12 Augustus 2026 Goeie dag almal, Ons gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE…
DIE WAARHEID oor die KRUISIGING en die SIMBOOL van die KRUIS, Deel 7: Die Boek Levitikus
10 April 2025
Ons gesels verder oor die TWYFEL wat onder gelowiges ontstaan het gedurende die laaste aantal jare oor die metode van KRUSIGING van YESHUA ons MESSIAS asook die SIMBOOL van die KRUIS.
Ons ondersoek vandag DIE DERDE BOEK van die TORAH naamlik LEVITIKUS vir enige bewyse van die KRUISIGING en die SIMBOOL VAN DIE KRUIS.
Die BETEKENIS van die WOORD LEVITIKUS is ook afkomstig vanuit die GRIEKS genaamd die Septuagint wat die vroegste GRIEKSE VERTALING is van die OU TESTAMENT wat oorspronklik in HEBREEUS geskryf is en beteken: ‘DIE LEVIETIESE BOEK.” Die priesters was van die Stam van Levi. En ons weet die LEVIETIESE PRIESTERORDE is later vervang deur die MELGISEDEK PRIESTER ORDE – die EWIGE PRIESTERORDE van YESHUA ons MESSIAS – lees die Boek Hebreërs.
Net soos in die geval van GENESIS en EKSODUS is die Hebreeuse NAAM van die DERDE BOEK wat ons as LEVITIKUS ken: VAYIKRA wat die eerste drie woorde van die boek is naamlik: “En YHVH het GEROEP”. Dit is betekenisvol m.b.t. hierdie boek want Levitikus handel oor GOD wat mense roep tot AANBIDDING en HEILIGHEID. Die term: “YHVH het Moses geroep” of soortgelyke woorde kom 36 keer voor in die 27 hoofstukke van Levitikus.
Dit is ‘n GEPASTE beskrywing vir die BOEK LEVITIKUS want dit volg perfek na die EERSTE TWEE BOEKE:
GENESIS, handel oor die skepping van die mens en die sonde val; God se BELOFTE van ‘n REDDER en SY UITVERKIESING van ISRAEL as die VOLK waardeur die REDDER sou kom.
EKSODUS, handel oor ISRAEL se VERLOSSING uit SLAWERNY en eindig met die oprigting van die TABERNAKEL, die PLEK van AANBIDDING, en
LEVITIKUS, gee die PRESIESE BESKRYWING van AANBIDING volgens ABBA VADER se VEREISTES in DETAIL.
Die gebeure in die BOEK LEVITIKUS het plaasgevind in die EERSTE MAAND van die TWEEDE JAAR nadat hulle EGIPTE verlaat het in ongeveer 1439 voor die Messias.
Die DOEL van die BOEK is om:
- Te bewys hoe God Sy BELOFTE wat Hy gemaak het in Eksodus 25:21-22 sou vervul waarin Hy aan Moses gesê het: “En sit die VERSOENDEKSEL (die MERCY SEAT in Engels) bo-op DIE ARK; maar IN die ARK moet jy DIE GETUIENIS neerlê wat Ek aan jou sal gee.” Dit is die TIEN GEBOOIE wat Moses later van God af ontvang het. En dan sê God verder aan Moses in vers 22: “En daar sal Ek met jou saamkom, en van die VERSOENDEKSEL af , tussen die TWEE GERUBS uit (‘n tipe engel wat in Abba se TROONKAMER waghou – lees Psalm 99:1, Esegiel 10:14-15 en Openbaring 4:6-8) wat op die ARK van die GETUIENIS is, sal Ek jou ALLES sê wat Ek jou vir die KINDERS van ISRAEL sal beveel.”
Die DOEL van die BOEK LEVITIKUS is verder om:
- Instruksies te gee aan ISRAEL oor die HEILIGE LEWE wat God verwag van die wat HOM AANBID.
- Om instruksies te gee aan die LEVIETIESE PRIESTERORDE oor die uitvoering van hulle ampte.
