Elul 22 (4 September 2026) The KING is in the FIELD! AWAKEN the BELIEVERS! CONGREGATION…
MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (DIE DOOD) NA SY WONDERLIKE LIG (DIE LEWE), Deel 9: YHVH die GOD van die SMAL WEG
17 Junie 2026
Ons gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (die donker, afweisgheid van geestelike lig, onkunde, ongeloof, nood en elende, die dood) NA DIE WONDERLIKE LIG (openbaring van die waarheid, wysheid, geloof, geestelike vol lewe) VAN ABBA VADER. En ons leer verder HOE ons, DIE SMAL WEG deur YESHUA ons MESSIAS vind wat lei vanuit die DUISTERNIS van EGIPTE/ ‘n prentjie van die WÊRELD, na ABBA VADER en ons help om die REDE en DOEL waarvoor HY ons gemaak het te vind, te verstaan, te groei daarin tot ons volle potensiaal en ons DOEL en ROEPING suksesvol uit te voer.
Ons gesels nog oor WIE ons SKEPPER GOD van LIG en LEWE is wat saam met ons beweeg op die SMAL WEG na DIE EWIGHEID.
Ons het nou reeds vanuit ons studie in SY WOORD bevestig:
HY IS DIE SKEPPER VAN HEMEL, AARDE en ALLES DAARIN.
- ELOHIM God in die meervoud. EEN GOD in DRIE soos wat Hy Homself dan ook in die res van Sy Woord aan ons openbaar as GOD die VADER, die SEUN en die HEILIGE GEES.
- Hy is dus DRIE MAAL HEILIG. DIE VADER is HEILIG, DIE SEUN YESHUA DIE MESSIAS is HEILIG en DIE GEES is HEILIG, AFGESONDER en daar is GEEN onheiligheid of duisternis IN HOM NIE.
- YESHUA die MESSIAS, as die LIGGAAM van GOD die VADER is ons ADVOKAAT/ MEDIATOR/ MIDDELAAR, ons VOORSPRAAK by die VADER asook die REGVERDIGE REGTER.
- Yeshua ons Messias is ook ons HOË PRIESTER in die ORDE van MELGISEDEK.
- HY IS DUS DIE SKEPPER en daarom ook DIE LEWE – die BRON van LEWE van ALLES wat BESTAAN e nook ons ALMAL se VADER en HY GEE aan DIÈ wat KIES om in HOM te GLO en HOM te VOLG, DIE LEWE IN OORVLOED (in alles meer as genoeg) asook die EWIGE LEWE.
HY IS WIE HY IS, die BEGIN van ALLES en die EINDE van ALLE DINGE.
- Die GOD van ABRAHAM, die GOD van ISAK en die GOD van JAKOB/ ISRAEL.
- SY NAAM, YHVH is vir EWIG, en dit is SY GEDENKNAAM van gelsag tot geslag.”
- HY is YHVH, die KONING van ISRAEL en SY VERLOSSER
- Hy is YHVH van die LEËRSKARE (die HEMEL WEERMAG).
- Daar is buiten Hom GEEN ander God nie.
- HY IS DIE LEWENDE EN EWIGE GOD WAT BESTAAN VAN ALTYD AF EN ALTYD SAL BESTAAN.
- Hy is ALOMTEENWOORDIG en Hy WEET ALLES.
HY IS DIE ENIGSTE WARE LIG EN DAAR IS GEEN DUISTENRIS IN HOM NIE.
- HY is die WARE LIG wat reeds vanaf DAG EEN van die SKEPPING af SKYN terwyl die AARDSE LIGBRONNE, die son, maan en sterre eers op DAG VIER geskep is.
- SY LIG skyn op mense wat in DIEP DUSITERNIS leef en so open Hy hulle blinde oë en lei hulle uit die gevangenis.
- SY LIG SKYN in ons deur SY WOORD want SY WOORD is ‘n LIG en ‘n LAMP wat ons lei uit die duisternis uit en ons help om in die LIG te LEEF.
- Die GOEIE NUUS van God die Vader se redding deur Yeshua die Messias skyn soos ‘n LIG op mense.
HY is ‘n VERTERENDE VUUR, daarom is:
- SY WOORD VUUR.
- SY ENGELE is BOODSKAPPERS van VUUR met swaarde van VUUR.
- HY DOOP GELOWIGES met die VUUR van SY HEILIGE GEES.
- HY SUIWER ons GELOOF met VUUR en HY TOETS ons WERK vir die KOINGKRYK met VUUR.
HY IS DIE WOORD
- HY SKEP DEUR TE SPREEK.
- SY WOORD IS DIE WAARHEID en dus IS HY DIE WAARHEID.
- SY WOORD SAL VIR EWIG BESTAAN.
- HY HOU ALLES IN STAND DEUR SY WOORD.
- SY WOORD IS DIE GOEIE NUUS VIR ALLE MENSE.
HY is SOEWEREIN
- Hy is OPPERMAGTIG, die HOOGTSTE GESAG in die hemel en op aarde.
- En NIKS kan gebeur sonder dat Hy dit wil of toelaat nie.
- En alles wat HY DOEN het ‘n DOEL en REDE en vir dié wat HOM LIEFHET en SY ROEPING vir hulle lewens aanvaar, dié wat HOM dus GEHOORSAAM en VOLG, sal Hy ALLES (ook dit wat met hulle gebeur wat sleg is) ten GOEDE laat meewerk.
HY is die ALMAGTIGE GOD
- Hy is dus die perfekte SKUILPLEK en TOEVLUG waarop ons kan VETROU.
- Hy is DIE EWIGE ROTS, ‘n VASTE FONDASIE, die REDDER, ons VERLOSSER en ons BESKERMER.
- Sy NAAM is YHVH, ‘n STERK TORING waarin ons kan hardloop en BESKUT word teen alle
- Aan die wat na SY STEM LUISTER en HOM VOLG (Hom gehoorsaam), gee HY DIE EWIGE LEWE en niemand kan ons uit SY HAND ruk nie.
- Hy VERSTERK ons en BEWAAR ons van die bose.
- Hy is GROOT en KRAGTIG en SY VERSTAND (denkvermoë, insig, intellek) is ONEINDIG.
- Hy is die EWIGE GOD, YHVH, die SKEPPER van ALLES en Hy word nooit moeg of mat (vermoeid, kragteloos, afgemat/ uitgeput na gees of liggaam) nie.
- SY ALMAG en VERSTAND kan nie ten volle verstaan word nie.
- YESHUA ons MESSIAS is hierdie ALMATIGE GOD wat met SY WEDERKOMS deur elke oog gesien sal word.
- Hierdie ALMAGTIGE GOD is REGVERDIG en SY WEË IS WAARAGTIG (betroubaar).
HY IS DIE BRON VAN ALLE VERSTAND EN WYSHEID EN HY GEE WYSHEID, INSIG/ BEGRIP AAN DIE MENS
- Sy SKEPPING GETUIG van WYSHEID wat te hoog en te groot vir enige mens is om te verstaan.
- ALLES werk volmaak saam.
- Hy het alles MOOI GEMAAK op SY TYD.
- Die mense kan nie die werke van God volkome (heeltemal, geheel en al) ondersoek of verstaan nie want dit is te groot vir ons menslike verstand en wysheid.
- Hy GEE egter WYSHEID aan die mens wat Hom daarvoor vra.
