DEEL 5:
DIE MENS AS GOD SE TEMPEL
23 November 2024
Ons vind ‘n beskrywing in die Woord van die mens as ‘n TENT – en ons weet mos die TABERNAKEL was ook ‘n tent – basies ‘n beweegbare TEMPEL.
Beide Paulus en Petrus beskryf ONS LIGGAME as AARDSE TENTWONINGS (Lees 2 Korinthiërs 5:1-10 en 2 Petrus 1:13-14). Dit dui natuurlik op die tydelikheid en broosheid van ons aardse liggaame. Niemand kan vir ewig hier leef nie, maar ons kry ook hier die belofte dat wanneer hierdie aardse tentjie afgeslaan word, gaan ons, AFHANGEND van WAARMEE ons GEKIES het om ons TENTJIES te vul, na ‘n EWIGE bestemming toe. As dit die KONINGKRYK van YHVH is wat ons gekies het deur gehoorsaam aan Hom te lewe en so die teenwoordigheid van Sy Heilige Gees in ons tentjie geniet het, sien ons uit na ‘n VERHEERLIKTE liggaam in die ewigheid – ene wat soos die voorbeeld van Yeshua ons Messias was in die 40 dae op aarde na Sy opstanding uit die dood en voor Sy hemelvaart – ons weet dus hierdie verheerlikte liggaam kan praat, proe, ruik, eet, gesels met mense en mens kan dit selfs aanraak, maar dit kan ook deur mure beweeg en verskyn en verdwyn – dus is dit nie meer onderhewig aan die beperkings van die aarde soos swaartekrag en ander aardse materie wette nie (Mattheus 28, Markus 16, Lukas 24 en 1 Korinthiërs 15). Beslis iets om na uit te sien!
Maar waar kry Petrus en Paulus die idee dat ‘n MENS ‘n TENT is? In die Ou Testament wat natuurlik al geskrewe Woord was wat hulle in daardie tyd gelees het. Ons lees oor hierdie TENTWONING wat ‘n verwysing is na beide die Tabernakel van YHVH en die mens se liggaam in Jeremia 10:20-21 waar daar dan ok aangedui word dat die TENT verwoes word deur HERDERS (m.a.w LEIERS van die VOLK) en YHVH nie gesoek het nie; daarom was hulle nie voorspoedig nie en hulle hele kudde (die volk) is verstrooi.
Job verwys ook na die MENS as ‘n TENT in verskeie verse soos hoofsuk 4:21 waar gepraaat word van die TENTLYN en TENTPENNE wat losgeruk word wanneer iemand sterf. Lees ook Job 11:13-14 wat sê: moenie toelaat dat daar ONREG in jou TENT woon nie (wat natuurlik beteken moenie gedagtes of emosies van onreg in jou brein en hart toelaat nie). En Job 15:34 wat aandui dat VUUR die tente van die goddelose verteer en in Hooftuk 18:5-6 lees ons: “die LIG van die goddelose gaan dood, en die vlam van sy vuur bly nie flikker nie. Die LIG IN SY TENT word DUISTERNIS, en sy LAMP bo hom gaan dood.”
Lees ook David se woorde in Psalm 84:1-13 waarin hy aandui hoe LIEFLIK die WONING van YHVH is waarin hy sal verkies om eerder net in die VOORHOF te staan as ‘n duisend jaar in die TENTE van goddeloosheid te bly.
In Levitikus 1:1 en Numeri 1:1 sien ons duidelik dis waar YHVH met Moses gepraat het – binne in die Tent wat natuurlik beteken binne die TABERNAKEL en vandag is ons daardie tent waar Hy ons ontmoet in ons GEDAGTES en HARTE wanneer ons SY Woord lees en oordink en met Hom gesels deur te BID en Hom te verheerlik deur LOFPRYSING.
Ons word ons as SY TEMPELS beskryf in 1 Korinthiërs 6:18-20 waar Paulus sê: “Vlug vir hoerery. Enige sonde wat ‘n mens doen, is buite die liggaam, maar wie hoerery bedryf, sondig teen sy eie liggaam. Of weet julle nie dat julle LIGGAAM ‘n TEMPEL is van die HEILIGE GEES wat IN julle is, wat julle van God (die Vader ontvang) het, en dat julle nie aan julleself behoort nie? Want julle is DUUR gekoop. Verheerlik God dan in julle liggame en in julle (mens) gees wat aan God behoort.”
