Skip to content

DIE WAARHEID oor die KRUISIGING en die SIMBOOL van die KRUIS: OPSOMMING van DEEL 10-14, Die MESSIAS as PROFEET, PRIESTER & KONING

18 Februarie 2026

Ons is klaar met ons studie oor die KRUIS en die KRUSIGING van YESHUA ons MESSIAS, maar ons is besig met die OPSOMMING van die 27 gedeeltes van ongeveer 300 bladsye om ‘n DUIDELIKE PRENTJIE te vorm van wat die WOORD vir ons sê oor hierdie BELANGRIKE ONDERWERP.  Al 27 dele is beskikbaar onder Afrikaanse Boodskappe indien jy weer na die detail van ‘n gedeelte wou gaan kyk. Ons gesels vandag oor die OPSOMMING van DEEL 10-14.  

Die Teks gedeeltes wat in hierdie boodskappe aangehaal word kom hoofsaaklik vanuit die 1933 vertaling in Afrikaans. Verder word die HEBREEUSE LETTERS vir die NAAM van God die Vader soos aangedui in die oorspronklike vertalings as YHVH (Yod-Heh-Vav-Heh) gebruik waar die woord HERE in hoofletter in ons AFRIKAANSE BYBEL VERTALINGS voorkom. Die rede hiervoor is dat daar onsekerheid heers oor die uitspraak van die Naam van God die Vader omdat die klinkers in die Hebreeuse geskrifte weggelaat is weens vrees vir die misbruik van Sy Naam en gevolglike oortreding van die derde gebod van God. Ons verwys ook na Hom as Abba Vader en die Hebreeuse vertaling Yeshua die Messias word gebruik, in plaas van die Afrikaanse Bybel vertalings van Sy Naam, Jesus Christus wat uit die Grieks vertaal is.

DEEL 10: PROFESIËE OOR DIE MESSIAS

Beide die EERSTE en TWEEDE KOMS van DIE MESSIAS is geprofeteer deur die Ou Testament Profete.

In terme van die MESSIAS se EERSTE KOMS is:

  • SY MAAGDELIKE GEBOORTE as IMMANUEL (wat beteken: God met ons) geprofeteer in Jesaja 7:14, 8:8 & 10. En vervul en bevestig in die Evangelies. Ons lees in Johannes 1:14 Hy het vlees geword en onder ons kom woon. Lees ook Mattheus 1:23 & Lukas 1:26-35 en 2:1-7. En dit word bevestig dat die Heilige Gees oor Maria gekom het en sy swanger geword het terwyl sy en Josef verloof was maar nog nie getroud was en dus nie geslagsgemeenskap gehad het nie. Lees ook Mattheus 1:18 & Lukas 1:35.
  • Die plek van Sy geboorte, BETLEHEM word geprofeteer in Miga 5:1 en bevestig in Mattheus 2:1-2, Lukas 2:1-7 en Johannes 7:42.
  • Die NAGESLAG waarin die Messias gebore sou word word geprofeteer in Jesaja 1:1 en Miga 5:1, naamlik dat die HEERSER van ISRAEL uit die NAGESLAG van JUDA sou voortkom (Juda was die vierde seun van Jakob en Lea), en dit word vervul en bevestig in Mattheus 1:1-2 & 16-17 en Lukas 1:27. Lees ook Johannes 7:42 en Openbaring 5:5 & 22:16.

Die Messias is dus gebore in die STAM van JUDA wat voortgespruit het uit die lyn van Noag se seun Sem. Abram (wie se naam later verander is deur YHVH na Abraham), ‘n afstammeling van Sem word geroep deur YHVH en daar word aan hom BELOOF dat hy ‘n groot nasie sal word en geseën sal word en ‘n seën sal wees en in hom sal AL die geslagte (al die mense wat gebore word vanuit Noag se drie seuns, Sem, Gam en Jafet) van die aarde geseën word (lees Genesis 11:10-32, 12:1-3 & 15:5-6).

Daar word dan bevestig Abraham het in YHVH GEGLO; en Hy (YHVH) het hom dit tot GEREGTIGHEID gereken. Paulus haal hierdie gedeelte aan in Romeine 4 waarin hy verduidelik dat Abraham GEREGVERDIG is deur sy GELOOF in God die Vader se belofte aan hom. En Paulus verduidelik in Romeine 4:23-25 NLV: “Hierdie wonderlike WAARHEID – dat God Abraham regverdig verklaar het omdat hy GEGLO het – staan nie net opgeteken ter wille van Abraham self nie. Dit wil ook vir ons verseker dat ons net so VRYGESPREEK sal word as ons in HOM (God die Vader) GLO wat Yehsua ons Meester uit die DOOD OPGEWEK het. Hierdie Yehsua is oorgelewer om ter wille van ons sondes te STERF, en HY IS OPGEWEK sodat ons VRYGESPREEK kan word.”

  • En dit is hier waar ons DIE BOODSKAP VAN DIE KRUIS VINDSTAP EEN van die REDDINGSPROSES. Jakobus verduidelik dit mooi in hoofstuk 2, indien ons DADE in ooreenstemming is met wat GOD in Sy WOORD sê (as ons dus OPTREE in GEHOORSAAMHEID aan die WOORD van YHVH), dan is dit ‘n BEWYS dat ons GLO in Yeshua die Messias en die VOL PRYS wat Hy betaal het om ons LOS te KOOP van die WETTELOOSHEID (dus koop Hy ons vry van die slawerny aan die sonde, want wetteloosheid is die geneigdheid om teen die wet van God te rebeleer deur sonde te doen en op die wyse aan onsself en ander mense skade aan te rig). Lees ook 1 Johannes 3:4.
  • Ons sien die PRENTJIE/ SKADU BEELD van die LAM wat vir die wêreld se sondes geslag (op ‘n bloedige wyse doodgemaak) sou word in die BEPROEWING van Abraham se GELOOF (dus aan sy GEHOORSAAMHEID) in die opdrag van YHVH om sy BELOOFDE SEUN Isak te gaan offer. God VOORSIEN ‘n RAM in ISAK se plek om geoffer te word en BEVESTIG dat HY nou weet dat Abraham Hom vrees en nie sy geliefde seun Isak, van Hom weerhou het nie. Lees Genesis 22:12. Ons kan dalk sê, nou weet Hy dat Abraham Hom LIEFHET, in terme van SY GROOTSTE GEBOD van LIEFDE vir GOD BO ALLES, met jou hele hart, siel en verstand. En omdat Abraham hierdie TOETS van ALGEHELE GEHOORSAAMHEID/ TOEWYDING AAN en LIEFDE VIR GOD SLAAG en GOD dus nou WEET HY kan Abraham VERTOU om SY INSTRUKSIES te VOLG, word die BELOFTE van ‘n GROOT NASIE weer aan hom herhaal en bevestig in Genesis 22:15-18.
  • Yeshua ons Messias bevestig en verduidelik dit later so aan SY DISSIPELS in Johannes 14:15,21 & 23-24As julle MY LIEFHET bewaar (hou/ geehoorsaam) MY GEBOOIE…Wie My gebooie het en dit bewaar (dit hou/ dit gehoorsaam) dit is hy wat MY LIEFHET; en WIE MY LIEFHET, hóm sal MY VADER LIEFHÊ, en EK sal hom LIEFHÊ en MY aan hom OPENBAARAs iemand MY LIEFHET, sal hy MY WOORD bewaar (hou/ gehoorsaam), en MY VADER sal hom LIEFHÊ, en ONS sal by hom WONING maak (by Hom bly). Hy wat MY nie liefhet nie, bewaar (gehoorsaam) MY WOORDE nie; en die WOORD wat julle HOOR, in nie Myne nie, maar is van DIE VADER wat MY GESTUUR het.”
  • En in Johannes 15:10 sê Hy: “As julle MY GEBOOIE bewaar (hou/ gehoorsaam), sal julle IN MY LIEFDE BLY, net soos EK die GEBOOIE van MY VADER bewaar (hou/ gehoorsaam) en in SY LIEFDE BLY.” En in vers 11 dui HY aan AS ONS DIT DOEN SAL ONS DIE SOORT BLYDSKAP (vreugde) ERVAAR WAT HY ERVAAR en daarom sal ons BLYDSKAP VOLKOME WEES. En ons weet ook BLYDSKAP is ‘n VRUG van die HEILIGE GEES! (Lees ook Mattheus 5:17-19, 19:17 & 22:36-40, Johannes 13:34, 1 Johannes 2:3-4 & 5:2-3, 2 Johannes 1:6, Galsiers 5:22 en Openbaring 14:12).
  • Die BELOFTE aan ABRAHAM word later bevestig aan sy seun ISAK en daar word duidelik gesê dat die REDE vir hierdie seën die feit is dat ABRAHAM na GOD se STEM GELUISTER het en SY ORDENING (amp/ roeping/ lewenstaak/ bediening) SY GEBOOIE (voorskrifte), SY INSETTINGE (Sy instellings/ bepalings insluitend Sy FEESTE) en WETTE (instruksies/ onderrig, reëls, regulasies) ONDERHOU HET (dus GEHOORSAAM aan GOD SE WOORD WAS) Lees Genesis 26:4-5). En dan word die BELOOFDE SEËN aan Isak se seun JAKOB oorgedra wie se naam deur God verander is na ISRAEL, en wie die vader van die TWAALF STAMME sou word wat bekend sou staan as ISRAEL (lees Genesis 27:29 en Genesis 35:9-12 ). En David verwys na hierdie EED met ABRAHAM, ISAK en JAKOB in Psalm 105:8-10 as ‘n EWIGE VERBOND met ISRAEL. Ons weet ook hierna word daar dikwels in die Woord verwys na God as die GOD van Abraham, Isak en Jakob (ISRAEL). En die BELOOFDE LAND (wat sinspeel op Kanaän maar uiteindelik op die EWIGE LEWE) word belowe aan die nageslag van ISRAEL (Genesis 35:11-12).
  • Ons sien dan ook iets van hierdie BELOFTE in Genesis 48 met die insluiting van Josef se TWEE SEUNS by hulle EGIPTIESE ma ASENAT in JAKOB se OORKRUIS SEËN in die vorm van die TAV, die LAASTE LETTER van die 22 letter Hebreeuse alfabet met die piktograaf/ die prentjie van ‘n X vormige KRUIS – bekend as die MERK of TEKEN van die VERBOND. Vir meer inligting hieroor, lees DEEL 4 van DIE STUDIE oor die KRUIS en KRUISIGING van YESHUA ons MESSIAS.
  • Die SEËN van hierdie twee seuns EFRAIM en MANASSE is in lyn met YHVH se BELOFTE aan ABRAHAM dat SY NAGESLAG GROOT NASIES sal WORD wat tot SEËN vir ander NASIES sal wees. Lees Genesis 48:19. Ons sien ook die IDENTIFISERING van GOD as DIE HERDER, ‘n duidelike verwysing na YESHUA die MESSIAS wanneer Jakob die die twee seuns van Josef seën in Genesis 48:15-16 met die volgende woorde: “Die God voor wie se aangesig (in wie se teenwoordigheid) my vaders Abraham en Isak gewandel (geleef) het, die God wat my as HERDER my lewe lank gelei het tot vandag toe, die (hoofletter) ENGEL (‘n verwysing na Yeshua in die Ou Testament) wat my uit ELKE TEËSPOED VERLOS hetMAG HY DIE SEUNS SEËN , en mag deur hulle my naam genoem word (Jakob/ ISRAEL) en die naam van my vaders Abraham en Isak, en mag hulle VERMEERDER in die land in MENIGTE (en ons sien in vers 19, hierdie menigte verwys na ‘n MENIGTE NASIES). Lees bevestiging hiervan in Handelinge 3:25-26.
  • In Numeri 24:9 bevestig YHVH Sy SEËN oor die VOLK ISRAEL deur Bileam, ‘n profeet wat gehuur is deur Koning Balak met die doel om ISRAEL te VERVLOEK maar dit nie kon regkry terwyl die volk gehoorsaam aan YHVH was nie. En Bileam profeteer ook oor Yeshua die Messias se EERSTE en TWEEDE koms in Numeri 24:14.

