Skip to content

DIE WAARHEID oor die KRUISIGING en die SIMBOOL van die KRUIS, Deel 23: Koning Manasse – geen sonde is te groot vir Abba Vader om te VERGEWE nie

10 September 2025

Ons gesels verder oor die TWYFEL wat onder gelowiges ontstaan het gedurende die laaste aantal jare oor die metode van KRUISIGING van YESHUA ons MESSIAS asook die SIMBOOL van die KRUIS.

Voor ons begin is dit dalk net weer nodig om die volgende te noem. Daar word in hierdie boodskap hoofsaaklik gebruik gemaak van die 1933 vertaling in Afrikaans asook van die HEBREEUSE NAAM van God die Vader soos aangedui in die oorspronklike vertalings as YHVH waar die woord HERE in ons AFRIKAANSE BYBEL VERTALINGS voorkom. Die UITSPRAAK van die NAAM van GOD het verlore gegaan oor tyd as gevolg van ‘n VREES by die stam van JUDAH en die kleiner stam van BENJAMIN bekend as die SUIDRYK, algemeen vandag bekend as die JODE vir die OORTREDING van die DERDE GEBOD. Dus het hulle die klinkers in die NAAM van God weggelaat en vandag is daar ‘n geweldige gestryery oor die uitspraak en daarom hou ons in ons boodskappe by die letters YHVH. Ons verwys ook na Hom as Abba Vader en die Hebreeuse vertaling Yeshua die Messias word gebruik, in plaas van die Afrikaanse Bybel vertalings van Sy Naam, Jesus Christus wat uit die Grieks vertaal is.

Ons gesels verder oor die konings van die SUIDRYK (Judah en Benjamin vandag bekend as die Jode) vanaf die jaar 924 tot 597 voor die geboorte van Yeshua die Messias. En ons gesels vandag oor die 14de koning van die Suidryk, Manasse, Hiskia se seun, van wie ons lees in 2 Konings 21:1-18 en 2 Kronieke 33:1-20. Manasse word beskou as die SLEGSTE KONING van die Suidryk.

Manasse was 12 jaar oud toe hy koning geword het en hy het 55 jaar in Jerusalem regeer. Die naam van sy ma was Hefsiba. En hy het gedoen wat VERKEERD was in die oë van YHVH, volgens die GRUWELS (afskuwelike dade) van die nasies wat YHVH voor die kinders van ISRAEL uitgedrywe het. Ons lees van hierdie nasies in Eksodus 23:21-24 as die nasate van Kanaän, die vervloekte seun van Gam wat afgodsaanbidders was en gewoon het vanaf Gera tot by Gasa in die rigting van Sodom en Gomorra en Adma en Seboim tot by Lesa (Lees Genesis 9:22, 25 en  10:15-20).

Die gruwels wat Manasse gedoen het, het die volgende ingesluit:

  • Hy het die hoogtes (die plekke van afgodsaanbidding) weer HERBOU wat sy pa Hiskia afgebreek het;
  • Altare (dit is oor die algemeen ‘n plek waarop bloed offers gebring moes word vir die Skepper God YHVH om ‘n weg terug te maak van die sonde na Hom, ‘n heilige God, voor die kruisiging van Yeshua ons Messias as die finale en volmaakte offer vir ons sondes, maar altare is ook vir afgodsaanbidding gebruik, soos wat ons hier sien, Manasse altare) opgerig het vir die Baäls (Baäl was die hoof afgod van die Kanaäniete en word in verband gebring met sonaanbidding);
  • Heilige boomstamme is gemaak (dit is was bekend as Asjera pale wat gebruik is vir die aanbidding van Asjera die Kanaänietiese vrugbaarheidsgodin wat geasosieer is met Baäl);
  •  En Manasse het hom neergebuig voor die HELE leër (weermag) van die hemel, soos Agab die koning van ISRAEL (die Tien Stamme onder Efraim, bekend as die Noordryk), gedoen het en hulle gedien;

Ons lees reeds van die verwysing na hierdie HEMELSE LEËRMAG in Genesis, net na die skepping voltooi is en gesê word in Genesis 2:1 “So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse LEËRMAG. David verwys ook daarna in Psalm 33:6 en Job in Job 9:9 & 38:31-32 en Jesaja in Jesaja 45:12). En in Psalm 148:3 sien ons die son, maan en sterre loof YHVH. En in Deuternomium 4 waarsku Moses die volk ISRAEL (al twaalf stamme sowel as ‘n menigte mense van ander nasies wat saam met hulle getrek het volgens Eksodus 12:37-38), om die GEBOOIE van GOD te onderhou, SY VERBOND wat Hy hulle beveel het om te DOEN, DIE TIEN WOORDE, en dit op TWEE KLIPTAFELS geskerywe het (volgens Deuternomium 4:13). En dan lees ons in Deuternomium 4:19 dat hulle nie hulle oë na die hemel mag opslaan, en as hulle die son sien en die maan en die sterre, die HELE leër van die hemel, hulle nie sal laat VERLEI en voor hulle neerbuig en hulle dien nie. (Lees ook Deuternomium 17:3).

Die son, maan en sterre mag wel deur die mens gebruik word as TEKENS vir VASTE TYE (sommige Bybel weergawes sê seisoene, en die Hebreeus verwys na MOEDIM wat vertaal word as afsprake/ afspraak tye en verbind word aan YHVH se tye vir Sy SEWE FEESTE waarvan ons lees in Levitikus 23 en wat Sy REDDINGSPLAN deur Yeshua die Seun uitbeeld) asook vir DAE en JARE (m.a.w die bepaling van ‘n kalender.) Lees Genesis 1:14 en Lukas 21:25-26.

