13 Mei 2026 Ons is gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (die…
DIE WAARHEID oor die KRUISIGING en die SIMBOOL van die KRUIS, Deel 26: Die NUWE TESTAMENT
21 Januarie 2026
Ons het nou die Ou Testament ondersoek vanaf Genesis tot Deuternomium, bekend as die TORAH, die PROFETE en die KONINGS van die SUIDRYK (Juda en Benjamin) asook die KONINGS van die NOORDRYK (die tien stamme onder Ephraim). En vandag begin ons die NUWE TESTAMENT ondersoek oor die KRUIS SIMBOOL en die KRUSIGING van YESHUA ons MESSIAS.
Die Teks gedeeltes wat in hierdie boodskappe aangehaal word kom hoofsaaklik vanuit die 1933 vertaling in Afrikaans. Verder word die HEBREEUSE LETTERS vir die NAAM van God die Vader soos aangedui in die oorspronklike vertalings as YHVH (Yod-Heh-Vav-Heh) gebruik waar die woord HERE in hoofletter in ons AFRIKAANSE BYBEL VERTALINGS voorkom. Die rede hiervoor is dat daar onsekerheid heers oor die uitspraak van die Naam van God die Vader omdat die klinkers in die Hebreeuse geskrifte weggelaat is weens vrees vir die misbruik van Sy Naam en gevolglike oortreding van die derde gebod van God. Ons verwys ook na Hom as Abba Vader en die Hebreeuse vertaling Yeshua die Messias word gebruik, in plaas van die Afrikaanse Bybel vertalings van Sy Naam, Jesus Christus wat uit die Grieks vertaal is.
So kom ons bestudeer wat die Nuwe Testament aan ons sê oor die krusiging van ons Messias Yeshua en die kruis.
In Johannes hoofsuk 3 onderrig Yeshua ons Messias vir Nikodémus oor die belangrikheid van WEDERGEBOORTE en as deel daarvan sê Hy in Johannes 3:14-21: “En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die SEUN van die mens VERHOOG word, sodat ELKEEN wat in HOM GLO, NIE VERLORE mag gaan nie, maar die EWIGE LEWE kan hê. Want so LIEF het GOD (die VADER), die wêreld gehad, dat Hy Sy ENIGGEBORE SEUN gegee het, sodat ELKEEN WAT IN HOM GLO, nie verlore mag gaan nie, maar die EWIGE LEWE kan hê. (Dit is ‘n duidleike heenwysing na Yeshua ons Messias wat sou kom sterf aan ‘n hout kruis en die SONDE en die DOOD wat deur die SLANG se versoekings in die wêreld ingebring is, te OORWIN en die mense wat dit in GELOOF aanvaar en OPKYK na HOM, sal EWIG LEWE). Want God (die VADER) het SY SEUN in die wêreld gestuur NIE om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die WÊRELD DEUR HOM GERED KAN WORD. Hy wat IN HOM GLO, word NIE VEROORDEEL NIE; maar hy wat NIE GLO NIE, is ALREEDS VEROORDEEL omdat hy NIE GEGLO HET in DIE NAAM van die ENIGGEBORE SEUN van GOD (die VADER) nie. En DIT IS DIE OORDEEL: dat DIE LIG in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as DIE LIG; WANT HULLE WERKE (dade) WAS BOOS. Want ELKEEN wat KWAAD DOEN, HAAT DIE LIG en kom NIE na DIE LIG nie, dat sy WERKE (dade) NIE BESTRAF MAG WORD NIE. Maar hy wat DIE WAARHEID DOEN, KOM NA DIE LIG, sodat sy WERKE (dade) OPENBAAR kan word, dat hulle IN GOD GEDOEN IS (in GEHOORSAAMHEID aan GOD GEDOEN is).”
Ons het in ons studie oor die Boek Numeri in diepte hieroor gesels maar ons gaan opsommend weer hieroor gesels om Yeshua ons Messias se woorde in Johannes 3:14-15 beter te verstaan.