En ons sien die VERVULLING van die BELOFTES van YHVH aan ABRAHAM, ISAK en JAKOB in die LOFSANG van Sagaria, Johannes die Doper se pa in Lukas 1:67-79 nadat hy met die HEILIGE GEES gevul is (Lees ook Hebreërs 6:12-20).

Die profesie in Jesaja 7:14 dat Hy (die Messias) die VOLK van hulle SONDES SAL VERLOS was dus DIE SEËN WAARMEE GOD DIE VADER ISRAEL (insluitend die NASIES, almal wat KIES om in Yeshua die Messias te glo en Hom te volg) sou SEËN (Lees Mattheus 1:21-23 en Handelinge 3:25-26).

DEEL 11: DIE VERBAND tussen DIE WET (DIE TORAH INSTRUKSIES in GENESIS TOT DEUTERNOMIUM, OPGESOM IN DIE TIEN GEBOOIE) en DIE MESSIAS

Ons lees verduidelikings in die WOORD oor die TORAH en hoe dit VERBAND hou met YESHUA die MESSIAS.

  • In Romeine hoofstuk 9:1-31 verduidelik Paulus WIE ISRAEL IS en in vers 1-3 praat hy eers oor sy DROEFHEID oor SY STAM GENOTE (mense van die SUIDRYK van ISRAEL, wat die stam van JUDA en BENJAMIN ingelsuit het en in die Nuwe Tesament tyd tot vandag toe bekend staan as “DIE JODE”). En dan verduidelik Paulus, die Jode (bestaande uit die stam van Juda en die kleiner stam van Benjamin), waarvan hy deel was, is die ENIGSTE TWEE STAMME van die TWAALF STAMME van ISRAEL wat ELKE keer na balingskap teruggekeer het na hulle land en stad JERUSALEM en ONTHOU het dat hulle deel van ISRAEL is. Dus het hulle steeds die TORAH instruksies van YHVH soos gegee aan hulle deur Moses bly lees en doen insluitende die FEESTE VAN YHVH bly vier (en dis die rede waarom die Nuwe Testament dikwels verwys na YHVH se FEESTE as die Feeste van die Jode) alhoewel hulle ongelukkig deur Babiloniese praktyke beïnvloed is wat hulle tydens hulle ballingskap periodes opgedoen het en ook verskeie MENS TRADISIES ingewerk het in hulle aanbidding van YHVH en ekstra geskrifte geskryf het. Lees Mattheus 15:9, Markus 7:7-13, Johannes 8:44, en Openbaring 3:9. 

Daar was dus ongelukkig by hulle ‘n HART ONTSPORING alhoewel hulle onthou het dat hulle deel van ISRAEL is. En die TIEN STAMME onder leiding van EFRAIM wat bekend was as die NOORDRYK en genoem is ISRAEL onder die koningskap van Jerobeam, het heeltemal die pad byster geraak en uiteindelik in die verskillende nasies geasimileer (saam met hulle gesmelt) en só verdwaal dat hulle nie vandag meer weet dat hulle ISRAEL is nie. Lees 1 Konings hoofstuk 12-14. Lees ook DEEL 15-25 van hierdie STUDIE oor die KRUIS en KRUISIGING van YESHUA ons MESSIAS waarin dit breedvoerig bespreek word. 

Paulus sê dan verder in Romeine 9:6-33: “Maar ek sê dit nie asof die WOORD VAN GOD verval het nie; want hulle is NIE ALMAL ISRAEL wat UIT ISRAEL IS NIE. Ook nie omdat hulle ABRAHAM SE NAGESLAG is, is hulle almal kinders nie; maar IN ISAK sal jou NAGESLAG GENOEM WORD. Paulus verwys hier na Genesis 21:12. En wat hy hier verduidelik is dat mense wat gebore is vanuit die TWAALF STAMME van ISRAEL of mense wat volgens hulle VLEESLIKE/ OU SONDIGE NATUUR LEWE soos bespreek word in Galasiers 5:19-21 nie KINDERS van GOD is nie, die KINDERS VAN DIE BELOFTE (soos ISAK) word GEREKEN AS DIE NAGESLAG. Hiermee bedoel hy die mense wat die WOORD van God HOOR en dit GLO en dus dit UITVOER, dit DOEN, DAARAAN GEHOORSAAM is, HULLE IS DIE KINDERS VAN GOD 

  • Yeshua verduidelik dit so in Johannes 8:39 aan die Fariseërs: “…As julle die kinders van ABRAHAM was, sou julle die werke van ABRAHAM DOEN” Paulus verduidelik dit verder in Romeine hoofstuk 4:16. Wat ons dus hieruit moet verstaan is WANNEER ONS GLO IN GOD (a.w GLO wat HY sê is WAAR en daarom AANVAAR ons dit), sal ons OOK SY WOORD IN GEHOORSAAMHEID DOEN, want ons weet dan dit sal tot ons en ander mense se VOORDEEL WEES.
  • Paulus verduidelik verder: DIT GAAN NIE NET om die blote BESTAAN van die WET/ INSTRUKSIES (die TORAH) nie, maar oor ons GELOOF in DIE EEN wat die WETTE/ INSTRUKSIES (die TORAH) NEERGLÊ het. Omdat ons HOM LIEFHET LEEF ons OUTOMATIES vir HOM in LYN met SY WETTE, SY INSTRUKSIES in die TORAH. Dit is in LYN met wat YESHUA aan ons verduidelik in die gedeeltes soos hierbo bespreek. As ons HOM LIEFHET, sal ons HOM GEHOORSAAM. Want as ons GEHOORSAAMHEID nie uit LIEFDE vir GOD VOORTSPRUIT NIE, sal sommige mense bloot nie die WET oortree nie omdat hulle BANG is vir STRAF of hulle sal die WET oortree omdat hulle dink hulle kan daarmee WEGKOM. En dit is dan ‘n aanduiding dat iemand VASGEBIND is met emosies (steeds ‘n slaaf is) van VREES of REBELLIE en OPSTANDIGHEID En as ons op hierdie wyse LEEF, en dinge loop skeef (wat een of ander tyd sal gebeur), gaan ons en die mense om ons SEERKRY/ SKADE OPDOEN en dan is die GEVOLGE VREES/ ANGS/ STRESS, SKULDGEVOELENS en SKAAMTE oor verkeerde besluite en optredes.
  • Ons weet dat Paulus BELSIS aan die WET VAN GOD (die TORAH, Genesis tot Deuternomium, opgesom in die TIEN GEBOOIE) gehoorsaam was, want hy sê in Handelinge 24:14-16 dat hy DIE WEG VOLG en so die God van sy vaders dien, terwyl hy ALLES GLO wat in die WET (die TORAH) en in die PROFETE geskrywe is en ‘n HOOP op God het en daarom oefen hy altyd om ‘n SKOON GEWETE voor GOD en die mense te hê.
  • Ons lees verder in Romeine 2:12-16 ”Want ALMAL wat SONDER die WET (die TORAH) GESONDIG het sal al ook SONDER WET (die TORAH) VERLORE gaan; en ALMAL wat ONDER DIE WET (die TORAH) GESONDIG het, sal deur die WET (die TORAHGEOORDEEL word; omdat NIE DIE HOORDERS VAN DIE WET (die TORAH) by GOD (die VADER) REGVERDIG is nie, maar die DADERS VAN DIE WET (die TORAH) GEREGVERDIG SAL WORD. Want wanneer die HEIDENE (ONGELOWIGES), wat GEEN WET (die TORAH)  het nie, van NATURE die dinge van die WET (die TORAH) DOEN, is hulle vir HULSELF ‘n WET (die TORAH), al het hulle GEEN WET (die TORAH) nie; omdat hulle toon dat die WERK VAN DIE WET (die TORAH)  IN HULLE HARTE OPGESKRYF STAAN, terwyl hulle GEWETE saam GETUIENIS gee en die GEDAGTES mekaar onderling BESKULDIG of ook VERONTSKULDIG (Die NLV sê: “Boonop bevestig hulle gewetens dit deurdat hulle gedagtes hulle OF aankla OF ) in DIE DAG wanneer God (die VADER) die VERBORGE DINGE (die verborge dieptes van mense se lewens/ die geheime) van die mense deur YESHUA die MESSIAS sal OORDEEL, volgens my EVANGELIE (dit wat hy verkondig oor die Woord). Lees ook 1 Korinthiërs 15 wat Paulus verduidelik as sy evangelie, m.a.w dit wat hy verkondig as die GOEIE NUUS.
  • Paulus praat in Galasiërs hoofstuk 2 en 3 met die gelowiges in Galasië, wat net soos die ander jong gemeentes, deur die JODE (die stam van Juda en Benjamin) aangespreek is oor die BESNYDENIS wat in die WET (TORAH) bespreek word. Ons sien egter reeds hier dat alhoewel YHVH vir Abraham en sy kinders geleer het met ‘n UITERLIKE TEKEN van die BESNYDENIS om hulle aan HOM toe te WY was Sy bedoeling VAN DIE BEGIN AF dat hulle HARTE vir Hom besny moes word – lees Deuternomium 10:16a.w dat hulle HARTE en GEDAGTES AAN HOM SOU BEHOORT omdat hulle HOM LIEFHET BO ALLES, en dus in HOM SOU GLO en HOM DAAROM GEWILLIG GEHOORSAAM sou wees. Paulus verduidelik dit in Kolossense 2:9-15, net soos Jeremia in Jeremia 4:4 dat die DOOIE VLEES (die voorvelletjie/ die OU SONDIGE NATUUR) verwyder moes word.

