Skip to content

DIE WAARHEID oor die KRUISIGING en die SIMBOOL van die KRUIS, Deel 10: Die Profete

7 Mei 2025

Ons gesels verder oor die TWYFEL wat onder gelowiges ontstaan het gedurende die laaste aantal jare oor die metode van KRUSIGING van YESHUA ons MESSIAS asook die SIMBOOL van die KRUIS.

Ons ondersoek vandag DIE PROFETE vir enige bewyse van die KRUISIGING en die SIMBOOL VAN DIE KRUIS.

Ons weet dat beide die EERSTE en TWEEDE KOMS van Yeshua die Messias deur die PROFETE geprofeteer is. Ons fokus vir die doel van hierdie boodskap net op die EERSTE KOMS van YESHUA om die wêreld te kom VERLOS uit die greep van die SONDE en die DOOD.

So kom ons kyk na profesieë uit die Ou Testament en die vervulling daarvan in die Nuwe Testament ten opsigte van:

1. SY GEBOORTE

Ons lees in Jesaja 7:14 “Daarom sal YHVH self aan julle ‘n teken gee: Kyk, die MAAGD sal swanger word en ‘n SEUN baar en HOM IMMÁNUEL (wat beteken: God is met ons), noem.” (Lees ook Jesaja 8:8 & 10). En ons sien die vervulling daarvan in Mattheus 1:23 en Lukas 1:26-35. En in Miga 5:1 sê die profeet: “En jy Betlehem Efrata, klein om te wees onder die gelsagte van Juda, uit jou sal daar vir My (God die Vader) uitgaan EEN wat ‘n (hoofletter) HEERSER in ISRAEL sal wees; en Sy uitgange (of oorsprong) is uit die voortyd (ver terug in die verlede), uit die dae van die EWIGHEID.”Ons weet dit is ‘n verwysing na Yeshua die Messias en lees in Johannes 1:1-5 & 14 dat DIE WOORD aan die BEGIN reeds bestaan het, DIE WOORD was by God (die Vader) en DIE WOORD was self God (m.a.w EEN met GOD), Alles het deur HOM ontstaan (dus is Hy die SKEPPER). In HOM was LEWE en DIE LEWE het gedien as DIE LIG vir die mense. DIE LIG skyn in die duisternis en die duisternis KAN DIT NIE uitdoof nie. En ons lees dan in vers 14 se Johannes: “En DIE WOORD het vlees geword (m.a.w ‘n mens geword) en onder ons kom woon – en ons (dit is die dissipels) het Sy HEERLIKHEID (toestand van volmaaktheid) aanskou, ‘n HEERLIKHEID soos van die ENIGGEBORENE (DIE ENIGSTE SEUN) wat VAN DIE VADER kom – vol van GENADE en WAARHEID. En die vervulling van die profesie oor die geboorte van YESHUA, die Seun van God word bevestig in Lukas 2:1-7.

 

Ons weet vaunt Genesis 9:19 dat AL DIE AARDBEWONERS (m.a.w alle mense) vanuit die bloedlyn van Noag se drie seuns Sem, Gam en Jafet gebore is na die vloed. En in Genesis 9:26 seën Noag vir SEM waaruit die MESSIAS sou voortkom met die volgende woorde: “GESEËND IS YHVH, die GOD VAN SEM. Maar Kanaän (die seun van Gam wat vervloek is as gevolg van Gam se oneerbare optrede teenoor sy pa Noag waarvan ons lees in Genesis 9:20-25) moet sy (Sem) se dienskneg wees.” Ons weet later het YHVH die LAND VAN KANAÄN aan SEM se nageslag die ISRAELIETE gegee. Ons lees ook in Genesis 9:27 “Mag God aan JAFET ruimte (land) verskaf en mag hy WOON IN DIE TENTE (die woonplekke of aanbiddingsplekke) VAN SEM!” Wanneer ons kyk na WIE die afstammelinge van Jafet is dit nasies wat later as die HEIDENE (“gentiles” in Engels; mense wat nie van die stamme van Israel/ nageslag van Set is nie en nie in die God van Israel geglo het nie) bekend sou staan. Sou die feit dat hulle in die TENTE VAN SEM WOON moontlik verband hou met GELOWIGES in die MESSIAS uit die nasies wat inënt op die BOOM van ISRAEL soos beskryf deur Paulus in Romeine 11?

