Skip to content

DIE WAARHEID oor die KRUISIGING en die SIMBOOL van die KRUIS, Deel 27: ‘n STRUIKELBLOK vir die JODE en DWAASHEID vir die GRIEKE

28 Januarie 2026

Ons bestudeer die NUWE TESTAMENT verder oor die KRUIS SIMBOOL en die KRUSIGING van YESHUA ons MESSIAS.

Die Skrif gedeeltes wat in hierdie boodskappe aangehaal word kom hoofsaaklik vanuit die 1933 vertaling in Afrikaans. Verder word die HEBREEUSE LETTERS vir die NAAM van God die Vader soos aangedui in die oorspronklike vertalings as YHVH (Yod-Heh-Vav-Heh) gebruik waar die woord HERE in hoofletter in ons AFRIKAANSE BYBEL VERTALINGS voorkom. Die rede hiervoor is dat daar onsekerheid heers oor die uitspraak van die Naam van God die Vader omdat die klinkers in die Hebreeuse geskrifte weggelaat is weens vrees vir die misbruik van Sy Naam en gevolglike oortreding van die derde gebod van God. Ons verwys ook na Hom as Abba Vader en die Hebreeuse vertaling Yeshua die Messias word gebruik, in plaas van die Afrikaanse Bybel vertalings van Sy Naam, Jesus Christus wat uit die Grieks vertaal is.

En ons gesels vandag oor die BETEKENIS van die KRUIS vir die JODE (die Suidryk wat vandag nog bestaan uit die stamme afkomstig van Juda en Benjamin) asook vir die GRIEKE waarvan ons lees in die Nuwe Testament.

Ons kyk dan eerstens na:

1. DIE BETEKENIS VAN DIE KRUIS EN KRUISIGING VAN YESHUA DIE MESSIAS VIR DIE JODE

Dit blyk uit die WOORD dat die kruis van Yeshua ‘n STUIKELBLOK vir hulle was en VANDAG steeds is. So kom ons kyk na die redes daarvoor.

Die Complete Jewish Study Bible – Insight for Jews & Christians verduidelik op bladsy 1552 as deel van Johannes 19:17 die volgende: Alhowel die KRUIS vir baie Christene ‘n HEILIGE SIMBOOL is, is die KRUIS vir die Jode ‘n SIMBOOL van VERVOLGING as gevolg van die skade wat aangerig is aan die Jode deur mense wat beweer het dat hulle VOLGELINGE van die MESSIAS is, of hulle nou deel was van die Kruisvaarders (bekend as die Crusaders in Engels – Christene uit wes Europa wat deelgeneem het in ‘n reeks militêre aksies wat daarop gefokus was om die Heilige Land terug te vat vanuit Moslem beheer  tussen die 11 de en 13de eeu. Hulle veldtogte is begin deur Pous Urban II in die jaar 1095), die Inkwisisie (‘n owerheid wat deur die Katolieke Kerk gestig is om geloof of opinies in stryd met die leerstellings van die Katolieke Kerk op te spoor en te straf) of lede van die Ku Klux Klan (‘n Protestante wit ver regse groep wat in 1865 in Tennessee Amerika gestig is na die burgeroolog en wat bekend was vir terrorisme, geweld en intimidasie teen minderheidsgroepe, veral Afrikane, Jode en Katolieke).

Omdat hierdie mense beweer het hulle is VOLGELINGE van Yeshua die Messias en die Jode ernstig vervolg het, het die term “KRUIS” ‘n vloek geword vir die Jode, alhoewel DIT WAT OP DIE KRUIS PLAASGEVIND HET DIE GROOTSTE VERKLARING VAN GOD SE LIEFDE VIR MENSE IS IN DIE GESKIEDENIS – BEIDE VIR JODE en NIE-JODE. En om hierdie rede, alhoewel daar gewigtige argeologiese bewyse is vir die KRUIS, verkies die Joodse Studie Bybel skrywers om daarna te verwys as ‘n “paal” (“stake”) om hulle Joodse lesers die pyn te spaar.

Die Jode is dus eeue lank VERVOLG deur die Katolieke en Protestante.

Ons lees ook in Handelinge 5:30-33 die beskuldiging in Petrus se woorde wanneer hy aan die Joodse Raad sê: “Die God van ons vaders (YHVH) het Yeshua opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan ‘n KRUISHOUT te hang. Hom het God (die Vader) as LEIDSMAN (VOORGANGER, LEIER) en VERLOSSER deur Sy regterhand VERHOOG om aan ISRAEL BEKERING en VERGIFNIS van sondes te skenk. En ons is SY GETUIES van HIERDIE DINGE, en ook die HEILIGE GEES wat GOD (die Vader) gegee het aan die wat HOM GEHOORSAAM is. Toe hulle (die Joodse Raad) dit hoor, was hulle woedend en wou hulle (vir Petrus en die ander apostels wat deur die Saduseërs in die gevangenis gesit is) om die lewe bring.”

