13 Mei 2026 Ons is gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (die…
DIE WAARHEID oor die KRUISIGING en die SIMBOOL van die KRUIS, Deel 11: Die Profete
14 Mei 2025
Ons gesels verder oor die TWYFEL wat onder gelowiges ontstaan het gedurende die laaste aantal jare oor die metode van KRUSIGING van YESHUA ons MESSIAS asook die SIMBOOL van die KRUIS.
Ons is besig om DIE PROFETE te ondersoek vir enige bewyse van die KRUISIGING en die SIMBOOL VAN DIE KRUIS.
Ons gesels verder oor die profesieë oor die GEBOORTE VAN YESHUA DIE MESSIAS in die Ou Testament en die vervulling daarvan in die Nuwe Testament.
Ons het verlede week afgesluit met Handelinge 3:25-26 en Mattheus 1:21-23 soos geprofeteer in Jesaja 7:14 dat Hy (Yeshua de Messias) wat die VOLK van hulle SONDES SAL VERLOS, DIE SEËN IS WAARMEE GOD DIE VADER ISRAEL (almal wat KIES om in Yeshua die Messias te glo en Hom te volg), SEËN. En dit behels: VERLOSSING VAN DIE SONDE DEUR YESHUA DIE MESSIAS SODAT ELKEEN VAN ONS, ONS VAN ONS BOOSHEDE KAN BEKEER!
En in Romeine hoofstuk 9:1-31 verduidelik Paulus WIE ISRAEL IS. In vers 1-3 praat Paulus eers oor sy DROEFHEID oor SY STAM GENOTE (mense van die stam van JUDA en BENJAMIN bekend as “DIE JODE”). In Filipense 3:5 verduidelik Paulus dat hy uit die STAM VAN BENJAMIN kom, dus was hy uit die SUIDRYK, lees ook Handelinge 21:39 waar hy meld dat hy ‘n JOOD is. Hy gaan voort om aan hulle te sê in vers 4: “Hulle is ISRAELIETE (die mense uit die stam van Juda en Benjamin, m.a.w TWEE van die TWAALF STAMME van ISRAEL), aan WIE die AANNEMING TOT KINDERS BEHOORT en die HEERLIKHEID en die VERBONDE en die WETGEWING (die TORAH, Genesis tot Deuternomium, opgesom in die TIEN GEBOOIE) en die EREDIENS (lees Hebreërs 9:1-5) en die BELOFTES aan WIE die vaders behoort en UIT WIE DIE MESSIAS IS UIT DIE VLEES (onthou Hy is gebore vanuit die bloedlyn van JUDA alhoel Hy verwek is deur die Heilige Gees soos reeds in hierdie reeks boodskappe bepsreek) – Hy wat OOR ALLES IS, GOD LOFWAARDIG TOT IN EWIGHEID! AMEN.
So wat bedoel Paulus hier? Die SUIDRYK (die twee stamme: Juda en die kleiner stam van Benjamin), waarvan Paulus deel was en wat vandag steeds bekend staan as “DIE JODE”, is die ENIGSTE TWEE STAMME van die TWAALF STAMME van ISRAEL wat ELKE keer na balingskap teruggekeer het na hulle land en stad JERUSALEM en ONTHOU het dat hulle ISRAEL is. Dus het hulle steeds die TORAH instruksies van YHVH soos gegee aan hulle deur Moses bly lees en die FEESTE VAN YHVH bly vier alhoewel hulle ongelukkig deur Babiloniese praktyke beïnvloed is wat hulle tydens hulle balingskap periodes opgedoen het en ook verskeie MENS TRADISIES ingewerk het in hulle aanbidding en geskrifte. Lees Yeshua ons Messias se woorde aan die SKRIFGELEERDES en die FARISEËRS in Mattheus 15:9 en Markus 7:6-13. En in Johannes 8:44 sê Hy aan die Fariseërs hulle is die kinders van die duiwel wat hulle vader, die duiwel se begeertes (sy wil) wil doen en in Openbaring 3:9 waarsku Hy die gemeente van Filadelfië teen die SINAGOGE van SATAN – mense wat sê dat hulle JODE is (van die stam van Juda en Benjamin afkomstig is) maar LIEG. Daar was dus ongelukkig by hulle ‘n HART ONTSPORING alhoewel hulle onthou het dat hulle deel van ISRAEL is. En die TIEN STAMME onder leiding van EFRAIM wat bekend was as die NOORDRYK onder die koningskap van Jerobeam , het heeltemal die pad byster geraak en uiteindelik in die verskillende nasies geasimileer (saam met hulle gesmelt) en só verdwaal dat hulle nie vandag meer weet dat hulle ISRAEL is nie. Lees 1 Konings hoofstuk 12-14.
