Skip to content

MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (DIE DOOD) NA SY WONDERLIKE LIG (DIE LEWE), Deel 13: YHVH die GOD van die SMAL WEG

15 Julie 2026

Ons gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (die donker, afweisgheid van geestelike lig, onkunde, ongeloof, nood en elende, die dood) NA DIE WONDERLIKE LIG (openbaring van die waarheid, wysheid, geloof, geestelike vol lewe)  VAN ABBA VADER. En ons leer verder HOE ons, DIE SMAL WEG deur YESHUA ons MESSIAS vind wat lei vanuit die DUISTERNIS van EGIPTE/ ‘n prentjie van die WÊRELD, na ABBA VADER en ons help om die REDE en DOEL waarvoor HY ons gemaak het te vind, te verstaan, te groei daarin tot ons volle potensiaal en ons DOEL en ROEPING suksesvol uit te voer.

Ons gesels nog oor WIE ons SKEPPER GOD van LIG en LEWE is wat saam met ons beweeg op die SMAL WEG na DIE EWIGHEID.

Ons het nou reeds vanuit ons studie in SY WOORD bevestig:

HY IS DIE SKEPPER VAN HEMEL, AARDE en ALLES DAARIN.

  • ELOHIM God in die meervoud. EEN GOD in DRIE soos wat Hy Homself dan ook in die res van Sy Woord aan ons openbaar as GOD die VADER, die SEUN en die HEILIGE GEES.
  • Hy is dus DRIE MAAL HEILIG. DIE VADER is HEILIG, DIE SEUN YESHUA DIE MESSIAS is HEILIG en DIE GEES is HEILIG, AFGESONDER en daar is GEEN onheiligheid of duisternis IN HOM NIE.
  • YESHUA die MESSIAS, as die LIGGAAM van GOD die VADER is ons ADVOKAAT/ MEDIATOR/ MIDDELAAR, ons VOORSPRAAK by die VADER asook die REGVERDIGE REGTER.
  • Yeshua ons Messias is ook ons HOË PRIESTER in die ORDE van MELGISEDEK.
  • HY IS DUS DIE SKEPPER en daarom ook DIE LEWE – die BRON van LEWE van ALLES wat BESTAAN e nook ons ALMAL se VADER en HY GEE aan DIÈ wat KIES om in HOM te GLO en HOM te VOLG, DIE LEWE IN OORVLOED (in alles meer as genoeg) asook die EWIGE LEWE.

 HY IS WIE HY IS, die BEGIN van ALLES en die EINDE van ALLE DINGE.

  • Die GOD van ABRAHAM, die GOD van ISAK en die GOD van JAKOB/ ISRAEL.
  • SY NAAM, YHVH is vir EWIG, en dit is SY GEDENKNAAM van gelsag tot geslag.
  • HY is YHVH, die KONING van ISRAEL en SY VERLOSSER
  • Hy is YHVH van die LEËRSKARE (die HEMEL WEERMAG).
  • Daar is buiten Hom GEEN ander God nie.
  • HY IS DIE LEWENDE EN EWIGE GOD WAT BESTAAN VAN ALTYD AF EN ALTYD SAL BESTAAN.
  • Hy is ALOMTEENWOORDIG en Hy WEET ALLES.

HY IS DIE ENIGSTE WARE LIG EN DAAR IS GEEN DUISTENRIS IN HOM NIE.

  • HY is die WARE LIG wat reeds vanaf DAG EEN van die SKEPPING af SKYN terwyl die AARDSE LIGBRONNE, die son, maan en sterre eers op DAG VIER geskep is.
  • SY LIG skyn op mense wat in DIEP DUSITERNIS leef en so open Hy hulle blinde oë en lei hulle uit die gevangenis.
  • SY LIG SKYN in ons deur SY WOORD want SY WOORD is ‘n LIG en ‘n LAMP wat ons lei uit die duisternis uit en ons help om in die LIG te LEEF.
  • Die GOEIE NUUS van God die Vader se redding deur Yeshua die Messias skyn soos ‘n LIG op mense. 

HY is ‘n VERTERENDE VUUR, daarom is:

  • SY WOORD VUUR.
  • SY ENGELE is BOODSKAPPERS van VUUR met swaarde van VUUR.
  • HY DOOP GELOWIGES met die VUUR van SY HEILIGE GEES.
  • HY SUIWER ons GELOOF met VUUR en HY TOETS ons WERK vir die KOINGKRYK met VUUR.

HY IS DIE WOORD

  • HY SKEP DEUR TE SPREEK.
  • SY WOORD IS DIE WAARHEID en dus IS HY DIE WAARHEID.
  • SY WOORD SAL VIR EWIG BESTAAN.
  • HY HOU ALLES IN STAND DEUR SY WOORD.
  • SY WOORD IS DIE GOEIE NUUS VIR ALLE MENSE.

