12 Augustus 2026 Goeie dag almal, Ons gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE…
DIE WAARHEID oor die KRUISIGING en die SIMBOOL van die KRUIS: OPSOMMING van DEEL 15-25 Die KONINGS van die NOORDRYK en SUIDRYK
25 Februarie 2026
Ons is klaar met ons studie oor die KRUIS en die KRUSIGING van YESHUA ons MESSIAS, maar ons is besig met die OPSOMMING van die 27 gedeeltes van ongeveer 300 bladsye om ‘n DUIDELIKE PRENTJIE te vorm van wat die WOORD vir ons sê oor hierdie BELANGRIKE ONDERWERP. Al 27 dele is beskikbaar onder Afrikaanse Boodskappe indien jy weer na die detail van ‘n gedeelte wou gaan kyk. Ons gesels vandag oor die OPSOMMING van DEEL 15-25.
Die Teks gedeeltes wat in hierdie boodskappe aangehaal word kom hoofsaaklik vanuit die 1933 vertaling in Afrikaans. Verder word die HEBREEUSE LETTERS vir die NAAM van God die Vader soos aangedui in die oorspronklike vertalings as YHVH (Yod-Heh-Vav-Heh) gebruik waar die woord HERE in hoofletter in ons AFRIKAANSE BYBEL VERTALINGS voorkom. Die rede hiervoor is dat daar onsekerheid heers oor die uitspraak van die Naam van God die Vader omdat die klinkers in die Hebreeuse geskrifte weggelaat is weens vrees vir die misbruik van Sy Naam en gevolglike oortreding van die derde gebod van God. Ons verwys ook na Hom as Abba Vader en die Hebreeuse vertaling Yeshua die Messias word gebruik, in plaas van die Afrikaanse Bybel vertalings van Sy Naam, Jesus Christus wat uit die Grieks vertaal is.
DEEL 15: KONINGSKAP op die AARDE
As deel van ons gesprekke oor Yeshua die Messias se rol as KONING wat insluit Sy TERUG koop van die mense met SY KRUISIGING en DOOD en die VERSLAAN van die MAG van die Satan met SY EERSTE KOMS. En SY KONINGSKAP oor die VREDESRYK met SY TWEEDE KOMS, insluitend die (kleinletter) konings/ wedergebore gelowiges wat saam met Hom sal regeer vir ‘n DUISEND JAAR. En Abba Vader die KONING van die EWIGHEID en Yeshua die Lam wat vir EWIG saam met Hom op die TROON sal sit en REGEER, het ons ook gesels oor KONINGSSKAP van mense op aarde omdat dit ‘n belangrike onderwerp is waaroor BAIE verwarring bestaan.
Ons het dus gesels oor:
- Adam en Eva wat aanvanklik deur Abba Vader aangestel is as HEERSERS oor die aarde.
YHVH ons God in Sy meervoudige Hebreeuse benoeming van ELOHIEM, EL is enkelvoud, dus is ELOHIEM ‘n aanduiding van die betrokkenheid van die VADER, SEUN en HEILIGE GEES, die SKEPPER van die HEMEL en die AARDE (Genesis 1:1-31). En op DAG 1 maak Hy skeiding tussen LIG en DUISTERNIS. En daarna sien ons dwarsdeer die Woord ‘n KEUSE wat elke mens met sy of haar VRYE WIL wat Hy aan hulle gegee het, moet maak tussen LIG en DUISTERNIS, LEWE en DOOD (lees onder andere Deuternomium 30:15-19, Jeremia 21:8 en 1 Korinthiërs 3:22, Psalm 56:13, Johannes 12:35, Efesiërs 5:8, 1 Thessalonisense 5:5 en 1 Johannes 1:7). Op DAG 2 skep Hy die UITSPANSEL en noem dit HEMEL. Op DAG 3: skap Hy die DROË GROND en noem dit AARDE. En Hy versamel die WATERS en noem dit SEE. En Hy beveel die AARDE om GRASSPRUITJIES, PLANTE wat SAAD gee en BOME wat VRUGTE dra, waarin hulle SAAD is, voort te bring. Op DAG 4: Skep Hy die SON, MAAN en STERRE vir DRIE REDES, naamlik: Om skeiding te maak tussen DAG en NAG, vir TEKENS en vir VASTE TYE (dit is Abba Vader se FEESTYE, SY SEWE JAARLIKSE FEESTE as deel van SY KALENDER vir die MENS wat dien as SY REDDINGSPLAN wat die mens sal voorberei vir die EERSTE en TWEEDE KOMS van Yeshua die Messias) asook vir die berekening van DAE sowel as JARE om ‘n kalender van TYD te kan bepaal.
Op DAG 5 skep GOD LEWENDE WESENS in die WATERS en VOËLS wat VLIEG in die HEMEL langs die UITSPANSEL. En GOD het hulle GESEËN en gesê: Wees VRUGBAAR en VERMEERDER.
En dan op DAG 6: skep GOD LEWENDE WESENS op die AARDE – MAK DIERE, KRUIPENDE DIERE en WILDE DIERE en daarna sê GOD, weereens ELOHIEM in meervoud: Laat ONS mense maak na ONS BEELD (wat soos ons lyk), na ONS GELYKENIS (voorbeeld) en laat HULLE HEERS (meester/ baas/ hoof/ meerdere/ leermeester wees, gesag uitoefen) oor die VISSE, VOËLS, VEE en AL die KRUIPENDE DIERE. En God het hulle MAN en VROU GEKAPE. En weereens word hulle GESEËN en kry OPDRAG om VRUGBAAR te wees en te VERMEERDER en die AARDE te vul, dit te ONDERWERP (onder hulle gesag te bring) en daaroor te HEERS. So hier sien ons die mens se OPDRAG is om te HEERS oor die visse, voels, mak diere, kruipende diere en wilde diere en oor die aarde. Daar is GEEN sprake daarvan om oor mense te heers nie. Hoekom nie? Want YHVH ons God se bedoeling was van die begin af dat HY SELF as KONING oor die mense wat Hy gemaak het sal heers.
Ons lees ook in Genesis 2:7 Dat YHVH in die mens se neus die ASEM VAN DIE LEWE GEBLAAS het (lees Genesis 7:22 en 1 Korinthiërs 15:45) wat ons vanuit verdere verse in die Woord verstaan as die HEILIGE GEES wat Hy aan die mens gegee het soos bespreek in Deel 14. (Lees Johannes 20:22 , 1 Korinthiërs 15:45, Jesaja 42:5, Job 33:4, Johannes 5:21, 6:33, 39, 40, 54 en 57).
En ons sien ook dat Abba Vader, die mens LEER wat REG en wat VERKEERD is SODAT hy op die REGTE WEG kan bly (die REGTE KEUSES kan maak met sy/ haar vrye wil) sodat hulle VIR EWIG GELUKKIG, GESEËND en TEVREDE kan lewe.
YHVH LEER Adam om die TUIN van EDEN te BEWERK en BEWAAK (op te pas en te beskerm) Genesis 2:15. Hy gee ook aan Adam, SY reëls om hulle veilig te hou. Hulle kon van AL die bome in die Tuin van Eden eet, behalwe van die Boom van Kennis van Goed en Kwaad. En HY WAARSKU hulle (Hy verduidelik dus vir hulle die GEVOLGE van hulle KEUSES), DIE DAG wat hulle daarvan eet sal hulle SEKERLIK STERWE. (Genesis 2:17). Hulle eenheid sou met God verbreek word en hulle sou van Sy teenwoordigheid geskei word. Die liggaamlike sterwensposes sou in werking gestel word en hulle sou geestelik sterf omdat YHVH se Heilige Gees hulle sou verlaat. En alhoewel God net vir Adam hierdie reël geleer het kan ons vanuit Eva se antwoord aan die slang in Genesis 3:2-3 aflei dat sy dit ook geweet het.
