Skip to content

DIE WAARHEID oor die KRUISIGING en die SIMBOOL van die KRUIS, Deel 9: Die Boek Deuternomium

30 April 2025

Ons gesels verder oor die TWYFEL wat onder gelowiges ontstaan het gedurende die laaste aantal jare oor die metode van KRUSIGING van YESHUA ons MESSIAS asook die SIMBOOL van die KRUIS.

Ons ondersoek vandag DIE VYFDE BOEK van die TORAH naamlik DEUTERNOMIUM vir enige bewyse van die KRUISIGING en die SIMBOOL VAN DIE KRUIS.

Woorde vanuit die Boek Deuternomium word 90 keer aangehaal deur skrywers van die Nuwe Testament, in veertien Boeke van die Nuwe Testament.

Die Boek Deuternomium is geskryf vir die nuwe generasie Israeliete wat na 40 jaar in die woestyn in die Beloofte Land ingegaan het (lees Deuternomium 1:1-3). Dit gee ‘n oorsig van die woestyn tog en is geskryf deur Moses in ongeveer 1400 voor die Messias. Die DOEL van die Boek is die volgende: Moses is op die punt om te sterf, die ou generasie het reeds uitgesterf, behalwe vir Kaleb van die stam van Juda (Numeri 13:6) en Josua van die stam van Efraim (Numeri 13:8 en 16). Moses gee instruksies in Deuternomium aan die mense wat die land Kanaan gaan binnegaan om GETROU te bly aan die VERBOND met YHVH en hy berei hulle voor vir die intree in die Land Kannaan en oor hulle oorwinning en inname van die land.

Die TITEL van DEUTERNOMIUM is: “Dit is die woorde” in Hebreeus beteken dit DEVARIM. Die Septuagint (m.a.w die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks), gebruik die naam DEUTERNOMIUM, DEUTER wat beteken TWEEDE en NOMOS wat beteken WET. Maar die BOEK DEUTERNOMIUM verwys nie na ‘n TWEEDE WET (TORAH en GEBOOIE) nie, maar eerder na ‘n HERHALING en VERMANINGS (ernstige waarskuwing of aansporing) om die WET (TORAH opgesom in die TIEN GEBOOIE), wat YHVH aan Moses gegee het op die Berg Sinai, te onderhou.

Die SLEUTELWOORDE wat gebruik word is: LUISTER (ongeveer 50 keer), DOEN, HOU en KOM NA ‘n totaal van 177 keer en die rede vir die DOEN word 21 keer deurgegee as die LIEFDE van God vir die mens, en die mens vir God. Dit kom dus daarop neer dat ons SY WET SAL HOU EN SAL DOEN, SAL NAKOM wanneer ons besef dat Hy dit aan ons gegee het omdat Hy die mens liefhet en dat ons ons LIEFDE vir Hom met GEHOORSAAMHEID aan SY WET (SY TORAH, Genesis tot Deuternomium, opgesom in die TIEN GEBOOIE) bewys.

Nadat Yeshua ons Messias gedoop is en gelei is na die woestyn deur die Heiliige Gees om versoek (getoets) te word deur die Satan, antwoord Hy elke vraag van Satan deur aanhalings vanuit die Boek Deuternomium. Ons lees in Lukas 4:3-4 sê die Satan aan Hom: As U die Seun van God is, sê vir hierdie klip dat dit brood moet word. Maar Yeshua antwoord en sê vir hom: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van ELKE WOORD VAN GOD.” Dit is ‘n aanhaling van Deuternomium 8:3. Dan weer sê die Satan vir Hom in Lukas 4:7 “As U my dan aanbid, sal alles aan U behoort.” En Yeshua antwoord en sê vir hom: Gaan weg agter My, Satan, want daar is geskrywe, want daar is geksrywe: YHVH jou God moet jy moet jy aanbid en Hom alleen dien.” Dit is ‘n aanhaling van Deuternomium 6:13-14. En in Lukas 4:9-12 bring Satan Yeshua na Jerusalem op die dak van die tempel en sê vir Hom: “As U die Seun van God is, werp Uself hiervandaan neer (spring hier af). Want daar is geskrywe: Hy sal Sy engele bevel gee aangaande U om U te bewaar, en hulle sal U op die  hande dra, sodat U nie miskien U voet teen ‘n klip stamp nie (let wel hier haal Satan Psalm 91:11-12 aan). Dit is dus belangrik om te verstaan dat die Satan die WOORD van YHVH ken en JUIS DAAROM ons maklik kan MISLEI. Ons lees verder in Lukas 4:12 “Yeshua antwoord en sê vir hom: Daar is gesê: Jy mag YHVH jou God nie versoek nie.” En dit is ‘n aanhaling uit Deuternomium 6:16. Dit is dus ‘n duidelike ilustrasie van ons Messias om ons GEESTELIKE GEVEGTE met die SWAARD VAN DIE HEILIGE GEES, DIE WOORD te veg – lees ook Hebreers 4:12 en Effesiers 6:17.

In Deuternomium 16 word DIE GROOT JAARLIKSE FEESTE van YHVH weer herhaal waarvoor die VOLK DRIE MAAL in die jaar voor die aangesig van YHVH moes verskyn; naamlik:

  1. Die FEES van ONGESUURDE BRODE wat met die PASGA FEES begin het in die maand Abib (Aviv in Hebreeus en later genoem Nisan) en daarna vir nog SEWE DAE geduur het.
  2. Die FEES FEES VAN WEKE (ook genoem die PINKSTERFEES) wat SEWE WEKE (50 dae) later plaasgevind het.
  3. En daarna die HUTTEFEES ook bekend as die FEES VAN TABERNAKELS wat sewe dae geduur het met ‘n agste dag wat daarop gevolg het.