In Numeri hoofstuk 21 lees ons, soos soveel kere tevore, verwyt die volk vir God en vir Moses en beskuldig hulle daarvan dat hulle bevry is uit Egipte met kwade bedoelings. YHVH STRAF hulle dan vir hierdie OPSTANDIGHEID met GIFTIGE SLANGE en baie van hulle sterf. Die wat bly lewe BELY dat hulle verkeerd gedoen het en pleit dat God hulle moet help. En ons lees dan in Numeri 21:8-9 “Daarop sê YHVH vir Moses: Maak vir jou ‘n GIFTIGE SLANG en sit dit (bo) op ‘n PAAL; dan sal elkeen wat gebyt is en daarna kyk, lewe. Toe het Moses ‘n KOPERSLANG gemaak en dit op ‘n paal gesit; en as ‘n slang iemand gebyt het en hy kyk na die koperslang, het hy bly lewe.”
Die Bybel in Praktyk verduidelik: Hulle moes eers weer leer om na God op te kyk soos hulle letterlik na die KOPERSLANG moes opkyk wat Moses laat maak het op bevel van God. Hulle moes weer leer om hulle HOOP te vestig op YHVH en wat Hy kan doen. Yeshua is later aan ‘n KRUIS gehang en VERHOOG sodat die wat met ‘n GELOOF na Hom kyk, mag LEWE (Lees ook Johannes 6:44, 8:28 en 12:32).
Hierdeur is die SLANG, ook genoem die groot draak, die duiwel en die Satan in Openbaring 12:9 se mag oor die mens verslaan. Ons lees in Handelinge 26:18 Paulus se roeping was om: hulle (die ongelowiges) se oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die LIG kan BEKEER en van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die GELOOF in My (Yeshua die Messias) VERGIFNIS van sondes en ‘n ERFDEEL onder die heiliges (die wat kies om Yeshua aan te neem as Verlosser en om afgesonderd vir Abba Vader te lewe) kan ontvang.” Lees ook Romeine 6:1-23, Galasiërs 3:22 en Kolossense 1:13.
Hierdie paal waarop Moses die KOPERSLANG moes plaas het oor tyd ‘n AFGOD geword wat koning Hiskia, amper sewe eeue later opdrag gegee het om verbrand te word. Ons lees in 2 Konings hoofstuk 18 dat Hiska, die koning van Juda (die Suidryk) vroeg in sy bewind (in die jaar 728/715 voor die Messias) die Kanaänietiese afgodsaanbiddings simbole en praktyke wat uit sy voorganger koning Agas se tyd gekom het, vewyder het. En die KOPERSLANG wat Moses in opdrag van God gemaak het in die woestyn (genoem die Negustan) en gebruik is om die Israeliete wat daarheen opgekyk het te genees, was deel van hierdie afgods aanbiddings voorwerpe en daarom het koning Hiskia dit laat vernietig (2 Konings 18:4).
Ons sien deur die loop van die eeue vele verwysings in die Woord na PALE wat aanbid is as deel van afgodsdiens, soos die ASJERA PALE, ook genoem heilige boomstamme/ gewyde pale/ heidense altare en die KLIPPILARE (heilige pilare, ook bekend as die OBELISK/ sonpilare, lees Jeremia 43:13) van die Kanaänietiese en antieke Egiptiese godsdienste wat met sonaanbidding te make het. Beide die Egitpenare en Kanaäniete is afkomstig vanuit die nageslag van Noag se seun Gam, volgens Genesis 10:6. Ons lees waarskuwings oor die aanbidding van hierdie pale en klippilare as afgode van die Kanaëniete en ander bevolkingsgroepe regdeur die Ou Testament soos in Eksodus 34:11-17. Ons lees ook van hierdie geneigdheid om die natuur te wil aanbid (wat bome en die son insluit), m.a.w die skepsel te aanbid in plaas van die SKEPPER in die Nuwe Testament in Romeine hoofstuk 1:18-32.
Ons is baie bekend met die gebeure rondom Yeshua ons Messias se kruisiging maar ons gaan spesifieke gedeeltes in die Woord ondersoek wat na die WOORD KRUIS verwys.
Eerstens moet ons in gedagte hou dat Yeshua GEKRUISIG is tydens die periode wat die ROMEIENSE RYK in beheer was in Judea, met hulle hoofstad Jerusalem.
