Skip to content

DIE WAARHEID oor die KRUISIGING en die SIMBOOL van die KRUIS, Deel 5: Genesis 49

8 April 2025 

Goeie dag almal,

Ons gesels verder oor die TWYFEL wat onder gelowiges ontstaan het gedurende die laaste aantal jare oor die metode van KRUSIGING van YESHUA ons MESSIAS asook die SIMBOOL van die KRUIS.

Ons is steeds besig om die BOEK GENESIS te ondersoek vir enige bewyse van die KRUISIGING van Yeshua die Messias en die SIMBOOL VAN DIE KRUIS. En bespreek vandag Genesis hooftuk 49.

In GENESIS hoofstuk 49 seën Jakob al TWAALF sy seuns voor sy dood en lees ons in vers 1-2 “…JAKOB het sy SEUNS GEROEP en gesê: KOM BYMEKAAR, dat ek julle kan VERKONDIG (bekend maak) wat julle aan die EINDE VAN DAE sal WEDERVAAR (of OORKOM). VERSAMEL en HOOR SEUNS VAN JAKOB, en LUISTER na ISRAEL julle VADER!”

Hierdie stelling oor die “einde van dae” kom in verskeie gedeeltes van die Skrif voor soos in Numeri 24:14, Deuternomium 4:20, Jesaja 2:2 en Daniël 2:28 waarin koning Nebukadneser ‘n droom van die EINDTYD ontvang het wat God aan Daniël geopenbaar het om uit te lê en in Jeremia 23 lees ons oor die goddelose PRIESTERS en PROFETE van Samaria (dit is Efraim, die NOORDRYK en die tien stamme onder hom) wat deur Baäl (wat ook genoem word here, lees Hosea 2:15) profeteer en YHVH se VOLK ISRAEL verlei en Jerusalem (dit is Juda en Benjamin die SUIDRYK, bekend as vandag se JODE) wat owerspel bedryf, omgaan met leuens, en die hande versterk van die kwaaddoeners sodat hulle hulle nie bekeer van hulle BOOSHEID nie. Hulle het almal vir Hom geword soos SODOM en GAMORRA. Maar die profete vul die mense met ydele verwagtinge (mense wat vatbaar is vir vleiery) en verkondig gesigte uit hulle eie harte uit, hulle sê aan die mense hulle sal VREDE hê en aan elkeen wat leef uit die VERHARDHEID van hule harte sê hulle geen onheil (ramp of groot ongeluk) sal hulle oorkom nie. En dan lees ons ‘n STORM van YHVH se grimmigheid het uitgegaan, ‘n DWARRELSTORM wat op die koppe van die goddelose mense  losbreek. En ons lees in vers 20: “Die toorn van YHVH sal nie afgewend word nie, totdat HY UITGEVOER en TOT STAND GEBRING het die RAADSLAE (die planne en voornemens) van SY HART; AAN DIE EINDE VAN DIE DAE sal julle dit duidleik verstaan.”

Ons sien in Genesis 49 ‘n kombinasie van TEREGWYSINGS en SEËNINGE.

Jakob praat eerstens met RUBEN in Genesis: 49:3-4

Ruben was die OUDSTE seun van Jakob saam met Lea, ‘n toonbeeld van KRAG, gebore toe Jakob in sy fleur was, en was Ruben as die EERSGEBORENE die VERNAAMSTE en STERKSTE. MAAR, hy sal NIE LANGER die vernaamste wees nie want soos STORMWATER was hy ONTSTUIMIG: hy het hom VERGRYP aan ‘n vrou van sy pa Jacob (Bilah, die slaaf van Ragel) en so sy pa se bed VERONTREINIG toe hy daarin geklim het. Lees Genesis 35:22.

Weens hierdie sonde, kan ons aflei dat EFRAIM die plek van EERSGEBORENE ingeneem het soos ons lees in Genesis 48:5. Ons kry bevestiging hiervoor in ander Skrifgedeeltes soos Deuternomium 33:17 en in Jeremia 31:9b waarin God deur die profeet Jeremia sê: “Ek is vir ISRAEL ‘n VADER, en EFRAIM is MY EERSGEBORENE. En ons lees in 1 Kronieke 5:1-3 “En die seuns van Ruben, die EERSGEBORENE van ISRAEL – want hy was die eersgeborene; maar omdat hy die bed van sy vader ontheilig het, is sy EERSGEBOORTEREG aan die SEUNS VAN JOSEF, die seun van ISRAEL, gegee, maar hy moes nie in die EERSGEBOORTEREG aangegee word nie; want JUDA was sterk onder sy broers, en uit hom het EEN ‘n VORS (PRINS, REGEERDER, KONING) ’n verwysing na YESHUA die MESSIAS soos ons ook lees in  Genesis 49:10) geword, maar die EERSGEBOORTEREG het JOSEF gehad…”

