Elul 22 (4 September 2026) The KING is in the FIELD! AWAKEN the BELIEVERS! CONGREGATION…
MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (DIE DOOD) NA SY WONDERLIKE LIG (DIE LEWE), Deel 12: YHVH die GOD van die SMAL WEG
8 Julie 2026
Ons gesels vandag verder oor, MY REIS VANUIT DIE DUISTERNIS (die donker, afweisgheid van geestelike lig, onkunde, ongeloof, nood en elende, die dood) NA DIE WONDERLIKE LIG (openbaring van die waarheid, wysheid, geloof, geestelike vol lewe) VAN ABBA VADER. En ons leer verder HOE ons, DIE SMAL WEG deur YESHUA ons MESSIAS vind wat lei vanuit die DUISTERNIS van EGIPTE/ ‘n prentjie van die WÊRELD, na ABBA VADER en ons help om die REDE en DOEL waarvoor HY ons gemaak het te vind, te verstaan, te groei daarin tot ons volle potensiaal en ons DOEL en ROEPING suksesvol uit te voer.
Ons gesels nog oor WIE ons SKEPPER GOD van LIG en LEWE is wat saam met ons beweeg op die SMAL WEG na DIE EWIGHEID.
Ons het nou reeds vanuit ons studie in SY WOORD bevestig:
HY IS DIE SKEPPER VAN HEMEL, AARDE en ALLES DAARIN.
- ELOHIM God in die meervoud. EEN GOD in DRIE soos wat Hy Homself dan ook in die res van Sy Woord aan ons openbaar as GOD die VADER, die SEUN en die HEILIGE GEES.
- Hy is dus DRIE MAAL HEILIG. DIE VADER is HEILIG, DIE SEUN YESHUA DIE MESSIAS is HEILIG en DIE GEES is HEILIG, AFGESONDER en daar is GEEN onheiligheid of duisternis IN HOM NIE.
- YESHUA die MESSIAS, as die LIGGAAM van GOD die VADER is ons ADVOKAAT/ MEDIATOR/ MIDDELAAR, ons VOORSPRAAK by die VADER asook die REGVERDIGE REGTER.
- Yeshua ons Messias is ook ons HOË PRIESTER in die ORDE van MELGISEDEK.
- HY IS DUS DIE SKEPPER en daarom ook DIE LEWE – die BRON van LEWE van ALLES wat BESTAAN e nook ons ALMAL se VADER en HY GEE aan DIÈ wat KIES om in HOM te GLO en HOM te VOLG, DIE LEWE IN OORVLOED (in alles meer as genoeg) asook die EWIGE LEWE.
HY IS WIE HY IS, die BEGIN van ALLES en die EINDE van ALLE DINGE.
- Die GOD van ABRAHAM, die GOD van ISAK en die GOD van JAKOB/ ISRAEL.
- SY NAAM, YHVH is vir EWIG, en dit is SY GEDENKNAAM van gelsag tot geslag.
- HY is YHVH, die KONING van ISRAEL en SY VERLOSSER
- Hy is YHVH van die LEËRSKARE (die HEMEL WEERMAG).
- Daar is buiten Hom GEEN ander God nie.
- HY IS DIE LEWENDE EN EWIGE GOD WAT BESTAAN VAN ALTYD AF EN ALTYD SAL BESTAAN.
- Hy is ALOMTEENWOORDIG en Hy WEET ALLES.
HY IS DIE ENIGSTE WARE LIG EN DAAR IS GEEN DUISTENRIS IN HOM NIE.
- HY is die WARE LIG wat reeds vanaf DAG EEN van die SKEPPING af SKYN terwyl die AARDSE LIGBRONNE, die son, maan en sterre eers op DAG VIER geskep is.
- SY LIG skyn op mense wat in DIEP DUSITERNIS leef en so open Hy hulle blinde oë en lei hulle uit die gevangenis.
- SY LIG SKYN in ons deur SY WOORD want SY WOORD is ‘n LIG en ‘n LAMP wat ons lei uit die duisternis uit en ons help om in die LIG te LEEF.
- Die GOEIE NUUS van God die Vader se redding deur Yeshua die Messias skyn soos ‘n LIG op mense.