Net soos die TABERNAKEL en TEMPEL uit DRIE DELE bestaan het en presies gebou moes word volgens die BLOUDRUK wat Abba aan hulle gegee het – word ELKE mens ook ontwerp en gebou deur ABBA in die moederskoot en word gebore met ‘n LIGGAAM wat kontak het met ander, vergelykbaar met die VOORHOF van die TEMPEL, ‘n HEILIGE GEDEELTE vergelykbaar met die gees van die mens wat net soos die liggaam lyk en die gedeelte is wat jou siel (jou gedagtes, emosies en vry wil) huisves en jou aardse liggaam verlaat wanneer jy sterf (lees Prediker 12:6-7).
En jou ALLERHEILIGSTE – is dus die SIEL waar jou gedagtes en hart (jou emosies) en vrye wil gesetel is – die plek waar die Heilige Gees in ons woon en waar ons God ontmoet en waar SY WET (Sy TORAH opgesom in die TIEN GEBOOIE) neergeskryf is op ons HARTE – Abba se VERBONDSARK, SY TROON sodat dit die WET (die RIGLYNE) word waarvolgens ons lewe en heers op aarde met die outoriteit wat Hy aan ons gee. Paulus verduidelik dit so mooi in 2 Korintheirs 3:3 waar hy se: “Julle (die gelowiges) is ons BRIEF, geskryf in ons harte, geken en gelees deur alle mense (m.a.w ons geloof – dit wat binne ons SIEL, ons kan sê in ons TEMPEL, binne die GEDAGTES en HART VESTIG word sigbaar in ons woorde en dade); omdat julle duidelik ‘n BRIEF van die MESSIAS is deur ons DIENS berei, geskryf nie met ink nie, maar met die Gees (die Heilige Gees) van die LEWENDE GOD; nie op KLIPTAFELS nie maar op die VLEESTAFELS (m.a.w binne in) die HART.” (Presies dit wat Abba die NUWE VERBOND noem wat Hy sal sluit met die HUIS van JUDAH en die HUIS van ISRAEL (dis ALLE GELOWIGES IN YESHUA) soos on lees in Jeremia 31:31-34 en Esegiel 36:26-27 en in die Nuwe Testament bevestig in Hebreërs 8:10 en 10:16).
‘n TEMPEL is dus ‘n PLEK WAAR IETS OF IEMAND AANBID word en dit is nou hier waar die PROBLEEM kan ontstaan want ons is GESKEP om vir YHVH te aanbid maar Hy dwing ons nie, want Hy wil hê ons moet Hom VRYWILLIG aanbid omdat ons Hom liefhet. En dis hier waar die bose sy kans gebruik om ons geweldig te mislei en so te probeer om op die TROON van ons HARTE te sit, sodat die LIG (die Heilige Gees) van Abba Vader binne in ons UITGEDOOF sal word en ons lewens beheer word deur die sonde wat tot die dood lei.
En dit is presies wat die Goue Lampstander, die MENORAH – die ENIGSTE LIG wat in die TEMPEL toegelaat is voorstel. Dit is die LIG van God wat ook in ons moet BRAND. Ons lees in Psalm 27:1 sê David: “YHVH is my LIG en my heil (my Redding): vir WIE sou ek vrees?…” En Psalm 119 gaan oor hoe lief David YHVH se GEBOOIE het en in vers 105 verduidelik vir ons PRESIES WAT daardie LIG is naamlik: “U Woord is ‘n LIG vir my pad en ‘n LAMP vir my voet.”