Ons lees dan in Galasiërs  3:1-11 waarin Paulus sê: “O, onverstandige Galasiërs, WIE het julle betower (getoor) om die WAARHEID (DIE WOORD VAN GOD) NIE GEHOORSAAM TE WEES NIE, julle voor wie se oë YESHUA die MESSIAS AFGESKILDER is (‘n duidelik voorstelling/ om Hom in jou gedagtes te sien) as onder julle GEKRUISIG? (die NLV sê: Die MESSIAS is dan so DUIDELIK vir julle beskryf dat julle Hom as te ware aan die KRUIS kon sien HANG). En dan verduideik hy aan hulle GELOOF en die KRAG van GOD se HIELIGE GEES wat GEHOORSAAMHEID aan GOD die VADER moontlik maak.  Net soos ABRAHAM in GOD GEGLO HET, en dit is hom tot GEREGTIGHEID GEREKEN is. En dan verduidleik Paulus die SKRIF wat vooruit gesien het (hier verwys Paulus na die Tanakh, dit is die Ou Testament vanaf Genesis tot by Maleagi) dat GOD die HEIDENE (ongelowiges) uit die GELOOF sou REGVERDIG, het vooraf aan ABRAHAM DIE EVANGELIE (DIE GOEIE NUUS) VERKONDIG met DIE WOORDE: IN JOU SAL AL DIE VOLKE GESEËN WORD.  Want ALMAL wat uit die werke van die WET (die TORAH) is, is ONDER DIE VLOEK; want daar is geskrywe: VERVLOEK IS ELKEEN WAT NIE BLY IN ALLES WAT GESKRYF IS IN DIE BOEK VAN DIE WET (die TORAH, Genesis tot Deuternomoium) OM DIT TE DOEN NIE (hier haal Paulus Deuternomium 27:26 aan). En dat NIEMAND deur die WET (die TORAH) by God GEREGVERDIG word nie, IS DUIDELIK; want die REGVERDIGE SAL UIT GELOOF LEWE.” Dit beteken bloot ons GEHOORSAAM GOD VRYWILLIG VANUIT ONS LIEFDE VIR HOM en OMDAT ONS GLO WAT HY VIR ONS SÊ GOED IS VIR ONS en NIE OMDAT ‘n WET DIT VIR ONS VOORSKRYF en ons bang is vir straf of dit hou wanneer mense ons sien maar dit in die geheim oortree omdat ons rebelse of opstandige harte het nie.

  • Nog ‘n voorbeeld hiervan is Noag – ons lees in Genesis 6:8-9 hy was ‘n REGVERDIGE man wat GENADE ontang het in die oë van YHVHen God het hom opdrag gegee om ‘n ARK te bou want daar kom ‘n GROOT VLOED en NOAG HET GOD GEGLO en ‘n 100 jaar aan hierdie ark gebou voordat die VLOED INDERDAAT GEKOM HET. As hy God NIE GEGLO HET NIE, sou hy nie die ark gebou het nie. GELOOF IS DUS DIE KATALISATOR (die instaat steller, die dryfveer, die aanmoediger) VAN GEDRAG IN LYN MET WAT ONS GLO.
  • Paulus verduidelik dan verder vanaf Galasiërs 3:12-13: ”Maar die WET is NIE UIT DIE GELOOF NIE, maar die mens wat hierdie dinge DOEN (m.a.w wat die WET GEHOORSAAM) sal DAARDEUR LEWE (Lees ook Levitikus 18:5, Esegiel 20:11-13 & 21, Mattheus 19:17, Markus 10:17-31, Lukas 18:18-30, Romeine 2:11-16 en 10:5). En dan sê Paulus verder: Die MESSIAS het ons LOSGEKOOP van die VLOEK – WANT DAAR IS GESKRYWE: VERVLOEK is ELKEEN wat aan ‘n HOUT HANG. Paulus haal hier Deuternomium 21:22 aan waarin daar in die oorspronklike Hebreeus van ‘n BOOM en in Handelinge 5:30 van ‘n KRUISHOUT gepraat word. En Paulus sê verder in Galasiërs 3:14sodat die SEËN VAN ABRAHAM na die HEIDENE (die nasies, ingesluit die Noordryk van ISRAEL – die TIEN STAMME onder EFRAIM wat in die nasies geasimileer het) kan kom in YESHUA die MESSIAS, en dat ons DIE BELOFTE van die (hoofletter) GEES (die Heilige Gees) deur die GELOOF kan ontvang.”
  • En in 1 Timotheus 2:3-6 bevestig Paulus weer: “Want dit is GOED en AANGENAAM voor GOD, ons VERLOSSER, WAT WIL HÊ DAT ALLE MENSE GERED WORD EN TOT KENNIS VAN DIE WAARHEID KOM.  Want daar is EEN GOD en EEN MIDDELAAR TUSSEN GOD en mens, DIE MENS, MESSIAS YESHUA, wat HOMSELF GEGEE HET AS LOSPRYS vir ALMAL”.
  • So wat is die VERSKIL tussen die WET (die TORAH) en die GELOOF? Die VERBONDSARK met die VERSONDEKSEL (die MERCY SEAT), twee ONSKEIBARE GEDEELTES VAN EEN ARK, help ons om dit te verstaan. Die WOORD (DIE TORAH/ WET van YHVH soos opgeteken in Genesis tot Deuternomium en soos opgesom in die TIEN GEBOOIE) en GELOOF in YESHUA ons MESSIAS is net so ONSKEIBAAR soos die VERBONDSARK se ONDERSTE GEDEELTE waaring die TORAH se OPSOMMING van die TIEN GEBOOIE op KLIPTAFELS gestoor moes word en die BOONSTE GEDEELTE van die VERBONDSARK, die VERSOENDEKSEL (die MERCY SEAT in Engels), waarop die BLOED van die MESSIAS gesprinkel is wat vir ons OORTREDINGS teen die WET (die TORAH) van ABBA VADER, die VOLLE PRYS BETAAL HET en ons BESKERM uit GOD se GENADE teen die DOODMAAK KRAG van die WET VAN GOD wanneer ons per ongeluk sondig teen Hom deur Sy WET te oortree en ons dit met ‘n opregte HART bely en daarvan wegdraai (lees Hebreërs 9:11-12 en 1 Johannes 1:1-10).
  • En ons lees verder in Galasiërs 3:26-27 ”want julle is ALMAL KINDERS VAN GOD (DIE VADER) DEUR DIE GELOOF IN MESSIAS YESHUA; want JULLE ALMAL WAT IN DIE MESSIAS GEDOOP IS, HET JULLE MET DIE MESSIAS BEKLEE (dit is asof ons, ons ou sondige self uitgetrek het en Yeshua ons Messias aangetrek het dus beteken dit ons het saam met hom aan ons sondige natuur gesterf en NUUT saam met die Messias opgestaan wat ‘n PRENTJIE is van die PASGA FEES – Fees 1 van Abba Vaderdie KRUSIGING van YESHUA ons MESSIAS en ons sondige natuur saam met Hom, ONGESUURDE BRODE – SY DRIE DAE IN DIE GRAF – Fees 2 van Abba Vader, en ons wat in die doop water saam met Hom sterf en EERSTE VRUGTE, Sy OPSTANDING – Fees 3 van Abba Vader en ons wat saam met Hom as NUWE MENSE opstaan (lees Romeine hoofstuk 6). En ons lees verder in Galasiërs 3:28 “Daar is nie meer JOOD of GRIEK nie, daar is nie meer SLAAF of VRYMAN nie, daar is nie meer MAN of VROU nie; want JULLE IS ALMAL EEN IN DIE MESSIAS YESHUA (dit beteken ons vind nie meer ons IDENTITEIT in ons RAS, KULTUURGROEP of GESLAG nie, ons vind ons IDENTITEIT in YESHUA die MESSIASons IS SOOS HY want ons BEHOORT AAN HOM – HY HET ONS IMMERS MET SY EIE BLOED GEKOOP soos Paulus sê in Handelinge 20:28 en Petrus sê in 1 Petrus 1:18-21). En dan hierdie merkwaardige vers in Galasiërs 3:29: “EN AS JULLE AAN DIE MESSIAS BEHOORT, DAN IS JULLE DIE NAGESLAG VAN ABRAHAM EN VOLGENS DIE BELOFTE ERFGENAME. 
  • En in Galasiërs 6:14 NLV sê Paulus “Maar ek – ek wil op NIKS anders roem as DIE KRUIS van ons Meester Yeshua die Messias nie. Want daardeur is die wêreld vir my GEKRUISIG, en ek vir die wêreld (daardeur is ons dus dood vir die wêreld en die wereld vir ons, ons stel nie meer belang in die dinge en plesiere, die sondes van die wêreld nie!). En dan sê Paulus in Galasiërs 6:16 NLV:MAG GOD (DIE VADER) SE VREDE EN ONTFERMING (barmhartigheid, meegevoel) MET ALMAL WEES WAT VOLGENS HIERDIE BEGINSEL LEWE. HÚLLE IS GOD (DIE VADER) SE ISRAEL!