Die Bybel in Praktyk verduidelik: God het Hom aan die ISRAELIETE en die nasies wat GEKIES het om saam met hulle YHVH die God van ISRAEL te aanbid en dus saam met hulle deur die woestyn getrek het, geopenbaar, en daarom het Hy van hulle verwag om onderskeid te kon tref tussen die ware aanbidding van Hom alleen en afgodsaanbidding wat onder die nasies plaasgevind het wat Hom nie geken het nie. Ons moet onthou dat afgodsaanbidding nie net te make het met mense wat lewelose beelde van yster, klei of hout aanbid nie. Dit was net beelde wat gebruik was as tasbare simbole van wat deur hierdie afgode voorgestel is soos prostitusie (hoerering, die gees van wellus en seksuele gemeenskap buite die huwelik en sefs bissare seksuele gmeenskap met diere ensomeer). Dan was daar afgode wat met die dood en moord te doen gehad het asook wreedheid en selfgesentreerdheid. Alles dinge wat God VERBIED het omdat Hy die verwoestende gevolge daarvan geken het en Sy volk waarmee Hy in VERBOND getree het, daarteen wou beskerm.

Ons weet vanuit Handelinge 7:43 dat een van die stergode van die nasies wat Israel in die woestyn verlei is om te aanbid, was Remfan. Ons lees ook in Amos 5:26 van Sakkut en Kewan, julle beelde van julle stergod wat julle gemaak het. Dit wil voorkom asof dit name vir dieselfde afgod was en volgens die Nelson’s Foundaional Bible Dictionary die Babiloniese naam was vir die planeet Saturnus.

In Job 38:7 sien ons dat daar persoonlike eienskappe aan die STERRE gekoppel word wanneer ons lees met die Skepping van die wêreld “het die môresterre saam GEJUBEL (uitbindig gejuig van vreugde). Hierdie is waarskynlik ‘n verwysing na engele met hoë range en posisies van outoriteit want aan beide Lucifer, (dit is Satan voor sy val, lees Jesaja 14:12) en ook aan Yeshua wat in die Ou Testament bekend staan as die hoofletter ENGEL van YHVH, word die titel van MÔRESTER gegee – lees  Openbaring 22:16). Ons sien dit ook in die profesie van Yeshua se menswording in Numeri 24:17 waarin ons lees: “…’n ster kom te vooskyn uit Jakob…” lees ook Mattheus 2:2 waar die wyse manne uit die Ooste die Koning van die Jode (die stam van Juda en Benjamin) soek omdat hulle Sy ster gesien het.  Nog ‘n aanduiding is Openbaring 1:20 waarin Yeshua in Sy verheerlikte vorm aan Johannes sê: dat die sewe sterre in Sy regerhand die engele van die sewe gemeentes is. En in Openbaring 9:1 waarin ons lees: die vyfde engel die trompet blaas en ‘n ster uit die hemel op die aarde val en aan hom die sleutel gegee word van die put van die afgrond waaruit die springkane losgelaat word wat die mense pynig.

En ons lees dan ook in Psalm 147:4 dat YHVH die getal van die sterre bepaal en aan elke ster ‘n naam gee. (Lees ook Jeremia 33:22 en Judas 1:14). Nog ‘n voorbeeld is Rigters 5:20 waarin Debora, na hulle oorwinning oor Jabin, ‘n Kanaänietiese koning, ‘n lofsang sing en sê “Uit die hemel het die sterre geveg, uit hulle bane het hulle teen Sisera (dit was koning Jabin se leëraanvoerder) geveg” En dan natuurlik ook Openbaring 12:4-9 en Daniel 8:10.  Dus kan die aanbidding van sterre waarteen ons gewaarsku word ook verband hou met die aanbidding van engele.

Ons sien ook telkens voorbeelde in die Woord waar engele vir ‘n spesifieke doel aan mense verskyn, gewoonlik om ‘n boodskap aan hulle te gee, end at die mense weens die engele se voorkoms, groot skrik en ‘n geneigdheid toon om voor hulle te wil buig en hulle te aanbid, maar die engele hulle dan dadelik waarsku om hulle nie te aanbid nie – lees byvoorbeeld van Daniël se ervaring in Daniël hoofstuk 10 en Johannes se ervaring in Openbaring 22:8-9. Lees ook Kolossense 2:18.

Ons weet in die dae waarin ons leef is daar nog steeds vorms van engel aanbidding bekend as die okkulte, Satanisme en New Age praktyke, wat met die aanbidding van gevalle engele te make het, wat anders as die engele wat aan YHVH gehoorsaam gebly het, aanbidding begeer en aanmoedig  (Satan het selfs vir Yeshua, wat dien as ons voorbeeld in Sy mens vorm op aarde, versoek om hom te aanbid, lees Mattheus 4:8-9 en ons sien dan ook Yeshua se reaksie as voorbeeld vir ons om dit te hanteer met die Swaard van die Woord in vers 10) want die aanbidding van Satan en sy bose magte lei tot die vernietiging van mense se lewens op aarde want ons weet vanuit Johannes 8:44, hy is ‘n leuenaar en daar is GEEN waarheid in hom nie, hy vertel dus leuens vir al sy volgellinge en vang hulle met mooi, leë beloftes in sy web tot dieselfde uitende as wat die Satan en die gevalle engele, die mense wat hulle dien sal toeval – die ewigheid in die poel van vuur en swael (lees ook Jesaja 24:19-22 & 34:4, Jeremia 8:2, Mattheus 25:41 en Openbaring 20:10-14). En dit is interessant dat die mense wat KIES om Satan en sy bose magte te volg deur Judas beskryf word in Judas 1:13 as: dwaalsterre (dit is sterre, hier beskryf as mense, wat nie in hulle bane gebly het nie, dalk kan ons sê, soos die gevalle engele/ sterre nie aan God gehoorsaam wou wees met betrekking tot die doel en rede waarvoor Hy hulle geskep het nie, en die Satan en sy leuens verkies het), vir wie die donkerheid van die dusiternis vir ewig bewaar word.”

