Elul 22 (4 September 2026) The KING is in the FIELD! AWAKEN the BELIEVERS! CONGREGATION…
MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (DIE DOOD) NA SY WONDERLIKE LIG (DIE LEWE), Deel 11: YHVH die GOD van die SMAL WEG
1 Julie 2026
Ons gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (die donker, afweisgheid van geestelike lig, onkunde, ongeloof, nood en elende, die dood) NA DIE WONDERLIKE LIG (openbaring van die waarheid, wysheid, geloof, geestelike vol lewe) VAN ABBA VADER. En ons leer verder HOE ons, DIE SMAL WEG deur YESHUA ons MESSIAS vind wat lei vanuit die DUISTERNIS van EGIPTE/ ‘n prentjie van die WÊRELD, na ABBA VADER en ons help om die REDE en DOEL waarvoor HY ons gemaak het te vind, te verstaan, te groei daarin tot ons volle potensiaal en ons DOEL en ROEPING suksesvol uit te voer.
Ons gesels nog oor WIE ons SKEPPER GOD van LIG en LEWE is wat saam met ons beweeg op die SMAL WEG na DIE EWIGHEID.
Ons het nou reeds vanuit ons studie in SY WOORD bevestig:
HY IS DIE SKEPPER VAN HEMEL, AARDE en ALLES DAARIN.
- ELOHIM God in die meervoud. EEN GOD in DRIE soos wat Hy Homself dan ook in die res van Sy Woord aan ons openbaar as GOD die VADER, die SEUN en die HEILIGE GEES.
- Hy is dus DRIE MAAL HEILIG. DIE VADER is HEILIG, DIE SEUN YESHUA DIE MESSIAS is HEILIG en DIE GEES is HEILIG, AFGESONDER en daar is GEEN onheiligheid of duisternis IN HOM NIE.
- YESHUA die MESSIAS, as die LIGGAAM van GOD die VADER is ons ADVOKAAT/ MEDIATOR/ MIDDELAAR, ons VOORSPRAAK by die VADER asook die REGVERDIGE REGTER.
- Yeshua ons Messias is ook ons HOË PRIESTER in die ORDE van MELGISEDEK.
- HY IS DUS DIE SKEPPER en daarom ook DIE LEWE – die BRON van LEWE van ALLES wat BESTAAN e nook ons ALMAL se VADER en HY GEE aan DIÈ wat KIES om in HOM te GLO en HOM te VOLG, DIE LEWE IN OORVLOED (in alles meer as genoeg) asook die EWIGE LEWE.
HY IS WIE HY IS, die BEGIN van ALLES en die EINDE van ALLE DINGE.
- Die GOD van ABRAHAM, die GOD van ISAK en die GOD van JAKOB/ ISRAEL.
- SY NAAM, YHVH is vir EWIG, en dit is SY GEDENKNAAM van gelsag tot geslag.”
- HY is YHVH, die KONING van ISRAEL en SY VERLOSSER
- Hy is YHVH van die LEËRSKARE (die HEMEL WEERMAG).
- Daar is buiten Hom GEEN ander God nie.
- HY IS DIE LEWENDE EN EWIGE GOD WAT BESTAAN VAN ALTYD AF EN ALTYD SAL BESTAAN.
- Hy is ALOMTEENWOORDIG en Hy WEET ALLES.
HY IS DIE ENIGSTE WARE LIG EN DAAR IS GEEN DUISTENRIS IN HOM NIE.
- HY is die WARE LIG wat reeds vanaf DAG EEN van die SKEPPING af SKYN terwyl die AARDSE LIGBRONNE, die son, maan en sterre eers op DAG VIER geskep is.
- SY LIG skyn op mense wat in DIEP DUSITERNIS leef en so open Hy hulle blinde oë en lei hulle uit die gevangenis.
- SY LIG SKYN in ons deur SY WOORD want SY WOORD is ‘n LIG en ‘n LAMP wat ons lei uit die duisternis uit en ons help om in die LIG te LEEF.