DEEL 12: DIE BEDIENING VAN DIE MESSIAS EN SY ROL AS PROFEET

Ons lees profesieë in die Ou Testament oor YESHUA die MESSIAS se BEDIENING en rol as PROFEET en die VERVULLING daarvan in die Nuwe Testament.

In Jesaja 61 is ‘n profesie oor YESHUA ons MESSIAS se BEDIENING en ons lees in vers 1-2: “Die (hoofletter) GEES van YHVH is op MY (die Messias), omdat YHVH MY GESALF het om ‘n BLYE BOODSKAP (die GOEIE NUUS) te bring aan die OOTMOEDIGES (die nederiges, mense wat nie verwaand en selfbehep/ selfgerig is nie); HY het MY GESTUUR om te VERBIND die gebrokenes van hart, om  vir die gevangenis ‘n VRYLATING UIT TE ROEP en vir die geboeides OPENING VAN DIE GEVANGENIS. Om uit te roep ‘n JAAR van die WELBEHAE (welgevalle, goeddenke, JUBILEE in Hebreeus) van YHVH en ‘n DAG van die WRAAK van onse God (die oordeelsdag); om al die TREURENDES (die droewiges, verdrietiges, die wat hartseer is) te TROOS (op te beur, te bemoedig, te help).

  • En ons lees die vervulling van die EERSTE GEDEELTE van Jesaja 61:1 as deel van die werk wat Yeshua ons Messias kom doen het tydens SY EERSTE KOMS soos wat Hy dit self aan die BEGIN van SY DRIE JAAR BEDIENING verduidelik in Lukas 4:14-21 toe Hy op die Sabbat die sinnagoge in Nasaret bygewoon het en uit die Boekrol van Jesaja hierdie gedeelte gelees het en gesê het, vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul (dit beteken hierdie Skrif het vandag WAAR geword terwyl julle daarna luister). 

Die LAASTE GEDEELTE in Jesaja 61:2, naamlik: Om uit te roep ‘n JAAR van die WELBEHAE (welgevalle, goeddenke, JUBILEE in Hebreeus) van YHVH en ‘n DAG van die WRAAK van onse God (die oordeelsdag); om al die TREURENDES (die droewiges, verdrietiges, die wat hartseer is) te TROOS (op te beur, te bemoedig, te help),  sal eers tydens YESHUA die MESSIAS se TWEEDE KOMS vervul word.

En dan verstaan ons dat dit juis met HIERDIE BEDIENING IS DAT YESHUA ons MESSIAS DIE LIG IN DIE DUISTERNIS SOU BRING waarvan ons lees in:

Jesaja 9:1 “Die VOLK wat in DUISTERNIS WANDEL (leef), het ‘n GROOT LIG GESIEN; die wat WOON IN DIE LAND VAN DOODSKADUWEE, oor hulle het ‘n LIG GESKYN.”

  • Hierdie profesie is BEVESTIG in die lofsang van Sagaria (Johannes die Doper se pa) in Lukas 1:76-79 dat Johannes die Doper, die pad sou gelyk maak vir die EERSTE KOMS van YESHUA die MESSIAS beskryf as die OPGAANDE (hoofletter) LIG uit die HOOGTE (die hemel) wat die aarde (met Sy EERSTE KOMS) BESOEK (het) OM TE SKYN OOR DIE WAT IN DUISTERNIS en DOODSKADUWEE SIT, om ons voete na DIE PAD (die SMAL WEG) van VREDE te rig.” Lees ook Jesaja 57:19.
  • Daar word ook in Johannes 1:4-5 BEVESTIG dat daar IN HOM (Yeshua die Messias ook bekend as DIE WOORD van God die Vader), LEWE was en die LEWE was DIE LIG VAN DIE MENSE. En DIE LIG SKYN in die DUISTERNIS en die duisternis het die NIE oorweldig nie.”
  • Ons lees ook in Mattheus 4:13-16 “En Hy (Yeshua) het NASARET verlaat en gaan woon in Kapérnaüm aan die see in die GEBIED van SEBULON en NAFTALI (dit was twee van die stamme wat deel gevorm het van die NOORDRYK onder EFRAIM wat voorheen in hierdie gebiede gewoon het maar reeds in 732 voor die Messias weens die sondes van die Noordryk en dus die aanslag van die Assiriërs wat YHVH teen hulle toegelaat het, in die nasies geasimileer het), sodat vervul kon word wat gespreek is deur JESAJA, die PROFEET (dus soos opeteken in Jesaja 9:1-2), toe hy gesê het: Die LAND SEBULON en die LAND NAFTALI, na die see toe, OORKANT DIE JORDAAN, GALILÈA van die heidene (ongelowiges, mense wat nie in YHVH as hulle God geglo het nie) – DIE VOLK wat in DUISTERNIS SIT, het ‘n GROOT LIG GESIEN, en DIE WAT SIT IN DIE LAND en SKADUWEE VAN DIE DOOD, vir hulle het ‘n LIG opgegaan. So hier was Yeshua die MESSIAS nou om aan hulle SY LIG EN WAARHEID te BRING wat lei tot VRYHEID. En ons lees in Mattheus 4:17 Van toe af het YESHUA BEGIN OM TE PREEK en te sê: BEKEER JULLE (die Hebreeuse woord vir bekering is “TESHUVAH” en die Engelse woord is “REPENT” en behels om met berou oor ons sondes ‘n VERANDERING van GEDAGTE/ DENKE en HART/ EMOSIE te ondergaan en tot inkeer te kom/ eie denke, emosies, besluite en gedrag te ondersoek en weg te draai van die sonde, terug na God), want die KONINGKRYK van die HEMELE HET NABY GEKOM.”
  • En in Johannes 8:12 bevestig Yeshua self : “EK IS DIE LIG van die wêreld; WIE MY VOLG (in GEHOORSAAMHEID aan die Vader), SAL SEKERLIK NIE IN DIE DUISTERNIS WANDEL (leef) NIE, MAAR SAL DIE LIG VAN DIE LEWE HÊ.”
  • En in Efesiërs 5:8 & 14 sê Paulus later aan die mense in Efese wat tot BEKERING gekom het: “Want vroeër WAS JULLE DUISTERNIS, maar NOU is JULLE LIG IN YESHUA die MESSIASwandel (leef) soos kinders van die lig.”
  • Paulus verduidelik in Efesiërs 2:11-22 dat HEIDENE (onglowiges, insluitend die TIEN STAMME onder Efraim, bekend as die NOORDRYK/ ISRAEL) en JODE (die stam van Juda en Benjamin bekend as die SUIDRYK) VERLOS word uit GENADE en deur DIE KRUIS VAN DIE MESSIAS VERSOEN WORD. Hy sê verder in vers 11-14 “…onthou dat julle wat vroeër HEIDENE (ONGELOWIGES) IN DIE VLEES WAS (a.w wie se HARTE nog nie besny was vir YHVH nie)…dat julle in dié tyd SONDER DIE MESSIAS WAS, VERVREEMD VAN DIE BURGERSKAP VAN ISRAEL en VREEMDELINGE ten aansien van die VERBONDE van die BELOFTE, SONDER HOOP en SONDER GOD (die Vader) in die wêreld. Maar nou IN YESHUA die MESSIAS het julle wat vroeër ver was, NABY GEKOM DEUR DIE BLOED VAN DIE MESSIAS. Want HY IS ONS VREDE, HY wat ALBEI (die SUIDRYK en die NOORDRYK, insluitend ander nasies bekend as die heidene/ ongelowiges of nie-Jode wat inent op die BOOM van ISRAEL volgens Romeine 11:17) EEN GEMAAK het (weer verenig het as EEN ISRAEL nadat ISRAEL as ‘n KONINGKRYK in die tyd van Salomo se seun Rehabeam verdeel het), en die MIDDELMUUR VAN SKEIDING AFGEBREEK HET.”
  • Lees ook Jesaja 56:8 waar Jesaja sê YHVH versamel DIE wat van ISRAEL verdryf is, en Hy sal NOG MEER by hulle VERSAMEL. En ons lees in Miga 2:12-13: “Gewis (verseker, sonder twyfel) sal Ek jou GEHEEL en AL VERSAMEL, o JAKOB (ISRAEL, AL TWAALF STAMME)! Gewis (verseker, sonder twyfel) sal Ek VERGADER DIE OORBLYFSEL VAN ISRAEL; ALMAL BYMEKAARBRING SOOS SKAPE IN ‘n KRAAL, soos ‘n KUDDE in sy weiveld; en dit sal dreun van mense (daar sal baie mense wees).
  • En in Johannes 10:14-16 bevestig Yeshua hierdie profesie wanneer Hy sê, Hy is die GOEIE HERDER en Hy het NOG ANDER SKAPE (die nie-Jode wat die Tien Stamme onder Efraim insluit) wat nie aan hierdie stal (die Jode waarmee Hy gepraat het) behoort nie wat Hy ook moet lei en wat na Sy stem sal luister en HULLE SAL EEN KUDDE WEES en in Johannes 11:50-52 profeteer Kaijafas (die hoëpriester van die Jode in daardie tyd) dat YESHUA vir die VOLK SOU STERWE, en NIE ALLEEN vir die VOLK (die Jode/ die SUIDRYK) nie, maar ook om die VERSTROOIDE KINDERS VAN GOD (dit is die TIEN STAMME VAN ISRAEL onder EFRAIM, die NOORDRYK) TOT ‘n EENHEID SAAM TE VOEG.
  • En ons lees verder in Efesiërs 2:15-16: “…deurdat Hy in SY VLEES (Sy liggaam) die VYANDSKAP tot niet gemaak het NAAMLIK DIE WET VAN GEBOOIE (die Torah, Genesis tot Deuternomium opgesom in die Tien Gebooie) wat in INSETTINGE (bepalings) bestaan; sodat Hy deur VREDE TE MAAK, die TWEE in HOMSELF tot EEN NUWE MENS KON SKEP en ALBEI in EEN LIGGAAM met GOD (die Vader) kon VERSOEN DEUR DIE KRUIS, nadat HY DAARAAN die VYANDSKAP DOODGEMAAK het. En ons lees verder in Efesiërs 2:17-22 “En HY HET DIE EVANGELIE VAN VREDE KOM VERKONDIG aan julle wat ver was en aan die wat naby was; want deur HOM het ons ALBEI die TOEGANG deur EEN (hoofletter) GEES (die Heilige Gees) TOT DIE VADER. So is julle dan NIE MEER VREEMDELINGE en BYWONERS NIE, maar MEDEBURGERS van die heiliges en huisgenote (deel van die huisgesin) van God (die Vader), GEBOU op die FONDAMENT van die APOSTELS en PROFETE, terwyl YESHUA die MESSIAS SELF DIE HOEKSTEEN is, in WIE die HELE GEBOU, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n HEILIGE TEMPEL IN Yeshua die Messias in WIE julle ook SAAM OPGEBOU word tot ‘n WONING VAN GOD (die Vader) in die (hoofletter) GEES (die HEILIGE GEES).” 

