13 Mei 2026 Ons is gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (die…
DIE WAARHEID oor die KRUISIGING en die SIMBOOL van die KRUIS, Deel 6: Die Boek Eksodus
9 April 2025
Ons gesels verder oor die TWYFEL wat onder gelowiges ontstaan het gedurende die laaste aantal jare oor die metode van KRUSIGING van YESHUA ons MESSIAS asook die SIMBOOL van die KRUIS.
Ons ondersoek vandag DIE TWEEDE BOEK van die TORAH naamlik EKSODUS vir enige bewyse van die KRUISIGING en die SIMBOOL VAN DIE KRUIS.
Die BETEKENIS van die WOORD EKSODUS afkomstig vanuit die GRIEKS is: UITTOG (dit word ook so genoem in Hebreërs 11:22). Maar die TORAH, Genesis tot Deuternomium, is in HEBREEUS geskryf. Die Hebreeuse NAAM van die TWEEDE BOEK wat ons as EKSODUS ken is: Sh’mot wat “NAME” beteken en dit is dan ook waarmee die BOEK begin, met die name van die TWAALF seuns van Jakob wat later die TWAALF STAMME van ISRAEL sou word. Dus is die NAAM van die BOEK, dieselfde as in die geval van GENESIS dit wat beskryf word in die EERSTE VERS. En die HELE BOEK beskryf dan verder die stryd en draaipunte in die lewens van die mense van ISRAEL met God wat altyd ‘n wakende oog oor hulle hou. En selfs in die midde van hulle probleme en lyding het God hulle NAME onthou en ‘n REDDER gestuur om hulle terug te lei na HOM.
Eksodus is geskryf deur Moses in opdrag van YHVH. Lees Eksodus 24:4, 34:28, Deuternomium 31:9 en 24-26. Dit is gegee aan ISRAEL om ook bewaar te word vir ons as ‘n WAARSKUWING en ‘n VOORBEELD, lees ook Paulus se woorde hieroor in 1 Korinthiërs 10:11.
Die DOEL van die BOEK EKSODUS is om te toon hoe God se BELOFTE aan ABRAHAM (waarvan ons lees in Genesis 15:12-16), vevul is in die triomfantklike REDDEING van die kinders van ISRAEL (al twaalf stamme) uit hulle SLAWERNY in EGIPTE. Verder is dit ‘n aantekening van die OORSPRONG van die PASGA en die gee van die opsomming van die WET (die TIEN GEBOOIE) op die Berg Sinai.
Die Boek Eksodus vertel dus vir ons van die SLAWERNY van die kinders van ISRAEL (al TWAALF STAMME) in Egipte, hulle REDDING en gevolglike INSTRUKSIES vir ‘n HEILIGE LEWE en AANBIDDING. Daar is ‘n GEESTELIKE PARALEL hierin tot die lewe van ELKE KIND VAN ABBA VADER: ons BEGIN almal in die SLAWERNY van die SONDE, ons word GERED van hierdie SLAWERNY deur Abba Vader, deur Sy SEUN YESHUA die MESSIAS en ons kry dan INSTRUKSIES (onderrig, voorskrifte) hoe om ‘n HEILIGE LEWE te LEEF en Hom te AANBID en dit het ALLES te make met die SMAL WEG waarna Yeshua ons Messias later verwys in Mattheus 7:13-20 en Lukas 13:24.