- God se WYSHEID is ten EERSTE REIN (suiwer, onbevlek, onbesmet), dan VREDELIEWEND, VRIENDELIK, GESEGLIK (inskiklik), VOL BARMHARTIGHEID (sag, met meegevoel teenoor ander) en GOEIE VRUGTE, ONPARYDIG (nie bevooroordeeld nie, regverdig teenoor alle partye) en ONGEVEINS (opreg).
- YESHUA die MESSIAS, die SEUN van GOD, kan ons VERSTAND OPEN sodat ons die WAARAGTIGE (die EGTE, WARE, BETROUBARE) GOD die VADER en YESHUA die SEUN kan ken, DIE WAARAGTIGE GOD, en die EWIGE LEWE.
HY REGEER oor SY SKEPPING
- HY IS DIE SKEPPER, EIENAAR en KONING van ALLES en HEERS dus vir EWIG as die EWIGE KONING.
- HY stel ALLE vorms van OUTORITEIT (wettige mag en gesag) in die hemel en op aarde aan.
- Die konings van die aarde staan onder SY gesag, selfs al is hulle ongelowig, sal hulle SY MEESTERPLAN uitvoer sodat SY WOORD WAT GESPREEK IS WAAR SAL WORD.
- Van elke aardse koning, ingesluit elke man, aangestel as koning en heerser oor sy gesin word verwag om GEHOORSAAM te wees aan GOD se WOORD en WET, SY WIL, om REG en GEREGTIGHEID te laat geskied en om op te tree met God se soort wysheid en inegriteit wat Hy ons in Sy WOORD leer.
- Hy ROEP elke mens as deel van die LIGAAM van YESHUA ons MESSIAS en stel ons aan in ons spesifieke ROEPINGS waarvoor Hy ons elkeen geskep het en stel ons instaat om ons ROEPINGS (die doel en rede vir ons lewens) uit te voer.
- Wanneer strukture van gesag hulle ONDERWERP aan SY GESAG, IN LYN MET SY WOORD, is daar VREDE in ‘n land, gesinne, werksplekke en gemeentes.
HY IS ‘n GOD van ORDE
- Hy skep ORDE, LIG en OORVLOEDIGE LEWE op die aarde.
- Sy WET (Sy Woord in Genesis tot Deuternomium, opgesom in die TIEN GEBOOIE) en VERORDINGE (voorskrifte insluitend Sy Feeste en wetlike bepalings) skep ORDE en verseker VREDE in die VERHOUDING tussen Hom en die mens asook tussen mense onderling.
- Hy skep ook ORDE deur die daarstelling van MAGSTRUKTURE met Messias Yeshua as die HOOF van ELKE MAN, en die MAN as die HOOF van die VROU, en GOD (die Vader) as die HOOF van Yeshua die MESSIAS.
- ELKE MENS word geroep om hom of haar te ONDERWERP aan die MAGTE (gesagsfigure en gesagstrukture) wat oor hom of haar AANGESTEL is (of dit nou jou man, ouers, regeerders, leiers of bestuurder is), want daar is geen MAG (geen gesag of outoriteit/ wettige mag) behalwe van GOD nie, en die wat daar is, is deur GOD INGESTEL en die DOEL daarvan is om ORDE en VREDE te bewerkstellig.
GOD IS REGVERDIG
- Hy hou ELKE mens VERANTWOORDELIK vir sy of haar eie KEUSES en elkeen moet dus die GEVOLGE van hulle eie KEUSES dra want wat jy SAAI sal jy OES.
- Hy seën die nageslag van REGVERDIGE MENSE (mense wat in gehoorsaamheid aan SY WOORD en WIL leef) tot in die duisendste geslag.
- Hy laat GEEN sonde ongestraf bly nie en daarom sal die ONREGVERDIGE MENS se dade sy nageslag negatief beïnvloed tot in die derde of vierde generasie. Maar as iemand in hierdie generasie opstaan uit die slegte invloed van sy of haar voorouers en REGVERDIG leef (veral ‘n manlike persoon omdat Abba Vader aan die man die gesag gee as beskermer van sy gesin) sal Abba sy nageslag seën tot in die duisendste geslag.
- ELKE mens wat tot insig kom, oor sy of haar sondes en begryp wat die hartseer gevolge daarvan is vir hom/ haarself en hulle BEKEER van AL hulle sondes – dit erken en bely, vergifnis daarvoor ontvang en weg draai daarvan, en AL GOD se INSETTINGE (instellings, gebooie) ONDERHOU en REG en GEREGTIGHEID DOEN (DOEN wat REG is volgens God se WOORD en SY WIL), sal sekerlik ‘n vol lewe op aarde leef en die ewige lewe ingaan.
- God die Vader het GEEN behae daarin dat enige mens op aarde moet ly as gevolg van hulle sondes of die ewige dood moet sterf nie, Hy is die mens se VERLOSSER en wil hê dat ALLE MENSE GERED word en tot KENNIS van die WAARHEID kom en EWIG LEWE.
- Wanneer ons die SMAL WEG KIES deur ons VERLOSSER YESHUA ons MESSIAS, ontvang ons ‘n NUWE HART en ‘n NUWE mens gees want ons word NUWE MENSE IN HOM en dan gee Hy aan ons SY HEILIG GEES wat ons leer en lei op die smal weg van GEHOORSAAMHEID aan Abba Vader. Ons stap dus van daaraf nooit meer alleen nie, ons RAADGEWER en BEMOEDIGER stap ellke dag en in alle omstandighede saam met ons.
SY OORDEEL IS REGVERDIG
- Hy is die REGVERDIGE REGTER van die ganse aarde.
- Hy is ‘n BARMHARTIGE REGTER is wat nie mense straf waneer ons ons bekeer (‘n verandering/ vernuwing van hart en gedagte ondergaan) en weg te draai van ons verkeerde weg nie. Dit is die GOEIE NUUS!
- DIE REGVERDIGE REGTER (Yeshua die Messias, aangestel deur YHVH die Vader), sal tydens SY TWEEDE KOMS kom om die aarde te OORDEEL, dit behels DIE EERSTE OPSTANDING VAN GELOWIGES en die BEOORDELING en BELONING van hulle getrouheid en werk vir die KONINGKRYK volgens die GAWES en ROEPING wat aan elkeen gegee is en die VERSLAAN van die AARDSE VYANDE wat teen Hom opstaan onder leiding van die antimessias/ antichris en die vals profeet.
Dit is baie belangrik om hierdie dinge te verstaan sodat ons nie die EERSTE DOOD wat alle mense sal sterf sal vrees nie, en dus nie weens hierdie VREES ons EWIGE LEWE sal opgee omdat ons bang is om die eerste dood te sterf nie.
Om GOD se REGVERDIGE OORDEEL oor mense te VERSTAAN moet ons dus DUIDELIK kan ONDERSKEI tussen wat die WOORD ons leer oor:
1. DIE HUIDIGE BEDELING OP DIE AARDE, wat INSLUIT DIE EERSTE KOMS van YESHUA die MESSIAS (FEES SEISOEN 1, FEES 1-3 van YHVH, naamlik: PASGA vervul deur DIE KRUISIGING van YESHUA die MESSIAS, ONGESUURDE BRODE vervul deur YESHUA in die GRAF vir drie dae en drie nagte en EERSTE VRUGTE/ DIE OPSTANDING van YESHUA die MESSIAS) en DIE UITSTORTING VAN DIE HEILIGE GEES (uitgebeeld deur FEES SEISOEN 2, FEES 4 van YHVH, naamlik DIE PINKSTERFEES).