Dus is die TEMPEL van GOD nou AL TWAALF STAMME VAN ISRAEL, en ALLE MENSE VAN ALLE NASIES wat daarop inent op DIE BOOM van ISRAEL volgens Romeine 11 wat VERENIG is deur YESHUA die MESSIAS as HOEKSTEEN!

Ons lees verder in Jesaja 9:2-3 die profesie “U het die NASIE VERMENIGVULDIG, hulle VREUGDE groot gemaak; hulle is VROLIK voor U AANGESIG (in U teenwoordigheid) soos iemand vrolik is in die OESTYD, soos iemand juig as die buit verdeel word. Want, die JUK wat op hulle gedruk het, en die STOK wat hulle rug getref het, die ROEDE van hulle drywer het U VERBREEK soos op die dag van die Midianiete (soos Gideon ‘n wonderbaarlike/ buitengewone OORWINNING oor die Midianiete behaal het soos beskryf in Rigters hoofstuk 6:33 tot 7:25 sal God WONDERBAARLIK INGRYP en ISRAEL RED).

  • En ons lees die vervulling daarvan in Matheus 11:28-30 waar Yeshua die Messias sê: “Kom na My toe, almal wat vermoeid (moeg, afgemat, geestelik en liggaamlik uitgeput) en belas (oorlaai met skuld, verpligtinge, take, verantwoordelikhede) is, en EK SAL JULLE RUS (innerlike vrede) NEEM MY JUK OP JULLE (gewillige gehoorsaamheid aan Hom en Sy Woord) en LEER VAN MY (spandeer tyd in Sy teenwoordigheid en met Sy Woord deur dit te lees en te hoor), want EK IS SAGMOEDIG (saggeaard, minsaam, vriendelik, welwilend, goedgesind, tegemoetkomend) en NEDERIG VAN HART (dus nie arrogant of selfbehep/ selfgerig nie), en JULLE SAL RUS VIND VIR JULLE SIELE (gedagtes, emosies en vryewil besluite en die gevolge daarvan), want MY JUK is SAG en MY LAS is LIG”.

Ons lees in die WOORD van DRIE ROLLE van YESHUA ons MESSIAS, naamlik PROFEET, PRIESTER en KONING.

Ons sien deurlopend dat hierdie DRIE ROLLE ook gegee is aan YHVH se VOLK ISRAEL in die Ou Testament soos opgeteken in Eksodus 19:5-6 en in die Nuwe Testament lees ons in Openbaring 1:5-6 Yeshua die Messias wat ons LIEFGEHAD het en ons SONDES van ons AFGEWAS het in SY BLOED, maak ons konings en priesters vir Sy GOD en VADER. Lees ook 1 Petrus 2:5-10. En in Openbaring hoofstuk 5 maak die LAM (Yeshua die Messias) die SEWE SEËLS oop en lees ons in vers: 9-10 “Toe SING hulle (die 4 lewende wesens en die 24 ouderlinge voor God se troon met die GOUE SKALE vol reukwerk wat die GEBEDE van die heiliges/ die “set-apart”/ die wat afgesonderd vir God lewe is) ‘n NUWE LIED en sê: U is waardig om die BOEK te neem en Sy SEËLS oop te maak, WANT U IS GESLAG (op ‘n bloedige wyse doodgemaak) en het ons vir GOD (die VADER) met U BLOED GEKOOP UIT ELKE STAM (van die TWAALF STAMME van ISRAEL) en TAAL en VOLK en NASIE (alle mense wat inent op die Boom van Israel volgens Romeine 11), en het ons KONINGS en PRIESTERS vir onse GOD GEMAAK, en ons sal as KONINGS op die AARDE HEERS (so hier word verwys na die DUISEND JARIGE VREDESRYK en die EWIGHEID)”. Lees ook Openbaring 20:4-6.

In YESHUA ons MESSIAS se aardse BEDIENING sien ons duidelik Sy ROL as PROFEET. ‘n Profeet, soos omskryf deur die HAT Woordeboek is ‘n persoon wat opdrag gekry het van God om te VERMAAN (ernstig te waarsku), te LEER (te onderrig), ‘n geïnspireerde (deur die Heilige Gees gegee) VERTOLKER van GOD se WIL (die uitlê, verduideliking van God se wil deur die Heilige Gees); ‘n GESANT (verteenwoordiger) van God wat in opdrag van God gestuur word.

PROFESIE is dit wat ‘n profeet verkondig of voorspel (sê wat in die toekoms gaan gebeur). En PROFETEER in die Ou Testament is iemand wat in OPDRAG van GOD spreek (praat of getuig – lees Jeremia 1:5-9 en Amos 3:7, 1 Thessalonisense 5:20 en 2 Petrus 1:21). En in die Nuwe Testament beteken PROFETEER die VERKONDIGING (aan mense bekend maak, preek, leer) van die EVANGELIE/ DIE GOEIE NUUS van God (die Blye Boodskap van REDDING en VERLOSSING deur Yeshua die Messias). Lees ook Efesiërs 4:11.

Ons lees in Deuternomoim 18:15-19 die BELOFTE van ‘n GROOT PROFEET waar Moses sê:  “’n PROFEET uit jou midde, uit jou broers, soos ek (Moses) is, sal YHVH jou God vir jou verwek, na HOM MOET julle LUISTER – net soos jy van YHVH jou God by Horeb (ook genoem Berg Sinai) gevra het toe jy op DIE DAG van die VERGADERING gesê het: Ek kan die STEM van YHVH my God nie langer hoor en hierdie groot vuur nie meer sien nie, anders sterf ek (hier word verwys na Eksodus 20:19 toe die volk die WET van GOD met die TIEN GEBOOIE as opsomming daarvaan op kliptafels geskryf, ontvang het). Toe het YHVH vir my (Moses) gesê: Dit is goed wat hulle gespreek het. ‘n PROFEET sal EK vir hulle verwek uit die midde van hulle broers (ons weet Yeshua is gebore in die lyn van koning David, in die Stam van Juda), soos jy is (Moses was uit die Stam van Levi), en EK sal MY WOORDE in SY MOND lê, en HY sal aan hulle sê ALLES WAT EK HOM BEVEEL. En die man wat NIE LUISTER NA MY WOORDE wat HY in MY NAAM SPREEK nie, van hom sal EK SELF REKENSKAP (verantwoording, aanspreeklikheid, verduideliking van optrede) afeis. ”

  • En die vervulling daarvan is opgeteken in Johannes 1:35-52 waarin ons lees van die EERSTE DISSIPELS van YESHUA. ANDREAS, die broer van Simon Petrus was een van die twee dissipels van Johannes die Doper wat van hom af van Yeshua die Lam van God gehoor het en Hom GEVOLG het. En ons lees vanaf vers 42-46Hy (Andreas) het eers sy eie broer Simon (Petrus) gekry en vir hom gesê: Ons het die MESSIAS (wat beteken GESALFDE) GEVIND (lees ook Psalm 2:2) – En hy (Andreas) het hom (vir Petrus) na Yeshua gelei. Toe kyk Yeshua na hom en sê: Jy is SIMON, die seun van Jona; jy sal genoem word CEFAS (Kefa in Hebreeus wat beteken rots of klip), en in ons vertalings word gesê: Petrus. Die volgende dag wou Yeshua na Galiléa vertrek en Hy het FILIPPUS gekry en vir hom gesê: VOLG MY. En Filippus was van BETSÁIDA (‘n klein dorpie geleë aan die See van Galilea), uit die stad van Andreas en Petrus. Fillippus het NATÁNEAL gekry en vir hom gesê: ONS HET HOM GEVIND VAN WIE MOSES IN DIE WET (die Torah, Genesis tot Deuternomium opgeteken in opdrag van YHVH volgens Deuternomium 32:24-26) EN DIE PROFETE GESKRYWE HET: YESHUA, DIE Seun van Josef van Nasaret (Lees Lukas 24:27, Johannes 4:25 en Handelinge 3:22-26)”.
  • Yeshua self BEVESTIG dit na Sy opstanding aan twee mans oppad na Emmaüs in Lukas 24:13-35. Hulle herken Hom nie dadelik nie en praat met Hom oor Yeshua, die Nasaréner wat hulle ook ‘n PROFEET noem, KRAGTIG IN WERK en WOORD voor God (die Vader) en die HELE VOLK (Israel) wat oorgelewer is deur hulle (die Jode se) owerpriestes (hoëpriester) en owerstes (aanvoerders/ hoofde) tot die DOODSTRAF en HOM GEKRUISIG het. En Yeshua sê vir hulle in Lukas 24:25-27 “…o, ONVERSTANDIGES (mense sonder begrip en insig), met HARTE wat TRAAG is om te GLO ALLES wat die PROFETE GESPREEK HET! Moes die Messias nie hierdie dinge ly en in SY HEERLIKHEID ingaan nie? (Lees ook Lukas 24:7, 44 en 46). En HY HET BEGIN van MOSES (dus Genesis tot Deuternomium) en AL DIE PROFETE af en vir hulle uitgelê in AL DIE SKRIFTE DIE DINGE WAT OP HOM BETREKKING HET.”