HY is ‘n VERTERENDE VUUR, daarom is:
- SY WOORD VUUR.
- SY ENGELE is BOODSKAPPERS van VUUR met swaarde van VUUR.
- HY DOOP GELOWIGES met die VUUR van SY HEILIGE GEES.
- HY SUIWER ons GELOOF met VUUR en HY TOETS ons WERK vir die KOINGKRYK met VUUR.
HY IS DIE WOORD
- HY SKEP DEUR TE SPREEK.
- SY WOORD IS DIE WAARHEID en dus IS HY DIE WAARHEID.
- SY WOORD SAL VIR EWIG BESTAAN.
- HY HOU ALLES IN STAND DEUR SY WOORD.
- SY WOORD IS DIE GOEIE NUUS VIR ALLE MENSE.
HY is SOEWEREIN
- Hy is OPPERMAGTIG, die HOOGTSTE GESAG in die hemel en op aarde.
- En NIKS kan gebeur sonder dat Hy dit wil of toelaat nie.
- En alles wat HY DOEN het ‘n DOEL en REDE en vir dié wat HOM LIEFHET en SY ROEPING vir hulle lewens aanvaar, dié wat HOM dus GEHOORSAAM en VOLG, sal Hy ALLES (ook dit wat met hulle gebeur wat sleg is) ten GOEDE laat meewerk.
HY is die ALMAGTIGE GOD
- Hy is dus die perfekte SKUILPLEK en TOEVLUG waarop ons kan VETROU.
- Hy is DIE EWIGE ROTS, ‘n VASTE FONDASIE, die REDDER, ons VERLOSSER en ons BESKERMER.
- Sy NAAM is YHVH, ‘n STERK TORING waarin ons kan hardloop en BESKUT word teen alle
- Aan die wat na SY STEM LUISTER en HOM VOLG (Hom gehoorsaam), gee HY DIE EWIGE LEWE en niemand kan ons uit SY HAND ruk nie.
- Hy VERSTERK ons en BEWAAR ons van die bose.
- Hy is GROOT en KRAGTIG en SY VERSTAND (denkvermoë, insig, intellek) is ONEINDIG.
- Hy is die EWIGE GOD, YHVH, die SKEPPER van ALLES en Hy word nooit moeg of mat (vermoeid, kragteloos, afgemat/ uitgeput na gees of liggaam) nie.
- SY ALMAG en VERSTAND kan nie ten volle verstaan word nie.
- YESHUA ons MESSIAS is hierdie ALMATIGE GOD wat met SY WEDERKOMS deur elke oog gesien sal word.
- Hierdie ALMAGTIGE GOD is REGVERDIG en SY WEË IS WAARAGTIG (betroubaar).
HY IS DIE BRON VAN ALLE VERSTAND EN WYSHEID EN HY GEE WYSHEID, INSIG/ BEGRIP AAN DIE MENS
- Sy SKEPPING GETUIG van WYSHEID wat te hoog en te groot vir enige mens is om te verstaan.
- ALLES werk volmaak saam.
- Hy het alles MOOI GEMAAK op SY TYD.
- Die mense kan nie die werke van God volkome (heeltemal, geheel en al) ondersoek of verstaan nie want dit is te groot vir ons menslike verstand en wysheid.
- Hy GEE egter WYSHEID aan die mens wat Hom daarvoor vra.
- God se WYSHEID is ten EERSTE REIN (suiwer, onbevlek, onbesmet), dan VREDELIEWEND, VRIENDELIK, GESEGLIK (inskiklik), VOL BARMHARTIGHEID (sag, met meegevoel teenoor ander) en GOEIE VRUGTE, ONPARYDIG (nie bevooroordeeld nie, regverdig teenoor alle partye) en ONGEVEINS (opreg).
- YESHUA die MESSIAS, die SEUN van GOD, kan ons VERSTAND OPEN sodat ons die WAARAGTIGE (die EGTE, WARE, BETROUBARE) GOD die VADER en YESHUA die SEUN kan ken, DIE WAARAGTIGE GOD, en die EWIGE LEWE.
