Skip to content

DIE WAARHEID oor die KRUISIGING en die SIMBOOL van die KRUIS: OPSOMMING van DEEL 15-25 Die LESSE wat ons LEER by die AGT GOEIE KONINGS van die SUIDRYK

4 Maart 2026

Ons is klaar met ons studie oor die KRUIS en die KRUSIGING van YESHUA ons MESSIAS, maar ons is besig met die OPSOMMING van die 27 gedeeltes van ongeveer 300 bladsye om ‘n DUIDELIKE PRENTJIE te vorm van wat die WOORD vir ons sê oor hierdie BELANGRIKE ONDERWERP.  Al 27 dele is beskikbaar onder Afrikaanse Boodskappe indien jy weer na die detail van ‘n gedeelte wou gaan kyk. Ons gesels vandag nog oor DEEL 15-27.  

Die Teks gedeeltes wat in hierdie boodskappe aangehaal word kom hoofsaaklik vanuit die 1933 vertaling in Afrikaans. Verder word die HEBREEUSE LETTERS vir die NAAM van God die Vader soos aangedui in die oorspronklike vertalings as YHVH (Yod-Heh-Vav-Heh) gebruik waar die woord HERE in hoofletter in ons AFRIKAANSE BYBEL VERTALINGS voorkom. Die rede hiervoor is dat daar onsekerheid heers oor die uitspraak van die Naam van God die Vader omdat die klinkers in die Hebreeuse geskrifte weggelaat is weens vrees vir die misbruik van Sy Naam en gevolglike oortreding van die derde gebod van God. Ons verwys ook na Hom as Abba Vader en die Hebreeuse vertaling Yeshua die Messias word gebruik, in plaas van die Afrikaanse Bybel vertalings van Sy Naam, Jesus Christus wat uit die Grieks vertaal is.

Ons het in Deel 15-27 geleer van die KONINGS van die NOORDRYK (die Tien Stamme onder Efraim bekend as Israel) en die SUIDRYK (die Twee Stamme, Judah en Benjamin onder Juda, bekend as die Jode) en die hartseer waarheid ontdek dat net 8 van die 20 KONINGS van die SUIDRYK (dus net 40%) en GEEN van die 19 konings van NOORDRYK (dus 0%) gekies het om die WEË van YHVH hulle God te volg nie. In totaal was daar dus net 8 uit 39 konings (20%) wat hulle mense vanuit  die duisternis van die wêreld terug gelei het na YHVH, die God van LIG, LIEFDE en EWIGE LEWE.

En ons gesels vandag opsommend oor die PATROON en die VOORDELE wanneer ‘n GOEIE, GOD VRESENDE KONING die weg terug na YHVH die GOD van ISRAEL aangedui het.

Ons sien dit veral tydens die regering van HISKIA (die 13de koning) en JOSIA (die 16de koning) van die SUIDRYK.

Ons sien eerstens by AL AGT KONINGS, insluitend Hiskia en Josia:

1. DIE BESLUIT OM TE DOEN WAT REG IS IN DIE OË VAN YHVH

Ons lees telkens aan die begin van hierdie konings se regeringstydperk dat hy ‘n KONING was wat DIE WEG van YHVH volg soos wat sy voorvader DAVID GEDOEN het. En dat hierdie konings nie die Baäls gesoek het nie, m.a.w hulle het nie die afgode gesoek nie, maar vir YHVH die God van Abraham, Isak en Jakob gesoek en in SY GEBOOIE gewandel.

Ons weet dat hierdie term “soek” gebruik word in terme van die opdrag in Deuternomium 6:1-9 om YHVH jou God lief te hê met jou HELE HART, SIEL en VERSTAND (al jou krag). En daarom het hulle GEDOEN wat reg is met ‘n VOLKOME HART. Hierdie konings se HARTE het dus aan YHVH hulle God behoort en daarom het hulle Hom vrywillig en gewillig gedien en gevolg volgens SY voorskrifte, bepalings en insettinge.

En dan lees ons ook, daarom was YHVH met hierdie konings en het Hy hulle koningskap bevestig en hulle geseën met rykdom en oorvloed.

PRAKTIESE RIGLYNE WAT ONS HIERUIT KAN NEEM VIR ONS EIE LEWENS:

DIE WEG vanuit die DUISTERNIS na die LIG begin by ‘n BESLUIT om YHVH die God van ISRAEL te DIEN.

Ons is elkeen die KONING/ HEERSER van ons eie lewens omdat YHVH ons God aan ons ELKEEN ‘n VRYE WIL gegee het om te BESLUIT hoe ons wil lewe. En ELKE MAN is inderwaarheid ook die KONING van sy eie GESIN wat kan KIES om sy gesin te lei volgens die weë van YHVH die God van ISRAEL of volgens die weë van die wêreld.

Die feit dat YHVH ons God aan ons elkeen ‘n VRYE WIL gegee het om ons EIE KEUSES te maak, maak ons dus ook VERANTWOORDELIK/ TOEREKENBAAR (aanspreeklik) vir ons EIE DADE. En wanneer Hy ‘n GESIN aan ons toevertrou, word ons ook TOEREKENBAAR vir ons gesinslede se ONDERRIG en OPVOEDING en LEIDING, net soos die KONINGS wat verantwoordleik was om die VOLK op die WEË van YHVH te lei. En wanneer ons kinders dan volwasse is, word hulle verantwoordelik en toerekenbaar vir hulle eie KEUSES en BESLUITE.

Ons sien dikwels dat kinders van goeie konings ongelukkig die pad van die duisternis gekies het, soos Manasse, Hiskia se seun. En ons weet volgens Esegiel 18 sal elkeen verantwoordleik gehou word vir hulle EIE KEUSES en dus hulle EIE DADE. Al het ons ouers wat verkeerd gedoen het kan ons nog steeds KIES wat reg is. Ons hoef nie hulle PAD te volg nie, ons volg die PAD van ons HEMELSE VADER na ons HEMELSE VADERHUIS. En ons eer en resprekteer ons ouers soos van ons verwag word deur ons Hemelse Vader in Gebod 5 van die 10 Gebooie. Ons gesels later in hierdie boodskap meer oor Manasse.

Dan sien ons die TWEEDE STAP wat die GOEIE KONINGS geneem het wanneer hulle begin regeer het is:

2. DIE VERNIETIGING VAN AFGODSAANBIDDING

Die heel eerste ding wat die konings gedoen het was om die vreemde altare (die offer plekke vir afgode) en die hoogtes (die aanbiddingsplekke vir afgode) van die Baäls te vernietig. Dit het ingesluit die verwydering van die klippilare (obelisks gebruik vir sonaanbidding), deur dit stukkend te breek en die heilige boomstamme (genoem Asjera pale) om te kap. Dit was alles afgode van die vrugbaarheids afgodsdiens van die Amoriete, Kanaäniete, Hetiete, Jebusiete en Feresiete (almal Gam se nageslag).

Die gesnede beelde en die gegote beelde wat gemaak is vir die aanbidding van afgode is stukkend gebreek en gemaal en sommige konings (soos Josia) het dit oor die grafte gestrooi van die wat aan hulle geoffer het (hulle aanbid het). En die beendere van die priesters het hy op die altare verbrand en Juda en Jerusalem gereining. Die Bybel in Praktyk verduidelik dat die mensbene van die priesters verbrand is wat afgode aanbid het om so te keer dat dit nie vir afgodsdiens rituele gebruik word nie. Hy het dit in beide Juda se stede en die verlate stede van Israel (die Noordryk, die Tien Stamme onder Efraim wat toe al in ballingskap deur Assirië weggevoer is) gedoen.

En hy het die afgodspriesters uitgeroei wat deur die konings van Juda aangestel was om op die hoogtes van die stede van Juda en in die omgewing van Jerusalem rook te laat opgaan, en ook die wat vir Baäl, vir die son en die maan en die sterrebeelde en die hele leër van die hemel (insluitend gevalle engele) offerook laat opgaan het (hulle dus aanbid het).