DEEL 13: YESHUA DIE MESSIAS SE ROL AS PRIESTER

Ons lees profesieë in die Ou Testament oor YESHUA die MESSIAS se rol as PRIESTER en die VERVULLING daarvan in die Nuwe Testament.

In die Nelson’s Foundational Bible Dictionary lees ons die volgende oor:

Die PRIESTERS: Voor die instelling van die LEVITIESE PRIESTER ORDE gedurende die tyd van Moses, was die FUNKSIES van ‘n PRIESTER uigevoer deur INDIVIDUE  soos byvoorbeeld Adam en Eva se twee seuns Kain en Abel. Die HOOF van ‘n GROEP mense of FAMILIE was dus beskou as die PRIESTER, soos in die geval van die aardsvaders (die hoofde van die TWAALF STAMME). Tydens die uittog uit Egipte by die Berg Sinai is die STAM van LEVI uitgesonder deur YHVH om die ROL as PRIESTERS te vervul in die TABERNAKEL. The LEVIETE was die afstammelige van Jakob en Lea se derde seun Levi. Moses en Äaron was gebore vanuit die Stam van Levi (lees Eksodus 6:16-19). Moses het in opdrag van YHVH sy broer Äaron gewy (aan God toegewy/ geheilig/ afgesonder vir diens aan Hom) as die EERSTE HOËPRIESTER van ISRAEL. En die HOOFPRIESTERSKAP is in die familie van Äaron voortgesit van geslag tot geslag (lees Eksodus 28:1, 40:12-15).

In die LEVITIESE PRIESTER ORDE kon mans uit die stam van Levi op 20 jarige ouderdom begin deel neem aan dienste en op 30 jarige ouderdom het hulle gekwalifiseer om die volle diens by die Tabernakel te doen. Lees Numeri 4:3, 1 Kronieke 23:3-5, 24 en 28:31. Dit is ook interessant dat ons BEVESTIGING kry in die Nuwe Testament dat Yeshua, alhoewel Hy nie van die Stam van Levi was nie, maar van die Stam van Juda, Sy openbare BEDIENING begin het, nadat Hy toegewy is aan God die Vader deur die DOOP en so gevul is met die Heilige Gees en vir 40 dae in die woestyn GETOETS is, toe Hy 30 jaar oud was (lees Lukas 3:23).

Die HOËPRIESTER was VERANTWOORDELIK om toe te sien dat die PRIESTERS al hulle take uitvoer (lees 2 Kronieke 19:11). Sy belangrikste taak het jaarliks plaasgeind op die DAG VAN VERSOENING (Fees 6 van YHVH soos opgeteken in Levitikus 23:26-32). Op hierdie dag het hy die ALLERHEILIGSTE GEDEELTE van die TABERNAKEL binne gegaan en eers ‘n bloed offer gebring vir sy EIE SONDES en daarna vir die SONDES van die VOLK vir die AFGELOPE JAAR. (lees Eksodus 30:10). Hy het dus opgetree as die MEDIATOR (TUSSENGANGER/ MIDDELAAR) tussen die VOLK en GOD. In die NUWE TESTAMENT is daar verwys na die hoëprister as die HOOF of LEIER van die mense (lees Handelinge 23:4-5). En hy was die VOORSITTER van die SANHEDRIN. Dit is die Joodse Raad wat gedien het as die HOOGSTE GESAG van die Jode (die Suidryk bestaande uit die stamme van Juda en Benjamin). Let wel die Joodse Raad is NIE ‘n instelling wat in opdrag van YHVH se WOORD geskep is nie, en dit is hierdie RAAD wat ‘n prominente rol gespeel het in die VERHOOR, VALS GETUIENIS en DOODSTRAF van YESHUA die MESSIAS asook dikwels die DISSIPELS en APOSTELS van Yeshua vervolg het. Lees Mattheus 26:57-59.

Ons lees in Psalm 110:4 “YHVH het gesweer (’n EED afgelê), en dit sal Hom nie berou nie (Hy sal nie spyt wees daaroor nie, die NLV sê: Hy sal dit NIE herroep nie): U is PRIESTER vir EWIG volgens die ORDE van MELGISEDEK.” Dit word bevestig in die Nuwe Testament in Hebreërs 5:6 asook 6:20 dat YESHUA die MESSIAS hierdie EWIGE PRIESTER IN DIE ORDE VAN MELGISEDEK IS.

  • Ons lees die eerste keer van MELGISEDEK in Genesis 14:18 nadat Abram sy neef Lot wat as gevangene weggevoer is, gered het, by sy terugkoms vir MELGISEDEK ontmoet, die koning van SALEM (die woord SALEM is soortgelyk aan die Hebreeuse word SHALOM wat beteken VREDE, GESONDHEID, INTEGRITEIT en HEELHEID en is ook ‘n verwysing na die stad JERUSALEM). MELGISEDEK word beskryf as ‘n PRIESTER van God, die Allerhoogste, wat BROOD en WYN gebring het en vir Abram GESEËN het en waarvoor Abram ‘n TIENDE VAN ALLES gegee het. 
  • Die skrywer van die Boek Hebreërs in die Nuwe Testament verduidelik dat die PRIESTERSKAP VAN MELGISEDEK ‘n tipe van die EWIGE PRIESTERSKAP van die MESSIAS is. Lees Hebreërs 6:13-20 tot Hebreërs 7:28. In hierdie teks gedeeltes word verduideik dat YESHUA, die MESSIAS VOLGENS DIE ORDE VAN MELGISEDEK ‘n HOËPRIESTER geword het VIR EWIG en as VOORLOPER vir ons INGEGAAN het TOT BINNEKANT DIE VOORHANGSEL (d.w.s tot in die ALLERHEILIGSTE gedeelte van die Tabernakel/ Tempel waar God die Vader is). Melgisedek word beskryf as: koning VAN DIE GEREGTIGHEID en koning van Salem, DIT IS koning VAN VREDE; sonder vader, sonder moeder, sonder geslagregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar GELYKGESTEL AAN DIE SEUN VAN GOD, bly hy PRIESTER altyddeur. 
  • Die skrywer van Hebreërs verduidelik verder in hoofstuk 8, as daar VOLKOMENHEID (volmaaktheid) deur die LEVITIESE PRIESTERSKAP was (dit verwys na die bereiking van die doel van VERSOENING deur die diere offerstelsel om vrede te maak met God die Vader) sou dit nie nodig gewees het dat ‘n ANDER PRIESTER MOES OPSTAAN VOLGENS DIE ORDE VAN MELGISEDEK nie. En dan word die antwoord gegee: Want met VERANDERING van die PRIESTERSKAP is dit ook NOODSAAKLIK dat daar ‘n VERANDERING van die WET (die Torah) kom (hier word verwys na die verandering van PIESTERORDE van die LEVITIESE PRIESTERORDE na die MELGISEDEK PRIESTERORDE asook die verandeirng van die OFFERSTELSELYeshua die Messias, die Lam van God die Vader was die VOLMAAKTE offer vir eens en vir altyd wat die onvolmaakte diere offers wat jaar na jaar gebring moes word vervang het. Maar die Messias het nie vanuit die STAM van LEVI voortgespruit nie maar vanuit die STAM van JUDA, en Moses niks gesê van hierdie PRIESTERKSKAP in die TORAH nie. YESHUA ons MESSIAS wat beskryf word as die EWEBEELD van MELGISEDEK,  word dan die HOËPRIESTER, NIE KRAGTENS DIE WET (die TORAH) nie, maar deur die KRAG van die ONVERNIETIGBARE LEWE. Dit beteken Yeshua die Messias leef  VIR ALTYD en hoef nie vervang te word nie soos wat dit nodig was met die LEVIETIESE HOOFPRIESTERS wat gesterf het en vervang moes word deur ‘n nuwe HOOFPRIESTER nie. Yeshua die Messias se posisie as HOOFPRIESTER is dus PERMANENT. 

Daarom moes die LEVIETIESE PRIESTERORDE dus met die koms van YESHUA die MESSIAS vir DRIE REDES opgehef word:

EERSTENS omdat DIERE OFFERS TYDELIK en ONVOLMAAK was om vir die mens se sondes versoening met God die Vader te doen en jaar na jaar herhaal moes word.

En TWEEDENS was die LEVIETIESE HOËPRIESTERS gewone sondige mense wat eers vir hulle eie sondes moes versoening doen voordat hulle vir die volk se sondes versoening kon doen.

En DERDENS kon die LEVIETIESE HOËPRIESTER nie sy posisie hou nie omdat hy ‘n sterflike mens was en nadat hy dood is deur ‘n volgende hoëpriester opgevolg moes word. 

