13 Mei 2026 Ons is gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (die…
DIE WAARHEID oor die KRUISIGING en die SIMBOOL van die KRUIS: OPSOMMING van DEEL 1-6, DIE BOEK GENESIS & EKSODUS
4 Februarie 2026
Ons is klaar met ons studie oor die KRUIS en die KRUSIGING van YESHUA ons MESSIAS, maar na 27 gedeeltes van ongeveer 300 bladsye is dit dalk net nodig om ‘n opsomming te maak sodat ons ‘n DUIDLEIKE PRENTJIE kan vorm oor wat die WOORD vir ons sê oor hierdie belangrike onderwerp. Al 27 dele is beskikbaar onder Afrikaanse Boodskappe indien jy weer na die detail van ‘n gedeelte wou gaan kyk.
Vandag is dan ‘n OPSOMMING van DEEL 1-6
Die Teks gedeeltes wat in hierdie boodskappe aangehaal word kom hoofsaaklik vanuit die 1933 vertaling in Afrikaans. Verder word die HEBREEUSE LETTERS vir die NAAM van God die Vader soos aangedui in die oorspronklike vertalings as YHVH (Yod-Heh-Vav-Heh) gebruik waar die woord HERE in hoofletter in ons AFRIKAANSE BYBEL VERTALINGS voorkom. Die rede hiervoor is dat daar onsekerheid heers oor die uitspraak van die Naam van God die Vader omdat die klinkers in die Hebreeuse geskrifte weggelaat is weens vrees vir die misbruik van Sy Naam en gevolglike oortreding van die derde gebod van God. Ons verwys ook na Hom as Abba Vader en die Hebreeuse vertaling Yeshua die Messias word gebruik, in plaas van die Afrikaanse Bybel vertalings van Sy Naam, Jesus Christus wat uit die Grieks vertaal is.
DIE HOOF en SENTRALE TEMA van die WOORD IS DAT ABBA VADER DIE WÊRELD SO LIEF GEHAD HET dat HY, SY ENNIGGEORE SEUN (YESHUA die MESSIAS) GESTUUR HET om vir die MENSDOM se SONDES te KOM STERF sodat DIE wat IN HOM GLO die EWIGE LEWE KAN HÊ (Johannes 3:16). GELOWIGES is baie bewus van die feit dat indien dit nie gebeur het nie ons ALMAL VERLORE sou wees en dus is dit ‘n BAIE BELANGRIKE ONDERWERP. Daar was ook nooit einge onmin of verdeeltheid onder gelowiges in die verlede waarvaan ek bewus is oor die METODE waarop Hy vir ons gesterf het of die SIMBOOL van die KRUIS nie, tot die laaste aantal jare.
Dit wil ook voorkom asof hierdie groot ONSEKERHEID en VERDEELTHEID wat hieroor onststaan het, veral in die Messiaanse geledere (volgelinge van Yeshua die Messias) voorkom, mense waarvan daar geprofeteer word in Sagaria 8:13-23 wat in die LAASTE DAE meer van die TORAH insluitende die FEESTE van ABBA VADER sal leer van ons JOODSE broers (die Suidryk, die stam van Juda en die kleiner stam van Benjamin waarvan Paulus deel was volgens Filippense 3:5 en ook geïdentifeer is deur Yehsua ons Messias self om die Woord te gaan verkondig aan die nie-Jode volgens Handelinge 26:15-18).
Soos die van julle weet wat gereeld saam met ons uit die WOORD van Abba Vader leer, vanaf Genesis tot Openbaring, is ons deel van hierdie MESSIAANSE beweging wat VOLGELINGE van die MESSIAS is en het ons die laaste ongeveer 8 jaar soveel geleer oor die WONDERLIKE WAARHEDE en WAARDE van die INSTRUKSIES, GEBOOIE en FEESTE van YHVH, die GOD van die BYBEL en leer ons steeds ELKE DAG meer, maar ons is ook BAIE BEWUS van die SLAGGATE en STUIKELBLOKKE en die BELANGRIKHEID om die WOORD te VOLG en nie mense nie.
Die GELOWIGES wat die SIMBOOL van die KRUIS VERWERP as ‘n sogenaamde “heidense simbool” (‘n simbool van die ongelowiges of afgodsdienaars) is so OORTUIG daarvan dat hulle REG is, dat argumente met soveel PASSIE gevoer word dat dit grens aan AGRESSIE en LIEFDELOOSHEID teenoor medegelowiges. En dit is wat my laat besef het dat hier dalk fout kan wees as ons na TWEE RIGLYNE vanuit die WOORD KYK naamlik:
EERSTENS: Yeshua ons Messias verduidelik dat ons na iemand se VRUGTE moet kyk, m.a.w hulle gedrag in woorde en dade, want daaraan sal ons mekaar KEN (Mattheus 7:15-20). En hierdie VRUGTE waaraan ons almal gemeet moet word, moet tog die VRUGTE van die HEILIGE GEES versus die VRUGTE van die VLEES (die ou sondige natuur) wees waarvan ons lees in Galasiërs 5:19-23. Verder waarsku Paulus ons in 1 Korinthiërs 13:1-3 ons kan so PASSIEVOL wees oor die WOORD en ons DIENS aan ABBA VADER dat ons selfs bereid is om vir ons GELOOF te STERF, maar as ons dit nie met 1 Korintheirs 13 LIEFDE doen nie, beteken dit ‘n RONDE NUL, dus het dit dan GEEN WAARDE nie. Weet asseblief ek wys geen vingers nie, hierdie maatstaf geld net soveel vir my as vir enige ander gelowige en moet ek myself eerstens en daagliks daaraan meet en moes ek al baie bely en regmaak.
TWEEDENS: Ons weet waar daar sulke VERDEELTHEID ontstaan is daar ‘n “slang in die gras” en hierdie slang is niemand anders as die een waarvan ons lees in Openbring 12:9 nie, die ou slang van die Tuin van Eden wat ook die draak is en die duiwel en die Satan genoem word. Ons weet VERDEELTHEID is een van sy hoofstrategieë om teen mense te veg, en VERDEELTHEID is ook een van die VRUGTE van die VLEES waarvan ons lees in Galasiërs 5:20 en Yeshua self verduidelik in Mattheus 12:25 en Markus 3:25 dat ‘n huis waar VERDEELTHEID is, (dus daardie gesin, familie of gemeente waarin verdeeltheid is) sal nie kan bly staan nie.
Dit is dus baie belangrik om die WAARHEID in die WOORD self oor hierdie saak te ondersoek en te ontdek sodat ons as GELOWIGES in YESHUA die MESSIAS en dus as Sy LIGGAAM sal VERENIG en kan FOKUS op ons WERK VIR DIE KONINGKYK om MENS SIELE te bereik wat verlore is, eerder as om op ‘n ompad gelei te word deur vrese oor misleiding wat in die WOORD van YHVH ingesluip het oor die simbool van die KRUIS en die METODE van KRUSIGING en so VYANDIG gesind te raak teenoor mekaar en soveel VERDEELTHEID te skep dat ONS WERK om die GOEIE NUUS van REDDING te VERKONDIG in die WIELE GERY WORD en mense verlore gaan. Ons moet eerder ons TYD en ENERGIE daarop fokus om GEESTELIKE VOLWASSENES in die GELOOF te WORD sodat ons die OUTORITEIT van YESHUA ons MESSIAS kan opneem en die WAPENRUSTING van GOD die VADER kan aantrek en VREESLOSE SOLDATE in die KONINGRYK van ABBA VADER kan word wat die OES insamel terwyl daar nog tyd is want ons almal weet die tyd is vinnig besig om uit te loop (Lees Lukas 10:19, 1 Korinthiërs 2:6, 13:11 & 14:20, Efesiërs 4:14-15 & 6:10-18, Pslam 144:1, 2 Timotheus 2:4 en Deuteronomium 31:6).