En Josia het die hoogtes laat afbreek en hy het ook Tofet (‘n plek in die Hinnom valei waar hoë plekke gebou is en kinder offers gebring is) vernietig, sodat niemand sy seuns of dogters vir Moleg deur die vuur kon laat gaan nie (nie offer nie). En hy het die perde uitgeroei wat die konings van Juda gegee het tot die verering van die son, by die INGANG van die huis (Tempel) van YHVH en die waens van die son het hy met vuur verbrand. Die altare wat op die dak van die bokamer van Agas (die 12de koning van Juda) was, wat die konings van Juda gemaak het (ons sien in Jeremia 19:13 dat die konings op hulle huise se dakke die leërs van die hemel en ander kleinletter gode aanbid het), en die altare van Manasse in die twee voorhowe van die huis (Tempel) van YHVH wat hy gemaak het, het koning Josia afgebreek en tot stof gemaal en in die Kidron spruit gegooi (die vullis stortings terein en vullis daar verbrand).

En die hoogtes wat oos van Jerusalem was, suid van die Berg van Bederf wat Salomo, die koning van ISRAEL gebou het vir Astarte die gruwel van die Sidoniërs en vir Kamos die gruwel van die Moabiete, en vir Milkom die gruwel van die kinders van Ammon, het die koning vernietig.

En hy het die hoogtes van Jerobeam wat vir ISRAEL (die Noordryk, die Tien Stamme onder Efraim), laat sondig het afgebreek en verbrand en die heilige boomstam/ Asjera paal verbrand. En hy het die afgodstempels wat in Samaria (die hoofstad van Israel), die Noordryk gebou was vernietig. En hy het die dodebesweerders (mense wat geeste raadpleeg) en die waarseêrs en die huisgode (afgode wat aangehou is om huise te beskerm) en die drekgode (vals gode) en al die verfoeisels (gruwels) wat in die land van Juda en in Jerusalem te sien was, uitgeroei.

PRAKTIESE RIGLYNE WAT ONS HIERUIT KAN NEEM VIR ONS EIE LEWENS:

Dit verg ‘n EVALUERING van die toestand van afvalligheid (ontrouheid aan YHVH ons God) en die sonde waarin die TEMPEL van God (ons, ons lewens, gesinne en ons huise waarin ons woon) bevuil is met afgode enn BESLUIT om dit te REINIG.

Dit is ‘n belangrike TWEEDE STAP in ons lewens as ons van die pad van die duisternis wil terugkeer na die WARE LIG. Ons moet AL DIE AFGODE in ons LEWENS identifiseer, verwerp, stukkend breek en vernietig en die oorblyfsels daarvan gaan weggooi op die ashoop om daar verbrand te word.

Daar mag niks by ons, in ons, in ons gesinne of in ons woonplekke agterbly nie. Ons moet dus opnuut ELKE DING waarna ons KYK, LUISTER, EET, DRINK en DOEN evalueer deur te KYK in die SPIEËL van LEWENDE WATER, DIE WOORD van GOD, om te BEPAAL of dit van HOM af IS of van die duisternis af. En as dit van die duisternis af is, moet ons BESLUIT of ons dit langer in ons lewens gaan toelaat om van ons te STEEL, ons te SLAG en te VERNIETIG en of ons soos KONING JOSIA, daarvan ONSLAE GAAN RAAK.

En dan sien ons die DERDE STAP wat die GOEIE KONINGS geneem het was:

3. DIE HERSTEL EN REINIGING VAN DIE TEMPEL VAN YHVH

Hulle het weer ‘n VERBOND gesluit met YHVH hulle God om Hom met hulle HELE HART en HELE SIEL te lief te hê, offers aan Hom te bring en die HUIS van YHVH (Sy Tempel)  te herstel.

Dit was nodig om die TEMPEL te herstel omdat die godelose konings wanneer hulle in beheer was, saam met hulle volgelinge die Tempel en die gewyde voorwerpe (wat afgesonder was vir gebruik deur YHVH) vir Baäldiens gebruik het.

Die HUIS (Tempel) van YHVH was dus vol ONREINHEID omdat die konings en die volk ONTROU gehandel het en gedoen het wat verkeerd is in die oë van YHVH hulle God. Hulle het Hom verlaat en hulle oë / hulle fokus weggenaam, net soos hulle voorgeslagte hulle fokus weggeneem het van die TABERNAKEL van YHVH – die HEILIGE TENT wat die ARK met die VRBOND daarin gehad het en hulle rug daarop gedraai (lees 2 Kronieke 29:5-6).

Hulle het die ingang tot die VOORHOF van die Tempel (waar die koper brandofferaltaar, ‘n prentjie van die kruis, en die koper wasbak, ‘n prentjie van die doop en daaglikse sondebelydenis) TOEGESLUIT. Hulle het dus geen brandoffer in die HEILIGDOM (die Tempel) aan die God van ISRAEL meer gebring nie. Hulle het dus nie meer Sy VERGIFNIS, TEENWOORDIGHEID, GUNS, GENADE en GOEDHEID gesoek om uitdruking te gee aan hulle LIEFDE vir Hom nie.

Hulle het die LAMPE (die Menorah se sewe lampe, ‘n prentje van die HEILIGE GEES) DOODGEBLAAS (hulle het dus die Heilige Gees uitgeblus soos ons lees in 1 Thessalonisense 5:19, Efesiërs 4:30 & Hebreërs 10:29). Hulle het geen REUKWERK aan die brand gesteek op die WIEROOK ALTAAR nie, wat beteken hulle het nie meer GEBID tot YHVH hulle God nie.

Koning Hiskia het toe opdrag gegee dat die Leviete hulle broers versamel en hulle geheilig word (afgesonder word vir diens aan YHVH hulle God alleen). En die priesters het binne die HUIS van YHVH ingegaan om dit te REINIG en dit GEREINIG van al die ONREINHEID wat hulle kon vind in die HEILIGE en ALLERHEILIGSTE GEDEELTES en dit uitgbring in die VOORHOF en die Leviete het dit uitgevat na die Kidron spruit – die vullis stortings terein en dit daar gaan verbrand.

Ons sien ook dat KONING JOSIA al die voorwerpe uit die Tempel van YHVH gebring het wat gemaak is vir Baäl en Asjera en die hele leër van die hemel (die son, maan en sterre insluitend die gevalle engele) en dit buitekant Jerusalem in die velde van Kidron gaan verbrand en die as daarvan na Bet-el laat dra het. Die Nelson’s Foundational Bible Dictionary verduidelik: Bet-El was toegeken aan Benjamin en was op die grens tussen die stam van Benjamin wat deel was van Juda (en dus die Suidryk) en van Efraim (deel van die Noordryk) en dit het ‘n sentrum vir afgodsaanbidding geword tydens Jerobeam se koningskap oor die Noordryk (Lees 1 Konings 12:29-22 & 13:1-32). En daarom het die profete dit veroordeel (Lees Jeremia 48:13, Hosea 10:15 en Amos 3:14 & 4:4) En dit is hier waar Josia die afgodsaltare vernieig het.

En hy het die Asjera (die heilige boomstam of paal) uit die HUIS van YHVH buitekekant Jerusalem uitgebring na die Kidron spruit en dit VERBRAND en tot STOF gemaal en op die algemene begraafplaas gegooi.

En hy het die huis van die skandseuns (die manlike tempelprostitute) afgebreek wat in die huis (die Tmpel) van YHVH was, waar die vroue tente geweef het vir Asjera. (Die betekenis hiervan is onseker maar word aangedui in die Joodse Studie Bybel as afskortings wat vir die Asjera beelde gemaak is, maar as ons kyk na die konteks kon dit ook moontlik areas gewees het waar seksuele gemeenskap in die tempel bedryf is).

