Skip to content

DIE BOEK OPENBARING – Die HUIS van DAVID (Juda) en die HUIS van ISRAEL (Efraim)

24 November 2023

Die Bybel weergawes wat gebruik word in die bestudering van die BOEK OPENBARING is die volgende:

  • Die Bybel – 1933/53 vertalings;
  • Die Bybel in Praktyk – 1983 vertaling;
  • Die Complete Jewish Study Bible – Insight for Jews & Christians (in hierdie dokument genoem: Die Studie Bybel vir Jode en Christene); en
  • Die Nuwe Lewe Vertaling (NLV).

In plaas van die Griekse Name word die oorspronklike Hebreeuse Name van God die Vader, naamlik YHVH gebruik waar die Woord HERE in die Bybel voorkom, en ons noem Homo ok ons Hemelse Vader en Abba Vader en Jesus Christus die Seun, naamlik Yeshua die Messias (wat beteken die Gesalfde van Abba Vader), en die Heilige Gees, naamlik die Ruach HaKodesh word in hierdie studie dokument gebruik.

Ons fokus VANDAG nog op Openbaring HOOFSTUK 1:6

Waarin ons gelees het van Yeshua die Messias, wat ons gemaak het ‘n KONINGKRYK VAN PRIESTERS vir YHVH, die Vader.

Ons het in die bespreking verlede week VANUIT DIE STUDIE BYBEL VIR JODE & CHRISTENE asook DIE BYBEL in PRAKTYK gekyk na:

  • Die gedeelte in 1 Petrus 2:4-10 waar Petrus sê: “Kom na Yeshua die Messias, Hy wat die LEWENDE HOEKKLIP is van die God (YHVH, die Vader), se GEESTELIKE TEMPEL. Die mense het Hom afgekeur as HOEKKLIP, maar God (YHVH, die Vader) het Hom vir dié ereplek uitgekies. Laat julle as LEWENDE KLIPPE INBOU in God (YHVH, die Vader), se geestelike tempel. Julle taak is om heilige priesters te wees wat geestelike offers bring. God (YHVH die Vader), aanvaar hierdie offers juis omdat Yehsua die Messias die HOEKKLIP is. Soos in die Skrif staan (hier verwys Petrus na Jesaja 28:16): Ek (YHVH, die Vader), lê in Sion ‘n HOEKKLIP (Yeshua, die Messias), en elkeen wat op Hom vertou, (die 33 vertaling sê, die wat in Hom glo), sal nooit beskaam (skaam voel, teleurgesteld) word nie. Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die woord: Die klip wat die bouers verwerp het, dit het ‘n SLUITKLIP geword; en ‘n KLIP van aanstoot en ‘n rots waaroor mense struikel – vir dié wat hulle daarteen stamp, omdat hulle aan die WOORD ONGEHOORSAAM is, waarvoor hulle ook bestem is. Maar julle is ‘n UITVERKORE GESLAG, ‘n KONINKLIKE PRIESTERDOM, ‘n HEILIGE VOLK, ‘n volk as eiendom verkry, om te VERKONDIG die deugde (goeie eienskappe) van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot SY WONDERBARE LIG, julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God (YHVH die Vader) is: aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.”

In die boek OPENBARING word daar verder aan weer na hierdie TWEE aspekte verwys, naamlik Yeshua as die HOEKKLIP en die VOLK van YHVH wat ‘n KONINGKLIKE PRIESTERDOM en ‘n HEILIGE VOLK is en daarom gaan ons NOU die kans gebruik om dit te bestudeer sodat ons dit beter kan verstaan.

Maar VOORDAT ons daaroor gesels moet ons eers duidelikheid kry oor WIE die HUIS van DAVID en die HUIS VAN ISRAEL IS want dit maak dit makliker om die WOORD van YHVH, die God van Israel te verstaan.

Eerstens die HELE Woord praat van YHVH, die Skepper van Hemel en Aarde as die GOD VAN ABRAHAM, ISAK en JAKOB wat later deur YHVH herdoop is na ISRAEL Lees Genesis 32:28 en Jesaja 43:1.

Soos ons weet het Jakob of dan nou ISRAEL 12 seuns gehad – later bekend as die 12 stamme van ISRAEL.

En in Genesis 49 sien ons Jakob seën sy seuns voordat hy sterf en sê hy aan JUDA, sy vierde seun saam met Lea in vers 8-10: “Juda, jou broers sal jou prys. Jy sal jou vyande onderwerp. Jou broers sal voor jou buig. Juda is ‘n jong LEEU wat pas sy prooi verslind het. Soos ‘n LEEU rek hy uit en gaan lê, soos ‘n leeumannetjie en wie sal hom steur? Die mag sal nie van Juda weggeneem word nie, ook nie die heerskappy van sy naaste nie, totdat die EEN KOM (die grondteks sê: die HEERSER kom) aan WIE DIT BEHOORT – en dit is duidelik ‘n profesie oor Yehsua ons Messias, die LEEU van Judah wat vir ewig sal regeer.”

