Skip to content

DIE BOEK OPENBARING – Yeshua is die Hoeksteen/ Rots

12 Januarie 2024

Ons gaan voort met die bestudering van die Boek Openbaring.

Ons gebruik hoofsaaklik die 1933 vertaling vir studie doeleindes met kruisverwysings na ander Bybel weergawes. En ons gebruik die HEBREEUSE NAME van God die Vader, naamlik YHVH (Yod-Heh-Vav-Heh) waar die word HERE in hoofletters voorkom uitgespreek as Yahveh en Yeshua die Messias in plaas van die Griekse vertaling Jesus Christus.

Ons het teen einde November 2023 net gevorder tot by Openbaring 1:6. Die rede daarvoor was dat ons in hierdie vers lees dat Yeshua die Messias, ons gemaak het ‘n KONINGKRYK VAN PRIESTERS vir YHVH, die Vader.

En ons vind nog ‘n verwysing hierna in 1 Petrus 2:4-10 waarin Petrus se: “Kom na Yeshua die Messias, Hy wat die LEWENDE HOEKKLIP is van die God (YHVH, die Vader) se GEESTELIKE TEMPEL. Die mense het Hom afgekeur as HOEKKLIP, maar God (YHVH, die Vader) het Hom vir dié ereplek uitgekies. Laat julle as LEWENDE KLIPPE INBOU in God (YHVH, die Vader) se geestelike tempel. Julle taak is om heilige priesters te wees wat geestelike offers bring. God (YHVH die Vader), aanvaar hierdie offers juis omdat Yeshua die Messias die HOEKKLIP is. Soos in die Skrif staan (hier verwys Petrus na Jesaja 28:16): Ek (YHVH, die Vader), lê in Sion ‘n HOEKKLIP (Yeshua, die Messias), en elkeen wat op Hom vertou (die 33 vertaling sê, die wat in Hom glo), sal nooit beskaam (skaam voel, teleurgesteld) word nie. Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die woord: Die klip wat die bouers verwerp het, dit het ‘n SLUITKLIP geword; en ‘n KLIP van aanstoot en ‘n rots waaroor mense struikel – vir dié wat hulle daarteen stamp, omdat hulle aan die WOORD ONGEHOORSAAM is, waarvoor hulle ook bestem is. Maar julle is ‘n UITVERKORE GESLAG, ‘n KONINKLIKE PRIESTERDOM, ‘n HEILIGE VOLK, ‘n volk as eiendom verkry, om te VERKONDIG die deugde (goeie eienskappe) van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot SY WONDERBARE LIG, julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God (YHVH die Vader) is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.”

So kom ons gesels oor wat ons lees in die WOORD van:

Yeshua die Messias die HOEKKLIP/ HOEKSTEEN van YHVH die Vader

Die definisie van HOEKSTEEN volgens die HAT Afrikaanse Verklarende Woordeboek is: ‘n stuk natuurlike steen wat in die hoek van ‘n gebou ingemessel is om die MURE stewig te verbind en dus ‘n BAIE BELANGRIKE STEEN in die gebou is. Verder kan dit ook dui op IEMAND of iets van fundamentele (m.a.w groot) belang; ‘n STEUNPILAAR. Ons weet in die Woord word daar ook na YESHUA as ‘n ROTS verwys. Die definisie van ‘n ROTS is: “’n Groot, ruwe, samehangende klipmassa wat as ‘n natuurlike verhewenheid (voortreflikheid, glorierykheid) bo die oppervlak van die aarde of die bodem van die see uitsteek. Verder is ‘n ROTS ‘n BEELD van onwrikbaarheid, vastigheid (stabiliteit, bestendigheid, standvastigheid) en veiligheid, ‘n toevlug en ‘n steun (‘n stut, hulp, iets of iemand wat jou regop hou).

Ons lees reeds in Genesis 49:22-24 as deel van JOSEF se seën wat hy van sy pa JAKOB, ook genoem ISRAEL ontvang, dat hy STERK sal bly “deur die (beskerming van die) MAGTIGE EEN van JAKOB (ook genoem ISRAEL) die (hoofletter) HERDER, die STEEN/ KLIP / ROTS van ISRAEL, van YHVH, die God van jou vader, wat jou help, en met die hulp van die Almagtige wat jou seën…” En in vers 26 sê Jakob dat Josef se seëninge die van sy broers oortref as die uitverkorene.

Die Bybel in Praktyk verduidelik dat Josef as leier aangewys word en sinspeel op die leidende rol van EFRAIM (Josef se jongste seun), wie se sukses toegeskryf word aan die verbintenis met YHVH, die God van sy vader Josef en sy oupa Jakob. Sy seëninge kom nie van die berge en heuwels (m.a.w van die natuurgodsdiens, die ongelowiges wat die natuur aanbid het) nie, maar van YHVH wat die NATUUR BEHEER.