- Dit is belangrik om in gedagte te hou dat God die SKEPPER is van ALLES en dus ook van ELKE MENS, daarom is SY OORDEEL nie beperk net tot die mense wat KIES om Hom te dien en te volg nie, maar ook oor die wat KIES om Hom te verwerp.
- Die GOEIE NUUS van REDDING deur ons VERLOSSER YESHUA die MESSIAS is beskikbaar vir alle mense om hulle KEUSE te maak tussen LEWE en seën en DOOD en vloek (Deuternomium 30:11-20 en Johannes 3:16, 10:10 & 14:6 en Romeine 6:16).
- GOD se HEILIGE GEES vul GELOWIGES en hulle onvang hulle GAWES en ROEPING en voer dit uit met SY KRAG en ONDERSTEUNING terwyl hulle in GEHOORSAAMHEID aan GOD se WOORD LEEF.
- Mense leef op die aarde in die huidige bedeling tot en met hulle EERSTE DOOD (lees Genesis 2:7 & 3:19, Job 34:15, Psalm 90:3 & 10, Prediker 12:6-7 en Hebreërs 9:27). Ons leef dus tans in die periode VOOR die EERSTE OPSTANDING en op hierdie stadium is daar nog geen sprake van mens siele wat in die POEL van VUUR, (algemeen bekend as die HEL) gewerp word nie. Tans word ALLE MENSE GEBORE en ALLE MENSE STERF. Dit word deur die WOORD DIE EERSTE DOOD genoem. ALMAL se LIGGAME sterf dus en bly agter op die aarde in afwagting op die EERSTE of TWEEDE OPSTANDING. Maar die siel en gees van ELKE mense wat sterf gaan na verskillende PLEKKE waar ons wag op die SPESIFIEKE OPSTANDING waarvan ons deel sal wees op grond van ons ELKEEN se EIE KEUSES. Die PARADYS dien as die AFWAGSAAL van die siel en gees van die REGVERDIGES (die wat GEKIES het om in YHVH die ALMAGTIGE GOD en VADER te GLO, YESHUA die MESSIAS se VERLOSSING vir hulle sondes te aanvaar het, en GETROU aan die WOORD van GOD te LEEF, volgens die VOORBEELD van YESHUA ons MESSIAS en met die hulp en ondersteuning van die HEILIGE GEES en met SY KRAG die GAWE en ROEPING wat aan ons gegee is uitvoer – hierdie GETROUHEID word gedefinieer in Openbaring 12:17 as: die hou van die GEBOOIE van GOD en die GETUEIENIS van Yeshua die Messias).
En die DODERYK dien as die AFWAGSAAL van die siel en gees van die ONREGVERDIGES (die wat GEKIES het om nie in YHVH die ALMAGTIGE GOD en VADER te GLO nie, nie YESHUA die MESSIAS se VERLOSSING vir hulle sondes te aanvaar nie, en nie GETROU was aan GOD die VADER deur in ONGEHOORSAAMHEID aan HOM te LEEF volgens die VOORBEELD van Yeshua die Meesias nie, maar eerder die WÊRELD en hulle EIE WIL gekies het en staatgemaak het op die WÊRELD se HULP en ONDERSTEUNING van mense en nagelaat het om hulle GAWES en ROEPING wat deur God aan hulle gegee is uit te voer en dit eerder aangewend het en misbtruik het vir hulle eie en wêreldse gewin.
- Dit sal so aanhou tot NA die GROOT VERDRUKKING wat in Openbaring hoofstuk 5 tot 14 bespreek word as die oopmaak van die SEWE SEËLS en die BLAAS VAN DIE TROMPETTE tot en met die SEWENDE/ LAASTE TROMPET. Lees ook Daniël 7:21 & 23-25.
Dit sal gevolg word met:
2. DIE WEDERKOMS VAN YESHUA DIE MESSIAS, DIEEERSTE OPSTANDING VAN DIE REGVERDIGES, DIE OORDEELSDAG VAN DIE WAT IN OPSTAND IS TEEN YEHSUA DIE MESSIAS ONDER LEIDING VAN DIE antimessias/ antichrist en die vals profeet en die BEOORDELING van die REGVERDIGES (uitgebeeld deur FEES SEISOEN 3, FEES 1 van YHVH: DIE FEES VAN TROMPETTE en FEES 2 van YHVH: DIE VERSOENDAG).
- Daar sal TWEE OPSTANDINGS WEES, die EERSTE OPSTANDING sal net uit REGVERDIGE MENSE BESTAAN en die TWEEDE OPSTANDING sal ALLE MENSE WEES wat nog ooit geleef het. Hierdie TWEE OPSTANDINGS vind ‘n DUISEND JAAR uitmekaar plaas (Lees 1 Korinthiërs 15:22 en Openbaring hoofstuk 20).
- Tydens die EERSTE OPSTANDING sal die REGVERDIGES dus EERSTE BYMEKAARGEMAAK word om te leef in die DUISENDJARIGE KONINGKRYK van VREDE soos ons lees in Mattheus 24:29-31 waarin Yeshua ons Messias die volgende verduidelik: “En dadelik ná die VERDRUKKING van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word. En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal die STAMME (die nasies) van die aarde rou bedryf (bedroef wees, groot smart ervaar, ontsteld wees) en die SEUN van die mens sien kom op die wolke van die hemel met GROOT KRAG en HEERLIKHEID. En Hy sal Sy engele uitstuur met TROMPETGELUID (die shofar in Hebreeus), en hulle sal Sy UITVERKORENES (die mense wat GEKIES het om in Hom te GLO en Hom te GEHOORSAAM) versamel uit die vier windstreke (windrigtings), van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.“ Lees ook Openbaring 11:15-18.
- Tussen die FEES van TROMPETTE en die VERSOENSDAG is daar ‘n verloop van TIEN dae (dus is dit ‘n aanduiding van ‘n periode van tyd) waartydens die OORDEEL van GOD die VADER op SY vyande voltrek sal word, dit word uitgebeeld in die SEWE SKALE/ BAKKE (ook genoem die laaste plae) wat uitgegooi word op die aarde (Lees Openbaring hoofstuk 15 tot 19). En ons moet verstaan dit is steeds deel van GOD se GENADE TYD wat Hy aan Sy vyande gee om tot INSIG te kom en hulle te BEKEER want ons lees na die VIERDE en VYFDE SKAAL/ BAK die volgende woorde: “…en hulle het hulle nie..” nie (Openbaring 16:9 en 11). En ons moet besef dit is deel van die bewyse wat ingesamel word teen hulle vir gebruik in die GROOT WITTROON OORDEEL waarvan ons lees in Openbaring 20:11-15.
- Die uiteinde of kulminering hiervan is YESHUA ons MESSIAS se OORLOG teen die VYANDE van GOD die VADER, algemeen bekend as die OORLOG van ARMAGEDON waarvan ons lees in Openbaring 16:15-16 en 17:13-14 asook 19:11-21).
