13 Mei 2026 Ons is gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (die…
DIE WAARHEID OOR DIE KRUISIGING van YESHUA die MESSIAS en die SIMBOOL van DIE KRUIS – DEEL 1: Inleiding
1 April 2025
INLEIDING
As deel van ons voorbereiding vir Abba Vader se EERSTE FEES, naamllik die PASGA wat eersdaags begin op 14 Aviv (in ons terme die aand van 11 April tot die aand van 12 April 2025), gaan ons gesels oor die TWYFEL wat onder gelowiges ontstaan het gedurende die laaste aantal jare oor die metode van KRUSIGING van YESHUA ons MESSIAS asook die SIMBOOL van die KRUIS.
HIERDIE ARTIKEL IS GESKRYF VIR GELOWIGES WAT IN DIE TYD WAARIN ONS LEEF DIE SIMBOOL VAN DIE KRUIS BEVRAAGTEKEN
Die NAME van God wat gebruik word is soos ons dit verstaan en verkies. Ons bid dat jy nie in die SLAGGAT van die bose een sal trap om só te fokus op die “korrekte” Name, dat die WAARHEID in hierdie boodskap verlore gaan vir jou nie.
DIE WOORD GOD word in hierdie boodskap gebruik as die ALGEMENE WOORD in AFRIKAANSE BYBEL VERTALINGS wat die meeste mense verstaan soos OMSKRYF in die WOORD SELF as: DIE ALMAGTIGE GOD, die SKEPPER van HEMEL en AARDE en ALLES daarop en dus ook die EIENAAR van jou en my, die EEN wat ons SY KINDERS noem, die EEN wat nie net LIEFDE GEE nie, MAAR SELF DIE LIEFDE IS (1 Johannes 4:16), die God van Abraham, Isak en Jakob/ Israel, wat Homself noem die GOD van ISRAEL.
Die HEBREEUSE NAAM van God die Vader word gebruik, naamlik die HOOFLETTERS: YHVH (Yod-Heh-Vav-Heh). Dit is die HEBREEUSE letters van SY NAAM wat niemand meer vandag weet hoe om uit te spreek nie want die klinkers is uitgehaal deur die OU TESTAMENT JOODSE Bybelskrywers (mense uit die stam van Judah en Benjamin), reeds duisende jare gelede omdat hulle bang was hulle oortree die 3de GEBOD wat ons VERBIED om SY NAAM ydelik (ligsinnig, nie ernstig nie, sonder eerbied) te GEBRUIK. Dit is hierdie LETTERS – YHVH wat in die oorspronklike Hebreeuse boekrolle opgteken staan en in ons AFRIKAANSE BYBEL VERTALINGS met die Woord: HERE in hoofletters aangedui word wat basies MEESTER beteken.
Die woord ABBA, (wat die Aramese Woord vir Pappa is), en in drie Skrif gedeeltes voorkom word ook gebruik. Naamlik in Romeine 8:15 waarin ons lees: ”Want julle het nie ontvang ‘n (kleinletter) gees van SLAWERNY om weer te VREES nie MAAR julle het ONTVANG die (hoofletter) GEES (dit is die HEILIGE GEES) van AANNEMING TOT KINDERS, deur WIE ONS ROEP: “ABBA!”.
Ons lees ook in Markus 14:36 dat YESHUA DIE SEUN van GOD, HOM genoem het ABBA VADER in Sy diepste nood waar Hy bloed gesweet het voor die KRUISIGING waarin die STRAF vir die HELE WÊRELD se SONDE op HOM sou neerkom, om in ons plek te sterf vir ons sondes. En PAULUS verduidelik dan ook in Galasiers 4:6: “en omdat julle KINDERS is, het GOD (die Vader) die GEES van SY SEUN (YESHUA – dus die HEILIGE GEES), in julle HARTE UITGESTUUR, en HY ROEP: ABBA VADER! Dus glo ons dat ons Hom, as Sy kinders, “ABBA en ABBA VADER” mag noem.