Ons lees in Eksodus 17:1-7 dat YHVH die Vader vir Moses en die Israeliete water uit ‘n ROTS gee tydens hulle uittog uit Egipte en in 1 Korinthiërs 10:4 bevestig Paulus dat hierdie ROTS Yeshua die Messias was! Ons lees hier: “…en hulle het almal dieselfde geestelike drank (die grondteks praat van water) gedrink, want hule het gedrink uit ‘n GEESTELIKE ROTS wat gevolg het, en die ROTS was die MESSIAS.” Lees ook Psalm 78:15-20. Ons sien dus vanuit hierdie gedeelte dat YHVH die Vader in ons fisiese en geestelike behoeftes voorsien as die ROTS YESHUA waarop ons kan vertrou.

In Deuternomium 32 sing Moses op bevel van YHVH die Vader ‘n lied en lees ons in vers 28-31 om nie op klienletter steenrotse te vertrou soos ongelowiges nie, maar om op die hoofletter STEENGROTS van YHVH te vertrou. Dit word so verduidelik in 1 Sameul 2:2 in Hanna (wat later die profeet Samuel se ma geword het), se lofsang: “Niemand is heilig soos YHVH nie, ja, daar is niemand buiten U, en daar is geen ROTS soos ons God nie.”

ONS LEES VERSKEIE PROFESIË OOR YESHUA AS DIE HOEKKLIP/ ROTS IN DIE OU TESTAMENT

In Jesaja 8 lees ons oor die oordeel van JUDA wat spruit vanuit hulle vertroue op hulleself en hulle eie insig en krag in plaas daarvan om op YHVH hulle God te vertrou (sien Jesaja hoofstuk 7), en in Jesaja hoofstuk 8:12-15 lees ons sê YHVH aan die profeet Jesaja: “Julle mag nie alles ‘n SAMESWERING noem wat hierdie volk ‘n SAMESWERING noem nie, en julle mag nie bevrees wees vir wat hulle vrees, of verskrik (bang en senuweeagtig), wees nie. Die HERE (YHVH) van die LEËRSKARE (die HEMELSE WEERMAG) – Hom moet julle heilig, en laat Hy julle vrees en Hy julle verskrikking wees! Dan sal Hy vir julle ‘n HEILIGDOM wees , maar ‘n KLIP waar ‘n mens teen stamp en ‘n ROTS waar ‘n mens oor struikel, vir die TWEE HUISE VAN ISRAEL (dit is m.a.w JUDA en EFRAIM), ‘n VANGNET en ‘n STRIK vir die inwoners van JERUSALEM. En BAIE onder hulle sal STRUIKEL en VAL en VERBREEK en VERSTRIK en GEVANG word. “

Jesaja en die kinders van Israel word in hierdie gedeelte opgeroep om op YHVH hulle God te vertrou. YHVH bevestig dat Hy Sy KINDERS BEWAAR. Jesaja en sy volgelinge word aangemoedig om nie die voorbeeld van koning Agas te volg nie. Hulle moet volgelinge van God wees nie van die HEERSENDE POLITIEK nie. Om God te dien is nie altyd ‘n gewilde keuse nie maar DIE WAT OP HOM STEUN kan STAATMAAK op SY BESKERMING. En DIE WIE HOM VERWERP kan verseker weet HY is ‘n ROTS waarteen jy jou kan STAMP en waaroor jy kan STRUIKEL. En dan sien ons omdat die volk YHVH verwerp het sal hulle nie meer SY STEM hoor nie!

In Romeine 9 verduidelik Paulus dat YHVH Israel uitgekies het as Sy volk. Maar nie ALMAL wat van Israel afstam sal gered word nie, maar slegs die wat YHVH die Vader se wyse van vryspraak of redding aanvaar. Hierdie VRYSPRAAK kan nie verdien word deur ‘n goeie mens te wees wat ‘n goeie lewe lei of gekoop word nie. Ons word SLEGS vrygespreek deur die bloed van Yeshua die Messias wat gestort is aan die kruis om te betaal vir ons sondes namens ons, as gratis offer vir ons sondes te aanvaar. Hy is die ENIGSTE WEG – daar is GEEN ANDER WEG nie (Johannes 14:6). Ons lees dan in vers 30-33 “Wat sal ons dan sê? Dat die heidene (nie-Jode), wat die geregtigheid (‘n lewe in lyn met die wil van YHVH), nie nagejaag het nie, die geregtigheid verkry het, naamlik die geregtigheid wat uit die geloof is (met ander woorde ons word VRYGESPREEK weens die GEREGTIGHEID van Yeshua ons Messias); terwyl ISRAEL, wat die WET van geregtigheid (die TORAH – Genesis tot Deuternomium wat vir ons verduidlelik wat die WIL en standaarde van YHVH die Vader is) nagejaag het, die Wet van geregtigheid (die TORAH) nie bereik het nie. Waarom? Omdat dit nie uit die geloof was nie, maar net asof dit uit die werke van die Wet was, want hulle het hulle gestamp teen die STEEN van AANSTOOT. Soos geskrywe is (hier haal Paulus Jesaja 8:14 en 28:16 aan): “Kyk, Ek lê in Sion ‘n steen van aanstoot en ‘n ROTS van struikeling; en elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.” Paulus verduidelik dit verder in Romeine 10:2-3 “Want ek getuig van hulle dat hulle ‘n ywer vir YHVH het maar sonder kennis. Want omdat hulle die geregtigheid van YHVH nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hulle aan die geregtigheid van YHVH nie onderwerp nie.”