Ons lees in Genesis 11:10-32 van die AFSTAMMELINGE VAN SEM waarin ons sien in vers 31 en Genesis 12:1 dat ABRAM ‘n afstammeling van SEM was wat GEROEP is deur YHVH en ons lees die BELOFTE wat aan hom gemaak is in Genesis 12:2-3 “En Ek sal jou ‘n GROOT NASIE maak en jou SEËN en jou so GROOT MAAK, dat jy ‘n SEËN SAL WEES. En Ek sal SEËN DIEGENE WAT JOU SEËN, en hom VERVLOEK wat JOU VERVLOEK; en IN JOU sal AL DIE GESLAGTE van die aarde GESEËN word. En in Genesis 12:7 se Hy: “Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee (dit is land Kanaän). Lees Genesis 12:6 asook Genesis 10:19 wat Kanaän se land beskryf as: “…van Sidon (dit was ‘n seehawe in die gebied vsndsg bekend as Lebanon) af in die rigting van Gerar (dit was die land van die Filistyne) tot by Gasa (aan die suidekant van Israel vandag), in die rigting van Sodom en Gomorra (in die vlakte van die Jordaan in die area  om die Dooie See wat on sweet deur YHVH vernietig is as gevolg van hulle erge sondes – Genesis 19) en Adma (in die valei van Siddim, namy Sodom en Gamorra) en Seboïm (naby die suidekant van die Dooie see) tot by Lesa (ook in die omgewing van die Dooie See). Genesis 10:15-18 BEVESTIG dat Kanaän die vader was van SIDON, HET, die JEBUSIETE  en AMORIETE  en GIRGASIETE en die HEWIETE en ARKIETE  en SINIETE en HEMATIETE en die ARWADIETE en SEMARIETE en HAMATIETE. Hulle was almal later afgodsdienaars en GROOT VYANDE van ISRAEL. Ons lees ook Genesis 15:18-21 “Op dié dag het YHVH met Abram ‘n VERBOND gesluit en gesê: ‘Aan JOU NAGESLAG gee EK hierdie LAND, van die rivier van EGIPTE af tot by die groot rivier, die Eufraat rivier: die KENIETE en KENISSIETE en KADMONIETE en HETIETE en FERESIETE en RAFAÏETE (dit was die REUSE waarvan koning Og van Basan en Goliat en sy vyf broers deel was – lees Deuternomium 3:11, 1 Samuel hoofstuk 17 en 1 Kronieke 20:4-8) en AMORIETE en KANAÄNIETE en GIRGASIETE en JEBUSIETE. Ons sien dus hier die Kanaäniete het met ander nasies SOWEL as die REUSE vermeng.

Onthou: die AARDE en ALLES daarop BEHOORT aan YHVH. Dus maak dit mos sin dat Hy SY LAND sal wegneem van die wat KIES om Hom nie te dien nie, en aan SY KINDERS sal wil gee. En SY KINDERS is ALLE MENSE wat HOM VRYWILLIG DIEN en VOLG.

Ons sien dan dat HIERDIE BELOFTE VAN YHVH AAN DIE NAGESLAG VAN SEM OOR en OOR BEVESTIG WORD! Kom ons kyk daarna.

En in Genesis 13 skei Abram en Lot van mekaar weens twis tussen hulle veewagters en daar word gemeld in vers 7 dat die KANAÄNIETE en FERESIETE ook in die LAND gewoon het. Lot kies dan die HELE JORDAAN STREEK en hy beweeg OOS.

En ons lees reeds in Genesis 13:12 en 14-18 “Abram het bly woon in die LAND KANAÄN,…en YHVH sê vir Abram nadat Lot van hom geskei het: Slaan tog jou oë op en kyk van die plek waar jy staan (dit was volgens vers 6: SIGEM tot by die TERPENTYNBOOM MORE – dit was ‘n ANTIEKE KANAÄNIETIESE LAND geleë), na DIE NOORDE en SUIDE, na die OOSTE en WESTE; want die HELE LAND wat jy sien, sal Ek aan jou gee en aan jou nageslag TOT IN EWIGHEID. En Ek sal jou NAGESLAG maak soos die STOF VAN DIE AARDE, sodat as iemand die stof van die aarde kan tel, jou nageslag ook getel kan word. Maak jou klaar, trek die land deur in sy lengte en sy breedte, want EK SAL DIT AAN JOU GEE. Toe het Abram al verder tente opgeslaan en gaan woon by die TERPENTYNBOOM van MAMRE wat by HEBRON is; (dit is vandag geleë in die heuwels ongeveer 32 km ver van Jerusalem) en hy het daar vir YHVH ‘n altaar gebou.”

En in Genesis 15 sluit God ‘n VERBOND met Abram en sê hy aan hom dat sy ERFGENAAM uit sy liggaam sal kom, met verwysing na ISAK, lees Genesis 17:19 en Genesis 21:12 God beloof egter ook in vers 13 om ook vir Ismael uit die gemeenskap met Hagar ‘n groot nagesalg te maak omdat hy ook Abraham se kind is. En in Genesis 15:5-6 lei Hy hom na buite met die woorde: ”Kyk nou op na die hemel en TEL DIE STERRE as jy hulle kan tel. En Hy së vir hom: So sal jou NAGESLAG wees. En hy het in YHVH GEGLO; en Hy het het hom dit tot GEREGTIGHEID (‘n gesindheid by die mens in ooreenstemming met die wil van God) gereken.”