In Eksodus sien ons, na Josef se dood en met verloop van tyd het daar ‘n nuwe koning oor Egipte geheers wat nie vir Josef geken het nie. Die TWAALF STAMME van ISRAEL was VRUGBAAR en hulle het VERMEERDER en was BUITENGEWOON MAGTIG en EGIPTE was VOL VAN HULLE. En omdat die EGIPTENAARS begin dink het dat hulle MAGTIGER is as hulle en dalk saam met hulle VYANDE kon span teen hulle, het hulle ‘n SLIM PLAN beraam en OPSIGTERS van DWANGARBEID oor die ISREALIETE aangestel om hulle met HARDE ARBEID te VERDRUK en hulle moes vir die Farao (die koning van Egipte) die VOORRAADSTEDE PITOM en RAÄMSES BOU. Maar hoe meer hulle VERDRUK is HOE MEER het hulle VERMEERDER sodat die EGIPTENARE BANG geword het vir die ISRAELIETE. Hulle het dus met HARDHEID teenoor hulle begin optree en hulle lewens BITTER gemaak deur SWAAR WERK. Die koning het ook met die HEBREEUSE VROEDVROUE gepraat en opdrag aan hulle gegee om wanneer SEUNS gebore word HULLE DOOD te MAAK maar die dogtertjies te laat lewe. Maar die VROEDVROUE het GOD GEVREES en dit NIE gedoen nie. En dan kom die bevel van die Farao om die SEUNS wat gebore word in die NYL te werp. En Moses se ouers (altwee uit die STAM van LEVI), het hulle SEUNTJIE DRIE MAANDE LANK WEGGESTEEK en ons ken die res van die GESKIEDENIS. Moses land uiteindelik in die huis van Farao en word deur sy dogter grootgemaak terwyl Moses se ma hom versorg. Maar Moses word groot as ‘n EGIPTENAAR en toe hy volwasse word en sien hoe SY MENSE onder die harde arbeid van die EGIPTENAARS moes lei het hy ‘n man doodgelsaan en moes hy vlug na MIDIAN waar hy met die PRIESTER van MIDIAN se dogter SIPPORA trou en ‘n seun met die naam GERSOM gehad het. En hier het hy gebly tot die koning van EGIPTE dood is. En die ISRAELIETE het in hierdie TYD VAN HULLE SLAWERNY GEROEP om HULP NA GOD. GOD HOOR HULLE en HY ROEP NA MOSES om saam met sy broer AÄRON die mense uit EGIPTE te gaan VERLOS. DIE TIEN PLAE VOLG en dan sien ons WEER DIE PRENTJIE VAN DIE MERK, die TAV (met die PIKTOGRAAF VAN DIE KRUIS) – ABBA VADER SE SIMBOOL van GENADE en REDDING kort voor die LAASTE PLAAG – die DOOD VAN DIE EERGEBORENES van ALMAL wat nie die MERK met die BLOED van ‘n LAM op hulle DEURPOSTE aangebring het nie. Ons sien ook dat die aanvanklike prentjie van ‘n X-vormige KRUIS, nou die VORM begin aanneem van die KRUIS soos ons dit ken waarop Yeshua ons Messias vasgespyker om vir ons sondes te betaal!
Ons lees hiervan as die INSTELLING van die EERSTE PASGA – ABBA VADER se EERSTE FEES wat deel sou word van SY REDDINGSPLAN vir die MENSDOM. Ons lees in Eksodus 12:7 en 22-23 die OPDRAG van YHVH oor HOE die BLOED van die LAM aan die deurposte aangwend moes word: “EN hulle moet van die BLOED neem en dit stryk aan die TWEE DEURPOSTE (die sye van ‘n deurkosyn) en aan die BO-DRUMPEL (boonste horisontale gedeelte van ‘n kosyn), van die HUIS…” waarin hulle moes ingaan en bly deur die NAG en wanneer YHVH deurtek om die EGIPTENAARS swaar te straf en HY SIEN die BLOED aan die BO-DRUMPEL en TWEE DEURPOSTE sal YHVH die VERDERWER (of VERWOESTER) nie toelaat om in die HUISE in te gaan en die DOOD van die EERSGEBORENES te veroorsaak nie. En dan word dit INGESTEL as GEREELDE PASGA FEES (Eksodus 12:24-27 en 43-51). En let wel, in Eksodus 12:43-51 lees ons dat die PASGA vir die HELE VERGADERING van ISRAEL is (d.w.s AL TWAALF STAMME insluitend Efraim en Manasse wat deels Egiptenare was maar aanvaar is as KINDERS van ISRAEL), asook die VREEMDELINGE onder hulle wat BESNY is. Nou ons weet vandag hierdie BESNYDENIS is ‘n BESNYDENIS van die HART soos ons reeds lees in Deuternomium 10:16 waar Moses die volk oproep om GEHOORSAAM aan GOD te wees deur hulle HARTE TE BESNY en nie langer hardkoppig te wees nie.