Die Bybel in Praktyk verduidelik dit so: Yeshua is die stuikelblok. Die Jode het nie in Hom geglo nie omdat Hy nie voldoen het aan hulle verwagtinge vir die Messias nie. Hulle wou ‘n LEEU hê en nie ‘n LAM nie, m.a.w hulle het ‘n heerser verwag en nie ‘n offer vir hulle sodes nie en daarom het hulle Hom verwerp. ‘n Mens kan dalk sê hulle het nie verstaan dat daar ‘n 1ste koms en ‘n 2de koms is nie – in Sy eerste koms was Hy die LAM van YHVH die Vader wat vrede moes kom maak tussen die mens en YHVH die Vader deur die prys vir die mens se sondes namens ons te kom betaal – ‘n prys wat ons nooit self sou kon betaal nie en wat die gedurige diereoffers net vir ‘n wyle kon bedek.

Dit beeld die EERSTE BELANGRIKE stap in die REDDINGSPROSES uit in die prentjie van die TABERNAKEL by die 1ste STOP in die VOORHOF nadat daar by die HEK ingegaan is by die BRANDOFFERALTAAR wat ‘n PRENTJIE is van die KRUIS waar ons die GEREGTIGHEID van YESHUA ontvang omdat Hy eens en vir altyd die prys vir die sonde betaal het namens ons en die EERSTE STAP is om VREDE te MAAK MET ABBA VADER. Daarna stap ons aan na die 2de stop – die WASBAK (wat te make het met DAAGLIKSE SONDEBELYDNIS op ons pad van HEILIGMAKING en ons inbeweeg in die HEILIGE en ALLERHEILIGSTE GEDEELTES waar ons persoonlike verhouding met YHVH ons God daagliks verdiep met die leiding van die Heilige Gees en ons die Vader meer en beter leer ken vanuit Sy Woord en ‘n lewe in lyn met Sy WOORD.

In Sy tweede koms sal Hy egter as die LEEU van JUDA kom en regeer as KONING in die duisenjarige Vredesryk. Mense STRUIKEL vandag steeds oor Yeshua die HOEKKLIP – sommige omdat hulle vir YHVH die Vader wil besluit en nie wil aanvaar dat geloof in Yeshua die Messias en Sy offer vir ons sondes aan die kruis die ENIGSTE WEG na die Vader is nie. Hulle dink dis genoeg om bloot ‘n goeie mens te wees, ander struikel omdat hulle nie wil aanvaar dat hulle Yeshua se voorbeeld van gehoorsaamheid aan die Vader hoef te volg nie en nog ander stuikel omdat hulle nie Yeshua se gesag oor hulle wil aanvaar nie.

Jesaja 27 het te make met die VERLOSSING VAN ISRAEL UIT DIE WÊRELDMAG en Jesaja 28 se opskrif is dan ook: DIE KOSBARE HOEKSTEEN.

Maar om dit alles te verstaan kom ons gesels eers oor Jesaja 27.

  • Dit is ‘n profesie van die TYD van algemene OORDEEL van YHVH wat uiteindelik uitloop op die herstel van Israel, verteenwoordig deur ‘n KLEIN OORBLYFSEL (in Engels genoem ‘n “remnant”) – m.a.w ‘n KLEIN GROEPIE GETROUE VOLGELINGE van YHVH.
  • Die DAG wanneer YHVH ingryp in die wêreldgeskiedenis sal Hy Sy teenstanders (hier beskryf as die Leviatan, die vining kronkelende SLANG en die MONSTER of DRAAK wat in die SEE is), verslaan. Nou ons is wel bekend met wie as die SLANG en die DRAAK in die Woord van YHVH beskryf word – dis niemand anders as die Satan nie – lees Genesis 3:1, Openbaring 12:9 en Openbaring 20:2. So hier word dus verwys na Satan en sy bose magte wat deur YHVH verslaan sal word.
  • In hierdie situasie sorg YHVH vir en beskerm SY WINGERD (uitgebeeld as ISRAEL). Die voorwaarde is egter dat hulle met Hom VREDE moet maak. Hulle moet in die REGTE VERHOUDING tot Hom leef, dan sal ISRAEL soos ‘n goeie wingerd kan lote maak en kan uitspruit sodat die hele aarde hulle VRUGTE kan geniet. En ons sien dat YHVH die Vader selfs SEWE FEESTE gegee – waarvan die eerste 3 PASGA (vervul deur Yeshua se kruisiging vir ons sondes), ONGESUURDE BROOD (‘n uitbeelding van Yeshua se 3 dae in die graf en ons OU SONDIGE SELF wat saam met Hom moet sterf) en EERSTE VRUGTE (wat vervul is deur Yeshua se opstanding en ons nou herinner om saam met Hom op te staan met die Heilige Gees in ons en Hom te volg en as ‘n waarborg dien dat ons ook eendag sal opstaan met ‘n verheerlikte liggaam) – dus help hierdie drie FEESTE ons om te verstaan hoe om VREDE MET YHVH die VADER TE MAAK!
  • YHVH se OORDEEL staan vas, MAAR SY oordeel oor SY volk is nie absoluut of onomkeerbaar nie. ‘n Sprankie van HOOP bly altyd bestaan. AS hulle AFSIEN van hulle VERKEERDE DADE bestaan die moontlikheid van VERSOENING en ‘n HERSTEL in die VERHOUDING tussen hulle en YHVH hulle God.
  • Dit is ‘n FEIT dat JERUSALEM verwoes sal word want die volk wou nie na YHVH luister nie.
  • Op DIE DAG wanneer YHVH SY OES inbring, wanneer HY OORDEEL, sal Hy dié WAT AAN HOM BEHOORT BYMEKAARMAAK. Die oes sal nie groot wees nie, dit sal wees soos enkele are wat opgetel word nadat die oes reeds ingesamel is. Maar AL YHVH se kinders wat oor die aarde verstrooi was, sal na Hom toe kom. In JERUSALEM (dit verwys na die DUISEND JARIGE VREDESRYK), sal hulle Hom aanbid.