In Job 18:5-6 het ons gelees: “die LIG van die goddelose gaan dood, en die vlam van sy vuur bly nie flikker nie. Die LIG IN SY TENT word DUISTERNIS, en sy LAMP bo hom gaan dood.” Kan jy HOOR dat hierdie verse na die MENORAH in die HEILIGE GEDEELTE VAN DIE TABERNAKEL of TEMPEL verwys as die HART EN GEDAGTES van de MENS waarin die LIG van YHVH uitgedoof word wanneer ons boosheid gewilliglik/ doelbewus in ons gedagtes en harte toelaat wat gewoonlik deur een of ander opening/ deur inkom, VERAL deur ons OË maar ook deur ons ORE en bose WOORDE en DADE word. Yeshua ons Messias waarsku ons in Mattheus 6:22-23 “DIE LAMP van die LIGGAAM is die OOG. As jou OOG dan REG is, sal jou HELE LIGGAAM VEILIG WEES. Maar as jou OOG VERKEERD is, sal jou HELE LIGGAAM DONKER wees. As dan die LIG in jou DONKERHEID (duisternis) is, hoe GROOT sal die DONKERHEID (duisternis) nie wees nie!” (Lees ook Sy waarskuwing en aggresiewe aksie wat Hy voorstel in Mattheus 5:27-29 oor waarna ons oë kyk en wat Hy voorstel om eerder ons oë uit te pluk as om dit toe te laat om ons te laat struikel want dit kan ons LEWENS donker en duister en tragies maak op aarde en ons ons EWIGE LEWENS KOS! Dit het weereens te make daarmee dat ons VERSIGTIG moes wees waarna ons KYK en LUISTER want dit gaan ons GEDAGTES en EMOSIES, m.a.w JOU BREIN en JOU HART en JOU VRYE WIL (jou keuses en belsuite), genoem jou SIEL beïnvloed (ons kan dalk se PROGRAMEER) en uiting vind in jou DADE en WOORDE. En dit is presies om die rede dat Spreuke ons aanmoedig in Spreuke 4:3-4 & 21-23 “…Laat jou HART my WOORDE VASHOU; ONDERHOU MY GEBOOIE, DAN SAL JY LEWE…want hulle is die LEWE vir die wat hulle vind, en ‘n GENESING vir hulle HELE LIGGAAM. BEWAAK jou HART meer as ALLES wat bewaar moet word, want DAARUIT is die OORSPRONG van die LEWE.” (die NLV sê: wees versigtig met wat in jou HART aangaan. Wat jy DINK BEPAAL ALLES wat JY DOEN).
Ons lees ook dan in Spreuke 20:20 ‘n voorbeeld van iemand wat NIE sy hart bewaar het nie en ONGEHOORSAAM WAS aan die WOORD en die AAKLIGE gevolge daarvan moes dra. Hier staan: “Wie sy vader of moeder vloek (m.a.w hulle nie eer nie wat ‘n oortreding is van die 5de gebod), sy LAMP gaan in die pikdonker dood.” Ons weet ‘n lang lewe is gekoppel as ‘n seën wanneer ons die 5de gebod nakom (Eksodus 20:12). Dus sien ons hier ‘n beskrywing van die LIG wat in jou UITGEDOOF word deur die DUISTERNIS, ma.w deur sonde – want ons weet mos die Woord sê: Die PRYS van die SONDE is die DOOD. En hierdie prys het Yeshua vir ons TEN VOLLE betaal – maar om dit te ontvang, moet ons Hom as Verlosser aanvaar en Hom VOLG in die LIG (Romeine 6:23, 1 Petrus 2:24 en 1 Johannes 1:1-10).
Paulus verduidelik in Efesiërs 5:8 “Want vroeer WAS JULLE DUISTERNIS, maar NOU is julle LIG in YHVH – wandel (m.a.w leef) soos kinders van die LIG. ”
Maar HOE bly hierdie LIG voortdurend aan die BRAND binne in ons? Johannes vertel vir ons in 1 Johannes 2:1-17 dat ons dit regkry wanneer ons SY GEBOOIE ONDERHOU en NIE die wêreld liefhet nie. Yeshua ons Messias sê self in Johannes 14:15 “As julle My liefhet, BEWAAR (hou, gehoorsaam) MY GEBOOIE.” Lees ook Johannes 15:9-10 waar Yehsua aandui as ons SY GEBOOIE BEWAAR sal ons IN SY LIEFDE BLY, net soos HY die GEBOOIE van SY VADER bewaar en IN SY LIEFDE BLY.
Ons het ongelukkig nie tyd om dieper hierin te gaan nie, MAAR ALTWEE die AARDSE TEMPELS is ONTHEILIG en daarna weer gereining en dan is daar TERUG BEWEEG na ABBA se Wet (Sy TORAH) en die weeklikse fees (die Shabbat) en die jaarlikse SEWE FEESTE van YHVH is weer gehou – Lees Nehemia hoofstuk 8, 2 Kronieke 34 & 35.
Maar sê die Woord nie aan ons Yeshua ons Messias is die WARE TEMPEL van YHVH nie? Hoe kan ons dan ook die TEMPELS wees? Wat is dan die verband tussen Yeshua ons Messias as die WARE TEMPEL van die Vader en die mens as die TEMPEL van die Heilige Gees? Ons lees in Sagaria hoofstuk 10 ‘n profesie dat YHVH Sy volk ISRAEL (beide die Huis van Judah en die Huis van Efraim) sal HERSTEL en in vers 4 sê Hy uit JUDAH “…sal DIE HOEKSTEEN…” kom. En in Efesiërs 2:15-22 lees ons dan WIE hierdie HOEKSTEEN is, naamlik: Yeshua ons Messias, waarin JOOD (Judah en Benjamin) en nie-Jood (Efraim aan die hoof van de tien stamme insuitend alle gelowiges in Yeshua), versoen is deur Sy KRUISDOOD en aan ons TOEGANG gee tot God die Vader en so word ons ALMAL saam GEBOU op die FONDAMENT van die APOSTELS en PROFETE, terwyl YESHUA die MESSIAS SELF DIE HOEKSTEEN is, in WIE die GEBOU verrys (vinnig en groot gebou word) tot ‘n HEILIGE TEMPEL in YHVH, in WIE ons ook saam OPGEBOU word tot ‘n WONING van GOD se (HEILIGE) GEES.