Paulus sê dan verder in Romeine 9:6-33: “Maar ek sê dit nie asof die WOORD VAN GOD verval het nie; want hulle is NIE ALMAL ISRAEL wat UIT ISRAEL IS NIE. Ook nie omdat hulle ABRAHAM SE NAGESLAG is, is hulle almal kinders nie; maar IN ISAK sal jou NAGESALG GENOEM WORD. (Paulus verwys hier na Genesis 21:12…) Dit wil sê, nie hulle is kinders van GOD (die VADER) wat die KINDERS van die VLEES is nie (met ander woorde gebore vanuit die TWAALF STAMME nie of mense wat volgens hulle VLEESLIKE NATUUR LEWE soos bespreek word in Galasiers 5:19-21) maar DIE KINDERS VAN DIE BELOFTE (soos ISAK) word GEREKEN IS DIE NAGESLAG.
Yeshua sê in Johannes 8:39 aan die Fariseërs: “…As julle die kinders van ABRAHAM was, sal julle die werke (GEDOEN HET) van (wat) ABRAHAM DOEN” Paulus verduidelik dit verder in Romeine hoofstuk 4:16. Wat ons hieruit moet verstaan is WANNEER ONS GLO IN GOD (m.a.w ons GLO wat HY sê is WAAR en daarom AANVAAR ons dit), sal ons OOK SY WOORD IN GEHOORSAAMHEID DOEN, want ons weet dan dit sal tot ons en ander mense se VOORDEEL WEES.
Kom ons kyk na ‘n praktiese situasie in ons alledaagse lewe – as ‘n mens GLO dat dit tot jou en ander mense se VOORDEEL is om by ‘n ROOI VERKEERSLIG te STOP dan sal ‘n mens dit DOEN. Maar as jy dink die ROOI VERKEERSLIG mors jou tyd en daar is in elke geval niemand anders daar nie, en jy dink nie iemand sal vinnig uit ‘n ander rigting kom wat ‘n ongeluk kan veroorsaak nie, dan kan daar een van twee reaksies wees – of jy sal STOP by die ROOI LIG omdat dit ‘n WET is en jy is bang jy kry ‘n BOETE as jy oor ry, of JY RY eenvoudig oor want jy jy GLO NIE daar is ‘n gevaar nie en jy GLO ook nie jy sal gevang word nie al is daar ‘n wet. Dit gaan dus nie in die EERSTE PLEK oor die WET nie, dit gaan oor jou BESKOUING daarvan en jou GEWILLIGHEID om jou aan ‘n WET te ONDERWERP omdat jy GLO dat dit VOORDELIG vir jou en ander mense is.
Paulus neem dit ‘n STAP verder: omdat ons GLO in die EEN wat die WETTE NEERGLÊ het, LEEF ons OUTOMATIES vir HOM in LYN met SY WETTE. Anders sal jy, soos verduidelik in die geval van die rooi verkeerslig, bloot nie die WET oortree nie omdat jy BANG is vir STRAF of jy sal die WET oortree omdat jy dink jy kan daarmee WEGKOM. Dit is dan nog steeds ‘n aanduiding dat iemand VASGEBIND is met emosies van VREES en REBELLIE/ OPSTANDIGHEID, want as daar iets fout loop (wat jy nie gedink het sou gebeur nie, soos in die geval van die rooi verkeerslig waar jy of iemand anders ernstig beseer kan word of dood is), dan is daar SKULDGEVOELENS en SKAAMTE oor verkeerde besluite en optredes.