En in Deuternomium 30 lees ons van die BELOFTE van GENADIGE VERLOSSING wanneer ons BEROU het en lees ons in vrs 6: “En YHVH jou God sal jou HART BESNY en die HART van jou NAGESLAG, om YHVH jou GOD lief te he met jou HELE HART enmet jou HELE SIEL, DAT JY KAN LEWE. asook Jeremia 4:4 en Paulus verduidelik dit later in Romeine 2:29 soos volg “…maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene (geheim) is, en BESNYDENIS is dié van DIE HART, in DIE (kleinletter mens) GEES, nie na die letter nie.”
Hoekom het Paulus hier spesifiek van JOOD gepraat wat net TWEE van die TWAALF stamme verteenwoordig naamlik Juda en Bejamin? Omdat hulle steeds die uiterlike BESNYDENIS onderhou het en nie die INNERLIKE BESNYDENIS van die HART verstaan het as ‘n INNERLIKE TOEGEWYDHEID en GETROUHEID aan GOD nie. Soos ons kan sien was dit nie iets NUUTS wat Paulus uitgedink het nie – Moses en Jeremia het reeds eeue voor Paulus hieroor met die volk gepraat. Ons lees ook in Kolossense 2 dat Paulus verduidelik dat die volheid van God die Vader in Yeshua die Messias woon en dat Hy die Hoof is van alle owerheid en mag en dan sê Hy in vers 11-12 “in WIE julle ook BESNY is met ‘n BESNYDENIS wat NIE met hande verrig word nie, deur die liggaam van die SONDIGE VLEES AF TE LÊ in die BESNYDENIS van die MESSIAS, omdat julle saam met Hom BEGRAWE is in die DOOP, waarin julle ook saam met Hom opgewek is deur de GELOOF in die werking van GOD (die Vader) wat Hom uit die dood ogewek het.” Hierdie klink baie soos Jeremia 4:4 wat Paulus moontlik hier aanhaal waarin Jeremia aan Juda sê: “BESNY julle vir YHVH en VERWYDER die ONBESNEDENHEID van julle HART, manne van JUDA en inwoners van JERUSALEM (die hoofstad van die Suidryk, Juda en Benjamin) dat My grimmigheid nie soos ‘n VUUR uitgaan en BRAND sonder dat iemand dit kan BLUS nie, WEENS DIE BOOSHEID VAN JULLE HANDELINGE (basies die VLEES waarvan Paulus praat).
Dit is prentjies van FEES 2 (ONGESUURDE BROOD) wat die DRIE DAE en DRIE NAGTE van YESHUA ons MESSIAS in die GRAF verteenwordig, asook die KOPER WASKOM wat die DOOP VERTEENWOORDIG om te sterf aan die VLEES en BEGRAWE te word saam met YESHUA ons MESSIAs en daarna DAAGLIKSE SONDEBELYDENIS te doen wanneer ons per ongeluk sou sondig). En FEES 3 (EERSTE VRUGTE) wat die OPSTANDING van YESHUA die MESSIAS verteenwoordig as EERSTE VRUG of EERSTELING en ons wat as NUWE MENSE saam met Hom opstaan. Al DRIE HIERDIE FEESTE vorm deel van YHVH se EERSTE FEES SEISOEN en is almal vervul met YESHUA ons MESSIAS se EERSTE KOMS en dien steeds as RIGTINGWYSERS op die SMAL WEG van REDDING en VERLOSSING.
So moet ons steeds die PASGA volgens Abba Vader se opdrag en voorskrifte hou met Yeshua die Lam van YHVH in gedagte? BESLIS, sonder ENIGE TWYFEL!
Hierna weet ons BEVRY YHVH SY VOLK uit die mag van die EGIPTENARE en lei hulle deur die ROOISEE die WOESTYN in en daar LEER HY HULLE SY LIEFDESWET – DIE TIEN GEBOOIE en HY TOETS hulle GEHOORSAAMHEID aan HOM vir 40 JAAR voordat HY die GEHOORSAMES die BELOOFTE LAND laat ingaan onder leiding van Joshua van die stam van Efriam, Moses se opvolger (Lees Numeri hoofstuk 13:8 & 16 en 27:18-23).