Ons lees in die Complete Jewish Study Bible – Insight for Jews and Christians die volgende op bladsy 1552: KRUISIGING was nie ‘n normale Joodse wyse (met verwysing dus na die Suidryk, die stamme van Juda en Benjamin) van teregstelling tydens die Tweede Tempel periode nie. Die Joodse wet (nie volgens die Torah nie, maar volgens die Mishnah Sanhedrin 7:1), ‘n dokument wat geskryf is deur die Joodse Rabbis wat opgestel is oor Joodse tradisies en mondelingse wette met fokus op die wetlike stelsel vir Joodse howe) het vier metodes van teregstelling voorgeskryf naamlik: stenig, verbrand, onthoof en verwurg, alhoewel hulle hoofsaaklik van steniging gebruik gemaak het. Gedurende die Romeine beseting van Judea, was publieke KRUISIGINGS egter algemeen. Die veroordeelde man het die DWARSBALK van die KRUIS waarop hy teregestel sou word gedra na die plek waar hy teregestel sou word en hy is aan die volledige KRUIS vasgespyker deur sy pols gewrigte en enkels. Die KRUIS met die man daarop is dan in die grond ingeslaan, waar die man aan gehang het in verskriklike pyn totdat hy dood is, gewoonlik baie ure later. Gewigtige argeologiese en historiese bewyse BEVESTIG dat die tipe KRUIS wat in Israel gebruik is tydens die eerste eeu na die Messias se geboorte, ‘n DWARSBALK gehad het en dat dit hierdie DWARSBALK is wat die veroordeelde, insluitend YESHUA ons MESSIAS gedwing was om te dra na die plek van doodstraf.
Die Bybel in Praktyk verduidelik hier in lyn met die Jewish Study Bible: KRUISIGING was ‘n ROMEINSE vorm van die DOODSTRAF. Die veroordeelde moes die DWARSBALK op die hoofpad langs tot by die KRUISIGINGSPLEK dra as afskrikmiddel. Die gekruisigde het gewoonlik gesterf na ‘n lang intense lyding van asemnood en hartversaking. Dit was ‘n vernederende en pynlike dood.
Dit word ook bevestig vanuit ander historiese bronne dat KRUISIGING die Romeine se voorkeur metode was om mense wat nie Romeinse burgers was nie, asook slawe en politieke rebelle te dood.
En ons lees dan die volgende oor die KRUISIGING van Yeshua ons Messias in die Evangelies:
In Johannes 19:17-18a “En Hy (Yeshua die Messias) het SY KRUIS GEDRA en uitgegaan na die sogenaamde HOOFSKEDELPLEK (Kopbeenplek) in Hebreeus (genoem) GOLGOTA, waar hulle Hom GEKRUISIG het…”
Die Bybel in Praktyk verduidelik: Die Kopbeenplek of Golgota was waarskynlik ‘n heuwel wat net buite Jerusalem, sigbaar was vanaf die hoofpad. Doodsvonisse is dikwels daar voltrek, sodat dit as voorbeeld vir al die mense kon dien.
Vanuit Mattheus 27:32, Lukas 23:26 en Markus 15:21 lees ons van Simon van Ciréne wat van die veld af gekom het en Yeshua se KRUIS moes help dra.
Die rede hiervoor was dat Yeshua as gevolg van die geseling (‘n sweep waarmee hy geslaan is met dun rieme of toutjies met knope of stukkies yster voor aan die punte waarmee vleis uit die persoon se liggaam geruk is) wat Hy moes verduur soos wat ons lees in Mattheus 27:26, Lukas 23:16 en Johannes 19:1 en daarom was Hy te swak om Sy kruis enduit te dra. Ons lees ook in die profesie in Jesaja 53:5 dat Yeshua ons Messias VERBRYSEL (stukkend geslaan) is vir ons oortredinge.
Hierdeur besef ‘n mens die absolute erns van sonde wat die vermoë het om mense dood te maak en Abba se woede teenoor die sonde en dat dit dus die doodstraf verdien wat ons as mense dus nooit self sou kon dra nie (Romeine 6:23). En die GEWELDIGE PRYS wat vir ons SONDE BETAAL is deur YESHUA ons MESSIAS. Hy was bereid om hierdie LYDING te VERDUUR vir die HELE WERÊLD se SONDES.