- Die EERSTE mense wat in die POEL van VUUR (die HEL) gewerp sal word is die ANTIMESSIAS/ ANTICHRIS en die VALS PROFEET wat direk na die OORLOG van ARMAGEDON daarin sal beland soos wat ons lees in Openbaring 19:20 en Daniël 7:11. Die draak ook genoem die ou slang (van die Tuin van Eden) wat die duiwel en die Satan is sal tydens die DUISENDJARIGE VREDESRYK gebind en toegesluit word sodat hy nie die nasies tydens die VREDESRYK kan verlei nie, daarna sal hy vir ‘n kort rukkie losgelaat word tydens die VREDESRYK om mense se GETROUHED aan GOD vir die laaste keer te TOETS en daarna sal hy ook in die POEL van VUUR (die HEL) gewerp word (Lees Openbaring 20:1-3 en 7-10). Die res van die mense wat in opstand gekom het teen die LAM van GOD (Yeshua die Messias) wat gekom het om as KONING te HEERS tydens die VREDESRYK sal DOOD en dus in die DODERYK bly tydens die DUISEND JARIGE VREDESRYK en tot en met die GROOT WIT TROON OORDEEL (Lees Openbaring 19:21 en 20:5).
- Voor die aanvang van die DUISENDJARIGE VREDESRYK is daar ook ‘n BEOORDELING van die GASTE wat na die HUWELIK SEREMONIE genooi is (dus die GELOWIGES wat op die punt staan om die FEES van TABERNAKELS by te woon/ in die DUISEND JARIGE VREDESRYK in te gaan). Ons sien dat die uiteinde van hierdie beoordeling of kan lei tot die INGAAN in die VREDESRYK, die KONINGKRYK van YESHUA die MESSIAS of kan lei tot die UITWERPING in die BUITENSTE DUISTERNIS waar daar ‘n geween en gekners van tande sal wees wat dui op groot SPYT. Lees Mattheus 8:12, 22:13 en 25:30).
Wat ons dus hier sien is GOD die VADER se BESLISTHEID oor SONDE wat ons ook BOOSHEID kan noem. Hy kan nie BOOSHEID in die STAD binne die VREDESRYK toelaat nie. Ons lees daarvan in verskeie gedeeltes waarin gelowiges gewaarsku word soos in Galasiërs 5:19-21, Efesiërs 5:5 en Hebreërs 12:14-16. Die mense wat dus GERED is deur die BLOED van YESHUA die MESSIAS maar nie aan HOM GETROU was in HULLE LEWENSWANDEL nie, en GEEN VRUG GEDRA het vir die KONINGKRYK nie (dus nie hulle gawes en roeping tot voordeel van die uitbreiding van die Koningkryk gebruik het nie), sal vir die DUISEND JAAR BUITE DIE STAD moet WAG tot en met die FINALE GROOT WITTROON OORDEEL.
Dit is ‘n VREESAANJAENDE gedagte, maar die WOORD is duidelik hieroor en ons kan dit dus of probeer wegredeneer of vir rmense of onsself wegsteek en dan ontrnugter word met die WEDERKOMS van MESSIAS YESHUA of ons kan dit NOU TER HARTE NEEM en nou NUWE KEUSES maak en BESLUITE NEEM om met vreugde uit te sien om in die KONINGKRYK, die DUSIENDJARIIGE VREDESRYK van YESHUA ons MESSIAS in te gaan.. Dus is dit in werklikheid eerder GOD se GENADE en SY ROEPSTEM na ons om nou van hierdie WAARHEDE in SY WOORD kennis te neem en uit ons SLAAP WAKKER te WORD en uit BABILON se MISLEIDING te kom wat ons die KONINGKRYK tydens die DUISENDJARIGE VREDESRYK en kan kos.
Daarna begin:
3. DIE DUISEND JARIGE VREDESRYK/ KONINGKRYK VAN YESHUA DIE MESSIAS (‘n uitbeelding van FEES SEISOEN 3, FEES 3 van YHVH: DIE FEES VAN TABERNAKELS/ HUTTEFEES wat sewe dae lank duur).
- Die GETROUE REGVERDIGES gaan saam met YESHUA die MESSIAS in die VREDESRYK in (Lees Daniël 7:13-14, 18, 22 & 27).
- Onthou dat Yeshua ons Messias vir 40 dae op die huidge aarde geleef het met SY VEHEERLIKTE LIGGAAM wat uit die dood opgewek is en wat in staat was om aan mense te verskyn, te verdwyn, te eet en aangeraak te word. Dus dien dit vir ons as bewys dat die VERHEERLIKTE LIGGAAME van die GELOWIGES wat deel vorm van die EERSTE OPSTANDING ook op die HUIDIGE AARDE sal kan leef tydens die DUISENDJARIGE VREDESRYK.
- Beskrywings van die VREDESRYK word veral gevind in die Psalms en Profete soos byvoorbeeld Jesaja 2:4, Jesaja hoofstuk 11 & 65:25, Daniël 2:44, Miga 4:4, Sagaria 14:9, Psalm 72 en ook in die Nuwe Testament in 1 Korinthiërs 15:25.
- Na die DUISEND JAAR van VREDE word die Satan vir ‘n kort rukkie losgelaat om weer die nasies te TOETS. En ongelukkig gaan BAIE weer vir sy verleiding en misleiding val. Ons lees in Openbaring 20:8-10 “…en hy sal uitgaan om die nasies te VERLEI wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die OORLOG; en hulle getal is soos die sand van die see. En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer (die kamp/ woonplek) van die HEILIGES (die REGVERDIGES wat deel is van die EERSTE OPSTANDING) en die GELIEFDE STAD (Jerusalem) omsingel, en VUUR het van GOD (die Vader) uit die hemel neergedaal en hulle verslind. En die duiwel wat hulle verlei het, is in die POEL van VUUR en SWAEL (die HEL) gewerp waar die dier (die antimessias/ antichris) en die vals profeet (reeds) is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in ewigheid.” Lees ook die profesie daaroor in Esegiël 38-39.
En dit bring ons dan by die:
4. DIE VOLEINDING VAN DIE WÊRELD
- Eers na die DUISENDJARGE VREDESRYK en die FINALE OORLOG TEEN BOOSHEID wat die WOORD noem die OORLOG van GOG en MAGOG, sal die FINALE GROOT WIT TROON OORDEEL plaasvind wanneer die TWEEDE OPSTANDING sal plaasvind en ALLE MENSE wat nog ooit geleef het voor die TROON van GOD die VADER sal staan en die LAASTE BEOORDELING (HOFSAAK) sal plaasvind.
Hierdie keer, dus tydens die TWEEDE OPSTANDING sal die ONREGVERDIGES EERSTE BYMEKAARGEMAAK word soos ons lees in die GELYKENIS van Yeshua ons Messias in Mattheus 13:24-30 or die ONKRUID wat deur die vyand tussen die koring gesaai is en wat nie tydens die groeiproses uitgetrek kon word nie om te vermy dat die koring saam met die onkruid uitgetrek word en ons lees in vers 30: “Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die OESTYD sal Ek vir die maaiers (die wat oes) sê: Maak EERS die ONKRUID bymekaar en bind dit in bondels om dit te VERBRAND, maar bring die koring bymekaar in MY SKUUR.” En Yeshua verduidelik dit dan soos volg in vers 36-39 “Hy wat die GOEIE SAAD saai is die SEUN van die mens, die SAAILAND is die wêreld. Die GOEIE SAAD is die KINDERS van die KONINGKRYK, en die ONKRUID is die KINDERS van die BOSE, en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die OES is die VOLEINDING van die wêreld, en die maaiers (die wat die oes insamel) is die engele. En ons lees in vers 40-43 “Net soos die ONKRUID dan bymekaargemaak en met VUUR VERBRAND word, so sal dit wees in die VOLEINDING van hierdie wêreld: die Seun van die mens sal Sy engele uitstuur, en hulle sal uit SY KONINGKRYK bymekaarmaak al die STRUIKELBLOKKE en die wat die ONGEREGTIGHEID DOEN, en sal hulle in die VUUROOND gooi. Daar sal geween wees en gekners van tande (groot spyt wees). Dan sal die REGVERDIGES skyn soos die son in die KONINGKRYK van hulle VADER. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.”