Die HEBREEUSE Naam van YESHUA die MESSIAS, soos algemeen aangedui in die HEBREEUSE GESKRIFTE om die VERLOSSER en REDDER van die wêreld te beskryf word gebruik in hierdie boodskap in plaas van die GRIEKSE VERTALING: “IÈSOUS CHRÌSTÒS” wat in Afrikaans vertaal is na JESUS CHRISTUS. Ons noem HOM ook RABBOENI – weereens die HEBREEUSE vorm vir LEERMEESTER, eintlik, “my GROTE LEERMEESTER” (lees Johannes 20:16-18).
Hierdeur word GEENSINS vir jou voorgeskryf dat jy ons KEUSE van SY NAAM hoef te volg nie. Die HEILIGE GEES sal jou self hieroor lei en mag en moet jy gebruik soos HY jou leer en jy gemaklik voel.
DIE SKRIF VERTALINGS wat in hierdie boodskappe gebruik word is hoofsaaklik die 1933/ 53 VERTALING, maar soms is die OU AFRIKAANS waarin dit geskryf is moeilik om te verstaan en gebruik ons ook ander SKRIF VERTALINGS en SELFS die HAT WOORDEBOEK om die BETEKENIS van die WOORDE duideliker te maak. Ons gebruik ook die JEWISH STUDY BIBLE – INSIGHT FOR JEWS & CHRISTIANS, weereens vir die EENVOUDIGE REDE om seker te maak ons verstaan die WOORDE wat aanvanklik in HEBREEUS opgeskryf is.
KLEM OP SEKERE SKRIFGEDEELTES OF WOORDE
Klem word op sekere Skrif gedeeltes gelê deur die gebruik van hoofletters, vet letters (“bold text”) en onderstreping om inligting makliker en vinniger te lees en begrip daarvan te verbeter.
DIE HOOF en SENTRALE TEMA van die WOORD IS DAT ABBA VADER DIE WÊRELD SO LIEF GEHAD HET dat HY, SY SEUN YESHUA die MESSIAS GESTUUR HET om vir die MENSDOM se SONDES te KOM STERF sodat DIE wat IN HOM GLO die EWIGE LEWE KAN BEERWE. En ALLE GELOWIGES stem hieroor saam. Maar in die laaste paar jaar het daar groot ONSEKERHEID en VERDEELTHEID begin onststaan oor die SIMBOOL VAN DIE KRUIS.
Die GELOWIGES wat die SIMBOOL van die KRUIS VERWERP doen dit, wil ek amper sê met GEWELD want hulle reken die simbool is afkomstig van die HEIDENE (ongelowiges of afgodsdienaars), sommige reken dat dit ‘n VRYMESELAAR (lede van ‘n geheime organisasie) se simbool is en dus word dit gesien as SATANIES.
Die vrae wat ons poog om te beantwoord in hierdie ondersoek is die volgende:
- Het YESHUA ons MESSIAS gesterf namens ons aan ‘n BOOM, ‘n KRUIS of ‘n FOLTERPAAL?
- En is dit belangrik om die METODE te bepaal of is dit genoeg om net te weet Hy het GESTERF vir ons SONDES?
Voordat ons hierdie twee vrae gaan ondersoek moet ons eers TWEE dinge bespreek en bevestig, naamlik:
EERSTENS: Die BETROUBAARHEID van die WOORD van YHVH om AL hierdie antwoorde daarin te vind en;
TWEEDENS: Om die WOORD as HOOFBRON te gebruik vir hierdie studie en alle buitebronne daarteen te toets en reg of verkeerd te bewys en NIE andersom nie, m.a.w buitebronne geskryf deur blote mense kan nie gebruik word om die WOORD van YHVH verkeerd te bewys nie.
Vandag gesels ons dan net eers oor die EERSTE PUNT, naamlik:
Die BETROUBAARHEID van die WOORD van YHVH.
Ons gaan dit bespreek aan die hand van “The Bible Book by Book – An Introduction to Bible Synthesis” deur G Coleman Luck.