Dan lees ons in HOOFSTUK 28 van:

Die oordeel oor die VERBONDSVOLK en die einde van SION soos volg:

  1. Elende wag vir Efraim (vers 1-6)
  • JUDA is op dieselfde VERNIETIGENDE PAD as Efraim.
  • Efraim was trots soos ‘n pragtige blom, haar inwoners was selfvoldaan, maar YHVH gaan die trotse blom vernietig deur ‘n haelstorm. Die stad sal vertrap word.
  • Daar sal egter op die DAG VAN ORDEEL ‘n OORBLYFSEL (‘n remnant) oorbly. Vir hulle word YHVH hulle KROON. Hulle VERTOU op HOM en nie langer op hulleself nie. Die regters tree nou reg op en die aanvoerders beskerm die stad. VREDE KOM TOT STAND (dus lyk hierdie soos ‘n PROFESIE oor die VREDESRYK van YESHUA).
  1. Aanklag teen die PRIESTERS en PROFETE in Jerusalem (vers 7-13)
  • Die PRIESTERS en PROFETE volhard met hulle VERKEERDE OPTREDE en ignoreer die WOORD van YHVH.
  • Hulle is besig om FEES te VIER (en dit klink nie asof dit een van YHVH se SEWE FEETSTE is nie want:) DRANK vloei vryelik in die tempel – en dit terwyl hulle YHVH se WOORD moet leer vir die volk en en dit openbaar of verstaanbaar moet maak, en hulle is VERWARD van die wyn, hulle waggel by die regspraak. Hulle leef argeloos (sonder om die gevaar te besef) in die aangesig van die DOOD. Die FEES is hulle fokus en raak belangriker as hulle PLIG.
  • Wanneer YHVH vir Jesaja na hulle stuur met ‘n WAARSKUWENDE BOODSKAP spot hulle met hom en sê hulle is nie skoolkinders wat geleer hoef te word nie. En omdat hulle nie wil LUISTER na die STEM van YHVH nie gaan Hy met hulle praat in die vreemde en onverstaanbare taal van ‘n buitelandse VERDRUKKER en so sal hulle VERNIETIG word.

In Daniël hoofstuk 2 verklaar Daniël met die hulp van YHVH die droom van Nebukadneser en in vers: 32-35 word die beeld verduidelik en in vers 34 – 35 lees ons dat daar: “…sonder toedoen van mense hande ‘n KLIP losraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en klei en dit FYNGESTAMP het. Toe is tegerlykertyd die yster, die klei, die koper, die silwer en die goud (waaruit die beeld gemaak is), fyngestamp, en dit het soos kaf geword …wat deur die wind weggeneem is, sodat daar GEEN SPOOR van gevind is nie; maar die KLIP wat die beeld getref het, het ‘n GROOT ROTS geword wat die HELE AARDE GEVUL het. En dan gee Daniël die verklaring van die droom wat verksillende koningkryke is wat sal opstaan deur die wêreldgskiedenis heen tot en met die LAASTE KONINGKRYK – die tone van yster en klei. En ons lees in vers 42-44: “…’n gedeelte van die koningkryk sal hard en ‘n gedeelte sal bros wees – die yster en klei sal deur MENSLIKE GEMEENSKAP onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal nie aanmekaar vaskleef nie, net soos yster nie met klei meng nie. Maar in die dae van DIE konings sal die God van die hemel, ‘n koningkryk verwek wat in EWIGHEID nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koningkryke verbrysel en daar ‘n EINDE aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan.” Ons weet dit is ‘n verwysing na Yeshua die Messias (Lees Lukas 1:33 en 1 Kor 15:24).