HY REGEER oor SY SKEPPING
- HY IS DIE SKEPPER, EIENAAR en KONING van ALLES en HEERS dus vir EWIG as die EWIGE KONING.
- HY stel ALLE vorms van OUTORITEIT (wettige mag en gesag) in die hemel en op aarde aan.
- Die konings van die aarde staan onder SY gesag, selfs al is hulle ongelowig, sal hulle SY MEESTERPLAN uitvoer sodat SY WOORD WAT GESPREEK IS WAAR SAL WORD.
- Van elke aardse koning, ingesluit elke man, aangestel as koning en heerser oor sy gesin word verwag om GEHOORSAAM te wees aan GOD se WOORD en WET, SY WIL, om REG en GEREGTIGHEID te laat geskied en om op te tree met God se soort wysheid en inegriteit wat Hy ons in Sy WOORD leer.
- Hy ROEP elke mens as deel van die LIGAAM van YESHUA ons MESSIAS en stel ons aan in ons spesifieke ROEPINGS waarvoor Hy ons elkeen geskep het en stel ons instaat om ons ROEPINGS (die doel en rede vir ons lewens) uit te voer.
- Wanneer strukture van gesag hulle ONDERWERP aan SY GESAG, IN LYN MET SY WOORD, is daar VREDE in ‘n land, gesinne, werksplekke en gemeentes.
HY IS ‘n GOD van ORDE
- Hy skep ORDE, LIG en OORVLOEDIGE LEWE op die aarde.
- Sy WET (Sy Woord in Genesis tot Deuternomium, opgesom in die TIEN GEBOOIE) en VERORDINGE (voorskrifte insluitend Sy Feeste en wetlike bepalings) skep ORDE en verseker VREDE in die VERHOUDING tussen Hom en die mens asook tussen mense onderling.
- Hy skep ook ORDE deur die daarstelling van MAGSTRUKTURE met Messias Yeshua as die HOOF van ELKE MAN, en die MAN as die HOOF van die VROU, en GOD (die Vader) as die HOOF van Yeshua die MESSIAS.
- ELKE MENS word geroep om hom of haar te ONDERWERP aan die MAGTE (gesagsfigure en gesagstrukture) wat oor hom of haar AANGESTEL is (of dit nou jou man, ouers, regeerders, leiers of bestuurder is), want daar is geen MAG (geen gesag of outoriteit/ wettige mag) behalwe van GOD nie, en die wat daar is, is deur GOD INGESTEL en die DOEL daarvan is om ORDE en VREDE te bewerkstellig.
HY IS REGVERDIG
- Hy hou ELKE mens VERANTWOORDELIK vir sy of haar eie KEUSES en elkeen moet dus die GEVOLGE van hulle eie KEUSES dra want wat jy SAAI sal jy OES.
- Hy seën die nageslag van REGVERDIGE MENSE (mense wat in Hom GLO en in gehoorsaamheid aan SY WOORD en WIL leef) tot in die duisendste geslag.
- Hy laat GEEN sonde ongestraf bly nie en daarom sal die ONREGVERDIGE MENS se dade sy nageslag negatief beïnvloed tot in die derde of vierde generasie. Maar as iemand in hierdie generasie opstaan uit die slegte invloed van sy of haar voorouers en REGVERDIG leef (veral ‘n manlike persoon omdat Abba Vader aan die man die gesag gee as beskermer van sy gesin) sal Abba sy nageslag seën tot in die duisendste geslag.
- ELKE mens wat tot insig kom, oor sy of haar sondes en begryp wat die hartseer gevolge daarvan is vir hom/ haarself en hulle BEKEER van AL hulle sondes – dit erken en bely, vergifnis daarvoor ontvang en weg draai daarvan, en AL GOD se INSETTINGE (instellings, gebooie) ONDERHOU en REG en GEREGTIGHEID DOEN (DOEN wat REG is volgens God se WOORD en SY WIL), sal sekerlik ‘n vol lewe op aarde leef en die ewige lewe ingaan.
- God die Vader het GEEN behae daarin dat enige mens op aarde moet ly as gevolg van hulle sondes of die ewige dood moet sterf nie, Hy is die mens se VERLOSSER en wil hê dat ALLE MENSE GERED word en tot KENNIS van die WAARHEID kom en EWIG LEWE.