Ons weet dat Paulus BELSIS aan die WET VAN GOD (die TORAH, Genesis tot Deuternomium, opgesom in die TIEN GEBOOIE) gehoorsaam was, want hy sê in Handelinge 24:14-16 dat hy DIE WEG VOLG en so die God van sy vaders dien, terwyl hy ALLES GLO wat in die WET (die TORAH) en in die PROFETE geskrywe is en ‘n HOOP op God het en daarom oefen hy altyd om ‘n SKOON GEWETE voor GOD en die mense te hê. (en ons weet mos, daar is slegs EEN WEG en dit is die SMAL WEG deur Yeshua die Messias na die Vader – Johannes 14:6) en Paulus sê verder in Romeine 2:11-16 : “Want daar is GEEN aanneming van die PERSOON by God nie.” Paulus haal hier aan vanuit Deuternomium 10:17. Onthou daar was net ‘n Ou Testament in Paulus se tyd – die TORAH, Genesis tot Deuternomium en die PROFETE en die Psalms en ander GESKRIFTE soos die geskiedkundige Boeke 1 & 2 Koning, Rigters, Rut, ensomeer. Dit is dus as basis gebruik deur al die NUWE TESTAMENT skrywers asook Yeshua self (wat natuurlik GOD SELF en dus die WOORD is), wat daarna verwys het in Sy gespreke.
Ons lees verder in Romeine 2:12-16 ”Want ALMAL wat SONDER die WET (die TORAH) GESONDIG het sal al ook SONDER WET (die TORAH) VERLORE gaan; en ALMAL wat ONDER DIE WET (die TORAH) GESONDIG het, sal deur die WET (die TORAH) GEOORDEEL word; omdat NIE DIE HOORDERS VAN DIE WET (die TORAH) by GOD (die VADER) REGVERDIG is nie, maar die DADERS VAN DIE WET (die TORAH) GEREGVERDIG SAL WORD. Want wanneer die HEIDENE (ONGELOWIGES), wat GEEN WET (die TORAH) het nie, van NATURE die dinge van die WET (die TORAH) DOEN, is hulle vir HULSELF ‘n WET (die TORAH), al het hulle GEEN WET (die TORAH) nie; omdat hulle toon dat die WERK VAN DIE WET (die TORAH) IN HULLE HARTE OPGESKRYF STAAN, terwyl hulle GEWETE saam GETUIENIS gee en die GEDAGTES mekaar onderling BESKULDIG of ook VERONTSKULDIG (Die NLV sê: “Boonop bevestig hulle gewetens dit deurdat hulle gedagtes hulle OF aankla OF vryspreek.” ) in DIE DAG wanneer God (die VADER) die VERBORGE DINGE (die verborge dieptes van mense se lewens/ die geheime) van die mense deur YESHUA die MESSIAS sal OORDEEL, volgens my EVANGELIE (dit wat hy verkondig oor die Woord). Lees ook 1 Korinthiërs 15 wat Paulus verduidelik as sy evangelie, m.a.w dit wat hy verkondig as die GOEIE NUUS.
So met dit in gedagte, kom ons kyk na Paulus se verduideliking in Galasiërs hoofstuk 3. Vanuit hoofstuk 2 merk ons dat die die gelowiges in Galasië, net soos die ander jong gemeentes, deur die JODE (die stam van Juda en Benjamin) aangespreek is oor die BESNYDENIS wat in die TORAH (genoem die WET in ons Afrikaanse vertalings) bespreek word. Ons sien egter reeds hier dat alhowel YHVH vir Abraham en sy kinders geleer het met ‘n UITELRIKE TEKEN om hulle aan HOM toe te WY was Sy bedoeling VAN DIE BEGIN AF dat hulle HARTE vir Hom besny moes word – lees Deuternomium 10:16 m.a.w dat hulle HARTE en GEDAGTES AAN HOM SOU BEHOORT omdat hulle HOM LIEFHET BO ALLES, en dus in HOM SOU GLO en HOM GEWILLIG GEHOORSAAM sou wees. Paulus verduidelik dit in Kolossense 2:9-15 soos Jeremia in Jeremia 4:4 dat die DOOIE VLEES (die voorvelletjie/ die SONDIGE NATUUR) verwyder moes word. Ons lees dan in Galasiërs 3:1-29 waarin Paulus sê: “O, onverstandige Galasiërs, WIE het julle betower (getoor) om die WAARHEID NIE GEHOORSAAM TE WEES NIE, julle voor wie se oë YESHUA die MESSIAS AFGESKILDER is (‘n duidelik