In Sagaria 10 lees ons dat YHVH koning is en dat die mens op Hom moet vertrou vir alles. Die LEIERS van die volk het dikwels gesondig deur die volk op AFGODE te laat vertrou. Dit het YHVH se oordeel oor die volk laat losbreek. Ons het dikwels, nes hulle ons eie afgode, dinge soos GELD, SUKSES en ROEM waarop ons probeer vertrou maar dit alles is feilbare dinge. En dan se YHVH in vers 3-4 “Teen die HERDERS (m.a.w die LEIERS van die volk), het My toorn ontvlam, en oor die VOORBOKKE sal Ek besoeking (beproewings veral deur lyding) bring, want YHVH die God van die LEËRSKARE, (die hemelse weermag), gee ag op SY KUDDE, op die HUIS VAN JUDA (m.a.w die mense van die STAM VAN JUDA/ dit is die JODE wat aan Hom behoort), en maak HULLE tot SY PRAGTIGE PERD IN DIE STRYD. Uit hom (m.a.w uit die STAM van JUDA) sal die HOEKSTEEN (‘n verwysing na Yeshua die Messias), uit hom die tentpen, uit hom die strydboog, uit hom die heersers almal saam uitgaan.”   YHVH die Vader belowe dus hier dat alhoewel die volk in die verlede Sy oordeel ervaar het, sal daar ‘n tyd kom wanneer Hy hulle terugbring en wanneer Hy die Suidryk (JUDA) en die Noordryk (Efraim) weer sal verening. YHVH sal albei huise in die eindtyd bymekaarmaak van die uithoeke van die wêreld en YHVH gaan nuwe leiers gee in die plek van die ou leiers wat die volk verlei het. Daar sal dus ‘n tyd aanbreek, net soos ons ook sien in die profesie in Daniël hoofstuk 2 dat YHVH Sy vyande gaan VERNIETIG en so sal die KOMS VAN SY RYK aanbreek. So al lyk dit soms vir gelowiges asof die magte en leiers van hierdie wêreld baie mag het kan hulle nie bly staan wanneer YHVH die God van Abraham, Isak en Jakob, ook genoem Israel, optree nie.

YHVH vra vir Job die vlgnde vrae in Job 38:4-6 “Waar was jy toe EK die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het. Wie het sy afmetinge bepaal? …of wie het daaroor die meetsnoer (of maatband) gespan? Waar is sy FONDAMENTSKLIPPE op ingesink (die NLV se: Waarop rus die FONDASIE van die aarde? En wie het sy HOEKSTEEN gelê? Toe die môresterre saam GEJUBEL het en die seuns van YHVH gejuig het.”

Ons lees in Psalm 118:22-23 “Die KLIP wat die bouers afgekeur het, het nou die HOEKSTEEN geword. Dit is die werk van YHVH die Vader en wonderlik vir ons om te aanskou. “

Yeshua haal hierdie gedeelte in Psalm 118 aan wanneer Hy in Mattheus 21:33-46 die GELYKENIS van die landbouers vertel (sien vers 42). Ons sien hier dat die HUISHEER (‘n verwysing na YHVH die Vader) ‘n wingerd geplant het (‘n verwysing na Sy volk Israel), ‘n heining daarom gesit het (m.a.w die volk Israel afgesonder het vir Hom soos ‘n boer met sy wingerd maak), ‘n parskuip gegrawe het (waarin die oes gepars kon word), ‘n wagtoring gebou het (vir beskerming van die wingerd), dit aan landbouers verhuur het (dit is die leiers van die volk Israel) en daarna op reis gegaan het. Met ander woorde YHVH het Sy WINGERD (sy volk Israel) aan die LEIERS van die volk toevertrou. Toe die oestyd kom stuur Hy sy diensknegte na die landbouers (die leiers van Sy volk Israel), om die OES wat die wingerd moes lewer te ontvang. Maar hulle het Sy diensknegte geslaan en gestenig. Die selfde het gebeur met die volgende groep diensknegte (dit is ‘n aanduiding van die profete wat geslaan en doodgemaak is wanneer hulle die leiers van die volk oor sonde gewaarsku het – ons sien dit dikwels in die Ou Testament). En oplaas (eindelik) het Hy Sy Seun (‘n verwysing na Yeshue) gestuur maar hulle het Hom ook buitekant die wingerd doodgemaak. En dan lees ons se Yeshua in vers 42-44 “Het julle nooit in die Skrife gelees nie: Die STEEN wat die bouers verwerp het, dit het ‘n HOEKSTEEN geword. Hy het van YHVH die Vader gekom en is wonderbaar in ons oë? Daarom sê Ek vir julle: Die koningkryk van YHVH sal van julle weggeneem en aan ‘n ander volk gegee word wat die VRUGTE daarvan sal dra. En hy wat op hierdie STEEN val, sal verpletter word; maar elkeen op wie Hy val, DIE sal Hy vermorsel.” En ons sien in vers 45 dat die godsdienstige leiers, die owerpriesters en Fariseërs begryp het dat Yeshua van hulle gepraat het. Ons kan dus hieruit sien dat GODSDIENSTIGE TRADISIES wat ons êrens in die wêreld opgetel het daartoe kan lei dat ons die WAARHEID van die WOORD, vir Yeshua die Messias kan verwerp. En die wat die waarheid bring kan stenig. Ons sien dan ook om hierdie selfde rede die vervolging van die gelowiges en navolgers van Yeshua in die Boek Handelinge (lees ook Markus 12:1-12 en Lukas 20:9-18). Ons lees in Lukas 20:17-18 verduidelik Yeshua dat YHVH die Vader hierdie onbetroue bare landbouers gaan ombring en die WINGERD aan ander gee. En in vers 17b vra Yeshua: “Wat beteken dan hierdie Skrif (m.a.w Psalm 118:22): die STEEN wat die bouers verwerp het, dit het ‘n HOEKSTEEN geword? En dan se Hy: “Elkeen wat op DIE STEEN val, sal VERPLETTER word; maar elkeen op WIE HY VAL, DIE sal Hy vermorsel.” Ek dink ons kry in die DROOM van NEBUKADNESER en die uitleg daarvan deur Daniël die antwoord. Ons sien in Daniël 2:34-35 dat daar in koning Nebukadneser se droom van die beeld wat verskillende KONINGKRYKE uitbeeld van ‘n KLIP wat LOSGEREEK het sonder dat ‘n mens daaraan geraak en die beeld teen sy voete tref van YSTER en KLEI wat ‘n voorstelling van die laaste koningkryk op aard is en dit tref en dit verpletter en die hele beeld inmekaar laat stort en dit het soos kaf weggewaai word sonder dat daar ‘n spoor daarvan oorbly. EN die ROTS wat die beeld verpletter het  het ‘n GROOT BERG geword wat die HELE AARDE bedek het.