Ons sien ook in die geval van KONING HISKIA het hulle die HUIS van GOD volgens SY oorspronklike plan herbou en die GEREEDSKAP weer gemaak het.

BRANDOFFERS is weer gebring, die deure van die HUIS van YHVH was weer oop en Hiskia het die Priesters en Leviete laat inkom en opdrag gegee om hulself te heilig (hulle moes weer afgesonder word vir diens aan YHVH hulle God).

En ons lees ook tydens die heropbou van die tempel tydens KONING JOSIA se regering het die  hoëpriester Hilkia die WETBOEK (die boekrol van die Torah, dus Genesis tot Deuternomium opgesom in die Tien Gebooie) in die HUIS (Tempel) van YHVH gevind, en Hilkia het die BOEK (of Boekrol) aan Safan (wat die tempel moes herbou) gegee en hy het dit gelees. En hy het vir koning Josia die BOEK wat Hilkia aan hom gegee het voorgelees. En ons lees in 2 Konings 22:11-14En toe die koning die woorde van die WETBOEK (die Torah Boekrol) hoor, het hy sy klere geskeur (dit was in die ou Testament ‘n teken van berou).” En hy het opdrag gegee aan Hilika en die priester Ahikam en Safan en ‘n paar ander mense van belang en gesê: Gaan RAADPLEEG YHVH vir my en vir die volk en vir die HELE JUDA oor die WOORDE van hierdie BOEK wat gevind is; want die grimmigheid (die woede) van YHVH is GROOT wat teen ons ONTVLAM het omdat ons vaders NIE GELUISTER het na die WOORDE van HIERDIE BOEK om te handel (te DOEN en OP te TREE) volgens ALLES wat ons VOORGESKRYWE is nie.

Ons sien ook as deel van die SKOONMAAK PROSES dat KONING HISKIA die KOPERSLANG wat Moses gemaak het in opdrag van God in Numeri hoofstuk 21,  vernietig het. Ons lees die rede daarvoor in 2 Konings 18:4 was omdat die volk van Israel die PAAL met die SLANG aanbid het. Hulle het God se GENESINGSWONDER aan die slang gekoppel en nie verstaan dat dit ‘n simbool van die komende kruis was waarop Yeshua die Messias GEKRUISIG sou word en die slang sou OORWIN, waarvan ons lees in Johannes 3:14-21. Lees meer hieroor in Deel 19.

PRAKTIESE RIGLYNE WAT ONS HIERUIT KAN NEEM VIR ONS EIE LEWENS:

Nadat ons die afgode uit ons lewens gegooi het, is dit ook nodig om ons as TEMPELS van YHVH ons God, ons liggaam, siel en gees, te reinig en te herstel van al die plekke waar die afgode vastrap plek gehad het en ons verontreining het to ‘n punt van ontrouheid aan YHVH ons God.

  • REINIGING van ons as die TEMPELS van YHVH vind plaas deur die BLOED van Yeshua ons Messias en deur die WATER van SY WOORD, dit word wedergeboorte genoem soos verduidleik deur Yehsua die Messias in Johannes hoofstuk 3. En daarna kan Hy ons DOOP met VUUR, vul met die HEILIGE GEES, die KRAG van YHVH ons God.
  • Die SIEL (wat bestaan uit ons gedagtes, emosies & vrye wil) KIES wie ons toelaat om in ons TEMPELS te WOON (YHVH die God van LIG en LIEFDE se HEILIGE GEES of die kleinletter god van hierdie wêreld, die Satan en sy bose magte/ demone wat ons lei na afgodsdiens) en ons MONDE, HANDE en VOETE as hulle werktuie te gebruik vir die uitvoering van hulle doelstellings (lees Matheus 12:43-45).
  • SELFONDERSOEK is dus hier nodig op DRIE VLAKKE sodat ons TEMPEL kan SKOONMAAK:
  1. Die LIGGAAM (beskou as die VOORHOF van die Tempel),
  2. Die SIEL (die HEILIGE GEDEELTE van die Tempel, ons gedagtes, emosies en vryewil belsuite), en
  3. Die GEES (die ALLERHEILIGSTE GEDEELTE van die Tempel) waarin die GEES van God in staat is om te woon.
  • Die PLEK waar VUILHEID ons binnedring is DIE SIEL, aangesien die GEDAGTES, EMOSIES en VRYE WIL hier gesetel is. Ons EMOSIES word afgesneller deur ons GEDAGTES en ons neem ALTYD BESLUITE op grond van ons EMOSIES totdat ons LEER om BESLUITE te neem op GROND van GOD se WOORD. Die Satan en sy bose magte weet goed dat hulle dus die mens se GEDAGTES moet binnedring as hulle die mens as WERKTUIG wil kaap vir hulle bose doeleindes. Dus sal hulle na ‘n DEUR soek om die SIEL van die mens binne te dring (YHVH ons God verduidelik dit reeds in Genesis 4:6-7 aan Kain). En die DEURE wat lei na die SIEL is die mens se VYF SINTUIE, naamlik die oë (sig), ore (gehoor), neus (reuk), mond (smaak) en vel (aanraking). Ons kan dus deur hierdie kanale GEPROGRAMEER word vir bose aksie!
  • Daarom is dit nodig om ONDERSOEK in te stel en vas te stel, hardloop my lewe op die wêreld se program, gedryf deur die kleinletter god van hierdie wêreld en sy bose magte (Efesiërs 6:12) of is ek op die SKEPPER, VERLOSSER en KONING se program?
  • En die wyse waarop ons dit kan bepaal is om te kyk na die VRUGTE wat ons dra (ons woorde en dade). Die TIEN GEBOOIE van YHVH ons God sowel as Galasiërs 5:19-23 gee aan ons ‘n goeie idee oor wat hierdie slegte en goeie vrugte is.
  • Ons moet ook kyk na die goeie en slegte eienskappe van die spesifieke PERSOONLIKHEID (genoem REDEMPTIVE GIFTS in Engels) waarmee Abba Vader ons geskep het en waarvan ons lees in Romeine 12:3-8. Hierdie PERSOONLIKHEID is dikwels disfunksioneel SONDER die TEENWOORDIGHEID van die HEILIGE GEES in ons LEWENS. En dit is hoekom ons eers ons WARE DOEL ontdek en die STERK PUNTE van ons PERSOONLIKHEDE kan ontwikkel, NADAT ons WEDERGEBORE is en die HEILIGE GEES in ons WOON. Nog ‘n VOORVEREISTE is YHVH ons God se 1 Korinthiërs 13 soort LIEFDE. AL die GAWES is NIKS WERD sonder hierdie LIEFDE nie en weereens kan ons dit nie in eie KRAG doen nie, ons BENODIG die HEILIGE GEES van YHVH die GOD van LIEFDE en dit is ‘n LEWENSLANGE PROSES van LEER by HOM, OEFEN, NOG LEER en IMPLIMENTEER en oor tyd word dit makliker soos ons meer en meer loop in die VOETSPORE van GEHOORSAAMHEID van ons MEESTER YESHUA die MESSIAS.
  • Die SEWE FEESTE van YHVH ons GOD sowel as die TWEE addisionele FEESTE van PURIM en HANUKKAH help ons met ons LEER en SKOONMAAK PROSES deur dit ELKE JAAR getrou te vier volgens die RIGLYNE van YHVH ons GOD en VADER.

Ons sien as deel van die SKOONMAAK PROSES het Koning Hiskia die KOPERSLANG wat Moses gemaak het in opdrag van God in Numeri hoofstuk 21,  vernietig omdat die volk van Israel die PAAL met die SLANG aan God se GENESINGSWONDER gekoppel het en nie verstaan het dat dit ‘n simbool van die komende kruis was waarop Yeshua die Messias GEKRUISIG sou word en die slang OORWIN sou word.

Hierdie KOPERSLANG moet ook in ons lewens vernietig word.