- Die GOEIE NUUS van God die Vader se redding deur Yeshua die Messias skyn soos ‘n LIG op mense.
HY is ‘n VERTERENDE VUUR, daarom is:
- SY WOORD VUUR.
- SY ENGELE is BOODSKAPPERS van VUUR met swaarde van VUUR.
- HY DOOP GELOWIGES met die VUUR van SY HEILIGE GEES.
- HY SUIWER ons GELOOF met VUUR en HY TOETS ons WERK vir die KOINGKRYK met VUUR.
HY IS DIE WOORD
- HY SKEP DEUR TE SPREEK.
- SY WOORD IS DIE WAARHEID en dus IS HY DIE WAARHEID.
- SY WOORD SAL VIR EWIG BESTAAN.
- HY HOU ALLES IN STAND DEUR SY WOORD.
- SY WOORD IS DIE GOEIE NUUS VIR ALLE MENSE.
HY is SOEWEREIN
- Hy is OPPERMAGTIG, die HOOGTSTE GESAG in die hemel en op aarde.
- En NIKS kan gebeur sonder dat Hy dit wil of toelaat nie.
- En alles wat HY DOEN het ‘n DOEL en REDE en vir dié wat HOM LIEFHET en SY ROEPING vir hulle lewens aanvaar, dié wat HOM dus GEHOORSAAM en VOLG, sal Hy ALLES (ook dit wat met hulle gebeur wat sleg is) ten GOEDE laat meewerk.
HY is die ALMAGTIGE GOD
- Hy is dus die perfekte SKUILPLEK en TOEVLUG waarop ons kan VETROU.
- Hy is DIE EWIGE ROTS, ‘n VASTE FONDASIE, die REDDER, ons VERLOSSER en ons BESKERMER.
- Sy NAAM is YHVH, ‘n STERK TORING waarin ons kan hardloop en BESKUT word teen alle
- Aan die wat na SY STEM LUISTER en HOM VOLG (Hom gehoorsaam), gee HY DIE EWIGE LEWE en niemand kan ons uit SY HAND ruk nie.
- Hy VERSTERK ons en BEWAAR ons van die bose.
- Hy is GROOT en KRAGTIG en SY VERSTAND (denkvermoë, insig, intellek) is ONEINDIG.
- Hy is die EWIGE GOD, YHVH, die SKEPPER van ALLES en Hy word nooit moeg of mat (vermoeid, kragteloos, afgemat/ uitgeput na gees of liggaam) nie.
- SY ALMAG en VERSTAND kan nie ten volle verstaan word nie.
- YESHUA ons MESSIAS is hierdie ALMATIGE GOD wat met SY WEDERKOMS deur elke oog gesien sal word.
- Hierdie ALMAGTIGE GOD is REGVERDIG en SY WEË IS WAARAGTIG (betroubaar).
HY IS DIE BRON VAN ALLE VERSTAND EN WYSHEID EN HY GEE WYSHEID, INSIG/ BEGRIP AAN DIE MENS
- Sy SKEPPING GETUIG van WYSHEID wat te hoog en te groot vir enige mens is om te verstaan.
- ALLES werk volmaak saam.
- Hy het alles MOOI GEMAAK op SY TYD.
- Die mense kan nie die werke van God volkome (heeltemal, geheel en al) ondersoek of verstaan nie want dit is te groot vir ons menslike verstand en wysheid.
- Hy GEE egter WYSHEID aan die mens wat Hom daarvoor vra.
- God se WYSHEID is ten EERSTE REIN (suiwer, onbevlek, onbesmet), dan VREDELIEWEND, VRIENDELIK, GESEGLIK (inskiklik), VOL BARMHARTIGHEID (sag, met meegevoel teenoor ander) en GOEIE VRUGTE, ONPARYDIG (nie bevooroordeeld nie, regverdig teenoor alle partye) en ONGEVEINS (opreg).
- YESHUA die MESSIAS, die SEUN van GOD, kan ons VERSTAND OPEN sodat ons die WAARAGTIGE (die EGTE, WARE, BETROUBARE) GOD die VADER en YESHUA die SEUN kan ken, DIE WAARAGTIGE GOD, en die EWIGE LEWE.