- Wanneer ons die SMAL WEG KIES deur ons VERLOSSER YESHUA ons MESSIAS, ontvang ons ‘n NUWE HART en ‘n NUWE mens gees want ons word NUWE MENSE IN HOM en dan gee Hy aan ons SY HEILIG GEES wat ons leer en lei op die smal weg van GEHOORSAAMHEID aan Abba Vader. Ons stap dus van daaraf nooit meer alleen nie, ons RAADGEWER en BEMOEDIGER stap ellke dag en in alle omstandighede saam met ons.
SY OORDEEL IS REGVERDIG
- Hy is die REGVERDIGE REGTER van die ganse aarde.
- Hy is ‘n BARMHARTIGE REGTER wat nie mense straf waneer ons ons bekeer (‘n verandering/ vernuwing van hart en gedagte ondergaan) en weg draai van ons verkeerde weg nie. Dit is die GOEIE NUUS!
- Hy het tydens SY EERSTE KOMS die mens kom RED en hierdie GOEIE NUUS van REDDING deur ons VERLOSSER YESHUA die MESSIAS is beskikbaar vir alle mense om hulle KEUSE te maak tussen LEWE en seën en DOOD en vloek.
- DIE REGVERDIGE REGTER (Yeshua die Messias, aangestel deur YHVH die Vader), sal tydens SY TWEEDE KOMS kom om die aarde te OORDEEL. Dit behels DIE EERSTE OPSTANDING VAN GELOWIGES en die BEOORDELING en BELONING van hulle getrouheid en werk vir die KONINGKRYK volgens die GAWES en ROEPING wat aan elkeen gegee is en die VERSLAAN van die AARDSE VYANDE wat teen Hom opstaan onder leiding van die antimessias/ antichris en die vals profeet, wat ook die eerste mense is wat in die POEL van VUUR (algemeen bekend as die Hel) gewerp sal word.
- Daarna begin die DUISEND JARIGE VREDESRYK/ KONINGKRYK VAN YESHUA DIE MESSIAS en die gelowiges wat deel vorm van die EERSTE OPSTANDING sal saam met Hom heers. Dit eindig met die finale verslaan van die Satan wat ook in die Poel van Vuur gewerp word waar die antimessias/ antichrist en die vals profeet ook reeds is.
- Dit word gevolg met die LAASTE GROOT WIT TROON OORDEEL waartydens ALLE mense wat nog ooit geleef het beoordeel sal word volgens hulle dade. Die wie se name in die BOEK van die LEWE van die LAM geskryf staan sal die EWIGHEID ingaan saam met die YHVH Vader en die Lam (Yeshua die Messias) en die wie se name nie in die Boek van die Lewe van die Lam opgeskryf staan nie, sal dan die TWEEDE DOOD sterf in die Poel van Vuur. Die DOOD en DODERYK sal dan as LAASTE VYANDE van God ook in die POEL van VUUR gewerp word.
HY BEPAAL DIE PERFEKTE TYD VIR ALLES
- ALLES het sy bepaalde uur, en vir ELKE SAAK onder die hemel is daar ‘n tyd.
- En daarom moet ons wag op Hom, en sterk wees en wag op Sy PERFEKTE TYDSBEREKENING wat altyd die REGTE TYD is.
- En Hy laat alles op die REGTE TYD ten goede meewerk vir dei wat Hom liefhet en geroep is volgens Sy doel vir hulle lewens.
HY is die GOD van LIEFDE, die BRON van ROTSVASTE LIEFDE
- HY IS YHVH, ‘n God wat BARMHARTIG en GENADIG is.
- Hy het GEDULD met mense e HY IS LOJAAL.
- HY BLY GETROU.
- HY BLY VOL LIEFDE oor al die gelsagte heen van die wat Hom liefhet deur Hom te GEHOORSAAM.
- HY VERGEEF alles wat hulle verkeerd gedoen het, maar Hy laat sonde egter nie sommer net verby gaan nie dus laat Hy nie sonde ongestraf bly nie want HY IS ‘n REGVERDIGE GOD.