- Om profetiese illustrasies (tipes) te gee van die REDDER wat sou kom en wat Hy sal doen. Ons lees in Hebreers 10:1, 4, 9-10 en dat die JAARLIKSE OFFERS wat gebring is in lyn met die voorskrifte in die WET (die TORAH in Hebreeus) kan niemand tot die VOLMAAKTHEID van mense lei nie…Want die BLOED van stiere (bulle) en bokke kan onmoontlik (nie) die sonde wegneem nie. En ons lees verder in vers 9-10 “…Kyk, Ek (Yeshua die Messias) kom om U wil te doen , o God (die Vader). Hy neem die eerste weg (m.a.w die jaarligse diere offers) om die tweede te stel (gehoorsaamheid aan Hom, en ons lees verder in vers 10:) Deur HIERDIE WIL IS ONS GEHEILIG deur DIE OFFER VAN DIE LIGGAAM VAN YESHUA DIE MESSIAS, NET EEN MAAL. En dan verduidelik die Skrywer van Hebreërs (waarskynlik ook Paulus) in vers 12-16: “…Maar Hy het nadat Hy EEN SLAGOFFER vir die SONDE GEBRING het (YESHUA die LAM van GOD die VADER), vir ALTYD gaan sit aan die REGTERHAND van GOD (die Vader) en wag nou verder totdat SY vyande gemaak is ‘n VOETBANKIE van Sy voete. Want deur EEN OFFER het Hy vir ALTYD VOLMAAK die wat HEILIG word. En ook die HEILIGE GEES gee aan ons GETUIENIS; want nadat Hy tevore gesê het: Dit is DIE VERBOND wat Ek met hulle sal sluit ná die dae, spreek YHVH verder: EK SAL MY WETTE GEE IN HULLE HART, EN IN HULLE VERSTAND SAL EK DIT INSKRYWE.” (Die Skrywer van Hebreërs haal hier die VERBOND aan soos opgeteken in Jeremia 31:31-34). En in Hebreërs 10:18 lees ons verder: “Waar daar vergifnis van hierdie dinge is, is daar GEEN OFFER meer vir die sonde nie.” Dit beteken Yeshua die Messias se BLOED offer aan die KRUIS was VOLMAAK vir ABBA se VERGIFNIS en die VOLLE PRYS vir die SONDE is BETAAL. DIT is STAP 1 van die REDDINGSPROSES en verteenwoordig die PASGA FEES: FEES 1 van YHVH soos aangeteken in Levitikus 23:5 asook die BRANDOFFERALTAAR (‘n prentjie van die KRUIS) by die HEK VAN DIE TABERNAKEL, binne die VOORHOF – DIE BEGIN VAN DIE SMAL WEG DEUR YESHUA ONS MESSIAS NA DIE VADER IN DIE ALLERHEILIGSTE.
Die TEMA van die BOEK LEVITIKUS is dus: HEILIGE MENSE (mense wat AFGESONDERD IS) vir die AANBIDDING van ‘n HEILIGE GOD in die “skoonheid van heiligheid”. Hierdie HEILIGHEID in die WOORD is SINONIEM met die WIT KLERE waarvan daar gepraaat word in vele teks verse soos Openbaring 3:4-5 & 18. Let ook op, die wat voor die TROON van GOD staan is almal in WIT GEKLEE – lees Openbaring 7:9 en 19:14. Ek aanvaar vanuit die beskrywings van die VERHEERLIKING van YESHUA ons MESSIAS op die BERG voor SY KRUISIGING dat hierdie WIT KLERE dui op die VERHEERLIKTE LIGGAAM wat mense sal ontvang in die EWIGE LEWE (lees Mattheus 17:2 en 28:3). Maar totdat ons daar kom beteken dit LEEF ‘n HEILIGE (AFGESONDERDE/ TOEGEWYDE/ SET-APART LEWE) in GEHOORSAAMHEID aan DIE WOORD van GOD – Prediker bevestig dit in Prediker 9:8 “Laat jou KLERE ALTYD WIT WEES…”
Die kern vers in Levitkus 19:2 is “Speek met die HELE VERGADERING van die KINDERS van ISRAEL (m.a.w ALMAL – AL TWAALF DIE STAMME, sowel as EFRAIM, MANASSE en die VREEMDELINGE wie se HARTE BESNY is om Hom LIEF te he BO ALLES vlgns Deut 30:6) en sê vir hulle: “HEILIG moet julle wees, want EK, YHVH julle GOD is HEILIG.” En dan word daar in die res van hoofstuk 19 verduidelik wat hierdie HEILIGHEID is – weens ‘n gebrek aan tyd kan ons dit nie saam lees nie, maar lees dit asseblief in jou eie tyd. Hierdie OPROEP tot HEILIGHEID deur GEHOORSAAM te LEEF aan SY VOORSKRIFTE word herhaal in Levitikus 11:44-45, 20:7 & 26 asook 1 Petrus 1:13-25 en spesifiek vers 16 waarin Petrus gelowiges vermaan om HEILIG te wees.