HY REGEER oor SY SKEPPING
- HY IS DIE SKEPPER, EIENAAR en KONING van ALLES en HEERS dus vir EWIG as die EWIGE KONING.
- HY stel ALLE vorms van OUTORITEIT (wettige mag en gesag) in die hemel en op aarde aan.
- Die konings van die aarde staan onder SY gesag, selfs al is hulle ongelowig, sal hulle SY MEESTERPLAN uitvoer sodat SY WOORD WAT GESPREEK IS WAAR SAL WORD.
- Van elke aardse koning, ingesluit elke man, aangestel as koning en heerser oor sy gesin word verwag om GEHOORSAAM te wees aan GOD se WOORD en WET, SY WIL, om REG en GEREGTIGHEID te laat geskied en om op te tree met God se soort wysheid en inegriteit wat Hy ons in Sy WOORD leer.
- Hy ROEP elke mens as deel van die LIGAAM van YESHUA ons MESSIAS en stel ons aan in ons spesifieke ROEPINGS waarvoor Hy ons elkeen geskep het en stel ons instaat om ons ROEPINGS (die doel en rede vir ons lewens) uit te voer.
- Wanneer strukture van gesag hulle ONDERWERP aan SY GESAG, IN LYN MET SY WOORD, is daar VREDE in ‘n land, gesinne, werksplekke en gemeentes.
HY IS ‘n GOD van ORDE
- Hy skep ORDE, LIG en OORVLOEDIGE LEWE op die aarde.
- Sy WET (Sy Woord in Genesis tot Deuternomium, opgesom in die TIEN GEBOOIE) en VERORDINGE (voorskrifte insluitend Sy Feeste en wetlike bepalings) skep ORDE en verseker VREDE in die VERHOUDING tussen Hom en die mens asook tussen mense onderling.
- Hy skep ook ORDE deur die daarstelling van MAGSTRUKTURE met Messias Yeshua as die HOOF van ELKE MAN, en die MAN as die HOOF van die VROU, en GOD (die Vader) as die HOOF van Yeshua die MESSIAS.
- ELKE MENS word geroep om hom of haar te ONDERWERP aan die MAGTE (gesagsfigure en gesagstrukture) wat oor hom of haar AANGESTEL is (of dit nou jou man, ouers, regeerders, leiers of bestuurder is), want daar is geen MAG (geen gesag of outoriteit/ wettige mag) behalwe van GOD nie, en die wat daar is, is deur GOD INGESTEL en die DOEL daarvan is om ORDE en VREDE te bewerkstellig.
HY IS REGVERDIG
- Hy hou ELKE mens VERANTWOORDELIK vir sy of haar eie KEUSES en elkeen moet dus die GEVOLGE van hulle eie KEUSES dra want wat jy SAAI sal jy OES.
- Hy seën die nageslag van REGVERDIGE MENSE (mense wat in gehoorsaamheid aan SY WOORD en WIL leef) tot in die duisendste geslag.
- Hy laat GEEN sonde ongestraf bly nie en daarom sal die ONREGVERDIGE MENS se dade sy nageslag negatief beïnvloed tot in die derde of vierde generasie. Maar as iemand in hierdie generasie opstaan uit die slegte invloed van sy of haar voorouers en REGVERDIG leef (veral ‘n manlike persoon omdat Abba Vader aan die man die gesag gee as beskermer van sy gesin) sal Abba sy nageslag seën tot in die duisendste geslag.
- ELKE mens wat tot insig kom, oor sy of haar sondes en begryp wat die hartseer gevolge daarvan is vir hom/ haarself en hulle BEKEER van AL hulle sondes – dit erken en bely, vergifnis daarvoor ontvang en weg draai daarvan, en AL GOD se INSETTINGE (instellings, gebooie) ONDERHOU en REG en GEREGTIGHEID DOEN (DOEN wat REG is volgens God se WOORD en SY WIL), sal sekerlik ‘n vol lewe op aarde leef en die ewige lewe ingaan.