HY is SOEWEREIN

  • Hy is OPPERMAGTIG, die HOOGTSTE GESAG in die hemel en op aarde.
  • En NIKS kan gebeur sonder dat Hy dit wil of toelaat nie.
  • En alles wat HY DOEN het ‘n DOEL en REDE en vir dié wat HOM LIEFHET en SY ROEPING vir hulle lewens aanvaar, dié wat HOM dus GEHOORSAAM en VOLG, sal Hy ALLES (ook dit wat met hulle gebeur wat sleg is) ten GOEDE laat meewerk. 

HY is die ALMAGTIGE GOD

  • Hy is dus die perfekte SKUILPLEK en TOEVLUG waarop ons kan VETROU.
  • Hy is DIE EWIGE ROTS, ‘n VASTE FONDASIE, die REDDER, ons VERLOSSER en ons BESKERMER.
  • Sy NAAM is YHVH, ‘n STERK TORING waarin ons kan hardloop en BESKUT word teen alle
  • Aan die wat na SY STEM LUISTER en HOM VOLG (Hom gehoorsaam), gee HY DIE EWIGE LEWE en niemand kan ons uit SY HAND ruk nie.
  • Hy VERSTERK ons en BEWAAR ons van die bose.
  • Hy is GROOT en KRAGTIG en SY VERSTAND (denkvermoë, insig, intellek) is ONEINDIG.
  • Hy is die EWIGE GOD, YHVH, die SKEPPER van ALLES en Hy word nooit moeg of mat (vermoeid, kragteloos, afgemat/ uitgeput na gees of liggaam) nie.
  • SY ALMAG en VERSTAND kan nie ten volle verstaan word nie.
  • YESHUA ons MESSIAS is hierdie ALMATIGE GOD wat met SY WEDERKOMS deur elke oog gesien sal word.
  • Hierdie ALMAGTIGE GOD is REGVERDIG en SY WEË IS WAARAGTIG (betroubaar).

HY IS DIE BRON VAN ALLE VERSTAND EN WYSHEID EN HY GEE WYSHEID, INSIG/ BEGRIP AAN DIE MENS

  • Sy SKEPPING GETUIG van WYSHEID wat te hoog en te groot vir enige mens is om te verstaan.
  • ALLES werk volmaak saam.
  • Hy het alles MOOI GEMAAK op SY TYD.
  • Die mense kan nie die werke van God volkome (heeltemal, geheel en al) ondersoek of verstaan nie want dit is te groot vir ons menslike verstand en wysheid.
  • Hy GEE egter WYSHEID aan die mens wat Hom daarvoor vra.
  • God se WYSHEID is ten EERSTE REIN (suiwer, onbevlek, onbesmet), dan VREDELIEWEND, VRIENDELIK, GESEGLIK (inskiklik), VOL BARMHARTIGHEID (sag, met meegevoel teenoor ander) en GOEIE VRUGTE, ONPARYDIG (nie bevooroordeeld nie, regverdig teenoor alle partye) en ONGEVEINS (opreg).
  • YESHUA die MESSIAS, die SEUN van GOD, kan ons VERSTAND OPEN sodat ons die WAARAGTIGE (die EGTE, WARE, BETROUBARE) GOD die VADER en YESHUA die SEUN kan ken, DIE WAARAGTIGE GOD, en die EWIGE LEWE. 

HY REGEER oor SY SKEPPING 

  • HY IS DIE SKEPPER, EIENAAR en KONING van ALLES en HEERS dus vir EWIG as die EWIGE KONING.
  • HY stel ALLE vorms van OUTORITEIT (wettige mag en gesag) in die hemel en op aarde aan.
  • Die konings van die aarde staan onder SY gesag, selfs al is hulle ongelowig, sal hulle SY MEESTERPLAN uitvoer sodat SY WOORD WAT GESPREEK IS WAAR SAL WORD.
  • Van elke aardse koning, ingesluit elke man, aangestel as koning en heerser oor sy gesin word verwag om GEHOORSAAM te wees aan GOD se WOORD en WET, SY WIL, om REG en GEREGTIGHEID te laat geskied en om op te tree met God se soort wysheid en inegriteit wat Hy ons in Sy WOORD leer.
  • Hy ROEP elke mens as deel van die LIGAAM van YESHUA ons MESSIAS en stel ons aan in ons spesifieke ROEPINGS waarvoor Hy ons elkeen geskep het en stel ons instaat om ons ROEPINGS (die doel en rede vir ons lewens) uit te voer.
  • Wanneer strukture van gesag hulle ONDERWERP aan SY GESAG, IN LYN MET SY WOORD, is daar VREDE in ‘n land, gesinne, werksplekke en gemeentes. 