En SLEUTEL WOORDE in LEVITIKUS is: heilig sowel as heiligmaking, heiligdom, (met verwysing na die TABERNAKEL) en geheilig en dit word 131 keer gebruik in Levitikus. Die sleutel idee van die woord “heilig” is om afgesonderd te wees/ in Engels “set-apart” / om anders as die wereld te leef volgens YHVH se VOORSKRIFTE in SY WOORD.
Die BOEK LEVITIKUS word verdeel in DRIE DUIDELIK ONDERSKEIBARE DELE
1. RIGLYNE VIR DIE REGTE WYSE OM TOT YHVH AS HEILIGE GOD TE NADER
Die BRANDOFFERALTAAR & OFFERSTELSEL is ‘n UITBEELDING van REDDING en die VERHOUDING met ABBA VADER.
Die BYBEL in PRKTYK verduidelik die OFFERS soos VOLG:
In Levitikus hoofstuk 1 tot 7 word ‘n lys gegee van die BELANGRIKSTE OFFERS wat die ISRAELIETE volgens GOD se VOORSKRIFTE aan HOM MOES BRING. Die offers genoem in hoofstuk 1-5 was die OFFERS wat die VOLK aan HOM moes bring. En in hoofstuk 6-7 is SPESIFIEKE VOORSKRIFTE hoe die PRIESTERS die offers moes hanteer.
Die OFFERS was vir TWEE REDES BEDOEL.
EERSTENS: OM VERGIFNIS VAN GOD TE ONTVANG VIR OORTREDINGS WAT TEEN HOM BEGAAN IS, en
TWEEDENS: OM DIE VERHOUDING MET GOD TE HERSTEL EN IN STAND TE HOU.
Vir die GELOWIGE is die VOLMAAKTE en FINALE OFFER gebring toe YESHUA DIE MESSIAS aan DIE KRUIS vir ons SONDES die VOLLE PRYS BETAAL het en Hy DIE wat AAN HOM BEHOORT, met GOD DIE VADER VERSOEN HET.
Die VERKSILLENDE OFFERS het dan ELKEEN ‘n SPESIFIEKE DOEL en BETEKENIS naamlik:
1). DIE BRANDOFFER (Levitikus hoofstuk 1)
Dit was ‘n VRYWILLIGE OFFER wat deur ENIGE PERSOON gebring kon word wat UITDRUKKING wou gee aan sy of haar VERBINTENIS met GOD met die DOEL om GOD se GUNS te SOEK. DIE OFFER was ‘n AANDUIDING van ‘n PERSOON se LIEFDE VIR GOD.
Ons lees in Levitikus 1:5 dat hule die offer voor die aangesig van YHVH moes slag, en die PRIESTERS moes die BLOED bring en die BLOED rondom teen die ALTAAR UITGOOI wat by die INGANG van die TENT van SAMEKOMS is.