Daniël verduidelik dan hierdie gedeelte van die droom soos volg in vers 42-45 “En die voete en die tone soos u gesien het, deels van pottebakkersklei en deels van yster was – dit sal ‘n VERDEELDE KONINGKRYK wees, en van die HARDHEID van die YSTER sal daarin wees, omdat u die yster met kleigrond gemeng gesien het. EN dat die tone van die voete deels van yster en deels van klei is – ‘n gedeelte van die koningkryk sal HARD en ‘n gedeelte sal BROS wees. Dat u die yster gemeng met die kleigrond gesien het – hulle sal deur menslike gemeenskap onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal mekaar nie aankleef nie, net soos yster nie met klei meng nie. (Dit laat ‘n mens nogal dink aan ons dae waarin hulle planne het om mens en masjien te probeer vermeng). En dan lees ons verder: Maar in die dae van DIE konings sal YHVH die God van die hemel ‘n KONINGKRYK VERWEK wat in EWIGHEID NIE vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan GEEN ander volk oorgelaat word nie; dit sal AL daardie koningkryke VERBRYSEL en daar ‘n EINDE aan maak, maar SELF sal dit vir EWIG bestaan – net soos u gesien het dat sonder toedoen van MENSEHANDE ‘n KLIP van die BERG losgerak het wat die yster, die koper, die klei, die silver en die goud (‘n verwying na AL die vorige KONINGKRKYKE van die wêreld) VERBRYSEL het. Die GROTE GOD, YHVH het aan die koning bekend gemaak wat hierna sal gebeur; en die droom is waar en sy uitleg betroubaar.”

In Handelinge 4 verskyn Petrus en Johannes voor die JOODSE RAAD omdat hulle die GOEIE NUUS van VERGIFNIS van sondes deur die KRUISIGING van YESHUA verkondig het asook Sy OPSTANDING vanuit die dood. En in vers 10-12 verduideik Petrus dat Yeshua wat hulle laat kruisig het, maar uit die dood opgestaan het:Hy is die STEEN wat deur julle, die bouers verag is, wat ‘n HOEKSTEEN geword het. En die saligheid (die ewige lewe, verlossing) is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander NAAM onder die hemel wat aan die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.”

En 1 Petrus 2:1-7 roep Petrus die UITVERKORENES wat deel is van die verstooiing (dus moet dit die 10 stamme onder EFRAIM wees) – sien 1 Petrus 1:1-2 om HEILIG te wees (m.a.w afgesonderd vir YHVH te leef) en sê hy in hoofstuk 2 vers 1-7: “Lê dan af ALLE BOOSHEID en ALLE BEDROG en GEVEINSDHEID (voorgee) en AFGUNS en ALL KWAADPRATERY; en verlang sterk soos pasgebore babatjies na die ONVERVALSDE MELK van die WOORD, dat julle daardeur kan OPGROEI (m.a.w geestleike volwassenheid kan bereik), as julle ten minste GESMAAK (geproe, ondervind) het dat YESHUA GOEDERTIEREN (genadig, barmhartig, lankmoedig/ geduldig) is.  Kom na HOM toe, die LEWENDE STEEN wat deur mense wel verwerp is, maar by YHVH die Vader UITVERKORE en KOSBAAR is (hier haal Petrus Jesaja 28:16 aan), en laat julle ook soos LEWENDE STENE OPBOU tot ‘n GEESTELIKE HUIS, ‘n HEILIGE PRIESTERDOM om GEESTELIKE OFFERS te bring wat aan YHVH die Vader gevallig is (m.a.w) waarvan Hy hou deur Yeshua die Messias. Daarom staan dit ook in die Skrif: Kyk, Ek lê in Sion ‘n UITVERKORE KOSBARE HOEKSTEEN, en DIE wat in HOM GLO, (onthou seblief GLO beteken ook DOEN, m.a.w HOM VOLG – sien Jakobus 2:14-26 wat verduidelik dat GELOOF sonder dade DOOD is, so ons kan sê die wat in Yeshua GLO en die WIL van YHVH die VADER DOEN soos Yeshua vir ons die voorbeeld gestel het op aarde), sal nooit beskaam (teleurgesteld) word nie. Vir julle wat dan GLO (en ons kan byvoeg en Hom in gehoorsaamheid volg), is HY KOSBAAR; maar vir die ONGELOWIGES geld die WOORD: Die STEEN wat die bouers verwerp het, dit het ‘n HOEKSTEEN geword; en ‘n STEEN van AANSTOOT en ‘n ROTS van STRUIKELING – vir DIE wat hulle daarteen STMAP, omdat hulle aan die WOORD ONGEHOORSAAM is (so hier noem Petrus dan die konneksie tussen GELOOF en GEHOORSAAMHEID aan die Woord).