- HY DISSIPLINEER en STRAF die wat Hy liefhet want Hy weet sonde VERNIETIG mense.
- Hy los ons dus nie om ‘n slaaf van sonde te bly nie, Hy VERLOS ons van die greep wat sonde op ons het.
HY SEËN MENSE EN DIERE
- Om VRUGBAAR te wees, te VERMEERDER en die aarde te VUL.
- Hy gee aan mense HEERSKAPPY oor die diere en die aarde.
- Hy SEËN SY KINDERS (almal wat Hom liefhet en Hom dus gehoorsaam en dien) deur SY NAAM op hulle te plaas, (amper soos ‘n vrou die van van haar man aanneem wanneer hulle trou, of ‘n kind wat aangeneem word sy aanneem ouers se van ontvang as bewys dat hy of sy nou deel is van hulle gesin en familie). Hierdie SEËN gee aan SY KINDERS deel aan Sy BESKERMING en SORG, SY TEENWOORDIGHEID en GENADE asook SY VREDE.
- Hy gee aan die volgende seëninge wanneer ons GOED LUISTER na SY STEM en SY GEBOOIE sorgvuldig (noukeurig, presies, nougeset) hou: seën in die stad en in die veld, kinders, vee, vrugte, koring, drywesap en olie (alles wat ons nodig het), genoeg kos, veiligheid en oorwinning oor ons vyande, voorspoed en sukses in ons beroepe en lewens.
Ons gesels dan vandag verder oor hierdie WONDERLIKE GOD van die SMAL WEG.
HY VOORSIEN en dus is HY ons VOORSIENER
1. Hy voorsien aan ons fisiese behoeftes
Kos en water vanuit die aarde vir mense en diere
Ons lees in Genesis 1:11 beveel God reeds op die DERDE DAG van SY SKEPPING dat die aarde grasspruitjies, PLANTE wat SAAD gee en BOME wat VRUGTE dra, wat hulle SAAD is, op die aarde voortbring. En nadat ELOHIM (God die Vader, Seun en Heilige Gees) mense gemaak het in Sy BEELD en na SY GELYKENIS, lees ons in vers 29: “Verder het God gesê: Ek gee nou aan julle al die plante wat SAAD gee, wat op die hele aarde is, en al die BOME waar VRUGTE aan is, wat SAAD dra. Dit sal julle VOEDSEL wees”. Ons sien egter na die WATERVLOED van Genesis hoofstuk 6-8 waarin net Noag en sy familie, in totaal agt mense gered is, sê God aan hulle in Genesis 9:2-4 NLV “Al die diere, groot en klein, asook al die voëls en visse sal vir julle bang wees. Ek stel hulle tot julle beskikking (gee hulle in julle mag, plaas hulle onder julle beheer). Benewens die groen plante mag julle hulle ook eet. Maar geen dier mag geëet word sonder dat die lewensbloed eers uitegeloop het nie”. Die 1933 weergawe sê: “Net die vleis met sy siel, met sy bloed, mag julle nie eet nie.” Lees ook Levitikus 3:17, 17:10-14, 19:26, Deuternomium 12:15 & 23 en Handelinge 15:20 & 29.
God voorsien ook aan die diere voedsel soos ons lees in Genesis 1:30 “Maar aan al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel en al die kruipende diere op die aarde, waarin ‘n LEWENDE SIEL is, gee Ek al die GROEN PLANTE as VOEDSEL”. Ons lees in Levitikus 17:14 dat die SIEL van alle lewende wesens met sy bloed verbind is en daarom mag mense nie bloed eet nie.
Ons lees in Psalm 23:1 “YHVH is my HERDER; niks sal my ontbreek (julle sal niks kortkom) nie”. En Psalm 145:15-16 sê: “Die oë van almal wag op U, en U gee hulle hul spys (voedsel) op die regte tyd. U maak U hand oop en versadig alles wat lewe met welbehae (volgens U goeddenke)”. Lees ook Psalm 104:27 en 136:25.