En dit is in die WOESTYN waar ons die VOLGENDE PRENTJIE van die KRUIS, wat ons nou reeds verstaan as DIE MERK of TEKEN (die TAV) van ABBA VADER se REDDING van die MENS, sien in DIE UITLEG VAN DIE TABERNAKEL in DIREKTE OPDRAG VAN ABBA VADER aan MOSES op die BERG SINAI (Lees Eksodus hoofstuk 25:9 en 40).
Moses kry opdrag om die TABERNAKEL soos volg op te rig: In die VOORHOF, die KOPER BRANDOFFERALTAAR by die INGANG van die TABERNAKEL. Dan volgende, REG VOOR die HEILIGE GEDEELTE van die TENT en regoor die BRANDOFFERALTAAR kom die KOPER WASKOM en binne in die HEILIGE GEDEELTE is daar DRIE DELE: die GOUE TAFEL van TOONBORDE, en DIE GOUE MENORAH (die SEWE ARM LAMPSTAANDER) LANGS MEKAAR en in die middel bo die GOUE WIEROOK ALTAAR en dan in die ALLERHEILIGSTE GEDEELTE die ARK met die VERSOENDEKSEL (die MERCY SEAT in ENGELS) bo-op, waar MOSES en later die HOË PRIESTERS vir GOD ONTMOET het. (Lees Eksodus 40).

So weereens GEE ons PERFEKTE en BAIE PRESIESE GOD en VADER, vir ons ‘n DUIDELIKE PRENTJIE van SY REDDING, DIE WEG na HOM TOE in die VORM van die TAV – die KRUIS. Ons lees ook in Eksodus 40 Moses moes die TABERNAKEL, genoem die TENT van SAMEKOMS (m.a.w daar waar Abba Vader ontmoet is), OPRIG op die EERSTE DAG van die EERSTE MAAND (m.a.w op 1 ABIB (uitgespreek in Hebreeus as Aviv en dit beteken LENTE want in Israel begin die lente op hierdie datum) en ons weet 14 ABIB is die VASGETELDE DAG vir ABBA SE PASGA elke jaar! Lees Eksodus 40:2 asook Eksodus 12:2 waar ons sien dat 1 ABIB (op ons kalender was dit hierdie jaar 30 Maart) die EERSTE MAAND VAN DIE JAAR IS volgens ABBA VADER se OPDRAG.
Die BYBEL in PRKTYK verduidelik die TABERNAKEL en SY DELE soos VOLG:
DIE SALWINGSOLIE
Dit was ‘n spesiale olie wat gebruik moes word om die PRIESTERS en ALLES in die TABERNAKEL te SALF. Dit was ‘n teken dat ALLES VIR GOD AFGESONDER MOES WORD (Eksodus 30:22-38).
1. DIE GOUE VERSOENDEKSEL
Dit was die VERBONDSARK se DEKSEL en was ‘n SIMBOOL van God se TEENWOORDIGHEID by SY VOLK. En dit verteenwoordig ook SY GENADE – en ons sien daar is later daarvan gepraat as die TROON van GENADE wat ons met VRYMOEDIGHEID kan nader wanneer ons Hom nader deur Yeshua ons Messias (Lees Eksodus 25:17-22 & 37:6, Levitikus 16:2, Deuternomium 10:3 en Hebreërs 4:14-16 en 9:5).