So wat ons dan hier kan aflei is dat die FARISEËRS en die SADISEËRS en ENIGE IEMAND wat vir YESHUA die MESSIAS nie aanneem en Hom volg nie beskou word as ONGELOWIGES, ongeag van GODSDIENSTIGE TRADISIES wat hulle moontlik mag volg en hulle STAMP hulleself en struikel oor YESHUA DIE HOEKSTEEN van YHVH se GEESTELIKE HUIS (ons kan ook se die LIGGAAM of GEMEENTE van YESHUA) op aarde.

Petrus het hierdie dinge waarskynlik eers ten volle verstaan nadat Yeshua opgevaar het en die Heilige Gees tien dae later oor die dissipels uitgestort is want ons lees in Mattheus 16:16 verklaar Petrus dat Yeshua die Messias die SEUN van YHVH die LEWENDE GOD is en Yeshua sê dan aan hom in vers 18: “Jy is PETRUS, en op hierdie ROTS sal Ek My Gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie (1 Peter 2:6-7). Maar net nadat Yeshua in Mattheus 16:21 aan die dissipels verduidelik dat Hy gaan ly, doodgemaak word en op die derde dag weer gaan opstaan en Petrus vir Yeshua sê dit sal Hom nooit oorkom nie, lees ons het Yeshua omgedraai en aan Petrus gesê in vers 23: “Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My ‘n STRUIKELBLOK, omdat jy nie die DINGE VAN YHVH die VADER bedink nie, maar die dinge van mense.

In 1 Korinthiërs 3:9-23 verduidelik Paulus aan die gemeente dat Yeshua die FONDASIE is waarop ons moet bou. Die Bybel in Praktyk verduidelik hierdie gedeelte so: Of ons ‘n dominee, ‘n onderwyser, ‘n ouer of ‘n doodgewone gelowige is – ons almal moet sorg dat ons boumateriaal aan YHVH die Vader se standaarde voldoen. Dit beteken onder andere dat ons moet vashou aan die ware leerstellings oor die Vader, Seun en Heilige Gees wat op die Woord van YHVH gefundeerd is en moet leef volgens die riglyne wat deur Yeshua die Messias neergelê is. Die wat die Woord aan ander leer het ‘n baie groot verantwoordelikheid en elkeen se werk sal getoets word op die oordeelsdag. Yeshua ons Messias is die FONDAMENT van die GEMEENTE. Elke GELOWIGE moet dus daarna streef om GEESTELIK VOLWASSE te wees en die regte leerstellings aanhang. Die gemeente van Korinthe was vol hout, gras en strooi  – hulle was onvolwasse en nie seinsitief vir mekaar nie en het agter dwaalleringe aangeloop. En juis daarom was daar baie probleme en onenigheid. Elke gelowige moet Yeshua die Messias persoonlik ken en toegewyd aan Hom leef om die toets te kan deurstaan.

‘n GEBOU is so stewig soos sy FONDAMENT. Bouwerk kan slegs geskied op die VERLOSSING van Yeshua die Messias. ‘n Gebou kan verwoes word as daar met die FONDAMENT gepeuter word of as minderwaardige boumateriaal gebruik word. Yeshua die Messias is die ENIGSTE FONDASIE waarop ‘n GEMEENTE gebou kan word en op die oordeelsdag sal elkeen se werk en motiewe aan die lig kom. Die Vader sal besluit wie Yeshua die Messias se opdagte getrou uitgevoer het en wie nie. Net soos wat YHVH se aardse tempel nie onteer mag word nie, mag ons ook nie die GEMEENTE waarvan ons deel is onteer met verdeeltheid, twis en ander sondes nie. Ons is saam as GEMEENTE die LIGGAAM van YESHUA waarin die HEILIGE GEES woon en wat vir YHVH die Vader aanbid.

