13 Mei 2026 Ons is gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (die…
DIE WAARHEID oor die KRUISIGING en die SIMBOOL van die KRUIS: OPSOMMING van DEEL 7-9, DIE BOEK LEVITIKUS, NUMERI & DEUTERNOMIUM
11 Februarie 2026
Ons is klaar met ons studie oor die KRUIS en die KRUSIGING van YESHUA ons MESSIAS, maar ons is besig met die OPSOMMING van die 27 gedeeltes van ongeveer 300 bladsye om DUIDLEIKE PRENTJIE te kan vorm oor wat die WOORD vir ons sê oor hierdie BELANGRIKE onderwerp. Al 27 dele is beskikbaar onder Afrikaanse Boodskappe indien jy weer na die detail van ‘n gedeelte wou gaan kyk. Ons fokus vandag op DEEL 7-9
Die Teks gedeeltes wat in hierdie boodskappe aangehaal word kom hoofsaaklik vanuit die 1933 vertaling in Afrikaans. Verder word die HEBREEUSE LETTERS vir die NAAM van God die Vader soos aangedui in die oorspronklike vertalings as YHVH (Yod-Heh-Vav-Heh) gebruik waar die woord HERE in hoofletter in ons AFRIKAANSE BYBEL VERTALINGS voorkom. Die rede hiervoor is dat daar onsekerheid heers oor die uitspraak van die Naam van God die Vader omdat die klinkers in die Hebreeuse geskrifte weggelaat is weens vrees vir die misbruik van Sy Naam en gevolglike oortreding van die derde gebod van God. Ons verwys ook na Hom as Abba Vader en die Hebreeuse vertaling Yeshua die Messias word gebruik, in plaas van die Afrikaanse Bybel vertalings van Sy Naam, Jesus Christus wat uit die Grieks vertaal is.
DEEL 7: LEVITIKUS
Die DOEL van die BOEK LEVITIKUS is om:
- Instruksies te gee aan ISRAEL oor die HEILIGE LEWE wat God verwag van dié wat HOM AANBID, en
- Om instruksies te gee aan die LEVIETIESE PRIESTERORDE oor die uitvoering van hulle ampte, en
- Om profetiese illustrasies of tipes te gee van die REDDER wat sou kom en wat HY SAL DOEN.
Ons lees in Levitikus hoofstuk 1-7:
RIGLYNE VIR DIE REGTE WYSE OM TOT YHVH AS HEILIGE GOD TE NADER
Die BRANDOFFERALTAAR en die OFFERSTELSEL is UITBEELDINGS en PRENTJIES wat ons help om ons REDDING en ons VERHOUDING met ABBA VADER te verstaan.
Die BYBEL in PRAKTYK verduidelik: in Levitikus hoofstuk 1 tot 7 word ‘n lys gegee van die BELANGRIKSTE OFFERS wat die ISRAELIETE volgens GOD se VOORSKRIFTE aan HOM MOES BRING. Die offers genoem in hoofstuk 1-5 was die vrywillige en verpligte OFFERS wat die VOLK aan HOM moes bring. En in hoofstuk 6-7 is SPESIFIEKE VOORSKRIFTE hoe die PRIESTERS die offers moes hanteer.
Die OFFERS was vir TWEE REDES BEDOEL:
EERSTENS: OM VERGIFNIS VAN GOD TE ONTVANG VIR OORTREDINGS WAT TEEN HOM BEGAAN IS, en
TWEEDENS: OM DIE VERHOUDING MET GOD TE HERSTEL EN IN STAND TE HOU.
Vir die GELOWIGE is die VOLMAAKTE en FINALE OFFER gebring toe YESHUA DIE MESSIAS aan DIE KRUIS vir ons SONDES die VOLLE PRYS BETAAL HET en Hy DIE wat AAN HOM BEHOORT (omdat hulle hierdie vol prys in geloof in Hom as hulle Messias aanvaar het), met GOD DIE VADER VERSOEN HET.
Die VERKSILLENDE OFFERS het dan ELKEEN ‘n SPESIFIEKE DOEL en BETEKENIS naamlik:
1). DIE BRANDOFFER (Levitikus hoofstuk 1)
Dit was ‘n VRYWILLIGE OFFER wat deur ENIGE PERSOON gebring kon word wat UITDRUKKING wou gee aan sy of haar VERBINTENIS met GOD met die DOEL om GOD se GUNS te SOEK. DIE OFFER was ‘n AANDUIDING van ‘n PERSOON se LIEFDE VIR GOD.
Ons lees in Levitikus 1:5 dat hule die offer voor die aangesig van YHVH moes slag, en die PRIESTERS moes die BLOED bring en die BLOED rondom teen die ALTAAR UITGOOI wat by die INGANG van die TENT van SAMEKOMS is.
In Hebreërs 12:24 word dit BEVESTIG dat YESHUA die MESSIAS die MIDDELAAR is van die NUWE TESTAMENT en SY BLOED van BESPRINKELING wat van beter dinge spreek as Abel (dit beteken Yeshua ons Messias se bloed spreek VERGIFNIS uit oor die sondaars, die mensdom, selfs die wat Hom gekruisig het, lees Lukas 23:24, terwyl ABEL se bloed uitgeroep het na VERGELDING van die moord op hom, Genesis 4:10). HIERDIE BESPRINKELING dui op die BLOED wat gesprinkel moes word op die VERSOENDEKSEL genoem die MERCY SEAT in Engels, die GENADETROON van God die Vader (lees Hebreërs 4:16). Dit was vir duisende jare gedoen met die bloed van diereoffers, maar nou is DIE KOSBARE BLOED van YESHUA ons MESSIAS as die FINALE PRYS BETAAL vir ons sondes GESPRINKEL op die VERSOENDEKSEL van DIE VERBONDSARK in die ALLERHEILIGSTE in die TROONKAMER van GOD DIE VADER in die HEMEL (lees ook Hebreërs hoofstuk 9 , 1 Petrus 1:2 en Openbaring 11:19).
2). DIE GRAANOFFER, ook genoem die SPYSOFFER (Levitikus hoofstuk 2)
Dit was ook ‘n VRYWILLIGE OFFER wat deur ENIGE PERSOON gebring kon word, veral die wat nie ‘n BRANDOFFER kon bekostig nie en wat hulle TOEWYDING aan God wou BEWYS en ERKEN dat die KOS wat hulle het deur HOM VOORSIEN word. Hierdeur het hulle dus hulle DANKBAARHEID en GEHOORSAAMHEID aan YHVH op ‘n TASBARE WYSE GETOON.
Hierdie SPYSOFFERS mag egter geen SUURDEEG bevat het nie. Ons lees in Levitikus 2:11 “Geen spysoffer wat julle aan YHVH bring, mag van iets wat INGESUUR is, berei word nie; want van GEEN SUURDEEG of HEUNING mag julle vir YHVH ‘n VUUROFFER bring nie.”
So wat is die BETEKENIS van SUURDEEG in die WOORD:
- In Mattheus 16 verduidelik Yeshua die Messias SUURDEEG as MENSLIKE LEERSTELLINGS van die Saduseërs en Fariseërs.
- In Markus 8:15 verduidleik Yeshua SUURDEEG as die REDETWIS (woordstryde, argumente) en ‘n soeke na TEKENS of BEWYSSTUKKE van die Fariseërs en Herodes voordat hulle wou glo.
- In Lukas 12:1 waarsku Hy teen die SUURDEEG van GEVEINSDHEID (skynheiligheid, valsheid) van die Fariseërs.
- In 1 Korinthiers 5:7-8 waarsku Paulus die gemeentelede van Korinthe dat ‘n BIETJIE SUURDEEG die HELE DEUG SUURMAAK. En hy sê aan hulle: “SUIWER dan die OU SUURDEEG uit, sodat julle inderdaat ONGESUURD is – want ook ons PAASLAM is vir ons gelsag, naamlik DIE MESSIAS. Laat ons dan FEESVIER (hier ‘n duidleike verwysing na die PASGA en FEES VAN ONGESUURDE BROOD van YHVH soos beskryf in Levitikus 23:5-14), nie met die OU SUURDEEG van ONDEUG (sedeloosheid, losbandigheid) en BOOSHEID nie, maar met die ONGESUURDE BRODE van REINHEID en WAARHEID.