In Hebreërs 12:24 word dit BEVESTIG dat YESHUA die MESSIAS die MIDDELAAR is van die NUWE TESTAMENT en SY BLOED van besprinkeling wat ons weet ook, soos die diere offers se bloed op die VERSOENDEKSEL GESPRINKEL is in die ALLERHEILIGSTE – lees ook Hebreërs hoofstuk 9 en 1 Petrus 1:2.
2). DIE GRAANOFFER, ook genoem die SPYSOFFER (Levitikus hoofstuk 2)
Dit was ook ‘n VRYWILLIGE OFFER wat deur ENIGE PERSOON gebring kon word, veral die wat nie ‘n BRANDOFFER kon bekostig nie en wat hulle TOEWYDING aan God wou BEWYS en ERKEN dat die KOS wat hulle het deur HOM VOORSIEN word. Hierdeur het hulle dus hulle DANKBAARHEID en GEHOORSAAMHEID aan YHVH op ‘n TASBARE WYSE GETOON.
Ons lees in Levitikus 2:11 “Geen spysoffer wat julle aan YHVH bring, mag van iets wat INGESUUR is, berei word nie; want van GEEN SUURDEEG of HEUNING mag julle vir YHVH ‘n VUUROFFER bring nie.”
So wat is die BETEKENIS van SUURDEEG in die WOORD:
- In Mattheus 16 verduidelik Yeshua die Messias SUURDEEG as MENSLIKE LEERSTELLINGS van die Saduseërs en Fariseërs.
- In Markus 8:15 verduidleik Yeshua SUURDEEG as die REDETWIS (woordstryd, argument) en soeke na TEKENS of BEWYSSTUKKE van die Fariseërs en Herodes voordat hulle glo.
- In Lukas 12:1 waarsku Hy teen die SUURDEEG van GEVEINSDHEID (SKYNHEILIGHEID) van die Fariseërs.
- In 1 Korinthiers 5:7-8 waarsku Paulus die gemeentelede van Korinthe dat ‘n BIETJIE SUURDEEG die HELE DEUG SUURMAAK. En hy sê aan hulle: “SUIWER dan die OU SUURDEEG uit, sodat julle inderdaat ONGESUURD is – want ook ons PAASLAM is vir ons gelsag, naamlik DIE MESSIAS. Laat ons dan FEESVIER (hier ‘n duidleike verwysing na die PASGA en FEES VAN ONGESUURDE BROOD van YHVH soos beskryf in Levitikus 23:5-14 en hy sê verder:), nie met die OU SUURDEEG van ONDEUG (sedeloosheid) en BOOSHEID nie, maar met die ONGESUURDE BRODE van REINHEID en WAARHEID.
- In Galasiers 5 en spesifiek veers 9 en 14 praat Paulus oor SUURDEEG as VALS LEERSTELLINGS oor die BESNYDENIS verses GEHOORSAAMHEID aan DIE LIEFDESWET van GOD die VADER naamlik om jou NAASTE so LIEF te HÊ soos JOUSELF (dit verteenwoordig die laaste ses gebooie van die TIEN GEBOOIE). Lees ook Romeine 13:8-14. Paulus haal Levitikus 19:18 hier aan. Lees ook Yeshua ons Messias se woorde oor die TIEN GEBOOIE van God in Mattheus 22:34-40.
3). DIE MAALTYDOFFER ook genoem DIE DANKOFFER (Levitikus hoofstuk 3)
Dit was ook ‘n VRYWILLIGE OFFER wat deur ENIGE PERSOON gebring kon word, wat SAAM met die PRIESTER en sy GESIN aan die FEESTELIKE MAALTYD DEELNEEM om DANKBAARHEID aan GOD te betuig en saam met Hom tyd te spandeer. Hierdeur het hulle EER aan God gegee deur met VREUGDE tyd saam met Hom te bestee in SY HEILIGDOM.
En ons lees in Levitikus 3:17 die DUIDELIKE OPDRAG wat ‘n EWIGE INSETTING is dat GEEN VET en GEEN BLOED GEËET MAG WORD NIE.