In Deuternomium 18:15-22 lees ons YHVH se BELOFTE VAN ‘n GROOT PROFEET wat ook bekend staan as Moses se Messiaanse Profesie.

Ons lees in hierdie gedeelte in vers 17-19 dat YHVH vir Moses gesê het: “…’n (hoofletter) PROFEET sal Ek vir hulle (vir die mense van ISRAEL) verwek (in die lewe roep) uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek SAL MY WOORDE IN SY MOND LÊ, en HY SAL AAN HULLE SÊ ALLES WAT EK HOM BEVEEL. En die man wat NIE LUISTER NA MY WOORDE WAT HY IN MY NAAM SPREEK NIE, VAN hom sal EK SELF REKENSKAP AFEIS.” En ons kry bevestiging hiervan dat dit Yeshua die Messias is in Johannes 4:25, 8:28, 12:49-50 en 17:8.

En dan sien ons in Deuternomium hoofstuk 21-25 regulasies vir moord, huwelike met krygsgevangenes, die eersgeboortereg, wederstrewige (koppige, opstandige) kinders en die BEGRAFNIS van die WAT TER DOOD GEBRING is  en dit is hier in Deuteronomy 21:22-23 waarin ons weer ‘n BEELD van die KRUIS en KRUISIGING kry.

Ons weet mos reeds duidelik wanneer ons die WET van GOD OORTREE word ons VERVLOEK en dat die DOODSTRAF geld vir sekere sondes soos ONEER VAN ONS OUERS en SEKSUELE SONDES en daarom moes YESHUA ons MESSIAS NAMENS ons hierdie VLOEKE kom dra soos Paulus verduidelik in Galasiërs 3:13-14 “Die MESSIAS het ons LOSGEKOOP van die VLOEK van die WET (die TORAH) deur vir ons ‘n VLOEK TE WORD – want daar is geskrywe: VERVLOEK is ELKEEN wat aan ‘n HOUT HANG – sodat die SEËN van ABRAHAM na die heidene (die ONGELOWIGES, insluitend die VERLORE SKAPE van die TIEN STAMME onder EFRAIM), kan kom IN MESSIAS YESHUA, en dat ons die BELOFTE van die (hoofletter) GEES (dus die Heilige Gees) deur die GELOOF kan ontvang.”

Paulus verwys hier na Deuternomium 21:22-23 waarin ons LEES dat die DOODSTRAF vir die SONDE (m.a.w WETTELOOSHEID) was om aan ‘n BOOM (dit is die oorspronklike Hebreeuse vertaling wat later deur sommige Bybel weergawes vertaal is met PAAL). opgehang te word. En die lyk mag nie aan die BOOM oornag nie, maar die persoon moet sekerlik nog dieselfde dag begrawe word, want een wat OPGEHANG IS, IS DEUR GOD VERVLOEK. En jy mag die land wat YHVH jou as erfenis gee, nie VERONTREINIG nie. Ons sien in Numeri 34:33-34 dat dit te make gehad het met BLOEDVERGIETING op die land – dus ONTHEILIG BLOEDVERGIETING ‘n LAND.

Dit laat ‘n mens wonder of die BOOM van GOED en KWAAD waarvan daar in ONGEHOORSAMHEID geëet is – dalk die REDE was dat DIE DOODSTRAF VIR ONGEHOORSAAMHEID behels het om aan ‘n BOOM opgehang te word. Terloops JUDAS ISKARIOT wat Yeshua ons Messias verraai het, het homself ook gaan ophang (lees Mattheus 27:5 en Handelinge 1:18). En sou dit dan ook die REDE WEES waarom YESHUA ons REDDER EN VERLOSSER (MESSIAS) op ‘n BOOM (‘n HOUTRKUIS) moes sterf om die mens los te koop van die SONDE EN EWIGE DOOD wat as VERVLOEKING ingetree het weens die ONGEHOORSAAMHEID van Adam en Eva?  (Genesis hoofstuk 2-3).

Ons lees dikwels dat die METODE VAN KRUISIGING ‘n ROMEINSE METODE WAS, maar dit is NIE WAAR NIE! Ons weet vanuit die OPDRAG VAN YHVH in DEURTERNOMIUM 21:22 dat die VOORSKRIF VIR ‘n PERSOON IN WIE DAAR ‘n SONDE WAS WAT DIE DOODSTRAF VERDIEN HET, in opdrag van YHVH GEDOOD MOES WORD DEUR EN AAN ‘n BOOM OPGEHANG te word.

Daar was nog geen sprake van die ROMEINE toe hierdie INSTRUKSIE deur YHVH die God van ISRAEL gegee is nie. Die Romeine het eers aan bevind gekom en met KRUISIGING as STRAF MAATREËL begin ongeveer in die jaar 14-27 ná die Messias.

