIMBOOL van HOOP, REDDING en die VERANDERENDE KRAG van YHVH ons GOD se LIEFDE.

Ons moet BAIE VERSIGTIG wees vir MENS en WÊRELDSE WYSHEID en ook self nie in die slaggat trap om WYSER as YHVH ons God en SY WOORD te probeer wees nie en ander so te leer nie, maar eerder in nederigheid VAS TE HOU aan GOD se WYSHEID in SY WOORD, wat inderdaat aan ons die VERSTAND en WYSHEID van YESHUA die MESSIAS openbaar.

Dit is dus baie belangrik om alles wat ons hoor van buite bronne, ongeag van hoe belangrik of betroubaar ie mens blyk te wees, teen die WOORD van GOD te toets. Onthou Hy beskerm self Sy WOORD met twee of drie getuies wat daarin vervat is. Wanneer ons SOEK na hierdie GETUIES in SY WOORD, sal ons VERSEKER die WAARHEID VIND. As ons begin TWYFEL in die WAARHEID wat in die WOORD opeteken staan gaan ons begin stuikel want waar gaan ons eindig? Ons moet van die uitgangspunt af werk dat dit wat in die WOORD staan WAAR en REG is en buite bronne en mens opinies daarteen meet nie andersom nie. As ons links en regs dinge in die Woord begin verander en beskou as leuens gaan ons twyfel skep in die WOORD en kan dit lei tot meer afvalligheid by mense want as hulle nou nie meer kan glo Yeshua ons Messias is op ‘n KRUIS GEKRUISIG nie, wat is dan nou nog “ONWAAR” in die Woord. Dit is ‘n gevaarlike pad. Ons moet GLO dat God die Vader Sy WOORD self beskerm en bewaar vanaf die optekening daarvan en dat Hy dit sal doen tot aan die einde. Hy sê immers in vele SKRIF GEDEELTES, ALLES SAL VERGAAN MAAR SY WOORD SAL VIR EWIG BLY STAAN (Lees Psalm 119:89, Jesaja 40:8, Mattheus 24:35, Markus 13:31, Lukas 21:33 en 1 Petrus 1:23-25). Dus is dit ons verantwoordelikheid om te sorg dat ons die betroubaarste moontlike vertaling van die WOORD te lees en teen ander vertalings te toets soos wat die Heilige Gees ons lei en deurgaans te hou by wat die WOORD sê.

So laat ons maak soos Paulus voorstel in In  2 Korinthiers 10:3-6: “Want hoewel ons in die vlees (in die liggaam leef), voer ons nie die styd volgens die vlees nie (dis nie ‘n liggaamlike stryd of oorlog nie); want die WAPENS van ons stryd is nie vleeslik nie (dis nie mens wapens nie want ons geveg is nie teen mense nie soos ons ook leer in Effesiers 6:12), ons WAPENS is GEESTELIK van AARD geskik vir ‘n GEESTELIKE OORLOG teen ons bose vyand wat God se WOORD by ons wil kom steel en ons wil kom slag en vernietig soos Yeshua ons Messias ons waarsku in Johannes 10:10a), maar ons WAPENS is KRAGTIG deur GOD om VESTINGS (soos verkeerde leerstellings, tradisies, valsheid, misleiding) neer te werp, terwyl ons PLANNE verbreek en (so ook) elke SKANS (soos argumente, redenasies en mens opinies) wat opgewerp word TEEN die KENNIS van GOD (afbreek), en ELKE GEDAGTE GEVANGE NEEM tot GEHOORSAAMHEID aan MESSIAS en ons gereed hou om ELKE ONGEHOORSAAMHEID (in onsself te straf/ tot orde te roep/ daagliks te beveg met die WAARHEID van GOD se WOORD) totdat ons VOLKOME GEHOORSAAM is aan HOM.” Die NLV sê: Ons is oorgehaal om met ELKE ONGEHOORSAAMHEID af te reken, sodra ons eie GEHOORSAAMHEID in plek geval het.

He-Brews-Coffee-Roastery-Logo

Stay In Touch