Skip to content

MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (DIE DOOD) NA SY WONDERLIKE LIG (DIE LEWE), Deel 7: YHVH die GOD van die SMAL WEG

3 Junie 2026

Ons gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (die donker, afweisgheid van geestelike lig, onkunde, ongeloof, nood en elende, die dood) NA DIE WONDERLIKE LIG (openbaring van die waarheid, wysheid, geloof, geestelike vol lewe)  VAN ABBA VADER. En ons leer verder HOE ons, DIE SMAL WEG deur YESHUA ons MESSIAS vind wat lei vanuit die DUISTERNIS van EGIPTE/ ‘n prentjie van die WÊRELD, na ABBA VADER en ons help om die REDE en DOEL waarvoor HY ons gemaak het te vind, te verstaan, te groei daarin tot ons volle potensiaal en ons DOEL en ROEPING suksesvol uit te voer.

Ons gesels nog oor WIE ons SKEPPER GOD van LIG en LEWE is wat saam met ons beweeg op die SMAL WEG na DIE EWIGHEID.

Ons het nou reeds vanuit ons studie in SY WOORD bevestig:

HY IS DIE SKEPPER VAN HEMEL, AARDE en ALLES DAARIN. 

  • HY IS WIE HY IS, die BEGIN van ALLES en die EINDE van ALLE DINGE.
  • Die GOD van ABRAHAM, die GOD van ISAK en die GOD van JAKOB/ ISRAEL.
  • SY NAAM, YHVH is vir EWIG, en dit is SY GEDENKNAAM van gelsag tot geslag.”
  • HY is YHVH, die KONING van ISRAEL en SY VERLOSSER
  • Hy is YHVH van die LEËRSKARE (die HEMEL WEERMAG).
  • Daar is buiten Hom GEEN ander God nie.
  • HY IS DIE LEWENDE EN EWIGE GOD WAT BESTAAN VAN ALTYD AF EN ALTYD SAL BESTAAN.
  • Hy is ALOMTEENWOORDIG en Hy WEET ALLES.

HY IS DIE ENIGSTE WARE LIG EN DAAR IS GEEN DUISTENRIS IN HOM NIE.

 HY is ‘n VERTERENDE VUUR, daarom is:

  • SY WOORD VUUR.
  • SY ENGELE is BOODSKAPPERS van VUUR met swaarde van VUUR.
  • HY DOOP GELOWIGES met die VUUR van SY HEILIGE GEES.
  • HY SUIWER ons GELOOF met VUUR en HY TOETS ons WERK vir die KOINGKRYK met VUUR.

HY IS DIE WOORD

  • HY SKEP DEUR TE SPREEK.
  • SY WOORD IS DIE WAARHEID en dus IS HY DIE WAARHEID.
  • SY WOORD SAL VIR EWIG BESTAAN.
  • HY HOU ALLES IN STAND DEUR SY WOORD.
  • SY WOORD IS DIE GOEIE NUUS VIR ALLE MENSE.

HY is SOEWEREIN

  • Hy is OPPERMAGTIG, die HOOGTSTE GESAG in die hemel en op aarde.
  • En NIKS kan gebeur sonder dat Hy dit wil of toelaat nie.
  • En alles wat HY DOEN het ‘n DOEL en REDE en vir dié wat HOM LIEFHET en SY ROEPING vir hulle lewens aanvaar, dié wat HOM dus GEHOORSAAM en VOLG, sal Hy ALLES (ook dit wat met hulle gebeur wat sleg is) ten GOEDE laat meewerk. 