HY IS ‘n GOD van ORDE 

  • Hy skep ORDE, LIG en OORVLOEDIGE LEWE op die aarde.
  • Sy WET (Sy Woord in Genesis tot Deuternomium, opgesom in die TIEN GEBOOIE) en VERORDINGE (voorskrifte insluitend Sy Feeste en wetlike bepalings) skep ORDE en verseker VREDE in die VERHOUDING tussen Hom en die mens asook tussen mense onderling.
  • Hy skep ook ORDE deur die daarstelling van MAGSTRUKTURE met Messias Yeshua as die HOOF van ELKE MAN, en die MAN as die HOOF van die VROU, en GOD (die Vader) as die HOOF van Yeshua die MESSIAS.
  • ELKE MENS word geroep om hom of haar te ONDERWERP aan die MAGTE (gesagsfigure en gesagstrukture) wat oor hom of haar AANGESTEL is (of dit nou jou man, ouers, regeerders, leiers of bestuurder is), want daar is geen MAG (geen gesag of outoriteit/ wettige mag) behalwe van GOD nie, en die wat daar is, is deur GOD INGESTEL en die DOEL daarvan is om ORDE en VREDE te bewerkstellig.

HY IS REGVERDIG 

  • Hy hou ELKE mens VERANTWOORDELIK vir sy of haar eie KEUSES en elkeen moet dus die GEVOLGE van hulle eie KEUSES dra want wat jy SAAI sal jy OES.
  • Hy seën die nageslag van REGVERDIGE MENSE (mense wat in Hom GLO en in gehoorsaamheid aan SY WOORD en WIL leef) tot in die duisendste geslag.
  • Hy laat GEEN sonde ongestraf bly nie en daarom sal die ONREGVERDIGE MENS se dade sy nageslag negatief beïnvloed tot in die derde of vierde generasie. Maar as iemand in hierdie generasie opstaan uit die slegte invloed van sy of haar voorouers en REGVERDIG leef (veral ‘n manlike persoon omdat Abba Vader aan die man die gesag gee as beskermer van sy gesin) sal Abba sy nageslag seën tot in die duisendste geslag.
  • ELKE mens wat tot insig kom, oor sy of haar sondes en begryp wat die hartseer gevolge daarvan is vir hom/ haarself en hulle BEKEER van AL hulle sondes – dit erken en bely, vergifnis daarvoor ontvang en weg draai daarvan, en AL GOD se INSETTINGE (instellings, gebooie) ONDERHOU en REG en GEREGTIGHEID DOEN (DOEN wat REG is volgens God se WOORD en SY WIL), sal sekerlik ‘n vol lewe op aarde leef en die ewige lewe ingaan.
  • God die Vader het GEEN behae daarin dat enige mens op aarde moet ly as gevolg van hulle sondes of die ewige dood moet sterf nie, Hy is die mens se VERLOSSER en wil hê dat ALLE MENSE GERED word en tot KENNIS van die WAARHEID kom en EWIG LEWE.
  • Wanneer ons die SMAL WEG KIES deur ons VERLOSSER YESHUA ons MESSIAS, ontvang ons ‘n NUWE HART en ‘n NUWE mens gees want ons word NUWE MENSE IN HOM en dan gee Hy aan ons SY HEILIG GEES wat ons leer en lei op die smal weg van GEHOORSAAMHEID aan Abba Vader. Ons stap dus van daaraf nooit meer alleen nie, ons RAADGEWER en BEMOEDIGER stap ellke dag en in alle omstandighede saam met ons.

SY OORDEEL IS REGVERDIG

  • Hy is die REGVERDIGE REGTER van die ganse aarde.
  • Hy is ‘n BARMHARTIGE REGTER wat nie mense straf waneer ons ons bekeer (‘n verandering/ vernuwing van hart en gedagte ondergaan) en weg draai van ons verkeerde weg nie. Dit is die GOEIE NUUS!
  • Hy het tydens SY EERSTE KOMS die mens kom RED en hierdie GOEIE NUUS van REDDING deur ons VERLOSSER YESHUA die MESSIAS is beskikbaar vir alle mense om hulle KEUSE te maak tussen LEWE en seën en DOOD en vloek.
  • DIE REGVERDIGE REGTER (Yeshua die Messias, aangestel deur YHVH die Vader), sal tydens SY TWEEDE KOMS kom om die aarde te OORDEEL. Dit behels DIE EERSTE OPSTANDING VAN GELOWIGES en die BEOORDELING en BELONING van hulle getrouheid en werk vir die KONINGKRYK volgens die GAWES en ROEPING wat aan elkeen gegee is en die VERSLAAN van die AARDSE VYANDE wat teen Hom opstaan onder leiding van die antimessias/ antichris en die vals profeet, wat ook die eerste mense is wat in die POEL van VUUR (algemeen bekend as die Hel) gewerp sal word.
  • Daarna begin die DUISEND JARIGE VREDESRYK/ KONINGKRYK VAN YESHUA DIE MESSIAS en die gelowiges wat deel vorm van die EERSTE OPSTANDING sal saam met Hom heers. Dit eindig met die finale verslaan van die Satan wat ook in die Poel van Vuur gewerp word waar die antimessias/ antichrist en die vals profeet ook reeds is.
  • Dit word gevolg met die LAASTE GROOT WIT TROON OORDEEL waartydens ALLE mense wat nog ooit geleef het beoordeel sal word volgens hulle dade. Die wie se name in die BOEK van die LEWE van die LAM geskryf staan sal die EWIGHEID ingaan saam met die YHVH Vader en die Lam (Yeshua die Messias) en die wie se name nie in die Boek van die Lewe van die Lam opgeskryf staan nie, sal dan die TWEEDE DOOD sterf in die Poel van Vuur. Die DOOD en DODERYK sal dan as LAASTE VYANDE van God ook in die POEL van VUUR gewerp word.