En in 1 Petrus 2:5-9 bevestig Petrus dit: “en noem ons LEWENDE STENE GEBOU op die KOSBARE HOEKSTEEN YESHUA die MESSIAS tot ‘n GEESTELIKE HUIS, ‘n UITVERKORE GESLAG, ‘n KONINKLIKE PRIESTERDOM, ‘n HEILIGE VOLK as SY EINEDOM. Dus is Yeshua ons Messias die HOEKSTEEN en FONDAMENT van die GEMEENTE, YHVH se ISRAEL en is ELKE GELOWIGE as ‘n individuele WOONPLEK/ ’n TEMPEL van die HEILIGE GEES van God, ‘n LEWENDE STEEN in die GESAMENTLIKE TEMPEL (LIGGAAM VAN YESHUA).
Paulus verduidelik dit ook in 1 Korinthiërs 3:16-17 met ‘n ernstige WAARSKUWING wanneer hy sê: “Weet julle nie dat julle ‘n TEMPEL van God is en die Gees van God in julle woon nie? As iemand die TEMPEL VAN GOD SKEND (beskadig, ontheilig, onteer, verbreek), sal GOD hom SKEND; want die TEMPEL VAN GOD IS HEILIG, en DIT IS JULLE.”
Maar ongelukkig is ons mens TEMPELS net so onder VOORTDURENDE aanval as wat die AARDSE TEMPELS van Abba Vader was – ‘n VYAND is altyd besig om ons te VERVOLG en te probeer om ons te DWING of te MISLEI om ons TEMPELS te bevuil. Hoekom? Want ons bose vyand weet, Abba Vader kan nie in ‘n VARKHOK leef nie weens Sy HEILIGHEID. Dus sal ‘n mens wat GEESTELIKE VARKVLEIS eet (al die gemors wat die wêreld vir ons opdis) en in ‘n VARKHOK leef en varke aan afgode offer, NIE die teenwoordigheid van YHVH die Vader en Sy SEËNINGE en VOORSIENING en BESKERMING wat daarmee gepaart gaan kan ervaar nie. En dit geld ook vir mense wat sogenaamd GODSDIENSTIG is en elke week kerk toe gaan want Yeshua het die aardse TEMPEL binne gegaan waarin die godsdienstige mense met hulle godsdienstige praktyke besig was, om beeste en skape en duiwe te verkoop, en met ‘n SWEEP wat Hy van toutjies gemaak en met YWER (geesdriftig, kragtig) die TEMPEL binne gegaan en die HANDELAARS en hulle KLIËNTE begin UITJAAG. Hy het die tafels van die geldwisselaars en die stalletjies van die duiwe verkopers omgegooi en gekeer dat iemand nie ‘n voorwerp oor die TEMPEL area rond dra nie, en Hy het met Sy SWEEP al die mense en diere UITGEDRYF en SO DIE TEMPEL SKOONGEMAAK en hulle onderrig: “My TEMPEL sal ‘n huis van GEBED wees vir al die nasies (‘n verwysing na Jesaja 56:7) Lees hieroor in Mattheus 21:12-17, Markus 11:15-19, Lukas 19:45-48, en Johannes 2:13-17.
Maar selfs voor hierdie DRASTIESE SKOONMAAK van die TWEEDE TEMPEL, wat al weer net so ontheilig was soos in die tyd van Antihocus Epifanus en ‘n SKOONMAAK en HERTOEWYDING nodig gehad het – DIE keer nie deur Judah Makkabeër/ Maccabeus nie, maar deur God self – sien ons DIKWELS in Yeshua se aardse bediening hoe HY MENS TEMPELS reining van bose geeste en toewy deur aan hulle te se: “GAAN EN SONDIG NIE MEER NIE!” In een geval – die geval van LEGIO, soos opgeteken in Markus 5 en Mattheus 8 sien ons duidelik die morsige, vuil VARKHOK vergelyking – die plek, ons kan dalk sê: die vuil tempel waarin bose geeste graag wil woon – wanneer hulle aan Yeshua vra om hulle toe te laat om ‘n TROP VARKE in te gaan! En ons sien dan ook die GEVOLG – die VARKE storm in die see in en verdrink – dalk ‘n duidelike beeld daarvan dat wanneer die bose geeste in ons bly, word Abba se lig in ons uitgedoof en leef ons in DUISTERNIS soos dooies.