Die vrae wat ons gepoog het om deur hierdie studie te beantwoord is die volgende:
1. Het YESHUA ons MESSIAS gesterf namens ons aan ‘n BOOM, ‘n KRUIS of ‘n FOLTERPAAL?
2. En is dit belangrik om die METODE te bepaal of is dit genoeg om net te weet dat Hy GESTERF het en namnes ons die VOLLE PRYS, die DOOD vir ons SONDES betaal het?
In DEEL 1 het ons die GRONDBEGINSELS van ons STUDIE neergelê naamlik:
EERSTENS: Ons beskou die WOORD van YHVH as ALGEHEEL BETROUBAAR en vind AL ons antwoorde daarin omdat ons GLO en dus VAS OORTUIG IS van die volgende:
- Die Bybel/ die WOORD van YHVH, ook genoem die SKRIF is geïnspireer deur die Heilige Gees van God en geskryf deur die hande van ongeveer 40 mense van verskillende afkoms oor ‘n periode van 1500 jaar, vanaf MOSES (1440 voor die geboorte van die Messias) tot en met die APOSTEL JOHANNES (90 jaar na die Messias). Die WARE OUTEUR is dus die HEILIGE GEES van GOD DIE VADER. (Lees ook 2 Samuel 23:2, 2 Timotheus 3:16 en 2 Petrus 1:21).
- Al die mens skrywers het verklaar dat dit wat geskryf is NIE hulle woorde is nie, maar die WOORDE van God. En dit is geskryf in opdrag van God en met die VINGER van die HEILIGE GEES (Lees Eksodus 34:27-28, 31:18, 32:15-16 & 34:27-28, Deuternomium 9:9 en Lukas 11:20).
- Yeshua die Messias IS DIE WOORD van GOD die VADER en NIKS van HIERDIE WOORD SAL OOIT VERGAAN NIE (Lees Johannes 1:14, Hebreërs 1:1, Jesaja 40:8, 1 Petrus 1:24-25 en Openbaring 19:13).
Alles sal dus vergaan maar die WOORD VAN GOD DIE VADER sal in EWIGHEID bly voortbestaan. En die feit dat jy en ek vandag die Woord lees is ‘n bewys daarvan dat dit reeds in orale en geskrewe vorm vanaf die Skeping tot in ons tyd bestaan! En daar is GEEN ander boek ter wêreld waarvan dit gesê kan word nie! Dit is inderdaat ‘n WONDERWERK en ‘n WONDERWERKENDE LEWENDE BOEK. En die rede is, dit is VEEL MEER as ‘n BOEK, die WOORD is YESHUA die MESSIAS SELF!
TWEEDENS: Ons gebruik die WOORD van YHVH as ons HOOFBRON vir ons studie oor die KRUIS en die KRUISIGING en alle buitebronne word daarteen getoets en reg of verkeerd bewys en NIE andersom nie, m.a.w ons is van mening buitebronne geskryf deur blote mense kan nie gebruik word om die WOORD van YHVH verkeerd te bewys nie.
- Ons volg dus die mense van Berea waarvan ons lees in Handelinge 17:11 wat die Woord met WELLWILLENDHEID (goedgesindheid, vriendelikheid, tegemoetkomendheid) ontvang het en ELKE DAG die SKRIFTE ondersoek het om vas te stel of die dinge wat hulle GEHOOR het die WAARHEID is volgens wat in die WOORD opgeteken is!
- Ons is oortuig daarvan dat daar MENIGTE SLAGGATE ontstaan wanneer ons EKSTERNE bronne probeer gebruik om die KRUISIGING en die KRUIS as SIMBOOL te probeer bewys of weerlê omdat ons ons dan oopstel vir die wêreld se LEUENS en MISLEIDING. Ons het dus juis in hierdie studie die WOORD VAN GOD as die VOLLE WAARHEID gebruik om enige leuens en misleiding van buite te TOETS en te verslaan.
- Baie mense in ons tyd is bekommerd oor die BETROUBAARHEID van die Woord omdat daar deur die loop van tyd verskeie veranderinge in die Woord aangebring is deur Bybel Vertalers. En alhoewel dit waar mag wees moet ons in gedagte hou dat Abba Vader reeds byna 6000 jaar SY WOORD SELF BESKERM. En ons lees mos in die WOORDE van ons MESSIAS soos reeds gesê, dit sal so bly vir ALTYD want die hemel en die aarde SAL VERBYGAAN, maar SY WOORDE sal NOOIT VERBYGAAN NIE.
- Ons reken dus HY GROOT EN ALMAGTIG IS en ALHOEWEL daar verseker gepeuter is deur die EEUE heen aan SY WOORD deur Satan en sy die bose magte, het YHVH ‘n MEGANISME INGEBOU in SY WOORD om SY WAAARHEID vir ons BEHOUE te laat bly. HY het TWEE of MEER GETUIES vir ALLES wat HY BEVEEL en SÊ! (Lees Deuternomium 19:15, Johannes 8:17-18, Mattheus 18:16, 2 Korinthiërs 13:1, 1 Timotheus 5:19, Hebrëers 10:28 en Openbaring 11:3). En hoe belangriker ‘n saak is HOE MEER GETUIES is daar. Maar net DIE WAT DIT SOEK, sal die WAARHEID VIND! Hy sê in verskeie gedeeltes in SY Woord as ons HOM SOEK MET ONS HELE HART, SAL ONS HOM VIND (lees Jeremia 29:12-13, Spreuke 8:17, Mattheus 6:33, Lukas 11:9 en Hebrëers 11:6).
- En die WOORD verseker ons verder dat die HEILIGE GEES die een is wat ons HELP om die WOORD te VERSTAAN! Ons lees in 1 Johannes 2:27a “En die salwing (die NLV sê: die Heilige Gees) wat julle van Hom (Yeshua die Messias) ontvang het, bly in julle, en julle het NIE NODIG DAT IEMAND JULLE LEER NIE; maar soos dieselfde SALWING (SY GEES) julle aangaande ALLES LEER.”
Ons kan dus SONDER ENIGE TWYFEL WEET EN GLO GOD IS ALMAGTIG EN SAL SELF SY WOORD BESKERM SOOS HY NOG DEUR AL DIE EEUE HEEN DOEN. HY HET NIE ‘N MENS NODIG OM SY WOORD UIT BUITE BRONNE REG OF VERKEERD TE PROBEER BEWYS NIE.
DEEL 2: DIE DEFINISIE VAN DIE WOORD KRUIS en KRUISIGING
- Die woord “kruis” word in die HAT Woordeboek omskryf as: “’n Figuur gevorm deur twee balke of lyne wat mekaar reghoeking sny. ‘n KRUIS is ook een van die bekendste simbole van die CHRISTENDOM (m.a.w GELOWIGE VOLGELINGE van JESUS CHRISTUS vanuit die Griekse vertaling en genoem VOLGELINGE van YESHUA die MESSIAS vanuit die Hebreeuse vertaling). Dit is ook ‘n woord wat gebruik word om LYDING en BEPROEWING wat gedra moet word te beskryf in terme van die “dra van jou kruis.”