HY is die ALMAGTIGE GOD

  • Hy is dus die perfekte SKUILPLEK en TOEVLUG waarop ons kan VETROU.
  • Hy is DIE EWIGE ROTS, ‘n VASTE FONDASIE, die REDDER, ons VERLOSSER en ons BESKERMER.
  • Sy NAAM is YHVH, ‘n STERK TORING waarin ons kan hardloop en BESKUT word teen alle
  • Aan die wat na SY STEM LUISTER en HOM VOLG (Hom gehoorsaam), gee HY DIE EWIGE LEWE en niemand kan ons uit SY HAND ruk nie.
  • Hy VERSTERK ons en BEWAAR ons van die bose.
  • Hy is GROOT en KRAGTIG en SY VERSTAND (denkvermoë, insig, intellek) is ONEINDIG.
  • Hy is die EWIGE GOD, YHVH, die SKEPPER van ALLES en Hy word nooit moeg of mat (vermoeid, kragteloos, afgemat/ uitgeput na gees of liggaam) nie.
  • SY ALMAG en VERSTAND kan nie ten volle verstaan word nie.
  • YESHUA ons MESSIAS is hierdie ALMATIGE GOD wat met SY WEDERKOMS deur elke oog gesien sal word.
  • Hierdie ALMAGTIGE GOD is REGVERDIG en SY WEË IS WAARAGTIG (betroubaar).

HY IS DIE BRON VAN ALLE VERSTAND EN WYSHEID EN HY GEE WYSHEID, INSIG/ BEGRIP AAN DIE MENS

  • Sy SKEPPING GETUIG van WYSHEID wat te hoog en te groot vir enige mens is om te verstaan.
  • ALLES werk volmaak saam.
  • Hy het alles MOOI GEMAAK op SY TYD.
  • Die mense kan nie die werke van God volkome (heeltemal, geheel en al) ondersoek of verstaan nie want dit is te groot vir ons menslike verstand en wysheid.
  • Hy GEE egter WYSHEID aan die mens wat Hom daarvoor vra.
  • God se WYSHEID is ten EERSTE REIN (suiwer, onbevlek, onbesmet), dan VREDELIEWEND, VRIENDELIK, GESEGLIK (inskiklik), VOL BARMHARTIGHEID (sag, met meegevoel teenoor ander) en GOEIE VRUGTE, ONPARYDIG (nie bevooroordeeld nie, regverdig teenoor alle partye) en ONGEVEINS (opreg).
  • YESHUA die MESSIAS, die SEUN van GOD, kan ons VERSTAND OPEN sodat ons die WAARAGTIGE (die EGTE, WARE, BETROUBARE) GOD die VADER en YESHUA die SEUN kan ken, DIE WAARAGTIGE GOD, en die EWIGE LEWE. 

HY REGEER oor SY SKEPPING 

  • HY IS DIE SKEPPER, EIENAAR en KONING van ALLES en HEERS dus vir EWIG as die EWIGE KONING.
  • HY stel ALLE vorms van OUTORITEIT (wettige mag en gesag) in die hemel en op aarde aan.
  • Die konings van die aarde staan onder SY gesag, selfs al is hulle ongelowig, sal hulle SY MEESTERPLAN uitvoer sodat SY WOORD WAT GESPREEK IS WAAR SAL WORD.
  • Van elke aardse koning, ingesluit elke man, aangestel as koning en heerser oor sy gesin word verwag om GEHOORSAAM te wees aan GOD se WOORD en WET, SY WIL, om REG en GEREGTIGHEID te laat geskied en om op te tree met God se soort wysheid en inegriteit wat Hy ons in Sy WOORD leer.
  • Hy ROEP elke mens as deel van die LIGAAM van YESHUA ons MESSIAS en stel ons aan in ons spesifieke ROEPINGS waarvoor Hy ons elkeen geskep het en stel ons instaat om ons ROEPINGS (die doel en rede vir ons lewens) uit te voer.
  • Wanneer strukture van gesag hulle ONDERWERP aan SY GESAG, IN LYN MET SY WOORD, is daar VREDE in ‘n land, gesinne, werksplekke en gemeentes. 