- In Galasiërs 5 en spesifiek vers 9 en 14 praat Paulus oor SUURDEEG as VALS LEERSTELLINGS oor die BESNYDENIS verses GEHOORSAAMHEID aan DIE LIEFDESWET van GOD die VADER naamlik om jou NAASTE so LIEF te HÊ soos JOUSELF (dit verteenwoordig die laaste ses gebooie van die TIEN GEBOOIE). Paulus haal Levitikus 19:18 hier aan. Lees ook Romeine 13:8-14. Lees ook Yeshua ons Messias se woorde oor die LIEFDE vir GOD die VADER BO ALLES (met jou hele SIEL, jou HELE HART en jou HELE VERSTAND) en jou NAASTE (ander mense) soos JOUSELF, as die OPSOMMING van die TORAH (Genesis tot Deuternomium) in die TIEN GEBOOIE en inderdaat die BELANGRIKSTE DEEL van DIE WOORD VAN YHVH in Mattheus 22:36-40.
3). DIE MAALTYDOFFER ook genoem DIE DANKOFFER (Levitikus hoofstuk 3)
Dit was ook ‘n VRYWILLIGE OFFER wat deur ENIGE PERSOON gebring kon word, wat SAAM met die PRIESTER en sy GESIN aan die FEESTELIKE MAALTYD DEELNEEM om DANKBAARHEID aan GOD te betuig en saam met Hom tyd te spandeer. Hierdeur het hulle EER aan God gegee deur met VREUGDE tyd saam met Hom te bestee in SY HEILIGDOM.
En ons lees in Levitikus 3:17 die DUIDELIKE OPDRAG wat ‘n EWIGE INSETTING is dat GEEN VET en GEEN BLOED GEËET MAG WORD NIE.
Ons sien die REDE hiervoor in Genesis 9:4 waarin God vir Noag na die vloed sê: “Net die VLEIS met SY SIEL (ander Skrif weergawes praat van SY LEWE IN), met SY BLOED, mag julle nie eet nie.”
En in Levitikus 7:22-26 lees ons die KINDERS van ISRAEL mag GEEN VET van ‘n BEES of SKAAP of BOK eet waarvan hulle VUUROFFERS vir YHVH bring nie en geen BLOED van enige voëls of diere of enige iets anders nie.
In Levitikus 17:11 word die REDE weer verduidelik: “Want die SIEL van die vlees (lewende wesens) is IN DIE BLOED, en Ek het dit aan hulle gegee, om vir julle SIELE VERSOENING te DOEN, want die BLOED bewerk VERSOENING deur die SIEL. En ons lees weer in vers 14: “…want wat die SIEL van ALLE VLEES (alle lewende wesens) aangaan, SY BLOED IS MET SY SIEL VERBIND.” Ek dink ons almal verstaan dat ONS BLOED verband hou met LEWE – sonder BLOED kan geen mens of dier lewe nie. Lees ook Deuternomium 12:16 & 23 en 15:23. En ons sien bevestiging hiervan in Handelinge 15:20 & 29 dat dit steeds vir GELOWIGES gegeld het in die Nuwe Testamentiese tyd. Hulle moes hulle WEERHOU van die inneem van BLOED.
4). DIE SONDE OFFER (Levitikus hoofstuk 4)
Dit was ‘n VERPLIGTE OFFER wat deur die PRIESTERS gebring moes word, om VERGIFNIS te VERKRY vir mense van SONDES WAT NIE DOELBEWUS GEDOEN is nie, soos sondes van ONVERSKILLIGHEID, NALATIGHEID of ONREINHEID. Dit het die VERHOUDING met GOD HERSTEL en die mens weer aanneemlik vir God gemaak.
Ons lees in Levitikus 4:2 dat hierdie offers nodig was: “As iemand in SWAKHEID SONDIG TEEN EEN VAN ALLE GEBOOIE VAN YHVH en EEN VAN DIE DINGE WAT NIE GEDOEN MAG WORD NIE, TOG DOEN.”
Vir ons is hierdie VERPLIGTE OFFER die aanneming van die SONDE OFFER GEBRING deur ons MESSIAS waardeer die VOLLE PRYS vir ons SODES betaal is en die proses wat ons nou moet deurgaan wanneer ons per ongeluk sondig word SONDEBELYDENIS genoem soos Johannes dit vir ons verduidelik in 1 Johannes 1:1-10.
Let wel daar is GEEN OFFER vir DOELBEWUSTE SONDE (met ander woorde BEPLANDE SONDES, SONDES met VOORBEDAGTE RADE) nadat ons GERED is deur die BLOED van Yeshua die Messias nie. Ons lees in Hebreërs 10:26-31 “Want as ons OPSETLIK SONDIG, nadat ons kennis van die WAARHEID ontvang het, bly daar GEEN offer vir die sondes meer oor nie, maar ‘n VERSKRIKLIKE verwagting van OORDEEL en ‘n VUURGLOED wat die teenstanders (die vyande van YHVH) verteer. As iemand die WET van Moses (die Torah soos opgeskryf deur Moses in opdrag van YHVH) verwerp het, sterf hy sonder ontferming (sonder genade) op die GETUENIS van TWEE of DRIE (mense), HOEVEEL SWAARDER STRAF, dink julle, sal hy (die persoon) VERDIEN wat die SEUN van GOD VERTRAP het en DIE BLOED van die TESTAMENT waardeur hy GEHEILIG is (die Nuwe Verbond gesluit met die BLOED van Yeshua wat ons reining van al ons sondes), onrein geag (dit geminag het) en die HEILIGE GEES gesmaad (skandelik beledig) het? Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die WRAAK toe, Ek sal vergelde, spreek YHVH; en weer: YHVH sal SY VOLK OORDEEL. VREESLIK is dit om te val in die HANDE van die LEWENDE GOD.” Dit is dus uiters belangrik dat ons hiervan moet kennis neem, dit DADELIK voor Abba Vader bely indien ons onkundig was en in DOELBEWUST SONDE volhard het deur MISLEIDING van die Satan en sy bose magte in hierdie wêreld en ONMIDDELIK daarvan wegdraai.
5). DIE SKULDOFFER (Levitikus hoofstuk 5)
Dit was ook n VERPLIGTE OFFER wat deur ‘n persoon gebring moes word, wat bewus was daarvan dat hy ‘n ONREG aan ‘n ANDER PERSOON GEDOEN het wat hy weer GOED moes maak. Die offer moes KOMPENSEER vir die BELEDIGING/ ONREG wat ‘n ander mens aangedoen is.
‘n VOORBEELD hiervan is as jy van jou NAASTE gesteel het of leuens vertel het of hom of haar BEDRIEG het (lees Levitikus 6:1-7). Lees ook Levitikus 19:11 en bevestiging daarvan in die Nuwe Testament in Effesiërs 4:25 en Kolossense 3:9.
Ons lees verder in Levitikus 23 oor
DIE JAARLIKSE FEESTE VAN YHVH
DIE SEWE JAARLIKSE FEESTE van YHVH is UITBEELDINGS en PRENTJIES wat ons help om SY REDDINGSPLAN vir die mens, asook HOE om HEILIG (afgesonderd vir Hom) TE LEWE, te VERSTAAN en te HERKEN as die SMAL WEG, DIE ENIGSTE WEG deur YESHUA ons MESSIAS na HOM.
Ons vind SY VOORSKRIFTE hieroor in Levitikus 23 naamlik:
1). DIE PASGA FEES
Ons lees in Levitikus 23:5 dat dit op die 14de dag van die 1ste MAAND genoem Abib teen die AAND, die PASGA van YHVH is (lees Eksodus 23:15 waar hierdie woord ABIB opgeteken is, genoem AVIV in Hebreeus, wat LENTE beteken en later verander is na Nisan deur die Jode/ die SUIDRYK bestaande uit Judah en Benjamin).