En in Mattheus 13:47-48 verduidelik Yeshua dit soos volg: “Verder is die KONINGKRYK van die HEMELE soos ‘n NET wat in die see gegooi word en van elke soort bymekaarbring; en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke bymekaar maar gooi die slegtes weg. So sal dit wees in die VOLEINDING van die wêreld: die engele sal uitgaan en die SLEGTE MENSE onder die REGVERDIGES uit afskei en hulle in die VUUROOND gooi. Daar sal geween wees en gekners van tande. Ons lees ook hiervan in Mattheus 25:31-46 beskryf as die EWIGE LEWE en EWIGE STRAF, in sommige Bybel weergawes genoem DIE LAASTE OORDEEL of DIE BOKKE en SKAPE by die EINDOORDEEL.
Dit is dus duidelik eers tydens hierdie beoordeling sal die mense wie se name nie in die BOEK van die LEWE van die LAM opgeskryf staan nie in die POEL van VUUR (algemeen bekend as die HEL) gegooi word en sal ook die DOOD en DODERYK saam met hulle as LAASTE VYANDE van GOD in die POEL van VUUR GEWERP word (Lees Openbaring 20:11-15 en 21:1-8).
- Dit sal gepaard gaan met die wêreld wat met vuur vergaan. Dit is dus inderdaat soos Yeshua ons Messias dit noem die VOLEINDING (die einde) van die WÊRELD of AARDE en HEMEL soos wat ons dit tans ken. Ons lees in Openbaring 19:20, 20:10 & 14 en 21:8 van die POEL van VUUR en SWAEL waarin alles wat boos is, insluitend die dood en doderyk verbrand sal word en Petrus vertel ook vir ons daarvan in 2 Petrus 3:7 waarin hy verduidelik dat die huidige hemel en aarde deur VUUR sal vergaan op die DAG van die OORDEEL en die VERDERF (die ondergang) van goddelose mense. Omdat die aarde nou heeltemal venrietig sal wees en ALMAL of deel sal wees van die EERSTE OPSTANDING of in die DODERYK sal wees is dit moontlik dat die GROOT WITTROON OORDEEL in die hemel sal plaasvind. Ons lees van hierdie TROONSAAL waarin vergaderings plaasvind in verskeie gedeeltes in die Woord soos in Job 1:6-12, 1 Konings 22:19-23 en Daniël 7:9-10 waarin dit duidelik is dat GOD DIE VADER al die BESLUITE NEEM, en ons sien eers in Daniël 7:13-14 word Yehsua ons Messias gestuur om tydens die VREDESRYK God die Vader se vyande te verslaan. Ons lees ook in Daniël 7:26 “…die GEREG (die regsbank, die hof) sal sit, en hulle sal hom (die horing/ koning/ die antichris) wat oorlog voer teen die heiliges en hulle oorwin (waarvan on sook lees in Daniël 7:21 en ook in Openbaring 11:7) – en die GEREG sal hom (die antimessias/ antichris) die heerskappy ontneem om dit vir goed te verdelg (uit te roei) en VERNIETIG.”
5. DIE GROOT WITTROON OORDEEL (uitgebeeld in FEES SEISOEN 3, FEES 3 van YHVH: as DIE AGSTE DAG VAN DIE FEES VAN TABERNAKELS).
- Alle mense wat nog ooit geleef het sal by hierdie geleentheid voor hulle SKEPPER staan. Ons lees daarvan in Openbaring 20:11-15 “En ek (Johannes) het ‘n GROOT WIT TROON gesien en Hom wat daarop sit, voor WIE se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. En ek het die dooies, klein en groot voor GOD sien staan, en die BOEKE is geopen; en ‘n ANDER BOEK, DIE BOEK van DIE LEWE, is geopen. En die DOOIES is GEOORDEEL (dit klink dus of mense tydens die TWEEDE OPSTANDING nie verheerlike liggaam ontvang nie, maar in hulle siel en gees vorm voor GOD staan om geoordeel te word) na (volgens) wat in die BOEKE geskryf is, volgens hulle werke (hulle dade, dit wat hulle gedoen het tydens hulle lewens op aarde). En die see het die dooies gegee wat daarin was; en die DOOD en die DODERYK het die DOOIES gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke (dit wat hulle GEDOEN het). En die DOOD en die DODERYK is in die POEL van VUUR gewerp. Dit is die TWEEDE DOOD. En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die BOEK van die LEWE nie, is hy indie POEL van VUUR gewerp.”
Ons lees ook in Openbaring 21:27 in die EWIGE KONINGKRYK van GOD die Vader en die LAM (Yehsua die Messias) sal niks kan inkom wat verontreining (vuil, besmet, besoedel) is en gruwelikheid (afstootlike dinge) en leuens DOEN nie; maar net die wat geskryf is in die BOEK van die LEWE van die LAM.
En daarna sal die EWIGHEID aanbreek:
6. DIE EWIGHEID
- Al die REGVERDIGES sal saam met GOD die VADER, beskryf as DIE LIG van die STAD en die LAM, YESHUA die MESSIAS beskryf as die LAMP van die STAD, WOON in die NUWE JERUSALEM op ‘n NUWE AARDE en NUWE HEMEL wat nie met boosheid besoedel sal wees nie waarvan ons lees in Openbaring 21:22-27. Dus kan ons verstaan waarom die SIEL (hart, gedagtes en vrye wil) en GEES van elke mens so DEEGLIK deur GOD GETOETS moet word vir enige spore van ‘n liefde vir boosheid. Onthou Jeremia 17:9-10 waarsku ons, ‘n mens se hart kan hom of haarself mislei en bedrieg en dit is waarom ons gereeld, soos David, die Heilige Gees moet vra om ons HARTE te deursoek vir boosheid sodat ons dit kan bely en daarvan kan wegdraai. Lees Psalm 139:23-24
Dit bewys dus vir GOD as ‘n ABSOLUTE REGVERDIGE GOD en wie se OORDEEL in FASES plaasvind, omdat HY sodoende aan ELKEEN ‘n REGVERDIGE kans wil gee om die LEWE te KIES voor die LAASTE GROOT WIT TROON OORDEEL sal plaasvind en HY ELKEEN wat die DOOD GEKIES het sal stuur na die PLEK van die EWIGE DOOD, naamlik die POEL van VUUR wat aanvanklik bedoel was vir die gevalle engele (soos ons lees in Mattheus 25:41) maar ongelukkig ook al die mense se lot sal wees wat BESLUIT het om die gevalle engele en dus die DUISTERNIS en die DOOD, ook genoem boosheid te volg in plaas van YHVH die GOD van LIG, LIEFDE en LEWE.
So ons fokus dan verder vandag op:
DIE BEOORDELING VAN DIE GELOWIGES EN BELONING VAN HULLE WERK.