En dan praat Jakob met sy tweede en derde seun saam met Lea, SIMEON en LEVI in Genesis 49:5-7 en hy sê: “Simeon en Levi is die een soos die ander: ALTYD GEREED VIR GEWELD (hier word verwys na hulle oneerlike optrede teenoor Sigem – Genesis 34). Aan hulle beraadslagings wil ek GEEN DEEL hê nie, in hulle vergaderings wil ek nie kom nie, want KOELBLOEDIG het hulle MENSE VERMOOR, roekeloos het hulle DIERE MISHANDEL. Die STRAF van YHVH sal hulle tref oor hulle GEWELDPLEGING, hulle ONBETEULDE DRIF, hulle sal uitmekaar gejaag word in Jakob (Israel), VERSPREI WORD TUSSEN DIE STAMME VAN ISRAEL.” En ons weet vandag dit het gebeur.

Ons weet egter die STAM van LEVI is later afgesonder as die PRIESTERS van YHVH. Let wel dat die twee broers Moses en Aäron vanuit die stam van LEVI gebore is. Ons lees in Numeri 8:21 dat die LEVIETE hulle moes ONTSONDIG en hulle KLERE WAS, en Aäron het hulle BEWEEG as ‘n BEWEEG OFFER voor die aangesig van YHVH; en Aäron het VERSOENING vir hulle gedoen om hulle te REINIG.

‘n Mens HERKEN in hierdie verse die TAAL van FEES DRIE – EERSTE VRUGTE (ook GENOEM EERSTE OPBRENGS) – ons lees in Levitikus 23:4-8 die voorskrifte vir die FEESTE VAN YHVH, eerstens die PASGA FEES (wat die KRUISIGING van YESHUA die MESSIAS namens ons sondes uitbeeld) op die 14de van die eerste maand genaamd Abib (in Hebreeus Aviv en later genoem Nisan) wat hierdie jaar ooreenkom met die aand van 11 April wat genoem word die PASGA an YHVH (lees Levitikus 23:5) en op die 15de Abib in FEES TWEE van YHVH: DIE FEES VAN ONGESUURDE BRODE (wat die DRIE DAE en DRIE NAGTE van Yehsua ons Messias in die GRAF uitbeeld) en wat vir SEWE DAE lank gevier moet word (as teken dat ons NA WEDERGEBOORTE vir die volle periode op aarde ONGESUURD, met ander woorde sonder sonde moet leef) en gedurende die SEWE DAE, op die DAG NA DIE SABBAT  (m.a.w op die SONDAG) moet die EERSTELING GERF van die OES na die PRIESTER gebring word en voor die aangesig van YHVH BEWEEG word. En dit is ‘n prentjie van die DERDE FEES van YHVH wat plaasvind binne in die periode van die SEWE DAE van ONGESUURDE BRODE en bekend is as EERSTE VRUGTE/ EERSTELINGE en dit is vervul met YESHUA ons MESSIAS se OPSTANDING as die EERSTE VRUG van baie.

Paulus verduidelik dit in 1 Korinthiërs 15:20-23 dat die Messias “opgewek is uit die dode; Hy het die EERSTELING geword van die wat ontslaap (gesterf) het. Want aangeisen die DOOD deur ‘n mens gekom is, is die OPSTANDING van (uit) die dood ook deur ‘n mens. Want soos almal in Adam sterwe (dit is die EERSTE DOOD wat alle mense sal sterf volgens 1 Korinthiërs 15:22 en Hebreërs 9:27), so sal ook ALMAL In die MESSIAS LEWEND gemaak word; maar ELKEEN in sy eie orde: as EERSTELING (EERSTE VRUG) die MESSIAS, daarna DIE WAT AAN HOM BEHOORT BY SY KOMS (dit is bekend as die EERSTE OPSTANDING volgens Openbaring 20:6).”

Die LEVIETIESE PRIESTERS as BEWEEGOFFER is dus ‘n prentjie van GELOWIGES in Yehsua, die Hoë Priester in die EWIGE ORDE van MELGISEDEK (lees Hebreers hoofstuk 2 en 7) wat GELOWIGES in HOM maak tot PRIESTERS vir Abba Vader. Ons lees ook hiervan in Openbaring 1:5-7 waarin Johannes praat van “…Yeshua die Messias, die GETROUE GETUIE, die EERSGEBORENE uit die dood en die OWERSTE (AANVOERDER, Hoof) oor die konings van die aarde). Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons SONDES GEWAS het IN SY BLOED en ons gemaak het konings en PRIESTERS vir Sy GOD en VADER, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen”. Paulus verduideliik dit dan ook in Romeine 12:1 wanneer hy sê: “Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge (medelye, deernis) van God, dat julle jul liggame stel as LEWENDE HEILIGE en aan GOD WELGEVALLIGE (waarmee Hy tevrede is) OFFER – dit is julle redelike godsdiens (die wesenlike/ die kern of hoofsaak van die godsdiens wat julle moet beoefen).” En Effesiërs 5:1-2 sê hy: “Wees dan NAVOLGERS van GOD soos geliefde kinders. En wandel (leef) in LIEFDE, soos die MESSIAS ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as ‘n GAWE en OFFER aan GOD (die Vader) tot ‘n LIEFLIKE GEUR.”  