- Die WOORD “kruisig” beteken om iemand aan ‘n kruis vas te spyker en so DOOD te MAAK. Die Woord praat dan ook natuurlik daarvan dat ons, ons VLEES/ ons SONDIGE NATUUR moet KRUISIG, a.w dit moet DOODMAAK of dalk mooier gesê dit AFSTERF (Lees Romeine 6:6 en Galasiërs 2:20).
In die Hebreeus waarin die Woord oorspronklik geskryf is, beteken die woord “tav” (Strong’s #8420) ‘n kruis. Die ALEF is die EERSTE LETTER van die Hebreeuse Alfabet en die TAV is die 22ste en LAASTE LETTER. Die ANTIEKE LETTER TAV word in die vroeë Hebreeuse skrif ook aangedui as ‘n PLUS en het in die middel Semitiese skrif (wat insluit Hebreeus en Aramees) verander na ‘n eks (X). In die ANTIEKE HEBREEUS word die letter TAV dus aangedui as ‘n “X” wat die prentjie van ‘n “merk” is. Die paleo Hebreeuse prentjie van die TAV is twee stokke wat oorkruis oormekaar geplaas word om ‘n X te vorm. Die betekenis daarvan is ‘n “merk”, ‘n teken” en ‘n “handtekening.” In die Moderne Hebreeus, Arabies en Grieks word daar saamgestem dat die TAV, “merk” beteken en dat die klank daarvoor die letter “T” is.
Die Blue Letter Bible verduidelik dit verder. As die FINALE letter van die Hebreeuse Alfabet wat uit 22 letters bestaan is die TAV gelyk aan die getal VIER HONDERD en is die SIMBOOL daarvan VOLMAAKTHEID.
God, YHVH word in die SKRIF aangedui as die ALEF wat in sommige Bybel weergawes aangedui word as die ALFA wat ‘n Griekse woord is en DIE BEGIN of EERSTE beteken. En die TAV, in sommige Bybel weergawes, aangedui as die Griekse Woord OMEGA wat die EINDE of LAASTE beteken.
Ons lees hierdie woorde op TWEE plekke in die OU TESTAMENT naamlik Jesaja 44:6 wat sê: “So sê YHVH, die KONING van ISRAEL en SY LOSSER, YHVH van die LEËRSKARE (die ENGEL WEERMAG): EK is die EERSTE (die ALEF in Hebreeus), en EK is die LAASTE (die TAV in Hebreeus), en buiten My is daar GEEN God nie.” En in Jesaja 48:12 lees ons: “Luister na My, o JAKOB en ISRAEL wat Ek GEROEP het, DIT IS EK, EK is die EERSTE (die ALEF), ook is EK die LAASTE (die TAV).” En in die NUWE TEATAMENT, in lees ons in Openbaring 1:8 “Ek is die ALFA (die ALEF) en die OMEGA (die TAV), die BEGIN en die EINDE, sê die MEESTER (YESHUA), wat IS en wat WAS en wat KOM, die ALMAGTIGE.” (Lees ook Openbaring 1:11 & 17-18, 21:6 en 22:13).
Die SIMBOLIESE betekenis van die ALEF is die volgende: dit verteenwoordig GODDELIKHEID, die BEGIN, EENHEID en die ONSIENLIKE BRON van die SKEPPING. En die TAV verteenwoordig VOLTOOIING, DIE EINDE en die MERK VAN REDDING.
YESHUA die MESSIAS is the BEGIN en die EINDE van die SKEPPING van GOD die VADER (lees Openbaring 3:14) en die ONDERHOUER van ALLE DINGE want IN HOM is ALLE dinge GESKAPE wat in die hemele en op die aarde is, wat SIENLIK en ONSIENLIK is, TRONE sowel as heerskappye en owerhede en magte – ALLE DINGE is DEUR HOM en TOT HOM geskape. En Hy is VOOR ALLE DINGE, en IN HOM hou alle dinge stand (die NLV sê: ALLES word in Hom saamgebind). Lees Kolossense 1:16-17 asook Job hoofstuk 38-39 waarin YHVH vir Job SY MAJESTEIT (as REGEERDER, KONING) in die SKEPPING asook SY ONDERHOUDING en REGERING (as OPPERGESAG) oor ALLE DINGE, verduidelik.
YESHUA die MESSIAS is dus DIE STERK TEKEN van YHVH die VADER, aangedui deur die EERSTE LETTER van die Hebreeuse alfabet, die ALEF, in die antieke Hebreeus ‘n prentjie van ‘n OS, Hy is die een wat kom in NEDERIGE STERK KRAG wat die TEKEN van DIE VERBOND van GOD DIE VADER is, die TAV, ‘n prentjie van die KRUIS. In the OORSPRONKLIKE HEBREEUSE GESKRIFTE word hierdie twee tekens, die ALEF en die TAV aangedui as twee simbole vanaf die heel eerste vers in GENESIS dwarsdeur die Woord as die VINGERAFDRUK van YESHUA die MESSIAS.
YESHUA ons MESSIAS wat ook die STERKE GOD en EWIGE VADER is volgens Jesaja 9:5; onderteken dus SY HELE WOORD met SY HANDTEKENING: die ALEF (met die piktograaf van ‘n OS wat KRAG en STERKTE uitbeeld) en die TAV (wat ‘n TEKEN of MERK en VERBONDSTEKEN in die vorm van ‘n KRUIS uitbeeld) wat BEVESTIG Hy is die BEGIN en DIE EINDE, die EERSTE en die LAASTE. En soos Hy self verduidelik in Lukas 24:27 aan die EMMAUSGANGERS na SY OPSTANDING is daar vanaf Moses (‘n verwysing na die TORAH – Genesis tot Deuternomium) en AL die PROFETE oor Hom geskryf!
DEEL 3 tot 5: GENESIS
In DEEL 3 het ons gesels oor die EERSTE BOEK van die TORAH naamlik GENESIS.
- Genesis is deur Moses in opdrag van YHVH geskryf (Lees Eksodus 24:4 en Deuternomium 31:9 & 24-26).
- In die Boek Genesis vind ons die OPENBARING van die ENIGSTE ALMAGTIGE GOD wat ALWYS is (Hy besit ALLE WYSHEID) asook Sy verhouding met die SKEPPING, insluitend die aarde en die mens, die invloed van sonde en die REDDING van die mens. GENESIS is dus die EERSTE HOOFSTUK van die GESKIEDENIS van YHVH se REDDING van die mens en dit lê die FONDASIE vir die RES van die SKRIF. Dit bevestig dat God bemoeienis maak met die mens – m.a.w betrokke wil wees in mense se lewens.
- God plant ‘n TUIN met TWEE BOME – die mens is geskep met ‘n VRYE WIL en moet KIES tussen GOED (YHVH se WEG/ die GEES) ons kan sê: DIE LIG en tussen GOED & KWAAD (sonde & misleiding/ die VLEES), ons kan sê: DIE DUISTERNIS. Die slang ook genoem die draak/ duiwel en Satan VERLEI die mens en die mens KIES die BOOM van GOED & KWAAD (Lees Genesis 3 en Openbaring 12:9).