Dit verteenwoordig die PASGA maaltyd wat ons vandag die NAGMAAL noem wat Yeshua saam met Sy dissipels geëet het die aand voordat Hy gevange geneem is (Lees Mattheus 26:17-30, Markus 14:12-25 en Lukas 22:7-23 asook Paulus se viering daarvan saam met die gemeente van Korinte en sy waarksuwings aan hulle in 1 Korinthiërs 11:23-29 om nie op ‘n onwaardige wyse aan hierdie maaltyd deel te neem en so te sondig teen die liggaam en die bloed van Yeshua ons Messias nie want daardeer eet en drink jy ‘n oordeel oor jouself en dan sê hy selfs, dis waarom daar baie swakkes en siekes in die gemeente is en selfs heelwat onder hulle wat reeds oorlede is. Die maand ABIB (AVIV) in ISRAEL is LENTE en val op ons kalender gewoonlik in Maart/April. DIE PASGA is ‘n voorstelling van die KRUISIGING van YESHUA ons MESSIAS. En is reeds vervul. Ons vier dit dus vandag in HERINNERING daaraan en as DEEL van ons JAARLIKSE INOEFENING van ABBA se REDDINGSPLAN om SEKER te maak ons is STEEDS op die SMAL WEG.
Hierdie EERSTE STAP van die REDDINGSPROSES vind EENMALIG in ons LEWENS PLAAS wanneer ons YESHUA as ons MESSIAS as die PASGA LAM aanvaar wat gesterf het in ons plek vir ons sondes as ‘n GESKENK uit GENADE van ons HEMELSE VADER (Lees Efesiërs 2:8-9).
2). DIE FEES VAN ONGESUURDE BRODE
Volgens opdrag van Abba Vader vind dit plaas op die 15de tot die 21ste ABIB vir SEWE DAE – lees Levitikus 23:6-14. Die EERSTE DRIE DAE en DRIE NAGTE verteenwoordig die periode van YESHUA ons MESSIAS in die GRAF as die ONGESUUREDE BROOD – DIE EEN SONDER SONDE. Yeshua ons Messias bevestig die DRIE DAE in Mattheus 12:40, Markus 9:31, Lukas 24:46 en Johannes 2:19. Paulus verduidelik dit in 1 Korinthiërs 15:3-4 waarin hy sê: “Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat die MESSIAS VIR ONS SONDES GESTERF het volgens die SKRIFTE; en dat HY BEGRAWE is, en dat HY op die DERDE DAG opgewek is volgens die SKRIFTE (so hier verwys Paulus na die Ou Testament soos Jesaja 53).
En Paulus gee ook ‘n DUIDELIKE verwysing na die PASGA FEES (1 dag) asook die FEES VAN ONGESUURDE BRODE (7 dae) in 1 Korinthiërs 1:5-7 wat ‘n bewys is dat die GEMEENTE in KORINTE steeds hierdie FEESTE gevier het. En dus kan ons aanneem dat AL die gemeentes dit steeds onderhou het soos wat ABBA VADER ons DUIDELIK beveel in Levitikus 23.
3). EERSTE VRUGTE/ FEES VAN EERSTELINGE
Ons lees hiervan in Levitikus 23:10-11, die EERSTELING GERF van die OES moes na die priester genoem word en voor die aangesig van YHVH beweeg en opglig word NA die dag van die SABBAT (dus op die EERSTE DAG van die WEEK wat dan SONDAG sou wees in ons terme vandag.) Hierdie FEES het plaasgevind aan die begin van die die GARS OES en verteenwoordig die OPSTANDING van Yeshua ons Messias. Ons lees in Mattheus 28:1, Markus 16:1-8, en Lukas 24:1, Hy het VROEG die SONDAGMÔRE, op die EERSTE DAG opgestaan. En Paulus bevestig weereens die vervulling van hierdie fees deur Yeshua ons Messias in 1 Korinthiërs 15:20-23 wanneer hy sê dat die Messias “opgewek is uit die dode; Hy het die EERSTELING geword van die wat ontslaap (gesterf) het. Want aangesien die DOOD deur ‘n mens gekom het, is die OPSTANDING van (uit) die dood ook deur ‘n mens. Want soos almal in Adam sterwe (dit is die EERSTE DOOD wat alle mense sal sterf volgens 1 Korinthiërs 15:22 en Hebreërs 9:27), so sal ook ALMAL in die MESSIAS LEWEND gemaak word; maar ELKEEN in sy eie orde: as EERSTELING (EERSTE VRUG) die MESSIAS, daarna DIE WAT AAN HOM BEHOORT BY SY KOMS (dit is bekend as die EERSTE OPSTANDING volgens Openbaring 20:6).”
4). DIE FEES VAN WEKE OOK GENOEM DIE PINKSTER FEES (wat ons ken as die UITSTORTING van die HEILIGE GEES)
Ons lees die instruksie van ABBA VADER daarvoor in Levitikus 23:15-22 om te tel van die DAG NA die SABBAT (dus vanaf die SONDAG waarop YESHUA die MESSIAS opgestaan het as die EERSTELING), SEWE VOLLE WEKE tot die DAG na die SEWENDE SABBAT moet julle 50 DAE TEL…” Ons sien dus die PINKSERFEES vind plaas 50 DAE NA DIE FEES VAN EERSTE VRUGTE/ EERSTELINGE. En ons sien dan ook die VERVULLING daarvan 50 DAE NA die OPSTANDING van YESHUA ons Messias soos beskryf in Handelinge 1:3 waarin ons lees van die 40 DAE wat Hy op die aarde was voor SY HEMELVAART en die OPDRAG aan die dissipels om te wag in JERUSALEM vir die UITSTORTING van die HEILIGE GEES. Lees Handelinge hoofstuk 1-2. En ons lees spesifiek in Handelinge 2:1 “En toe DIE DAG van die PINKSTERFEES aangebreek het, was almal eendragtig bymekaar.” En ons kan VERSEKER weet dit was ‘n volle 50 DAE na die OPSTANDING van YESHUA die MESSIAS op die EERSTE DAG, die SONDAG môre want die DISSIPELS wat feitlik ALMAL van JOODSE AFKOMS was (dus van die STAM van JUDA en BENJAMIN) wat steeds ABBA VADER se FEESTE sou hou, sou die PINKSTERDAG presies 50 dae hou na die FEES VAN EERSTE VRUGTE/ EERSTELINGE – dus kan ons aanvaar hulle het na Yeshua die Messias se hemelvaart nog 10 dae in Jerusalem gewag (lees Lukas 24:49 en Handelinge 1:4).
DIE EERSTE VIER FEESTE is reeds vervul deur YESHUA ons MESSIAS met SY EERSTE KOMS en die LAASTE DRIE FEESTE sal vervul word met SY TWEEDE KOMS.
5). FEES van TROMPETTE
Die opdrag vir hierdie fees van ABBA VADER vind ons in Levitikus 23:24-25. Dit word gehou SEWE MAANDE na die PASGA FEES in die Hebreeuse maand Tishri wat op ons kalender val in September/ Oktober.
Hierdie FEES sal met die TWEEDE KOMS van YESHUA ons MESSIAS vervul word en die HERVERSAMELING van ISRAEL (dus all gelowiges in die Messias vanuit die TIEN STAMME onder EFRAIM, insluitend alle gelowiges vanuit die nasies wat inent op die BOOM van ISRAEL soos verduidelik deur Paulus in Romeine 11) uit al die lande waarheen hulle versprei is, asook gelowiges in Yeshua die Messias vanuit die stamme van Juda en Benjamin, bekend as die Jode.
6). DIE VERSOENSDAG
Die VERSOENDAG vind plaas in opdrag van ABBA VADER in Levitikus 23:27-32 op die 10de dag van die sewende maand (10 Tishri op die Hebreeuse kalender). Dit het te make met die VERSOENING van ISRAEL met GOD wat FINAAL sal plaasvind tydens die WEDERKOMS van YESHUA ons MESSIAS, asook GELOWIGES se EVALUERING. En dan die OORDEELSDAG wat sal plaasvind vir ongelowiges.