Adam en Eva word dus GESKEP in die BEELD van ELOHIEM (die DRIE-ENIGE GOD), SKEPPER en KONING en hulle opdrag is om te VERMEERDER en te HEERS oor die aarde. Maar eers moes hulle GETOETS word – Abba Vader het nou ALLES aan hulle VOORSIEN wat hulle nodig sou hê en om gelukkig te wees, Hy het hulle ook GELEER wat belangrik was en hoe hulle moes leef. So nou was dit tyd om te TOETS of hulle die REGTE KEUSE in lyn met SY WIL sou maak sodat hulle kon LEWE.
En ongelukkig KIES hulle toe die DUISTERNIS wat tot die DOOD lei soos wat Abba hulle reeds gewaarsku het. En Adam en Eva se verkeerde KEUSE lei tot die kans wat Satan kry om die mens se HEERKAPPY oor die AARDE weg te neem van hulle af en hy word:
- Die klein letter koning van die WÊRELD – die Satan wat ook die ou slang, die draak en die duiwel genoem word in Openbaring 12:9.
Ons sien die detail hiervan in Genesis 3:16-19, Satan palm die heerskappy oor die wêreld in deur die MISLEIDING van Adam en Eva en hulle MISLUKTE GEHOORSAAMHEID aan GOD die VADER.
En hierna lees ons in die Woord van die Satan, die (kleinletter) god van die wêreld in verkseie gedeeltes soos Johannes 12:31, 14:30 en 16:11, 2 Korinthiërs 4:4 en Efesiërs 2:2. EN dit is waarom hy vir Yeshua die Messias tydens Sy versoeking in die woestyn, ná Sy doop, die KONINGKRYKE van die WÊRELD aangebied het! Lees Mattheus 4:5-7.
Ons God is ‘n REGVERDIGE GOD en Hy het aan Adam en Eva ‘n REGVERDIGE KANS gegee om hulle HEERSKAPPY oor die AARDE te behou, en hulle het met hulle eie VRYE WIL die KEUSE gemaak en dit weg gegee aan die Satan.
Ons lees hierdie BEGINSEL van God in Jeremia 27 waar Jeremia die volk aanraai om hulle te ONDERWERP aan die koning van Babel en ons lees in vers 4-5 sê YHVH aan Jeremia om aan hulle te sê: “So spreek YHVH van die LEËRSKARE (LEERAFDELING/ DIE ENGELWEERMAG), die GOD van ISRAEL: So moet julle aan jul gebieders (heersers) sê: Ek het die AARDE, die MENS en die DIERE wat op die AARDE IS, GEMAAK deur MY GROTE KRAG en deur MY UITGESTREKTE ARM, en EK GEE DIT AAN WIE DIT REG IS IN MY OË.”
Hierna sien ons
- Die klein letter mens konings van die wêreld
So waar kom hulle vandaan?
Om dit te verstaan moet ons ‘n bietjie terug gaan na die GESKIEDENIS van die wêreld bevolking asook ABBA se volk.
Na ADAM en EVA se mislukte GETROUHEID aan ABBA VADER het Hy in SY GENADE ‘n WEG vir hulle geskep om weer in SY TEENWOORDIGHEID te kom. Maar voordat Hy dit kon doen moes Hy hulle eers WEER LEER WIE HY IS. Hulle eerste kind KAIN, weier ongelukkig ook om YHVH sy God se OPDRAG oor die TYDELIKE DIERE OFFERS te gehoorsaam want SLEGS die BLOED van ‘n onskudige dier kon tydelik die sonde van die mens bedek, maar Kain besluit om sy GROENTE as VERSOENIG te bring. En omdat ABEL luister en ‘n dier vir sy sondes offer en God sy offer aanvaar, is KAIN kwaad en al verduidelik Abba Vader vir Hom die saak in Genesis 4:7 verhard Kain sy hart en die eerste MOORD vind plaas wanneer hy Abel se lewe neem.
Hierna het Adam en Eva nog ‘n kind met die naam van SET (Genesis 5). En vanuit sy nageslag volg: NOAG wat op vyfhonderd jaar oud die pa word van SEM, GAM en JAFET (Genesis 5:32). En vanuit die wêreld vloed red YHVH slegs vir Noag en sy huisgesin wat 8 mense ingesluit het naamlik Noag, Sem, Gam, Jafet, Noag se vrou en die drie vroue van sy seuns, volgens Genesis 7:1 en 13 asook 1 Petrus 3:20 en 2 Petrus 2:5.
En vanuit hierdie drie seuns kom AL die NASIES van die wêreld soos beskryf word in Genesis hoofstuk 9 en 10 en Handelinge 17:26. Ons lees byvoorbeeld hier dat GAM die vader was van MISRAIM (‘n Hebreeuse woord vir EGIPTE) en sy nageslag was dus die EGIPTENAARS wat hulle gevestig het in noord oos Afrika en uit hulle het ook die FILISTYNE voortgekom – lees Genesis 10:6-14 en 1 Kronieke 1:8). GAM was ook die vader van KUS wat die vader van NIMROD geword het wat die stad BABEL gebou het asook die toring van Babel. SET was die vader van ASSUR wat die voorvader van die ASSIRIËRS geword het en ARAM was die voorvader van die Siriërs/ Arameërs wat gevestig was noord en oos van Israel. So vanuit hierdie nasies sien ons later konings opstaan wat in stryd met Israel tree. Die konings van Egipte is die Faraos genoem. Ons sien later in Psalm 105:23 Egipte word die land van Gam genoem.
Abram (wat later deur YHVH herdoop is na ABRAHAM), word gebore vanuit die nageslag van SET se seun ARPAGSAD (die geslag waaruit Yeshua die Messias ook later sou voortkom volgens Mattheus hoofstuk 1), Abraham se oupa se naam was Nahor en sy pa Tera. Hulle het in die land van UR van die Chaldeërs (ook genoem die Babiloniërs) gewoon, maar Tera sy pa het sy gesin geneem en getrek na die land Kanaän en in Haran gaan woon. En daar het YHVH vir Abram GEROEP om te trek na die land wat Hy hom sou wys (lees Genesis 11:24-32 en Genesis 12). En in Genesis 14:13 noem God vir Abram ‘n HEBREËR. En Abraham word dan die vader van Isak, Isak van Jakob en Jakob wat later deur God ISRAEL genoem word, word die pa van TWAALF seuns wat as die TWAALF STAMME van ISRAEL bekend staan. En YHVH KIES hulle as Sy volk om SY KONINGSKAP te vestig.
Maar reeds in SY VERBONDSLUITING met Abraham openbaar Hy aan Abraham dat sy nageslag eers vir 400 jaar slawe sou wees in Egipte (Lees Genesis 15 en spesifek vers 13).
Die TWAALF stamme land in Egipte weens hongersnood waarheen YHVH reeds vir Josef (een van die twaalf seuns van Jakob), vooruit gestuur het om vir hulle te VOORSIEN. Maar ná Josef se dood word die Hebreërs onderdruk in Egipte en as slawe gebruik vir 400 jaar, net soos God vir Abraham vertel het in Genesis 15. Die volk roep uit na Hom en Hy red hulle onder LEIERSKAP van MOSES en AARON.
Let wel: LEIERSKAP is een van die SEWE GAWES waarmee mense gebore word soos ook die gawe van PROFEET waarvan ons lees in Jeremia 1:5. Maar LEIERSKAP is NIE KONINGSKAP nie. Leierskap kan omskryf word as ‘n persoon wat LEIDING gee, ander voorgaan of aanvoer/ aan die hoof staan van ‘n geveg en die bevele gee. Moses het steeds in ALLES wat hy doen, leiding en raad vanaf YHVH ontvang wat opgetree het as ISRAEL se KONING. Ons sien ook om Moses te help om goeie orde te verseker in die woestyn help Jetro (Moses se skoonpa) hom om nog 70 LEIERS aan te stel (lees Eksodus 18). Ons sien ook weer, net soos in die TUIN van EDEN, gee Abba Vader aan die VOLK RIGLYNE en INSETTINGE (gebooie, instellings, verordeninge/ voorskrifte/ wetlike bepalings) van hoe om ‘n VEILIGE en GELUKKIGE LEWE te lei. En Hy is DUIDELIK oor die GEVOLGE van ELKE KEUSE wat Hy SEËN vir GEHOORSAAMHEID en VLOEK vir ONGEHOORSAMHEID noem. (Lees Eksodus 20 en Deuternomium 28). En dan TOETS Hy hulle keer op keer.