Die Bybel ook genoem die SKRIF is geïnspireer deur die Heilige Gees van God en geskryf deur die menshande van ongeveer 36 tot 40 mense van verskillende afkoms oor ‘n periode van 1500 jaar, vanaf MOSES (1440 voor die geboorte van die Messias) tot en met die APOSTEL JOHANNES (90 jaar na die Messias). Die WARE OUTEUR is egter die HEILIGE GEES van GOD DIE VADER. Ons lees in 2 Petrus 1:21 “…want geen profesie (‘n woord gegee deur God) is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar deur die Heilige Gees gedrywe (met passie geïnspireer) het die heilige (die afgesonderde) mense van God gespreek.” David sê dit mooi in 2 Samuel 23:2 “Die Gees van YHVH spreek IN my, en Sy Woord is op my tong.” En in 2 Timotheus 3:16 sê Paulus: “Die HELE SKRIF is deur God ingegee (geïnspireer, deur die gees laat posvat) en is nuttig tot lering (onderrig), tot weerlegging (te bewys dat iets nie waar is nie), tot teregwysing (vermaning, tugtiging met die doel om die gees te oefen om gehoorsaamheid te ontwikkel), tot onderwysing in die geregtigheid (in ooreenstemming met die WIL van God die Vader), sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.” En ons lees in Hebreërs 1:1-2 “Nadat God (die Vader) baie keer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die PROFETE, het Hy in hierdie LAASTE DAE tot ons gespreek deur die Seun wat Hy as erfgenaam van ALLES aangestel het, deur WIE Hy ook die wêreld geskep het.”
Al die mens skrywers het verklaar dat dit wat geskryf is NIE hulle woorde is nie, maar die WOORDE van God. Ons lees in Eksodus 34:27-28 “Verder het YHVH vir Moses gesê: Skrywe vir jou hierdie WOORDE op, want volgens hierdie WOORDE het Ek ‘n VERBOND GESLUIT met jou en met ISRAEL. En hy was daar by YHVH VEERTIG DAE en VEERTIG NAGTE; hy het GEEN BROOD geëet en GEEN WATER gedrink nie. En HY (YHVH) het op die TAFELS die WOORDE van die VERBOND, DIE TIEN WOORDE, geskrywe ook genoem die TWEE TAFELS VAN die GETUIENIS in Eksodus 31:18. En ons lees ook in hierdie vers sowel as in Deuternomium 9:9 dat God op hierdie tafels met SY VINGER geskryf het. En ons lees in Lukas 11:20 dat Yeshua die duiwels met die VINGER van GOD uitgedryf het en dat dit ‘n verwysing na die HEILIGE GEES is. Lees ook Eksodus 32:15-16 waarin ons lees: “En die TAFELS vn die GETUIENIS in sy (Moses) se hand… was die WERK van GOD. Die SKRIF was ook die SKRIF van GOD, in die TAFELS GEGRAVEER.” En in Jeremia 35:1-2 lees ons van die WOORD wat van YHVH tot Jeremia gekom het wat hy moes SPREEK. Die uitdrukking: “so spreek YHVH” of iets soortgelyks word telkemale gebruik.
Die Skrif is vir beide GELOWIGES en ONGELOWIGES geskryf. (Lees 1 Johannes 5:13 en Johannes 20:31). En dit beskryf die periode vanaf die EWIGHEID in die VERLEDE tot die EWIGHEID in die TOEKOMS. Ons lees in Johannes 1:1 “In die BEGIN was DIE WOORD, en DIE WOORD was BY GOD, en DIE WOORD WAS GOD.” En in Openbaring 22:5 lees ons van die EWIGE REGERING van God die Vader en die LAM.