- God die Vader het GEEN behae daarin dat enige mens op aarde moet ly as gevolg van hulle sondes of die ewige dood moet sterf nie, Hy is die mens se VERLOSSER en wil hê dat ALLE MENSE GERED word en tot KENNIS van die WAARHEID kom en EWIG LEWE.
- Wanneer ons die SMAL WEG KIES deur ons VERLOSSER YESHUA ons MESSIAS, ontvang ons ‘n NUWE HART en ‘n NUWE mens gees want ons word NUWE MENSE IN HOM en dan gee Hy aan ons SY HEILIG GEES wat ons leer en lei op die smal weg van GEHOORSAAMHEID aan Abba Vader. Ons stap dus van daaraf nooit meer alleen nie, ons RAADGEWER en BEMOEDIGER stap ellke dag en in alle omstandighede saam met ons.
SY OORDEEL IS REGVERDIG
- Hy is die REGVERDIGE REGTER van die ganse aarde.
- Hy is ‘n BARMHARTIGE REGTER wat nie mense straf waneer ons ons bekeer (‘n verandering/ vernuwing van hart en gedagte ondergaan) en weg draai van ons verkeerde weg nie. Dit is die GOEIE NUUS!
- Hy het tydens SY EERSTE KOMS die mens kom RED en hierdie GOEIE NUUS van REDDING deur ons VERLOSSER YESHUA die MESSIAS is beskikbaar vir alle mense om hulle KEUSE te maak tussen LEWE en seën en DOOD en vloek.
- DIE REGVERDIGE REGTER (Yeshua die Messias, aangestel deur YHVH die Vader), sal tydens SY TWEEDE KOMS kom om die aarde te OORDEEL. Dit behels DIE EERSTE OPSTANDING VAN GELOWIGES en die BEOORDELING en BELONING van hulle getrouheid en werk vir die KONINGKRYK volgens die GAWES en ROEPING wat aan elkeen gegee is en die VERSLAAN van die AARDSE VYANDE wat teen Hom opstaan onder leiding van die antimessias/ antichris en die vals profeet, wat ook die eerste mense is wat in die POEL van VUUR (algemeen bekend as die Hel) gewerp sal word.
- Daarna begin die DUISEND JARIGE VREDESRYK/ KONINGKRYK VAN YESHUA DIE MESSIAS en die gelowiges wat deel vorm van die EERSTE OPSTANDING sal saam met Hom heers. Dit eindig met die finale verslaan van die Satan wat ook in die Poel van Vuur gewerp word waar die antimessias/ antichrist en die vals profeet ook reeds is.
- Dit word gevolg met die LAASTE GROOT WIT TROON OORDEEL waartydens ALLE mense wat nog ooit geleef het beoordeel sal word volgens hulle dade. Die wie se name in die BOEK van die LEWE van die LAM geskryf staan sal die EWIGHEID ingaan saam met die YHVH Vader en die Lam (Yeshua die Messias) en die wie se name nie in die Boek van die Lewe van die Lam opgeskryf staan nie, sal dan die TWEEDE DOOD sterf in die Poel van Vuur. Die DOOD en DODERYK sal dan as LAASTE VYANDE van God ook in die POEL van VUUR gewerp word.
HY BEPAAL DIE PERFEKTE TYD VIR ALLES
- ALLES het sy bepaalde uur, en vir ELKE SAAK onder die hemel is daar ‘n tyd.
- En daarom moet ons wag op Hom, en sterk wees en wag op Sy PERFEKTE TYDSBEREKENING wat altyd die REGTE TYD is.
- En Hy laat alles op die REGTE TYD ten goede meewerk vir die wat Hom liefhet en geroep is volgens Sy doel vir hulle lewens.
HY is die GOD van LIEFDE, die BRON van ROTSVASTE LIEFDE
- HY IS YHVH, ‘n God wat BARMHARTIG en GENADIG is.
- Hy het GEDULD met mense en HY IS LOJAAL.