Ons weet ook dat Paulus ‘n stryd gevoer het teen die Jode na sy bekering omdat hulle hom vervolg het, net soos Paulus self voorheen die volgelinge van Yeshua die Messias vervolg het.

In 1 Korinthiërs 1:17-24 verduidelik Paulus die spanning tussen die BOODSKAP VAN DIE KRUIS en MENSLIKE OPINIES soos volg: “Want Messias het my nie gestuur om te doop nie, maar om die EVANGELIE TE VERKONDIG, nie met WYSHEID van woorde nie, sodat DIE KRUIS van MESSIAS nie verydel (tot niet gemaak) mag word nie.”

Let wel: Paulus verklaar nie hiermee dat die doop nie meer geldig is nie, maar dat sy opdrag, waarvan ons lees in Handelinge 26:15-18 nie is om mense te doop nie, maar om die EVANGELIE/ DIE GOEIE NUUS VAN REDDING TE VERKONDIG.

Ons lees verder in 1 Korinthiërs 1:18-23 “Want die WOORD VAN DIE KRUIS is wel DWAASHEID vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat GERED word, is dit DIE KRAG VAN GOD (die Vader); want daar is geskrywe (‘n verwysing na Jesaja 29:14): Ek (YHVH) sal die wysheid van die wyse mense vernietig en die verstand van die verstandige mense tot niet maak. Waar bly die wyse? Waar bly die skrifgeleerde (die Torah, Genesis tot Deuternomium geleerdes)? Waar die redetwister (mense wat betrokke raak in woordstryde/ argumente) van hierdie eeu? Het God nie die wysheid van hierdie werêld DWAAS gemaak nie? (Dit is ‘n duidelike REDE waarom ons nie ons antwoorde in mens bronne en opinies kan gaan soek nie). Want aangesien in die WYSHEID van GOD die werêld deur die WYSHEID van GOD (Hom) nie GEKEN het nie, het dit God behaag om deur die DWAASHEID van die PREDIKING die wat GLO te RED; want die JODE vra ‘n TEKEN en die GRIEKE soek WYSHEID, maar ons VERKONDIG MESSIAS wat GEKRUISIG is, ‘n STRUIKELBLOK vir die JODE en DWAASHEID vir die GRIEKE; maar vir die wat GEROEP is, JODE sowel as GRIEKE: MESSIAS, die KRAG van GOD (die Vader) en die WYSHEID van GOD.”

Die Bybel in Praktyk verduidelik: Baie Jode het die Goeie Nuus van Yeshua die Messias verwerp omdat hulle so lank reeds geglo het dat die Messias ‘n magtige heerser sou wees wat die troon van Dawid sou herstel. En dan is Hy ook soos ‘n gewone misdadiger gekruisig, hoe kon Hy dan hulle VERLOSSER wees? Vir die GRIEKE was die EVANGELIE ook onsin en hulle het ook nie geglo aan die opstanding uit die dood nie. Om te sterf was vir hulle allesbehalwe oorwinning maar eerder neerlaag. Die GOEIE NUUS van die MESSIAS klink vandag steeds vir baie mense dwaas. Dinge soos mag, invloed en geld het die afgode van die samelewig geword. God se WYSHEID kan nie deur hierdie mense verstaan word nie.

Paulus sê verder aan die gelowiges in 1 Korinthiërs 2:1-16 “En toe ek by julle gekom het, broeders, het ek nie aan julle die GETUIENIS van GOD kom VERKONDIG met voortreflikheid (indrukwekkendheid) van woorde of van wysheid nie, want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Yeshua die Messias, en HOM as GEKRUISIGDE. Ek was ook by julle in swakheid en in vrees en in veel bewing; en my REDE en PREDIKING was nie in oorredende woorde van MENSLIKE WYSHEID nie, maar in die betoning (die werking) van (die Heilige) GEES en  (Sy) krag, sodat julle GELOOF nie in WYSHEID van MENSE sou bestaan nie, maar in die KRAG van GOD. Tog spreek ons WYSHEID onder die volwassenes (geestelike volwasse mense), maar ‘n WYSHEID nie van hierdie werêld, of van hierdie werêld se heersers, wat vergaan nie. Maar ons spreek die WYSHEID van GOD, wat bestaan in VERBORGENHEID (die geheimenisse) wat bedek was en wat God van EWIGHEID af voorbeskik het tot ons heerlikheid (geluksaligheid, die hoogste mate van geluk), wat niemand van die heersers van hierdie werêld geken het nie – want as hulle dit geken het, sou hulle die MEESTER van die HEERLIKHEID (Yeshua die Messias) nie GEKRUISIG het nie – maar soos geskrywe is (met verwysing na Jesaja 64:4): Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die WAT HOM LIEFHET. Maar God (die Vader) het dit aan ons deur SY GEES geopenbaar, want die (HEILIGE) GEES ONDERSOEK ALLE DINGE, ook die DIEPTES van GOD. Want wie van die mense weet wat in ‘n mens is (‘n mens se diepste gedagtes), behalwe die (kleinletter) gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie (Sy diepste gedagtes/ geheimenisse), behalwe die GEES van GOD. Ons het ewenwel (nogtans) nie die (kleinletter) gees van die werêld ontvang nie, maar die GEES wat uit GOD is, sodat ons kan weet wat GOD (die Vader) ons uit GENADE GESKENK het. Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat MENSLIKE WYSHEID leer nie, maar met dié wat die HEILIGE GEES leer, sodat ons GEESTELIKE DINGE met (die) GEESTELIKE VERGELYK.”