Ons lees in Spreuke 10:3 “YHVH laat die REGVERDIGE (mense wat in Hom GLO en in gehoorsaamheid aan SY WOORD en WIL leef) nie honger ly nie,” Dawid sê in lyn hiermee in Psalm 37:25 “Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die REGVERDIGE verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie.”
En Yeshua ons Messias vertel aan ons in Mattheus 6:26-32 “Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai (oes) nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog VOED julle HEMELSE VADER hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?…En wat kwel (bekommer) julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei (werk) nie en spin (weef) nie…As God (die Vader) dan die gras van die veld, wat vandag daar is en more in ‘n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingleowiges? Daarom, moet julle nie kwel oor wat julle sal eet of drink of aantrek nie…want julle HEMELSE VADER weet dat julle al hierdie dinge nodig het.” Lees ook Lukas 12:24.
God voorsien ook aan ons werk, beskerming en veiligheid
Ons lees in Genesis 2:15 die mens (Adam) moes die TUIN van EDEN waarin God al die plante en bome geplant het, BEWERK en BEWAAK. Interessant né, ons sien reeds hier ‘n aanduiding dat daar iets in die tuin was waarteen gewaak moes word. Ons weet natuurlik vanuit Genesis 3 dit was die slang, wat in Openbaring 12:9 dan ook geïdentifiseer word as die draak, die duiwel en die Satan – alles name vir die antieke slang wat reeds aan die begin in die Tuin van Eden aanwesig was. En ons sien dan die eerste dier wat doodgemaak word in Genesis 3:21 deur God self gedood is met die doel om klere vir Adam en Eva te maak om hulle naaktheid te bedek wat deur die sondeval ontbloot is.
Ons lees in Deuternomium 8:18 dat YHVH ons God aan ons die krag (die vermoë) gee om ryk te word. En Paulus verduidelik in Filippense 4:19 “En my God (die Vader) sal elke behoefte van julle vervul na SY RYKDOM in heerlikheid deur Yeshua die Messias.”
Psalm 37:40 sê: “En YHVH HELP hulle en RED hulle; Hy RED hulle van die goddelose mense (mense wat nie in Hom glo en Hom nie dien nie) en VERLOS hulle, want hulle SKUIL by HOM. Lees ook Handelinge 12:11. In Psalm 46:1 lees ons: “God is vir ons ‘n TOEVLUG en STERKTE; as HULP in benoudhede is Hy in hoë mate beproef (die NLV sê: In nood is Hy gereed om ons te help). Lees ook Psalm 91. In Psalm 54:3, 6, 8 & 9 sê David: “o God, VERLOS my deur U NAAM, en doen aan my REG deur U MAG! …God is my HELPER. Dit is YHVH wat my ONDERSTEUN…Ek wil U NAAM, loof, o YHVH, want dié (U NAAM) is GOED, want dié (U NAAM) het my uit ALLE benoudheid (angs, bekommernis) GERED,…” Lees ook Psalm 118:14. En Psalm 121:4 & 7 vertel aan ons: “YHVH is jou BEWAARDER; YHVH is jou skaduwee aan jou regterhand…YHVH sal jou BEWAAR van elke onheil (ramp, groot ongeluk); jou siel sal Hy BEWAAR.
Paulus sê in 2 Korinthiers 9:8 “En God (die Vader) het MAG om ALLE GENADE OORVLOEDIG oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte VOLOP kan hê en oorvloedig kan wees tot elke GOEIE WERK.” Lees ook Jakobus 1:17-18.
2. Hy voorsien aan ons geestelike behoeftes
Abraham het in God se VOORSIENING geglo en dit verstaan. Ons lees in Genesis hoofstuk 22 stel God Abraham op die proef deur aan hom die opdrag te gee om Isak te offer. Abraham maak gereed en neem Isak, hout vir die brandoffer en ‘n mes en ons lees in vers 7-8, Isak vra aan hom: “…waar is die lam vir die brandoffer? En Abraham antwoord: God sal vir Homself die LAM vir ‘n brandoffer VOORSIEN, my seun.” En nadat God inderdaat vir Abraham gestop het en ‘n ram in Isak se plek voorsien het, lees ons in vers 14 “En Abraham het dié plek genoem: YHVH SAL VOORSIEN!” Ons weet natuurlik dit het heengewys na die LAM, die Seun van God die Vader, wat in ons plek sou kom sterf.