HY BEPAAL DIE PERFEKTE TYD VIR ALLES

  • ALLES het sy bepaalde uur, en vir ELKE SAAK onder die hemel is daar ‘n tyd.
  • En daarom moet ons wag op Hom, en sterk wees en wag op Sy PERFEKTE TYDSBEREKENING wat altyd die REGTE TYD is.
  • En Hy laat alles op die REGTE TYD ten goede meewerk vir dei wat Hom liefhet en geroep is volgens Sy doel vir hulle lewens. 

HY is die GOD van LIEFDE, die BRON van ROTSVASTE LIEFDE

  • HY IS YHVH, ‘n God wat BARMHARTIG en GENADIG is.
  • Hy het GEDULD met mense e HY IS LOJAAL.
  • HY BLY GETROU.
  • HY BLY VOL LIEFDE oor al die gelsagte heen van die wat Hom liefhet deur Hom te GEHOORSAAM.
  • HY VERGEEF alles wat hulle verkeerd gedoen het, maar Hy laat sonde egter nie sommer net verby gaan nie dus laat Hy nie sonde ongestraf bly nie want HY IS ‘n REGVERDIGE GOD.
  • HY DISSIPLINEER en STRAF die wat Hy liefhet want Hy weet sonde VERNIETIG mense.
  • Hy los ons dus nie om ‘n slaaf van sonde te bly nie, Hy VERLOS ons van die greep wat sonde op ons het. 

HY SEËN MENSE EN DIERE

  • Om VRUGBAAR te wees, te VERMEERDER en die aarde te VUL.
  • Hy gee aan mense HEERSKAPPY oor die diere en die aarde.
  • Hy SEËN SY KINDERS (almal wat Hom liefhet en Hom dus gehoorsaam en dien) deur SY NAAM op hulle te plaas, (amper soos ‘n vrou die van van haar man aanneem wanneer hulle trou, of ‘n kind wat aangeneem word sy aanneem ouers se van ontvang as bewys dat hy of sy nou deel is van hulle gesin en familie). Hierdie SEËN gee aan SY KINDERS deel aan Sy BESKERMING en SORG, SY TEENWOORDIGHEID en GENADE asook SY VREDE.
  • Hy gee aan die volgende seëninge wanneer ons GOED LUISTER na SY STEM en SY GEBOOIE sorgvuldig (noukeurig, presies, nougeset) hou: seën in die stad en in die veld, kinders, vee, vrugte, koring, drywesap en olie (alles wat ons nodig het), genoeg kos, veiligheid en oorwinning oor ons vyande, voorspoed en sukses in ons beroepe en lewens.    

HY VOORSIEN aan die behoeftes van mense en diere 

  • Hy voorsien kos en water vanuit die aarde vir mense en diere.
  • Hy versadig die dors en honger siele van mense met goeie dinge.
  • Hy is ons Herder en ons kom niks kort nie.
  • Hy voorsien aan ons werk, beskerming en veiligheid.
  • Hy voorsien aan ons geestelike behoeftes, Hy red ons, verlos ons van ons vyande, help ons en verbind gebroke harte.
  • Hy beantwoord ons gebede wat in lyn is met Sy wil en voorspoed vir die toekoms vir ons inhou.

Ons het ook geleer YHVH se VOORSIENING vir ALLES wat Sy kinders BENODIG hou verband met ons LIEFDE vir Hom wat gereflekteer word in ons GEHOORSAAMHEID aan SY WOORD en WIL.

Die Woord vertel aan ons dat YHVH ons God nie ‘n aansiener van persoon is nie, dit beteken Hy hou nie meer van een mens as wat Hy van ‘n ander hou nie en Hy trek niemand voor nie. Hy seën mense volgens hulle GELOOF in Yeshua ons Messias ons REDDER deur die prys wat Hy deur Sy bloed vir ons betaal het om ons los te koop van die mag wat sonde oor ons gehad het en ons GETROUHEID aan HOM deur die onderhouding van SY WOORD.

En dus is dit vir ELKE MENS moontlik om in hierdie VERHOUDING met Hom te staan en SY OORVLOEDIGE VOORSIENING te geniet AS ons KIES om in Hom te GLO en GETROU te LEEF aan HOM.