En in vers 22-26 seën Jakob vir JOSEF, (sy 11 de seun, en eerste seun by sy geliefde vrou RAGEL): “Josef is ‘n vrugbare boom, ‘n vrugbare boom by ‘n fontein. Sy takke strek oor die muur. Hy word aangeval deur boogskutters wat na hom skiet en hom teister. Maar sy boog het sterk gebly, sy arms het meer krag gekry deur die (hoofletter) Magtige EEN van Jakob, die HERDER, die ROTS (wat ook verwys na die STEEN, die HOEKKLIP) van ISRAEL, (weer ‘n DUIDLEIKE verwysing na Yeshua ons Messias). Mag YHVH die God van ons vaders jou help en die Almagtige jou seën met die seënnige uit die hemel daarbo, seëninge van die aarde hieronder, en seëninge van borste en moederskoot (m.a.w baie kinders). Mag die seëninge van jou pa wees meer as die seëninge van die ewige berge (die grondteks sê: my voorvaders – m.a.w Abraham en Isak) as die oorvloed van die eeue oue heuwels. Hierdie seëninge sal op die kop van Josef kom, hy wat die UITVERKORENE is (uitgekies) onder sy broers.”

Daar het nog iets gebeur VOORDAT Jakob sy 12 seuns geseën het. Soos ons weet het Josef in Egipte beland as jong man, en daar het hy met Asenat, ‘n Egiptiese vrou getrou en twee seuns saam met haar gehad, Manasse, die oudste en Efriam die jongste – duidelik dus half Israeli en half Egiptenaar en dus eintlik sogenaamde “gentiles’/ heidene of vreemdelinge genoem.

Ons sien egter in Genesis 48 neem Josef sy twee seuns na Jakob omdat Jakob begin agteruitgaan/ verswak het en Jakob sê aan Josef dan die volgende in vers 3-6: “YHVH die Alerhoogste het in Lus in die land Kanaän aan my verskyn en my geseën. Hy het vir my gesê: Ek sal jou vrugbaar maak en jou NAGESLAG TOT BAIE NASIES MAAK. Hierdie land Kanaän gee ek vir jou en jou NAGESALG as EIENDOM vir ALTYD. Jou twee seuns, Manasse en Efraim wat in EGIPTE gebore is voor ek hier gekom het, NEEM EK AAN AS MY EIE. Hulle sal net soos RUBEN en SIMEON (dit is Jakob se eerste twee kinders by Lea) MY SEUNS wees. ENIGE kinders wat jy na hulle sal hê, sal saam met MANASSE en EFRAIM erf.  En in vers 12-15 lees ons: “Josef het altwee sy seuns voor sy pa Jakob laat staan vir Efraim aan Jakob se linkerkant en vir Manasse aan Jakob se regterkant. Maar Jakob het sy arms OORKRUIS op die koppe van die seuns gesit Sy REGTERHAND was dus op die kop van die jonger seun EFRAIM en sy LINKERHAND op die kop van die oudste seun Manasse. Toe seën Hy vir Josef en sê: Mag YHVH as God voor wie my oupa Abraham en my pa Isak geleef het, die God wat my versorg het my lewe lank tot vandag toe, en die (hoofletter) Engel (waarskynlik ‘n verwysing na Yeshua), wat my uit alle gevaar gered het, mag Hy hierdie twee seuns seën. Mag Hy sorg dat my naam en die name van my oupa Abraham en my pa Isak in hulle voortleef. En mag hulle ‘n groot nasie word. En Josef wil dan sy pa Jakob reghelp en herinner hom daaraan dat Manasse die oudste is. Maar Jakob het aan hom gesê: Ek weet my seun, nogtans sal sy jonger broer (Efraim) groter wees as hy, en sy NAGESLAG sal ‘n MENIGTE van NASIES word.

So wat het dan nou van REUBEN geword wat EINTLIK JAKOB se eersgebore SEUN, dus sy oudste seun by Lea was? Ons lees in 1 Kronieke 5:2 “En die seuns van RUBEN, die EERSGEBORENE van Israel;….maar omdat hy die bed van sy vader ontheilig het (julle sal onthou hy het saam met Bilha geslaap, Lea se slavin wat sy aan Jakob gegee het om kinders by hom te hê – lees Genesis 35:22 – daarom is REUBEN se EERSGEBOORTEREG van hom weggeneem en aan die SEUNS VAN JOSEF (dit is Efraim en Manasse), Josef die seun van ISRAEL gegee…” Josef was die ELFDE seun van Jakob en sy EERSTE seun by Ragel, sy geliefde vrou). In Jeremia 31:9 die laaste gedeelte lees ons ook: “Ek (YHVH) is vir ISRAEL ‘n VADER, en EFRAIM is My EERSGEBORENE.