Behalwe die FIESIESE LYDING het HY DIE PSIGIESE LYDING deurstaan van ABBA VADER se WOEDE oor die SONDE. Juis omdat Yeshua ons Messias dit namens ALLE MENSE GEDRA het, het ALLE MENSE die GELEENTHEID om hierdie PRYS BETAAL deur SY KOSBARE BLOED vir ons as ‘n GRATIS GESKENK van ABBA VADER te AANVAAR in GELOOF. Maar die wat weier om dit te aanvaar sal saam met die SONDE wat hulle dan SELF DRA, as die VADER se VYANDE deur YESHUA self VERNIETIG word tydens die OORLOG van ARMAGEDON en daarna die FINALE GROOT WIT TROON OORDEEL. Ons lees in 1 Korinthiërs 15:22-26 dat Yeshua as KONING moet heers totdat Hy ALL die Vader se vyande onder SY voete gestel het (hulle onderwerp het) en daarna kom die EINDE, wanneer Hy ALLE gesag en mag VERNIETIG het, insluitend as LAASTE vyande die DOOD en die DODERYK waarna Hy die HEERSKAPPY sal oorgee aan GOD die VADER. Lees ook Openbaring 16-20).
Ons lees in Luke 23:33 Yeshua is op die plek wat Hoofskedel (Kopbeen, Golgota in Hebreeus) genoem GEKRUISIG tussen twee kwaaddoeners (misdadidgers/ kriminele), een aan die regterkant en een aan die linkerkant. Dit is volgens Markus 15:27-28 ‘n vervulling van die profesie in Jesaja 53:12 dat Hy by die midadigers gereken is (as ‘n misdadiger beskou is namens ons wat einlik die kwaadddoeners is). Ons lees in Lukas 39-41 dat een van die kwaaddoeners hom bekeer het en gered is. Maar die ander kwaaddoener het saam met van die mense vir Yeshua bespot en gesê: “As U die Messias is, VERLOS Uself en ons (vers 39b). Ons lees ook hierdie bespotting oor Sy KRUISIGING in Markus 15:29-32: “en die VERBYGANGERS het Hom gesmaad (skandelik bledig), terwyl hul (hul) hoof (kop) skud en sê: Ha, U wat die tempel afbreek en in DRIE DAE opbou, verlos Uself en kom van die KRUIS (af)! En so ook het die OWERPRIESTERS (die preisterhoofde) saam met die SKRIFGELEERDES gespot en vir mekaar gesê: ander het Hy verlos, Homself kan Hy nie verlos nie. Laat die Messias, die Koning van Israel, nou van die KRUIS afkom, sodat ons kan SIEN en GLO! (ironies né, want geloof werk juis deur wat ons GLO en nie wat ons SIEN nie soos ons lees in 2 Korinthiërs 5:7). Die spotende wyse waarop na Hom verwys word as die Koning van Israel, is afkomstig vanuit die feit dat dat Pilatus ‘n opskrif laat skryf het wat bo die KRUIS aangebring moes word wat sê: “Yeshua, die Nasarener, die KONING van die JODE” (Johannes 19:19). Die gebruik was om die misdadiger se misdaad waarvoor hy gekruisig word bo die kruis aan te bring. Ons sien in vers 21 beveel die owerpriesters (die priesterhoofde) aan dat Pilatus die opskrif moet verander na: “…dat Hy gesê het: Ek is die Koning van die Jode.” Maar Pilatus het geantwoord: “Wat ek geskryf het, het ek geskrywe (vers 22)”. Lees ook Mattheus 27:40-42.
Hierdie bespotting bevestig dat die mense nie verstaan het dat Yeshua gestuur is vir die spesifieke doel om namens die mens die vol prys van die sonde (die dood) te kom betaal nie – ‘n GESKENK beskikbaar vir elke mens wat in Hom GLO! Hy verduidelik in Johannes 2:19-22 dat hulle die tempel (Sy liggaam) kan afbreek en Hy sal dit in DRIE DAE weer opbou, maar hulle het nie verstaan dat Hy oor die TEMPEL van SY LIGGAAM gepraat het wat na drie dae weer sou opstaan nie en wat INDERDAAT gebeur het, maar selfs Sy dissipels het Sy woorde eers onthou en verstaan nadat Hy GEKRUISIG is, GESTERF het en na DRIE DAE deur die HEILIGE GEES OPGEWEK IS. Ons sien dus die gevaar van ONKUNDE, en om die dinge van YHVH in ons eie menswysheid/ ons eie slimmigheid te probeer verstaan en verklaar in plaas van te AANVAAR wat die WOORD van YHVH ons leer, MENSWYSHEID wat voor God DWAASHEID is, net soos ons gewaarsku word in Hosea 4:6 dat ons ten gronde gaan weens ‘n gebrek aan kennis van Sy Woord en in 1 Korinthiërs 1:23-25 verduidleik Paulus: “maar ons verkondig die Messias wat GEKRUISIG is, ‘n STRUIKELBLOK vir die Jode en DWAASHEID vir die Grieke (ons sal volgende week meer hieroor gesels); maar vir die wat GEROEP is, Jode sowel as Grieke: die MESSIAS, die KRAG van GOD (die Vader) en die WYSHEID van GOD (die Vader). Want wat DWAAS is by God, is WYSER as die mense; en wat SWAK is by God, is STERKER as die mense.” Lees ook Spreuke 4:5-8, Jakobus 1:5 & 3:17-18.