In Jeremia 29:11 lees ons YHVH koester gedagtes aangaande Sy kinders van VREDE en Hy wil aan hulle ‘n hoopvolle toekoms gee. In Psalm 27:1 verklaar David “YHVH is my LIG en my HEIL (my REDDING): vir wie sou ek vrees? Lees ook Psalm 118:6-7.
En Psalm 34:19 vertel aan ons: “YHVH is naby die wat GEBROKE is van HART, en Hy VERLOS die wat verslae (moedeloos) is van gees. In Psalm 147:3 lees ons weer: “Hy GENEES die wat GEBROKE is van HART en HY VERBIND hulle WONDE. Ons lees ook in Jesaja 61:1 die profesie van Yeshua die Messias wat gestuur is deur God die Vader om die GEBROKENES van HART te verbind en in Lukas 4:18 verklaar Yeshua ons Messias dat hierdie profesie in Hom vervul is, en dat dit HY is wat gestuur is “om die wat verbryseld (stukkend) van HART is, te GENEES;”
Psalm 107:8-9 sê “Laat hulle wat YHVH loof om Sy goedertierenheid (genade, barmhartigheid en geduld) en om Sy wonderdade aan die mensekinders; want Hy het die DORSTIGE SIEL VERSADIG en die HONGERIGE SIEL met die GOEIE VERVUL..” Lees ook die lofsang van Hanna in 1 Samuel 2:5 en Maria se lofsang in Lukas 1:53.
Hy het SY WOORD aan ons gegee deur verskillende mense te inspireer deur SY GEES om SY WOORD op te teken soos Moses, die Profete en die apostels. Hy gee aan ons die LEWENDE WOORD, Yeshua ons Messias soos ons lees in Johannes 1:1-14. En in 2 Timotheus 3:16-17 verduidelik Paulus: “Die hele SKRIF (die Woord) is deur God (die Vader) ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging (bewys dat iets nie waar is nie), tot teregwysing (vermaning), tot onderwysing in die geregtigheid (om te doen wat reg is voor God die Vader volgens Sy wil en Woord), sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke GOEIE WERK volkome toegerus”.
ONS SIEN ‘n GOEIE VOORBEELD VAN GOD SE VOORSIENING in die 40 JAAR van SY VOLK in die WOESTYN – in Deuternomium 8:4 & 29:5 en Psalm 78:
- Hy het die see geklief en hulle laat deurgaan en die waters laat staan soos ‘n wal (vers 13).
- Hy het hulle bedags gelei met ‘n wolk en die hele nag met ‘n lig van vuur (vers 14).
- Hy het rotse gekloof in die woestyn en hulle oorvloedig laat drink soos uit watervloede. En Hy het strome laat uitgaan uit die rots en die waters laat afloop soos riviere (vers 15-16).
- En Hy het aan die wolke daarbo bevel gegee en die deure van die hemel oopgemaak; en Hy het manna op hulle laat reën om te eet en koring van die hemel aan hulle gegee. Mense het die brood van engele geëet; Hy het hulle volop padkos gestuur (vers 23-25).
- HY was hulle ROTS, die ALLERHOOGSTE, hul VERLOSSER (vers 35).
- Hy het hulle vyande verslaan en hulle laat wegtrek soos skape en hulle gelei, sodat hulle nie gevrees het nie; maar die see het hulle vyande oordek. En Hy het hulle gebring na Sy heilige grondgebied, na die bergland wat Sy regterhand verwerf het (vers 42-54).
- En Hy het nasies voor hulle uit verdrywe en aan hulle hul afgemete erfdeel gegee (vers 55-56).
- Gedurende hierdie 40 jaar het hulle klere nie verslyt nie, hulle voete het nie geswel nie en hulle skoene het nie opgeraak nie (Deuternomium 8:4 & 29:5).
Die WOORD gee ook aan ons insig oor ons deel (ons verantwoordelikheid) in GOD die VADER se VOORSIENING vir ons.