Die TIENDE GEBOD en die hou of oortreding daarvan hou direk veband met GOD ons VADER se VOORSIENING vir die mens. Hierdie GEBOD vind ons in Eksodus 20:17 en lees soos volg: “Jy mag nie jou naaste (ander mense) se HUIS begeer nie; jy mag nie jou naaste se VROU begeer nie, of sy dienskneg of diensmaagd (sy werknemers), of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie (enige iets wat aan ander mense behoort nie).

Yeshua ons Messias het mense ERNSTIG GEWAARSKU oor die VERBAND tussen GEBOD SEWE en die GEVARE van oortreding van GEBOD TIEN wanneer Hy in Mattheus 5:27-30 sê: “Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd (dus in die Ou Testament) gesê is: Jy mag nie egbreek nie. Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te BEGEER, reeds in sy hart met haar egbreek gepleeg het. As jou regteroog jou dan laat struikel, ruk dit uit en gooi dit van jou af (weg); want dit is beter dat een van jou lede (liggaamsdele) vergaan en nie jou hele liggaam in die hel (die poel van vuur by die laaste oordeel, die Groot Wittrroon Oordeel, soos ons lees in Openbaring 20:11-15) gewerp word nie ”

En in Lukas 12 WAARSKU Messias Yeshua ons ernstig oor die BEGEERTE na BESITTINGS en RYKDOM wanneer Hy n vers 15 sê: “Pas op en wees op julle hoede vir die HEBSUG (gierigheid, inhaligheid), want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van besittings nie.” En dan vertel Hy in vers 16-19 van die ryk man wat goeie oeste gehad het en nog groter skure vir homself gebou het en gereken het hy kan nou rus en nog vir baie jare eet, drink en vrolik wees. En dan lees ons in vers 20-21 “Maar God (die Vader) het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis (dit beteken in hierdie nag sal jy sterf); en wat jy greedgemaak het, wie s’n sal dit wees? So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie (nie ‘n naby verhouding met God het nie).”

Die wêreld wat in die mag van die bose lê soos wat ons lees in Efesiërs 6:12 en  1 Johannes 5:19 moedig mense aan soos met al die ander GEBOOIE van GOD, om ook die TIENDE GEBOD te oortree, en dus hits die wêreldsisteem BEGEERTE so veel as moontlik aan deur die gebruik van MEDIA om jou ONTEVREDE te maak met wat jy het en jou te DRYF om mee te ding met ander mense en MEER te bekom as wat hulle het of selfs dit wat hulle het vir jouself te probeer bekom. En vanuit hierdie “BEGEER gedrewe kultuur” spruit die oortreding van vele van die ander GEBOOIE van God soos: STEEL, EGBREEK en ja selfs MOORD. En so word die mense deur die BEGEERTE WEB wat gespin word deur die LEUENS van die Satan in hulle eie begeertes vasgevang en verorber! Jakobus verduidelik dit soos volg in Jakobus 1:14-15 “…elkeen word versoek as hy deur sy eie BEGEERLIKHEID (dinge wat begeer word) weggesleep en verlok (versoek, verlei) word. Daarna, as die begeerlikheid ontvang het (as daar toegegee word aan dit wat begeer word), baar (bring) dit sonde (voort); en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het (dus nie net meer gedagtes is nie maar woorde en dade word), bring dit die dood voort.”

Hierdie “BEGEER gedrewe kultuur” van die wêreld wat ons die heeltyd ONTEVREDE en ONDANKBAAR laat voel vir wat ons het, spruit dan dikwels voort vanuit ‘n gevoel dat ons slegs waarde het wanneer ons baie besitting het. En daarom het ons net nooit GENOEG nie. En dit maak ook ‘n deur oop vir SUINIGHEID (oordrewe spaarsamigheid) en SELFSUG (‘n drang om jouself te bevoordeel) en HOOGMOED (verwaandheid, ‘n oormatige hoë dunk van die self) wat daartoe lei dat ons neersien op mense wat minder as ons het en nie bereid is om ‘n tiende van ons inkomste vir die werk van God, wat die versorging van die armes insluit, te gee nie.

Hierdie BEGEERTE van dit wat ander het, word ook gesien binne die GEMEENTE van GELOWIGES waar mense mekaar se GAWES en ROEPINGS begeer en dit lei tot gevoelens van BITTERE AFGUNS (ontevredenhed oor ander mense se geluk, sukses, rykdom ensomeer) en SELFSUG end it word deur die Woor beskou as aards, vleeslik, duiwels; want waar AFGUNS en SELFSUG is, is daar WANORDE (chaos en verwarring) en allerhande GEMENE DADE (dade wat bedoel is om ander opsetlik seer te maak) soos Jakobus verduidelik in hoofstuk 3:14-15. En dit lei daartoe dat GELOWIGES mekaar afbreek en ondergrawe en so die werk binne God se Koningkryk ernstig in die wiele ry. So weereens sien ons die Satan se BEGEERTE WEB gespin met leuens wat lei tot selfvernietiging en onefektiwiteit binne gemeentes.