En ons lees ook iets skrikwekkends in Handelinge 7 as deel van Stefanus se GETUIENIS kort voordat hy met klippe doodgegooi is en Yeshua ons Messias sy gees in die hemel ontvang het, naamlik dat God Hom, na die goue kalf aanbidding van die volk afgewend het (weggedraai het) en hulle oorgegee het om die leër van die hemel te dien. Lees ook Psalm 81:12-13 waarin ons sien dat dit die gevolg is van ‘n verharde hart wat sy of haar eie planne wil volg en nie na YHVH se stem wil luister en Hom nie wil gehoorsaam nie. Ons kan dus hieruit aflei dat Hy dan bloot an ons GEE wat ons self GEKIES het.

Die GOEIE NUUS is egter Yeshua ons Messias het reeds vir ALLE mense die vol prys vir die sonde en die dood kom betaal en daarom kan ALLE mense solank hulle ‘n VANDAG het, Hom as VERLOSSER KIES en volkome VRYKOM, oorvloedig lewe op hierdie aarde asook ewig lewe (Johannes 10:10b en Openbaring 20:4-6). Die KEUSE van die PAD van YHVH, is dus binne die bereik van ELKE MENS.

Terloops sommige mense dink hulle aanbid niks en glo as hulle dood is, is hulle dood. Die wet van energie bevestig egter nie hierdie leuen nie – energie wat ontstaan, kan nie ophou bestaan nie, dit kan slegs van vorm verander en elke mense bestaan uit ENERGIE want energie is die boublokkies van alle lewende materie! Die Woord vertel aan ons dat YHVH ons GOD die SKEPPER is van ALLE dinge, en dus ook ELKE MENS, daarom het ELKE MENS ‘n SIEL en GEES wat onsterflik is. Ons KEUSES bepaal egter die PLEK waar ons, ons EWIGHEID sal spandeer. Want ons weet verseker ELKE MENS, ongeag van wat ons glo of nie glo nie, eendag uit die EERSTE DOOD, wat ALLE MENSE STERF, sal opstaan en voor die SKEPPER STAAN, hierdie keer as DIE REGTER in die hemelse hofsaal vol GETUIES, en die wie die VERLOSSER Yeshua die Messias aanvaar en gevolg (gehoorsaam) het, sal Hom as ADVOKAAT hê, in hierdie saak waar selfs die hemel en die aarde teen ons sal getuig, omdat hulle name as SY VOLGELINGE in die BOEK van die LEWE van die LAM geskryf staan. Maar die wat Hom nie gekies het nie, maar wel die kans gehad het om Hom te KIES, maar verkies het om aan “niks” te glo nie, of die bose te aanbid, sal ALLEEN moet staan in hulle hofsaak en die poel van vuur en swael ingaan omdat hulle dit GEKIES het. Ons kan egter almal weet, die OORDEEL sal REGVERDIG wees, want ABBA VADER ken ELKE mens, sy of haar omstandighede en die KEUSES wat ons maak. (Lees Mattheus 25, Romeine 2:1-11 en Openbaring 20:13)

‘n Duidelike beskrywing van hierdie REGVERDIGE oordeel van GOD is Paulus se woorde in Romeine 2:6-15 waarin ons lees dat God die verborge dinge van die mense deur Yeshua die Messias sal OORDEEL volgens elkeen se dade want daar is by God geen aanneming van die persoon nie, en ons sien dat Paulus dan as MAATSTAF vir die OORDEEL die WET (die TORAH, Genesis to Deuternomium opgesom in die Tien Gebooie) VAN GOD verduidelik, naamlik:

  1. Almal wat sonder die WET (die TORAH, Genesis to Deuternomium opgesom in die Tien Gebooie) gesondig het (dus mense wat nie die Woord of vir God ken nie en van nature teen die wet opgetree het sonder dat hulle enige kennis van die wet gehad het, en van nature WETTELOOS of SONDIG optree) sal sonder die WET verlore gaan; en
  2. Almal wat onder die WET (die TORAH, Genesis to Deuternomium opgesom in die Tien Gebooie) gesondig het (dus gelowiges wat kennis van die wet gehad het en God gedien het, maar Hom nie gehoorsaam het nie) sal deur die WET geoordeel word; en hier is die belangrike onderskeiding dan of die mense net die WET GEHOOR het, maar NIE GEDOEN HET NIE (en dus steeds WETTELOOS opgetree het, dus ongehoorsaam aan God gelewe het) en die mense wat die WET GEDOEN HET, dus GEHOORSAAM WAS aan YHVH; en
  3. Mense wat ongelowige is en nie kennis dra van God se WET (die TORAH, Genesis to Deuternomium opgesom in die Tine Gebooie) nie, maar van nature dit DOEN wat in die WET STAAN, vir hulself ‘n WET is, omdat hulle toon dat die WERK VAN DIE WET in hulle harte opgeskryf staan, terwyl hulle gewete saam getuienis gee en hulle gedagtes hulle beskuldig of verontskuldig. (Hierdie mense dra dus nie kennis van God se wet nie, maar vanuit hulle aard aanbid hulle nie afgode nie, gebruik nie die Naam van YHVH ydelik nie, respekteer die Sabbat/ rusdag, eer hulle ouers en ander gesagsfigure, pleeg nie moord met die hande of tong nie, pleeg nie egbreek nie, steel nie, gee nie vals getuienis teen ander mense nie en begeer nie dit wat aan ander mense behoort nie).