7). FEES van TABERNAKELS OOK GENOEM DIE HUTTEFEES
Die FEES van TABERNAKELS/ HUTTEFEES vind plaas in opdrag van ABBA VADER op die 15de tot die 21ste DAG dag van die sewende maand Tishri op die Hebreeuse kalender en sluit af met ‘n AGSTE DAG op 22 Tishri. Dit het te make met die DUISEND JARIGE VREDESRYK van YESHUA die MESSIAS waarin die HELE ISRAEL (al twaalf stamme en almal wat as gelowiges ingeënt is op die BOOM van ISRAEL asook die stamme van Juda en Benjamin, bekend as die Jode) AFGESONDER en HERSTEL SAL WORD, waarna die GROOT WIT TROON OORDEEL sal plaasvind vir ALLE MENSE wat nog ooit op aarde geleef het, en daarna breek die EWIGHEID aan in die TEENWOORDIGHEID van die VADER en YESHUA die LAM en ALMAL wie se name opgeteken is in die BOEK van ddie LEWE van die LAM (Lees Openabring 19-22).
DEEL 8: NUMERI
Die BOEK NUMERI handel oor God se mense wat deur Hom GEDISSIPLINEER word weens hulle ONGEHOORSAAMHEID. Die ISRAELIETE het 430 jaar in EGIPTE geleef in SLAWERNY onder die EGIPTENAARS en dus het hulle die EGIPTIESE LEEFWYSE, hulle manier van dink en doen aangeleer, en nou moes YHVH hulle God, hulle weer SY WEË en SY WIL en SY INSTRUKSIES LEER (lees Genesis 15:13, Eksodus 12:40-41 en Deuternomium 8:3). En dan moes Hy hulle TOETS of hulle GEHOORSAAM sou wees aan HOM (lees Deuternomium 8:2).
Numeri hoofstuk 1-9 geskied oor ‘n periode van 20 dae en handel oor die VOORBEREIDING vir die REIS deur die WOESTYN en sluit in:
- Die TELLING van die ISRAELIETE (hoofstuk 1), en
- Die ORGANISERING van die LAERORDE/ DIE KAMP (hoofstuk 2),
Die mans bo 20 jaar oud is getel in hulle onderskeie FAMILIE GROEPE. Dit het ELF van die STAMME ingesluit asook Josef se twee seuns EFRAIM en MANASSE en hulle nageslagte.
Die LEVIETE (die mans bo 20 jaar oud vanuit die stam van Levi) is nie getel nie want hulle het nie gaan veg nie maar is aangestel oor die TABERNAKEL van die GETUIENIS en oor AL SY GEREEDSKAP en oor alles wat daarby behoort. En hulle moes RONDOM die TABERNAKEL KAMP opslaan. Net hulle was toegelaat om die TABERNAKEL af te breek wanneer die Israeliete getrek het, en dit weer OP TE RIG. En hulle moes DIENS DOEN by die TABERNAKEL (Lees Numeri 1:50-53).
Ons lees verder YHVH beveel Moses dat die die onderskeie STAMME van ISRAEL moes of KAMP opslaan ELKEEN by sy VAANDEL (die banier of vlag), volgens hulle stamme (families) en leërafdelings. Lees Numeri 1:52 & 2:2.
Die wat aan die OOSTEKANT (by die INGANG VAN DIE TABERNAKEL), aan die kant waar die SON OPKOM LAER moes opslaan was:
Die LAER van JUDA met die VAANDEL (banier of vlag) met ‘n LEEU op. Ons lees in Genesis 49:9-10, Jakob seën vir JUDA as ‘n JONG LEEU en hy sal heers totdat SILO kom, ‘n verwysing na YESHUA die MESSIAS. Ons weet ook dat Yeshua ons Messias wat as deel van die JUDA stam gebore is, vanuit die lyn van David, bekend staan as die LEEU van JUDA (lees Openbaring 5:5). En JUDA het aan die hoof gestaan van die groep wat aan die OOSTEKANT van die TABERNAKEL moes kamp in opdrag van YHVH. Onder JUDA moes die nageslag van ISSASKAR en SEBULON kamp opslaan. In TOTAAL het hierdie KAMP, bekend as JUDA uit 186,400 weerbare manne ouer as 20 jaar bestaan en dus was hulle die grootste groep. Wanneer daar getrek word moes hulle EERSTE OPBREEK en dus vooruit trek.
Nou net vir interessantheid, die ALLERHEILIGSTE GEDEELTE van die TABERNAKEL beeld die TROONKAMER van ABBA VADER op aarde uit. En kyk ons na die beskrywing in Openbaring hoofstuk 4 van die HEMELSE TROONKAMER dan sien ons ook VIER LEWENDE WESENS wat die TROON omring waarvan die eerste die GESIG van ‘n LEEU het (die Esegiël hoofstuk 1 weergawe sê die LEWENDE WESE MET DIE GESIG VAN ‘n LEEU was REGS).
VOLGENDE moes die STAMME aan die SUIDEKANT (VAN DIE TABERNAKEL) kamp oplsaan onder die DIE VAANDEL van die LAER van RUBEN wat ‘n MAN as simbool gehad het (weereens in lyn met die seëninge van Jakob in Genesis 49:3-5 want RUBEN was sy EERSGEBORENE wat sy eersgebore reg verloor het weens sy sonde teen sy pa met sy geslaggemeenskap met sy pa Jakob se byvrou Bilha, Ragel se slavin wat sy aan Jakob gegee het om namens haar kinders by hom te hê).
RUBEN was hoof oor die KAMP van SIMEON en die KAMP van GAD en in TOTAAL was hierdie KAMP bekend as RUBEN met 151,450 weerbare manne van 20 jaar en ouer. Die tweede grootste groep. Wanneer daar getrek word moes hulle TWEEDE OPBREEK en trek.
En kyk ons na die beskrywing in Openbaring hoofstuk 4 van die HEMELSE TROONKAMER dan sien ons die DERDE LEWENDE WESEN wat die TROON omring het, het die GESIG van ‘n MAN (sommige weergawes sê ‘n MENS). Die Esegiël hoofstuk 1 weergawe sê die LEWENDE WESE MET DIE GESIG VAN ‘n MENS was aan die VOORKANT.
DAARNA MOES DIE TENT VAN SAMEKOMS (die TABERNAKEL) OPBREEK wat verteenwoordig is deur die LAER/ KAMP van die LEVIETE, die PRIESTERS).
Kyk ons na die prentjie van die TROONKAMER in Openbaring hoofstuk 4 sien ons die 24 OUDERLINGE gekleed met wit klere en met goue krone op hulle koppe wat in alle waarskynlikheid ‘n beeld is van die 24 PRIESTER ORDES soos deur David ingestel in opdrag van Abba Vader aan Äaron (Lees 1 Kronieke 24:1-19).
Volgende moes die STAMME aan die WESTEKANT van die Tabernakel kamp opslaan volgens opdrag van YHVH onder die VAANDEL van die KAMP van EFRAIM volgens hulle LEËRAFDELINGS. Hulle VAANDEL was ‘n BUL met horings soos die van ‘n BUFFEL. Lees die seëninge deur Moses aan Efraim in Deuternomium 33:17 wat EFRAIM beskryf as ‘n jong bul met krag soos horings van ‘n buffel waarmee hy die veraf nasies gaffel en hulle verdryf tot aan die einde van die aarde.
EFRAIM was hoof van die KAMP van MANASSE en die KAMP van BENJAMIN. In TOTAAL was die KAMP VAN EFRAIM, 108,100 weerbare manne bo die ouderdom van 20 jaar. Hulle was dus die kleinste groep van almal. En wanneer daar getrek moes word moes hulle DERDE OPBREEK en trek.
En kyk ons na die beskrywing in Openbaring hoofstuk 4 van die HEMELSE TROONKAMER dan sien ons die TWEEDE LEWENDE WESEN wat die TROON omring het die GESIG van ‘n KALF/ BEES/ BUL (verskillende Bybel weergawes noem dit verskillend maar dit kom neer op die GESIG van ‘n manlike bees/ bul). Die Esegiël hoofstuk 1 weergawe sê die LEWENDE WESE MET DIE GESIG VAN ‘n BUL was aan die LINKERKANT.