YESHUA ons MESSIAS, was:

EERSTENS die LAM van GOD die VADER, wat net EENMAAL GEOFFER is namens die mens.

TWEEDENS was Hy sonder ENIGE SONDE, HEILIG, ONSKULDIG, ONBESMET, VOLKOME GEHOORSAAM AAN DIE VADER tot DIE DOOD TOE.

En DERDENS is HY ONSTERFLIK en dus die HOËPRIESTER in die ORDE van MELGISEDEK wat VIR EWIG vir ons INTREE voor GOD die VADER en daarom by verre ‘n BETER VERBOND as die tydelike en onvolmaakte een wat deur die LEVIETIESE PRIESTERSKAP gekom het.

Daarom het ons vandag die VOORREG om met VRYMOEDIGHEID na God die Vader se TROON VAN GENADE te gaan sodat ons BARMHARTIGHEID (meegevoel) kan verkry en GENADE vind  om op die REGTE TYD GEHELP te word (lees Hebreërs 4:14-15 en 10:19-31). Die TROON VAN GENADE verteenwoordig die VERBONDSARK met die VERSOENDEKSEL bo-op, die “MERCY SEAT” in die ALLERHEILIGTE. Die volle prys vir die sonde is betaal deur Yeshua ons Messias met Sy kosbare bloed, die swaar gordyn wat ons geskei het van Abba Vader is middeldeur geskeur en ons kan nou vryelik tot Hom nader in die Allerheiligste gedeelte waar ons Hom vind.

Ons het dus nou nie meer ‘n menslike priester nodig wat ons skakel met God die Vader is nie. Ons nader Hom deur YESHUA ons MESSIAS die GROOT HOËPRIESTER wat VIR ONS BY GOD DIE VADER INTREE. En ons lees in 1 Timotheus 2:3-6 dat GOD, ons VERLOSSER wil hê dat ALLE MENSE GERED WORD en TOT KENNIS van DIE WAARHEID KOM. Want daar is EEN GOD (die Vader) en EEN MIDDELAAR tussen God en die mense, die mens YESHUA die MESSIAS, wat Homself gegee het as ‘n LOSPRYS VIR ALMAL, as die GETUIENIS op die REGTE TYD,…”

DEEL 14: YESHUA DIE MESSIAS SE ROL AS KONING

Ons gesels oor die profesieë in die Ou Testament oor YESHUA die MESSIAS se rol as KONING en die vervulling daarvan in die Nuwe Testament

Die HAT Woordeboek omskryf ‘n KONING soos volg: ‘n MANLIKE KONING oor ‘n MONARGIE (staat, regering). ‘n Koning hou deur REG (geregtigheid/ om reg aan ander te laat geskied, regverdigheid/ in ooreenstemming met wat reg en onpartydig is, bilikheid) die land in stand (bewaar dit van ondergang en verval/ agteruitgang/ verwaarlosing). Hy is die OPPERSTE GEBIEDER (hoogste regeringsmag/ soewereine gesag/ heerskappy); die BAAS (die besitter/ die eienaar/ die hoof wat bevele en opdragte gee).

So kom ons gesels oor GOD die Vader en Yeshua die Seun se ROL as KONING.

HY IS DIE SKEPPER en KONING van die HEMEL en die AARDE (Lees Genesis 1:1-31, Eksodus 9:29, Deuternomium 10:14, Jesaja 40:22, Psalm 24:1-2 90:2 & 104:1-1-2, Handeinge 14:15 en vele meer).

  • In Johannes 1:1-5 & 14 lees ons dan WIE hierdie SKEPPER GOD van LIG is! In die BEGIN was die WOORD, en die WOORD was by GOD (die Vader), en die WOORD WAS GOD (lees Johannes 17:5 en 1 Johannes 1:1). ALLE DINGE het deur HOM ONTSTAAN en die WOORD het vlees (mens) geword en het onder ons kom woon en ons het SY HEERLKHEID aanskou, ‘n HEERLIKHEID soos van die (hoofletter) EERSGEBORENE wat van die VADER komVOL van GENADE en WAARHEID (lees ook Glasiërs 4:4, 1 Timotheus 3:16 en Hebreërs 2:14 en 11:3).” En Paulus bevestig dit in Efesiërs 3:9 dat GOD die VADER ALLES GESKAPE het deur YESHUA die MESSIAS (lees ook 1 Korinthiërs 8:6, Kolossense 1:15-19 en Hebreërs 1:2 ).

En in Jesaja 9:5 kry ons ‘n mooi opsomming van WIE YESHUA die MESSIAS, die LAM van GOD die VADER is waar ons lees: “Want ‘n (hoofletter) KIND is vir ons GEBORE, ‘n (hoofletter) SEUN is aan ons gegee; en die HEERSKAPPY is op Sy skouer, en HY word genoem: WONDERBAAR (buitengewoon, onbegryplik, onverklaarbaar, lees ook Rigters 13:18), RAADSMAN (Raadgewer), STERKE GOD (ook genoem MAGTIGE GOD), EWIGE VADER (dus bevestiging dat Yeshua ook self die VADER IS!), VREDEVORS (die PRINS van VREDE, in Hebreeus “SAR SHALOM”, wat ook beteken Prins van vrede, rustigheid, veiligheid, gesondheid, tevredenheid, sukses, heelheid en integriteit). 

En in Kolossense 2:9 sê Paulus “Want IN HOM (Yeshua die Messias) WOON AL die VOLHEID van die GODHEID LIGGAMLIK.”  Dit beteken, Yeshua die Messias is die LIGGAAM van GOD die VADER en die HEILIGE GEES (Lees ook Psalm 33:6-9). God is DRIE in EEN, dus is HY GOD die VADER, Yeshua de SEUN en die HEILIGE GEESlees Psalm 104:30, Johannes 1:1-14, 4:24 en 14:9-10 en Efesiërs 4:4-6). Ons lees dus in die WOORD, GOD die VADER SKEP met die KRAG van SY GEES en met SY LIGGAAM YESHUA die MESSIAS (DIE WOORD WAT HY SPREEK OM MEE TE SKEP). Hy is DRIE in EEN (echad in Hebreeus, Deuternomium 6:4). 

  • Hy het die HEMEL ALLEEN UITGESPAN en STAP op die GOLWE van die SEE en die WIND en SEE wat HY GESKEP het LUISTER na SY STEM! En ELKE LEWENDE WESE insluitend ELKE MENSE TONG (met ander WOORDE, ELKE MENS wat HY GESKEP het en wat dus deur die eeue geleef het sal eendag OPSTAAN) en ERKEN en VERKLAAR dat HY DIE SKEPPER IS (lees Job 9:8, Psalm 77:19-20, Mattheus 8:23-27 en Mattheus 28:18, Markus 4:39-41, Lukas 8:22-25, Fillipense 2:9-11 en Openbaring 5:3 en 13). 
  • Openbaring 4 gaan oor Johannes se visioen van die TROON van God en in vers 9-11 gee die lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge aan Hom wat op die TROON sit eer en sê: “U is WAARDIG, o YHVH, om te ontvang die HEERLIKHEID en die EER en die KRAG, want U het ALLES GESKAPE en deur U WIL BESTAAN hulle en is hulle GESKAPE.” Lees ook Openbaring 10:6 en 14:7. 
  • Hy SKEP in SES DAE die LIG, die UITPSANSEL wat die hemel en water skei, die DROËE GROND, GRAS, PLANTE wat SAAD gee en BOME wat VRUGTE dra waarin SAAD is, dan maak HY LIGTE aan die UITSPANSEL, die SON, MAAN en STERRE en daarna LEWENDE WESENS op die AARDE – DIERE: VEE KRUIPENDE DIERE en WILDE DIERE, VISSE en VOËLS. En dan SKEP HY die KROON van SY SKEPPING, DIE MENS na SY DRIE ENIGE BEELD (wat soos Hy lyk) en na SY DRIE ENIGE GELYKENIS (Sy voorbeeld) en hy gee OPDRAG dat die mens oor SY SKEPPING HEERS (meester/ baas/ hoof/ meerdere/ leermeester wees, gesag uitoefen) oor die VISSE, VOËLS, VEE en AL die KRUIPENDE DIERE. En God het hulle MAN en VROU (Lees ook Yeshua se woorde hieroor in Mattheus 19:4 en Markus 10:6). En hulle word GESEËN en kry OPDRAG om VRUGBAAR te wees en te VERMEERDER en die AARDE te vul, dit te ONDERWERP (onder hulle gesag te bring) en daaroor te HEERS. 

Ons lees in Genesis 2:7 meer detail oor die skepping van die mensEn YHVH (die Vader) het die mens GEFORMEER (gevorm, geskep, voortgebring) uit die STOF van die AARDE (dit beteken vanuit dieselfde elemente as waarmee Hy die aarde gevorm het, lees ook Genesis 3:19 & 23, Prediker 12:7 en 1 Korinthiërs 15:47) en in sy neus die ASEM VAN DIE LEWE GEBLAAS (lees Genesis 7:22 en 1 Korinthiërs 15:45). Ons sien ook later BEVESTIGING van Yeshua die Messias, na Sy OPSTANDING, in Johannes 20:22 dat Hy hierdie SKEPPERGOD, ‘n LEWEMAKENDE (hoofletter) GEES is soos wat Paulus Hom in 1 Korinthiërs 15:45 noem, wanneer HY BLAAS oor die DISSIPELS en sê: “…Ontvang die HEILIGE GEES (lees ook Jesaja 42:5, Job 33:4, Johannes 5:21, 6:33, 39, 40, 54 en 57).”