Dit is dus DUIDELIK waarom God ons Vader ‘n VERBOD geplaas het op BEGEER – BEGEERTE maak ‘n deur oop vir “die gees van ontevredenheid” en dit sal uiteindelik lei tot jaloesie, afguns, bitterheid en dalk selfs haat en moord. Dus is dit baie gevaarlik om te BEGEER want dit het die poteniaal om te lei tot die VERNIETIGING van ander mense en SELFVERNIETIGING.

BEGEERTE het ‘n “twee boeties” genaamd VERGELYKING en ONTEVREDENHEID. Ons sien dit van die vroegste tye af, die eerste voorbeeld hiervan in die Woord waar iemand in die BEGEERTE SLAGGAT van die Satan getrap het, is KAIN. So kom ons kyk hoe hy gevang is.

  • Dit begin met BEGEERTE: Kain het God se guns begeer. Let wel, in die geval is dit nie ‘n begeerte wat teen die TIENDE GEBOD is nie. Kain wou egter God se guns hê, sonder om aan God se opdrag te voldoen. God vereis ‘n bloedoffer vir ons sondes, maar Kain offer sy groente aan God en dus kan God nie sy offer aanvaar nie. Let wel, indien Kain ‘n lam aan God sou offer, soos Abel sy broer het, sou God sy offer aanvaar het, want dit is wat God vereis het.
  • Toe kom die VERGELYKING: Kain se broer Abel se offer word deur God aanvaar en Kain se offer van groente word verwerp.
  • En dan volg ONTEVREDENHEID: Kain kyk na die guns wat Abel by God gekry het en nou is hy ONTEVREDE, hy is kwaad oor God Abel se offer aanvaar het en nie sy offer nie. En sy bitterheid gaan oor in haat vir Abel en dit eindig in moord. So was Abel die rede dat Kain se offer nie deur God aanvaar is nie? Hoegenaamd nie, dit het niks met Abel te doen gehad nie, Abel was bloot gehoorsaam aan God en daarom is sy offer aanvaar en Kain was ongehoorsaam en daarom is sy offer nie aanvaar nie. God self verduidelik dit vir Kain in Genesis 4:7 maar Kain aanvaar dit nie, net soos hy nie God se reëls oor offers aanvaar het nie en dus reageer hy weereens nie in lyn met God se advies aan hom nie.
  • En dan volg VERNIETIGING: Kain vermoor op die ou enide vir Abel met nadelige gevolge ook vir homself wanneer God hom straf – dus sien ons die duidelike gevolg hier van BEGEERTE, naamlik VERIETIGING van ander en SELFVERNIETIGING. Dus is daar geen wenners betrokke by BEGEERTE nie, net VERLOORDERS en dis hoekom God die Vader ‘n VERBOD geplaas het op BEGEERTE.

Ons sien verskeie voorbeelde hiervan in die Woord, soos in Numeri 16. Hierdie keer is dit Korag, Datan en Abiram wat in die BEGEERTE SLAGGAT van die Satan val. So kom ons kyk weer daarna in terme van die vier punte:

  • Eerstens BEGEERTE: Korag, Datan en Abiram het 250 manne uit die stam van Levi aangehits om in opstand te kom oor Moses en Aäron se leierskap oor hulle, want hulle het Moses en Aäron se leierskap posisies begeer.
  • Dan kom die VERGELYKING: Hulle het gereken dat hulle net so heilig (afgesonderd) is vir God as Moses en Aäron en wou gelykgestel word aan hulle.
  • Dan volg ONTEVREDENHEID: Hulle het Moses en Aäron daarvan beskuldig dat hulle hulle uit Egipte gebring het wat oorloop van melk en heuning en hulle in die woestyn ingebring het en nou wou baasspeel oor hulle. So was Moses en Aäron die probleem? Nee, God self het hulle aangestel om die volk te lei en Korag, Datan en Abiram moes hulle take as Leviete binne die Tabernakel uitvoer, maar dit was nie genoeg vir hulle nie, hulle het Moses en Aäron se posisies waarin God hulle aangestel het begeer.
  • En die uiteinde is VERNIETIGING: Ons sien in Numeri 16:31-35 dat Korag, Datan en Abiram sowel as hulle families en al hulle besitting lewendig in die doderyk afgedaal het toe God die aarde laat opskeer het en hulle verslind het en die aarde hulle weer oordek het want hulle het nie net teen Moses en Aäron opgestaan nie maar inderdaat teen God self. En dit was nie die einde nie, die 250 Leviete wat saam met hulle in opstand was is deur die vuur van hulle eie reukwerk panne veslind toe die vuur van YHVH teen hulle uitgegaan het. Ons sien dus hier die duidelike spoor van VERNIETIGING en SELFVERNEIETIGING wat deur BEGEERTE afgesneller is.