Volgende moes die STAMME aan die NOORDEKANT van die Tabernakel kamp opslaan onder die VAANDEL (vlag) van die LAER/ KAMP van DAN volgens hulle LEËRAFDELINGS. DIE VAANDEL van die LAER van DAN was ‘n arend (in Genesis 49:16 word Dan deur Jakob geseën dat hy sal regspreek oor mense). Die KAMP van DAN was die hoof oor die KAMP van ASER en die KAMP van NAFTALI. In TOTAAL was die KAMP VAN DAN 157,600 weerbare manne bo 20 jaar oud. Wanneer daar getrek word moes hulle laaste OPBREEK en trek.
En kyk ons na die beskrywing in Openbaring hoofstuk 4 van die HEMELSE TROONKAMER dan sien ons die VIERDE LEWENDE WESEN wat die TROON omring het die gesig van ‘n AREND. Die Esegiël hoofstuk 1 weergawe sê die LEWENDE WESE MET DIE GESIG VAN ‘n AREND was aan die AGTERKANT.
En wanneer ‘n mens hierdie KAMP UITLEG volgens YHVH se INSTRUKSIES gaan teken, VORM dit die TAV, ‘n teken van YHVH se VERBOND wat baie duidelik ‘n KRUIS is soos die een waarop ons MESSIAS YESHUA, DIE ALEF (die EERSTE) en DIE TAV (die LAASTE), namens ons gesterf het, met die WOORDE dit is VOLBRING (vervul, uitgevoer, afgehandel)!
Die KAMP van JUDA, die GROOTSTE kamp wat OOS (REGS) van die TABERNAKEL moes laer opslaan vorm die LANGSTE BALK van die KRUIS, met RUBEN wat SUID (VOOR) moes KAMP opslaan as die TWEEDE GROOTSTE GROEP wat saam met DAN wat NOORD (AGTER) moes kamp opslaan, die DWARSBALK van die KRUIS vorm en EFRAIM wat WES (LINKS) moes kamp opslaan en wat die KLEINSTE GROEP was wat die GEDEELTE van die PUNT van die LANGSTE BALK van die KRUIS VORM wat bo die DWARSBALK uitsteek.

Wat ons hier in gedagte moet hou is dat hierdie KAMP uitleg plaasgevind het toe AL TWAALF STAMME nog saam in ‘n EENHEID was in EEN KONINGKRYK genaamd ISRAEL. Na die SONDE van SALOMO en die gevolglike VERDELING van die KONINGKRYK van ISRAEL in ‘n SUID- en NOORDRYK in die tyd van koning Salomo se seun Rehabeam, het JUDA en BENJAMIN verening (vandag bekend as die JODE) en die ander TIEN STAMME onder EFRAIM het verening en bekend gestaan as ISRAEL en staan vandag steeds bekend as die TIEN VERLORE STAMME VAN ISRAEL (lees 1 Konings hoofstuk 11-12). Lees ook DEEL 15 to 25 van hierdie studie oor die detail van hoe sonde die konings en koningkryke van veral die NOORDRYK in so ‘n mate verslaan het dat hulle totaal vesprei en geasimileer/ geintegreer/ vermeng is onder die nasies totdat hulle heeltemal onherkenbaar was.
Verder word die VERHAAL van die PASGA soos opgeteken in Levitikus 23 weer aangeteken in Numeri hoofstuk 9 en in Numeri 28:16-31 sowel as NUMERI hoofstuk 29 waarin ons weer ‘n beskrywing van die RIGLYNE oor die JAARLIKSE FEESTE van YHVH vind.
Verspieders word uitgestuur na die BELOOFDE LAND en hulle bring ‘n slegte verslag terug. Die mense WEIER om in die BELOOFDE LAND in te gaan weens ONGELOOF en hulle word deur God VEROORDEEL tot 40 jaar in die WOESTYN. Weens hulle MURMUREERING (gekla, mor, ontevredenheid wat hulle uitgespreek het teenoor God), sterf almal 20 jaar en ouer in die woesyn, behalwe BEHALWE KALEB, die seun van Jefunne (Kaleb was van die stam Juda, lees Numeri 13:6) en JOSUA seun van Nun (van die stam Efraim, lees Numeri 13:8 en 16), wat gehoorsaam aan God gebly het en hulle gaan saam met almal onder 20 jaar in die BELOOFDE LAND in met JOSUA as die leier wat vir Moses vervang het en INSTRUKSIES ontvang het wat nagekom moet word wanneer hulle die BELOOFDE LAND ingaan (Lees Numeri hoofstuk 14 & 27:12-23).
Maar voordat dit sou gebeur, lees ons in Numeri hoofstuk 21, soos soveel kere tevore, verwyt die volk vir God en vir Moses dat hulle bevry is uit Egipte met kwade bedoelings. YHVH STRAF hulle dan vir hierdie OPSTAND met GIFTIGE SLANGE en baie van hulle sterf. Hulle BELY dat hulle verkeerd opgetree het en pleit dat God hulle moet help. En ons lees in Numeri 21:8-9 “Daarop se YHVH vir Moses: Maak vir jou ‘n GIFTIGE SLANG en sit dit op (sommige weergawes sê “bo-op”) ‘n PAAL (‘n langwerpige stewige stuk hout wat in die grond geplant is, dalk kan ons ook sê ‘n boomstam); dan sal elkeen wat gebyt is en daarna kyk, lewe. Toe het Moses ‘n KOPERSLANG gemaak en dit op ‘n paal gesit; en as ‘n slang iemand gebyt het en hy kyk na die koperslang, het hy bly lewe.”
Yeshua ons Messias onderrig Nikodemus oor die belangrikheid van WEDERGEBOORTE en dan haal Hy hierdie insident in dei woestyn aan in Johannes 3:14-21 “En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die SEUN van die mens VERHOOG word, sodat ELKEEN wat in HOM GLO, NIE VERLORE mag gaan nie, maar die EWIGE LEWE kan hê. Want so LIEF het GOD (die VADER), die wêreld gehad, dat Hy Sy ENIGGEBORE SEUN gegee het, sodat ELKEEN WAT IN HOM GLO, nie verlore mag gaan nie, maar die EWIGE LEWE kan hê. (Dit is ‘n duidleike heenwysing na Yeshua ons Messias wat sou kom sterf aan ‘n HOUT KRUIS en die SONDE en die DOOD wat deur die SLANG se versoekings in die wêreld ingebring is, te OORWIN en die mense wat dit in GELOOF aanvaar en OPKYK na HOM, sal EWIG LEWE). Want God (die VADER) het Sy SEUN in die wêreld gestuur NIE om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die WÊRELD DEUR HOM GERED KAN WORD. Hy wat IN HOM GLO, word NIE VEROORDEEL NIE; maar hy wat NIE GLO NIE, is ALREEDS VEROORDEEL omdat hy NIE GEGLO HET in DIE NAAM van die ENIGGEBORE SEUN van GOD (die VADER) nie. En DIT IS DIE OORDEEL: dat DIE LIG in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as DIE LIG; WANT HULLE WERKE (dade) WAS BOOS. Want ELKEEN wat KWAAD DOEN, HAAT DIE LIG en kom NIE na DIE LIG nie, dat sy WERKE (dade) NIE BESTRAF MAG WORD NIE. Maar hy wat DIE WAARHEID DOEN, KOM NA DIE LIG, sodat sy WERKE (dade) OPENBAAR kan word, dat hulle IN GOD GEDOEN IS (in GEHOORSAAMHEID aan GOD GEDOEN is).”