Ons weet nou reeds vanuit ons gesprek oor die WOORD vandag dat DIE REGVERDIGES wat DEEL vorm VAN DIE EERSTE OPSTANDING EERSTE GEOORDEEL sal word.
Yeshua ons Messias is duidelik daaroor dat die werk van Sy diensknegte geevalueer sal word in terme van die GAWES en ROEPINGS wat aan hulle gegee is en wat hulle daarmee gedoen het soos ons lees in Sy gelykenis van die talente (gawes) en ponde (muntstukke) soos opgeteken in Mattheus 25:14-30 en Lukas 19:11-27. Dit is interessant dat ons in die Lukas 19 weergawe lees dat die KONING aan die wat GETROU gehandel het met dit wat HY aan hule gegee het, Hy GESAG gegee het oor ‘n aantal stede (dus het Hy hulle aangestel as heersers) en dit wys heen na die DUISEND JARIGE VREDESRYK. Ons lees ook in die waarskuwings en beloftes aan die GEMEENTE van THIATIRE as hulle OORWIN en SY WOORD bewaar (dus gehoorsaam daaraan is) tot die einde toe sal HY hulle MAG GEE or die nasies. En hulle sal die nasies REGEER met ‘n YSTERSTAF, net soos wat Hy ook van Sy Vader ontvang het (lees Psalm 2:9) en Hy sal aan hulle die môrester gee (dit beteken posisies met hoe gesag). En dit sluit aan by Openbaraing 20:4-6 wat bevestig dat die wat deel is van die EERSTE OPSTANDING sal LEEF en as konings en priesters en regeer SAAM MET DIE MESSIAS die DUISEND JAAR LANK. Lees ook Lukas 14:14 waarin Yeshua ons waarsku om nie die eer en roem van mense op aarde te soek nie want gelowiges sal beloon word in die OPSTANDING van die REGVERDIGES (dit is die EERSTE OPSTANDING). Lees ook Lukas 12:35-48.
Petrus vertel ook vir ons iets van die OORDEEL wat sal begin met GELOWIGES in 1 Petrus 4:17 waar hy sê: “Want die tyd is daar dat die OORDEEL moet begin by die HUIS van GOD. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die EVANGELIE (die Goeie Nuus) van God ONGEHOORSAAM is? En as die REGVERDIGE nouliks (skaars) gered word, waar sal die goddelose (die ongelowiges) en die sondaar (mense wat in ongehoorsaamheid aan God se wil en wette leef) verskyn? So laat ons dan ook die wat volgens die wil van God ly, hulle siele (hart, gedagtes en vrye wil) aan Hom as die GETROUE SKEPPER toevertrou met GOEIE DADE (aanhou om goed te doen soos beskryf in die Woord van God)” Lees ook Spreuke 11:31.
En in Romeine 14:10b-12 sê Paulus: “Want ons sal ALMAL voor die REGTERSTOEL van MESSIAS gestel word (moet verskyn). Want daar is geskrywe (in Jesaja 45:23): So waaragtig as Ek leef, sê YHVH, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God (die Vader) bely. So, sal ELKEEN van ons dan vir homself aan God REKENSKAP gee (verantwoording moet doen).”
En in 2 Korinthiërs 5:10 verduidelik Paulus: “…ons moet ALMAL voor die REGTERSTOEL van MESSIAS verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy GEDOEN het, of dit GOED is of KWAAD.” Lees ook 1 Korinthiërs 3:11-15.
Ons lees ook:
TRONE IS REGGESIT en BEOORDELING IS GEDOEN
Openbaring 20:4 bevestig: “En ek (Johannes) het TRONE gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die OORDEEL gegee;”
So WIE sit op hierdie TRONE en aan WIE is die OORDEEL gegee?
Yeshua sê aan Sy dissipels in Mattheus 19:28-29: “Voorwaar Ek sê vir julle (dit beteken Ek verseker julle) dat julle wat MY GEVOLG het, in die WEDERGEBOORTE (dit klink soos die EERSTE OPSTANDING waarvan die TWAALF DISSIPELS dan deel sal wees, ander Bybel weergawes beskryf dit as wanneer alles nuut gemaak word of in God se NUWE WÊRELD), wanneer die SEUN VAN DIE MENS op SY HEERLIKE TROON gaan sit, JULLE OOK OP TWAALF TRONE sal sit en die TWAALF STAMME VAN ISRAEL sal OORDEEL. En ELKEEN wat huise of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van MY NAAM verlaat het, sal HONDERD MAAL soveel ontvang en die EWIGE LEWE BEERWE.”
Ons lees ook in Lukas 22:29-30 sê Hy aan Sy dissipels: “En Ek beskik vir julle ‘n KONINGKRYK soos MY VADER dit vir MY BESKIK het, SODAT julle kan EET en DRINK AAN MY TAFEL in MY KONINGKRYK en op TRONE SIT om die TWAALF STAMME van ISRAEL te OORDEEL. (Lees ook Mattheus 26:29).
En Paulus sê aan die gelowiges in 1 Korinthiërs 6:3 dat die heiliges (die afgesonderde en toegewyde gelowiges, die REGVERDIGES, wat deel is van die EERSTE OPSTANDING) die wêreld en engele sal oordeel.
DIE BEOORDELING VAN ELKEEN SE GETROUHEID en DIE LOON (VERGOEDING vir WERK wat VERRIG is/ BELONING).
Ons lees ook in Openbaring hoofstuk 2 en 3 voorbeelde van die BEOORDELING van die GELOWIGES uitgebeeld in SEWE GEMEENTES en die WAARSKUWINGS en BELOFTES van BELONINGS wat dien as VOORBEREIDING vir ons as GELOWIGES:
1. DIE GEMEENTE VAN ÈFESE
Hulle het Hom as hulle eerste liefde verlaat (dit beteken hulle kom nie meer GEBOD 1-4 van die TIEN GEBOOIE na wat ons leer om GOD BO ALLES LIEF te HÊ met ons HELE HART, VERSTAND en AL ons KRAGTE nie, soos wat ons opdrag kry in Eksodus 20:3-11, Deuternomium 5:7-15, 6:5-6 en Mattheus 22:37-38) en Yeshua raai hulle aan om hulle te bekeer (dus met ‘n opregte en berouvolle hart hulle sondes te bely en te laat staan en omdraai terug na YHVH die Vader se WOORD en WEË en ‘n verhouding met Hom) en hulle eerste werke te doen (onthou Yeshua leer ons in Johannes 14:15 dat YHVH se TAAL van die LIEFDE GEHOORSAAMHEID aan SY WOORD is – dus ervaar HY dat ons HOM LIEFHET as ons GEHOORSAAM is aan HOM en dus DOEN wat Sy Woord aan ons leer). En Hy moedig hulle aan om op die wyse aan te hou OORWIN want dan sal Hy hulle laat eet van die BOOM VAN DIE LEWE wat in die Paradys is (dus beteken dit, dan sal hulle saam met Yeshua ons Messias in die afwag saal van die PARADYS wees en saam met Hom terugkom met Sy wederkoms soos ons ook lees in 1 Thessalonicense 4:13-18 en dus sal hulle deel wees van die EERSTE OPSTANDING en vir EWIG LEWE).