HY IS ‘n GOD van ORDE 

  • Hy skep ORDE, LIG en OORVLOEDIGE LEWE op die aarde.
  • Sy WET (Sy Woord in Genesis tot Deuternomium, opgesom in die TIEN GEBOOIE) en VERORDINGE (voorskrifte insluitend Sy Feeste en wetlike bepalings) skep ORDE en verseker VREDE in die VERHOUDING tussen Hom en die mens asook tussen mense onderling.
  • Hy skep ook ORDE deur die daarstelling van MAGSTRUKTURE met Messias Yeshua as die HOOF van ELKE MAN, en die MAN as die HOOF van die VROU, en GOD (die Vader) as die HOOF van Yeshua die MESSIAS.
  • ELKE MENS word geroep om hom of haar te ONDERWERP aan die MAGTE (gesagsfigure en gesagstrukture) wat oor hom of haar AANGESTEL is (of dit nou jou man, ouers, regeerders, leiers of bestuurder is), want daar is geen MAG (geen gesag of outoriteit/ wettige mag) behalwe van GOD nie, en die wat daar is, is deur GOD INGESTEL en die DOEL daarvan is om ORDE en VREDE te bewerkstellig.

GOD IS REGVERDIG

  •  Hy hou ELKE mens VERANTWOORDELIK vir sy of haar eie KEUSES en elkeen moet dus die GEVOLGE van hulle eie KEUSES dra want wat jy SAAI sal jy OES.
  • Hy seën die nageslag van REGVERDIGE MENSE (mense wat in gehoorsaamheid aan SY WOORD en WIL leef) tot in die duisendste geslag.
  • Hy laat GEEN sonde ongestraf bly nie en daarom sal die ONREGVERDIGE MENS se dade sy nageslag negatief beïnvloed tot in die derde of vierde generasie. Maar as iemand in hierdie generasie opstaan uit die slegte invloed van sy of haar voorouers en REGVERDIG leef (veral ‘n manlike persoon omdat Abba Vader aan die man die gesag gee as beskermer van sy gesin) sal Abba sy nageslag seën tot in die duisendste geslag.
  • ELKE mens wat tot insig kom, oor sy of haar sondes en begryp wat die hartseer gevolge daarvan is vir hom/ haarself en hulle BEKEER van AL hulle sondes – dit erken en bely, vergifnis daarvoor ontvang en weg draai daarvan, en AL GOD se INSETTINGE (instellings, gebooie) ONDERHOU en REG en GEREGTIGHEID DOEN (DOEN wat REG is volgens God se WOORD en SY WIL), sal sekerlik ‘n vol lewe op aarde leef en die ewige lewe ingaan.
  • God die Vader het GEEN behae daarin dat enige mens op aarde moet ly as gevolg van hulle sondes of die ewige dood moet sterf nie, Hy is die mens se VERLOSSER en wil hê dat ALLE MENSE GERED word en tot KENNIS van die WAARHEID kom en EWIG LEWE.
  • Wanneer ons die SMAL WEG KIES deur ons VERLOSSER YESHUA ons MESSIAS, ontvang ons ‘n NUWE HART en ‘n NUWE mens gees want ons word NUWE MENSE IN HOM en dan gee Hy aan ons SY HEILIG GEES wat ons leer en lei op die smal weg van GEHOORSAAMHEID aan Abba Vader. Ons stap dus van daaraf nooit meer alleen nie, ons RAADGEWER en BEMOEDIGER stap ellke dag en in alle omstandighede saam met ons.

Ons gesels dan vandag verder oor hierdie WONDERLIKE GOD van die SMAL WEG.

SY OORDEEL IS REGVERDIG

In Genesis 18:17-22 maak YHVH Sy planne aan Abraham bekend oor die vernietiging van Sodom en Gemorra weens al hulle sondes en vra Abraham aan Hom in vers 23 of Hy die REGVERDIGES (die wat in GOD GLO en HOM GEHOORSAAM) saam met die GODDELOSE (die wat nie in God glo nie en teen Hom in opstand is) sal ombring en kan ons duidelik uit hierdie voorbeeld sien dat God bereid was om die hele Sodom en Gamora te spaar sou Hy net TIEN REGVERDIGE mense daar kry en dit is hartseer om te besef dat daar nie eers TIEN was nie! Abraham noem Hom dan ook in vers 25c die REGTER van die ganse aarde.

David beskryf God in Psalm 7:12 as ‘n REGVERDIGE REGTER. Lees ook Psalm 75:7 en Sefanja 3:5 sê: YHVH is REGVERDIG binne-in Hom (Sy karakter), Hy doen geen onreg nie; elke móre laat Hy REG aan die lig kom, dit ontbreek nooit nie (Sy uitsprake is elke dag REGVERDIG, sonder uitsondering);” In Jesaja 33:22 lees ons: “…YHVH is ons REGTER, YHVH is ons AANVOERDER (die Hoof van die Hemel Weermag), YHVH is ons KONING: HÝ sal ons VERLOS.”