En so STERF ‘n hele geslag uit gedurende die WOESTYNTOG omdat hulle telkens DIE DUISTERNIS en die DOOD KIES in plaas van die LIG en die LEWE. YHVH doen SY uiterste om hulle die LIG en LEWE te laat kies. Ons lees in verskeie gedeeltes soos Deuternomium 30:19 MOEDIG HY HULLE AAN OM DIE LEWE TE KIES. Maar op die ou einde is dit net Joshua (van die stam van Josef se seun Efraim, lees Numeri 13:8 en 16) en Kaleb (van die stam van Judah, lees in Numeri 14:6 en 34:19) wat gehoorsaam bly en en saam met die NUWE GESLAG uit die WOESTYN trek in die BELOOFDE LAND in waar daar nog VELE TOETSE sou voorlê.
Josua neem Moses se rol oor as LEIER van die volk, nadat Moses gesterf het, direk onder ABBA wat hulle KONING is en wat Josua deurlopend RAADPLEEG. Hulle OORWIN die volke van Kanaän en daarna word die land in TWAALF DELE VERDEEL – een stuk land vir ELKE STAM van ISRAEL. YHVH het steeds self oor hulle regeer as KONING en Hy stel elke keer RIGTERS (mense wat opgetree het as LEIERS of REGTERS) oor hulle aan om hulle te verlos uit die hande van hulle vyande.
Sameul was die LAASTE RIGTER en hy het die volk gelei en laat terugkeer na YHVH. Maar toe Samuel oud word DRING DIE VOLK aan op ‘n mens koning soos wat die ander volke om hulle gehad het. Abba waarsku hulle oor wat dit behels, maar hulle luister nie. En ons dra steeds vandag die gevolge van hulle KEUSE.
Ons lees hiervan in 1 Sameul 8:1-22
- Toe Samuel oud was het hy sy DIE SEUNS as RIGTERS oor ISRAEL aangestel, Joël, Abia en Berseba. Maar ongelukkig het hulle nie in Samuel se weë gewandel (geleef) nie, hulle het ONREGVERDIGE WINS agternageloop en OMKOOPGESKENKE AANGENEEM en die REG VERDRAAI.
- Toe kom die leiers van Israel bymekaar en sê vir Samuel hy is oud en sy seuns leef nie soos hy nie en hulle eis dat ‘n koning oor hulle aangestel word om oor hulle te regeer soos die nasies het.
- Samuel het gedink dis verkeerd en hy het tot God gebid. Toe sê YHVH vir Samuel: “Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want (dit is nie) vir jou wat hulle VERWERP nie, maar MY HET HULLE VERWERP om NIE KONING oor hulle te wees nie. Soos al die werke (dade) wat hulle gedoen het, van dié dag af dat Ek hulle uit EGIPTE laat optrek het TOT VANDAG TOE, dat hulle MY VERLAAT en ander (kleinletter) gode gedien het – so doen hulle ook met jou. Luister dan na hulle: jy moet hulle net ERNSTIG WAARSKU en hulle die reg van die (aardse kleinletter) koning meedeel wat oor hulle sal regeer (vers 8-9). Sameul het YHVH se WOORDE toe aan die volk gaan oordra. En die REG van die (aardse kleinletter) koning wat oor hulle sal regeer aan hulle verduidelik naamlik dat (lees vers 11-18):
- Die koning hulle seuns sou neem en in sy weermag aanstel.
- En om sy land te ploeg en om sy oes in te samel.
- En om sy oorlogswapens en gereedskap vir sy strydwaens te maak.
- Ook hulle dogters sou hy neem as salfmengers en as kooksters en baksters.
- En van hulle lande en wingerde en olyfboorde sal hy die beste neem en aan sy amptenare gee.
- En van hulle saailande en wingerde sal hy tiendes neem en dit aan sy amptenare en personeel gee.
- En hulle diensknegte en hulle beste jongmanne en hulle diere sal hy neem en vir sy werk gebruik.
- Van hulle kleinvee sal hy tiendes neem en self sal hulle sy slawe wees.
- En in dié dag (wanneer dit gebeur) sal hulle om hulp roep vanweë die konings wat hulle vir hulle verkies het en YHVH sal hulle NIE antwoord nie.
Maar die volk het GEWEIER om na Samuel te luister en gesê: Nee, maar daar moet ‘n koning oor ons wees, dat ons ook kan wees soos al die nasies – dat ons koning oor ons kan regeer en voor ons kan uittrek en ons oorloë voer (al hierdie dinge was YHVH hulle God se werk wat Hy nog altyd getrou gedoen het, maar hulle KIES ‘n blote mens om hulle koning te wees ten spyte van al die waarskuwings oor mens konings!)
En YHVH het Samuel beveel om voort te gaan met die volk se versoek en vir SAUL uit die STAM van BENJAMIN gesalf tot koning oor ISRAEL. Maar Saul is ‘n koning wat sy eie kop volg en sy eie wil doen en weens sy ongehoorsaamheid neem YHVH die koningskap van hom weg en word DAVID in sy plek gesalf as koning van ISRAEL (lees 1 Samuel 10-16).
DAVID was ut die STAM van JUDA. Die BELOFTE aan Abraham dat die VERLOSSER uit sy nageslag gebore sal word word nou aan David herhaal, God sou toesien dat iemand uit sy nageslag ALTYD op die TROON sou wees wat ‘n heenwysing was na Yeshua die Messias (lees 2 Samuel 7:12-13). DAVID, was net soos SAUL en inderdaat die ganse mensdom, (soos wat Paulus ons vertel in Romeine 3:23 en Johannes in 1 Johannes 1:8), ‘n sondaar wat owerspel sowel as moord gepleeg het, maar die VERSKIL tussen David en Saul was dat David BEROU oor sy sondes gehad het en dit BELY het en daarvan WEG GEDRAAI het wanneer God hom deur die profete besoek het en op sy sondes gewys het (lees Psalm 51), terwyl Saul sy sondes verdedig het en hardkoppig in sy sondes volhard het. En om hierdie rede word David ‘n man na God se hart genoem (1 Sameul 13:14 en Handelinge 13:22).
DIE RES VAN DIE KONINGS KAN AS TE WARE IN HIERDIE TWEE KATEGORIEË VERDEEL WORD, NAAMLIK DIE DAVID TIPE wat ook sondaars was maar wat na GOD SOEK, bereid was om aangespreek te word oor hulle sondes, berou gehad het oor hulle sondes en daaarvan wegdraai het terug na YHVH se WEG. En DIE SAUL TIPE wat hulle eie koppe gevolg het en hulle eie wil gedoen het en gerebbeleer het teen die WAARSKUWINGS van YHVH deur middel van die profete en hulle selfs uitgewis het en dan weens hulle eie ongehoorsaamheid die volk in die afgrond ingelei het en hulleself en die volk vernietig het.
Na David word sy seun Salomo koning. Hy word GEKIES deur YHVH om die TEMPEL te bou en YHVH gee aan hom besondere WYSHEID maar Salomo het ‘n swakplek vir VROUE. Sy 700 vroue en 300 byvroue verlei hom in sy latere jare tot afgodsdiens en Salomo verloor so God se guns. Maar weens sy pa David se gehoorsaamheid aan YHVH neem Hy hy nie die koningskap van Salomo af weg nie maar doen Hy dit in die tyd van Salomo se seun, Rehabeam se koningskap en skeur ISRAEL in ‘n SUIDRYK met Juda en die kleiner stam van Benjamin en ‘n NOORDRYK met die ander tien stamme oder leiding van Efraim en spesifiek Jerobeam (lees 1 Konings 11:1-13).