DIE DOEL VAN DIE DOODSTRAF VIR SONDE was om die KWAAD TUSSEN DIE VOLK UIT TE ROEI. Die doodstraf is onder andere toegepas vir MOORD – lees Deuternomium 21:1-9 wat verband hou met GEBOD 6 jy mag nie moord pleeg nie. WEDERSTREWIGE (koppige, opstandige) KINDERS – lees Deut 21:18-21 wat verband hou met GEBOD 5 dat ouers geëer moet word. In die geval sien ons is steniging toegepas. Dan is daar die DOODSTRAF vir SEKSUELE SONDES – egbreuk, verkragting en ontug (onsedelike handeling, onkuisheid), lees Deuternomium 22:22-30, Levitikus 20:10 en Johannes 8:5 wat verband hou met GEBOD 7,” jy mag nie egbreuk pleeg nie”. En vir MENSROOF: Deuternomium 24:7 – wat verband hou met GEBOD 8, “jy mag nie steel nie”).

MELAATSHEID word as ‘n PLAAG genoem en in verband gebring met SKINDER soos in die geval van MIRIAM oor Moses en sy vrou Sippora waarvan ons gelees het in Numeri 12:10, en weer in Deuternomium 24:8 gemeld word. Dit vorm deel van GEBOD 9, “Jy mag GEEN VALS GETUIENIS teen jou naaste spreek nie”.

As die KWAAD nie UITGEROEI word nie, SEËVIER dit en het die DIEF waarteen Yeshua ons Messias ons waarsku in Johannes 10:10a vrye toegang om by mense te STEEL, hulle te SLAG en hulle te VERNIETIG terwyl hulle BLIND, SIELSONGELUKKIG, VOL DEPRESSIE, VREES, ANGS, SKULDGEVOELENS en SKAAMTE is en moontlik SPOED NA die EWIGE DOOD! Maar daar is ALTYD HOOP solank daar nog LEWE is want soos ons lees in Hebreers 3:12-15 word ons herinner terwyl daar nog ‘n VANDAG is kan ons nog KIES om weg te draai van die sonde terug na DIE VADER deur YESHUA ons MESSIAS (die enigste weg). En dit is waarom Yeshua ons Messias vir ons aan die KRUIS GESTERF het – soos Paulus dit verduidelik in Romeine 8:1-2 om die DOODMAAK KRAG van die WET toe te maak met die GENADE van Abba VADER (die beeld van die VERBONDSARK met die WET daarin, bedek deur die VERSOENDEKSEL, die MERCY SEAT in Engels, met die BLOED van die LAM, Yeshua ons Messias daarop – want die VOLLE LOSPRYS is betaal vir ELKEEN wat KIES om in HOM TE GLO en Hom, met die hulp van die Heilige Gees, in gehoorsaamheid aan Abba Vader op die SMAL PAD te volg soos uitgebeeld deur die SEWE FEESTE VAN YHVH. Lees ook 1 Korinthiërs 6:11.

In Deuternomium 24:16 word dit dan ook DUIDELIK GESTEL dat die vaders en kinders nie vir mekaar se sondes gedood mag word nie, maar ELKEEN moet vir hulle EIE sondes (dus hulle EIE KEUSES) GEDOOD WORD. Ons sien ook die toepassing daarvan in 2 Konings 14:6 en 2 Kronieke 25:4. En dit word herhaal in Jeremia 31:29-30 waarna die NUWE VERBOND verduidelik word in vers 31-34 waarin die VERBOND op die HARTE van die HUIS VAN ISRAEL (dit is die NOORDRYK: Efraim en die Tien Stamme onder hom, insluitend die vreemdelinge/ nasies wat inent op die Boom van Israel volgens Romeine 11), en die HUIS van JUDA (die SUIDRYK: Juda en Benjamin), geskryf sal word en Hy ‘n God vir hulle sal wees en hulle ‘n volk vir Hom sal wees. Lees ook Esegiël hoofstuk 18 oor PERSOONLIKE VERNTWOORDELIKHEID vir SONDE.

Ons sien daarna dat AMALEK uitgeroei moet word – AMALEK is ‘n verteenwoordiging van BOOSHEID wat jou van AGTERAF AANVAL WANNEER JY SWAK IS. Lees Deuternomium 25:17-19 asook Eksodus 17:8-16 en 1 Samuel 15:2-3.

Die REDE vir DIE DOODSTRAF vir SPESIFIEKE SONDES is om as WAARSKUWING te DIEN vir ELKE MENS sodat niemand van ons in die EINDOORDEEL voor die TWEEDE DOOD in die POEL VAN VUUR sodat elkeen van on sons KEUESES kan maak voordat ons die EERSTE DOOD STERF en NIE EEN VAN ONS KAN SÊ ONS HET DIT NIE GEWEET NIE (Openbaring 20). Ons verduur reeds VERVLOEKING vir die OORTREDING van die GEBOOIE van GOD op aarde soos aangetoon in Levitikus 26 asook Deuternomium 27 en 28. En die waarskuwings teen SONDE wat ook die VLEES genoem word word herhaal in die NUWE TESTAEMENT in verkskeie gedeeltes soos: 1 Korinthiërs 6:8-10, Galasiërs 5:19-21, Efesiërs 5:5, Kolossense 3:6, Openbaring 21:8 en 22:15.

ONTHOU, ABBA VADER wil nie hê dat ENIGE IEMAND VERLORE moet GAAN NIE (lees Esegiël 18:32 en 33:11, Johannes 3:16, 1 Timoteus 2:4 en 2 Petrus 3:9) daarom is HY DUIDELIK in SY WOORD oor die BELANGRIKHEID van REDDING DEUR YESHUA ons MESSIAS wat ‘n GRATIS GESKENK aan ELKE MENS is wat bloot in GELOOF aanvaar moet word en dan in GEHOORSAAMHEID aan HOM te leef (Efesiërs 2:8-9 en 1 Korinthiërs 6:11). Lees ook Yeshua ons Messias se woorde in Johannes 14:15-23 en Johannes 15:10-12. En Johannes som dit mooi op in 1 Johannes 2:1-29 lees seblief hierdie hele hoofstuk – ons lees hier net vers 1-3 “My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle NIE MOET SONDIG NIE; en AS IEMAND GESONDIG HET, ons het ‘n VOORSPRAAK by die VADER, Yeshua ons Messias, die REGVERDIGE. En Hy is ‘n VERSOENING VIR ONS SONDES, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die HELE WERELD.”