En julle sal onthou, Yeshua sê in Johannes 5:19, 8:28 en 12:49 Hy doen niks uit Sy eie uit nie, maar praat en doen net wat die VADER aan HOM gesê het en soos Hy Hom onderrig het en die HEILIGE GEES wat die Vader in Sy Naam sal stuur sal die dissipels, en ook ons as Sy volgeinge vandag, in alle opsigte onderrig en ons herinner aan SY WOORDE (Johannes 14:26).

Paulus verduidelik dan verder in 1 Korinthiërs 2:15-16 “Maar die NATUURLIKE MENS (die mens wat nie gevul is met die Heilige Gees van God nie) neem die DINGE van die GEES van GOD nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit GEESTELIK beoordeel (vanuit ‘n geestleike perspektief verstaan moet) word. Maar die GEESTELIKE MENS beoordeel wel ALLE DINGE; self egter word hy deur niemand beoordeel nie (ongelowiges kan nie die gelowige verstaan nie). Want wie het die sin (die gedagtes) van die YHVH geken, dat hy Hom sou kon onderrig? (‘n Aanhaling vanuit Jesaja 40:13) Maar ons (gelowiges) het die sin (die gedagtes) van die Messias.” Bedoelende ons weet wat HY DINK vanuit die LEES van SY WOORD en ons maak dit DEEL van HOE ONS DINK. In 2 Korinthiërs 10:5b verduidelik Paulus dit so: ons neem ELKE GEDAGTE gevange en MAAK dit GEOORSAAM aan YESHUA die MESSIAS!

Die Bybel in Praktyk verduidelik: ‘n Mens wat toondoof is (nie kan onderskei tussen verskillende toon hoogtes / gehalte nie), is nie instaat om goeie musiek te waardeer nie. Of iemand wat nie bladmusiek kan lees nie, sal geen sin of slegs beperkte sin uit die note kan maak. Net so is elkeen wat die Messias verwerp ook nie in staat om die GOEIE NUUS te verstaan en te waardeer nie. So iemand kan nie die stem van God hoor nie. Dit is soos rekenaartaal wat nie verstaan kan word deur iemand wat nie daarin opgelei is nie en dus sal dit onverstaanbaar wees vir die persoon, maar ten volle sin maak vir ‘n programeerder. Ongelowige mense verstaan nie GOD se WOORD nie en hulle kan nie begryp hoe die Gees van God in mense kan woon nie.

Ons moet dus BAIE VERSIGTIG wees vir MENSLIKE WYSHEID en VASHOU aan die WAARHEID van DIE WOORD van YHVH en alles daarteen TOETS soos wat ons aangemoedig word in Handelinge 17:11 en 2 Timotheus 3:15-17.

In Galasiërs 3 verduidelik Paulus dat die WET (die Torah, Genesis tot Deuternomium, opgesom in die Tien Geboie) ons nie kan RED nie, maar die WET (die Torah, Genesis tot Deuternomium) lei ons na die MESSIAS en die GELOOF. En dan sê hy in vers 10-14: “Want almal wat uit die WERKE van die WET is (die NLV sê: “Maar elkeen wat op die ONDERHOUDING van die Wet/ dus op die Torah vertrou om deur God VRYGESPREEK te word”), is ONDER DIE VLOEK; want daar is geskrywe (met verwysing na Deuternomium 27:26): VERVLOEK is ELKEEN wat nie bly in ALLES wat geskryf is in die BOEK VAN DIE WET (die TORAH, Genesis tot Duternomium) om dit te DOEN nie. En dat NIEMAND deur die WET (die Torah) by GOD (die Vader) GEREGVERRDIG (VRYGESPREEK) word nie, is duidelik; want die REGVERDGE sal uit die GELOOF LEWE (sal doen wat reg is omdat hulle GLO, GLO en DOEN gaan hand aan hand soos wat Jakobus verduidelik in hoofstuk 1:19-27) Maar die WET (die Torah) is nie uit GELOOF nie, maar die mens wat hierdie dinge DOEN (die mens wat die wet GEHOORSAAM), sal daardeur LEWE (dit is ‘n aanhaling van Levitikus 18:5 en Deuternomium 4:1-6 en lees ook Yeshua se woorde aan die wetgeleerde/ Torah kundige in Lukas 10:25-28 en soortgelyke woorde wat Hy gesê het aan die ryk jong man in Mattheus19:16-21 en Markus 10:17-31). MESSIAS het ons LOSGEKOOP van die VLOEK VAN DIE WET (die Torah, opgesom in die Tien Gebooie, die NLV sê: “Messias het ons LOSGEKOOP van die VLOEK wat op WETSOORTREDERS rus”) deur vir ons ‘n VLOEK TE WORDwant daar is geskryf (met verwysing na Dueternomium 21:23) VERVLOEK is ELKEEN wat aan ‘n HOUT HANGsodat die SEËN van Abraham na die heidene (die ongelowiges) kan kom in MESSIAS YESHUA, en dat ons die BELOFTE van die (HEILIGE) GEES deur die GELOOF kan ontvang.”