Die NOORDRYK bekend as ISRAEL het onder leiding van 19 konings bestaan vanaf 924 tot 722 voor Yeshua die Messias, dus vir ‘n periode van 202 jaar.
Maar ongelukkig was hulle ALMAL SAUL TIPE konings wat hulle eie koppe gevolg het en hulle eie wil gedoen het en gerebbeleer het teen die waarskuwings van YHVH hulle God deur die profete en selfs die profete uitgewis het en dan weens hulle eie ongehoorsaamheid aan YHVH die volk in die afgrond inlei het en hulleself en die volk vernietig het.
Dit het begin met die koningskap van Jerobeam wat vir 21 jaar regeer het en hy het TWEE KALWERBEELDE opgerig en afgodery in so ‘n mate bevorder dat daar na hom GEEN GEEN goeie konings in die Noordryk was wat getrou was aan YHVH hulle God nie. (lees 1 Konings 11:26 tot 14:20 en 2 Kronieke 10:2 tot 13:20)
Die EINDE van die NOORDRYK breek dus aan in 722 voor Yeshua die Messias toe Assirië Samaria (die hoofstad van die NOORDRYK) verower en die bevolking in ballingskap neem.
En die REDE daarvoor was ongehooraamheid aan YHVH waarvan ons lees in 2 Konings 17:7-23:
- YHVH hulle God het hulle bevry uit die SLAWERNY van EGIPTE en toe gaan kies hulle weereens om ander (kleinletter) gode te gaan dien en volgens die insettinge (die wetlike bepalings en bevele) van die NASIES wat Hy voor hulle uitgedryf het te leef deur vir hulle hoogtes (dit is aanbiddingsplekke) te bou in AL hulle STEDE.
- En dit het ingesluit die oprigting van KLIPPILARE (sonpilare/ obelisks) en HEILIGE BOOMSTAMME (Asjera pale) en hulle het VERKEERDE DINGE GEDOEN om vir YHVH te terg (hom kwaad te maak).
- En hulle het die drekgode (valse kleinletter gode) gedien waarvan YHVH vir hulle gesê het: ‘Julle MAG DIT NIE DOEN NIE.’ (Deuternomium 4:19).
DAAR was vele WAARSKUWINGS deur die profete om terug te keer na YHVH:
- Om hulle te BEKEER van hulle VERKEERDE WEË en YHVH se GEBOOIE en INSETTINGE volgens die HELE WET (die TORAH, Genesis tot Deuternomium, opgesom in die TIEN GBOOIE) te hou.
- Maar hulle het nie geluister nie en hulle nek verhard (hardkoppig gerebeleer) soos hulle vaders wat nie op YHVH hulle God vertrou het nie. En hulle het SY INSETTINGE en SY VERBOND verwerp wat Hy met Abraham, Isak en Jakob gesluit het, asook SY GETUIENISSE waarmee Hy hulle GEWAARSKU het , en agter nietige afgode aangeloop en self nietig geword, en agter NASIES aan wat rondom hulle was, van wie YHVH hulle beveel het om NIE soos hulle te maak nie.
- En hulle het AL DIE GEBOOIE van YHVH hulle God verlaat en vir hulle gegote beelde, TWEE KALWERS, gemaak, ‘n HEILIGE BOOMSTAM (dit is ‘n Asjera paal) gemaak en GEBUIG voor die HELE LEËR van die HEMEL (dit is die son, maan en sterre) en BAÄL (die vrugbaarheids afgod) En hulle het hulle seuns en hulle dogters deur die VUUR laat deurgaan (as offers laat verbrand vir die afgode) en met waarsêery omgegaan en VOORTKENS verklaar en hulleself VERKOOP om te DOEN wat VERKEERD was in die oë van YHVH, om Hom te terg (kwaad te maak).
Ons lees verder in 2 Konings 17:18 “So het YHVH dan baie toornig (kwaad) op ISRAEL geword, sodat Hy hulle van SY AANGESIG verwyder het (van SY teenwoordigheid geskei het); NIKS het oorgebly nie as net DIE STAM VAN JUDA ALLEEN (die res van die TIEN STAMME het verdwyn tot vandag toe!).
En dit is inderdaat so, almal weet van die SUIDRYK (Juda en Benjamin, vandag bekend as die JODE) maar niemand weet waar die NOORDRYK is nie, die TIEN STAMME wat onder die nasies versprei het en VERGEET het dat hulle deel van ISRAEL is. Maar ons weet in die LAASTE DAE is God weer besig om hulle uit die nasies te versamel om weer terug te kom tot die WARE AANBIDDING van die GOD van ISRAEL volgens SY RIGLYNE en van die WÊRELD FEESTE terug te keer na YHVH se FEESTE.
BELOFTE VAN HERSTEL
Ons lees iets hiervan in Sagaria 10 getiteld: YHVH sal SY VOLK laat terugkom.
Die Bybel in Praktyk verduidelik: Die volk het God se oordeel in die verlede ervaar, maar daar kom ‘n tyd wanneer Hy ISRAEL (die TIEN verlore stamme onder Efraim) weer gaan terugbring. En wat Hy Sy HELE volk, die Noordryk en Suidryk weer sal verenig tot EEN KONINGKRYK. Die Noordryk (die TIEN STAMME onder Efraim) se ballinge het nie soos die Suidryk (Juda en Benjamin bekend as die JODE) se ballinge uit Babilonieë teruggekeer nie, maar in die EINDTYD sal GOD hulle ook bymekaarmaak van die UITHOEKE van die WÊRELD af. God gaan NUWE leiers in die plek van die ou leiers gee wat die volk verlei het. God belowe om SY VOLK STERK te MAAK. Daardie KRAG kom van HOM ALLEEN. Die terugkeer uit ASSIRIË en EGIPTE is simbolies van terugkeer vanuit die WÊRELD, en dus ENIGE LAND waarheen die VOLK verstrooi was. Egipte is na die suidweste en Assirië na die noordooste. Soos in die verlede gaan God SY VOLK BEWAAR. Die mense wat gaan terugkeer is SO ‘n GROOT GETAL dat hulle nou in ‘n GROTER GEBIED sal moet woon. God gaan SY VYANDE vernietig en so sal die koms van SY RYK aanbreek (hierdie verwys na gedeeltes in die Boek Openbaring wat die slag van ARMAGEDON uitbeeld soos beskryf in Openbaring 16, 19 en 20 waarna die DUISENDJARIGE VREDESRYK van YESHUA die MESSIAS sal aanbreek).
DEEL 16-25: DIE KONINGS van die SUIDRYK (Juda & Benjamin vandag bekend as die Jode)
Daar was 20 konings van die SUIDRYK vanaf 924 tot 597 voor Yeshua die Messias, dus oor ‘n periode van 327 jaar.
En daar was AGT DAVID TIPE konings wat ook sondaars was maar wat na GOD GESOEK het, bereid was om aangespreek te word oor hulle sondes, berou gehad het oor hulle sondes en daarvan wegdraai het terug na YHVH se WEG asook aksies geneem het om die volk weer in lyn te kry met YHVH se WOORD/ SY TORAH opgesom in SY TIEN GEBOOIE, SY FEESTE en SY OFFERS. EN daar was 12 SAUL TIPE konings wat hulle eie koppe volg het en hulle eie wil gedoen het en gerebbeleer het teen die waarskuwings van die profete en hulle selfs uitgewis het en dan weens hulle eie ongehoorsaamheid aan YHVH die volk in die afgrond ingelei het en hulleself en die volk so vernietig het.