En ons lees in 1 Johannes 5:2-3  “Elkeen wat GLO dat Yeshua die Messias is, is uit God (die Vader) gebore; en elkeen wat die VADER LIEFHET, het ook DIE EEN LIEF WAT UIT HOM GEBORE IS. Hieraan weet ons dat ons DIE KINDERS VAN GOD LIEFHET: WANNEER ONS GOD LIEFHET en SY GEOOIE BEWAAR; en SY GEBOOIE IS NIE SWAAR NIE.”

Ons lees van VOORBEELDE van die OPHANG AAN ‘n BOOM soos beskryf word in Deuternomium 21:22 in Joshua 8:29 waar hierdie straf deur Josua toegedien is op die koning van Ai deur hom op te hang aan ‘n BOOM en teen sonondergang sy lyk afgehaal het en by die ingang van die stadspoort gegooi het en ‘n groot hoop klippe op hom opgestapel het. En in Josua 10:26-27, die dood van vyf konings in die slag van Gibeon waarin Josua hulle laat ophang het aan ‘n BOOM nadat hulle doodgeslaan is,  en hulle teen sononder laat afhaal het,  en hulle in die spelonk gegooi het waarin hulle weggekruip het en hulle het groot klippe voor die spelonk gepak. Dit moes plaasgevind het in die periode tussen 1400 en ongeveer 1370 voor die Messias.

En dan sien ons ook in Johannes 19:31 dat Deuternomium 21:23 ook op Yeshua se kruisiging toegepas moes word volgens YHVH se riglyn en is Sy liggaam voor sononder van die kruis afgehaal.

En selfs die LYFSTRAF wat Yeshua ons Messias moes verduur is reeds in Deuternomium deur YHVH bepaal en vasgestel: ons sien hier dat ‘n persoon mag nie meer as 40 houe mag ontvang nie – lees Deuternomium 25:32. (Lees Jesaja 53:5, Mattheus 27:26, Lukas 23:16 , Johannes 19:1 en 1 Petrus 2:24 – Yeshua ons Messias se LYFSTRAF wat Hy namens ons ontvang het. 

Die Nelson’s Fondational Bible Dictionary verduidelik die volgende oor die KRUIS: Kruisiging was algemeen onder die antieke nasies. En nou weet ons HOEKOM! Dit was reeds in Deuternomium 21:23 aangedui as as STRAF vir ERNSTIGE MISDADE deur YHVH die God van ISRAEL.

Die Nelson’s Fondational Bible Dictionary verduidelik verder dat die KRUIS bestaan het uit TWEE STUKKE HOUT, wat reghoekig vasgemaak is en waarop die slagoffer geplaas is. Aan die boonste deel van die KRUIS, bo die persoon se kop is ‘n bordjie aangebring waarop die persoon se naam en sy misdaad aangedui is. Ons lees dat dit in die geval van Yeshua ons Messias se krusiging ook so gedoen is in Mattheus 27:37, Markus 15:26 en Johannes 19:19 en Sy Naam en oortreding is deur Pilatus aangedui, alhowel dit teen die Jode se sin was as: “YESHUA VAN NASARET, KONING VAN DIE JODE”. Onthou daar kon GEEN aanklag teen Hom bewys word nie want Hy was die EEN sonder SONDE wat GEWILLIG WAS om in GEHOORSAAMHEID AAN DIE VADER vir ONS SONDES die VOLLE PRYS TE BETAAL. Die metode van KRUSIGING het mense met dieselfde afgryse gevul as wat ons vandag kyk na iemand wat aan ‘n galgtou opgehang word (lees ook 1 Korinthiërs 1:23, Galasiërs 3:13 en Hebreërs 12:2 hieroor). Paulus het GEROEM in DIE KRUIS van YESHUA ons MESSIAS JUIS omdat dit die VERSOENENDE werk van ons MESSIAS aandui – ‘n BAIE DUUR PRYS WAT VIR ONS VELROSSING BETAAL IS.

Daar word verder verduidelik deur die Nelson’s Fondational Bible Dictionary dat KRUISIGING ‘n metode van DOODSTRAF was (net soos ons lees YHVH die God van Israel reeds in Deuternomium 21:22 opdrag gegee het!). Die slagoffer is lewendig aan die KRUIS opehang. Hierdie METODE van marteling en teregstelling (voltrekking van die doodstraf) is reeds baie eeue voor die tyd van Yeshua die Messias gebruik deur verskeie nasies van die antieke wereld, insluitende die ASSIRIËRS (afkomstig van Noag se seun Set, se seun Assur – hulle was deel van antieke Messopotamië), en die MEDE en die PERSE (afkomstig van Noag se seun Jafet, se seun Madai) Lees Genesis 10:2 en 22. En Alexander die Grote het in 332 voor die Messias een duisend mense van Tirus, ‘n Fenisiëse stad GEKRUISIG en Antiochus Epifanes het die JODE wat geweier het om hulle GELOOF af te sweer GEKRUISIG tussen 175 and 164 voor die Messias.