Ons weet Yeshua die Messias is hierdie REGVERDIGE REGTER aangestel deur Abba Vader.

Ons lees in Johannes 5:22-23 “Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee, sodat almal die Seun kan eer net soos hulle die Vader eer. Wie die Seun nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom getuur het nie.” En in vers 30 sê Yeshua: “Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en My oordeel is REGVERDIG, omdat Ek nie My wil soek nie, maar die WIL van My Vader wat My gestuur het.” Onthou, HY EN DIE VADER IS EEN, HY IS DIE LIGGAAM van die VADER. Hy word ook in die Ou Testament beskryf, voor Sy fisiese verksyning in die Nuwe Testament, as die REGTERHAND van GOD die VADER want God voer Sy aksies deur die LIGGAAM van YESHUA uit. En ons sien ook met Sy HEMELVAART gaan sit Hy dan aan die REGTEHAND van GOD die VADER (Lees Psalm 110:1, Markus 16:19, Handelinge 7:55-56, Romeine 8:34 en Hebreërs 1:13).

En ons lees in 1 Korinthiërs 15:27 “Want Hy (God die Vader) het ALLES aan Sy (Yeshua die Seun) se voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat ALLES onderwerp is, is dit duidelik dat Hy (God die Vader) uitgesonder is wat alles aan Hom (Yeshua die Seun) onderwerp het. En wanneer ALLES aan Hom (Yeshua die Seun) onderwerp is sal die Seun self Hom onderwerp aan die EEN (God die Vader) wat alles aan Hom (Yeshua die Seun) onderwerp het, sodat God (die Vader) alles in almal kan wees.” (Lees ook Hebreërs 2:8).

En in Jona 3:10 sien ons dat God ‘n BARMHARTIGE REGTER is wat nie mense straf waneer ons ons bekeer van ons verkeerde weg nie. Die BELANGRIKE BOODSKAP is dus BEKERING (om ‘n verandering/ vernuwing van hart en gedagte te ondergaan en weg te draai van die sonde). Ons lees in Lukas 13:1-5 vertel mense aan Yeshua van twee gevalle waar mense gesterf het, in een geval het Pilates mense laat doodmaak en in ‘n ander geval het 18 mense gesterf toe die toring van Siloam op hulle geval het. En Yeshua bevestig dan dat hierdie mense nie groter sondaars was as die mense in Galilea of Jerusalem nie maar Hy waarsku “as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.” Yeshua ons Messias het in Sy bediening op aarde mense OPGEROEP tot BEKERING en die GLO van die EVANGELIE (die GOEIE NUUS van REDDING) en ook aan die twaalf appostels en dissipels opdrag gegee om dit te doen soos ons lees in Mattheus 4:17, 10:7 en Markus 1:15.

Ons weet dat Johannes die Doper ook BEKERING gepreek het soos wat AL die OU TESTAMENT PROFETE inderdaat ook gedoen het. Ons lees dan ook in 2 Kronieke 7:14 sê YHVH as: “…my volk, oor wie My Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig (My teenwoordigheid) soek en hulle BEKEER van hulle verkeerde weë, dan sal Èk uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.”