En in Eksodus 4:22-23 lees ons gee YHVH aan Moses (gebore uit die stam van Levi, Jakob en Leah se derde kind), die opdrag om aan Farao te gaan sê: ”So spreek YHVH: My EERSGEBORE SEUN is ISRAEL. Daarom beveel Ek jou. Laat MY seun trek, dat hy My kan dien …”

En in DEUTERNOMIUM 33 lees ons seën Moses die TWAALF STAMME voordat hy sterf en seën hy vir Josef vanaf vers 13 en in vers 17 lees ons:  “Sy (dit is Josef) se eersgebore stier (dit is ‘n bul; so ons weet nou dit verwys na die SIMBOOL/ BANIER of VLAG van EFRAIM wat ‘n bul is) – heerlikheid is syne, en sy horings is buffelhorings; daarmee sal hy die volke stoot, die EINDES van die aarde almal saam. En dit is die TIENDUISENDE van EFRAIM, en dit is die DUISENDE van MANASSE!”

En dan sien ons ook later in Eksodus 12:37-38: “En die KINDERS VAN ISRAEL het van Raämses na Sukkot weggetrek, omtrent seshonderdduisend te voet, die manne buiten die kinders. En ‘n MENIGTE MENSE VAN GEMENGDE BLOED het ook saam met hulle opgetrek…” Dus kan ons aanvaar die NAGESLAG van Efraim en Manasse is saam met die res van die ISRAEL stamme uit Egipte bevry en oppad na die BELOOFDE land.

Ons sien dan ook verder aan in die Woord dat daar veral gepraat word van JUDA en van EFRIAM saam as die HUIS VAN ISRAEL of DIE HELE HUIS VAN ISRAEL. Ons lees wel in Psalm 60:7 “…ook Manasse behoort aan My. Efraim sal My KRYGSMANNE voortbring en JUDA sal My KONINGS oplewer (die GRONDTEKS vertaling sê: Efraim is die sterkte van My kop (my helm – hierdie is ‘n oorlogterm wat in die Woord gebruik word om ons KOPPE MEE TE BESKERM in GEESTELIKE OORLOGVOERING – ons sien dit word ook in Effesiers 6:17 deur Paulus genoem, die HELM van VELOSSING (in 1 Thesalonisense 5:8 noem hy dit die HOOP op die SALIGHEID/ REDDING) as deel van die wapenrusting van YHVH wat ons moet aantrek – die helm / van verlossing wat te make het met ons REDDING deur GELOOF in Yeshua die Messias en GEHOORSAAMHEID van ons GEDAGTES aan Hom – lees ook 2 Korinthiers 10:4-6).

Die Bybel in Praktyk verduidelik die HELM van VERLOSSING soos volg: As ons met ons VERSTAND eers begin twyfel of ons VERLOS/ GERED is, is ons klaar DODELIK GEWOND deur die bose (Satan en sy bose magte) se brand pyle soos verduidelik word in Effesiers 6:16. En dan sal ons sommer maklik ons lewe inrig volgens wat ons vlees (ons sondige natuur/ geaadheid of geneigdheid) wil hê. Dit is dus nodig om VAS en SEKER te wees van die WETE dat ons GERED is – soos ‘n helmet waarmee ons die TWYFEL pyle keer wat die vyand na ons wil skiet. Onthou REDDING deur YESHUA is die EERSTE van die SEWE stappe uitgebeeld in die Tabernakel in die woestyn in die Ou Testament. Dit is VAS en SEKER – daar is geen ander weg van REDDING as deur ons Messias Yehsua nie – en as ons eers Sy offer vir ons sondes aanvaar het – het ons ons klere van REDDING en GEREGTIGHEID vir eens en vir altyd ontvang – gratis en verniet uit die GENADE en LIEFDE van Abba Vader. Maar dan begin ons LEEF in hierdie geregtigheid van Yeshua – dis nou ons verantwoordleikheid om ons WIT KLERE van REDDING en GEREGTIGHEID wit te hou deur daaglikse SONDEBELYDENIS en weg te draai van ons ou lewenspad en saam met die Heilige Gees te stap op ons nuwe lewenspad (dit is stap 2 in ons HEILIGMAKINGSPROSES – die WASKOM voor die deur van die HEILIGE GEDEELTE van die tabernakel waar ons ingaan en dan voortgaan met stap 3 totdat ons in die kosbare teenwoordigheid van Abba Vader instap in die ALLERHEILIGSTE gedeelte. EN weens Yehsua se prys aan die kruis vir ons, is dit ENIGE tyd en plek moontlik vir ons, en kan ons in Abba Vader se teenwoordigheid leef, reeds hier op aarde.

Ons lees in Psalm 60:7: “JUDA (is) MY WETGEWER (my staf – so dus ‘n simbool van hoe ‘n koning regeer – met reëls en regulasies om orde en veilgheid vir ‘n volk te verseker). So dit mag moontlik dui op die TWEE belangrike elemene van ons aanbidding van YHVH wat ons tot in OPENBARING sien – naamlik GELOOF in YESHUA ons MESIAS en GEHOORSAAMHEID aan die WOORD (soos opgeteken in die Torah – Genesis tot Deuternomium en opgesom in die TIEN GEBOOIE).