En soos ons dan weet het die ROMEINE, KRUSIGING aangeneem as hulle ergste vorm van die DOODSTRAF wat gebruik is vir KRIMINELE en SLAWE. Hulle het egter geen Romeinse burgers gekruisig nie. KRUISIGING het behels om die slagoffer met SPYKERS deur die GEWRIGTE of met toue aan ‘n DWARSBALK op ‘n VERTIKALE HOUTPAAL vas te maak. Die slagoffer het dan gehang aan sy arms en dus kon bloed nie sirkuleer na sy lewensbelangrike organe nie. Die persoon het dan gesterf aan versmoring of uitputting oor ‘n lang periode van baie erge pyn. Die slagoffer is gewoonlik ook eers geslaan voor die KRUSIGING. Ons sien in die geval van Yeshua dat Hy so erg geslaan is dat Hy Sy KRUIS nie kon dra nie (Mattheus 27:26 en Markus 15:21 soos geprofeteer in Jesaja 53:5 & 7). Dit mag ‘n rede wees vir Sy vinnige dood aan die KRUIS – vanaf die kruisiging teen 9:00 die oggend tot 15:00 die middag, ongeveer ses ure, was Yeshua dood (Lees Mattheus 27:32-46, Markus 15:25-34 en Lukas 23:33-460). Dit was nie nodig vir die soldate om Sy bene te breek of Sy dood te verhaas nie (Markus 15:33-37 en Johannes 19:31-33, reeds aangedui deur YHVH in die Pasga viering van Eksodus 12:46, die skadubeeld van die KRUISIGING van die LAM van God die Vader, wat sou volg en geprofeteer is in Psalm 34:21. Llees Johannes 19:36 asook 1 Korinthiers 5:7). God die Vader het nie toegelaat dat Yeshua se liggaam aan die KRUIS ontbind in skande soos wat met die meeste slagoffers wat GEKRUSIG is gebeur het nie. Die volgelinge van Yeshua was in staat om met Pilatus se goedkeuring vir Yeshua te begrawe (Mattheus 27:57-60).

Die Nelson’s Foundational Bible Dictionary verduidelik ook dat die KRUIS ‘n GROOT STRUIKELBLOK vir baie mense was wat die JODE (die Suidryk, m.a.w die Stam van Juda en Benjamin) verhoed het om vir Yeshua as die Messias te aanaar. Juis as gevolg van Deuternomium 21:23. Hierdie vorm van doodstraf was so AFSTOOTLIK vir die JODE dat hulle geweier het om dit selfs net te bespreek in algemene gesprekke in die samelewing. En dit is die REDE waarom hulle aangedring het daarop dat Yeshua nie GESTENIG word soos hulle gebruik was nie maar GEKRUISIG word deur die ROMEINE (lees Handelinge 2:23, 5:30 en 10:39).

Paulus vertel van hierdie VYANDE VAN DIE KRUIS in Fillipense 3:17-19 “Want BAIE – van wie ek julle dit dikwels gesê het (hier verwys Paulus na vele gedeeltes in sy briewe waarin hy waarsku teen vals apostels en mense wat nie die vrugte van die Heilige Gees dra nie), en nou ook onder trane sê – wandel (leef) as VYANDE VAN DIE KRUIS VAN DIE MESSIAS. Hulle einde is die VERDERF, hulle god is die buik (die maag) en hulle eer is in hulle skande (die NLV sê: hulle doen skandelike dinge met trots); hulle bedink aardse dinge.”

Paulus gee in Galasiërs 5:19-21 vir ons ‘n BAIE DUIDELIKE lys van die VRUGTE van die VLEES en in vers 22-23 van die VRUGTE VAN DIE GEES. En ons MESSIAS dui ook aan in Mattheus 7:15-18 dat ons VALS PROFETE “aan hulle VRUGTE sal KEN. Dit is dus ons maatstaf. As die persoon waarna jy LUISTER enigsens SONDE, VYANDSKAP, TWIS, VERDEELTHEID, PARTYSKAPPE (tweedrag) of enige ander SLEGTE VRUGTE tussen GELOWIGES aanhits en daar ‘n AFWESIGHEID van 1 Korinthiërs 13 soort LIEFDE is, asook ‘n gebrek aan VREDE, VREUGDE, BARMHARTIGHEID, NEERIGHEID, GOEDHEID, GEDULD, VRIENDELIKHEID, GETROUHEID en SELFBEHEERSING is, is daar ‘n gevaar dat die PERSOON ‘n VALS APOSTEL of PROFEET mag wees (lees ook Mattheus 12:33, Lukas 6:43-45, Mattheus 24:11, Jakobus 3:17, 2 Korinthiërs 11:13-15, 2 Petrus 2:1 en 1 Johannes 4:1-6).