En ons weet die REDDER, YESHUA die MESSIAS sou vanuit die STAM van JUDA gebore word as VERLOSSER vir die HELE MENSDOM. En daarom lees ons in 2 Kronieke 21:7 “Maar YHVH wou die HUIS van DAWID (die Suidryk, Juda en Benjamin) nie vernietig nie ter wille van die VERBOND wat Hy met David gesluit het, en volgens SY BELOFTE om vir hom en sy seuns altyd ‘n LAMP te gee” Volgens Spreuke 20:27 is die gees van ‘n mens die LAMP van YHVH en weet ons ook dat YHVH die mens wat bekeer kan vul met die VUUR van die HEILIGE GEES! ‘n Beeld van die MENORAH met sy brandende olie lampies en van FEES 4: die FEES van WEKE ook genoem die PINKSTERFEES (Shavuot in Hebreeus). Ons weet ook hierdie LAMP wat op die ou einde op die TROON sal sit, as die LEEU van JUDAH, is Yeshua die Messias, die LAMP van die Nuwe Jerusalem! (Lees Openbaring 21:23).
Ons LEER uit ELKEEN van die 20 konings van JUDA se lewens waardevole lesse.
Dit het begin met die koningskap van Rehábeam, die seun van koning Salomo. Hy regeer 17 jaar lank. In die begin van sy koningskap is hy vroom (hy leef volgens die weë van YHVH), maar later verlaat hy die WET (die TORAH, Genesis tot Deuternomium, die Woord van YHVH opgesom in die TIEN GEBOOIE) van YHVH en die hele ISRAEL saam met hom.
- En hy bou HOOGTES en KLIPPILARE (sonpilare/ obelisks gebruik vir Baäl aanbidding) en rig HEILIGE BOOMSTAMME (Asjera pale, ‘n godin in Baäl aanbiding, ook genoem Astarte, ‘n Kanaänietiese afgod van vrughbaarheid wat gewoonlik geasosieer is met simbole van boomstamme/ pale) op, op elke hoë heuwel en onder elke groen boom.
- En daar was ook SKANDSEUNS (manlike tempel prostitute) in die land en hulle het opgetree volgens al die GRUWELS van die NASIES wat YHVH voor die kinders van ISRAEL uit verdryf het.
- En in die 5de jaar van koning Rehábeam se regering het koning Sisak van Egipte teen Jerusalem opgetrek en saam met hom het gekom die LIBIËRS, SUKKIETE en KUSIETE (dit is almal Noag se seun Gam se nageslag volgens Genesis 10) en die SKATTE van die huis van YHVH (die Tempel) en van die huis van die koning weggeneem. (Lees 1 Konings 11:43 tot 14:31 en 2 Kronieke 9:31 tot 12:16).
Die PROFEET SEMAJA het na Rehábeam en die leiers van Juda gekom en vir hulle gesê: “So spreek YHVH; Julle het MY VERLAAT; daarom gee EK julle ook oor in die hand van Sisak (die koning van Egipte)”. En omdat Rehábeam hom veroortmoedig het (nederig was/ sy gesindheid verander het) het YHVH hom nie heeltemal vernietig nie.
Maar Rehábeam het weer gedoen wat verkeerd was en nie sy HART gerig (ingestel) om vir YHVH te SOEK (om hom te probeer vind) nie (Lees 2 Kronieke 12:5-13). Dit is dus duidelik dat hy nie vir YHVH sy God BO ALLES LIEFGEHAD HET met ‘n ONVERDEELDE HART nie.
En ons sien dan hierdie patroon herhaal word met elke koning:
GEHOORSAAMHEID aan YHVH het gepaardgegaan met VOORSPOED en ONGEHOORSAAMHEID aan YHVH het gepaard gegaan met groot verval, afvalligheid en vernietiging van die volk. YHVH stuur WAARSKUWINGS deur die profete om die volk te roep om terug te keer na Hom. Sommige konings gehoorsaam tot voordeel van hulle en die volk en ander is hardkoppig tot hulle en die volk se nadeel.
Doen wat GOED en REG IS in die OË van YHVH jou God:
- YHVH ons God roep konings (leiers, insluitend die hoof van gesinne) om te DOEN wat REG is in die oë van YHVH, soos wat DAWID gedoen het en soos Dawid geheel en al in die WEG van YHVH geleef het en daarvan nie regs of links afgewyk het nie. ‘n Voorbeeld hiervan is koning Josia, die 16de koning van Juda wat beskryf word as die vroomste koning van Judah en wat vergelyk word met koning David en wat 31 jaar as koning regeer het. Lees 2 Konings 22:1-23 tot 30 en 2 Kronieke 34:1-35.
Hierdie uitdrukking wat die skrywers van die Konings en Kronieke gebruik, kom op verskeie plekke in die Woord voor, soos in Deuternomium 5:31-33 waarin God vir Moses sê: “…bly hier by My staan, dat Ek jou kan meedeel AL die GEBOOIE en die INSETTINGE (instelings) en die VERORDENINGE (voorskrifte, bevele, wetlike bepalings) wat jy hulle moet LEER, dat hulle dit kan DOEN in die land wat Ek hulle sal gee om dit in besit te neem. Sorg dan dat julle DOEN soos YHVH julle God julle beveel het; julle mag nie regs of links afwyk nie. In AL die WEË wat YHVH julle God julle BEVEEL het, moet julle wandel (leef), sodat julle kan LEWE en dit met julle GOED kan gaan en julle die dae kan verleng in die land wat julle in besit sal neem”. Lees ook Josua 23:6.
- Die VREEMDE ALTARE (offer plekke vir afgode) en die HOOGTES (aanbiddingsplekke vir afgode) moet verwyder word en die klippilare (obelisks gebruik vir sonaanbidding) en die HEILIGE BOOMSTAMME (die Asjera pale) moet omgekap word. Dit was die OPDRAG wat YHVH aan Israel gegee het om die Amoriete, Kanaänietiete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete se (kleinletter) gode van die nageslag van Gam te vernietig. Dit het dus daarmee te make om al die wêreldse afgode, alles wat ons tyd in beslag neem om ons sover te kry om dit lief te hê bo alles en nie vir YHVH on God nie, uit ons lewens te verwyder. Lees Eksodus 34:11-13 en Deuternomium 7:5.
- Die koning moet sy volk (insluitend leiers en hoof van gesinne) instruksies gee (leer, onderrig) om YHVH, die God van hulle vaders Abraham, Isak en Jakob te SOEK en om die WET (die TORAH, Genesis tot Deuternomium) en die GEBOD (die TIEN GEBOOIE) te GEHOORSAAM en dus te DOEN.
Ons sien die voorbeeld hiervan by Josafat die 4 de koning van Juda, wat die leiers stuur om die volk saam met die priester te ONDERRIG in die WETBOEK (die TORAH, Genesis tot Deuternomium, opgesom in die Tien Gebooie) van YHVH. En dit het gelei tot ‘n vrees, groot eerbied en ontsag vir YHVH oor AL DIE KONINGKRYKE van die LANDE wat RONDOM JUDA was, sodat hulle nie teen Josafat oorlog gevoer het nie. En selfs sy vyande, Die FILISTYNE (die nageslag van Noag se seun Gam volgens Genesis 10:14) het vir hom GESKENKE gebring en selfs die ARABIERE (die nagelsag van Abraham se seun Ismael by Hagar) het vir hom kleinvee gebring. En so het Josafat dan BUITENGEWOON groot geword en in Juda forte en voorraad stede gebou en hy het ‘n dapper weermag gehad in JERUSALEM. Ons sien dus die SEËN en GUNS wat God gee wanneer hierdie opdrag van Hom gehoorsaam word. (Lees 1 Konings 15:24, 22:1-50 en 2 Kronieke 17:1 tot 21:1).