Ons lees ook van Paulus se stryd teen die Jode met die fisiese besnydenis en die beïnvloeding van die gelowiges in Galasiërs 5 en ons lees in vers 7-14 “Julle (die gelowiges) het goed geloop: wie het julle verhinder om die WAARHEID GEHOORSAAM te wees? Hierdie OORTUIGING kom nie van HOM wat julle ROEP nie. ‘n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur. Ek vertrou van julle in die MEESTER dat julle nie anders sal DINK nie; maar die een wat julle in die war bring, sal die oordeel dra, wie dit ook mag wees. Maar ek, broeders, as ek nog die besnydenis verkondig, waarom word ek nog VERVOLG? Dan is die STUIKELBLOK van die KRUIS vernietig! (dit is dus duidelik dat Paulus vervolg is as gevolg van sy boodskap oor die KRUIS)…want julle is tot VRYHEID GEROEP, broeders; gebruik net nie julle VRYHEID as ‘n aanleiding vir die vlees nie (die NLV sê: “Moenie die vryheid misbruik om sondige begeertes te bevredig nie), maar dien mekaar deur die LIEFDE. Want die HELE WET (die hele Torah, Genesis tot Deuternomium) word vervul in EEN WOORD, naamlik: Jy moet JOU NAASTE LIEFHÊ SOOS JOUSELF (lees Levitikus 19:18, Mattheus 22:34-39, Markus 12:28-34, Lukas 10:25-27 en Romeine 13:9).”

En Paulus gee dan laaste waarskuwings aan die gelowiges in Galasiërs 6:12-16 “Almal wat ‘n mooi vertoning in die vlees wil maak (m.a.w wat ander mense probeer beïndruk), dié (hulle, met verwysing na die Jode wat die fisiese besnydenis wou bly implimenteer) dwing julle om julle te laat besny net om nie ter wille van die KRUIS van MESSIAS VERVOLG TE WORD nie. Want ook hulle wat besny word, hou self nie die WET (hulle leef nie volgens die instruksies in die Torah soos opgeteken in Genesis tot Deuternomium en opgesom in die Tien Gebooie) nie; maar hulle wil hê dat julle (fisies) besny moet word, sodat hulle in julle vlees kan roem (sodat hulle daarmee kan spog dat julle besny is. Die Jode het nie verstaan dat God van die begin af bedoel het dat die mens se HART geestelik besny moet word en so die hardheid van hart en rebellie teen God te verwyder en aan Sy Gees beheer oorgee oor jou lewe en God lief te hê met jou hele hart en hele siel dat jy en jou nageslag kan lewe, lees Deuternomium 10:16 & 30:6, Jeremia 4:4 en Romine 2:29.

Maar wat my (Paulus) betref, mag ek nooit roem nie, BEHALWE IN DIE KRUIS VAN ONSE MEESTER YESHUA DIE MESSIAS, deur wie die werêld vir my GEKRUISIG is en ek vir die werêld. Want in Messias Yeshua het nóg die (vleeslike) besnydenis nóg die onbesnedenheid enige krag (nie), maar ‘n NUWE SKEPSEL (‘n nuwe mens/ iemand wat wedergebore is). Lees ook 2 Korinthiërs 5:17. En mag daar VREDE en BARMHARTIGHEID wees oor ALMAL wat sal wadel (leef) volgens hierdie reël, en oor die ISRAEL van God! (die NIV sê: “Húlle is Gód se ISRAEL”).