Vir GELOWIGE VOLGELINGE van Yeshua die Messias som die apostel Paulus die BELANGRIKHEID van die KRUISIGING die beste op in 1 Korinthiërs 1:17-24 “Want die Messias het my nie gestuur om te doop nie (dit was Johannes die Doper se werk), maar om die EVANGELIE te VERKONDIG, NIE MET WYSHEID VAN WOORDE NIE, SODAT DIE KRUIS VAN DIE MESSIAS NIE VERYDEL (tot niet of kragloos gemaak) MAG WORD NIE. Want die WOORD VAN DIE KRUIS IS WEL DWAASHEID VIR DIE WAT VERLORE GAAN, maar VIR ONS WAT GERED WORD, IS DIT DIE KRAG VAN GOD (die Vader); want daar is geskrywe: Ek sal die WYSHEID van die WYSE MENSE VERNIETIG en die VERSTAND van die VERSTANDIGE TOT NIET MAAK Waar bly jy die wyse? Waar bly die skrifgeleerde? Waar die REDETWISTER (woordstryders of argumenteerders) van hierdie eeu? Het God nie die WYSHEID van HEIRIE WÊRELD DWAAS gemaak nie? Want aangesien in die WYSHEID VAN GOD die wêreld DEUR DIE WYSHEID VAN GOD NIE GEKEN HET NIE, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking DIE WAT GLO TE RED; want DIE JODE vra ‘n TEKEN en die GRIEKE SOEK WYSHEID, maar ONS VERKONDIG DIE MESSIAS WAT GEKRUSIG IS, ‘n STRUIKELBLOK VIR DIE JODE en DWAASHEID vir DIE GRIEKE; MAAR VIR DIE WAT GEROEP IS, JODE SOWEL AS GRIEKE: DIE MESSIAS, DIE KRAG VAN GOD (DIE VADER) en DIE WYSHEID VAN GOD (DIE VADER).

Ons kan dus vir BEVESTIGING na GESKIEDKUNDIGE en ANDER BUITE BRONNE gaan kyk, maar ons moet versigtig wees om daarop staat te maak en dan GOD SE WOORD TE VERWERP! Ons moet EERDER ‘n BELSUIT neem om op GOD SE WOORD STAAT TE MAAK en IN GELOOF VERSEKER WEET GOD SE WOORD IS DIE ABSOLUTE WAARHEID. En daarom moet ons die BEGINSEL volg om ALLES wat ons LEES, HOOR of SIEN, TEEN ‘n BETROUBARE WEERGAWE VAN SY WOORD TE TOETS (soos ons lees in Handelinge 17:10-11) en NIE die wêreld bronne gebruik om die WOORD VAN GOD te WEERLÊ nie want dan is ons WAWYD OOP VIR MISLEIDING! Dit was tog die EERSTE LEUEN van die Satan aan EVA in die TUIN VAN EDENWAT DAN OOK TWYFEL GESKEP HET BY HAAR OOR DIT WAT GOD VIR ADAM EN HAAR GESÊ HET. Laat ons dus WAAK om nie in hierdie SLAGGAT te TRAP nie. Laat ons van die VERONDERSTELLING uitgaan dat GOD NIE ‘n MENS nodig het om DIE WAARHEID VAN SY WOORD te bewaar en bewaak nie. HY DOEN DIT SELF! En net soos dit reeds in ORALE en GESKREWE vorm bestaan vir ongeveer 6000 jaar word ons BELOWE die WOORD SAL NOOIT VERGAAN NIE (lees Jesaja 40:8 & 55:11, Psalm 119:89, Matheus 5:18, Lukas 16:17, Mattheus 24:35, Markus 13:31, Lukas 21:33, Johannes 1:1-5 1 Petrus 1:23-25).  Ons kan dus die HELE WOORD GLO met alles wat daarin geskryf staan en die VERSKILLENDE GETUIENISSE wat Hy vir ons daarin gebou het gaan soek as maatreël teen misleiding (lees meer hieroor in Deel 1 van hierdie reeks). En as ons dan steeds oor iets twyfel, dan VRA ons VIR ABBA VADER om vir ons DIE WAARHEID te wys deur SY HEILIGE GEES en HY SAL DIT VERSEKER DOEN!

In Deuternomium hoofstuk 27 en 28 lees ons weer van die VOORWAARDE VAN GEHOORSAAMHEID vir SEËN van YHVH en VERVLOEKING vir ONGEHOORSAAMHEID net soos in Levitikus 26. Die TWAALF STAMME word in twee verdeel – die stamme van Simeon, Levi, Juda, Issaskar, Josef (insluitend die nageslag van sy twee seuns Efraim en Manasse) en Benjamin moes op die BERG GERISIM gaan staan om die volk te SEËN. EN die stamme van Ruben, Gad, Aser, Sebulon, Dan en Naftali moes op Berg Ebal gaan staan om ‘n VLOEK uit te spreek.