In Johannes 19:25-26 word ons ingelig wie van Yeshua se mense Sy kruisiging bygewoon het naamlik: Sy moeder (Maria), haar suster, die vrou van Klopas (ook genoem Maria), en Maria Magdalena (‘n volgeling van Yeshua waaruit Hy sewe duiwels gedryf het volgens Lukas 8:2), asook Yeshua se geliefde dissipel (Johannes volgens Johannes 20:1-31) wat by Maria, Yeshua se moeder gestaan het en vir wie Yeshua gevra het om na sy moeder om te sien.
In John 19:31 lees ons dat die liggame nie op die SABBAT aan die kruis mag gebly het nie soos voorgeskryf in Deuternomium 21:23. Hierdie spesifieke SABBAT was nie die gewone SEWENDE DAG SABBAT nie, maar was ‘n SABBAT wat deel gevorm het van die EERSTE DAG van die FEES VAN ONGESUURDE BRODE van YHVH, wat deel was van die DRIE FEESTE in FEES SEISOEN EEN waarvan die PASGA FEES wat die KRUISIGING uitbeeld, die EERSTE FEES was. Ons lees in Levitikus 23:5-8 dat die EERSTE DAG van die FEES van ONGESUURDE BRODE gevier moes word as ‘n SABBAT (lees vers 7). Daarom het die Jode ‘n versoek aan Pilatus gegee dat die mense aan die KRUISE se bene gebreek moes word sodat hulle weggeneem kon word. Maar ons weet Yeshua se bene is nie gebreek nie (weereens soos geprofeteer in Eksodus 12:46 en Numeri 9:12 en soos bevestig hier in Johannes 19:36).
Die REDE vir Yeshua ons Messias se KRUISIGING word reeds duidelik deur YHVH gestel in Genesis 3:15, die Messias sou kom om die slang se kop te vermorsel. Ons lees bevestiging hiervan in Hebreërs 2:14 “Aangesien die kinders (gelowiges in Yeshua wat kinders van Abba Vader genoem word) dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy (Yeshua die Messias) ook op dieselfde manier deelagtig geword (Hy het ook mens geword/ is as ‘n mens gebore), sodat Hy deur die DOOD hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het – dit is die duiwel – en ALMAL kon BEVRY wat hulle lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.”
Die Bybel in Praktyk verduidelik: In hierdie verse blyk die wonderlike gevolge van Yeshua se menswording en opstanding. Die argument is duidelik: As jy bang is vir die dood en jy beskou die duiwel as die baas van die dood, dan sal jy vir die duiwel luister. Jy is dan in praktyk ‘n slaaf van die duiwel. Jou handelinge, woorde en dade sentreer daarop om jou dood (die eerste dood wat almal sal sterf) te probeer uitstel en jy rig alle aksies daarop om jou en jou naby-mense se voortbestaan te verseker. En jy word ‘n ant-mens, jy is teen alles eerder as om positief te wees teenoor God (Dit laat mens nogal dink aan vandag se werêld waarin hulle alles in die stryd werp om ewig te probeer leef op aarde – selfs om te poog om mens en masjien te kombineer – die profesie in Daniel 2:33-34, ‘n poging om klei/ ‘n verwysing na die mens wat uit stof gemaak is en yster te probeer meng!) Indien ons as gelowiges egter besef dat Yeshua ons Messias die DOOD OORWIN het (met verwysing na die TWEEDE/ EWIGE DOOD waarvan ons lees in Openbaring 2:11, 20:14 en 21:8), en dus die duiwel oorwin het (wat mag oor die dood gehad het sedert Genesis 3), weet ons ons is BEVRY! Ons sal steeds die EERSTE DOOD sterf, maar die EWIGE DOOD (die TWEEDE DOOD) het nie meer ‘n houvas op ons nie. Daarom rig ons nou ons lewens in volgens die Vader se WIL en ons vertou onsself toe aan Hom. En dan kan ons ons fokus wegneem van die vrees vir die EERSTE DOOD van ons en ons naby-mense (geliefdes), en fokus op die vervulling van ons roepings (dit waarvoor Hy ons gemaak het en op aarde geplaas het).