Die DOEL van die WOORD van GOD is om Hom en SY WIL en DOELEINDES aan die mens te OPENBAAR (bekend te maak). Die HOOGSTE DOELWIT is die HEERLIKHEID (toestand van VOLMAAKTHEID.) en GLORIE (ROEM, AANSIEN, GROOTHEID) van GOD. Ons lees in 1 Kronieke 16:27-29 ‘n PSALM van DAVID waarin hy sê: “Majesteit en heerlikheid is voor Sy aangesig, sterkte en blydskap is in Sy woonpek. Gee aan YHVH, o geslagte van die volke , gee aan YHVH eer en sterkte, Gee aan YHVH die EER VAN SY NAAM, bring offers en kom voor Sy aangesig, aanbid YHVH in HEILGE GEWAAD (heilige klere).” Ek aanvaar dit is wat Paulus bedoel in Romeine 13:14 wanneer hy sê: “Beklee julle met Yeshua die Messias, en maak GEEN voorsorg vir die vlees (die ou sondige natuur) om sy begeerlikhede te bevredig nie.” En in Galasiërs 3:27 sê hy: “…want julle almal wat IN die Messias GEDOOP is, het julle met HOM BEKLEE.” Met ander woorde wanneer ons sterf aan ons ou sondige natuur/ ook genoem die VLEES saam met Hom en in die watergraf van die doop begrawe word en ons staan as ‘n NUWE mens op, is ons met HOM BEKLEE. (Lees Romeine 6:4)
Die TEMA van die SKRIF, dit waaroor alles gaan is YESHUA die MESSIAS (die GESALFDE en VERLOSSER). Ons lees in Lukas 24 praat Hy met die EMMAUSGANGERS na SY OPSTANDING en ons lees in vers 27: “En Hy het begin van Moses (‘n verwysing na die TORAH – Genesis tot Deuternomium) en AL die PROFETE af en vir hulle uitgelê in AL DIE SKRIFTE DIE DINGE WAT OP HOM BETREKKING HET.” En in 2 Korinthiërs 4:6 sê Paulus: “Want God (die Vader) wat gesê het dat daar uit DUISTERNIS LIG moet skyn – dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die VERLIGTING te bring van die KENNIS van die HEERLIKHEID van God (die Vader) in die AANGESIG van YESHUA die MESSIAS.
Die PLEK en REDE vir die OU TESTAMENT word deur Paulus beskryf in 1 Korinthiërs 10:11 “…as VOORBEELDE wat opgeskryf is as WAARSKUWINGS aan ons op wie die EINDES van die eue gekom het.”
Die ONDERSKEIDENDE KARAKTER van die OU TESTAMENT is die TORAH (Genesis tot Deuternomium opgesom in die TIEN GEBOOIE) en algemeen bekend as: “DIE WET VAN GOD soos aan die mens gegee deur MOSES”. Lees Eksodus 24:4 en Deuternomium 31:9 en 24-26. Die betekenis van die Hebreeuse woord TORAH is LERING.
Die OU TESTAMENT word soos volg VERDEEL:
In die Hebreeuse Skrif, naamlik die TORAH, die PROFETE en die GESKRIFTE.
Volgens ONDERWERP is dit:
- Die TORAH (Genesis tot Deuternomium)
- Die Historiese Boeke (Joshua tot Ester)
- Die Poëtiese Boeke (Job tot Hooglied); en
- Die Profetiese Boeke (Jesaja tot Maleagi)
Volgens INDELING of AFDELING is dit:
- Onskuld (Genesis 1:27-3:6)
- Gewete (Genesis 3:7-8:19)
- Menslike regering (Genesis 8:20-11:9)
- Belofte (Genesis 11:10-Eksodus 19:4)
- Die TORAH/ WET (Exsodus 19:5 tot die einde)
Die PLEK en REDE vir die NUWE TESTAMENT word soos volg beskryf:
- Om die OPENBARING van die OU TESTAMENT te VOLTOOI. Daar is ‘n uitdrukking in Engels wat dit mooi beslryf: “The Old Testament concealed is the New Testament revealed.” En ons lees in Hebreërs 1:1-2 “Nadat God (die Vader) baie keer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die PROFETE, het Hy in hierdie LAASTE DAE tot ons gespreek deur die Seun wat Hy as erfgenaam van ALLES aangestel het, deur WIE Hy ook die wêreld geskep het.” Ons lees ook in Jeremia 31:31-34 oor die NUWE VERBOND wat God die Vader met die HUIS van ISRAEL (die TIEN STAMME onder Efraim) en die HUIS van JUDAH (die Stam van Judah en Benjamin bekend as die Jode) sal sluit en Sy WET (TORAH) in hulle binneste sal gee en dit sal SKRYF op hulle HARTE. En in Maleagi 3:1 word Yeshua die Messias die (hoofletter) ENGEL van die VERBOND genoem wat SKIELIK na SY TMEPEL sal kom.