Hierdie is ook vir ons as GELOWIGES ‘n ernstige WAARSKUWING oor ons afguns en jaloesie op mekaar se GAWES en ROEPINGS wat ons elkeen van God ontvang het. Net soos in die voorbeeld in Numeri 16, moet ons oppas dat ons opstand teen mekaar nie dalk opstand teen God self is nie want Hy gee aan ons elkeen ons GAWES en Hy ROEP ons.

Ons sien ook hierdie voorbeeld en WAARSKUWING van Yeshua ons Messias in Johannes 21:18-19 waarin Hy aan Petrus vertel watter soort dood hy gaan sterf om daardeur vir God die Vader te verheerlik. En dan lees ons in vers 20-21 VERGELYK Petrus homself met Johannes deur in vers 21 te vra: “Meester, maar wat van hom (met verwysing na Johannes)”. En Messias Yeshua het Petrus streng aanspreek in vers 22 met die volgende woorde: “As Ek wil hê dat hy bly (lewe) totdat Ek kom (tot en met Sy tweede koms) wat gaan dit jou aan (wat het dit met jou te doen)? VOLG JY MY.” En ons weet vanuit die res van die Nuwe Testament dat Petrus en Johannes verskillende gawes en roepings gehad het. Petrus moes inderdaat, nadat hy groot evangelisasie werk vir die Koningkryk van God gedoen het, sy lewe daarvoor aflê, terwyl God aan Johannes op die eiland Patmos, terwyl hy in gevangenis was, die Boek van Openbaring onder inspirasie van die Heilige Gees laat skryf het. Die een was dus nie belangriker as die ander een nie, maar het verskillende gawes en roepings gehad soos deur God aan hulle gegee.

Paulus verduidelik ook iets hiervan aan die gemeente van Korinte in 1 Korinthiërs 1:10-16  toe daar onenigheid tussen hulle ontstaan het oor wie hulle volg, vir Paulus, Apollos, Petrus of die Messias. En hy hulle in 1 Korinthiërs 1:10 & 13 ernstig waarsku deur te sê: “…ek vermaan julle broeders (medegelowiges), in die Naam van ons Meester Yeshua die Messias, om almal EENSTEMMIG te wees (saam te stem), en dat daar geen skeuring onder julle moet wees nie, maar dat julle VERENIG moet wees in dieselfde GESINDHEID en in dieselfde MENING (oortuigings)…Is die Messias verdeel? Is Paulus miskien vir julle GEKRUISIG? Of is julle in die NAAM van Paulus GEDOOP?”

En ons lees weer daarvan in 1 Korinthiërs 3:1-8 waarin Paulus weer aan die gelowiges verduidelik dat hulle vleeslike (sondige natuur, wëreldse) gesindheid VERDELING veroorsaak binne die gemeente en sê hy aan hulle: “En ek, broeders (medegelowiges), kon nie met julle spreek soos met geestelike (volwasse) mense nie, maar (ek moes met julle praat) soos met vleeslike (geestelike onvolwasse mense), soos met klein kindertjies in Messias. Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys (vaste kos) nie, want julle was nog nie daartoe instaat nie (hulle kon nog nie vaste kos verteer nie, net soos wat ‘n baba nie kan nie), omdat julle nog vleeslik (nog wêrelds) is; want aangesien daar onder julle JALOERSHEID en TWIS en TWEEDRAG is, is julle nie vleeslik (wêrelds) nie en wandel (leef) julle nie na die mens nie (leef julle nie volgens mens opinies en wêreldse neigings nie)? Want as die een sê: Ek is van (ek volg/ verkies) Paulus; en die ander: Ek is van (ek volg/ verkies) Apollos – is julle dan nie vleeslik nie (leef julle nie dan steeds volgens die sondige natuur nie)? Wie is Paulus dan, en wie is Apollos anders as dienaars (diensknegte van God) deur wie julle gelowig geword het (dus die Goeie Nuus van God ontvang het) En dit soos YHVH  aan ELKEEN GEGEE het (dus die gawes en roepings soos gegee deur die drie-enige God, die Vader, Yeshua die messias en die Heilige Gees)?

Ek het geplant (Paulus het dus die saad van die Woord gesaai en geplant), Apollos het natgemaak (Apollos het die toepassing van die Woord aangemoedig en die gemeente ondersteun), maar GOD het laat GROEI.  So is dan hy wat PLANT of hy wat NATMAAK niks nie, maar God wat laat groei (is alles). Maar hy wat PLANT en hy wat natmaak, is een (vorm saam een gemeente, een werksmag van God die Vader, die Seun en die Heilige Gees), maar ELKEEN sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang (elkeen van ons se werk vir God sal beoordeel word deur Yeshua ons Messias tydens Sy wederkoms soos wat ons lees in die gelykenis van die diensknegte lees in Mattheus 24:45-51 en Lukas 12:42-48 en die gelykenis van die talente in Mattheus 25:14-30 asook in Lukas 19:11-27 en Openbaring 22:12.

So wat is die antwoord?