En in Genesis 49:8-12 lees ons Jakob se seën vir sy VIERDE seun by Lea, JUDA.

“Juda, jy is dit! Jy sal jou broers loof (prys). Jou hand sal op die nek van jou vyande wees; voor jou sal die seuns van jou vader hulle neerbuig. Juda is ‘n JONG LEEU; van die roof af het jy opgeklim (ander weergawes sê wat van die prooi af opstaan of daarvan weg stap). Hy buig hom, hy gaan lê soos ‘n LEEU en soos ‘n LEEUIN; wie sal hom opjaag?  Die SEPTER (die staf van die Koning, die gesag en heerskappy) sal van Juda nie wyk (of weggaan) nie, nog die VELDHEERSTAF (die staf van die aanvoerder van soldate) tussen sy voete uit totdat SILO (‘n verwysing na YESHUA die MESSIAS en LEEU VAN JUDA) kom; en aan Hom sal die volke GEHOORSAAM wees. Hy maak Sy jong esel vas aan die WINGERDSTOK (‘n plant waaraan druiwe groei) en die vul van Sy eselin aan die EDELSTE WYNSTOK (dit herinner aan die profesie in Saggaria en Markus 11:1-11 van die donkie wat die dissipels in opdrag van Yeshua moes gaan haal sodat Hy triomfantlik kon inry in Jerusalem terwyl die mense sing: Hosanna! (Prys God!) Geseënd is HY wat kom in die Naam van YHVH! Geseënd is die koningkryk wat kom in die Naam van YHVH, die koningkryk van ons vader David! Hosanna! (prys God) in die hoogste hemel!” En ons lees verder in Genesis 49:11 “Hy was Sy kleed in die wyn en Sy GEWAAD (Sy KLEED) in DRUIWEBLOED (m.a.w druiwesap).”

Die NLV sê: SY KLERE is so ROOI soos ROOI DRUIWESAP. En dit is ‘n verwysing na die profesie in Jesaja 63:2 en Openbaring 19:13. En ons lees verder in Genesis 49:12 “Hy is donkerder van oë as wyn en witter van tande as melk.”

Ons sien in baie van hierdie woorde vir Yehsua ons MessiasHy is die LEEU van Judah (Openbaring 5:5), die KONING van konings wat saam met Abba Vader vir ewig sal regeer (Openbaring 22:3), Hy is die WINGERDSTOK (Johannes 15:1-8). Hy het die stad ingery op ‘n donkie en is geeer as die Koning voor Sy kruisiging (Markus 11:1-11). En Hy sal weer kom, die keer om die wynpers te trap as die een wat Abba se vyande aan sy voete onderwerp waarvan die LAASTE vyand die dood en die doderyk is wat in die poel van vuur gewerp sal word. Lees Openabring 20:11-14, Jesaja 63:3, Openbaring 14:20 en 1 Korinthiërs 15:25-27.

Judah was die een wat gekeer het dat Josef deur sy broers vermoor word en die voorstel maak om Josef eerder te verkoop aan die Ismaeliete. Lees Genesis 37:26-27.

Die stam van JUDA met die kleiner stam van Benjamin wat later met die verdeling van die KONINGKRYK in Salomo se seun Rehabeam se tyd (1 Konings hoodstuk 12 tot 16), die SUIDRYK gevorm het, is die ENIGSTE maklik herkenbare stamme wat oorgebly het en reeds vanaf antieke tye tot vandag toe bekend staan as “DIE JODE”.

En in Genesis 49:13 seën Jakob se seun SESDE seun by Lea, SEBULON. Sebulon woon by die STRAND waar SKEPE is, sy oë is op Sidon (naby Fenisië) gerig.

En in Genesis 49:14-15 seën Jakob sy VYFDE seun by Lea, ISSASKAR. Issaskar is ‘n STERK PAKDIER, hy gaan lê tussen sy twee saalsakke. Hy sien ‘n GOEIE WOONPLEK, ‘n MOOI LANDSTREEK en daarvoor onderwerp hy hom aan DWANGARBEID, doen hy SLAWEWERK.