Maar kom ons gesels verder oor koning Manasse, ons lees in 2 Konings 21:4-5 en 2 Kronieke 33:4-5

  • Hy het ook ALTARE gebou in die huis (tempel) van YHVH, waarvan YHVH gesê het: In Jerusalem sal My Naam vir ewig wees. En hy het ALTARE gebou vir die HELE leër van die hemel in ALTWEE die VOORHOWE van die huis (tempel) van YHVH (moontlik ‘n verwysing na die voorhof waar die mense kon ingaan waar die brandofferaltaar en die brons wasbak gestaan het, en die Heilige Gedeelte waar die priesters en Leviete kon ingaan waar die tafel van toonbrode, die menorah/ goue lampstaander en die wierook altaar was).

Die Bybel in Pratyk verudidelik: Manasse was onderhorig (ondergeskik) aan Assirië soos wat die profeet Jesaja vir Hiskia gewaarsku het in sy seuns se tyd sou gebeur omdat Hiskia al sy rykdom aan die gesante van Babel gewys het (dus gespog het), lees 2 Konings 20:12-19. Manasse moes dus gereeld belasting betaal en ook arbeid en troepe aan hulle verskaf. En ons sien dan Manasse maak die hervormings van sy pa Hiskia ongedaan en hy stel die Kanaänietiese godsdiens weer in. Die Assiriërs het die son, maan en sterre aanbid en ook die natuur verafgod.

Dit wil dus voorkom asof koning Manasse probeer het om die Assiriërs tevrede te stel deur hulle afgode te aanbid  EN vir YHVH te dien, dus het hy probeer doen wat die EEN WÊRELD ORDE vandag ook probeer doen, om ‘n EEN WÊRELD GODSDIENS te skep deur die samevoeging van meer as een GELOOF. En dit terwyl Gebod 1-2 ons duideleik beveel dat ons YHVH ALLEEN moet dien, dus oortree Manasse hiermee YHVH se eerste twee GEBOOIE en onteer hy as te ware ook so YHVH se Naam, dus kan ons dalk sê, hy oortree Gebod 1-3 wat ons inlig HOE ons YHVH ons God BO ALLES moet liefhê.

Die vraag is: Maak ons, ons nie dalk ook vandag hieraan skuldig nie? Alles wat ons TYD opneem en wat ons dus MEER LIEFHET as YHVH ons God kan kwalifiseer as moontlike afgodsaanbidding.

En in Efesiërs 5:5 sowel as Kolossense 3:5 identifiseer Paulus HOERERING (ongeoorloofde geslagsgemeenskap, egbreek, ontrouheid), ONREINHEID (sedelike vuilheid, onkuisheid, strydig met goeie sedes van reinheid), HARTSTOG (drif, hewig begeerte of drang, wellus), SLEGTE BEGEERTES en GIERIGHEID (oormatige begeerte na besittings, hebsug, inhaligheid) as afgodediens. Alhoewel daar gewoonlik slegs op GIERIGHEID gekonsentreer word as afgodsdiens, het al hierdie dinge waarskynlik te make met afgodsdiens omdat al hierdie dinge deel gevorm het van die aanbidding van afgode. Paulus haal hierdie selfde dinge ook aan in sy waarskuwing in 1 Korinthiërs 10:6-8 en in vers 14 gee hy opdrag om te VLUG vir die afgodsdiens (Lees ook Romeine 1:18-32 en Galasiërs 5:19-21).

Ons ken ook Yeshua ons Messias se woorde in Mattheus 6:24 “Niemand kan twee meesters dien nie; want óf hy sal die een haat en die ander liefhê, óf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!

Die Nelson’s Foundational Bible Dictionary verduidelik “Mammon” is ‘n Aramese woord wat beteken materiële besittings of rykdom. Die spesifieke konotasie hier is rykdom in opposisie met God. Die feit is dat rykdom die geneigdheid het om God se plek in ons lewens in te neem selfs al is dit nie ons bedoeling nie. Ons moet as gelowiges leer dat rykdom nie aan ons sekuriteit of redding kan gee nie. Die strewe na rykdom word die mens se eerste liefde en, kansaleer outomaties die strewe na God as jou eerste liefde uit.

So as ons dink aan die tyd waarin ons lewe, hoeveel van ons maak ons skuldig aan seksuele ontrouheid (geidentifiseer in die Woord as hoerering), onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid? En as die WOORD dit as AFGODSDIENS beskou, hoeveel van ons wat onsself gelowiges noem, maak ons, net soos koning Manasse skuldig aan afgodsdiens?

  • Verder lees ons in 2 Konings 21:6 offer Manasse sy eie seuns in die Hinnom dal (waardeer die Kidronspruit geloop het, die Hinnom dal is ook genoem GEHENNA en is geasosieer met ‘n plek van straf en pyniging en in sommige vertalings as hel vertaal). Dus kan ons aflei dat hy die afgod Moleg aanbid het (Moleg, ook genoem Milkom, was ‘n afgod van die Amoriete wat deel was van die Kaänaniete en hy is aanbid deur middel van mensoffers). Ons lees in Levitikus 18:21 sê YHVH spesifiek dat jy nie jou kinders mag gee om vir Molog deur die vuur te laat gaan nie, sodat jy nie die Naam van YHVH jou God so ontheilig nie. God is die gewer van LEWE en ons kinders is ‘n seën van Hom en daarom maak dit sin dat God hierdie afgodspraktyk ten sterkse verbied het.