In Handelinge 3:19-23 & vers 26 verkondig Petrus ook hierdie BEKERINGSBOODSKAP deur te sê: “Kom dan tot INKEER (selfondersoek, insig in verkeerde gedrag) en BEKEER  julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking (hernuwing, herlewing) van die aangesig (die teenwoordigheid) van YHVH mag kom, en Hy (God die Vader) Hom mag stuur wat vooraf aan julle verkondig is, naamlik Yeshua die Messias, Hom wat die hemel moet ontvang (‘n verwysing na SY hemelvaart) tot op die tye van die wederoprigting (die nuut maak) van alle dinge, waarvan God (die Vader) van ouds af (lank gelede) gespreek het deur die mond van al die heilige profete. Want Moses het to die vaders gespreek: YHVH julle God sal vir julle ‘n (hoofletter) Profeet (met verwysing na Yeshua die Messias) verwek uit julle broeders (uit die stam van Juda) net soos ek is (Moses was uit die stam van Levi); na HOM mot julle LUISTER volgens ALLES wat Hy met julle spreek. En elke siel wat nie na die PROFEET (Yeshua die Messias) luister nie, sal uit die volk UITGEROEI wordGod (die Vader), het nadat Hy Sy Kind Yeshua opgewek het (in die wereld laat kom het), Hom eers vir julle gestuur om julle te seën deur elkeen van sy booshede te BEKEER”  Paulus preek ook BEKERING in Romeine 2:5-11 waarin hy aandui dat elkeen vergeld (betaal/ beloon, geoordeel) sal word volgens sy werke (dade, dit wat hy gedoen het).

Die DERDE SEISOEN FEESTE van ABBA VADER wat te make het met YESHUA ons MESSIAS se TWEEDE KOMS bevestig YESHUA se rol as DIE REGVERDIGE REGTER as die LEEU van JUDA. Julle sal onthou tydens die EERSTE FEES SEISOEN van ABBA VADER is Yeshua ons Messias gestuur as DIE LAM van die VADER wat die wêreld se sondes namens ons kom dra het, maar met SY TWEEDE KOMS kom HY as AANVOERDER van ABBA VADER se WEERMAG, dus kom Hy as YHVH TZEVAOT, om SY VYANDE te VERSLAAN.

In Mattheus 3:12 verduidelik Johannes die Doper dit soos volg: “Sy (Yeshua die Messias) se skop (graaf) is in Sy hand, en Hy sal Sy dorsvloer (die vloer waarop graan uitgetrap word) deur en deur skoonmaak en SY KORING in die skuur saambring, maar die KAF sal Hy met onuitblusbare VUUR verbrand.” En Paulus verwys in 2 Timotheus 4:1 soos volg daarna: “…God (die Vader) en die Meester Yeshua die Messias, wat die lewende en die dooies sal OORDEEL by SY VERSKYNING (WEDERKOMS) en SY KONINGKRYK.”

Hierdie proses sal dus soos volg verloop:

Dit sal begin met die FEES van TROMPETTE, die VYFDE FEES van Abba Vader waarvan ons lees in Levitikus 23:24-25 gevolg deur DIE VERSOENDAG, die SESDE FEES van Abba Vader waarvan ons lees in Levitikus 23:27-32.

Dit is ‘n skadubeeld van Yeshua ons Messias se TWEEDE KOMS, DIE EERSTE OPSTANDING van GELOWIGES en die OORDEELSDAG.

Ons lees ook daarvan in Psalm 96 getiteld: DIE REGTER KOM! En in vers 12-13 spesifiek: “Laat die veld juig en al wat daarin is; dan sal die bome van die bos jubel voor die aangesig van YHVH; want HY KOM, want Hy kom om die AARDE TE OORDEEL; Hy sal die wêreld oordeel in GEREGTIGHEID (bilikheid, regverdigheid) en die volke in Sy trou (soos Hy beloof het). Psalm 97 vertel YHVH REGEER, berge sal voor Hom wegsmelt, die hemele sal Sy GEREGTIGHEID verkondig en AL die volke sal SY HEERLIKHEID sien. Almal wat afgode gedien het sal beskaamd staan en alle kleinletter gode sal voor Hom neerbuig. Sion en Jerusalem sal juig. En ons lees in vers 10-12o LIEFHEBBERS van YHVH, haat die kwaad! Hy bewaar die siele van Sy gunsgenote (die wat getrou aan Hom is en vir wie Hy genade het), Hy RED hulle uit die hand van die goddelose. Die LIG is vir die REGVERDIGE GESAAI en VROLIKHEID vir die OPREGTES van HART. O REGVERDIGES, wees bly in YHVH, en loof Sy heilige gedenknaam (YHVH)!