En in Lukas 1:78-79 kort voor Yeshua se geboorte sing Sagaria (Johannes die Doper se pa) ‘n LOFSANG oor God (die Vader) se innige barmhartigheid waarmee die OPGAANDE LIG (Yeshua die Messias) uit die hoogte ons besoek het, om te SKYN oor die wat in duisternis en doodskaduwee sit (soos geprofeteer in Jesaja 9:1), om ons voete na die pad van VREDE te rig (geprofeteer in Jesaja 57:19). Ons lees in Filippense 4:7 dat die VREDE van God wat alle verstand te bowe gaan (wat mense nie kan verstaan nie, wat nie sin maak in aardse terme waar ons kwaad vir kwaad vergeld nie) sal julle harte en sinne (gedagtes) bewaar in Messias Yeshua.
Die Bybel in Praktyk verduidelik: God se VREDE is anders as die werêld se vrede (lees Johannes 14:27). Hierdie VREDE beteken nie net die afwesigheid van konflik of ‘n salige gevoel nie. Nee, jy het WARE VREDE wanneer jy weet dat Abba Vader in BEHEER is, dat jy ‘n burger van die hemel is, dat God jou veilig in Sy hand het, en dat jou oorwinning oor sonde in Yeshua ons Messias vas staan.
Ons lees ook in Filippense 2:5-8 NLV “Julle GESINDHEID moet soos Yeshua die Messias s’n wees: Alhoewel Hy self God was, het Hy nie vasgeklou aan die Godellikheid wat Hom toekom nie, maar Hy het dit prysgegee. Hy het ‘n slaaf geword en aan mense gelyk geword. En toe Hy as mens geleef het, het Hy Homself nog verder verneder deur tot die dood toe GEHOORSAAM te wees, ja, tot die KRUISDOOD toe!” En in Hebrews 12:1-2 word ons GEROEP om elke las af te lê en die sonde wat ons so maklik omring en met VOLHARDING die WEDLOOP loop wat voorlê (met) die oog GEVESTIG op Yeshua, die LEIDSMAN (die VOORGANGER) en VOLEINDER van die GELOOF, wat vir die VREUGDE wat Hom voorghou is, die KRUIS verdra het, die SKANDE verag het (getrotseer het) en aan die regterhand van die TROON van GOD (die Vader) gaan sit het.
En Petrus sê in 1 Petrus 2:24-25 “(Yeshua die Messias) wat self ons sondes in SY LIGGAAM aan die KRUISHOUT gedra het sodat ons die sondes kan AFSTERWE en vir die GEREGTIGHEID (dit wat voor God die Vader REG is) kan LEWE; deur WIE se WONDE julle GENEES is.” Lees ook Johannes 3:16, Romeine 8:2-3, 2 Korinthiërs 5:21, Effesiers 2:8-9 en 1 Johannes 2:2.
Yeshua ons Messias gee ook opdrag oor die KRUIS en KRUISIGING aan Sy volgelinge want onthou, Hy is ons VOORGANGER en ons VOORBEELD waarvolgens ons GEROEP word om te LEEF soos ons in Hebreers 12:1-2 gelees het.