Hierdie PAAL waarop Moses die KOPERSLANG moes plaas het later ‘n AFGOD geword wat koning Hiskia opdrag gegee het verbrand moes word. Ons lees in 2 Konings hoofstuk 18 dat Hiska, die koning van Juda (die Suidryk) vroeg in sy bewind die Kanaänietiese afgodsaanbiddings simbole en praktyke (die sogenaamde heilige boomstamme, ook genoem asjerapale en klippilare) wat uit sy voorganger koning Agas se tyd gekom het, verwyder het. Die KOPERSLANG van Moses (genoem die Negustan) wat destyds deur God gebruik is om die Israeliete wat daarheen opgekyk het te genees, het ‘n voorwerp van afgods aanbidding geword (die Israeliete het met ander woorde hulle vertoue in hierdie voorwerp geplaas, in plaas van in YHVH hulle God wat aan hulle die simbool voorsien het) en daarom het koning Hiskia dit laat vernietig (Lees 2 Konings 18:4). Dieselfde gevaar bestaan met betrekking tot die KRUIS as SIMBOOL. Dit is ‘n tasbare simbool en teken wat YHVH ons God aan die mens gegee het om die DUUR PRYS vir die SONDE betaal deur ons MESSIAS, namens ons te ONTHOU asook te verstaan dat ons VLEES (ons ou sondige natuur) GEKRUISIG moet word (moet sterf), maar die KRUIS SIMBOOL as sulks het GEEN krag nie, en ons moet waak daarteen om daarna te kyk vir hulp in plaas van na ons REDDER, Yeshua die Messias. Want ALLES waarin ons, ons hoop plaas, behalwe op HOM, die EINGSTE WEG na die VADER, is inderdaat AFGODE, ongeag of dit die kruis simbool is, of ‘n mens is, of geld of enige iets anders is.
DEEL 9: DEUTERNOMIUM
Die Boek Deuternomium is geskryf vir die NUWE GENERASIE ISRAELIETE wat in die woestyn gebore is en die Beloofte Land moes ingaan. Moses was op die punt om te sterf, die ou generasie het reeds uitgesterf, behalwe vir Kaleb van die stam van JUDA (Numeri 13:6) en Josua van die stam van EFRAIM (Numeri 13:8 en 16). Moses gee instruksies in Deuternomium aan die mense om GETROU te bly aan die VERBOND met YHVH wanneer hulle die land Kanaän binnegaan en hy berei hulle voor vir hulle intrede, oorwinning en inname van die land.
Die SLEUTELWOORDE wat gebruik word is: LUISTER (ongeveer 50 keer), DOEN, HOU en KOM NA ‘n totaal van 177 keer en die rede vir die DOEN word 21 keer deurgegee as die LIEFDE van God vir die mens, en die mens vir God. Dit kom dus daarop neer dat ons SY WET, RIGLYNE, INSTRUKSIES en FEESTE en dus SY WIL SAL HOU EN SAL DOEN, SAL NAKOM wanneer ons besef dat Hy dit aan ons gegee het omdat Hy die mens liefhet en dat ons ons LIEFDE vir Hom met GEHOORSAAMHEID aan HOM bewys.
In Deuternomium 16 word DIE GROOT JAARLIKSE FEESTE van YHVH weer herhaal waarvoor die VOLK DRIE MAAL in die jaar voor die aangesig van YHVH moes verskyn; naamlik:
DIE EERSTE MAAL (ook genoem die EERSTE SEISOEN): vir die FEES van ONGESUURDE BRODE wat met die PASGA FEES begin het in die maand Abib (Aviv in Hebreeus en later deur die Stam van Juda en Benjamin, die Jode, genoem Nisan) en daarna vir nog SEWE DAE geduur het. Tydens hierdie SEWE DAE het die FEES van EERSTE VRUGTE plaasgevind met ‘n BEWEEG OFER van die EERSTE GERF van die GRAANOES wat op die EERSTE DAG van die week (die Sondag) moes plaasvind. Lees Levitikus 23:9-11.
DIE TWEEDE MAAL (ook genoem die TWEEDE SEISOEN):Die FEES FEES VAN WEKE (ook genoem die PINKSTERFEES) wat SEWE WEKE (50 dae) later plaasgevind het.
DIE DERDE MAAL (ook genoem die DERDE SEISOEN): Die FEES VAN TABERNAKELS ook bekend as die HUTTEFEES wat sewe dae geduur het met ‘n AGSTE DAG wat daarop gevolg het.
In Deuternomium 18:15-22 lees ons YHVH se BELOFTE VAN ‘n GROOT PROFEET wat ook bekend staan as Moses se MESSIAANSE PROFESIE.
Ons lees in hierdie gedeelte in vers 17-19 dat YHVH vir Moses gesê het: “…’n (hoofletter) PROFEET sal Ek vir hulle (vir die mense van ISRAEL) verwek (in die lewe roep) uit die midde van hulle broers (ons weet dit is uit die stam van Juda), soos jy is (Moses was uit die stam van Levi), en EK SAL MY WOORDE IN SY MOND LÊ, en HY SAL AAN HULLE SÊ ALLES WAT EK HOM BEVEEL. En die man wat NIE LUISTER NA MY WOORDE WAT HY IN MY NAAM SPREEK NIE, VAN hom sal EK SELF REKENSKAP AFEIS.” En ons kry bevestiging hiervan dat hierdie profesie oor Yeshua die Messias is in Johannes 4:25, 8:28, 12:49-50 en 17:8.
En dan sien ons in Deuternomium hoofstuk 21-25 regulasies vir moord, huwelike met krygsgevangenes, die eersgeboortereg, wederstrewige (koppige, opstandige) kinders en die BEGRAFNIS van die WAT TER DOOD GEBRING is en dit is hier in Deuteronomy 21:22-23 waarin ons weer ‘n BEELD van die KRUIS en KRUISIGING kry.
Ons weet mos reeds duidelik wanneer ons die WET (die Torah, Genesis tot Deuternomium, opgesom in die Tien Gebooie) van YHVH ons GOD OORTREE word ons VERVLOEK en dat die DOODSTRAF geld vir SONDE, soos ons dan ook lees in die Ou Testament toegepas is vir sondes soos die ONEER VAN OUERS en SEKSUELE SONDES en daarom moes YESHUA ons MESSIAS NAMENS ons hierdie VLOEKE kom dra soos Paulus verduidelik in Galasiërs 3:13-14 “Die MESSIAS het ons LOSGEKOOP van die VLOEK van die WET (die TORAH) deur vir ons ‘n VLOEK TE WORD – want daar is geskrywe: VERVLOEK is ELKEEN wat aan ‘n HOUT HANG (sommige Engelse vertlalings praat hier van ‘n BOOM, “a tree”) – sodat die SEËN van ABRAHAM na die heidene (die ONGELOWIGES, insluitend die VERLORE SKAPE van die TIEN STAMME onder EFRAIM), kan kom IN MESSIAS YESHUA, en dat ons die BELOFTE van die (hoofletter) GEES (dus die Heilige Gees) deur die GELOOF kan ontvang.”
Paulus verwys in hierdie gedeelte na Deuternomium 21:22-23 waarin ons LEES dat die DOODSTRAF vir die SONDE (dus vir WETTELOOSHEID) was om aan ‘n BOOM opgehang te word (dit is die oorspronklike Griekse vertaling wat later deur sommige Bybel weergawes vertaal is met PAAL, let seblief op, daar is ‘n verskil tussen ‘n BOOM wat ons aanneem takke het en ‘n BOOMSTAM sonder takke wat vergelyk kan word met ‘n paal. In Deuternomium 21:22-23 blyk daar gepraat te word van ‘n BOOM dus met SYTAKKE). En die lyk mag nie aan die BOOM oornag nie, maar die persoon moet sekerlik nog dieselfde dag begrawe word, want een wat OPGEHANG IS, IS DEUR GOD VERVLOEK. En jy mag die land wat YHVH jou as erfenis gee, nie VERONTREINIG nie. Ons sien in Numeri 34:33-34 dat dit te make gehad het met BLOEDVERGIETING op die land – dus ONTHEILIG BLOEDVERGIETING ‘n LAND.