En in Filippense 3 praat Paulus van die VYANDE VAN DIE KRUIS! Ons lees in vers 17-19: “Want BAIE – van wie ek julle dit dikwels gesê het en nou ook onder trane sê – WANDEL (leef) AS VYANDE VAN DIE KRUIS VAN MESSIAS. Hulle einde is die verderf, hulle (kleinletter) god is die buik (die maag, die NLV sê: “liggaamlike behoeftes is hulle god”) en hulle eer is in hulle skande (hulle is trots op dinge waaroor hulle hulle behoort te skaam): hulle BEDINK AARDSE DINGE (hulle dink soos werêldlinge).

Ons moet in gedagte hou dat die Jode (die Suidryk wat teen die Nuwe Testament periode bekend was as die Jode en bestaan het uit die stam van Juda en Benjamin) het ‘n magtige Messias verwag wat hulle sou kom verlos van die oorheersing deur die Romeinse regering. Vanuit Deuternomium 21:23 het hulle boonop die KRUISIGING as ‘n VLOEK beskou en nie Paulus se woorde verstaan in Galasiers 3:10-14 dat Yeshua juis vir ons ‘n VLOEK kom word het om ons straf op die sonde te dra nie. Die idee van ‘n GEKRUISIGDE VERLOSSER was dus vir hulle ondenkbaar en aanstootlik (‘n belediging).en dus het dit ‘n groot blokasie teen die GOEIE NUUS BOODSKAP van REDDING deur Yeshua die Messias aan die KRUIS veroorsaak.

Die KRUISIGING was dus ‘n STRUIKELBLOK vir die Jode soos Paulus verduidelik in 1 Korinthiërs 1:23.

Ons lees in Jesaja 7 van die IMMANUEL TEKEN en in Jesaja 8 van ‘n ander teken van strafgerig/ oordeel voordat ons in Jesaja 9 lees van die voorspelling van die Messiasryk (die duisend jarige vredesryk van die Messias). Jesaja was die profeet tydens die regering van koning Agas, Hiskia en Manasse van die Suidryk (Judah en Benjamin). En hy was ook duidleik bewus van die einde van die Noordryk (die Tien Stamme onder Ephraim) tydens koning Hosea se regering toe Samaria verower is deur Assirië en hulle in ballingskap (gevangenisskap) weggevoer is weens hulle aanhoudende afgodery en rebellie teen YHVH ten spyte van vele waarskuwings deur die profete.

En ons lees dan in Jesaja 8:11-16 “Want so het YHVH met my (Jesaja) gespreek toe Sy hand my oorweldig het en Hy my vermaan (ernstig gewaarsku) het om nie te wandel (te leef) op die weg van hierdie VOLK nie, met die woorde: Julle mag nie alles ‘n SAMESWERING noem wat hierdie VOLK ‘n SAMESWERING noem nie, en julle mag nie bevrees (bang) wees vir wat hulle vrees, of veskrik wees nie. YHVH van die LEËRSKARE (YHVH Tzva’ot, die God van die Engelweermag) – HOM moet julle heilig (hulle moet YHVH eer as die die enigste Almagtige en Heilige God.), en laat Hy julle vrees en verskrikking wees (hulle moet Hom alleen vrees en niemand anders nie). Dan sal Hy (YHVH) vir julle ‘n HEILIGDOM (’n plek wat aan God gewy is/ ‘n veilige plek/ ‘n beskutting) wees, maar ‘n KLIP waar ‘n mens teen stamp en ‘n ROTS waar ‘n mens oor STUIKEL (sal Hy wees), vir die TWEE HUISE VAN ISRAEL (die Suidryk, Juda en Benjaim bekend as die Jode en die Noordryk, die Tien Stamme onder Efraim), ‘n VANGNET en ‘n STRIK vir die INWONERS van JERUSALEM. En BAIE onder hulle sal STRUIKEL en VAL en VEBREEK (verpletter) en VERSTRIK en GEVANG word. Bind die GETUIENIS toe, verseël die WET (die dokument, die instruksies) in die HART van MY leerling (in die hart van die wat Ek leer).” Dit beteken Jesaja is aangesê om nie langer met die volk te praat nie, maar die inligting van God te hou vir hom en die mense wat God volg.