Ons sien die REDE hiervoor in Genesis 9:4 waarin God vir Noag na die vloed sê: “Net die VLEIS met SY SIEL (ander Skrif weergawes praat van SY LEWE IN), met SY BLOED, mag julle nie eet nie.”
En in Levitikus 7:22-26 lees ons die KINDERS van ISRAEL mag GEEN VET van ‘n BEES of SKAAP of BOK eet waarvan hulle VUUROFFERS vir YHVH bring nie en geen BLOED van enige voëls of diere of enige iets anders nie.
In Levitikus 17:11 word die REDE weer verduidelik: “Want die SIEL van die vlees is IN DIE BLOED, en Ek het dit aan hulle gegee, om vir julle SIELE VERSOENING te DOEN, want die BLOED bewerk VERSOENING deur die SIEL. En ons lees weer in vers 14: “…want wat die SIEL van ALLE VLEES aangaan, SY BLOED IS MET SY SIEL VERBIND.” Ek dink ons almal verstaan dat ONS BLOED verband hou met LEWE – sonder BLOED kan geen mens of dier lewe nie. Lees ook Dueternomium 12:16 & 23 en 15:23). En ons sien bevestiging hiervan in Handelinge 15:20 & 29 dat dit steeds vir GELOWIGES gegeld het in die Nuwe Testamentiese tyd.
4). DIE SONDE OFFER (Levitikus hoofstuk 4)
Dit was ook ‘n VERPLIGTE OFFER wat deur die PRIESTERS gebring moes word, om VERGIFNIS te VERKRY van SONDES WAT NIE DOELBEWUS GEDOEN is nie, soos sondes van ONVERSKILLIGHEID, NALATIGHEID of ONREINHEID. Dit het die VERHOUDING met GOD HERSTEL en die mens weer aanneemlik vir God gemaak.
Ons lees in Levitikus 4:2 dat hierdie offers geld “As iemand in SWAKHEID SONDIG TEEN EEN VAN ALLE GEBOOIE VAN YHVH en EEN VAN DIE DINGE WAT NIE GEDOEN MAG WORD NIE, TOG DOEN.”
5). DIE SKULDOFFER (Levitikus hoofstuk 5)
Dit was ook n VERPLIGTE OFFER wat deur ‘n persoon gebring moes word, wat bewus was daarvan dat hy ‘n ONREG aan ‘n ANDER PERSOON GEDOEN het wat hy weer GOED moes maak. Die offer moes KOMPENSEER vir die BELEDIGING/ ONREG wat ‘n ander mens aangedoen is.
‘n VOORBEELD hiervan is as jy aan jou NAASTE leuens vertel of hom of haar BEDRIEG het (lees Levitikus 6:1-7). Lees ook Levitikus 19:11 en bevestiging daarvan in Effesiërs 4:25 en Kolossense 3:9.
2. VOORSKRIFTE VIR DIE MENSE VAN GOD OM HEILIG TE LEWE
Onthou dat ons reeds in ons gesprekke hierdie week BEVESTIG het dat die FEESTE VAN YHVH se REDDINGSPLAN vir ons VERDUIDELIK en ook die SMAL WEG deur YESHUA ons MESSIAS na HOM. As deel hiervan vind ons dan die DETAIL VOORSKRIFTE vir YHVH SE SEWE JAARLIKSE FEESTE in Levitikus 23 naamlik:
1). DIE PASGA FEES
Ons lees in Levitikus 23:5 dat dit op die 14de dag van die 1ste MAAND genoem Abib (lees Eksodus 23:15 waar hierdie woord opgeteken is, en genoem AVIV in Hebreeus en later Nisan), teen die AAND, die PASGA van YHVH is. Hierdie verteenwoordig die PASGA maaltyd wat ons vandag die NAGMAAL noem wat Yeshua saam met Sy dissipels geëet het die aand voordat Hy gevange geneem is (Lees Mattheus 26:17-30, Markus 14:12-25, Lukas 22:7-23 asook Paulus se viering daarvan saam met die gemeente van Korinte asook sy waarksuwings aan hulle in 1 Korintheirs 11:23-29). En die maand ABIB (AVIV) in ISRAEL is LENTE en val op ons kalender gewoonlik in Maart/April. DIE PASGA is ‘n voorstelling van die KRUISIGING van YESHUA ons MESSIAS. En is reeds vervul. Ons vier dit dus vandag in HERINNERING hieraan en as DEEL van ons JAARLIKSE INOEFENING van ABBA se REDDINGSPLAN om SEKER te maak ons is STEEDS op die SMAL WEG. Hierdie EERSTE STAP vind EENMALIG in ons LEWENS PLAAS wanneer ons Yeshua ons Messias as die PASGA LAM aanvaar wat gesterf het in ons plek vir ons sondes as ‘n GESKENK uit GENADE van ons HEMELSE VADER.