voorstelling/ om Hom in jou gedagtes te sien) as onder julle GEKRUISIG? (die NLV sê: Die MESSIAS is dan so DUIDLEIK vir julle beskryf dat julle Hom as te ware aan die KRUIS kon sien HANG). Dit wil ek alleen van julle weet: het julle die (hoofletter) GEES (dus die Heilige Gees) ontvang uit die werke (die onderhouding) van die WET (die TORAH) of uit die PREDIKING VAN DIE GELOOF? Is julle so onverstandig? Nadat julle met die (hoofletter) GEES begin het, eindig julle nou met die VLEES (die ou self wat dink hy kan homself met sy eie krag red)…? Het julle verniet so baie gely? (met verwysing na verdrukking, onderdrukking met geweld, vervolging, lees Hebreërs 10:32). Hy (Yeshua) wat julle dan die (hoofletter) GEES verleen (geskenk) en KRAGTE (wonders) onder julle werk, doen HY dit uit die werke van die WET (die wettiese onderhouding van die Torah) of uit die PREDIKING (die verkondiging,dit wat julle gehoor het) van die GELOOF? Net soos ABRAHAM in GOD GEGLO HET, en dit is hom tot GEREGTIGHEID GEREKEN. Julle verstaan dan dat DIE wat uit die GELOOF is, HULLE is KINDERS van ABRAHAM. En die SKRIF wat vooruit gesien het (hier verwys Paulus na die Tanakh, dit is die Ou Testament vanaf Genesis tot by Maleagi) dat GOD die HEIDENE (ongelowiges) uit die GELOOF sou REGVERDIG, het vooraf aan ABRAHAM DIE EVANGELIE (DIE GOEIE NUUS) VERKONDIG met DIE WOORDE: IN JOU SAL AL DIE VOLKE GESEËN WORD. Want ALMAL wat uit die werke van die WET (die TORAH) is, is ONDER DIE VLOEK; want daar is geskrywe: VERVLOEK IS ELKEEN WAT NIE BLY IN ALLES WAT GESKRYF IS IN DIE BOEK VAN DIE WET (die TORAH, Genesis tot Deuternomoium) OM DIT TE DOEN NIE (hier haal Paulus Deuternomium 27:26 aan). En dat NIEMAND deur die WET (die TORAH) by God GEREGVERDIG word nie, IS DUIDELIK; want die REGVERDIGE SAL UIT GELOOF LEWE.”
Nog ‘n voorbeeld hiervan is Noag – ons lees in Genesis 6:8-9 hy was ‘n REGVERDIGE man wat GENADE ontang het in die oë van YHVH – en God het hom opdrag gegee om ‘n ARK te bou want daar kom ‘n GROOT VLOED en NOAG HET GOD GEGLO en ‘n 100 jaar aan hierdie ark gebou voordat die VLOED INDERDAAT GEKOM HET. As hy God NIE GEGLO HET NIE, sou hy nie die ark gebou het nie. GELOOF IS DUS DIE KATALISATOR (instaat steller, dryfveer, aanmoediger) VAN GEDRAG IN LYN MET WAT ONS GLO.
Paulus verduidelik dan verder vanaf Galasiërs 3:12-13: ”Maar die WET is NIE UIT DIE GELOOF NIE, maar die mens wat hierdie dinge DOEN sal DAARDEUR LEWE (Lees ook Levitikus 18:5, Esegiel 20:11-13 & 21, Mattheus 19:17, Markus 10:17-31, Lukas 18:18-30, Romeine 2:11-16 en 10:5), Die MESSIAS het ons LOSGEKOOP van die VLOEK – WANT DAAR IS GESKRYWE: VERVLOEK is ELKEEN wat aan ‘n HOUT HANG. Paulus haal hier Deuternomium 21:22 aan waarin daar in die oorspronklike Hebreeus van ‘n BOOM gepraat word en in Handelinge 5:30 van ‘n KRUISHOUT gepraat word. En Paulus se verder in Galasiërs 3:14 “sodat die SEËN VAN ABRAHAM na die HEIDENE (dit is ongelowiges wat die Noordryk van ISRAEL kan insluit – die TIEN STAMME onder EFRAIM wat geasimileer het in die nasies in asook soos ons nou geleer het uit Genesis 9 en 10 mense vanuit die nageslag van Jafet en Gam – lees in Deel 10 van hierdie reeks boodskappe meer daarvan – sodat hierdie seën) kan kom in YESHUA die MESSIAS, en dat ons DIE BELOFTE van die (hoofletter) GEES (die Heilige Gees) deur die GELOOF kan ontvang.”