Baie mense reken dat ABORSIES moontlik steeds verband hou met offers wat aan die afgod Moleg gebring word want God VERBIED ons in Gebod 6 om moord te pleeg. Daar is dikwels kontroversie en verskille oor WANNEER ‘n fetus as ‘n mens beskryf kan word, maar ons weet vanuit die Woord dat YHVH elke mens vorm met ‘n spesifieke DOEL en PLAN van die begin van konsepsie (bevrugting) af. Ons lees die bewyse daarvan in Jeremia 1:5 en Psalm 139. Dus kan ons sê Manasse het ook willens en wetens YHVH se Gebod 6 oortree.

  • Ons lees verder in 2 Konings 21:6 Manasse het hom ook besig gehou met goëlery (oëverblindery, misleiding van mense met toorkuns) en verklaring van voortekens (voorspellings) en towery (bonatuurlike aksies) en dodebesweerders (die oproep en raadpleging van geeste) en waarseêrs (iemand wat die toekoms voorspel) aangestel. Hy het BAIE gedoen wat VERKEERD was in die oë van YHVH om Hom te terg (probeer kwaad maak).

Ons lees YHVH se opdrag dat hierdie dinge VERBODE is in Levitikus 19:26 & 31 en Deuternomium 18:10 waarvan Manasse duidelik bewus sou gewees het.

  • En in 2 Konings 21:7-8 lees ons Manasse het ook ‘n gesnede afgodsbeeld van Asjéra (ook genoem Astarte, lees 1 Sameul 31:10, ‘n Kanaänietiese afgod van vrughbaarheid wat gewoonlik geasosieer word met simbole van boomstamme./ pale) wat hy gemaak het, in die huis (tempel) van YHVH opgestel waarvan God aan David en sy seun Salomo gesê het: In hierdie huis (tempel) en in Jerusalem wat Ek uit AL die STAMME van ISRAEL verkies het (dus Judah en die kliener stam van Bejamin, die Suidryk, vandag bekend as die Jode), sal Ek vir EWIG My Naam vestig. En Sy belofte aan ISRAEL was: “En Ek sal die voet van ISRAEL nie meer laat wyk van die grond wat Ek vir hulle vaders bestem het nie (die NLV sê: hulle nie in ballingskap laat ingaan nie wat beteken nie uit hulle land verban nie), as hulle net SORGVULDIG DOEN ALLES wat EK hulle beveel het volgens die HELE WET (TORAH – Genesis tot Deuternomium, opgesom in die Tien Gebooie) en die INSETTINGE (instellings, dit wat vasgestel is) en VERORDENINGE (voorskrifte en bevele) deur die diens van Moses.” (Lees 2 Konings 21:8 en 2 Kronieke 33:8).
  • En in Openbaring 9:12, 21:8 en 22:15 sien ons dat mense tot aan die einde van tyd sal sukkel om hulle te bekeer (hulle sondes/ wetteloosheid/ oortreding van YHVH se Gebooie, te bely en hulle daarvan weg te draai/ te teshuva) van afgodsaanbididng wat ons nou vandag geleer het uit die Woord hoerery, moord en leuens insluit en dus te make het met die oortreding van Gebod 6-8.
  • En Manasse het ook BAIE onskuldige BLOED VERGIET totdat hy Jerusalem daarmee gevul het (lees 2 Konings 21:16 en 2 Konings 24:4).

En ons lees dan hierdie hartseer woorde in 2 Konings 21:9 sowel as 2 Kronieke 33:9-10 “maar Manasse het Juda en die inwoners van Jerusalem (die Suidryk) VERLEI om meer kwaad te DOEN as die nasies wat YHVH voor die kinders van ISRAEL (al twaalf stamme) verdelg (uitgeroei, vernietig) het. En YHVH het met Manasse en met Sy volk gespreek, maar hulle het nie GELUISTER nie.”

Dit is ‘n GROOT AANKLAG – die volk van YHVH, hier spesifiek Juda en Benjamin (die Suidryk), wat nou meer sondig was as wat die nasies was. Waarskynlik omdat hulle GEWEET het hoe YHVH, die Magtige Skepper God van hemel en aarde en alles daarin, gedien wou word en GEHOORSAAMHEID aan Hom vereis het, wat beteken het om Hom LIEF te HÊ (lees ook Yeshua se verduideiking hiervan in Johannes 14:15), maar hulle het onder leiding van koning Manasse Hom met GEMENGDE GODDIENSPRAKTYKE GEDIEN – ons kan maar sê met die BOOM van GOED en KWAAD metode! En hulle het die GESKIEDENIS van die volk van YHVH baie goed geken en wat die GEVOLGE sou wees wanneer hulle YHVH, die ALMAGTIGE GOD van ISRAEL probeer dien het met AFGODSPRAKTYKE soos wat gebeur het met die ISRAELIETE en al die nasies wat saam met hulle uit EGIPTE getrek het (Eksodus 12:37-38) en hulle vir YHVH, die HEILIGE GOD  in die woestyn by die Berg Sinai met ‘n GOUE KALF probeer aanbid het sowel as met immorele (onsedelike) aanbiddingsrituele. (Lees Eksodus 32 en 1 Korinthiërs 10:1-8). En die uiteinde daarvan was dat 3000 manne daar op die plek DOOD is en YHVH hulle byna heeltemal VERLAAT het, was dit nie vir Moses se intrede namens hulle nie (lees Eksodus 32:30-35). Dan was daar ook die voorbeeld van koning Salomo se duisend vroue wie se agfode hy aanbid het en die gevolglike skeuring van die twaalf stamme van Israel in ‘n Suidryk en Noordryk. Manasse wat grootgeword het in die koningshuis van sy pa Hiskia, sou defnitief goed onderlê gewees het in die TORAH (Genesis tot Deuternomium opgesom in die Tien Gebooie) sowel as die GESKIEDENIS van ISRAEL en daarom sou hy homself nie kon verontskuldig nie, en word sy sonde in ‘n ernstiger lig beskou as die van die Amoriete wat nie vir YHVH geken het nie en nie geweet het hoe Hy aanbid wil word nie.