- Daar moet ook REGTERS aangestel word wat regverdig regspreek volgens YHVH se Woord en nougkeurig/ presies/ versigtig optree, want by YHVH onse God is GEEN ONREG of partydigheid of aanneming van geskenke nie (dus kan Hy nie omgekoop word nie). En in hierdie REGSAKE moet God se WETTE en GEBOOIE en INSETTINGE (voorskrifte) en VERORDENINGE (bepalings) in ag geneem word vir regverdige oordele oor mense (Lees 2 Kronieke 19:8-10).
- Oorlog moet gevoer word teen God se vyande en hulle moet OORWIN word met SY HULP. Ons weet mense is nie ons vyande nie, so dit dui op die bose een en sy bose magte wat van ons en ons mense wil steel, ons wil slag en wil vernietig (Effesiers 6:12 en Johannes 10:10a).
En ons leer die volgende oor GEHOORSAAMHEID aan YHVH en die VOORDELE DAARVAN wanneer dit toegepas word.
- Wanneer individue aan YHVH se VERBOND gehoorsaam was en na HOM GESOEK het met hulle HELE HART en hulle HELE SIEL het HY Hom deur hulle laat vind en aan hulle RUS rondom hulle verskaf – in die land onder so ‘n koning se leierskap, maar ook in individue se persoonlike lewens. Daar is VREDE en RUS in die LAND (geen oorlog nie). Voorbeelde hiervan is Asa (die 3de koning) & Josia (die 16de koning) – ons lees in 2 Konings 23:25 “En voor hom (Josia) was daar geen koning soos hy nie wat hom tot YHVH bekeer het met sy HELE HART en met sy HELE SIEL en met AL sy KRAG volgens die HELE WET (dit is die hele Torah, Genesis tot Deuternomium opgesom in die TIEN GEBOOIE), en na hom het nie een opgestaan soos hy nie (daar was dus nie weer ‘n koning soos Josia in Juda, die Suirdyk nie).
Dit herinner ons aan Messias se woorde in Mattheus 22:37-40 oor die GROOT GEBOD, naamlik: “En Yeshua antwoord hom: “Jy moet YHVH jou God liefhê met jou HELE HART en met jou HELE SIEL en met jou HELE VERSTAND. Dit is die EERSTE en GROOT GEBOD. En die TWEEDE wat hiermee gelykstaan: jy moet jou NAASTE liefhê soos JOUSELF. Aan hierdie TWEE GEBOOIE hang die HELE WET (die hele Torah) en die PROFETE” (Lees ook Deuternomium 6:5, Eksodus 20, Mattheus 5:17-48 en Paulus se verduideliking in Romeine 13:8-14).
Jesaja se ook in Jesaja 55:6-7 “SOEK YHVH terwyl Hy nog te vinde is; ROEP Hom aan terwyl Hy naby is. Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot YHVH BEKEER (‘n verandering van hart ondergaan en wegdraai van sonde, teshuva in Hebreeus), dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot ons God want Hy VERGEEF menigvuldiglik.”
- En dan lees ons ook YHVH is met die leiers wat nie die Baäls (die afgode) soek nie, maar DIE GOD van Abraham, Isak en Jakob soek en volgens SY GEBOOIE leef. So ‘n leier se KONINGSKAP word bevestig deur YHVH en hy word geseën met RYKDOM en EER en OORVLOED. (Josafat, die 4de koning is ‘n voorbeeld daarvan). Lees 1 Konings 15:24, 22:1-50 en 2 Kronieke 17:1 tot 21:1.
Nog ‘n voorbeeld is Jotam, die 11de koning wat magtig geword omdat hy in GEHOORSAAMHEID aan YHVH sy God gelewe het. (Lees 2 Konings 15:32-38, en 2 Kronieke 27:1-9).
- Ons sien in die voorbeelde van AGT DAVID TIPE konings, Asa, Josafat, Joas, Amasia, Jotam, Hiskia, Josia en Ussia, hulle gehoorsaamheid aan YHVH het gelei tot VOORSPOED en OORWINNING oor hulle vyande en BESKEMRING in so ‘n mate dat hulle vyande hulle gevrees het want hulle het geweet YHVH hulle GOD is met hulle en veg vir hulle.
- Gehoorsaamheid aan GOD lei ook tot TEMPELREINIGING, OFFERS aan HOM en die VIER van SY FEESTE (Voorbeelde hiervan is Hiskia & Josia).
Dan moet ons ook kennis neem van ONGEHOORSAAMHEID aan YHVH en die NADELE DAARVAN
- Wanneer ons staatmaak op konings (leiers en ander belangrike mense) vir ons hulp en nie op YHVH ons God steun nie, sal YHVH ons nie teen ons vyande beskerm nie; want Sy oë deurloop die HELE AARDE om diegene KRAGTIG te steun WIE SE HART ONVERDEELD op HOM GERIG IS (met ander woorde wat Hom liefhet bo alles (lees 2 Kronieke 16:7-9).
- Nog iets wat ons in die moeilikheid sal laat land by YHVH ons God is wanneer ons BONDGENOOTSKAPPE met goddelose konings (of leiers) sluit (dit beteken ons mag nie ooreenkomste sluit en so ons hulp soek by mense wat nie YHVH ons God dien) Lees 2 Kronieke 20:37b-38.
- Ons sien ook tydens periodes van ONGEHOORSAAMHEID aan YHVH word die Tempel van YHVH onteer en vir Baälaanbidding gebruik (soos byvoorbeeld tydens die bose Atalia se regering, die 7de en enigste vroulike heerser van Juda, die dogter van Agab en Isebel van die Noordryk wat getroud was met Josafat se seun Joram van die Suidryk).
Ons mag ook nie GENESING soek in die okkulte en deur okkulte praktyke nie (’n voorbeeld hiervan was Asa, die 3de koning). Lees 1 Konings 15:8-24, en 2 Kronieke 14:1-16:14.
Ons moet ook versigtig wees om nie ons ore uit te leen aan leiers wat ons probeer orreed om die regte weg van YHVH, die God van Abraham, Isak en Jakob te verlaat nie. En ons aan te moedig om afgode te dien nie – te gryp na die wêreld se metodes van aanbidding. Die woede van YHVH het oor hierdie sonde oor Juda en Jerusalem ontvlam. (‘n Voorbeeld hiervan was Joas, die 8ste koning). Lees 2 Konings 11:1-12:21 en 2 Kronieke 22:10-24:27).
- Ongehoorsaamheid aan God lei tot oorlog en onrus in die land.
- Dit lei ook tot sameswerings teen jou van jou eie mense en selfs moord.
YHVH help Amasia, die 9de koning om Edom (sy vyande) te oorwin maar dan bring hy die vyand se afgode saam hom en buig hom voor hulle neer en aanbid hulle en dit laat YHVH se woede teen hom ontvlam want waarom soek hy die afgode van sy vyande wat hulle nie eers kon help om teen hom te oorwin nie. (Lees 2 Konings 14:1-20, en 2 Kronieke 25:1-28).
Toe Ussia, die 10de koning magtig geword het, het sy HART hoogmoedig geword en het hy baie verkeerd gedoen en ontrou opgetree teen YHVH sy God se bevele deur self wierook in die Tempel te gaan brand wat op daardie stadium slegs deur die priesters gedoen kon word. Die Woord waarsku ons HOOGMOED (verwaandheid, trotsheid) lei tot ONDERGANG, HOOGHARTIGHEID kom tot ‘n VAL. Ons sien in die geval van koning Ussia het hy sy outoriteit oorskry. (Lees 2 Konings 14:21-22 & 15:1-7 en 2 Kronieke 26:1-23).