- HY BLY GETROU.
- HY BLY VOL LIEFDE oor al die geslagte heen van die wat Hom liefhet deur Hom te GEHOORSAAM.
- HY VERGEEF alles wat hulle verkeerd gedoen het, maar Hy laat sonde egter nie sommer net verby gaan nie, dus laat Hy nie sonde ongestraf bly nie want HY IS ‘n REGVERDIGE GOD.
- HY DISSIPLINEER en STRAF die wat Hy liefhet want Hy weet sonde VERNIETIG mense.
- Hy los ons dus nie om ‘n slaaf van sonde te bly nie, Hy VERLOS ons van die greep wat sonde op ons het.
Ons gesels dan vandag verder oor hierdie WONDERLIKE GOD van die SMAL WEG.
HY SEËN MENSE EN DIERE
Ons lees in Genesis 1:20-21 skep Elohim (God, drie-enig) op DAG VYF die lewende wesens in die see asook die voëls wat oor die aarde vlieg langs die uitspansel van die hemel en die groot seediere en al die lewende wesens wat beweeg en al die gevleulde (die verskillende) voëls volgens hulle soorte. En God het gesien dit is GOED en dan lees ons in vers 22 “En God het hulle geseën en gesê: Wees VRUGBAAR en VERMEERDER en VUL die waters in die see, en laat die voëls op die aarde vermeerder.” En ons lees in vers 24-27, skep Elohim (God, drie-enig) op DAG SES lewende wesens volgens hulle soorte: vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte. En God het gesien dat dit GOED was. En toe sê Hy: “Laat Ons (Elohim, God die Vader, Yehsua die Seun en die Heilige Gees) MENSE maak na ons BEELD, na ons GELYKENIS (hulle voorbeeld), en laat hulle HEERS oor die VISSE van die see en die VOËLS van die hemel en die VEE en oor die HELE AARDE en oor AL die DIERE wat op die aarde kruip. En Hy het die MENS geskape na SY BEELD; MAN en VROU het HY hulle geskape. En dan lees ons in vers 28: “En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: “Wees VRUGBAAR en VERMEERDER en VUL die aarde, ONDERWERP dit en HEERS…”
En dan sien ons in Genesis 6 het die seuns van God die dogters van die aarde geneem en daar was REUSE op die aarde toe hulle vermeng het en God het die lewensduur van die mens verkort na 120 jaar (ons sien later in Psalm 90:10 word die mens se lewe verkort na 70 jaar en 80 vir die wat sterk is) en toe Hy sien dat die BOOSHEID van die mens op die aarde groot was en hulle harte net altyd deur die dinge bedink het wat sleg was het dit YHVH berou (Hy was spyt) dat Hy mense gemaak het en daar was smart (groot verdriet, hartseer) in Sy hart. En dan lees ons in vers 7-8, en 13 “En YHVH sê: Ek sal die MENS wat ek geskape het, van die aarde VERDELG (uitroei, vernietig), die mens sowel as die VEE en die KRUIPENDE DIERE en die VOËLS van die hemel; want dit berou My dat Ek hulle gemaak het. Maar Noag het GENADE gevind in die oë van YHVH…En God sê vir Noag: Die einde van ALLE VLEES het volgens MY BESLUIT gekom; want die aarde is deur hulle vervul met GEWELD. En kyk, Ek gaan hulle saam met die aarde VERDELG.” En ons weet dat God toe aan Noag die opdrag gegee het om die ARK te bou en slegs Noag, sy vrou en sy drie seuns en hulle vroue is gered, in totaal agt mense, sowel as sewe pare (mannetjies en wyfies) van die rein diere en voëls en twee pare van die onrein diere en voëls wat na Noag gekom het om in die ARK in te gaan (Genesis 6:19-20).