Hierdie gedeelte word verskeie kere in die Nuwe Testament aangehaal soos in Romeine hoofstuk 4 waarin Paulus verduidelik dat ABRAHAM uit sy GELOOF in God die Vader se BELOFTE aan hom GEREGVERDIG is en dat ‘n mens nie deur die WET GEREGVERDIG kan word nie maar deur jou GELOOF in Yeshua die Messias wat wat OORGELEWER is ter wille van ons MISDADE en OPGEWEK is ter will van ons REGVERDIGMAKING (om ons in die regte verhouding tot God die Vader te bring en ons vry te spreek).  Paulus verduidelik dus dat die WET (die TORAH: Genesis tot Deuternomium, opgesom in die TIEN GEBOOIE), die MAATSTAF is waarteen ons GEMEET word, en dat YESHUA ons MESSIAS die PRYS vir ons TEKORTKOMINGE GEMEET aan die WET, ten volle namens ons betaal het, en die wat dit in GELOOF AANVAAR word GEREGVERDIG by GOD DIE VADER.

 Dit is weereens die KRUIS BOODSKAPSTAP EEN van ons REDDINGSPROSES. En dan haal Jakobus ook Abraham se geloof aan in Jakobus hoofstuk 2 en plaas hy Paulus se woorde in perspektief sodat ons nie moet dink dat ONS NOU MAAR NET KAN SÊ ONS GLO, maar dat die wyse waarop ons OPTREE of LEEF nie ‘n BEWYS is daarvan dat ons GLO NIE. Ons DADE in GEHOORSAAMHEID aan GOD die VADER in ooreenstemming met SY WOORD is dus ‘n BEWYS dat ons GLO in YESHUA die MESSIAS en die VOL PRYS wat Hy betaal het om ons LOS te koop van WETTELOOSHEID wat as SONDE beskryf word deur Yeshua ons Messias in Mattheus 7:21-24, en Johannes in 1 Johannes 3:4 en 1 Johannes 5:17. Dus moet ons nie toelaat dat enige iemand ons hieroor mislei nie – DIE SMAL WEG deur YESHUA ons MESSIAS na ABBA VADER word geïlustreer deur die TABERNAKEL asook die SEWE FEESTE VAN ABBA VADER waarvan die KRUIS (uitgebeeld deur die brandofferaltaar) die EERSTE STOP ISdaar waar YESHUA ons MESSIAS die volle prys vir ons ONGEHOORSAAMHEID aan die WET (TORAH); ons wetteloosheid aan God die Vader betaal heteens en vir altyd. En daarna stap ons na die WASBAK/ WATERBAK waar ons EENMAAL sterf aan ons VLEES/ OU SONDIGE NATUUR deur ons DOOP in SY DOOD en ons staan op saam met Hom as NUWE MENSE (Romeine 6:3-14), daarna, terwyl ons nog leef op hierdie aarde, stap ons ELKE DAG TERUG na die WATERBAK om ons HANDE en VOETE te was met SONDEBELYDENIS (1 Johannes 1:1-10). En ons stap dan in by die HEILIGE GEDEELTE daar waar ons gaan AANSIT BY DIE TAFEL VAN YESHUA DIE MESSIAS om die WOORD DAAGLKS te EET soos BROOD en OPLEIDING te ontvang in die ONTIKKELING van ons GAWES, ontvang van Abba Vader reeds voor geboorte in die moederskoot – lees Jeremia 1:5 en ROEPING, ontvang van Yehsua ons Messias – lees Efesiërs 4:11-16. Paulus verduidelik die waarde van die WOORD as ons DAAGLIKSE BROOD aan Timotheus in 1 Timotheus 3:15-17 “…dat jy van kleins af die HEILIGE SKRIFTE (die Woord van God, die TORAH, Profete, Psalms en ander Boeke van die Ou Testament), KEN wat jou WYS KAN MAAK TOT SALIGHEID (om deel te hê aan die EWIGE LEWE) deur die GELOOF IN MESSIAS YESHUA. Die HELE SKRIF is deur GOD (die Vader) INGEGEE (geïnspireer) en is NUTTIG TOT LERING (onderrig, leerstellings/ grondbeginsels) tot WEERLEGGING (bewyse dat iets nie waar is nie), tot TEREGWYSING (vermaning, ernstig waarsku, aanspoor tot die goeie), tot ONDERWYSING IN DIE GEREGTIGHEID (onderrig in die wil en weë, vereistes en gebooie van God/ dit wat reg en regverdig is in God se oë gebaseer op die riglyne en bevele in Sy Woord), sodat die mens van God VOLKOME kan wees, vir ELKE GOEIE WERK (ons gawes en roeping) VOLKOME TOEGERUS.