En in Genesis 49:16-18 seën Jakob sy eerste seun DAN by Bilha, Ragel se slavin. Dan sal aan sy volk REG verskaf net soos enigeen van die STAMME van ISRAEL. Ons sien hierdie woorde in Genesis 30:6 wanneer Ragel sê dat God aan haar REG verksaf het om ‘n seun aan haar te gee. Ons lees verder in Genesis 49:17Laat DAN ‘n SLANG wees op die WEG, ‘n HORINGSLANG op die PAD, wat die perd aan die hakskeen byt, sodat sy ruiter agteroorval Jakob (Israel) roep uit: Op U VERLOSSING wag ek YHVH!”

En in Genesis 49:19 seën Jakob sy eerste seun GAD by Lea se slavin Silpha en sê hy: ‘n BENDE OORVAL hom, maar HY VAL HULLE VAN AGTER AF AAN.

En in Genesis 49:20 seën Jakob sy seën Jakob tweede seun by Lea se slavin Silpha, genoem ASER met sy spys is vet (voedsaam en ryk) en hy lewer koningklike lekkernye.

En in Genesis 49:21 seën Jakob sy tweede seun NAFTALI by Bilha, Ragel se slavin. Naftali is soos ‘n wildsbok so vry, hy wat mooi woorde laat hoor.

En in Genesis 49:22-26 seën Jakob sy EERSTE seun, JOSEF by sy geliefde vrou RAGEL:

“JOSEF is ‘n JONG VRUGTEBOOM, ‘n jong vrugteboom by ‘n FONTEIN; sy TAKKE KLIM OOR DIE MUUR. Die BOOGSKUTTERS het hom wel GEPRIKKEL (met ‘n skerp stok gesteek wat diere aandryf) en hom BESKIET (op hom geskiet) en hom BESTRY (teen hom geveg), maar sy BOOG het STERK GEBLY, en die ARMS VAN sy HANDE was BUIGSAAM, deur die MAGTIGE VAN JAKOBdaarvandaan waar die HERDER, DIE STEEN VAN ISRAEL, is (‘n verwysing na Yeshua die Messias as die HOEKSTEEN in Psalm 118:22-29, Hnadelinge 4:11 en 1 Petrus 2:6), van die GOD van jou vader (Jakob), WAT JOU HELP, en met die HULP van die ALMAGTIGE (DIE VADER), wat jou SEËN met SEËNINGE van die HEMEL DAARBO, met SEËNINGE VAN DIE WATERVLOED wat daaronder lê (met oorloedige water), met SEËNINGE van BORSTE EN MOEDERSKOOT (‘n groot nageslag). Die SEËNINGE wat jou vader ontvang het, OORTREF die SEËNINGE van die EWIGE BERGE die KOSTELIKE (kosbare) GAWES van die EWIGE HEUWELS. Dit sal wees op die hoof van JOSEF en op die HOOFSKEDEL van die UITVERKORENE (God se GELIEFDE) onder sy broers. ”

Joshua, die opvolger van Moses is afkomstig vanuit die stam van Efraim (Numeri 13:8 & 16).

Yeshua ons Messias sê in Johannes 15:16 “Julle het my nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly…” Lees ook Deuternomium 14:2, Effesiërs 1:3-4 en 1 Petrus 2:9. En Yeshua on Messias bevestig dit wanneer Hy in Mattheus 15:24 sê: “Ek is net gestuur na die VERLORE SKAPE van die HUIS van ISRAEL.” Dit verwys na die TIEN STAMME onder Efraim bekend as die NOORDRYK en die HUIS VAN ISRAEL.

MAG dit dus dalk wees dat JOSEF EN SY NAGESLAG deur EFRAIM & MANASSE asook die res van die TIEN STAMME wat deel vorm van die NOORDRYK en almal wat inent of die Boom van Israel volgens Romeine 11, die UITVERKORENES (die GELIEFDES) van GOD die VADER is? Die wat GERED sou word deur die KRUISDOOD van die HERDER – YESHUA ons MESSIAS!

 En in Genesis 49:27-28 seën Jakob sy TWEEDE seun, BENJAMIN by sy geliefde vrou RAGEL:

“Benjaming is ‘n WOLF wat VERSKEUR; in die MÔRE EET hy sy PROOI, en in die AAND deel hy BUIT uit.”

Paulus is afkomstig van die stam van Benjamin en was dus saam met Juda deel van die Suidryk en bekend as ‘n Jood (Fillipense 3:5).

Ons lees later, in Deuternomium 33 SEËN Moses die volk met SOORTGELYKE SEËNINGE voor sy dood.

He-Brews-Coffee-Roastery-Logo

Stay In Touch