Ons lees van VOORBEELDE van die OPHANG AAN ‘n BOOM soos beskryf word in Deuternomium 21:22 in Joshua 8:29 waar hierdie straf deur Josua toegedien is op die koning van Ai deur hom op te hang aan ‘n BOOM en teen sonondergang sy lyk afgehaal het en by die ingang van die stadspoort gegooi het en ‘n groot hoop klippe op hom opgestapel het. (Lees ook Josua 10:26-27). Dit was in ongeveer 1370 voor die Messias se eerste koms.
En dan sien ons ook in Johannes 19:31 dat Deuternomium 21:23 ook op Yeshua se kruisiging toegepas moes word volgens YHVH se riglyn en is Sy liggaam voor sononder van die kruis afgehaal.
Daar word verder verduidelik deur die Nelson’s Fondational Bible Dictionary dat KRUISIGING ‘n metode van DOODSTRAF was (net soos ons lees YHVH die God van Israel reeds in Deuternomium 21:22 opdrag gegee het!) Die slagoffer is lewendig aan die KRUIS opehang. Hierdie METODE van marteling en teregstelling (voltrekking van die doodstraf) is reeds baie eeue voor die tyd van Yeshua die Messias gebruik deur verskeie nasies van die antieke wereld, insluitende die ASSIRIËRS (afkomstig van Noag se seun Set, se seun Assur – hulle was deel van antieke Messopotamië), en die MEDE en die PERSE (afkomstig van Noag se seun Jafet, se seun Madai) Lees Genesis 10:2 en 22. En Alexander die Grote het in 332 voor die Messias een duisend mense van Tirus, ‘n Fenisiëse stad GEKRUISIG en Antiochus Epifanes het die JODE wat geweier het om hulle GELOOF af te sweer, tussen 175 and 164 voor die Messias se eerste koms, GEKRUISIG.
En soos ons dan weet het die ROMEINE, KRUSIGING aangeneem as hulle ergste vorm van die DOODSTRAF wat gebruik is vir KRIMINELE en SLAWE. Hulle het egter geen Romeinse burgers gekruisig nie. KRUISIGING het behels om die slagoffer met SPYKERS deur die GEWRIGTE of met toue aan ‘n DWARSBALK op ‘n VERTIKALE HOUTPAAL vas te maak. Die slagoffer het dan gehang aan sy arms en dus kon bloed nie sirkuleer na sy lewensbelangrike organe nie. Die persoon het dan gesterf aan versmoring of uitputting oor ‘n lang periode van baie erge pyn. Die slagoffer is gewoonlik ook eers geslaan voor die KRUSIGING. Die metode van KRUISIGING het mense met dieselfde afgryse gevul as wat ons vandag kyk na iemand wat aan ‘n galgtou opgehang word.
Die Nelson’s Foundational Bible Dictionary verduidelik verder dat die KRUIS ‘n GROOT STRUIKELBLOK vir baie mense was wat die JODE (die Suidryk, die Stam van Juda en Benjamin) verhoed het om vir Yeshua as die Messias te aanvaar, juis as gevolg van Deuternomium 21:23. Hierdie vorm van doodstraf was so AFSTOOTLIK vir die JODE dat hulle geweier het om dit selfs net te bespreek in algemene gesprekke in die samelewing. En dit is die REDE waarom hulle aangedring het daarop dat Yeshua nie GESTENIG word soos hulle gebruik was nie maar GEKRUISIG word deur die ROMEINE (lees Handelinge 2:23, 5:30 en 10:39).
DIE DOEL VAN DIE DOODSTRAF VIR SONDE SOOS BEPAAL DEUR YHVH was om die KWAAD TUSSEN DIE VOLK UIT TE ROEI. Die PRYS vir SONDE (ongehoorsaamheid aan die WOORD en dus ook die WET van GOD) IS DIE DOOD, soos YHVH reeds in die Tuin van Eden duidelik vir Adam laat verstaan het, lees Genesis 2:16-17 en dit word deur Paulus in Romeine 5:12 verduidelik en in Romeine 6:23a bevestig: “…die LOON van die SONDE is die DOOD…” Maar die probleem is die mens glo dit nie, want ons word steeds, soos Adam en Eva in Genesis 3:1-4, hieroor MISLEI deur die slang (die draak, wat ook die Satan en die duiwel genoem word in Openbaring 12:9) wat aan ons die LEUEN vertel dat ons nie sal sterf as ons volhard in sonde nie! Want onthou, Yeshua ons Messias bevestig in Johannes 8:44 die duiwel ‘n MENS MOORDENAAR is van die begin af en hy is die vader van LEUENS en daar is GEEN WARHEID in hom nie. Dus vertel hy hierdie leuen aan die mens oor-en-oor van die begin af tot vandag toe omdat hy WEET die PRYS vir die SONDE, en JA VIR DOELBEWUSTE SONDE WAT DOELBEWUS TEEN DIE WOORD EN OPDRAGTE VAN YHVH GEDOEN WORD, SAL LEI TOT DIE DOOD van ELKE MENS wat dit DOEN (Lees Hebreërs 10:26-31).
As die KWAAD nie UITGEROEI word nie, SEËVIER dit en het die DIEF waarteen Yeshua ons Messias ons waarsku in Johannes 10:10a vrye toegang om by mense te STEEL, hulle te SLAG en hulle te VERNIETIG terwyl hulle BLIND, SIELSONGELUKKIG, VOL DEPRESSIE, VREES, ANGS, SKULDGEVOELENS en SKAAMTE is en boonop ook moontlik SPOED NA die EWIGE DOOD!
So, AL hoe ons die WAARHEID van sy leuens kan onderskei, is om EEN HONDERD PERSENT te VERTOU OP DIE WOORD van YHVH ons GOD en AAN HOM GEHOORSAAM te WEES in ALLE OPSIGTE deur SY GRATIS GESKENK van REDDING deur die VOL PRYS BETAAL vir ons SONDES deur YESHUA ons MESSIAS (Romeine 3:23b). En dan in die VOETSPORE te VOLG van ons REDDER YESHUA die MESSIAS in GEHOORSAAMHEID aan GOD die VADER met die LEIDING van die HEILIGE GEES. En daagliks SONDEBELYDENIS te DOEN vir ALLE SONDES wat ons PER ONGELUK doen (lees 1 Johannes 1:1-10). En leer om daardie sondes DAG-VIR-DAG-te OORWIN en te VERSLAAN met die WAPENRUSTING en WAPENS van GOD waarvan ons onder andere lees in Efesiërs 6:10-18 en 2 Korinthiërs 10:4-6.
Daar is dus vir die HELE MENSDOM HOOP solank daar nog LEWE is want in Hebreërs 3:12-15 word ons herinner terwyl daar nog ‘n VANDAG is kan ons nog KIES om weg te draai van die sonde terug na DIE VADER deur YESHUA ons MESSIAS, die enigste weg. En dit is waarom Yeshua ons Messias vir ons aan die KRUIS GESTERF het, soos Paulus dit verduidelik in Romeine 8:1-2, om die DOODMAAK KRAG van die WET (die Torah opgesom in die Tien Gebooie) te BEDEK (toe te maak) met die GENADE van Abba VADER. Dit is die beeld/ prentjie van die VERBONDSARK met die WET (Tien Gebooie op die KLIPTAFELS) daarin, bedek deur die VERSOENDEKSEL, die “MERCY SEAT” in Engels, met die BLOED van die LAM, Yeshua ons Messias wat daarop GESPRINKEL is – want die VOLLE LOSPRYS is betaal vir ELKEEN wat KIES om in HOM TE GLO en Hom, met die hulp van die Heilige Gees, in gehoorsaamheid aan Abba Vader op die SMAL WEG te volg soos uitgebeeld deur die SEWE FEESTE VAN YHVH. Lees ook 1 Korinthiërs 6:11.