En na die vloed lees ons, gaan Noag, sy mense en al die diere en voëls uit die ark uit en in Genesis 8:17 lees ons seën God weer die DIERE, die VOËLS en die VEE en al die KRUIPENDE DIERE dat hulle kan wemel op die aarde en VRUGBAAR wees en VERMEERDER op die aarde. En ons sien dieselfde in Genesis 9:1-2 waarin God die MENSE, vir Noag en Sy drie seuns, Sem, Gam en Jafet seën en aan hulle sê: “Wees VRUGBAAR en VERMEERDER en VUL die aarde. Die vrees en die skrik vir julle sal wees oor al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel: alles wat op die aarde beweeg, en al die visse van die see. Hulle is in julle hand oorgegee (dus word dit hier net soos in Genesis 1:27-28 bevestig dat die mens aangestel is om oor die diere en voëls te HEERS). Ons lees dan ook in Genesis hoofstuk 10 uit die drie seuns van Noag is al die nasies van die aarde gebore. Dit word later deur Paulus bevestig in Handelinge 17:26 dat God alle nasies van die mensdom uit een bloed gemaak het om oor die hele aarde te woon terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het.
En in Numeri 6:22-26 lees ons van die PRIESTERLIKE SEËN wat YHVH vir Moses en Äaron beveel het om die volk van ISRAEL (al TWAALF STAMME, Josef se twee seuns Efriam en Manasse by sy Egiptiese vrou, sowel as al die vreemdelinge wat by hulle was in die woestyn en kan ons volgens Romeine 11:17 aanvaar dat hierdie seën ook vir ons geld wanneer ons as gelowiges in Yehsua ons Messias en Priester in die orde van Melgisedek inent op die Boom van Israel) mee te seën deur te sê:
- YHVH sal jou seën en jou BEHOED (beskerm en vir jou sorg).
- YHVH sal Sy aangesig (Sy teenwoordigheid) oor jou laat skyn en jou GENADIG wees.
- YHVH sal Sy aangesig (Sy teenwoordigheid) oor jou VERHEF en aan jou VREDE gee. So moet hulle dan MY NAAM op die kinders (die volk) van ISRAEL lê en Ek sal hulle seën.
Hierdie lê van SY NAAM, of uitroep van SY NAAM op SY VOLK ISRAEL, dus op SY KINDERS, lees ons in verskeie gedeeltes soos in Jesaja 43:7, 63:19 en 65:1 en het te make met GELOWIGES in HOM wat gewillig deur Hom GERED word en aan HOM BEHOORT en waarop Hy Sy NAAM PLAAS soos ons ook lees in Openbaring 14:1 oor die Lam en Sy VRYGEKOOPTES op die BERG SION op wie se voorkoppe die NAAM van die Lam (Yeshua die Messias) en die Naam van Sy Vader geskryf staan. Asook Openbaring 22:3-4 waarin ons lees van die EWIGHEID saam met God die Vader en Yeshua die Lam en waarin staan: “En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die TROON van GOD (die Vader) en van die LAM sal daarin wees, en Sy diensknegte sal Hom dien. En hulle sal SY AANGESIG sien (in Sy teenwoordigheid wees), en SY NAAM sal op hulle voorhoofde (hulle voorkoppe) wees.”
In Deuternomium 28:1-14 lees ons van al die seëninge wanneer ons GOED LUISTER na die STEM van YHVH ons God en SY GEBOOIE sorgvuldig (noukeurig, presies, nougeset) hou. Dan sal al die volgende seëninge oor ons kom:
- Geseënd sal jy wees in die stad en in die veld. Ons lees ‘n voorbeeld hiervan in Genesis 39:2-5, ons weet dat Josef getrou aan God was, en ons lees hier dat YHVH vir Josef met voorspoed en guns geseën het in Potifar, die Egiptenaar se huis en Potifar het hom oor alles in sy huis aangestel “En vandat hy hom aangestel het oor sy huis en oor alles wat in sy besit was, het YHVH die huis van die Egiptenaar geseën ter wille van Josef; ja, die seën van YHVH was by alles wat syne was, in die huis en op die veld”.