Ons lees in Mattheus 10 stuur Yeshua Sy twaalf dissipels uit op ‘n sending en Hy sê in vers 38-39 aan hulle: “En wie sy KRUIS nie opneem en agter My VOLG nie, is My nie waardig nie. Wie sy LEWE VIND, sal dit VERLOOR; en wie sy LEWE VERLOOR om MY ONTWIL, sal dit VIND.” En in Mattheus 16:24-27 sê Hy aan hulle: “As iemand agter My aan WIL kom, moet hy homself VERLOËN en sy KRUIS opneem (die Lukas 9:23 weergawe sê “moet sy KRUIS ELKE DAG OPNEEM) en MY VOLG. Want elkeen wat sy LEWE WIL RED, SAL DIT VERLOOR; maar elkeen wat sy LEWE om MY ONTWIL VERLOOR (die Markus 8:34-35 weergawe sluit in, “en om die EVANGELIE/ DIE GOEIE NUUS se ontwil verloor), SAL DIT VIND. Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win (verkry het) maar aan sy SIEL skade ly (die Lukas 9:25 weergawe sê “wat baat dit die mens tog as hy die hele wereld win (verkry het), maar homself VERLOOR of SKADE aandoen)? Of wat sal ‘n mens gee as LOSPRYS vir sy SIEL? Want die Seun van die Mens staan gereed om met Sy engele om in die HEERLIKHEID van die VADER te kom, en dan sal Hy elkeen VERGELD (aan hom/ haar gee) VOGLENS sy DADE.” Die Markus 8:38 weergawe voeg by: “Want elkeen wat Hom vir My en MY WOORDE (m.a.w die hele SKRIF, insluitend en veral die TORAH want Hy is DIE WOORD) skaam in hierdie owerspelige (ontroue) en sondige geslag (generasie) vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van SY VADER met die heilige engele.
En in Lukas 14:27 sê Hy: ELKEEN wat sy KRUIS nie dra nie, kan NIE ‘n DISSIPEL (‘n VOLGELING) van Hom wees nie. Paulus verduidelik dit later in Romeine 6:5-14 dat ons saam met Yeshua ons Messias moet sterf vir die sonde sodat die sonde nie meer oor ons sal heers nie en ons kan LEWE vir God die Vader. En in Galasiërs 5:24 sê Paulus: “…die wat aan die MESSIAS behoort, het die vlees (die ou natuur) met sy hartstogte en begeerlikhede GEKRUISIG.”
Die Bybel in Praktyk verduidelik: Die dissipels het presies verstaan wat Yeshua bedoel het met hulle KRUISE wat hulle moes opneem en Hom volg want die ROMEINSE owerheid het dikwels mense GEKRUISIG en veroordeldes moes hulle eie KRUISE (gewoonlik die DWARSBALK gedeelte van die KRUIS) deur die strate dra tot by die plek waar hulle GEKRUISIG sou word. Om Yeshua so te VOLG het dus VOLKOME OORGAWE en TOEWYDING van hulle gevra, en kon dus selfs daartoe lei dat hulle DOODGEMAAK word.
Dieselfde geld steeds vandag vir elke mens wat SY VOLGELING wil wees – VOLKOME TOEGEWYDHEID aan God die Vader en ‘n bereidheid om enige iets, insluitend lyding en die dood om Sy onthalwe en die verkondiging van die GOEIE NUUS/ DIE WOORD van GOD, te verduur. Dit beteken nie dat Yeshua en ons Vader gekant is daarteen dat ons die lewe moet geniet of vir ons lyding wil aandoen nie, maar dit beteken dat dit MOED verg as ons HOM ELKE DAG wil volg en SY WIL te DOEN, al lyk die hede en die toekoms duister en al is dit moeilik, uit LIEFDE vir HOM, KIES ons as SY VOLGELINGE om GETROU te BLY aan Hom. As volgelinge van Hom weet ons daar is NIKS wat vergelyk kan word met wat Hy vir ons bied nie. ‘n VOLGELING van Hom KIES dus VRYWILLIG om HOM te VOLG in plaas van ‘n lewe van slawerny aan die sonde wat lei tot selfvernietiging en die ewige dood nie. Sonde is dus nie meer jou baas nie en jy is nie meer daaraan verslaaf nie. Dit behels dus ‘n VRYWILLIGE KEUSE om te VOLG in GEHOORSAAMHEID aan HOM in DENKE, WOORDE en in DADE. Die sondige natuur sterf nie oornag nie, dit is ‘n LEWENSLANGE geveg daarteen deur VRYWILLIG en DOELBEWUS GOD se WIL te kies bo jou eie wil omdat jy weet SY WIL gee aan jou WARE LEWE en VREDE asook die EWIGE LEWE.