Ons leer ook om God die Vader se WAPENRUSTING aan te trek en die WOORD te gebruik as ons SWAARD teen die bose (Efesiërs 6:10-18). En GETOETS en BEPROEF te word om ons gereedheid te bepaal om ons roepings te vervul. Dan is ons gereed om gevul te word met die VUUR van die HEILIGE GEES en die gawes van die Gees te ontvang om ons roepings suksesvol en vreesloos uit te voer in die koningkryk van Abba Vader in die verkondigig van die GOEIE NUUS (1 Korinthiërs 12:8-10 en 1 Petrus 4:10). Ons doen dit VOORTDUREND in GEBED terwyl YHVH ons God op die TROON van ons HARTE sit en SY WET, SY TORAH opgesom in die TIEN GEBOOIE, op ons harte en dus ook in ons gedagtes opgeskryf staan en ons gedrag rig. Ons maak dus soos David (die man na God se hart) in Psalm 119:11-14 sê: “Ek het U WOORD in MY HART GEBÊRE, dat ek TEEN U NIE SAL SONDIG NIE. LOFWAARDIG is U o YHVH! LEER my U INSETINGE (vasgestelde gebooie)! Ek het met MY LIPPE VERTEL AL DIE VERORDENINGE (voorskrifte, wetlike bepalings, bevele) VAN U MOND. Ek is VROLIK (opgeruimd, opgewek, plesierig) in DIE WEG VAN U GEUIENISSE (DIE SMAL WEG bepaal deur die GRENSE van SY TORAH opgesom in SY TIEN GEBOOIE) soos oor allerhande rykdom. EK WIL U BEVELE OORDINK en OP U PAAIE LET. EK sal MY VERLUSTIG (dit geniet, bly wees) in U INSETINGE, U WOORD SAL EK NIE VERGEET NIE.” Terwyl ons verseker weet ons is bedek en veilig onder die genade van Yeshua ons Messias en Hoe PRIESTER wat vir ons intree en ons beskerm en die Heilige Gees wat ons leer en lei (lees 1 Johannes 2:27) en aanmoedig tot sondebelydenis op ons daaglikse pad om vry te bly van VREES, SKULDGEVOELENS en SKAAMTE. Terwyl ons vrye toegang het, deur YESHUA ONS MESSIAS om in die teenwoordigheid van ons HEMELSE VADER te leef.

 In Genesis 17, toe ABRAM 99 jaar oud was, het YHVH aan hom verskyn en gesê: “Ek is God, die ALMAGTIGE; wandel (leef) voor My aangesig (m.a.w met bewustheid van Sy teenwoodigheid), dan sal jy OPREG wees. En dan lees ons ‘n herbevestigin van die VERBOND met Abram en Hy veerander Abram se naam, ons lees in vers 5-8: “Daarom sal hulle jou nie meer ABRAM noem nie, maar jou NAAM SAL WEES ABRAHAM, want Ek maak jou ‘n vader van MENIGTE NASIES. En ek sal jou BUITENGEWOON VRUGBAAR maak: Ek sal jou tot NASIES maak en KONINGS sal uit jou voortkom. En Ek sal MY VERBOND OPRIG tussen MY en JOU en jou NAGESLAG ná jou in HULLE GESLAGTE as ‘n EWIGE VERBOND, om vir JOU ‘n GOD te wees en vir jou NAGESLAG ná jou. En Ek sal aan JOU en JOU NAGESLAG na jou DIE LAND VAN JOU VREEMDELINGSKAP (waarin jy ‘n uitlander was) GEE, DIE HELE LAND KANAÄN, as ‘n EWIGE BESITTING; en EK SAL VIR HULLE ‘N GOD WEES” En as TEKEN van die VERBOND met ABRAHAM is die BESNYDENIS ingestel, wat ons weet ‘n PRENTJIE, ‘n VOORUITSKOUING was na die BESNYDENIS VAN DIE HART waarvan ons reeds lees as DIE WERKLIKE BEDOELING VAN DIE BESNYENIS in Deuternomium 10:16 en wat beteken het om die VLEES/ DIE OU SONDIGE NATUUR en sy OPSTANDIGHEID van ons AF TE SNY en TOEGEWYD aan ABBA VADER TE LEEF IN GELOOF IN YESHUA ons MESSIAS en deur SY GEBOOIE te ONDERHOU (lees ook Deuternomium 30:6, Jeremia 4:4 & 9:25, Romeine 2:28-29 & 4:11, 1 Korinthiërs 7:19, Galasiërs 5:6 & 6:15, Kolossense 2:11, Fillipense 3:3 , Openbaring 12:17).