Ons word dus in SY BEELD en GELYKENIS ook as DRIE GESKEP. Paulus verduidelik dit later in 1 Thessalonisense 5:23 dat die mens bestaan uit ‘n gees, siel (gedagtes, emosies en vrye wil) en ‘n liggaam en dat AL DRIE bewaar moet word tot en met die WEDERKOMS van ons MEESTER YESHUA die MESSIAS. Lees ook Hebreërs 4:12 waarin aangedui word dat die WOORD van God LEWEND en KRAGTIG is en SKERPER as enige tweesnydende swaard is wat kan deurdring tot die siel (gedagtes en hart) en gees en gewrigte en murg (die liggaam) van die mens (Lees ook Jesaja 44:24, 45:12 & 18 en 51:13).

  • In Handelinge 17:24-31 verduidelik Paulus aan die Atheners (die Grieke in Athene): Die GOD wat die WÊRELD (die AARDE) gemaak het en ALLES wat daarin is, Hy wat YHVH van HEMEL en AARDE is, woon NIE in tempels met hande gemaak nie, ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat HY SELF aan ALMAL LEWE en ASEM en ALLES GEE. En Hy het uit EEN BLOED AL die NASIES van die MENSDOM GEMAAK om oor AL DIE AARDE (die hele aarde) te WOON, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het (hier verwys Paulus na Genesis hoofstuk 9 en 10), sodat hulle YHVH kon SOEK, of hulle Hom nie miskien kon AANRAAK en VIND, al is Hy nie ver van ELKEEN van ons nie; want IN HOM LEWE ons, BEWEEG ons en IS ons; want ons is ook Sy geslag (nageslag/ mense wat uit een stam ouer voortspruit, voor die vloed Adam en na die Vloed uit Noag se drie seuns Sem, Gam en Jafet – lees Genesis 5, 9 en 10). As ons dan die GESLAG (die mense) van God is, moet ons NIE dink dat die GODHEID (die Opperwese van God) aan GOUD of SILVER of STEEN, die BEELDWERK van MENSLIKE KUNS en UITVINDING, gelyk is nie. God het dan die tye van ONKUNDE oorgesien en VERKONDIG nou aan AL DIE MENSE ORAL dat hulle hul MOET BEKEER (‘n verandering van hart en gedagte ondergaan, tot bekering kom) omdat HY ‘n DAG bepaal het waarop HY die wêreld in GEREGTIGHEID sal OORDEEL deur ‘n (hoofletter) MAN wat Hy aangesel het, en Hy het hiervan aan ALMAL sekerheid gegee deur Hom uit die dood op te wek (so hier praat Paulus van Yeshua die Messias se opstanding na Sy kruisiging en die oordeelsdag en Groot Wit Troon Oordeel waarvan ons lees in Openbaring 20).“

In Maleagi 2:10 word ook bevestig dat ons ALMAL EEN (hoofletter) VADER het en deur EEN GOD GESKAPE is.

In Romeine 1:19-20 verduidelik Paulus dat mense GOD kan KEN want Hy, alhoewel ONSIGBAAR, kan in SY SKEPPING van die wêreld (die AARDE) in SY WERKE VERSTAAN en DUIDELIK GESIEN word, naamlik SY EWIGE KRAG en GODDELIKHEID (die aard en natuur van God), sodat hulle GEEN verontskuldiging het nie.” (Lees ook Romeine 11:36, Galsiërs 1:5, 2 Timotheus 4:18 en Hebreërs 3:4).

  • En ons lees in Genesis 2:1-3 op die SEWENDE DAG het GOD SY WERK VOLTOOI wat Hy gemaak het en HY HET GERUS van AL SY WERK. En God het die SEWENDE DAG GESEËN en dit GEHEILIG (dit afgesonder vir Hom). Ons lees later in Eksodus 20:11 word dit ingestel as DIE VIERDE GEBOD van die TIEN GEBOOIE. En in Eksodus 31:16-17 lees ons: “En die KINDERS van ISRAEL (let wel: nie net Juda en Benjamin vandag bekend as die JODE nie, maar AL TWAALF STAMME van ISRAEL sowel as mense van GEMENGDE BLOED/ VREEMDELINGE / NIE-ISRAELIETE wat saam met hulle uit Egipte getrek het volgens Exodus 12:38) moet die SABBAT onderhou (laat voortduur, in stand hou) deur die SABBAT te vier (feestelik te herdenk/ met vrolikheid te hou, met opgeruimdheid te geniet) in hulle geslagte as ‘n EWIGE VERBOND (ooreenkoms). Tussen MY en die KINDERS van ISRAEL is dit VIR EWIG ‘n TEKEN; want in SES DAE het YHVH die HEMEL en die AARDE gemaak, maar op die SEWENDE DAG het HY GERUS en HOM VERKWIK (verfris, opgebeur, nuwe krag gegee, nuwe moed gegee).Lees ook Esegiël 20:12 & 20.

En ons lees in Levitikus 23:1-4 dat ISRAEL (let wel: nie net Juda en Benjamin vandag bekend as die JODE nie, maar AL TWAALF STAMME van ISRAEL sowel as mense van GEMENGDE BLOED/ VREEMDELINGE / NIE-ISRAELIETE wat saam met hulle uit Egipte getrek het volgens Exodus 12:38, later verduidelik Paulus dat ALLE GELOWIGES in Yeshua die Messias inent op die BOOM van ISRAEL, lees Romeine 11:17) opdrag kry om die SEWENDE DAG RUS, die SABBAT te vier as ‘n WEEKLIKE FEES van YHVH. Dit is volgehou deur die dissipels – lees Lukas 23:56.

  • En YESHUA BEVESTIG in Markus 2:27-28 “Die SABBAT is GEMAAK vir die mens (om te rus en ons te verkwik, verfris, op te beur, nuwe krag te gee, nuwe moed te gee) nie die mens vir die SABBAT nie. Daarom is die SEUN van die mens, MEESTER (eienaar, besitter) van die SABBAT.” Hy het dit ingestel, dit BEHOORT aan HOM en dit is GEGEE aan ons as ‘n GESKENK om te RUS en in SY TEENWOORDIGHEID te GENIET en VERKWIK te word (verfris, nuwe moed en krag te kry vir die nuwe week wat voorlê)!

In Deuternomium 10:17 lees ons reeds YHVH is die GOD van die (kleinletter) gode en die YHVH van die (kleinletter) here/ meesters; die GROTE, MAGTIGE en GEDUGTE GOD (wat ontsag/ eerbied teenoor ‘n meerdere inboesem/ inskerp)…” En ons lees ook in Psalm 89:12 HY IS DIE MEESTER (die hoof/ meerdere) van die (kleinletter) meesters en die KONING van die (kleinletter) konings. Hierdie woorde word ook gebruik wanneer ons in Openbaring 19:11-16 lees oor die WEDERKOMS van YESHUA wanneer Hy kom om as KONING oor die DUISEND JARIGE VREDESRYK te HEERS. Lees ook 1 Kronieke 16:26, Daniel 2:47, Maleagi 1:14, Psalm 2:9, 45 en 95:3-7,  Mattheus 6:9-13, 1 Timotheus 1:1, Hebreërs 1:8 en Openbaring 2:26-27 en 17:14 en nog vele ander gedeeltes in die Woord. 

Ons lees in Jesaja 44:6 “So sê YHVH, die KONING VAN ISRAEL, en SY LOSSER (die EEN wat hulle loskoop/ bevry), YHVH van die LEERSKARE: Ek is die EERSTE (die Alef in Hebreeus waarvan die piktograaf/ prentjie ‘n OS is en die betekenis: is KRAG en LEIER/ VOORGANGER/ AANVOERDER), en Ek is die LAASTE (die TAV in Hebreeus waarvan die piktograaf/ prentjie ‘n KRUIS is en die betekenis is: MERK, TEKEN/ VERBOND), en BUITEN MY is daar GEEN GOD NIE.” Ons lees ook in Openbaring 1:8 bevestig Yeshua die Messias: “Ek is die ALFA (die ALEF) en die OMEGA (die TAV),…wat IS en wat WAS en wat KOM, die ALMAGTIGE.” En in Hebreërs 13:8 lees onsYeshua die Messias is GISTER en VANDAG DIESELFDE tot in EWIGHEID.” Lees ook Openbaring 1:11 en 17.

Ons lees in 1 Korinthiërs 15:24-28 in terme van SY TWEEDE KOMS Yeshua die Messias moet HEERS totdat al die VYANDE van GOD, waarvan die LAASTE EEN DIE DOOD IS, aan Sy voete onderhewig is en daarna sal Hy Homself ook ONDERWERP aan GOD DIE VADER. En ons sien in Openbaring 21:22-23 en hoofstuk 22:1-5, God die Vader en Yeshua die Lam sal tot in EWIGHEID saam HEERS, want hulle is EEN maar Yeshua die Messias (as die sigbare en nou VERHEERLIKTE liggaam van God die Vader) sal ALTYD ondehewig wees aan die GESAG van GOD die VADER (wat GEES is volgens Johannes 4:24). Lees ook Johannes 14:28 waar Yeshua verduidelik dat die Vader GROTER is as Hy.

1 Kronieke 29:11-12 bid David die volgende gebed voor sy dood: “Aan U, YHVH, kom toe die GROOTHEID en die MAG en die HEERLIKHEID en die ROEM (lof en eer) en die MAJESTEIT (HEERSKAPPY/ KONINGSKAP), ja ALLES in HEMEL en op AARDE; aan U, YHVH, kom toe die KONINGSKAP en die SELFVERHOGING (die GROOTHEID) as HOOF oor ALLES. En die RYKDOM en die EER kom van U, en U HEERS OOR ALLES; en in U HAND is KRAG en MAG, en in U HAND is dit om ALLES GROOT en STERK te maak.” Lees ook bevestiging hiervan in die Nuwe Testament in Kolossense 1:3-22.

GOD (die Vader, Yeshua die Seun en die Heilige Gees) is dus ONGETWYFELD die EIENAAR en KONING (REGEERDER) van die HEMEL en die AARDE.

He-Brews-Coffee-Roastery-Logo

Stay In Touch