Paulus verduidelik in Romeine 9 sy droefheid oor die ongeloof van sy volksgenote, die Jode asook die OORDEEL en GENADE van GOD vir die mense wat HY ROEP uit die Jode en nie-Jode en in Romeine 9:27-32 sê Paulus: “En Jesaja roep oor Israel uit (‘n verwysing na Jesaja 10:22-23): Al is die getal van die kinders van ISRAEL soos die sand van die see, net die OORBLYFSEL sal GERED word; want Hy volbring (finaliseer) ‘n saak en verkort dit in GEREGTIGHEID (bilikheid, regverdigheid), omdat YHVH ‘n saak wat verkort is op die aarde sal doen (dit kom vanuit die profesie in Jesaja 28 oor die KOSBARE HOEKSTEEN en vers 22 vewys na die VERDELGING wat op aarde gaan paasvind en laat mens ook dink aan die beeld waarvan koning Nebukadnesar gedroom het en die uitleg daarvan wat God aan Daniël geopenbaar het en waarvan ons lees in Daniël 2:41-45 van die VOETE en TONE van die BEELD wat deels van pottebakkersklei en deels van yster was en dui op ‘n VERDEELDE KONINGKRYK en ‘n gedeelte van die koningkryk sal hard wees en ‘n gedeelte sal bros wees. Die YSTER en KLEI sal deur MENSLIKE GEMEENSKAP onder mekaar VERMENG maar hulle sal NIE aan mekaar vaskleef nie net soos yster en klei nie meng nie. Maar in die dae van hierdie koning sal die GOD van die hemel ‘n KONINGKRYK oprig wat in EWIGHEID nie verneitig sal word nie, en die HEERSKAPPY daarvan sal aan GEEN volk oorgelaat word nie; dit sal AL daardie koningkryke VERBRYSEL en daar ‘n EINDE aan maak, maar self sal dit vir EWIG BESTAAN – net soos Nebukadnesar in sy droom gesien het dat sonder toedoen van mensehande ‘n KLIP van die berg af losgeraak het wat die yster, die koper, die klei, die silver en die goud VERBRYSEL het.

En dit dit herinner ook aan Yeshua se woorde in Mattheus 24:22 dat die verdrukking in die eindtyd deur God die Vader verkort sal word ter wille van die uitverkorenes want anders sal niemand dit oorleef nie. En ons lees verder in Romeine 9:29-32 “En soos Jesaja tevore gesê het (met verwysing na Jesaja 1:9): As YHVH van die Leërskare (YHVH Tza’vaot, die God van die Engelweermag) vir ons nie ‘n nageslag oorgelaat het nie (met verwysing na die Suidryk, Judah en Benjamin, vandag bekend as die Jode), soos Sodom sou ons geword het en aan Gemorra gelyk gewees het (die twee stede met hulle inwoners is totaal uitgewis behalwe vir Lot en sy twee dogters). Wat sal ons dan sê? Dat die heidene (die ongelowiges), wat die GEREGTIGHEID nie nagejaag het nie (nie volgens die wil en voorskrifte van YHVH geleef het nie), die GEREGTIGHEID verkry het, naamlik die GEREGTIGHEID wat uit GELOOF (in Yeshua die Messias) is; terwyl ISRAEL, wat die WET (die Torah, Genesis tot Deuternomium, opgesom in die Tien Gebooie) van die GEREGTIGHEID nagejaag het, die WET (Torah) van die GEREGTIGHEID nie bereik het nie (hulle was nie GEHOORSAAM aan die wil en voorskrifte van YHVH nie). Waarom? Omdat dit nie uit die GELOOF was nie maar net asof dit uit die werke van die WET (die Torah) was (onthou as jy iets nie GLO nie, sal jy dit ook nie DOEN nie, lees Jakobus 1:17-29); WANT HULLE HET HULLE GESTAMP TEEN DIE STEEN VAN AANSTOOT.” En in Romeine 9:33 haal Paulus Jesaja 8:14 aan wanneer hy sê: “Soos geskrywe is: Kyk, Ek lê in Sion (‘n ander naam vir Jerusalem/ die tempelberg in Jerusalem) ‘n STEEN van AANSTOOT en ‘n ROTS van STRUIKELING; en ELKEEN wat IN HOM GLO, sal nie beskaam (teleurgestel) word nie.”

Vanuit die vervolging deur die KATOLIEKE en PROTESTANTE deur die eeue soos reeds verduidelik, het die KRUIS ook vir die Jode ‘n SIMBOOL geword van VERDRUKKING en VERVOLGING. Die KRUIS word dus in die Joodse geskrifte beskou as ‘n AFGOD en skilder ‘n prentjie van die komplekse verhouding tussen Christene en Jode vandag.

Hierdie dien as ‘n ernstige WAARSKUWING vir ons wat by ons JOODSE BROERS leer oor die TORAH (Genesis tot Deuternomium wat insluit die onderhouding van die Tien Gebooie insluitend die SABBAT en die FEESTE) en die MESSIAANSE ROETE volg in gehoorsaamheid aan God die Vader soos ons Messias ons kom leer het.

Ons weet dit is reg want dit word so geprofeteer in Sagaria 8:13-23 dat GELOWIGES in die laaste dae meer van die TORAH insluitende die FEESTE van ABBA VADER sal leer van ons JOODSE broers, ons lees spesifiek in vers 21-23: “En die inwoners van die een stad sal gaan na die ander en sê: Kom, laat ons heengaan om die aangesig van YHVH om genade smeek en YHVH van die LEËRSKARE (YHVH Tzva’ot, die God van die Engelweermag) te soek. Ek wil ook gaan! So sal dan baie volke en magtige nasies kom om YHVH van die LEËRSKARE in Jerusalem te SOEK en die aangesig van YHVH om GENADE te smeek. So sê YHVH van die LEËRSKARE: In dié dae sal TIEN MAN uit die tale van die nasies die slip (die kleed) van ‘n JOODSE man gryp en vashou en sê: Ons wil met julle saamgaan, want ons het gehoor dat God met julle is.