2. DIE GEMEENTE VAN SMIRNA
Smirna is GEESTELIK RYK (in geloof en erfgename van die Koningkryk), maar hulle word gewaarsku om OP TE HOU BANG wees vir wat hulle nog gaan LY want sommige van hulle gaan deur die duiwel op die proef gestel word en dus gaan hulle vir ‘n periode verdrukking ervaar. Yeshua raai hulle aan om getrou te bly TOT DIE DOOD toe want dan sal Hy hulle die KROON VAN DIE LEWE GEE (dus die EWIGE LEWE). Die wat aanhou OORWIN op die wyse sal dus nie deur die TWEEDE DOOD getref word nie (ons verstaan mos nou dit beteken dat hulle nie by die GROOT WITTROON OORDEEL, die laaste oordeel waar alle mense sal verskyn na die EERSTE OPSTANDING soos beskryf in Openbaring 20), in die Poel van Vuur (die Hel) gegooi sal word waar die antimessias/ antichris, die vals profeet asook die duiwel en sy engele dan reeds sal wees nie. En so verkry die wat dus oorwin dan ook die belofte van die EWIGE LEWE.
3. DIE GEMEENTE VAN PERGANUM
Hulle is mense wat lojaal en getrou bly in hulle GELOOF en Yeshua die Messias se Naam nie verloën nie maar hulle het mense in die gemeente wat vashou aan VALS LEERSTELLINGS en Yeshua raai hulle aan om tot inkeer te kom en aan te hou OORWIN want dan sal Hy aan hulle van die verborge (weggesteekte) manna (Hemelse Brood, dus die BROOD van die LEWE) gee asook ‘n wit steentjie met ‘n nuwe naam op (dus ‘n NUWE IDENTITEIT) gee en dus beteken dit, weereens dan sal hulle die EWIGE LEWE ontvang.
4. DIE GEMEENTE VAN TIATIRA
Hulle probeer leef in liefde, vertroue, diens, geloof en lydsaamheid (geduldig, berustend), maar hulle verduur Jesebel die vals profeet met haar vals leerstellings en seksuele sondes en die okkulte wat dislojaliteit (ontrouheid) aan YHVH en Sy gebooie aanmoedig. En Yeshua raai hulle aan om weg te draai daarvan en nie te diep in die geheimenisse van die Satan in te delf en verstrengel te raak nie maar EERDER vas te hou aan Hom, Yeshua ons Messias en dus aan die WARE LEERSTELLINGS van die WOORD totdat Hy kom en so aan te hou OORWIN want dan sal hulle saam met Hom regeer oor die nasies en Hy sal vir hulle die môrester gee (dus Hy sal aan hulle outoriteit gee soos wat Sy Vader aan Hom gegee het en hulle sal saam met Hom in die VREDESRYK regeer oor die nasies en daarom is dit ook ‘n versekering van die EWIGE LEWE).
5. DIE GEMEENTE VAN SARDIS
Hulle lewe soos DOOIES (dit beteken hulle is aan die SLAAP) en dus moet hulle DRINGEND WAKKER WORD want hulle is nie volkome GEHOORSAAM aan YHVH die Vader nie. Hulle word aangemoedig om wakker te word voordat dit te laat is en Yeshua se WEDERKOMS hulle soos ‘n dief in die nag OORVAL en hulle nie gereed is nie, daarom moet hulle hulle bekeer en in gehoorsaamheid aan die WOORD van YHVH lewe. Daar is wel ‘n paar mense wat in GEREGTIGHEID lewe (dus in GELOOF en GETROUHEID in GEHOORSAAMHEID aan die WOORD) en saam met Yeshua in wit klere sal leef en die wat OORWIN sal ook WIT KLERE ontvang, hulle name sal nooit uit die Boek van die Lewe gevee word nie en Yeshua sal voor die Vader en die engele getuig dat hulle aan Hom behoort (ons weet die BOEK van die LEWE word oopgemaak in die LAASTE OORDEEL, dus tydens die GROOT WIT TROON OORDEEL, NA die DUISEND JARIGE VREDESRYK soos ons lees in Openbaring 20:12 – dus beteken dit weereens dat die wat luister na Yeshua se WAARSKUWINGS en OORWIN die EWIGE LEWE sal ontvang na die LAASTE OORDEEL).
6. DIE GEMEENTE VAN FILADELFIA
Hulle het VOLHARD in GEHOORSAAMHEID al is hulle swak of onbelangrik en daarom sal YESHUA hulle BEWAAR gedurende die TYD VAN HEWIGE BEPROEWING/ TOETSING (dit is TOETSING veral deur LYDING wat gedurende die periode vvan VERDRUKKING oor die hele wêreld sal kom met die doel om mense te laat besin en aan e moedig om te bekeer en dus hulle sondes te bely en te laat staan en om te draai terug na YHVH die Vader se WOORD en WEË en ‘n verhouding met Hom), sal hierdie mense bewaar word – dit beteken nie noodwendig dat hulle die VERDRUKKING wat gaan kom sal vryspring nie, maar dat hulle te midde daarvan BESKERM word deur Yeshua ons Messias (vanuit die voorbeeld wat ons van koning Josia se lewe lees in 2 Konings 22:18-20 wat die ballingskap van die Babiloniërs gespaar is deur sy dood is dit selfs moontlik dat hulle deur die EERSTE DOOD te sterf voor die VERDRUKKING, beskerm kan word asook Openbaring 14:13 waarin die SEWE SKALE/ BAKKE of laaste plae aangekondig word en die stem uit die hemel aan Johannes sê hy moet skryf: “…salig (gelukkig en geseënd) is van nou af die dooies wat in Meester Yehsua sterwe. Ja, sê die (Heilige) Gees, sodat hulle kan RUS van hul arbeid, en hulle werke (dit wat hule gedoen het) volg met hulle.”
Yeshua raai die gemeente van Filadelfia aan om moed te hou deur dit in GEDAGTE te hou dat Hy gaan kom en vas te hou wat hulle het (dus aan die WAARHEID van die WOORD en die BELOFTES daarin vas te hou) en om so aan te hou OORWIN want dan sal Hy hulle ‘n pilaar in die tempel van God (YHVH die Vader) maak en die Naam van God die Vader, asook die Naam van die stad van God die Vader, die NUWE JERUSALEM wat uit die hemel neerdaal asook Yeshua se Nuwe Naam op hulle graveer (dus beteken dit, dat hulle GEMERK sal word as die EIENDOM van Abba Vader en Yeshua en hulle sal in die Nuwe Jerusalem woon wat weer dui op die EWIGE LEWE).
7. DIE GEMEENTE VAN LOADICÈA
Hulle het louwarm geword en vertrou op hulle rykdom in plaas van op YHVH die Vader. Hulle dink hulle is ryk maar intussen is hulle GEESTELIK ARM en BLIND en NAAK. Yeshua raai hulle dus aan om by Hom goud te kom koop (dit beteken hulle moet soos goud gesuiwer word deur hul kruis op te neem, aan hulself te sterf) en Hom te volg sodat hulle GEESTELIK RYK kan word en wit klere van GEREGTIGHEID kan ontvang en OOGSALF sodat hulle hulle GEESTELIKE BLINDHEID kan oorkom en die WAARHEID kan sien en volg. Die wat op die wyse aanhou OORWIN sal toegelaat word om saam met Hom op Sy troon te sit, net soos Hy oorwin het (bereid was om die beker van lyding te drink deur GEKRUISIG te word vir ons sondes, lees Mattheus 26:39 en Hebreërs 12:1-3) en saam met Sy Vader op die troon gaan sit het (dus beteken dit, dat hulle saam met Hom sal heers en ook vir EWIG sal LEWE).