Ons lees dan ook in Openbaring 12:11 dat die GELOWIGES wat deur Satan aangegkla en vervolg is hom hom oorwin het met TWEE dinge: Eerstens, die BLOED van die LAM (dit is m.a.w die seker wete dat Yeshua ons Mesias ons VERLOS het van ons sonde – dus het ons SAAM met ons Messias GESTERF – ons is DOOD vir die sonde en ons LEWE vir Hom en daarom is ons nie meer slawe van die Satan en sy gevalle natuur (m.a.w ons sonde nie) – ons het geestelik NUUT opgestaan as NUWE mense, soos Paulus se in Galasiers 2:20: ”ek leef nie meer nie maar YESHUA LEEF in my (lees ook Romeine 6:4 en Kolosense 3:1-25). En daarom sien ons ook in Openbaring 12:11 se tweede gedeelte: “Hulle het hulle lewens (m.a.w die liggaam, die aardse lewe), nie so liefgehad dat hulle onwillig was om vir Hom (vir hulle GELOOF in YESHUA hulle MESIAS te sterf nie). SO ons kan dus sê: EFRAIM verteenwoordig DIE GELOWIGES (mense uit alle NASIES VOLKE EN TALE), WAT YESHUA as hulle VERLOSSER aanvaar en VOLG. En ons lees dan in Openbaring 12:17 die draak, (dit is Satan en sy bose magte sal in die eind tyd oorlog maak teen die RES van die GELOWIGES – en hulle word beskryf as DIÈ wat DIE GEBOOIE van YHVH GEHOORSAAM (dit is die TORAH – Genesis tot Deuternomium opgesom in die TIEN GEBOOIE) – ‘n beskrywing van JUDA en wat VASHOU aan die GETUIENIS van YESHUA (m.a.w GLO in die GOEIE NUUS dat Yehsua die Messias vir ons sondes kom sterf het) – ‘n beskrywing van EFRAIM – so hier sien ons weer ‘n VERENIGING van EFRAIM en JUDA – YHVH se ware volk – die HELE HUIS VAN ISRAEL.

Hierdie VOLK van YHVH bekend as ISRAEL (wat die STAM van JUDA en GEMENGDE BLOED – wat ek dink ons kan aanvaar die stam van EFRAIM was – ‘n prentjie van ALLE mense wat vrywillig inent in YHVH se volk ISRAEL) wat uit EGIPTE verlos is en as EEN VOLK (ons kan sê as een koningkryk, of regering in die woestyn geleef het, het egter later TWEE koningkryke geword elkeen met sy eie regeerder. En dit is VANDAG nog so, maar ons weet vanuit die profesie in Esegiel 37 oor die HERSTEL van die HELE HUIS van ISRAEL met EEN KONING – ‘n beskrywing van die TWEE ryke of groepe (EFRAIM die afstameling van JOSEF verteenwoordigend van gelowiges in Yeshua die Messias vanuit ALLE NASIES VOLKE EN TALE) en JUDA – vandag genoem die JODE die wat die Torah van YHVH die Vader hou) in die VREDESRYK van Yeshua ons Mesias tot EEN VOLK herenig sal word en uiteindelik saam en vir ewig sal woon in die NUWE JERUSALEM (sien Openbaring 21:12).

Ons sien selfs in die KAMP UITLEG in Numeri hoofstuk 2 & 3, die opdrag van YHVH die God van Israel dat die KAMP in die woestyn soos volg uitgelê moes word: Die stam van JUDA, ISASKAR en SEBULON (Jakob se seuns by sy vrou Lea) moes OOS van die TABERNAKEL kamp, met JUDA aan die HOOF en hulle moes 1ste trek wanneer die kamp opgeslaan word, hulle BANIER (‘n vlag) was ‘n LEEU (onthou Jakob se seun Juda wat aan die hoof gestaan het van hierdie groep in GENESIS 49:9 is vergelyk met ‘n LEEU). SUID van hulle moes die stamme van REUBEN, SIMEON en GAD kamp (Reuben en Simeon was Jakob en Lea se seuns en Gad was Jakob se seun by Lea se slavin Silpa). Reuben was hulle hoof en hulle moes tweede vertrek wanneer kamp opgeslaan word en hulle banier was ‘n MAN want Reuben was die eersgebore, dus die OUDSTE kind van Jakob. WES van die Tabernakel het die stamme van EFRAIM, MANASSE en BENJAMIN gekamp (EFRAIM en MANASSE was die seuns van Josef, en beide Josef en Benjamin was die seuns van Jakob by sy lieflingsvrou RAGEL), hulle BANIER was ‘n BUL (ons sien die verwysing na Efraim as ‘n BUL met horings in die seën wat Moses oor die stam van Effraim uitspreek in Deuternomium 33:17). EFRAIM was dan ook hierdie drie stamme se hoof en hule moes derde vertrek. En NOORD het die stamme van DAN, ASER en NAFTALI gekamp (Dan en Naftali was die seuns van Jakob by Ragel se slavin Bilha en Aser was die seuns van Jakob by Lea se slaaf Silpa). Die stam van DAN was aan die HOOF en hulle moes laaste vertrek wanneer kamp opgeslaan is. Hulle BANIER is ‘n AREND. Die stam van LEVI (die seun van Jakob by Lea), die PRIESTERS moes REG RONDOM die TABERNAKEL kamp.