Dit laat mens dink aan Yeshua se WOORDE aan ONGELOWIGE THOMAS nadat hy opgestaan het en THOMAS eers WOU SIEN voordat hy sou glo en Yeshua aan hom sê in Johannes 20:29 “Omdat jy My GESIEN het, Thomas, het jy GEGLO; SALIG (gelukkig en geseënd) is die wat nie GESIEN het nie en TOG GEGLO het.”
En dan lees ons vanaf Galasiers 3:15-29 “Broeders, ek spreek menslikerwys (vir sover dit die mens in sy beperktheid aanbetref/ volgens menslike redenering); selfs ‘n mens se TESTAMENT wat BEKRAGTIG is, maak niemand tot niet of voeg daaraan toe nie. Nou is aan ABRAHAM die BEOLFTES toegesê (beloof) en aan sy SAAD (sy nageslag). Hy sê nie: En aan die SADE, asof dit op baie is nie, maar op EEN: En aan JOU SAAD, dit is die MESSIAS (hier verwys Paulus na Genesis 12:7, 13:15, 17:8 en 24:7).
Die Jewish Study Bible, Insight for Jews & Christians verduidelik dit soos volg: Paulus maak hier gebruik van tipiese Joodse “midrash” metode. Wat beteken hy interpreteer en brei uit op teks in die Skrif. Die “saad” van Abraham in die eenvoudige betekenis daarvan is defnitief meervoudig soos ons kan sien in Genesis 15:5 ”Kyk nou op na die hemel en TEL DIE STERRE as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou NAGESLAG (jou saad) wees”. Paulus maak dus ‘n “midrash” oor die feit dat die “saad” op EEN dui. Paulus gebruik hier ‘n Joodse styl van interpretasie om ‘n GELDIGE TEOLOGIESE PUNT te maak, naamlik dat die BELOFTE wat aan ABRAHAM gemaak is oor meer gaan as net die kinders van ISRAEL; dit gaan ook oor die GROTER PLAN wat in die MESSIAS vervul is.
Paulus gaan voort in Galasiërs 3:17 “ Maar ek sê dit: Die WET (TORAH) wat 430 jaar later gekom het (hier verwys Paulus na die verlossing van die Israeliete uit Egipte en die gee van die WET/ TORAH aan hulle op die Berg Sinai), maak die VERBOND wat deur die MESSIAS vantevore BEKRAGTIG is (van krag gemaak het, wettig gemaak het, bevestig het), nie KRAGTELOOS om die BELOFTE tot niet te maak nie. (Paulus probeer hier sê dat die WET, die TORAH reeds daar was en tog het GOD steeds BELOFTES gemaak oor ‘n GROOT NASIE en die LAND wat Hy aan hulle sou gee as SY ERFGENAME – lees ook Romeine 4:14 en Hebreers 6:12). En hy sê verder in Galasiërs 3:18: “want as die ERFENIS uit die WET (die TORAH) is dan is dit nie meer uit die BELOFTE nie. Maar God het dit aan ABRAHAM deur ‘n BELOFTE GENADIGLIK (goedgunstiglik) GESKENK (verniet gegee)”.