2. DIE GOUE VERBONDSARK
Dit was ‘n GOUE REGHOEKIGE KAS gemaak van akasia hout (ook genoem DORINGHOUT en dit is van die min bome wat in die Sinai woestyn gegroei het volgens Jesaja 41:19) en dit is oorgetrek met SUIWER GOUD waarin die TIEN GEBOOIE wat deur God op die KLIPTAFELS GESKRYF is e naan Moses gegee is (ook genoem die GETUIENIS) gebêre moes word volgens OPDRAG VAN GOD. Dit was ‘n SIMBOOL van GOD SE VERBOND met die VOLK van ISRAEL. En dit het in die ALLERHEILIGSTE DEEL van die TABERNAKEL gestaan. Hierdie VERBONDSARK van GOD staan nou nie meer in die ALLERHEILIGSTE van die aardse TABERNAKEL nie, maar is SY TROON in ons HARTE met die GETUIENIS, die TIEN GEBOOIE in ons HARTE en in ons VERSTAND opgeskryf as deel van GOD se NUWE VERBOND met die HUIS VAN ISRAEL (dit is die Noordryk onder Efraim waarin alle gelowiges in Yeshua die Messias in ent volgens Romiene 11) en die HUIS VAN JUDA (dit is die SUIDRYK onder Juda wat die kleiner stam van Benjamin insluit). Ons lees daarvan in Jeremia 31:31-34 en dit word bevestig in Hebreers 8:10 en 10:16 en dit is waarom Paulus in Romeine 11:26 praat van die HELE ISRAEL wat GERED SAL WORD.
En in Galasiërs 6:14-16 NLV sê Paulus hierdie merkwaardige woorde: “Maar ek wil my op niks anders beroem as DIE KRUIS van ons MESSIAS YESHUA nie. Want daardeur is die wereld vir my GEKRUSIG, en ek vir die wereld (dus het hy die werêld afgesterf, dit het nie meer aantrekkingskrag vir hom nie, hy is DOOD daarvoor. En dan sê Paulus verder:) Dit is nie belangrik of iemand BESNY is nie (met verwysing na die fisiese besnydenis wat Juda en Banjmin bekend as die Jode steeds toegepas het nie) maar dis belangrik of iemand ‘n NUWE MENS is (m.a.w gesterf het aan die vlees saam met Yeshua ons Mesias, gedoop is en opgestana het as ‘n nuwe mens wat op die pad van HEILIGMAKING agter Yeshua ons Mesias aanloop op de SMAL WEG, en Paulus sê verder:). Mag God se VREDE en ONTFERMING (medelye, deernis) met ALMAL wees wat volgens HIERDIE BEGINSEL LEWE. HULLE IS GOD SE ISRAEL!”
Wonderlik né! En hoekom is hulle God se ISRAEL want hulle loop op die SMAL WEG uitgebeeld deur ABBA VADER se SEWE FEESTE en die TABERNAKEL TOERUSTING! (Lees ook ander verwsings na die VERBONDSARK in Eksodus 25:10-22 & 37:1, 40:20 & 38, Numeri 7:89, Deuternomium 10:1-5 en 31:26 asook Hebreers 9:4)
3. DIE VOORHANGSEL
Dit was die GORDYN wat die ALLERHEILIGSTE GEDEELTE van die HEILIGE GEDEELTE GESKEI het. Dit was ‘n SIMBOOL van die SKEIDING vanwee die SONDE tussen die mens en GOD die VADER. Dit is hierdie VOORHANGSEL wat geskeur het van bo tot onder toe Yeshua ons Messias gesê het dit is VOLBRING en Sy laaste asem uitgeblaas het aan die KRUIS (lees Eksodus 26:31-33, Mattheus 27:50-51, Lukas 23:45-46 en Johannes 19:30).
4. DIE GOUE WIEROOK ALTAAR
Dit was die klein altaartjie in die HEILIGE GEDEELTE net voor die VOORHANGSEL gemaak van akasia hout en oorgetrek met suiwer goud. Dit is gebruik om YHVH se GEWYDE WIEROOK op te brand en was ‘n SIMBOOL van die GEBEDE wat vir Hom aanneemlik is (lees Eksodus 30:1-10, 37:35, 40:5 en Psalm 141:2, Openbaring 5:8 en 8:3).