In Deuternomium 24:16 word dit dan ook DUIDELIK GESTEL dat die vaders en kinders nie vir mekaar se sondes gedood mag word nie, maar ELKEEN moet vir hulle EIE sondes (dus hulle EIE KEUSES om moedsillige sonde te doen) GEDOOD WORD. Ons sien ook die toepassing daarvan in 2 Konings 14:6 en 2 Kronieke 25:4. En dit word herhaal in Jeremia 31:29-30 waarna die NUWE VERBOND verduidelik word in vers 31-34 wat op die HARTE van die HUIS VAN ISRAEL (dit is die NOORDRYK: Efraim en die Tien Stamme onder hom, insluitend die vreemdelinge/ nasies wat inent op die Boom van Israel volgens Romeine 11), en die HUIS van JUDA (die SUIDRYK: Juda en Benjamin, die Jode), geskryf sal word en Hy ‘n God vir hulle sal wees en hulle ‘n volk vir Hom sal wees. Lees ook Esegiël hoofstuk 18 oor PERSOONLIKE VERNTWOORDELIKHEID vir SONDE.
In Deuternomium 29 lees ons van die VERNUWING VAN DIE VERBOND MET GOD PLUS dit wat op die BERG HOREB gesluit is (lees Deuternomium 29:1-9 & Deuternomium 5:2-3). Dit GELD vir die mans, kinders, vroue, vreemdelinge en werkers (vers 10-12) En ons lees die REDE vir die NUWE VERBOND in vers 9 – 21 “Onderhou dan die woorde van hierdie verbond en volbring dit (gehoorsaam dit), sodat julle voorspoedig kan uitvoer alles wat julle doen.” En ons lees in vers 15-21 NLV: “YHVH julle God sluit hierdie verbond met julle wat VANDAG hier in SY TEENWOORDIGHEID is, maar OOK MET AL DIE TOEKOMSTIGE GESLAGTE VAN ISRAEL. Julle onthou tog hoe ons in die land Egipte gebly het en deur die lande van vyandelike nasies getrek het toe ons Egipte verlaat het. Julle het hulle afskuwelike afgode gesien wat van hout, klip, silwer en goud gemaak is. YHVH HET SY VERBOND MET JULLE GESLUIT sodat geen man, vrou, familie of stam onder julle van YHVH sal wegdraai om hierdie (kleinletter) gode van ander nases te aanbid nie, en sodat geen wortel onder julle mag wees wat BITTER en GIFTIGE VRUGTE dra nie. Laat NIEMAND van julle wat hierdie WAARSKUWINGS van hierdie eed hoor, hulleself alte hoog ag (trots wees) en by hulleself dink: ‘Ek is veilig, selfs al hou ek aan om my EIE HARDE KOP te volg’, nie. DIT SAL NET TOT VERWOESTING LEI. YHVH sal sulke mense NIE VERGEWE NIE. SY WOEDE en WREWEL sal TEEN hulle OPVLAM. AL die VERVLOEKINGS wat in HIERDIE BOEK (Deuternomium) beskryf is, sal oor hulle kom en YHVH sal hulle name onder die hemel uitwis. YHVH sal hulle van AL DIE STAMME VAN ISRAEL afsonder sodat AL DIE RAMPE hom kan tref volgens die VERVLOEKINGS van die VERBOND wat opgeskryf is in hierdie BOEK van die GEBOOIE.”
In Deuternomium 30 lees ons dan van die BELOFTE VAN GENADIGE VERLOSSING IN GEVAL VAN BEROU.
En Moses roep dan, net net soos in Deuternomium 30:19-20 die HEMEL en AARDE op as GETUIES TEEN hulle want sê hy in vers 29: “…ek weet dat julle nà my dood gewis (verseker) verderflik sal handel (sal optree op ‘n wyse wat na die verderf/ verdoemenis lei) en sal AFWYK van DIE WEG wat ek julle beveel het, sodat die ONHEIL (ramp, groot ongeluk) julle aan die einde van die dae sal teëkom (raakloop, oorkom), omdat julle sal DOEN wat VERKEERD is in die oë van YHVH en Hom sal TERG (hom sal uitdaag, uittard, kwaad maak).
Ons lees in Deuternomium 30:19-20 wat HIERDIE WEG is wanneer Moses sê: “Ek neem vandag die HEMEL en AARDE as GETUIES teen julle; DIE LEWE en die DOOD, die SËEN en die VLOEK het ek jou voorgehou. KIES DAN DIE LEWE, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag deur YHVH jou GOD LIEF te hê, NA SY STEM TE LUISTER (Hom te GEHOORSAAM) en HOM AAN TE HANG; (jou aan Hom te VERBIND) want DIT IS JOU LEWE en die lengte van jou dae…” Yeshua ons Messias bevestig die GELDIGHEID hiervan in Mattheus 22:34-39 en Hy sê ook in Johannes 14:6 “Ek is DIE WEG en die WAARHEID en die LEWE; niemand kom na die Vader behalwe deur MY nie.” En Spreuke 12:28 sê: “Op die PAD (of WEG) van GEREGTIGHEID (dus om op te tree in ooreenstemming met die WIL van God die Vader), IS LEWE en die RIGTING van hierdie PAD (of WEG) is ONSTERFLIKHEID”.
En in Spreuke 15:10 lees ons: “STRENG TUGTIGING (met die doel om verbetering in gedrag teweeg te bring), is daar vir hom wat die PAD (of WEG) verlaat; hy wat die teregwysing (vermanings, waarskuwings) haat, sal sterwe.” En, dit is hierdie selfde WEG van YHVH waarvan Paulus ook praat in Handelinge 24:14 wanneer hy aan goewerneur Felix sê: “Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die (hoofletter) WEG wat hulle sekte noem (‘n klein groepie gelowiges wat van die groot groep losmaak word of afsplit), so die God van my vaders dien, terwyl ek ALLES GLO wat in DIE WET (die TORAH, Genesis tot Deuternomium) en DIE PROFETE geskrywe is…” Lees ook Handelinge 19:9 & 23. En in Mattheus 7:13 sê Yeshua ons Messias daar is ‘n SMAL WEG, ‘n NOU POORT waardeer ons moet ingaan en waarop ons moet loop. Ek aanvaar dit praat van hierdie selfde WEG en ons lees in vers 14:”Want die POORT (die deurgang) is NOU en die PAD (die WEG) is SMAL wat na die LEWE lei, en daar is MIN wat dit vind. Dit is ook waarvan David praat in Psalm 25:4-5 waarin hy sê: “YHVH, maak my U WEË (U WEG) bekend; LEER my U PAAIE. Lei my in U WAARHEID en LEER my want U is die God van my heil (redding en verlossing).”
En die BOEK DEUTERNOMIUM SLUIT DAN AF MET MOSES WAT VOOR SY DOOD DIE TWAALF STAMME VAN ISRAEL SEËN in Deuternomium 33.
Ons lees in Deuternomium 33:1-5 “En dit is die SEËN waarmee MOSES, DIE MAN VAN GOD, die KINDERS VAN ISRAEL GESEËN het voor sy dood. En hy het gesê: YHVH het gekom van SINAI en vir hulle opgegaan van Seir (berg) af; Hy het in LIGGLANS VERSKYN van die gebergte PARAN en gekom van HEILIGE TIENDUISENDE AF; aan SY REGTERHAND (‘n verwysing na Yeshua die Messias) was ‘n VLAMMENDE VUUR vir hulle. Ja, HY HET DIE STAMME LIEF. AL SY HEILIGES – HULLE IS IN U HAND; en hulle was gelaer (hulle kamp, hulle sit) by U VOETE; ELKEEN ontvang iets van U uitsprake (die NLV sê: hulle aanvaar U voorskrifte). MOSES het ons DIE WET (die TORAH, Genesis tot Deuternomium, opgesom in die TIEN GEBOOIE), BEVEEL, ‘n BESITTING (eiendom, die oorspronklike Hebreeuse vertaling praat van: ERFENIS) vir die VERGADERING (die oorspronklike Hebreeuse vertaling praat van: GEMEENTE) van JAKOB (dus ISRAEL – AL TWAALF STAMME en al die mense van ander nasies wat saam met hulle gegaan het en besny is saam met hulle – lees Eksodus 12:38 & 48 en Romeine 2:29).” En dan seën hy die twaalf stamme afsonderlik (lees Deuternomium 33:6-29).