En dalk is ons vandag in nog GROTER moeilikhed as koning Manasse omdat ons in ‘n tyd leef waarin God die Vader aan ons Sy Heilige Gees, die Gees van die Waarheid gegee het om ons alles te leer wat Yeshua ons Messias gesê het en so Sy WET (Torah, riglyne vir ‘n veilige en gelukkige lewe), op ons harte geskryf het om Yeshua ons Messias in GEHOORSAAMHEID aan YHVH die Vader, te volg. (Lees Jeremia 31:31-33, Mattheus 5:17-48, Hebreers 8:10 & 10:16 en Johannes 14:26, 15:26 & 16:13).

Maar ten spyte van al koning Manasse se gruweldade en ONTROUHEID aan YHVH, het YHVH ons God steeds in Sy GENADE en LIEFDE, profete gestuur om met koning Manasses en die volk te praat en hulle te waarsky om terug te keer na Hom. Ons lees in 2 Konings 21:10-15 “Toe het YHVH deur die diens van Sy knegte, die profete, gespreek en gesê: Omdat Manasse, die koning van Juda (die Suidryk), hierdie GRUWELS GEDOEN het  – erger as ALLES wat die Amoriete gedoen het wat voor hom was (ons lees in Genesis 15:16 die Amoriete was buitengewoon sondig), en selfs Juda laat sondig het deur sy drekgode (valse gode) – daarom, so sê YHVH, die God van ISRAEL: Kyk, Ek sal ‘n onheil (ramp, groot ongeluk) oor Jerusalem en Juda (die Suidryk) bring, waarvan elkeen wat dit hoor se twee ore sal tuit. En Ek sal oor Jerusalem die meetsnoer (‘n lyn om grond af te meet) van Samaria (die hoofstad van die Noordryk) span en die skietlood (‘n tou waaraan ‘n stukkie lood hang wat rigting aandui) van die huis van Agab (die NLV sê: die maatstaf waarmee Agab se familie geoordeel is – en ons weet Agab, koning van die Noordryk het ook groot gruwels gedoen en sy hele familie is uitgewis weens sy sondes) en Jerusalem wegvee soos ‘n mens ‘n skottel uitvee: hy vee dit uit en keer dit onderstebo. En Ek sal die oorblyfsel van My erfdeel verwerp en hulle in die hand van hulle vyande oorgee, sodat hulle vir al hulle vyande ‘n buit (oorlog roof) en plundering kan word; (hierdie oorblyfsel was die mense van JUDA die Suidryk, want teen hierdie tyd was die mense van ISREAL, die Noordryk, reeds weens hulle erge sondes in ballingskap). En ons lees dan die rede vir die uitlewering van Juda aan hulle vyande in 2 Konings 21:15: “omdat hulle GEDOEN het wat VERKEERD was in My oë, en My gedurig geterg (probeer kwaadmaak) het van die dag af dat hulle vaders uit Egipte getrek het, tot vandag toe.

Maar ONGELUKKIG lees ons in 2 Kronieke 33:10 Manasse en die volk WOU NIE LUISTER NIE. Is ons nie maar dieselfde nie? Baie van ons word kwaad as iemand ons op dinge in ons lewens wys wat ons kan seermaak en ons uiteindleik kan vernietig. Ons val dan baie keer die boodskapper aan eerder as om die kwaad in ons lewens te gaan uittrek met sondebelydenis en vergifnis van onsself en ander.

Dit wil lyk asof Manasse so kwaad was vir Jesaja oor God se boodsakp aan hom, dat hy, vir Jesaja laat doodmaak het. Volgens die Nelson’s Foundational Bible Dictionary toon Joodse geskrifte aan dat Jesaja in twee gesny is deur koning Manasse. Die dood van Jesaja word gereken tussen 688 en 670 voor Yeshua die Messias te wees wat inpas in die raamwerk van koning Manasse se regering periode. En alhoewel die Woord nie duidelikheid hieroor gee nie, word daar wel in Hebreërs 11, waarin voorbeelde van GEOOF uit die Ou Testament aangehaal word, in vers 37-38 aangetoon: “Hulle is gestenig, in stukke gesaag, versoek en deur die swaard vermoor. Hulle het rondgleoop in skaapvelle en in bokvelle; hulle het gebrek gely, hulle is verdruk, mishandel – die wêreld was hulle nie werd nie”

Dit is dus moontlik dat koning Manasse vir Jesaja in twee kon gesaag het uit woede omdat Jesaja hom aangespreek het.