  • GENESING kom deur die WONDE van YESHUA ons MESSIAS wat GEKRUISIG is en GESTERF het namens ons en die GOEIE NUUS is dat daar GENESING is van die VLEES/ DIE SONDIGE NATUUR (die slang se saad) vir ELKE MENS wat dit KIES!
  • OORWINNIG oor die vlees (die ou sondige natuur) en dus die slang is moontlik met die OUTORITEIT van YESHUA die MESSIAS as ons die VLEES (ons ou sondige natuur) KRUISIG (soos ons lees in Mattheus 16:24-28) en WEER GEBORE WORD.
  • YHVH ons God BESKERM ons teen die slange (Satan en sy bose magte) wanneer ons Hom GEHOORSAAM en dus in SY SKUILPLEK bly (lees as voorbeeld hiervan Psalm 91).

Yeshua ons Messias het die slang se houvas oor ons verslaan met Sy KRUISIGING, maar wat het die SIMBOOL van die KRUIS hiermee te doen?

DIE SIMBOOL van die KRUIS is ONWEERLEGBAAR vasgevang in die KAMP UITLEG VAN ISRAEL rondom die TABERNAKEL asook die TOERUSTING UITLEG in die TABERNAKEL en later die TEMPEL asook in die mens se LIGGAAM, SIEL en GEES as WARE TABERNAKEL/ TEMPEL van GOD. Inderdaat die TAV/ DIE EINDE in Hebreeus (uitgebeeld as ‘n prentjie van ‘n kruis), die VERBONDSTEKEN van YHVH met die mens. Ons moet dus die duidelike onderskeid maak, net soos in die geval van die die OS, wat die prentjie van die ALEF/ BEGIN is en God se KRAG uitbeeld, is die KRUIS die TAV/ die EINDE wat die VERBONDSTEKEN van God met die mens is. Met ander woorde die PRYS IS FINAAL BETAAL deur YESHUA die MESSIAS met SY KOSBARE BLOED aan DIE KRUIS op GOLGOTA vir ons sondes waar Hy uitgeroep het: DIT IS VOLBRING!

Alhoewel die Israeliete (al TWAALF STAMME in die woestyn, insluitend die vreemdelinge wat by hulle was volgens Genesis 12:38) aanvanklik besef het dat dit GOD is wat hulle GENEES (herstel, gesond gemaak, bevry) het, is die TASBARE BEELD van die koper slang met verloop van tyd misverstaan en is dit aanbid asof dit ‘n voorwerp was wat magiese (bonatuurlike) krag het. En was dit inderdaat die oortreding van YHVH se TWEEDE GEBOD. Die volk het dus in die tyd van koning Hiskia, eeue na Moses, vir die koper slang wat steeds behoue gebly het reukwerk / offer rook laat opgaan (dit aanbid) wat beteken het dat hulle outoriteit en heiligheid daaraan toegskryf het wat slegs aan GOD behoort. Hiskia het dus die Nehústan, “die brons/ koper ding” soos hy dit genoem het, vernietig sodat die mense van hierdie vals aanbidding kon terugdraai na die WARE AANBIDDING van YHVH hulle God.

Die koper slang bied dus aan ons ‘n waardevolle les. Dit is GEVAARLIK maklik om ons fokus te verskuif vanaf YHVH na ‘n voorwerp, praktyk of tradisie wat slegs bedoel was om rigting na YHVH aan te dui. Ons sien met die koper slang, wat eens gebruik is as ‘n VOORUITSKOUING na GENESING van die mensdom (herstel, gesond maak en bevryding) deur ons Messias se offer aan die kruis vir ons sondes later ‘n STUIKELBLOK geword het vir AANBIDDING van die ware en enigste God. Hiskia se VERNIETIGING van Nehústan (die koper slang) spreek ’n kern beginsel in die Woord aan dat VERERING, DANKSEGGING, AANBIDDING en LOFPRYSING die SKEPPER alleen toekom.

In terme van die KRUIS as SIMBOOL is die volgende dus belangrik:

  • Ons moet versigtig wees om nie ons fokus te plaas op ‘n VOORWERP, soos die KRUIS nie. Die Nehústan (koper slang) dien as voorbeeld om aan ons te wys hoe maklik die mens se hart ‘n mensgemaakte voorwerp kan verhoog tot ‘n afgod. Ons fokus van aanbidding moet ‘n VERHOUDING wees met die EEN WARE GOD en SKEPPER.
  • Die koper slang was nooit bedoel om aanbid te word nie. Dit was ‘n teken van die wonderwerkende krag en genade van die ewige Skepper. Geen VOORWERP, en dus ook nie die KRUIS nie kan ‘n WARE VERHOUDING met YHVH vervang nie.
  • Ons moet WAAK teen afgodsaanbidding want godsdienstige voorwerpe, tradisies en praktyke kan Nehústans word – “dinge” wat die aandag aftrek van ons toegewyde gehoorsaamheid en vertroue in YHVH ons God.
  • Beteken dit dat ons die SIMBOOL van die KRUIS moet verwerp – NEE BESLIS NIE – dit sou wees soos die spreekword sê om die baba saam met die badwater uit te gooi. Die koper slang op die paal het JUIS vooruit gewys na die FINALE VERSLANING en OORWINNING van Yeshua ons Messias oor die slang wat die mens mislei het en vasgeketting het in sonde wat gelei het tot die fisiese dood van die mens. Hierdie is die TAV, die VERBONDSTEKEN/ DIE KRUIS waarop YESHUA ons MESSIAS gesterf het, DIE LAASTE magtige aksie waardeer die krag van die slang oor die mens asook die mag van die dood wat FINAAL verbreek is oor die mens en ons nou in staat stel om te KIES om hierdie offer te aanvaar en uit die mag van die sonde los te breek en nie die TWEEDE en EWIGE dood te sterf nie (Openbaring 20:6).
  • So mag ons ‘n afbeelding van ‘n KRUIS in ons huise hê? Dit is vir ons elkeen om te besluit soos die Heilige Gees ons lei, maar ons mag BESLIS NIE die kruis gebruik as ‘n magiese (bonatuurlike) krag om ons huise teen boosheid te beskerm nie – dan is ons besig met afgodsaanbidding. Die KRUIS is ‘n SIMBOOL van ons geloof in Yeshua ons Messias maar sonder ‘n LEWENDE VERHOUDING met GOD DIE VADER deur Yeshua ons Messias en met SY kragtige HEILIGE GEES in ons waarin ons KRAG te vinde is, bly die SIMBOOL van die KRUIS slegs ‘n mensgemaakte voorwerp.

En dit is die rede dat ‘n persoon wat in die okkulte is, ‘n kruis om sy of haar nek kan hang of op ‘n verhoog kan gebruik, as bespotting omdat hulle GEEN verhouding met Hom het en Hom en SY krag en mag dus nie KEN nie.

En dit bring ons by die VIERDE STAP wat die GOEIE KONINGS geneem het naamlik:

4. DIE HERTOEWYDING VAN DIE TEMPEL VAN YHVH

Ons sien dat die HERTOEWYDING van die TEMPEL begin op die 1ste van die 1ste Maand, dit is 1 Abib (later henoem deur die Suidryk as 1 Nisan), wat die begin van die Nuwe Jaar is volgens YHVH ons God.

Hiskia het op die 8ste dag in die VOORPORTAAL ingekom en 8 dae die HUIS van YHVH geheilig. Op die 16de dag was hulle gereed – alles was gereining insluitend die BRANDOFFER ALTAAR (‘n prentjie van die KRUIS en die 1ste Fees van YHVH naamlk die PASGA FEES) en die TAFEL van TOONBRODE  (‘n prentjie die Opstanding uit die Dood en die 3de Fees van YHVH naamlk die FEES van Eerste Vrugte). Hiskia het vroeg die volgende more (die oggend van 17 Abib) gegaan en die LEIERS vd volk bymekaar laat kom en die priesters moes ‘n SONDEOFFER bing – ‘n  BLOEDOFFER om verifnis te verkry vir hulle sondes asook vir die KONINGSKAP en die HEILIGDOM, die TEMPEL en vir JUDA, op die brandofferaltaar van YHVH.