Psalm 98 gaan oor DIE VERLOSSER VAN ISRAEL en REGTER VAN DIE WÊRELD. En ons lees hierin YHVH het SY REDDING bekend gemaak, SY GEREGTIGHEID voor die oë van die nasies geopenbaar. Hy het GEDINK aan SY GOEDERTIERENHEID (genade, barmhartigheid en geduld) en SY TROU (getrouheid) aan die HUIS van ISRAEL; al die eindes van die aarde (alle mense) het die REDDING van ons GOD gesien. En dan word alles opgeroep om vir Hom, die KONING om te sing met harpe, trompette en basuine (shofar/ ramshoring), die see bruis in sy volheid, die wêreld en die wat daarin woon, die riviere klap hande en die berge jubel voor die aangesig (in die teenwoordigheid) van YHVH, “want Hy kom om die aarde te OORDEEL; Hy sal die wêreld rig (oordeel) in GEREGTIGHEID en die volke met REG (regverdigheid en billikheid).”

En in Psalm 145:17-20 sing David: “YHVH is REGVERDIG in AL SY WEË en GOEDGUNSTIG (welwillend) in al Sy werke (in alles wat Hy doen). YHVH is naby almal wat Hom AANROEP in WAARHEID. Hy vervul die wens van die wat Hom vrees en Hy hoor hulle hulpgeroep en VERLOS hulle. YHVH BEWAAR almal wat HOM LIEFHET (onthou dat Hy LIEFDE en GEHOORSAAMHEID gelykstel, m.a.w as ons aan HOM GEHOORSAAM is, ervaar HY dat ons HOM LIEF het, lees Johannes 14:21, 15:10 en 1 Johannes 5:3), maar Hy VERDELG (vernietig) al die goddelose.

Jesaja skryf oor die VOORSPOEDIGE REGERING VAN DIE MESSIAS tydens die DUISEND JAAR VREDESRYK in Jesaja 11 en sê in vers 3b-5: “…Hy sal nie REGSPREEK na wat Sy oë sien nie, en nie OORDEEL na wat SY ore hoor nie; maar aan die ARMES (die wat hulle afhanklikheid van Hom besef) sal Hy in GEREGTIGHEID REG DOEN en die sagmoediges van die land (die nederiges, die wat hulle krag beheer, die met selfbeheersing, ‘n vrug van die Heilige Gees volgens Galsiërs 5:22) met BILLIKHEID OORDEEL; maar Hy sal die AARDE SLAAN met die ROEDE (die swaard/Woord) van SY MOND en met die ASEM van SY LIPPE die goddelose doodmaak (Lees ook Openbaring 19:11-21).”

In Daniël 12:1 lees ons van die VERDRUKKING maar in dié tyd sal die volk GERED word, ELKEEN WAT IN DIE BOEK VAN DIE LEWE opgeskryf staan. En ons lees in vers 2: “En baie wat in die stof van die aarde slaap, sal ONTWAAK, sommige tot die EWIGE LEWE (lees ook Jesaja 26:19, dit is die EERSTE OPSTANDING waarvan ons lees in Openbaring 20:4-6) en sommige tot groot smaadheid (skande en belediging), vir EWIG AFGRYSLIK (dit is die TWEEDE OPSTANDING en gevolglike TWEEDE DOOD waarvan ons lees in Openbaring 20:12-15).

Messias Yeshua vertel ook aan ons in Mattheus 16:27 “…die Seun van die mens staan GEREED om met Sy engele in die HEERLIKHEID van SY VADER te kom, en dan sal Hy elkeen vergeld (beloon, oordeel) volgens sy dade.

En in Johannes 5:25 & 28-29 sê Yeshua “…daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die dooies die STEM van die SEUN van GOD (die Vader) sal hoor; en die wat dit gehoor het, sal LEWE (dit is die persoon wat wedergebore word met die Heilige Gees in hulle, lees ook Paulus se verduideliking daarvan in Efesiërs 5:1-21)…Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die GRAFTE is, SY STEM sal hoor en sal uitgaan (opstaan uit die dood), die wat GOED GEDOEN het, tot die OPSTANDING van die LEWE (dit is die EERSTE OPSTANDING), en die wat kwaad gedoen het, tot die OPSTANDING van die VEROORDELING (dit is die TWEEDE OPSTANDING). So dan verstaan ons nou waarom Paulus in Romeine 8:1 sê “Daar is dan GEEN VEROORDELING vir die wat in MESSIAS YESHUA is nie, vir die wat nie na die VLEES wandel nie (nie volgens hulle sondige natuur lewe nie) maar na die Gees (dus gelei word deur God se Heilige Gees want hulle sal deel vorm van die EERSTE OPSTANDING!)