En in Genesis 18:18 word hierdie SEËN oor Abraham herbevestig. En in Genesis hoofstuk 22 stel YHVH vir Abraham op die PROEF wanneer Hy hom vra om sy geliefde seun Isak te offer en wanneer Abraham sy hand uitsteek om sy seun te slag keer die (hoofletter) ENGEL van YHVH (‘n verwysing na Yeshua in die Ou Testament) hom en word ‘n RAM in die PLEK van ISAK deur YHVH VOORSIEN om geoffer te word (‘n vooruitskouing van YESHUA, die LAM van GOD wat in ons plek die volle prys vir die sonde sou kom betaal). En dan lees ons in Genesis 22:15-18 “Toe roep die (hoofletter) Engel van YHVH vir die TWEEDE KEER na Abraham van die hemel af en se: “Ek sweer (m.a.w le ‘n EED af) by Myself, spreek YHVH , omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie, dat Ek jou RYKLIK sal SEEN en jou NAGESLAG GROOTLIKS SAL VERMEERDER soos die sterre van die hemel en soos die sand aan die seestrand is; en jou NAGESLAG sal die poort van sy vyande in besit neem.” Hierdie EED (verklaring waarby ‘n getuie teenwoordig is) aan Abraham word bevestig in die Lofsang van Sagaria (Johanne side Doper se pa) in Lukas 1:73 nadat die Heilige Gees hom gevul het (lees Lukas 1:67-79). Dit word ook aangehaal in Hebreers 6:12-20 en ons lees in vers 17-20 “Daarom het God (die Vader), omdat Hy nog KRAGTIGER aan die ERFGENAME VAN DIE BELOFTE (die nageslagte van ABRAHAM wat as NASIES genoem is) die ONVERANDERLIKHEID  van SY RAAD (SY ONWRIKBARE VASTE BESLUIT) wou toon, dit met ‘n EED GEWAARBORG; sodat ons deur TWEE ONVERANDERLIKE DINGE , want dit is ONMOONTLIK dat God sou lieg , KRAGTIGE BEMOEDIGING kan hê, ons wat ONTVLUG het, om VAS TE HOU AAN DIE HOOP wat voorlê; en ons het dit as ‘n ANKER VAN DIE SIEL (die gedagtes, emosies en wil) wat VEILIG en VAS is (‘n seker wete het) en INGAAN TOT BINNEKANT die VOORHANGSEL (die HEILIGE GEDEELTE VAN DIE TABERNAKEL waar GOD DIE VADER is), waar YESHUA as VOORLOPER vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die ORDE VAN MELGISÈDEK (‘n EWIGE PRIESTERORDE – lees Hebreers 5:6), ‘n HOEPRIESTER geword het vir EWIG.”

Let weer hier op na die TABERNAKEL taaldeur YESHUA DIE MESSIAS se prys vir ons betaal aan die KRUIS, kan ons nou DIREK NADER TOT GOD DIE VADER op die SMAL WEG van HEILGMAKING soos reeds verduidelik. Ons weet ook dat Abba Vader met die dood van Yeshua die Mesias, die LAM van GOD, reeds die SWAAR GORDYN wat TOEGANG tot ABBA VADER beperk het, laat middeldeur skeur het as bewys daarvan da die VOLLE PRYS vir die SONDE betaal is en ons dus nie meer GESKEI is van ABBA VADER nie, maar Hom nog steeds in HEILIGHEID (toewyding, afgesonder vir Hom/ “set-appart”) met VREES (eerbied en ontsag) moet nader. Lees Mattheus 27:50-51, Markus 15:38 en Lukas 23:45.

En in Genesis 26:4 word hierdie BELOFTE deur YHVH aan ABRAHAM se seun, ISAK gemaak in GERAR: “En EK sal jou NAGESLAG vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou NAGESLAG sal Ek HIERDIE LAND gee : Ek sal die EED BEVESTIG , en IN JOU NAGESLAG (die nageslag wat begin het voor die vloed met Adam en deur SET tot by Noag en verder voortgesit is ná die vloed deur Noag se seun SEM), SAL AL DIE  NASIES VAN DIE AARDE GESEËN WORD.” ISAK, ABRAHAM se SEUN, dra hierdie SEËN dan weer kort voor sy dood oor na sy seun (n dus Abraham se kleinseun), JAKOB in Genesis 27:29. David verwys na hierdie EED met ABRAHAM, ISAK EN JAKOB vir Israel as ‘n ewige verbond in Psalm 105:8-10.

In Genesis 35 is JAKOB oppad terug van Laban af na die LAND van sy vaders en BOU hy ‘n ALTAAR vir YHVH by BET-EL en gee hy opdrag dat sy HUISGESIN en aan ALMAL wat BY hom van al die vreemde (kleinletter) gode wat hulle saamgebring het van Harran (in suid-oos Turkye) van die huis van Laban af ONTSLAE moet raak en hulle REINIG en ANDER KLERE AANTREK (reinig van die OU VLEES/ die OU SONDIGE NATUUR)  en OPTREK na die ALTAAR wat YHVH hom opdrag gegee het om te bou, en Jakob sê “…die God wat my geantwoord het op DIE DAG van my BENOUDHEID en BY MY WAS OP DIE WEG wat ek gegaan het (weer ‘n prentjie van die SMAL WEG wat Jakob in geloof en in gehoorsaamheid aan YHVH gestap het). Lees vers 1-3. En dan sien ons beskerm YHVH hulle op hulle verdere reis en by hulle terugkoms uit Paddan-Aram bevestig YHVH Sy BELOFTE aan JAKOB met die volgende woorde in Genesis 35:9b-12 “…en Hy SEËN hom; en God sê vir hom: jou naam is JAKOB; jy sal nie verder JAKOB genoem word nie, maar ISRAEL sal jou naam wees.” Dus sien ons die BEGIN VAN ISRAEL hier in Genesis 35:10. En ons lees vanaf vers 11-12: “Verder sê God vir hom: EK IS GOD, DIE ALMAGTIGE. Wees VRUGBAAR en VERMEERDER. ‘n NASIE, ja, ‘n MENIGTE VAN NASIES, SAL VAN JOU AFSTAM, en KONINGS sal uit jou lendene (jou liggaam) VOORTKOM. En DIE LAND wat Ek aan ABRAHAM en ISAK GEGEE HET, sal EK AAN JOU GEE; en aan JOU NAGESLAG JOU sal EK DIE LAND GEE.”