In Deuternomium 29 lees ons van die VERNUWING VAN DIE VERBOND MET GOD PLUS dit wat op die BERG HOREB gesluit is (lees Deuternomium 29:1-9 & Deuternomium 5:2-3). Dit GELD vir die mans, kinders, vroue, vreemdelinge en werkers (vers 10-12) En ons lees die REDE vir die NUWE VERBOND in vers 9 – 21 “Onderhou dan die woorde van hierdie verbond en volbring dit (gehoorsaam dit), sodat julle voorspoedig kan uitvoer alles wat julle doen.” En on lees in vers 15-21 NLV: “YHVH julle God sluit hierdie verbond met julle wat VANDAG hier in SY TEENWOORDIGHEID is, maar OOK MET AL DIE TOEKOMSTIGE GESLAGTE VAN ISRAEL. Julle onthou tog hoe ons in die land Egipte gebly het en deur die lande van vyandelike nasies getrek het toe ons Egipte verlaat het. Julle het hulle afskuwelike afgode gesien wat van hout, klip, silwer en goud gemaak is. YHVH HET SY VERBOND MET JULLE GESLUIT sodat geen man, vrou, familie of stam onder julle van YHVH julle God sal wegdraai om hierdie gode van die ander nasies te aanbid nie, en sodat daar GEEN WORTEL onder julle mag wees wat BITTER en GIFTIGE VRUGTE DRA NIE. (Petrus haal hierdie woorde aan in Handelinge 8:23 wanneer hy aan Simon die Towenaar se: “Ek kan sien JY IS VOL BITTERHEID en deur DIE SONDE GEBOEI.” en die Skrywer van Hebreërs haal dit aan in Hebreërs 12:14-15 wanneer hy mense aanmoedig om erns te maak met God se roepstem en hulle beste doen om n VREDE met almal te lewe want daarsonder sal ons nie EENDAG in YHVH se TEENWOORDIGHEID kan kom nie.” En ons lees verder in vers 15: “Wees baie versigtig dat niemand van julle uitsak en God se GENADE/ ONVERDIENDE GOEDHEID verspeel nie. Moenie dat daar onder julle ‘n LOOT VAN BITTERHEID OPSKIET wat MOEILIKHEID VEROORSAAK en BAIE AANSTEEK NIE.”). En ons lees verder in Deuternomium 29:19-21 “Laat niemand van julle wat die WAARKSUWING van hierdie EED HOOR, hulleself alte hoog ag en by hulleself dink: EK IS VEILIG, SELFS AL HOU EK AAN OM MY EIE HARDE KOP TE VOLG NIE. Dit sal net tot VERWOESTING LEI. YHVH sal sulke mense NIE VERGEWE NIE. SY WOEDE en SY WREWEL sal teen hulle OPVLAM. AL die VERVLOEKINGS wat in hierdie boek geskryf is, sal oor hulle kom en YHVH sal hulle NAME ONDER DIE HEMEL UITWIS. YHVH sal hulle van al die stamme van ISRAEL afsonder sodat al die rampe hom kan tref volgens die VERVLOEKINGS van die VERBOND wat opgeskryf is in HIERDIE BOEK van die GEBOOIE.”

In Deuternomium 30 lees ons dan van die BELOFTE VAN GENADIGE VERLOSSING IN GEVAL VAN BEROU. Ons lees in vers 1-4 “En as al hierdie dinge oor jou kom, die SEËN en die VLOEK wat ek jou voorgehou het, en jy dit ter harte neem onder al die nasies waarheen YHVH jou God jou verdryf het , en jy jou tot YHVH jou God BEKEEER en na SY STEM LUISTER net soos ek JOU VANDAG BEVEEL,  JY EN JOU KINDERS , met JOU HELE HART en met jou HELE SIEL, dan sal YHVH jou God jou lot verander en Hom oor jou ONTFERM; en Hy sal jou weer VERSAMEL uit al die volke waarheen YHVH jou God jou verstrooi het. (lees ook die onderskeie profesiee hieroor in Jesaja 11:11-12 en 27:12, 43:5-8, 54:7-8 en 56:8, Jeremia 29:14, 31:8-10, 32:37  Esegiel 11:17, 20:34, 28:25, 34:13, 36:24, 37:21 en 39:28, Psalm 107:2-3 en Openbaring 7:1-17 asook Yeshua ons Messias se woorde in Mattheus 24:29-31 Markus 13:24-27  waarin Hy sê: “…in daadie dae NA DIE VERDRUKKING, sal die son verduister word , en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre an die hemel sal val, en die kragte wat in die hemel is, sal geskud word. En dan sal hulle die SEUN VAN DIE MENS OP DIE WOLKE SIEN KOM MET GROOT KRAG EN HEERLIKHEID. En DAN sal HY SY ENGELE UITSTUUR, en HY SAL SY UITVERKORENES UIT DIE VIER WINDSTREKE VERSAMEL, VAN DIE EINDE VANDIE AARDE AF TOT BY DIE EINDE VAN DIE HEMEL”). En ons lees verder in Deuternomium 30:6-11 “En YHVH jou God sal jou HART BESNY en die HART VAN JOU NAGESLAG, om YHVH jou God LIEF TE HE met jou HELE HART enmet jou HELE SIEL, DAT JY KAN LEWE. En YHVH jou God sal AL HIERDIE VLOEKE op jou VYANDE en op jou HAATERS lê wat JOU VERVOLG HET. Maar JY SAL WEER NA DIE STEM VAN YHVH LUISTER en AL SY GEBOOIE DOEN wat ek jou VANDAG beveel. En YHVH jou God sal die GOEIE AAN JOU OORVLOEDIG GEE in al die werk van jou hand, in die vrug van jou liggaam en in die vrug van jou vee en in die vrugte van jou land; want YHVH sal weer oor jou TEN GOEDE BLY WEES SOOS HY BLY WAS oor jou vaders, as JY NA DIE STEM VAN YHVH JOU GOD LUISTER om SY GEBOOIE en SY INSETTINGE TE HOU wat in hierdie WETBOEK (die TORAH) geskrywe is; as jy jou tot YHVH jou God BEKEER met jou HELE HART en met jou HELE SIEL (gedagtes, emosies en wil). Want hierdie GEBOD wat ek jou VANDAG BEVEEL, is vir jou NIE TE SWAAR en is nie VER NIE (dit word bevestig in 1 Johannes 5:2-3). En dan die bekende woorde in Deuternomium 30:19-20 “Ek neem vandag die HEMEL en AARDE as GETUIES TEEN JULLE; DIE LEWE en DIE DOOD, die SEËN en die VLOEK het ek jou voorgehou. KIES DAN DIE LEWE, dat JY KAN LEWE, JY EN JOU NAGESLAG, deur YHVH JOU GOD LIEF TE HÊ, NA SY STEM TE LUISTER en HOM AAN TE HANG, want DIT IS JOU LEWE en DIE LENGTE VAN JOU DAE, sodat jy kan woon in die land wat YHVH aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met ‘n eed beloof het om aan hulle te gee.”