En in Ephesiërs 2 verduidelik Paulus dat ons (die stam van JUDA, die JODE en nie-Jode wat dan die res van die 10 stamme onder Efraim insluit plus mense wat inent in die Boom van Israel), GERED word uit die GENADE van YHVH die Vader deur die kruisdood van Yeshua ons Messias vir ons sondes en dan verduidelik Paulus in vers 14-22 “Want  Hy (Yeshua) is ons VREDE, Hy wat ALBEI (JOOD/ die STAM van JUDA en kleiner stam van Benjamin en NIE-JOOD/ die 10 ander stamme onder EFRAIM wat  ‘n prentjie is van ander nasies wat ingeent is op die BOOM van Israel) EEN gemaak het en die MIDDELMUUR van SKEIDING afgebreek het deurdat Hy in Sy vlees die VYANDSKAP tot niet gemaak het, naamlik die WET (TORAH) met sy GEBOOIE wat in insetting (bepalings) bestaan; sodat Hy , deur VREDE te maak, die TWEE in HOMSELF tot EEN NUWE MENS skep en ALBEI in EEN LIGGAAM met YHVH die Vader kon VERSOEN deur die KRUIS, nadat Hy daaraan die VYANDSKAP doodgemaak het. (Lees Johannes 10:16 en Kolosense 1:21-22). So wat op aarde beteken dit?

Die STUDIE BYBEL verduidelik dit soos volg: Die MIDDELMUUR van skeiding, die m’chitzah genoem in Hebreeus was ‘n MUUR van SKEIDING in die Tempel waarop die volgende gekryf was: “Geen mens van ‘n ander nasie mag die gronde van die Tempel betree nie. En wie ook al gevang word sal vir sy eie dood verantwoordelik wees (dit is opgeskryf in die geskiedkundige boeke geskryf deur Josephus. Hierdie MUUR het dus nie-Jode geskei van Jode en gelyke toegang tot die offers verhoed. Maar net soos die SWAAR GORDYN voor die ALLERHEILIGSTE gedeelte van die tempel in TWEE geskeur het toe die Messias gesterf het (lees Mattheus 27:52), is Jode (die stam van JUDA) en nie-Jode (ons kan se die 10 ander stamme onder leiding van Efraim) HERENIG met Yeshua die Messias en mag dus saam intree in die teenwoordigheid van YHVH die Vader. (Lees Hebreers 9;6-14 en 10:19-22).

Die verwysing na die VYANDSKAP wat deur die WET en gebooie VERNIETIG word het NIKS te make met die vernietiging of vervanging van die TORAH en TIEN GEBOOIE van YHVH die Vader nieYeshua het dit baie duidleik gemaak in Mattheus 5 dat NIKS van die WET tot niet sal gaan nie. Dit het eerder te  make met die STAM van JUDA/ die Jode wat glo die onderhouding van die WET kan hulle red, terwyl ons weet die WAARHEID is dat daar net EEN WEG na de VADER is en dit is deur die KRUISDOOD van YESHA die Messias. Die NIE-JODE (wat ons dalk kan definieer as die res van die 10 stamme onder Efraim – ‘n prentjie van mense wat nie van die stam van JUDA of Benjamin is nie, m.a.w wat nie Jode is nie, maar wat inent op die BOOM van Israel omdat hulle YHVH die God van Israel wil dien en volg), Efraim het egter die WET van YHVH vergeet aangesien Efriam in die nasies van die wereld geasimileer is – maar EFRAIM besef wel dat hulle GERED word deur Yeshua die Messias. JOOD en NIE-JOOD word verening wanneer ons besef daar is 2 komponenteONS WORD GERED DEUR YESHUA ons Messias se offer en daarna VOLG ons Hom in GEHOORSAAMHED aan die Woord van YHVH (die Torah – die riglyne in Genesis tot Deuernomium bekend as die Wet en die Gebooie wat  ‘n opsomming van die WET is). En ons lees dan verder in vers 17-22 “En Hy (Yeshua) het die EVANGELIE (die GOEIE NUUS) van VREDE kom verkondig aan julle wat ver was (Efraim – die verlore skape wat nie meer weet dat hulle Israel is nie) en aan die wat naby was (JUDA); want deur Hom het ons ALBEI (die twee stamme onder JUDA PLUS die 10 stamme onder Efraim – dus AL 12 STAMME wat die HELE HUIS VAN ISRAEL verteenwoordig) die TOEGANG deur een (hoofletter) Gees (die Heilige Gees) tot die Vader. So is julle dan nie meer VREEMDELINGE en BYWONERS nie, maar MEDEBURGERS van die HEILIGES (die wat afgesonderd vir YHVH leef), en HUISGENOTE van YHVH die Vader, gebou op die FONDAMENT van die apostels EN PROFETE, terwyl YESHUA die MESSIAS self die HOEKSTEEN is, in wie die HELE GEBOU, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n HEILIGE TEMPEL in Yeshua, in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n WONING van YHVH die Vader in die Heilige Gees.”

Die STUDIE BYBEL verduidelik dat die metafoor van die Messiaanse Gemeenskap as ‘n GEBOU gesien kan word in verskeie gedeeltes van die Skrif soos 1 Petrus 2:4-9. Yeshua as die HOEKSTEEN en verwys na Psalm 118:22-23 wat Hy self ook aangehaal het in Mattheus 21:44. Dit is ook ‘n HEILIGE TEMPEL, waarin elke GELOWGE se LIGGAAM reeds ‘n TEMPEL van de HEILIGE GEES is (sien 1 Korinthiërs 6:19).

He-Brews-Coffee-Roastery-Logo

Stay In Touch