En in Genesis 48 sien ons iets van die WAAR MAAK van HIERDIE BELOFTE aan JAKOB (nou genoem ISRAEL) wanner hy weer op sy beurt vir JOSEF se TWEE SEUNS, EFRAIM en MANASSE SEËN soos ons lees in vers 14-16 “Toe steek ISRAEL sy REGTERHAND uit en lê dit op die hoof van EFRAIM, hoewel hy die JONGSTE was, en sy LINKERHAND op die hoof van MANASSE: hy het sy HANDE OORKRUIS GEHOU (in die vorm van die TAV, die laaste letter in die Hebreeuse alfabet, aangedui in die antieke Hebreeus Skrif as ‘n KRUISIE en later die vorm van die KRUIS soos ons dit vandag ken met die betekenis van: ‘n MERK, TEKEN en VERBOND). Vir meer inligting kan jy DEEL 4 van die boodskappe op die web bladsy lees.

En ons lees verder in Geness 48:15-16 ”En hy (ISRAEL) het Josef geseë en gesê: Die GOD voor WIE SE AANGESIG my vaders ABRAHAM en ISAK gewandel (gelef) het, DIE GOD wat my as HERDER (‘n verwysing na Yeshua die Messias, lees Mattheus 2:6 en Johannes 10:11) my LEWE LANK GELEI HET TOT VANDAG TOE, DIE (hoofletter) ENGEL WAT my UIT TEËSPOED VERLOS het – MAG HY DIE SEUNS SEËN, en mag DEUR HULLE MY NAAM (m.a.w ISRAEL) GENOEM WORD en die NAAM van my vaders, ABRAHAM en ISAK, en MAG HULLE VERMEERDER IN DIE LAND IN MENIGTE.” En ons sien in vers 22 JAKOB (nou ISRAEL) sê vir JOSEF: “En ék gee jou EEN STUK LAND BO (meer as vir) jou broers (onthou Josef was Jakob se oudste seun by sy geliefde vrou Ragel waarvoor Jakob die besondere kleed met baie kleure gemaak het, lees Genesis 37:3), wat ek met my SWAARD en my BOOG van die AMMORIETE afgeneem het (dit is aan die ooste kant van die Jordaan Rivier en sluit dele in van vandag se Irael, Jordanië en Syrië). ” Dus is hierdie LAND van die AMMORIETE gegee aan EFRAIM en MANASSE! In Genesis 14:7 en 2 Kronieke 20:2 word dit Hason-Tamar genoem en is aangedui as ENGEDI (geleë aan die weste kant van die Dooie See).

 Ons lees in Joshua 16:1-10 van die ERFDEEL van EFRAIM en sien in vers 10 hulle het die KANAÄNIETE , die inwoners van GESER nie verdryf nie (GESER was op die grens van Filistynse gebied en later ‘n strategiese posisie op die roete tussen Jerusalem en die kusvlakte) en so het die Kanaäniete onder Efriam bly woon tot vandag toe. (Hou in gedagte dat die Kanaäniete grootliks afgodsaanbidders was en hulled us vir Efraim tot afgodsaanbidding verlei het). EN die ERFDEEL van MANASSE word bespreek in Josua 17:1-18 en ons sien in hierdie gedeelte dat hulle ook saam met die Kanaäniete gewoon het. Hulle groei in getalle en soek dan meer grond by Josua en Josua se aan hulle as die GEBERGTE VAN EFRAIM (dit was die sentrale bergreeks in die disitrik van Israel) vir hulle te nou is, moet hulle plek vir hulle oopveg in die land van die FERESIETE en die RAFAÏTE (die REUSE wat ons duidelik ook sien beskou is as KANAÄNIETE), en in vers 18 beveel Josua hulle aan om hulle te verdryf. In Joshua 24:32-33 word ook aangedui dat hulle SIGEM (ook gelee in die bergland van Efraim) as erfdeel onvang het. In Johannes 4:5 lees ons van Yeshua wat met die die Sammaritaanse vrou by die put gesels (Samaria was die hoofstad van Efraim) en ons lees hier: “En Hy kom toe by ‘n stad in SAMARIA wat SIGAR genoem word, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun JOSEF gegee het.” (dit was geleë tussen Judea in die suide en Galilea in die noorde).