2). ONGESUURDE BRODE
Volgens opdrag van Abba Vader vind dit plaas op die 15de tot die 21ste ABIB vir SEWE DAE – lees Levitikus 23:6-14. Die EERSTE DRIE DAE en DRIE NAGTE verteenwoordig die periode van YESHUA ons MESSIAS in die GRAF as die ONGESUUREDE BROOD – DIE EEN SONDER SONDE. Paulus verduidelik dit in 1 Korinthiërs 15:3-4 waarin hy sê: “Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat die MESSIAS VIR ONS SONDES GESTERF het volgens die SKRIFTE; en dat HY BEGRAWE is, en dat HY op die DERDE DAG opgewek is volgens die SKRIFTE (so hier verwys hy na Psalm 2:7 en 16:10 en Jesaja 55:3 soos aangehaal in Handelinge 2:24 en 31 asook 13:33-35).
En Paulus gee ook ‘n DUIDELIKE verwysing na die PASGA FEES (1 dag) asook die FEES VAN ONGESUURDE BRODE (7 dae) in 1 Korinthiërs 1:5-7 wat ‘n bewys is dat die GEMEENTE in KORINTE steeds hierdie FEESTE gevier het. En dus kan ons aanneem dat AL die gemeentes dit steeds onderhou het soos wat ABBA VADER ons DUIDELIK beveel in Levitikus 23.
Die RES van die SEWE DAE van ONGESUURDE BRODE dui op die VEREISTE om ‘n HEILIGE LEWE te leef NADAT ons vir YESHUA as ons MESIAS aanvaar wat die volle prys vir ons sondes aan die kruis betaal het, vir die VOLLE periode wat ons leef op aarde.
3). EERSTE VRUGTE/ FEES VAN EERSTELINGE
Ons lees hiervan in Levitikus 23:10-11 – die EERSTELING GERF van die OES moes na die priester genoem word en voor die aangesig van YHVH beweeg word NA die dag van die SABBAT (m.a.w op die EERSTE DAG van die WEEK wat dan SONDAG sou wees in ons terme vandag.) Hierdie FEES het plaasgevind aan die begin van die die GARS OES en verteenwoordig die OPSTANDING van Yeshua ons Messias. Ons lees in Mattheus 28:1, Markus 16:1-8, en Lukas 24:1. Hy het VROEG die SONDAGMORE, op die EERSTE DAG opgestaan. En Paulus bevestig weereens die vervulling van hierdie fees deur Yeshua ons Messias in 1 Korinthiërs 15:20-23 wanneer hy sê dat die Messias “opgewek is uit die dode; Hy het die EERSTELING geword van die wat ontslaap (gesterf) het. Want aangesien die DOOD deur ‘n mens gekom is, is die OPSTANDING van (uit) die dood ook deur ‘n mens. Want soos almal in Adam sterwe (dit is die EERSTE DOOD wat alle mense sal sterf volgens 1 Korinthiërs 15:22 en Hebreërs 9:27), so sal ook ALMAL In die MESSIAS LEWEND gemaak word; maar ELKEEN in sy eie orde: as EERSTELING (EERSTE VRUG) die MESSIAS, daarna DIE WAT AAN HOM BEHOORT BY SY KOMS (dit is bekend as die EERSTE OPSTANDING volgens Openbaring 20:6).”