- Om die VERVULLING van die Ou Testament profesieë aan te toon. Lees as voorbeelde hiervan Lukas 4:21, Johannes 17:12 en Handelinge 1:16 en baie ander verwysings. Die Ou Testament wys vooruit na die Messias se koms en die Nuwe Tesament bevestig die VERVULLING van hierdie HOOP.
- Om die VOLHEID van die WEG van REDDING te verduidelik en aan te dui. Ons lees in Johannes 20:31 “…maar hiedie is beskrywe, dat julle KAN GLO dat Yeshua die Messias is, die SEUN VAN GOD; en dat julle deur te GLO die LEWE kan hê in SY NAAM.
- Om al die nodige OPENBARING aan God die Vader se kinders te gee. Ons lees in Johannes 4:25 sê die Samaritaanse vrou by die put aan Yeshua: “…Ek weet dat die Messias kom, hy wat die Messias die GESALFDE en VERLOSSER genoem word. Wanneer Hy kom sal Hy ons ALLES VERKONDIG (bekend maak). En in Johannes 16:12-13 sê Yeshua aan SY dissipels Hy het nog BAIE DINGE om aan hulle te sê, maar hulle kan dit nie nou dra nie. Maar wanneer Hy gekom het, die (hoofletter) GEES van die WARHEID, sal Hy hulle in die HELE WAARHEID lei…” Dit het veral te make met die GEMEENTE van YESHUA die MESSIAS soos ons lees in Mattheus 16:18 waarin Hy aan Petrus sê “Jy is PETRUS, en op HIERDIE ROTS sal EK MY GEMEENTE BOU, en die poorte van die doderyk sal dit NIE oorweldig nie en in Effesiërs 5:23-29 word die LIEFDE van YESHUA die MESSIAS vir die GEMEENTE vergleyk met die liefde van ‘n man vir sy vrou, en ons lees hier: die Messias is die HOOF van die GEMEENTE en Hy is die VELROSSER van die LIGGAAM…Hy het die GEMEENTE liefgehad an Homself daarvoor oogegee om dit TE HEILIG nadat Hy dit GEREINIG het met die WATERBAD deur DIE WOORD, sodat Hy die GEMEENTE voor Hom kon stel ,VERHEERLIK (in ‘n toestand van VOLMAAKTHEID), sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit HEILIG en SONDER GEBREK sal wees. HY VOED en KOESTER die GEMEENTE want ons is die LEDE van SY LIGGAAM, van SY VLEES en van Sy BENE en die TWEE (Yeshua en die GEMEENTE bekend as SY LIGGAAM) sal EEN VLEES word.
Die ONDERSKEIDENDE KARAKTER van die Nuwe Testament is GENADE Genade en word omskryf as: Die GOEDERTIERENHED/ LANKMOEDIGHEID/ GEDULDIG, VERGIFNIS, BARMHARTIGHEID en WELWILLENDHEID/ GOEDGESINDHEID/ VRIENDELIKHEID/ TEGMOETKOMENDHEID van God. Ons lees in Johannes 1:17 “want die WET (die TORAH – Genesis tot Deuternomium insluitend die TIEN GEBOOIE), is deur MOSES gegee. DIE GENADE en DIE WAARHEID het deur YESHUA die MESSIAS gekom.