In Eksodus 32 aanbid die volk ‘n goue kalf in die woestyn en is YHVH so kwaad dat Hy Sy toorn (woede) teen hulle wil laat ontvlam om hulle te verteer maar Moses smeek Hom dan om GENADE en HERINNER HOM AAN SY BELOFTE – ons lees hier in vers 13 “Gedenk (dink aan) aan ABRAHAM, ISAK en ISRAEL (voorheen Jakob genoem), U knegte (dienaars), vir WIE U BY USEF GESWEER het (‘n EED afgelê het) en aan WIE U gesê het: Ek sal julle NAGESLAG VERMENIGULDIG soos die sterre aan die hemel, en hierdie HELE LAND  waarvan Ek gespreek het, sal EK AAN JOU  NAGESLAG GEE, dat hulle dit vir EWIG kan beërwe.” En YHVH se reaksie in vers 14 is: “Toe het YHVH BEROU (jammer of spyt gevoel) oor die ONHEIL (ramp, groot ongeluk) wat Hy gesê het dat Hy SY VOLK sou aandoen.” Dit word bevestig in Psalm 106:45 deur David waar hy sê: “en Hy het tot hulle BESWIL aan SY VERBOND GEDINK en BEROU GEKRY na die VEELHEID van SY GOEDERTIERENHEDE (genadigheid, barmhartiheid en lamkmoedigheid/ geduldigheid).

 In Numeri 24:9b bevestig Bileam, die profeet gehuur deur Koning Balak om ISRAEL te vervloek, hierdie SEËN oor ISRAEL (AL TWAALF afstammelinge van JAKOB, bekend as die STAMME van ISRAEL). “GESEËND IS HULLE WAT JOU SEËN, EN VEVLOEK IS HULLE WAT JOU VERVLOEK.” En ons lees in Numeri 24:14 gee YHVH vir Bilam inligting oor wat ISRAEL die volk van BALAK (hy was die koning van Moab), sal AANDOEN aan die EINDE VAN DIE DAE.” En dan spreek Bileam ‘n profesie uit oor die EERSTE en TWEEDE koms VAN MESSIAS YESHUA wanneer hy sê: “Ek sien Hom, maar nie nou nie, ek aanskou Hom, maar nie naby nie: ‘n STER kom uit JAKOB, en ‘n SEPTER (KONING) KOM UIT ISRAEL op, en HY verbrysel die slape van die hoof van MOAB en WERP AL DIE OORLOGSUGTIGES (die wat graag wil oorlog maak) omver.

Dit word BEVESTIG in Lukas 3:36 dat Yeshua die Messias ‘n afsammeling is vanuit die nageslag van Abraham, sy kleinseun Noag en Noag se seun SET. Maar meer nog, ‘n volledige geslagregister vir Yeshua die Messias word gegee vanaf ADAM, die seun van God (onthou Adam is geskep deur God self, hy het nie ouers gehad nie), syen Eva se seun SET, Set se seun Enos, Enos se seun Kenan, kenan se seun Jered, Jered se seun HENOG (die Henog waarvan ons lees in Genesis 5:21-24 en bevestig in Hebreers 11:5), Henog se seun METÚSALA (die oudste mens waarvan ons weet – hy het 969 jaar geleefGenesis 5:27), Metusala se seun LAMEG, Lameg se seun NOAG, Noag se seun SEM, Sem se seun Arpagsad, Arpagsad se seun Kainan, Kainan se seun Sela, Sela se seun Heber, Heber se seun Peleg, Peleg se seun Rehu, Rehu se seun Serug, Serug se seun NAHOR (Abraham se oupa), Nahor se seun TERA (Abraham se pa), Tera se seun ABRAHAM, Abraham se seun ISAK, Isak se seun JAKOB, Jakob se seun JUDA (wat deel was van die Suidryk en steeds vandag bekend staan as DIE JODE), Juda se seun Peres (by Tamar lees Genesis 38:29) se seun Hesron, Hesron se seun Ram, Ram se seun Amminadab, Amminadab se seun Nagson, Nagson se seun Salmon, Salmon se seun BOAS (wat getroud was met Rut), hulle seun OBED (David se oupa), Obed se seun ISAI (David se pa), Isai se seun DAVID (wat koning was van ISRAEL en ‘n man was na God se hart), David se seun Natan, waarna nog vele geslagte genoem word tot by YESHUA die seun van Josef en Maria. Lees Lukas 3:23-38 asook Mattheus 1:1-17.

Genesis 49:10 spreek Jakob ‘n SEËN oor JUDA uit naamlik: “Die SEPTER (koning heerskappy) sal van JUDA NIE WYK NIE (nie weggeneem word nie), nog die VELDHEERSTAF (aanvoerder van soldate/ militere mag) tussen sy voete uit TOTDAT SILO kom (n verwysing na Yeshua die Messias); en aan (hoofletter) HOM SAL DIE VOLKE GEHOORSAAM WEES”. Dit word bevestig in Psalm 2:9 en Openbaring 2:27. En in Miga 5:1 profeteer Miga oor die HEERSER van ISRAEL wat uit die NAGESLAG van JUDA sal voortkom.  En dit word bevestig in Mattheus 2:6 “En jy, BETLEHEM, LAND VAN JUDA, is volstrek (beslis) nie die geringste (kleinste) onder die vorste (regeerders, leiers)” van JUDA nie, want uit jou sal ‘n LEIDSMAN (‘n LEIER, ‘n LEERMEESTER) voortkom wat vir MY VOLK ISRAEL ‘n HERDER SAL WEES.” Lees ook Johannes 7:42. En in Openbaring 5:5 sê een van die ouderlinge aan Johannes: “..die LEEU wat uit die STAM VAN JUDA is, die WORTEL VAN DAWID, het OORWIN om die BOEK oop te maak en sy SEWE SEËLS te breek.”. En dus is Hy gebore in die Huis van David soos Jesaja sê in hoofstuk 11:1 en bevestig word deur Yeshua die Messias in Openbaring 22:16bEk, is die WORTEL en die GESLAG van DAVID , die BLINK MORESTER.”