En ons KEN die verloop van hieraf BAIE GOED wat eindig in die val van die mens – m.a.w die mens verloor sy posisie van HEERLIKHEID en die VOORREG om in die ONBEPERKTE TEENWOORDIGHEID van die LIG en LIEFDE van YHVH, die HEILIGE GOD en VADER in die PARADYS te leef. En die mens word verlaag na die VLEES (die LIGGAAM) wat in DUISTERNIS (sondige natuur) leef – ons kan dus sê: die mens sterf (net soos YHVH gesê het hulle sou maar hulle sterf nou eers) geestelik want hulle is nou GESKEI van Abba Vader se ONBEPERKTE TEENWOORDIGHEID en kan Hom dus nou nie meer “sien” en “hoor” en saam met Hom “wandel” nie – die mens word dus nou geeselik BLIND en DOOF en ons kan miskien sê: “tas in die koue duisternis rond” sonder Abba se wonderbare LIG en LIEFDE.
NAAKTHEID (‘n verwysing na die vlees/ of sondige natuur, die mens se liggaam, siel en gees sonder die HEERLIKE TEENWOORDIGHEID VAN DIE LIG van ABBA VADER) tree in asook VERVLOEKING (as gevolg van sonde ook genoem WETTELOOSHEID) teen Adam en Eva (die mens), die aarde en die slang/ die draak/ die duiwel ook genoem die Satan.
Ons sien ook dat VYANDSKAP INTREE TUSSEN TWEE SOORTE MENSE op AARDE – DIE WAT DIE SAAD van DIE BOOM VAN GOED SAL KIES (kinders van God die Vader gevul me Sy HEILIGE GEES) en DIE WAT DIE BOOM VAN GOED EN KWAAD sal KIES (kinders van die Satan – die wat leef in die VLEES) – en hakskeen byt en kop vermorsel is die resultaat – lees Johannes 8:44 en Galasiërs 4:29, MENSE wat in DIE VLEES leef VERVOLG die mense wat in die GEES leef.
‘n DIER se BLOED vloei om Adam en Eva se NAAKTHEID te bedek – ‘n PRENTJIE van die EERSTE PASGA, hier nog onvolmaak met die BLOED van ‘n ONSKULDIGE DIER wat later vervang sou word deur die VOLMAAKTE OFFER, die BLOED van DIE LAM, YESHUA die MESSIAS. Abba Vader tree m.a.w hier in om vir ADAM en EVA TYDELIK te BESKERM en kommunikasie met Hom steeds moontlik te maak maar Adam en Eva word weggestuur uit die TUIN van EDEN (die Paradys, uit Abba se TEENWOORDIGHEID waartoe hulle voorheen VRYE TOEGANG gehad het) in die WÊRELD in. En ons sien DIERE se BLOED moet voortdurend vloei om die mens se sondes TYDELIK te bedek sodat hulle in ABBA se TEENWOORDIGHEID kan intree want kommunikasie is nou BEPERK met Hom omdat Hy ‘h HEILIGE GOD is, ‘n VERTERENDE VUUR (erger as die SON wat Hy geskep het wat in die DAG alles DUISTERNIS wegbrand) en dus word SONDE in SY TEENWOORDIHEID verband.
Dus SKEP Hy in SY LIEFDE en GENADE vir die mens ‘n PAD VAN REDDING terug na HOM – maar eers moet HY die MENS LEER met PRENTJIES, BEELDE en GELYKENISSE sodat die mens HOM as HEILIGE GOD kan VERSTAAN, VOORDAT HY SELF DIE VOLLE, BAIE DUUR PRYS VIR ONS SONDE KOM BETAAL – DIE DOOD (Lees Romeine 6:23, 1 Petrus 1:18-19 & 2:24 en Openbaring 5:9) deur aan ‘n KRUIS VIR DIE HELE MENSDOM te KOM STERF in die VORM van YESHUA DIE MESSIAS, die SEUN van YHVH.
- Tekens van die VLEES (die SONDIGE NATUUR in die gevalle wêreld, genoem in die Nuwe Testament die VRUGTE van die VLEES) is duidelik in Adam en Eva se kinders naamlik – JALOESIE, AFGUNS en WOEDE wat lei tot die MOORD van ABEL aan die hand van sy BROER KAIN (lees Genesis 4 & Galasiërs 5:19-21).
Abba Vader begin reeds hier met sy OPLEIDING PROSES van die MENS deur middel van SY gesprek met Kain wanneer HY ROEP NA KAIN VOOR die MOORD op ABEL en so leer Hy ons reeds hier in Genesis 4:6-7: Daar is vir ons OORWINNING as ons GOED DOEN, maar ons móét WEET, in hierdie gevalle wêreld lê die SONDE en LOER voor die deur en dit BEGEER JOU. DIE DUISTERNIS, die slang/ draak/ duiwel/ Satan, gaan ons, net soos vir Adam en Eva AANMOEDIG tot WETTELOOSHEID, om TEEN GOD se AANBEVELINGS TE DINK, TE BELUIT en OP TE TREE want dit BEGEER om jou in die DUISTERNIS te LAAT LEEF, maar ons dank ABBA VADER vir SY DUIDELIKE OPRDAG: “…maar JY moet DAAROOR (oor die sonde) HEERS!
As ons dit nie DOEN nie – en toegee aan die VLEES sal ons VERVLOEK wees WANT die DUISTERNIS sal dan oor ons HEERS en ons sal ELLENDIG wees want ons SAL KAAL en BLIND wees en vol VREES, SKULDGEVOELENS en SKAAMTE. Lees ook Yeshua se woorde hieroor aan die GEMEENTE van LAODICÈA in Openbaring 3:14-18.
Maar ons sien ‘n INTERESSANTE wending nadat KAIN toe wel vir ABEL dood geslaan het want hy HET NIE na GOD se OPLEIDING geluister nie en SY EIE KOP GEVOLG deur aan SY VLEESLIKE EMOSIES VAN JALOESIE en HAAT toe te gee en vir ABEL te vermoor. En ons sien dan VOLG VERVLOEKING soos God mos nou vir hom gesê het DIT SAL WEES. Maar dan ROEP KAIN UIT NA GOD dat sy STRAF te GROOT is vir hom om te dra.
En ons sien iets WONDERBAARLIKS GEBEUR – GOD het GENADE vir ‘n SONDAAR – YHVH GEE ‘n TEKEN (‘n MERK)… aan Kain, sodat enige een wat hom sou kry hom NIE doodslaan nie. (Genesis 4:14-16). SO WAS DIT DALK DIE PRENTJIE VAN DIE TAV wat MERK beteken en waarvan die piktograaf ‘n KRUIS is? Dit is ‘n groot moontlikheid want ons sien dat ABBA vir KAIN deur HIERDIE MERK van die DOOD RED! Yeshua ons Messias sê dan ook later in Lukas 5:32 “Ek het nie gekom om REGVERDIGES (‘n persoon wat leef in ooreenstemming met God se WOORD en WIL) te roep nie, maar SONDAARS tot BEKERING (verandering van hart en afkering van sonde).
So hier sommer vroeg in GENESIS sê Abba dan deur KAIN vir ALLE SONDAARS, selfs vir MOORDENAARS daar is REDDING in HOM deur SY ONBESKRYFLIKE en ONVERSTAANBARE GENADE en LIEFDE vir die MENS al het ons die ergste denkbare sondes gedoen! Ons weet dat David wat basies ook Batseba se man laat vermoor het, ook hierdie REDDENDE GENADE van Abba VADER ondervind het NADAT hy sy sonde erken en bely het (lees 2 Samuel hoofstuk 11-12 en Psalm 51). Daar is nie ‘n EINDE aan HIERDIE GOD, YHVH die GOD van LIG en LIEFDE se GENADE en LIEFDE vir ons nie (lees Sefanja 3:17, Johannes 3:16, Romeine 5:8 & 8:37-39, Efesiërs 2:4-5, 1 Johannes 4:16 en nog vele meer!) En daarom is daar ook REDDING vir jou en my. ‘n TWEEDE KANS, ONGEAG van wat ons in ons VERLEDES gedoen het! HaleluYAH! PRYS SY NAAM!