Die KAMP uitleg is BAIE INTERSSANT en soos ons ABBA VADER KEN, is Hy baie presies en akkuraat en het ALLES wat Hy doen ‘n DOEL. Ons sien dus twee aspekte in die KAMP uitleg – die kamp is verteenwoordigend van die TROON van YHVH – ons sien dit in verkseie gedeeltes vn die WOORD – soos in Esegiel 1:10 en Openbaring 4:7 waar die LEWENDE wesens (gerubs genoem, ‘n tipe ENGEL) om die TROON van YHVH beskryf word met vlerke en al vier het VIER gesigte – die GESIG van ‘n LEEU aan die REGTEKANT, die GESIG van ‘n BUL aan die LINKERKANT, die GESIG van ‘n AREND aan die agterkant en ‘n gesig van ‘n MENS aan die voorkant!

En indien mens na die kamp sou kyk van bo af, uit die lug uit, sou dit duidelik wees die uitleg is in die vorms van die HEBREEUSE LETTER TAV – m.a.w in die VORM van ‘n KRUIS en dus ‘n prentjie van VERLOSSING en REDDING deur Yehsua ons Messias! Fantasties né! Alle eer aan YHVH ons Vader en Verlosser!

En nog ‘n interesante feit – ons sien in Numeri 13 word die 12 verkenners EEN UIT ELKE STAM VAN ISRAEL geidentifiseer om die beloofde land te gaan verken en sien ons KALEB was vanuit die STAM VAN JUDA en JOSHUA wat later by Moses oorgeneem het na sy dood en die volk in die BELOOFDE LAND moes inneem was uit die STAM VAN EFRAIM – sien Numeri 13:6, 8 en 16. En wat meer is ons weet met die terugkom van die verkenners het net Kaleb en Johua GEGLO hulle kan die land met YHVH se krag inneem. M.a.w NET JUDAH en EFFRAIM het geglo en ons sien ook net hulle het oorleef – die res van die verkenners wat banger was vir die reuse as vir YHVH en dus nie geglo het in die KRAG van YHVH wat groter as die van die reuse is nie, is uitgewis (Lees Numeri 14:20-36).

Maar kom ons gesels net eers oor HOE dit gebeur het dat KONINGKRYK bekend as ISRAEL in TWEE geskeur het.

In 1 Konings hoofstuk 11-12 sien ons dat YHVH die Vader, weens Salomo se oortredings teen hom (wat behels het die dien van afgode saam met sy 1000 vroue wat afgodsdienaars was en hy het nie meer die VERBOND en INSETTINGE – verordeninge, voorskrifte, wetlike bepalings, gebooie van YHVH gehou nie). Dit is nogal ironies want ons lees in  1 Kronieke 28:4-9 sê David op sy sterfbed die volgende aan sy seun Salomo: “…YHVH, die God van Israel, het my uit al my pa (dit is Jesse), se familielede gekies om vir ALTYD KOINING oor ISRAEL te wees. Hy het die STAM JUDA GEKIES om te regeer, en uit al die families van JUDA het Hy my pa se familie gekies, en Hy het besluit om my uit my pa se familie KONING te maak oor die HELE ISRAEL. YHVH het aan my baie kinders gegee en onder hulle het Hy Salomo gekies om NA my op die troon te sit. Hy het vir my gesê: jou seun Salomo sal My tempel en voorhowe bou, want Ek het hom as My seun uitgekies, en ek sal sy Vader wees. As hy aanhou om My GEBOOIE en REGULASIES te GEHOORSAAM soos hy nou doen, sal EK sy koningkryk vir altyd bevestig. Daarom gee ek nou hierdie opdrag voor die HELE ISRAEL, YHVH se GEMEENTE, terwyl Hy my GETUIE is: Wees versigitg om AL DIE GEOOIE van YHVH julle God te GEHOORSAAM sodat julle hierdie goeie land kan besit en vir julle kinders kan nalaat as PERMANENTe besitting. En jy Salomo, my seun, sorg dat jy YHVH, die God van jou pa leer ken, dien en aanbid met jou HELE HART en met ‘n GEWILLIGE VERSTAND. Want YHVH SIEN ELKE HART en VERSTAAN en KEN ELKE PLAN en GEDAGTE. As jy na Hom SOEK, SAL jy HOM VIND. Maar as jy Hom verlaat sal Hy jou vir altyd verwerp.”