Ons moet verstaan Abba Vader straf sonde, net soos ‘n goeie pa sy kinders dissiplineer en Abba Vader is ‘n REGVERDIGE REGTER en Hy sê duidelik in Sy Woord aan ons wat ons plant gaan ons oes en elkeen sal beoordeel word volgens sy of haar DADE (lees Mattheus 16:27,  2 Korinthiërs 5:10 en Openbaring 20:12 & 22:12). En ons sien dus Judah (die Suidryk) het later in BALLINGSKAP gegaan (hulle is uit hulle land verban) as gevolg van koning Manasse se sondes wat hy hulle laat doen het (2 Konings 21:10-15).

Maar die GOEIE NUUS is, YHVH hulle God het hulle nie net gelos om in die afgrond af te stort nie, HY NEEM DISSIPLINERENDE AKSIE, soos ‘n goeie pa met sy kinders sal doen wat nie WIL LUISTER NIE, maar waarvoor HY STEEDS BAIE LIEF IS. Dus gee YHVH vir Manasse ‘n ERGE PAKSLAE deur hom aan sy vyande oor te gee met die DOEL om hom tot sy sinne te roep! Wat in werklikheid deel is van YHVH ons VADER se GENADE‘n kans wat Hy aan Manasse gee om van BESLUIT te verander oor hoe hy lewe. Ons lees in 2 Kronieke 33:11 “Daarom het YHVH die leerowerste (die aanvoerder/ hoof van die weermag)  van die koning van Assirië oor hulle gebring, en dié het Manasse met hake gevang en hom met koperkettings geboei en hom na Babel vervoer.”

En hierdie HARDE DISSIPLINERING maak sommige mense bitter en rebels, maar ons sien in die geval van koning Manasse het dit die gewensde uitwerking en maak hy gebruik van God ons Vader se GENADE om tot INKEER te kom. Ons lees in 2 Kronieke 33:12-13a “Maar in sy benoudheid het hy die aangesig van YHVH sy God om GENADE gesmeek en hom diep verootmoedig (nederig geword) voor die aangesig van die God van sy voorvaders en tot Hom gebid;”

Alhoewel Manasse se gebed nie in die Woord opgeteken is nie, word daar wel na die gebed verwys in 2 Kronieke 33:19 dat dit opgeteken is in die geskiedenis van Hosai. Ek lees vir julle die mooi gebed van MANASSE in Engels soos opgeteken in die Cepher (Millenium Edition):

O YHVH EL Shaddai (God Almighty) of our fathers, Abraham, Isac and Jacob, and of their righteous seed; who have made heaven and earth, with all the ornament thereof; who have bound the sea by the word of Your commandment; who have shut up the deep; and sealed it by Your terrible and glorious Name; whom all men fear and tremble before Your power; for the majesty of Your glory cannot be borne (endured); and Your angry threatening toward sinners importable:

But your merciful promise is unmeasurable and unsearchable; for You are EL Elyon (God Most High) of great compassion, longsuffering, very merciful, and repent (atone) of the evils of men. You, O YHVH, according to Your great goodness, have promised repentance and forgiveness to them that have sinned against You: And of Your infinite (endless) mercies have appointed repentance unto sinners that they might be saved.

You therefore, O YHVH, that are the Elohiym (the God) of the just, as to Abraham, and Isac, and Jacob, which have not sinned against You; but You have appointed repentance (the privilege of being able to repent) unto me that am a sinner: For I have sinned above the number of the sands of the sea. My transgressions, O YHVH are multiplied, and I am not worthy to behold to see the height of heaven for the multitude of my TORALESS (lawless, acting against Your instructions in Genesis to Deuteronomy with my) deeds. I am bowed down with many iron bands that I cannot lift my head, neither have any release (relief): For I have provoked Your wrath and done evil before You: I did not DO Your WILL, neither kept I Your COMMANDMENTS: I have set up abominations (disgraces, scandals, atrocities) and multiplied offences (crimes, wrongdoings, transgressions). Now therefore, I bow the knee of my heart, beseeching (pleading for) Your GRACE. I have sinned, O YHVH, I have sinned, and I acknowledge my TORALESS (lawless, acting against Your instructions in Genesis to Deuteronomy in my) ways:

Wherefore I humbly beseech (plead), forgive me, O YHVH, forgive me, and destroy me not with my iniquities (immoralities, evils, injustices, wickedness). Be not angry with me forever by reserving evil for me; neither condemn (sentence) me to the lower parts of the earth (Sheol, the underworld, known in Afrikaans as “die DODERYK”). For You are the Elohim (the God), even the Elohim (the God) of them that repent; and in me You show all Your goodness: for You will save me that am unworthy according to YOUR GREAT MERCY. Therefore I will praise You FOREVER all the days of my life: for all the powers of the heavens do praise You, and Yours is the glory FOREVER and EVER. Amen.

En in vers 13b sien ons weereens die GENADE en GOEDHEID van God waarin ons lees: “…en Hy het hom (Manasse) verhoor en na sy smeking geluister en hom na Jerusalem in sy koningskap teruggebring.” (Lees ook Romeine 2:4 en 1 Johannes 1:9).