Die BEOORDELING van DIE GELOWIGES tydens die EERSTE OPSTANDING kan lei tot die UITWERPING in:
DIE BUITENSTE DUISTERNIS
Ons lees in Mattheus 8:11-12 “Maar Ek sê vir julle dat BAIE sal kom van die OOSTE en die WESTE en saam met Abraham en Isak en Jakob sal AANSIT in die KONINGKRYK van die HEMELE. Maar die KINDERS van die KONINGKRYK sal UITGEDRYF word in die BUITENSTE DUISTERNIS. Daar sal GEWEEN en GEKNERS van TANDE wees (dit beteken daar sal GROOT SPYT wees). Wat dan as bewys dien dat ALLE gelowiges beoordeel sal word met SY WEDERKOMS tydens die BRUILOFSFEES maar nie alle gelowiges sal die KONINGKRYK kan ingaan nie (Lees ook die gelykenis van die BRUILOF in Mattheus 22:1-14 en Lukas 14:16-24 en die gelykenis van die TALENTE in Mattheus 25:14-30). Ons weet nou die buitenste duisternis waarna hier verwys word is slegs ‘n aanduiding daarvan dat hulle BUITE DIE VREDESRYK of BUITE DIE STAD JERUSALEM sal moet bly, met ander woorde geskei van God se teenwoordigheid en dit het nie te make met die POEL van VUUR nie. Paulus vertel ons wel in 1 Korinthiërs 3:12-15 dat GELOWIGES se werk met VUUR GETOETS sal word.
DIE WAT SAAM MET YESHUA IN DIE VREDESRYK SAL REGEER
Ons lees in Daniel 7:13-14 hy sien Een wat kom, soos die (hoofletter) Seun van ‘n mens (wat ons weet Yeshua die Messias is) en Hy het gekom tot by die (hoofletter) Oue van Dae (‘n verwysing na God die Vader) en aan Hom is gegee HEERSKAPPY en EER en KONINGSKAP; en al die volke, nasies en tale het Hom vereer; Sy heerskappy is ‘n EWIGE heerskappy wat nie sal vergaan nie, en Sy KONINGKRYK een wat nie vernietig sal word nie. En in vers 18 lees ons: …en die heiliges van die ALLERHOOGSTE (die wat toegewy aan en afgesonderd vir en toegeweid aan YHVH ons God lewe), sal die koningskap ontvang, en hulle sal die KONINGKRYK in besit neem tot in EWIGHEID, ja tot in ALLE EWIGHEID (lees ook Daniël 7:28 en Openbaring 20:4 & 22:5).
Ons lees ook in Openbaring 1:5-6 sê Johannes aan die gemeentes: “Yeshua ons Messias, die GETROUE GETUIE, DIE EERSGEBORENE UIT DIE DOOD en die OWERSTE (HOOF/ AANVOERDER of HEERSER) oor die konings van die aarde. Hy wat ons liefgehad het en gewas het in SY BLOED en ons GEMAAK het konings en priesters vir SY GOD EN VADER, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!”
Johannes sien TWEE groepe mense in Openbaring 20:4 wat saam met Yeshua sal heers in die DUISEND JARIGE VREDESRYK naamlik:
- Die SIELE van die wat ONTHOOF is OOR DIE GETUIENIS VAN YESHUA en OOR DIE WOORD VAN GOD. Ons lees dan ook oor hulle in Openbaring 6:9-11 wanneer die VYFDE SEËL oopgemaak word; en
- DIE wat die dier (die antimessias/ antichris) en sy beeld NIE AANBID HET NIE, en die MERK op hulle VOORHOOF en op hule HAND NIE ONTVANG HET NIE. En ons lees in Openbaring 13:15 & 17 dat hierdie mense deur die antimessias/ antichris en die vals profeet VERHOED sal word om te KOOP en te VERKOOP en DOODGEMAAK sal word.
Ons sien dus duidelik hier dit kos ‘n PRYS om ons MESSIAS te VOLG maar SY BELONING VIR GETROUHEID AAN HOM TOT DIE DOOD is oor en oor die MOEITE WERD want soos Hy aan Sy volgelinge belowe in die gedeeltes wat ons reeds vandag gelees het en aan AL SEWE GEMEENTES in Openbring hoofstuk 2-3 as ons end uit volhou en OORWIN sal ons beloon word met verskillende seëninge asook die EWIGE LEWE.
Paulus het dit GOED VERSTAAN en hy verduidelik dit so aan Timotheus in 2 Timotheus 2:1-13 “Jy dan my seun WEES STERK deur die GENADE wat in MESSIAS YESHUA is; en wat jy van my gehoor het onder BAIE GETUIES, VERTROU DIT TOE aan GETROUE MANNE wat bekwaam sal wees om ook ANDER TE LEER. LY DAN VERDRUKKING soos ‘n GOEIE KRYGSMAN (‘n SOLDAAT) van YESHUA DIE MESSIAS. Niemand wat ‘n KRYGSMAN is, wikkel hom in die werksaamhede van die lewensonderhoud nie sodat hy die EEN kan behaag (tevrede stel) wat hom vir die diens gewerf het. (Die NLV sê: Geen soldaat raak verstrengeld in die bekommernisse van hierdie lewe nie, want dan kan hy DIE EEN wat hom vir SY LEËR (SY WEERMAG) gewerf het, nie tevrede stel nie). En verder, as iemand aan ‘n WEDSTRYD DEELNEEM, word hy nie BEKROON (word daar nie ‘n PRYS aan hom toegeken) as hy nie volgens die REËLS GEWEDYWER (of MEEGEDING) het nie, die LANDBOUER (die BOER) wat swaar werk behoort EERSTE van die VRUGTE te GENIET. Dink na oor wat ek (Paulus) sê; en mag YHVH jou INSIG gee in alles! ONTHOU dat Yeshua die Messias uit die geslag van David, uit die DOOD OPGEWEK is volgens my EVANGELIE, waarin ek (Paulus) VERDRUKKING LY tot die BOEIE TOE (Paulus was is geboei en in die tronk) soos ‘n kwaaddoener; maar die WOORD VAN GOD is NIE GEBONDE (dit kan nie vasgebind of vasgeketting word) nie. DAAROM VERDRA ek (Paulus) ALLES ter wille van die UITVERKORENES (dit is ISRAEL, AL 12 STAMME en ALMAL wat ingeent is op die boom van Israel deur hulle GELOOF in Yehsua die Messias en hulle GETROUHEID aan die WOORD van GOD volgens Romeine 11:17), sodat hulle ook die VERLOSSING wat in die MESSIAS YESHUA is, kan verkry met die EWIGE HEERLIKHEID (die EWIGE LEWE). Dit is ‘n BETROUBARE WOORD (die NLV sê: dit is absoluut waar), want as ons (saam) met Hom GESTERF het, sal ons ook (saam) met Hom LEWE. As ons VERDRA (ly, deurstaan, die NLV sê: as ons VERDRUKKING LY) sal ons (saam) met Hom REGEER. As ons Hom verloën (Hom nie wil ken nie, Hom ONTKEN), sal Hy ons ook verloën. As ons ONTROU is, HY BLY GETROU. Hy kan Homself nie verloën nie.”