So dalk kan ons dan sê, Genesis 4:14-16 is ook ‘n PRENTJIE van die PASGA BOODSKAP in die SKRIF – GOD SE REDDING VIR DIE MENS DEUR DIE KRUIS – hier aangebring as ‘n MERK (‘n TAV) op KAIN se voorkop sodat hy nie doodgemaak sou word nie. Ons kry ook hierdie prentjie in Openbaring hoofstuk 7:2-3 waarin die engel opdrag kry om “met die seël van die LEWENEDE GOD die diensknegte van God op hulle VOORHOOFDE te verseël VOORDAT die aarde, die see en die bome beskadig word” (lees ook Esegiel 9:4). ’n MERK word ook aangebring op die voorkoppe van GELOWIGES waarvan ons lees in Openbaring 9:4). Ons lees ook in Openbaring 14:1 en 22:4 dat die Naam van God (die Vader) en die Lam (Yehsua de Messias) op die VOORKOPPE sal wees van die GEREDDE mense in die EWIGHEID. Is dit dalk die ALEF en die TAV?
- Abraham word gebore vanuit die nagelsag van Noag se seun SEM en word GEROEP deur God en hy en Sarah het ‘n seun ISAK – die seun van die VERBOND. En dit is hier waar ons weer die PRENTJIE van REDDING deur die KRUIS sien. Hierdie keer in die vorm van die PA wat SY GELIEFDE SEUN offer op die BRANDOFFERALTAAR wat ons later in die TABERNAKEL sou eien as ‘n PRENTJIE van die KRUIS waarop YESHUA die MESSIAS, die LAM van GOD die VADER sou sterf namens die hele mensdom as vergifnis vir ons SONDES as DIE EERSTE en BAIE BELANGRIKE STAP op die WEG, die SMAL WEG, met SEWE ONDERSKEIBARE STAPPE.
- Later het Isak dan TWEE SEUNS, ESAU en JAKOB – en Jakob, word deur God hernoem as ISRAEL (lees Genesis 35:10) en hy erf die SEËN van ABRAHAM wat ABBA in Genesis 12:2-3 aan hom gegee het, naamlik dat Hy hom ‘n GROOT NASIE sal maak sodat hy ‘n seën kan wees. En Hy sal seën wie vir Jakob (ISRAEL) seën en hom vervloek wat vir Jakob (ISRAEL) vervloek en in hom sal AL die NASIES van die aarde geseën word. En JAKOB (ISRAEL) het dan TWAALF SEUNS wat die TWAALF STAMME VAN ISRAEL word.
- Genesis 12:1-3 is die SLEUTEL VERS van Genesis en die SLEUTELWOORD wat 19 keer voorkom is: GENERASIES (nakomelinge) en dit volg die spoor van die UITVERKOSE SAAD van die vrou waarvan ons lees in Genesis 3:15. Dit toon veral die OORSPRONG van die VOLK ISRAEL vanuit WIE die REDDER sou kom.
En ons SIEN dan nog ‘n INTERESSANTE WENDING – Josef wat weens jaloesie en haat deur sy broers verkoop word aan die ISMAELIETE, en in Egipte land en na vele gebeure aangestel word as tweede in bevel van Egipte, en trou met ASENAT – ‘n EGIPTIESE VROU (vanuit die NAGESLAG van NOAG se seun GAM – lees 1 Kronieke 1:1-14, en twee seuns, MANASSE die oudste en EFRAIM die jongste word uit hierdie humwelik gebore. En dit is HIER waar ons later die PLEK sien wat ABBA VADER voorberei het sodat DIE NASIES kan inent in GOD SE VOLK ISRAEL (Lees Genesis 41:37-45 en Romeine 11:17).
En hierdie INENTING kom weer in die PERFEKTE PRENTJIE van die EEN wat dit in die TOEKOMS SOU BEWERKSTELLIG – YESHUA die MESSIAS met DIE ONLOSMAAKLIKE PRENTJIE van DIE KRUIS (uitgebeeld deur die TAV) waarop HY VIR DIE MENSDOM (ALLE NASIES) SOU STERF sodat ALLE MENSE weer die KEUSE kon maak om terug te draai, WEG VAN DIE DUSITERNIS VAN DIE VLEES en te LEEF in die TEENWOORDIGHEID van die LIG en LIEFDE van ABBA VADER!
In DEEL 4 tot 5 het ons gesels oor GENESIS hoofstuk 48-49
Ons het gesels oor die insluiting van Josef se twee seuns Efraim en Manasse by die TWAALF STAMME van ISRAEL.
- Voor Jakob (ISRAEL) se dood bring Josef sy twee seuns na Jakob (ISRAEL) en hy laat Efraim (sy jongste seun LINKS voor Jakob kniel, en vir MANASSE (sy oudste seun) REGS voor Jakob (ISRAEL). Toe steek ISRAEL (Jakob) sy REGTERHAND uit en lê dit op die hoof van EFRAIM, hoewel hy die JONGSTE was, en sy LINKERHAND op die hoof van MANASSE: HY HET SY HANDE OORKRUIS GEHOU. En so kry Efraim die seën van die EERSGEBORENE (Genesis 48:12-19). SO HIER SIEN ONS DAN WEER DIE TAV! Omskryf as ‘n MERK, ‘n TEKEN met die PIKTOGRAAF van ‘n KRUIS (in die vorm van ‘n X) en word dit, ‘n BELOFTE van GOD, om Efraim en Manasse wat half Hebreër en half Egiptnaar was, in die VERBOND van GOD met ISRAEL in te sluit.
- In GENESIS hoofstuk 49 seën Jakob (ISRAEL) al TWAALF sy seuns voor sy dood en lees ons in vers 1-2 “…JAKOB (ISRAEL) het sy SEUNS GEROEP en gesê: KOM BYMEKAAR, dat ek julle kan VERKONDIG (bekend maak) wat julle aan die EINDE VAN DAE sal WEDERVAAR (of OORKOM). VERSAMEL en HOOR SEUNS VAN JAKOB, en LUISTER na ISRAEL julle VADER!” Ons lees later weer daroor in Numeri 24:14, Deuternomium 4:20, Jesaja 2:2, Daniël 2:28, Jeremia 23 en Hosea 2.
Daarna gee Jakob (ISRAEL) aan elkeen ‘n kombinasie van TEREGWYSINGS en SEËNINGE.
Ons kyk opsommend net na die SEËNING van JUDAH en JOSEF vir die volgende redes:
JUDAH, wat later saam met die kleiner stam van Benjamin, die SUIDRYK genoem is en in die Nuwe Testament bekend staan as die JODE was al wat oorgebly het van die TWAALF STAMME van ISRAEL wat vandag steeds duidelik uitgeken kan word omdat hulle na hulle 70 jaar balingskap weer terug gekeer het na Jerusalem omdat Abba Vader dit so beskik het sodat die MESSIAS as die VERLOSSER van ISRAEL gebore kon word vanuit die STAM van JUDAH as ewige HEERSER soos wat YHVH die Vader belowe het in Sy VERBOND met Abraham dat ALLE NASIES in hom geseën sou word en later aan David dat daar ALTYD een van SY nageslag op die troon sou heers tot in ewigheid.