Ons moet verstaan dat God ons Vader aan ons elkeen gee soos wat Hy weet vir ons die beste is want Hy het ons elkeen gemaak. Dit wat Hy aan iemand anders gee is nie geskik vir ons nie. Soms dink ons, ons sal graag iemand anders se besittings, huweliksmaat, gawes en roepings wou hê, maar as ons dit sou ontvang sou ons dit nie kon hanteer nie of nie gelukkig wees daarmee nie want ons is nie deur God daarvoor gemaak of toegerus nie of dit is nie vir ons geskik of bedoel nie.

Maar hoe vind ek dan die lewe wat GOD vir my in OORVLOED wil gee soos Messias Yeshua ook in Johannes 10:10b aan ons verduidelik?

Deur die volgende te doen:

  1. Te KIES om in Hom te GLO en Hom in GETROUHEID aan SY WIL en WOORD te VOLG.
  1. Te besef hoe WAARDEVOL ons elkeen is as die kroon skepping van God ons Vader en dat Hy ons Sy kinders en medererfgename en bruid van Yeshua Sy Seun noem. Dus word ons EWIGE WAARDE hieraan gemeet en nie aan wat ons tydelik op aarde besit nie.
  1. Te BESEF en te AANVAAR dat ELKE MENS anders ontwerp en toegerus is deur God ons Vader en dat hy aan ons elkeen gee wat vir ons goed en reg is en ons nie met ander mense te VERGELYK nie. Elkeen van ons se fokus moet eerder wees op die uitvoering van ons eie gawes en roepings terwyl ons Yeshua ons Messias VOLG.
  1. Te KIES om ELKE DAG te LEEF in DANKBAARHEID en TEVREDENHEID met dit wat Hy aan ons gee en Hom dus daarvoor te dank en te loof, want dan sal ons SY SEËN, GUNS en VOLKOME GELUK ervaar.
  1. Ander mense te gun wat God ons Vader aan hulle gee en BLY te wees saam met hulle, insluitend oor ander se GAWES en ROEPINGS en vir mekaar te bid sodat God ons Vader se KONINGKRYK kan uitbrei en ‘n groot oes van siele ingesamel word terwyl daar nog tyd is.

Paulus verduidelik dit so in 1 Timotheus 6:6 en 11-21 “Maar die GODSALIGHEID (gelukkigheid deur die geloof in God, godsvrugtigheid/ godsdienstige toegewydheid, vroomheid/ onskuld voor God, ware godsdiens wat volgens 1 Timotheus 4:8 die belofte van die huidige sowel as die ewige lewe inhou) saam met VERGENOEGDHEID (TEVREDENHEID) is ‘n GROOT WINS (voordeel). En dan moedig hy Timotheus, ‘n man van God aan om van al die dinge soos genoem in vers 10-21 wat deur GELDGIERIGHEID en die BEGEERTE na RYKDOM (geld en besittings) wat mense met smarte (groot verdriet) deurboor en hulle geloof steel, weg te vlug “en (te) jaag na die GEREGTIGHEID (dit wat reg is voor God volgens Sy Woord en wil), GODSALIGHEID, GELOOF, LIEFDE, LYDSAAMHEID (geduld, berusting) en SAGMOEDIGHEID (saggeaardheid, minsaamheid/ vriendelikheid/ deernis met ander). Stry die GOEIE STRYD van die GELOOF, gryp na die EWIGE LEWE, waartoe jy ook GEROEP is…hou die GEBOD (God se gebooie, bevele, voorskrifte) onbevlek (rein), onberispelik (noukeurig) bewaar (handhaaf dit) tot by die verskyning (die wederkoms) van ons Meester Yeshua die Messias…Beveel die rykes in die teenwoordige (in hierdie) wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle HOOP te stel op die onsekerheid (die wankelbaarheid, wisselvalligheid) van die rykdom (geld en besittings) nie, maar op die LEWENDE GOD wat ons ryklik verleen om te geniet (wat oorvloedig aan ons VOORSIEN wat ons nodig het); dat hulle GOED moet DOEN en ryk wees in GOEIE WERKE, VRYGEWIG, MEDEDEELSAAM en vir hulle ‘n skat weglê, ‘n goeie fondament (‘n goeie basis/ fondasie) vir die TOEKOMS, sodat hulle die EWIGE LEWE kan verwerf. O Timotheus, bewaar (waak oor, behou) jou pand (sekerheid, ‘n waarborg wat ’n verwysing is na die Heilige Gees wat in ons woon volgens 2 Timotheus 1:12 & 14) en vermy die onheilige (sondige, slegte) onsinnige (dwase, onverstandige, bespotlike) praatjies en teëwerpinge (besware) van die valslik sogenaamde kennis (mites en gebooie van mense wat van die waarheid afwyk volgens Titus 1:14), waarvan sommige belydenis (plegtige verklarings) gedoen het, en wat die geloof betref, op ‘n dwaalweg geraak het. Mag die GENADE met jou wees! Amen.”

He-Brews-Coffee-Roastery-Logo

Stay In Touch