Dit was ‘n skadubeeld van Yeshua die Messias, die Lam van God die Vader wat die vol prys sou kom betaal op die BRANDOFFERALTAAR / DIE KRUIS op GOLGOTA met SY KOSBARE BLOED vir die HELE MENSDOM en so finale VERSOENING sou  bewerkstellig tussen die mens wat hierdie offer vir sy of haar sondes aanvaar en GOD die VADER (Lees Hebreërs 9:24-25).

En LOF en AANBIDDING is gebring aan YHVH – koning Hiskia en almal teenwoordig het gekniel en neergebuig en daarna ‘n Psalm van David met blydskap gesing (‘n prentjie van die wierook/reukoffer altaar voor die Allerheiligste Gedeelte). En daarna het HISKIA BEVESTIG dat hulle GEWY is aan (afgesonder is vir) YHVH hulle God. En hy het aan die vergadering (die gemeente/ die volk) gesê hulle kan nou voortgaan met die VRYWILLIGE OFFERS naamlik:

  • SLAGOFFERS – om God se guns te soek en vergifnis te kry en om hulle skuld te bely.
  • LOFOFFERS – graanoffers om te erken hulle kos kom van God deur Sy voorsiening en om dankbaarheid en gehoorsaamheid aan Hom te toon op ‘n tasbare wyse en maaltyd offers om met vreugde en dankbaarheid saam met God te verkeer en ‘n feesmaaltyd saam te geniet tot Sy eer.
  • BRANDOFFERS – om God se teenwoordigheid en guns te soek en so uitdrukking te gee aan hulle verbintenis met Hom as ‘n aanduiding van hulle LIEFDE vir Hom.

En daar was so BAIE  BRANDOFFERS gebring dat die priesters te min was om alles te slag, maar die LEVIETE het gehelp tot alles klaar was. En so is die DIENS in die HUIS van YHVH dan weer ingestel en gevestig en HISKIA en die HELE VOLK was BLY oor wat God vir die volk ISRAEL gedoen het.

Deel van ons HERTOEWYDING van ons TEMPELS behels VERBONDSLUITING.

Ons sien in die geval van KONING JOSIA die VERBONDSLUTING met YHVH gerugsteun deur die VERBONDSBOEK (die Torah, Genesis tot Deuternomium, opgesom in die Tien Gebooie). Die Bybel in Praktyk verduidelik: In Deuternomium hooftuk 27 tot 28 lees ons oor die vloek wat vanself in werking tree wanneer die VERBOND met God verbreek word. As ‘n mens joueslf buite die beskerming van die VERBOND plaas deur nie aan die eise daarvan te voldoen nie, plaas jy jouself deur jou eie besluite BUITE die VERBOND en dus in gevaar van VLOEK. Dit geld ook vir die NUWE VERBOND in YESHUA die MESSIAS. Lees Johannes 15:5-8.

En dan lees ons in 2 Konings hoofstuk 23:1-3 het koning Josia die oudstes (die leiers) van Juda en Jerusalem na hom laat kom. En koning Josia, het opgegaan na die huis (die Tempel) van YHVH, en al die manne van Juda en al die inwoners van Jerusalem en die priesters en die profete en die hele volk, klein en groot en hy het AL DIE WOORDE van die VERBONDSBOEK (die Torah, Genesis tot Deuternomium, opgesom in die Tien Gebooie) wat in die huis (die Tempel) van YHVH gevind is vir hulle voorgelees. En koning Josia het op die verhoog gaan staan en die VERBOND voor die aangesig van YHVH gesluit om YHVH te VOLG en SY GEBOOIE en SY GETUIENISSE en SY INSETTINGE met die HELE HART en met die HELE SIEL te ONDERHOU, om die WOORDE van HIERDIE VERBOND wat in HIERDIE BOEK geksrywe is, te BEVESTIG. En die HELE VOLK het TOEGETREE (hulle verbind) tot die VERBOND.

Die Bybel in Praktyk verduidelik: Konings en die volk word gemeet aan die mate waarin hulle die eise van die VERBOND met YHVH hulle God nagekom het. Jerusalem en die Tempel is vernietig en die volk het in ballingskap ingegaan omdat hulle die VERBOND verbreek het. Ons sien ook die hernuwing van die VERBOND in Josua hoofstuk 24.

PRAKTIESE RIGLYNE WAT ONS HIERUIT KAN NEEM VIR ONS EIE LEWENS:

Ons moet DAAGLIKS, WEEKLIKS en JAARLIKS ons TEMPELS toewy aan Abba Vader. Onthou die verskil – ons aanvaar EENKEER vir YESHUA ons MESSIAS en SY VOLMAAKTE BLOEDOFFER vir ons SONDES, dan is ons die VRYGEMAAKTES soos Hiskia na die Israliete verwys het wat van hulle vyande bevry is en uit balingskap losgekom het, net soos ons uit die greep van Satan en sy bose magte losgekom het omdat ons Messias die prys vir sonde met Sy kosbare bloed betaal het, en daarom loop ons daarna DAAGLIKS die PAD van HEILGMAKING tot aan die einde van ons lewens want ons leef steeds in ‘n onvolmaakte wêreld waarin ons steeds gekonfronteer word met die Satan en sy bose magte wat ons weer met die kettings van SONDE wil vasbind en ons ellendig en hopeloos wil maak, vol vrees, skuldgevoelens en skaamte en daarom het ons ‘n DAAGLIKSE GEVEG teen die sonde en moet ons dit met die hulp van die HEILIGE GEES, ONS GEDAGTES GEHOORSAAM aan YEHSUA ons MESSIAS en dus DIE WOORD as ons SWAARD en met die volle WAPENRUSTING van GOD die VADER aan, DAAGLIKS OORWIN.

Abba gee aan ons die PROSES vir DAAGLIKSE, WEEKLIKSE en JAARLIKSE oorwinnig deur SY DAAGLIKSE riglyne

DAAGLIKS: (hernuwe jou gedagtes daagliks volgens Sy Woord – eet m.a.w daagliks aan SY TAFEL en drink daagliks Sy LEWENDE WATER om kennis op te doen en versterk te word sodat ons kan onderskei tussen SY WIL, my WIL en die wêreld se versoekings

Ons BRING dan VRYWILLIGE OFFERS naamlik:

  • BRANDOFFERS wat beteken ons soek DAAGLIKS God se teenwoordigheid en guns/goedheid en genade om uitdrukking te gee aan ons verbintenis met Hom as ‘n aanduiding van ons liefde vir Hom.
  • Die SONDEOFFER wat beteken ons ONTHOU daagliks dat ons VRY is van die SLAWERNY aan die sonde omdat ons LOSGEKOOP en dus VRYGEMAAK is van sonde deur Yeshua ons Verlosser te aanvaar as die volmaakte offer vir ons sondes en die HERSTEL van ons verhouding met Abba Vader. Ons is dus NIE meer slawe van die sonde nie en daarom kan ons KIES om nie meer daarin verstengel te raak nie.
  • SKULD OFFERS wat beteken dat ons daagliks die onreg wat ons per ongeluk vir God en ander mense aandoen erken en bely as verkeerde gedrag waaroor ons spyt is en weg te draai daarvan asook weerstand te bied teen hierdie soort gedrag in die toekoms.
  • LOF en DANKOFFERS sluit in GRAAN OFFERS en MAALTYD OFFERS wat beteken ons erken dat ons kos en ander noodsaaklikhede deur God ons Vader voorsien word en ons toon dankbaarheid en gehoorsaamheid aan Hom op ‘n tasbare wyse deur LOF en AANBIDDING aan Hom te bring en ons spandeer met vreugde en dankbaarheid tyd saam Hom.