Miskien wonder jy HOE kon Abba Vader vir Manasse vergewe wat in alle waarskynlikheid die profeet Jesaja doodgemaak het? Dalk is dit omdat Jesaja gered was en die pad saam met Abba Vader gestap het, en sy dood dus soos deur Paulus beskrywe in Filippense 1:21 ’n WINS is, want sy gees en siel is na  die Messias soos wat ons lees in Prediker 12:7. Maar Manasse was op die breë pad, en sou hy sterf terwyl hy gekies het om op hierdie pad te stap sou hy na die DODERYK gaan en na die GROOT WIT TROON OORDEEL op die LAASTE DAG na die poel van vuur en swael gestuur word waarvan ons lees in Openbaring 20:15. En ons weet volgens 2 Petrus 3:9 dat Abba Vader nie wil hê dat enige iemand verlore moet gaan nie, maar dat ALMAL tot bekering moet kom. Dus het Jesaja ‘n verskriklike fisiese dood gesterf maar sy siel en gees is veilig by Abba Vader, terwyl Manasse op daardie punt ‘n verskriklike lewe gely het en sy siel en gees was in nog groter gevaar van ewige pyniging sou hy die verkeerde keuse maak.

Maar ons weet Manasse het die REGTE KEUSE gemaak, om terug te draai na ons hemelse Vader wat hom oneindig liefhet (Romeine 8:38-39 en Efesiers 3:17-19) en ons sien dan ‘n NUWE MANASSE vanaf 2 Kronieke 33:15-18 en die volgende akssies wat hy geneem het:

  • Hy het die vreemde gode en die afgodsbeeld uit die huis (die tempel) van YHVH verwyder, asook al die altare wat hy op die berg van die huis (die tempel) van YHVH in Jerusalem gebou het verwyder, en dit buitekant die stad gegooi.
  • En hy het die altaar van YHVH weer opgerig en daar dankoffers en lofoffers gebring en aan Juda bevel gegee om YHVH, die God van ISRAEL, te dien.

Ons sien dus Manasse maak tempel skoon en hy wy opnuut die tempel aan YHVH toe.

Ons lees hierdie selfde proses in mense wat gelowig geword het in  Handelinge 19:18-20  “En baie van die wat gelowig geword het (met verwysing na Jode en Grieke wat in Efese gewoon het en die Evangelie/ die GOEIE NUUS by Paulus gehoor het en die effek van bose geeste gesien het – lees vers 13-17), het BELYDENIS kom doen (met berou erken) en hulle DADE BEKEND gemaak (erken wat hulle gedoen het); en verskeie van die wat met towery omgegaan het, het die boeke bymekaar gebring en voor almal verbrand; en hulle het die waarde daarvan bereken en gevind dit is vyftigduisend silwerstukke was (dus ‘n aardige bedrag, maar niks in verglyking met die waarde van hulle VRYHEID van die bose nie!). So het die WOORD van YHVH met KRAG GEGROEI en STERK geword.

Die Bybel in Praktyk verduidelik: Efese was ‘n gewilde plek vir die aanhangers van toorkunste. (Vandag is ons Internet en winkels ook vol elemente daarvan). Baie mense het gedink dat ‘n towerspreuk hulle gelukkig of ryk sal maak of hulle huwelike gelukkig sou maak (en in ons dae plaas mense ook vloeke op die wat hulle nie van hou nie of wraak op wil neem). Bygeloof en toorkuns het dus hoogty gevier. Soos ons weet verbied God hierdie dinge in die Skrif en kan ons nie ons geluk en krag in towery (wat ons nou duidelik vanuit die geskiedenis van koning Manasse gesien het afgodery is) gaan soek nie. Dit is maklik om vasgevang te word in die mag van hierdie kragte (waarby die vlees/ ons sondige natuur sowel as bose geeste betrokke is), as ‘n mens eers in hierdie dinge begin belangstel en rondkrap. Daar is by die mens ‘n diep behoefte aan SEKURITEIT en sommige mense gaan soek dit (uit onkunde) in een of ander donker en duister magte en word dan vasgevang in hierdie bose magte (wat ons weet net ten doel het om by mense te kom steel, hulle te slag en hulle dood te maak volgens Johannes 10:10a). In Handelinge 19 sien ons ‘n voorbeeld van mense wat in die okkulte betrokke was, maar genadiglik, deur Paulus se verkondiging van die Woord van YHVH besef het dat God se mag baie groter is as enige bose mag ooit kan wees en dat Hy die WARE bron van ons SEKURITEIT is.

En ons lees dan in 2 Konings 21:18 en 2 Kronieke 33:20, sterf koning Manasse en word in sy huis se tuin begrawe en sy seun Amon volg hom op.

Hieruit weet JY en EK ook dat GEEN SONDE te groot is vir ABBA VADER om ons te VERGEWE nie. Al wat dit van ons vra, is om ons sondes te ERKEN en te BELY en OM TE DRAAI (te teshuva) van ons ou weë terug na Hom. Mag ons HOOR en LUISTER en OMDRAAI voordat dit vir Abba Vader nodig is om STRENG DISSIPLINE op ons toe te pas, want onthou: Hy sal eerder toelaat dat ons geweldige liggaamlike en emosionele pyn deurmaak in ‘n poging om ons tot stilstand te roep en te laat terug draai na Hom omdat Hy nie wil hê dat enige mens se SIEL en GEES verlore moet gaan nie. Lees ook Yeshua se woorde in Mattheus 10:28. Die FEES van TROMPETTE, Abba Vader se 5de FEES waarmee Hy ons help om voor te bery vir die WEDERKOMS VAN YESHUA die MESSIAS is voor die deur, dit begin sonsondergang op 22 September. Mag ons dus die tyd gebruik om ons lewens saam met die Heilige Gees te evalueer en die afgode en sonde te identifiseer en die trekpas te gee uit ons lewens uit sodat ons in VREDE en OORVLOED kan lewe in hierdie lewe en ons die EWIGE LEWE kan ingaan saam met Abba Vader en Yeshua ons Messias.

He-Brews-Coffee-Roastery-Logo

Stay In Touch