In Handelinge 24:14-15 stel Paulus sy saak voor goewerneur Felix en sê: “Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die WEG wat hulle (‘n ) sekte  noem (‘n klein groep wat losgemaak het of afgesplit het van ‘ n groter geloofsgroep), so die God van my vaders dien, terwyl ek ALLES GLO wat in die WET (dus die Torah, Genesis tot Deuternomium, opgesom in die Tien Gebooie) en in die PROFETE geskrywe is, en ‘n HOOP op GOD het, ‘n HOOP wat hulle (die Fariseërs wat hom aangekla het) self ook verwag, dat daar ‘n OPSTANDING sal wees van die dooies, REGVERDIGES (dit is die EERSTE OPSTANDING) en ONREGVERDIGES (dit is die TWEEDE OPSTANDING). Daarom oefen ek my om altyd voor God en die mense ‘n rein (siuiwer, onbevlekte, onbesmette) gewete te hê.”

In 1 Korinthiërs 15:21-23 verduidelik Paulus dit so: “Want aangesien die DOOD deur ‘n mens is; is die OPSTANDING van die dooies ook deur ‘n mens. Want soos ALMAL in Adam sterwe, so sal ook ALMAL in Messias LEWEND gemaak word; maar elkeen in sy orde: As EERSTELING Messias; daarna die wat aan Hom BEHOORT by Sy KOMS.

Ons lees ook in Hebreërs 9:27-28 “En net soos die mense bestem is om EEN MAAL te STERWE en daarna die OORDEEL, so sal die MESSIAS ook, nadat Hy EEN MAAL geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die TWEEDE MAAL sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid (om deel te hê aan die ewige redding en heerlikheid).”

En Jakobus 4:12 sê: “Een is die (hoofletter) WETGEWER (die EEN wat die Torah, Genesis tot Deuternomium opgesom in die Tien Gebooie, gegee het en net Hy kan as REGTER oor ons optree) Hy wat mag het om te RED en te VERDERF (te vernietig).”

En in die laaste Boek en laaste hoofstuk van die Woord, Openbaring 22:12 sê Yeshua die Messias: “En kyk, Ek kom gou, en My loon is by My, om ELKEEN te vergeld (te beloon, te oordeel, aan elkeen te gee) soos sy werk sal wees (volgens sy dade, dit wat hy gedoen het).”

So met die TWEEDE KOMS van Yeshua ons Messias, vertel die WOORD aan ons sal die EERSTE ding wees wat gebeur:

1. DIE EERSTE OPSTANDING VAN GELOWIGES

Ons moet vinnig net eers weer verstaan dat alle gelowiges in Yeshua ons Messias deel word van GOD se ISRAEL. Paulus verduidelik dit vir ons in twee skrifgedeeltes naamlik Romeine 11:17 asook Galasiërs 6:14-16.

Ons lees in Esegiel 37 van ISRAEL (die Suidryk, Juda en Benjamin bekend as die Jode vandag en die Noordryk, die Tien Stamme onder Efraim en almal wat inent op die Boom van Israel) wat herstel word. Esegiël kry opdrag om oor die dor (uitgedroogte, dooie) bene lewe te spreek. En ons lees in vers 13-14 En julle sal weet dat Ek YHVH is as Ek julle grafte oopmaak en jule uit die grafte laat opkom, o My volk! En Ek sal My GEES in julle gee, dat julle LEWENDIG kan word; en Ek sal julle vestig in julle land; en julle sal weet dat Ek, YHVH, dit gespreek en gedoen het, spreek YHVH.”