Net soos die KONINGS en die VOLK gemeet is aan die mate waarin hulle die eise van die VERBOND met YHVH hulle God nagekom het. Jerusalem en die tempel is vernietig en die volk het in ballingskap ingegaan omdat hulle die VERBOND verbreek het. En dieselfde geld steeds vir ons in ons PERSOONLIKE LEWENS sowel as die MAN se ROL as KONING oor SY EIE GESIN. In koning Josia se lewe is daar voorbeelde van belang vir gelowiges vandag. Josia het van jongs af YHVH die God van sy vaders gedien en ALLES verwyder wat tussen hom en God gestaan het. Niks was belangriker vir hom as om GETROU aan God te wees nie en hy het alle spore van afgodsdiens uit sy eie en die volk se lewens verwyder. Hy het hom ook ernstig laat waarsku deur YHVH se Woord en nie gehuiwer om volgens Sy Woord te lewe nie en ook die volk se lewens in ooreenstemming met die Woord te bring. Hy was bewus van al die sondes in die volk se gekiedenis maar het nie moedeloos geword nie, maar dit het hom eerder aangespoor om sy saak met YHVH reg te maak  en opnuut ‘n verbintenis met Hom aan te gaan en die pad saam met Hom te loop. God se uitstel van OORDEEL is ‘n teken van SY GENADE vir ons om tot BEKERING te kom.

Ons leer ook dat VERBONDSLUITING met YHVH ons God sonder die HERSTEL van die VERHOUDING met YHVH as VERBONDSGOD LEEG is en nie kan standhou nie. En dit geld ook vir ons as GELOWIGES en as KONING/ HOOF van jou gesin. Sondebelydenis enn veranderde lewenswyse moet voortvloei vanuit ‘n nuwe verhouding met God. Sy WOORD en RIGLYNE moet nie meer net iets op papier wees nie, maar moet deel word van ons HARTE en GEDATES en sigbaar word in ons GEDRAG juis omdat ons Hom liefhet. Dit is deel van ons NUWE VERBOND in YESHUA die MESSIAS. Lees Johannes 15:5-8.

Ons sien dan die VYFDE STAP wat die goeie konings geneem het was om:

5. WEER AKTIEF DIE FEESTE VAN YHVH TE HOU

Wat begin het met:

  • DIE PASGA FEES

Die REDINGSPROSES van YHVH ons God begin met die HEEL BELANGRIKSTE FEES – DIE PASGA FEES.

Ons sien Hiskia het die VOLK terug geroep tot bekering met die voorbereiding en vier van die PASGA, as deel van Abba Vader se EERSTE SEISOEN FEES.

Koning Hiskia het BRIEWE gestuur na die HELE ISRAEL (die Noordryk, die Tien Stamme onder Efraim) en JUDA (die SUIDRYK) en ook na EFRAIM en Manasse (Josef se twee seuns en hulle nageslagte wat deel gevorm het van die Noordryk – tydens die begin van Hiskia se regering in 728 voor die Messias het die Noordryk nog bestaan, totdat hulle tydens sy regering in 722 voor die Messias verower is deur die Assiriërs en in ballingskap geneem is, maar ons sien hier nooi hy hulle, kort voor hulle ballingskap) om te KOM na die HUIS van YHVH  in JERUSALEM om die PASGA FEES tot eer van YHVH die God van ISRAEL te hou.

En die PASGA is gehou in die 2de maand (volgens die voorskrif in Numeri 9:10-15) want hulle kon nie die PASGA op 14 Abib hou nie omdat die priesters hulle nie voldoende gereining en geheilig (afgesonder en toegewy) het nie.

Die briewe is deur middel van HARDLOPERS  versprei deur die HELE ISRAEL (al twaalf stamme) en die opdrag was (2 Kronieke 30:6-10): dat hulle hulle moes BEKEER tot YHVH, die God van Abraham, Isak en Jakob, dat hulle hulle tot Hom moes wend as die VRYMAAKTES uit die hand van die vyand, dat hulle nie ontrou moet wees teen YHVH nie, dat hulle nie hardkoppig en rebels moet wees nie en dat hulle moet kom na SY HEILIGDOM en na HOM, YHVH hulle God dat Sy WOEDE van hulle afgewend kan word.

Maar ons lees dat die HARDLOPERS van stad tot stad deur die LAND EFRAIM en MANASSE (die Noordryk) UITGELAG en BESPOT is. Daar was egter wel manne uit ASER, MANASSE en SEBULON wat hulle veroortmoedig het en na JERUSALEM gegaan het, maar let wel, ongelukkig NIEMAND uit die Stam Efraim nie, Josef se seun Efraim se nageslag wat deur Jakob sy oupa die eersgeborene se seën ontvang het alhoewel hy die jongste was. Lees Genesis 48.

Maar ons lees die HAND van GOD was in JUDA sodat hulle ‘n EENSGESINDE HART gehad het om SY WOORD volgens die opdrag van koning Hiskia en die leiers UIT TE VOER (2 Kronieke 30:12). En BAIE mense het in JERUSALEM bymekaar gekom om die FEES van ONGESUURDE BRODE (die 2de en langste gedeelte van die EERSTE SEISOEN FEES) te hou (2 Kronieke 30:6-13). PASGA is een dag, terwyl ONGESUURDE BRODE as deel van die EERSTE SEISOEN FEES SEWE DAE lank is volgens YHVH se Opdrag in Levitikus 23:5-8 en dit is waarom daar soms na die PASGA FEES in die Ou en Nuwe Testament as die FEES van ONGESUURDE BRODE verwys word.

Ons lees ook tydens die regering van KONING JOSIA in 639 voor die Messias toe die Noordryk al reeds verslaan was deur Assirië en in ballingskap gegaan het in 722 voor die Messias. Maar ons sien dieselfde patroon as in die geval van KONING HISKIA, nadat die tempel van YHVH en die land van Juda en Israel gereining is (let wel die mense was al weg maar koning Josia het steeds die land waar die Noordryk voorheen geleef het gereinig), lees ons gee koning Josia in 2 Konings 23:21-22 opdrag om die PASGA vir YHVH hulle God te hou soos geskrywe in die VERBONDSBOEK (die Torah, Genesis tot Deuternomium, opgesom in die Tien Gebooie).

Die Pasga lammers is geslag op die 14de van die eerste maand (14 Abib, Maart/April op ons kalender), soos voorgeskryf in Eksodus 12:6 en Levitikus 23:4-5.

Ons sien dus DUIDELIK die BELANGRIKHEID van die KRUISIGING van YESHUA ons MESSIAS maar wat het dit met die SIMBOOL van die KRUIS te doen?

Ons weet ons LIGGAAM, SIEL en GEES is die TEMEPEL van YHVH ons GOD. Hierdie LIGGAAMLIKE TEMPELS is PRESIES deur ons SKEPPER ontwerp en gevorm soos die TABERNAKEL wat Hy vir Moses op die BERG gewys het en later gebou is as die TEMPEL deur Salomo en herbou is deur Herodes en uiteindelik VERVOLMAAK is in YESHUA ons MESSIAS en AFGEBREEK en OPBOU is as die VERHEERLIKTE LEWENDE TEMPEL in DRIE DAE (Johannes 2:19-22).

Die MENS se LIGGAAM, SIEL en GEES is dus net soos die TABERNAKEL en LATER die TEMPEL gemaak en kunstig voorberei deur ABBA VADER in die VORM van SY VERBONDSTEKEN – die TAV, die KRUIS waarop  YESHUA ons Messias gesterf het en so SATAN en sy BOSE MAGTE vir eens en vir altyd VERSLAAN het en ELKEEN wat KIES om in HOM te GLO en HIERDIE GRATIS GESKENK te AANVAAR en HOM in GEHOORSAAMHEID te VOLG, vir ALTYD en vir EWIG te VERLOS van die DUISTERNIS, wat behels die SLAWERNY aan die SONDE en die DOOD. Glo jy dit? Indien nie, gaan staan voor ‘n vollengte spieël met jou voete langs mekaar en strek jou arms sywaarts uit. Wat sien jy? DIE TABERNAKEL van YHVH in die VORM van ‘n KRUIS!