5. DIE GOUE MENORAH
Dit was ‘n GOUE LAMPSTAANDER met SEWE VERTAKKINGS met AMANDELBLOMME en SEWE OLIE LAMPIES wat in die HEILIGE GEDEELTE gestaan het aan die suidekant van die tabernakel teenoor die tafel van teenbrode volgens OPDRAG van YHVH aan Moses. Met SEWE BRANDENDE LAMPIES daarop. Die KANDELAAR het die HEILIGE GEDEELTE vir die PRIESTERS VERLIG. Dit is ‘n SIMBOOL VAN GOD SE LIG en ook die HEILIGE GEES en die VUUR waarmee Yeshua ons Messias ons doop (Lees Eksodus 25:31-40, 37:17-24, 40:24-25, Levitikus 24:1-4, Hebreers 9:2 en Openbaring 1:12 asook Mattheus 3:11).
6. DIE GOUE TAFEL EN DIE TOONBRODE
Dit was ‘n akasia hout tafel oorgetrek met suiwer goud wat in die HEILIGE GEDEELTE gestaan het aan die kant van die tabernakel teen die noordelike muur buite die voorhangesel volgens OPDRAG van YHVH aan Moses. Die TOONBRODE is daarop gehou, TWAALF BRODE, EEN VIR ELKE STAM. Die TOONBRODE was ‘n SIMBOOL van die GEESTELIKE VOEDING wat GOD aan SY VOLK GEE en dus verteenwoordig dit SY WOORD – DIE LEWENDE BROOD wat ELKE MENS daagliks moet eet om GEESTELIK GESOND TE BLY en VOLKOME GELUKKIG te wees. (Lees Eksodus 25:23-30, 37:10 & 16, 40:22-23, Levitikus 24:5-8, Deuternomium 8:3, Mattheus 4:4, Johannes 6:35 en Hebreers 9:2).
7. DIE KOPER WASKOM
‘n GROOT WAKOM is voor die ingang van die HEILIGE GEDEELTE GEPLAAS waar die PRIESTERS hulle HANDE en VOETE moes WAS voordat hulle in die TEMPEL kon ingaan om hulle WERK te DOEN. Dit was ‘n SIMBOOL van die FEIT dat die VOLK GEESTELIKE REINIGING BENODIG het. Dit verteenwoordig ook DIE DOOP en daagliks SONEBELYDENIS. Yeshua ons Messias verduidelik dit wanneer Hy die voete van Sy disipels was voordat hulle die laast keer die PASGA maal saam met Hom eet voor Sy KRUISIGING (Eksodus 30:17-21, 38:8 en 40:7 & 30-32 asook 1 Johannes 1:1-10).
8. DIE KOPER BRANDOFFERALTAAR
Die brandofferaltaar is gemaak van akasia hout en oorgetrek met koper. Dit het by die INGANG van die TABERNAKEL gestaan en is gebruik om BRANDOFFERS op te bring. Dit was ‘n SIMBOOL van die HERSTEL van die VERHOUDING met GOD deur middel van ‘n offer. Dit verteenwoordig die EERSTE STAP in die REDDINGSPROSES en is ook ‘n PRENTJIE van die KRUIS – die losprys wat Abba Vader vir ons betaal het deur die LAM, Yeshua ons Messias sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe kan hê (Johannes 3:16). En NIEMAND kan na die VADER kom BEHALWE deur HIERDIE WEG NIE soos ons Messias ons vertel in Johannes 14:6 (Lees ook Eksodus 27:1-8, 38:1-7 en 40:6 & 29 asook Jesaja 53:5 en 57:17, Romeine 4:25, Effesiers 2:8-9 en 1 Petrus 2:24).
SOOS reeds gemeld is HIERDIE ROETE dan INDERDAAT ook die VOORSTELLING van die SMAL WEG, die ENIGSTE WEG na ABBA VADER! En dit is gerangskik in die onmiskenbare vorm van die VERBONDSTEKEN: DIE TAV nou in die VORM VAN DIE KRUIS waarop YESHUA ons MESSIAS die VOLLE PRYS vir DIE HELE MENSDOM BETAAL HET en waardeur ELKEEN wat dit AANVAAR, die EERSTE STAP GEE op die SMAL WEG na ABBA VADER en daarna die PAD van HEILIGMAKING stap vir die RES van ons lewens in die VOETSPORE van ons REDDER en VERLOSSER, YESHUA ons MESSIAS!