In Daniël 6:23-24 sê Daniël aan koning Darius dat God Sy engel gestuur het en die bek van die leeus toegesluit het, sodat hulle hom geen leed kon aandoen nie, omdat hy ONSKULDIG BEVIND is en hy ook teen die koning geen onreg gedoen het nie. En die koning het baie bly geword en bevel gegee dat Daniël uit die leeu kuil opgetrek word en daar was geen letsel aan hom gevind nie omdat hy op GOD VERTROU het.
Ons lees in Psalm 34:10 “Vrees (hê ontsag/ eerbied vir) YHVH, o SY heiliges (mense wat afgesonderd en toegewyd leef aan God), want die wat Hom VREES, het geen gebrek (tekort) nie.”
In Maleagi 3:10 belowe God wanneer de hele TIENDE gebring word na Sy huis, sal Hy die vensters van die hemel oopmaak en op hulle ‘n OORVLOEDIGE SEËN uitstort. In Spreuke 3:9-10 lees ons: “Vereer YHVH uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste; dan sal jou SKURE VOL word van OORVLOED en jou PARSKUIPE oorloop van mos (ongegiste drywesap, die NLV sê: Ek sal voorspoed op julle laat reën wat meer as genoeg vir julle sal wees!).”
En Yeshua ons Messias sê aan ons in Mattheus 6:33 “Maar soek eers die KONINGKRYK van GOD (die Vader) en SY GEREGTIGHEID (wat voor Hom reg is volgens Sy Woord en Sy wil), en AL hierdie dinge (alles wat ons nodig het) sal vir julle bygevoeg word.”
En ons lees in Psalm 84:12-13 “Want YHVH, God is ‘n son en skild; YHVH sal GENADE en EER gee; Hy sal die GOEIE nie onthou (weghou) van die wat in OPREGTHEID (eerlikheid) wandel (leef) nie. YHVH van die leërskare (die Hemel weermag), welgeluksalig (gelukkig en geseënd) is die mens wat op U VERTROU!”
HY hoor ons GEBEDE en VOORSIEN aan ons
In Mattheus 7:7-8 & 11 sê Yeshua ons Messias: “BID, en vir julle sal gegee word;…Want elkeen wat BID, ontvang;…As julle wat sleg is, dan weet om GOEIE GAWES aan julle kinders te gee, hoeveel meer sal julle Vader wat in die hemele is, GOEIE DINGE gee aan die wat (tot) Hom BID!” En in Mattheus 21:22 sê Hy “En ALLES wat julle in die GEBED vra, sal julle ONTVANG as julle GLO.”
In Johannes 14:13-14 sê Messias Yeshua: En wat julle ookal in MY NAAM mag vra, dit sal Ek DOEN, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word” En in Johannes 15:4-5 & 7 verduidelik Hy: “Bly in MY, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die DRUIWESTOK bly nie, so julle ook nie as julle nie in MY BLY nie. Ek is die DRUIWESTOK, julle die lote. Wie in MY BLY, en EK in hom, hy dra veel VRUG; want sonder MY kan julle niks doen nie…As julle in MY BLY en MY WOORDE in julle, sal julle VRA net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.” Lees ook Johannes 16:23.
En Johannes sê in 1 Johannes 3:22-24 en 5:14 “en wat ons ookal BID, ontvang ons van Hom, omdat ons SY GEBOOIE bewaar en DOEN wat welgevallig is voor Hom (waarmee Hy tevrede is). En dit is Sy GEBOD, dat ons in die NAAM van SY SEUN, YESHUA die MESSIAS, moet GLO en MEKAAR moet LIEFHÊ soos Hy ons ‘n GEBOD gegee het (met verwysing na Johannes 13:34-35 en 15:12).” En in 1 Johannes 5:14 verduidelik Johannes dat God ons GEBEDE verhoor (beantwoord) “as ons iets VRA volgens SY WIL.”
En Jakobus 4:3 sê in lyn hiermee aan ons: Julle BID en ontvang nie, omdat julle verkeerd BID, om dit in julle welluste (selfsugtige begeertes) deur te bring, bedoelende dat ons vir vleeslike begeertes bid wat nie in lyn met GOD die VADER se WIL is nie.