- Die 12 ONGEHOORSAME, SAUL TIPE konings het nie gedoen wat reg was in die oë van YHVH soos hulle voorvader Dawid gedoen het nie. Hulle het gekies om die voorbeeld van die konings van ISRAEL (die Tien Stamme onder Efriam, die Noordryk) te volg en selfs beelde vir die Baäls (afgode) gemaak. Van hulle het ook hulle seuns verbrand deur hulle vir die afgod Molek te offer. Hulle het ook agfode aanbid. En dit het gelei daartoe dat YHVH hulle oorgegee het aan die vyand, en die volk word as gevangenisse wegevoer deur die vyand. En hulle word ook verslaan deur hulle broers (Israel, die NOORDRYK). Een so ‘n voorbeeld is koning Agas, die 12de koning).
Agas moedig JUDA aan om te SONDIG en hy was HEELTEMAL ONTROU aan YHVH en daarom het YHVH JUDA verneder. Hy stuur die koning van Assirië om Agas te ONDERDRUK in plaas daarvan om hom te help. Agas vat toe waardevolle voorwerpe uit die Tempel van YHVH, die koninklike paleis en uit die huise van sy amptenare en gee dit vir die koning van Assirië maar selfs dit het hom niks gehelp nie. (Lees 2 Konings 16:1-20 en 2 Kronieke 28:1-27).
- Manasse, die 14de koning was die SLEGSTE KONING van die Suidryk. Hy maak die hervormings van sy pa Hiskia ongedaan en hy stel die Kanaänietiese godsdiens weer in. Die Assiriërs het die son, maan en sterre aanbid en ook die natuur verafgod.
- Hy het sy seuns in die Hinnom dal geoffer. Dus kan ons aflei dat hy die afgod Moleg aanbid het (Moleg, ook genoem Milkom, was ‘n afgod van die Amoriete wat deel was van die Kaänaniete en hy is aanbid deur middel van mensoffers).
- Hy het hom besig gehou met goëlery (oëverblindery, misleiding van mense met toorkuns) en verklaring van voortekens (voorspellings) en towery (bonatuurlike aksies) en dodebesweerders (die oproep en raadpleging van geeste) en waarseêrs (iemand wat die toekoms voorspel) aangestel. Hy het BAIE gedoen wat VERKEERD was in die oë van YHVH om Hom te terg (probeer kwaad maak).
- Hy het ook ‘n gesnede afgodsbeeld van Asjéra (ook genoem Astarte, ‘n Kanaänietiese afgod van vrugbaarheid wat gewoonlik geasosieer word met simbole van boomstamme/ pale) gemaak, en in die huis (die Tempel) van YHVH opgestel.
- En hy het ook BAIE ONSKULDIGE BLOED VERGIET totdat hy Jerusalem daarmee gevul het.
- En hy het Juda en die inwoners van Jerusalem VERLEI om meer kwaad te DOEN as die nasies wat YHVH voor die kinders van ISRAEL (al twaalf stamme) verdelg (uitgeroei, vernietig) het. En YHVH het met Manasse en met Sy volk gespreek, maar hulle het nie GELUISTER nie.”
Dit is ‘n GROOT AANKLAG – die volk van YHVH, hier spesifiek Juda en Benjamin (die Suidryk), wat nou meer sondig was as wat die nasies was. Waarskynlik omdat hulle GEWEET het hoe YHVH, die Magtige Skepper God van hemel en aarde en alles daarop, gedien wou word en GEHOORSAAMHEID aan Hom vereis het, wat beteken het om Hom LIEF te HÊ (lees ook Yeshua se verduideiking hiervan in Johannes 14:15), maar hulle het onder leiding van koning Manasse Hom met GEMENGDE GODSDIENSPRAKTYKE GEDIEN – ons kan maar sê met die BOOM van GOED en KWAAD metode! Ons weet egter Manasse het hom later bekeer. (Lees 2 Konings 21:1-18, en 2 Kronieke 33:1-20).
Dan sien ons ook volharding in sonde met gee berou nie (‘n voorbeeld hiervan is Amon, die 15de koning Manasse se seun). (Lees 2 Konings 21:19-26, en 2 Kronieke 33:21-25).
- ONGEHOORSAAMHEID lei tot GEVANGENESKAP deur jou vyand en die oplê van boetes en Joahas, die 17de koning sterf as gevolg hiervan in gevangeneskap. (Lees 2 Konings 23:30-34, en 2 Kronieke 36:1-4).
Jojakim, die 18de koning is onderwerp aan die gesag van sy vyand en moes belasting aan hulle betaal. Toe hy rebeleer teen sy vyand is daar bendes teen hom gestuur deur YHVH om hom te verdelg weens die vegieting van onskuldige bloed en daarom wou YHVH hom nie vergewe nie. Jojakim is uiteindelik met koperkettings geboei en na Babel vervoer en voorwerpe van die huis (die Tempel) van YHVH is ook na Babel gebring en in die afgodstempel in Babel gesit (Lees 2 Konings 23:34-24:5 en 2 Kronieke 36:5-8).
Ongehoorsaamhed lei tot die beleëring van die land, hongersnood, verwoesting van God se Tempel, gevangeniskap van die vaardige en kundige mense van die land en die dood van die leiers en die volk (voorbeelde hiervan is Jojagin, die 19de koning en Sedekia, die 20ste en laaste koning van die SUIDRYK). Lees 2 Konings 24:6-25:21 en 2 Kronieke 36:8-21.
- All die TEMPELGEREEDSKAP word nou ook VERWOES en die volk gaan in 70 jaar ballingskap.
Die Bybel in Praktyk veruidelik: Juda en ISRAEL het die VERBOND van God verbreek en die OORDEEL (soos uitgespel in Deuternomium 27-28) oor hulself gebring. God se OORDEEL is ALTYD gekoppel aan die KEUSES wat mense self maak. Ons moet Sy OORDEEL met erns beskou, en ons HARTE moet tot Hom bekeer. Dit blyk dat dit die probleem was met die volk volgens Jeremia 44:15-19, mense se harte het nie aan God behoort nie maar aan hulle afgode en hulle wou hulle eie wil volg, nie God se wil nie. Ons kan God nie bluf met ‘n skynbekering en dan in die geheim met ons ou sondige praktyke en lewens probeer voortgaan nie. Die WOORD van God is bedoel om ons AAN TE GRYP en ons tot LEWENSVERANDERENDE OPTREDE aan te spoor.
YHVH, ‘n GENADIGE en LIEFDEVOLLE GOD STUUR PROFETE MET WAARSKUWINGS OM TERUG TE KEER NA HOM
Die profete verduidelik aan die konings:
- YHVH is MET Sy volk as hulle met HOM is, en as hulle HOM SOEK, sal Hy Hom deur hulle LAAT VIND; maar as hulle Hom verlaat, sal Hy hulle verlaat. Maar as hulle in die NOOD hul tot YHVH, die GOD van ISRAEL, BEKEER en HOM GESOEK het, het Hy Hom deur hulle LAAT VIND. (Lees 2 Kronieke 15:2-7).
- Wanneer YHVH se GEBOOIE oortree word sal die land en sy mense nie voorspoedig wees nie. (Lees 2 Kronieke 24:20-22).
- Wanneer die leier en sy volk op afgode vertrou om hulle te help in plaas van op YHVH en hulle nie na die profete se waarskuwings wil luister nie, kan Hy belsuit om hulle te vernietig (Voorbeeld: Amasia, 9de koning).
- Wanneer God mense oorgee aan die vyand om hulle te dissiplineer mag hulle steeds nie sonder genade behandel word deur hulle broers (bloedverwante) nie en ook nie as slawe gebruik word of hulle doodmaak nie. Hulle moet dink aan hulle EIE sondes teen God en hulle BLOEDVERWANTE vrylaat en versigtig wees dat die OORDEEL van YHVH nie TEEN HULLE DRAAI nie. (Lees 2 Kronieke 28:9-11 NLV). Dit kom daarop neer dat ons ons nie mag verlustig in ander mense se pyn en verlies nie, veral nie ons bloedverwante of medegelowiges nie.