4). DIE FEES VAN WEKE/ OOk GENOEM DIE PINKSTER FEES (wat ons ken as die UITSTORTING van die HEILIGE GEES)
Ons lees die instruksie van ABBA VADER daarvoor in Levitikus 23:15-22 om te tel van die DAG NA die SABBAT (m.a.w vanaf die SONDAG waarop YESHUA die MESSIAS opgestaan het as die EERSTELING) – SEWE VOLLE WEKE tot die DAG na die SEWENDE SABBAT moet julle 50 DAE TEL…” Ons sien dus dit vind plaas 50 DAE NA EERSTE VRUGTE. En ons sien dan ook die VERVULLING daarvan 50 DAE NA die OPSTANDING van YESHUA ons Messias soos beskryf in Handelinge 1:3 waarin ons lees van die 40 DAE wat Hy op die aarde was voor SY HEMELVAART en die OPDRAG aan die dissipels om te wag in JERUSALEM vir die UITSTORTING van die HEILIGE GEES. Lees Handelinge hoofstuk 1-2. En ons lees spesifiek in Handelinge 2:1 “En toe DIE DAG van die PINKSTERFEES aangebreek het, was almal eendragtig bymekaar.” En ons kan VERSEKER weet dit was ‘n volle 50 DAE na die OPSTANDING van YESHUA die MESSIAS op die EERSTE DAG, die SONDAG môre want die DISSIPELS wat feitlik ALMAL van JOODSE AFKOMS was (m.a.w van die STAM van JUDA en BENJAMIN) wat steeds ABBA VADER se FEESTE sou hou, sou die PINKSTERDAG presies 50 dae hou na die FEES VAN EERSTE VRUGTE/ EERSTELINGE – dus kan ons aanvaar hulle het na Yeshua die Messias se hemelvaart nog 10 dae in Jerusalem gewag (lees ook Lukas 24:49).
5). FEES van TROMPETTE
Die opdrag vir hierdie fees van ABBA VADER vind ons in Levitikus 23:24-25. Dit word gehou SEWE MAANDE na die PASGA FEES in die Hebreeuse maand Tishri wat op ons kalender val in September/ Oktober.
Hierdie FEES sal met die TWEEDE KOMS van YESHUA ons MESSIAS vervul word met die WEDERKOMS van ons MESSIAS en die HERVERSAMELING van ISRAEL (m.a.w die TIEN STAMME onder EFRAIM insluitend alle gelowiges wat inent op die BOOM van ISRAEL soos verduidelik deur Paulus in Romeine 11) uit al die lande waarheen hulle versprei is.
6). VERSOENSDAG
Die VERSOENDAG vind plaas in opdrag van ABBA VADER in Levitikus 23:27-32 op die 10de dag van die sewende maand (10 Tishri op die Hebreeuse kalender). Dit het te make met die VERSOENING van ISRAEL met GOD wat sal plaasvind tydens die WEDERKOMS van YESHUA ons MESSIAS.
7). FEES van TABERNAKELS
Die VERSOENDAG vind plaas in opdrag van ABBA VADER op die 15de tot die 21ste DAG dag van die sewende maand (15-21 Tishri op die Hebreeuse kalender en sluit af met ‘n AGSTE DAG op 22 Tishri. Dit het te make met die DUISEND JARIGE VREDESRYK van YESHUA die MESSIAS waarin die HELE ISRAEL (al twaalf stamme en almal wat as gelowiges ingeënt is op die BOOM van ISRAEL) AFGESONDER en HERSTEL SAL WORD.
Hierna volg die
3. DIE LANDSWETTE VAN GOD
In Levitikus lees ons van die SABBATS JAAR en die JUBILEE jaar en die voorsiening vir die armes en in Levitikus 26 lees ons die SEËN VIR GEHOORSAMHEID en die STRAWWE vir ONGEHOORSAAMHEID.