Maar Salomo kies toe ongelukkig om eerder sy 1000 vroue gelukkig te hou as om gehoorsaam te wees aan YHVH die Skepper en Koning van die heelal en daarom het Hy aan Salomo gesê dat Hy die koningskap van hom gaan afskeur en dit aan een van sy onderdane sal gee, maar Hy sal nie die HELE KONINGSKAP van hom wegneem nie – Hy sal EEN STAM aan sy seun gee. Abba Vader sê duidelik aan Salomo dat Hy weens David, Salomo se pa se getrouheid en toewyding aan Hom, dit nie tydens Salomo se tyd sal laat gebeur nie, maar wel in sy nageslag se tyd. En ons sien dan tydens die regering van Rehabeam, Salomo se seun, skeur die Israel ryk in TWEE, naamlik: DIE SUIDRYK  – dit is die stam van JUDA en die klein stam van BENJAMIN en die NOORDRYK – dit is die res van die 10 stamme later genoem ISRAEL. Die rede waarom hulle so genoem is was as gevolg van die gedeelte van die LAND ISRAEL wat aan hulle toegeken is – JUDA het in die SUIDE van die LAND ISRAEL gewoon genaamd JUDEA met JERUSALEM as HOOFSTAD en EFRAIM en MANASSE in die NOORDE van die land Israel – met die HOOFSTAD, eers genoem SIGEM, toe TIRSA en toe SAMARIA en DAAROM word daar ook in die Woord soms van die Efriam stam gepraat as SAMARIA.  Ons kry bevestiging daarvoor in die Nuwe Testament in Johannes 4:5-15 waar ons sien dat Yehsua JUDEA verlaat om weer na Galilea te gaan en oppad daarheen reis deur SAMARIA en ons lees in vers 5: ”Hy kom toe by ‘n stad van SAMARIA wat SIGAR genoem word, naby die stuk grond wat JAKOB aan sy seun JOSEF gegee het. En die FONTEIN van JAKOB was daar. Yeshua het toe by die fontein gaan sit omdat Hy moeg was van die reis en daar kom toe ‘n VROU UIT SAMARIA om water te skep. Die twee ryke (Judea en Samaria) was VYANDIG teenoor mekaar gesind – hulle het dus oor tyd so vervreemd van mekaar geraak dat hulle basies vergeet het, dat hulle BROERS is. Ons sien dit in die woorde van die Samaritaanse vrou by die put in Johannes 4:9 waar Yeshua vir haar vra om water vir Hom uit die put te skep om te drink en sy aan Hom sê: “Hoe is dit dat U wat ‘n Jood is (m.a.w van die stam van JUDA) van my vra om water te drink terwyl ek ‘n SAMARITAANSE VROU is?” En dan ken ons die res van die verhaal, dat Yeshua aan haar sê dat Hy aan haar LEWENDE WATER KAN GEE. Merk ook op dat die SAMARITAANSE vrou in vers 12 sê dat JAKOB hulle, die SAMARITANE se vader is, m.a.w dat hulle die NAGESLAG van Jakob is en ons weet nou dit is deur Josef en EFRAIM.

Rehabeam, Salomo se seun het bly regeer oor die SUIDELIKE RYK – m.a.w Juda en Benjamin het getrou gebly aan die Dawidshuis. Hierna word daar na die NOORD en SUIDRYK saam verwys as die HELE HUIS VAN ISRAEL – so dit sluit dan basies al 12 die stamme in.

Met tyd het Juda en Benjamin (later net bekend as JUDA – of soos hulle vandag genoem word die JODE) in balingskap in gegaan in Babilonië, maar weer na Jerusalem teruggekeer, terwyl die res van die 10 stamme, VERSTROOI is en in die kulture om hulle geasimileer is en basies oor tyd nie meer geweet het van watter van die 10 stamme hulle afkomstig is of enigsens van ISRAELI afkoms is nie.

Die res van die gesprek tussen Yeshua en die Samaritaanse vrou in Johannes vers 19-30 asook die Smaritane se reaksie op Yeshua in vers 31-42 maak dan ook baie meer sin. En julle onthou ook Yeshua se gelykenis van die GOEIE SAMARITAAN in Lukas 10:25-37 wat Hy aan die WETGELEERDE (die studie Bybel sê dis ‘n expert in die Torah – dus moes dit ‘n Fariseër gewees het van die stam van Judah), gesê het nadat hy aan Yeshua gevra het hoe mens die ewige lewe kan verkry en Yeshua vir hom gevra het wat staan in die WET en die WETGELEERDE geantwoord het: “Jy moet YHVH jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.” En Yeshua toe aan hom gesê het jy het reg geantwoord, DOEN dit en jy sal lewe. Maar toe wil die WETGELERDE weet: “WIE is my naaste?” En Yeshua antwoord hom dan deur die gelykenis van die GOEIE SMARITAAN te vertel waarin ‘n die stam van LEVI (priesters) die man nie gehelp het nie, maar ‘n SAMRITAAN – die vyande van die stam van JUDAH, die gewonde man wel gehelp het. Yeshua vra dan aan die FARISEËR – wie is die naaste van die gewonde man en hy antwoord DIE een wat BARMHARTIGHEID aan hom bewys het. En Yeshua ons Messias se laaste opdrag maak dan ook baie sin wanneer Hy aan Sy dissipels voor Sy hemelvaart sê: “…julle sal KRAG ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal MY GETUIES wees in JERUSALEM sowel as die hele JUDEA (m.a.w waar die STAM vn JUDAH gebly het) en SAMARIA (dit is waar die STAM van EFRAIM & Manasse) gebly het en tot aan die uiterstes (die verse afgelee plekkies) van die aarde.” Lees Handelinge 1:8.