- Ons sien ten spyte van al koning Manasse se gruweldade en ONTROUHEID aan YHVH, het YHVH ons God steeds in Sy GENADE en LIEFDE, profete gestuur om met koning Manasses en die volk te praat en hulle te waarsky om terug te keer na Hom.
Manasse word ERNSTIG gewaarsku oor wat hom en die volk gaan oorkom as hulle nie luister en omdraai nie (2 Konings 21:10-15), naamlik
YHVH sal ‘n groot ramp oor Jerusalem en Juda (die Suidryk) bring, waarvan elkeen wat dit hoor se twee ore sal tuit. En Hy sal Jerusalem wegvee soos ‘n mens ‘n skottel uitvee en dit onderstebo keer. En Hy sal die oorblyfsel (die Suidryk, Juda & Benjamin) van Sy volk verwerp en hulle in die hand van hulle vyande oorgee, sodat hulle vir al hulle vyande ‘n buit (oorlog roof) en plundering kan word omdat hulle GEDOEN het wat VERKEERD was in Sy oë, en Hom gedurig geterg (probeer kwaadmaak) het van die dag af dat hulle vaders uit Egipte getrek het, tot vandag toe.
- Die profeet Hulda praat met Josia oor die beloftes van YHVH, (onthou hy was die vroom koning wat met David vergelyk word). Lees 2 Konings 23:29-30). En Faroa Nego, die koning van Egipte (hy het regeer in 610 tot 595 voor die Messias) het teen die koning van Assirië opgetrek na die EUFRAATRIVIER; en koning Josia het hom tegemoet getrek. Ons lees dan in 2 Kronieke 35:21-23 Faroa Nego het ‘n boodskapper na Josia gestuur om aan hom te sê dat hy nie opgetrek het teen hom nie, maar teen Assirië wat gedurig teen hom oorlog maak en hy sê verder aan Josia: “…en God het gesê ek moet gou maak. Verset jou nie teen God wat met my is, dat Hy jou nie vernietig nie.”
Maar Josia wou nie luister na Faroa Nego nie en het homself onherkenbaar gemaak om teen hom te veg in die laagte van MEGIDDO en die (boog) skutters het koning Josia raakgeskiet. En hy is terugvervoer deur sy soldate na Jerusalem en hy het gesterf. Maar hierdie keer is dit deel van God se genade oor Josia soos aan hom belowe deur die profeet Hulda.
So hier sien ons Abba Vader het vir koning Josia laat sterf om hom, soos Hy belowe het, die groot ramp wat oor Juda sou kom met hulle Babiloniese ballingskap te spaar!
- YHVH stuur soms Sy profete maar die leier (of persoon) verhard sy hart nog meer en rebeleer en weier om hom te bekeer en hy moedig sy onderdane (ander mense) aan om nog meer ontrou op te tree teenoor God en die Tempel te ontheilig met die gruwels van die nasies. Sedekia, die 20ste en laaste koning was ‘n voorbeeld hiervan. En nog steeds het YHVH, die God van hulle vaders aangehou (vroeg en laat, voortdurend) om Sy boodskappers na hulle te stuur want Hy het vir Sy volk en sy Tempel omgegee. Maar hulle het die boodskapers van God uitgelag en God se woorde verag (geminag) en met Sy profete gespot, totdat die GRIMMIGHEID (woede) van YHVH teen Sy volk opgekom (losgebreek) het, totdat daar GEEN GENESING meer was nie (die straf was onheroeplik, dit kon nie meer teruggetrek word nie). Die profeet Jeremia het koning Sedekia keer op keer gewaarsku maar hy wou nie luister en omdraai terug na Abba Vader se weë nie, en omdat hy homself nie aan die GESAG en TUGTIGING van YHVH wou onderwerp nie is hy oorgegee aan die wrede koning Nebukadnésar van Babel. Ons moet dus versigtig wees om met God se genade te speel want daar kom ‘n tyd wat Sy geduld opraak.
Dan leer ons ook oor reaksies op die WAARSKUWINGS van YHVH ons GOD wat tot ons eie nadeel is
- RYKDOM en EER in OORVLOED het daartoe gelei dat Josafat, die 4de koning, besluite neem sonder om YHVH sy God te raadpleeg. Soos om te reël dat sy seun trou met ‘n familie lid van die slegte koning AGAB van Israel (die Noordryk) wat saam met sy vrou Isebel by Baäl aanbidding betrokke was. ‘n Paar jaar later het hy vir Agab in Samaria (die hoofstad van die Noordryk) besoek en Agab het baie skape en beeste vir hom gegee en hom probeer oorhaal om saam met hom teen RAMOT in Gilead (die gebied van die Arameërs) op te trek. En Josafat het byna saam met Agab in hierdie veldslag wat nie YHVH se goedkeuring weggedra het nie, gesterf (die profeet Miga het hulle hieroor gewaarsku maar hulle het nie geluister nie.) Lees 2 Kronieke 18:18-22.
- Wees versigtig om (soos koning Josafat) GODDELOSE mense (soos koning Agab) te help, en om dit LIEF te hê wat YHVH onaanvaarbaar is/ dit wat Hy haat (soos sonde).
- Om jou te vererg (aanstoot te neem en kwaad te geword) en nie te luister nie soos Amasia, die 9de koning.
- Asook vir trots, om te dink jy het nie vir God nodig nie en jy kan self jou vyande uitdaag en verslaan, soos Amasia.
- Om afvallig te word en jou mense teen draai, soos Amasia.
- Om in woede die mense wat jou waarsku te benadeel en deur sameswerings selfs so ver te gaan om mense dood te maak. (Voorbeelde is Amasia en Ussia).
- Negatiewe implikasies wanneer ons ons eie outoriteit oorskry/ en teen God in opstand kom.
- As dit sleg gaan nog meer ONTROU te word en YHVH uit te tart met rebellie/ opstand teen Hom.
- Om soos Hiskia TROTS en HOOGMOEDIG te raak. Hy het berou getoon en God het hom genees en nog ‘n kans gegee maar toe Hy weer vir HISKIA toets, het Hiskia weer in die slagyster van TROTS geval en te veel inligting met die vyand gedeel deur te spog oor al sy skatte en later alles verloor wat hy bymekaar gemaak het en sy kinders het die slawe van sy vyand geword. Lees 2 Kronieke 32:31 en 2 Konings 20:17-18).
- Rebellie teen die onderwerping aan die gesag van die vyand waaraan YHVH ons oorgelewer weens ons sondes, sal lei tot vernietiging van onsself deur ons vyand soos in die geval van Jojakim, die 18de koning.
- VERDRUKKING van die volk of individue.
- En harkoppigheid en onversetlikheid en ‘n VERHARDE HART (weier om berou te toon, nie jammer oor jou dade nie), sodat ons, soos Sedekia, die laaste koning, ons nie tot YHVH, die God van ISRAEL, bekeer nie en teen die gesag wat bo ons aangestel word rebelleer. Dit het daartoe gelei dat die leiers, priesters en die volk BAIE ONTROU gehandel het volgens al die GRUWELS van die ongelowige nasies en die huis van YHVH (die Tempel) wat Hy in Jerusalem geheilig het, het hulle verontreining en ontwy.
Baie van ons word nes hierdie konings kwaad as iemand ons op dinge in ons lewens wys wat ons moet verander omdat dit nie volgens YHVH ons God se wil is nie en ons en ons geliefdes kan skade aandoen, seermaak en ons uiteindelik kan vernietig. Ons val dan baie keer die boodskapper aan eerder as om die kwaad in ons lewens te gaan uittrek met sondebelydenis en vergifnis van onsself en ander.
Ons gesels volgende week oor die die regering van koning HISKIA en koning JOSIA wat ‘n verduidleiking vir ons gee van die PROSES hoe om terug te kom na YHVH ons God wanneer ons AFGEDWAAL het van SY WEG en in die duisternis van die wêreld verdwaal het en betrokke geraak het in afgodsaanbidding!