In Mattheus 24:29-31 verduidelik Yeshua ons Messias dit soos volg: “En dadelik ná die VERDRUKKING van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word. En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal die STAMME (die nasies) van die aarde rou bedryf (bedroef wees, groot smart ervaar, ontsteld wees) en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met GROOT KRAG en HEERLIKHEID. (Lees ook Openbaring 1:7, Sagaria 12:10 en Johannes 19:37). En Hy sal Sy engele uitstuur met TROMPETGELUID (die shofar in Hebreeus), en hulle sal Sy UITVERKORENES (die mense wat GEKIES het om in Hom te GLO en Hom te GEHOORSAAM) versamel uit die vier windstreke (windrigtings), van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.“

In 1 Korinthiërs 15:21-23 verduidelik Paulus dit so: “Want aangesien die DOOD deur ‘n mens is; is die OPSTANDING van die dooies ook deur ‘n mens. Want soos ALMAL in Adam sterwe, so sal ook ALMAL in Messias LEWEND gemaak word; maar elkeen in sy orde: As EERSTELING Messias; daarna die wat aan Hom BEHOORT by Sy KOMS. En in 1 Korinthiërs 15:51-54 sê hy: “Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap (sterf) nie, maar ons sal almal VERANDER word, in ‘n OOMBLIK, in ‘n OOGWINK, by die LAASTE BASUIN (die laaste trompet, die shofar in Hebreeus); want die BASUIN (die shofar) sal weerklink, en die (wat reeds) dood (is) sal onverganklik opgewek word; en ons (die wat nog lewe op daardie stadium) sal VERANDER word. Want hierdie verganklike (liggaam) moet met ONVERGANKLIKHEID  beklee word, en hierdie STERFLIKE (liggaam) moet met ONSTERFLIKHEID beklee word (in verheerlikte liggame omskep word wat onsterflik is en wanneer dit gebeur), …dan sal vervul word die WOORD wat geskryf is (in Jesaja 25:8): Die DOOD is VERSLIND (vernietig) in die OORWINNING.” Lees ook Openbaring 11:12.

En in 1 Thessalonisense 4:13-18 sê Paulus: “Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes (die wat reeds gesterf het) nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen HOOP het nie. Want as ons GLO dat YESHUA gesterf en OPGESTAAN het, dan sal God (die Vader) ook so die wat in Yeshua ontslaap (gesterf) het, saam met Hom bring. Want dit sê ons vir julle deur die WOORD van die Meester (Yeshua), dat ons wat in die lewe oorbly tot by die WEDERKOMS van Meester (Yeshua), die ontslapenes (die wat reeds gesterf het) hoegenaamd nie sal vóór wees nie. Want die Meester (Yeshua) self sal van die hemel neerdaal met ‘n GEROEP, met die STEM van ‘n AARTSENGEL (’n engel met ‘n hoë rang) en met die geklank van die BASUIN (die TROMPET, die SHOFAR) van GOD (die Vader); en die wat in Messias gesterf het, sal EERSTE OPSTAAN (hulle sal dus deel wees van die EERSTE OPSTANDING). Daarna sal ons wat in die lewe oorbly (wat nog lewe), saam met hulle in die wolke weggevoer word die Messias tegemoet in die lug; en so sal ons ALTYD by die Messias wees. Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.”

In Johannes 3:36 verduidelik Yeshua “Hy wat in die Seun GLO, het die EWIGE LEWE; maar hy wat die Seun ONGEHOORSAAM is, sal die LEWE nie sien nie, maar die toorn (die woede) van God (die Vader) bly op hom.” In Johannes 6:54 sê Hy: “Hy wat My vlees eet en My bloed drink (dus Sy dood aan die kruis as volle betaling vir ons sondes aanvaar), het die EWIGE LEWE, en Ek sal hom opwek in die LAASTE DAG” En in Johannes 11:23-26 sê Yeshua vir Martha: “Jou broer (Lasarus) sal opstaan. En Martha antwoord Hom: Ek weet dat hy sal opstaan in die OPSTANDING in die LAASTE DAG. Yeshua sê vir haar: EK IS DIE OPSTANDING en DIE LEWE; wie in MY GLO, sal nooit sterf in ewigheid nie.”

He-Brews-Coffee-Roastery-Logo

Stay In Touch