Ons sien ook dat Petrus en Johannes (twee lede van die stam van Juda), die woord verkondig aan SAMARIA (Efriam en Manasse – dus die STAM VAN JOSEF). Lees Handelinge 8:14-17 en ons lees ook in Handelinge 9:31 “En die GEMEENTES deur die HELE JUDEA en Galilea en SAMARIA het VREDE gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het (geleef het) in die vrees van YHVH en die vertroosting van die HEILIGE GEES, het hulle vermeerder.”

Ons sien ook die BRIEWE in die NUWE TESTAMENT word gerig aan die VOLGENDE GROEPE:

Paulus se brief getiteld Romeine is gerig AAN AL DIE GELIEFDES VAN YHVH, GEROEPE HEILIGES wat in Rome is. Sy briewe 1 & 2 KORINTHIËRS is gerig aan die GEMEENTE van God, die Vader wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Yeshua die Messias, die geroepe heiliges, saam met almal wat die Naam van Yeshua ons Messias in elke plek aanroep. Die brief Galasiërs is gekryf aan die gemeentes van Galasië en sy brief aan die Effesiërs is geskryf aan: die heiliges wat in Efese is, en die gelowiges in Yeshua die Messias. Die brief Fillipense is geskryf aan al die heiliges in Yeshua die Messias wat in Fillipi is, die leiers en die shammashim (die wat dien of dienslewer). Die brief aan die Kolossense is geskryf aan die heilige en gelowige broers in Yeshua die Messias wat in Kolosse is. Die briewe 1 & 2 Thessalonicense is geskryf aan die gemeente van Thessalonicense wat in God die Vader en Yeshua die Messias is. Timotheus 1 & 2 is ‘n briewe geskryf deur Paulus aan Timotheus wat hy sy ware en geliefde kind noem. So noem Paulus ook vir Titus in die brief wat hy aan hom geskryf het.

Jakobus skryf aan die TWAALF STAMME wat in die verstooiing (versprei of uitmekaar gedryf) is, PETRUS skryf sy eerste brief aan die VREEMDELINGE van die verstooiing (verdpreiding) in Pontus, Galasië, Kappadocië, Asië en Bithinië, UITVERKORE (uitgekies) volgens die voorkennis van God die Vader, in die HEILIGMAKING van die HEILIGE GEES, tot gehoorsaamheid en besprinkeling met die bloed van Yeshua die Messias (wat dui op vergifnis vir sondes deur Sy bloed).” En Petrus se 2 de brief word geskryf aan: DIE wat net so ‘n KOSBARE geloof as ons (die dissipels) verkry het deur die GEREGTIGHEID van ons GOD (die Vader) en SALIGMAKER (Redder en Verlosser), Yehsua die Messias. As gevolg van die ernstige vervolging is Johannes se 1ste brief vaag gerig, maar in sy 2de brief se hy dis geskryf aan: die uitverkore (uitgekiesde) vrou (‘n verwysing na ISRAEL) en haar kinders (dit is alle gelowiges in Yeshua die Messias en wat die gebooie van YHVH die Vader hou. Lees ook Openbaring hoofstuk 12 wat ook deur Johannes geskryf is. Hy sê verder: “…wat ek in WAARHEID liefhet, en nie ek alleen nie , maar ook ALMAL wat die WAARHEID leer ken het.” En Johannes se 3de brief is aan Gajus geskryf. Die brief van Judas is geksryf aan: DIE wat GEROEP is in God die Vader en GEHEILIG en vir Yeshua die Messias bewaar is (veilig gehou word, beskerm word). DUS is AL hierdie kosbare briewe geskryf vir AL ABBA VADER se kinders wat deur Yeshua ons Mesias gered is en wat in gehoorsaamheid aan Hom leef! LEES hulle almal dus seblief!

Maar wat het Yeshua dan bedoel in Mattheus 15:24 waar Hy sê: “Ek is NET gestuur na die VERLORE SKAPE van die HUIS van ISRAEL.” En in Mattheus 10:5-6 toe hy die TWAALF dissipels uitgestuur het en bevel aan hulle gegee het: “Moenie gaan oppad na die HEIDENE nie (dit is ONGELOWIGES, mense wat AFGODE DIEN) en moenie ingaan in die STAD van die SAMARITANE nie; maar gaan liewer na die VERLORE SKAPE VAN ISRAEL”.

So as EFRAIM die SAMARITANE was – waarom word hulle nie hier as deel van die HUIS van ISRAEL gesien nie? Ons kry moontlik die antwoord hierop in 2 Konings 17:24-41. Die onbevolkte dele van Israel wat ontstaan het as gevolg van die balingskap waarin hulle weggeneem is het daartoe gelei dat die koning van Asirië ander volke uit Babel, Kuta, Awa, Hamat en die Sevarviete wat NIE YHVH die God van Israel gedien het nie, in Samaria laat intrek het. En self nadat een van die PRIESTERS van Samaria gekom het op bevel van die koning en hulle kom leer het om YHVH te vrees lees ons in vers 34: “Tot vandag toe handel hulle (tree hulle op) volgens die vroeëre gebruike: hulle vrees nie vir YHVH nie, en handel ook nie volgens…die wet (die Torah, dit is Genesis tot Deuternomium) en gebod (die Tien Gebooie wat ‘n opsomming is van die Torah) wat YHVH die kinders van Jakob bevel het, aan wie die NAAM ISRAEL gegee is.”