So wat is die VERSKIL tussen die WET (die TORAH) en die GELOOF? Die een is ‘n STEL DUIDELIKE RIGLYNE waarvolgens ons ‘n VEILIGE LEWE KAN LEI in GEHOORSAAMHED aan GOD die VADER en so ons LIEFDE aan Hom bewys en die ander: GELOOF – is ‘n VASTE VERTROUE in HOM dat dit WAT HY ONS BELOWE in terme van DIE EWIGE LEWE en die VREDESRYK en daarna in die EWIGHEID BEWAARHEID sal word. Maar net soos die ISRAELIETE vra dit van ons om ‘n LEWE VAN OORWINNING te LEEF (Johannes 10:10b, Openbaring 2:7, 11, 17, 26 en Penbaring 3:5, 12 en 21) – eerstens van die VLEES, die OU SONDIGE NATUUR wat moet STERF en daarna die GEVEG teen ons BOSE VYAND wat ‘n GEESTELIKE STRYD vir ons SIELE voer (met ander woorde om NIE die wêreld en die bose lief te hê en dus op die troon van ons HARTE en GEDAGTES te plaas en so die vader van die leuen se wil sal doen NIE, maar eerder om ABBA VADER lief te hê BO ALLES, met ons HELE HART en GEDAGTES – dus met ons SIEL en SY WIL te doen). Ons BESTRY dus hierdie vyand deur ons GEDAGTES GEHOORSAAM te MAAK aan YESHUA ONS MESSIAS – HY WAT ONS REDDER, VERLOSSER en HERDER is, en ook DIE WOORD (die TORAH) VAN GOD IS! Die WOORD (TORAH/ WET van YHVH) en GELOOF in YESHUA ons MESSIAS is dus so ONSKEIBAAR soos die VERBONDSARK se ONDERSTE GEDEELTE waaring die TORAH se OPSOMMING van die TIEN GEBOOIE op KLIPTAFELS gestoor moes word en die BOONSTE GEDEELTE van die VERBONDSARK, die VERSOENDEKSEL (die MERCY SEAT in Engels), waarop die BLOED van die MESSIAS gesprinkel is wat vir ons OORTREDINGS teen die WET (die TORAH) van ABBA VADER die VOLLE PRYS BETAAL HET! (lees Hebreërs 9:11-12).
Paulus vra in Galsiërs 3:19 “Wat BETEKEN DIE WET (die TORAH) dan? Dit is BYGEVOEG weens die OORTREDINGE (handelinge teen YHVH se wet/ sonde), totdat DIE SAAD (Yeshua die Messias) aan WIE die BELOFTE GEDOEN is, SOU KOM; en dit is deur engele beskik deur die TUSSENKOMS van ‘n MIDDELAAR (met verwysing na Moses, lees Eksodus 20:19, Deuternomium 33:2, Handelinge 7:38 en Hebreërs hoofstuk 12). Maar in Galasiers 3:20 bevestig Paulus: En DIE MIDELAAR (‘n verwysing na Yeshua die Messias) is nie net vir een nie; maar God is EEN. Paulus verduidelik dit weer in 1 Timotheus 2:3-6 waarin hy GEBEDE vra vir LEIERS sodat ons RUSTIGE en STIL LEWENS kan lei: “Want dit is GOED en AANGENAAM voor GOD, ons VERLOSSER, WAT WIL HÊ DAT ALLE MENSE GERED WORD EN TOT KENNIS VAN DIE WAARHEID KOM. Want daar is EEN GOD en EEN MIDDELAAR TUSSEN GOD en mens, DIE MENS, MESSIAS YESHUA, wat HOMSELF GEGEE HET AS LOSPRYS vir ALMAL”.
En dan vra Paulus in Galasiërs 3:21: “Is DIE WET (die TORAH) dan TEEN DIE BELOFTES VAN GOD? NEE, STELLIG NIE! (dit beteken DEFNITIEF/ BESLIS NIE!)” In Romeine 3:31 sê Paulus “maak ons dan die WET – TORAH TOT NIET DEUR DIE GELOOF? NEE, stellig nie! (DEFNITIEF/ BESLIS NIE!), INTEENDEEL, ONS BEVESTIG (bekragtig) DIE WET (die TORAH). En dan lees on verder in Galsiers 3:21b “Want as daar ‘n WET gegee was wat KRAG HET OM LEWEND TE MAAK, dan sou DIE GEREGTIGHEID WERKLIK UIT DIE WET (die TORAH) WEES (soos ons gelees het in Levitikis 18:5). Maar die SKRIF (hier verwys Paulus na die Tanakh, dit is die Ou Testament vanaf Genesis tot by Maleagi), het ALLES INGESLUIT ONDER DIE SONDE, sodat DIE BELOFTE UIT DIE GELOOF IN YESHUA DIE MESSIAS AAN DIE GELOWIGES GEGEE KON WORD. Maar VOORDAT DIE GELOOF GEKOM HET, is ons ONDER DIE WET (die TORAH) in BEWARING (onder toesig geneem, onder beskerming) GEHOU, INGESLUIT met die oog op DIE GELOOF WAT GEOPENBAAR SOU WORD. DIE WET (die TORAH) was dus ons TUGMEESTER (streng leiding, sedebewaarder) na DIE MESSIAS toe, sodat ons GEREGVERDIG kan word uit DIE GELOOF (dit beteken die WET/ DIE TORAH het ons laat BESEF ons kan nie op ons eie met ons sondige natuur aan die VEREISTES van GOD voldoen nie, ons HET ‘n VERLOSSER nodig om ons te STROOP van ons SONDIGE NATUUR, DAN kan ons volgens GOD se RIGLYNE leef met die hulp van die HEILIGE GEES).