En in Genesis 49:8-12 lees ons Jakob (ISRAEL) se seën vir sy VIERDE seun by Lea, JUDA.
“Juda, jy is dit! Jou sal jou broers loof (prys). Jou hand sal op die nek van jou vyande wees (jy sal jou vyande onderwerp); voor jou sal die seuns van jou vader hulle neerbuig. Juda is ‘n JONG LEEU; van die roof af het jy opgeklim (wat pas sy prooi verslind het). Hy buig hom, hy gaan lê soos ‘n LEEU en soos ‘n LEEUIN; wie sal hom opjaag? Die SEPTER (die staf van die Koning, die gesag en heerskappy) sal van Juda nie wyk (of weggaan) nie, nog die VELDHEERSTAF (die staf van die aanvoerder van soldate) tussen sy voete uit totdat SILO (‘n verwysing na YESHUA die MESSIAS en LEEU VAN JUDA) kom; en aan Hom sal die volke GEHOORSAAM wees. Hy maak Sy jong esel vas aan die WINGERDSTOK (‘n plant waaraan druiwe groei) en die vul van Sy eselin aan die EDELSTE WYNSTOK (dit herinner aan die profesie in Sagaria 9:9 en die vervulling daarvan in Markus 11:1-11 van die donkie wat die dissipels in opdrag van Yeshua moes gaan haal sodat Hy triomfantlik kon inry in Jerusalem terwyl die mense sing: Hosanna! (Prys God!) Geseënd is HY wat kom in die Naam van YHVH! Geseënd is die koningkryk wat kom in die Naam van YHVH, die koningkryk van ons vader David! Hosanna! (prys God) in die hoogste hemel!)”
En ons lees verder in Genesis 49:11 “Hy was Sy kleed in die wyn en Sy GEWAAD (Sy KLEED) in DRUIWEBLOED (m.a.w druiwesap).” Die NLV sê: SY KLERE is so ROOI soos ROOI DRUIWESAP. En dit is ‘n verwysing na die profesie in Jesaja 63:2 en Openbaring 19:13. En ons lees verder in Genesis 49:12 “Hy is donkerder van oë as wyn en witter van tande as melk.”
Ons sien in baie van hierdie woorde vir Yehsua ons Messias – Hy is die LEEU van Judah (Openbaring 5:5), die KONING van konings wat saam met Abba Vader vir ewig sal regeer (Openbaring 22:3), Hy is die WINGERDSTOK (Johannes 15:1-8). Hy het die stad ingery op ‘n donkie en is geëer as die Koning voor Sy kruisiging (Markus 11:1-11). En Hy sal weer kom, die keer om die wynpers te trap as die een wat Abba se vyande aan sy voete onderwerp waarvan die LAASTE vyand die dood en die doderyk is wat in die poel van vuur gewerp sal word. Lees Openabring 20:11-14 & 14:20, Jesaja 63:3 en 1 Korinthiërs 15:25-27.
Judah was die een wat gekeer het dat Josef deur sy broers vermoor word en die voorstel maak om Josef eerder te verkoop aan die Ismaeliete. Lees Genesis 37:26-27.
En dan gesels ons volgende oor Jakob (ISRAEL) se seën vir JOSEF, die pa van EFRAIM, die jongste seun maar wat geseën is deur sy pa Jakob as die oudste seun, en wat later die hoof oor die ander stamme van die Noordryk geword het en bekend gestaan het as ISRAEL en versprei het onder die nasies totdat Yeshua die Messias na die aarde gestuur is tydens SY EERSTE KOMS om die VERLORE SKAPE van ISRAEL (en ALMAL wat inent op die BOOM van ISRAEL) weer bymekaar te maak (Lees Mattheus 15:24, Lukas 19:10, Jesaja 53:6, Jeremia 50:6, 2 Petrus 3:9 en Lukas 15:7).
En in Genesis 49:22-26 seën Jakob (ISRAEL) dan sy EERSTE seun, JOSEF by sy geliefde vrou RAGEL soos volg:
“JOSEF is ‘n JONG VRUGTEBOOM, ‘n jong vrugteboom by ‘n FONTEIN; sy TAKKE KLIM OOR DIE MUUR. Die BOOGSKUTTERS het hom wel GEPRIKKEL (met ‘n skerp stok gesteek wat diere aandryf) en hom BESKIET (op hom geskiet) en hom BESTRY (teen hom geveg), maar sy BOOG het STERK GEBLY, en die ARMS VAN sy HANDE was BUIGSAAM, deur die MAGTIGE (YHVH die God) VAN JAKOB (ISRAEL) – daarvandaan waar die HERDER, DIE STEEN VAN ISRAEL, is (‘n verwysing na Yeshua die Messias as die HOEKSTEEN in Psalm 118:22-29, Handelinge 4:11 en 1 Petrus 2:6), van die GOD van jou vader (Jakob), WAT JOU HELP, en met die HULP van die ALMAGTIGE (YHVH), wat jou SEËN met SEËNINGE van die HEMEL DAARBO, met SEËNINGE VAN DIE WATERVLOED wat daaronder lê (met oorloedige water), met SEËNINGE van BORSTE EN MOEDERSKOOT (‘n groot nageslag). Die SEËNINGE wat jou vader ontvang het, OORTREF die SEËNINGE van die EWIGE BERGE die KOSTELIKE (kosbare) GAWES van die EWIGE HEUWELS. Dit sal wees op die hoof van JOSEF en op die HOOFSKEDEL (skedel/ kopbeen, die voorkop) van die UITVERKORENE (God se GELIEFDE) onder sy broers. ”
Yeshua ons Messias sê in Johannes 15:16 “Julle het my nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om VRUG te gaan dra en dat julle VRUG kan bly (sal hou)…” Lees ook Deuternomium 14:2, Efesiërs 1:3-4 en 1 Petrus 2:9.
MAG dit dus dalk wees dat JOSEF EN SY NAGESLAG deur EFRAIM & MANASSE asook die res van die TIEN STAMME wat deel vorm van die NOORDRYK en almal, insuitend mense van Juda en Benjamin wat inent of die BOOM van ISRAEL volgens Romeine 11, wat GERED sou word deur HULLE AANVAARDING en GELOOF IN die KRUISDOOD van die HERDER – YESHUA ons MESSIAS wat gesterf het op GOLGOTHA, die UITVERKORENES (die GELIEFDES) van GOD die VADER is?
DEEL 6: EKSODUS
Die Boek Eksodus vertel vir ons van die SLAWERNY van die kinders van ISRAEL (al TWAALF STAMME) in Egipte, hulle REDDING en gevolglike INSTRUKSIES vir ‘n HEILIGE LEWE en AANBIDDING. Daar is ‘n GEESTELIKE PARALEL hierin tot die lewe van ELKE KIND VAN ABBA VADER: ons BEGIN almal in die SLAWERNY van die SONDE, ons word GERED van hierdie SLAWERNY deur Abba Vader, deur Sy SEUN YESHUA die MESSIAS en ons kry dan INSTRUKSIES (onderrig, voorskrifte) hoe om ‘n HEILIGE LEWE te LEEF en Hom te AANBID en dit het ALLES te make met die SMAL WEG waarna Yeshua ons Messias later verwys in Mattheus 7:13-20 en Lukas 13:24.