Ons lees ook in Psalm 78:55-68 getiteld LESSE UIT DIE GESKIEDENIS, dat ISRAEL ten spyte van YHVH se sorg en beskerming wederstrewig en ongehoorsaam was aan Hom en hulle het troueloos gehandel (ontrou opgetree) teenoor Hom en dan lees ons in vers 67-72 “En Hy het die tent (m.a.w die HUIS of NAGESLAG) van JOSEF VERWERP, en die STAM VAN EFRAIM het Hy nie UITVERKIES nie, maar die STAM VAN JUDA het Hy uitverkies (m.a.w die stam van Juda bo die ander stamme gekies). En dit is waar die beginsel vandaan kom van die JOOD (m.a.w die stam van Juda) EERSTE – lees Romeine 1:16 en Romeine 2:9.

Die profeet Hosea vertel ook van Efraim wat onder die regering van Jerobeam (een van Salomo se onderdane), se koningskap verregaande (buitensporige, brutale, astrante, moedswillige, skandelike) boosheid gedoen het en hy kondig die ondergang en verwoestng van Efriam aan as gevolg van sy sondes. Ons weet ook dat die konings van Israel (Effraim en Manasse se nasate – baie boos was; een van hulle was die koning Agab wat met die bose Isebel getroud was – koning Agab word in 1 Konings 21:25 beskryf as ‘n bose koning sonder gelyke – YHVH het hom ‘n kans gegee om te herbesin oor sy boosheid, maar hy het weer terug geval en hy was so boos dat YHVH die God van Israel hom en sy hele nageslag uitgewis het. Lees 1 Konings hoofsuk 16-22, 2 Konings hoofstuk 9-10 en 2 Kronieke hoofstuk 18-22 asook Hosea hoofstuk 7-10. Ons weet BEIDE hierdie koningkryke – JUDA en ISRAEL (Efraim & Manasse) was  ONTROU – lees ook die profesie in Esegiel 23 van die twee susters – Ohola (is Israel, hier genoem SAMARIA, m.a.w die NAGESLAG van Efraim) en Oholiba (is die nageslag van Juda).

Maar Abba Vader het ‘n GOEIE PLAN gehad – BEKEND AS DIE GOEIE NUUS – om Yeshua die Messias te stuur – die HOEKKLIP wat die basis sou vorm om twee KLIPMURE, JUDA (die Jode) en ISRAEL (Efraim & Manasse wat ‘n beeld is van ALLE VOLKE, NASIES en TALE wat YHVH, die God van Israel aanvaar en volg) saam te voeg en te verening tot EEN HUIS van ISRAEL in die duisend jarige VREDESRYK van Yeshua die Messias en die Koning van die HELE HUIS VAN ISRAEL. Ons lees die profesie hiervan in Esegiel 34:11-16 “Want so sê Adonai (YHVH): Kyk hier is Ek, en Ek sal na MY SKAPE vra en vir hulle SORG. Soos ‘n HERDER vir Sy trop skape sorg op die DAG as hy onder sy verspreide skape is, so sal Ek vir My SKAPE SORG; en EK sal hulle RED uit al die plekke waarheen hulle verstooi (versprei) is op die DAG van WOLK en DONKERHEID (‘n verwysing na die OORDEELSDAG). En Ek sal hulle uitlei uit die VOLKE en VERSAMEL uit die lande en hulle bring in hul land (verwysing na die VREDESRYK van YESHUA); en EK sal hulle laat wei op die BERGE van ISRAEL, in die klowe en in al die bewoonbare plekke van die land…en Ek sal my skape oppas, en Ek self sal hulle laat lê en RUS, spreek ADONAI (YHVH). Die wat VERLORE is, sal EK SOEK en wat weggedryf is, SAL EK TERUGBRING, en wat GEWOND is, sal EK VERBIND, en die SIEKES sal EK VERSTERK…” Lees seblief self hierdie hele profesie. En Paul verduidelik dit in Effesiërs 2:11-22 waar hy sê dat Yeshua ons Messias met SY kruisdood kom VREDE maak het tussen die STAM van JUDA en die STAM van EFRAIM – basies tussen die Suidryk en die NOORDRYK sodat hulle EEN NUWE MENS sal wees en deur HOM het ALBEI ryke of AL die STAMME van ISRAEL – alles mense wat Yeshua aanneem as hulle Verlosser en die Woord en gebooie van YHVH die Vader hou sal deur Yeshua toegang hê deur een GEES (die Heilige Gees) tot die VADER. En dan lees ons in vers 19 “So is julle dan nie meer VREEMDELINGE en BYWONERS nie, maar MEDEBURGERS van die heiliges (die set-appart, die wat afgesonderd leef vir YHVH) en HUISGENOTE (GESINSLEDE) van God die Vader.  Lees ook die mooi beskrywing in Jeremia hoofstuk 31.

He-Brews-Coffee-Roastery-Logo

Stay In Touch