En in Handling hoofstuk 3, na die UITSTORTING VAN DIE HEILIGE GEES waarvan ons lees in Handleinge hoofstuk 2 genees Petrus ‘n kreupel man in die Naam van Yeshua die Messias en toe hy die VERBASING van die volk sien, sê Petrus aan hulle in vers 13-26Die God van ABRAHAM, ISAK en JAKOB, die God van ons vaders, het Sy (hoofletter) KIND YESHUA VERHEERLIK, Hom wat julle oorgelewer en voor Pilatus VERLOËN het toe hy besluit het om Hom los te laat. En julle het die (hoofletter) HEILIGE en REGVERDIGE VERLOËN en gevra dat ‘n moordenaar aan julle geskenk (verniet gegee) sou word en die (hoofletter) LEIDSMAN (‘n LEIER, ‘n LEERMEESTER) tot die LEWE het julle gedood. In Handelinge 2:23 sê Petrus: “…het julle deur die hande van goddelose manne geneem en GEKRUISIG en OMGEBRING (dood gemaak).

En ons lees verder in Handelinge 3:15b-26: “God (die Vader) het Hom uit die dode OPGEWEK, waarvan ons GETUIES is. En deur die GELOOF IN SY NAAM, het SY NAAM hierdie man, wat julle sien en ken, STERK GEMAAK, en DIE GELOOF WAT DEUR HOM IS, het hom hierdie VOLKOME GESONDHEID GEGEE in die teenwoordigheid van julle almal. En nou, broeders, ek weet dat julle dit in ONWETENHEID (uit onkunde) gedoen het, net soos julle OWERSTES (leiers); maar God (die Vader) het op dié manier VERVUL wat HY tevore VERKONDIG het deur die MOND van AL SY PROFETE, dat die MESSIAS sou LY. Kom dan tot INKEER (selfondersoek) en BEKEER julle (verander van hart en kry ‘n afkeer van die sonde), sodat julle SONDES UITGEWIS KAN WORD en TYE van VERKWIKKING (troos, nuwe krag en moed) van die aangesig van YHVH mag kom, en HY HOM mag STUUR wat voorheen aan julle VERKONDIG is, naamlik YESHUA die MESSIAS, Hom wat die hemel moet ontvang tot op die TYE van die WEDEROPRIGTING (die nuut maak) van ALLE DINGE, waarvan God (die Vader) van ouds af gespreek het deur die MOND van AL SY HEILIGE PROFETE. Want MOSES het tot die vaders gepsreek: YHVH julle God sal vir julle ‘n (hoofletter) PROFEET verwek uit julle broeders net soos ek is, NA HOM MOET JULLE LUISTER VOLGENS ALLES WAT HY MET JULLE SAL SPREEK. En ELKE SIEL (elke mens wat met sy of haar VRYE WIL KIES) wat NIE na DIÈ PROFEET LUISTER NIE, SAL UIT DIE VOLK UITGEROEI WORD (hier haal Petrus Deuternomium 18:15 & 19 aan).

 En dan sê Paulus verder in Hanedlinge 3:25-26 “EN julle IS KINDERS VAN DIE PROFETE en VAN DIE VERBOND wat God met ons vaders gesluit het toe Hy vir ABRAHAM gesê het: “EN IN JOU SAAD sal AL DIE GESLAGTE VAN DIE AARDE GESEËN WORD.” Hier haal Petrus Genesis 22:18 aan. En hy sluit af in vers 26 met: “GOD (die Vader) het, nadat HY SY (hoofletter) KIND YESHUA OPGEWEK het, HOM eers vir julle GESTUUR om julle te SEËN deur ELKEEN VAN SY BOOSHEDE TE BEKEER.Hierdie woorde word reeds deur die engel aan Josef aangekondig om hom gerus te stel dat Maria se swangerskap UIT DIE HEILIGE GEES is en dat die DOEL van YESHUA se lewe die volgende is: “Hy wat die VOLK van hulle SONDES SAL VERLOS  (Lees Mattheus 1:21-23 en Jesaja 7:14). DIT IS DIE SEËN WAARMEE GOD DIE VADER ISRAEL (almal wat KIES om in Yeshua die Messias te glo en Hom te volg) SEËN: VERLOSSING VAN DIE SONDE DEUR YESHUA DIE MESSIAS SODAT ELKEEN VAN ONS, ONS VAN ONS BOOSHEDE KAN BEKEER!

He-Brews-Coffee-Roastery-Logo

Stay In Touch