En so het baie van ons al die geleentheid gehad om ISRAEL en spesifiek JERUSALEM te besoek en ook van ons JOODSE broers en suster te leer.   MAAR ons moet steeds onthou om ALLES wat ons by hulle leer teen die WAARHEID van die WOORD in Genesis tot Openbaring te toets met die hulp en leiding van die Heilige Gees en ons moet VERSIGTIG wees vir hulle siening van die KRUIS en die KRUISIGING omdat hierdie PYN wat hulle ervaar het deur die vervolging van die Katolieke en Protestante gelowiges soos deur die Complete Jewish Study Bible – Insight for Jews & Christians verduidelik word op bladsy 1552, vandag steeds geldig is en daarom moet veral die MESSIAANSE beweging wat VOLGELINGE van die MESSIAS is (waarvan ek ook deel is en BAIE geleer het oor die laaste ongeveer 8 jaar vanuit die Hebreeuse konteks en nog steeds elke dag baie leer), versigtig wees om nie in die slaggat te trap om die KRUIS van YESHUA die MESSIAS te verwerp en ander metodes van KRUISIGING te probeer vind om van die KRUIS “ontslae” te raak en so twyfel te saai oor die KRUIS en die KRUSIGING van Yeshua die Messias onder medegelowiges nie.

Abba Vader sal nooit die SUIDRYK (Juda en Benjamin bekend as die Jode) vergeet nie, ons lees ook in die profesie in Sagaria 12 van REDDING en SEËN vir die volk van YHVH met spesifieke verwysing na die SUIDRYK (Juda en Benjamin, bekend as die Jode) en ons lees in vers 10: “Maar oor die HUIS van DAVID (die stam van Juda en Benjamin, die Jode) en oor die INWONERS van JERUSALEM sal Ek UITGIET die GEES van GENADE en SMEKINGE; en ALMAL sal opsien na MY vir WIE hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom weeklaag soos ‘n mens rouklaag oor ‘n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos ‘n mens bitterlik ween oor ‘n eersgebore kind.” Lees ook Johannes 19:37 en Openbaring 1:7. En ons lees in Saggaria hoofstuk 13 dat die volk GEREINIG sal word, twee derdes sal uitgeroei word, maar een derde sal OORBLY en hulle sal deur VUUR gebring en GESMELT word soos ‘n mens silver smelt en hulle sal GETOETS word soos ‘n mens goud toets. Hulle sal Sy NAAM aanroep en Hy sal hulle verhoor (antwoord). Hy sal sê: “Dit is My volk!” En hulle sal sê: “YHVH is my God!”.

2. DIE BETEKENIS AAN DIE KRUIS EN KRUISIGING VAN YESHUA DIE MESSIAS VIR DIE GRIEKE

Die kruis van Yeshua is dwaasheid vir die Grieke/ die ongelowiges (ons kan dalk sê vir die werêldlinge, geleerdes en wetenskaplikes wat op mens wysheid staatmaak en alles met ‘n menslike verstand wil uitredeneer).

Terwyl die Jode dus ‘n magtige Messias verwag het wat die Romeine ryk sou omverwerp en oorwin en as Heerser sou optree heg die GRIEKE waarde aan WYSHEID en FILOSOFIESE REDENASIES. Die GRIEKE, wat dus baie waarde geheg het aan intelektuele gesprekke en rasionele denke, het die idee van ‘n GEKRUISIGDE VERLOSSER dus ABSURD gevind end it het geen sin vir hulle gemaak nie soos Paulus verduidelik in 1 Korinthiërs 1:17-23. Hulle kon nie verstaan waarom ‘n Goddelike wese vrywillig lyding verduur het nie en dus het hulle die KRUISIGING beskou as ‘n mislukking eerder as ‘n oorwinning.

Paulus bevestig in 1 Korinthiërs 1:17-23 dat die BOODSKAP van die KRUIS die WARE KRAG en WYSHEID van GOD verteenwoordig, ten spyte van die persepsies van die JODE en die GRIEKE (werêldlinge). Dit daag menslike begrip uit en OPENBAAR dat GOD se WEË dikwels ortodokse/ mens wysheid, voorskrifte en leerstellings UITDAAG en OORTREF. Dink maar aan die WAPENS waarmee mense hulle stryde probeer wen, versus die WAPENS wat GOD aanbeveel in Effesiers 6:10-18, naamlik die wete dat MENSE NIE JOU VYANDE IS NIE maar die bose, die WAARHEID van die WOORD waarmee ons teen die bose veg, die wete van VERLOSSING wat ons verstand en dus gedagtes beskerm teen aanvalle, GELOOF in God wat ons harte beskerm teen aanvalle, VREDE in alle omstandighede waar ons ookal gaan en GEBED vir alle mense (Lees ook 1 Timotheus 2:1-8).