- Ons lees verder in Deuternomium 28:4, “Geseënd sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land en die vrug van jou vee, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee”. Ons lees ook in Deut 7:11-13 word aan die volk gesê as hulle aanhou om God te GEHOORSAAM, sal “Hy jou LIEFHÊ en jou SEËN en jou VERMENIGVULDIG, en Hy sal die VRUG van jou liggaam (dus jou kinders) SEËN en die VRUGTE van jou land, jou koring en jou mos (ongegiste drywesap) en jou olie, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee,…”
- Ons lees verder in Deuternomium 28:5-6, “Geseënd sal wees jou mandjie en jou bakskottel. Geseënd sal jy wees by jou ingang en by jou uitgang”. Lees ook Psalm 121 en spesifiek vers 8 waarin ons bewus gemaak word daarvan dat Hy ons hulp is, ons Bewaarder teen elke onheil (ramp, groot ongeluk), die Een wat jou SIEL (die ewige deel van ons waarin ons waaraan Hy ewige lewe gee) bewaar en Hy sal jou ingang en uitgang bewaar van nou af tot in EWIGHEID.
- Ons lees verder in Deuternomium 28:7, “YHVH sal jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan; op een pad sal hulle teen uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug”. Lees as voorbeeld David se loflied aan God na sy oorwinning oor sy vyande in 2 Samuel 22:38-41 en Psalm 18:37-40.
- Ons lees verder in Deuternomium 28:8-9, “YHVH sal seën gebied in jou skure en oor alles waaraan jy jou hand slaan (alles wat jy doen sal geseënd wees); en Hy sal jou seën in die land wat Hy aan jou gee. Hy sal jou as Sy heilige volk bevestig, as jy Sy GEBOOIE hou en in SY WEË wandel (volgens Sy riglyne leef).
Ons lees in Eksodus 19:5-6 sê YHVH aan al die mense in die woestyn wat saamgetrek het uit Egipte uit nadat Hy hulle verlos het uit die slawerny van Egipte “As julle dan nou terdeë (goed) na My stem luister en MY VERBOND hou, sal julle MY EIENDOM uit al die volke wees, want die HELE AARDE is MYNE. En júlle sal vir MY ‘n KONINGKRYK van PRIESTERS en ‘n HEILIGE (afgesonderde en toegewyde, “set-apart”) NASIE wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van ISRAEL moet meedeel.” Lees ook Deuternomium 7:6.
En in Openbaring 1:6, lees ons Yeshua die Messias wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in SY BLOED: “en ons gemaak het KONINGS en PRIESTERS vir SY GOD en VADER…” En in Openbaring 5:9-10 sing die 24 Ouderlinge ‘n NUWE LIED en sê: “U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met U bloed gekoop uit ELKE STAM en TAAL en VOLK en NASIE, en het ons KONINGS en PRIESTERS vir onse God gemaak, en ons sal as KONINGS op die aarde heers. En ons lees in Openbaring 20:6 “Salig en HEILIG (afgesonderd en toegewyd, “set-apart”) is hy wat deel het aan die EERSTE OPSTANDING; oor hulle het die TWEEDE DOOD geen mag nie, maar hulle sal PRIESTERS van God en van die MESSIAS wees en sal saam met Hom as KONINGS regeer duisend jaar lank.”
- Ons lees verder in Deuternomium 28:10-12, “En al die volke van die aarde sal sien dat die Naam van YHVH oor jou uitgeroep is en hulle sal jou vrees”. Lees ook Deut 11:25.
- “YHVH sal die goeie aan jou oorvloedig gee, Hy sal die skatkamer van die hemel vir jou oopmaak om die reën van jou land op die REGTE TYD te gee en om al die werk van jou hande te seën en jy sal aan baie nasies uitleen, maar self nie hoef te leen nie”. Lev 26:1-4, Deut 11:14 & 15:6.
- Ons lees verder in Deuternomium 28:13-14, “YHVH sal jou die KOP en nie die stert maak nie, en jy sal net boontoe en nie ondertoe gaan nie as jy LUISTER na die GEBOOIE van YHVH jou God om dit te HOU en te DOEN en jy nie links of regs afwyk van AL SY GEBOOIE en agter ander (kleinletter) gode aanloop om hulle te dien nie”. Lees ook Deut 5:32, Jesaja 9:14-15.