‘n Mooi prentjie ter verduideliking van hierdie vers is die VERBONDSARK in die TABERNAKEL waarin die TIEN GEBOOIE as opsomming van die WET/ DIE TORAH geplaas moes word en wat BEDEK moes word met die VERSOENDEKSEL beken in Engels as die MERCY SEAT (vry vertaal as die GENADE TROON) en dit is hierop waar die BLOED van die OFFER gesprinkel moes word waarvan die LAASTE en EWIGE OFFER ons MESSIAS YESHUA, die LAM van GOD DIE VADER se BLOED was wat vir ons gestort is. Die DOODMAAK KRAG van die WET is dus weggeneem vir DIE wat die GENADE van God die VADER aanvaar as die VOLLE PRYS betaal vir ons SONDES en daarna die PAD of WEG van HEILIGMAKING/ DIE SMAL PAD stap. Ons lees daarvan in Petrus se woorde in 1 Petrus 1:2 waarin hy aan die GEMEENTES in die VERSTOOIING in Pontus, Galasië, Kapadocië, Asië en Bethinië (‘n verwysing na die TIEN STAMME onder EFRAIM wat in die nasies geasimileer het) sê: “…aan die VREEMDELINGE van die VERSTROOIING…UITVERKORE volgens die VOORKENNIS van GOD DIE VADER, in die HEILIGMAKING VAN DIE GEES (die HEILIGE GEES), tot GEHOORSAAMHEID en BESPRINKELING met die BLOED van Yeshua ons Messias: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word!”
Die NUWE TESTAMENT word soos volg VERDEEL:
- Histories/ geskiedkundig – die VIER EVANGELIES bekend as DIE GOEIE NUUS en die Boek Handelinge.
- Doktrines/ leerstellings – die APOSTELS waarvan 14 van die 21 boeke deur Paulus geskryf is; en
- Die Profetiese Boek Openbaring
HIERUIT is dit dus DUIDELIK dat die WOORD van GOD AL REEDS DUISENDE JARE VAS en BETROUBAAR staan en tot in EWIGHEID so sal wees. Yeshua ons Messias sê in Mattheus 5:5 “Want VOORWAAR Ek sê vir julle (dit beteken EK VERSEKER julle), voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een JOTA of EEN TITELTJIE (nie een kolletjie of strepie) van die WET (die TORAH – Genesis tot Deuternomium), OOIT verbygaan totdat ALLES gebeur het nie.” (Lees ook Lukas 16:16). Ons lees ook in Jesaja 40:8 “Die gras verdor, die blom verwelk; maar DIE WOORD VAN ONS GOD HOU STAND IN EWIGHEID. Lees ook 1 Petrus 1:25. Alles sal dus vergaan maar die WOORD VAN GOD DIE VADER sal in EWIGHEID bly voortbestaan. En die feit dat jy en ek vandag die Woord lees is ‘n bewys daarvan dat dit reeds in orale en geskrewe vorm vanaf die Skeping tot in ons tyd bestaan! En daar is GEEN ander boek ter wêreld waarvan dit gesê kan word nie! Dit is inderdaat ‘n WONDERWERK en ‘n WONDERWERKENDE LEWENDE BOEK. En die rede is, dit is VEEL MEER as ‘n BOEK is, die WOORD is YESHUA die MESSIAS – ons lees in Johannes 1:14 “En die WOORD het vlees geword en onder ons gewoon – en ons het Sy HEERLIKHEID aanskou, ‘n HEERLIKHED soos van die ENIGGEBORENE wat van die VADER kom – VOL van GENADE en WAARHEID. En on sweet met SY WEDERKOMS sal Hy bekleed wees met ‘n KLEED wat in BLOED GEDOOP is en SY NAAM is: DIE WOORD VAN GOD (lees Openbaring 19:13). En ons weet Yeshua die Messias en God die VADER is EEN en daarom het hulle ook EEN HEILGE GEES en word DIE WOORD genoem die SWAARD van die (HEILIGE) GEES – lees Effesiërs 6:17. En hierdie SWAARD – DIE WOORD van GOD – “is LEWEND en KRAGTIG en SKERPER as enige TWEESNYDENDE SWAARD, en DRING DEUR tot die SKEIDING van SIEL en GEES en van GEWRIGTE en MURG (die liggaam), en is ‘n beoordelaar van die OORLEGGINGE (die OORWEGINGS/ DENKE/ GEDAGTES en EMOSIES) van die HART (die siel). En daar is GEEN skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar ALLES is OOP en BLOOT voor die oë van Hom met WIE ons te doen het. (Lees Hebreërs 4:12). HalleluYAH! Prys Sy Naam!