Die KRUISIGING mag dus voorkom as SWAKHEID en DWAASHEID vir mense wat dit nie verstaan nie, maar dit is in werklikheid die GROOTSTE DEMONSTRASIE van GOD die VADER se LIEFDE in SY REDDINGSPLAN vir die MENS.

Dit diens as ‘n herinnering aan GELOWIGES dat die werêld hulle GELOOF in YESHUA die MESSIAS kan beskou met skeptisisme (twyfel) en weerstand.  En dit bemoedig GELOWIGES om die paradoks (die teenstydigheid) van die GOEIE NUUS/ DIE EVANGELIE teenoor mens sienings daaroor te aanvaar, en te verstaan dat wat in die oë van die werêld na dwaasheid lyk, in der werklikheid die FONDASIE is van ons GELOOF en die BRON van WARE WYSHEID en KRAG. Die KRUISIGING is nie maar net ‘n historiese gebeurtenis nie, maar dit is ‘n BAIE BELANGRIKE SIMBOOL van HOOP, REDDING en die VERANDERENDE KRAG van YHVH ons GOD se LIEFDE.

Ons moet ook soos reeds gesê BAIE VERSIGTIG wees vir MENSLIKE WYSHEID en ook self nie in die slaggat trap om WYSER as die WOORD te probeer wees nie en ander so te leer nie, maar eerder VASHOU aan GOD se WYSHEID in SY WOORD, wat inderdaat aan ons die VERSTAND en WYSHEID van YESHUA die MESSIAS openbaar. Dit is baie belangrik om alles wat ons hoor van buite bronne teen die WOORD van GOD te toets. Onthou Hy beskerm self Sy WOORD met twee of drie getuienisse. As ons begin TWYFEL in die WAARHEID van die WOORD gaan ons begin stuikel want waar gaan ons eindig? Ons moet van die uitgangspunt af werk dat dit wat in die WOORD staan WAAR en REG is en buite bronne en mens opinies daarteen meet nie andersom nie. As ons links en regs dinge in die Woord begin verander en beskou as leuens gaan ons twyfel skep in die WOORD en kan dit lei tot meer afvalligheid by  mense want as hulle nou nie meer kan glo Yeshua is op ‘n KRUIS GEKRUISIG nie, wat is dan nou nog “ONWAAR” in die Woord. Dit is ‘n gevaarlike pad. Ons moet GLO dat God die Vader reeds Sy WOORD self beskerm en bewaar het vanaf die optekening daarvan en dat Hy dit sal doen tot aan die einde. Dus is dit ons verantwoordelikheid om te sorg dat ons die betroubaarste moontlike vertaling van die WOORD lees en teen ander vertalings te toets soos wat die Heilige Gees ons lei en deurgaans te hou by wat die WOORD sê.

So laat ons maak soos Paulus voorstel in In  2 Korinthiers 10:3-6: “Want hoewel ons in die vlees (in die liggaam leef), voer ons nie die styd volgens die vlees nie (dis nie ‘n liggaamlike stryd of oorlog nie); want die WAPENS van ons stryd is nie vleeslik nie (dis nie mens wapens nie want ons geveg is nie teen mense nie soos ons ook leer in Effesiers 6:12), ons WAPENS is GEESTELIK van AARD geskik vir ‘n GEESTELIKE OORLOG teen ons bose vyand wat God se WOORD by ons wil kom steel en ons wil kom slag en vernietig soos Yeshua ons Messias ons waarsku in Johannes 10:10a), maar ons WAPENS is KRAGTIG deur GOD om VESTINGS (soos verkeerde leerstellings, tradisies, valsheid, misleiding) neer te werp, terwyl ons PLANNE verbreek en (so ook) elke SKANS (soos argumente, redenasies en mens opinies) wat opgewerp word TEEN die KENNIS van GOD (afbreek), en ELKE GEDAGTE GEVANGE NEEM tot GEHOORSAAMHEID aan MESSIAS en ons gereed hou om ELKE ONGEHOORSAAMHEID (in onsself te straf/ tot orde te roep/ daagliks te beveg met die WAARHEID van GOD se WOORD) totdat ons VOLKOME GEHOORSAAM is aan HOM.” Die NLV sê: Ons is oorgehaal om met ELKE ONGEHOORSAAMHEID af te reken, sodra ons eie GEHOORSAAMHEID in plek geval het.

He-Brews-Coffee-Roastery-Logo

Stay In Touch