Die Jewish Study Bible – Insight for Jews and Christians verduidelik gebaseer op 1 Korinthiërs 6:19-21 dat daar met die FEES VAN TOEWYDING (Hanukkah in Hebreeus) net soos al die ander Bybelse Feesdae ‘n geestelike les te leer is naamlik LIG, DAPPERHEID en GELOOF om maar ‘n paar te noem. Hierdie Fees herdenk ‘n tyd waarin WARE AANBIDDING van GOD in die NUWE JERUSALEM sal plaasvind. Die tempel staan nie meer vandag nie; dit is nou die HART van ELKE VOLGELING van Yeshua die Messias wat die TEMPEL VAN GOD is en waarin die HEILIGE GEES van God woon. Maar te dikwels stel gelowiges die reinheid van hierdie TEMPEL in gevaar deur afgode in hulle lewens toe te laat – allerhande dinge waarom ons ons lewens bou en waarvan ons afhanklik is en dit dan stel in die plek van God – dit kan enige iets wees van geld, mense wat ons verafgod, materiële dinge, jou werk, alkohol en ander dwelmmiddels, vermaak, plesier of wat ook al ons tyd en aandag voltyds opneem. Ons kan dit dalk vergelyk met die VARKE waarmee Antiochis die tempel van God in Jerusalem mee ontwy het, en die volk gedwing het om VARKVLEIS te eet en te OFFER vir YHVH – die morsige, vuil offers wat aan “afgode” gebring is. So dalk is dit tyd om al die varkerige offers te identifiseer en uit ons TEMPELS uit te jaag met dieselfde PASSIE en GEDETERMINEERDHEID as ons Messias Yeshua met ‘n SWEEP, die HULP van die HEILIGE GEES van YHVH. DAN is ons GEREED om die VUUR / DIE BRANDENDE LIG van Yeshua ons Messias in ons te ontvang.
Johannes die Doper sê in Mattheus 3:11: Yeshua sal ons met die HEILIGE GEES en met VUUR doop. Dus letterlik die LIG van YHVH in ons as SY TEMPELS aan die BRAND STEEK!
Abba roep ons om ons TEMPELS aan HOM TOE TE WY. Paulus verduidelik dit in Romeine 12:1-2 dat ons ons LIGGAME moet stel as LEWENDE, HEILIGE OFFERS wat vir GOD tevrede stel want dit is wat dit beteken om hom WAARLIK te DIEN (die 1933 vertaling sê: “…dit is julle REDELIKE (met rede, dryfveer vir optrede met denkvermoë en insig) GODSDIENS (verering, aanbidding van God), so dit is waaroor GODSDIENS of dan DIENS aan GOD gaan! En hy verduidelik verder is vers 2: Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat GOD JULLE OMVORM (omskep, ‘n ander vorm laat aanneem) deurdat Hy julle DENKPATRONE VENUWE. Dan sal julle kan onderskei wat die GOEIE en VOLMAAKTE WIL van God is en wat vir Hom aanvaarbaar is.
MAAR DIE bose het ons MISLEI en so ons harte en gedagtes gesteel en gekaap om ons liggame aan boosheid te offer. En dit is PRESIES waaroor die FEES van TEMPEL WYDING (Hannukah), ook genoem die FEES van LIGTE, KERSFEES of dalk nog duideliker KERSVLAM FEES jaarliks gaan: dit is ‘n tyd wat ons weer TEMPEL REINGING en TOEWYDING doen en seker maak dat die LIG van YHVH, die MENORAH, wat ‘n VOORSTLELING is van die HEILIGE GEES, die enigste toegelate LIG in Sy TEMPEL, weer aan die brand gesteek word binne die MARTE VAN MENSE met die VUUR van die HEILIGE GEES waarmee YESHUA ons MESSIAS ons kom DOOP en die DUISTERNIS in ons VERLIG word sodat ons LEWENDE, TOEGEWYDE TEMPELS vir Abba Vader op aarde kan wees!
Ons gesels in DEEL 6 oor die wêreld se verdraaing en besoedeling van die TEMPEL TOEWYDING FEES/ DIE FEES VAN LIGTE, wat ons in die Weste KERSFEES noem, deur bose simbole en praktyke.