En ons as gelowiges word ook GEROEP om ander mense te seën.
En Petrus roep gelowiges op tot liefde en geduld met mekaar en sê in 1 Petrus 3:8-9, “En eindelik (ten slotte), wees almal EENSGESIND, MEDELYDEND (dra mekaar se leed, wees simpatiek), VOL BROEDERLIEFDE (vol liefde vir ons medegelowiges) en ONTFERMING (besorg, goedhartig), VRIENDELIK. Vergeld geen kwaad met kwaad of skelwoorde met skelwoorde nie, maar SEËN inteendeel (eerder), omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle SEËN kan beërwe (aan deel kan hê).”
En in Mattheus 5:44-48 leer Yeshua ons Messias ons dat ons nie net medegelowiges moet seën nie, maar ook ons VYANDE, wanneer Hy sê: “…julle moet jull vyande liefhê; SEËN die wat julle vervloek, doen GOED aan die wat julle haat, en BID vir die wat julle beledig en julle vervolg; sodat julle kinders kan word van julle VADER wat in die hemele is; want Hy laat Sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op REGVERDIGES en ONREGVERDIGES. Want as julle liefhet (net) die wat julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie (die tollenaars was beskou as oneerlike mense)? En as julle net julle broeders (julle medegelowiges) groet, wat besonders doen julle dan? Doen die tollenaars nie ook so nie? Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.” So wat Yeshua ons Messias hier sê is dat die wêreldling geneig is om mense te behandel soos wat mense hulle behandel, maar wat God die Vader van ons verwag is om lief te hê soos wat Hy lief het.
So wat beteken dit om ons vyande lief te hê? Presies dit wat God ons in Sy Woord vertel wat Hy as LIEFDE teenoor ons naaste beskou, naamlik, dit wat jy aan jouself gedoen wil hê wat in beginsel neerkom op die uitvoering van GEBOD 5-10 soos opgeteken in Eksodus 20:12-17, ook teenoor ons vyande en dus beteken ons respekteer hulle wanneer hulle deur Abba Vader in gesagsposisies oor ons aangestel is, ons mag hulle nie doodmaak met ons hande of ons woorde nie, ons respekteer hulle huwelike, ons steel nie van hulle nie, ons lewer geen vals getuienis teen hulle nie en ons begeer nie wat hulle het nie, en ons behandel hulle met 1 Korinthiërs 13 soort liefde wat beteken ons is geduldig en vriendelik teenoor hulle, ons is nie jaloers op hulle nie, ons praat nie groot van onsself teenoor hulle nie, ons tree nie met woede op teenoor hulle nie, ons handel nie onwelvoeglik (onbetaamlik, ongepas) nie, ons soek nie ons eie belang nie en word nie verbitterd teenoor hulle nie, ons is nie bly oor ongeregtigheid nie maar is bly saam met die waarheid.
En in Lukas 23:34 stel Yehsua ons Messias vir ons die voorbeeld wanneer Hy die volgende bid vir die mense wat besig was om Hom te kruisig tussen twee kwaaddoeners en Sy klere tussen hulle verdeel het: “Vader, VERGEEF hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.” En in Handelinge 7:60 volg Stefanus Sy voorbeeld wanneer hy bid terwyl sy vyande besig is om hom te stenig (met klippe dood te gooi): “Meester (Yeshua), reken hulle hierdie sonde nie toe nie!” En met die woorde het hy gesterf. Paulus herhaal ook hierdie boodskap in Romeine 12:14 & 19-21 “…seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie; Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe (‘n verwysing na Deuternomium 32:35): Aan MY kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek YHVH. As jou vyand dan honger het, gee hom iets om te eet; as hy dors het, gee hom iets om te drink, want sodoende sal jy op sy hoof vurige kole hoop (die NLV sê: Deur dit te doen, sal julle hulle bloedrooi maak van skaamte). Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar OORWIN die kwaad deur die GOEIE.”