Na Josef se dood en met verloop van tyd het daar ‘n nuwe koning oor Egipte geheers wat nie vir Josef geken het nie. Die TWAALF STAMME van ISRAEL was VRUGBAAR en hulle het VERMEERDER en was BUITENGEWOON MAGTIG en EGIPTE was VOL VAN HULLE. En omdat die EGIPTENAARS begin dink het dat hulle MAGTIGER is as hulle en dalk saam met hulle VYANDE kon span teen hulle, het hulle ‘n SLIM PLAN beraam en OPSIGTERS van DWANGARBEID oor die ISREALIETE aangestel om hulle met HARDE ARBEID te VERDRUK. Maar hoe meer hulle VERDRUK is HOE MEER het hulle VERMEERDER sodat die EGIPTENARE BANG geword het vir die ISRAELIETE. Hulle het dus met HARDHEID teenoor hulle begin optree en hulle lewens BITTER gemaak deur SWAAR WERK. Die koning het ook met die HEBREEUSE VROEDVROUE gepraat en opdrag aan hulle gegee om wanneer SEUNS gebore word HULLE DOOD te MAAK maar die dogtertjies te laat lewe. Maar die VROEDVROUE het GOD GEVREES en dit NIE gedoen nie. En dan kom die bevel van die Farao om die SEUNS wat gebore word in die NYL te werp. En Moses se ouers (altwee uit die STAM van LEVI), het hulle SEUNTJIE DRIE MAANDE LANK WEGGESTEEK en ons ken die res van die GESKIEDENIS, Moses land uiteindelik in die huis van Farao en word deur sy dogter grootgemaak terwyl Moses se ma hom versorg. Maar Moses word groot as ‘n EGIPTENAAR en toe hy volwasse word en sien hoe SY MENSE onder die harde arbeid van die EGIPTENAARS moes lei het hy ‘n man doodgelsaan en moes hy vlug na MIDIAN waar hy met die PRIESTER van MIDIAN se dogter, SIPPORA trou en ‘n seun met die naam GERSOM gehad het. En hier het hy gebly tot die koning van EGIPTE dood is.
En die ISRAELIETE het in hierdie TYD VAN HULLE SLAWERNY GEROEP om HULP NA GOD. HY HOOR HULLE en HY ROEP NA MOSES om saam met sy broer ÄARON die mense uit EGIPTE te gaan VERLOS. DIE TIEN PLAE VOLG en dan sien ons WEER DIE PRENTJIE VAN DIE MERK, die TAV (met die PIKTOGRAAF VAN DIE KRUIS) – ABBA VADER SE SIMBOOL van GENADE en REDDING kort voor die LAASTE PLAAG – die DOOD VAN DIE EERGEBORENES van ALMAL wat nie die MERK met die BLOED van ‘n LAM op hulle DEURPOSTE aangebring het nie. Ons sien ook dat die aanvanklike prentjie van ‘n X-vormige KRUIS, nou die VORM begin aanneem van die KRUIS soos ons dit ken waarop Yeshua ons Messias vasgespyker is om vir ons sondes te betaal.
- Ons lees hiervan as die INSTELLING van die EERSTE PASGA – ABBA VADER se EERSTE FEES wat deel sou word van SY REDDINGSPLAN vir die MENSDOM. Ons lees in Eksodus 12:7 en 22-23 die OPDRAG van YHVH oor HOE die BLOED van die LAM aan die deurposte aangwend moes word: “EN hulle moet van die BLOED neem en dit stryk aan die TWEE DEURPOSTE (die sye van ‘n deurkosyn) en aan die BO-DRUMPEL (boonste horisontale gedeelte van ‘n kosyn), van die HUIS…” waarin hulle moes ingaan en bly deur die NAG en wanneer YHVH deurtek om die EGIPTENAARS swaar te straf en HY SIEN die BLOED aan die BO-DRUMPEL en TWEE DEURPOSTE sal YHVH die VERDERWER (of VERWOESTER) nie toelaat om in die HUISE in te gaan en die DOOD van die EERSGEBORENES te veroorsaak nie.
En dan word dit INGESTEL as GEREELDE PASGA FEES (Eksodus 12:24-27 en 43-51). En let wel, in Eksodus 12:43-51 lees ons dat die PASGA vir die HELE VERGADERING van ISRAEL is (d.w.s AL TWAALF STAMME insluitend Efraim en Manasse wat deels Egiptenare was maar aanvaar is as KINDERS van ISRAEL), asook die VREEMDELINGE wat saam met hulle Egipte verlaat het (lees Exodus 12:38) het en BESNY is. Nou ons weet vandag hierdie BESNYDENIS is ‘n BESNYDENIS van die HART soos ons reeds lees in Deuternomium 10:16 waar Moses die volk oproep om GEHOORSAAM aan GOD te wees deur hulle HARTE TE BESNY en nie langer hardkoppig te wees nie.
- En dit is in die WOESTYN waar ons die VOLGENDE PRENTJIE van die KRUIS, wat ons nou reeds verstaan as DIE MERK of TEKEN (die TAV) van ABBA VADER se REDDING van die MENS, sien in DIE UITLEG VAN DIE TABERNAKEL in DIREKTE OPDRAG VAN ABBA VADER aan MOSES op die BERG SINAI (Lees Eksodus hoofstuk 25:9 en 40).
Moses het die opdrag gekry om die TABERNAKEL soos volg in te rig:
1). In die VOORHOF, die KOPER BRANDOFFERALTAAR by die INGANG van die TABERNAKEL.
Die brandofferaltaar is gemaak van akasia hout (ook genoem doringhout) en oorgetrek met koper. Dit was ‘n SIMBOOL van die HERSTEL van die VERHOUDING met GOD deur middel van ‘n offer. Dit verteenwoordig die EERSTE STAP in die REDDINGSPROSES en is ook ‘n PRENTJIE van die KRUIS – die losprys wat Abba Vader vir ons betaal het deur die LAM, Yeshua ons Messias sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe kan hê (Johannes 3:16). En NIEMAND kan na die VADER kom BEHALWE deur HIERDIE WEG NIE soos ons Messias ons vertel in Johannes 14:6 (Lees ook Eksodus 27:1-8, 38:1-7 & 40:6 & 29 asook Jesaja 53:5 & 57:17, Romeine 4:25, Efesiërs 2:8-9 en 1 Petrus 2:24).
2). Dan volgende, REG VOOR die HEILIGE GEDEELTE van die TENT en regoor die BRANDOFFERALTAAR die KOPER WASKOM
Die PRIESTERS moes hulle HANDE en VOETE hier WAS voordat hulle in die TABERNAKEL en later die TEMPEL kon ingaan om hulle WERK te DOEN. Dit was ‘n SIMBOOL van die FEIT dat die VOLK GEESTELIKE REINIGING BENODIG het. Dit verteenwoordig ook DIE DOOP en daaglikse SONEBELYDENIS. Yeshua ons Messias verduidelik dit wanneer Hy die voete van Sy disipels was voordat hulle die laast keer die PASGA maal saam met Hom eet voor Sy KRUISIGING (Lees Eksodus 30:17-21, 38:8, 40:7 & 30-32 asook 1 Johannes 1:1-10).