In Deuternomium 31:14-30 lees ons dan word DIE AFVAL VAN ISRAEL AANGEKONDIG deur Moses. En ons lees in vers 29 sê Moses: “Want ek weet dat julle na my dood gewis verderflik sal handel (sleg sal optree) en sal AFWYK van DIE WEG wat ek julle beveel het, sodat ONHEIL (rampe en groot ongeluk) julle AAN DIE EINDE VAN DIE DAE sal TEËKOM, OMDAT julle sal DOEN WAT VERKEERD IS IN DIE OË van YHVH om Hom deur die WERK VAN JULLE HANDE (met julle dade) TE TERG (Hom kwaad maak).”

Joshua neem oor by Moses en in Deuternomium 32 lees ons van die LIED van Moses wat in OPDRAG van YHVH gesing moes word – dit is ‘n BAIE INSIGGEWENDE LIED wat jy seblief in jou eie tyd moet gaan lees, wat ‘n oorsig gee oor ISRAEL as ‘n nasie, wat praat van ons Rots en Redder wat ‘n duidelike verwysing is na Yeshua die Messias en selfs praat oor die komende oordeel in die laaste dae. Ons lees ook ‘n verwysing na hierdie LIED van MOSES in Openbarng 15:1-4 wat hier bekend staan as DIE OORWINNINGSLIED van MOSES en DIE LAM en gesing word deur die OORWINNAARS (mense wat gedood is vir hulle geloof tydens die groot verdrukking en nou by God is) en die DIER en sy BEELD, en oor sy TEKEN en die getal van sy naam en hulle sing die LIED VAN MOSES, die DIENSKNEG VAN GOD EN DIE LIED VAN DIE LAM: “…Groot en wonderlik is U werke, YHVH God ALMAGTIGE; REGVERDIG en WAARDIG is U WEË, o KONING VAN DIE HEILIGES! Wie sal U nie VREES nie, YHVH, en U NAAM nie VERHEERLIK nie? Want U alleen is HEILIG; want AL DIE NASIES sal kom en voor U AANBID, omdat U REGVERDIGE DADE openbaar geword het.”  En dit vind plaas net voor die SEWE BAKKE VOL KOLE VAN OORDEEL OP DIE AARDE UITGEGOOI WORD.

En die BOEK DEUTERNOMIUM SLUIT DAN AF MET MOSES WAT VOOR SY DOOD DIE TWAALF STAMME VAN ISRAEL SEËN in Deuternomium 33.

En ons lees dan in Deuternomium 33:1-5 “En dit is die SEËN waarmee MOSES, DIE MAN VAN GOD, die KINDERS VAN ISRAEL GESEËN het voor sy dood. En hy het gesê: YHVH het gekom van SINAI en vir hulle opgegaan van Seir (berg) af; Hy het in LIGGLANS VERSKYN van die gebergte PARAN en gekom van HEILIGE TIENDUISENDE AF; aan SY REGTERHAND (‘n verwysing na Yeshua die Messias) was VLAMMENDE VUUR vir hulle. Ja, HY HET DIE STAMME LIEF. AL SY HEILIGES – HULLE IS IN U HAND; en hulle was gelaer (sit) by U VOET; ELKEEN ontvang iets van U uitsprake (die NLV sê: hulle aanvaar U voorskrifte). MOSES het ons DIE WET (die TORAH, Genesis tot Deuternomium, opgesom in die TIEN GEBOOIE), BEVEEL, ‘n BESITTING (eiendom, die oorspronklike Hebreeuse vertaling praat van: ERFENIS) vir die VERGADERING (die oorspronklike Hebreeuse vertaling praat van: GEMEENTE) van JAKOB (m.a.w ISRAEL – AL TWAALF STAMME).” En dan seën hy die twaalf stamme afsonderlik (lees vers 6-29).

David verduidelik hierdie ERFENIS van ISRAEL later pragtig in Psalm 19:8-12 “Die WET (TORAH, Genesis tot Deuternomium) van YHVH is VOLMAAK: dit VERKWIK die SIEL (verstand, emosies en wil); die GETUIENIS van YHVH is GEWIS (dit is waar sonder enige twyfel): dit gee WYSHEID aan die EENVOUDIGE. Die BEVELE van YHVH is REG: hulle VERBLY die HART; die GEBOD (MITZVAH) van YHVH is SUIWER: dit VERLIG die OË (dit laat blinde oë sien sodat ons die ewige lewe kan beërwe, lees Psalm 13:4). Die VREES van YHVH is REIN (lees Psalm 12:7 waar hierdie VREES ook na die WOORD verwys wat REIN is): dit BESTAAN tot in EWIGHEID; die VERORDENINGE van YHVH is WAARHEID – tesame is hulle REGVERDIG. Hulle is BEGEERLKER AS GOUD, ja as baie fyn goud; en SOETER AS HEUNING en heuningstroop. Ook word U KNEG (dienaar) daardeur GEWAARSKU; in die ONERHOUDING DAARVAN is GROOT LOON (vergoeding, voordele).”

En dan sterf Moses op die ouderdom van 120 jaar nadat God vir hom die LAND GEWYS het en God self begrawe hom (lees Deuternomium hoofstuk 34).

He-Brews-Coffee-Roastery-Logo

Stay In Touch