Die VOORHOF is jou LIGGAAM wat in kontak is met die werêld waar jou WOORDE en DADE (die VRUG van jou SIEL en GEES) duidelik waarneembaar is vir ander. Dan is daar jou SIEL die HEILIGE GEDEELTE van GOD se TEMPEL, wat bestaan uit jou HART (jou emosies) en VERSTAND (jou gedagtes) en dit wat daarin TOEGELAAT word deur jou vyf sintuie en GEKOESTER word, sal bepaal wat daar in jou VOORHOF aangaan in terme van jou WOORDE en GEDRAG. EN dan is daar jou GEES, die ALLERHEILIGSTE GEDEELTE – dit wat jou HART LIEFHET BO ALLES – as dit GOD die VADER is, sal SY HEILIGE GEES in jou woon en sal SY GEBOOIE op jou HART en in jou GEDAGTES geskryf staan en sal jy GEWILLIG SY HEILIGE GEES volg in die VOETSPORE van YESHUA ons MESSIAS. Maar as jou HART aan die wêreld en sy afgode van watter aard, soort en vorm ookal behoort – sal die wêreld se “gebooie/ reëls” op jou hart en in jou gedagtes geskryf staan en sal jou woorde en gedrag daardeur bepaal word en sal jy die VRUGTE van die VLEES dra.

DIE KEUSE is dus JOUNE en MYNE. WIE KIES EK en JY om LIEF te HÊ BO ALLES? As dit GOD die VADER is, sal die TWEEDE GEBOD wat daarmee gelykstaan outomaties volg en sal ons, ons NAASTE SO LIEF HÊ SOOS ONSSELF en sal ABBA VADER se GUNS en VOORSPOED ons vergesel waar ons ookal gaan en wat ons ookal moet deurmaak want Hy sal ons nooit verlaat en ons nooit in die steek laat nie soos Hy in vele gedeeltes van Sy Woord aan ons belowe (Lees Genesis 28:15, Deuternomium 4:31 en 31:6-8, Eksodus 20:6, Jesaja 41:10, Psalm 94:14, Mattheus 28:20, Hebreërs 13:5 en nog vele meer).

En dan lees ons van die:

  • FEES VAN ONGESUURDE BRODE

Ons lees dan tydens die PASGA wat koning Josia gereël het in 2 Kronieke 35:16-18 “En die kinders van ISRAEL wat aanwesig was, het die PASGA (dit is die 1ste Fees van YHVH) gehou in dié tyd, en ook die FEES van ONGESUURDE BRODE, SEWE DAE LANK  (dit is die 2de Fees van YHVH wat deel vorm van die EERSTE FEES SEISON wat die Pasga Fees, Ongesuurde Brode en Eerste Vrugte insluit – lees Levitikus 23:1-14). So ‘n PASGA soos dié is in ISRAEL nie gehou van die dae van die profeet Samuel af nie, en al die konings van ISRAEL het nie so ‘n PASGA gehou as wat  Josia en die priesters en die Leviete en die HELE JUDA en ISRAEL (‘n moontlike oorblyfsel van die wat in ballingskap weggevoer is deur die Assiriërs) wat aanwesig was, en die inwoners van Jerusalem gehou het nie.

Die Bybel in Praktyk verduidelik dat die PASGA FEES ‘n openbare teken was van die uitwissing van Manasse (Hiskia se seun, die 14de koning van die Suidryk) se afgodspraktyke asook ‘n uitdrukking van die volk se trou aan YHVH. In Salomo se tyd is hierdie SEWEDAG FEES gehou toe die nuut geboude tempel ingewy is (Lees 2 Kronieke hofstuk 7). Hiskia het met die terugkom van die volk uit afgodery die volk die PASGA FEES laat vier (2 Kronieke hoofstuk 30) en nou sien ons Josia volg in sy voetspore.

PRAKTIESE RIGLYNE WAT ONS HIERUIT KAN NEEM VIR ONS EIE LEWENS:

Ons sien dus die EERSTE STAP om terug te kom na YHVH, die Skepper van hemel en aarde en alles daarin, insluitend elke mens, is ALTYD om ons sondes te bely, van ons afgode ontslae te raak en terug te draai na YHVH die Vader en die PASGA te houvervul in die NUWE TESTAMENT in die KRUISIGING van YESHUA ons MESSIAS die LAM van GOD vir ons sondes en DAARNA SAAM met HOM TE STERF aan ons OU SELF tydens die FEES van ONGESUURDE BRODE en saam met HOM OP TE STAAN as ‘n NUWE MENS tydens die FEES van EERSTE VRUGTE. En DAARNA leef ons, ons lewens in GETROUHEID aan die VERBOND met God die Vader wat geskryf staan op ons HARTE en in ons GEDAGTES.

Behalwe vir ons DAAGLIKS toewyding moet ons dus ook WEEKLIKS en JAARLIKS ons TEMPELS toewy aan Abba Vader.

Abba gee aan ons die PROSES vir WEEKLIKSE en JAARLIKSE oorwinnig deur SY riglyne vir:

SY WEEKLIKSE FEES, ons hou Sy Sabbat, spandeer een dag per week in Sy teenwoordigheid, rus by Sy voete en leer van Hom en

SY JAARLIKSE FEESTE wat ons vier met vreugde en waardeur ons sekerheid verkry oor ons posisie in Hom asook ons identiteit in Hom en ons roeping en gapings en groei areas identifiseer en jaarliks groei in ons HEILIGMAKING, ons afsondering vir Hom tot op die DAG wanneer ons Hom van aangesig-tot-aangesit sal ontmoet.

Ons sien dan die SESDE STAP wat die goeie konings geneem het was om:

6. DIE VOLK TE ONDERRIG IN DIE WOORD EN WEE VAN YHVH

Om te soek na YHVH die God van Abraham, Isak en Jakob en die WET (die TORAH) en die GEBOOIE te hou. En opdrag te gee aan die LEIERS en die PRIESTERS om in die stede van Juda onderrig te gee in die WETBOEK (die Torah Boekrol). Die leiers is ook aangemoedig om REG te SPREEK op ‘n onpatydige, regverdige wyse volgens God se se riglyne in Sy Woord.

Hulle is verder aangemoedig om GETROU aan God te wees en HULLE HART VOLKOME op OM TE RIG, dit beteken om Hom bo alles lief te hê.

PRAKTIESE RIGLYNE WAT ONS HIERUIT KAN NEEM VIR ONS EIE LEWENS:

Dit geld dan ook vir ons PERSOONLIKE LEWENS en ons GESINNE wat ons moet leer om volgens die WOORD van YHVH ons God te leef en GETROU aan HOM te wees deur Hom LIEF te hê met ons hele hart en siel sodat ons en ons nagelag die vol lewe kan lewe en die ewige lewe kan beërwe (Lees Mattheus 22:37-40 en Johannes 3:16-21 en 10:10b).

Die SEWENDE STAP wat die goeie konings geneem het was om te:

7. VERTROU OP GOD EN HULLE HULP BY HOM TE SOEK

Ons sien ook dat hierdie konings ALTYD hulle hulp by YHVH hlle God gaan soek het en hoedat Hy namens hulle teen hulle vyande geveg en OORWIN het.

En ons sien dan dat hierdie GETROUE KONINGS:

8. DIE VOLGENDE VOORDELE GENIET HET AS GEVOLG VAN HULLE GEHOORSAAMHEID AAN YHVH

Hulle bou versterkte stede en voorraad stede, hulle land is voorspoedig, hulle het ‘n groot weermag vol dapper helde, hulle vyande word verslaan en hulle het vrede en rus in hulle land want die nasies om hulle het hulle gevrees en nie teen hulle oorlog gevoer nie en vir hulle geskenke gebring. Hulle koningskap word bevestig en hulle het rykdom en oorvloed. En hulle het magtig geword omdat hulle GEHOORSAAM aan God was.