En binne in die HEILIGE GEDEELTE was daar DRIE STUKKE:
3). die GOUE TAFEL van TOONBORDE
Dit was ‘n akasia hout tafel oorgetrek met suiwer goud wat in die HEILIGE GEDEELTE gestaan het aan die kant van die tabernakel teen die noordelike muur buite die voorhangesel volgens OPDRAG van YHVH aan Moses. Die TOONBRODE is daarop gehou, TWAALF BRODE, EEN VIR ELKE STAM. Die TOONBRODE was ‘n SIMBOOL van die GEESTELIKE VOEDING wat GOD aan SY VOLK GEE en dus verteenwoordig dit SY WOORD – DIE LEWENDE BROOD wat ELKE MENS daagliks moet eet om GEESTELIK GESOND TE BLY en VOLKOME GELUKKIG te wees. (Lees Eksodus 25:23-30, 37:10 & 16, 40:22-23, Levitikus 24:5-8, Deuternomium 8:3, Mattheus 4:4, Johannes 6:35 en Hebreërs 9:2).
4). DIE GOUE MENORAH (LAMPSTAANDER) LANGS die GOUE TAFEL VAN TOONBRODE
Dit was ‘n GOUE LAMPSTAANDER met SEWE VERTAKKINGS met AMANDELBLOMME en SEWE OLIE LAMPIES wat gestaan het aan die suidekant van die tabernakel teenoor die tafel van teenbrode volgens OPDRAG van YHVH aan Moses. Met SEWE BRANDENDE LAMPIES daarop. Die KANDELAAR het die HEILIGE GEDEELTE vir die PRIESTERS VERLIG. Dit is ‘n SIMBOOL VAN GOD SE LIG en ook die HEILIGE GEES en die VUUR waarmee Yeshua ons Messias ons doop (Lees Eksodus 25:31-40, 37:17-24, 40:24-25, Levitikus 24:1-4, Hebreërs 9:2 en Openbaring 1:12 asook Mattheus 3:11).
5). En in die middel bo, net voor die SWAAR GORDYN genoem DIE VOORHANGSEL van die ALLERHEILIGSTE GEDEELTE was die GOUE WIEROOK ALTAAR
DIE VOORHANGSEL was die GORDYN wat die ALLERHEILIGSTE GEDEELTE van die HEILIGE GEDEELTE GESKEI het. Dit was ‘n SIMBOOL van die SKEIDING vanwee die SONDE tussen die mens en GOD die VADER. Dit is hierdie VOORHANGSEL wat geskeer het van bo tot onder toe Yeshua ons Messias gesê het dit is VOLBRING en Sy laaste asem uitgeblaas het aan die KRUIS (lees Eksodus 26:31-33, Mattheus 27:50-51, Lukas 23:45-46 en Johannes 19:30).
DIE GOUE WIEROOK ALTAAR was die klein altaartjie gemaak van akasia hout en oorgetrek met suiwer goud. Dit is gebruik om GEWYDE WIEROOK te brand vir YHVH en was ‘n SIMBOOL van GEBEDE wat vir Hom aanneemlik is (lees Eksodus 30:1-10, 37:35, 40:5 en Psalm 141:2, Openbaring 5:8 & 8:3).
En dan in die ALLERHEILIGSTE GEDEELTE was daar TWEE STUKKE:
6). Die VERBONDSARK
Dit was ‘n GOUE REGHOEKIGE KAS gemaak van akasia hout en dit is oorgetrek met SUIWER GOUD waarin die TIEN GEBOOIE wat deur God op die KLIPTAFELS GESKRYF is en aan Moses gegee is (ook genoem die GETUIENIS) gebêre moes word. Dit was ‘n SIMBOOL van GOD SE VERBOND met die VOLK van ISRAEL. Hierdie VERBONDSARK van GOD staan nou nie meer in die ALLERHEILIGSTE van die aardse TABERNAKEL nie, maar is SY TROON in ons HARTE met die GETUIENIS, die TIEN GEBOOIE in ons HARTE en in ons VERSTAND opgeskryf as deel van GOD se NUWE VERBOND met die HUIS VAN ISRAEL (dit is die Noordryk onder Efraim waarin alle gelowiges in Yeshua die Messias inent volgens Romeine 11) en die HUIS VAN JUDA (dit is die SUIDRYK onder Juda wat die kleiner stam van Benjamin insluit). Ons lees daarvan in Jeremia 31:31-34 en dit word bevestig in Hebreërs 8:10 en 10:16 en dit is waarom Paulus in Romeine 11:26 praat van die HELE ISRAEL wat GERED SAL WORD.
7). Die VERSOENDEKSEL (die MERCY SEAT in ENGELS) bo-op die VERBONDSARK, waar MOSES en later die HOË PRIESTERS vir GOD ONTMOET het (lees Eksodus 40).
Dit was ‘n SIMBOOL van God se TEENWOORDIGHEID by SY VOLK. En dit verteenwoordig ook SY GENADE – en ons sien daar is later daarvan gepraat as die TROON van GENADE wat ons met VRYMOEDIGHEID kan nader wanneer ons Hom nader deur Yeshua ons Messias (Lees Eksodus 25:17-22 & 37:6, Levitikus 16:2, Deuternomium 10:3 en Hebreërs 4:14-16 & 9:5).
So weereens GEE ons PERFEKTE en BAIE PRESIESE GOD en VADER, vir ons ‘n DUIDELIKE PRENTJIE van SY REDDING, DIE WEG na HOM TOE in die VORM van die TAV – die KRUIS. Ons lees ook in Eksodus 40 Moses moes die TABERNAKEL, genoem die TENT van SAMEKOMS (m.a.w daar waar Abba Vader ontmoet is), OPRIG op die EERSTE DAG van die EERSTE MAAND (m.a.w op 1 ABIB, uitgespreek in Hebreeus as Aviv en dit beteken LENTE want in Israel begin die lente op hierdie datum) en ons weet 14 ABIB is die VASGETELDE DAG vir ABBA SE PASGA elke jaar! Lees Eksodus 40:2 asook Eksodus 12:2 waar ons sien dat 1 ABIB (op ons kalender Maart/April) die EERSTE MAAND VAN DIE JAAR IS volgens ABBA VADER se OPDRAG.
SOOS reeds gemeld is HIERDIE ROETE dan INDERDAAT ook die VOORSTELLING van die SMAL WEG, die ENIGSTE WEG na ABBA VADER! En dit is gerangskik in die onmiskenbare vorm van die VERBONDSTEKEN: DIE TAV nou in die VORM VAN DIE KRUIS waarop YESHUA ons MESSIAS die VOLLE PRYS vir DIE HELE MENSDOM BETAAL HET en waardeur ELKEEN wat dit AANVAAR, die EERSTE STAP GEE op die SMAL WEG na ABBA VADER en daarna die PAD van HEILIGMAKING stap vir die RES van ons lewens in die VOETSPORE van ons REDDER en VERLOSSER, YESHUA ons MESSIAS!
Let WEL: Alhoewel ELKEEN van hierdie SEWE STUKKE FANTASTIESE PRENTJIES is van die WEG NA GOD DIE VADER, is GEEN EEN VAN HULLE VOLDOENDE OP HULE EIE NIE – hulle VORM SAAM DIT WAARSONDER GEEN EEN VAN ONS GERED KAN WORD NIE, DIE TAV, die KRUIS, waarop YESHUA ons MESSIAS verklaar het: “DIT IS VOLBRING!” (vervul, uitgevoer, tot ‘n end gebring, suksesvol voltooi, afgehandel) Lees Johannes 19:30.