En ons lees verder in Galasiërs 26-29 ”want julle is ALMAL KINDERS VAN GOD (DIE VADER) DEUR DIE GELOOF IN MESSIAS YESHUA; want JULLE ALMAL WAT IN DIE MESSIAS GEDOOP IS, HET JULLE MET DIE MESSIAS BEKLEE (dit is asof ons ons ou sondige self uitgetrek het en Yeshua ons Messias aangetrek het dus beteken dit ons het saam met hom aan ons sondige natuur gesterf en NUUT saam met die Messias opgestaan wat ‘n BEELD is van die PASGA FEES – Fees 1 van Abba Vader – die KRUSIGING van YESHUA ons MESSIAS en ons sondige natuur saam met Hom, ONGESUURDE BRODE – SY DRIE DAE IN DIE GRAF – Fees 2 van Abba Vader, en ons wat in die doop water saam met Hom sterf en EERSTE VRUGTE, Sy OPSTANDING – Fees 3 van Abba Vader en ons wat saam met Hom as NUWE MENSE opstaan , lees Romeine hoofstuk 6), En ons lees verder in Galasiërs 3:28 “Daar is nie meer JOOD of GRIEK nie, daar is nie meer SLAAF of VRYMAN nie, daar is nie meer MAN of VROU nie; want JULLE IS ALMAL EEN IN DIE MESSIAS YESHUA (dit beteken ons vind nie meer ons IDENTITEIT in ons RAS, KULTUURGROEP of GESLAG nie, ons vind ons IDENTITEIT in YESHUA die MESSIAS – ons IS SOOS HY want ons BEHOORT AAN HOM – HY HET ONS IMMERS MET SY EIE BLOED GEKOOP soos Paulus sê in Handelinge 20:28 en Petrus sê in 1 Petrus 1:18-21). En dan hierdie merkwaardige vers in Galasiërs 3:29: “EN AS JULLE AAN CHRITUS BEHOORT, DAN IS JULLE DIE NAGESLAG VAN ABRAHAM EN VOLGENS DIE BELOFTE ERFGENAME.”
So wat beteken dit? Paulus verduidelik dit baie duidelik in Galasiërs 6:14-15 NLV “Maar ek – ek wil op NIKS anders roem as DIE KRUIS van ons Meester Yeshua die Messias nie. Want daardeur is die wêreld vir my GEKRUISIG, en ek vir die wêreld (m.a.w Paulus het aan sy ou sondige self wat die wêreld liefgehad het gesterf saam met die Messias in die waterbad van die doop). Dis nie belangrik of iemand (uitwendig) besny of nie besny is nie, maar dis BELANGRIK of iemand ‘n NUWE MENS is (dus nuut opgestaan het saam met Yeshua die Messias, WEDERGEBORE is saam met Hom en gereed om op die SMAL WEG van HEILIGMAKING te STAP). En dan die volgende insiggewende vers in Galasiërs 6:16 NLV: “MAG GOD (DIE VADER) SE VREDE EN ONTFERMING (barmhartigheid, meegevoel) MET ALMAL WEES WAT VOLGENS HIERDIE BEGINSEL LEWE. HÚLLE IS GOD (DIE VADER) SE ISRAEL! (UITROEPTEKEN).