En ons lees ook dan YHVH aan koning Josia belowe het dat omdat Josia hom  verootmoediging het en gepoog het om die aanbidding van God te herstel en te suiwer sal God nie die volk straf terwyl Josia nog lewe nie. Josia sou in vrede sterf  en sy oë sou nie die onheil (ramp, groot ongeluk) sien wat YHVH oor Jerusalem sou bring nie. Met verwysing na die Babiloniese ballingskap wat oor die Suidryk sou kom in 586 voor die Messias.

Ons sien Yehsua ons Messias gee ‘n soortgelyke belofte aan die GEMEENTE van FILADELFIA in Openbaring 3:10 “Omdat jy die woord van My lydsaamheid (volharding in lyding) bewaar het (vasgehou het), sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing (hewige toetsing) wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel (deeglik te TOETS).”

Maar ons sien ook YHVH ons GOD se EINDELOSE GENADE vir die SLEGSTE KONING van die SUIDRYK, MANASSE, die 14de koning en seun van KONING HISKIA.

MANASSE het erger teen YHVH gesondig as enige ander koning van die SUIDRYK. YHVH het Hom dikwels gewaarsku deur die profete maar hy wou nie luister nie. YHVH NEEM toe DISSIPLINERENDE AKSIE, soos ‘n goeie pa met sy kinders sal doen wat nie WIL LUISTER NIE, maar waarvoor HY STEEDS BAIE LIEF IS. Dus gee YHVH vir Manasse oor aan sy vyande met die DOEL om hom tot sy sinne te roep! Wat in werklikheid deel is van YHVH ons VADER se GENADE‘n kans wat Hy aan Manasse gee om van BESLUIT te verander oor hoe hy lewe. Ons lees in 2 Kronieke 33:11 “Daarom het YHVH die leerowerste (die aanvoerder/ hoof van die weermag)  van die koning van Assirië oor hulle gebring, en dié het Manasse met hake gevang en hom met koperkettings geboei en hom na Babel vervoer”.

En hierdie HARDE DISSIPLINERING maak sommige mense bitter en rebels, maar ons sien in die geval van koning Manasse het dit die gewensde uitwerking gehad en maak hy gebruik van God ons Vader se GENADE om tot INKEER te kom. Ons lees in 2 Kronieke 33:12-13aMaar in sy benoudheid het hy die aangesig van YHVH sy God om GENADE gesmeek en hom diep verootmoedig (nederig geword) voor die aangesig van die God van sy voorvaders en tot Hom gebid;”

EN DAN SIEN ONS HISKIA, MANASSE SE PA SE PAD VAN OMDRAAI IN SY LEWE

Ons sien ‘n NUWE MANASSE vanaf 2 Kronieke 33:15-18 en die volgende aksies wat hy geneem het:

HY BESLUIT OM TE DOEN WAT REG IS IN DIE OË VAN YHVH en Hy  VERNIETIGING die AFGODSAANBIDDING en HY BRING WEER OFFERS AAN YHVH

Hy het die vreemde gode en die afgodsbeeld uit die huis (die Tempel) van YHVH verwyder, asook al die altare wat hy op die berg van die huis (die Tempel) van YHVH in Jerusalem gebou het verwyder, en dit buitekant die stad gegooi. En hy het die altaar van YHVH weer opgerig en daar dankoffers en lofoffers gebring en aan Juda bevel gegee om YHVH, die God van ISRAEL, te dien.

DAN HERSTEL EN REINIG HY DIE TEMPEL en hy WY dit opnuut toe aan YHVH

Ons sien dus Manasse maak tempel skoon en hy wy opnuut die Tempel aan YHVH toe net soos sy pa voor hom gedoen het.

Ons lees hierdie selfde proses in mense wat gelowig geword het in  Handelinge 19:18-20  “En baie van die wat gelowig geword het (met verwysing na Jode en Grieke wat in Efese gewoon het en die Evangelie/ die GOEIE NUUS by Paulus gehoor het en die effek van bose geeste gesien het – lees vers 13-17), het BELYDENIS kom doen (met berou erken) en hulle DADE BEKEND gemaak (erken wat hulle gedoen het); en verskeie van die wat met towery omgegaan het, het die boeke bymekaar gebring en voor almal verbrand; en hulle het die waarde daarvan bereken en gevind dat dit vyftigduisend silwerstukke was (dus ‘n aardige bedrag, maar niks in verglyking met die waarde van hulle VRYHEID van die bose nie!) So het die WOORD van YHVH met KRAG GEGROEI en STERK geword.

Die Bybel in Praktyk verduidelik: Efese was ‘n gewilde plek vir die aanhangers van toorkunste. (Vandag is ons Internet en winkels ook vol elemente daarvan). Baie mense het gedink dat ‘n towerspreuk hulle gelukkig of ryk sal maak of hulle huwelike gelukkig sou maak (en in ons dae plaas mense ook vloeke op die wat hulle nie van hou nie of wraak op wil neem). Bygeloof en toorkuns het dus hoogty gevier. Soos ons weet verbied God hierdie dinge in die Skrif en kan ons nie ons geluk en krag in towery (wat ons nou duidelik vanuit die geskiedenis van koning Manasse gesien het afgodery is) gaan soek nie. Dit is maklik om vasgevang te word in die mag van hierdie kragte (waarby die vlees/ ons sondige natuur sowel as bose geeste betrokke is), as ‘n mens eers in hierdie dinge begin belangstel en rondkrap. Daar is by die mens ‘n diep behoefte aan SEKURITEIT en sommige mense gaan soek dit (uit onkunde) in een of ander donker en duister mag en word dan vasgevang in hierdie bose magte (wat ons weet net ten doel het om by mense te kom steel, hulle te slag en hulle dood te maak volgens Johannes 10:10a). In Handelinge 19 sien ons ‘n voorbeeld van mense wat in die okkulte betrokke was, maar genadiglik, deur Paulus se verkondiging van die Woord van YHVH besef het dat God se mag baie groter is as enige bose mag ooit kan wees en dat Hy die WARE bron van ons SEKURITEIT is.

PRAKTIESE RIGLYNE WAT ONS HIERUIT KAN NEEM VIR ONS EIE LEWENS:

Die GOEIE NUUS UIT DIE LEWE VAN MANNASSE is dat JY en EK die versekering het dat GEEN SONDE te groot is vir ABBA VADER om ons te VERGEWE nie. Al wat dit van ons vra, is om ons sondes te ERKEN en te BELY en OM TE DRAAI (te teshuva) weg van ons ou weë terug na Hom. Mag ons HOOR en LUISTER en OMDRAAI voordat dit vir Abba Vader nodig is om STRENG DISSIPLINE op ons toe te pas, want onthou: Hy sal eerder toelaat dat ons geweldige liggaamlike en emosionele pyn deurmaak in ‘n poging om ons tot stilstand te roep en te laat terug draai na Hom as om ons net te los want Hy wil nie hê dat enige mens se SIEL en GEES verlore moet gaan nie.

Die GOEIE NUUS is dus Yeshua ons Messias het reeds vir ALLE mense die vol prys vir die sonde en die dood kom betaal en daarom kan ALLE mense solank hulle ‘n VANDAG het, Hom as VERLOSSER KIES en volkome VRYKOM, oorvloedig lewe op hierdie aarde asook ewig lewe (Johannes 10:10b en Openbaring 20:4-6 en hoofstuk 21-22). Die KEUSE van die PAD van YHVH, is dus binne die bereik van ELKE MENS wat HOM WIL KIES en HOM WIL LIEFHÊ met ‘n VOLKOME HART.

He-Brews-Coffee-Roastery-Logo

Stay In Touch